courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
17 Junie 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 325
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Jeugdag:
Swartland Munisipaliteit het gister in ysige winterweer 75 inheemse bome in Alfa- en Holomisastrate op Malmesbury geplant as deel van die New Beginnings-boomplantfees. Dit is deel van ‘n opgraderingsprogram wat in die volgende maande en jare momentum sal kry. Hier plant die burgemeester, raadsheer Tijmen van Essen, die eerste boom. Regs van hom die onderburgemeester, Maude Goliath en senior superintendent Neale Africa. Links is Joan Meyer, Rico Kruger en Colin Daniels.
• Harde werk met beurs beloon
‘Ek kan nou droom’ Soms kry ‘n mens ‘n sterretjie wat net uitstaan tussen die ander – en Tonique Roberts was só ‘n ster. Aan die woord is Carmen Boks, onderwyser by Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury en een van die hande wat dié langbeen-meisiekind van Riverlands opgelig en haar drome help waar maak het. Tonique het verlede jaar matriek by Schoonspruit geslaag met een groot droom: sy wou besigheisbestuur studeer. “Ek wil ‘n geoktrooieerde rekenmeester word, my eie besigheid hê. Ek wil my ouers bystaan en my broer en susters finansieel bystaan met hul studies.” Haar towerfeë het in die persoon van haar skoolhoof, André Claasen, PPC en Boks gekom. Tonique vertel hoe bekommerd sy was oor haar studies, want die beurse waarvoor sy aansoek gedoen het, het nie een realiseer nie. Sy het egter by haar droom gehou en met behulp van “’n lening en baie geloof” is sy vanjaar Maties toe om B.Comm (Bestuurswetenskappe) te studeer. “Die idee dat ek skuld agter my naam het nog voordat ek begin studeer het, het my slapelose nagte gegee. “Hierdie stres het amper my studies beïnvloed,” vertel sy met ‘n skaam glimlag. Haar
ouers kon haar nie ten volle finansieel bystaan nie. Ma Rachel werk in ‘n fabriek in Epping en pa Jerry moet elke dag Atlantis toe. Daar is ook nog drie kinders by die huis. Sonder dat Tonique geweet het, het haar skoolhoof, André Claasen, by PPC aansoek gedoen vir ‘n beurs. Dit het só gebeur: William Samuels, die menslike hulpbronnebestuurder van PPC Riebeek, het by Schoonspruit aangekom met ‘n moontlike beurs-aanbod vir ‘n belowende student. Die student moes natuurlik belangstel in ‘n rigting wat by PPC inskakel. “Mnr Claasen het onmiddellik met ‘n lys name vorendag gekom,” vertel Samuels aan dié courant. “Tonique was een van die eerste name en uiteindelik het ons hoofkantoor op haar besluit.” “Ek kon my ore nie glo nie,” vertel Tonique van die oproep ‘n paar weke gelede. “Dit het my lewe verander. Ek het daardie dag besef dat as jy hard werk en suksesvol wil wees vir die regte redes en terselfdertyd die mense in jou lewe waardeer, respekteer en eer, gebeur daar wonderwerke.” Tonique het haar laerskoolloopbaan by Riverlands Primêr voltooi en is daarvan Schoonspruit toe. Boks vertel dat hulle haar al sedert
haar graad 9-jaar dophou. “Ons kon sien sy gaan uitstyg en suksesvol wees.” Maandag het Tonique die eerste keer geleentheid gehad om haar weldoeners te ontmoet. “Moet nooit moed opgee nie,” het Bernard Venter (algemene bestuurder PPC Riebeek) vir haar gesê. “Daar gaan moeilike tye kom, maar sien dit deur, skryf dit af en gaan aan. Onthou altyd: jou drome kan waar word.” Samuels het bygevoeg: Onthou jou toekoms is in jou hande, nie in jou ouers of vriende s’n nie.” Tonique se ma het PPC uit haar hart bedank: “Ek en my man kan net baie dankie sê dat julle ons kind gekies het.” Rachel vertel ook trots hoe goed Tonique aangepas het op Stellenbosch. En die ster van die dag self: “Ek kan nou elke dag met ‘n glimlag begin en net die Here dank dat Hy ‘n nuwe deur oopgemaak het. Die beurs het my lewe verander en my ouers van finansiële druk verlig. “Ek dank die Here elke dag dat daar mense en besighede soos PPC is wat die verskil in student se lewens maak en hulle ‘n hupstoot in die lewe wil gee. PPC het ‘n wonderlike belegging in my lewe kom maak. Ek is positief oor die toekoms en het nuwe hoop.”
NUUS • NEWS
17 Junie 2015
NUUS • NEWS
2
17 Junie 2015
Elektroniese oog bekyk verkeer Swartland Verkeer het nou ‘n elektroniese kollega wat hulle ‘n reuse sprong vorentoe gee in die stryd teen verkeersen ander oortreders. Dié nuwe elektroniese toevoeging is ‘n stelsel wat outomaties nommerplate lees en op die stelsel nagaan vir enige uitstaande boetes of ander oortredings. Dit is in ‘n motor geïnstalleer en vat letterlik sekondes om die inligting van die stelsel af te trek. Die stelsel staan bekend as ANPR (Auotmatic Numberplate Recognition) en kan by padblokkades, in strate en met patrollies gebruik word. Die stelsel kan selfs uitwys as ‘n nommerplaat onwettig op ‘n ander voertuig gebruik word.
Piketberg se 'moeder' vier 100 jaar Eeu: Antie Drien saam met raadsheer Ray van Rooy en sy vrou, Megan. ‘n Inwoner van Piketberg, Antie Drien soos almal haar noem, het Vrydag 12 Junie haar 100ste verjaardag herdenk. Die funksie is deur die Nuwe Apostoliese Kerk op Piketberg, waaraan sy behoort, gereël. Baie inwoners sien haar as die moeder van Piketberg. Sy is op Piketberg gebore en het hier groot en oud geword.Sy het verskeie babas in die lewe gebring en was ook betrokke by die
was van lyke. Ouma Drien het die volgende boodskap vir die jonger geslag: “Bly by Jesus se voete, eer jou vader en jou moeder, toon respek vir jou medemens, stap baie om gesond te bly.” Sy woon tans in Huis AJ Liebenberg op Piketberg en het nog goeie geheue. Sy kan vir jou alles vertel van Piketberg in die ou en nuwe dae.
