Die courant 22 apr 2015 317

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

dié

1

22 April 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 317

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

• met gebreke elke bult op en weer af

Hulle trap saam David en Estelle Botha by hul tandem waarop hulle al 6500km afgelê het.

“Dit het 'n metafoor geword van ons lewe, van ons huwelik, van ons pad saam...” 'n Kronkelpad met uitdagings – fisiek en geestelik. Só vertel Estelle Botha en haar man David, vir 30 jaar die predikantspaar van die Verenigde Gereformeerde Kerk op Darling, oor hul roete die afgelope bykans 40 jaar en meer spesifiek, die laaste 20 plus jaar saam op 'n fiets. Estelle het pas 'n boek hieroor vrygestel. Die Baaik het Twie Koppe vertel die eiesoortige verhaal van 'n vrou met liggaamsgebreke en die smeltkroes waarin hul gelouter word as hulle besluit om op die tandem die Franse platteland in te vaar. 'n Reisjoernaal met 'n verskil. Estelle, wat op Malmesbury grootgeword en in 1973 aan die Hoërskool Swartland gematrikuleer het, is twee maande ná hul troue, toe sy 'n musiekonderwyser was, met Guillain Barré-sindroom gediagnoseer. Dié virus lei tot die “vinnige verswakking en dikwels verlamming van die arms, bene, asemhalingspiere en gesig”. Dit was 'n erge geval en het haar só verlam gelaat dat sy in die waakeenheid van die Tygerberghospitaal aan lewensondersteunende-toerusting gekoppel moes word. Dit het drie maande geneem voor haar longe sonder die respirator kon funksioneer en ná nog twee maande is Estelle ontslaan. David moes haar

vir nog twee jaar in 'n rystoel rondstoot. Sy het weer leer loop met baie hulp en 'n loopraam. Van die spiere het met tyd stadig herstel, maar Estelle se beenspiere onder haar “knieë, voete en enkels het egter slap gebly”. Haar balans is steeds versteur en sy loop met 'n kierie. Ook haar handspiere wat die vingers beheer, werk nie behoorlik nie. Die twee klavierspeel-hande is sedertdien omgebuig en ingetrek. Die reis met gestremdheid het nie daar geëindig nie. Die egpaar het drie kinders, waarvan die jongste twee met Rubinstein Taybisindroom ge-diagnoseer is. David en Esther is albei in die Sunfield-tehuis op Wellington en is baie gelukkig. Hul oudste dogter, Jacki, gee onderwys op Grabouw. David se pa, ook David, en sy broer, Johan, was albei vroeër leraars by die VGK Wesbank op Malmesbury-Wes. Estelle sê David, het 14 jaar ná sy siek geword het, die idee gekry dat hulle dalk saam 'n tandemfiets kan trap. Sy vertel van daardie eerste bang opklim en die eerste hale waar haar bene (wat dit nooit alleen sal kan doen nie) saamsuier op die pedale van die tandemfiets. Só het 'n nuwe reis begin en tien jaar en honderde kilometers later het die droom gekom om hul fiets oorsee te neem. Reisagente was skepties oor die twee se planne en toe besluit hulle om dit self te beplan. Met David se volgende langverlof en baie beplanning en ure se oefen op die Swartland se paaie

en 'n ander fiets ingevoer uit Engeland, het hul die reis aangepak. Talle uitdagings het voorgelê. Laaaang opdraandes en gelukkig ook laaang vryloop-afdraandes. Hulle het hul klein tentjie saam geneem en op die meeste plekke gekamp so tussen die Europese reënweer deur wat dikwels die uithouvermoë kwaai getoets het. Daar was 'n paar valle en daar was ook tye waar hulle mekaar misverstaan het. Daar was soms heerlike warm storte (douche) maar soms ook koue water, minder skoon geriewe en ontberinge. In Frankryk was daar veral twee spesiale plekke wat hulle graag wou besoek. “By die L'Archegemeenskap in Trosly-Breuil word gestremdes versorg en by die Taizé-gemeenskap naby Cluny kom jong mense oor die hele wêreld en alle kerke saam om mekaar en God en hulself te vind.” By Taizé het hulle 'n diens bygewoon met 6000 jong mense in die kerkgebou wat stil saam aanbid. Dit was 'n reis oor 935 kilometer deur die geskiedenis van Romeine en Protestante. Naby aan die natuur teen 'n fietsrypas. David vertel dat die Franse motoriste vir kilometers agter jou bly op die nou paadjies as jy teen 'n bult uittrap sonder om ongeduldig te raak. Hul tandem-reis, ritmies saam, sonder 'n keuse van wegstap of omkyk, vertel David. 'n Reis van 34 dae, van ek kan, ten spyte van, en 'n reis van Genade. Terug op eie bodem met baie joernale van die reis, was 'n boek die logiese uitvloeisel. Estelle het stukkie vir stukkie gewerk en dikwels moed opgegee. Dan weer gebêre om maande later weer te skryf tussendeur die gemeentewerk as skriba. Sy het die rou manuskrip met haar eie twee hande getik en toe 'n goeie vriendin gevra om te help met die versorging. Een uitgewer het belang gestel en 'n volle jaar geneem om te antwoord. Die proses moes maar weer begin en ná alles het Estelle, met hulp van Naledi, die boek nou self gepubliseer en die eerste oplaag laat druk. Die Baaik het Twie Koppe, só genoem na aanleiding van 'n seuntjie langs die pad se opmerking, is beskikbaar by die Book League op Darling (022 492 2667), asook by Naledi. *David en Estelle het onlangs hul wortels op Darling uitgetrek en vandeesmaand verhuis na Tulbagh-weg waar hul met 'n nuwe projek begin waar mense in “die natuur kan kom stil word en weer heel word”.

