Die courant 23 april 2014 uitgawe 268

Page 1

co urant

Gratis • Free

swartland en w eskus Uitgawe 268

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

hugenotestraat 24, malmesbury

23 April 2014

tel: 022 487 3221

Pieter-Dirk Uys (regs) met die ontvangs van sy eredoktorsgraad van die Universiteit van KwaZuluNatal by prof. Cheryl Pot-­ gieter, adjunk-visekanselier: gedragswetenskappe. Uys is vereer as ‘n ‘‘vreeslose kritikus teenoor ongeregtigheid in Suid-Afrika en ‘n meedoënlose aktivis vir ‘n oop, verdraagsame en demokratiese samelewing oor vier dekades’’.

• ‘WEES SELFSUGTIG OM VRYGEWIG TE WEES’

Pieter-Dirk word dr.

Jou stem is geheim en heilig. Gebruik dit op 7 Mei. Doen jou huiswerk. Kyk al die politieke artieste deur en besluit vir wie jy wil stem, het Pieter-Dirk Uys in sy aanvaardingstoespraak gesê met die ontvangs van sy eredoktorsgraad by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN). Die UKZN het goedgunstiglik ‘n afskrif van die toespraak aan die courant verskaf. Luidens ‘n mediaverklaring van die UKZN word Uys as satiriese skrywer, kunstenaar en aktivis vereer met ‘n eredoktorsgraad vir sy sukses in die bevordering van ‘n meer verdraagsame en meer bewuste samelewing in Suid-Afrika. Uys het reeds sedert 1994 ‘n sterk verbintenis met die UKZN aangesien die Pieter-Dirk Uys argiefversameling daar gehuisves word as ‘n waardevolle bron vir navorsers. ‘’As skrywer, akteur en aktivis was Uys ‘n vreeslose kritikus teenoor ongeregtigheid in Suid-Afrika en ‘n meedoënlose aktivis vir ‘n oop, verdraagsame en demokratiese samelewing oor vier dekades. Met humor as wapen het hy voortdurend die absurditeite en onreg van apartheid ontbloot, en post-1994 aan die voorpunt gebly

met sy MIV/vigs-aktivisme deur groter bewustheid van die siekte te bevorder en die stigma wat daaraan kleef. ‘’Ook vir sy buitegewone vermoë om kreatiwiteit te kombineer met sosiale aktivisme; vir sy lewendige verbintenis tot verdraagsaamheid en die demokrasie; en sy ewigdurende optimisme en hoop vir sy land en sy mense is die UKZN dankbaar om sy hoogste eer, die Graad Doktor in Literatuur honoris causa aan Uys toe te ken.’’ Uys, ‘n inwoner van Darling, het luidens sy geskrewe toespraak gesê Suid-Afrikaners moet onthou hulle stem nie vir Madiba nie, ook nie vir die gemeenskap, provinsie, party of land nie. ‘’Jy stem vir jouself. Jou droom. Jou toekoms. Wees selfsugtig sodat jy vrygewig kan wees.’’ Hy het gesê apartheid sal nooit onder dieselfde naam terugkeer nie, maar dat die ondernemingsgees van slegte politiek nie onderskat moet word nie. Dit sal terugkeer deur geld te maak vir ‘n poliltieke elite. ‘’Ons Titanic het die ysberg van korrupsie getref.’’ Uys het verwys na die eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994. ‘’Nelson Mandela

het my bevry van my tronk van vooroordeel en vrees. Dit was nie meer polities-korrek om rassisties in Suid-Afrika te wees nie. Ek was nie meer net ‘n wit Afrikaner nie. Ek was nou ‘n burger in ‘n demokrasie. Uiteindelik.’’ Uys het gesê as mense in die 1980’s ‘n verbode foto van Nelson Mandela die land ingesmokkel het, is jy tronk toe. ‘’Hulle sou die Playboy hou, maar jy is reguit tronk toe.’’ Uys is ook deur die courant om reaksie op sy eredoktorsgraad genader, maar het nie reageer nie. Uys het ten slotte vertel ‘n DNS is in 2011 vir ‘n televisieprogram op hom uitgevoer. Daarin is bevind dat sy voorgeslagte oorspronklik van die Kongo kom. ‘’Ek is dus duidelik swart. Vir 49 jaar het my identiteitsdokument my verse­ker ek is wit. Toe doen ek navorsing in my pa se agtergrond en het bevind dat ons ‘n groot-groot-groot-grootmoeder gehad het wat in 1791 op die pad tussen Kaapstad en die Paarl gewerk het. ‘’Dit beteken ek is ook bruin. Ek is ‘n ware Suid-Afrikaner.’’


NUUS • NEWS

2

23 April 2014

By die Malmesbury Sakekamer se ledevergadergin verlede week was Willie von Abo (Hyundai, borg), Fanie Malherbe (Prima Groep), Raiël le Roux (Raiël-groep) en Werner Schreiber (voorsitter van die Sakekamer).

Joggie Scholtz (munisipale bes tuurder: Swartland Munisipaliteit), Phillip Ook onder die gaste was Amanda Faure (RSA Agri Makelaars), Lisbe van der Merwe en Deon van Zyl het ook die en Neels Neethling. geleentheid bygewoon.

• MOENIE SKRIK VIR FOUTE EN MISLUKKINGS

Sakelui vertel van harde pad na sukses “Toe hand en harde werk” “Moenie nee aanvaar nie”

‘n Toe hand en baie harde werk – en dit sluit na-ure werk ook in! Dit was een van die hoofbestanddele van die suksesresep aan die beginjare van Fanie Malherbe van Malmesbury, soos hy dit verlede week tydens die sakekamervergadering aan ander sakelui meegedeel het. Grootgeword op Ceres, moes hy van graad 8 af naweke en vakansies in die destydse Luyt-afdelingswinkel op Ceres gaan werk teen R1 per dag ‘om skoolboeke en –klere te help betaal’. “Dis baie jammer dat kinders nie meer vandag leer om te werk nie, want ‘n mens leer baie só.” Hy het baie vinnig besef dat hy eerder sy eie besigheid wou bestuur. Hy en ‘n kollega het ‘n bandeplek op Beaufort-Wes gekoop: “Ons het nie geld gehad nie, maar wel ‘n droom en ‘n wil!” “Die verkoper en die bankbestuurder was twee goeie mense en ons kon begin met ‘n bewese rekord. Maar twee kapteins op een skip het nie goed gewerk nie en uiteindelik het ek die ‘ban­ krotbesigheid met potensiaal’ gekoop. Ons moes hard werk en dikwels ook na-ure. “In Augustus vanjaar sal ek 40 jaar in besigheid op Malmesbury wees nadat ek die destydse Malmesbury Retailers by ‘n mnr. Van Eeden gekoop het. Johan Frank senior het my gehelp met ‘n lening van R20 000 daarvoor. Op daardie stadium het ek drie besighede besit: Bandeplekke op Calvinia en Beaufort-Wes en die nuwe een plaaslik, saamgebind onder die naam Prima Groep. “My 40 jaar as besigheidsman was ook nie sonder sy kwota probleme en slegs met voor­ spoed nie! Ek het geleer dat ‘n mens die grootste foute maak in die tye wat dit voorspoedig gaan, want dan is jy minder versigtig. My waardevolste riglyne behels dat: •Ek die eiendomme koop waarin ons werk; ek glo meer in die koop en verhuur van industriële eiendom as om huise te verhuur; •Ek so 10 jaar terug aandeleportefeulje aangekoop het. Dis belangrik om sáám met ‘n goeie makelaar te sit en besluit oor die aankope. Onthou, aandele groei nie altyd nie, maar ‘n goeie portefeulje moet balans hê. •Speel altyd oop kaarte met jou voorsieners en