Roman Steyn, hoof van verkeer en wetstoepassing in die Swartland, is baie opgewonde oor dié nuwe hulpmiddel. “Dit gaan die lewe vir ons aansienlik vergemaklik.” Hy het ook oortreders gewaarsku dat wegkomkans al minder word. Assistant-superintendent Ursula Swarts, wat aan die hoof van die ANPR-span op Malmesbury staan, sê hulle pluk reeds die vrugte van dié belegging.
Kamera: Assistant-superintendent Ursula
Swarts en offisier SP Larey by die motor waarin die kamera gemonteer is. Die derde lid van die span, offisier John Seals, was besig met ‘n motor wat afgetrek is.
Sakkies:
By Riebeek Kelders het die masjiene Vrydag vrolik gesing – vir warmwatersakke! Die vroue het Projek Wintershoop werk toe gevat – hulle het naaimasjiene, materiaal, linte, knope en ‘n honderd warmwaterbottels daar aangedra. Die gedagte is om die honderd bottels knus en vrolik in warm materiaal te tooi en dan aan die ACVV te skenk. Van links is Alecia Boshoff, Tharien Hansen, Franciska Van Zyl, Celeste Domingo, Ridia De Beer, Janetta Laubscher, Kara Van Zyl, Lydia Laubscher enAlta Saayman.
Drankforum gee opleiding Die Wes-Kaapse Drank Owerheid (WCLA), in samewerking met die Swartland Drankforum, gaan vandag ‘n opleidingsessie op Malmesbury hou vir alle lisensiehouers en bestuurders. Dit begin om 10:00 by Bloues se klubhuis op Malmesbury. Hierdie opleiding gaan volgende jaar verpligtend word vir nuwe en bestaande lisensiehouers en bestuurders. Dit sal dan by die WCLA se kan-
tore aangebied word. Swartland Drankforum het gereël dat die opleiding op Malmesbury plaasvind, wat dit baie maklike vir hul lede maak. Kursusgangers sal sertifikate ontvang om te toon dat hulle die opleiding geslaag het. Die volgende inligting is nodig vir registrasie: afsetpunte naam, WCLA-lisensienommer en IDnommer. Registrasie begin om 09:45.
NUUS • NEWS
3
17 Junie 2015
• Denise Amerika neem leisels oor
Jo Dolphin kry nuwe asem Ek sien net mooi dinge vir Jo Dolphin vorentoe – ‘n sentrum wat die hele Swartland kan bedien en waarop ons almal trots kan wees,” sê Denise Amerika oor haar nuwe pos as bestuurder van die Jo-Dolphin Sorgsentrum op Malmesbury. “Ek is baie opgewonde oor al die nuwe uitdagings: ek gryp hierdie geleentheid met albei hande aan. "Dit is uitdagend om met kinders te werk, maar dit is my liefde en ek weet met my personeel en bestuur agter my, gaan ons ‘n sukses daarvan maak,” het sy aan dié courant gesê. Sy sien uit na die nuwe sentrum: “Die planne is reeds goedgekeur, alles is in plek en ons samel nou geld in.” Nog ‘n projek is ‘n databasis vir mense met gestremdhede, wat hulle in samewerking met die Swartland Munisipaliteit opstel. “Ons wil weet van die kinders, maar ook die volwassenes, want ons stel werkwinkels in die vooruitsig,” het pastoor Cecil Errens, voorsitter van die beheerraad, gesê. Hy en sekretaris Jacques Swarts het die gemeenskap bedank vir hul volgehoue steun en gebede. “Dit is wat ons staande hou.” Denise het ‘n bestuursdiploma aan die Weskus Kollege voltooi voordat sy in 2009 by Sinethemba begin werk het – eers in finansies en die laaste jaar as projekbestuurder op Moorreesburg. Mense moenie hierdie fyn vroutjie onderskat nie. Sy is 'n sterk mens wat hou van uitdagings en avontuur. Sy was selfs op haar dag ‘n professionele sokkerspeler, laat Swarts die aap uit die mou.
houding en ondersteun my nog met my werk ook.” Met ses seuns is sy ook gekonfyt in kinderhantering. Die oudste, Zander, is vanjaar in matriek. Dan is daar Aiden (gr 6), Alex (gr 3), Kaleb (gr 1), Junior (2) en Joshua (1). Sy verklaar onomwonde: “Niks gee my meer vreugde as my kinders nie. Mense moet hul kinders geniet – God gee hulle vir ons.” Die laaste woord is oor Jo Dolphin en sy borrel oor met entoesiasme: “God het hierdie pos bevestig vir my in Jeremia 29:11: Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester… om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.”
Nuut:
Denise Amerika saam met pastoor Cecil Errens (links) en Jacques Swarts. “Ek wou eintlik baie graag netbal gespeel het, maar al die spanne by Proteus Sekondêr, in Atlantis waar ek skool gegaan het, was vol. Toe speel ek maar sokker.” Beskeie erken sy dat sy in haar matriekjaar vir die Springbokspan genomineer is. Sy het egter besluit dit is belangriker om haar skoolloopbaan te voltooi. Deesdae, met ‘n huis vol mans, is rugby haar gunsteling-sport. Denise is getroud met Alec Amerika, werksaam by Maatskaplike Dienste. Sy is vol lof vir sy ondersteuning. “Ek kan nie genoeg dankie sê vir 'n man soos hy nie. Hy maak beddens op, help met die huis-
Jeugdag:
Die leerders van St Michaels Primêr op Abbotsdale het Jeugdag vroeg gevier. Die tema van die dag was "Talente van die Jeug" en sersant Denwill Jenner van die Malmesbury Polisiekantoor het die leerders toegespreek oor dwelms. Hier is hy saam met Zoya Simons, Ramondi Bessinger, Bronwin Meyer, Cassidy Carlse, Bernelee Kruger, Zeta Dickson en Hunter Maarman.
HOU JOU GELD BO EN BEHALWE JOU VOLLE POLISWAARDE, BIED AVBOB JOU:
• ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing* • GRATIS vervoer van die oorledene in Suid Afrika*
Dit beteken jy kan jou geld – die volle poliswaarde – spandeer op spesiale ekstras sodat jy jou geliefdes met waardigheid kan afsien.
Hierdie GRATIS begrafnisvoordele* is bo en behalwe jou poliswaarde en spesiale bonusse wat verklaar is.
