courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Swartland
dié
1
25 Februarie 2015
Uitgawe 309
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Swem, Jannie swem!
Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se swemmers het die water laat plons en spat in dié skool se jaarlikse swemgala. Links gly Hardus Dippenaar, die senior victor ludorum, deur die water. Die Swartland is ook eersdaags die gasheer vir SA Swemkampioenskappe wat op Malmesbury aangebied sal word. Hierdie byeenkoms kan ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp beteken. Foto: Wilinda Hanekom
• Nuwe veldtog om misdaad te bekamp
Polisie maak ‘n plan
Maak ‘n verskil, fokus op die jeug en sosiale opbou en help in die stryd teen misdaad. Dit is die kern van die polisie se vindingryke nuwe veldtog om sosiale en kriminele probleme in die gemeenskap aan te spreek. Die gedagte is om ‘n positiewe invloed in die gemeenskap te skep, gesonde ontspanning te voorsien en mentors op alle vlakke te stel. Die plan is deur die polisiestasies in die Paarl-groepering ontwikkel en brigadier Aneeqah Jordaan, was hier om haar steun te verleen. “Ek wil u uitdaag om in die gemeenskap betrokke te raak,” het kolonel Niels Nilsson, stasiebevelvoerder van die Malmesbury SAPD, mense aangemoedig. Hy het gepraat by ‘n vergadering in die Wesbank biblioteek: naby aan die brandpunt van die probleem. Ongeveer 50 gemeenskapslede was teenwoordig – die meeste jongmense wat die afgelope tyd by die SAPD aansoek gedoen het om aan te sluit. Ook ander rolspelers, veral van die buurtwagte en die polisieforum, het kom luister. Die groot getal aansoeke wys daar is belangstelling by mense om by die gereg betrokke te raak, het hy aan dié courant gesê. “Ons gaan kyk na kuns en kultuur, sport en ontspanning, veiligheid, openbare opvoeding en ook polisie professionalisme,” het kol Nilsson
die gemeenskap uitreikingsprogram uitgerol. Onder die kultuurprojekte wat in die vooruitsig gestel word, is talentkompetisies en –konserte, wat reeds verlede jaar met groot sukses begin is. ‘n Maklike projek is die verf en versiering van buitebande wat die omgewing kan verfraai. Straatspeletjies, soos sokker en krieket, is hoog op die lys by sport. “Dit word reeds gespeel, maar ons moet dit net organiseer.” Hulle gaan ook kyk drilpeletons, wat baie gewild is onder jeuggroepe. “Dan is daar vreugdevure (bonfires): wie van ons het nie al gesellig en vrolik om ‘n vuur gekuier nie? As ons op strategiese plekke in die gemeenskap vure maak, kan dit ‘n positiewe omgewing skep en só mense weglok van ongure aktiwiteite.” Nog ‘n projek is skool-debatte, waar veral onderwerpe rondom misdaad en ontwikkeling onder die loep sal kom. “Ek sal ook wil sien dat daar ‘n ondersteuningsgroep vir ma’s wat te kampe het met dwelm- en drankmisbruik, gestig word. Dit is ons moeders wat die meeste ly onder misbruik. “Julle kan ook betrokke raak by vaderskapforums, anti-verkragtingsgroepe en ondersteuning van slagoffers,” het hy aangemoedig.
Buurtwagte is nog 'n moontlikheid. Hulle sal ook aandag gee aan polisie professionalisme: die verhoudinge tussen veiligheidsmagte, maar ook interne verhoudinge en beloning van lede sal aandag kry. Kol Nilsson het gesê hulle sal sakelui nader om die verskillende projekte te steun en te borg. “Ook om te kyk na veiligheidsmaatreëls, soos kring-televisiekameras.” Brig Jordaan het haar ondersteuning aan die veldtog gegee. Sy het vrywilligers, veral werklose mense, aangemoedig om betrokke te raak. “Dit lyk goed op julle CV’s en kan selfs tot ‘n permanente werk lei.” Die ambulansdiens, die SAPD se Men for Change en buurtwag het hulle stemme hierby gevoeg en gesê hulle verwelkom vrywilligers. Nie een lid van die gehoor het die vergadering verlaat sonder om hulle name by een van die projekte in te gee nie. Belangrike rolspelers van ander staatsdepartemente en munisipale regering was afwesig. “Ek is teleurgesteld,” het kol Nilsson aan dié courant gesê. “Ons moet ophou praat en begin doen. Dit is belangrik dat ons oorhoofs beplan en saamwerk: ons het nie die tyd of die luukse om programme te dupliseer en hulpbronne te verdeel nie.”
NUUS • NEWS
25 Februarie 2015
NUUS • NEWS
2
Só gaan die Klipfontein-ontwikkeling lyk
25 Februarie 2015
Die stadsraad van die Swartland het die argitektoniese handleiding van die Klipfontein-ontwikkeling op Malmesbury onlangs goedgekeur. Die hersonering en onderverdeling is reeds in 2011 goedgekeur en die grondwet van die huiseienaarsvereniging van die Fonteine Village aftree-oord (deel van die ontwikkeling) was in Oktober op die tafel. Daar het nie voorheen 'n argitektoniese handleiding vir die gebied bestaan nie. Die afdeling boubeplanning van die munisipaliteit het die handleiding nagegaan en alles in orde gevind. Die handleiding gee aandag aan onder meer grensmure, straatligte, swembaddens, motorafdakke, dakkonstruksies, tot posbusse en verfkleur. Die ontwerp en vestiging van waterwys-tuine met inheemse plante, word aangemoedig. ‘n Gids van inheemse bome, struike, grondbedekkers, bolle, rankers en gras is saamgestel om tuiniers te help.
• reserweprys op GROND
Staanplek op MRB vir vragmotors? Die Swartland burgemeesterskomitee het ‘n reserweprys van R300 000 bepaal vir die verkoop van ‘n gedeelte van erf 1133 op Moorreesburg. Die stadsraad het reeds verlede jaar goedkeuring verleen vir die vra van tenders met ontwikkelingsvoorstelle vir dié grond. Intussen het die uitleg van die grond verander en die oppervlakte is vergroot na 5.4480 hektaar. Die grond is tussen Swartlandstraat en die N7 geleë en die burgemeester, Tijmen van Essen, het genoem dat dit moontlik ‘n oornag- en staanplek vir vragmotors (truck stop) kan huisves. Dit is naby die weegbrug en kan ook van hulp wees dat vragmotors makliker van oortol-
P
NEW
URE
F
2 xg 160
SABINO CANYON SPUR
Beansa Building, Cnr Rainer & Voortrekker Rd, Malmesbury. 022 487 1511
76
90
Available until 31 March 2015
Terms and Conditions apply. The visuals are for descriptive purposes and meals served could vary. Portion weights are raw weights. 24343s Hunger Buster Press Ad.indd 1
24343s Spur Advertising CT
BEE
2015/02/23 9:39 AM
lige vragte ontslae kan raak. Munisipale bestuurder Joggie Scholtz, kragtens sy volmag, het besluit om ‘n tweefasebodproses te volg. In fase 1 word slegs ontwikkelingsvoorstelle oorweeg, sonder insae in die monetêre aanbieding. Slegs aansoekers wat in hierdie rondte ‘n persentasiepunt van 60% behaal, sal in fase 2 (wat suiwer op monetêre waardes berus) beoordeel word. Die burgemeesterskomitee het raadslede Marlene van Zyl en Michael Rangasamy aangewys om saam met die burgemeester op die komitee wat die ontwikkelingsvoorstelle sal oorweeg, te dien.
NUUS • NEWS
3
25 Februarie 2015
Veilig: Die wetstoepassingskiosk in Hillstraat, Malmesbury.
