Die courant 20 mei 2015 321

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

dié

1

20 Mei 2015

Uitgawe 321

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

•PLANNE GOED OP DREEF

bied word nie. Die munisipaliteit het die perseel langs Gerfie teen ‘n drasties-verlaagde bedrag beskikbaar gestel, maar eers moes genoeg geld bekom word. Aan die einde van 2012 het hulle ‘n welkome meevallertjie van die Malmesbury Lions-tak ontvang. Die klub het ‘n tjek van R53 500 aan hulle oorhandig vir die aankoop van die perseel. In 2013 het die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, die eerste simboliese sooi op die nuwe terrein gespit. Nou is alles weer op dreef en die bestuur het hul erns met die projek beklemtoon. Hulle glo dat donateurs hul harte en hande vir Jo Dolphin sal oopmaak. Jacques Swarts het aan dié courant vertel dat hulle ‘n ‘groen’ gebou beplan. Die opsie van ‘n ligte staalraam-konstruksie soortgelyk aan die wat gebruik is by die nuwe McDonald’s op die dorp, word ondersoek. Kostes sal drasties verminder, aangesien dié tipe geboue binne die helfte van die tyd as konvensionele steengeboue opgerig word. Hy het mense genooi om na vore te kom met idees en hulp. “Ons verwelkom kundigheid en moontlike befondsers veral in terme van hernubare energiebronne wat die organisasie in staat sal stel om meer koste-effektief bedryf te kan word. Ons sal ook hulp met ‘n groentetuin en speelterrein waardeer. Daar word verder hulp benodig met omheinings, sekuriteit en kundigheid en arbeid in die verskeie bou-dissiplines." Die voorsitter, Cecil Errens, het ook sy visie herbevestig: “Ek wil graag help om ‘n gemeen-

Sewe jaar nadat die Jo Dolphin Spesiale Sorgsentrum die eerste keer ‘n kamer by die huidige Nagskuiling betrek het om dienste aan gestremdes in die dorp te lewer, is hulle nou reg om hul eie gebou op te rig. “Die sentrum sal uiteindelik in die omgewing van R6 miljoen kos,” het die bestuur aan dié courant gesê. “Ons het R600 000 nou beskikbaar en kan daarmee die bouery aan die gang sit.” Hulle planne is verlede jaar effens op die lange baan geskuif, nadat beweerde bedrog by die sentrum aan die lig gekom het. Bewerings dat honderde duisende rande verduister is, het aanvanklike vrese laat ontstaan dat borge voortaan sku sal wees om die vereniging finansieel te ondersteun. Die bestuur het egter die bul by die horings gepak: ‘n Persverklaring het die omstandighede kaalvuis verduidelik en elke borg en ondersteuner is besoek om die saak eerstehands uit te klaar. Die polisie is nog steeds besig met die kriminele ondersoek en ‘n plaaslike ouditeur doen ‘n forensiese oudit, maar intussen het die vereniging besluit om hul visie na te jaag en met hernude ywer aan hul toekomsplanne te werk. Die planne vir die nuwe sentrum is aangepas tot dubbel die aanvanklike grootte en is pas

skap te skep waar die mense van die omgewing omgee vir mekaar en ons droom waar maak om ‘n volledige databasis te skep van alle Swartlanders wat saamleef met gestremdhede.” Hy het die gemeenskap geloof vir hul ondersteuning en hulp met donasies en fondsinsamelings. Errens het ook voornemende donateurs herinner dat hulle enige skenkings teen belasting kan afskryf. "Jo Dolphin streef daarna om ‘n gemeenskapsdiens te lewer in die Swartland, wat lewenslange voorsiening vir versorging, ontwikkeling en steun aan persone met gestremdhede en hul families kan bied. Met die hulp, bydraes en ondersteuning van die gemeenskap kan ons hierdie droom verwesenlik en hierdie groot behoefte aanspreek. Elke persoon met gestremdhede het die reg om binne sy of haar gemeenskap, binne ‘n veilige omgewing, met waardigheid versorg te word volgens hul behoeftes en tot sy of haar volle potensiaal te kan ontwikkel. ‘n Gemeenskap beteken dat ons omgee en hulp verleen aan elke individu daarbinne." Die bestuur het mense gevra om hulle te help met ‘n databasis van mense wat met gestremdheid saamleef. Inligting kan gestuur word na jodolphinmbury@telkomsa.net of 022 486 4186.

Classic Clashes:

Die rugbyen netbalspanne van Piketberg Hoërskool en Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, het mekaar Saterdag die stryd aangesê in die FNB Classic Clashes. Schoonspruit se eerste netbalspan het met 24-21 gewen, terwyl PHS se eerste rugbyspan Schoonspruit met 23-21 geklop het.

Tuiste vir Jo Dolphin goedgekeur. Die geboue maak voorsiening vir vyf klaskamers, 'n terapiekamer, ruim kombuis en eetsaal, groot moderne badkamers en toiletgeriewe spesiaal vir gestremdes, asook 'n administrasiekantoor. Die bourekenaar is ook aangestel en tenders sal binnekort aangevra word. Die perseel is langs die Gerfie-bewaarskool en grens aan St John, Koch- en Albaniestrate en sal vir 70 tot 75 kinders en volwassenes voorsiening maak. Die huidige sentrum het net vir 20 kinders plek en daar is ‘n lang waglys. Die nuwe sentrum sal uit drie fases bestaan: die dagsorgsentrum is eerste, dan volg werkwinkels vir mense bo 18 jaar en in die derde fase sal gekyk word na ‘n groephuisskema vir 24-uur versorging, om aan families die gemoedsrus van lewenslange versorging te kan verseker. Op 15 September 2010 is Jo Dolphin as die 28ste tak van die Wes-Kaapse Assosiasie vir Persone met Gestremdhede ingelyf, en staan toe bekend as die Jo Dolphin Swartland Association for Persons with Disabilities (JDSAPD). Daarna het die sentrum na ‘n woonhuis in Wesbank verskuif wat steeds gebruik word. Vir ‘n geruime tyd is dit egter al te klein en beknop. Daar is geen speelplek vir die kinders nie en ontwikkelingsprogramme kan nie na wense aange-

NUUS • NEWS

20 Mei 2015


NUUS • NEWS

2

Kleuters nou vasgegespe Ouers wat met hul kleuters reis, is van 1 Mei wetlik verplig wees om hulle in ‘n motorstoeltjie vas te gespe. Die Minister van Vervoer, Dupuo Peters, het die wysiging aan die nasionale Padverkeerswet amptelik van 1 Mei af in werking gestel. Philip Humphreys, Swartland se Direkteur Beskermingdienste, sê om die slagting op die land se paaie te verminder, het wetstoepassers reeds in die afgelope vakansietyd ouers aangespreek wat nie hul kinders se veiligheid vooropstel nie. Ingevolge die nuwe wetswysiging, waarvan

die voorneme reeds op 31 Oktober 2014 bekendgemaak is, sal alle kinders onder drie jaar in ‘n motorstoeltjie vasgegespe moet wees wanneer hulle in ‘n motor ry. Volgens die Departement van Vervoer gee dié tydperk motoriste genoeg tyd om die nodige motorstoeltjies aan te skaf voor dit van krag word. “Om uit ‘n motor te val is een van die ernstigste goed wat in ‘n ongeluk met ‘n mens kan gebeur - driekwart van alle insittendes wat in ‘n ongeluk uit ‘n voertuig val, sterf,” het Humphreys beklemtoon.

