courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
dié
1
15 April 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 316
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Stof spat!
Links: Lourens en Nina van Rensburg wys tande in die Malmesbury Toyota Swartland Rally wat die naweek op en buite Malmesbury gehou is. Bo: Die drywers van die twee- en vierwielaangedrewe voertuie het die heuwels en paaie van Koringberg aangedruf in vanjaar se Funduro.
• Openbare kommentaar nou ingewag
40 Turbines vir MRB Die Konsep Omgewingsimpakverslag vir die beoogde windplaas by Moorreesburg is tot 21 Mei beskikbaar vir openbare kommentaar. Volgens dié verslag is daar 'n groot moontlikheid dat tot soveel as 40 windlaaiers opgerig sal word. Die aanbevole alternatief is 25 laaiers op 3830 hektar landbougrond. Die krag wat hier opgewek word, sal aan Eskom verkoop word per MW. Hiervoor sal die laaiers gekoppel word aan die oorhoofse 132kVkraglyn. Op Woensdag 13 April is daar ‘n openbare vergadering in die sysaal van die Moorreesburgstadsaal om terugvoering aan die publiek te gee. Dit begin om 18:00. IE Moorreesburg Wind (Pty) Ltd is ‘n gesamentlike onderneming tussen INCA Energy en juwi Renewable Energies (Pty) Ltd) om ‘n kommersiële energie-fasiliteit en infrastruktuur op ‘n perseel sowat 4km suid-suidoos van Moorreesburg op te rig. Die Impakverslag kyk na die moontlike omgewingsimpak, wat ontwerp, konstruksie en be-
dryf, insluit. Die verslag het ten doel om omgewingsowerhede genoeg inligting te gee om ‘n ingeligte besluit oor die beoogde projek te neem. Die konsepverslag gee ook aan belanghebbendes die geleentheid om kwessies wat hulle reeds geopper het, op te volg. Die finale verslag sal alle kwessies en kommentaar insluit, waarna dit aan die Nasionale Departement van Omgewingsake voorgelê word. Tot 40 windturbines kan op die aanleg gebou word, afhangend van die alternatief waarop besluit word. Die spilpunt van die turbines kan tot 120m wees, met ‘n lem-deursnit van tot 132m. Die span wat die konsepverslag opgestel het, meen die geraasvlak wat voorspel word vir die konstruksie en bedryf van die fasiliteit en substasie kan beperk word tot ‘n aanvaarbare vlak, mits daar gehoor gegee word aan die verslag se aanbevelings. Hulle het ook aanbevelings gemaak vir spesialisstudies gedurende die finale ontwerp van die projek. Hieronder is:
- ‘n Voortgesette moniteringsprojek om enige uitheemse plantspesies wat as gevolg van die ontwikkeling daar kan opkom, te bestuur. - Voëls en vlermuise moniteringsprogramme moet ingestel word om die werklike impak van die voëls en vlermuise te bepaal. - Grond moet so min as moontlik versteur word en waar dit wel gebeur, so vinnig moontlik gerehabiliteer word. - Voldoende stormwater-bestuur moet in plek wees, aangesien die grond op die perseel neig na erosie. - Brandvoorkoming en beheerstrategieë is nodig om die risiko vir grondeienaars te verminder. Die verslag is ter insae by die kantore van die Weskus Distriksmunisipaliteit, die Moorreesburg-biblioteek, Moorreesburg koöperasie of op die webblad, wwwSavannahSa.com. Belangstellendes kan by Shawn Johnstone van Sustainable Futures SA, Posbus 749, Rondebosch, Kaapstad 7701 registreer. Die telefoonnommer is 083 325 9965 of e-pos swjohnston@ mweb.co.za.
NUUS • NEWS
15 April 2015
NUUS • NEWS
2
• swartland bou gemeenskappe
15 April 2015
Projek benoem vir prys Besoek: Amptenare van die Departement van Menslike Nedersettings het verlede week Abbotsdale besoek. Van links is Sandile Mawena, Joggie Scholtz (munisipale bestuurder), Johan Steenkamp (Direkteur Ontwikkelingsdienste, Swartland), burgemeester Tijmen van Essen en Albert Mzoxolo Pantshwa.
Swartland bou nie huise nie, ons bou gemeenskappe. Só het Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, Donderdag gesê tydens die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings se besoek aan die nuwe Abbotsdale-behuisingsprojek. Die projek is benoem vir die jaarlikse Govan Mbeki-toekennings vir Menslike Nedersettings. Donderdag se ter plaatse besoek is deel van die beoordelingsproses. Die provinsiale toekennings vind op 23 April in Kaapstad plaas en die nasionale funksie op 17 Augustus. Dit word ook vanjaar in Kaapstad gehou. Scholtz sê begrip en leierskap is nodig om armoede hok te slaan. "Ons moet altyd in gedagte hou dat die man op straat nie omgee watter vlak van regering verantwoordelik is vir 'n sekere diens nie - hulle wil dit gedoen hê. "Daarom is dit belangrik dat ons hande vat en saamstaan." Beplanning vir die projek in Abbotsdale het in 2011 begin en die konstruksie in 2013. Die projek maak voorsiening vir 392 bekostigbare huise, 56 GAP (oorbruggings) huise, 95 hoëdigtheid-eenhede, vier sakepersele, twee kerke, twee crèches en twaalf oop ruimtes. Ses verskillende soorte behuising is in die projek beskikbaar: enkelhuise, skakelhuise, dubbelverdieping woonstelle en dubbelverdieping-eenhede met plek vir 'n besigheid op die onderste vlak en 'n wooneenheid op die tweede vloer. Die burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, sê die projek is uit die staanspoor beplan om verskillende tipes behuising
in te sluit. Daar word voorsiening gemaak vir verskillende inkomstegroepe: agt aansoekers is reeds deur bankinstellings goedgekeur vir GAP-behuising. Bouwerk aan dié huise sal nog vandeesmaand begin. Mnr van Essen sê daar is ook gekyk na mense met gestremdhede met die beplanning van die projek. Scholtz het beklemtoon dat 'n projek vooraf gevisualiseer moet word. "Jy moet beplan met die einde in gedagte," het hy gesê. Die afvaardiging van provinsie het rondgekyk, vrae gevra en heel beïndruk gelyk. Hulle het veral ook belang gestel in skole, speelparke, 'n biblioteek en kliniek - alles reeds in plek of dan in beplanning.
