Die courant 11 maart 2015 311

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland

11 Maart 2015

Bergrivier

swartland en weskus

dié

1

Uitgawe 311

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Ivan van Niekerk het dié oomblik van die brandende Porterville-berge op kamera vasgevang.

• Vlamme onder beheer

Brandweer red die dag

“Ons is baie trots op ons brandbestryders en dankbaar vir wat hulle die afgelope week vir die Swartland beteken het,” het burgemeester Tijmen van Essen aan dié courant gesê. “Ek dink ons was so oorweldig deur die aandag wat die Kaapse brande in die nasionale media ontvang het, dat ons nie aldag besef met watter deursettingsvermoë ons plaaslike mense in moeilike omstandighede en oor lang ure geswoeg het nie.” Die harde werk en dikwels traumatiese omstandighede het egter vrugte afgewerp en skade is tot die minimum beperk. (Sien ook foto bl 9) Jacques Smit van Swartland het aan dié courant gesê verlede Dinsdag was een van die donkerste dae in sy 30 jaar as brandweerman. Om 09:00 het die bos tussen Chatsworth en Riverlands aan die brand geslaan en hulle was tot middernag besig. “Die wind het die brand vinnig in die rigting van Goedgegund, ‘n klein gemeenskappie wat ‘n kleinhoewe bedryf in die middel van die bos, gedruk waar hulle met baie bokke, skape, perde, hoenders en meer boer. “Ek het dadelik versterkings laat kom vanaf

Moorreesburg en die munisipale watertenker wat ons van water kon voorsien. Ek het ook Weskus Distriksmunispaliteit se brandweer gevra om te kom help. Hulle was reeds uitgedun, omdat die meeste van hul voertuie, toerusting en personeel besig was om die brande te beveg in Hermanus. “Die wind het ook kat en muis met ons gespeel, die een oomblik waai die wind in een rigting en binne minute draai dit in ‘n ander rigting en pyl die vuur op jou af. Wat die saak soveel moeiliker maak, is dat dit sandwêreld is, die voertuie sit vas en daar is omtrent geen omdraaiplek tussen die bosse nie. “As die digte rook jou skielik oorval, kan jy maklik die pad byster word. Ons het dit darem reggekry om die brand net voor Goedgegund te stop. Die enigste skade wat aangerig is, was ‘n dierekamp wat begin brand het, maar ons kon dit red.” Hulle was nog besig toe hulle ‘n digte rookwolk oor Kalbaskraal sien. “Nou moet jy een van jou beperkte voertuie stuur om ondersoek te gaan instel. Gelukkig was dit net ‘n oop erf wat gebrand het. “Die volgende oomblik het daar nog ‘n pikswart donker rookwolk by die Atlantis N7-kruising begin.

Dit het aan albei kante van die Atlantis-pad tussen die kleinhoewes gebrand, wat gevaarlik na aan die huise gekom het. Ons het darem gered wat daar te redde was - in samewerking met die gemeenskappe.” Die brand aan die suidekant van die Atlantis-pad het hulle aan Atlantis-brandweer oorgegee, net om te hoor van ‘n brand wat begin het by Highlands-stortingsterrein. Dié brand is vinnig geblus en hulle het heeltyd hul hand gehou op die bosbrand in Chatsworth en Riverlands wat van tyd tot tyd tot gevaarlik na aan die huise gevorder het. Daar was ook brande by Malmesbury gholfbaan en op die Hopefield-pad. Deon Alberts, Bergrivier munisipaliteit se rampbestuurbeampte, vertel die bergbrand wat Porterville sedert verlede Dinsdag geteister het, Vrydag eers heeltemal onder beheer gebring is. “Vrydag om 07:00 het die brandpersoneel weer oor die gebied gevlieg en gesien daar is twee kleiner kolle wat nog brand of smeul en het weer die helikopter in die lug geplaas om dit met oorhoofse water dood te gooi. Dit is nou heeltemal geblus. “Groot dele berggrond het afgebrand, maar gelukkig is daar geen skade aan woonhuise of beserings aan mense nie. Die spanne van Working for Fire het tot Saterdag nog vuurlyne opgepas om enige opvlammings te blus. “Ons bedank ook die publiek en die vrywilligers wat gehelp het.” • Intussen het raadsheer Harold Cleophas, burgemeester van die Weskus Distriksmunispaliteit, sy medelye en diepe meegevoel betuig aan die familie van brandweerman Nazeem Davies (25) wat Donderdagnag oorlede is in ‘n ongeluk op pad terug na die stasie op Vredenburg. Hulle was besig om ‘n vuur in die Groot Winterhoekberge buite Porterville te bestry. Sy kollega, Niklaas Nel, het net ligte beserings opgedoen. Die vlag voor die WKDM se gebou sal tot verdere kennisgewing halfmas hang.

NUUS • NEWS

11 Maart 2015


NUUS • NEWS

2

11 Maart 2015

Databasis gebou vir • JONG HENGELAAR IN PROTEA-SPAN beurtkrag en suurstof Chris trek 'n grote uit

Die Swartland Munisipaliteit het begin om ‘n databasis op te stel van mense wat hulp nodig het, sou beurtkrag ingestel word. "Ek dink byvoorbeeld aan mense wat suurstof-toestelle gebruik," het burgemeester Tijmen van Essen aan dié courant gesê. Hy het ‘n beroep op medici, kinders, bure, vriende en natuurlik pasiënte self, gedoen om die inligting deur te gee. "Dit sal ons in staat te stel om seker te maak dat mense betyds hulp kry," het Van Essen gesê. Kontak Michelle Morris by 022 487 9400 om jou inligting deur te gee of stuur 'n e-pos aan vanessent@swartland.org.za.

Na verlede jaar se liga-seisoen is Chris van der Westhuizen gekies om vir Weskus se o.16-span aan die Nasionale Rots- en Strandhengel kampioenskappe deel te neem. Hy het van 26 tot 29 Januarie 2015 aan hierdie Nasionale kampioenskappe, wat teen die Weskus plaasgevind het, deelgeneem. Weskus se span het die goue medalje gewen met WP tweede en KwaZulu Natal derde. Ander provinsies soos Grens, OP, Boland, Suid-Kaap en Gauteng het

gevolg. Chris was algeheel in die tweede plek en het ook die prys gekry vir die mees uitsonderlike vangs - ‘n Arendrog van 18.59kg. Aan die einde van die week se hengel, is Chris gekies vir die Protea-span. Hy gaan in Desember teen Namibië meeding, saam met nog vyf o.16’s. Chris is op 12 een van die jongste Rots- en Strandhengelaars wat nog vir Suid-Afrika gekies is.

Chris van der Westhuizen (voor regs) van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Protea-hengelspan opgeneem. Hy ding later vanjaar teen hengelaars van Namibië mee. Regs: Chris by die Arendrog van 18.59kg.

