courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
13 Mei 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 320
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
• Hoof van polimeer-studiegroep
Doktor ook sportster Divann Robertson van Malmesbury is ‘n man van vele talente: nie alleen is hy as Malmesbury Krieketklub se Sportman van die Jaar aangewys nie, hy het onlangs ook sy doktorsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Beskeie en skamerig het hy net geglimlag en aan dié courant gesê ‘n mens moet gebalanseerd lewe. “Ek is al vir baie jare by Malmesbury se krieket en tennis betrokke en ek weet nie wat ek sonder sport sal doen nie.” Die voorsitter van die krieketklub, Keith Bruintjies, het hom geloof vir alles wat hy vir die klub beteken en gesê hy is ‘n ware rolmodel. So hard as wat hy speel, so hard werk hy ook: “Ek geniet die wetenskap verskriklik baie en dit is altyd lekker as jy ‘n positiewe impak kan maak op die wêreld daar buite.” Divann is ‘n Swartlander in murg en been. “My skoolloopbaan het op Abbotsdale by St Michael’s Primêr begin. Ek het in 2005 gematrikuleer aan Schoonspruit Sekondêr, waar ek ook hoofseun was. In 2006 begin ek met my BSc-graad in Chemie by Maties. Daarna het ek my BSc, BSc Hons en MSc voltooi in Chemie en Polimeerwetenskap. Ek het in Maart my PhD in Polimeerwetenskap gekry.” Die studie het gehandel oor die analise en karakterisering van bio-polimere en hoe hierdie sisteme moontlik in verskeie toepassings gebruik kan word. “My studie het gefokus op die gebruik van poli (laktiesesuur) as ‘n moontlike 'groen' alternatief vir polimeersisteme afkomstig van fossielbrandstowwe, byvoorbeeld poliëtileen en polipropileen. “Ek het ook gekyk na die verbetering in eienskappe van hierdie bio-polimere deur gebruik te maak van ‘n unieke instrumentele opstelling wat in ons groep tydens my studies ontwikkel is. Hierdie sisteem behels die gebruik van lasers met verskeie golflengtes om die kinetika van polimeer-kristalisasie en kristal-groottes in oplossings te volg. “Die navorsing is in internasionale wetenskapjoernale gepubliseer en ek het ook die werk by verskeie internasionale konferensies, plaaslik en in die VSA, gaan voorlê." Divann is op die oomblik aangestel om nadoktorale navorsing by die Polimeerwetenskap Instituut by Stellenbosch Universiteit te doen en is ook vir die afgelope drie jaar laboratoriumkaptein van sy navorsingsgroep. “Behalwe my eie navorsing is ek ook in beheer van verskeie voorgraadse en honneurs praktiese modules waar ek as mentor en laboratorium-demonstrateur optree.”
Veiligheid: Die Swartland Beskermingdienste het onlangs ‘n besoek aan Anne Pienaar Primêr gebring om die leerders meer te leer oor veiligheid.
Trots: Divann saam met sy ouers, Johan en Sylvia Robertson. Sien ook bl 5.
Wat is polimeerwetenskap? Polimeerwetenskap behels die navorsing van sintetiese plastiese materiale en rubbers op mikroskopiese asook makroskopiese vlak. Dit sluit die volgende in: chemiese sintese van po-
limere asook die analise van chemiese strukture en fisiese polimeer eienskappe. Daar word veral baie gefokus op die verband tussen die chemiese strukture van materiale en die eienskappe van die finale plastiese produkte. Verskillende polimere word oral rondom ons in die hedendaagse lewe gebruik en daarom is dit noodsaaklik om hierdie materiale tot op ‘n chemiese vlak te verstaan wanneer dit vir spesifieke toepassings gebruik word. Polimere word in die landbou, ingenieurswese, motorbedryf en biomediese veld gebruik, net om ‘n paar te noem. Ook in en om die huis loop ons polimere raak, selfs daardie kleefplastiek (cling wrap) waarmee jy jou broodjie toemaak in die oggend is ‘n polimeer. “Hierdie studieveld het letterlik veroorsaak dat ek deesdae met ‘n heel ander gedagte na 'n stukkie plastiek kyk,” vertel Divann. "So, elke keer as julle ‘n bietjie Coca-Cola uit daardie 2-liter bottel gooi, dink aan die komplekse chemie wat versteek is in daardie stukkie plastiek."