NUUS • NEWS

22 April 2015


NUUS • NEWS

2

22 April 2015

• together for farewell

What memories are made of

Elkana Childcare had the privilege and honour to celebrate their very first Matric Ball with a very special young man - Laddy Musenowa, who is a star pupil at IlingeLethu Secondary School and a recent participant at the Sondeza Youth Camp. Laddy was dressed to the nines on Friday afternoon, waiting in front of Elkana for his date Avela Ndzinge. From there they were taken to the school. The farewell was in Brackenfell and they went as a group. Laddy has been a resident of Elkana Childcare since April 2014 and is known for his dedication, humility and passion for learning. He is also an excellent soccer player and is highly respected by his coach and team members and a role model for the other children. Elkana thanked the sponsors who have, on very short notice, made this occasion a very memorable one for a very special young man. Laddy’s message was very clear “I did not expect all of these wonderful things and I will never forget all the people that don’t even know me, but did this for me. I am very blessed, and I will work very hard to make everyone proud. Thank you very much.” Elkana has been able to address some of the needs of this very special occasion, but was only able to make this memorable due to some very special people. “A special thanks to Malmesbury Motors for the vehicle, the very kind and patient driver of Malmesbury Motors, Lize Signs for the personalized number plates and their driver who graciously delivered with a smile, Lowensvlei Flow-

Astro:

Bedraad:

Die eerste transmissielyn van die 756kV Omega-lyn van Eskom is besig om sy voetspoor in die Swartland te vind. Op die N7 is oprigting reeds voltooi en die nuwe struktuur lê nou op die Durbanville-pad, slegs kilometers buite Malmesbury.

Laddy Musenowa and Avela Ndzinge in front of his dreamcar. ers and their friendly driver for the beautiful corsage and flower arrangement , Pick and Pay for consumable goods, Mr and Mrs Viljoen for delicious treats for the table, Doretta Arendse for making the roti’s and a lady who wishes to remain anonymous who purchased the shoes – you have ensured that this event was special and memorable and we are deeply grateful for your gifts and kindness. “

Werk aan die astro-hokkieveld by die Hoërskool Swartland op Malmesbury vorder fluks. Die mat het Maandag vanaf Namibië aangekom en wag nou net om gelê te word. Die pad rondom die baan is reeds geteer. Daar was reeds etlike uitdagings en is reeds baie werk agter die skerms ingesit deur Gert van Staden en Joggie Scholtz om die hindernisse oor te steek. Nou is die projek in die pylvak en lyk dit of die eerste spel in die derde kwartaal van vanjaar op die mat sal kan plaasvind.


NUUS • NEWS

3

22 April 2015

• Boere bespreek sake op porterville

Nou tyd van gee en neem Swart van Agri Wes-Kaap

Sonja Wend (Statistieke Suid-Afrika), Hein Visagie (voorsitter) en Jean Kotze van die Porterville Landbouvereniging, Niekie Mouton (Eendekuil Landbouvereniging), Hugo Visser van Kaap Agri en Gus (Anton) Pickard (Piket Bo-Berg Landbouvereniging). Daar ís groot uitdagings onder meer dat boerdery sonder krag 'n groot probleem raak. Spilpunte en koelkamers kan daarsonder nie loop nie. Só het Cornie Swart, president van Agri WesKaap verlede week op dié organisasie se negende streekkongres van die jaar op Porterville gesê. Hy het bygevoeg dat die landbou in Suid-Afrika wel 'n toekoms het. Swart het dit vergelyk met motor bestuur waar mens moet onthou waar jy vandaan kom en in jou klein tru-spieël kyk, maar dat die groot voorruit die venster op die toekoms is en dat boere moet kyk hoe hulle die geleenthede vorentoe kan ontsluit. Hy het gesê grondhervorming is die enkele ding wat die meeste produsente kwel. "Dit is 'n realiteit en moet gebeur." Swart het kongresgangers die versekering gegee dat Agri Wes-Kaap en Agri SA nie van die onderhandelingstafel oor grondhervorming sal wegstap nie. "Gaan aan met boer. Hou die georganiseerde landbou sterk. Sterk die bestuur se hand en die bestuur sal namens die produsente by die tafel bly." Oor pessimisme het Swart die bekende landbou-ekonoom professor Johan Willemse aangehaal met die volgende vraag: "Ken julle suksesvolle sakelui wat pessimisties is?" "Ons moet kyk hoe kan ons ophou met kla en bly boer," het hy gesê. Swart het die suksesvolle Witzenberg-vennootskap waar 12 000 nuwe werksgeleenthede geskep is, voorgehou as 'n voorbeeld waar produsente verbind en bereid was om nuwe boerderygeleenthede te ontsluit sonder regeringsubsidie. Hy het ook vertel van die Wes-Kaapse Minister Alan Winde wat na aanleiding van 'n groot mynboukongres met 14 000 besoekers in Kaapstad wil poog om ook 'n internasionale landboukongres van soortgelyke omvang in dié stad aan te bied.

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na admin@diecourant.co.za met jou nuuswenke!

Bo: Liam Viljoen (voorsitter: Malmesbury Landbouvereniging), Hugo de Waal (Agri WesKaap streekverteenwoordiger), Cornie Swart (president: Agri Wes-Kaap), Carl Opperman (hoof uitvoerende beampte: Agri Wes-Kaap) en John Dürr (voorsitter: Wes-Kaapse Rooivleis Produsente-organisasie). Regs: Willie Liebenberg van Moorreesburg het 'n toekenning by die streekkongres ontvang vir die besondere dienste wat hy al as landbouleier aan Agri Wes-Kaap gelewer het.