AVB/152701/3/DC2
Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes:
Piketberg-tak Ben Sass Kerkstraat 49, Piketberg Tel: (022) 913 1315
Vredenburg-tak Anton Wolvaardt Prosesstraat 24, Vredenburg Tel: (022) 713 3020
*Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde verskaffer van Finansiële Dienste. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer. VFD 20656. www.AVBOB.co.za • www.AVBOB.mobi
NUUS • NEWS
courant
17 Junie 2015
dié
4
Die jeug van vandag
Oi, die jeug van vandag darem. Dit is 'n gesegde wat 'n mens nogal redelik gereeld hoor as die jongelinge van die gemeenskap weer iets onhebbelik aangevang het. Die oueres laat sak dan hul kop, wonder wat daar in die toekoms wag en uiter hierdie gesegde. Probleem is net dat daar baie jare gelede dieselfde gesê is van dié wat dit vandag sê. Al wat anders is, is die grense wat verskuif het. Dinge en tye het verander. Die jeug van vandag word aan soveel meer blootgestel as in die dae van ouds. Hulle word met soveel meer harde realiteite gekonfronteer, dat hulle dinge anders sien en anders dink oor dinge. Ja, stoutigheid sal daar altyd wees. Die swartskape ook, maar watter familie of gemeenskap het dan nou nie iemand wat so bietjie dwarstrek nie? Die jeug is die toekoms. Of ons dit nou wil weet of nie. Die jongmense van vandag is môre se leiers en dit is ons as 'n gemeenskap se verantwoordelikheid om hulle op die regte pad te hou. Om hulle te help vorm in die grootmense wat ons nodig het hulle moet wees. Die jeug is soos 'n bolletjie klei. Hulle kan gevorm word, maar met 'n bietjie hulp. Vandag se kinders word anders groot. Die geleenthede vir hulle is legio. Dit maak mens eintlik opgewonde oor die toekoms en wat daar op ons wag, maar dit kan jou ook ietwat bekommerd laat as jy sien hoe sommige nie in die regte hande beland wat hulle kan vorm nie. Ons is die pottebakkers. Hulle is die klei. Ons staan in 'n verantwoordelikheidsposisie om nie net die jeug te ontwikkel nie, maar so ons eie toekoms te beveilig.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Vlug maar Paulus beskryf die inhoud van ‘n huis. Allerhande voorwerpe daarin, sommige van goud, silwer, hout en erdewerk. Sommige van die voorwerpe is tot eer van God en ander is nie. As iemand hom dus hiervan gereinig het, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk. Hy beweeg weg van die beeld van die huis en laat toe dat ons besef ons is die huis wat gereinig moet word, ons liggaam is immers ‘n tempel van die Heilige Gees. Paulus moedig veral die jong mense aan om te vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid, en om te jaag na geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep. Ons vriende het ‘n invloed op ons lewe, maar ons het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor hulle, om die regte invloed op hulle lewe te hê.
Peacemakers:
Die Peasemakers Manskoor op pad Williston toe. Van links: Johannes Adonis, Jan Marang, Petrus Cupido, Abraham Adonis Snr, Jan Geduld, Abraham Adonis Jnr, Marthinus Arendse, Damon van Rhyn (leier), Willem Claassens (voorsitter) en Steven Madjiedt.
Peacemakers sing voort Praat van die Peacemakers Mannekoor van Malmesbury en baie mense se oë blink. Die koor is volgende jaar tien jaar oud en het gegroei in getalle en gewildheid. Die leier, Damon van Rhyn, glo dit was ‘n roeping in sy lewe. Die proses was ook logies; hy het grootgeword in die kerk en met sang. Later word hy jeugleier en toe volg die mannekoor. Damon het in die Agter-Paarl grootgeword. Die meeste van die stigterslede het op plase gebly en aan kore behoort. Mettertyd het hulle almal op Malmesbury geland en hier het Damon hulle bymekaar gemaak. Van die oorspronklike agt lede is vyf nog betrokke. Een, Johannes Papier, is oorlede en nog twee, Ryno Mapikana en Collin Papier, sing nie
meer nie, maar ondersteun die koor oral waar hulle kan. Op die oomblik is daar elf lede. Hulle sing a capella en tree op by enige funksie: van sangaande en verjaarsdae tot begrafnisse en kerkdienste. Hulle is pas terug van ‘n besoek aan Williston en beplan nou aan ‘n toer Namibië toe, “Ons werk hard en elke man sit alles in. God maak dit moontlik.” En daar is natuurlik altyd mense wat agter die skerms werk. Dié keer was dit Elizabeth Claassens, Jana Arendse, Sherelene Kopman, Elsie Claassens, Percy Madjiedt en Peter Arries. Van Rhyn het alle borge en ondersteuners bedank. Kontak Petrus Cupido by 076 411 3122 om die koor te bespreek.
Cruywenweek:
PW Koegelenberg van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is opgeneem in die o.19 Boland Cruywenweekspan wat die naweek aan 'n toernooi op Oudsthoorn deelgeneem het. Martin Dyason, onderwyser van die skool, is die spanbestuurder. Hier is die twee na afloop van die toernooi.
Beurs:
Tonique .......... (middel), saam met Carmen Boks (links) en haar ma, Rachel. Agter is William Samuels en Bernard Venter van PPC. Tonique se studie-nagmerries is iests van die verlede weens 'n beurs wat sy van PPC ontvang het.
Klim saam berg met AGS
Die AGS Corpus Christi op Malmesbury reël weer ‘n bergklimuitstappie op Saterdag 18 Julie. Hulle wil teen Kasteelberg opklim tot by die laer grot en daar ontbyt eet. Dit vind plaas op die plaas Kloovenburg. Pastoor Piet Smit sê dit is nie ‘n uitputtende klim nie. “Ons beweeg langs ‘n stroompie onder bome op en swaai dan teen ‘n roete op langs die krans na ons bestemming. Dis ‘n asemrowende belewenis van ‘n leeftyd! Ons behoort die middag weer by die huis te wees”
Die groep vertrek die Saterdag om 07:30 van die kerk af in Baroccastr 19. Mense moet hul eie ontbyt en een liter water saam neem. Ons het toestemming om ‘n vuur te maak; bring wors saam om by die grot gaar te maak. Trek tekkies of goeie stapskoene aan, ‘n langbroek en moue afgerol vir bosse wat krap, ‘n hoed en sonskerm en genoeg klere, want dis winter. Handskoene is altyd ‘n hulp, asook insekwerende olie of aanspuitmiddel, ‘n kleinerige rugsak en toiletpapier. Navrae: Piet Smit by 073 447 2902.
NUUS • NEWS 17 Junie 2015
Hoede:
Die Aandskemering tehuis vir Bejaardes se inwoners het hul kreatiwiteit afgestof en besluit om te kyk wie die beste en oulikste hoed kon maak. Bo is Lizette Lewis van Malmesbury Pick 'n Pay (borg van die dag) saam met van die inskrywings.