• Situasie word dopgehou
Aksieplan met karwagte geloods Selfaangestelde motorwagte het die afgelope jaar op Malmesbury hand oor hand toegeneem. Die Swartland Verkeers- en Wetstoepassingsafdeling saam met die SAPD, Justisie en die Landdroskantoor het nou begin planne maak om dié situasie aan te spreek. “Die publiek kla gereeld oor die onbeskofte optrede van hierdie wagte,” het die Swartland Munisipaliteit en die Malmesbury SAPD in ‘n gesamentlike persverklaring gesê. Die wagte kom grotendeels in Hillstraat voor die Sanlam-sentrum, asook by die poskantoor, voor. “In sommige gevalle is vrouens met messe gedreig, voertuie is beskadig en daar breek gereeld gevegte uit tussen die wagte. “Hierdie wagte se optrede en manier van werk het die publiek so frustreer, dat ons 'n plan moes maak. “Die wetstoepassers het begin om die selfaangestelde motorwagte boe-
tes vir die oortreding van die bywette te gee, wat hulle uiteraard ook nie betaal het nie. Volgens die regsproses is lasbriewe uitgereik en is van die wagte in hegtenis geneem en moes voor die hof verskyn. “Die landdroste het dan voortgegaan om die karwagte te straf met gemeenskapsdiens. “Net in Februarie vanjaar is 35 lasbriewe uitgereik en drie motorwagte is gevonnis om gemeenskapsdiens by die verkeerskantore te verrig. “Om die probleem verder te help verlig, is die wetstoepassingskiosk met beamptes gedurende besigheidsure in Hillstraat (voor Pep Stores) aangebring om sigbaarheid te verhoog. “Die wetstoepassingsinstansies (verkeer, die SAPD en die howe) wil hiermee ook die publiek vriendelik vra om nie kos en geld aan hierdie wagte te gee nie. "Al klink dit ook hoe onmenslik,
Kampioenskappe 'n inspuiting vir dorp Malmesbury sal van 27 tot 29 Maart gasheer speel vir die Swem SA Level 1 Streek Ouderdomskampioenskappe. Die burgemeesterskomitee het onlangs die aansoek van WP Aquatics vir die gratis gebruik van die swembad van dié byeenkoms goedgekeur. “Dit is ‘n geweldige toerisme inspuiting vir die dorp,” het burgemeester Tijmen van Essen betoog. Verlede jaar was 297 swemmers betrokke, vermenigvuldig met drie, beteken dit minstens 900 besoekers. Sowat 80 beamptes per sessie kan ook bygereken word.
“Hierdie mense bestee gemiddeld R1000 per dag vir huisvesting, kos, ens.” Swemmers uit agt streke sal op Malmesbury toesak: Metropool, Weskus, Wynland, Eeden, Karoo, Overberg, Oostelike Provinsie en Grens. Op ligter noot het die burgemeester die komitee verseker dat die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, nie in eie belang die byeenkoms vir Malmesbury beding het nie. “Sy kinders neem nie eers deel nie. Maar met sy omswerwinge het hy goeie kontakte opgebou wat hy nou tot ons voordeel gebruik het.”
veroorsaak die kos en geld dat dit baie lekker en gerieflik is om op die dorp rond te dwaal en te bedel en dit dan nie nodig is om ‘n werk te soek of om ordentlik te leef nie. “Ons maak dit dan so gerieflik dat al meer verkies om op die dorp rond te dwaal en parkeerplek aan te wys omdat hul genoeg kos en geld ontvang die geld gaan in die meeste gevalle net om drank te koop. “Daar is ander opsies vir hierdie haweloses, soos die nagskuiling. Indien u wel iets wil gee of bydra, kan u dit doen aan die nagskuiling.” Philip Humphreys, Direkteur Beskermingsdienste van die Swartland Munisipaliteit, het die laaste woord: “Die Swartland Munisipaliteit wil hiermee die publiek inlig dat ons werklikwaar hard probeer om in samewerking met ander rolspelers, soos die sakekamer en staatsdepartemente, gereeld na oplossings te soek om hierdie situasie hok te slaan.”
Kontak ons by 022 487 3221 met enige nuuswenke.
courant
dié
4
Verantwoordelikheid en mag
Verantwoordelikheid is een van daardie dinge wat ons soms stomslaan. Dit is iets waarvoor ons so hard werk, maar as ons dit het, weet jy nie altyd so lekker wat om daarmee te doen nie. Mag en verantwoordelikheid gaan hand aan hand, en saam met dit: Eerlikheid. Eerlikheid en die waarheid is 'n skaduwee wat jou agtervolg. Jy is dalk nie altyd daarvan bewus nie, maar êrens langs die pad gaan jy stilstaan en dit raaksien. Die waarheid is soms die ding wat ons rooi in die gesig laat. Wat maak dat jy jou kop soos die spreekwoordelike volstruis in 'n gat in die grond wil druk. Dit is nou as die waarheid uitkom... al het jy so hard probeer om dit te verdraai, te verdoesel en weg te steek. Die waarheid is nou maar een van daardie dinge wat uitkom. Jy kan probeer weghardloop. Jy kan dit verjaag. Maar uit, sal hy uit. En dit gewoonlik op die oomblik wat jy dit die minste verwag. Dan klap hy jou vierkantig tussen die oë. As die eiers dan almal op een slag afkom aarde toe, moet jy mooi vang om te verhoed dat een van hulle op die grond val en breek. Verantwoordelikheid is mag. Verantwoordelike joernalistiek nog te meer. Om die regte storie die wêreld in te stuur, is van kardinale belang. Daar kan nie los omgegaan word met feite nie. Die media besef nie aldag watter invloed dit het nie, maar soms kry jy 'n telefoonoproep en besef jy weer opnuut hoe die woorde wat jy geskryf het, iemand anders beïnvloed en raak. Die joernalistieke beleid wat by hierdie publikasie gehandhaaf word, is nie een van die kop wegdraai vir dit wat aangaan nie. Dit is 'n keuse. 'n Keuse om nie 'n gemeenskap verder te verdeel nie. Om eerder te probeer bou en te red wat daar nog te redde is. Net omdat daar nie altyd breedvoerig berig word oor sensasionele gebeure nie, beteken egter nie dat ons nie daarvan weet of kennis dra nie. Ons doen, ons verkies dit net om by ons beleid te staan en voort te gaan met die publisering van positiewe, opbouende nuus. Dit is iets wat die gemeenskap meer nodig het as 'n handvol modder in die gesig.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Die geloof is 'n vaste vertroue Die brief aan die Hebreërs beskryf die geloof as ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. As ons iets sou sien, waarom hoop ons nog daarop? Ons moet hoop hê, anders hoe sien ons kans vir die sake wat oor ons pad kan kom? Psalm 146 beskryf so mooi: moet op prinse nie vertrou nie en op die mens jou hoop nie bou nie. Want ons as mens is maar ‘n kleipot wat maklik breek. Jakobus beskryf die lewe as ‘n damp wat vir ‘n kort rukkie verskyn en daarna verdwyn. Ons vertroue moet vas wees, ons moet vertrou in Iemand sterker as onsself, Iemand wat nie sluimer of slaap nie, wat ons kan rig om te lewe. Jesus se klassieke uitdrukking in Johannes 10:10, die dief het gekom om te steel slag en verwoes, maar Ek het gekom dat julle die lewe mag hê, in oorvloed. Jesus het opgestaan uit die dood, Hy is die Een op wie ons kan hoop. Een wat gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde sal wees.