Fanie Malherbe borge; •As jy ‘n besigheid begin, werk met ‘n belt, kruisbande én ‘n baaltou om veilig te speel; jy moet bereid wees om eerder ‘n paar treë terug te lewe en uiters spaarsaam te lewe en nie dadelik ‘n nuwe motor of groter huis wil aankoop nie. Onthou, skuld is ‘n wyfie-ding – dit teel aan! •Hou rekord van alle kontant wat jy uitleef en sorg dat jou huishoudelike begroting binne beheer bly. Wees altyd traag om te oorspandeer aan jou eiendom(me). •Moenie skrik vir mislukkings nie, sorg eerder dat jou suksesse meer is as die foute; •Sukses kom deur honderde besluite wat op mekaar volg, nie net op een nie; •‘n Goeie boekhouer is baie belangrik. Dis ui­ ters belangrik om die regte stelsels in plek te hê, maar ek het ook vinnig geleer dat die ander be­ langrike bron jou mense, jou personeel is. •Die Bybel is die handboek van die lewe, ek het al my riglyne daarin gekry! Ek bid elke dag vir wysheid oor hoe om te lewe, te spandeer en te besluit. Verder is álles genade.”

“Ek dink nie ek sal ooit tevrede wees, of sê ek het genoeg gedoen nie!” het Raiël le Roux verlede week gesê by die Malmesbury Sakekamer: Le Roux het vertel van sy liefde vir houtwerk en -tekeninge wat van jongs af ‘n prominente dryfkrag in sy lewe was. Hoewel hy sonder kennis van basiese besigheidsbeginsels begin het, kan hy vandag terugkyk en verklaar dat hy nie spyt is oor een van sy foute nie: “Ek het geleer uit elkeen, dit het my sterker gemaak!” In 1976 het hy sy ambag as kabinetmaker in Bellville begin en om sy inkomste aan te vul, privaat­houtwerk in sy agterkamer begin doen. “Later het ek dit na ‘n ou koeistal by Johan en Mariëtte Louw op Nuweland buite Malmesbury verskuif. Ek is baie dank aan hulle verskuldig vir hulle ondersteuning vir die eerste ses jaar! “In my strewe om die beste kabinetwerker te in die Kaap te raak, het ek dag en nag gewerk om die wolf van die deur te hou. Ek baie mooi en goeie meubels gemaak, baie werksatisfaksie gekry, maar sonder geld in die bank.” ‘n Hardeware-verskaffer het hom vier hout­ handvatsels gewys en gesê hy moet dit probeer maak: “Ek het ‘n router geleen en na weke se eksperimentering dit reggekry! Ek het besef dat houthandvatsels baie gewild raak en besluit om dorp toe te skuif en voluit daarop te konsentreer. “By ‘n masjienskou in Ligna (Europa) het ek gesien hoe die Europiërs dit doen, maar meganiese outomatiese masjiene was onbekostigbaar duur. Na maande se planne maak het ek klein veranderinge op my bestaande masjien gemaak - en dieselfde daarmee reggekry! “Ek was gedwing om te leer van ‘newmatics’ en om met staal te werk - die eerste onderdele vir verandering is op my lessenaar gebou. Waar ons begin het met houtprodukte, het skoue my geleer aluminium-handvatsels en -knoppe raak gewild, asook polyester in verskillende kleure. Ons het ons eie vertoonkamers met voorraadstore begin, twee in die Kaap en een elk in PE, Durban en Johannesburg. Ek voorsien dat ons in die volgende vyf jaar deur ons eie winkels al meer direk na informele industrieë en die pu­ bliek sal bemark.

Raiël le Roux “Dit is baie belangrik om nie net jou vak te ken nie, maar ook jou mark en kliënte. Verande­ ring in besigheid is iets wat elke besigheidsman moet aanvaar en by kan aanpas, anders gaan jy stagneer. As jy ‘n markleier wil wees, moet jy weet daar is 20 tot 30 firmas wat jou dophou. As jy nie jou oog daarop hou nie - voor jy jou oë uitvee, het hulle jou mark en kliënte oorgeneem. Enkele gesegdes wat ek oor die jare toepas: * As jy dit nie meet nie, gaan jy dit nie weet nie. * What you don’t inspect people will not respect. * Groot probleme is soos ‘n olifant - as jy hom in stukkies opsny, is dit makliker. Priotiriseer en werk dit een vir een deur. Analiseer en sorteer uit; *Bly altyd buigbaar en aanpasbaar. * Oor al die jare was ek te dom om te weet wanneer om op te hou; dit is nog steeds só: Ek sal nooit tevrede wees om rustig heen te gaan nie. * As jy iets graag genoeg wil hê, moenie nee vir ‘n antwoord aanvaar nie, moenie ophou probeer nie, want jy weet nooit, miskien môre breuk jy deur.”


3

NUUS • NEWS 23 April 2014

Christene herdenk gebeure op Golgota

Die Darling Passiespel, wat Vrydag opgevoer is, was ‘‘pragtig, professioneel en aangrypend’’, volgens van die nagenoeg 700 toeskouers (foto regs) se reaksie na afloop daarvan. Gavin Hector (foto bo), wat Jesus se rol vertolk het, is ‘n ‘‘uitstekende speler en ons is net só dankbaar dat alles sinvol was en dat die boodskap so ‘n verskeidenheid kultuurgroepe geraak het,’’ het Marie Hamman, wat die regie behartig het, agterna gesê. Foto’s: Michael Daiber

Wenners van Joe Foster-kaartjies Die gelukkige wenners van enkelkaartjies vir Joe Foster en Band wat Saterdagaand in die Malmesbury-stadsaal optree, is Marlene van Schalkwyk van Riebeek-Kasteel en die volgende wenners woon op Malmesbury: Christa Conradie, Sheralea Botman, Mieke Voigt en Marie-Louise Pieterse. Foster is bekend as oud-lid van die Adam-groep en skrywer van die temalied van

die fliek ‘Pad na jou Hart’. Hy en sy orkes doen Saterdagaand sy eerste solo-optrede. Die vertoning begin om 19:30 en die kaartjies kan teen Vrydag afgehaal word by die courant se kantoor in Hugenotestraat 24 op Malmesbury. Daar is ‘n nog enkele kaartjies oor - skakel Sanelle vinnig by 083 775 0657 of bespreek by admin@cksigns.co.za.