Stewige inspuiting vir Swartland Swartland Munisipaliteit gaan sowat R20 miljoen rand ontvang van die geld wat deur die Wes-Kaapse regering en die Duitse Ontwikkelingsbank aan vyf Wes-Kaapse munisipaliteite geskenk is. Die geld sal oor vier finansiële jare gegee word. Swartland is een van die begunstig-

des, saam met Drakenstein, Theewaterskloof, Saldanha en Breedevallei. Die Duitse Ontwikkelingsbank het R65 miljoen bygedra tot die bedrag van R235 miljoen wat bewillig is. Anton Bredell, Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, sê Swart-

land en Saldanha gaan hoofsaaklik op voetganger-veiligheid fokus. Swartland se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, het die skenking bevestig en gesê hulle sal Donderdag ‘n perskonferensie hou om meer inligting te gee. Die geld sal nou deel van hul begroting vorm.

Promosie

Groot nuwe ontwikkeling goeie nuus vir Malmesbury se ekonomie ‘n Opwindende nuwe tyd breek hierdie Vrydag aan vir Malmesbury, met die grondbreking van die luukse Fonteine Village leefstyl aftree-oord. Dit word verwag dat die dorp se ekonomie asook gemeenskap groot baat sal vind by die nuwe lewe wat in die dorp geblaas word deur mense wat kies om hul hier te kom vestig gedurende hul aftrede. Ook vir huidige inwoners bied Fonteine Village ‘n kans om ‘n splinternuwe, bekostigbare huis te koop in ‘n veilige ontwikkeling. Fonteine Village is ontwerp vir mense oor 50, wat wil seker maak dat daar voorsiening gemaak is vir hul behoeftes in later jare, maar wat nie gereed is om hul leefstyl in te perk nie. “Met die lewensverwagting deesdae amper twee dekades langer is as in vroeër jare, is dit nogal ‘n tameletjie vir mense om te besluit oor die hoe, wat en waar van nesskop na aftrede,” se Ian Phillips van Visiondev, wat saam met die Matlapeng

Housing Company verantwoordelik is vir die ontwikkeling. Die vennote het dekades se ervaring, en het al suksesvolle ontwikkelings ter waarde van meer as R5 biljoen laat rys. “Deesdae beteken aftrede ‘n nuwe kans om die lewe ten volle te geniet, en dit is rondom hierdie visie wat ons Fonteine Village ontwerp het: dat mense die beste wil geniet wat hul omgewing bied, terwyl hul gemoedsrus het oor die fasiliteite en hulp wat beskikbaar is, sou hulle dit eendag nodig kry,” sê Phillips. “Dit is natuurlik baie belangrik dat enige eiendom wat ‘n mens koop ‘n goeie belegging is en ons verwag dat die waarde van hierdie eiendomme vinnig sal toeneem in die toekoms,” sê Phillips. *Kom deel gerus in die grondbreek-vieringe hierdie Vrydag om 16:00. Kontak asseblief vir Rita Venter op 083 335 2807 of Mark Perks op 082 484 6100, om te bespreek. Vir meer inligting, besoek www.fonteinevillage.co.za.


NUUS • NEWS

3

11 Maart 2015

• Akteur vir twee fiestas benoem

Dean en die ‘rondhol haas’

Ek het rondgehardloop soos 'n haas op 'steroids'. Só beskryf die akteur Dean Smith van Malmesbury die oomblik toe hy op sy 21ste verjaarsdag verlede jaar uitgevind het dat hy vir 'n Fiesta-toekenning genomineer is. Dean (21) is in die afdelings Beste Opkomende Kunstenaar en Beste Manlike Byspeler genomineer vir sy spel in die verhoogstuk, Braai, wat by die ABSA KKNK opgevoer is. Hier het hy die verhoog met gesoute akteurs soos Gys de Villiers, Esther von Waltsleben, Leon Kruger, Marli van der Merwe en Edwin van der Walt gedeel. In die afdeling is Dawid Minaar en Stian Bam ook genomineer. Om vir 'n Fiesta-toekenning genomineer te word, is nie maklik nie en die kompetisie is straf. 'n Paneel wat deur kykNet saamgestel word, gaan kyk na verskillende teater-produksies landwyd en nomineer dan die beste spelers. Vanjaar is daar na 126 produkses gekyk en hieruit is Dean saam met drie ander akteurs in twee afdelings genomineer. "Ek is genomineer saam met twee van my grootste rolmodelle, Dawid Minnaar en Stian Bam. Stian was ook op 'n tyd my mentor. So dit was vir my 'n ongelooflike oomblik," vertel Dean. Dean, wat tans besig is met sy honneursgraad in Spel aan die Universiteit van Stellenbosch, geniet sy studentelewe, maar besef ook dat hy hard moet werk om 'n sukses van sy loopbaan te maak. "Ek geniet my studies, want ek het nog die gevoel van jonk wees. Dis 'n dorp vol studente, so ek het oral vriende. Jy het jou vryheid om te doen wat jy wil, maar terselfdertyd is dit 'n toets vir jou om kop te hou en te onthou hoekom jy

hier is. Kuiers en uitgaan is lekker ja, maar jy self moet hierdie keer weet wanneer is dit tyd om te stop en moet ek verantwoordelike besluite neem. "Ek geniet my kursus baie, want ek kan speel. Ek studeer iets wat my lewe is," sê Dean. Die uitdagendste rol wat hy nog gespeel het, was die karakter Leonardo Felix in die verhoogstuk Bloedbruilof wat deur Marthinus Basson na Afrikaans vertaal is. "Hy was totaal en al anders as ek. Hy het anders geloop en beweeg. Sy stem was dieper en hy was baie aggressief, maar ook verlief. Hierdie rolle is vir my lekker, want ek moet soveel verskillende kwaliteite van die karakter aanneem om hom te kan wees." "Ek het nie 'n vaste metode om voor te berei vir 'n rol nie, maar ek probeer die karakter wat ek speel in my kop sien. Ek visualiseer die finale produk en dan werk ek hard om by daardie karakter uit te kom in my kop. Ek kyk ook baie keer vir myself in die spieël as ek repeteer. Dis baie snaaks en soms 'scary', maar ek dink dit is soms goed as jy weet hoe jy lyk. Ek wil nie 'act' nie. Ek wil die karakter wees. As mense 'n vertoning kyk, moet hulle die karakter sien en nie die akteur wat die rol vertolk nie." Vir Dean is dit belangrik om nederig te bly. "Wat ek altyd onthou, is dit wat my ouers altyd vir my sê: 'Dean, onthou net. Hoe laer jy bly, hoe hoër kom jy'. Hierdie woorde is vir my belangrik." Dean is tans te sien by die Woordfees op Stellenbosch in die kinderproduksie, WAM. Dit is by die Klein Libertas-teater te sien teen R50 per kaartjie en kan by Computicket bespreek word. "Dit is 'n baie lekker, prettige, musikale vertoning vir kinders."