Swart het afgesluit met 'n boodskap dat die landbou by die punt is "waar ons moet gee en neem. "Ek hoop dit is 'n wonderlike seisoen wat voorlê en voorspoed daarmee." Van die ander kwessies wat bespreek is, is die tekort aan lewendige entstof teen bloutong, en die risiko om ander entstof te gebruik wat nie geregistreer is nie. John Dürr, Wes-Kaapse voorsitter van die Rooivleis Produsente-organisasie, het gesê boere wat ongeregistreerde entstof gebruik, sal nie kan eis as daar probleme kom nie. Hy het bygevoeg dat die Nasionale Dieregesondheidsforum 'n oudit aangevra het oor Onderstepoort Biologiese Produkte waar daar honderde miljoene belê is. Dürr het ook gesê die nuwe voorligters van Departement Landbou is jonk en onervare en daar moet aandag gegee word aan hul werksetiek en die gehalte van voorligting as hulle mense moet leer boer. Niekie Mouton van Eendekuil het die kwessie van diesel-rabatte vir boere opgehaal en gevra dat georganiseerde landbou "moet help om 'n stelsel in te stel wat in die hof water hou". "Die stelsel word tans as 'n toegif beskou en hulle wil dit wegvat," het hy gesê. Koot Claassen van die Malmesbury Landbouvereniging het gesê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is traag om rabatte terug te betaal. "Hulle vat baie lank. As ons moet betaal, moet ons dit onmiddellik doen. Dit beïnvloed boere se kontantvloei," het hy bygevoeg. Nog 'n kwessie wat bespreek is, is dié van ongediertes. Mouton het gesê boere raak desperaat as jy "26 skape verloor deur 'n tier (in ons taal)." Oor grondhervorming het Mouton gesê dat dit belangrik is dat hy sy eie werkers wil bemagtig. Dürr het daarop bygevoeg dat boere moet sorg dat hulle verteenwoordig is op die distriksgrondkomitees. * Die Weskus se distriksbestuurder van Statistiek Suid-Afrika, Sonja Wend, het die kongresgangers toegespreek oor die sensusopname wat

in 2016 gedoen gaan word. Wend, wat verantwoordelik is vir die streek vanaf Atlantis tot by Nuwerus, het daarop gewys dat Statistiek Suid-Afrika nie fondse het om aanstaande jaar 'n volledige sensus te doen soos in die laaste opname in 2011 nie. Die 2016-opname sal dus nie 'n sensus wees nie, maar as 'n Gemeenskapsopname bekend staan en 'n steekproef van sowat 10% van die bevolking behels. Dit word van Februarie tot middel Maart beplan. "Daar word gepoog om dan die eerste digitale/elektroniese opname te doen." Sy het gevra vir ontvanklike samewerking vir al die mense, ook boere, uit die streek. Volgens Wend sal die opname in haar streek deur sowat 90 ekstra mense gedoen word en deur die bestaande personeel bestuur word.

ONLY

119

90

FREE DELIVERY*

MALMESBURY 022 482 1915/6/7

CHOOSE FROM 6 DELICIOUS NEW FLAVOURS

Spicy Chicken BBQ Bacon Chicken & Feta Double Pepperoni Mediterranean Veg Ranch Chicken

T&Cs apply.

TRY SOMETHING AMAZING


courant

dié

4

Die reis van jou lewe

Die lewe is 'n reis, geniet die rit. 'n Rit is dit sekerlik. Met opdraande, afdraande, mooi natuurskoon langs die pad en 'n paar lelike slaggate. Die lewe neem jou op snaakse paaie. Kronkelpaaie waar jy mooi moet vashou, of jy tuimel berg-af, al rollende dat die stof so staan. Op hierdie kronkelpaaie tref jy soms 'n barmhartige Samaritaan aan. Iemand wat sy hand na jou uitsteek. Iemand wat bereid is om jou te ondersteun. Jou te help dra aan die swaar las. Iemand wat niks terug verwag nie. Iemand wat help... Sommer net omdat hy kan. Aan die anderkant van die munt kry jy egter die wolf in skaapsklere ook. Iemand wat hand uitsteek, nie om te help nie, om te stamp. Wat jou in situasies laat beland waarvoor jy nie kans sien nie. Wat maak dat die voëltjies om jou kop sing van duiseligheid. Iemand wat jou kop deurmekaarkrap en die lewe vir jou moeilik maak. En tog is dit soms so moeilik om hiervan ont= slae te raak, al weet jy van beter. Die lewe se reis... Soos die pad onder jou voete verbygaan en die myle ophoop, kry jy meer ondervinding. Ervaar jy dinge meer en beter. Sal jy in die toekoms dus situasies beter hanteer. Uit elke stukkie van jou reis, is daar iets te leer. Daar is altyd iets wat jy uit dit kan tap om jouself sterker te maak. Om jouself te bemagtig. Al durf jy die reis aan in 'n spoggerige Ferrari, 'n SUV met sagte lugsuspensie of 'n fiets met wiele wat maklik pap word, geniet tog die rit. Dit is iets wat net een keer vir jou gegun word.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

NUUS • NEWS

22 April 2015

Laaste kans om te wen met Wicus en Emo

Diegene wat nog nie hul kaartjies gekoop het vir Wicus en Emo se vertoning op Malmesbury nie, sal moet gouspring, aangesien die kaartjies vinnig vlieg! Vyf lesers gaan elk 'n kaartjie wen na die vertoning Vrydag in die Malmesbury Stadsaal. Al wat julle moet doen, is om die onderstaande vraag te beantwoord en dit saam met jou naam, van en tuisdorp te stuur na 084 8333 813 voor Donderdag 12:00. VRAAG: Wie tree saam met Wicus van der Merwe op in die Malmesbury Stadsaal? Intussen het Wicus 'n prys van die radiostasie 90.6fm ontvang vir "Popster".

Hierdie week se wenners is: Nicole Mentoor - Malmesbury, Johnathan Stuurman – Riebeek Wes, Christopher Farao - Malmesbury, Michelle Bester - Malmesbury en Petro Marais – Malmesbury

Kinderwet:

ACVV Malmesbury se streekkonsultant, Annake Bester, het onlangs Kinderwetopleiding (Wet 38 van 2005) aan 25 gemeenskapslede aangebied om gemeenskapslede se kennis te verbreed. Gemeenskapslede sluit in verskillende rolspelers wat betrokke is by verskillende organisasies. ACVV Malmesbury beoog om een keer per kwartaal hierdie opleiding aan gemeenskapslede te bied.

Gholf: Die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het hul jaarlikse gholfdag op dié dorp se gholfbaan aangebied. Hier is die EDM vrouespan (links) wat die wenners van die dag was. Regs is nog 'n deelnemende span.