Wen met skaapkop-fees Wen een van 3 dubbelkaartjies na Skaapkop-eet Fees op Clanwilliam! Sms jou naam, van, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Donderdag om 12:00. Waar word die Skaapkop-eet Fees vanjaar gehou?

20 Mei 2015

• Liedere bind hul steeds

Sangers weer saam ná 50 jaar Die Hantam Harmonisers was vier jongmanne aan die Hoërskool Fanie van der Merwe op Calvinia wat die meisies se knieë behoorlik lam gemaak het in die sestigerjare. Intussen het hulle al vier ‘n Kaapse (en Malmesbury) draai gemaak, sonder dat hulle almal van mekaar bewus was. “En toe loop ons mekaar raak – by ‘n begrafnis van ‘n vriend. Dit was nou ‘n glimlag met ‘n traan,” het David van Wyk aan dié courant vertel. Die Hantam Harmonisers het uit David (Dove), Johannes Klassen (Hottie), Gert van Schalkwyk (G’Boy) en Stanley Leukes (Boet Sterns) bestaan. Met een kitaar as begeleiding het hulle die gemeenskap en jeug op Calvinia op hol gehad met hul optredes in konsertsale. “Ons het onder meer die musiek van die Beatles, Elvis, Cliff Richard en ander groepe van daardie era gesing,” vertel Johannes. “Ons het gesing dat die klowe in die Hantamberge weerklink: van gewyde liedere by geleenthede van die Pinksterkerk tot kompetisies, het ons aan alles deelgeneem.” Onlangs het die groep toe weer ‘n buiging gemaak, ná 50 jaar. Dit was met die begrafnis van hulle vriend, Daniel Maree, se begrafnis in die VGK in Robinvale, Atlantis.

“Daar was nie tyd vir ‘n oefensessie nie. Maar toe ons mekaar sien en die gedagte kry, het ons onmiddellik die toonhoogte gekry, mekaar gevind en spontaan begin sing, met betraande oë… `Earnestly tenderly Jesus is calling…’. “Met die afsluiting van die lied het gemeentelede en begrafnisgangers, amper soos van ouds, luidrugtig begin hande klap (en dit in die kerk).” Dan op ‘n hartseernoot, dra hulle hierdie onderhoud aan hul sangmaat Stenley Leukes op, wat baie siek is. En die toekoms? “Die van ons wat kan, sal weer gehoor word.”


NUUS • NEWS

3

20 Mei 2015

• Sentrums, ontwikkelings en meer bespreek

Bestuur antwoord vrae

Dankie, vanaand kan ek lekker slaap. Hierdie woorde het die gevoel van die grootste deel sakelui ge-eggo wat verlede week na die Swartland Munisipaliteit se aanbieding voor die Malmesbury Sakekamer geluister het. Die munisipaliteit was die gasheer van die aand en het dus ook die spreekbeurt gehad – iets wat een keer per jaar gebeur. Munisipale bestuurder Joggie Scholtz en burgemeester Tijmen van Essen het ‘n tandem-aanbieding gedoen oor kwessies wat veral die sakelui sou interesseer of raak. Lede kon ook vooraf vrae indien en dit is ook tussendeur aangespreek. Almal was natuurlik nie tevrede met die inligting nie en die vraesessie het dit weerspieël. Beswaardes moes toe maar verlief neem met ‘n uitnodiging om persoonlik met die betrokke amptenare te gesels. Scholtz het sy spreekbeurt begin met die nuus dat NERSA die ongeveer 25% elektrisiteit tariefverhoging van Eskom goedgekeur het. Scholtz het ‘n paar besprekingspunte op die tafel geplaas: terugvoering oor die onlangse kliëntediens-opname, die plaaslike ekonomiese klimaat en die opgradering van paaie in en rondom Malmesbury. Dit is die tweede keer dat ‘n opname onder die gemeenskap gedoen word oor dienslewering. Die eerste opname is deur 348 mense ingevul – dié getal het nou amper verdubbel na 783. Die opname het gekyk na al die verskillende dienste wat deur die munisipaliteit lewer en oor die algemeen was die terugvoering positief. By elektrisiteit is daar onder meer gekyk na die spoed waarteen nuwe aansluitings gedoen word, meters vervang word, die spoed waarteen onderbrekings herstel word, kennisgewings rakende onderbrekings gegee word ensovoorts. Tevredenheid was tussen 59% en 62%. Scholtz het ook ‘n paar ander feite rondom elektrisiteit onder die gehoor se aandag gebring: “Ons is die verspreider van elektrisiteit in net vier van die elf dorpe – die res is Eskom-krag. Die persentasie-verdeling tussen die 11 dorpe (4 en die 7) ten opsigte van uitstaande debiteure is onderskeidelik 24% en 76%.

“Ek kan ook met vrymoedigheid sê dat ons nie gebruik maak van die stelsel waar meters geskat word nie. Daar is wel ontoeganklike meters wat die lees van meters bemoeilik, maar daar is unieke maniere van samewerking om die korrekte lesing te kry. Uiteraard kry ons ook baie kritiek weens die lukrake manier waarop beurtkrag toegepas word,” het hy met ‘n grinnik gesê. Scholtz het ook riglyne gegee vir diegene wat op klein skaal hul eie krag wil opwek. Die munisipaliteit kan tevrede wees met die uitslag van die opname as dit kom by die verwydering van huishoudelike en tuinvullis –80% van inwoners is tevrede met die huidige dienslewering. Straatvullisdromme en die skoonhou van strate word ietwat laer geskat, op 61.7%. Twee kwessies waaroor inwoners nie gelukkig is nie, is die herstel van slaggate, teer en herseëling *38,7% ontevrede) en die skoonmaak van sypaadjies en spuit van onkruiddoder (38%). Goedkeuring van bouplanne is een gebied waarop Scholtz baie trots is. Die 53% tevredenheid vertel ook nie die hele storie nie: Swartland Munisipaliteit gee hier die toon aan as dit kom by vinnige dienslewering. “Ons het die tydperk wat dit neem om ’n plan goed te keur, verminder van 73 dae in 2009/10 na 10 dae verlede Augustus. Ons het die rompslomp nou gesny waar ons ’n plan in sewe dae kan goedkeur,” het hy gesê en die mense verseker dat daar maatreëls in plek is om te keer dat kwaliteit ingeboet word. Die volgende punt op die agenda was evaluering van die plaaslike ekonomie, die sogenaamde LED Maturity Assessment, wat deur die regeringskonsultant, John Lawson, gelei word. Die sleutelarea waar werk nodig is, is die monitering en evaluering van uitkomste en impak. Aanbevelings vir die volgende jaar is onder meer vestiging van ‘n prestasieraamwerk vir LED monitering en evaluering; bepaling van die moontlike gapings in die sake-ontwikkeling en ontwikkel ondersteuningstelsels. Hierna het die klem verskuif na vervoer en paaie. Raadsheer van Essen het gesê hulle besef swaar voertuie is ‘n probleem op die dorp, maar terselfdertyd is dit ook belangrik vir die dorp se ekonomie. Hy het die moontlikheid van ‘n stopplek vir vragmotors op die oop grond oorkant