Links: Dean in die produksie WAM, wat by die Stellenbosch Woordfees te sien is. Heellinks is hy by die Fiesta-toekennings saam met sy meisie Vhahti Prins en suster Jill (regs).


courant

dié

4

'n Ander perspektief op die alledaagse

Die brande woed en ons sit en stoei met die hitte. Ons sien dat daar iewers 'n rokie trek, maar ons besef nie altyd wat daar aangaan nie. Ons is nie altyd daarvan bewus dat daar ander mense is wat hul lewens op die spel plaas om daardie vuur te blus nie. Met die brande in en om Kaapstad het ons aandag geval op ons brandweermanne en die werk wat hulle doen. Nie net is dit 'n uitdagende werk nie, maar lewensgevaarlik. Maar as hulle geroep word, is hulle daar. Dit is dan sekerlik net reg dat ons dan vir hulle dankie sê. Nie net vir hulle nie, maar vir al dié wat iets besonders doen. Wat die ekstra myl loop. Wat daagliks hul eie lewens in gevaar stel, sodat ons 'n veiliger lewe kan lei. Interessant genoeg het ons op kantoor hierdie week besoek van 'n Duitse student. Om haar ervaringe aan te hoor, is indrukwekkend. Om te hoor hoe sy ons ervaar, nog meer. Dit is vreemd om te hoor dat ons Swartlanders gesien word as mense met vaste morele waardes, wat vasklou aan dit waarin ons glo en dat ons baie gelowig ervaar word. Nie snaaks of negatief vreemd nie... Net interessant vreemd. Ons vergeet soms hoe ons is en hoe onsself voorstel en uitleef. Ons is soos ons is. Ons is Swartlanders, in murg en been en ons is trots daarop. Trots op ons mense. Trots op ons omgewing. Trots op ons Fiesta-genomineerde Dean Smith, trots op ons leerders wat goed presteer, trots op ons amptenare wat meer doen as wat ons vra... Sommer net breëbors trots! Soos die akteur se ouers hom leer: hoe laer jy bly, hoe hoër kom jy. 'n Stukkie lewenswaarheid om te onthou.

NUUS • NEWS

11 Maart 2015

• Planne sedert 2009 op die tafel

Wiele aan't rol vir nog behuising op Riebeek Die Swartland Munisipaliteit se uitvoerende burgemeesterskomitee het die wiele aan die rol gesit vir ‘n groot behuisingsprojek op Riebeek-Wes deur die voorgestelde hersonering en onderverdeling van negentien erwe en gedeeltes van nog twee op die dorp goed te keur. Die oorspronklike aansoek vir die skep van die RiebeekWes geïntegreerde behuisingsprojek is reeds in 2009 ontvang. Sekere ekonomiese-, finansiële- en tegniese faktore het daartoe gelei dat die aansoek eers teruggehou is. Die aansoek wat nou op die tafel is, is vir ‘n gebied van sowat 16,74ha. Dit sluit in 244 enkel woonerwe (laekostebehuising), ‘n crèche, twee kerkpersele, ‘n sakesone, 18 nywerheidspersele, sportgronde asook oop ruimtes en paaie. Die voorgestelde projek is in lyn met die huidige Swartland Geïntegreerde Ontwikkelingsplan, die Swartland Menslike Nedersettingsplan, asook die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk. Verder spreek dit ook die huidige behuisingstekort op Riebeek-Wes aan. Die projek grens aan die bestaande laekoste behuisingsprojek en sluit aan by die dienste-infrastruktuur daarvan. Beswaarmakers sal op hul reg tot appèl gewys word. • ‘n Aansoek vir hersonering van 22 erwe op RiebeekWes om kweekhuise op te rig vir die kweek van saailinge en groente, is ook goedgekeur.

Die grond van net meer as 40ha is in Stasiestraat en bestaan uit erwe 409 tot 423, 448 tot 455 en 601. Die betrokke gedeeltes straataansluitings word vir konsolidasie aangebied. Hierdie aansoek vorm deel van ‘n ander aansoek oor die hersonering en onderverdeling van die restant plaas nommer 640, afdeling Malmesbury, as deel van ‘n projek van Hishtil Suid-Afrika om hul bedrywighede na die Swartland uit te brei. Hierdie eiendomme sal gekonsolideer word met die nuutgeskepte gedeelte van plaas 640. Die betrokke erwe word reeds baie jare vir landboudoeleindes gebruik • ‘n Aansoek is ontvang van die eienaar van erf 2049 op Riebeek-Kasteel, Joanne Hurst, vir die hersonering van die erf (676m²) na sakesone vir die bedryf van ‘n restaurant, woonstel en winkels. Die erf is op die hoek van Hoof- en Royalstraat. Die sonering is goedgekeur. • Die voorgestelde onderverdeling van erf 119, in Heuwelstraat op Riebeek-Kasteel, is ook goedgekeur. Die eienaar, SM Bezuidenhout, het gevra dat die erf (1660m²) in twee gedeel word. Die geboue op die restant sal in ‘n woonhuis omskep word. Die beswaarmaker sal per geregistreerde pos gewys word op sy reg tot appèl.

Boland:

Dié atlete is leerders van die Riebeek-Vallei Spesiale Skool en het 'n hele paar medaljes by die Boland ELSEN atletiekbyeenkoms ingeoes. Vrydag en Saterdag neem 21 van hulle aan die Wes Kaap ELSEN kompetisie deel wat by Coetzenburg, Stellenbosch gehou word. By die atlete staan Ilke Robertson.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Voorwaar, sê Ek vir julle Jesus aan die woord in die Evangelie volgens Markus: Hy sê aan sy dissipels dat daar van hulle is wat die dood nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie. Ses dae later het Jesus vir Petrus, Jakobus en Johannes saamgeneem op ‘n hoë berg in die eensaamheid. Daar het Hy voor hulle van gedaante verander. Jesus se klere het geblink en baie wit geword, meer as wat ‘n bleikmiddel dit sou kon doen. Saam met Jesus het Moses en Elia verskyn. ‘n Wolk het hulle oordek en uit die wolk het ‘n stem gekom wat se: “Dit is My geliefde Seun, luister na Hom!” Toe hulle rondkyk, was slegs Jesus by hulle, met die afklim van die berg het Hy aan hulle gesê om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat Hy, Jesus, uit die dode opgestaan het nie. Hulle het nie verstaan wat dit beteken om uit die dood op te staan nie en was ook te bang om Hom te vra. Die koninkryk van God is waarin ons deel as ons in Jesus glo, die opgestane Here.