• KOSBARE GOUE KOERANT

Swartlanders onthou Koningin se besoek Maandag, presies 67 jaar gelede, het Prinses Elizabeth - later koningin Elizabeth II van Brittanje - in 1947 haar 21ste verjaardag in Kaapstad gevier. Sy, haar ouers en haar suster Margaret, het Suid-Afrika en die destydse Rhodesië (Zimbabwe) amptelik besoek. Om saam te val met die jong koningin se kroning, is ook in Suid-Afrika ‘n spesiale vergulde koerant uitgebring - reeds destyds ‘n versamelaarsitem. die courant het onlangs in besit gekom van só ‘n vergulde, maar nou brose koerant deur die Daily Mail wat op 3 Junie 1953 in Suid-Afrika versprei is, die eiendom van Henry Loubser van Mal­mesbury. “Ek het dit 35 jaar gelede present gekry by my Karoo-tannie wat versot was op die wel en weë van die koningsgesin - een van my kosbaarste besittings!” Die jong prinses se mondigwordingstoespraak in 1947 vanuit Kaapstad is destyds op haar verjaardag in Brittanje uitgesaai, ‘n toespraak waarin sy haar toegewy het tot diens aan haar land en sy mense. Baie Suid-Afrikaanse staaltjies doen steeds die ronde oor dié koninklike besoek, onder meer oor plattelanders se vrees om Engels met hulle te moet praat, en soos die 85-jarige Helen Halvorsen van Yzerfontein (Helen het op Darling grootgeraak as ‘n nooi Versfeld) vir wie dié herinnering nog douvars in haar geheue lê: “Ek

was in standerd 10 in Rustenburg Hoërskool in Rondebosch en die opgewondenheid het hoog geloop. ‘‘Ons matrieks het afgekry by die skool en was deel van ‘n groot skare mense wat die koninklikes in Adderleystraat kon inwag en ons het vir hulle gewaai. Dit was die huidige koningin, sy was nog net verloof, saam met haar ma en sussie Margaret op die oop karre. Wat ek baie goed onthou, is dat hulle sagte velle vir ons so mooi was!” Kort na hul terugkeer het prinses Elizabeth verloof geraak aan Prins Philip, die hertog van Edinburgh. Op 2 Junie 1953, ná die afsterwe van haar pa, Koning George VI, is die jong Elizabeth op 25-jarige ouderdom as koningin ingelyf. Sy is destyds beskou as die ‘sprokiesprinses’ en die vyf­tigerjare word deur kenners bestempel as haar goue jare. Daarna, saam met die koms van televisie en ander sosiale netwerke, is die koningsgesin al meer aan kritiek onderwerp. Koningin Elizabeth II se volgende besoek aan Suid-Afrika het eers weer in 1995 en in 1999 gevolg. In 2012 is haar diamant-jubilee gevier - haar 60 jaar op die troon, wat van haar die tweede langsregerende Britse koning(in) van alle tye maak. Aanstaande jaar, in 2015, sal sy verbeter op koningin Victoria, houer van die rekord.


MENINGS•NUUS

courant

23 April 2014

die

4

Tydens die Malmesbury Landbouvereniging se jaarvergadering verlede week, is die volgende lede tot die komitee verkies: Agter: Peter Steyn, Janus le Roux, Michiel Smuts, Koot Claassen en Truter de Kock. Voor is sekretaresse Erna Thiart, voorsitter Liam Viljoen en hulpsekretaris Phillip Geldenhuys.

Skram nie weg van eerstes ‘Ek het sommer padlangs gekom’, was die woorde van een van die spre­ kers verlede week tydens die Malmesbury Sakekamer se vergadering, waar sakelui gehoor het hoe twee groot sakemanne hul pad na bo moes oopkap voordat sukses na hul kant gekom het. Dié manne het hul harte oopgemaak en vertel van harde werk, dikwels na-ure, spaarsaam leef en baie opofferings maak, asook bereidheid om foute te maak en daaruit te leer. Sonder ‘n mentor om die pad vorentoe te help evalueer, maar wel met ander sakemanne wat per geleentheid raad en ondersteuning verleen het, het die sprekers verras en inspireer. Die besef dat jy nie alles weet nie, maar gehoorsaam is aan die dryfkrag binne-in jou, het mense soos Fanie Malherbe en Raiël le Roux vorentoe ge­ dring en laat vasbyt, al het die bankrot-wolf meer as een keer voor die deur kom klop en het kompeterende besighede soms hul besigheid in hul voor­ tuin kom opraap. Intussen het hulle vir onderskeidelik 40 en 30 jaar lank geweier om op te hou probeer en nooit ‘nee’ vir ‘n antwoord aanvaar nie. Inspirerend, eerlik, geskiedkundig, baie stof tot nadenke. Intussen beveel Malmesbury se Ysterman entoesiasties aan dat almal wat wonder of hulle ook dié moordende 226 km se draf, fietsry en swem sal kan baasraak, moet besef dis glad nie so moeilik soos dit lyk nie - ‘As jy genoeg oefen, sal jy dit kan doen.’ ‘Action is the only key to success,’ glo ‘n vindingryke sakevrou op die dorp. Alles in ag genome, begin dit al meer lyk of dit 100% die waarheid kan wees.

CPM: Brock van der West-

huizen from CPM received a medal for fifth place in the u.10 chess tournament. He has gone through to the WP tournament held in George on 1st May.

Atletiek: Tien atlete van afrigter Elmarie Marais het aan 3 SA-byeen-

komste deelgeneem en 6 medaljes en een Bolandrekord ingeoes. Agter is Thando Magingxa , Sam Walters, Elmarie Marais, Althea Eksteen, Mariaan Malan en Riaan Theron. Voor is Lebogang Masinga, Ester van der Merwe, Annereen Malan, Allison de Wet (Bolandrekord) en Petro Bower.

Zebra: Piketberg se

eerste rugbyspan het deelgeneem aan die Remaxtoernooi te Jan van Riebeeck H/S. Die Zebras was die wenners van die toernooi deur Jan van Riebeeck met 37-17 in die eindstryd te verslaan.

Dis Goeie Nuus

dr. Andrew Bosman

Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet?

Moses is besig om die volk Israel voor te berei om die beloofde land binne te trek. Hy vertel hulle van die geskiedenis wat hulle beleef het. Hulle moet God se gebooie wat aan hulle deurgegee is sorgvuldig hou, dat hulle mag lewe en vermenigvuldig. Hulle moet dink aan die pad waarlangs die Here hulle vir veertig jaar gelei het, deur beproewinge om te weet wat in hulle hart is of hulle die gebooie en insettinge van die Here sal onderhou of nie. Hy het hulle met manna gevoed, maar wil dat hulle sal weet dat hulle alleen lewe uit die Woord wat uit God se mond kom. Hulle klere het vir veertig jaar nie geslyt of hulle voete geswel deur die woestyn nie. Die Here wil dat hulle sal erken in hulle harte dat die Here hulle onder­ hou en onderrig het soos ‘n vader vir sy kinders onderrig en sorg. Die Here wil hulle in ‘n goeie land inbring, maar hulle moet hulleself in ag neem om nie die Here te vergeet deur Sy verordeninge en insettinge nie meer te onderhou nie. Ons het Paasfees gevier, mag ons onthou wat die Here Jesus vir ons gedoen het, dat Hy in ons plek die straf vir die sonde gedra het.