NUUS • NEWS
25 Februarie 2015
Motorfietsryers braai vir 'n saak Die naweek van 10 tot 12 April is dit weer die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai op die Moorreesburg skouterrein. Geniet die naweek saam met jou familie: slaan ‘n tent op, bring ‘n woonwa of huur ‘n stal. Daar is ‘n mas-
sarit, gelukkige trekkings, orkeste en DJ Swannie op die spyskaart. Die Vrydagaand word daar musiek uit die 80’s gespeel en daar is kos- en ander stalletjies te kies en te keur. Daar is ook trekkerritte, ‘n springkasteel, poegie-ritte en radiobeheer-
de vliegtuie. Toegang is R100pp, kinders onder 10 is gratis en wapens is R25. Navrae by Francois 083 956 0606, Erhardt 082 898 1026, Trudie (akkommodasie & stalletjies) 079 369 1276 en Laurie (poegie-navrae) 082 321 8008.
• Lê weg aan 9 baba varkies
Slange seil in die sand van die Swartland Warm, droë somerdae maak slange meer aktief as gewoonlik, soos inwoners van die Swartland kan getuig, maar hier is ‘n storie wat ‘n mens nie aldag teëkom nie: ‘n kleinboer buite Malmesbury, Koos Syster, vertel dat hy Sondag nege van sy tien twee-dae oue varkies verloor het. ‘n Kaapse kobra het blykbaar die nege gepik en was besig om een in te sluk toe hy op die spulletjie afkom. Die slang was volgens hom bietjie langer as ‘n meter. Syster boer al twaalf jaar op die kleinhoewe langs die N7 en dit is die eerste keer dat hy so iets teëkom. Maar die slange in sy omgewing is skynbaar baie mak: hy kry gereeld molslange wat in die koelte op sy stoep lê. dié courant het by Charles Malherbe, hoof van omgewingsbewaring by die Weskus Distriksmunisipaliteit, gaan kers opsteek: “Dit is baie interessant - ek het nog nooit in my loopbaan van so iets gehoor nie. Die warm, droë somer dae maak slange meer aktief as gewoonlik, maar varkies pik en insluk , het ek nog nooit teëgekom nie. “Gewoonlik sal ‘n slang ‘n dier of iets pik wat hy wil eet, óf wat hy as ‘n bedreiging ervaar. Gewoonlik iets groter as hy self en hy homself probeer beskerm as hy vasgedruk en of bedreig voel, of seerkry as iemand hom probeer vang en of met iets slaan of gooi. “Dit wil vir my voorkom of hierdie slang honger was, aangesien hy besig was om een van die gepikte varkies te sluk toe die eienaar op die spulletjie afkom. Dit wil dus voorkom asof die slang dit meer gedoen het uit hongerte.” Malherbe sê dit is duidelik dat Syster sy slange ken, want hy kan onderskeid tref tussen kobra en molslange wat hy al teëgekom het. “So ek vertrou sy identifikasie dat dit wel ‘n kobra was. Kobras se gif is neurotoksies, wat beteken dat die slang se gif se uitwerking maklik ‘n klein dier heeltemal kan verlam. Die prooi se hart kan gaan staan en hy kan ophou asemhaal – dieselfde simptome kom voor by mense wat deur ‘n
kobra gebyt word. “Dit is belangrik om ‘n pasiënt dop te hou dat sy hart nie gaan staan nie, of die persoon kan ophou asemhaal of sukkel om asem te haal. Alles hang af van hoeveel gif per liggaamsgewig opgeneem word as die slang jou pik, en met kleiner diere is die dier feitlik onmiddellik verlam, wat ek aanneem in hierdie geval plaasgevind het. ”Die grootte van die varkies het dalk meer te make met die feit dat hy hulle aangesien het as kos en gepik en probeer eet het om sy honger te stil. Dalk het hy hulle verwar as moontlike muise of rotte, die hoofsaaklike bron van voedsel vir kobras.” Die varkies was net twee dae oud en vermoedelik nie veel groter as ‘n rot nie. Malherbe sê verder slange se bewegings is meestal in die veld, waar hulle van nature voorkom. Soms betree slange ook beboude omgewings en residensiële areas in die somermaande wanneer hulle meer aktief is. Hulle word gewoonlik meestal in oop ruimtes of veld en onder meer waar kleinboere of boere op plase opereer. “Kleinboere kan sorg dat areas waar hulle woon en hul diere aanhou, skoon is van enige lang gras, bourommel en afval wat boomstompe, dooie
hout en vuilgoedhope ensovoorts insluit. Dit is gewoonlik waar slange wegkruip en hulself vestig opsoek na muise en rotte, hul natuurlike prooi wat daar nes maak of op soek is na kos. “Indien ‘n persoon op so iets afkom, stel jy jou eie veiligheid heel eerste en kan jy probeer om die slang te verwilder deur te alle tye ‘n veilige afstand te hou. Laat iemand egter onmiddellik ‘n persoon kontak wat ‘n slangvang-kursus voltooi het om die slang te vang en te verwyder na ‘n veilige area. “Die rampbestuursentrum op Moorreesburg kan u in so ‘n geval verwys na die regte persoon of die persoon kontak om u te kom bystaan. Die rampbestuur se noodnommer is 022 433 8700. “Moenie die slang self probeer vang of hanteer nie. Indien moontlik sorg dat iemand dophou waar die slang is en moet hom nie onnodig met allerlei goed gooi of slaan nie – onthou hulp is op pad. Die ergste vir enige slangvanger is om ‘n kwaai slang wat vir ure lank getempteer en met al wat ‘n voorwerp gegooi of geslaan is, te probeer vang.”
NUUS • NEWS
5
25 Februarie 2015
ADHD by VLV: Louis Smith
(links) en Esther Nothnagel (naasregs) van Bio-Link het onlangs die Malmesbury VLVtak toegespreek oor dié produk en ADD/ ADHD. By hulle is die sameroeper van die oggend, Jeanette Orchard (links) en Elsa du Plessis.
Besoek: Huis van Heerde Kinderhuis se kleinspan het onlangs die Moorreesburg Po-
lisiestasie besoek. adjudant-offisier Clyde Smit het aan die kinders verduidelik hoekom die polisie ‘n koeëlvaste baadjie , flitslig, boeie en weerkaatsende baadjies gebruik. Die kinders is na die selle geneem en verduidelik hoekom die selle gebruik word.
