15 februarie 2012 die courant

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 160

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

15 Februarie 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Dubbelbaan vir N7 kóm

Eerste fase beloop R300 miljoen

‘n Projek om die N7 tot ‘n dubbelbaan te verbreed vanaf die Melkbosstrand-wisselaar tot op Malmesbury, sal eersdaags begin. Die projek is in drie fases ingedeel en die eerste fase van dié projek strek vanaf die Melkbosstrandafrit tot Suidelike Atlantis-aansluiting oor 7 km en beloop R300 miljoen. Dit sal deur SANRAL (die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap) befonds word. Die tweede fase strek oor 18 km vanaf die Suidelike Atlantis-aansluiting tot die plaas Leliefontein en die derde fase oor 11 km vanaf Leliefontein tot Malmesbury. Die afritte na Melkbosstrand, Atlantis en Hopefield sal weens die ongeluksyfer ook so verander word dat dit veiliger is. Die N7 sal dan vanaf die N1 tot Malmesbury ‘n dubbelbaan-deurweg wees. Volgens beplanning behoort die kontrak vir die eerste fase aanstaande maand toegeken te word en kan konstruksie reeds so vroeg as April begin. Konstruksie van die totale projek (al drie fases) word op sowat ses jaar geraam. Raadgewende ingenieurs is reeds aangestel vir die ontwerp van die tweede fase om die pad tussen die nuwe Atlantis-wisselaar tot die plaas Leliefontein te verdubbel. Die ontwerp van die tweede fase behoort ook reeds vanjaar te begin en die huidige beplanning is dat konstruksie in die eerste helfte van 2014 kan afskop. Dit is egter onderhewig aan die verkryging van die nodige fondse, uitkoop van grondreserwes en die goedkeuring van die omgewingsimpakstudie. Die proses om die raadgewende ingenieurs vir die derde en finale fase aan te stel vir die gedeelte tussen Leliefontein en Malmesbury en die veranderings aan die Hopefield-afrit het pas begin. Die beoogde aanvangsdatum vir konstruksie hiervan is 2015. Nie net sal die pad veiliger vir motoriste wees nie, maar sal dit die daaglikse verkeerslas ook

beter kan hanteer. Die volledige omgewingsimpakstudie (wat publieke deelname insluit) vir die eerste fase van konstruksie is reeds afgehandel en goedgekeur. Die impakstudies vir die tweede en derde fases sal eersdaags gedoen word. In die konstruksieperiode sal die verkeer op die bestaande pad geakkommodeer word. Volgens J.C. van der Walt, die streeksbestuurder van SANRAL Wes-Kaap, sal die konstruksie werkskepping vir die plaaslike arbeidsmark inhou en ontwikkelingsmoontlikhede langs die roete verbeter. Steph Bredenhann, die projekbestuurder van SANRAL Wes-Kaap, het by navraag bevestig dat die N7 se opgradering nie onderhewig is aan die suksesvolle implimentering van tolpaaie in die noorde van die land nie. “Tolpaaie maak slegs 20% van SANRAL se bedrywighede uit. “Die ander 80% spandeer ons aan die instandhouding en opgradering van paaie soos die N7,” het Bredenhann gesê. In die tweede en derde fase van die N7opgradering sal daar grond teen markwaarde aangekoop moet word om die verdubbeling van die pad moontlik te maak. Volgens die munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit, Joggie Scholtz, sien hy groot ekonomiese voordele vir die dorp en streek, in dié sin dat dit ontwikkelingsgeleenthede gaan ontsluit en dat dié geleenthede waarvoor daar aanvanklik beplan is, nou ‘n werklikheid kan word. Scholtz was op 30 November 2006 saam met die oud-burgemeester en huidige minister van plaaslike regering, ontwikkelingsbeplanning en omgewingsake, Anton Bredell, in Pretoria waar hulle SANRAL besoek het met die hoofdoel om die behoefte om die N7 te laat verdubbel, op die prioriteitslys te plaas. “Dit is lekker om te weet dat daar nou ‘n

Musiekskool in Nuwe hoop vir Chatsworth met onderhandelinge met regering Graad R-klas

moontlikheid is dat dit kan realiseer,” sê Scholtz. • In nog ‘n konstruksieproses het Simon Manelli, direkteur van kommunikasie van die Wes-Kaapse departement vervoer en openbare

Ons gesels met raadslid Willem Wilskut

werke, bevestig dat daar pas ‘n kontrakteur aangestel is om die Malmesbury-Darling-pad op te gradeer. Die kontrakteurs sal vanaf 1 Maart op die perseel bedrywig wees.

Voet in die hoek met Nissan Quashqai


courant

die

2

Groei lyk nou in sig

Ontploffing. Hierdie voorspelling oor die Swartland en die inwonertal veral op Malmesbury, word nou al heelparty jare deur ingeligtes en stadsvaders gemaak. Net so is daar al lank sprake van die N7 wat verbeter en verbreed gaan word. Nou lyk dit na ‘n werklikheid (as die planne van SANRAL deurgevoer word). Ontwikkeling soos ook dié van Paradyskloof op Moorreesburg waaroor ons reeds op 9 Desember 2009 berig het, is seker waarvan die voorspellers gepraat het. Dat die ekonomiese tye en swartgallige ekonome ten spyt, hierdie inspuitings vir die Swartland momentum kry, moet ‘n veer in die streek en plaaslike owerhede se hoed wees. Meer nog, dit behoort die streek inderdaad oor ‘n paar jaar te laat ontplof. Met die vinniger en makliker N7 is die Kaap net soveel nader. Die plattelandse kultuur kan weliswaar in die slag bly, terwyl die voete weer ekonomiese groei en vooruitgang kan bring.

15 Februarie 2012

courant HAB

Musiekskool-beplanning vorder fluks

Die beplande Nexus musiekakademie van dié Britse maatskappy kan dalk nog ‘n realiteit vir die gemeenskap van Riebeek-Wes word. Dié akademie wou homself in die ou middelbare skool op dié dorp vestig, maar na ‘n tenderproses is die verkoop van die gebou afgelas en het Nexus na ‘n ander perseel begin soek. Volgens minister Robin Carlisle van die departement openbare werke het dié perseel groot belangstelling onder die plaaslike gemeenskap ontlok en ondersoek hulle die moontlikheid om die gebou en grond teen ‘n bedrag laer as markwaarde te verkoop aan Nexus, die

Swartland Munisipaliteit het verlede Woensdag die formele toekenning vir die skoon oudit vir die 2010/2012-boekjaar ontvang, toe Suid-Afrika se ouditeur-generaal, Terence Nombembe en die uitvoerende besigheidsbestuurder, Thandeka Zondi, die Swartland besoek het. Ná die oorhandiging het Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, gesê dat hierdie toekenning nie net ‘syne’ is nie, maar dat dit aan die hele Swartland Munisipaliteit behoort. “Almal het ‘n aandeel hierin gehad - ons moes elke jaar net harder werk om die skoon oudit te kry! “Baie dankie aan elke direkteur - elkeen het ‘n bydrae gelewer om dié skoon oudit te kry! Die uitdaging is nou aan ons gestel - ons sal daarna strewe om vir die volgende vyf jaar óók elke jaar hierdie prestasie te behaal.” Laastens het die burgemeester Tijmen van Essen ook die rolspelers van die Swartland Munisipaliteit bedank vir hul aandeel in dié prestasie. “Ons raadslede is almal gewone mense, maar in die Swartland maak ons dit graag vir almal ‘n wenwen situasie!” Links is Terence Nombembe en Thandeka Zondi saam met munisipale bestuurder Joggie Scholtz en burgemeester Tijmen van Essen.

Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur: Dr. Andrew Bosman

Toe hoor God die stem

In Genesis hoofstuk 21 lees ons van Hagar die Egiptiese slavin van Sara. Sara was Abraham se vrou, en sy kon nie kinders van haar eie hê nie. Dit was haar idee om haar slavin aan haaar man te gee om daardeur vir haar ‘n nageslag te bou. Abraham het ingewillig en Ismael is gebore. Sara en Hagar se verhouding was daaarna versteur. Dertien jaar later het Sara haar eie seun Isak en toe dring sy daarop aan dat Abraham haar slavin, wat nou Abraham se tweede vrou is, moet wegjaag met haar seun Ismael. Dit was vir hom verkeerd, maar God het met hom gespreek en gesê dat hy na sy vrou moet luister. Die nageslag vir hom sal uit Isak kom. Maar ter wille van Abraham sal God ook vir Ismael seën en ‘n groot nasie maak omdat hy Abraham se seun is. Abraham het vir Hagar brood en ‘n sak water saam gegee. Toe die kos op is en hulle steeds in die woestyn ronddwaal, het sy besef hulle gaan sterf. God hoor die seun se stem, in sy nood en roep na Hagar: “Hagar wat is dit met jou” As sy opkyk sien sy ‘n put met water en hulle kon oorleef. God het belowe dat Hy Ismael sal seën, en Hy het . Die beloftes is ook vir ons, miskien moet ons net ons oë opslaan om die put te sien.

Skrootmetaal terugbesorg aan polisie Die Moorreesburg Polisiediens het onlangs dreindeksels, munisipale watermeter, brandkraandeksel, koperpype, gebronsde kabels en koperdraad gevind. Drian Coetzee van DC Metals op Moorreesburg wys egter die publiek daarop dat sy skrootwerf nie in sulke Louwtjie Smit is die nuwe waarnemende skoolhoof van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg. Die voormalige skoolhoof, Daniel Ross, is as skoolhoof van die nuwe skool, Hoërskool Melkbosstrand, aangestel.

Nuwe forum vir kerke Die publiek en alle inwoners van Malmesbury (insluitend Wesbank, Illinge Lethu, Saamstaan) Abbotsdale, Chatsworth, Kalbaskraal en Riverlands, asook alle ander omliggende areas binne reisafstand van Malmesbury, word uitgenooi na die amptelike bekendstelling van die nuwe inter-kerklike forum wat op Sondagmiddag 19 Februarie in die Wesbank gemeenskapsaal bekend gestel sal word. Die forum sal ‘n netwerk vir geestelike leiers van alle rassegroepe wees wat in die lewe geroep is na in-diepte werksessies en samesprekings van ‘n beduidende aantal verteenwoordigers en leiers van gemeentes in Malmesbury en omliggende areas. ‘n Visie-dokument is saamgestel, ‘n strategie vir die toekoms vir alle kerke wat deelgeneem het is gefinaliseer, en moont-

enigste belangstellende party. “Ons het ons berekeninge gedoen wat die belasting en tariewe, diensfooie en sekuriteitskostes insluit en is in die proses om goedkeuring van die departement van finansies te ontvang om dit aan Nexus teen ‘n bedrag onder markwaarde te verkoop,” sê minister Carlisle. Sodra hulle goedkeuring ontvang het, sal dokumente om die verkoop te finaliseer, opgetrek word om deur Carlisle geteken te word. “Die positiewe gevolgtrekking van die proses sal wys dat die publiek en die Weskaapse regering saamspan om alles wat hulle doen, goed te doen,” sê Carlisle.

like projekte is geïdentifiseer wat geestelike en maatskaplike aangeleenthede volgens behoeftes in die gemeenskap sal aanspreek. Die geestelike leiers is die mandaat gegee dat die nuwe forum‘n sterk stem vir die kerk in Malmesbury en omgewing moet wees, sowel as ‘n brug tussen gemeenskappe en ander instellings en organisasies sodat doelwitte van gemeenskaplike belange bereik en behoeftes nagekom word. ‘n Dinamiese spreker by hierdie geleentheid in die persoon van dr. Bruce Theron sal hierdie nuwe inisiatief kom toespreek. Die loodsing vind plaas om 16:00 en enige navrae kan aan ds. Eugene Beukes en pastoor Davids gerig word. Kontak hulle by 0827264642, 0766866002 of 022 486 5254 of 0224865656.

Francelle Joubert het by die onderwysers van die Laerskool Dirkie Uys aangesluit as ‘n Graad R-onderwyseres. By haar is Nina Boshoff.

items handel dryf nie en dat die dreindeksels en munisipale watermeters wel ingeneem word, maar aan die polisie oorhandig word sodat dit weer aan die munisipaliteit oorhandig kan word. Kontak 022 433 8660/1 of 022 433 8676 met enige navrae of wenke.

Kontak ons met jou nuus by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za

Op die Jack Currie-swemkampioenskappe het Van der Bijl Blake die finale in die 50m rugslag, 200m vryslag en 100m vryslag gehaal. Hy het ‘n brons medalje vir die 200m vryslag aflos gewen. Wilhelm Dürr het ‘n silwer medalje in die 200m wisselslag aflos gewen.


15 Februarie 2012

courant nuus

By die Swartland Fotografieklub se byeenkoms Donderdag is Clifford Wyeth se foto “Model T” (links) as die aandwenner aangewys. Die kategoriewenner was Amber Goosen met “Early Morning Namibia” (bo). Die volgende byeenkoms is 8 Maart om 19:00 in die Mount Royal Gholflandgoed se konferensielokaal.

Die wenner van die courant en Blomgogga se Valentynskompetisie is Sakkie Adams van Malmesbury. Sakkie sê oor sy vrou, Rhenay, die volgende: “Sy is pragtig, vriendelik, liefdevol en gee baie om vir ander.” Hiermee het Sakkie vir sy vrou ‘n bos blomme ter waarde van R200 gewen, geskenk deur Blomgogga. Op die foto is Sakkie en Rhenay Adams, saam met die eienaar van Blomgogga, Lizl Coetzee.

Beenmurgfonds: R325 000 reeds geïn

Skenker-murg op 20 Maart geoes Nadat die courant in Januarie berig het oor Petrolene (Pietie) de Beer, vir wie slegs een ooreenstemmende beenmurgskenker wêreldwyd gevind kon word, berig getroue vriende Trompie en Kobie Koegelenberg soos volg: “Die skenker in Kanada se beenmurg word op 20 Maart geoes, waarna dit dadelik per koerier oorgevlieg word na die Constantiaberg-hospitaal in Kaapstad, waar Petrolene teen daardie tyd reeds in die beenmurgeenheid sal wees. Sy sal daar vir die oorplanting voorberei word met ‘n intensiewe chemo-sessie. Die oorplanting moet binne 72 uur ná die oes van die beenmurg plaasvind. “Die Petrolene de Beer-beenmurgfonds moet die balans van R290 000 ten volle oorbetaal voordat alles gefinaliseer kan word. Dié oor-

betaling moet binne die eerste week in Maart gedoen word. “Die publiek het wonderlik gereageer en het reeds R325 000 ingesamel. Ons moet ongelukkig nog binne die volgende paar dae R82 000 vir die fonds vind. Ons is egter vol vertroue dat die Here sal voorsien. Indien die bedrag nie ten volle gehef kan word nie, sal ons beslis ‘n ander plan maak, maar van uitstel is daar nie sprake nie. ‘n Lewe is op die spel,” aldus Kobie Koegelenberg. Petrolene is vol geloof en vertroue en sy en haar gesin is baie dankbaar vir almal se gebede en finansiële bydraes. Hou asseblief aan met bid, ook vir die skenker in Kanada. Vir navrae oor die Fonds of ander navrae, skakel gerus vir Trompie of Kobie by 084 696 0518 of 084 603 9730 of trompiek@telkomsa.net