Voete jeuk vir Kansa se kankerstap op Moutonshoek Saterdag lei alle paaie van Piketberg na die plaas Moutonshoek van Danie Smit, waar die jaarlikse Scheppie Saus Kankerstap gehou word. Dit is die agste keer dat die stap plaasvind en Danie se ma, Annatjie, het met dié courant gesels oor dié pretdag ten bate van Kansa. Haar entoesiasme en beskrywing van die pragtige omgewing laat ‘n mens se voete jeuk om te gaan stap. Selfs die naam van die byeenkoms, Scheppie Saus, prikkel die verbeelding: Annatjie vertel dat dié naam te danke is aan ‘n Hollandse landmeter wat hier in die laat 1970’s op Moutonshoek aangedoen het. Hy moes ‘n stukkie grond teen die berg gaan opmeet wat Annatjie se skoonpa, ook Danie, wou aankoop vir ‘n bokboerdery. Hy het saam met die gesin aangesit vir ete en op ‘n stadium het die gasvrou gevra: “Nog ‘n skeppie sous?” Opgewonde het die landmeter uitgeroep (in Hollands):

“Scheppie Saus! Dit is die naam vir die grond!” Die naam het gekom om te bly en word vandag nog só aangedui op landmeterskaarte. Dit was ook ‘n natuurlike naam vir die kankerstap, want dit vind juis op dié deel van Moutonshoek plaas. Inskrywings vind Saterdag van 07:00 af plaas en die stap begin om 08:00 – 10km heen en weer. Die koste is R80 vir volwassenes en hoërskoolleerders (laerskoolleerders R40). Die stap, trekkerrit, potjiekos, tuisgebakte brood met konfyte, koffie, tee en vrugtesap is ingesluit by die prys. Die gewilde tweeling van Philadelphia, Teon & Danyn, sal sorg vir ‘n musikale verposing. Daar sal ook CD’s te koop wees. Navrae kan by een van die volgende mense gedoen word: Danie by 083 233 7772 (vir kampeergeriewe se bespreking), Annatjie by 083 460 4051 of 022 942 1848 of Ina by 082 823 0393 of 022 962 1781.


NUUS • NEWS

5

11 Maart 2015

Druiwetrap:

Die jaarlikse Riebeek Kelder druiwetrap is Saterdag gehou en die sop het behoorlik gespat soos wat daar getrap is.

Adams groet munisipaliteit

Voorspoed:

Sakkie Adams en Gustav Solomons groet vir oulaas.

Sakkie (Isak) Adams het diep spore getrap in die bietjie meer as 20 jaar wat hy by Swartland Munisipaliteit gewerk het. Dit is met wedersydse hartseer dat hy en sy kollegas aan die einde van Februarie van mekaar afskeid geneem het. Hy het op 1 September 1994 diens aanvaar by die destydse Malmesbury munisipaliteit, net ná die eerste demokratiese verkiesing. Voor dit het hy tien jaar vir die staatsdiens gewerk. “Onmiddellik na matriek begin werk ek by die destydse Department van Kleurlingsake en daarna Raad van Verteenwoordigers. “Met die totstandkoming van die Driekamer Parlement in 1984 is ek aangestel as privaatsekeretaris van die Minister van Behuising (ek moet byvoeg bruin behuising).” Hy vertel dat hy daar baie geleer het van parlementêre prosedures en hoe politieke partye opereer. “Tydens hierdie termyn wat tien jaar geduur het, het ek baie geleentheid gehad om te reis, binnelands asook buitelands. Hierdie tien jaar was beslis ‘n hoogtepunt in my loopbaan.” Adams het in die Swartland sinoniem met

behuising geword en hy het ‘n kosbare insig en kennis daarvan: “Behuising bly maar 'n kopseer. Die voorsiening van laekostebehuising aan armes is 'n positiewe beginsel. Dit skep egter ander probleme vir veral munisipaliteite. “Hierdie nuwe huiseienaars is gewoonlik die armstes van die armes en nie in staat om munisipale dienste te betaal nie. Skulde hoop op en moet afgeskryf word, wat ‘n finansiële las op munisipaliteite en dié wat wel betaal plaas. “Finansiële instellings moet meer aggressief inkoop en finansiering beskikbaar maak aan diegene wat in die laer- tot middelinkomste groep verdien.” Adams is gebore op Malmesbury en het hier groot geword. Sy skoolopleiding kry hy by Laerskool Liebenberg en Schoonspruit Hoërskool. Sy vrou, Rhenay, gebore Liedeman, het ook hier grootgeword. Hulle het twee dogters, Tania en Shameema, en ‘n seun, Ian. Al drie is getroud en daar is reeds vyf kleinkinders. “My onmiddellike toekomsplanne is eers twee tot drie maande rus, tyd met vroulief en

kleinkinders spandeer en daarna kyk wat gebeur. “Aan my geliefde kollegas wil ek sê, dankie vir die tyd wat ons skouer aan skouer Swartland munisipaliteit kon dien, bly lojaal aan julle werkgewer en gee altyd julle beste. “Aan my dorpsgenote, wees trots op julle dorp en die Swartland. Wees verseker in ander dele van die land gaan dit minder goed.” Gustav Solomons is reeds verlede jaar in April geoormerk om by Adams oor te neem en het die afgelope nege maande gereeld tyd met hom bestee om die fynere punte van die pos te bemeester. Hy het sy skoolloopbaan hier op Malmesbury begin en voltooi by Wesbank Sekondêr. In 2005 begin hy by Swartland Munisipaliteit in die finansiële departement en in 2007 skuif hy na menslike hulpbronne. Solomons het in 2012 sy B.Com-graad deur Unisa verwerf en is tans besig met LL.B-studies. Hy meen die munisipaliteit se Opvolgbeplanningsprogram skep loopbaangeleenthede vir interne personeel. Dit verseker verder dat oorgang tussen posbekleërs gladder verloop, asook om te verseker dat daar ‘n oordrag van kennis plaasvind tussen die huidige posbekleër en sy opvolger.


NUUS • NEWS

6

11 Maart 2015

Atletiek: Liezel van der Merwe, Althea Eksteen, Lebogang Masinga, Allison de Wet, Ester van der Merwe, Wouter van der Merwe, Nicol van Schalkwyk en Thando Magingxa van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is in Boland-atletiekspanne opgeneem.

Krieket: Bradlee Siebritz, Giovanno van der Westhuizen en Melvin

Garisch van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is in die o.19 WesBoland-krieketspan opgeneem. Pieter Hamman en Nicol van Schalkwyk is in die o.17-span opgeneem en Erich Engelbrecht in die o.15-span.

Tennis:

Hoërskool Dirkie Uys het weer vanjaar die Agnes Pauwtennistoernooi vir meisies aangebied. Hul meisiespan eindig vierde in die kompetisie. Hier is Diana Kotzé, Kayla Thiersen, Corin de Waal, Lenka de Waal, Colene Brink en Anja Bester. Paarl Gimnasium was die wenners, met Hoërskool Stellenbosch en Paarl Girls High tweede en derde.