NUUS • NEWS
13 Mei 2015
NUUS • NEWS
2
13 Mei 2015
• skryf saam aan handboek
Sussies ken somme ‘n Wiskundige van Malmesbury, Margaret Rossouw (regs), en haar slimkop-sussie, Katie Müller (links), se eerste boek is pas uitgegee. Hulle is die skrywers van die Pythagorasreeks se studiegids vir Wiskunde Graad 9 (Afrikaans en Engels). Margaret en Katie is onderskeidelik die middelste en jongste van sewe kinders en het grootgeword in ’n huis waar Wiskunde ’n absolute ereplek beklee het. Hulle ma, suster, tannie en ouma is/was immers almal wiskunde onderwysers. Dit is dalk juis hierom dat die onderrig van dié vak hulle so na aan die hart lê. Katie het die graad BSc Honneurs in wiskunde (US) verwerf en gee tans wiskunde vir Graad 8 tot 12 by Hoërskool Bloemhof. Margaret (MPhil in Vertaling, Honneurs in Opvoedkunde, BSc in Fisioterapie, Wiskunde (US)) was lank betrokke by die Master Maths-sentrum op Malmesbury. Margaret en Katie het besef dat baie Graad 9-handboeke te min oefening op verskillende begripsvlakke bied. Daarom het hulle onder meer daarop gefokus om genoeg oefeninge in die Pythagoras Graad 9-boek in te sluit – nie net vir leerders wat nog ’n bietjie sukkel met die werk nie, maar ook vir dié wat die werk verstaan, maar ekstra oefening op ’n hoër vlak wil hê. Hulle wou hê leerders wat al die oefeninge in ‘n seker afdeling voltooi, moet werklik kan voel hulle het daardie afdeling se werk onder die knie. Hulle voel dat hulle boek leerders sal help om hulle kennis van wiskunde vas te lê en uit te brei, sodat hulle hul hoërskoolloopbaan met ’n stewige grondslag in wiskunde kan voortsit. Graad 9 is juis so ’n belangrike jaar, aangesien leerders aan die einde van hierdie jaar hulle vakkeuses vir Graad 10 tot 12 moet maak. Pythagoras 9 is aanvullend tot leerders se klaswerk en normale handboeke en gee hulle die geleentheid om ekstra oefeninge te doen. Die oefeninge sal leerders ook help wanneer hulle hersiening doen ter voorbereiding vir toetse en eksamens. Elk van die vyf leeruitkomste vir Wiskunde,
soos voorgeskryf in die KABV (Eng. CAPS), word volledig in hierdie boek gedek. Elke module in die boek skop af met ’n bespreking van die belangrikste teorie en tipiese voorbeelde, gevolg deur Oefening A (eenvoudiger probleme wat daarop gerig is om leerders se kennis te konsolideer en vas te lê), Oefening B (meer ingewikkelde probleme wat daarop gerig is om leerders se kennis te verdiep) en ’n toets (aan die einde van elke module). Volledige antwoorde word ook verskaf. Margaret en Katie wou hê dat leerders oor die algemeen self moet kan agterkom waar hulle verkeerd gegaan het as hulle in die memorandum sien hulle het ’n fout gemaak. Die susters beplan om binnekort met die Graad 7-boek te begin en hoop om dit volgende jaar op die rakke te hê. Die Graad 9-boeke (en ook soortgelyke Wiskundeboeke vir Graad 8, 10, 11 en 12) is direk beskikbaar by Margaret Rossouw (082 9737 699) en Katie Müller (072 995 4993), asook by Fisichem Uitgewers. Een gelukkige leser kan ’n Pythagoras Graad 9-boek (Afrikaans of Engels) wen deur die volgende vraag te beantwoord: Wat is die naam van hierdie reeks Wiskundeboeke? SMS jou antwoord voor of op 15 Mei na 084 8333 813, gevolg deur jou taalkeuse (Afrikaans of Engels) en jou naam en van.
NUUS • NEWS
3
13 Mei 2015
• VRA motoriste om geduldig te wees
Kontrakteurs reg vir N7
Aanvoorwerk vir die volgende fase van die konstruksiewerk aan die N7 vorder fluks. Op die oomblik is die kontrakteurs, Stefanutti Stock Power Consortium, besig om slote te grawe tussen Abbotsdale en Malmesbury om Telkomdienste te verskuif. Ian Kemp, wat Sanral se raadgewer op die projek is, het aan dié courant gesê mense besef nie hoeveel voorbereiding gedoen moet word, voordat daar met die eintlike konstruksie begin kan word nie. Hulle werk volgens ‘n omgewings- en gesondheidshandleiding wat deur kundiges opgestel is. Op die oomblik is daar ‘n spesialis wat kyk na bedreigde en rooi plantspesies wat verskuif moet word. “Ons weet reeds van die renosterbos, maar ons wag nou om te sien watter ander plante in die omgewing bedreig is. “Dan is daar natuurlik ook die uitheemse plante en bome wat uitgeroei moet word, voordat ons begin met konstruksiewerk. Dit is ‘n lang proses, maar noodsaaklik, “ het hy en Grant White, die kontrakteur se terrein-agent, verduidelik. Hulle het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om geduldig te wees met die moontlike ontwrigting wat die konstruksiewerk meebring. Op die oomblik is daar ‘n stop/ry-punt tussen Malmesbury en Abbotsdale. Veral voetgangers word gewaarsku om versigtig te wees en op te let vir konstruksiewerkers en –voertuie. Kemp en White het aan dié courant gesê dat
hulle deurentyd in gesprek is met rolspelers en die gemeenskap. “Dit is belangrik vir ons dat almal ingelig is oor wat ons doen en hoe dit hulle raak.” Hierdie deel van die konstruksiewerk is deel van fase 3 van die konstruksie aan Ian Kemp die N7. Die totale kos(links) en Grant White te van die konstrukop die konstruksiesiewerk aan die N7 terrein. vir die tydperk sedert 2012 tot 2018 vir die pad tot by Vanrhynsdorp beloop ‘n totaal van R4,131 475 635 biljoen. Volgens die planne sal drie verskillende kontrakte gelyktydig op die N7 hardloop. Nadat die eerste fase vanaf die Melkboswisselaar onlangs in 33 maande voltooi is teen R389 miljoen, het die werk aan fase drie - van Leliefontein tot die Hopefield-afrit - met ‘n totale waarde van R506 miljoen, reeds begin. Die nasionale padagentskap, Sanral, sê met die padwerke wat in Januarie 2018 voltooi moet wees, sal gemik word na minimum verkeersontwrigting. Die bestaande pad sal steeds gebruik word tot die een nuwe dubbelbaan langsaan voltooi is. Daarna sal die verkeer weer daardie bane gebruik, terwyl die res van die pad voltooi
N7:
word,” het Sanral se Randall Cable gesê. Die bestaande brug sal afgebreek word en plek maak vir die drie nuwe brûe met dubbelbane onderdeur vir die verkeersvloei van Bokomoweg na Darlingweg. Daar is ook ‘n alternatiewe roete vir voetgangers. Die afritte aan die oostekant sal ook belyn word en verkeersligte kry. Die ingang na Abbotsdale sal ook verander word en van posisie geskuif word. Fase drie maak ook voorsiening vir twee ekstra paaie aan die suidekant van Malmesbury onderdeur die N7 om toegang van MalmesburyWes na die industriële area te kry en voetgangerverkeer te beveilig. Volgens die planne sal die ou Malmesbury/Kalbaskraalpad (DR1111) ook in ‘n latere stadium opgegradeer word.
