Die courant 18 feb 2015 308

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland

dié

1

18 Februarie 2015

Uitgawe 308

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Ekspo: Die tweede Kyknet Buite-

ekspo is die naweek op die Môresonplaas buite Malmesbury gehou en het meer voete as verlede jaar getrek. Daar is gekook, gedans en gekuier dat die biesies bewe. Planne vir 2016 se ekspo is reeds besig om te broei en beloof om nog meer te bied vir ekspogangers. Bekendes soos Nadia Beukes, Neels van Jaarsveld, Manie Jackson en David Fourie het saam gekuier.

• hersonering van 1ste fases goedgekeur

Ja vir sentrumplanne

Die burgemeesterskomitee van die Swartland Munisipaliteit het verlede week goedkeuring verleen vir die hersonering van die grond wat nodig is vir fases 1 en 2 van die beoogde streekwinkelsentrum by die noordelike (Moorreesburg) ingang van Malmesbury. Daar word reeds vir bykans 10 jaar berig oor die koms van dié sentrum. Die aansoek is namens die ontwikkelaar, Kingsgate Holdings PTY Ltd (Gerry Rehrl), ingedien en behels gekonsolideerde gedeeltes van die restant plaas Tweefontein (9,67ha), asook erf 2654 (10,3 ha), erf 9215 (1,2ha) en ‘n gedeelte van erf 327 (2,5ha). Die aanvanklike aansoek is reeds in 2008 ingedien en in Mei 2013 het die Departement van Omgewingsake, ná 'n appèlproses, omgewingsgoedkeuring vir die ontwikkeling uitgereik. Die eiendom huisves op die oomblik onder

meer wingerde, die Malmesbury skouterrein, die Christelike Privaatskool, ‘n reservoir en ‘n elektriese substasie. Die persele word hersoneer van landbousone, oopruimtesone 2, gemeenskapsone 1, vervoersone 2 en owerheidsone 1 na die volgende grondgebruike: paaie, algemene oop ruimtes en algemene sakesone. Laasgenoemde sluit in: sakeperseel, woonstelle, kantore, kantoorpark, restaurant, diensbedryf en openbare parkering. ‘n Verdere aansoek was dat die eiendomme in twaalf gedeeltes onderverdeel word wat wissel van 10,23ha tot 9,67ha. Dit is ook goedgekeur, op sekere voorwaardes. Hieronder is dat die munisipaliteit die betrokke gedeelte van erf 327 teen markwaarde aan die eienaar/ontwikkelaar sal verkoop nadat die

ontwikkelaar bewys van eienaarskap voorlê van die ander eiendomme ter sprake; Die ontwikkeling word vir 5 fases beplan: Fase 1 (10,84ha) – Streekwinkelsentrum (32 400m²), parkering (1232) en oopruimte; Fase 2 (3,55ha) – Uitbreiding van die sentrum op markaanvraag (18 000m²) en parkering (800); Fase 3 (2,24ha) – Leefstylsentrum (7640 m²) en parkering (303); Fases 4 (5,65ha) en 5 (1,05ha) – Gemengde kommersiële-, kantoor- en woonstel-gebruike en parkering na gelang van markaanvraag. Burgemeester Tijmen van Essen het gesê daar is die vraag gevra of twee groot winkelsentrums op Malmesbury haalbaar is. “Markkragte bepaal behoefte. "Die raad wil nie in die pad van ontwikkeling staan nie, daarom het ons die hersonering nou goedgekeur."

NUUS • NEWS

18 Februarie 2015


NUUS • NEWS

2

18 Februarie 2015

(fiets)Wiele rol al vir Ekspo 2016 ná nóg 'n sukses

Memorandum:

Joggie Scholtz, munisi-pale bestuurder van Swartland Munisipaliteit en me Joyce Gozo, streekverteenwoordiger van Unisa, onderteken die Memorandum van Ooreenkoms.

Boekebus: Die mobiele Die ratte van die 2015 kykNET buite-ekspo op Môreson buite Malmesbury het skaars tot stilstand geknars, of die wiele het reeds begin rol met groot planne vir 2016. Voorlopige skattings dui daarop dat daar van Vrydag tot Sondag 2500 meer besoekers deur die hekke beweeg het as die 11500 van verlede jaar se ekspo op dieselfde terrein. "Omdat Computicket se kaartjieverkope op die terrein nie aanlyn gedoen is nie, verwag ek die finale syfers so binne die volgende week," het hooforganiseerder Marius Opperman gesê. "Beslis suksesvol. Ons het Vrydag heelwat meer pensioenarisse en skoliere gehad omdat hulle toegang gratis was. Saterdag moes ons, met 'n reeds vergrote parkeerarea, nog planne maak om meer voertuie te akkommodeer." Intussen is die gesprekke reeds aan die gang vir 2016. Opperman wou nie die aap uit die mou laat oor al sy planne nie, maar het oor 'n paar met dié courant gesels. Daar sal, saam met die bestaande aktiwiteite, ook groot klem gelê word op fietse - bergfietse, motorfietse en vierwielers ("quads"). "Behalwe dat ons die rally-aksie na binne wil skuif om die geraas en aksie nader te bring, gaan ons 'n baan bou vir quads en 'n Quad Challenge aanbied. Ons gaan ook 'n spesiale baan vir motorfietse bou waar motorfietsgeesdriftiges self kan kom ry en ook moontlik demonstrasies en opleiding deur BMW. "Vir die die bergfietsryers beplan ons 'n nom-

merpas-roete op omliggende plase," het Opperman gesê. "Die groot blootstelling wat die ekspo op veral kykNET kry met lugtyd op Jukebox, Fiesta asook e-TV is die grootste bydraer tot ons sukses. "Ook die betrokkenheid van Olof Bergh en Savanna en hul oop hand om produkte weg te gee vir bemarking, het gehelp dat ons die profiel van kunstenaars vanjaar kon lig," het Opperman gesê. "Ek moet egter noem dat die betrokkenheid van kleiner rolspelers ook van uiterste belang is om die ekspo te maak werk." Opperman het by die opening van die ekspo Vrydagaand gesê hy gaan weer dié courant en susterspublikasie de moZáik uitsonder vir die enorme rol wat hulle speel om die mense van die Swartland en Weskus bewus te maak en aan te moedig om die ekspo by te woon. Opperman het ook die ander groot borge uit die streek, waaronder die Swartland Munisipaliteit, Kaap Agri, Swartland Toerisme, Malmesbury Toyota, Môreson Plaas en Rola Volkswagen Malmesbury bedank. Hy het gister aan dié courant gesê: "Nadia Beukes (van Boer Soek 'n Vrou-faam) was baie beïndruk met die gehalte van die de moZáik-tydskrif, juis ook omdat só 'n kwaliteitproduk gratis versprei kan word deur 'n onafhanklike onderneming." *de moZáik is 'n susterspublikasie van dié courant en verskyn elke 2 maande.

biblioteek voor die Malmesbury biblioteek.Van links staan Michelle Arendse (Malmesbury biblioteek), Geraldine Cele (Unisa biblioteekdienste), Ilse Loock (bestuurder: openbare betrekkinge/ direktoraat korporatiewe dienste Munisipaliteit) en Talita Viola (Malmesbury biblioteek).

• Unisa in Swartland

Helpende hand vir studente

Studente van Unisa, waarvan daar sowat 400 in die Swartland is, het ‘n welkome meevallertjie gekry. Swartland Munisipaliteit en Unisa het pas ‘n drie jaar-ooreenkoms gesluit waarvolgens Unisa se mobiele biblioteek een keer per maand Malmesbury sal besoek. Opvoeding is kennis en dit is veral belangrik in die geval van studente: die leiers van môre. Só het Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, gesê by die bekendstelling van die diens by die Malmesbury biblioteek. “Ons betrokkenheid is ons toewyding aan ons land,” het hy bygevoeg.

Joyce Gozo, Unisa se streekverteenwoordiger, het gesê baie van hulle studente het ernstige uitdagings - onder meer ruimte om te studeer. Hier kan die ooreenkoms met die munisipaliteit van groot hulp wees. Maandag se ooreenkoms is die tweede in die Swartland. Die Unisa-bus besoek Moorreesburg reeds sedert 2013 en Ilse Loock, bestuurder: openbare betrekkinge by die munisipaliteit, het gesê hulle sal graag die diens wil uitbrei na die ander biblioteke. Unisa gaan opleiding aan die plaaslike biblioteek-personeel verskaf om hulle by te staan met die diens.