die begraafplaas in die industriële area genoem. Heelwat aandag is ook gegee oor die vervoernetwerk: knelpunte, verbeterings en planne. Die planne kyk na huidige en ook beplande ontwikkeling, soos Klipfontein, De Hoop, Rosenberg en die nuwe industriële gebied. Een van die knelpunte waarna gekyk word, is die aansluiting van Piet Retiefstraat by Voortrekkerweg. “Die kruising moet verander, ons kyk nog net na die beste uitweg,” het hy gesê. Ander plekke wat aandag geniet, is die kruising van Bokomo- en Voortrekkerweg, die brug oor die Dieprivier, ‘n moontlike verkeersirkel en halfsirkel by Rosenberg- en Smutstrate. “Ons kyk ook na Bokomoweg. Daar is baie idees: vernou dit, verbreed dit, maak ‘n middelmannetjie,” het hy gesê. Bokomo se in/uitgange, ander aansluitings vir die nywerheidsgebied en die gebruik van ou Kalbaskraal-pad is alles op die tafel. Van Essen het die onderwerp van winkel-sentrums ook aangeraak. "Ons het nie plek vir twee sentrums nie," het hy gesê. Scholtz het wel bevestig dat geen planne tot op hede vir die 'Harry Viljoen'-sentrum ontvang is nie. Op ‘n vraag oor die gebrek aan openbare vervoer, is die vergadering ingelig oor planne om die My City-busstelsels tot op Malmesbury uit te brei. Maar eers word daar gewag dat die Geïntegreerde Vervoerplan vir die Swartland en Weskus voltooi word.

350g Double Breasted Grilled Chicken with a choice of Peri-Peri or Grill Basting Sauce.

SABINO CANYON SPUR Beansa Building, Cnr Rainer & Voortrekker Roads, Malmesbury. 022 487 1511 www.spur.co.za

Valid 15 May - 30 June 2015. Terms and Conditions apply. VAT incl. Per person. Eat-in only. The visuals are for descriptive purposes and meals served could vary. Portion weights are raw weights.

24918s

Customer Care: 0860007787


courant

dié

4

Wegkruipertjie-winter

Winter... Die tyd van die jaar wat vir die uwe die lekkerste is. Aande voor die knetterende vuur, met 'n boek wat jy wegvoer na 'n ander tyd en plek, die reën wat teen die ruite vaswaai, terwyl die wind loei om die hoeke van die huis. Ons trek nou al aan die einde van Mei, maar die reën bly ons ontwyk. Bidure word gereël, sodat daar gebedsgroepe gehou kan word juis hiervoor. Reën wat so nodig is in hierdie planttyd, reën wat ons soms so irriteer as jy sopnat, met hare wat soos toutjies hang, by die kantoor instap. Reën wat ons so as vanselfsprekend aanvaar. Tot dit nie daar is nie. Dan sing ons 'n ander deuntjie. Sommige boere het begin om die dor lande te bewerk, om te plant waar dit kurkdroog is, met die hoop op reën wat moontlik binnekort sal val. Die wolke pak saam oor die Swartland, maar hulle gee nog nie wat ons nodig het nie. Moeder Natuur is 'n kragtige mag wat met respek en agting behandel moet word, want sy kan jou vinnig op jou knieë dwing. Ons is afhanklik. Nie net van reën nie, maar van so baie ander alledaagse gebruike ook. Kyk net hoe ons tot stilstand gedwing is toe die internet Maandag vir 'n ruk stadig was. Dit het gevoel of die week net nie kan begin nie. Dis in sulke tye wat jy retrospektief neem van dit wat jy nodig het om te oorleef, en dit wat jy wil hê. En dan? Dan is jy dankbaar vir elke druppeltjie wat jou kant toe kom.

NUUS • NEWS

20 Mei 2015

Moorreesburg SAPD behaal suksesse Die Moorreesburg SAPD het verlede week ‘n deur-tot-deur bewusmakingsveldtog in die Fairview-gemeenskap gehou. Pamflette oor kinders se regte, hoe om veiligheidsouers te wees en hoe om kindermishandeling te rapporteer is uitgedeel. ‘n Opname is ook gedoen oor tevredenheid met die polisie se diens, kennis oor noodnommers en die oorsake van misdaad. • Sers Jaco Crous en konst Johnson het 11 Spaza Shops besoek om te kyk vir onwettige okkapyp-tabak en die geldigheid van immigrasie permitte. Adj-off Hugo Meyer en A/o Janine Weideman het seker gemaak dat tweedehandse selfoonhandelaars se permitte geldig is. • Sersant Visagie en mnr Sidney Boois het ‘n bewusmakingsveldtog by die Klein Karnmelksvlei plaasskool en Ruststasie skool gehou oor kinderbeskerming. Sy het die kinders se regte en verantwoordelikhede verduidelik en beklemtoon dat enige vorm van mishandeling dadelik aangemeld moet word. • Die polisie soek na Jacques Baadjies (15) wat op 20 April as vermis aangemeld is. Hy woon in Huis van Heerde Kinderhuis. Volgens die ondersoekbeampte, sersant Colin Felix ,was Jacques geklee in ‘n swart, wit en blou gestreepte top, swart sweetpak, swart kroks. Hy het ‘n getattoëerde kruis op sy linkerskouer. Indien enigeen weet waar hy is, skakel sers Felix, by 079 894,1811 of 022 433 8680. • Adj-off Henrico Visser is ‘n gelukkige man: Op 20 April meld sy buurvrou ‘n vreemde persoon op sy erf aan en hy vind uit sy Raleigh-fiets is weg. Drie dae later meld mnr Johannes Swart aan dat ‘n verdagte persoon in Ebeneazerstraat beweeg en by mense se woonpersele krap. Konst Lionel Kriel, konst Dwayne Williams en konst Melvin Rosenberg (FOTO REGS BO) het hul na die klagte gehaas en die man in hegtenis geneem. Hy kan moontlik verbind word met verskeie diefstalle van fietse die afgelope tyd. Die beskuldigde, Ashwin Swarts (20), is tot ‘n jaar gevangenisstraf gevonnis. Mense wat enige inligting het oor fietse wat in Hoof- en Excelciorstraat gesteel is, kan sers Colin Felix skakel by 079 894 1811 / 022 433 8680. Die polisie het mnr Swart bedank vir sy vinnige rapportering en dat nog ‘n verdagte agter tralies is.