In die teenwoordigheid van die Here Die profeet Samuel is afgebid van die Here deur sy moeder. Hanna kon nie kinders hê nie en was gespot deur haar mededingster Penina. Sy was ontsteld en wou nie eet nie en het baie gehuil. Na die ete het Hanna afgegaan na die tempel en daar haar hart voor die Here uitgestort. Die priester Eli het haar dopgehou, omdat sy in haar hart gebid het, het net haar lippe geroer. Eli het gedink die vrou is dronk, en het haar daaroor aangepreek. Sy het hom verseker dat sy nie dronk is nie, maar dat sy beswaard was in haar gemoed, en dat sy haar hart voor die Here uitgestort het. Eli het aan Hanna toegewens dat die Here aan haar haar begeerte mag skenk. Sy het hom bedank en weggegaan, en die aangesig van Hanna was anders. Hanna het op die voorvoet gekom. Sy het in die teenwoordigheid van die Here gekom. Peninna was nie meer vir haar ‘n bedreiging of uitdaging nie. Toe Moses in die teenwoordigheid van die Here gekom het, het sy gesig geblink. Hy het dit aanvanklik nie self besef nie. Dieselfde met Stefanus, net voordat hy gestenig is, het sy beskuldigers gesien dat sy gesig soos dié van ‘n engel lyk. Wanneer ons met ‘n opregte hart voor die Here buig, sal ons ook verander in ‘n nuwe mens.

Classic Clashes:

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die rugby en netbalspanne van Schoonspruit Sekondêr en Piketberg Hoërskool mekaar pak in die jaarlikse FNB Classic Clashes. Links is die reëlingskomitee: Monray Humphreys, Natally Larey, Celeste Pretorius, Zayn Areff, Gail Larey, Daan Lesch en Raynard de Jager.

Sport: Die

Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag gasheer gespeel vir talle rugby-, netbal- en hokkiespanne. Regs is Martine Scott van dié skool in aksie op die hokkieveld. Links is Stefan Kellerman, besig om twee lede van die verdediging af te skud.

CPM:

Besoekers: Die Swartland Wynkelder het gister besoek ontvang

van lede van Hallgarten Druitt & Novum Wines in Luton, Bedfordshire, Engeland. Hier is Stephan Basson, Marcell van der Walt (wynkonsultant), Jim Wilson, Steve Daniel en Pieter Terblanche (Swartland Wynkelder) in die wingerde.

CPM op Malmesbury het Saterdag hul jaarlikse sportdag gehou waar leerders van verskeie privaatskole deelgeneem het. Links laat loop Hendré de Kock doellyn toe. Regs is Emma Steyn in aksie op die netbalveld.


NUUS • NEWS

5

22 April 2015

• boom gee hom grys hare

So by my wortel...

CELEBRATE

Reusagtig:

Abe Witbooi (regs) met ‘n tak van die boom wat hom soveel probleme verskaf het. Link is die man wat die byl en graaf geswaai het, James (Tros) Pietersen.

Araucaria heterophylla klink miskien vreemd, maar baie van ons ken die boom as die Kandelaarboom. Dié boom is uitheems aan Suid Afrika – dit kom oorspronklik van Australië en groei ook op die Norfolk-eilande en in Peru. Tobie Brümmer, ‘n boomkundige, sê op die internet as hy mooi en gesond is en regop staan, word hy die ``Norfolk pine’’ (Araucaria heterophylla) genoem. Daar is egter ook ‘n ander naam in die volksmond en dit vertel ‘n ander storie: Bobbejaanverdriet. Brümmer sê al hoe meer windskewe bome steek deesdae kop uit, veral in luukse tuine. Dit is die Cook`s Pine of Bobbejaanverdriet. Die boom is nie windverwaaid nie: daar is fout met sy gene - ‘n gestremde in die plantwêreld, omdat sy groeipunt nie positief fototropies is nie en hy dus nie weet waarheen om te groei nie. Op Malmesbury het Abe Witbooi ook teëspoed opgetel met een van dié bome. Die knaap staan al meer as 35 jaar in hul voortuin in Magnoliastraat en mettertyd het hulle agtergekom

niks groei onder of naby die boom nie. “Ook geen wonder nie,” het hy aan dié courant vertel en beduie na die yslike wortels wat soos reuse slange om en oor alles krul.” “Ek wil mense net waarsku watter potensiële gevaar in hulle tuine skuil,” het hy gesê. Hulle moes eers die boom afmaak en toe die wortels met groot moeite en harde arbeid oopgrawe. Nou sal iemand dit verder kom uitsaag. Die boom kan tot 20 meter hoog word en die Williams-egpaar kan getuig daarvan: hulle het nou 40 houtblokke wat hulle vir stoeltjies en tafels in die tuin gaan gebruik. George Retief van Malmesbury Kwekery sê dit is ‘n hele proses om van dié boom en sy wortels ontslae te raak. “’n Mens kan Garlon 4 gebruik, jy meng dit met diesel en smeer dit net so op die stomp.” Dit is by hulle beskikbaar. • Die boom maak ‘n pragtige huisplant en word dikwels as miniatuur Kersbome gebruik. Binnenshuis word sy grootte deur die pot waarin dit geplant is, bepaal.

25

R

by twee geleenthede met slegs nege spelers speel, met die gevolg dat hulle ook ‘n kwart van hul punte moes afstaan. Dit het hulle hul plek in die 2de liga gekos. Intussen word die mans-enkelspel kampioenskappe dié week afgehandel. Die agt spelers wat gekwalifiseer het vir die kwarteindrondtes is Gert Adams, Peter Hall, Koos Muller, Pieter Willemse, Nicky van der Westhuizen, Robin Deyzel, Terry Shimmin en Roux

WITH PRICE DEMOCRACY FOR ALL

Coca-Cola Regular 2 Litre

Selected products on this page have been styled for photography

BEST BUY Tenderised Steak Bulk

69

R

Per kg

49

R

Bulk Lean Beef Mince Per kg

Malmesbury rolbal val vas Malmesbury se rolbalspan kon toe nie sy posisie bo-aan die punteleer handhaaf nie. Twee spanne het in die laaste wedstryd hom verby gesteek en met 4 en 3,5 punte onderskeidelik bo Malmesbury geëndig. Dit bring mee dat Malmesbury in die 3de liga bly. Volgens Roux Vermeulen het die span eintlik bo verwagting presteer, in ag genome die feit dat talle spelers nuut by die klub is, en eers hierdie seisoen begin rolbal speel het. Die vorige seisoen moes die span ‘n wedstryd prysgee, en

SA’s 21st

BUY 2 FOR

Vermeulen. Die laaste wedstryde is gisteraand gespeel, wat nog ‘n verskil aan die posisies 1 en 2, asook 5-8 kan meebring. Die kwarteindrondtes vind Donderdag om 18:00 plaas, met die halfeindstryde Saterdag 25 April om 13:00, met die finaal direk daarna. Rolbal van hoog-staande gehalte word verwag, en ‘n nuwe kampioen sal gekroon word, aangesien die huidige kampioen, Attie Nel, nie meer ‘n lid van die klub is nie.