3


4

courant nuus

15 Februarie 2012

Nuwe klaskamer bring hoop vir Chatsworth Graad R’s

Willemiena Johnson, skoolhoof Evan Hendricks, Irma Borrias van Stone Cracker, Sheena Mertis (gr R-leerkrag), raadslid John van der Merwe, Sally Meyer (WKOD) en Ronel Beukes (WKOD) Maandag tydens die amptelike opening van die graad R-lokaal vir die AME Chatsworth Primêre Skool.

Roets sing met Valentynsaand Die gewilde sanger Mathys Roets het gisteraand met sy vertoning in die De Bron Kleinteater op Malmesbury Valentynsaand saam met die gaste gevier. Saam met Roets is bo Mari Dürr, Anne-Marie van Staden en Gert van Staden. Regs is Roets saam met Ernest en Anet Thompson.

Chatsworth AME Primêr het Maandag ‘n bestuurder vir graad R aan die Weskus groot hupstoot gekry toe ‘n nuwe graad Streek, Sally Meyer en Ronelle Beukes, die Skoolverrykingskoördineerder genooi R-lokaal aan hulle toegeken is. Dié kleurvolle lokaal is geskenk met die om die klaskamer amptelik te open. Die bemiddeling van Irma Borrias van Stone waarnemede graad R-klasonderwyser, Cracker, ‘n nie-winsgewende organisasie Sheena Mentu het die eer vir die knip uit Europa.* van die lint met Stone Cracker gedeel. Oor Chatsworth AME Primêr sê skool- Sally Meyer het die voorreg gehad om hoof – Hendricks die volgende: die klaskamer oop te sluit en die sleutel “Die skool bedien die groter Chatsworth te oorhandig. gemeenskap (23 km buite Malmesbury) Die leerders is gevra om ‘n gelofte af te asook die omliggende kleinhoewes en in- lê waarin hulle onderneem om hul beste formele nedersettings. Dit is die enigste te lewer en om die klas met die toebehore skool in die buurt en die skool ondervind en toerusting op te pas en te waardeer. sedert 2011 ‘n toeloop van leerders met Die graad R-klasonderwysers en ouers die voltooiing van die nuwe huise (ASLA het nou ‘n taak om toe te sien dat ‘n seProjek). mentblad na die klas gelê word en dat Die skoolgeboue is aanvanklik deur daar aan die estetiese voorkoms van die die AME Kerk opgerig, maar dit het nie speelarea gewerk word. voldoende klaskamers, `n personeelkamDie skool, Stone Cracker en die Weskus er, `n stoorkamer en sport- of ontspan- Streekkantoor ontmoet weer in Mei om ningsgeriewe nie. Die klaskamers is ook die vordering en samewerking van die nie standaardgrootte nie. Die klaskamer ouers te monitor. wat tot onlangs gedien het as ontvangs, Mettertyd gaan die drie entiteite meer kantoor en personeelkamer, moes in middele tot die klas se beskikking stel om 2011 ontruim word om akkommodasie die nuwe groep leerders volledig toe te te voorsien aan ‘n klas vir 2012. Engelsprekende leerders moet ander skole bywoon weens ‘n gebrek aan lokale. Die speelterrein vir die leerders bestaan uit feitlik een groot sandoppervlakte, met slegs een kraan. Die skool moet tans fondse genereer Devon Conradie, Lee-Ray Andrews, Jardel Cloete, Faryal Titus en om addisionele Dylan-Lee Februarie is opgewonde oor die nuwe leesstof. onderwysers aan te stel (SBL-pos) om die lading van die groot klasse te help rus vir onderrig. (Die nuwe vennootskap en netwerk verlig. Die nuwe huise het meegebring dat die met die WKOD en Stone Cracker open anleerdertal vanjaar gegroei het tot 352 - ‘n der deure: Die oorsese donateurs belowe vermeerdering van meer as 70 leerders! om vyf ander organisasies te help indien Die skool moes verlede jaar aan 25 ouers hulle ‘n goeie verslag vanaf Chatsworth en graad R-leerders meedeel dat die skool kry.) * Irma Borrias is ‘n gebore Hollander wat hulle nie kon aanvaar nie. Hierdie kinders word nou in die nuwe klaskamer gehuis- tans in Suid-Afrika woon. Stone Cracker is ‘n inisiatief wat in Europa sy oorsprong het en ves. Die 49 graad 7-leerders word in die kerk oorsee geld insamel by indiwidue en organas klaskamer gehuisves. Die meubels hier- isasies ten einde grootmaathouers te koop. In Suid-Afrika omskep die Bright Kids voor moet Maandae in die kerk ingedra en Vrydae daar uitgedra word. Foundation onder leiding van Nicholas Jeff Danksy die vernuf en deursetting van dit in graad R-klaskamers. die skoolhoof, Evan Hendricks, spog die “Ons doen hierdie skenkings net in die skool vandag met een van die eerste graad Wes-Kaap en Chatsworth se nuwe klaskaR-klaskamers in die streek - moontlik ge- mer was die 23ste graad R-lokaal. Ek is tans maak deur oorsese borge en die skakeling op pad na die 24ste klas wat ons oorhanvan Irma Borrias en Stone Cracker. dig en daar gaan nog twee vandeesweek Die skool het met die inwyding ook die geskenk word,” het Borrias gister aan die WKOD se Vroeë Kinder Ontwikkelings- courant gesê.


15 Februarie 2012

courant nuus

Plaaslike leiers ‘n inspirasie vir Wilskut In ons reeks onderhoude met raadslede, gesels die courant vandag met raadslid Willem Wilskut, wat wyk 12 in die Raad verteenwoordig. Wyk 12 sluit Riebeek-Kasteel en die Perdebergplase in, tot teenaan Malmesbury. Vertel ons iets oor uself? Ek is gebore in die Calvinia-distrik, waar my pa ‘n plaaswerker was. Daar het ‘n polisieman my pa vertel hoe vrugbaar die Boland is, dat die wyn in die slote afloop en die geld in die strate rondlê! Ons het Boland toe getrek, waar my pa in Riebeek-Vallei werk gekry het. Die wyn het nie regtig in slote gevloei nie en ons het nooit die geld gesien wat glo rondgelê het nie, maar ons lewe in die Swartland wás uiteindelik beter as in die Noord-Kaap. Ek het op Riebeek-Kasteel skoolgegaan en my hoërskool-kwalifikasies deur die destydse SUKSES-kollege verwerf. Ná skool was ek ‘n kontrakteur by PPC. Ek het vyf kinders en ses kleinkinders. My vrou is in 2001 oorlede – ek is nou ‘n alleenloper. Hoe het u in die politiek beland? Dit was ‘n lang pad! Ek was altyd ‘n gemeenskapsmens en het gedien op komitees, soos die skool- en die vorige bestel se bestuurskomitees en die GPF.