Tandarts:

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Die gees van die Here is op my Nadat Jesus gedoop is en vol van die Heilige Gees van die Jordaan teruggekom het, is Hy deur die Gees die woestyn ingelei, waar Hy deur die duiwel versoek is. Toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy ‘n tyd lank van Jesus gewyk. Jesus het in die krag van die Heilige Gees na Galilea teruggekeer, daar het ‘n gerug aangaande Jesus in die omtrek uitgegaan. Jesus het in Nasaret grootgeword en met die terugkeer daarheen is Hy op die sabbatdag na die sinagoge, daar het Hy opgestaan om te lees. Die boek van die profeet Jesaja is aan Hom gegee, toe Jesus die boek oopmaak het Hy die plek gekry waar geskryf is die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy was gestuur om die wat verbryseld van hart was te genees. Om die aangename jaar van die Here aan te kondig. Jesus het nadat Hy die boek toegemaak het gesê, dat hierdie Skrif vandag in hulle ore vervul is. Die profeet Jesaja het tussen ses- en sewehonderd jaar voor Christus geleef, toe hierdie woorde deur die Heilige Gees geïnspireer neergeskryf was. Dit is dieselfde Heilige Gees wat ons met Pinkster herdenk, en wat vir ons uitgestort is.

Netbal:

Hierdie netbalspelers van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is in die Wes-Bolandspanne in hul afsonderlike ouderdomsgroepe opgeneem. Agter: Mekayla Barnard, Surine Cotter, Louise Nel, Marilé van der Waardhuizen, Lebo Masinga, Mariette Brand, Micke Smit, Liezel van der Merwe en Bianca Heydenrych. Voor: Ansuné Smit, Vuvu Nkqhyi, Stephany McKrieling, Sisanda Mndayi, Tembela Nondabula, Eska Krieling en Chloë Gouws. Lizel, Lebogang, Chloë, Bianca, Mekayla, Louise en Vuvu is in die Boland-spanne opgeneem.

‘n Pasiënt se tande word skoongemaak tydens Saterdag se kliniek op Riebeek-Kasteel. Die Universiteit van Kaapstad se tandheelkunde fakulteit het verlede week die Riebeekvallei besoek vir ‘n tandheelkundige uitreik. Tandartse en studente het die Riebeek-Kasteel kliniek tydelik in ‘n tandarts-eenheid omskep waar hulle 339 pasiënte in twee dae gesien het. In totaal is 778 tande getrek, 16 is gestop en nog 16 pasiënte se tande is skoongemaak en gepolitoer. Prof Robert Barrie, van die fakulteit se departement van gemeenskaps-mondgesondheid, die inisiatief is ‘n goeie voorbeeld van die goeie vennootskap tussen die regering en die universiteit.

Godsdiens:

Ds Henk Stavast en Derik Francis het Donderdag die Hoërskool Swartland op Malmesbury besoek in hul poging om godsdiens in skole te hou. Hulle is te fiets besig om geld in te samel vir die hofsaak.


NUUS • NEWS

5

20 Mei 2015

44

PnP Bulk Oukraal Wors Per kg

R

Skaak: Die volgende leerders van die

Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg gaan aan die Wes- Kaap Kampioenskappe vir skaak deelneem: Juan Kitshoff en Walter Bester. Voor is Rikus van Dyk en Caitlin Matthews.

Gala gee R1.2 milj inspuiting Die Swartland Munisipaliteit het ‘n hele rits dankiesê-briewe in sy onlangse raadsagenda ingebind. Een hiervan was van die organiseerders van die onlangse Swem SA-Vlak 1-streekkampioenskappe wat op Malmesbury plaasgevind het. “Vreeslik baie dankie aan ‘n ieder en elk van julle. Hierdie gala sou nie die groot sukses gewees het sonder almal se onselfsugtige bydraes nie. “Dankie vir die fantastiese, skoon geriewe wat ons elke sekonde van die dag gegroet het. Ook aan die verkeersdepartement dat hulle elke dag so flink op hul pos was,” skryf Lucinda Koch van WP Aquatics. Raadslid Marlene van Zyl, voorsitter van die portefeuljekomitee vir Administrisasie, het die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, bedank vir sy aandeel in dié sukses en gesê dit is ‘n deurbraak vir die Swartland. Scholtz het Dinsdag by die Sakekamer-vergadering gesê die kampioenskappe het ‘n R1,2 miljoen-inspuiting vir die dorp beteken. “Koffiewinkels was tot 32% besiger as gewoonlik en die gastehuise vol bespreek.” • ‘n Brief is ook van Minister Pravin Ghordan ontvang waarin die burgemeester en raad gelukgewens word met hul hantering van die “Back to Back” verslag-stelsel. Dié stelsel is verlede September deur die president ingestel om prestasie van plaaslike regering te verbeter en openbare vertroue in die sektor te herstel. Gordhan het Swartland bedank, omdat hulle sedert Oktober nog elke maand volledige verslae voorgelê het. • Koos Olivier is ‘n Gautenger wat op Yzerfontein vakansie gehou het. Hy vertel dat hulle twee maande hier was en sy watermeterlesing, soos verwag, ietwat hoër as gewoonlik was. “So ‘n week nadat die lesing geneem is, kom ‘n munisipale amptenaar na my huis en verifieer die lesing, omdat dit so hoog is. “Hy sê hulle doen dit, sodat ek nie dink hulle doen nie hul werk reg nie en omdat hulle my nie wil omkrap nie.” Olivier bedank die munisipaliteit en sê hy sien daarna uit om eersdaags permanent hier te kom woon. • Die buurtwag van Yzerfontein het ook hul dank betuig vir die veiligheidsinisiatief wat gedurende die vakansieseisoen geloods is. Hulle skryf dat as gevolg van goeie beplanning en baie sigbare teenwoordigheid van munisipale wetstoepassers en die SAPD, was daar geen noemenswaardige insidente nie. “Dit was vir ons as gemeenskap lekker om te ervaar dat ons besoekers die see en strand en Yzerfontein geniet.” • Huis Moorrees is dankbaar vir ‘n finansiële skenking waarmee hulle ‘n broodnodige bussie kon aankoop. “Ons gebruik die bussie om kos tussen instansies te vervoer en in die wintermaande vervoer ons ons personeel werk toe.” • Simon Kotze van JB’s Nissan wens die munisipaliteit geluk met sy vierde egtereenvolgende skoon ouditverslag: “Ons by JB Nissan’s en UD Trucks Malmesbury is ook trots daarop om met Swartland Munisipaliteit geassosieer te wees en sien uit na nog ‘n lang verbintenis.”