FRESH

39

49

50

95

Goldi Frozen Mixed Chicken Portions 2kg or PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg Each

PnP Fresh Chicken Breast Fillets 4s or 18s Per kg

29

95

Potatoes 1st Class Medium 7kg

65

R

29

90

Parmalat EverFresh Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack

Kellogg’s Corn Flakes 750g Value Pack

17 25 90

18

90

Nola Mayonnaise 750g

90

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

42

90

PnP 1 Ply White Toilet Tissue 15s

PRICES VALID 23 - 28 APRIL 2015 AT PICK N PAY LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG AND WELLINGTON ONLY

22

70

PnP White Sugar 2.5kg

38

90

Surf Super Bright Auto Washing Powder 2kg Flexi Bag or Auto Laundry Liquid 1.5 Litre Each

www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

OUT OF CASH? Spend your points

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App Terms and conditions apply.

1193184_390x131

1193184_Vredenburg_39x4.indd 1

2015/04/20 11:33 AM


NUUS • NEWS

6

22 April 2015

Hugenotestraat op Malmesbury bou voort op ryke geskiedenis van sakelui Die historiese Hugenotestraat op Malmesbury was tot in 1938 bekend as Mount Pleasantstraat. Malmesbury is reeds in 1829 as dorp geproklameer en het net meer as 40 jaar later, in 1860, munisipale status verwerf. Hugenotestraat loop parallel met Voortrekkerweg, die hoofpad deur die dorp op pad na die N7, en kruis Sarel Cilliers-, Truter-, Lang- en Croeser- tot by Lowry Colestraat. Die kantore van dié is ook hier gesetel.

Cherry Lane:

Die bestaande restaurant gaan uitgebrei word met 'n onderdakstoeparea waar ons funksies kan hou vir tot 30 mense. Dan ook 'n sitkamer-gedeelte waar mammas rustig kan ontspan terwyl hul vir kinders wag wat nog besig is met na-skoolaktiwiteite - daar is ook n rooi klavier vir enigeen wat lus het om sy talente te deel. Book Trades het 'n groot verskei-

denheid tweedehandse boeke te koop. Daar is 'n klein vergaderinglokaal waar groepies ongesteurd kan vergadering hou. Ons is ook besig om die ander lokaal te omskep in n tweedehandse meubel- en oudhedewinkel. So, enigeen met ietsie ouds te koop, kan ons gerus kontak. Kom loer gerus in en kuier 'n bietjie in ons tuin of voor die kaggel.

Lize Signs, gestig in 1988, is vanaf 2001 reeds met trots deel van Hugenotestraat. Jarelange ervaring en gereelde opgradering na die nuutste toerusting, het Lize Signs laat ontwikkel in ‘n besigheid vol vars idees en ‘n uitmuntende produk. “Ons sê dankie aan die gemeenskap, wat ons in staat stel om ons liefde vir die bedryf uit te leef.”

West Coast Community Foundation Support: The Foundation’s donors

and partners have supported a wide variety of non-profit organizations (NPO’s) and activities throughout the West Coast, Beneficiaries of this generosity have included Schools, Early Childhood Development (ECD) facilities, Elderly Service Centers and Youth projects.

What is a Community Foundation? Individuals around the world and throughout time have demonstrated a charitable nature. They give of themselves willingly to promote the well-being of others and the betterment of their communities. Across the globe, citizens are bringing the practice of community philanthropy to life in ever-evolving ways. They are creating and governing new organizations that raise and give local money and other assets. The most popular form of community philanthropy across the world is Community Foundations. A community foundation is a grant-making institution that are dedicated to improving the lives of people in a defined local geographic area. They bring together the financial resources of individuals, families, and businesses to support effective nonprofits in their communities. You have a special opportunity to change our world for the better, to leave a lasting legacy that reflects your most cherished values. By making the right choices now, you can support the causes and organizations you care about today and in the future. If you are an individual donor, serve as a professional advisor to philanthropic individuals or families, are a business wanting to better spend Corporate Social Investment (CSI) funding or represent a faithbased organization, social service agency or other development organization - the West Coast Community Foundation has the resources and expertise to help you achieve your goals. As one of only three community foundations in South Africa and the only one in the West Coast region, The Foundation has gained the trust of people like you who are determined to make a significant impact in communities of the West Coast. With over 15 years of experience, the West Coast Community Foundation serves as your gateway to giving and your guide through the complex maze of opportunities and responsibilities that goes along with it. As your partner in giving, we can work with you to

define your goals and strategically plan your donations to maximize results. Whether you are starting on a modest scale or you oversee more substantial personal or institutional assets, we can help you assess the full range of options and customize your GIVING program. The Foundation offers an extensive menu of services to help you reach your goals. You can count on professional advice, guidance and support from our staff in making and implementing your choices. Field of Interest Funds connect people with their passions and specific areas of need in their community. Education, the arts, the environment and disadvantaged youth and families are a few areas donors can support through these funds. The West Coast Community Foundation will award grants to individuals/community organizations and programs that are making a difference in the areas you select. Contact them at: 41 Hugenote Street, Malmesbury, 7300, South Africa P.O.Box 924, Malmesbury, 7299, South Africa Tel: +27 22 4821 993 Fax: +27 22 4821 994 Email: info@wccf.org.za Web: www.wccf.org.za

House of Health & Skincare is in die oudste gebou in Huge-

notestraat. Ons bestaan reeds 13 jaar en spog met drie terapeute. Ons bied uitmuntende diens in gesigsbehandelings, wimper-verlengings, pedikure, manikure, wasbehandelings en masserings. Ons gebruik van die topprodukte in die land: Gatineau, Optiphi, Environ, Lycon en Gelish. Indien u moeg en oorlaai voel, maak ‘n afspraak en ons sal u weer herlaai met ons wonder -middels.