Dans: Jaen Cuttings & Shaan Davids (foto

links) van die Ceagen Dansskool op Malmesbury het aan ‘n Fedasa-kompetisie deelgeneem. Hulle het tweede geeindig in Latyns-Amerikaanse dans in die Junior 2 Beginner-kategorie. Jaycee Hoogbaard & Jayden Jacobus (regs) het eerste in die Latyns-Amerikaanse-afdeling gekom en tweede in Baldans (Ballroom). Die twee dans onder Junior 1 vlak 4.

Paashaas: Die

Sonskyn-klas van Laerskool Swartland op Malmesbury het Paasfees gevier met Paaseiers wat deur Pick n Pay Malmesbury geskenk is. Hier is die uitgelate groep by Hennie Oewies en Yolaine Swanepoel van Pick n Pay.


5

NUUS • NEWS 23 April 2014

In rolstoel: Henry Afrikaner, is 6 jaar gelede verlam in ‘n Bolandse Ligawedstryd toe

hy vir sy span Young Roses (Klipheuwel) as haker teen Riversdal uitgedraf het. Hy woon tans saam het 11 ander in Huis Andries Olivier in Durbanville - http://www.durbanvillequadcentre. co.za. Agter staan Henfre Brand (Malmesbury RVK), Tijmen van Essen (burgemeester), Edward Moos (Young Roses RVK). Voor is Lucinde Kampfer en Henry Afrikaner.

Schoonspruit op toer

: Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury se rugbyspan het die afgelope naweek na die Suid-Kaap getoer, waar hy Morester met 29 - 10 geklop het, en naelskraap met 17-21 teen George High en met 0-6 teen Sao Bras verloor het. Dit volg op die harde wedstryd teen Hoërskool Swartland, wat Schoonspruit 29-26 gewen het, wat beteken die span het ‘n uitdagende vier wedstryde binne sewe dae gespeel. Foto: David Howburg

Kragmeting op skietbaan

Die Swartland-tak van die Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging het ‘n veldskietkompetisie op die plaas Papkuilsfontein van Paul Truter gehou. Die manne met die jaggewere het mekaar, op die spe-siaal gemaakte gongs, die stryd aangesê. J.A Coetsee was die algehele wenner. Verder het die juniors op ‘n .22 gong-baan en tabelle geskiet. Later het die groot manne ook hul slag kom wys op die .22 baan en is daar lekker verder gekompeteer. Daar is ook ‘n kleiduifbaan opgestel en wanneer die manne klaar geskiet het met die lang gewere, is die stryd op die Kleiduifbaan voortgesit. Vir fondsinsameling kon die dapper skuts die “long gong challenge” skiet. Daar is na ‘n gong op 520m geskiet: Elke skut moes R20 per skoot betaal en die uiteindelike wenner het met die helfte van die fondse weggestap. Glo dit, dat uit die 68 skote wat geskiet is het 18 skote die gong op 520m getref. Dit was nou ‘n fees van skiet, maar die groot-

ste pret was die “lucky draw” na die tyd. Nadat die wenners hul plek-pryse gekry het, het ons begin met die trekking. Mnr Swart van Mccarty’s Toyota, een van die borge, het die trekking gedoen. Daar was onder andere ‘n geslagte skaap en drie gastehuispryse. Die 60ste prys was egter die gróót een: ‘n 243 ruger, wat teen kosprys deur Wildman aan ons beskikbaar gestel is. Dis gewen deur Bernard Bishop van Worcester. Bernard is in ‘n rolstoel en hy sê dat hy op universiteit laas iets gewen het (6 Olssons biere). Hy sê die lang wag, was egter die moeite werd. Die Wellingtonse Rapportryers het die kos voorsien en ieder en elk was dit eens dat die geleentheid volgende jaar net groter sal wees. Daar is toe tot laatnag saamgekuier rondom die vuur. Volgens Dirk Bester, voorsitter van die Swartland-tak, wil hulle al die borge wat die dag moontlik gemaak het, bedank.


OLIVE • OLYF

6

23 April 2014

Promotion Promotion

Allesverloren a must-visit destination during Riebeek Valley Olive Festival Visitors to the Allesverloren wine estate during this year’s Riebeek Valley Olive Festival can look forward to a range of live and outdoor entertainment and gastronomic delights. On May 3 and 4 you can taste wines at Allesverloren from different wineries and enjoy homemade meals as well as treats from a variety of food stalls, delis and the country market at the estate’s function and conference venue. Here you can also shop for fresh produce, olive oil, pesto, homemade breads, jams, biltong, various cheeses - the list goes on. A cash bar will be available. Allesverloren is the oldest Swartland wine estate and is renowned for its superlative red and port-style wines. The estate’s recently released newcomers - Trés Vermelhos 2012, Allesverloren Red Muscadel 2013 and Tinta Barocca Rosé 2013 – will also be available for tasting in their tasting centre, along with limited offers on selected Allesverloren wines. Various local artists will be performing throughout, including Waldo Lotz who has been appointed Allesverloren’s festival host. Be sure to

be at the stage area from 12:00 to 15:00 to stand a chance of winning luxury wine hampers. There is also a playground for kids where they can make the most of the jumping castle and outdoor apparatus under adult supervision. An onsite tuck shop is open all day. The Pleasant Pheasant Restaurant offers an à la carte menu and is open from 8:00 to 22:00 on Saturday and 8:00 to 16:00 on Sunday. Entry and parking on the estate is free. A shuttle service will ferry visitors the 4 km between Allesverloren, Riebeek West and Riebeek Kasteel. Festival hours: Allesverloren festival area: 10:00 to 17:00 on Saturday and 10:00 to 16:00 on Sunday. Allesverloren tasting centre: 9:00 to 17:00 on Saturday and 10:00 to 16:00 on Sunday. Pleasant Pheasant Restaurant: 8:00 to 22:00 on Saturday and 8:00 to 16:00 on Sunday. For more information about Allesverloren email info@allesverloren.za or visit www.allesverloren.co.za and join them on Facebook at Allesverlorenwines

Olywe en wyn in die per fekte kombinasie soos hier by Kloovenburg met verlede jaar se Olyffees.

Gewilde Olyffees in Riebeekvallei Die jaarlikse Riebeekvallei Olyffees word van Saterdag 3 tot Maandag 5 Mei in Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes aangebied. ‘’Olywe, olyfolies, olyfprodukte en olyfbome is ‘n integrale deel van die Swartlandse dorpe Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes,’’ lui ‘n media­verklaring. Die fees is ‘n voormalige wenner van die Weskus-Toerismetoekenning in die kategorie ‘’Toe­ risme-geleentheid’’ en ‘n benoemde in die kategorie ‘’Crowd Pleaser’’ vir die Klink-toekennings. In 2013 het Woolworths Taste Magazines se lesers dit as ‘’Die Onvergeetlike Fees’’ aangewys. Die Olyf Emporium in die middel van Riebeek-Kasteel is waar Suid-Afrikaanse olyfprodusente hul wye verskeidenheid van produkte sal aanbied – ‘n fees van olywe onder een dak. Die bekende Riebeekwyne van plaaslike kelders,

bier en plaaslike kos en lewendige vermaak sal deur die loop van die naweek in die Emporium beskikbaar wees. ‘n Paspoort kan by www.webtickets.co.za of by die Olyf Emporium teen R100 aangeskaf word, wat aan feesgangers vir die hele naweek gratis vervoer besorg en toegang verleen tot deelnemende wynplase, die Olyf Emporium en die Olyf-boetiek en gratis olyfolie en wynproe. Die plekke wat hieraan deelneem is Allesverloren, Het Vlock Kasteel, Kloovenberg, Mount Abora, Pulpit Rock, Riebeek Cellars, The Olive Boutique en The Olive Emporium. Op 3 Mei duur die fees van 10:00 tot 17:00 en op 4 Mei van 10:00 tot 16:00. Kontak Riebeekvallei Toerisme by 022 448 1545 of olivefestival@gmail.com as jy meer inligting benodig.