Art in Langebaan Art - ‘Reflect’ is an exhibition of mixed media paintings by artist Lizelle Engelbrecht. The solo exhibition opens on the evenings of Thursday 25th & Friday 26th June 2015, 6 to 8pm. The Art Square studio/gallery @ The Pumpkin House, 54 Park Drive, Langebaan . Exhibition continues until 5 July For more information, contact Hanli: 082 853 8187, arts2gether@gmail.com or www. engelbrecht-fineart.com.
5
NUUS • NEWS
6
17 Junie 2015
Prins kraai koning by Vinpro-dag Donderdag is daar erkenning gegee aan die manne agter die wynmakers. Vinpro het hul jaarlikse Wingerdblokkompetisie vir die Paarl/Swartlandstreek gesê dat ‘n goeie wyn begin met die voorbereiding van die grond en die wingerstok. Ses wingerdboukundiges het ingeskryf en die dag is op Olyfenboom buite Wellington gehou, waar Truter Prins die kitaar slaan. Vinpro poog om rolspelers op die dag byeen te bring, terugvoering aan die produsent te gee en oordrag van tegnologie te vergemaklik. Vanjaar was die tema skaars kultivars vir premium kwaliteit. Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro, was die hoofspreker by die dag en ‘n rooskleurige prentjie geskets, hoewel die uitdagings nie uitbly nie. “Ek is ‘n optimis, daar is altyd hoop. In die landboubedryf weet ons nie altyd die beste pad vorentoe nie en daar is ook nie altyd die leierskap nie. Landbouers het ook nie altyd die tyd
om stil te staan en te besin nie.” Basson sê dit is belangrik dat mense in die wynbedryf moet besef dat die bedryf homself elke 20/30 jaar herskep. Daar moet dus nou aangeplant word vir ‘n mark twee dekades die toekoms in. Hy meen Suid-Afrikaanse wyn se kwaliteit vergelyk goed op die wêreldmark. Hy raak ook baie opgewonde oor wyntoerisme. “Ons het Daar was heelwat belangstelling in Prins se ‘n nuwe strategie vir toerisme en ook vir die binne- wenblok en veral ook die grondbereiding (foto onder).
Wenner:
Truter Prins het eerste plek gewen met sy 7ha Tempranilo. By hom is Hanno van der Westhuizen van Vinpro.
Wenblok:
landse mark, wat eersdaags klaar is. As daar een ding is wat my wawiele laat maak, is dit die binnelandse mark. “Ek dink produksie gaan afneem, maar ek glo verkope gaan op.” Hy sê baie doemprofete glo daar is teveel wyn in die land. “Ek dink nie dit is noodwendig so nie. Ons het nie ‘n krisis wat pryse afdruk nie, en as verkope teen die huidige tendens groei, gaan ons binne ‘n paar jaar met ‘n tekort sit.” Johan Wiese van die Groenberg Kwekery het gesels oor skaars en belowende vultivars gesels. Hy het beklemtoon dat boere moet aanplant vir die toekoms. Hulle moet kultivars kies vir ‘n spesifieke mark en weet wat die pryspunt is, asook of hulle per bottel of grootmaat gaan verkoop. Die produksiegebied bepaal ook die wynstyl en kultivars wat gepas is. Besproeiing en groeikrag is ook deel hiervan. Wiese het wêreldtendense vir die afgelope 20 jaar bespreek. In 1990 was Airen, Garnach tinta, Rhatsitei, Sultanye en Trebbiano Toscana bo aan die witkultivars wat aangeplant is. In 2010 het dit verskuif na Cabernet Sauvignon, Merlot, Airen, Tempranillo en Chardonnay. Nuwe rooikultivars was Grenade noir, Cariguan en Carmenere. “Wat ons vind is dat produsente nie maklik ‘n cultivar aanplant wat jonger as 50 jaar is nie.” In Suid-Afrika is die gewildste rooikultivars
Durif, Marvedre, Tannat en Tempranillo, wat die tweede meeste wêreldwyd aangeplant word. Witkultivar is Verdelho, Vermentio, Macabeu, Petit Meneg, Grenache Blanc en Marsanne. Kruisings is Arinornoa, Marselan en Caladoc . “Daar is belowende 'ander' kultivars, maar almal is noodwendig bemarkbaar nie,” het hy gesê en bygevoeg dat dit belangrik is dat nuwe kultivars aangeplant en geëvalueer word. “Die wynbedryf werk nie vir ons kinders nie.”
Tweede was Toit Wessels van Ridge Back met ‘n blok Vieganier.
Dan Fransman van Val du Charron was derde met sy Mourvedre.
Gesellig: Hanno van der Westhuizen (middel) in gesprek met Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro. Links is Johan Wiese van Groenberg Kwekery.
NUUS • NEWS
7
17 Junie 2015
'Dit gaan goed met die rooivleis' - Dürr Erik Louw (voorsitter Malmesbury Sakekamer), Koot Claassen (voorsitter Malmesbury Landbouvereniging) en sy vrou Tersia by die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering.
'Beskerm mekaar se belange en vat hande' "Ek is 'n boer en ek het 'n passie vir boerdery." Dit was die woorde van Koot Claassen, voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging by die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering verlede Dinsdagaand. Claassen het sy gevoelens oor grondhervorming uitgespreek en gesê dat boere meer as bereid is om met die regering te onderhandel hieroor, maar dat hulle ook hul eie voorwaardes hieroor het. Claassen, wat van Limpopo na die Wes-Kaap verhuis het en hier sy boerdery kom voortsit het, het gesê dat hy juis dit gedoen het weens sy passie vir die landbou. "As daar enige boer is wat in die oggend opstaan en twyfel of hy hier wil wees, moet hy dadelik sy grond verkoop en trek. Ons het mense met ruggraat in hierdie land nodig. Mense wat glo in dit wat hulle doen," het hy gesê. Claassen het ook gesê dat dit nog "goed gaan met Malmesbury en die landbou hier" in vergelyking met ander plekke in die land. "Ons, die boere en sakelui, is hier op mekaar aangewese. Ons moet mekaar help. Ons moet mekaar se hande vat en saam aan ons ekonomie bou. Ons bly in 'n dorp waar ons besighede meestal landbou en landbouverwant is. Ons het mekaar nodig en ons moet mekaar se belange
beskerm." "Ek glo die land sal nog draai. Ek glo dinge sal beter raak," het hy gesê. Claassen het verskeie statistieke genoem. Een hiervan was dat boere in die volgende 50 jaar dieselfde hoeveelheid voedsel moet produseer wat hulle die afgelope 500 geproduseer het. Hy het ook die werkloosheidsyfer aangeraak en gesê dat dit kommerwekkend is. "In die rukkie wat ek nou hier is, het ek agtergekom dat die ruggraat van hierdie dorp en omgewing, die landbou is. Nie net primêre landbou nie, maar landbouverwante besighede ook. As dit nie hier is nie, sal hierdie dorp bitter swaarkry," het hy gesê. Claassen het ook gesê die tyd mag kom dat daar in die toekoms beurt-water kan voorkom en beurt-kos. "Soos wat dit in ander Afrika-lande gaan waar mense toue moet staan vir 'n bietjie kos. Dit is belangrik dat ons waardering moet hê vir die mense wat ons voedsel produseer," het hy gesê. Volgens Claassen is daar 122 miljoen hektaar landbougrond in Suid-Afrika en is dit elke boer se verantwoordelikheid om daagliks 1413 mense van kos te voorsien. Claassen is egter opgewonde en positief oor landbou se toekoms.