40 Jaar:
Die St Thomas Anglikaanse Kerk op Malmesbury het die naweek hul 40ste jaar op dié dorp gevier. Senior Priester van Saldanhabaai, James van Staden (onder), het die gedenksteen, geborg deur Cedric van der Westhuizen van Swartland Hulp- en Begrafnisdienste, ingeseën tydens die nagmaal wat Vrydagaand gehou is. Foto's: David Howburgh
HOU JOU GELD BO EN BEHALWE JOU VOLLE POLISWAARDE, BIED AVBOB JOU:
• ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing* • GRATIS vervoer van die oorledene in Suid Afrika*
Dit beteken jy kan jou geld – die volle poliswaarde – spandeer op spesiale ekstras sodat jy jou geliefdes met waardigheid kan afsien.
Hierdie GRATIS begrafnisvoordele* is bo en behalwe jou poliswaarde en spesiale bonusse wat verklaar is.
Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes:
AVB/152701/3/DC2
dié courant vra om verskoning vir foute in verlede week se berig oor die 70ste bestaansjaar van Phillips Oogkundiges. Oogkundiges word nie as “dokter” aangespreek nie en die eienaar is mnr Kevin Phillips. Sy oupa was mnr Clyde Phillips wat die praktyk in 1945 begin het.
Piketberg-tak Ben Sass Kerkstraat 49, Piketberg Tel: (022) 913 1315
Vredenburg-tak Anton Wolvaardt Prosesstraat 24, Vredenburg Tel: (022) 713 3020
*Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde verskaffer van Finansiële Dienste. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer. VFD 20656. www.AVBOB.co.za • www.AVBOB.mobi
NUUS • NEWS
courant
13 Mei 2015
dié
4
Wenner:
Maleen Jordaan (Graad 3) van CPM het by die skool se jaarlikse sportdag R10 000 in die beesloop-kompetise gewen. By haar is Lizette Lewis (Malmesbury Pick n Pay-borg) en Sarah Louw (voorsitter van die beheerliggaam).
Kennis is mag
Die spreekwoord lui: kennis is mag. Kennis wat ingewin word deur die jare. Dit klim op jou soos dit verby jaag, dit raak deel van jou menswees. Sommige van ons sit jare op skool- en universiteitsbanke om meer te leer. Om die papiere te kry wat jou die reg gee om jouself 'n titel toe te eien. Jy het egter nie allerhande grade nodig om kennis in te win nie. Kyk net om jou rond. Kyk 'n bietjie dieper en meer aandagtig na jou loopbaan. Daar skuil talle aspekte waarvan jy nie al die kennis het nie en waar jy jou kennis kan uitbrei deur net 'n bietjie rond te krap en uit te vind hoe iets werk of hoekom iets is soos dit is. As jy meer wil weet, meer wil uitvind, sal dit nie net jou kennis verryk nie, maar ook jou grysstof so 'n bietjie van 'n hupstoot gee. Maak die meeste van dit wat jy het! Leef gebalanseerd... Soos Divann Robertson dit goed doen. Hierdie sportman het die ewewig tussen akademie en sport gevind en leef dit voluit. Hierdie doktor is nou voorwaar nog 'n Swartlander wat ons naam hoog hou en sy man staan in 'n baie kompeterende wêreld. Hy het kennis en hy is altyd op soek na nog iets om te leer. Nog iets om homself mee te bemagtig. Of dit nou op die sportveld is, of in die laboratorium. Voorwaar iemand om op trots te wees!
SA Kampioenskappe: Seralize
Phillips (goud), Adriaan Mene (goud) en Severiano Faro (goud). Kermit Tieties en Andy Phillips was die twee afrigters van die Westelike Provinsie by die SA Gewigoptel-kampioenskappe. Willem Phillips was die skeidsregter. Dié span het al die trofeë in al die afdelings gewen.
Verjaardag:
Mnr Louis van Aarde van die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury het gister sy 99ste verjaardag gevier. Hy het al die jare op die plaas Kersfontein geboer.
Moedersdag: Nerina en
Tanielle Jordaan geniet 'n spesiale ma-en-dogterkuiertjie by Cherry Lane saam met Francois en Wilana Henn ter viering van Moedersdag.
It's Good News
Dr Marc Blackwell Snr
Having it "all together!" Galatians 5:22-23 “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, self-control. Against such there is no law.” Having “peace” is something like having it “all together! “ Many people think that “getting it all together” is dependent upon life’s circumstances. Some imagine that peace is just finding a “tranquil state”. Peace from God produces a unique harmony through the Holy Spirit. The Holy Spirit enables those who are eternally secure and confident in the grace of Christ to place the good of others ahead of their own needs or desires. With peace we find the grace or spiritual strength to put our lives and lifestyles “together.” Paul, the Apostle reminded the Colossian Church that they could find Peace by “...putting on tender mercies, kindness, humility, meekness, long suffering; bearing. The peace of God helps us “get it all together” and acts like a referee that calms and overrules inward passions like anger and bitterness. God’s peace operating in us restrains revenge and discourages us from sowing discord. The peace of and from the Lord helps us focus on the needs of other rather than ourselves. The peace of the Lord prompts us to be peacemakers and instruments of righteousness. In these times of uncertainty, we who are at peace with God can rest in peace now and in eternity... we know that the return of Christ is certain and the Prince of Peace is our Saviour and the Lord of our lives!