7

OLIVE • OLYF 23 April 2014

Riebeek - skone vallei van olywe, wyn en kleurryke gister

Dit was die jaar 1661 - die wilde westelike deel van die suidpunt van Afrika was nog onherbergsaam toe die ekspedisie die nek by die oostekant van dié besonderse berg bereik. Geen geringe prestasie in daardie dae met net eie voete en dié van trekdiere om die myle lange reis uit Tafelbaai af te lê nie. Maar groot was die beloning toe ‘n vrugbare vallei voor Pieter Cruythoff en sy groep se oë ontvou. Hy het min of meer waar die Botmaskloofpas vandag oor die nek van wat vandag bekend is as die Riebeekberg strek, gestaan en ‘n uitgestrekte wildryke vallei aanskou. Vandag, 353 jaar later is dit nou ‘n gewilde en groeiende toeristebestemming waar die tweelingdorpies RiebeekKasteel en Riebeek-Wes - ‘n skamele 6 km van mekaar - die laaste 20 jaar hul karakter van klein onbekende boeredorpies afgeskud het om plek te maak vir die nuwe era. Riebeek-Kasteel is straks meer gewild onder besoekers, maar Riebeek-Wes spog met ‘n eiesoortige geskiedenisskat. Dié dorpie het binne 4 jaar - 1870 tot 1874 - twee van Suid-Afrika se eerste ministers opgelewer en een van hulle het internasionaal groot naam gemaak ook in militêre kringe. Op 24 Mei 1870 op die plaas Bovenplaats noordwes van Riebeek-Wes, het Jan Christiaan Smuts die lewenslig aanskou as tweede seun van Jacobus en Catharina Smuts. Jan was aanvanklik nie deur familie bestem vir groot dinge nie omdat slegs die oudste seun meesal vir studies gestuur is. Sy ouer broer het gesterf toe Jan 12 was en is toe vir die eerste keer na ‘n skool gestuur. Hier het hy baie vinnig geleer en gou sy medeskoliere ingehaal. Op 16 is hy weggestuur na die Victoria Kollege op Stellenbosch. Hy het ‘n beurs ontvang vir verdere studies in die regte aan Christ’s College in Cam-

bridge, Engeland waar hy uitgeblink het. Terug in Suid-Afrika was hy ‘n leier in die Anglo-Boereoorlog van 1899 en instrumenteel in aksies wat die oorlog beëindig en tot die Vrede van Vereeniging gelei het. Smuts is sover vasgestel kon word ook die enigste persoon wat betrokke was by die ondertekening van die vredesverdrae in beide die eerste as Tweede Wêreldoorlog. Hy het onder meer ook in Brittanje as Rektor van die Universiteit van St Andrews en kanselier van Cambridge diens gedoen. In Suid-Afrika is hy in 1919 as die Unie se tweede eerste mi­ nister verkies en het tot 1924 gedien voor hy ook 15 jaar later vir ‘n tweede termyn van 1939 tot 1948 die eerste minister was. Op twee dae na, vier jaar ná Smuts, het die Malan-gesin op die plaas Allesverloren, aan die oostekant van Riebeek-Wes, op 22 Mei 1874 ‘n seun Daniël Francois ryker geword. Die plaas Allesverloren is rondom 1700 aan die weduwee Cloete toegeken. Ná ‘n besoek aan Tafelbaai moes sy met haar terugkoms ontdek dat die plaas op die grond afgebrand is, of het. Vandaar die naam Allesverloren. Die eer­ ste wyndruiwe is rondom 1806 geoes en vandag is die plaas ‘n internasionaal bekroonde wynlandgoed, veral bekend vir sy rooiwyn en port. DF Malan het teologie studeer en nadat hy aanvanklik predikant was, is hy as eerste redakteur van Die Burger aangestel met die stigting van dié koerant in Kaapstad. Malan se Nasionale Party het in die 1948-verkiesing die Verenigde Party van Jan Smuts verslaan. Malan het toe eerste minister geword. Hy het gedien tot 1954. Die geboortehuis van Jan Smuts is in 1986 op die gronde van PPC buite Riebeek-Wes gerestoureer en is daagliks oop vir besoekers.

Die opstal op Allesverloren word tans deur die huidige eienaar en 5de Malan-generasie op die plaas deur Danie Malan en sy gesin bewoon.

Seuns uit die Vallei:

Twee bekende seuns uit die Vallei, staatsmanne Dr. D.F. Malan en genl. Jan Smuts, hier saam met Malan se tweede vrou, Maria.

R135 000

MOORREESBURG

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

UNIEKE ERF IN SINGEL

WEB 319958

Die erf is ten volle gediens en het unieke ligging in singel van die nuwe ontwikkelde woonbuurt. [K] 022 433 3444 ANDRÉ 082 218 3636

R635 000

VANRHYNSDORP

ALLEENMANDAAT

GOUDMYN OP “HOTSPOT”!

WEB 321518

Hierdie besigheid is ‘n moet hê! In hoofstraat op hoekerf en potensiaal onbeperk. ANNE-MARIE 083 227 2222 | MIENTJIE 083 643 5588

POA

MOORREESBURG

ALLEENMANDAAT

LIGGING, LAE ONDERHOUD

Slaapkamers 3 Badkamers 2 WEB 318523 Reg geprys, reg geleë en reg vir nesskop! Moenie die kopie misloop nie, dit is net die huis vir jou! ANNE-MARIE 083 227 2222 | MIENTJIE 083 643 5588

RIEBEEK KASTEEL

R160 000

VANRHYNSDORP

R2 995 000

STYLVOLLE HUIS MET WOONSTEL

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuise 2 WEB 319957 Luukse spoghuis met pragtige ruim vertrekke, dubbele motorhuis, swembad en woonstel. [K] 022 433 3444 ANDRÉ 082 218 3636

SWARTLAND

ONS BENODIG EIENDOMSKONSULTANTE IN ALLEENMANDAAT

LIGGING, UITSIGTE EN SPASIE

Slaapkamers 4 Badkamer 3 Motorhuise 2 WEB 320227 Gryp hierdie geleentheid! Villa in uitstekende ligging met groot onthaalareas, aparte woonstel, swembad, 2 braaiareas, pragtige uitsig. SIMON 082 444 4074

DARLING, MALMESBURY, PIKETBERG EN RIEBEEK VALLEI. STUUR ASB CV/NAVRAE NA mouton@seeff.com


OLYF • OLIVE

8

23 April 2014

Vanjaar se volop ver­ maak en groot verskei­ denheid vir die honger en dors kele sal be­ soekers by Allesverlo­ ren beslis weer heerlik saam laat kuier.