Louis Wessels (ondervoorsitter: Wes-Kaap RPO, John Dürr (voorsitter: Wes-Kaap RPO), Kotie van der Berg (afgetrede rooivleisprodusent en spreker tydens die geleentheid) en Wilhelm Theron (burgemeester van Laingsburg en self ook ‘n rooivleisprodusent). Die eerste gedeelte van die jaar 2014/2015 was gekenmerk deur “raak” voorspellings deur verskeie rolspelers in die Rooivleisbedryf, veral wat betref die produsentepryse van skaap- en beesvleis, het John Dürr, voorsitter van die Rooivleis Produsente Vereniging, in sy jaarverslag gesê. “Vir ons in die Wes-Kaap was dit ‘n bonus saam met goeie graanoeste in die saaigebiede. “Die droogte in veral die westelike dele van die RSA en ook Namibië, wat aanvanklik die wyk geneem het, het egter netso weer teruggekeer en tot gevolg gehad dat nood-bemarkings opnuut voortgesit is. Dit het tot wesenlike prysdalings by skaap- en beespryse gely. “Hierdie sogenaamde tweede fase van nood droogte-bemarking, saam met die instel van nuwe dieregesondheids-invoerregulasies vanuit die buurlande, kan in die volgende paar seisoene, as reënval na normaal terugkeer en kuddeopbou begin plaasvind, verdere positiewe veranderings aan plaaslike produsentepryse tot gevolg hê.” Dürr sê die herinstelling van Suid-Afrika se bek-en-klouseer vrye sone status in die eerste kwartaal van 2014 het verder daartoe bygedra dat ons nou weer lewendehawe en rooivleis kan uitvoer. “Veral die stoetveebedryf het ‘n groot hupstoot gekry. Verskeie groot rolspelers in die
Rooivleisbedryf het egter, omdat hulle gedurende die kwarantyn periode hul huiswerk gedoen het, dadelik begin om hul voetwerk agtermekaar te kry, met die gevolg dat hulle nou reeds maandeliks baie groot hoeveelhede beesvleis uitvoer. “Dit het gehelp om veral die prys van A-graad beesvleis in die bogenoemde droogteperiode op hoër vlakke te hou. Ons glo dat hierdie tendens ook in die nabye toekoms by skaapvleis sal plaasvind. “As ons dus kyk hoe die slagsyfer van skaap en lam van Wes-Kaapse abattoirs geleidelik sedert 2008 opgeskuif het tot die huidige 22,7% van die nasionale slagsyfer en ons volgens veegetalle maar slegs ± 10 % van al die skape besit, kan en moet ons met groot vrymoedigheid produksie drasties opstoot, veral as ons nog gaan begin uitvoer ook. “Tans benodig die Wes-Kaapse verbruikers teen 3,3kg/kapita jaarliks ±990 000 karkasse skaap- en lamsvleis en kan ons dus ±256 000 karkasse na ons buurprovinsies uitvoer. “In die geval van beeste, besit die Wes-Kaap ±5 % van die nasionale kudde en slag ons ±6% van die nasionale slagsyfer, met die gevolg dat ons jaarliks ±59% van ons behoefte van 17kg/ kapita, of te wel ± 243 000 karkasse van ander provinsies moet invoer. Ook hier kan produksie met groot vrymoedigheid opgestoot word.”
8
NUUS • NEWS
17 Junie 2015
Dagboek • Calender
Abbotsdale: Die span
Outride 13 June - Darling Swartbergsvlei Outride 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. Piketberg Krieketklub 16 Junie - klub hou sy algemene jaarvergadering Dinsdag 16 Junie om 10:00 by die Tollie Adams Ovaal. Nuwe lede en vroue is baie welkom. Nuts & Bolts Rally 16 Junie – pretrit by die Plaas Tannie buite Moorreesburg. Registrasie begin die oggend om 08:00 en die rit is om 09:00. Kom met jou ou motor, bakkie, 4x4 of enige interessante voertuig. Inskrywings is R200 per voertuig en R100 vir passasiers of toeskouers. Dit sluit ‘n plaasontbyt en die rit in, asook ‘n beesstertpotjie vir middagete. Die opbrengs is ten bate van die Moorreesburg Lionsklub. Bespreking noodsaaklik. Kontak Helena Jordaan by Helena@onbedacht.com of 083 317 5536. Atletiekklub hou jaarvergadering 18 Junie - klub vergader om 18:30 by die Kaap Agri-ledesaal, Malmesbury. Lede en voornemende lede welkom. Piketberg VLV 18 Junie - kunste- en handvlytvergadering om 09:30. Almal is welkom. Navrae by Nicoline Brown, 082 477 0665. Moorreesburg Sakekamer 18 Junie - Ledevergadering is om 18.30 by Moorreesburg Gholfklub. Navrae by Babsie Horn, 082 326 3693 of babsieh@overbergagri.co.za. NG Kerk Darling & Yzerfontein winterbasaar 19 Junie - Darling-kerksaal van 17:00 af en om 18:00 sal die potjiekos bedien word (diakens sal die etekaartjies verkoop). Daar sal gebak wees, pannekoek, stokworsies en `n koeldrank- en lekkergoedtafel. Navrae by kerkkantoor, 022 492 2513 of 022 454 2616. Malmesbury Aglow 20 June - The next meeting of Malmesbury Aglow is on June 20th. At The Rivers of Life Christian Fellowship, 28 Arend St. Wesbank. Starting at 15:00 (3pm). The Aglow Regional Board will be visiting. Everyone welcome. Refreshments will be served. Contact : Elaine Walker 072 590 6636 Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Bootsale/Markdag 27 Junie – Op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Annalize of Hermien by Moorreesburg/ Koringberg Toerisme kantoor vir navrae skakel 022 433 1072.