Raadslid Willem Wilskut

Ek het in 2006 vir die eerste keer as proporsionele lid ‘n raadslid geword. Ná verlede jaar se verkiesing is ek ‘n wykslid, waar ek nou op die UBK (uitvoerende burgemeesterskomitee) dien – die enjinkamer van die Raad! Vertel ons van u werk op die Raad? By die UBK is ons verantwoordelik vir die vooruit dink en beplan; ons moet altyd vorentoe dink! Dit is waarom die rioolstelsel uitgebrei word en die paaie aandag kry. Verder is ek betrokke by gemeenskapsveiligheid en landbou. Ons mense se woon- en werksomstandighede lyk baie beter as in die verlede, maar tans is ons aan die reël vir ‘n ontmoeting tussen die landbouers en die minister van landbou, want die huidige arbeidswette kortwiek indiensnemings. Wat gemeenskapsveiligheid betref, is ek bekommerd oor die behoud van ‘n veilige omgewing vir Swartlanders. My mikpunt bly dat die gemeenskap nouer saamwerk met die

SAP, dat élkeen ‘n bydrae lewer om ‘n veiliger omgewing te skep. Mense uit die gemeenskap moet inligting bring na die polisie toe (hulle sal beskerm word) – ons omgewing is só mooi, ons wil nie toelaat dat mense deur geweld weggejaag moet word uit ons rustige, mooi dorp nie! Goedgedacht Trust doen goeie werk in ons gemeenskap. Hulle het Pop-sentrums opgerig (Path out of Poverty) en dáár bemagtig hulle die kinders van ons omgewing. Ek mis die gemeenskapwerkers wat voorheen hier was, om die jeug se talente en moontlikhede te ontwikkel. Wat wil u graag bereik op die Raad? Ons almal kyk na ontwikkeling en opheffing in ons eie streek, ons almal is bekommerd oor die werkloosheid. Ek wil graag vir my wyk ‘n gemeenskapsaal daarstel. Dit sal help dat ons mense ‘n plek het om te vergader en te ontspan. Wat maak u positief oor u werk? Om deel te wees van die Swartland Munisipaliteit maak my opgewonde. Ons munisipaliteit staan onder ‘n blink bestuur, en dit gee vir ons mense hoop vir die toekoms. Elke positiewe ding wat in my wyk gebeur, maak my bly. My vriende en wyk 12 se mense wat vir my gestem het, ondersteun my en maak my positief oor die lewe. Hoe ontspan u? Ek hou baie daarvan om sport op die TV te kyk, veral rugby. (Ek skree vir die WP en die Stormers, en van kindsdae af vir die All Blacks!) Verder kyk ek die TV-nuus en lees selde iets anders as koerante en die dokumente vir my werk by die UBK. Ek stap gereeld patrollie saans as deel van die buurtwag. Op dié manier sien en hoor ek wat aangaan in my wyk, kry ek oefening en maak ek goeie kontak met my wykslede. U is ‘n diabeet – het dit u lewe omver gegooi toe u dié diagnose kry? Ek het vier jaar gelede dié nuus gekry. As dit jou toeval, is daar niks wat jy daaraan kan doen nie, as om dit te aanvaar! Ek het nog nooit gerook of gedrink nie en kon my lewenstyl redelik maklik aanpas by diabetes. Ek sal graag wil sien dat al meer mense voorkomend gesond leef en gesond eet! Wie is u rolmodelle? Almal plaaslike leiers: Toe ek vir die eerste keer op die Raad gekom het, het ek vreeslik baie by die knap voorbeeld van Anton Bredell geleer. Hy het altyd gesê: ‘Kom ons vergewe mekaar en kyk vorentoe.’ Ek haal my hoed af vir hom! Verder is Tijmen van Essen ‘n fantastiese leier – as ek die dag ‘n bietjie ‘af’ voel, sal hy my tot nuwe insigte help; my keer op keer sê dat die lewe voortgaan, ons moet maar daaroor kom en voortgaan! Tijmen van Essen leer ons elke dag om hande te vat en vorentoe te beweeg. Het u ‘n boodskap vir die Swartlandse mense? Elke mens moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie toekoms. Ons moet elkeen ‘n visie in die lewe hê. Ek sal graag sien dat die jeug prioriteite vir hulself daarstel, vir hulself ‘n paar dinge uitkies waarvan hulle ‘n sukses wil maak en dit najaag – met behulp van die Here kán ‘n mens dan bo uitkom!

5 Mev. Baba Steyn, jarelange inwoner van Amandelrug, die aftree-oord van die ACVV op Malmesbury, het Sondag haar 97ste verjaardag in goeie gesondheid gevier. Sy het die dag saam met haar kinders en familie in Yzerfontein deurgebring. Gevra oor haar wenresep om so ‘n mooi ouderdom te bereik, lag sy lekker en verklaar dat sy altyd positief is, selde kla en by haar kleindogter geleer het om oor alles dankbaar te wees. “Ek is die oudste inwoner in Amandelrug, woon al die langste hier en die personeel en my kinders kyk mooi na my. Ek is tevrede en gelukkig - wat meer kan ek vra?” Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se victor en victrix ludorum vir 2012 is Hendrie Hanekom (senior victor), Claudia Rhoode (senior victrix ludorum), Thana Kitshoff (junior victrix ludorum) en Hardus Dippenaar (junior victor ludorum).

Die Hoërskool Swartland se valentynsbal is Saterdag gehou. Bo is Yvonne de Villiers en Dewald Rabie. REGS: Gerhard Havenga en Diané van Wyk is as die skool se Mnr. en Mej. Valentyn aangewys.


courant motors

6 johan viljoen

sit voet in die hoek Die wonder van hind sight. Verskoon tog die woord, maar “terugskouend” vertel net nie dieselfde storie nie. Hind sight is ‘n wonderlike ding en saam met introspeksie en ‘n bietjie politiek kan ‘n mens soms so in die stilligheid vir jouself lag kry. As ‘n jong verslaggewer - déúr die universiteit, én die SAW en seuns (weermag) én twee jaar in die buiteland - bevind die uwe hom as sportverslaggewer by die Paarl Post. Voortvarend en met ervaring? Vroeg in die jaar is dit mos (soos nou) atletiektyd en in die Daljosafatstadion (toe nog nie ‘n tartan-baan nie) is die Saterdagoggend ‘n groot skolebyeenkoms. Ter inligting (of versagting) moet ek darem sê dit was nie baie jare ná 1994 nie en ook die tyd toe Pagad redelik bedrywig was en daar maar konflik was in woon-

buurte waar dinge nie altyd reg was nie. Het toe al paar optogte afgeneem en ons was dus redelik op ons hoede en reg om self te hardloop, as die nood druk. Kamera in die hand staan die uwe daar in die middel van die stadion en kliek-kliek met nogal baie mense en die eiland-gevoel was redelik teenwoordig. In ‘n stadium begin die dreunsang op

15 Februarie 2012

Qashqai en híé kômme ding, hie kômme ding-vrees die pawiljoen (‘n lied toe nog totaal onbekend aan die uwe) eers sag en al harder: Híé kômme ding, hie komme ding. Híé kômme ding, hie komme ding. Wat kan dit wees? Wat gaan nou gebeur? Is dit moeilikheid of net donderweer? Waar kan ek uit as die ingang versper word?