NUUS • NEWS

3

18 Februarie 2015

• opgradering van R78 miljoen gedoen

Dubbel wisselaar vir N7 gebou

Dié opgraderings is deel van fase 3 van die totale beplande opgradering van dié pad wat Suid-Afrika aan Namibië verbind. Dit behels dat ‘n nuwe wisselaar vir die invloei en uitvloei van verkeer vanaf Malmesbury deur Darlingweg na die N7 sal vergemaklik en beveilig met nuwe voetgangerkruisings. Fase 3 word in drie fases voltooi: Fase 3.1: Malmesbury Suid - Die N7 net noord van Abbotsdale tot by die Darlingpadwisselaar word in dié fase aangespreek. Dit sluit die verdubbeling van die N7-brug booor die Malmesbury/Darlingpad, Darlingpad-wisselaar in, asook veiliger voetganger-kruisings (soos ‘n moontlike brug bo-oor die N7) tussen Malmesbury-dorp en Malmesbury-Wes. Fase 3.2: Malmesbury-Noord: Van die Darlingpadwisselaar tot by die Hopefield-aansluiting sal in dié fase gedoen word. Fase 3.3: Die laaste fase is van Leliefonteinplaas tot net noord van die Abbotsdale-aan-sluiting. Hierdie fase sluit die volgende toegangspaaie in: Tierfontein, Skaapkraal, Hillcrest, Leliefontein-kleinhoewes en plase oos van die N7, asook Abbotsdale en Abbotsdale-Wes.

Om aan ’n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ’n FAMILIE te behoort. In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope sewe jaar het AVBOB meer as R 4,0 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde begrafnisvoordele* sluit in: • ‘n GRATIS basiese begrafnis of verassing • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika

Hoekom? Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd. Praat met jou plaaslike verteenwoordiger in verband met al jou begrafnisversekering en begrafnisbehoeftes: Piketberg-tak Vredenburg-tak Ben Sass Anton Wolvaardt Kerkstraat 49, Piketberg Hv Koster- en Prosesstraat, Vredenburg Tel: (022) 913 1315 Tel: (022) 713 3020 *Terme en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. VFD 20656. *Begrafnisvoordele vir polishouers is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem. AVBOB is ‘n vlak 2 SEB bydraer.

DIE COURANT 2014

Die Swartland Munisipaliteit se burgemeesterskomitee het verlede week volmag aan die munisipale bestuurder gegee om die ooreenkoms vir die opgradering van die N7/Bokomoweg/Darlingweg met SANRAL (SA Nasionale Padagentskap) te onderteken. Die opgradering en verdubbeling van die wisselaar na die dorp gaan sowat R78 638 000 beloop. Ná verwagting sal die kontrakteur binne ‘n maand op terrein wees. SANRAL het reeds ‘n tender aanvaar. Steph Bredenhann van die NRA het bevestig dat hulle binne die volgende twee weke met die nuutaangestelde kontrakteur sal vergader. Die uitgawes vir die konstruksie sal op ‘n 50/50-grondslag deur SANRAL en die Swartland Munisipaliteit gedeel word. Die munisipaliteit het aangedring om eers skriftelike bevestiging van die provinsiale departement van publieke werke en vervoer te ontvang dat hulle die munisipaliteit se 50% sal rugsteun met ‘n finansiële bydrae van 80% van gelde waarvoor hulle aanspreeklik is. Dié bevestiging is verlede Woensdag van die departement ontvang.


NUUS • NEWS

courant

18 Februarie 2015

dié

4

Die vooruitgang van geskiedenis

Vooruitgang is seker 'n goeie ding. Om te stagneer in die ou bekende is nou wel 'n veilige hawe, maar daar is geen ruimte vir groei of verbeter nie. Soms sit en wonder 'n mens of dit regtig ten goede is dat dinge soms verander. Ons is almal tog bewus van die slagspreuk "as dit nie gebreek is nie, moet dit nie regmaak nie". Vir 'n dorp om vooruit te gaan, om te groei en ekonomies sterk te raak, is daar vernuwing nodig. Maar... Vernuwing ten koste van 'n geskiedkundige instelling? Is dit werklik nodig? Regverdig die dorp en sy mense die nuutjie? Malmesbury is besig om te groei. Om te ontplof van moontlikhede. Die plattelandse lewe, maar tog nie ver van die bedrywige stad nie. Eintlik die ideaal. Met die opgradering van die N7 is dit net nog soveel makliker om vinnig in jou motor te spring en stad toe te rits. Ons raak al hoe meer verbind aan die stad. Dit kom al hoe nader. Sal ons steeds ons identiteit kan behou as plattelandse dorp met plattelandse waardes? En wat is ons identiteit? Wat maak ons Swartlanders? Wat is uniek en eie aan ons dat dit bo die res uitstaan? Waarvoor is ons bekend? Wie is ons nou eintlik? Om getrou aan jouself en jou identiteit te bly in die wêreld van ontwikkeling en vooruitgang, is dit van kardinale belang om te weet wie jy is, sodat jy dit nie kan vergeet nie. Nie kan verloor wie en wat ons werklik is nie.

From the sky: Mother City SkyDiving, Cape

Town’s new drop zone, opened on the weekend with tandem skydives as part of the AMG Extreme Experience. The drop zone is 12 km north of Malmesbury at Diepkloof Airfield. Bookings are essential, check their website for more information www.MotherCitySkyDiving.co.za. Right: Drop Zone Safety Officer Fred Potgieter, Camera Flyer Karen Potgieter, Tandem Instructor Erik Vliegenthart and Drop Zone Operator Mike Rumble.

Nuwe bestuur: Die DA-Wesstreek se nuwe bestuur

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Words of Grace

II Peter 1:2-6a “...But also for this very reason, giving all diligence, add to your faith virtue, to virtue knowledge, to knowledge self-control, to selfcontrol perseverance….” Perseverance is the steadfast determination to react to the pressures, pains and duties of life in ways that embrace trusting in God. The Old Testament tells us of the Patriarch of faith, Job. Within one suffocating span of time, Job lost nearly all that he held dear! “Job arose, tore his robe, and shaved his head; and he fell to the ground and worshiped. And he said: ‘The Lord gave, and the LORD has taken away; Blessed be the name of the LORD.’ In all this Job did not sin nor charge God with wrong.” Job was so covered with boils that his astonished friends, who came from afar to comfort him, were speechless for a week! So great was his pain that he cursed the day that he was born! The rest of the book consists of his friends accusing him of sin, his wife telling him to “curse God and die.” No one is immune to doubt and discouragement when dealing with a crisis. We must, however, refuse to become derailed or destroyed by circumstances that we see as our problem to endure, or to escape and not as God’s providence to embrace. Recall Peter’s words before instructing believers to add perseverance to their faith—“Grace and peace be multiplied to you in the knowledge of God and of Jesus our Lord.”4 Peter wrote this knowing that his martyrdom loomed ahead! We cannot always understand what God is doing, but, like Peter, we can trust Him for Who He is — He is GOD.

Fraai: Hierdie nooientjies van OJ Erasmus

Primêr op Kalbaskraal was die wenners in die Mej Valentyn-kompetisie. Die wenner (middel) was Millodine Blaauw. Tweede was Elvira Lewis (regs) en derde Venicia Afrikaner.

bestaan uit: Harold Cleophas (ondervoorsitter): Swartland raadslid Wyk 5 en burgemeester Weskus Distriksmunisipaliteit. Ondervoorsitter: Conrad Poole: onder-burgemeester Drakenstein Munisipaliteit. Voorsitter Erik Marais: LP Nasionale Parlement en verteenwoordig Saldanha baai en Drakenstein. Ondervoorsitter: Clara Meyer: Speaker Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit. Agter is Tijmen van Essen: addisionele lid, burgemeester Swartland. Anton Bredell: Minister en voorsitter van die Wes-Kaap DA. Gert Combrink (tesourier): raadslid Drakenstein. Antoinette Steyn (sekretaresse): burgemeester Breede Vallei. Albertus Buckle: adddisionele lid: raadslid Drakenstein. Chris Hunsinger: addisionele lid: LP Nasionale Parlement en verteenwoordig Matzikama. Nicholas Fischer: addisionele lid: DA-lid Drakenstein was afwesig.