Hengelkompetisie 27 Junie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Winter Potjiekos 27 Junie - Yzerfontein: kompetisie. Kontak Karin, 022 461 2819.
PPK Bethesda Malmesbury 14 Junie - Past Kobus du Plessis preek om 10:00. Vroue vergader om Dinsdae om 10:00, gemeente-selgroep is Woensdae om 19:30 en Bybelstudie Donderdae 19:30. Evangelisasieveltog: 13-16 Junie - Pastoor Morné du Plessis van Boksburg is die spreker elke aand om 19:00, Sondag om 18:30. Navrae: 083 722 7787. PPK PortervillePorterville 14 Junie - Diens om 10:00 by die tennisklubsaal in Parkstraat. Dynamic Love Fellowship 14 Junie - Diens om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae, 08:00 – 14:00). House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool
Mussies: ..................
Dit en Dat-markie 4 Julie - Yzerfontein: Dit en Dat markie in die Gemeenskapsaal. Van 09:00 tot 15:00. Kontak 084 511 5434. Mega PetEX 1-4 Julie - Nasionale Huis- en Plaas Troeteldier Ekspo; 09:00-17:00; Mega Park, Bredasdorp. Pikkie Louw by 082 566 5880 / pikkie@agrimega.co.za Back to School Dance 10 July - St Michaels & All Angels Church Abbotsdale have a dance in the Malmesbury town hall. School fees – R60. Tickets available from Oran Fund Committee. Contact Mr E Syster at 083 604 2011 for more details. Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www. computicket.com of skakel 0861 915 8000.
Bridge Gatherings
17 July - Piketberg: Bergrivier Canoe Marathon Bridge Gatherings. Piketberg Tourism, 022 913 2063 www.piketbergtourism.co.za.
Nataniël sing vir Badisa Die bekende sanger en kunstenaar Nataniël en pianis Charl du Plessis tree eersdaags op Riebeek-Kasteel op ten bate van Badisa RiebeekWes. Die konsert is op Saterdag 17 Oktober en begin om 19:00 in die NGK-saal op Riebeek-Kasteel. Badisa Riebeek-Wes lewer professionele maatskaplike dienste op verskeie gebiede soos kin-
derbeskerming, jeugontwikkeling, gesinsorg, middelafhanklikheid en armoedeverligting bied aan Kaartjies is R200 per pesoon (geen kinders onder 15 toegelaat). CD’s, boeke en produkte van die Kaalkop-reeks sal te koop wees. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
Darling Xmas in July
18-19 July - Xmas in July @ Evita se Perron 022 492 3930 www.evita.co.za.
Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-epos word vir plasing.
Bergrivier Winterkarnaval
19 Julie: Velddrif - Bergrivier WinterkKarnaval. 022 783 1821 Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.
Tip of Africa Perde Uithourit
24-25 Julie - Internasionale Perde Uithourit (160km, 120km, 80km, 60km, 40km - beginners); 07:00-16:00; Mega Park, Bredasdorp.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 21 Junie - Oggenddiens om 09:30 (Vadersdagdiens) en die aand om 18:00 (gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902.
van Abbotsdale rugbyklub het Saterdag in hul kragmeting teen Saldanha as die oorwinnaars uit die stryd getree met 'n telling van 11-10. Foto: David Howburgh
Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Shofar Malmesbury 14 Junie om 09:30 by Hoërskool Swartland se saal. Kontak die kantoor vir meer inligting by 022 482 4640.
Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277 1439. Ander navrae: pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00; home cells Wednesday 19:00. Church at 28 Arend Street, Wesbank. Service in English. Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:15 Sunday School; Tuesdayevening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other inquiries: Rev John Beck at 022 482 3623.
Mode vir fondse:
Die sustersvereniging van die AGS Corpus Christ Malmesbury het ‘n fondsinsameling met ‘n deftige tee en ‘n modeparade is deur plaaslike “modelle” gedoen. ier is ‘n groep van die gaste, Ronel Parsons, Zelda Roberts, Mabel Davis, Leoni Gray, Wilma Ravens, Mia du Toit, Katrina Mouton, Dehlia Leander, Ursula Haker en Susan Smit. Voor sit Liesel Engelbrecht en Magrieta van Rooyen.
NUUS • NEWS
9
17 Junie 2015
Omgewing:
Searge Phillips in sy groentetuin op Abbotsdale waar hy groot drome droom vir dié gemeenskap.
Omgee: Wêreld Omgewingsdag is Vrydag by Adam en Renee Jacobs op Chatsworth gevier. Daar is gesels oor die omgewing en hoe om dit te bewaar. Hier is (van links) Adan Jacobs, Rabia Wepenaar, Ralph Burger, Patricia Solomons, Reeva Mathese, Shau-Aid Adams en Kariena Alexander. Foto: Derrick Young
Searge droom groot vir Abbotsdale met groente Dit gaan lankal nie meer oor ‘n stryd vir vryheid van rassisme of apartheid nie, sê Searge Phillips van Abbotsdale, ‘n jong man met groot planne. “Ek glo ons stryd is baie groter. Ons baklei om die wonde van segregasie en ongelykheid te heel, wonde in die vorm van agtergeblewe gemeenskappe.” Hy het met dié courant gesels oor sy drome en ideale vir sy geliefde Abbotsdale en sommer vir die hele lang. “Ek het nooit gedink dat pogings om agtergeblewe gemeenskappe te ontwikkel en te rehabiliteer my lewenspassie sou word nie. Ek moet al die glorie en eer aan God gee wat my op dié pad gesit het en my voortdurend voorberei, toerus en my die hoop en drome van ‘n blink toekoms vol moontlikhede gee. Searge se ongelooflike reis het vroeg in 2012 begin toe hy ‘n groep mans ontmoet het wat later sy mentors en raadgewers geword het oor die ontwikkeling van die gemeenskap. “Met navorsing het ons ontdek dat Abbotsdale groot ontwikkelingsmoontlikhede deur landbou het. Met dit ingedagte het ons tuinbouprojekte begin gegrond op ‘n metode genaamd Farming God’s Way. “Die afgelope paar jaar het ons verskeie werkwinkels en ander opleiding aangebied en ‘n hele paar groentetuine begin. “Ons suksesse het gelei tot markdae, jeugprojekte en ‘n vereniging vir vrywilligers uit die gemeenskap.” Searge het aan dié courant vertel dat sy betrokkenheid in hierdie projekte sy passie vir gemeenskapsontwikkeling aangewakker het. Hy is ook genooi om ‘n hele paar werkwinkels en ander opleiding oor landbou, sakebestuur en gemeenskapsontwikkeling by te woon. “Vrywillige werk en die tyd wat in agtergeblewe gebiede bestee het, het my oë oopgemaak