Redder: Marius

Basson van die Laerskool Swartland op Malmesbury is aangewys as die victor ludorum van die WP-lewensredders. Hy het vier eerste plekke en twee derde plekke behaal in die WP-lewensredderskampioenskappe.

Tweekamp:

Chloë Lottering van die Laerskool Swartland op Malmesbury sal gedurende die April-vakansie aan die SA Tweekampkampioenskappe op Coetzenburg deelneem. Sy is tans deel van die Bolandspan.

Krieket: Erwin Meyer, André Beukes, Lowrens Malan, AW

Steyn, Lincoln Swarts en Lochner Basson is in die o.11 Wes-Boland krieketspan opgeneem.


NUUS • NEWS

7

11 Maart 2015

Fiets:

Johan Rabie (regs) van Malmesbury het verlede week aan die De Boland Tour deelgeneem wat deur die Swartland gereis het. Die fietsryers het vanaf Porterville na Piketberg, Moorreesburg en Riebeek-Kasteel getrap.

Johan Viljoen

sit voet in die hoek In 'n half muwwe Coetzenburg-kamer het hierdie student se regop radio-kassetspeler – opgepas soos 'n kosbare blou diamant sedert hy dit vyf jaar vroeër vir Kersfees gekry het - die stem van André Letoit tot uitrekkings toe uitgeblêêêr. Alternatief (moet sê nóu klink dit maar bra mak en ordinêr) was in, en daardie boemelaarbeeld van die sanger wat toe oënskynlik nie te naby water geleef het nie, was net die ding. Dit was die uwe se eerste kopie - lank gespaar. 'n Wit omslag met blou daarop geskryf en 'n prentjie van 'n bok en 'n windpomp en 'n boeing. Ver van die ou Kalahari... (wonder tog wat sal Pa sê, het die rebelstemmetjie hier binne gefluister-lag). In Maart daardie jaar was Letoit een van die kunstenaars by die eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock-konsert wat in die Pool Club in Johannesburg gehou is. Dit was polities gelaaide dae en daar was nog 'n Grens en paar (nou vergete) politieke partytjies (kersies al doodgeblaas) soos die NRP, wat hoeka daardie einste naweek ontbind het. Dit was tye toe Progge, half-Progge, onafhanklikes en Engelse name soos Dennis Worral en Colin Eglin en Vause Raw nog in die nuus was. Een koue wintersaand ‘n paar maande later tussen 'n klomp alternatiewe mede-studente in die gepakte Klein Libertas-teater tussen rookwalms en glase gluhwein-konkoksie gaan luister die uwe hoe dié kunstenaar (vandag onder meer bekend as die vader van Liza se Klavier) stil sit en tokkel en sing - gestalte gee aan werke soos Elmarie en Valerie en Lalie - ontug in die lug... dit was dáárdie tyd. Die woorde en die walms lê nog vlak - talm steeds ná 28 jaar. Vandeesweek is Woordfees. Wéér in die Klein Libertas-teater. Dié keer met die uwe se twee spruite by die kinderproduksie WAM. (Wolfgang Amadeus Mozart)... WAT 'n skrille

WAM, die "Game", woorde en i20

kontras. Daar is min mense, heelwat kinders - seker maar drie rytjies vol. Hulle drink koeldrank uit strooitjies en kyk grootoog hoe die energieke klomp op die verhoog dans en spring, val en lag. Die lug is skoon... hier Naby die ou Kalahari... Die Woordfees duur tot Sondag. Daar is kuns in menige vorm by die fees. Visueel en in klank. Meesterwerke soos Sandra Hanekom van Piketberg se eerste solo-uitstalling in drie jaar in die PJ Olivier. Daar was ook kortfilms in die Boeketent. Enigiets van Malmesbury se Wicus van der Merwe as kaptein Lombard in Juweeldiewe waar die blou diamant verdwyn tot Iemand Anders wat jou laat wonder oor hierdie “Game” wat ons speel van dag tot dag. Wat dan is 'n taal en kuns as die stof tot nadenke ontbreek? Juis die kuns wat mag - ook nog vandag – Grense afbreek en woorde spreek wat andersins ongesproke onder die lae klere stil-stil sal muf en versmoor. In die nuwe Drostdy-teater lewer groot diva Amanda Strydom wéér 'n kragtige vertoning saam met o.a. Fanie en Bettie van Meester Hennie Aucamp se 'n Vuur gevang in Glas.

En..., net soos in Iemand Anders, moes beide Amanda én André le Roux du Toit al in die gisters al denkend binne die mure van 'n ander plek gaan vrede maak met en leer sin maak uit hierdie “Game”... Letoit is meer bekend as Koos Kombuis en was ook vandeesweek weer by die fees. Onder sy lirieke tel Bicycle Sonder 'n Slot en Onder in my Whiskeyglas... In groot blou letters – vasgeketting aan 'n fietsrak – staan die woord: slot op die rooi plein en dink die uwe weer terug - hierdie keer aan die twee kleimannetjies wat meesterlik op die kassie bewegend gevorm was - rooi en blou. Ons het die Woordfees besoek in Hyundai Malmesbury se spiksplinternuwe 2015 i20. En al is Hyundai, soos die Woordfees al goed gevestig en bekend vir kwaliteit en uitnemendheid, is die uwe - soos met elke keer se terugkeer na Stellenbosch ook aangenaam verras. Hyundai het verlede jaar 4,96 miljoen voertuie wêreldwyd verkoop en met die nuwe i20 slaag die Koreaanse vervaardiger goed daarin om hierdie B-klasvoertuig se beeld te vestig met nommerpas karaktertrekke van selfversekerdheid maar ook skoon lyne.

Die i20 se vorige model was baie gewild en met die splinternuwe baadjie sal die tendens beslis voortgesit word. Hyundai doen beslis sy, nou reeds gevestigde, etiket van waarde vir geld gestand. Die i20 is groter en luukser en bied ‘n hele hand vol gerief. Ons het met die intreevlakweergawe 1.2 Motion gery – heerlike reaktiewe kragstuur en rygerief wat die pad en sy ongelykhede ongemerk opvreet. Die belewing van die i20 wek werklik die indruk van ‘n voertuig van goeie bougehalte. En as jy begin ry, is die gebrek aan wind- en padgeraas verrassend. Die ekstra buffer hiervoor, agter die instrumentepaneel, dien hier verseker sy doel. Die i20 se as-afstand is vergroot met 45mm tot 2,57m en die breedte is ook aangepas met 24mm na 1,734m om juis die ruimte binne te vergroot. Daar is ‘n telefoonversoenbare Bluetoothradio met USB/AUX-sok om musiek ook direk van jou telefoon te luister en kontroles op die stuurwiel. Regmerk dus vir die multimedia. Twee 12V-kragpunte val op as uniek in hierdie segment. Ritrekenaar, hoogteverstelbare bestuurdersitplek, verstelbare stuurkolom, elektriese vensters voor, ruitveër op die luikrug en afstandbeheerde oopsluit van agterdeur. ABS met EBD, lugsakke voor en bagasieruim van 294 liter. Hierdie ruimte vergroot tot ‘n allemintige 1010 liter as die agtersitplekke platvou. Die ekstra aandag wat gegee is aan die 5-spoed ratkas is ook merkbaar in die gemaklike oorskakeling tussen ratte. Beskikbaar in agt kleure het die i20 nou ook groter bekerhouers tussen voorste sitplekke en bottelruimte in al vier deure. Die 1.2l-enjin lewer 61kW @ 4000 r/ min en 115Nm @ 4000 r/min. En sy prys: R184 900 sluit Hyundai se vyf jaar of 150 000km waarborg en padbystand in. Gaan toetsbestuur gerus die nuwe Hyundai i20 en vat sommer die pad na die Kalahari. Hoekom nie? Cheers, tot die wiele weer rol.