Bou jou huwelik Daar is nog kaartjies beskikbaar vir die PPK Malmesbury se huweliksbou-dag wat Saterdag gehou word. Van die kwessies wat aangespreek word, is: Wat is die rol van die man en die vrou in die huwelik? Ook die tale van liefde en kommunikasie sal aandag kry. Die huwelik is ‘n belangrike onderwerp in ‘n tyd waar daar beweer word dat ’n gemiddeld van tussen 50% en 66% van alle SA huwelike in die skeihof eindig. Statistieke soos dié is kommerwekkend, het pastoor Kobus du Plessis van die PPK gesê. In 2011 is 20 980 egskeidings toegestaan en altesaam 18 571 kinders vorm nou as gevolg van dié jaar se egskeidings deel van gebroke huisgesinne. Die seminaar word deur pastoor Pierre Hoffman gelei. Die dag begin om 09:00 by die kerk in St Thomasstraat. Kaartjies is R160 per paar, by pastoor du Plessis, 083 722 7787. Dit sluit tee en middagete in.
Jenna Lavin, adjunk-direkteur van Erfenis Wes-Kaap, vertel die gehoor meer oor die oer-klipwerktuie wat op en om Piketberg gevind word.
Erfenis op Piketberg bespreek
Tomis Abattoir wen goud by Cleaver
Die adjunk-direkteur van Erfenis Wes-Kaap, Jenna Lavin, het Piketberg Museum besoek om 'n toespraak te lewer oor die belangrikheid van bewaring van Suid-Afrikaanse erfenis. Lavin, 'n argeoloog, het verduidelik wat argeologie is en hoekom dit belangrik is om die afkoms van die moderne mens te bepaal. Sy het insig gegee oor die oer-klipwerktuie wat in en om Piketberg gevind word en wat dateer vanuit die vroeë Steentydperk (ongeveer 2.5 miljoen jaar tot 250 000 jaar gelede). Lavin het ook riglyne gegee om te volg as sulke werktuie op plase opgetel word. Kontak gerus die Piketberg Museum vir meer inligting by 022 913 2063.
Tomis Abattoir se slaghuis op die Tomis-plaas buite Hermon het by die afgelope Cleaver-toekennings 'n goue toekenning ontvang. Meer as 30 000 nominasies is vanjaar ontvang. Die toekennings is ‘n inisiatief van die SA Rooivleis Bedryfsforum en gee erkenning aan slaghuise wat aan verbruikers se verwagtinge voldoen as dit kom by higiëne in die slaghuis, die voorsiening van kwaliteit-versekerde SA Rooivleis, die vlak van bevoegdheid om die beste advies oor voorbereiding te verskaf en waarde vir geld.
NUUS • NEWS
5
13 Mei 2015
Nova Voere hou suksesvolle gholfdag 2015
John Duckitt, Robert Stark, Francois du Bois en Jaco Basson se vierbal was die wenners van die dag.
Regs: Eric Lorimer, Gert Steyn, Gideon Annandale en Peter Killick.
Hugo Visser, Joe Roberts, Janneman Botes en Tom Terblan- Aubrey Nelson, Francois de Wet, Ryan Hoskings en Alan Phillips. che.
Rollie Smit, André Mostert, Pat Hörnlein en Theo Heerman.
NUUS • NEWS
6
MKK vereer spelers - Speel nou uit vir hoër liga Malmesbury Krieketklub het vrolik feesgevier met hul prysuitdeling aan die einde van die seisoen. Die voorsitter, Keith Bruintjies, sê dit was ‘n goeie seisoen vir hulle: die A-span het eerste in hul liga geëindig.
13 Mei 2015
“Ek glo dit gaan ons ondersteuners ook opkikker, wat oor die algemeen goed sal wees vir die klub.” Die klub se grootste uitdaging is die veld en kolfblad. “Ons het dringend hulp nodig met die opgradering,” het hy aan dié courant gesê.
LINKS: Philander van der Westhuizen het die trofee ontvang vir die beste kolwer in die eerste span. Hy het dié prys met net drie lopies voor die ander se neuse weggeraap. Die tweede span se beste kolwer, Heinrich Peterse, was nie teenwoordig nie. Hier is Gregory Claasen saam met Philander. Regs: Die pryse vir beste bouler in die eerste span het aan Donovan Dudley gegaan. Hier staan hy saam met Gregory Claasen. Hy het twee paaltjies meer as sy naaste teenstander gehad. Die tweede span se bouler, Dewald van der Spuy, was afwesig.
Tiaan Serdyn het die Afrigters-trofee ontvang. Hier is hy saam met die afrigter, Shermon Faroa.
Speler van die Jaar: Divann Robertson is as Speler van die Jaar aangewys. Hier is hy saam met die voorsitter, Keith Bruintjies (links) en Gregory Claasen.
Die Voorsitterstrofee het aan Edwin Leander gegaan. Edwin is ook as Sportman van die Jaar aangewys. By hom is voorsitter Keith Bruintjies (links) en Gregory Claasen.