Wees ingelig oor tariewe en planne Inwoners van die Swartland gaan tot 21 April geleentheid kry om inligtingsessies oor die konsep-begroting vir 2015/16 en ook die 2012/17 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) by te woon. Die stadsraad het die GOP en begroting op 26 Maart goedgekeur met die oog op insette en kommentaar van verskillende rolspelers en die gemeenskap. Dit is ook in die plaaslike media adverteer en die sluitingsdatum vir kommentaar is Woensdag 29 April. Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, sê: “Dit bied aan
u die geleenthedi om uit te vind hoe die munisipale beplanning en begroting u gaan raak en wat in u area beoog word. "Moenie deur allerlei praatjies, onwaarhede en verkeerde persepsies aan die neus gelei word nie." Al die vergaderings begin om 19:00. Daar gaan nog vier vergaderings gehou word: Woensdag 15 April: IlingeLethu Thusong-sentrum; Donderdag 16 April: Wesbank-gemeenskapsaal; Maandag 20 April: Chatsworth AGS-kerksaal; en Dinsdag 21 April: Abbotsdale-gemeenkapsaal.
NUUS • NEWS
3
15 April 2015
Minister besoek Goedgedacht Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, het die naweek ‘n besoek aan Goedgedacht gebring. Die hoofdoel van sy besoek om sy departement se voorneme om gesinne op Middelpos-plaas en die Goedgedacht Trust te help met die ontwikkeling van ‘n 60h stuk grond.
• Uithou, aanhou, baie lag
Nog verlief, ná 67 jaar
Koos en Kittie von Niewoldt is ‘n ideaal vir enige getroude paartjie: ná 67 jaar is hulle nog steeds gelukkig geroud. Op ouderdom 91 pluk hy steeds vir haar blomme, sy meisie, nou 87! Die egpaar het drie dogters en drie kleinkinders. Op sy dag was hy polisieman, flink en trots en sy ‘n fietse-lyfie-kraamverpleegster. Toe aftrede aanbreek, was daar net een pad, terug na Namakwaland, sy geboortewêreld. Hul laaste blyplek, Vanrhynsdorp. Die jare stap aan en op 17 Mei 2008 pak hul die groot trek aan Darling toe en woon by hul oudste dogter en skoonseun in Hildebrandstraat. ‘n Lewenslange fietsryer, oorwin oom Koos die heuwels van Darling en sommer die hele Swartland! Op 1 Jan 2011, so tussen die seën-reëndruppels deur, weer ‘n trek, hierdie keer bult af na Groeneweide. Dis nou reeds vier jaar gelede en is hulle goed aangepas en bedrywig in die nuwe nes. Weens swak sig, moes hul met 2014 se winter halt roep met hul 6-jaar lange projek: oom Koos se hekel en tant Kittie se brei vir behoeftiges. Selfs sy fiets moes aftree. Tog, stilsit is min - elkeen by Groeneweide het ‘n taak: hy sorg vir tuinnatmaak en sy besoek
Geluk:
Koos en Kittie von Niewoldt het onlangs hul 67ste troudag gevier. gereeld die inwoners in die verswakte afdeling. Die resep vir 67 jaar? “Uithou, aanhou, baie lag en hope genade!”
Sonkrag en kameras op Sakekamer-agenda
'Hartstog' se wenners Die twee gelukkige wenners van die CD Hartstog van Francois en Wilana Henn is Susan Abrahams van Porterville en Mariana Arends van Malmesbury. Die CD's kan by die courant se kantoor in Hugenotestraat 24, Malmesbury, afgehaal word.
Kontak ons by 022 487 3221 met nuuswenke!
van sonpanele en sonkrag en hoe dit tot voordeel van die besighede kan aanwend om oortollige krag van die munisipaliteit terug te koop. Die vergadering is op Dinsdag 21 April. Dit begin om 19:30 by die OLOK-saal van die Hoërskool Swartland. Kaartjies beloop R100 per persoon en R140 vir nie-lede en sluit 'n ligte ete in.
Om aan ’n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ’n FAMILIE te behoort. In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope sewe jaar het AVBOB meer as R 4,0 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde begrafnisvoordele* sluit in: • ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika
Hoekom? Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd. Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes: Piketberg-tak Vredenburg-tak Ben Sass Anton Wolvaardt Kerkstraat 49, Piketberg Hv Koster- en Prosesstraat, Vredenburg Tel: (022) 913 1315 Tel: (022) 713 3020 *Terme en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. VFD 20656. *Begrafnisvoordele vir polishouers is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer.
DIE COURANT 2014
Anthony Corin en Pieter van der Westhuijzen is die sprekers by die komende vergadering van die Malmesbury Sakekamer. op Dinsdag 21 April Van der Westhuijzen sal inligting weergee rakende die nuwe CCTV-kamera wat die sakekamer, saam met borge, geinstalleer het en hoe lede oor WiFi daarby kan inskakel. Corin sal gesels oor die koste-effektiwiteit
courant
dié
4
As die krag afgaan, verloor ons sommer krag Ons leef in 'n era van tegnologie. Waar klein kinders met reuse-tablette rondloop en al vingerswaaiend 'n toepassing ontsluit en dan nog weet wat om waar te doen ook. Ons weet so baie. Of ons dink so. Kyk net mooi wat gebeur as Eskom die kragtoevoer staak. Dan sit ons almal en tone tel. Weet nie lekker wat om te doen nie. Voel so leeg sonder 'n rekenaar wat wys daar is 'n epos, 'n blad wat uitgelê moet word, rekeninge wat betaal moet word. Ons sit en wonder... Sjoe, wat doen ek nou? Reg, wat doen jy nou? So baie! Ons het nie altyd die tegnologie gehad nie en almal het dit oorleef en steeds berge werk weggewerk. Raak net 'n bietjie innoverend en dink verder as wat jou neus lank is. Kom in voeling weer met die "ou skool"-manier van dinge doen. Tel die telefoon op en skakel die persoon vir wie jy net 'n koue epos sou gestuur het. Doen moeite en staan van jou stoel af op en gaan loer in by die kantoor langsaan en vra iemand persoonlik om die taak te verrig wat jy net sou uitdeel sonder om twee keer te dink. Stap om die blok of gaan sit vir vyf minute buite onder die boom en geniet jou koffie. Jy sal baie meer verfris wees en met nuwe oë (uitgerus) na jou skerm kyk wanneer die krag weer aan is.