Selected products on this page have been styled for phot photography togra raphyy

36 SAVE R15

90

Flora Fat Spread S d Assorted 1kg Tub Each

38

R

Clover Ultra Pasteurised Full Cream Milk 2 Litre

Rainbow Frozen Chicken 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg

21

SAVE 2.90

R

8 Pack

Danone Nutriday Smooth Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack

+

13

50

MAY 2015 4 2 9 1 ID L A V S E PRIC

BUY BOTH FOR

All Gold Tomato Sauce 700ml and Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 470g

32

18

90

Clover Classic la assic Long Life Vanilla Custard 1 Litre

44

26

SAVE R8

90

90

90

Ariel Auto Wa W Washing shing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Auto Power Capsules 14s Each

Futurelife Smart Food 500g

WINTER WARMERS

39

90

Nestlé Hot Chocolate 500g

BUY ANY 2 FOR

36

R

Cadbury Chocolate Slab Assorted 150g (Excluding Bubbly and Bournville)

349

R

SAVE R30

PTC 9 Heater

• 1500W

100

R

PnP Medium Fleece Throws Each Large R150 Each Large Plush R200 Each • Assorted Colours

PRICES VALID 19 - 24 MAY 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Belliville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Buy aid WELCOME

Don’t pay a cent more than you have to. See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch

1191924_380x194


NUUS • NEWS

6

20 Mei 2015

Stryd tussen PHS en Schoonspruit In Saterdag se FNB Classic het Piketberg Hoërskool se eerste rugbyspan dié van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury ore aangesit het met 23-21. Op die netbalbaan was dit egter 'n ander saak, toe Schoonspruit vir PHS met 24-21 geklop het.

Gayline Koopman ontvang die netbaltrofee.

Zandre Molligan van die o.16A-rugbyspan van Schoonspruit oppad doellyn toe.

Sonique Jacobs van Schoonspruit reik vir 'n bal.

Gershwin Coetzee druk 'n drie vir Schoonspruit se eerstespan.

Benna van der Westhuizen van Piketberg ontvang die trofee van Schoonspruit se skoolhoof, AD Claassen.

Nathan Solomons (o/16A) dra bal Cameron Essex ondersteun.


NUUS • NEWS

7

20 Mei 2015

Oud-leerders presteer Vyf oud-leerders van Hoërskool Swartland het hul onderwysgrade aan CPUT behaal. Grondslagfase: Lerine Fourie (Cum Laude). Intermediêre en senior fase: Zelda Swiegers, Janet van Niekerk (cum laude), Melissa Visser

Trots:

(cum laude) en Gerda-Lize Weideman. Melissa Visser het ook die dekaansmedalje verower vir die beste onderwysstudent. Sy het 38 onderskeidings uit haar 38 vakke met ‘n finale punt van 88,36% oor vier jaar behaal.

Die juniors van LDU is Anneke Steyn (perde), Pieter Fourie (wolskaap), Pierre van Heerden (wolskaap) en Hannes Mostert (wolskaap).

Die seniors van HDU: Lene Mostert (wolskaap), Suzanne Kotze (wolskaap) en Lizelle Steyn (perde).

Die Swartlandstreek-landbouskou op Moorreesburg se Jeugskou het die afgelope paar jaar groot opgang gemaak: nie net in deelnamegetalle nie, maar ook in die prestasies van plaaslike deelnemers. Die skoumanne en-meisies van Laer- en Hoërskool Dirkie Uys het die Swartlandstreek onlangs op Clanwilliam by Augsburg Landbouskool in die provinsiale toernooi verteenwoordig. Deelnemers moes die afgelope skoujaar aan streekskoue deelgeneem en presteer het vir ‘n uitnodiging na die provinsiale toernooi. Die toernooi bestaan uit vier klasse van deelname: ‘n teoretiese vraestel, was van die dier, voorbereiding van die dier en laastens die skoumanklas. In dié klas word daar vertoon, hantering, konsentrasie en kennis van die skoudeelnemer getoets. Die Wes-Kaap Jeugskou het sewe streekskoue wat jaarliks tydens landbouskoue plaasvind.

Die afgelope skoujaar was daar 701 deelnemers aan streekskoue en 119 van die bestes het die WP-toernooi bygewoon. Al die kinders vaar goed en elkeen gaan huistoe met ‘n rosette. Tydens die prysuitdelingsfunksie word die Wes-Kaapse span aangekondig, nadat die vertoners se streekskoupunte ook bygereken is in ‘n finale punt. Hannes Mostert , Pieter Fourie , Lene Mostert, Lizelle Steyn en Anneke Steyn word opgeneem in die Wes-Kaap Jeugskouspan wat in Oktober 2015 aan die Nasionale Jeugskou op Williston gaan deelneem. Dit is die eerste keer in ‘n dekade dat daar vyf skoumanne in die provinsiale span opgeneem word uit die Swartlandstreek (Moorreesburg). ‘n Spesiale dank aan elke ouer wat gehelp het om die dag spesiaal en moontlik vir die kinders te maak.

Wenners:

Jonges skitter op jeugskou


NUUS • NEWS

8

20 Mei 2015

Cyclists tackle new route for Amarider The one-day ultra mountain bike marathon in the Swartland, the Amarider 100Miler, will start and finish at a new venue of Malmesbury Show grounds on Saturday. The route will be more or less the same and the 50Miler option will still start at Delico, Riebeek Kasteel as it did in previous years and will finish with the 160km riders in town. The event takes pre-entries only and has grown year after year since 2009 and there will be more or less

1000 riders taking part. Now in its seventh year the event has grown so much that this venue offers bigger and better facilities such as a building for catering, parking and ablutions for the participants. But it is all about pedaling farm roads in this beautiful country side from three to ten hours. The 100Miler starts at 07:30 and the first riders are expected after 13:00. The 50Miler starts at 09:00 and will finish in just over three hours.

The weather conditions play a major role in testing your endurance, as mud, wind or rain do on most outdoor events. The 100Miler riders have breakfast and lunch stops, while the 50Miler entrants can also enjoy good refreshment stations with fruit, Coke and snacks. The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. The format of the race creates perfect van-

tage points for spectators and support. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! The team results will be based on the 4th rider crossing the line thereby encouraging teamwork and camaraderie. To enter, visit www.amarider.oc.za and for further information email info@amarider.co.za or contact 021 884 4547.