NUUS • NEWS 13 Mei 2015
7
NUUS • NEWS
8
13 Mei 2015
Goud vir Pick n Pay
Span:
Trots staan die span met hulle Cleaver-toekenning. Voor van links is Candice Fortuin, Charmaine Wentzel, Felicia Leander, Lena Scheepers, Beverley Willemse, Desiree America en Jacqueline Potberg. Agter: Nico Rosenberg, Eric Koze, Jason le Fleur, Le-Jean Titus, Wessel Badenhorst, Alfred Skop en Wilhelm Makkink. Kwaliteit, beskikbare reeks en diens – dit is die nagegaan en die temperatuur geneem. As dit wagwoorde as dit by Pick ‘n Pay Malmesbury se nie aan ons vereistes voldoen nie, word die hele slaghuis kom. En dit werk, want hulle spog van- besending teruggestuur.” Op sy beurt het Wilhelm Makkink, winkeljaar met ‘n goue Cleaver-toekenning. Wessel Badenhorst, operasionele direkteur bestuurder, die sewe-minuut-reël verduidelik: van Pick 'n Pay Malmesbury, het aan dié courant “Behalwe dat die temperatuur reg moet wees, vertel dat dit die eerste keer is wat hulle vir die is ons reël dat ‘n karkas binne sewe minute uit die vragmotor in ons koelkamer moet wees. Ons Cleaver-toekennings ingeskryf het. "Ons is baie trots op ons prestasie en vir ons doen dit in 40 sekondes per karkas.” Rosenberg het sy span geloof en gesê dit kan klante beteken dit natuurlik dat hulle weet hulle net werk as daar goeie spanwerk is. “En dan kry net die beste. “Ons vleis is van uitstaande gehalte,” het natuurlik deurlopende kommunikasie met ons Nico Rosenberg, die slaghuisbestuurder, verse- klante om seker te maak dat ons in hulle behoefker. “Ons verskaffers behoort almal aan die pa- tes voorsien.” Op ‘n ligter noot: bestuur steek graag hand neel van goedgekeurde Pick 'n Pay verskaffers wat die gemoedsrus bied dat hul aan al die ver- uit die mou om saam te werk. Badenhorst is glo ‘n voorslag-maalvleismaker en hy en Makkink eiste standaarde voldoen. Alfred Skop, die slaghuis-spesialis vir Mal- verpak ook graag die vleisprodukte. Die Cleaver-toekennings is tien jaar gelede mesbury en Wellington verduidelik dat hulle baie streng is met vleis-aflewerings. “Voordat begin om die behoeftes van die verbruiker te ons ‘n aflewering aanvaar, word die kwaliteit bevredig deur standaarde van slaghuise te ver-
Health World: baie planne vir die toekoms Health World Gimnasium op Malmesbury het nuwe eienaars en hulle is entoesiasties en vol planne vir die toekoms. “Ons gaan aan met alles wat daar was, maar ons het baie idees oor opgradering,” het Bernard van Zyl aan dié courant vertel. Hy en sy broer, Aldo, het die gimnasium onlangs van Jeanne Steyn gekoop. Hulle het op Vredenburg grootgeword en hulle is baie opgewonde om Malmesbury hul nuwe tuiste te maak. Aldo sal die gimnasium bestuur, terwyl Bernard van tyd tot tyd in die buiteland werk, maar dit maak hom nie minder betrokke by hul toekomsdrome nie. “Daar is baie ruimte vir groei by Health World – ons sal dit stelselmatig en oor ‘n tydperk doen.” Hulle het reeds heelwat opgraderings gedoen en volgende aan die beurt is nog trapmeule (tread mills). Aldo, wat ook vir ‘n ruk in die buiteland gewerk het, se hart en siel is in oefening: “Dit is vir my tweede na-
tuur, soos slaap en tandeborsel. Dit is ‘n lewenstyl.” Hy is opgelei as ‘n persoonlike instrukteur en hy sien daarna uit om betrokke te raak by mense se oefenprogramme. “Ons gaan binnekort ingerig wees om mense te evalueer en nommerpas-programme vir hulle uit te werk,” vertel Bernard. Die gimnasium het op die oomblik sowat 200 lede, maar daar is ook ruimte vir diegene wat net af en toe wil oefen – van elke dag tot een keer per maand, almal is welkom. Jeanne bied steeds haar karate- en aërobiese klasse hier aan. Die gimnasium maak Maandae tot Vrydae om 05:30 oop en sluit Maandae tot Donderdae om 20:00. Vrydae sluit hulle ‘n bietjie vroeër, om 19:00. Saterdae is die ure van 08:00 tot 12:00 en Sondae is hulle gesluit. Kontak Health World by 022 487 1122.
Eienaars: Aldo en broer Bernard van Zyl
NUUS • NEWS
9
13 Mei 2015
by Cleaver-toekennings Trots: Pick n Pay Malmesbury is nie min trots op die Cleaver-toekenning wat hulle ontvang het nie. Hier staan, van links, Wilhelm Makkink (winkelbestuurder), Alfred Skop (die slaghuis-spesialis vir Malmesbury en Wellington), Nico Rosenberg (slaghuis-bestuurder) en Wessel Badenhorst, (operasionele direkteur).
hoog. Meer as 30 000 nominasies is vanjaar ontvang. Die toekennings is ‘n inisiatief van die SA Rooivleis Bedryfsforum en gee erkenning aan slaghuise wat aan verbruikers se verwagtinge voldoen as dit kom by higiëne in die slaghuis, die voorsiening van kwaliteit-versekerde SA Rooivleis, die vlak van bevoegdheid om die beste advies oor voorbereiding te verskaf en waarde vir geld. Ryan Read, die seremoniemeester by vanjaar se toekennings, sê standaarde het aansienlik
Selected products on this page have been styled for photography
PnP Bulk Lean Beef Mince
BEST BUY
49
R
Per kg
verbeter vandat die kompetisie begin het. Read, wat self baie navorsing in die veld gedoen het, sê die meeste klante beskou die Cleaver-toekennings as ‘n teken van goedkeuring. “Die wenners van die Cleaver-toekennings staan vir die hoogste vlak van kwaliteit. Dit is die erkenning van gehalte in alles wat hulle doen.” Slaghuise is in drie afdelings beoordeel: 1. slaghuise met vier of meer kasregisters; 2. slaghuise met drie of minder kasregisters; en 3. Voedselmarkte/supermark.