Pulpit Rock is ook jaarliks een van die gewilde besoekpunte tydens die Olyffees. Hier skink eienaar Ernest Brink van die kelder se spogwyne vir besoekers by verlede jaar se fees.

Die gewilde jaarlikse kunsuitstalling in die NG Kerk Riebeek-Kasteel se saal, val vanjaar weer saamval met die olyffees. Die uitstalling open reeds Saterdag 26 April en duur tot 4 Mei. Dit is daagliks oop tussen 09:00 en 17:00. Werke van 30 kunstenaars word uitgestal onder die tema: Soli Deo Gloria! By die uitstalling is daar ook tee, koffie en ligte verversings beskikbaar.

Die groot verskeidenheid produkte by die Olyf Emporium in die hartjie van Riebeek-Kasteel is jaarliks ‘n groot trekpleister.


9

PIKETBERG DRUKKERS • CALENDER 23 April 2014

Reeds 30 jaar vir kwaliteit en diens “By Piketberg Drukkers BK strewe ons daarna om ons kliënte só te bedien dat hulle weer en weer sal terugkom, dis waarom ons leuse ‘Vir kwaliteit en diens’ is,” verklaar die Besturende Direkteur, Morné Olesen. “Goeie diens is ons nommer-1 prioriteit tesame met goeie pryse, dus is geen taak vir ons te groot of te klein nie,” beklemtoon hy. Miskien is dit die rede waarom Piketberg Drukkers BK vanjaar sy 30ste verjaardag vier en waarom hy gereelde kliënte regoor die land trek – tot so ver as Springbok, Johannesburg, Kaapstad en selfs vanaf Durban stroom die bestellings in. Morné vertel dat sy pa, Arno Olesen, in 1984 Piketberg Drukkers begin het en sedertdien as ‘n familiebesigheid funksioneer. “Ek het saam met die drukkery grootgeword. “Twee jaar gelede, toe Pa Arno uitgetree het, het ek as Besturende Direkteur oorge-

swartland kalender/diary

AGS hou biduur 23 April - Die AGS Riebeek-Wes hou ‘n biduur om 19:00. GPF op Malmesbury byeen 24 April - Die GPF-byeenkoms om 19:00 in die Blouesklubhuis met die motiveringspreker Anton Basson, oudforensiese kenner van Melkbos. Almal welkom. Skakel Cyntjia Slingers 0783 182547. Stap saam met VLV op Malmesbury 24 April - Alle voornemende stappers vergader 7:45 by die Malmesbury swembad; begin 8:00 stap aan ‘n 2km sirkelroete as deel van “Women Walk the World” wat jaarliks wêrelwyd aangebied word. Kom geniet die buitelug saam met vriendinne teen ‘n R5 donasie vir die VLV. Joe Foster en Band op Malmesbury 26 April - Die gewilde sanger Joe Foster, voorheen van ADAM, se eerste solo-optrede in die Kaap met sy band om 19:30 in die Malmesbury Stadsaal. Foster het die temelied vir die onlangse romantiese film van Ivan Botha en Donalee Roberts, Pad na jou Hart, geskryf en gesing. Kaartjies kos R80/R90 Skakel Sanelle 083 775 0657 of CK Signs 022 482 2610. Koorkompetisie op Piketberg 26 April - Die AGS Piketberg bied hul vierde koorkompetisie aan ten bate van hul kerkbouprojek in die Piketberg Gemeenskapsaal. Jeugkore en groepe word vriendelik genooi. Nick Scheepers by 072 270 7003 of 022 9136040 en past. C Koelenberg by 072 255 3102 Verkoping op Moorreesburg 26 April - Bootsale/ markdag op die terrein van die Moorreesburg koringbedryfmuseum-terrein vanaf 8:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30 elk. Hermien: 022 433 1072 vir inligting. Plaaswerkers hou sportdag 26 April 2014- Plaaswerkers Suid Afrika hou ‘n Sportsdag vir plaaswerkers in die Bergrivier- en Swartlandstreek. Die sportkodes is rugby, netbal, skole rugby, netbal, toutrek en domino’s by Laerskool Koringberg. Die hekke open om 08:00. Toegang is R5 vir almal. Lekkernye sal te koop aangebied word. Kontak Pieter Engelbrecht, president van Plaaswerkers Suid Afrika by 0823694824

Spesiale Bybeldiens op Malmesbury 27 April - ‘n Spesiale Bybeltoespraak: “Waarom sou ‘n liefdevolle God goddeloosheid toelaat?’ 8:30 - Afrikaans en 12:30 Engels en Xhosa in die Koninkryksaal van Jehovah se Getuienis in Silwerboomstraat, Wesbank. Clive: 083 746602. Methodist Church in Malmesbury 27 April - Worship Service at 9:15am; Sunday School 8:30 during school term; Bible Studies in Westbank and Malmesbury - enquieries rev. John Beck 022 4823623. AGS hou kerkdiens 27 April - Die AGS Riebeek-Wes hou om 10:00 ‘n kerkdiens met die tema: ‘’Is jy gereed vir Pinkster?’’ AGS Corpus Christi Malmesbury 27 tot 29 April - Spesiale Dienste met dr. Lemmer du Plessis: Sondag 09:30 en 18:30; Maandag 19:00 en Dinsdag 19:00. Navrae: 073 447 2902 Vroue byeen op Darling 3 Mei - Elect Women bied om 9:00 by Lewende Woord Darling aan Elbie Basson van Kingdom Light Ministries in die Strand. Die tema is “The table is set - be seated.’’ Aanbidding sal gelei word deur Simone Simon en span. Vroue ouer as 13 jaar welkom. Jenny by 022 492 3070 Goedverwacht Oesdank Basaar 3 Mei - Kom geniet dié besondere geleentheid in Goedgedacht vanaf 9h00. Kontak Gerhard Esau by 0813653062 of Beulah Petro by 0835170505 Manie Jackson sing op Moorreesburg 15 Mei - Huis Môrelig Seunskoshuis bied die konsert aan om 19:00 vir 19:30 in die Laerskool Dirkie Uys skoolsaal aan. Verversings sal te koop aangebied word. Huis Môrelig/ Hanette Groenewald - 022 433 1275/082 326 7134 Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.

neem.” Omdat Piketberg Drukkers BK saam met die tye aangepas het, het ook sy drukkers saam met nuwe tegnologie ontwikkel: “Ons doen ‘n groot verskeidenheid drukwerk vanaf besigheidskaartjies, briefhoofde, koeverte, kalenders, brosjures en boeke (soos faktuur-, kwitansie-, bestel-, afleweringsboeke ens) en vele meer op Litho, asook digitale drukwerk en etikette. “Ons werk in elke moontlike kleur en ons personeel het die laaste jare gegroei tot mense wat elke aspek van die werk ken soos die palm van hul hand.” Vir Morné is die gehalte van drukwerk baie belangrik, daarom is die klem op die pakket wat Piketberg Drukkers bied: diens, prys en kwaliteit. “Enersyds fokus ons op hierdie pakket sodat ons kliënte elke keer sal wil terugkom, verder werk ons ook aan bemarking en die opbou van ‘n goeie kliëntebasis.” Piketberg Drukkers BK is oop binne die volgende ure: Ma – Do (08:00 tot 17:00) en Vr (08:00 tot 16:30). Morné nooi alle belangstellendes om in te

Die span: Morné Olesen, Bes turende

Direkteur van Piketberg Drukkers saam met ‘n gedugte span agter John van Wyk, Morné Goosen, Rodney Javan, JB Gouws, Steve van Wyk en voor Vivian Turner, Mariana Kirsten, Elizabeth Goedeman, Rosline Brink en Orelia Turner. Afwesig; Danny Goedeman. Foto’s: Marietha Goosen loer by Piketberg Drukkers BK by Voortrekker straat 79 in Piketberg, of hulle te skakel by 022 913 1679 of epos: morne@pikdruk.co.za.