NUUS • NEWS

7

22 April 2015

STANDARD COLOURS

CARBON CONSCIOUS


NUUS • NEWS

8

22 April 2015

Ready, set... OLIVE! From the 2nd to the 3rd of May the charming Riebeek Valley and surrounds will play host to the annual Riebeek Valley Olive Festival, one of the largest of its kind in Southern Africa. The Riebeek Valley family invites you to come and enjoy the decadent delights of country living, all at a leisurely pace of course! As well as showcasing all things olive, the olive festival will give visitors an opportunity to sample the best that the Riebeek Valley has to offer. The Olive Emporium, centrally located on the Square in Riebeek Kasteel, will be offering a taste of valley life with a delectable range of luscious olives, a variety of olive based products, fine wines, sumptuous food, local arts & crafts and some foot stomping live entertainment. The venues include olive farms, wine farms, restaurants, pubs, antique shops, artists and galleries. Riebeek West is hosting a Wild West theme YEEHAA! (Olivefestwildwest). For your convenience, shuttles and tractor trips are available between the venues. Valley Food and Craft Bazaar - Eat, drink and be merry like a local Whether you feel like brunch, lunch or a sweet treat like your Ouma used to make, the Valley Food and Craft Bazaar hosted by the local ACVV will keep the hunger pangs at bay. Pancakes fresh off the griddle, sosaties, hot dogs, hamburgers, ice cold cooldrinks and zingy homemade ginger beer are but a few of the local delights that will be on offer from local NGOs. A spacious undercover dining area will be provided for those who wish to enjoy their recently purchased delicacies in comfort. And may

we recommend adding a glass, or two, of wine. Goodies like homemade ginger beer, jams, rusks and handicrafts will also be on sale for those looking for a festival souvenir. The Winkel-ACVV in Riebeek-Kasteel will, in aid of local charities, be open for business, offering a selection of collectables, gifts, good clothing, kitchenware, books etc. Short Street Olive Festival - Take a stroll down easy street Visit Short Street for Swartland boutique wines, craft beer, restaurants and market stalls

offering a little bit of everything in a relaxed atmosphere. No passport required. Is your Passport Up To Date? An Olive Passport is your ticket to all the fun! For a mere R70 per person your passport gives you access to the participating winefarms such as Kloovenberg, Het Vlok Casteel, Allesverloren, Pulpit Rock, Riebeek Cellers as well as the Olive Emporium and the Olive Boutique. Your Olive Passport can be pre-purchased online via www.webtickets.co.za or directly from

the Riebeek Valley Tourism office. Alternatively you can purchase your passport on arrival at any of the participating venues. Tasting glasses and tasting coupons will be sold separately and will also be available from all participating venues throughout the weekend. Should you not be staying overnight at one of our local B&Bs, guesthouses or self-catering establishments please consider bringing a designated driver to take you home safely. The Riebeek Valley looks forward to showing you a good time!


NUUS • NEWS

9

22 April 2015

Riebeekvallei skud vere reg vir Olyffees WEN! WEN! WEN! WEN! WEN Vyf lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie, geborg deur “On the Marque” wen na vanjaar se Olyffees wat op 2 en 3 Mei in die Riebeekvallei gehou word. Sms jou naam, tuisdorp en antwoord op die volgende vraag na 084 8333 813 voor 27 April om 12:00.

Vraag: Waar vind die Olyffees plaas. Olywe, olyfolie, olyfprodukte en olyfbome is ’n integrale deel van die Swartlandse dorpies Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes. Net so het die jaarlikse Olyffees ‘n tradisie geword wat mense vir niks wil mis nie. Vanjaar word die oes van die olyfboom op 3 en 4 Mei gevier. Die fees is daagliks tussen 10:00 en 17:00 oop vir die publiek. Hierdie gewilde fees het reeds die Weskus se toerisme-owerheid se toekenning in die kategorie toerismegebeurtenis ingepalm en was ook al genomineer vir die Klink Awards se “Crowd Pleaser”-toekenning. In 2013 is dit aangewys deur lesers van Woolworths se Taste Magazine as ’n “onvergeetlike fees”! Die Olive Emporium in die middel van Riebeek Kasteel sal gasheer speel vir plaaslike olyfprodusente en ’n groot verskeidenheid olyfprodukte sal geproe en gekoop kan word, ’n fees van olywe onder een dak! Wyn van die bekende wynprodusente van die Riebeek-vallei, handgemaakte bier, ’n fees van plaaslike kos en lewende vermaak sal ook regdeur die naweek in die

Olive Emporium beskikbaar wees. Besoekers kan van die emporium af koers kies met gratis pendeldienste en trekkerritte na die ander deelnemende produsente waar daar ook ’n wye verskeidenheid olyfprodukte, kos en vermaak sal wees, asook lekker outydse, plattelandse gasvryheid. ’n Olyfpaspoort, wat die hele naweek geldig is, sal gaste toegang gee tot die Olive Emporium, die Olive Boutique en deelnemende produsente. Die kaartjies is aanlyn by www.webtickets. co.za beskikbaar teen R70 per persoon, of dit kan op die dag by enigeen van die deelnemende produsente gekoop word, insluitende die emporium. Proeglase en proekoepons sal regdeur die naweek te koop aangebied word. Maar moenie net vir die dag kom kuier nie, maak sommer ’n naweek daarvan en kies uit die groot verskeidenheid verblyf beskikbaar. Vir meer inligting, kontak die Riebeekvallei se toerismekantoor by 022 448 1545. Vir meer inligting, skakel 022 448 1545 of stuur ’n epos aan olivefestival@gmail.com.