34
90
Bulk Beef Potjiekos C-Grade Per kg
FRESH
35
95
4150
County Fair 5 Piece Braai Pack 5/10s
PnP NO NAME™ Frozen Chicken Braai Pack 2kg or Goldi Mixed Chicken Portions 2kg Each
BUY 2 FOR
33
R
28
90
Bokomo Weet-Bix 900g
D’lite 37% Fat Spread 1kg Tub
27
90
PnP NO NAME™ Potatoes 7kg
39
90
Kellogg’s Corn Flakes 1kg
28
90
21
PnP 1 Ply White Toilet Tissue 9s
90
PnP White Sugar 2.5kg
PRICES VALID 14 - 17 MAY 2015 AT PICK N PAY VREDENBURG, LANGEBAAN, WELLINGTON AND MALMESBURY ONLY Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
1193443_390x131
1193443_Vredenberg_Extreme_390x131_V2.indd 1
2015/05/12 9:29 AM
NUUS • NEWS
10
Dagboek • Calender
Malmesbury VLV 13 Mei - 9:00 vir 9:30, Malmesbury Gholfklub. Die twee sprekers is Elfrieda Kellerman oor refleksiologie en Coleen Bownes oor permanent grimering. Besoekersfooi van R30 sluit in tee en verversings. Darling Museum Open Day 16 May – 10:00 -14:00: International Museum Day celebrations at Darling Museum. Traditional Crafters at Work: Local crafters showcase their talents in a variety of old-fashioned crafts such as quilting, crochet, spinning and weaving, butter making, calligraphy, bookmaking, pewter work, woodturning, beading, San crafts, mosaic, traditional archery. Car Boot Sale: All kinds of interesting items for sale in the parking area opposite the museum. Tea Garden: Bring the family for a treat in the tea garden. Historical Walk: Collect a map at the Museum and enjoy a ramble around the historic old Darling to view its architectural heritage. Free entrance to the museum on this day.For more information phone 022 492 3361 or e-mail info@ darlingtourism.co.za. Malmesbury Museum vier Museumdag 21 Mei - Vier Internasionale Museumdag om 18:00. Kom luister na twee kundiges op die gebied van oorlogsmedaljes (medalje-konsultant vir City Coins, Johan Louw) en munte – onder meer Krugermunte en skeepswrakmunte (munthandelaar: City Coins, Robert Mitchell). Bring oupagrootjie se medalje of daardie geërfde munt saam as u meer daaroor wil uitvind. Bespreek by 022 482 2332 of 082 961 6181. Kaartjies @ R50/persoon – sluit glasie wyn en ligte verversings in.
ACVV Malmesbury Mini-basaar 29 Mei - 09:30 tot 13h00, NG Moeder-gemeente Malmesbury se saal. Etekaartjies @ R50 en poeding @ R10. Kontak Elsa Willemse 022 4822245 of acvvmalmesbury@telkomsa.net Tekkie Tax-dag 30 Mei -Kansa ondersteun van vanjaar af dié dag. Koop jou R10-plakker by hulle kantoor in Hugenotestraat, Malmesbury. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www. wolwefontein.co.za Sopdans 30 Mei - Swartland Voortrekkers hou 'n dans in Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 19:30. Musiek deur Christo en Morne. Kaartjies R100 pp (kinders welkom: hoërskool R80, ander gratis). Sluit aandete in van gebakte brood & konfyt, wintersop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Kaartjies is beperk: bespreek by Lize Signs, Hugenootstraat. Swartbergsvlei 6 June - Darling: Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za.
Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752.
Loopbaanvoorligting: Swartland Jeugkantoor 8 Junie - Ilinge Lethu Thusong-sentrum,10:00-16:00. Werklose jeug (18 -35). 9 Junie - Riebeek-Kasteel Suiderkruis POP Sentrum, 10:00-13:00. Werklose jeug (18-35). 10 Junie - Wesbank-gemeenskapsaal, 10:-00-18:00; werklose Jeug Wesbank & Saamstaan (18-35). Tel: 022 487 9400 (x.2924) of e-pos vanschalkwykZ@swartland.org.za. NG Kerk Darling & Yzerfontein winterbasaar 19 Junie - Darling-kerksaal van 17:00 af en om 18:00 sal die potjiekos bedien word (diakens sal die etekaartjies verkoop). Daar sal gebak wees, pannekoek, stokworsies en `n koeldrank- en lekkergoedtafel. As jy betrokke wil raak, kontak: koektafel (Cecile Russouw), stokworsies (Nora van Zyl) pannekoek (Hennie Pienaar), potjiekos (André Kirsten), vleistafel (Paul Basson), lekkergoedtafel (Marné Pienaar) of die kerkkantoor, 022 492 2513 of 022 454 2616.
Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za.
Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549.
Abbotsdale-mark 28 Mei - Die gewilde mark begin om 18:00 in die gemeenskapsaal. Geniet aandete daar: heerlike kerriekos, breyani,rooti's, tuisgebakte brood, konfyt en groente.. Navrae: Roland, 073 155 7256.
Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www.computicket.
Kerke • Churches VGK Malmesbury Pinksterbidure 14-24 Mei - Pinksterbiduurreeks. Die tema is “Die Gees vul ons harte met geloof, hoop en liefde”. Elke aand begin met ’n vooraf gebedstoewyding in die konsistorie van 18:30 en gemeentelike samesang vanf 18: 45 en die bidure om 19:00. Die bekende dr Llewellyn MacMaster lei die bidure van 18 tot 22 Mei en sluit die reeks Sondag 24 Mei om 09:30. Plaaslike predikers sal die res van die bidure behartig. Die VGK is geleë op die hoek van Jasmynstraat en Akasia-laan. AGS Corpus Christi, Malmesbury 17 Mei - Pinkster begin. Past Piet Smit preek om 09:30 en om 18:30 preek Gummy v/d Westhuizen. Pinksterdienste op 18, 19 & 20 Mei om 19:00. Prediker: pastoor Piet Smit. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 17 Mei - Pastoor Pierre Hoffman preek om 10:00 en pastoor Kobus du Plessis om 18.30. 083 722 7787. Shofar Malmesbury 17 Mei - om 09:30 in Hoërskool Swartland skoolsaal. Predieker is De Waal Esterhuizen. Navrae: 022 482 4640. Pinkster 2015 18 - 22 Mei – 09:30 by Aandskemering Ouetehuis. Die predi-
ker is ds Johann Nel. Die tema: God! Is Hy… 18 Mei - Kenbaar?; 19 Mei - Betroubaar?; 20 Mei - Manipulerend?; 21 Mei – Gevaarlik?; 22 Mei - Wat is Sy doel met my? Die ontvangskantoor vir die tydsduur van dienste (09:30 tot 10:30) onbeman. Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 30 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae, 08:00 – 14:00). Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Navrae: pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990.