10

SERVICES • DIENSTE 23 April 2014

Voorkoming: Suster Hildegard v an Rhyn en Lee-Ann Samson v an Sinethemba Homebased Care tydens ‘n inenting op Abbotsdale. Die d epartement gesondheid, in samewer­king met Sinethemba Homebased Care, het hul veldtog om die HPV-inentings wat nou aan gr.4-dogters toegedien word, by St. Michaels Primêr op Abbotsdale voortgesit.

Loopbane:

Die Jeugkantoor van die Swartland Munisipaliteit het hul jaarlikse loopbaanuitstalling in die Malme sbury-stadsaal gehou (foto’s bo en onder). Leerders van agt skole uit die streek het dit bygewoon om hul te vergewis van toekomstige beroepe.

VACANCIES West Coast Further Education and Training College has the following Academic vacancies. These are performance based College Council contract positions. Senior Manager Engineering Programmes (NC(V), Report 191 and Occupational) (Ref no: WCC 33/14) Central Office, Malmesbury R 341 613 + 37% (in lieu of benefits) er annum Minimum requirements: An appropriate recognised tertiary degree or equivalent qualific tion backed by a professional qualific tion in education; fi e years’ relevant management experience; extensive knowledge of the FET Act, PFMA and other related education and training legislation; proficien y in English and at least one of the two other official languages of the rovince; experience in managing an FET institution, school or department; change management and leadership skills; engineering background and managing engineering occupation; organisational and communication skills; computer skills. Key Performance Areas: Develop, organise, plan, direct, implement and coordinate day-to-day functions, activities, and services of programmes and projects; review program and project proposals; liaise and establish working partnerships with all relevant stakeholders; report writing; compile data for needs assessments; compile statistics for use in new and modified p ogrammes; budget management; co-ordinate training programmes; oversee training workshops status and accreditations; represent the college at a range of stakeholder meetings; staff t aining and management; artisan development and training; monitor

external moderation and occupational programs; monitor trade test theory processes and results. Project Manager NSF - (Ref no: WCC 26/14) Central Office, Malmesbury R 232 800 + 37% (in lieu of benefits) er annum Minimum requirements: Relevant B degree; minimum of 5 years’ experience in managing projects; sound understanding of the FET sector and relevant FET legislation; knowledge of the Human Resources Development Act, NSDS III, PMFA and regulations; good report and proposal writing skills; good communication skills; partnership management; budget management; computer literacy; strong interpersonal, analytical, confli t resolution, presentation and research skills; innovative, assertive, self-motivated and results driven. Key performance areas: Manage and oversee timeous implementation and budget management of NSF projects; prepare documentation for NSF verific tions and audits; visit sites to ensure that all programmes are running according to schedule; submit reports to the academic department on all the NSF programmes, indicating progress; establish and maintain sound relationships with all stakeholders, external partners and internal departments to ensure best performance and results; compile an updated list of all NSF beneficia ies; compile monthly, quarterly and closing NSF reports.

Instructions to applicants: All applicants should submit a covering letter, quoting the reference number of the position, AND a form Z83, obtainable form any Public Service Department Applicants must also submit a comprehensive CV, certified copies (not older than th ee months) of qualifi ations; ID and where applicable, a certified co y of a driver’s license. Applications without this documentation will not be considered. Applications must be forwarded as follows: Hand delivered to the West Coast FET College Central Offi , Clicks Building, 1st Floor, 48 Voortrekker Road, Malmesbury, 7300; or fax: 086 599 2009; or email: careers@westcoastcollege.co.za. Attention: Ms Alice Arosi. Closing date: 23 April 2014 @ 16:00. No late applications will be accepted. Applicants who do not receive a response within three weeks of the closing date, should consider their applications as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the college. West Coast FET College is an equal opportunities employer and is guided by the principles of Employment Equity.


11

SMALLS & DIENSTE 23 April 2014 Algemeen General AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, orna­ mente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook manskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oor­ kant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915. ----------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerug­ steun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. Dienste Services ALLES in een tuin­ diens- JK Skoon­ maakdiens- Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine. Verkoop en le van gras. Verwy­ dering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. ---------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­ heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za ----------------------------SKULD KONSOLIDASIE Geswartlys welkom. Ons reël vir slegs een bekostigbare paaiement. 061 460 6669/021 910 4743. ----------------------------SKUUR EN BEHAN­ DEL van Houtvloere asook Woodstrippers. Kontak Philip by 082 261 0770. ----------------------------YSKASTE HERSTEL: Verkoeling spesialis Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. Diens en installeer ook lugver­ sorgers. New Freeze, Royalstraat 44, Moor­ reesburg. 022 433 3831 of 082 573 1589 086 503 5827 (faks). epos: mynhardv@ vodamail.co.za Te Koop For Sale GROENBONE TE KOOP in Riebeek Kasteel @ R60.00 per 6kg. Kon­ tak 082 523 9804. -----------------------------PORSELEIN POPPE: Oupa & Puma Poppe met bankie te koop @ R500.00 vir alles. Kontak 072 625 6848. -----------------------------SITKAMERSTEL - 6 sit­ plek te koop. In goeie toestand @ R2500 asook verskeidenheid baba benodighede soos ‘n stootwaentjie, ens. Kontak 082 747 1600.

Eiendom te Koop Property for Sale WESBANK - @ R730 000. Ruim 4 slaapkamer huis. 2 badkamers, sitkamer, eetkamer, kombuis. Opwaskombuis, onderdak braai area, dubbel motorhuis, ruim erf. Skakel 082 780 1380. Te Huur To Let JONGENSFONTEIN Woonstelle, per­ manent te huur vir afgetrede persone. Skakel Louis by 082 898 5194. ----------------------------RIEBEEK-KASTEEL Netjiese 3 slaapkamer huis te huur. Kontak

eienaar by 082 565 6255. Diere Pets MINIATUUR DOBER­ MANN X Jack Russel (baie klein). Net 5 reuntjies beskikbaar. 7 weke oud. Kontak Petro by 083 283 2019 (Malmesbury). Gelukwensing Congratulations

GELUKWENSING Raai wie is ‘n volle 1 jaar oud!! Ouma se

Blompot en haar hele lewe. Mag jy nog baie jare geseën word. Al my liefde, van Ouma. ----------------------------Raai wie verjaar!! Ons babatjie is ‘n volle een jaar oud. Veels geluk met jou groot dag!! Mag ons nog baie verjaarsdae saam vier.