Musikale Fantasie: Die Groovy Girls van Malmesbury nooi mense na 'n Musikale Fantasie op Dinsdag 3 Maart en Donderdag 5 Maart om 18:30 vir 19:00. Dit is 'n heerlike, uurlange musikale reis deur hul repertoire van ligte klassieke musiek en gewilde Jazz-items. Dit word aangebied by Skemerstraat 20 en is ten bate van die ACVV en Aandskemering ouetehuis. Kaartjies teen R50 by Kontreispens asook lede van die groep. Kontak Carina Zöllner by 083 560 9849 / carina.zollner@vodamail. co.za of Bianca Turner by 081 271 2150. Die lede is (agter): Hanneline Mostert, Carolie Strydom, Carina Zöllner, Karin Steyl en Sunet de JonghVoor: Sunette Botha en Bianca Turner.


NUUS • NEWS

5

18 Februarie 2015

Beste reservis:

Konstabel Denzill Tippens, reservis by die Malmesbury Polisie-kantoor, is by die Drakenstein Gevangenis aangewys as die top-reservis. Hy het sy trofee van luitenant-generaal Sharon Jeftha ontvang vir sy toewyding en bereidwilligheid. Bo is kaptein Johan Marais, brigadier Aneeqah Jordaan (Paarl Cluster-hoof), konstabel Tippens, generaal Sharon Jeftha and kolonel Niels Nilsson (bevelvoerder Malmesbury Polisiekantoor).

• opvoeding belangrik

Forum wil voortbou Forum:

Só lyk die nuwe bestuur van die Swartland Drankforum. Voor is adjudant-offisier Pierre Burger (SAPD), Morris Uberstein (voorsitter) en Henfré Brand (ondervoorsitter en sekretaris). Agter is Adriaan Truter en John Smith. Ek glo aan verantwoordelike handel, asook die opvoeding van ons lede en die publiek. Só het Morris Uberstein by die jaarvergadering van die Swartland Drankforum gesê. “Ek glo in eenheid om ons doelwitte te bereik, ek glo in die forum, dat ons ‘n voorbeeld in die handel stel.” Uberstein, wat herkies is as voorsitter, sê die SAPD en drankoffisiere is onder groot druk om die Drankwet te polisieer. “Ek wil ons lede vra om hulle by te staan en vrye toegang tot julle persele te gee. Let op wat hulle vra en sê. Kom die wet te alle tye na.” Hy het oor die jaar wat voorlê gepraat en gesê hy sal graag beter bywoning van lede sien. “Ons moet ook sosiale probleme rondom misbruik van alkohol aanspreek in samewerking met die Swartland Munisipaliteit, SAPD, Polisieforum en ander rolspelers. “Die forum wil ook sy lede oplei om die wet

te verstaan en toe te pas. Ons wil voortbou op ons liefdadigheidsfonds, sodat die gemeenskap kan bewus wees van die forum. “Die forum wil sy strewe van verantwoordelike handeldryf en die verantwoordelike geniet van alkohol na die jeug in skole uitbrei. “ Uberstein het gesê hy wil hê lede moet trots wees om deel van die forum te wees en dat Swartland Drankforum die standard vir ander forums stel. Hy sê lede kan ‘n verhoging in groot-handelpryse van drank in 2015 verwag. Ook aksyns gaan verhoog. Verder verwag hulle veranderinge in die Wes-Kaapse drankwetgewing, strenger inspeksies van die Drankraad, asook van drankoffisiere. Hy het op ‘n hoopvolle noot afgesluit: “Ons is verantwoordelik vir ons eie toekoms en met harde werk en eenheid kan ons enigiets vermag.”


NUUS • NEWS

6

18 Februarie 2015

kykNET Buite-ekspo 2015 in beeld

Die Wes-Kaap se minister van finansies, dr. Ivan Meyer (heelregs), het die Ekspo geopen. By hom is die eienaars van Môreson, Mari en Koos Hoffmann, Swartland se munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, sy dogter Zani asook die Swartland se burgemeester, Tijmen van Essen.

Die organiseerders moes Saterdag inderhaas plek maak vir nog parkering nadat dit reeds vergroot is vir vanjaar se Ekspo.

Karavane na elkeen se smaak en sak.

Koos Hoffmann, Erik de Milander, Hannes Rossouw en Marius Opperman knyp 'n minuut af om vir dié courant se kamera te glimlag. LINKS BO: By Die NG Kerk Swarland se stalletjie het hulle braaivleis en heeeeeerlike basaarpoeding voorgesit. LINKS: Die voorvatters van die ACVV Kontreispens het soveel pannekoek gebak as wat hul in hul drome nie gedink het nodig sou wees om die honger mae by die ekspo te help vul.

Lazarus Ford het vinnige wiele gewys.

Die kuier van Lollos Saterdagoggend het die kinders in vervoering gehad.

Ilse Loock en Chereé was Saterdag by die Ekspo.

Kokkedoor en Makietie-sjef, Tiaan Langenegger saam met sy meisie, Liesl Rahn.

Malmesbury Toyota het buite gekuier in 'n braailapa.

Hermien Taljaard van Moorreesburg Toerisme wys trots die streek se graanprodukte.

-

Leané Koegelenberg span uit met Yzerfontein Toerisme.


NUUS • NEWS

18 Februarie 2015

7


NUUS • NEWS

8

18 Februarie 2015

Groot pryse te wen in potjiekoskragmeting

Verjaar: Die Swartlandse burge-

meesterspaar, Tijmen en Doedtje van Essen, het verlede week mevrou Baba Steyn se 100ste verjaardagviering in Aandskemering bygewoon.Hier is mevrou Steyn (middel voor) saam met Eric (skoonseun), Merle (skoondogter), Helene (kleindogter) en Alta (skoondogter). Agter: Shaun (kleinseun), Grace (kleindogter), Chris (seun), Christie jr (kleinseun), Dawid (kleinseun), Heidie (kleindogter), Niel (kleinseun), Doedtje en Tijmen van Essen en Pietie (seun). Inlas: Dawid het al die pad van Tokio af gevlieg om sy ouma se verjaardag te help vier.

Merk Saterdag 14 Maart op u kalender: want dit is die dag van die OK MiniMark/Tiger Brands Gemeenskap Potjiekoskompetisie op die parkeerarea van Wesbank biblioteek. Dit gons al behoorlik oor die kompetisie en Bobby Matthee van OK MiniMark en die organiseerder sê hy is baie opgewonde oor die gees wat onder die deelnemers en verskaffers heers. “Dit sê vir my ons gaan saam ‘n groot gemeenskapsdag kan hou,” het hy aan dié courant gesê en bygevoeg dat hy pas ‘n fantastiese borgskap-inspuiting van een van sy verskaffers ontvang het. “Dit beteken ons kan die dag nog verder neem na die volgende vlak! “Manne en vroue wat nog onseker was, julle moet maar daardie ou pot-resep nadersleep en jul kosvaardighede kom ten toon stel. Of kom geniet net die dag saam met ons, kom hernu vriendkapsbande of smee nuwes,” het hy genooi. Matthee wil nog nie die hele aap uit die mou laat nie, maar hier is die pryse wat op die spel is vir die eerste plek: OK MiniMark Gemeenskap

Potjiekos Wisseltrofee, ‘n naweek vir twee by die Garden Court De Waal Hotel, Kaapstad en R5000 kontant. Dan natuurlik die belangrikste – die reg om vir ‘n jaar lank koning te kraai as die wenners van die kompetisie. Die tweede en derde pryse sal later bekend gemaak word. Elke deelnemer gaan met ietsie huis toe, geborg deur die verskaffers. Daar is nog tyd vir u om in te skryf teen R 300 per span (1-4 lede). Daar is ook stalletjies en kosstalletjies beskikbaar teen R 100 elk. Inkrywingsvorms is van Vrydag af by OK MiniMark beskikbaar en inskrywingsgelde kan ook daar inbetaal word by een van die toesighouers. Die Dahlia Sorgsentrum is een van die organisasies wat by die projek betrokke is. Enigeen wat belangstel om deel te neem aan die gemeenskapsdag of dalk voorstelle het vir kindervermaak op die dag, kan Matthee epos by bobbymatthee@telkomsa.net.