NUUS • NEWS

10

Dagboek • Calender

CAD (Christelike Afhanklikheidsdiens) 23 April - om 19:00 by AGS Corpus Christi, Malmesbury. Navrae 073 447 2902 Open Air Cinema Night 23 April - Moorreesburg & Koringberg Tourism is proud to present their very first Open Air Cinema Night, featuring the hit musical 'Mamma Mia' on the lawns at the Wheat Museum. Pack your own picnics, bring your blankets & bring the kids. Tickets are R20 per person, available at the Tourism Office 022-433 1072. The movie will start at 18:30. Loopbaanuitstalling 24 April - Swartland Munisipaliteit Jeugkantoor se jaarlikse loopbaanuitstalling is van 14:30 tot 15:30 in die Wesbank-Gemeenskapsaal. Navrae by Elizma/Senobia, 022 487 9400 (x 2924). Kunstefees 24-26 April - Clanwilliam, Cederberg Rooibos Kunstefees. 027 482 2024. Liedjieboer op Moorreesburg 25 April - Anton Goosen sing by De Oude Stoep op Moorreesburg. Kaartjies kos R100 elk en is beperk. Ligte eetgoed en 'n kontantkroeg is beskikbaar. Anton sal ook CD's verkoop en handtekeninge uitdeel na die vertoning. Kaartjies is beskikbaar by Juan (082 372 1416) of De Oude Stoep (022 433 3154). Pretloop & basaar 25 April - St Michaels Kerk Abbotsdale het ‘n pretloop en eindig met n basaar by kerk. Almal is welkom om in te skryf vir die pretloop. Afstande is 2, 4 of 8km. Inskrywings by komiteelede: laerskool R5, hoërskool en volwassenes R10. Kontak Ewerd Syster, 083 604 2011. Bootsale/Markdag 25 April – Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Vir enige navrae skakel 022 433 1072. West Coast Marathon 25 April: Langebaan West Coast Marathon. 022 772 2707 / 072 290 8380 www.strandlopers.co.za. Hobie Nationals 25-27 April - Langebaan: Ladies and Tiger Nationals. 022 772 2466 www.hobie.co.za. Youth Transformation Africa (YTA) 27 April - 13:00 tot 16:00 op Nuweland. Drie busse beskikbaar en vertrek om 08:00 vanaf die AGS Kerk in Wesbank. Kaartjies beskikbaar @ R45 by Computicket. Die busse is verniet en word voorsien. Olive Festival 1 - 3 May: The Riebeek Valley Olive Festival is a lifestyle festival - voted one of the best food festivals in the Western Cape, because of the devine olives, wine, cheese, pickles, jams, bread and an eclectic mix of local character, to name but a few ingredients making up this feast. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545.

Verfbal-kompetisie 26 April - Die Tippmann is Sondag in die bloekombos agter Hoërskool Swartland. Kaartjies kos R 120. Navrae: 072 348 4260 Lagoon Celebration 1-2 May - Langebaan Lagoon Celebration 022 772 1515 www.capewestcoastpeninsula.co.za Eat, Drink & Be Giving 5 May - The Gallery Riebeek Kasteel: an evening of good food, wine and rugby with Nick Mallett. Cost: R350 pp. All proceeds donated to RV Trauma Centre. RSVP astridmcleod@mweb.co.za. Piekniekdans 9 Mei - St Michaels Kerk Abbotsdale hou ‘n piekniekdans in Malmesbury stadsaal. All Sounds Band, R60 per kaartjie. Kontak Ewerd Syster, 083 604 2011. Kaartjies by komiteelede. Tertdeegkursus 7 Mei - Tertdeegkursus met Kokkedoor se Theresa de Vries op Piketberg. Leer om die verskillende deeg te maak en te gebruik by Die Bergkaros (Kardoesie). Bespreking noodsaaklik. Kostes beloop R330 per persoon. Kontak 071 659 4275. Open Day 16 May - Darling Museum Open Day 022 492 3361 www.darlingmuseum.co.za. Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752. Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www.wolwefontein.co.za Sopdans 30 Mei - Swartland Voortrekkers hou dans in Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 19:30. Musiek deur Christo en Morne. Kaartjies R100 pp (kinders welkom: hoërskool R80, ander gratis). Sluit aandete in van gebakte brood & konfyt, wintersop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Kaartjies beperk: by Lize Signs, Hugenootstraat. Fietstrap vir Kansa 27 Junie – ‘n Groep tieners onder leiding van Gielie Vermeulen gaan sowat 45km fiets trap om geld in te samel vir Kansa. Hulle het reeds hul eerste sakeborg ontvang. Skakel Gielie by 076 545 3675.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 26April - 09:30, pastoor Piet Smit praat oor Eenheid; om 18:30 praat Johan Smit oor Golden Rule To Live By Navrae: 073 447 2902.

PPK Bethesda Malmesbury 26 April - Past Reinier Nolan preek om 10:00 en Lynn Bell om 18.30. Vrouesel Dinsdae 0:00, selgroep Woensdae 19:30, Bybelstudie Donderdae 19:00, Sondagskool 08:30. 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 19 April - Past Braam Cilliers lei die diens om 10:00. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Shofar Malmesbury Sondag 26 April om 09:30 by Hoërskool Swartland Skoolsaal Charlou Jordaan kom ons besoek. Ons sien uit daarna om jou te ontmoet! Navrae: 022 482 4640. Pinkster 2015 18 - 22 Mei – 09:30 by Aandskemering Ouetehuis. Die predi-

ker is ds Johann Nel. Die tema: God! Is Hy… 18 Mei - Kenbaar?; 19 Mei - Betroubaar?; 20 Mei - Manipulerend?; 21 Mei – Gevaarlik?; 22 Mei - Wat is Sy doel met my? Die ontvangskantoor vir die tydsduur van dienste (09:30 tot 10:30) onbeman. Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 24 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae, 08:00 – 14:00). Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: kantoor: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.