NUUS • NEWS
15 April 2015
Wen met Wicus en Emo Diegene wat nog nie hul kaartjies gekoop het vir Wicus en Emo se vertoning op Malmesbury nie, sal moet gouspring, aangesien die kaartjies vinnig vlieg! Vyf lesers gaan elk 'n kaartjie wen na die vertoning op 24 April in die Malmesbury Stadsaal. Al wat julle moet doen, is om die onderstaande vraag te
beantwoord en dit saam met jou naam, van en tuisdorp te stuur na 084 8333 813 voor 20 April 15:00. VRAAG: Wie tree saam met Wicus van der Merwe op in die Malmesbury Stadsaal? Intussen het Wicus 'n prys van die radiostasie 90.6fm ontvang vir "Popster".
Klassik: Die plaaslike musiekgroep Klassik het die afgelope naweek drie vertonings by die jaarlikse
KKNK in Oudshoorn met reuse sukses gelewer! Nie net het hulle die mense by ‘n stampvol Brain’s Grill Vrydagaand en weer Saterdagmiddag of dié wat nuuskierrig nadergekom het om te luister by die KykNET Musiekverhoog, op hulle voete gehad en aan die sing gehad nie, so tussen die ‘selfies’, ‘onsies’ en video-grepe deur, het hulle dit ongelooflik geniet en baie nuwe vriende gemaak. Die organiseerders was veral vol lof vir die kwaliteit van die optredes, asook geselsies en raad van die gevestigde kunstenaars wat voor of na Klassik die verhoë met hulle gedeel het. Die groep bestaan uit Marius Smith, Marius Botha, Innes Linder, Brandon Botha, Anya en Doné Botha. Met hul vars oorspronklikke “Swartland Shuffle”styl-musiek, het Klassik Outshoorn se hart omtrent sag gemaak! Klassik se fotos en musiek is te vinde by: www.klassik.co.za, Facebook: https://www. facebook.com/KlassikMusiek, Soundcloud: https://soundcloud.com/klassikmusiek, Twitter: @KlassikMusiek
Opening van speelgoed biblioteek Vrolik: Leerders van die Teletubbies
It's Good News
Dr Marc Blackwell
What do I know - now Have you ever heard of the "Peanuts" cartoons? The cartoon character "Linus" had a brief conversation with one of the other characters .... Charlie Brown’s sister, "Sally." He asked her, “Wouldn’t you like to have your life to live over if you knew what you know now?” Sally look forward without expression and then turned back to Linus and said, “What do I know - now?” Have you ever pondered that question? Have you wondered which things you might do differently? You might undo a bad thing and hopefully alter a good thing? What do we know now that we didn’t know before? Could we have learned something and not even be aware of it? Could I think I’ve learned something when I really haven’t? Would I know what I know now if I went back and changed the very things that taught me what I now know? Do you ever feel that the more you know the less you might really know? I obviously don’t know what I don’t know, or do I? Thank God, He has revealed His truth to me about the love of the Lord Jesus! Paul warned Timothy, that some are “ever learning but never able to come to the knowledge of the truth”.
kleuterskool op Abbotsdale saam met hulle onderwysers, lewer ‘n uitvoering tydens die bekendstelling van die nuwe Speelgoedbiblioteek.
Heelwat kinders en ouers se harte is verlede Vrydag hier verbly toe die Weskus Distriksmunisipaliteit, in samewerking met Swartland Munisipaliteit en Department Maatskaplike Ontwikkeling, hande gevat het met die bekendstelling van ‘n speelgoed-biblioteek op Abbotsdale. Ouers en skole in die gemeenskap kan hier opvoedkundige speelgoed leen om hulle kinders te help. Dr Lynette Rossouw van Departement Maatskaplike Ontwikkeling het gesê sy hoop die biblioteek kan ‘n bydrae lewer dat kinders nie die skool so vroeg hoef te verlaat nie. “Ouers moet speelgoed uitneem en saam met hulle kinders speel. Leer deur spel, verbeter die kind se verhouding met sy ouers en met ander kinders. "Dit leer hulle ook onafhanklikheid en verbeter hulle
selfbeeld.” Die Swartland burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, het gesê dat hy Provinsie versoek het om nie weer ‘n behuisingskema te begin wat nie voorsiening maak vir die nodige speelgeriewe, skole, klinieke en biblioteke vir die inwoners nie. "Ons moet die lewe vir kinders so veilig as moontlik maak." Uitvoerende burgemeester Harold Cleophas van die Weskus Distriksmunisipaliteit het gesê dit is die munisipaliteit se uitgangspunt om die verskillende Vroeë Kinder Ontwikkelingsforums (VKOF) bymekaar te kry om beter samewerking tussen hulle te verseker. Ouers en opvoedkundige instansies wat meer oor die gebruik van die biblioteek wil weet, kan me Miranda van der Westhuizen by 063 115 6219 skakel.
Landbouvereniging vergader Die Malmesbury Landbouvereniging hou sy algemene jaarvergadering op Dinsdag 21 April. Dit begin om 19:00 in die sportsentrum van Laerskool Swartland. Die spreker vir die aand is die bekende ekonoom, dr
Roelof Botha. Navrae kan gerig word aan die voorsitter, Liam Viljoen (074 380 1372), of die sekretaresse, Erna Thiart (083 557 1307). Die e-pos adres is: malmesburylandbou@gmail. com.
NUUS • NEWS
5
15 April 2015
Ysterperde brul, vure brand vir liefdadigheid Regs: Tony en Patricia van Wyk saam met Adele Herring. Adele is die president van die Big Heart Bikers Foundation.
Serfaas Rabie en organiseerder Francois Kitshoff by Saterdag se Charity Biker Braai op Moorreesburg.