13 Mei 2015
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na admin@diecourant.co.za om hier te adverteer!
NUUS • NEWS
11
13 Mei 2015 Dienste Services
AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/7
------------------------F.N.C: Cleaning of carpets and lounge suites @ R170 per room. Contact Neil 060 448 8802. #2015/2
------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2024/2
------------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761 or 073 193 1457 #2074
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 Sel.071 953 1292 / 082 573 1589 #2003/7
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
Voertuie Vehicles VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. #2007/6
Te Huur To Let ROSE EIENDOMME: Te huur – Indien u belangstel in A of B stuur e-pos na roselj@telkomsa.net A – Super netjiese eksklusiewe en veilige 2 slpk woonstel op boonste vloer vanaf 1 Julie vir R4 800 p.m – Geen diere en kinders B – 3 Slpk huis in goeie area naby Hoërskool vanaf 1 Junie vir R9800,00 p/m. #2073
Betrekking Vacancy BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/7
Gelukwensing RAAI wie raak 40 op 15 Mei 2015? STEPHEN KAROLUS
#2005/7
Te Koop For Sale
Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. Gratis aflewering in Malmesbury. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072
God’s rykste seën – Van mense wat baie omgee #2071
-------------------------
Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400
Eerste Klerk: Ondersteuningsdienste Moorreesburg Departement van die Direkteur: Korporatiewe Dienste • Verw: V7/15 • Salarisskaal: R112 548 – R146 064 per jaar Sluitingsdatum: 22 Mei 2015 om 12:00
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za
123057
VERKOOPSBEAMPTE Malmesbury
Midas Malmesbury, ’n gevestigde franchise van die internasionale Midas-groep, verskaf sedert 1993 motoronderdele en -toebehore aan die Swartland en omliggende omgewing. Dié vooruitstrewende onderneming beskik tans oor ’n vakature vir ’n dinamiese persoon om verkope te dryf. Verantwoordelikhede sluit onder meer die volgende in: • hantering van produknavrae en produkaanbevelings • proaktiewe dienslewering en bestuur van kliënteverhoudings • bevordering van die maatskappybeeld • bemanning van die verkoopstoonbank • verkryging van skaars onderdele vanaf verskaffers • nasorg en basiese verkoopsadministrasie. Die ideale persoon beskik oor: • bewese verkoopservaring • uitstekende kommunikasie- en taalvaardighede in Engels en Afrikaans • basiese rekenaarvaardighede • ervaring in die motoronderdeleen handelsbedryf sal as aanbeveling dien. Stuur asseblief u CV aan Marietjie Nieder-Heitmann per e-pos na info@hrsa.co.za of faks na 021 863 0968.
JOUBERT &
ASSOCIATES GENOTE
123043
courant
NUUS • NEWS
13 Mei 2015
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
13 Mei 2015
Sportuitslae Sports results Gholf Malmesbury Woensdag 06 Mei - Enkel Stableford Nic Goosen 20 (punte) 6 (vouchers); Joey Harder 19 & 4; Penne Odendal 19 & 3; Lukas Theron 18 & 1. Vrydag Sundowner 08 Mei - Enkel Stableford Sakkie Klasen 20; Francois Geldenhuys 20; Jacobus Snyders 19; Koos Loubser 19; Kwas du Toit 19. Saterdag 10 Mei - Enkel Stableford Christo Gouws 38; Eben Lingeveldt Jnr 38; Marius Apollus 37; Jaques Ackerman 37; Peter Willemse 34; C Pietersen 34; Paul Hardcastle 34; Flip Theron 34; Marius van Wyk 34. Moorreesburg Gholfklub Sundowner 08 Mei D Kriel 23, C Smit 19, E Dyason en C Koch 18, E Pretorius 18.
Spannend: Nicolas Duhwa van Wes-
bank met die bal, bygestaan deur Edwill Solomons en Melvin Lazarus. Wesbank het Saterdag die span van St Helenabaai in 'n spannende wedstryd op die Wesbank sportterrein 47-15 geklop. Wesbank het sy derde agtereenvolgende wedstryd met ‘n bonuspunt gewen. Die tweede span het 22-8 gewen en die derde span 19-0. Wesbank reis eerskomende Saterdag na Mamre en die busse vertrek reeds om 12:00.
Bloues: Die span van Bloues het Saterdag hulle derby teen die rugbyspan van die Do-
rings naelskraap met 18-17 gewen. Daarmee het hulle die tweede agtereenvolgende jaar die Druiwetros-trofee verower. Die tweede span het 11-0 gewen.
Netbal: Hoërskool Dirkie Uys se
Wes-Boland netbalspelers: Marike Bester, Gizelle Kitshoff, Janine Heynse, Jaclyn Engelbrecht, Anushka Odendaal, Thana Kitshoff, Anika Bester, Danika Odendaal. Voor is Kim Viljoen, Marchay Kaloempie, Marsha-Lee van der Ros, Sydney Crow, Johanna Skippers. (Afwesig: Corin de Waal).
Tigers en Koringberg pak mekaar Saterdag het Koringberg Rugbyklub en Young Tigers van Darling op die Koringberg sportterrein kragte gemeet in die Gemeenskapskild-kompetisie van Boland. Koringberg het die wedstryd oorheers en pal onder sy opponente se doelpale geboer om met 44-0 te wen.