NUUS • NEWS

8

11 Maart 2015

Bolandkleure:

Tennis:

Ane de Waal en MJ van Zyl van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het altwee die Boland-tennisspan behaal.

Hierdie vier atlete van Liebenberg Primêr het Saterdag die Boland Atletiekunie verteenwoordig by ‘n byeenkoms op Coetzenburg, Stellenbosch. Van links staan Eldrich Dawids, Jayden Jacobus, Ronarldo Damon en Lu-André Fikster.

Dapper én vinnig Damian Markus van Piketberg het Saterdag op Coetzenburg, Stellenbosch aan die Boland laerskole-atletiekbyeenkoms deelgeneem en vierde gekom in die o.12 100m. Dit is die feite, maar nie die hele storie nie. Maklik was dit nie, het raadsheer Ray van Rooy die aap uit die mou gelaat: Damian is ‘n leerder by Steynville Primêr op Piketberg. Sy ouers moes Saterdagoggend nog rondhardloop om hom op Stellenbosch te kry en familie moes ‘n geldjie bymekaargooi vir petrol. “Hy is onder hierdie moeilike omstandighede weg om te gaan deelneem, maar was amper nie deel van die dag nie. By die byeenkoms moes sy afrigter verneem dat sy besonderhede nie deurgestuur is nie en hy nie op program is nie. “Danksy die hulp van sommige beamptes van Boland Laerskole is daar vir hom plek gemaak. Damian kon toe deelneem en het ook sy Boland kleure danksy die afrigter ontvang. “Hy is vandag ‘n trotse seun, want hy was die enigste leerder van Steynville wat deelgeneem het.” Bo is Damian saam met sy afrigter, Branwin Markus.


NUUS • NEWS

9

11 Maart 2015

Dagboek • Calender

Paraat: Die Swartland Brandweerpersoneel by 'n onlangse oefening. Hulle het groot lof

gekry vir hul flink optrede met verlede week se brande in die omgewing. Regs is die brandweerhoof, Jacques Smit.

Rolbal steeds tops Malmesbury se mansrolbalspan het Saterdag sy 5,5 punte voorsprong behou deur nege elk gelykop te speel teen Sunningdale. Hierdie span is in die tweede plek en blaas in die nekke van die Malmesbury span. Vroeër in die seisoen het hulle vriendskaplik teen mekaar gespeel ter voorbereiding van die WP Vlag-kompetisie en ook die louere gedeel. Peter Hall, Dave Walker, Fred van Dongen en Martin Louw het hul taai stryd met 9-7 en 8-7 gewen. Dit ná hulle in die tweede stel 7-1 voor was. Terry Shimmin, Ron Sheridan, Robin Deyzel en Ivan Dicks speel gelykop 3 elk. Die eerste stel 9-7 nadat hulle ook 7-1 voor was, maar in die tweede stel val hulle vas met 10-14. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Gert Adams en Koos Muller het met 7-10 en 5-11 verloor. In die eerste stel het hulle vyf skote afgegee op die eerste skof wat deurgaans erge druk op hulle geplaas het. Volgens Roux Vermeulen, die spankaptein, sou hulle graag meer punte wou behaal, aangesien hulle slegs een wedstryd oor het, teenoor Sunningdale en Edgemead (onderskeidelik tweede en derde) se twee wedstryde elk.

Hulle sal vir Mowbray die 21ste Maart weg moet klop en hoop die nekblasers val iewers vas. Alhoewel die boonste plek op die punteleer die eerste prys sal wees, sal die tweede plek nie te versmaai wees nie, aangesien die twee boonste spanne opskuif na die tweede liga. Dit is onwaarskynlik dat die twee top-spelers Daniël Griebenauw, Dave Walker en moontlik ook Louis Swart beskikbaar sal wees vir hierdie bepalende wedstryd weens studie, reis en gesondheid omstandighede nie. Intussen is die mansdriespel-kompetisie afgehandel. Peter Hall, Dave Walker en Koos Muller is as die kampioene aangewys na hulle in ‘n taai en interessante wedstryd vir Terry Shimmin, Robin Deyzel en Ivan Dicks 17-11 geklop het. Die kampioene was onoorwonne deur die hele kompetisie. Die mans-enkelspel het weer begin en die manne sê mekaar behoorlik die stryd aan met uitslae wat wissel van 21-3 tot 21-18. Die speler wat eerste 21 skote behaal wen. Dit word op ‘n rondomtalie basis beslis, en 17 spelers neem deel. Elkeen speel dus 16 wedstryde. Tot nou was daar nog geen verrassings nie, maar dié sal beslis nog kom.

Etchings and drawings Until 12 March - Darling Gallery presents Strangers in a Strange Land - an exhibition of etchings and drawings by Andrew Munnik. Viewing hours 10:00 to 16:00. Address: Unit 4, Station Street, Darling. For more information contact Elmie Smit 072 833 0291 or 081 482 2859.

Pretloop 18 Maart - ACVV Speelkasteel, Malmesbury. Spring 18:15 vanaf die crèche weg vir +/- 3.5 km. Bring familie, stootwaentjies en vriende. Kos te koop na die stap: bord kos R55, worsbroodjies R12, poeding R12. Plaas bestellings by Suzanne, 022 482 3742.

Kunsuitstalling 6-15 Maart - `Museum' is 'n kunsuitstalling van Sandra Hanekom wat in die BJ Olivier-galery op Stellenbosch te sien is tydens die Woordfees. Dit is 'n visuele uitbeelding van die brose verhouding tussen skoonheid en verganklikheid.

Sunset 2 Sunset Tri-Athlon 21 March - Velddrif, 083 558 4947.