Links bo: Koos, Hannes en Nico Ras, drie broers, het gesorg vir die spitbraai.
Bo: Riaan Moolman roer aan 'n tamaai-afvalpotjie. Regs: Shortie Lotriet spog met sy blinkgepoetste vuurvreter.
Regs: Lezanne Strydom laat haar pienk ysterperd brul.
"Baie dankie aan al die besoekers. Dankie aan al die volgende borge: Checkers Malmesbury, RSA Makelaars, Rola Malmesbury, Olive Pride, SvM Afslaers, Andrè Kallis Afslaers, HMO Moorreesburg, Alle boere wat slagskape voorsien het, Marlene van Zyl, HM Staal, MRB Private Abatoir, Auto Elektrisiën, HCT Makelaars, WDJ kontruksies Darling Kelders, Swartland Wynkelder, Sign Shop Moorreesburg, Dirkie Hanekom, SAPD Moorreesburg, Buurtwag van Moorreesburg."
NUUS • NEWS
6
15 April 2015
Bokomoweg is ryk aan geskiedenis
Bokomoweg op Malmesbury is een van die besigste strate op die dorp. Die destydse Bokomo (bo) was hier gevestig.
GWM Malmesbury is sedert 1 Februarie 2015 onder nuwe eienaarskap. Aan stuur van sake is Sarel Jansen van Vuuren en Jano Botes. Hier sal u ‘n goedgekeurde werkswinkel met opgeleide tegnisie vir enige fabrikaat voertuigkry. Sarel deel die courant mee dat hulle ook 4x4 toebehore soos Tough Dog sispensies, Oppisite lock toebehore en Rhino 4x4 buffers en baie ander 4x4 instalasies doen. Besoek ons vertoonlokaal vir nuwe en tweedehandse voertuie.
NUUS • NEWS
7
15 April 2015
en deel van die sakekern van Malmesbury Tyremart: Tyremart is ‘n
nuwe toevoeging tot Bokomoweg, onder eienaarskap van die Malherbe-familie. Hulle besit tans 11 bandehandelaars in die Wes-Kaap, met die hoofkantoor op Malmesbury. Tyremart, waarvan die eerste tak in Augustus 2011 geopen het, is tans die vinnigste groeiende bandefranchise in Suid-Afrika. Tyremart-klante kan kies tussen gesogte bande en die grootste verskeidenheid, soos Continental, Michellin, Pirelli en Good Year. Hulle is by verskeie gemeenskapsprojekte betrokke, onder meer die bou van die Masekhane Dagsorgsentrum en die borg van skolerugbyspanne.
Bokomoweg was destyds die tuiste van die bekende "Bokomo" wat vandag Sasko heet en onlangs splinternuwe silo's gebou het.
Swartland Vissery Johnny Quintil het Swartland Vissery vanaf Sep-
tember 1978. Hy het 15 personeellede in sy diens. Carol is die een wat met die langste diens spog en is reeds die afgelope 42 jaar in diens van Swartland Vissery. Johnny het die eerste opknappingswerk gedoen drie maande nadat hy die besigheid oorgeneem het. Dit is nou ‘n instelling om elke vyf jaar die winkel op te knap. Hy het einde 2014 begin met die groot opknapping waarmee hulle
tans besig is. "Weskus Kollege het gesorg vir nuwe lewe by ons en in Bokomoweg," deel Johnny dié courant mee. "Ons besigheid het met 50% gestyg die afgelope ses maande en ons wil baie, baie dankie sê aan almal op Malmesbury vir hulle gewaardeerde ondersteuning die afgelope 37 jaar. "Ons gebruik net vars vis uit die see en dit lyk soos die wit sneeu van die Alpe en smaak soos spookasem wat smelt in jou mond," lag Johnny. "Met ons nuwe gerieflike sitplekke sorg ons nou vir dié bymekaarkom-plek op die dorp."
NUUS • NEWS
8
Perdeberg Motors:
Perdeberg Motors op Malmesbury is van 1 Maart onder nuwe bestuur. Die groep sluit in Malmesbury, Piketberg en Sitrus Motors, met John Trollip as besturende direkteur. “Ons neem die huidige personeel oor en met ons groeiplanne sal daar geleenthede vir groei binne die maatskappy wees. Francois du Toit neem oor as die algemene verkoopsbestuurder,” het Trollip aan dié courant. Trollip sê hulle het toegang tot ‘n groot verskeidenheid gebruikte voertuie: “Só, laat weet ons van enige spesifieke gebruikte voertuig wat u soek en ons sal dit vind. Ons het ‘n hele paar interessante projekte waarmee ons besig is wat die doeltreffendheid en ons diens aan ons kliënte verder gaan verbeter.”
15 April 2015
JB’s Nissan sien reeds vir 45 jaar om na die totale voertuigbehoeftes van Nissan
behoeftes word deur ‘n kundige span onder die bekwame leiding van Cobus Louw behartig. Kosie Smit se onderdele-span sorg dat die regte onderdele tydig beskikbaar is. Dit verseker dat die staantyd van elke voertuig tot die minimum beperk word en dat egte onderdele ‘n sorgelose eienaarskap-ervaring waarborg. UD Trucks Malmesbury is onlangs genomineer as een van drie medium groote UD-handelaars van die Jaar tydens UD Trucks SA se jaarlikse Handelaars toekenningsplegtigheid. Die laaste belangrike bestanddeel wat nodig is om die wiele aan die rol te hou, is skoon, hoë gehalte brandstof en smeermiddels. JB’s Nissan verseker dat slegs die beste aan die publiek gebied word vanuit die Total-vulstasie wat ook op dieselfde perseel geleë is. Johan Theron en die vriendelike span op die rybaan staan gereed om alle voertuie – van die senior modelle wat nog op LRP staatmaak tot die nuutste turbo-diesels wat net ULS kan sluk – van ‘n tenkvol te voorsien.