22 April 2015


NUUS • NEWS 22 April 2015 Dienste Services

Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003/4

Gesoek Wanted

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za #2000/4

------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/4

------------------------Just 4 Fun Balloons (Malmesbury). Helium Balloons & Balloon Décor. Kontak Annemie by 082 565 3722 #2016/4

------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Souten soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheids koeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www. melieta’skitchen. co.za. #2058

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44,

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/4

------------------------SAAMRY -GELEENTHEID – Student soek saamrygeleentheid na Durbanville daagliks – T.C.I. Kampus. Kontak 079 943 1685

#2061

Te Huur To Let

3 Slaapkamer huis in Malmesbury beskikbaar vanaf 1 Mei 2015 teen R6000 per maand. Kontak hanrihewett@gmail. com #2059

11 VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. #2007/4

Betrekking Vacancy

VISION SECURITY benodig tydelike persoon om fakturering te doen vir Riebeek-Kasteel hoofkantoor. Finansiële agtergrond en Quick books sal in jou guns tel. Kontak 022 482 2223 #2057

------------------------BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/4

Memorium Momoriam JAMES ADONIS –

Te Koop For Sale

GROENBONE te koop. Riebeek-Kasteel. R60 vir 6 kg. Kontak 082 523 9804 #2053/1

Voertuie Vehicles

DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. #2006/4

-------------------------

Jy sou op 19 April 2015 jou 50ste verjaardag gevier het, maar God het anders besluit. Ons sal jou onthou met daai glimlag, vriendelikheid en liefde. Van Broers, susters en vriendin. #2060

-------------------------


courant

NUUS • NEWS

22 April 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

22 April 2015

LINKS: Bloues het Saterdag hul man gestaan teen die sterk span van Good Hope en die eerste spanne eindig gelykop met 12 punte elk. Hier is dit Faiz Moosa wat laat loop met die bal.

Sportuitslae Sports results

Gholf Malmesbury Woensdag Sundowner - 15 April Enkel Stableford Adriaan Balie 17; Robert Orchard 17; Hein Stephan 17; Piet Kemp 16. Vrydag Sundowner - 17 April Enkel Stableford Jean Pieters 21; Adriaan Balie 16; Johan Liedeman 16; Divan Robertson 15; Freek Stander 15.

REGS: Coronations van Kalbaskraal het hul eerste ligawedstryd teen Zebras van Piketberg gespeel. Hulle het met 11-8 op hul tuisveld geseëvier.

NG Swartland Gholfdag -Saterdag 18 April Beterbal Stableford AP vd Merwe & P Kemp 46; M van Lill & T van Lill 45; H Pieters & P Willemse 45; D Jamnek & A Bester 44 ; J du Toit & P Coetzee 43; R McCrindle & E Gouws 43; G Spangenberg & R Schwartz 43.

ONDER: Koringberg het met 51:0 teen Windriders geseëvier in hul eerste kragmeting van die seisoen.

Marius Botha het 'n arend aangeteken op die 16de putjie.

Die SAJWV Swartland Veldskiet 2015 is die naweek gehou en was weer, volgens organiseerders, 'n reuse-sukses. Altesaam 85 skuts het deelgeneem op die baan op Papkuilsfontein. Die oostewind het die deelnemers se taak bemoeilik. Die teikens het gewissel van 110m tot 335m.

Skote klap in veldskiet

• aanvallende rugby opgedis

Groot derby op Riebeek gehou

• Koringberg Rugbyklub en Windriders van Moorreesburg het verlede Saterdag op Koringberg kragte gemeet in die eerste ronde van die Gemeenskapskild van Boland. Die wedstryd was ‘n eenrigting-verkeer met Koringberg wat die drieë ingeryg het – nege altesaam. Die driedrukkers was Edwayne van Wyk (3), Robin Jagers (2), Elzin Alexander (2), Gawie Skippers (1) en Eugene Markus (1). Morné Klaaste het drie doelskoppe oorgeklits. Die eindtelling was 51-0 in die tuisspan se guns. Koringberg het al die borge bedank: Bergrivier Boerdery wat die truie en sokkies geborg het, asook Frans Busdiens vir die speelbroeke. • Koringberg se B-span het 14-0 gewen.

CHEERS 245 TO JOLLY GOOD

SA's: Allison de Wet, Thando Magingxa, Ester van der Merwe, Brandon du Plessis, en Nicol

van Schalkwyk van Hoërskool Swartland het soos volg by die ASA Junior en Jeugkampioenskappe in Bloemfontein presteer: Thando Magingxa S.19, 10 000m stap, 2de plek; Ester van der Merwe M.19, 10 000m stap, 2de plek; Allison de Wet M.19, 3 000m hindernis, 5de plek; Nicol van Schalkwyk S.17 spiesgooi, 10e plek. Brandon du Plessis, ‘n onderwyser en atletiekorganiseerder by die skool, dien op ASA se baan- en veldkommissie.

23

R

114

R

Legacy Johannesberger 750ml

Three Ships Whisky 750ml

Castle Lite Beer Non-returnable Bottles 8 x 440ml Per Pack

BEST BUY

R

SAVINGS

76

R

Jameson Irish Whiskey 750ml

88

R

Olof Bergh Brandy 750ml

PRICES VALID 23 - 28 APRIL 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES ONLY

50

124

R

R

Smirnoff Ice Double Black with Guarana 6 x 250ml Per Pack

Drostdy Hof Extra Light 5 Litre

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Multiply members earn up to 10x your points when shopping at Pick n Pay. To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiply. Terms and conditions apply.

1193277_100 x 260

Opwindende, aanvallende rugby word Saterdag voorspel vir Good Hopes van Riebeek-Wes en Riebeek United van Riebeek-Kasteel se eerste derby van die jaar. Die verwagting is dat daar tot duisend toeskouers kan opdaag. Hulle speel op Good Hopes se tuisveld op Riebek-Wes Die derde spanne draf om 13:30 uit, gevolg deur die tweede spanne om 14:45 en die groot kanonne om 16:00. • Riebeek United het Saterdag Saron oorkom met 33-27. Good Hopes het gelykop gespeel teen Bloues van Malmesbury. Die tweede span het met 7-11 gewen.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1193277_VredenburgLiquor_10x8.indd 1

2015/04/17 4:38 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.