Malmesbury VLV 11 Maart – 09:00 vir 9:30 by Malmesbury Gholfklub. Vir hul openbare sakebyeenkoms kom gesels Heleene Steenkamp van TSP oor die wetlike vereistes van huiswerkers. Besoekers is welkom @ R30. Aandskemering Bingo-aand 11 Maart - ‘n Bingo-aand om geld virAandskemering in te samel. Begin om 19:00. Koste: R 100pp. Vir kaartjies skakel Casper by 082 682 8877. Idols-finalis 12 Maart - Lize Mynhardt tree om 19:00 in Laerskool Dirkie Uys se skoolsaal op saam met plaaslike Dirkie Uys-talent. Beperkte kaartjies beskikbaar by Eduan Meyer, LDU-bemarker 022 433 1082 of 083 400 1986. Christelike Afhanklikheidsdiens 12 Maart - die gebruiklike CAD om 19:00 by die AGS Corpus Christi, Malmesnury. Almal welkom. Abbotsdale Mark 13 Maart - van 18:00 in die Abbotsdale-gemeenskapsaal. Tuisgebakte brood, konfyt, groente, rooti’s en kerriekos te kies en te keur. Navrae by Roland, 073 155 7256.

Pluimbal: Mikayla Ritter van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is gekies om die Boland te verteenwoordig by die 0.15 pluimbalkampioenskappe en interprovinsiale-kompetisie.

Malmesbury Relay for Life 21-22 March 022 482 1111. Malmesbury Netbalklub Besighede-toernooi 23 en 25 Maart – Malmesbury Netbalklub se jaarlikse Besigheidstoernooi, 18:00 op die bane van die Laerskool Swartland plaas. Vir meer inligting of inskrywings, kontak Christine van Heerden by 083 333 8645. Kom kyk sterre 24 March - Kom kyk sterre saam met Porterville Toerisme. Porterville Gholfklub, 19:30; R50pp (ligte verversings en kontantkroeg beskikbaar ). Beperkte plek - bespreek teen 23 Maart by Toerisme: 022 931 3732 of info@portervilletourism.co.za. Swimming Championships 27 -29 March - SA Regional Level 1 Championships, Malmesbury Municipal pool; 08:00 – 17:00. Organiser: Lucinda Koch, 021 854 3395. Kleuterskool atletiek 28 Maart - Veeldoelige sentrum, IlingeLethu, 08:00. Hekfooi R10 (kinders R5, motors R10). Kontak M Brink, 022 486 4006/074 311 7106. Groeneweide basaar 28 Maart - basaar om 11:00 by ouetehuis, Darling. Tuisgebak ens te koop. Navrae: 022 492 2665.

Swartland Vroeë Kinder-ontwikkeling Sportdag 14 Maart - by St Thomas Primêr, 08:30. Hekfooi R10 (kinders R5, motors R10). Stalletjies beskikbaar @ R100. Kontak M Brink, 074 311 7106.

Spore oppie Sand 28 Maart - Rooies tree op by die Plaasmol, Hopefield. Plaasdiere, snoek & patat, musiek en stalletjies. Toegang: R25 (Rskoolkinders R10, voorskool gratis). Kontak 074 924 8478.

Sangmiddag 15 Maart: Die VGKSA-gemeente (Area F) hou ‘n sangmiddag in kerk van 16:30 met die bekende tenoor Johan Brand en verskeie kore. Toegang is R10 (kinders R5) by die deur. CD’s te koop. Navrae: brs James Jacobus, 076 8979 651 / Salie Solomons, 083 235 2722.

Bootsale/Markdag op Moorreesburg 28 Maart - Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Navrae: Annalize of Hermien by Moorreesburg/Koringberg Toerisme-kantoor, 022 433 1072.

Malmesbury Sakekamer 17 Maart – OLOK-saal by Hoërskool Swartland, 19:00 vir 19:30. Gerry Rehrl praat oor die beplande mall-ontwikkeling. Kaartjies is R100 vir lede en R140 vir nie-lede (sluit ligte ete in). RSVP stiptelik teen Vrydag 13 Maart om 15:45 by Toinette Niemann, by Bester en Vennote, 022 482 1060.

Hoërskool Swartland Opedag 22 April - Opedag verskuif van 12 Maart 22 April. Skakel die skool by 022 482 1469 vir enige navrae.

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-epos word vir plasing.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 15 Maart - Oggenddiens om 09:30, pastoor Piet Smit praat oor: Dis Lig Teen Wat Kom. Aanddiens om 18:30, ‘n gesinsdiens. DVD: Lied Van Die Martelaar. Navrae: 073 447 2902.

dagskool om 09:00, Jeug Vrydae om 08:00, Aanbidding Donderdae om 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel by 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297.

Dynamic Love Fellowship 15 Maart - Eke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00)

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498.

PPK Bethesda Malmesbury 15Maart - Br Gert Rossouw preek om 10:00 en pastoor Kobus du Plessis 18.30. Sondagskool om 08:30. Kerk weeksdae van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Alle ander bedrywighede vir die week opgeskort - die gemeente ondersteun astoorRodney Howard Brown se dienste in Montague Gardens (h/v Koebergweg en Ludelstraat). Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 15 Maart - Past Kobus du Plessis lei die diens om 10:00. Navrae: Past du Plessis, 083 722 7787. Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Almal word genooi: Son-

Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:15 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Tomas Laerskool. in Wesbank. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com of pastoo Ken Pattison by 083 498 2990.


10

NUUS • NEWS

11 Maart 2015


NUUS • NEWS

11

11 Maart 2015 Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za #2000

------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001

------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554.

Te Huur To Let

Betrekking Vacancy

Ruim 3-slaapkamer woonstel te huur in Malmesbury vanaf 1 April 2015 @ R4 320,00 per maand. Kontak mev Dawson – 022 482 1101 vir aansoekvorm

SOEK betroubare inslaap huishulp. Moet kan kook. Geen rook en drink. Kontak asb 084 280 1023

#2022

Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom.

#2023

------------------------VAKANTE TELE- EN BEMARKINGSPOS beskikbaar. Faks CV na 086 218 1114. Tel na 17h00 - 022 487 3265. #2025

-------------------------

#2006

------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bank aflosse. Kontak 083 464 6960. #2007

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na reception@diecourant.co.za om in dié afdeling te adverteer.