Hyundai (HMC) is reeds in 193 lande gevestig en die verkope word hanteer deur
Ons het ook ons eie werkswinkel en onderdele-afdeling. Ons dienste strek nie net rondom ons omliggende areas nie. Voertuigaflewering word ook regoor Suid Afrika gedoen. Ons streef daarna om ons uiterste bes te doen en om tevredenheid te verseker en onsfokus op uitmuntende kliëntediens, asook die bemarking van die produk. Hyundai Malmesbury nooi almal uit om by ons bekwame span te kom kuier. Hyundai Malmesbury sien geweldig daarna uit om meer te groei en op so 'n wyse terug te ploeg in die gemeenskap. ONS LEUSE BY HYUNDAI MALMESBURY IS: “NEW THINKING NEW POSSIBILITIES”
eienaars in die Swartland en omgewing. Daar is ‘n wye verskeidenheid demonstrasiemodelle beskikbaar en die verkoopspersoneel onder Daniel Prins se leiding, nooi elkeen wat wil kom ervaar wat agter die ‘Innovation that excites’-veldtog sit, om ‘n gratis toetsrit te kom geniet. ‘n Verskeidenheid gekeurde, gebruikte voertuie van verskillende fabrikate word onder die ‘Swartland Select’-vaandel aangebied. As jy verkies dat jou voertuig deur professioneel-opgeleide tegnici in ‘n tegnologies-gevorderde werkswinkel versien word, staan Johan Strauss en sy span gereed om aan al jou verwagtinge te voldoen. Die volledige nuwe UD-vragmotorreeks is beskikbaar van die verkoopsbestuurder, Andries Steyn. Hy ontleed vragvervoerbehoeftes van die mega-vlootbestuurder tot die individuele eienaar-bestuurder en voorsien ‘n pasgemaakte oplossing. Alle vragmotor diens- en onderhouds-
5000 vertoonlokale. Verkope en die uitmuntende produk het ook help beeld bou en vandag is Hyundai die derde grootste motorvervaardiger ter wereld. Met die 5 jaar/150 000km waarborg wat ons produk dra, is u gemoedsrus verseker. Hyundai se eerste plaaslike fabriek word tans in Gauteng, Suid-Afrika gebou. Ons by Hyundai Malmesbury voel trots om deel uit te maak van die Hyundai familie. Hyundai Malmesbury is geleë in Bokomoweg. Hierdie handelaar het sy deure op 13 Februarie 2012 geopen en het vanjaar reeds sy derde verjaarsdag gevier.
Swemco Pools:
Swemco Pools in Bokomoweg bestaan al meer as 19 jaar. Hul diens sluit in die inbou en opknap van swembaddens en jaccuzi’s, die verskaffing van swembadtoerusting en skoonmaakmiddels, estetiese en rotsontwerpe by swembaddens, herstelwerk aan swembaddens, sonverhitting en die aanbring van veiligheidsnette, plaveisels en lapa’s. Besoek Swemco Pools in Bokomoweg en hul webwerf by www. swemco.co.za of skakel 022 482 2645 vir navrae.
NUUS • NEWS
9
15 April 2015
Vat verkoue, hoes en proes vas met wenke Verkoue is nie net beperk tot die winter nie en oral hoor jy gehoes, geproes, gesnuffel en gesnuif. Trouens, die verkoue wat Swartlanders nou plattrek, maak dat hulle sommer behoorlik goor voel. Tree voorkomend op, of probeer hierdie wenke: • Vinnige resultate soos binne 1 dag. Neem die vlg (almal bruistablette) saam in 1 glas water. Corenza C, Lintogen C en ACC 200 3 x ‘n dag. Binne ‘n dag voel jy weer soos n gesonde mens! • Kombinasie van Adcvil CS en ACC 200 werk baie goed. • Neem een eetl louwarm heuning met ½ teel kaneel poeier daagliks vir 3 dae. Dit sal verkoue opklaar, en help vir kroniese hoes, en sinusse oopmaak. En smaak heerlik. • Dit is die ultimate resep:n Single brandy, 2 disprins, een eetlepel heuning, 'n Knippie pypkaneel en n knippie gemmer Die sap van een suurlemoen. Sit dit in die mikrogolf en maak dit net drinkbaar warm, meng goed, drink en gaan slaap jou griep weg! • Sodra jy ´n verkoue aan jou lyf voel moet jy in´n Engelse soutbad klim. Gooi so twee handevol sout in. Klim daarna in ´n warm bed. NB! Mense wat aan hoë bloeddruk ly moet nie hierdie behandeling toepas nie. • Smeer die bad se rand met Vicks, maak volwarm water en hou die badkamerdeur toe sodat dit kan stoom. Vryf dan Vicks op jou bors, rug en onder jou voete – en klim dan in die bad. Na die bad, trek warm aan – klim in die bed en rus. • Voorkomend: Drink 2-3 knoffelhuisies per dag • Knoffel, knoffel, nógmaals knoffel, drink 2-3 knoffelhuisies per dag, én dan natuurlik daardie groot C van alle vitamiene. Knoffel werk uitstekend om verkoue en griep te voorkom en versterk ook sommer jou immuunstelsel. • Twee telepels fyn gemmer en 'n halwe teelepel neutmuskaat gemeng met water en heuning is nóg 'n raat wat jou uit die kooi sal hou. • Neem een sopie gemmerbrandewyn (ge-
wone brandewyn sal ook werk) en maak dit so warm drinkbaar moontlik. Drink net voorslaaptyd, gevolg deur 'n kwart glas louwarm water met 'n teelepel fyn kaneel. Drink hierna 'n Disprin, klim in die bed, sorg dat jy warm bly en sweet dit uit terwyl jy slaap. • Meng een koppie kookwater met 2ml gemmer, een teelepel kremetart en genoeg suiker sodat die mengsel ’n bietjie beter kan proe. Drink dit so warm as moontlik en klim in jou bed en hou jou warm sodat jy die verkoue behoorlik kan uitsweet. • Maak vir jou ’n mengsel van een koppie kookwater, een eetlepel heuning, ’n teelepel gemmer en suurlemoensap na smaak.Jy kan ook ’n pynstiller saam met hierdie mengsel drink. • 2 Asperine opgelos in n dubbel brandewyn, een teelepel Jamaica Gemmer. Klim in die bed en sweet dit uit! • Meng twee dele Zambuk met een deel heuning en hou in die yskas. Eet elke oggend 'n eetlepel vol. • Wanneer jy saans gaan slaap, doop wattebolletjies met bietjie Bloekomolie en plaas op jou kussing. Jy sal dit heelnag inasem en dit maak jou kop en neus oop en breek die verkoue.