Honger magies:

Só lyk dit twee keer per maand voor Janetta Mentoor se huis op Moorreesburg. Janetta het verlede jaar Mandela Dag besluit om kos aan behoeftige kinders uit te deel. Toe die dag verby was, het sy besluit om vol te hou daarmee, twee Donderdae per maand. Nou is dit deel van haar Nuwejaarsvoornemens. Om en by 30 kinders staan gereeld tou vir ‘n smaaklike ete.

Laerskool Dirkie Uys Moorreesburg

Gala:

Swemmers van verskillende skole het op Malmesbury aan die Malmesbury Superspar-swemgala deelgeneem. BO: Die tydhouers moes behoorlik bontstaan om al die deelnemers se korrekte tye op te neem.

GHOLFDAG 4 BBB Span inskrywing @ R1200

Laerskool Dirkie Uys se jaarlikse gholfdag word op Vrydag, 17 April 2015, in Moorreesburg aangebied. PRYSE EN ‘N HEERLIKE ETE VIR ALLE SPANNE! Skryf ‘n span in en kom geniet die dag saam met ons. As uself nie wil speel nie, maar net wil betrokke wees by die dag kan u pryse skenk, kontant donasies maak of ‘n span, setperk of bof borg. Borge is meer as welkom om hul bemarkingsmateriaal op die dag te vertoon. Laerskool Dirkie Uys is hoogs afhanklik van u bydrae en deelname en sal dit baie waardeer indien u sal inskryf. Kostes vir borgskappe: Span

@ R1200.00

Setperk @ R500.00 (putjie 1-8) @ R1000.00 (putjie 9) Bof

(Maksimum voorgee 18)

@ R500.00 (bowwe 2-9) @ R1000.00 (Bof 1)

Alle bydraes welkom.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak of vir die nodige inskrywingsvorms skakel gerus vir Eduan Meyer. Tel: 022 433 1082 Sel: 083 400 1986 KOM GENIET DIE DAG SAAM MET LAERSKOOL DIRKIE UYS!

LDU:

Hierdie atlete neem Saterdag deel aan die Boland atletiekbyeenkoms by Dal Josafat in die Paarl.

Meeting on new ward boundaries held The Municipal Demarcation Board is currently engaged with the re-delimitation of ward boundaries in view of the local elections which are to take place in 2016. The Board will consult with the public regarding the ward boundaries at a public meeting to be held on Monday, 23 February at 10:00 in the Banqueting Hall (at the Town Hall), Malmesbury. Swartland Municipality will once again qualify for twelve wards. The norm determines that the number of voters per ward in the case of Swartland may not be less than 3281 and not more than 4439.

The Demarcation Board has issued a preliminary set of ward maps, which contain proposals regarding the re-delimitation of certain ward boundaries. The maps which have been compiled merely to serve as basis for consultation, contain proposals that involve minor changes to the boundaries of four of the existing wards, namely wards 1, 3, 4 and 6. Enquiries may be directed to ms Madelaine Terblanche (Director: Corporate Services) at the Municipality (tel 022 487 9400).


NUUS • NEWS

9

18 Februarie 2015

Kompetisie lewer vele digters op

Boland Tweekamp: Nikita Toerien, Amoré Toerien en Chloë Lottering van die Laerskool Swartland op Malmesbury het aan die interprovinsiale tweekamp-byeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem. Kailen Kotze was afwesig.

As ek die son se glans in my hand kon hou en die kleure van die reënboog daarom vou, gee ek dit alles net vir jou my liefste Valentyn-vrou. Met hierdie digreëls het Tom de Koker (foto bo) van Moorreesburg ‘n Valentyns-geskenk in dié courant se kompetisie gewen. Tom het ‘n passie vir woorde: hy het pas sy tweede bundel, Iets van Alles, gepubliseer. Dit is ‘n mengelmoes van gedigte en kortprosa in Afrikaans en Engels. In 2012 het hy aan die Weskus Distriksmunisipaliteit se werkwinkel vir digters deelgeneem. ‘n Gedig van hom het ook daarna in die bundel Oulap se Erfgoed verskyn. dié courant is behoorlik oorstroom met liefdesgedigte en ons deel graag die wenners se inskrywings met die lesers: So standvastig soos ‘n woestynblom in die woestyn, lankmoedig en opreg, is my liefde vir my Valentyn. Dankie vir opofferings deur die jaar. Ek weet vir seker Jesus gaan ons lank vir mekaar spaar. - Dorothy Douglas, Malmesbury My Valentine, your heart is mine. Our love will grow a million times. As time progress, our hearts confess. There is no better love than ours. - John-Paul Stuurman, Darling A story of the world’s smallest gang, young and in love, all it took, was one look, to hook us in for ever and after. Sweetest words one can ever hear “I love you too”. Started with a kiss and ended with an “I do”. - Herman Engelbrecht , Malmesbury Ware liefde… dit kielie my tone. Dit laat my lag. Dit skuil in die sonskyn van elke dag. Dit koek in my hare. Dit vonkel in my oë. Dis ware liefde. ‘n Ewige gawe van Bo. -Celeste Herman, Malmesbury Jare gelede het jy my oog gevang. Ek was met oogopslag verlief, maar vir seerkry ook baie bang. Vandag wil ek egter vir jou baie dankiesê, want jy het my gewys wat dit is om werklik lief te hê. -Renate van Dyk, Moorreesburg Jy is my hart se punt. My sonskyn in die môre. My maan in die donker. Jy’s my lig. My toekoms, my begin, my einde. - Anneline Havenga, Malmesbury Al is jy ver, bly ek altyd lief vir jou. Saam sal ons ons fondasie sterk bou. My lewe lank wil ek vir jou lief bly. Jy my man, vir altyd aan my sy. Karen Spens, Malmesbury Jy is die een, die een wat my hart laat spring. Net by jou wil ek wees. Vir die res van my bestaan. -Marietha van Zyl, Malmesbury Ek het jou liewer as wind. Of die water. Liewer as suiwer sonlig en see. Ek het jou lief met die wonderkrag wat die hart van ‘n mens aan ‘n mens kan gee. Mari van Aarde, Moorreesburg I never thought that I could meet someone as remarkable as you. For all you do. For all you are. For the love you give. I am over the moon to share my life with you. -Tashia Cloete Chatsworth Love is friendship that has caught fire. It is quite understanding. Mutual confidence. Sharing and forgiving. It is loyalty through good and bad times. It settles for less than perfection and makes allowances for human weekness. -Edwin Carelse, Malmesbury Liefde is mooi en nie jaloers. Bo alles is liefde ‘n gawe van God. Geen mens kan daarsonder klaarkom nie. Dis die kern van Sy grootste gebod. - Guswill Cleophas, Darling Butterflies after all these years. Years without any fears. Fears not even meant for any ears. To many more wonderful years we say cheers. Mauricia Welkom, Malmesbury Liefde bring soms hartseer, maar meestal tog geluk. Liefde kan ook teer wees, maar son-der liefde is die son gepluk. - Anzelle Daniels, Malmesbury Liefde het nie altyd woorde nodig nie, want liefde praat sy eie taal. -Cindy Immelman, Malmesbury

The conditions of employment and minimum wages for farm workers in South Africa are regulated by the Sectoral Determination No 13: Farm Worker Sector, South Africa. The sectoral determination stipulates that: •

Farm workers should not work more than 45 hours per week and not more than 15 hours overtime per week

Farm workers are entitled to leave as stipulated in the Sectoral Determination 13: Farm Worker Sector, South Africa

The minimum wages for farm workers which starts on 1 March 2015 are as follows: R13.37 hourly; R120.32 daily; R601.61 weekly and R2 606.78 monthly

A farmer may deduct an amount not exceeding 10% of the employee’s wage for food and accommodation provided on a consistent and regular basis, provided that the accommodation has a roof that is durable and waterproof; has a glass window that can be opened; electricity and water on tap is available inside the house; and a flush toilet or pit latrine is available inside or in close proximity to the accommodation

Farmers are required to give the farm workers pay slips and written particulars of employment.

website: www.labour.gov.za | facebook: Department of Labour | twitter: @deptoflabour


10

NUUS • NEWS

18 Februarie 2015

VLV: Die Porterville VLV het by hul eerste byeenkoms van die jaar hul nuwe bestuur gekies. Kix: Graad 3 Kix op Piketberg bou die woord "Bhaibheri" wat "Bybel" in Sjona beteken.