Marina: ‘n vrou wat ‘n verskil maak Lag elke dag, bly geesdriftig oor die lewe en wees dankbaar. Dit is die grondslag van Marina van der Merwe van Malmesbury se lewensfilosofie. Op ‘n dieper noot: “Fokus op geloof, wees positief teenoor jouself en maak vrede met omstandighede. Hierdie besondere sakevrou, dame en mensevriend het met dié courant gesels oor haar passie vir haar gemeenskap en dorp. “Veral kinders en bejaardes lê my na aan die hart,” vertel sy van haar betrokkenheid onder meer by die Jo Dolphin-sentrum, Welgemeend Primêr en waar nog oral. Marina het vyf jaar gelede haar gewig by die plaaslike Lions-klub ingegooi. Saam en op haar eie is hulle by talle projekte betrokke. “Ek hou van die Lions se aanslag: Ons gee nie geld nie, maar wel liefde en aandag.” Sy sal dit nie sê nie, maar in die stilligheid druk sy haar hand diep in die sak om die liefde en aandag te versterk met ‘n geskenkie of twee. Baie beskeie, maar met ‘n hart wat oorloop, vertel sy ook van kinders wat in haar hart gekruip het en veel meer as net ‘n saak of projek is. Maar glimlag en tyd strek ook verder: daar is ook ‘n koue koeldrank vir die mooë posman, ‘n bietjie aandag vir die oorwerkte polisie. Marina se omgee het nie ongesiens verbyge-
gaan nie. Die Malmesbury Sakekamer het haar aangewys as die Sakepersoonlikheid vir 2014. Sy was die eerste ontvanger van dié toekenning wat voortaan aan “’n Besonderse bydrae aan die Malmesbury-gemeenskap” sal gaan. Malmesbury en sy inwoners lê haar dan ook baie na aan die hart: “Ek wil vir elkeen baie dankie sê vir hul ondersteuning deur al die jare, in my lief en leed - sonder hulle sou ek nie die toekenning gekry het nie. Dankie, Malmesbury.” Marina is egter veel meer as die gemeenskapsmens, die sakevrou. ‘n Besoek aan haar twee oudste kleinkinders het haar diep laat dink oor die lewe en die kwaliteit daarvan. “Om alleen te wees, is nooit lekker nie en enkel-ouer nog minder. Ek was agt jaar enkel- ouer en nou weer agt jaar alleen ná my man, Johan, se afsterwe, maar ek was nooit alleen nie, want ek het dit nie toegelaat nie.” Sy gee mense ‘n kykie in haar privaatheid, “want miskien kan dit iemand help wat alleen is. “Ek het al wonderlike tye gehad. Omdat ek lief is vir die buitelewe het ek soveel kwaliteit tyd spandeer om lekker dinge te doen waar ek ook met die Here kan kommunikeer . “Vroeër het ek byvoorbeeld baie perd gery, langafstande gehardloop, soos die Comrades, baie staproetes gedoen, onder meer die Vis-
rivier, die Oranjerivier geroei en ook die Argus meer as een keer gedoen,” en dan noem sy terloops ook ‘n fietstoer oorsee. “Dit is alles buite in die veld waar jy so lekker met God kan kommunikeer. Die punt is, jy is nooit alleen nie en al hierdie mooi herinneringe kan jy eendag met jou kleinkinders deel.” Marina sê haar rykdom is haar gesondheid. “En my drie kinders en vyf kleinkinders. Sy het op Vanrhynsdorp grootgeword: “Ons het nog misvloere gehad, skaap opgepas – dit was lekker jare,” onthou sy. Sy het haar skoolloopbaan aan die Tygerbergse Handelskool voltooi, waarna sy 14 jaar rekenmeester by ENB was. Marina woon die afgelope 37 jaar op Malmesbury, waar sy diep spore in die sakewêreld getrap het. Maar sy het besluit om nou ‘n bietjie rem aan te draai: “Dit is ‘n manswêreld en ek het baie stres gevat. En na alles is dit ‘n gejaag na wind.” Met ‘n sagte glimlag praat sy oor die pad vorentoe: “Die Here is baie, baie goed vir my en daarom het Hy nou weer vir my ‘n wonderlike vriend gegee met wie ek weer kwaliteittyd kan spandeer. Hy weet die beste daarom gee Hy die beste… "Die Here bederf my, ek het nie ‘n keuse nie: daar is so baie om voor dankbaar te wees.”
Marina van der Merwe
Skryf nou in vir potjiekos Mense wat wil inskryf vir die OK MiniMark/Tiger Brands Gemeenskap Potjiekoskompetisie sal moet gou spring. Die kompetisie is op Saterdag 14 Maart op die parkeerarea van Wesbank biblioteek op Malmesbury. Dit is die eerste jaar wat die kompetisie aangebied word en daar heers groot belangstelling in die gemeenskap. Inskrywings kos R300 per span (1-4 lede). Daar is ook stalletjies en kosstalletjies beskikbaar teen R100 elk. Inkrywingsvorms is by OK MiniMark beskikbaar en inskrywingsgelde kan ook daar inbetaal word by een van die toesighouers. Bobby Matthee van OK MiniMark en die organiseerder sê hy is baie opgewonde oor die gees wat onder die deelnemers en verskaffers heers. Die eerste prys is die OK MiniMark Ge-meenskap Potjiekos Wisseltrofee, ‘n naweek vir twee
by die Garden Court De Waal Hotel, Kaapstad en R5000 kontant. Die tweede prys is ‘n R750 OK MiniMarkkoopbewys en R750 kontant. Die span wat derde kom, wen ook ‘n R750 OK MiniMark-koopbewys. Daar sal iets vir elke deelnemende span wees om huis toe te neem, geborg deur verkaffers. Die Dahlia Sorgsentrum is een van die organisasies wat by die projek betrokke is en daarby sal baat. Daar is deelnemers wat reeds aangedui het dat hulle van hul potjiekos te koop gaan aanbied ten bate van Dahlia. Matthee het sy betrokkenheid met Dahlia ook die afgelope naweek verder geneem, toe hy 22 kinders geborg het om saam met Wesbank se eerste rugbyspan op die veld te draf vir dié span se eerste wedstryd in die Cell C Community Cup. Hempies is spesiaal gemaak en gedruk vir die kinders.
Sakekamer: Die Malmesbury Sakekamer het Dinsdagaand hul eerste byeenkoms
van 2015 by die Laerskool Swartland gehou. Bo is voorsitter Werner Schreiber, Theuns Duvenage, Theo Kleynhans, Elricka Lesch, Roeloff du Toit en Nelia Kirsch.
NUUS • NEWS
6
25 Februarie 2015
Blue, haar geluid, sout en die Rav4
Johan Viljoen
sit voet in die hoek Soos die meeste van ons (ten minste dié wat ook nog vlakkerig in die jare stap), het grootgeword met 5-sente - klein silwer-blinkes en toe die meer onlangse groter brons munte. Maar 5-sente is reeds aan die verdwyn soos die tye en tegnologie ons saamgeneem het. Die Nasionale Voël, die 5-sentvoël is nou weer die 2015 Voël van die Jaar. Hulle is volop(perig) tot jy een vir die mense wil wys. Só het die uwe die by onder die enjinkap ontwikkel om 'n bloukraan vir buitemense te wys by die gelyknamige tentoonstelling onlangs buite Malmesbury. Wel, dit was 'n blou saak van gebed. Eerste oproep na 'n taksidermis het dié byna laat blou word" "Nee meneer, dit is 'n bedreigde spesie." Ja ja, ek weet. Ek wil nie een doodmaak nie. Ek soek een wat al dood is en opgestop is." Telkom en Vodacom het breed geglimlag soos die lyne gegloei het met een toe deur na die ander en slegs baie vae leidrade. Onder hulle was Darling Veldblommeskou en die fossielpark