Kleure van Kansa Kansa het ‘n hele reeks gesondheidsveldtogte deur die jaar, wat saamval met internasionale dae en gebeure. Vir 2015 lê die res nog voor: Mei: Geen Tabak (Mei) 31 Mei – Wêreld Nie-Tabakdag Junie & Julie: Kansa fokus op die jeug 2 Junie – Internasionale Oorwinnaarsdag 5 Junie – Wêreld Omgewingsdag 28 Julie - Wêreld Hepatitis-dag Augustus 1 to 7 Augustus – Kansa Omgee-week Middel Augustus –Relay For Life Beraad September: Kinderkanker September & Oktober: Vroue-gesondheid 10 September – Internasionale Ginekologiese Gesondheisdag 26 September – Weêreld Omgewingsgesondheidsdag Sanlam Finale van Uitdaagreeks
November: Mans-gesondheid Movember ten bate van Kansa Desember: SunSmart & Omgewing 5 Desember - Internasionale Vrywilligersdag 9 Decsember – Wêrelddag vir Pasiënte-veiligheid.
NUUS • NEWS
10
15 April 2015
Dagboek • Calender
Bergfiets:
!Khwa ttu het Saterdag gekreun onder die fietsryers soos hulle die paaie van die park aangedurf het in die bergfietswedren. Clanwilliam Expo 16-18 April - Clanwilliam. 027 482 2833. Bowling Competition 17-19 April: Yzerfontein - Strandkombuis Classic. Carol Jordaan 072 905 4155. Oesdankfees basaar 18 April - Goedverwacht Morawiese Kerk hou basaar. Kontak persoon: Beulah Petro (083 517 0505).
Boland:
Hier is die 2015 Gemeenskaprugby koördineerders van Boland Rugby Unie. Voor: Hilton Skippers (Noordweste), Jeromy Joseph (Breederivier/Langeberg), Alexis KIeinsmith (Overberg). Agter: Cliffie Booysen (bestuurder BRU-Rugby Spelontwikkeling), Henfré Brand (Swartland/Weskus) en Franklin Kuhn (Witzenberg/Sentraal).
Advieskomitee gesoek
CapeNature hou op Donderdag 23 April ‘n inligtingsaand vir die gemeenskap van die Rieebeekvallei met die doel om ‘n advieskomitee vir die Kasteelberg Natuurreservaat te stig. Die vergadering is van 19:00 tot 20:30 by die stadsaal op Riebeek-Wes. Almal welkom.
Piekniek dans 09 Mei - St Michaels Kerk Abbotsdale hou ‘n piekniekdans in Malmesbury stadsaal. All Sounds Band, R60 per kaartjie. Kontak Ewerd Syster, 083 604 2011. Kaartjies by komiteelede. Tertdeegkursus 7 Mei - Tertdeegkursus met Kokkedoor se Theresa de Vries op Piketberg. Leer om die verskillende deeg te maak en te gebruik by Die Bergkaros (Kardoesie). Bespreking noodsaaklik. Kostes beloop R330 per persoon. Kontak 071 659 4275.
Straatmark 18 April - Velddrif - Aan Oewer Straatmark. 022 783 0048.
Open Day 16 May - Darling Museum Open Day 022 492 3361 www.darlingmuseum.co.za.
CAD (Christelike Afhanklikheidsdiens) 23 April - om 19:00 by AGS Corpus Christi, Malmesbury. Navrae 073 447 2902
.Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752.
Kunstefees 24-26 April - Clanwilliam, Cederberg Rooibos Kunstefees. 027 482 2024. Liedjieboer op Moorreesburg 25 April - Anton Goosen sing by De Oude Stoep op Moorreesburg. Kaartjies kos R100 elk en is beperk. Ligte eetgoed en 'n kontantkroeg is beskikbaar. Anton sal ook CD's verkoop en handtekeninge uitdeel na die vertoning. Kaartjies is beskikbaar by Juan (082 372 1416) of De Oude Stoep (022 433 3154).
Bootsale/Markdag 25 April – Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Vir enige navrae skakel 022 433 1072. West Coast Marathon 25 April: Langebaan West Coast Marathon. 022 772 2707 / 072 290 8380 www.strandlopers.co.za.
Wilna de Klerk en Dave Nemeth van die Haus of Decor op Yzerfontein by dié onderneming se eerste verjaarsdagvieringe.
Lagoon Celebration 1-2 May - Langebaan Lagoon Celebration 022 772 1515 www.capewestcoastpeninsula.co.za
Jongduifskou 18 April Die NFPA (National Fancy Pigeon Association) hou weer hul jaarlikse Jongduifskou in die Malmesbury Stadsaal. Kom kyk na die verskillende rasse sierduiwe wat vertoon sal word. Almal is welkom. Toegang gratis. Vanaf 09:30 tot 15:00. (Beoordeling vind plaas vanaf 08:00).
Pretloop & basaar 25 April - St Michaels Kerk Abbotsdale het ‘n pretloop en eindig met n basaar by kerk. Almal is welkom om in te skryf vir die pretloop. Afstande is 2, 4 of 8km. Inskrywings by komiteelede: laerskool R5, hoërskool en volwassenes R10. Kontak Ewerd Syster, 083 604 2011.
Haus of Decor: Petrie Dyason,
feast. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545.
Hobie Nationals 25-27 April: Langebaan – Ladies and Tiger Nationals. 022 772 2466 www.hobie.co.za. Olive Festival 1 - 3 May: The Riebeek Valley Olive Festival is a lifestyle festival - voted one of the best food festivals in the Western Cape, because of the devine olives, wine, cheese, pickles, jams, bread and an eclectic mix of local character, to name but a few ingredients making up this
Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www.wolwefontein.co.za . Quadbike Rally 6 June - Hopefield HDB Security Quadbike Rally. 022 723 0040. Swartbergsvlei 6 June - Darling: Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za . Tenkmonsterproe 11 Junie - Vredendal: Weskus Wynroete Tenkmonsterproe. 027 201 3415. Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Fietstrap vir Kansa 27 Junie – ‘n Groep tieners onder leiding van Gielie Vermeulen gaan sowat 45km fiets trap om geld in te samel vir Kansa. Hulle het reeds hul eerste sakeborg ontvang vir hul drukwerk. Skakel Gielie by 076 545 3675. Kalenderinskrywingsmoetvoor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.