Van Mammie, Dadda en Junior. ----------------------------Raai wie is een (1) jaar oud op 23/04/2014. Ons is lief vir jou. Van Ouma Des, Oupa Tok, Pa, Britt & Koopman Familie. -----------------------------

JO-LIN LOUBSER wat op 27 April verjaar. Baie geluk ook met jou verjaarsdag!! Met al ons liefde, Pa, Sus­ ter, Uncles en Broer. SAMANTHA LOUBSER wat op 26 April ver­ jaar. Baie geluk met jou verjaarsdag!! Met al ons liefde, Mam­ mie, Pa, Suster, Uncles en Broer.


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

23 April 2014

• UITDAGING OOR 226 KM BINNE 17 UUR

Swartlanders is Ystermanne LINKS: Cornel Hanekom

Hanekom reg vir volgende uitdaging Cornel Hanekom (18) van Hoërskool Swartland sê soos volg oor sy eerste Ystermankompetisie: Dit was een van my persoonlike doelwitte om die Ysterman te voltooi en die oefening het my gehelp om ‘n gesonde lewenstyl te handhaaf. Ek sal dit beslis weer doen. My mentor is Riaan van Zyl. Hy het my die nodige raad gegee en nooit nee gesê om saam met my te gaan oefen nie. Ek sou nie sonder die motivering en ondersteuning van al die mense van die drafgroep dit kon doen nie. Vir my was die oefening baie moeiliker as die Ystermankompetisie self. Jou tye vir elke item? 3.8 km swem – tyd 01 uur 35 min 180 km fietsry – tyd 8 uur 12 min 42.2km draf – tyd 5 uur 52 min Totale tyd van 15 uur 39 minute.

Riaan van Zyl van Malmesbury oor sy tweede Ysterman (eerste een in 2011): Ysterman is een van die moeilikste driekampbyeenkomste en dit was vanjaar die tiende byeenkoms. Ek wou graag deel wees hiervan en dan natuurlik om op die rooi tapyt te kom na 'n lang dag, met Paul Kaye wat verklaar 'Riaan van Zyl you are an ironman'- dis 'n gevoel van bevrediging wat onbeskryfbaar is! Vertel ons van jou voorbereiding? Voorbereiding vir 'n Ysterman is amper moeiliker as die wedloop self. Dis 'n konstante gesoek vir tyd tussen werk en gesinslewe om jou volgende oefenssies te beplan. Dit neem geweldig baie tyd en lang ure, so geduld en ondersteuning van jou gesin is baie belangrik , en dan is daar al die oefenvriende op wie se tyd en ondersteuning ek altyd kon staatmaak. Die Ysterman behels drie dissiplines, naamlik swem, fietsry en hardlloop, so al drie moet aandag kry: Soms 2 tot 3 oefensessies 'n dag en naweke is dit 3 tot 5 ure se oefen daagliks. Het jy 'n mentor vir voorbereiding? Nee glad nie, ek werk my eie oefenprogramme uit en maak net staat op ondervinding en ondersteuning van familie en vriende. Jou tye vir elke item? Swem 3.8 km = 1H19min09s;

Fietsry 180 km = 6H24min36s; Draf 42.2 km = 4H33min29s; Totale tyd van 12H30min05s. Watter item is vir jou die moelikste? Ek het die grootste vrees vir die swem, maar vanjaar was die fietsry vir my die moeilikste weens 'n fris windjie wat ons vir 90km reg van voor gevang en 'n redelik negatiewe invloed op my tyd gehad het. Gaan jy weer deelneem? Ja verseker, maar eers weer oor 2 of 3 jaar - nou moet ek eers weer alles inhaal wat ek afgeskeep het! Wat sal jy volgende keer anders doen? Nie baie nie - ek voel my voorbereiding was reg. Ek sal volgende keer net nog meer oefen. Is dit 'n duur sport? Nogals ja, maar wat in vandag se lewe is nie duur nie? As mens eers al die toerusting het byvoorbeeld die fiets en swempak, is dit nie te erg nie en glo my die bevrediging is elke sent werd. Advies vir iemand wat oorweeg om die Ysterman aan te pak? As iemand dit ooit oorweeg, sal ek net sê moenie twyfel nie, begin oefen en doen dit! Dis iets wat meeste mense kan doen, dit verg net oefening en deursettingsvermoë. Die Engels stel dit mooi “Ironman is not a race, it is a journey.”

Schoonspruit klop HS Swartland net-net Schoonspruit Sekondêr het sy derby-kragmeting teen Hoërskool Swartland op Malmesbury naelskraap met 29-26 gewen. Die rustydtelling, 15-14 in Schoonspruit se guns, is ‘n goeie aanduiding van hoe gelykop die wedstryd verloop het. Schoonspruit se Speler van die Wedstryd was Jertwill le Fleur, skrumskakel, wat twee drieë gedruk het, asook twee strafdoele en twee doelskoppe bygedra het. Swartland se uitblin­ kers op sy tuisveld was Stefan Borman, senter en kaptein, en Zane Farmer, vleuel. Aan Schoonspruit se kant het Tembelani Matiwani, slot en kaptein, en Tyler Jacobs, flank, ‘n barshou gespeel. Die vaste fasette het baie gelykop verloop, met elke span wat in die skrums en lynstane op sy eie ingooi sy besit behou het. Swartland het wel ‘n gewigsvoordeel in die skrums gehad. Volgens Vos de Jager, afrigter van Schoonspruit, was dit ‘n baie opwindende wedstryd wat deurentyd wipplank gery het en waarin die drieë van individuele briljantheid gekom het. ‘’Skrums is mos nie meer so ‘n groot faktor op skoolvlak nie. Dis nou baie veiliger gemaak.

BO: Riaan van Zyl het sy tweede Ystermankompetisie voltooi.

Sportuitslae - Sports results Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner: Enkel Stableford Piet Kemp 22 Mike Fermani 20 A. van Zyl 19 Donato Stelluto 19 Donderdag Paas Sundowner: Enkel-Stableford Sakkie Klasen 23 Tony Goosen 20 Eben Lingeveldt 20 Nic Goosen 19 Piet Kemp 19 Saterdag: Beterbal Stableford Multiplier Ricardo Lakay & Shaun Conrad 76 G. van Willing & JC Geduld 71 H. Moses & L. Nell 69 Betram Stoffels & Riaan Joshua 67 Zigmund Lategan & Marlon Bocks 67 George Prinsloo & Jan Prinsloo 66 Lindsay Meyer & F. Demanielle 66 Nic Goosen & Dick Ross 65 Schoonspruit Sekondêr • Twee van Schoonspruit se spelers is ingesluit in SA Rugby se Wildekla-wergroep van 28 waaruit die finale groep van 22 vir die Wildeklawerfees op Kimberley gekies sal word. Carlyle Kearns en Tyler Jacobs het die uitnodigingsgroep gehaal wat op 28 en 30 April teen Boland Landbou en HTS Drostdy gaan uitdraf.

uitslae geborg deur

Adrian Arries van Schoonspruit val aan, met Cleo Adams links agt er. Regs is Swartland se Austin Jenneke (voor) en Werner Beets.

Jy mag nie meer inslaan nie en moet naby mekaar kom en sak. Die bind het ook verander,’’ het De Jager gesê. Tyler, een van Schoonspruit

se driedrukkers, het uitstekend gevaar by die afbreekpunte en daar ‘n paar balle vir Schoonspruit gegaps.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.