en Natuurbewaring op Porterville (wat ons terloops sou kon help met 'n luiperd) tot die Iziko Museum. Dáár skiet die uwe die eerste (dooie) bloukraan raak. Taksidermis Anne sê hulle het bloukrane op uitstalling, maar sal moeilik wees vir ons om een te leen. Sy het wel een in die vrieskas, maar hy sal nie betyds opgestop wees nie. Nog is dit het einde niet, en die volgende leidraad vir skattejag lei ons na die Tygerberg Natuurreservaat waar ons warm op die spoor is van Blue, soos die onbekende opgestopte Nasionale Voël al 'n naam kry in die uwe se kop. Sy kom glo uit die Swartland. Maar die lyne word warm gebel en niemand antwoord nie. Almal is in die veld, want daar was 'n eko-brand wat groot geraak het. Twee dae - die ekspo kom nader en Scott Scott se Stop die Horlosie-beelde begin in die geestesoog verskyn …...en Blue, vervaag weer tot 'n gedagte. Woensdagmiddag en die uwe is vasberade om die Bloukraan terug te bring. Dis tog immers die Swartland. Hier ken ons bloukrane. Altyd in pare. Getrou aan mekaar tot die dood. Pas in by ons streek. Die streek waarvan dr Ivan Meyer by die ekso-opening sê: Die mense hier is die sout
van die aarde – 30 minute uit die stad.” Terug by Blue. Voor die toe hek van die Naturreservaat met 'n kennisgewing én 'n wag wat verduidelik dis gesluit weens die brand, was 'n
reis terug na Malmesbury, sonder Blue, vir die uwe geen opsie. Eers het hy in warm taal gepraat en die erns oorgedra. Daarna voor die derde in bevel (hoogste rang beskikbaar) as't ware in oordrewe beskeidenheid soos Fiela Komotie geseil soos 'n slang. Nóg SMS-e en toestemmings later het WALLA: die hek swaai oop en Blue word werklik. Die N7 terug, met Blue staande as die belangrike passasier, al kappende teen die ruit met haar harde bek voel of ons op wolke vlieg. Blue sou enigiets kon vra, en die uwe sou doen. Die ruit afgedraai sodat sy kon asem kry en weer die Swartland se lug kon ervaar soos voorheen. By die petrolpompe het die mense om Blue saamgedrom en gewonder of sy lewe. Só realisties is sy bewaar. “Maak sy nie 'n geluid nie,” wou een weet. By die ekspo het talle haar bewonder en, as ons gelukkig is, gaan Blue ook haar debuut maak op die kassie as hulle die Ekspo wys. Nou is Blue veilig terug in die Tygerberg en ons het die naweek bietjie deur die Swartland gery en gekyk waar haar familie wei. Dié keer ook op Piketberg beland in Malmesbury Toyota se Rav4. Wat 'n heerlike stel wiele. Luuks en as jy soos voëlkykers 'n lysie het, sal jy ál die boksies kan afmerk. Rav4 2.5 outomaties hét dit. Langs die winkel kom die tannie (ver in jare) aangestap en praat land en sand oor dié mooi mouterkar en hoe sy en die oom ook op hulle dag in 'n “Ghrênd Tojyta” gery het. “Nou start hom, dat ek kan hoor.” Tannie hy luier reeds. “Nou maak hy dan nie 'n geluid nie?” Of Rav4 vir jou 'n geluid maak of nie, hy is gebou vir die stad en die rowwe terrein, net soos jy wil. Dié middelgrootte-sportnuts waarmee ons bietjie gery het (en Rav4 rý as ons hom vra) is 'n 2.5 AT VX-model met 18”-allooispeekwiele. Al die modelle spog met 'n nuwe raakskermmultimedia-stelsel met hoë resolusie skerm gekry met 4 keer meer pixels as die vorige stelsels. Dit sluit in Bluetooth vir handvrye telefoonoproepe, ’n trurat-kamera (VX-modelle), klimaatbeheer, eenvoudige koppeling van iPods en MP3spelers deur middel van ’n USB-sok of Bluetooth. 2.5 AT VX het aandrywing deur al vier wiele (AWD) en ontwikkel wringkrag van 132kW. Daar is 'n outomatiese sekwensiële multimodus-sesgangtransmissie en Toyota se gevorderde tegnologie vir aandrywing deur al vier wiele, wat dinamiese wringkragbeheer genoem word. Die stelsel gebruik inligting van verskillende sensors vir spoed, stuurhoek en swaaibewegings. Die RAV4 gebruik ’n ingewikkelde, interaktiewe hoëspoed-beheerstelsel om die dinamiese wringkragbeheer-aandrywing deur al vier wiele, voertuigstabiliteitsbeheer- en elektriese kragstuurstelsels te koördineer ten einde verrigting, hantering en veiligheid in alle rytoestande te verbeter. Daar is elektries wegvoubare deurspieëls, ’n glasdak wat kan kantel en oopskuif, en hoësterkte kopligte (HID) met ’n ingeboude skoonmaakstelsel, leerbekleedsel regdeur, elektries verstelbare bestuurdersitplek met laerugsteun, sitplekverwarmers voor, outomatiese dubbelsien-klimaatbeheer, truratkamera, elektriese werking vir die agterste laaideur (met geheuewerking), spoedbeheer en ’n sleutellose toegangstelsel (Smart Entry) by. RAV4 is toegerus met sitplekke wat sweepslagbeserings verminder en sewe lugsakke – alles deel van sy standaard-toerusting. Aktiewe veiligheidstelsels sluit in ABS met EBD, BA, VSC (voertuig-stabiliteitsbeheer) en TRC (kloubeheer), terwyl die AWD-modelle verder ook VSC+ het, wat die voertuig se elektriese kragstuurstelsel (EPS) by die stabiliteitsbeheer inskakel.
NUUS • NEWS
25 Februarie 2015
Wiele wat rol February 28 – Turbo Saturday. Turbo Saturday gives you three for the price of one – drag racing, short circuit and Motocross. Head on down to Killarney International Raceway for non-stop smoking action. Organiser: Jody Powell Phone: 021 557 1639; email: admin@wpmc.co.za. 14 March - Piketberg Fun Enduro, Draaihoek Farm, cost: R150. A family open day with a scenic ride for bikes and quads. Entry 08:00; briefing 09:30; start: 10:00. Lucky draw & lots of prizes to be won after the event. Sponsored by Dirtrider Motorcycles - See more at: http:// www.letsride.co.za. 10-12 April – Swartland Charity Bikers Braai: Moorreesburg Show grounds; R100pp; children under 10 free; badge R25. Enquiries: Francois 083 956 0606; Erhardt 082 898 1026; Trudie (accommodation & stalls) 079 369 1276; Laurie (poegie enquiries) 082 321 8008. 11 April - Koringberg Funduro: There will be a red route for the riders that like the wild stuff and a green route for the riders that like the mild stuff. Cost: R150/rider & R70/lift (refreshments @ halfway mark, included). Registration starts at 08:00 & briefing at 09:30. Funduro starts at 10:00 sharp. Go visit and like our Facebook page for more details: https://www.facebook.com/pages/Koringberg-Funduro/475903009182192 15 -17 May – Knysna Speed Festival. Welcome Centre, Beaucamp Place, Knysna. This event is sure to entertain all speed lovers. 20 June - West Coast Fun Ride, Vredenburg. The West Coast Fun Ride will be for quads & bikes at Blomfontein, 9.5km outside Vredenburg, in the direction of Hopefield. Registrations will start at 07:30, briefing at 09:30 and the enduro starts at 10:00. The track will be a ± 80 km loop, through the surrounding farms. Not very technical, but not a walk in the park. Refreshments for the riders at the the halfway mark. Prize giving (lucky draw) at 14:00. A cash bar will also be available and some food to buy at the venue. Vredenburg High School Old Scholar Association arranges the day, in partnership of the local business to help raising funds for the school. Mail to: Robert.vdh@vodamail.co.za, 082 659 4856 or (office) 022 709 4392. 15-25 October – Johannesburg International Motor Shoe. NASREC Expo Centre. This the single largest international automotive event in Southern Africa.