Kerke • Churches Pinkster 2015 18 - 22 Mei – 09:30 by Aandskemering Ouetehuis. Die prediker is ds Johann Nel. Die tema: God! Is Hy… 18 Mei - Kenbaar?; 19 Mei - Betroubaar?; 20 Mei - Manipulerend?; 21 Mei – Gevaarlik?; 22 Mei - Wat is Sy doel met my? Die ontvangskantoor vir die tydsduur van dienste (09:30 tot 10:30) onbeman.
AGS Corpus Christi, Malmesbury 19 April - 09:30, pastoor Piet Smit; aanddiens 18:30 – gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902. Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 24 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae, 08:00 – 14:00). PPK Bethesda Malmesbury 19 April - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Vrouesel Dinsdae 0:00, selgroep Woensdae 19:30, Bybelstudie Donderdae 19:00, Sondagskool 08:30. 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 19 April - Br Gert Rossouw lei die diens om 10:00. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Shofar Malmesbury 19 April - Hoërskool Swartland skoolsaal, 09:30. De Waal Esterhuizen preek. Navrae: 022 482 4640.
Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: kantoor: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990.
NUUS • NEWS 15 April 2015
11
na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
Dienste Services
#2005/3
AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.
Te Koop For Sale
www.fvwykdiesel.co.za #2000/3
------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/3
------------------------BOUROMMEL en tuinvullis verwydering asook meubelvervoer. 4 Ton lorrie beskikbaar. Kontak 071 588 2821 #2036/1
------------------------Just 4 Fun Balloons (Malmesbury). Helium Balloons & Balloon Décor. Kontak Annemie by 082 565 3722 #2016/3
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003/3
2x2 sitplek “wing”rusbanke R2500 elk, 3 sitplek sitkamerstel R3000, Imbuia hout spieël R1000, Imbuia ”Birds nest” koffietafel R1500, Gas heater en gasbottel R650, Imbuia muur elektriese horlosie R1300, 2 T/leer bar stoele R250 elk, elektriese braaipan R120, elektriese slow cooker R200, Queen size spons matras R450. Besigtig na 5nm (Malmesbury) Kontak 079 413 2520 #2057
------------------------GROENBONE te koop. Riebeek Kasteel. R60 vir 6 kg. Kontak 082 523 9804 #2053
Voertuie Vehicles
DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom.
Betrekking Vacancy
BENODIG u ‘n toegewyde persoon vir ‘n halfdag-pos? Ek is tweetalig, veelsydig – het ervaring as assistent, ontvangsdame, in administrasie en is rekenaarvaardig. Besit bestuurslisensie en eie vervoer. Kontak : Tania 082 490 8638 #2054
------------------------BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an Agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/3
------------------------DRYWER met kode 8 word benodig. Moet verkieslik jonger as 40 jaar wees en bereid om op die kasregister te werk. Aansoeker moet ook bereid wees om oortyd en naweke te werk. Stuur CV aan info@Druiwetros. co.za of faks na 022 482 2313 #2052
Memorium Momoriam
#2006/3
------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bank aflosse. Kontak 083 464 6960. #2007/3
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek
HETTIE GOLIATH Op 18 April 2015 sou mammie 65 word. Hoe graag wou ons net geluk sê, vashou of selfs sing, maar God het anders
Munisipaliteit Swartland, met sy hoofkantoor op Malmesbury, bedien die dorpe Malmesbury, Yzerfontein, Moorreesburg, Darling, Koringberg, Abbotsdale, Kalbaskraal, Chatsworth, Riverlands, Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel. Die hart van die Swartland bied jou die beste van twee wêrelde. Jy woon en werk in ’n aangename, landelike omgewing waar jy alle moderne geriewe kan geniet. En as jy soms wil wegbreek, is jy skaars 60 km van Kaapstad af en net ’n hanetreetjie van die oorde langs die skilderagtige Weskus. Die Munisipaliteit beskik tans oor die onderstaande vakatures vir korrek toegeruste en gekwalifiseerde persone:
Internskap: Finansiële Bestuur (Malmesbury)
(Eenjaarkontrak met die opsie om vir nog ’n jaar te verleng.) Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verwysing: V6/15 • R10 000 – R12 000 per maand Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400. Voltooide aansoeke waarop die posverwysingsnommer duidelik aangebring moet word en wat gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies insluit, moet gerig word aan die Menslike Hulpbronafdeling, Privaatsak X52, Malmesbury 7299. Geen aansoeke wat per faks of e-pos aangestuur word, sal vir oorweging in aanmerking kom nie. Aansoeke sluit om 12:00 op Vrydag, 24 April 2015. Laat of onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie. Twyfelagtige kwalifikasies of dokumentasie sal ’n aansoeker onmiddellik diskwalifiseer. Indien ’n aansoeker binne ses weke ná die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, kan aangeneem word dat die aansoek onsuksesvol was. Slegs kortlyskandidate sal gekontak word. Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Swartland Munisipaliteit is verbind tot Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde persone word derhalwe aangemoedig om aansoek te doen.
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za
122746DIECOURANT
besluit. Ons het die partytjie beplan, maar God bepaal waar dit gehou sal word. Hoe dikwels word die vraag gevra – Hoekom? Waarom?, maar wat die Meester gedoen het is welgedaan. Mis mammie baie. John, Jeanetta & Zielke #2055
------------------------HETTIE GOLIATH -
Mammie hoe graag sou ons wou sê – Happy Birthday. Ons mis u verskriklik en wanneer u naam genoem word is dit met n traan in ons oog. LiefdeJohn, kinders en kleinkinders #2056
-------------------------
courant
NUUS • NEWS
15 April 2015
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
15 April 2015
Sportuitslae Sports results
Eerbetoning: Jakkie Fry, voorsitter van Abbotsdale Rugbyklub, het Saterdag voor die aanvang van die eerste span se wedstryd teen
Darling twee geraamde No 8-truie aan die ouers van Alain Mahoney oorhandig. Mahoney, kaptein van die eerste span en talentvolle speler, is twee weke gelede in ‘n motorongeluk oorlede. Hier staan die eerste span by sy familie.