Driedrukkers was Gawie Skippers, Elzin Alexander, Eugene Markus, Zirk Kapiro, Edwayne van Wyk, Robin Jagers en Rolan Thomas. Marlon Willemse slaag met een doelskop en Winston-Lee van Wyk met twee. Willemse het ook ‘n strafskop oorgeskop. • B-span: Koringberg klop Young Tigers 35-5.
Fietsry:
Elishia Drotschie van Malmesbury het Saterdag die Willow Creek Bergfiets-uitdaging in Nuy se 60km gery en eerste geëindig met ‘n tyd van 02:55:26. Haar man, Kobus, het ook deelgeneem - sy tyd was 02:55:39. Elishia vertel dat hulle by die eerste waterpunt gesê sy is die eerste vrou. “Terwyl ek daar staan, kom daar nog ‘n vrou verbygery… van daar af was die resies aan! Ek het haar teen die tweede waterpunt verbygegaan en sy was heelpad kort op my hakke. “Met die laaste kilometer het ek alles gegee en die laaste 500m was baie hard en vinnig. Ek het haar heeltyd hoor nader kom, net om oor die wenstreep te gaan en om te kyk en my man te sien! Ek het ‘n tablet, wyn en olyfolies gewen.”
Boland Landlope Eerste rondte - Robertson Seuns o.9 - 2km: 2de Irlo Liebenberg Riebeek-Wes Primêr; 8ste Anthony Bailu Bergrivier Primêr; 10de Herchel Alkaster Bergrivier. seuns o.10 - 2km: 8ste Kaywin van Willingh Riebeek-Wes. seuns o.11 0 3km: 3rde Robert Nero Riebeek-Wes. seuns o.13/o.14 - 4km: 5de Lee-Roy Olivier Riebeek-Wes, 6de Brendon Jonkers Riebeek-Wes. seuns o.15 - 4km: 10de Adriaan Coetzee Riebeekvallei Spesiale Skool. seuns o.16 - 6km: 9de Justin Maarman RVSS. seuns o.17 0 6km: 4de Marco Muller RVSS, 10de Jonathan Otto RVSS. seuns o.19 - 8km: 9de Carlo Miggels RVSS. Meisies o10 - 2km: 1ste Chloe Lottering LS Swartland; 3rde Ileen van Schalkwyk LS Riebeek-Kasteel. meisies o.11 - 3km: 6de Petronella Mbuli Riebeek-Wes, 7de Nikita Toerien Swartland. meisies o.12 - 3km: 10de Michelle van Schalkwyk Riebeek Kasteel. meisies o.14 - 4km: 9de Caylin-Lee Booysen Riebeek-Wes. meisies o.19 - 6km: 1ste Allison de Wet HS Swartland, 3rde Chante de Klerk RVSS. Netbal Saam Staan United teen Flying Eagles Red 1ste span 32-4; 2de span 13-10. Saamstaan Meisie van die Wedstryd- Thunyelwa Fatomari (1ste span) en Ndileka Somgca (2de span). Perdesport Wes-Kaap Somerskou Spring -reeks Clintonianne perdryskool van Moorreesburg neem deel met ses perde en vier ruiters. Uitslae: Amanda Dick met haar twee 1 m-perde, Show Storm (1 ste) en Hogan's Bridge (2de) kwalifiseer in die volwasse 1 m-reeks. Ná die finaal het Show Storm en Hogan's Bridge gelyk-op geëindig as die wenners van die reeks. Marius Erasmus en Most Eligible het eerste gekwalifiseer in die volwasse 90 cm-reeks en wen die reeks. Maarten Slabber en Kalahari het tweede gekwalifiseer in die 70 cm-reeks en het in die finaal 'n derde plek behaal wat hulle toe die wenners gemaak het van die 70 cm-reeks. Maarten het ook vierde gekwalifiseer met sy ander perd, Welman, in die 80 cm-reeks. Dane van Niekerk met haar perd, Boys Will Be Boys, kon weens beserings nie aan al die kwalifiserende kompetisies deelneem nie, maar het nog steeds 22ste geëindig van 40 deelnemers in die Junior 90 cm-reeks. Rugby Coronations t Wittewater Coronations A wen 17-0; Coronations B wen 18-3. Darling teen Piketberg Darling A wen: 61-17; 2de span: 53-0; 3de span: 25-10. Koringberg t Young Tigers Koringberg A wen: 44-0; B-span: 35-5. Saam Staan United teen Flying Eagles Red Saam Staan wen 8-5.
Stryd:
Die rugbyspanne van Darling en Piketberg het mekaar Saterdag op Darling die stryd aangesê. Darling het Piketberg met 61-17 geklop. Lorenzo Ockhys van Piketberg laat die bal loop na die agterlyn, terwyl die twee broers Verdeen en Nathan Daniëls van Darling hom probeer vasvat.
Skole: Chatsworth t Kalbaskraal o.9's gelykop: 0-0. Sokker Basic Kalbaskraal t Legend Basic wen 4-3
Nederberg Barone 750ml
43
R
23
R
79
R
Klipdrift Brandy Harrier whisky 750ml 750ml
79
98
R
R
Muirheads whisky 750ml
Vat 69 whisky 750ml
R
76
Castle Lager or Hansa Pilsener non-returnable Bottles 12 x 340 ml
PRICES VALID 14 - 17 MAY 2015 At PICk n PAY LIquoR StoRES LAnGEBAAn, MALMESBuRY, VREDEnBuRG, DuRBAnVILLE, StELLEnBoSCH SquARE, SABLE SquARE, FRAnSCHHoEk, BIG BAY, CERES AnD wILLowBRIDGE StoRES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
out oF CASH? Spend your points
Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App Terms and conditions apply.
1193528_100 x 260
98
R
Legacy Johannesberger 750ml