7
Stoeltjies nou wetlik verpligtend Van 1 April af sal dit wetlik verpligtend wees vir ouers om alle kinders van drie jaar en jonger in veiligheidstoeltjies vas te maak wanneer hulle die kinders in motors vervoer. Enige kind, ongeag sy ouderdom, wat te klein is vir ’n voertuig se standaard sitplekgordel, sal ook in ’n karstoeltjie vasgegespe moet wees, luidens wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies wat in April in werking tree. Die nuwe regulasies is net van toepassing op private voertuie. Minibustaxi’s is daarvan vrygestel. Dit is nog nie bekend wat die straf vir oortreders sal wees nie. Die Departement van Justisie sal boetes vasstel sodra die wetgewing in werking tree. Volgens die Mediese Navor-
singsraad (MNR) is padongelukke die grootste oorsaak van beserings en sterftes by kinders jonger as vyf. In navorsing deur die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) is bevind dat die risiko vir babas om in ’n motorongeluk te sterf met 71% afneem as hulle in ’n veilige karstoeltjie vasgegespe is. Kleuters tussen vier en agt jaar het ’n 54% beter kans om ’n motorongeluk te oorleef as hulle in ’n karstoeltjie vasgegespe is. Die MNR het in 2010 bevind dat nege uit tien passasiers wat op die agterste sitplek in voertuie sit, nie behoorlik vasgegespe is of ’n sitplekgordel dra nie. Daar is ook bevind dat slegs 59% van motorbestuurders sitplek-gordels dra.
Veilig in jou motor Hier is ‘n paar veiligheidswenke vir motorbestuurders: • Sluit motordeure as jy ry. • Moenie naby aan die motor voor jou stop nie, sodat jy nog kan uitdraai. • Moenie rylopers oplaai nie. • Moenie waardevolle items oop en bloot laat lê nie. • Plaas jou handsak buite sig; bv by jou voete. • Hou jou sleutels gereed as jy nog oppad is na die kar toe. • Wees versigtig vir ligte stampies van agter. Neem die registrasienommer en rapporteer dit by die polisie – dit kan ‘n set wees om jou te laat uitklim. • Bespied eers die omgewing voor jy by die huis stop. • Wees versigtig as jy uitklim om die hek oop te maak.
NUUS • NEWS
8
25 Februarie 2015
Die
Liefde is …
Dit is Februarie en die winkels se fokus is ewe skielik op die liefde. Oral waar jy kyk, is dit net rooi en wit, harte, rose, beertjies en dies meer. Die regte waarheid is egter dat in ‘n gelukkige verhouding moet elke maand van die jaar ‘n “Februarie-maand” wees. Die vraag ontstaan dan nou wat moet ‘n mens doen om hierdie fokus op die liefde te hou? Die eerste antwoord wat ons hier wil gee, is dat dit glad nie van gevoel afhang nie. Ja, dit is so dat liefde ‘n emosie is, maar as daar net op die emosie staatgemaak gaan word, dan sal daar baie paartjies wees wat sommer al vroeg uit mekaar gaan, veral as die kinders en die moeilike tye hulle koppe begin uitsteek in die verhouding. Maar hoe dan gemaak? Wel, kies. Die liefde is ‘n keuse. Daar kan nie gewag word totdat die gevoel van liefde daar is voordat jy dit teenoor jou maat uitspreek nie. Nee, jy kies dit. Die liefde is elke oggend vars en nuut en moet vir elke dag gekies word, Moet nie op die ou gevoelens en emosies van gister ry nie. Dit bring jou net op ‘n plek uit waar jy meer bekommerd is oor dinge, eerder as wat jy opgewonde is oor dit wat voorlê. Maar wat kan ons dan doen om ons in hierdie keuse te help? Waarop moet gefokus word in hierdie soeke na standvastige en werklike liefde? Ek het gedink om ‘n bietjie terug te gaan na die bekende, daardie plekke waar ons gewoonlike laaste soek, omdat ons mos weet wat daar staan, want ons moet nuwe insigte kry. Dalk
moet ons egter eers net terugkeer na dit wat bekend is en begin doen wat ons nie eintlik doen nie… Kom ons kyk na die beginsels in die bekende gedeelte van 1 Korintiërs 13, soos dit in “Die Boodskap” opgeteken is. (Die gedeeltes wat in hakies bygevoeg is, is nie deel van die oorspronklike teks nie.) “Om ander (my maat) lief te hê beteken: - om nooit iemand (jou maat) sleg te behandel wat jou irriteer nie; - om altyd mense (jou maat) so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel; - om ander mens (jou maat) en dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik daaroor te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie; - om nie heeltyd oor jouself te praat en spog nie; - om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense (jou maat) is nie; - om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander (jou maat) nie ongemaklik saam met jou voel nie; - om nie heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; - om nie sommer vir niks kwaad te raak nie; - om nie elke liewe dingetjie wat iemand (jou maat) verkeerd doen te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie. Maar liefde het ook grense: liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie. Net so sal liefde altyd net bly wees oor dit wat regtig
gebeur soos God dit bedoel het. Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense (jou maat) en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook geen einde nie.”
Ek dink dit is eenvoudig. Die raad en wat om te doen is gegee, al amper 2000 jaar gelede. Kom ons volg dit net in ons huwelike en kom ons het ‘n “Februarie-maand” elke maand van die jaar.
Luister na Kobus en Linda Pauw van Connection Impact elke Vrydag vanaf 7:40 op Kaapse Kansel, jou daaglikse reisgenoot op 729 AM.
WEST COAST ART CALENDAR
WESKUS KUNS KALENDER
West Coast District Municipality intends to publish a calendar containing local residents’ visual artworks. We hereby invite all artists in the West Coast area, both established and amateur, to join this exciting project.
Weskus Distriksmunisipaliteit wil graag ’n kalender met plaaslike inwoners se visuele kunswerke publiseer. Hiermee nooi ons dus alle kunstenaars in die Weskusgebied, gevestig sowel as amateurs, om aan hierdie opwindende projek deel te neem.
Theme: The visual artwork may be in the medium of your choice (oils, water colours, charcoal, etc.), but must depict some element of the West Coast.
Tema: Die visuele kunswerk kan in ’n medium van u keuse wees (olieverf, waterverf, houtskool, ensovoorts), maar moet oor die Weskus handel.
RequiRemenTs: Participants must reside in the West Coast District Municipality service area and must be 18 years or older. Entries must be original artworks that have not been published previously.
VereisTes: Deelnemers moet inwoners van die bedieningsgebied van Weskus Distriksmunisipaliteit wees en van ouderdomme 18 jaar en ouer. Inskrywings moet oorspronklike werke wees wat nog nie voorheen gepubliseer is nie.
Closing DaTe: 31 maRCh 2015
sluiTingsdaTum: 31 maarT 2015
Submit one or two artworks (drawings/paintings) along with the completed entry form to Mr P. Cornett at 58 Long Street, Moorreesburg, 7310.
Stuur een of twee kunswerke (geskets/geskilder) saam met die voltooide inskrywingsvorm aan mnr P Cornett by Langstraat 58, Moorreesburg 7310.
Entry forms may be obtained from the West Coast District Municipality’s offices on Mondays to Thursdays from 07h45 to 16h30 and on Fridays from 07h45 to 15h15.
Inskrywingsvorms kan van Maandae tot Donderdae vanaf 07h45 tot 16h30 en op Vrydae vanaf 07h45 tot 15h15 by die kantore van Weskus Distriksmunisipaliteit bekom word.