Tomis weer 'n wenner by Cleaver-toekennings ‘n Besoek aan Tomis Country Butchery naby Hermon is ‘n ervaring van gehalte, trots en vriendelike professionalisme. Hulle het pas ‘n goue Cleaver-toekenning ontvang vir hulle kwaliteit-diens. “Ons is trots op ons prestasie en glo in ons produk,” het die bestuurder, Marike Terblanche, aan dié courant gesê. Dit is hulle tweede Cleaver-toekenning: verlede jaar het hulle platinum ontvang. Die Meat Packers-afdeling het ‘n honderd

personeellede wat van Maandag tot Vrydag in die aanleg. Deesdae spog hulle ook met ‘n winkel waar die publiek van hul keurige produkte kan kom koop. Behalwe vars vleissnitte van hoogstaande gehalte, is daar ook interessante geskenk-moontlikhede soos biltong en droëwors, asook sakkies om dit in te verpak, beskuit en ‘n verskeidenheid seep. Geskenkbewyse is ook baie gewild, selfs vir troues. Die winkel is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 oop en Saterdae van 08:00 tot 13:00. Tomis Meat Packers kry al sy vleis van hul sustersmaatskappy, Tomis Abattoir. “Hulle kry hul vleis van regoor die land en ons is verseker van net die beste,” verduidelik Marike. In die verpakkingsaanleg word die vleis verpak en onder meer aan kleinhandelgroepe soos Pick n Pay, Spar en Game voorsien. Ander markte is slaghuise, hostelle, spysenieringsmaatskappye en restaurante. Hulle voorsien lam- en beessnitte, verskillende soorte wors en burgers, maalvleis, biltong en droëwors, asook ‘n verskeidenheid ander varsvleis-lekkernye. Produkte word ook op bestelling gemaak en ‘n uitgebreide pryslys is op aanvraag beskikbaar. Marike sê hulle is op die voorpunt as dit kom by nuwe snitte en ook verpakkingsmetodes. “Soos ons lam wat ons op die Cryovac-metode verpak, wat die rakleeftyd aansienlik verleng.” Van dié lamsvleis word nou na Angola uitgevoer. Saam met Spar is uitvoere na Afrika ‘n groot vooruitsig. Gehaltebeheer is vir Tomis belangrik: “Hier kan mense met veiligheid hul vleis kom koop. Ons is trots op wat ons doen,” beklemtoon Marike. Nou het hulle ‘n bietjie verder gegaan. Hulle is op die oomblik besig met die proses om ‘n FSSC

2200-oudit (Food Safetyd System Challenge) te bekom. Marike beskryf dit as die ”Rolls Royce” van waghonde oor die bedryf. “Ons het reeds die eerste stap geslaag en is nou besig met die finale een. Dit is ‘n baie streng oudit wat deur die meeste aankopers ondersteun word. “Dié oudit word internasionaal erken en sal ongelooflik baie deure vir ons oopmaak. Alles is reeds in plek, ons wag nou net vir die finale goedkeuring.” • Die Cleaver-toekennings is tien jaar gelede

begin om die behoeftes van die verbruiker te bevredig deur standaarde van slaghuise te verhoog. Meer as 30 000 nominasies is vanjaar ontvang. Die toekennings is ‘n inisiatief van die SA Rooivleis Bedryfsforum en gee erkenning aan slaghuise wat aan verbruikers se verwagtinge voldoen as dit kom by higiëne in die slaghuis, die voorsiening van kwaliteit-versekerde SA Rooivleis, die vlak van bevoegdheid om die beste advies oor voorbereiding te verskaf en waarde vir geld.

'n Groep van die trotse verpakkingspersoneel met die twee Cleaver-toekennings wat hulle verlede jaar en vanjaar gewen het. Heellinks staan Marike Terblanche (bestuurder), Petro Viljoen (debiteure/krediteure), Van Zyl Engelbrecht (produksiebestuurder: lam en bees) en DB Koch (produksiebestuurder: verwerkte produkte).


NUUS • NEWS 20 Mei 2015

Swem: Dié leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorrees-

burg het trofeë ontvang by die Swartland Swemklub se prysuitdeling. Jessica Vorster en Winé Koekemoer het 'n gesamentlike trofee ontvang vir die mees vasberade Swemsters van die jaar. Marnu Koekemoer ontvang die Junior Klub Series Swemmer van die Jaar vir Swartland Swemklub.

9


NUUS • NEWS

10

Dagboek • Calender

Malmesbury Museum vier Museumdag 21 Mei - Vier Internasionale Museumdag om 18:00. Kom luister na twee kundiges op die gebied van oorlogsmedaljes (medalje-konsultant vir City Coins, Johan Louw) en munte – onder meer Krugermunte en skeepswrakmunte (munthandelaar: City Coins, Robert Mitchell). Bring oupagrootjie se medalje of daardie geërfde munt saam as u meer daaroor wil uitvind. Bespreek by 022 482 2332 of 082 961 6181. Kaartjies @ R50/persoon – sluit glasie wyn en ligte verversings in. Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia. co.za or contact 021 884 4752. Malmesbury Aglow 23 May - Malmesbury Aglow's next meeting is starting at 15:00 at their new venue of Rivers of Life Christian Fellowship, 22 Arend St, Wesbank. The speaker is Linda Maree. Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker 072 590 6636. Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. Abbotsdale-mark 29 Mei - Die gewilde mark begin om 18:00 in die gemeenskapsaal. Geniet aandete daar: heerlike kerriekos, breyani,rooti's, tuisgebakte brood, konfyt en groente.. Navrae: Roland, 073 155 7256. ACVV Malmesbury Mini-basaar 29 Mei - 09:30 tot 13h00, NG Moeder-gemeente Malmesbury se saal. Etekaartjies @ R50 en poeding @ R10. Kontak Elsa Willemse 022 4822245 of acvvmalmesbury@telkomsa.net Tekkie Tax-dag 30 Mei -Kansa ondersteun van vanjaar af dié dag. Koop jou R10-plakker by hulle kantoor in Hugenotestraat, Malmesbury. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www. wolwefontein.co.za Sopdans 30 Mei - Swartland Voortrekkers hou 'n dans in Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 19:30. Musiek deur Christo en Morne. Kaartjies R100 pp (kinders welkom: hoërskool R80, ander gratis). Sluit aandete in van gebakte brood & konfyt, wintersop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Kaartjies is beperk: bespreek by Lize Signs, Hugenootstraat. Piekniekdans 6 Junie - Babbel en Krabbel Bewaarskool vier hule

10de bestaansjaar met 'n dans in die Wesbankgemeenskapsaal, van 20:00 tot laat. R80 per persoon. Bring eie eet- en drinkgoed: pak u mandjie en kom geniet die aand. Die tema is "Cowboy". Kontak Ryan by 022 486 4006 of 074 311 7106. Swartbergsvlei 6 June - Darling: Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. Loopbaanvoorligting: Swartland Jeugkantoor 8 Junie - Ilinge Lethu Thusong-sentrum, 10:0016:00. Werklose jeug (18 -35). 9 Junie - RiebeekKasteel Suiderkruis POP Sentrum, 10:00-13:00. 10 Junie - Wesbank-gemeenskapsaal, 10:-00-18:00; Wesbank & Saamstaan. Tel: 022 487 9400 (x.2924) of e-pos vanschalkwykZ@swartland.org.za.