vir die grootste probleem van ons land op dié tydstip: ons is nie meer in ‘n stryd vir Vryheid van rassisme of apartheid nie, ek glo ons stryd is baie groter. Ons baklei om die wonde van segregasie en ongelykheid te heel, wonde in die vorm van agtergeblewe gemeenskappe. “Dit is in hierdie gemeenskappe wat infeksies in die vorm van armoede, werkloosheid, misdaad, geld, vandalisme, dwelmmisbruik, vroueen kindermishandeling, bendes, gewelddadige protes en selfs xenophobia gedy. As dit nie vinnig aangespreek word nie, sal dit uiteindelik ons geliefde land kan skaad. “My verbeelding is aangegryp, ek het die probleem verstaan en begin dink aan oplossings. Deur genade en leiding van Bo het ek ‘n resep ontwikkel vir die volhoubare ontwikkeling van agtergeblewe gemeenskappe. “Die volgende stap was ‘n nie-wins maatskappy en so registreer ek die Ezekiel 36 stigting. Dit kom van Esegiël 36: 26-30 wat handel oorGoddelike transformasie en die rehabilitasie van ‘n sedelose volk en land. “Met hierdie stigting wil ek agtergeblewe landelike gemeenskappe help transformeer tot welvarende, gebalanseerde omgewings. En dit alles wil ek in my eie gemeenskap, Abbotsdale, begin.” Searge wil vanjaar begin om 10 hektaar grond te bewerk. Die wins sal alles in die volhoubare ontwikkeling van Abbotsdale teruggeploeg word. Hy wil die grond vir ‘n minimum van tien jaar van die munisipaliteit huur. Sy aansoek word nou hanteer. “Almal kyk na die regering vir hulp. Ek glo dit is elke burger se plig om verandering teweeg te bring. As ons almal soek na oplossings, kan ons hierdie land verander tot almal se voordeel.”
Truie: Ruan van Papendorp (fabrieksbestuurder) saam met Moos Jacobs van Wesbank Rugbyklub met die nuwe truie van die derdespan, geborg deur Okin. Moos Jacobs bedank die span van Okin vir die borgskap.
10
NUUS • NEWS
17 Junie 2015
NUUS • NEWS
11
17 Junie 2015 Betrekking Vacancy
Be your own Boss ! – Reps needed for AVON, Northern Suburbs, Swartland and Winelands. No Experience Needed – Full training available. Contact Johan 074 061 3593 / Etoschia 079 539 5510 #2088/1
------------------------BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call RonĂŠl Simon (071 361 7670
Besoek www. melieta’skitchen. co.za. #205832 ------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel. 071 953 1292 / 082 573 1589 #2098
Gelukwensing Congrats Raai, raai wie word 21?
Veels geluk met jou mondigwording op 18 Junie 2015. God is jou anker. Geniet jou dag! Van : Jou ma, Sean-Lee, Les, Judene, Divan, Anthea en kinders, Chris en Agnetha en kinders
------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete� mure. Kontak ons vir gratis kwotasies – 083 321 9357
Gesoek Wanted
------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Souten soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en kosse vir enige geleentheid.
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
#2091/2
#2080
Te Huur To Let Een slaapkamer woonstel met en suite badkamer. Oopplan kombuis en leefarea. Ekstra badkamer met stort. Onderdak-parkering. Âą6 km op plaas buite Malmesbury. Prys : R3500,00 per maand. Beskikbaar 1 Julie 2015. Skakel 073 186 7947
Te Koop For Sale
Dienste Services
#2093
LANDBOUSTUDENT op soek na vakansiewerk Jun/Jul vakansie. Beskik oor bestuurderslisensie. Kontak 083 455 1046
#2103
#2012/10
Counselling Psychologist available in Malmesbury. Specialist in depression, trauma and sexual health Contact Lily Visser 072 930 7656 /email: leanne.visser@ hotmail.co.za
Opsoek Looking For
#2104
Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422
IMPORTANT NOTICE
#2072/5
FORM 5
Voertuie Vehicles ÂŹDADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. #2006/7
-------------------------
NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 [Reg. 10(1)] Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor $XWKRULW\ WKH $XWKRULW\ DQG ZLWK WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHUV DW WKH LQGLFDWHG 6RXWK $IULFDQ 3ROLFH 6HUYLFHV RI´FHV The applications concerned may, up to and including the 28th day from date of this notice, upon request and free of FKDUJH EH LQVSHFWHG E\ DQ\ SHUVRQ DW WKH RI´FHV RI WKH $XWKRULW\ RU WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU OLVWHG KHUHXQGHU Copies of the application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. 5HSUHVHQWDWLRQV PXVW EH ORGJHG LQ ZULWLQJ ZLWK WKH $XWKRULW\ DQG WKH GHVLJQDWHG OLTXRU RI´FHU LQ DFFRUGDQFH ZLWK section 39 of the Act.
VORM 5
KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008
#2005/10
[Reg. 10(1)] Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide Suid-Afrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van hierdie kennisgewing, op versoek en gratis, deur enige persoon, by die kantore van die Owerheid of van die aangewese drankbeampte hieronder gelys, geĂŻnspekteer word. Afskrifte van die aansoek kan by die Owerheid na betaling van die voorgeskrewe fooi verkry word. VertoĂŤ moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.
IFOMU 5
ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO 2008 ISAZISO [Reg. 10(1)] Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-oďŹ si ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wesi saziso, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-OďŹ si esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Iingxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho. Full name of applicant
Name under which business will be conducted
Address of the proposed premises
Kind of licence applied for
South African Police Services designated liquor officer office where the application has been lodged
Volle naam van aansoeker
Naam waaronder die besigheid bedryf sal word
Adres van voorgenome perseel
Tipe lisensie waarom aansoek gedoen word
Suid-Afrikaanse Polisiedienskantoor van die aangewese drankbeampte waar die aansoek ingedien is
Igama elipheleleyo lomfaki-sicelo
Igama ishishini eza kushishina phantsi kwalo
Idilesi yesakhiwo
Uhlobo lwephepha mvume olucelayo
i-OďŹ si yeGosa elijongene nemiba engotywala yeeNkonzo zamaPolisa eMzantsi Afrika apho isicelo sifakwe khona
1.