• Laat waai om die baan
Chrispin, Elfriede oes medaljes was een van die sterre by die 2015 ASA Jeug- en Junior Atletiekkampioenskappe wat van 9 tot 11 April in Bloemfontein plaasgevind het. Gizelle, wat ‘n leerder by La Rochelle in die Paarl is, het die 400mH vir meisies 19 gewen in ‘n tyd van 0:58.82. Nog twee Swartlanders, albei van Hoërskool Swartland, het silwer gewen: Ester van der Merwe was tweede in die 1000m-stap vir meisies 19 (60:22.49) en Thando Magingxa het silwer in dieselfde ouderdomsgroep en item vir seuns gewen (51:18.74). Die WesKaap het altesaam 84 medaljes verower en Boland 45: 13 goud, 15 silwer en 17 brons.
Darling kraai koning Die naweek het die eerste skote geklap in die Boland rugbyliga. Darling het koning gekraai met 28-24 teen Abbotsdale, Samoa klop Vredenburg 36-28, Never Despair wen Piketberg 47-10, Coronations klop Zebras 11-8 en Koringberg verpletter Windriders met 51-0. Hierdie Saterdag is daar geen ligawedstryde nie: Boland pak Griekwas in ‘n Vodacombekerkragmeting op die Smit Sportterrein op Velddrif.
Elfriede Wolfaardt en Chrispin Fourie met hul medaljes. gelooflik goed gery daarin en met een punt agter die derde jaer in die vierde plek geëindig.” Hector Norris is ‘n buitelug-baan en Elfriede sê hulle het nie aldag goeie weersomstandighede gehad nie. Party dae moes die kompetisie onderbreek word om kans te gee dat dit klaar reën en vir die baan om droog te raak. Ons het baie warm en baie koud gekry om die baan!” Die twee se volgende kompetisie is die Omnium wat gedurende Julie in Durban plaasvind.
Atlete: Hierdie atlete van Hoërskool
Porterville is in die Wes-Kaap Atletiekspan opgeneem. Heel voor is Inge von Wielligh (diskus D13), links is Cassidy Visser (hoogspring D15), middel agter is Reinette van der Merwe (400m D15) en regs Henco de Beer (diskus S15 & gewigstoot S15). Inge, Cassidy en Henco het aan die SA Skole Atletiek op Rustenburg deelgeneem. Reinette moes ongelukkig onttrek weens siekte. Cassidy Visser en Reinette van der Merwe was ook in die Bolandspan wat van 9-11 April in Bloemfontein deelgeneem het aan die ASA Jeug en Junior Kampioenskappe.
Coca-Cola Regular 2 Litre
Redd’s Original Apple Ale Cans 6 x 440ml
CHEERS TO JOLLY GOOD SAVINGS
Carling Black Label Cans or Non-returnable Bottles24 x 340ml Per Case
169
BEST BUY
56
R
BUY 2 FOR
R
59
PRICES VALID 16 - 19 APRIL 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES ONLY
Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.
79 R33
R
R
Savanna Non-returnable Bottles Assorted 6 x 330ml Per Pack
25
R
99
R
Black & White Whisky 750ml
Nature’s Own Marula Cream Cocktail 750ml
Two Oceans Sauvignon Blanc, Cabernet, Merlot or Shiraz Rosé 750ml Each
Multiply members earn up to 10x your points when shopping at Pick n Pay. To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiply. Terms and conditions apply.
1193167_100 x 260
Goud: Gezelle Magerman van Darling
Elfriede Wolfaardt en Crispin Fourie van Malmesbury het verlede week, van 7 tot 11 April, uitstekend gevaar by die 2015 SA Nasionale Fietsrykampioenskappe op Hector Norris-park in Johannesburg. Elfriede het in die Elite vroue-afdeling meegeding teen onder andere Maroesjka Matthee, wat vroeër vanjaar Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe in Engeland verteenwoordig het. “Daar was ook redelik baie ander sterk vroue waarteen ek my kon meet. “In die onderskeie bondel-resies oor 10km scratch- en 20km punteresies kon ek ‘n derde plek verower. Ook ‘n derde plek saam met Debbie Loffel-Dawson vir die WP B-span in die spanagtervolging. “Vir die 3000m individuele agtervolging het ek ‘n persoonlike beste tyd opgestel in die uitdunrondte en het ek ‘n silwer medalje in die eindstryd behaal.” Elfriede was dan ook deel van die WP-span vir die span-agtervolging, bestaande uit vier vroue, wat goud losgery het, asook ‘n nuwe SA rekord van 5:22:47 opgestel het. Crispin het saam met twee ander WP-spanmaats goud verdien in hulle 35-44 mans span Naelrit. Hy het ook saam met drie ander spanmaats vir WP silwer verdien in die 35-44 mans span-agtervolging. In die mans 1000m-tydtoets wen hy brons. Elfriede sê een van die hoogtepunte van dag f was die meesters punte-resies. “Chrispin het on-
Gholf Malmesbury Maandag 6 April Enkel Stableford M Pool 41, Brendan Els 40, Hennie Els 40, Christo Gouws 40, Sakkie Klasen 37, D Coetzee 33. Woensdag Sundowner Enkel Stableford Danie Rust 21, Frans Destroo 19, Gerhard Bester 19, Marius O' Kennedy 18, Thys van Wyk 17. Vrydag Sundowner Enkel Stableford Heinrich Robertson 21, Sakkie Klasen 20, Lotie Harmse 20, Nic Goosen 18, Jacob Goosen 18, Frans Destroo 18. Saterdag 11 April Vierbal Stableford Alliance E Pietersen, P Pieters, E Lingeveld Jnr, M Julies 121; R Michaux, U Greffrath, W van Niekerk, A Ackerman 116; B Norman, P Jonathan, J Manual, S Maneveldt 108; P Basson, A Schreuder, J vd Merwe, F Destroo 107.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 11931067_VredenburgLiquor_10x8.indd 1
2015/04/10 4:50 PM