For any enquiries, contact Mr Cornett, tel. 022 433 8400 / cell. 073 998 5753 / email: pcornett@wcdm.co.za
Vir enige navrae, kontak mnr Cornett by 022 433 8400/073 998 5753 of by e-posadres: pcornett@wcdm.co.za
Entry forms are also available from the following institutions during office hours:
Die inskrywingsvorms is ook gedurende kantoortyd by die onderstaande instansies te kry:
Bergrivier Municipal area
Department of Social Development Piketberg
Natania du Plooy
tel. 022 913 1156
Munisipale gebied Bergrivier
Departement Maatskaplike Ontwikkeling Piketberg
Natania du Plooy
tel. 022 913 1156
Swartland Municipal area
Thusong Centre, Ilinge Lethu Malmesbury
Hillary Balie
tel. 022 487 9400
Munisipale gebied Swartland
Thusong-sentrum, Ilinge Lethu Malmesbury
Hillary Balie
tel. 022 487 9400
Matzikama Municipal area
Thusong Centre Vredendal
Elizna Mouton
tel. 027 201 3300 / 3454
Munisipale gebied Matzikama
Thusong-sentrum Vredendal
Elizna Mouton
tel. 027 201 3300 / 3454
Saldanha Municipal area
Department of Social Development Vredenburg
Caryn du Bruyn
tel. 022 713 2272
Munisipale gebied Saldanha
Departement Maatskaplike Ontwikkeling Vredenburg
Caryn du Bruyn
tel. 022 713 2272
Cederberg Municipal area
Offices of Cederberg Municipality Clanwilliam Dam/Resort
Megan Phillips
tel. 027 482 2583
Munisipale gebied Cederberg
Kantore van Cederberg Munisipaliteit Clanwilliam-dam/-oord
Megan Phillips
tel. 027 482 2583
NUUS • NEWS
9
25 Februarie 2015
Sam Walters van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die 400m hekkies-item gewen.
Grant de Klerk van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het 'n vierde plek vir seuns o.17 behaal in die driesprong. Zhequin Langeveldt van die Piketberg Hoërskool nael na die eindstreep.
Bo: Henrietta Cloete van die Hoërskool Porterville neem deel aan die gewigstoot vir meisies o.14. Links: Eddie Jones van die Hoërskool Dirkie Uys behaal 'n eerste plek in die spiesgooi vir seuns o.19.
Erwe onder die hamer Swartland Munisipaliteit gaan ‘n hele rits eiendomme op openbare veiling verkoop. Die erwe is op Malmesbury en Moorreesburg. Die eerste veiling is dié Vrydag (27 Februarie) om 10:00. ‘n Huis in Piet Retiefstraat 24 en twee erwe in Amandelrugstraat sal onder die hamer kom. Dit word by die huis gehou. Dié veiling word vroeër gehou as die gewone veiling van erwe, aangesien die woning onder vandale deurloop. ‘n Bepaling is ook in die verkoopvoorwaardes ingeskryf dat die koper okkupasie neem (en alle
risiko na hom oorgaan) sodra sy aanbod deur die UBK aanvaar word. Op Saterdag 21 Maart word 47 erwe opgeveil: 21 in Dalsig, 23 in Newclaire en drie in Tafelzicht. Die veiling begin om 10:00 in die Malmesbury banketsaal. Heelparty erwe op Moorreesburg moet ook onder die hamer kom, maar ‘n datum moet nog hiervoor bepaal word. Die direkteur korporatiewe dienste het die voorwaardes van verkoop ter insae by sy kantoor. Dit sluit die Moorreesburg-erwe uit.
Musikale fantasie vir ACVV Die Groovy Girls van Malmesbury nooi mense na ‘n Musikale Fantasie op Dinsdag 3 Maart en Donderdag 5 Maart om 18:30 vir 19:00. Dit is ‘n heerlike uurlange musikale reis deur hulle repertoire van ligte klassieke musiek en gewilde Jazz-items. Dit word aangebied by Ske-
merstraat 20 en is ten bate van die ACVV en Aandskemeringouetehuis. Kaartjies is beskikbaar teen R50 by Kontreispens asook al die lede van die groep. Kontak Carina Zöllner by 083 560 9849 / carina.zollner@vodamail.co.za of Bianca Turner by 081 271 2150.
Regstelling: In dié courant se uitgawe van 18 Februarie 2015 het 'n tegniese fout ingesluip en is die verkeerde weergawe van die advertensie van Swartland Groep op Moorreesburg geplaas. Dié advertensie-inhoud handel oor die nuwe eko-vriendelike oonde wat dié maatskappy in hul fabrieke gebruik. dié courant vra om verskoning vir die fout, asook enige skade wat die Swartland Groep moontlik kon gely het.
Micke Smit van die Hoërskool Swartland op Malmesbury gaan om die draai, terwyl Elske Pieters van die Piketberg Hoërskool kort op haar hakke volg.
Corben Isaacs van die Hoërskool Porterville in alksie in die 800m-item vir seuns o.17.
NUUS • NEWS
10
25 Februarie 2015
Hoe raak beurtkrag my versekering “Lasverligting” is deesdae die nuwe vloekwoord in Suid Afrika. Ons kom nou agter hoe afhanklik ons van elektrisiteit geword het. Al wens ons ook nou hoe hard vir die teendeel, blyk dit dat beurtkrag nog vir ‘n wyle deel van ons lewens gaan wees. Die ongeskeduleerde aan- of afskakeling van toerusting kan onder sekere omstandighede ly tot skade. Byvoorbeeld indien elektrisiteit ná so ‘n beurtkrag skedule aangeskakel word, kan dit daartoe aanleiding gee dat ‘n groot hoeveelheid elektrisiteit skielik deur jou elektriese toerusting beweeg. Die aanvaarde term hiervoor is “kragstuwing”. Hierdie kragstuwing kan dan groot skade aan jou elektroniese toerusting veroorsaak. Die probleem is egter dat skade weens kragstuwing onder baie korttermyn versekeringspolisse nie gedek sal wees nie, wat natuurlik gaan beteken dat so ‘n eis nie deur die versekeraar betaal sal word nie. ‘n Manier om die risiko van kragstuwing aansienlik te verminder, is om seker te maak dat die nodige beskermende toerusting op die woning se elektrisiteitsverspreidingsbord (“DB board”) aangebring is. Hierdie apparaat is relatief goedkoop, maar moet deur ‘n gekwalifiseerde elektrisiën ingesit word. Sonder hierdie beskermende toerusting is dit veiliger om liefs alle elektriese toerusting se muurproppe uit te trek, wanneer beurtkrag in werking tree. Kontak u adviseur indien u onseker is of u polis eise dek wat agv kragstuwing ontstaan. ‘n Ander probleem wat kan ontstaan weens beurtkrag, is dat sekuriteitstelsels nie meer werk nie en dat skelms dan hierdie situasie tot hul voordeel kan benut. Die meeste alarmstelsels is afhanklik van elektrisiteit om te funksioneer. Die goeie stelsels beskik wel oor ‘n herlaaibare battery wat vir ‘n wyle elektrisiteit aan die stelsel kan voorsien. Die leeftyd van hierdie batterye is egter beperk en indien dit nie behoorlik onderhou sou
word nie, raak die battery se vermoë om elektrisiteit te voorsien al hoe korter hoe ouer dit word. Dit is dus noodsaaklik dat hierdie batterye gereeld getoets word. Selfs al is die battery nuut, het dit slegs ‘n beperkte vermoë om krag te voorsien en indien die kragonderbreking te lank duur, kan die alarm dus “nutteloos” gemaak word. Hoe hanteer versekeraars die situasie? Die meeste polisse vereis dat as daar ‘n gekoppelde alarm op die perseel is en die perseel word verlaat, moet die alarm geaktiveer word, anders sal eise nie deur die versekeraar aan-vaar word nie. Die meeste versekeraars is egter nie onredelik nie en indien jou sekuriteitsmaatskappy bewys kan lewer dat jou alarm wel geaktiveer was toe jy die woning verlaat het en dat die alarm inderwaarheid weens die kragonderbreking gedeaktiveer was, sal die gevolglike eise heel moontlik wel aanvaar word. As jy ‘n goeie adviseur het, sal hy jou hiermee kan help. Natuurlik sal dit jou eis se suksesvolle afhandeling aansienlik ondersteun as daar ook ander vorms van sekuriteit teenwoordig was, soos diefwering en veiligheidshekke. Onthou die onus rus steeds op die versekerde om sy eiendom te beskerm. Die gebruik van alternatiewe bronne van lig soos kerse en lanterns wat met olie of gas werk, verhoog die risiko vir die ontstaan van brande. Wees veral versigtig waar en deur wie dit gebruik word. Veral jonger kinders mag dit sien as ‘n aardigheid en in hul nuuskierigheid die kers of lantern omstamp. Ligte wat deur herlaaibare batterye aangedryf word, is ‘n veiliger opsie om te oorweeg. Indien u van ‘n kragopwekker gebruik maak, moet dit verkieslik deur ‘n professionele persoon geïnstalleer word en die kragopwekker se veiligheidsinstruksies moet noukeurig gevolg word. Maak seker dat geen munisipale regulasies oortree word in die wyse waarop die kragopwekker aan jou huis se netwerk gekoppel word nie. Indien die Wet oortree word, kan die versekeraar dit altyd beskou as voldoende gronde om ‘n eis te weier. Hou altyd ‘n brandblusser byderhand wanneer ‘n kragopwekker gebruik word. Nog ‘n paar aspekte om ingedagte te hou: Dit is in jou belang om altyd op hoogte te wees van hoe die beurtkrag skedule jou gaan raak, sodat jy die nodige voorsorg kan tref. Maak seker dat die motorhuisdeure steeds kan werk as die krag af is. Hou ‘n spaarsleutel van een van jou huis se buitedeure in jou voertuig, veral as jy gewoond is om deur jou motorhuis toegang tot jou huis te kry. As jy dalk ‘n elektriese hek het wat toegang tot jou erf bied, moet jy seker maak jy weet hoe om dit sonder die beskikbaarheid van elektrisiteit oop en toe te maak. Iemand het onlangs genoem dat as die krag by hulle in die aand afgaan, hulle as gesin begin speletjies (bv kaarte) speel. Sodoende vlieg die twee uur verby terwyl hulle as gesin weer kans kry om tyd saam te spandeer. Wat ‘n wonderlike manier om ‘n negatiewe in ‘n positiewe om te swaai!