Tenkmonsterproe 11 Junie - Vredendal: Weskus Wynroete Tenkmonsterproe. 027 201 3415. Piekniekdans 12 Junie - Vrolike Vinkies Kleuterskool hou 'n dans op in die Wesbank-gemeenskapsaal van 19:00 - 24:00. Prys is R70 per persoon. Die orkes is Bacarasj. Die kleurskema is swart en pienk. Bring eie kos en drank. Kaartjies by Vrolike Vinkies . NG Kerk Darling & Yzerfontein winterbasaar 19 Junie - Darling-kerksaal van 17:00 af en om 18:00 sal die potjiekos bedien word (diakens sal die etekaartjies verkoop). Daar sal gebak wees, pannekoek, stokworsies en `n koeldrank- en lekkergoedtafel. As jy betrokke wil raak, kontak: koektafel (Cecile Russouw), stokworsies (Nora van Zyl) pannekoek (Hennie Pienaar), potjiekos (André Kirsten), vleistafel (Paul Basson), lekkergoedtafel (Marné Pienaar) of die kerkkantoor, 022 492 2513 of 022 454 2616. Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www.computicket.com of skakel 0861 915 8000.

Fietstrap vir Kansa 27 Junie – ‘n Groep tieners onder leiding van Gielie Vermeulen gaan sowat 45km fiets trap om geld in te samel vir Kansa. Skakel Gielie by 076 545 3675. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za gee-pos word vir plasing.

Kerke • Churches VGK Malmesbury Pinksterbidure Tot 24 Mei - Pinksterbiduurreeks. Die tema is “Die Gees vul ons harte met geloof, hoop en liefde”. Elke aand begin met ’n vooraf gebedstoewyding in die konsistorie van 18:30 en gemeentelike samesang vanf 18: 45 en die bidure om 19:00. Dr Llewellyn MacMaster lei die bidure tot 22 Mei en sluit die reeks Sondag 24 Mei om 09:30. Die VGK is op die h/v Jasmynstraat en Akasia-laan. AGS Corpus Christi, Malmesbury 24 Mei - Pinkster-afsluiting, 10:00, past Piet Smit. Sondagaand Global Day Of Prayer, 17:00 - 19:00 (Wesbank Gemeenskapsaal). Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 20-24 Mei - Pinksterdienste, 10:00. Do: past Pierre Hoffman, Vr: dr Fred Lubbe; Sat: past Kobus du Plessis. Past Du Plessis preek Sondag om 10:00 en die aand om 18.30 tree Nadia vd Westhuizen (2013-finalis, SA's Got Talent.) Navrae: 083 722 7787. Pinkster 2015 Tot 22 Mei – 09:30 by Aandskemering Ouetehuis. Die prediker is ds Johann Nel. Die tema: God! Is Hy… 20 Mei - Manipulerend?; 21 Mei – Gevaarlik?; 22 Mei - Wat is Sy doel met my? Die ontvangskantoor vir die tydsduur van dienste (09:30 tot 10:30) onbeman.

Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 31 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae, 08:00 – 14:00).

Getsemane Mission Church Abbotsdale 18-24 Mei: Herlewing Pinksterdienste 20:00 by die kerk in Skoolstraat. Met leraar Jan Maarman. Jeug se sangaand 30 Mei, navrae by Nikkie Maarman, 074 277 1439. Navrae: pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail. com of past Ken Pattison by 083 498 2990. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.

20 Mei 2015


NUUS • NEWS 20 Mei 2015 Dienste Services

AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/8

------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Verwyder ook tuinvullis.Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. #2078

------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Souten soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www. melieta’skitchen. co.za. #2058/2

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589

11

3 Fase koopkrag, genoeg parkeerplek, Sekuriteitshekke. Geleë in die nywerheidsgebied in die dorp. Beskikbaar 1 Junie 2015. Kontak 082 552 4848 #2081

Betrekking Vacancy BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/8

Opsoek Looking For LANDBOUSTUDENT op soek na vakansiewerk Jun/Jul vakansie. Beskik oor bestuurderslisensie. Kontak 083 455 1046 #2080

------------------------FLAT SHARE –female student seeks flatmate staying @ Zwartlandhof. 079 643 1032/ shanabritain@gmail. com. Available 1 June 2015 #2082

-------------------------

#2003/8

Opsoek Looking For

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/8

Te Koop For Sale PRIVAAT VERKOOP

#2076

------------------------Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. Gratis aflewering in Malmesbury. Skakel Laetitia 082 780 9422

A 6 month fixed term opportunity at PPC De Hoek Operation, 6km south of Piketberg.

Plant Attendant Production (Shifts) Requirements: ▪ Grade 12 Certificate would be preferable ▪ Good interpersonal skills with practical aptitude and ability to work on your own initiative as well as within a team ▪ Good state of physical health with no fear of heights or close confinement ▪ Willing to work shifts and overtime. To apply, please post your CV along with your ID and Matric Certificate to Lorraine Lourens, PO Box 10311, De Hoek, 7321. Closing date: 30 May 2015. We are an equal opportunity employer

#2072

------------------------Staal liasseer kabinette (3 laaie R300 & 4 laaie R400), 2 Craft Everest banke R2600 elk, 2 Bendwood stoele R290 elk, 2 T-leer bar stoele R350 elk, kontak 0794132520 (Malmesbury) #2077

At Swartland Group and its subsidiary companies, we have a track record spanning over three generations. Like our founder, we believe that our success is largely attributed to our ongoing initiative, innovative people and unwavering team spirit. Currently we seek to fill the following position, continuously focusing on skills enrichment.

APPRENTICE - ELECTRICAL Swartland Boudienste, Atlantis

------------------------TE KOOP - 5 Outydse skoolbanke om te restoureer. Kontak 076 211 9320

Therefore, our ideal candidate will need: • Grade 12 with Mathematics and Physical Science OR N2 qualification • Further studies will be to your advantage • Fully bilingual in both English and Afrikaans • Code EB driver’s licence and own reliable transport • Ability to handle pressure well • Ability to work independently, as well as in a team • Self-motivated and enthusiastic with high energy levels • Willingness to study at a tertiary institution and to do practical work at the company (a payback contract will be applicable).

Te Huur To Let

In return for your contribution, we offer a salary based on MERSETA rates, including membership to a medical aid and retirement fund, as well as a merit-based bonus.

#2079

THERESA’S EIENDOMME-Stoor/ Werkswinkel – 475m² R16 500 (BTW uitgesluit) p.m. – Baie netjies – Nuut oorgedoen.