Met die heelparty karre waarmee die uwe die afgelope 18 maande gery het, word die vraag dikwels gevra watter een die grootste indruk gelaat het. Dit sou sekerlik onbillik wees om een uit te sonder, want hulle ding nie eintlik gelyk mee nie. Wat ek wel kan sê is dat daar ‘n paar is

Wel, nodeloos om te sê het niks gebeur nie en vandag word díé lied in baie meer skole gesing en is dit (soos daardie dag) maar net ‘n geesvanglied by sportbyeenkomste wat die kinders opgewonde maak. Híé kômme ding, hie komme ding.

wat werklik beïndruk het. En die Qashqai 1.6 Acenta was een van hulle. Om dan verlede week agter die stuur van die nuwer 2.0 Acenta van JB’s Nissan in te skuif, maak jou opgewonde. Want jy weet al, hier kom ‘n ding.

‘n Paar feite van belang:

Qashqai 2.0 Acenta 4 silinder Krag: 102 kW @ 5200 r/min. Wringkrag: 198 Nm @ 4400 r/min Verplasingsinhoud: 1997 cm3 6-spoed Handrat

Lengte: 4,330 m Breedte: 1,783 m Hoogte: 1,656m CO2: 192g/km Diensintervalle: 15 000 km 3 jaar/100 000km waarborg Prys: R296 500

En die teleurstelling dan. Nee, daar is nie. As jy lekker hoog wil sit (die bestuurdersitplek is hoogteverstelbaar), hou van stylvolle afwerking binne en buite, ‘n klem plaas op veiligheid asook ‘n stil ry-ervaring (met spesiale aandag gegee aan klankdemping), jou selfoon wil koppel op die radiostelsel, hou van ruimte en rygerief asook die nodige perde om te galop as dit moet, wel hier is hy. Die Qashqai bied onder meer voorruitveërs wat outomaties aanskakel, outomatiese hoofligte, Bluetooth-versoenbare radio-CD-speler met kontroles op die stuurwiel vir “handsfree”-gesprekke op jou selfoon, ‘n ritrekenaar met ‘n buite-termometer, elektriese vensters voor en agter, dubbele (onafhanklik verstelbare) lugreëlaar, 12v elektriese sok, auxiliary-sok, alarm met afstand-beheerde sentrale sluit, afslaan agtersitplek vir ekstra bagasieruimte, afslaan armleuning in die agtersitplek met bekerhouers, ABS en EBD-remme en hooggemonteerde agterremlig, 6 lugsakke. Langtand. Ja, so sal ek die gevoel beskryf toe hy weer aan JB’s terugbesorg moet word. Gaan toetsbestuur die Qashqai by JB’s Nissan op Malmesbury. Dit is ongetwyfeld ‘n motor om te oorweeg. Op dié noot. Cheers, tot die wiele weer rol.


15 Februarie 2012

courant nuus

Pick ‘n Pay op Malmesbury het gister Valentynsdag gevier en ‘n spesiale ete vir die pensioentrekkers van die dorp voorberei.

Ook by Malmesbury Superspar het die valentynskoors hoog geloop met personeel wat vir die geleentheid in rooi, wit en pienk geklee is.

7

Die Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury het ook gister in die liefde gedeel. Die inwoners het in rooi en wit uitgetof en nader gesit vir ‘n smaaklike ete.


courant courant wat gebeur

8

15 Februarie 2012

Sudoku 160 Sudoku 159 antwoord

die courant Februarie

Algemene Jaarvergadering Weskus Netbalunie 15 Februarie - Die Weskus Netbalunie se eerste Algemene Jaarvergadering word om 19:00 in die Koringmuseum op Moorreesburg gehou. Kontak Madelein Horn by 072 601 0994 met navrae. Jo-Dolphin Waste Management Training 17 Februarie - Jo Dolphin Swartland in samewerking met “Solid Waste Management” voorsien opleiding in afvalbestuur by die Goue Aar Ouetehuis vanaf 09:00 tot 13:00. Kostes beloop R30. Kontak Anita Adams by 022 486 4186. AGS Corpus Christi 19 Februarie - Die AGS Corpus Christi op Malmesbury se oggenddiens, “God se Krag in Ons” word om 09:30 aangebied. Die aanddiens is ‘n DVD-vertoning om 18:30. Kontak 073 447 2902 met navrae. Wegneemetes 19 Februarie - ACVV Riebeek-Kasteel bied koue wegneemetes aan: Heerlike Sondagmiddagete vir slegs R65 per persoon, Om te bespreek, skakel Gloudine voor 13 Februarie by 022 4481424.

kalender

Jakkie Louw @ Malmesbury 22 Februarie - Jakkie Louw tree saam met verskeie plaaslike skoolkore op in die De Bronteater ten bate van die Relay for Life-projek. Kaartjies beloop R50. Kontak 022 482 1111 met navrae.

Shavathon 8 Maart - Shavathon op Malmesbury by Toyota, heel dag oop. Skryf jou skoolklas/ kantoor/vriendekring in en ondersteun Kansawerksaamhede. Vir navrae, skakel Hester Smith (0224821111) of Dirk van Zyl (022-4822 961).

ACVV Kindersentrum speletjiesaand 24 Februarie - ‘n Speletjiesaand word by die Gerfie, Albaniestraat vanaf 16:00 – 20:00 gehou. Bring die hele gesin. Hope speletjies, springkastele, spookhuis en nog meer. Lekkernye te kies en te keur asook wegneemetes.

Porterville Christusfees 9-11 Maart - Die Porterville Christusfees word vanjaar in Maart gehou. Kunstenaars sluit in Elvis Blue, Heinz Winkler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele meer. Saterdagoggend geniet feesgangers ontbyt saam met Jannie de Beer en Jean Marais sluit Sondag die fees af. Toegang - Volwassenes: Vrydag R50, Saterdag R100, Sondag gratis en ‘n naweekpakket R120. Kinders: Vrydag R30, Saterdag R60, Sondag gratis en naweekpakket R70. Kontak Willie by 083 650 1640 of sien die program op www.christusfees.co.za. Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Katolieke-fees 25 Februarie - ‘n Katolieke-fees word vanaf 09:00 tot 17:00 op die gronde van die St Francis de Sales-kerk op Malmesbury aangebied. Stalletjies is beskikbaar. Kontak 022 482 2228 met navrae. Kommissie Markdag 25 Februarie - Die NG Kerk Swartland se Kommissie Markdag vind vanaf 09:00 tot 14:00 in die Kerksentrum op Malmesbury plaas. Wegneemetes is teen R30 beskikbaar. Kontak Alet Hamman by 083 698 3405. Bootsale @ Moorreesburg 25 Februarie - Moorreesburg / Koringberg Toerisme hou ‘n “boot sale” in Langstraatpark op Moorreesburg vanaf 09:00 tot 13:00. Inskrywingsfooi beloop R30. Kontak Annelize by 022 433 1072 / 082 574 0357 vir navrae of inskrywingsvorms. Kaas en Wyn @ Malmesbury Museum 29 Februarie - Die Malmesbury Museum bied ‘n kaas-en-wynaand aan by die museum. Die spreker is Mike Turner, die skrywer van die boek oor die Swartland wat verlede jaar verskyn het. Kaartjies kos R50 pp; besprekings noodaaklik. Skakel 022 482 2332 vir kaartjies. MKB Swartland Halfmarathon 3 Maart - MKB op Moorreesburg bied die jaarlikse Swartland Halfmarathon aan. Voorafinskrywings sal tot 27 Februarie aanvaar word. Kontak Dienie 082 895 8395 met navrae.