Elke letter verteenwoordig R5 wat gebruik word vir die ontwikkeling van kategese materiaal in Sjona vir die Ring van Morgenster in Zimbabwe.

Dit is Louwna Hoving, Sekretaris/Tesourier; Hester Burger, Openbare Sake; Joey Koen, Gesondheid; Lana du Plessis, Landbou & Tuinbou. Voor: Lydia Liebenberg, ondervoorsitter/Leefstyl; Alet Steenkamp, Kunste en Handvlyt; Ena Cruywagen, Opvoeding en Kultuur en Mary-Ann van Schalkwyk, voorsitter.

Tee: Elke sameroeper was ‘n gasvrou vir haar komitee en moes iets interessants meedeel rondom ‘n geliefde teekoppie/-beker. Louwna Hoving: haar skoonma se teekoppie, ook met ‘n klein keteltjie waaruit sy elke dag op haar agterstoep saam met haar buurvrou tee gedrink het. Toelie Kalis: ‘n Japannese koppie van hul huishulp toe sy kind was, asook ‘n eetbord wat dateer uit 1898. Mary-Ann van Schalkwyk: geblomde teekoppie met ‘n klein keteltjie wat sy as afskeidsgeskenk van haar werk by die munisipaliteit ontvang het. Joey Koen: ‘n William James-beker, beenporselein, met ‘n voetstukkie en kunswerke op wat sy van haar kunstenaarsvriendin gekry het toe sy verhuis het. Sy het geglo mens drink tee uit ‘n voetjiekoppie. Johanna Rheeder: As 6-jarige-dogtertjie het sy ‘n speelgoedteestelletjie van haar oupa ontvang en dit word nog in die oorspronklike dosie gebêre. Haar ouma het haar geleer dat teetyd gepaard gaan met ‘n skinkbord, hekellappie, kraletjie-doilie oor die melkbeker en dat die tafel mooi gedek moet wees as jy tee drink. Lydia Liebenberg:‘n beker van haar dogter wat sy by haar ouma gekry het toe sy twee jaar oud was (sy is nou 33 jaar oud). Sy wou ‘n skoenslapperbeker hê en Ouma het gesoek tot sy een gekry het. Dalene Joubert: ‘n Beker wat sy 46 jaar gelede by haar ouma gekry het toe sy koshuis toe is.


NUUS • NEWS

11

18 Februarie 2015

Die voete klap op Piketberg

Bergklim en oorslaap Die AGS Corpus Christi op Malmesbury beplan om weer op Kasteelberg te gaan slaap op Vrydagaand 6 Maart. Pastoor Piet Smit sê hy het spesiaal na ‘n datum gesoek wat saamval met heldermaan en hierdie is so ‘n geleentheid. “Dit is baie, baie spesiaal om die wêreld op ‘n natuurlike manier om jou verlig te hê. Die skoon berglug, weg van alle gewoel van benede en daarbo is net vrede, doen net iets vir ‘n mens!” Die groep vertrek om 17:00 van die kerk af

Oefen: Hier is 'n "Nature Runners", die hardloop-groepie wat onder Terence se leiding in die natuur op die plaas oefen. Terence geniet dit deesdae om betrokke te wees by jong atlete se afrigting, “vir die genot en die gesondheidsvoordele daaraan verbonde”. Terence Brown, ‘n veteraan-atleet van Piketberg, is besig om die grense van atletiek te verskuif met sy betrokkenheid by die gemeenskap en veral die jeug. “Die jeug is my passie,” het hy aan dié courant vertel van sy projek waar hy veral aandag bestee aan kinders wat nie ‘n plek vind by die kompeterende sportsoorte in die skool nie. “Ek noem die groep die Nature Runners. Ons draf en stap, in die natuur. Ons speel kleilat. Die groep bestaan uit sowat 45 drawwers en stappers. Ons oefen elke dag, winter en somer,op plaaspaaie, deur modder, op bane en velde en deur die veld. “Nie net om fiks te word nie, maar ook om God se skepping te geniet en soms stil te sit en verwonderd te luister na die natuurgeluide,” verduidelik hy van hierdie projek wat allereerste ten doel het om kinders, en volwassenes, se selfbeeld te versterk en uit te bou. Die ouderdomme wissel van 7 tot 58 jaar en die afstande van 100m op die baan tot 10km en verder in die veld. “Deur saam swaar te kry, leer die groep mekaar ken en gebeur dit dat mekaar se laste dra en mekaar aanmoedig en ondersteun op vele ander terreine. “Dit groep groei steeds en enigeen is welkom

(Baroccastr 19) die Vrydagnamiddag. “Ons kan nie later vertrek nie, want sonsondergang is om 19:15.” Elkeen moet sorg vir hul eie aandete en ontbyt en twee liter water. Ook tekkies of goeie stap-skoene, langbroek (losserig), moue wat afrol vir bosse wat krap, hoed en sonskerm, insekwerende olie en rugsak. Verder het jy ‘n slaapsak of kooigoed, toiletpapier en ‘n flitslig nodig. Kontak pastoor Smit by 073 447 2902 vooraf as jy wil saamgaan.

om deel te word, Al wil jy net stap, daar sal ‘n maat vir jou wees!” Terence is ‘n ou-bekende in atletiekkringe en het self onlangs weer ernstig begin deelneem aan baanbyeenkomste. Hy het sy terugkom sommer met ‘n prestasie gevier: op 23 Januarie het hy sy 60ste verjaardag gevier en die dag daarna het hy die SA-rekord in die 1500m vir Mans 60-jaar verbeter met ‘n tyd van 4.48 min. Dit was by ‘n veterane baanbyeenkoms in Parow. Dit is ook ‘n WP-rekord. Brown het by dieselfde geleentheid ook die WP-rekord in die 5000m met 1,37 min verbeter. Hy het aan dié courant vertel dat hy konsentreer op die 800, 1500 en 5000m. Hy gaan ook nou begin om hindernisse te hardloop. Hy en sy vrou, Nicoline, was albei lede van die Swartland Atletiekklub, maar hy het noun a die Bellville-klub toe geskuif, as gevolg van die baan-items waaraan hy deelneem. Terence gesels nie graag oor sy eie prestasies nie: “die toekoms is ons kinders”, maar hy vertel darem dat hy drie keer aan wêreldbyeenkomste deelgeneem het en selfs ‘n paar medaljes huistoe gebring het. Hy is die streekbestuurder van die SA Aartappelraad.

Skaak: Anke (o.12A) en Carli (o.8A)

Claassen van Laerskool Swartland was in die WP-span wat onlangs in Kimberley aan die SA Junior Kampioenskappe deelgeneem het. Albei sussies se spanne wen hulle afdelings en is die SA kampioene. Hulle het ook elkeen 'n trofee ontvang vir hul uitsekende spel.

J O U VA A R D I G H E D N E E L E VER

HU LLE S’N KAN ONTWIKKE L HULLE Boekhouer, bouer, prokureur? Bied aan om op jou skool se beheerliggaam te dien. Stem tydens die beheerliggaamverkiesing in Maart 2015. Kontak die skool vir meer besonderhede!

KOM ONS MAAK ONS SKOLE, BETER TESAME.