To apply, forward your CV to: personeel@swartland.co.za clearly indicating the position you are applying for, your current notice period, current salary and expected remuneration. Closing date: 29 May 2015 Shortlisted applicants should be willing to undergo psychometric evaluations/assessments where required. Should you not receive feedback from us within 30 days after the closing date, please consider your application unsuccessful. 123142

strategy recruitment marketing

R239 900. 2012 Nissan Navara 2.5 DCi k/cab. Baie goeie toestand. Volle diensgeskiedenis – slegs 91720km. Kappie ingesluit, waarde R15000. Finansiering kan gereël word. Skakel Radie Heyns 083 453 7651


courant

20 Mei 2015

20 Mei 2015

Rugby:

Bloues het Saterdag teen Young Blues van Wellington te staan gekom op sy tuisveld en al twee die wedstryde gewen: die 1ste span 29-25 en die 2de span 14-12. Hier storm Gerhard Januarie met die bal, ondersteun deur Klaas Janse. Saterdag speel Bloues weer tuis teen Riebeek United.

Amanda Dick en Hogan's Bridge in aksie.

Perdeskool oes medaljes op geëindig as die wenners van die reeks. Marius Erasmus en Most Eligible het eerste gekwalifiseer in die volwasse 90 cm-reeks en was ook die wenners van die reeks. Maarten Slabber en Kalahari het tweede gekwalifiseer in die 70 cm-reeks en het in die finaal 'n derde plek behaal wat hulle toe die wenners gemaak het van die 70 cm-reeks. Maarten het ook vierde gekwalifiseer met sy ander perd, Welman, in die 80 cm-reeks. Dane van Niekerk met haar perd, Boys Will Be Boys, kon weens beserings nie aan al die kwalifiserende kompetisies deelneem nie, maar het nog steeds 22ste geëindig van 40 deelnemers in die Junior 90 cm-reeks.

Toutrekkers gesoek Moorreesburg spog nou met ‘n splinternuwe toutrekklub, Hulle soek nou na entoesiastiese vroue, mans en hoërskoolleerders wat by hulle wil aansluit. Hulle oefen elke Dinsdagen Donderdagaand van 18:15 tot 20:00 by die Gene Louw Sportterrein of Meulstraat by die balju-kantore. Gaan oefen By die Malmesbury Swemklub se prysuitdeling en saam en kyk of hierdie sport vir Jacobus Slabber en Marianné du Plooy aangewys as die juni- jou is. Belangstellendes kan Joor victrix en victor ludorum. Braam Esterhuizen en Mariëtte han Strümpher skakel of SMS by 084 514 6600. Brand is die senior victor en victrix ludorum.

Swem:

• Stryd om eersteplek

Wesbank, Spairs pak mekaar

Wesbank Rugbyklub het Saterdag sy vierde agtereenvolgende ligawedstryd teen Mamre gewen. Hulle het op Mamre gespeel en die tuisspan met 51-9 verpletter. Wesbank behaal agt drieë teenoor Mamre se drie strafskoppe. Wesbank wen dus die wedstyd met ‘n bonuspunt wat reeds met vier drieë in die eerste helfte aangeteken is. Wesbank se tweede span wen met ‘n telling van 22-5 en die derde span wen 8-6. Saterdag vind die eerste jaarlikse derby tussen Wesbank en Never Despairs op Wesbank Sportterrein plaas. Wesbank is die tuisspan. Die hekke open reeds om 11:00, met die eerste wedstryd om 13:30. Die eerste spanne sal om 16:00 uitdraf. Die klubs is op die oomblik eerste en tweede in die Swart/Wes-liga en Saterdag se wenner sal dus die top-span in die liga wees. Ondersteuners is versoek om vroeg reeds op te daag om hul onderskeie spanne te kom ondersteun. Toegang is R10 per persoon en R10 vir voertuie. Daar is ‘n kroeg op die veld en geen drank sal by die hekke ingelaat word nie. Die beheer sal streng wees en toeskouers sal deursoek word. Wesbank se bestuur het die wens uitgespreek dat die wedstryd in goeie gees sal plaasvind en dat dit ‘n vertoonvenster sal wees vir plaaslike rugby op Malmesbury.

Sportuitslae Sports results Netbal Satwerdag 16 Mei se wedstryde T Vredenburg A wen Citrusdal A 40 - 28 Moorreesburg A wen Malmesbury A 58-31 Eageleens a wen Wesbank A 30-26 Vredenburg C wen Wes Point A 35 -19 Piketberg A wen Darling A 50-22 Wesbank A wen Malmesbury B 31-20 Citrusdal B wen Broodkraal A 29-18 Eendekuil A gelyk op teen Wesbank B 30-30 Young Citerians A wen Velddrif B 12 -9 Goedgedacht A wen Coronation A 29-6 Goedgedacht a wen Coastal Link A 23-14 Coastal Link B wen Marines A 25-17 Young Stars A wen Velddrif C 16-13 Young Stars A wen Broodkraal B 18-3 Marines A wen Wittewater 37-12 Goedgedacht B wen Marines B 20-8 Young stars B wen Young Citerians B 17-8 Wittewaters B wen Happy Stars B 25-7 Young Citerians B wen Broodkraal C 14-6.

Boland soek vroue rugbyspelers

Kreet:

Jacques Schreuder van Piketberg Hoërskool het Saterdag by die FNB Classic Clashes teen Schoonspruit Sekondêr sy leerders aangemoedig met die skool se haka-kreet.

Hier is nou geleentheid vir vroue wat wil rugby speel. Vroue ouer as 18 (hulle moes op 1 Januarie vanjaar 18 gewees het) in die Boland Rugby-unie se Swartlandstreek wat belangstel om rugby te speel, kan Glynnis Cupido kontak by 083 329 6263.

tbc

Sedgwick’s Old Brown 750ml

2490

49

R

Hunter’s Dry or Gold Non-returnable Bottles or Cans 6 x 330ml Per Case

169

R

Black Label 24 x330ml Cans or 24 x340ml Non-returnable Bottles Per Case

BUY 2 FOR

24

90

Fanta, Sprite or Stoney Ginger Beer 2 Litre

Paarl VS Distillers Reserve Brandy 750ml

79

90

Harrier Whisky 750ml

PRICES VALID 21 - 24 MAY 2015 AT PICk N PAY LIqUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SqUARE, SABLE SqUARE, FRANSCHHOEk, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

189

R

Jack Daniel’s Tennessee Whiskey 750ml

OUT OF CASH? Spend your points

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App Terms and conditions apply.

1193442_100 x 260

tel 022 487 3221

Die Clintonianne perdryskool op Moorreesburg het goed gevaar in die Wes-Kaap Somerskou Spring–reeks. Die reeks het behels dat ruiters en perde aan soveel moontlik van die reeks se kompetisies deelneem wat reg oor die Wes-Kaap tot op George plaasgevind het. Hulle moes so goed moontlik presteer en dan só punte bymekaarmaak. Die finale kompetisie was die afgelope naweek. Clintonianne perdryskool het aan die reeks deelgeneem met ses perde en vier ruiters. Uitslae: Amanda Dick met haar twee 1 m-perde, Show Storm (1 ste) en Hogan's Bridge (2de) gekwalifiseer in die volwasse 1 m-reeks. Ná die finaal het Show Storm en Hogan's Bridge gelyk-

NUUS • NEWS

SPORT

dié

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.