#2002

------------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802. #2015

------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857

#2024

------------------------Just 4 Fun Balloons (Malmesbury). Helium Balloons & Balloon Décor. Kontak Annemie by 082 565 3722 #2016

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003

------------------------OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494 #2004

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005

------------------------BUSINESS OPPORTUNITY BISCUIT SALES – Agents wanted in factories, farms, offices, schools, prisons, SAP, hospitals, etc – Contact Sam at 073 256 9284 #2021

Kontak ons by 022 487 3221 om hier te adverteer!


courant

tel 022 487 3221

11 Maart 2015

11 Maart 2015

• DEEL VAN GESOGTE GROEP

Sportuitslae

Fietie pak wéér epiese Epic Fietie Rocher (regs) van Moorreesburg sien vanjaar weer kans om die epiese Cape Epicfietstoer op te saal en te tem. Hy het in 2010 ook hierdie rit aangedurf en baasgeraak. Fietie, wat pas sy 40ste verjaarsdag gevier het, glo hy is ten volle toegerus vir die fisiese en geestelike uitdaging wat die Epic bied. "Ek dink hoe ouer jy word, hoe beter gaan dit. Die gemiddelde ouderdom verlede jaar van die ryers wat die ren voltooi het, is ongeveer 45 jaar, so ek het darem nog 'n rukkie om te gaan," sê hy. Sy spanmaat, Niel O'Connel, is 51. Om aan die Epic deel te neem, verg baie voorbereiding en hieraan het Fietie nie tekort geskiet nie. "My voorbereiding was baie goed. Ek sit ses maande uit om regtig my liggaam en verstand voor te berei. Ek gebruik ook 'n oefenprogram wat ek streng volg en 'n afrigter wat my vordering dophou. Net goeie voor-

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12

Sports results

Gholf Malmesbury Woensdag Sundowner: Enkel Stableford Appie vd Merwe 25; Freek Stander 24; Frans Destroo 20; Steyn Neethling 20; Gawie Lambrechts 20. Vrydag Sundowner: Enkel Stableford Ewald Liedeman 20; Piet Kemp 20; Freek Stander 20; Brian de Beer 20; Jean Pieters 19; Jacob Goosen 19. Saterdag 7 Maart: Enkel Stableford Philip Faure 44; Wim Beukes 44; Josef de Beer 42; An-drew Pienaar 42; Rosco Liedeman 42; Eben Lingeveldt 41.

bereiding kan jou help vir daardie een wekie in Maart." Vir Fietie en Niel is die grootste uitdaging om nie teespoed lang die pad op te tel nie en by mekaar te bly. Die voorbereiding se veranderinge was nie net tydelik nie, maar 'n permanente lewensstyl wat hulle aangeleer het. "Om gesond te wees en buite te kan wees, is beter as enigiets anders. As jy die Epic een keer voltooi het, dink jy jy is klaar daarmee... tot die volgende een." As Fietie en Niel vanjaar weer die ren voltooi, word hulle deel van die gesogde Amububesi-klub wat "pride of lions" beteken. Hiervoor moet jy drie of meer Cape Epic's voltooi het.

Tennis Malmesbury Gemengde Liga: Malmesbury A teen Paarl Malmesbury verloor 6 wedstryde teenoor 2 Dmitri Marais v G van Schoor 5/7, 1/6; Braam Isaacs v N Stephan 3/6,/6; Kim Titus v L Prinsloo 6/2, 6/7,6/7; Euodia Vermeulen v D Prinsloo 5/7, 3/6; David Isaacs & Antoinette Snyman k J Zulch & T Kirsten 6/4,6/4; Braam Isaacs & Kim Titus v J Zulch & T Kirsten 4/6,6/1, 6/7; Dmitri Marais & Euodia Vermeulen v G van Schoor & L Prinsloo 3/6,1/6; David Isaacs & Antoinette Snyman k N Stephan & D Prinsloo 6/3,6/4. Gemengde Liga: Malmesbury B teen Brackenfell Malmesbury wen5 wedstryde teenoor 3 Dirk Lategan & Daryl Blom k G Rheeder & C van Grenen 7/5, 6/2; Irvan Turner & Alwyn Burger k M Ehlers & P Schietekat 6/2, 6/4; Annette de Wet & Lize-Marie Lategan v H Theron & K James 4/6, 5/7; Althea Eksteen & Marlene Hanekom v T Brink & M Wentzel 0/6, 1/6; Dirk Lategan & Lize Marie Lategan k G Rheeder & H Theron 6/1, 6/2; Daryl Blom & Annette de Wet k C van Grenen & K James 1/6, 6/4, 7/6; Irvan Turner & Althea Eksteen k M Ehlers & T Brink 6/2, 7/5; Alwyn Burger & Marlene Hanekom v P Schietekat & M Wentzel 4/6, 5/7.

• Die Cape Epic vind vanjaar vanaf 15 tot 22 Maart plaas en maak 'n Swartlandse draai wanneer die ryers die Paardeberg se klimme aandurf.

Maak of breek lê voor vir spanne Wesbank se rugbyklub het Saterdag sy tuiswedstryd teen Durban Collegians in die Cell C Community Cup met 34 – 20 gewen. Rustyd was die twee spanne gelykop met 12 punte elk. Saterdag speel die span in sy laaste groepwedstryd teen Welkom Rovers op Welkom. Hulle moet die wedstryd met vyf punte wen ten einde te verseker dat hulle in die Paastoernooi op Rustenberg gaan deelneem. Die ander span van Malmesbury wat op die oomblik in ‘n uitdaagkompetisie betrokke is, Never Despair, het Saterdag gelykop gespeel teen Primrose met 37 elk. Dit was ronde 4 van Boland se Community Challenge. Rustyd was hulle 13-17 agter, maar het sterk teruggekom in die tweede helfte. Die drieë is deur Lance Lievendal, Sherwyn Dyason, Adrian Arries en Dennis Phillips gedruk. Warrick Philander slaag met vier doelskoppe en twee strafdoele. Saterdag speel hulle tuis teen Valsbaai.

Gemengde Liga: Malmesbury C teen Brackenfell Gelykop uitslag 3 wedstryde elk Marais Liebenberg & Jessie Liebenberg k E Stemmet & T Engelbrecht 6/7, 6/4, 7/6; Arnold v Jaarsveld & Sunette Botha k A Joubert & M Hoving 6/4, 6/0; Juvan Cailett &Alec Viljoen v N Abrahams & J Strydom 0/6, 2/6; Jessie Liebenberg & Sunette Botha v T Engelbrecht & M Hoving 4/6, 1/6; Marais Liebenberg & Arnold v Jaarsveld k N Abrahams & J Strydom 6/3, 6/1; Juvan Cailett& Alec Viljoen v E Stemmet & A Joubert 7/6, 3/6, 6/7.

uitslae geborg deur

Kookwater:

Johan September laat nael doelpale toe in Wesbank se wedstryd Saterdag teen Durban Collegians. Foto: David Howburgh Jameson Irish Whiskey 750ml

235

79

R

COOL

Castle Lager Non-returnable Bottles or Cans 24x330ml

150

R

Coca-Cola Regular 2 Litre

Smirnoff 1818 Vodka 750ml

R

BUY 2 FOR

25

R

Douglas Green Rib Shack Red 750ml

34

R

PRICES VALID 12 - 15 MARCH 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

95

85

R

R

Wellington VO Brandy 750ml

Wild Africa Cream Liqueur 750ml

1191994_100 x 260

SUMMER

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1191994_Vredenburg 10x8.indd 1

2015/03/09 11:47 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.