NUUS • NEWS

12

18 Februarie 2015

Moorreesburg: hartland van die Swartland Moorreesburg is geleë in die hartjie van die Swartlandse koringstreek net 100km van Kaapstad en 70km van die silwer strande van die Weskus. Dít maak Moorreesburg die ideale wegspringplek vanwaar ‘n wye verskeidenheid aantreklikhede verken kan word. As jy wel tyd kry om jou verkenningstogte in te pas tussen al die trekpleisters wat Moorreesburg self bied. Moorreesburg het ‘n ryk geskiedenis. Die dorp is gestig op die plaas Hooikraal wat in 1839 deur goewerneur Sir George Napier aan Tobias Lochner gegee is. Die dorp is genoem na ds JD le Fébre Moorrees wat van 1834 tot 1879 leraar in die Swartland was. Moorreesburg is in 1898 as dorp geproklameer en het in 1909 munisipale status gekry. Moorreesburgers het die reg om maar ‘n bietjie bors uit te stoot met hul dorp. Die Dirkie Uys Kunsgalery het ‘n groot versameling oorspronklike skilderye deur welbekende Suid- Afrikaanse kunstenaars. Van die groot

name sluit in Pierneef, Maggie Laubscher en Gregoire Boonzaaier. Die Moorreesburg biblioteek is ‘n pragtige gebou wat in 1913 opgerig is met geld wat geskenk is deur Andrew Carnegie van Skotland. Dié gebou is in 1984 tot nasionale monument verklaar. Moorreesburg is by uitstek koringkontrei en daarom is dit nie juis ‘n verrassing dat die koringsilo’s van die Moorreesburg Boere Koöperatief die grootste in die suidelike halfrond is nie. Die dorp beskik ook oor een van die enigste drie koringbedryf-museums in die wêreld. ‘n Kanon bo-op Neulfontein-koppie is een van ‘n reeks kanonne wat gebruik is in die dae van die Oos-Indiese Kompanjie om boere in die Swartland te laat weet dat daar skepe in Tafelbaai is wat proviand nodig het. Diegene wat ‘n paar uurtjies in stilte wil deurbring, kan gerus met hul verkykers een van die plekke opsoek wat ideaal is om voëls te bestudeer. Restaurante uit die boonste rakke en ‘n wye verskeidenheid sportgeriewe maak die dorp en omgewing ‘n gewilde bestemming.


NUUS • NEWS

18 Februarie 2015

Moorreesburg

Die Weskus Distriksmunisipaliteit is op Moorreesburg gesetel.

13


NUUS • NEWS

14

18 Februarie 2015

Lamtyd is oestyd Riaan Myburgh van CMW weet wat belangrik is vir ‘n boerdery: “Om so veel as moontlik lammers te oes, is dit baie noodsaaklik om die regte praktyke te volg. “Ses weke voor lam word een- en tweelingooie geskei. Gee gebalanseerde rantsoene aan albei groepe. Doseer met breëspektrum, ent/ doseer vitamiene en minerale en ent met multivax P+ om die lam en sy ma te immuniseer. “Die ongebore lam verdubbel in massa in die laaste ses weke voor geboorte en al sy wolfollikels, vir die res van sy lewe se wolproduksie, vorm in hierdie fase. Om dus wolskape te boer en in laatdragtigheid te probeer geld spaar, is kontraproduktief. “Gesonde ooie in goeie kondisie sal makliker lam, sterker lammers gee, meer en beter bies produseer, hoër melkproduksie hê en die bin-

ding tussen ooi en lam sal beter wees, dus: meer lammers sal oorleef. “Baie boerderye verloor tot 15% lammers tussen lam- en speentyd. (op 500 ooie kan dit tot soveel as 75 lammers wees, met ‘n potensiële verlies van R75 000 tot R100 000!). Die waarde van jou woltjek? “Lam in klein kampies/lamhokke vir tweelinge, eenlinge apart in groter groepe. Toesig by lam is nie net vir lam-oorlewing nie, maar veral om ooie met probleme te identifiseer en uit te knip. Hou aan met u gebalanseerde voeding, die lammers moet optimaal groei en die ooie is reeds weer besig om voor te berei vir die volgende dekseisoen. “Sterkte, mag jou lamtyd ‘n vreugde wees!” Kontak Riaan Myburgh by 082 853 4618 of rmyburgh@cmw.co.za


NUUS • NEWS

15

18 Februarie 2015

Drie dekades van tandesorg vir Dr Linder In Retiefstraat 7 is die praktyk van dr AE Linder. Dié tandarts het sy praktyk 30 jaar gelede, in Januarie 1985 in Langstraat geopen. In 1988 is die praktyk na ‘n groter perseel verskuif in Retiefstraat, regoor die Langstraat-parkie, waar dit vandag nog is. Die huidige ontvangsdame, Magda, het reeds in Augustus 1985 vir dr Linder begin werk, terwyl Marieta (stoelassisstent en rekeninge), is sedert

Julie 1986 by die praktyk. Behalwe vir die privaatpraktyk, lewer dr Linder ook die afgelope 22 jaar sy dienste by die Moorreesburg Gesondheidsentrum. “Ek wil graag die gemeenskap van Moorreesburg en omliggende dorpe van harte bedank vir die ondersteuning die afgelope 30 jaar,” het hy gesê. Kontak die praktyk by tel 022 433 1832, faks 022 433 4644 of e-pos fredi@wcaccess.co.za.

SPH is voorloper in oopmyn-ontginning SPH het in 1969 ontstaan as Saldanha Plant Hire, maar het sedertdien sy vlerke landwyd gesprei en is vandag voorlopers in oopmyn-ontginning. SPH roem hom op die nuutste tegnologie en masjinerie in Afrika en is toonaangewend ten opsigte van sifting en vergruising. Hulle kundigheid sluit grondverskuiwing, produkhantering en rehabilitasie in, asook masjinerie-verhuring en vervoer. SPH is aktief in die Wes- en Noord-Kaap, Gauteng en Noordwes.

Net buite Moorreesburg op die Gouda pad lê Bridgetown-dolomietmyn wat landboukalk, metallurgiese dolomiet, asook aggregate voorsien aan die Swartland, Weskus en Skiereiland en selfs so ver as die Oos-Kaap. SPH fokus op innoverende denke en ag kwaliteit en veiligheid van die grootste belang. “Ons roem ons op uitstekende diens en is net ‘n oproep ver!" Kontak hulle by tel 022 433 3008, sel 083 633 9361 of e-pos: celia@sphgroup.co.za.


NUUS • NEWS

16

18 Februarie 2015

Tennis: Arnold van Jaarsveld en Hanne-

ke Schreuder van die Malmesbury Tennisklub het Saterdag op hul tuisbaan teen die span van Vredenburg te staan gekom. Sien volledige uitslae agter.

Krieket: Die Malmesbury Krieket-klub

het Saterdag op tuisbodem teen die span van Drakenstein te staan gekom en as oorwinnaars uit die stryd getree.

Rolbal:

Daniël Griebenauw maak reg om die bal sekuur oor die setperk te stuur in Malmesbury Rolbalklub se wedstryde Saterdag teen Meadowridge. Sien berig agter.

Goue voete:

Gezelle Magerman van Darling is een van 30 atlete wat Suid-Afrika van 5 tot 8 Maart Suid-Afrika by die 2015 CAA Afrika Junior Kampioenskappe in Addis Ababa, Ethiopiê sal verteenwoordig. Gezelle het verlede ‘n goue medalje by die Jeug Olimpiese Spele in Beijing verdien en is ook die SA rekordhouer in die 400m-hekkies.

Bo: Lenita Domberg van St Thomas Primêr in aksie by Saterdag se streekbyeenkoms. Regs: Renaldo Damon van Liebenberg Primêr nael na die eindstreep.

Medalje:

Dié leerders van Riebeek-Wes Primêr het medaljes by die Swartland Soneatletiekbyeenkoms op Riebeek-Kasteelontvang.


NUUS • NEWS

18 Februarie 2015

Darling Sewes:

Die Darling Rugbyklub het Saterdag hul jaarlikse sewes-toernooi aangebied. Bo is die tuisspan in aksie.

17

Dagboek • Calender

VLV Malmesbury 18 Februarie - Malmesbury Gholfklubhuis om 09:30. Kom geniet ‘n koppie koffie/ tee en luister na ons spreker. Nie-lede is welkom @ R20. Louis Smith van Bio-Link gesels oor die produk en ADD/ADHD.

Riebeek Cellars Grape Stomp 7 March - Food, music and Riebeek wine. Bring your family and friends and have a great time! Alta Saayman 022 448 1213.

Ondersteuningsgroep 19 Februarie -Samekoms vir ouers wat kinders deur dood verloor het om 19:00 by NG Moederkerk Malmesbury se saal. Almal welkom. Kontak Magriet du Toit, 022 482 1550.