Onbeskaamd @ De Bron Teater 15 Maart - “Onbeskaamd” tree om 19:00 in die De Bron Teater op Malmesbury op. Kaartjies beloop R50. Kontak 022 487 2000 met navrae. Relay for Life 17 en 18 Maart - Die Kansa Relay for Life se deurnag-byeenkoms vind op die Hoërskool Swartland op Malmesbury se A-rugbyveld plaas. Om spanne in te skryf, kontak Herman Aucamp by 0835199575, Hester Smit (KANSA) by 073 509 9221 of die KANSA kantoor by 0224821111.

Kontak 022 487 3221 met jou dagboekinskrywings.


courant courant kos en nuus

15 Februarie 2012

9

Karen Rabbets van die Deli in die Checkerssentrum op Malmesbury het hierdie week se resep voorberei. Besoek hulle vir enige tuisgebak, soetigheid of Chinese disse.

Koue Yskas Kaaskoek

By die Swartland atletiekbyeenkoms Saterdag op Moorreesburg haal Aqeelah Davids van Chatsworth Primêr uit om ‘n goeie afstand te spring. Bo werp Anglo Arendse van Meiring Primêr en Elroy van Harte van die Laerskool Swartland alles in die stryd om eerste die eindstreep oor te steek.

Metode:

Klits saam: 250ml room 250g maaskaas Smelt 10ml gelatien in 60ml kookwater

Klits: 1blik kondensmelk 125ml suurlemoensap Meng alles & gooi oor kors.

Kors: 1pak tennis-fyn 84g gesmelte margarien Garneer met 250g Vrugtelaag (topping)

Vir die hele gesin bederf!

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Vrydag gasheer gespeel vir die sone-byeenkoms. Bo is drie atlete van die gasheerskool in aksie in ‘n hekkies-wedloop. REGS: Malcolm Abrahams van Vooruitsig Primêr op Darling seil oor die dwarslat.


courant nuus

10

Liefde is in die lug

15 Februarie 2012

Landbouers byeen

Die Laerskool Swartland het Vrydag hul jaarlikse valentynsdans en steakbraai gehou. Links is Michelle en Rudi Wium in ‘n liefdesluim.

Pasop vir wolf in skaapsklere ‘n Man in ‘n verpleër-uniform, ene Koos, het ‘n paar Swartlanders in ‘n donker wolk agtergelaat, ná hy hulle bedrieg het. Volgens ‘n slagoffer van Koos, wie se identiteit aan die courant bekend is, maar om veiligheidsredes anoniem wil bly, het dié Koos homself as ‘n verpleër voorgedoen en aangebied om haar man te versorg. “Ek het gedink dis ‘n engel wat uit die hemel val. Min het ek geweet,” sê sy. Koos het na bewering die slagoffer se man tot sy dood verpleeg en toe steeds vir ‘n paar maande by haar aangebly. Intussen het hy ‘n rekening by ‘n plaaslike winkel, sonder haar toestemming, op haar naam geopen en meer as R3000 se goedere daarop gekoop en by ‘n dokter mediese voorrade aangekoop en weer verkoop. By ‘n ander slagoffer het hy na ‘n seun omgesien, maar alles was nie pluis nie. Intussen het hy gekonkel om dié slagoffer se huis aan die Weskus sonder hul medewete te verkoop met vervalste dokumente wat

hy vervaardig het. Koos se modus operandi is om in hospitale opgeneem te word met vervalste xstraalplate en om so bevriend te raak met pasiënte wat tuissorg nodig het. Wanneer die persoon ontslaan word, bied hy aan om hulle te verpleeg teen geen koste nie, maar slegs vir ‘n blyplek en voedsel. Koos het vorige veroordelings teen hom en was ‘n ruk gelede in die Swartland met sy streke doenig, maar het die streek verlaat en weer teruggekeer. Hy het intussen weer die hasepad gekies. “Hy leef die persoonlikheid uit wat hy voorstel en beweeg rond met verpleegstersklere en selfs ‘n stetoskoop om sy nek. Hy het my gereeld my man, tot sy dood, met morfien ingespuit en ander medikasie toegedien,” sê ‘n slagoffer. Swartlanders word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir dié man en om nie in dieselfde strik te trap nie.

By JB’s Nisan is Ian Badenhorst nuut aangestel as die verkoopsbestuurder van nuwe en gebruikte voertuie. Andries Steyn, vorige verkoopsbestuurder, skuif oor as verkoopsbestuurder van UD Trucks, ook by JB’s Nissan.

Nuut by die Swartland Wynkelder is Pieter Terblanche, as die nuwe bemarkingsbestuurder. Terblanche is gebore en getoë in die Vrystaat. Terblanche het diplomas in bemarkingsbestuur en hotelbestuur en het ondervinding as verkoopsbestuurder op nasionale en internasionale vlak opgedoen voordat hy hom sedert 2007 eers by Franschoek Vineyards en daarna Douglas Greene Bellingham aangesluit het.

LINKS: Harald Pakendorf, politieke ontleder, was die hoofspreker van die dag. Links is hy diep in gesprek met van die landbouers wat die Skogdag bygewoon het.


15 Februarie 2012

courant nuus

11

Groot name in landbou by Skog-dag op Moorreesburg byeen BO: Riaan Roselt (bestuurder kusstreek Agricol), Harald Pakendorf, Annalene Swanepoel (Elsenburg), Minister Gerrit van Rensburg (WesKaap Minister van Landbou) by die Skogdag.

Paul Truter en AJ Louw het ook die Skogdag bygewoon.

Agricol se Cruiser OSR vir jou behoeftes

Promosie

Donderdag het ‘n paar groot name in die landbou op Moorreesburg saamgetrek vir die jaarlikse Skog-dag wat in die Jan Basson-sentrum aangebied is. Die hoofspreker van die dag, Harald Pakendorf, politieke ontleder, glo dat die ekonmiese en diplomatiese mag van die Weste na die Oostse lande geskuif het en daat daar groot aanpassings in die markte gemaak sal moet word. Volgens die Weskaapse departement van landbou het die verteenwoordiging van kultivargroepe in die proewe heelwat verander oor die afgelope dekade. Dié departement het gedurende die 2011-seisoen ‘n reeks kultivarproewe in die Wes- en Suid-Kaap uitgevoer. In die Suid-Kaap is agt proewe aangeplant waarvan ses se data op die vergadering bespreek is.

Volgens hulle het die grondvog in die Swartland gewissel van te nat in Junie tot baie droog in Julie. By Langgewens was reënval gedurende die groeiseisoen ondergemiddeld, alhoewel Mei en Junie onderskeidelik 79% en 55% meer reën ontvang het as die langtermyn gemiddelde. Dit beklemtoon net die feit dat die res van die seisoen vanaf Julie tot September baie droog was. Uit die toetse is die gevolgtrekking gemaak dat dit duidelik is dat die kultivarskeuse ‘n groot invloed op die uiteindelike opbrengs en dus ook op die winsgewendheid van canola mag hê. Produsente moet dus seker maak dat die beste kultivar vir sy spesifieke produksie-area en -toestande gebruik word.