Fairwinds Investments CC
The Observatory Cellar
Remainder Portion 5 (A portion of Portion 2) of Farm 834, Boschgaasfontein Farm, Paardeberg Road, Paardeberg, Malmesbury
Micromanufacture (On & offconsumption)
Malmesbury
2.
Org de Rac Landgoed (Pty) Ltd
Org De Rac Domain
Portion 27 of farm Rietfontein, No. 184, Org de Rac Domain, Piketberg
On & offconsumption
Piketberg
No.
12333M/A/COUR
courant
NUUS • NEWS
17 Junie 2015
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
17 Junie 2015
Sportuitslae Sports results Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner 05 Junie Enkel Stableford Joe Josephs 20, Sakkie Klasen 19, Marcelle Prinsloo 18, Paul Prinsloo 18, Percy de Leeuw 18, Jacobus Snyders 17, Kwas du Toit 17, Gawie Lambrechts 17. Saterdag 06 Junie - Enkel Stableford Marthele Neethling 38, Wynand van Niekerk 37, Steyn Neethling 37, G Saayman 36, Adriaan Louw 35, Jan Potgieter 35, Fritz de Beer 34, Christo Koch 34.
Curriebeker:
Dié gewilde rugbykompetisie het Saterdag op Malmesbury afgeskop toe die Kavaliers die Griffons die stryd op die Bloues se sporgronde aangesê het. Die Kavaliers het met 32-22 geseëvier. Christiaan Rust, oorspronklik van Malmesbury, het vir die Kavaliers uitgedraf en Stephan Geldenhuys (heelregs), ook van Malmesbury, was die skeidsregter.
Swartwes Rugby Moorreesburg 30 - Never Despair 41 Wesbank 48 - Abbotsdale 25 Saldanha 13 - Vredenburg 0 Velddrif 36 - Mamre 3 Darling 29 - Hopefield 12 Piketberg 28 - St Helenabaai 29 Logs 1. Wesbank 31 (155) 7 games 2. St Helena 30 (11) 8 games 3. Saldanha 28 (163) 7 games 4. Never Despair 28 (49) 7 games 5. Darling 22 (41) 8 games 6. Anbotsdale 22 (8) 8 games 7. Vredenburg 20 (4) 8 games 8. Moorreesburg 19 (-38) 8 games 9. Veldrif 16 (21) 8 games 10. Hopefield 8 (-101) 8 games 11. Piketberg 6 (-136) 8 games 12. Mamre 3 (-145) 8 games.
• GROOT UITDAAG BELOOF GROOT AKSIE
Tweede rondte skop af
Hier is Julie se rooster (tuisspanne eerste): 11 Julie: Grootuitdaag - Swartweskus-afdeling: Never Despair/Mamre, Piketberg/Saldanha, Moorreesburg /Vredenburg, Darling/Abbotsdale, St Helena/Hopefield, Velddrif/Wesbank. Streekuitdaag – Sentraal: Die Dorings/ Voorberg, Dennegeur/ Good Hopes, Malmesbury/ Saron, Riebeek United/ Villagers N, Porterville/ Young Blues. Streekuitdaag – Swartweskus: Red Stars / Langebaan, Zebras/Coronations, Young Eagles Dassenberg/ Young Hearts, Paternoster/Goedverwacht, Universals/Villagers Wittewater.
Gemeenskapskild – Sentraal: Soetendal/ Adelaars, Temperance/Evergreen W’ton, Young Super Stars/Mbekweni, Young Stars/Wamakersvallei, All Stars/United Stones. Gemeenskapskild – Swartweskus: M Stars/ White Spirit, Windriders/Koringberg, Flying Eagles/Young Tigers, Broodkraal (los), Saldanha Tigers (los). 18 Julie: Kavaliers en die Leopards pak mekaar op Potchefstroom. Grootuitdaag: Wesbank /Piketberg, Saldanha/ Moorreesburg, Vredenburg/ Darling, Abbotsdale/ St Helena, Hopefield/ Mamre , Velddrif /Never Despair. Streekuitdaag - Sentraal: Saron /Riebeek United, Good Hopes/Malmesbury, Voorberg/ Dennegeur, Villagers Newton/Young Blues, Porterville/ Die Dorings. Streekuitdaag – Swartweskus: spanne het ‘n loslootjie. Gemeenskapskild – Sentraal: United Stones/ Soetendal, Mbekweni/Young Stars, Evergreen W’ton/Young Super Stars, Adelaars/Temperance.
Gemeenskapskild – Swartweskus: spanne het ‘n loslootjie. 25 Julie: Grootuitdaag: Moorreesburg/Wesbank, Darling/Saldanha, St Helena/Vredenburg, Mamre/ Abbotsdale, Never Despair/Hopefield, Piketberg/Velddrif. Streekuitdaag - Sentraal: Dennegeur/ Porterville, Malmesbury/Voorberg, Young Blues/Die Dorings, Villagers Newton/Saron (los), Riebeeck United/Good Hopes (los). Streekuitdaag – Swartweskus: Young Eagles Dassenberg/Langebaan, Paternoster/Coronations, Universals/Young Hearts, Villagers Wittewater/Goedverwacht, Red Stars/Zebras. Gemeenskapskild – Sentraal: Young Super Stars/Adelaars, Young Stars/Evergreen W’ton, All Stars/Mbekweni, United Stones/Wamakers, Temperance/Soetendal. Gemeenskapskild – Swartweskus: Flying Eagles/Koringberg, Broodkraal/Saldanha Tigers, Windriders/Morning Stars, Young Tigers (los), White Spirit (los).
R
REFRESHINGLY
GOOD PRICES
R
R
189 Bain’s Whisky 750ml
109
44
Hunter’s Extreme 4 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles
Richelieu Brandy 750ml
R
55
85
264
R
R
4th Street Sweet White or Rosé 3 Litre Each
Gordon’s Gin 750ml
R
89
Olof Bergh Brandy 750ml
PRICES VALID 18 - 21 JUNE 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
Amarula Cream Liqueur 750ml
99
90
Hunter’s Extreme 24 x 440ml Cans or Non-returnable Bottles
Obikwa Wine Assorted 750ml Each
25
Out of cash?
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
90 Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.
1193896_100 x 260
Die tweede rondte van Boland Rugby-Unie se Grootuitdaag-kompetisie begin in Julie met twee wedstryde van die Kavaliers. Op 3 Julie speel hulle op George teen SWD en op 11 Julie pak hulle die Valke in ‘n tuiswedstryd. Die klubwedstryde begin dieselfde naweek. Die plaaslike spanne neem in drie afdeling deel: (Grootuitdaag, Streekuitdaag en Gemeenskapskild)