Idols-finalis 12 Maart - Lize Mynhardt tree om 19:00 in Laerskool Dirkie Uys se skoolsaal op. Vyf van Naartjie se top-sangers tree saam met haar op. Beperkte kaartjies beskikbaar teen R80, R60, R50 by, Eduan Meyer, LDU-bemarker.

Malmesbury Voortrekkers 20-22 Februarie – Skuifknoop. Navrae: Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Trans-Atlantic Endurance Race 13-15 March - Strandfontein. 082 870 0259.

Klere te koop 23 Februarie - 10:00 tot 12:30 by ACVV Dienssentrum, Malmesbury. Jazz on the Rocks 26 February - Paternoster. 021 591 5208. Music Picnic under the stars 27 February - Music in the moonlight at Darling Cellars, with Klassik and Meerkat Ensemble. Bring your own picnic basket and blanket. Cheese platters @ R70 and wine will be for sale. Time: 19:00. Entry: R20 pp (includes a glass of Darling Cellars wine).

Malmesbury Relay for Life 21-22 March 022 482 1111 Crayfish & Cultural Festival 22 March - Lamberts Bay Crayfish & Cultural Festival 22027 432 1000 Piketberg Council Meeting 24 March- 11:00, Council Chambers, Municipal Offices.

MKB Swartland Half Marathon & 10km 28 Februarie - Gene Louw Sport Grounds, Moorreesburg Hanlie Rossouw: 081 579 0222.

Swimming Championships 27 March - SA Regional Level 1 Championships, Malmesbury Municipal pool; 08:00 – 17:00. Organiser: Lucinda Koch, 021 854 3395.

Darling Cellars Annual Crush day 28 February - Picking, crushing, eating & drinking in the sun! Join them for a fun day: breakfast, picking & crushing your own grapes (with your very own wine & label to come 8-10 months later); label design competition and a traditional west coast lunch. Time 07:45 for 08:00. Booking essential. 022 492 2276 or www.darlingcellars.co.za. Country-Gospel 5 Maart - Leon Goosen, sanger van Pretoria, stel sy nwe CD bekend; 18:00 vir 18:30 by Coram Deo Bediening, Dr Euvrardstraat, Malmesbury. Gratis (kollekte opgeneem).

wedstryd op Bloues se veld gespeel. Saterdag kom hulle in die Cell C Community Cup Challenge teen Ferro's te staan. Dit is 'n tuiswedstryd en begin om 16:00.

Sunset 2 Sunset Tri-Athlon 21 March - Velddrif 083 558 4947

"Snuffel-dag" 28 Februarie - AnnexKloof Padstal 09:00 - 14:00. Malmesbury VLV het 'n stalletjie.

Malmesbury Voortrekkers 28 Februarie – Ouerbraai en vlotvaartbereiding (Verkenners). Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejonghs@swartland.org.za) .

Oefen: Die Wesbank Rugbyklub het Saterdag op Malmesbury in 'n vriendskaplike

Cancer Walk 21 March - Piketberg: Cancer Walk of Life Scheppie Saus, Mountain Hock Danie Smit: 083 233 7772.

28 Maart Spore oppie Sand Festival Hopefield. 082 923 6107 29 March Paternoster Full Moon Market 082 824 8917 30 Maart ACVV Basaar, Yzerfontein. 022 451 2246 30 March Yzerfontein Crayfish Bonanza 082 320 3513

Bergklim en oorslaap 6 Maart - die AGS Corpus Christi gaan op Kasteelberg slaap. Kontak pastoor Piet Smit by 073 447 2902 vooraf as jy wil saamgaan.

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-epos word vir plasing.

AGS Corpus Christi, Malmesbury 22Februarie - Roderick Onverwacht praat om 09:30 oor die die Resultate van Leë Kruike. Aanddiens om 18:30. Navrae: 073 447 2902.

Openbaring Donderdae 19:30. Die kerk is weeksdae van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Navrae: 083 722 7787.

Kerke • Churches Dynamic Love Fellowship 22 Februarie: Hou elke tweede Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die volgende diens is dié Sondag. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00) Ags Riebeek-Wes Woensdag 18 Februarie: biduur om 19:30; 22 Februarie: erediens om 09:00 . Tema:" Dus net die liefde van Jesus wat jou staande hou. PastFredericks, 076 548 5471 PPK Bethesda Malmesbury 22 Februarie - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Sondagskool om 08:30. Biduur by kerk Dinsdae 10:00 (susters); Woensdae om 19:30; Bybelskool oor

PPK Bethesda Porterville 22Februarie - Pastoor Linn Bell lei diens om 10:00 by tennisklub, Parkstraat. Navrae: 083 722 7787. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498. Shofar Malmesbury 22 Februarie - Hoërskool Swartland Skoolsaal om 09:30 Ross van Niekerk - Wanneer jy deur die vuur gaan. Vir navrae, kontak hulle by 022 482 4640. Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:30 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent. Any inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.


18

NUUS • NEWS

18 Februarie 2015


Buite-ekspo • 13-15 Februarie NUUS • NEWS 18 Februarie 2015 Dienste Services

DIENSTE/SEVICES AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za

# 2000 ------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. ------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. ------------------------OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. ------------------------EK soek na saamry geleentheid vanaf Malmesbury na Bellville/Stikland. Werksure:8 tot 5nm. Maandae tot Vrydae. Kontak Dawid 071 106 4588

OPSOEK na betroubare huishulp op plaas 12 km buite Malmesbury. Verblyf word verskaf maar inry geleentheid is ook beskikbaar tussen dorp en plaas. Moet met kinders kan werk. Nie drink of rook nie. Kook en kosmaak sal in guns tel. Kontak asb 082 307 9644 of stuur sms met besonderhede.

Eiendom te koop

TITUS EIENDOMME Moderne 2 slaapkamer huis met ingeboude kaste, 2 badkamers, oopplan/sit/ eetkamer, ingeboude kombuiskaste met graniet blaaie, oond & stoof, braaikamer, motorhuis, groot erf met vibracrete. Goeie area @ R750 000,00 Kontak Alvina 082 780 1380

Te Koop For Sale

Damesklere - small (6-8) in baie goeie toestand. Baie rokkies en no. 6 skoene. Kontak 072 245 1850 ------------------------1 x DEFY stoof; 4 x gasplate; thermofan elektriese oond. Baie goeie toestand. Beheer knoppies pas vervang met nuwes.

19 R2500. Skakel 082 771 8770 ------------------------Doelgeboude kombinasie vir 2004 Hilux LAA : Traliewerk met seil & Armadillo laaibak deksel – R7000. Skakel 082 771 8770 ------------------------“GHERKINS” te koop. 10kg sak @ R95,00. Kontak Louise Mouton by 021 864 1003 / 084 251 2656 ------------------------TV te koop, In ‘n goeie werkende toestand. Amper splinternuut!! Prys onderhandelbaar. Kontak 082 821 7982 – Opskud!!!!

Voertuie Vehicles

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. ------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.

Memoriam

MEMORIAM MICHAEL SASMAN 25:05:1943 17:02:2014 I know it's been a year that we may have grown apart but you will always remain in our hearts.R.I.P Pa Mic Love from: Your Wife Lena, Tommie,Roslyn, Michelle,Grand children and great grand daughter Chloe. -------------------------

Kontak ons gerus om hier te adverteer, 022 487 3221

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH

Betrekking

INFECTIOUS DISEASE HOSPITAL, MALMESBURY (WEST COAST DISTRICT)

SOEK huishulp 1 keer per week in Malmesbury. Skakel 083 662 0657 -------------------------

REMUNERATION: R73 044 PER ANNUM

FOOD SERVICES AID SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate experience in an industrial food service environment. Inherent requirements of the job: Ability to work shifts, including weekends and public holidays • Healthy and strong enough to lift heavy objects and be on their feet the entire day • Interpret recipes, use a scale and do basic sums. Competencies (knowledge/skills): Knowledge of the production for normal and therapeutic diets in an Industrial Food Service unit • Ability to correctly interpret standardised recipes and production planning • Knowledge of hygiene, occupational health, HACCP and safety principles • Ability to handle industrial equipment safely and correctly •Ability to work independently and under pressure • Effective verbal and written communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape. Duties (key result areas/outputs): Prepare food for all normal and therapeutic diets • Weigh, dish and distribute food and beverages • Assist in receipt and storage of all provisions and stock in the food service unit • Follow correct hygiene and safety procedures within food service unit • Follow and adhere to elementary control measures and standard operational procedures • Clean all work and storage areas, utensils and equipment • Assist with informal in-service training of new employees. Note: No payment of any kind is required when applying for this post. Enquiries: Ms M Sedeman, tel. 022 487 3294 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS T SMITH, TO THE DISTRICT DIRECTOR: WEST COAST DISTRICT OFFICE, PRIVATE BAG X15, MALMESBURY 7299.

INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.

Closing Date: 13 March 2015 121984 COURANT ayandambanga.co.za


courant

dié

20

tel 022 487 3221

Rolbal eerste keer geklop Malmesbury se mansrolbalspan het Saterdag hul onoorwonne status prysgegee toe hulle tuis met 7-11 teen Meadowridge verloor het. Na die 4de rondte van die WP Vlag-kompetisie se 3de liga was Malmesbury die voorlopers op die punteleer, ‘n halwe punt voor Edgemead. Terry Shimmin se span met Ron Sheridan, Robin Deyzel en Ivan Dicks het swaar gekry in die eerste stel en verloor 7-15, maar veg goed terug om die tweede stel 15-1 te wen. Hulle verloor die ontknopingskof, maar het die skootgemiddelde behou en speel dus gelykop, 3 elk. Daniël Griebenauw, Peter Hall, Martin Louw en Dave Walker wen die eerste stel 11-8 en buig die knie op die laaste skof van die tweede stel 7-8 nadat hulle 6-2 voorgeloop het. Hulle wen die ontknopingskof en die wedstryd, 4-2. Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Gert Adams en Hennie Yzelle verloor 0-6. Saterdag is dit die laaste tuiswedstryd van die seisoen teen Kampsbaai.

18 Februarie 2015

SPORT

18 Februarie 2015

Sportuitslae

Sports results

Gholf Malmesbury Rola Sundowner - 11 Februarie: Enkel Stableford Frans Destroo 22; Jacob Goosen 20; Nic Goosen 19; Gey Kriek 19; Robert Orchard 18; Gerhard Bester 17. Vrydag Sundowner - 13 Februarie: Enkel Stableford Gey Kriek 21; Divan Robertson 20; Appie vd Merwe 19; Divann Horn 18; Christo Gouws 18. Saterdag Gholf -14 Februarie BB Stableford Variation Sakkie Klasen & Christo Gouws 71; Natie Smith & Thys Esterhuizen 69; Amos Schreuder & Piet Basson 68.5; Willie von Abo & H. Viljoen 65.5; Natie Smith & Pierre Jackson 65.5; Du Toit v Zyl & Johann vd Merwe 64.5. Moorreesburg Sundowner - 13 Februarie C van Graan 23, I Coutts 19, L de Jager 19. Enkel Stableford, tuis - 14 Februaie, F Linder 36, J Joubert 36, M Wiese 26.

Never Despair:

Matthew Sampson van Never Despair het Saterdag kookwater-rugby gespeel. Hier is hy op pad doelpale toe, nadat hy die bal in sy halfgebied gekry het. Dit was Never Despair se eerste wedstryd in Boland se Community Cup. Hulle het SK Walmers met 28-27 in 'n naelbytstryd gewen. Rustyd was Spairs nog 20 punte agter. Foto: David Howburgh

Gereed: Hier is die span wat Saterdag tuis teen Ferros uitdraf in die eerste wedstryd van die Cell C Community Cup Challenge. Die wedstryd begin om 16:00. Agter is Jaqyuin Ruthford, Garth Du Preez (fiksheid- en kondisionering -afrigter) Martin Lesch (agterspeler-afrigter) Ronnie Appollis, Zander Arendse (spanbestuurder) Denna Koopman (afrigter) Brynn Gerieke, Johan Louw, Nicolus Duhwa, MG Fredricks, Coenie Westraadt, Evan Liedeman, Ashwin Klaasen, Johan September, Mario Samson, Ashwin Davids, Voor: Theo Marinus, Anzo Stubbs, Gurshwin Dayson, Melvirn Lazerus, Chrislynn Van Skalkwyk, Dashton Wellman, Salmon Coetzee en Sidwell Diedricks. Afwesig: Vincent Fredricks en Arno Hendricks.

• Speel in gemeenskapsbeker

Wesbank in stryd gewikkel Meelewing en passie om klubrugby na die volgende vlak te neem: dit is hoe Willie Small, hoof uitvoerende beampte van die Boland Rugbyunie, Wesbank beskryf het. Small het die klub Maandagaand besoek op die vooraand van hul eerste wedstryd Saterdag in SA Rugby se Community Cup (Cell C Community Cup). Hy het die klub gekomplimenteer met hul gees en prestasies: “Julle is vir my ‘n riem onder

NUUS • NEWS

die hart. Maar onthou, dit gaan nie oor wen of verloor nie, maar hoe jy deelneem.” “Glo in jouself, gaan om te wen,” het motiveringspreker Demore Pretorius die manne aangemoedig op die funksie waar die span aangekondig is. "Hy het ook die spelers wat nie span gehaal het nie, aangemoedig om nog steeds Wesbank en sy visie te ondersteun. Die aand is ook deur die borge bygewoon. Al-

bie Coetzee van Malmesbury Superspar het die klub voorspoed toegewens en gesê hy voel sakelui moet meer in die dorp se sportkultuur belê. “Ek is altyd beïndruk met julle samehorigheid: die ondersteuners en bestuur maak die klub.” Jacques Malan van OK MiniMark het sy stem hierby gevoeg: “Ons is baie trots op julle en hierdie is ‘n lekker uitdaging. “Rugby is nie net ‘n spel vir ons nie, dit is in ons bloed, ons is so gebore!”

Tennis Malmesbury Gemengde Liga: Malmesbury A teen Rekreasie Malmesbury verloor 7 wedstryde teenoor 1 Braam Isaacs v F Sauerman 5/7, 2/6; Dmitri Marais v C v Wath 3/6, 3/6; Kim Titus k M Roux 6/1, 6/0; Euodia Vermeulen v A Wienecke 3/6, 4/6; David Isaacs & Antoinette Snyman v A Rudman & P Kruger 5/7, 4/6; Braam Isaacs & Kim Titus v F Sauerman & M Roux 3/6, 0/6; Dmitri Marais & Euodia Vermeulen v A Rudman & P Kruger 4/6, 3/6; David Isaacs & An-toinette Snyman v C v Wath & A Wienecke 1/6, 3/6. Gemengde Liga: Malmesbury B teen Country Club A Malmesbury verloor 3 wedstryde teenoor 5 Daryl Blom & Alwyn Burger v D Whitfield & A Whit-field 4/6, 4/6; Irvan Turner &Martin Nel k H Hotarek & B Walsh 6/2, 6/1; Annette de Wet &Marlene Hanekom v B Lensink & C Hotarek 1/6, 6/2, 6/7; Marisa v Zyl & Jessie Liebenberg v R Humphries & P Neethling 0/6, 1/6; Daryl Blom & Annette de Wet k P Whitfield & B Lensink 2/6, 6/4 7/6; Alwyn Burger &Marlene Hanekom v A Hotarek & C Hotarek 4/6, 1/6; Irvan Turner & Jessie Liebenberg k H Hotarek & R Humphries 6/2, 6/4; Martin Nel & Marisa v Zyl v B Walsh & P Neethling 1/6, 6/7. Gemengde Liga: Malmesbury C teen Vredenburg A Malmesbury wen 4 wedstryde teenoor 2 Sarel Steyn & Mariethna Petersen k G Richards & A Fitchet 6/0, 6/2; Arnold van Jaarsveld & Hanneke Schreuder k G Roelofse & Jean Mari 6/3,7/6; Greame Cupido & Alec Viljoen v A Pretorius & N Loubser 1/6, 3/6; Mariethna Petersen & Hanneke Schreuder v A Fitchet & Jean Mari 0/6, 3/6; Sarel Steyn & Arnold v Jaarsveld k A Pretorius & N Loubser 6/3, 6/4; Greame Cupido & Alec Viljoen k G Richards & G Roelofse 6/2, 6/4.

uitslae geborg deur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.