Op die afgelope Skogdag op Moorreesburg het Agricol sy nuwe produk, Cruiser OSR, bekendgestel. Hier volg meer besonderhede: Slegs vir gebruik op canola. Formulasie en aktiewe komponent: CRUISER OSR bestaan uit 280 g/l thiamethoxam, 8 g/l fludioxonil en 32.3 g/l metalaxyl-M. Word as ‘n saadbehandeling gebruik. Voordeel: Kombinasie van swam- en insekmiddel. Breë spektrum behandeling teen siektes en insekte. Verhoog vestiging en gevolglik gunstige atmosfeer vir groei van canola weens weerstand teen siektes en insekte. Beter weerstand beteken beter vestigings % wat bydra tot verhoogde opbrengste. Vloeibare konsentraat. Behandel teen 1,5L/100kg saad. Hoekom Cruiser OSR? Huidiglik geen breë spektrum middel beskikbaar is SA geregistreer op canola vir die behandelik teen siektes en insekte nie. Met verliese by canola wat ons tans beleef

weens insekte en siektes is bogenoemde nie net ’n oplossing nie, maar ’n moet! Hoekom: 1. Dis ‘n een-middel-behandeling. 2. Kan op die plaas self gedoen word. 3. Dis ‘n middel wat vinnig afdroog. 4. Saad kan vooraf behandel word en ingereken word by verkoopprys. 5. Plaaslike resultate toon wesenlike verbeterde resultate. 6. Agricol beskik oor die infrastruktuur om saad vooraf te behandel. 7. Cruiser OSR is die enigste van sy soort op die mark wat plaaslik geregistreer is. Verdere feite oor Cruiser OSR: Behandelde saad moet verkieslik geplant word. Behandelde saad toon afname in ontkieming en groeikragtigheid sodra dit blootgestel is aan hoë temperature en humiditeit. Hoër konsentrasie behandelings as aanbeveel toon ook afname in ontkieming en dus vestiging – hou dus by aanbevole dosis. Te nat en/of te droë grond kan vestiging van behandelde saad tot ‘n mate benadeel.


nuus courant

12

15 Februarie 2012

Uitslae en bepalings Malmesbury Tennisklub MORKEL LIGA MALMESBURY B TEEN WELLINGTON Divan Robertson & Irwin Turner k Fritz Otto & Kallie Morton 6-3, 6-1 Darryl Blom & Glynn Arendse k David Basson & Hennie vd Spuy 6-2, 6-2 Marietjie de Kock & Marlene Hanekom k Susan Huyser & Melanie Fourie 6-4, 7-5 Mariata Malherbe & Mariethna Petersen v Lena Janse van Rensburg & Sunelle Moller 5-7, 6-2, 6-7 Divan Robertson & Marietjie de Kock v Fritz Otto & Susan Huyser 3-6, 6-1, 6-7 Irwin Turner & Marlene Hanekom k Kallie Morton & Melanie Fourie 6-1, 6-4 Darryl Blom & Mariata Malherbe v David Basson & Lena Janse van Rensburg 3-6, 7-6, 6-7 Glynn Arendse & Mariethna Petersen v Hennie vd Spuy & Sunelle Moller 3-6, 4-6

HSS Tennis vs Piketberg Die eerste seunspan wen 12 – 8. Tweede seunspan verloor 5 – 15. Die eerste meisiespan wen 16 – 2 en die tweede meisiespan verloor 5 – 11. Malmesbury Krieketklub Malmesbury 1 het teen Bergrivier gespeel. Bergrivier het 159/5 aangeteken. Malmesbury het met 145 geantwoord.

LSS wen gala

HSS vs Drostdy HSS se o.19A-krieketspan behaal 212 lopies met Michael Beattie wat 86 lopies aanteken. Drostdy antwoord met 80 lopies, almal uit. Swartland wen met 132 lopies.

Bepalings HSS Interskole krieketO.19A (tuis), O.15A (weg)

Atlete presteer

By die Malmesbury Superspar Uitnodi-gingswemgala wat deur die Laerskool Swartland op Malmesbury aangebied is, het dié skool se swemspan weer met die louere weggestap. Links is spankapteine Micke Smit en Van der Bijl Blake saam met Des Möller, medeeienaar van Malmesbury Superspar.

Wilhelm Dürr, Van der Bijl Blake (beide van die Laerskool Swartland) en Willem Hanekom (Laerskool Dirkie Uys) was die wenners in hul item.

Laerskool Riebeek-Kasteel het puik gevaar by die afgelope Swartland Atletiekbyeenkoms en 11 eerste plekke en vier rekords ingepalm. Altesame 23 leerders van die skool is in die Swartland-atletiekspan opgeneem vir die komende naweek se Wes-Boland proewe op Velddrif.

BO: Fred Bekker van die Laerskool Swartland gly deur die water. LINKS: Philip Weideman van Swartland het weer goed geswem.

Molly’s vir al jou troeteldier-behoeftes By Molly’s Petfoods op Moorreesburg word jy vriendelik gegroet deur Molly die African Grey. “Sy beheer die winkel. Soggens en saans aktiveer sy die alarm met haar ‘piep-piep’ geluid en almal word met ‘Hello Molly’ begroet. Sy ken ook al die personeellede op hul name en roep as sy een van hulle nie kan sien nie. Wanneer kliënte by die veiligheidshek die klokkie lui, laat sy vinnig hoog ‘Ek maak oop’. Saans sluit sy die dag af met ‘Molly gaan nou lekker slapies. Night-night’.” So sê Wilma Steyn, eienaar van dié winkel op Moorreesburg. Molly’s Petfoods het in Mei 2010 geopen met troeteldierkosse en ‘n bietjie bybehore. In Julie 2011 was hul vloerspasie te klein en het hulle na ‘n perseel dubbeld so groot verhuis. In Januarie vanjaar het hulle nog ‘n per-

seel bygekry waarin lewende hawe begin is. By Molly’s vind jy ‘n ontspanne atmosfeer waar diereliefhebbers oor hul troeteldiere kan spog of raad vra. Hulle bied ook genoeg veilige perkering en produkte wat die winkel nie beskikbaarhet nie, sal so gou moontlik verkry word. Bejaardes en verswakte kliënte se aankope word afgelewer. Manie Kayster sal ook eersdaags ‘n ekstra diens bied om voëlvlerkte te kan knip. By Molly’s vind jy alle troeteldierkosse, in klein- of grootmaat, troeteldierbenodighdhede, ‘n groot verskeidenheid viskosse, vistenke, voël- en hondehokke. Visse en voëls is beskikbaar, terwyl katte, honde, muise, hamsters, rotte en hase op aanvraag beskikbaar is. “Ons kliëntebasis groei by die dag. Ons het selfs kliënte so ver soos Fraserburg

REGS: Die personeel van Molly’s Petfoods is Bennie Steyn, Wilma Steyn (eienaar) Manie Kayster en Mariska Coetzer.

en alle plaaslike entrepreneurs geniet voorkeur. Ons hokke, neste en lewende hawe word plaaslik aangekoop. Dus is ons

vervoerkostes laag en kan ons mededingende pryse bied. Kuiervoëls is ook welkom en hul eienaars kan dan rustig weggaan, terwyl ons mooi na hulle omsien,” sê Steyn. Die winkel het die afgelope ruk baie gegroei en waar hulle aanvanklik met twee tot drie sakke hondekos begin het, verkoop hulle nou tussen twee en drie ton per maand. “’n Gelukkige kliënt is ons grootste geskenk vir die dag,” sê Steyn. Besoek Molly’s Petfoods op Moorreesburg in die hoofweg of kontak hulle by 083 320 6760.


15 Februarie 2012

Nuwe aanstellings

Petro Burnett is die nuwe algemene bestuurder by Becker Auto op Malmesbury.

courant nuus

Ook by Becker Auto GWM is Joanita Kellerman aangestel as die nuwe verkoopsbestuurder.

13

Kontak 022 487 3221 of epos admin@diecourant.co.za om hier te adverteer.


14

die courant

nuus courant

15 Februarie 2012

dienste

Cape Field Sport ondersteun etiek

Cape Field Sport op Malmesbury is ‘n belewenis vir elke geweer- en jagliefhebber wat na in ‘n wye reeks produkte wil rondsnuffel. Nico de Klerk, eienaar van Cape Field Sport, is ‘n handelaar in vuurwapens en ammunisie. “Ons voorsien jagtoerusting asook toerusting vir die sportskut. Ons bied windgewere, bybehore soos geweersakke en skoonmaakmateriaal,” sê De Klerk. “Ons poog ook om ons pryse in lyn te hou sodat ons die beste produk teen die beste prys kan verskaf,” gaan hy voort. “Ons sal nooit ‘n wapen of ammunisie verskaf aan iemand wat nie verantwoordelik is nie. Ons ondersteun die jagtersvereniging se kode van etiek wat bepaal dat daar verantwoordelik teenoor mens en die natuur opgetree moet word

as jy ‘n vuurwapen besit,” sê hy. Cape Field Sport is gewild onder die jagters en is gemik op die plaaslike gemeenskap se behoeftes, asook jagters wat dalk in Namibië gaan jag. Hulle het ‘n kliëntebasis wat strek tot Clanwilliam, Citrusdal en Ceres. “Die beskikbaarheid van items is vir ons belangrik. Hier sal jy iets kry om die rooikat wat jou skape jag in toom te hou asook die wildevark wat jou wingerde verniel,” sê hy. De Klerk is in die proses om ‘n windbuks-skietbaan te open waar hy ook plaaslike skoliere wil betrek om hulle verantwoordelikheid rakende vuurwapens te leer. Besoek Cape Field Sport in die Drie Geuwels-gebou op Malmesbury of kontak Nico by 022 487 1864.

Om hier te adverteer, kontak een van ons bekwame bemarkers by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@diecourant.co.za


die courant 15 Februarie 2012

Algemeen

1

• DRINGEND GESOEK NA SAAMRYGELEENTHEID Van Malmesbury na Killarney Gardens daagliks. Kontak asb Christelle 082 788 9365

Gesoek Wanted

4

Te Huur To Let

7

• TWIN TUB LG 8KG Baie goeie toestand. R1000. Skakel 072 831 5706 -------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• BESIGHEIDSPERSEEL - Sentraal 140m2 Diensput Parkering. R4500pm. Navrae 082 323 8074 -------------------------• OFFICE/SHOP TO LET - In Rainier 2 Street. 25m @ R2000pm. Call 083 991 7350 -------------------------• STOOR + KANTOOR TE HUUR - R6500per maand. Grootte 304m2. Skakel Japie by 079 500 3500 -------------------------• KANTOORRUIMTE - Ruim huis, sentraal geleë in Malmesbury - onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 482 1131 -------------------------• KANTOOR RUIMTE TE HUUR - 80m2 teen R4000pm + BTW. Uitstekende ligging en veilige parkering. Kontak Flippie Brandt by 082 899 4071 vir meer inligting.

Eiendomme

8

• ERF IN WESBANK, MALMESBURY Goeie area. R130 000. Skakel 083 659 5556 -------------------------• TAFELZIGHT, MALMESBURY - 3slp huis, ideaal vir beginners. R895 000. Skakel 083 659 5556

Voertuie Vehicles

9

• 2007 TATA TELCOLINE 2L TDi BAKKIE - Met Kappie. 53 000km @ R49 500. Kontak 083 555

6109, Malmesbury

Dienste Services

12

• NUWE PILATESKLASSE - RiebeekKasteel ACVV-saal. Beginnersgevorderd. Oggend/middae. Kontak Hendi 082 440 4906 vir meer inligting -------------------------• VERWYDERING VAN BYE - Uithaal en verwydering. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787 of 022 482 2767 -------------------------• NEGOSIKAS KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 -------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 ------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abcpartytjies.weebly.com

Diere Animals

15

• SKAAPHONDJIES TE KOOP - 5 x Bruin en wit reun skaaphondjies. R1000 elk. Beskikbaar 21 Februarie 2012. Skakel 083 286 2596 -------------------------• MINIATUUR WORSHONDJIES Te koop. 2 Reuntjies. Nou beskikbaar. Ingespuit. R1500elk. Skakel 083 234 0647

* LET OP * Die betalling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdaemiddae om 14h00.

15

mini gigs

& dienste


courant

Malmesbury RVK het Saterdag ter voorbereiding vir die seisoen teen die span van Die Dorings RVK in ‘n vrienskaplike wedstryd gespeel. Die Bloues speel Donderdagaand nog ‘n vriendskaplike voorseisoen oefenwedstryd op hul tuisveld teen Ceres. Ingang is gratis. Bo word Christo Kotze vasgevat, terwyl Xander van Heerden en Johan Abrahams hulp wil aanbied. Regs flous Gavin “Speedy” De Wee sy teenstanders met ‘n systappie. Die Bloues het met 21-10 gewen.

agterblad

die

swartland en weskus

Pieter-Steph du Toit, oud-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, is op die reserwebank ingesluit vir die Sharks se wedstryd Vrydag in Port Elizabeth teen die Southern Kings. Dit is die Sharks se laaste oefenwedstryd voor die aanvang van vanjaar se Super 15-kompetisie.

Wesbank skop op goeie noot af Die Wesbank Rugbyklub van Malmesbury het Saterdag sy seisoen amptelik begin met ‘n wedstryd teen die span van Good Hopes van Riebeek-Wes. Good Hopes het vinnig die voortou geneem en binne 15 minute ná die afskop het hulle met 17-0 voorgeloop. Die rustyd telling was ook 17-14 in Good Hopes se guns. Good Hopes het na rustyd met ‘n skepskop geslaag en so die telling op 20-14 in Good Hopes se guns gebring. Met 15 minute se spel oor, het dit gelyk of Good Hopes skoonskip gaan

maak. Wesbank het hulself reggeruk en ge-struktureerde rugby begin speel. ‘n Onderskepdrie deur vleuel Peter Solomons het die wind uit Good Hopes se seile gehaal. Dit is opgevolg met ‘n drie deur sy spanmaat Melvin Lazarus (vleuel). Wesbank het sout in die wonde van Good Hopes gevryf met ‘n laaste drie om die telling 34-20 te maak. Wesbank speel Saterdag tuis teen die Rangers van Kaapstad. Die hekke open om 12:30 en die eerste wedstryd skop om 13:30 af.

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se o.13-krieketspan het Saterdag tuis teen die Engelse toerspan van Hall Grove School te staan gekom. LSS het eerste gekolf en 138 lopies vir nege paaltjies aangeteken in 30 boulbeurte met Gary-John Walsh wat 71 lopies behaal het. Hall Grove teken 134 vir nege paaltjies aan in 30 boulbeurte. Swartland het met vier lopies gewen. Boeta van Reenen het ses boulbeurte geboul en slegs 16 lopies afgestaan. Hy het drie paaltjies geneem. Van Zyl Bester het ook drie paaltjies in ses boulbeurte geneem en 13 lopies afgestaan.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.