NUUS • NEWS
11
25 Februarie 2015
Hoe gemaak met...
... my tuin in Maart
Februariemaand lê op sy rug en volgende week is dit al Maart, die eerste herfsmaand van die jaar (amptelik vanaf die 21ste ). Nou wat doen ons Maartmaand in ons tuine? In Maart begin ons winter- en lente-blommende bolle plant, maar oppas om nie te vroeg die bolle en knolle in te sit nie. Jou tuingrond moet eers lekker afkoel, want in die warm grond gaan jou blombolle vrot. Kry volledige plant-instruksies by jou plaaslike kwekery. Die bekendste bolle is Ranonkels, Anemone, Freesias, Sparaxis, Affodille, Tulpe en nog baie meer. Jy kan ook nou jou somerblommende struike
snoei, want gereelde snoei stimuleer nuwe groei en nog nuwe blomme! Poinsettias moet ook einde Februarie, begin Maart, teruggesnoei word vir vars nuwe groei, waarop daar in dié winter pragtige rooi blomme gaan pryk. Knip ook nou jou Fuchias terug, maar onthou - ‘n Fuchia hou nie van ‘n winderige plek in jou tuin nie, hulle verkies ‘n warm, skaduryke, beskutte area om mooi te groei en te blom. Petunias en ander saailinge wat bietjie toiingrig lyk, kan ook teruggesnoei word. Gee weer ‘n bietjie kompos en voeding, dan is hulle in ‘n week of drie weer pragtig en vol blomme. Plante wat nou opgedeel kan word, is by-
voorbeeld Varkblomme (Aronskelke) en Agapantusse. Haal die hele ou plant uit en verbreek die knolle versigtig. Knip alle oortollige blare en wortels af en plant weer terug in vars nuwe grond wat goed voorberei is. ‘n Mooi tuin benodig gereelde voeding, minstens een maal per maand. Moenie jou Clivias na die einde van Maart meer kos gee nie, want dan gaan hulle nie hierdie seisoen blom nie. Ná blomtyd, hervat weer die voedings-program. Let wel, hulle moet nog gereeld water kry indien dit nie reën nie. Hierdie tyd van die jaar kry ek gereeld die vraag “hoekom lyk my grasperk so treurig, dit is net geel en vaal kolle waar ek kyk, wat moet ek doen?”. Oppas om jou grasperk nie te kort te sny dat daar wit kolle ontstaan wat deur die son geskroei sal word nie. Indien jy jou grasperk se mat wil wegsny, doen dit einde Augustus of begin September en gee dan ‘n goeie, maar dun deklaag om weer nuwe groei te stimuleer. ‘n Tweede oorsaak kan grasperk-ruspes en
waterkrieke wees wat bedags onder in die grond wegkruip en snags hul vernietigingswerk doen. Die volgende gifstowwe kan gebruik word; (a) Sipermetrien of Karbaril; (b) Zero Molecricket of Koinor. Meng in ‘n gieter en deurdrenk die area, vra by jou plaaslike kwekery vir die regte produk en aanwysings. Derde oorsaak kan swamme wees. Daalderkol is ‘n sirkelvormige besmetting wat klein begin en baie vinnig tot ‘n groot sirkel uitkring. Bespuit dit met Odeon. Bruinroes is klein bruin/ swart poeieragtige kolle op die blaar van die graslote wat ook sal afgee as jy daaraan vat en dit kan ook baie vinnig versprei. Bespuit met Virikop of Odeon. Sorg dat die grasperk genoeg water kry en gereeld voeding en moet nie vergeet om jou gras ten minste een keer per week te sny nie, hoe meer gereeld hoe mooier word jou grasperk. Lekker tuinmaak Tuin-groete tot 25 Maart, George Retief
NUUS • NEWS
12
25 Februarie 2015
Trots: Twee-en-twintig kinders van die
Dahlia Sorgsentrum het Saterdag breëbors saam met Wesbank se eerste rugbyspan op die veld gestap vir dié span se eerste wedstryd in die Cell C Community Cup. Bobby Matthee van OK MiniMark en 'n borg van Wesbank, het die kinders se hempies geborg. Hier staan hulle reg om die volkslied te sing.
Sportdagboek Sport Diary Calling for netball players 28 Februarie: CPM mini-krieket. 28 Februarie: Community Challenge Rugby, ronde 3; Never Despair t Belhar (tuis). 28 Februarie: Swartland Marathon; 07:00 – 17:00 – the 21.1 km is a circular route, the 10 km follows part of the route. T-shirts to the first 600 finishers for 21.1 and 10 km. Hanlie Rossouw 082 579 0222 of 082 656 4130; epos: jhsp@ telkomsa.net. You can enter Friday from 16:00 – 19:00 or Saturday from 05:30 – 06:45. 28 February: Malmesbury Golf Club Championships, A & B Division 36 Holes Stroke-
play. 01 March: Malmesbury Golf Sunday Rascals, 40 players. 08:15. 07 Maart: Community Challenge Rugby, ronde 4; Primrose t Never Despair (weg). 12Maart: CPM uitnodigingsgala. 14 Maart: Community Challenge Rugby, ronde 5; Never Despair t False Bay (tuis). 21 Maart: Community Challenge Rugby; WP 1 t Boland 2 ; Boland 1 t WP 2. 27 – 29 March: SA Regional Level 1 Swimming Championships, Malmesbury Municipal pool; 08:00 – 17:00. Organiser: Lucinda Koch, 021 854 3395. 28 Maart: Community Challenge Rugby, finaal: sal aan gekondig word.
The Darling Netball is inviting interest from members of the community to come and join them, to partake in fitness, practice and matches in this established netball club. There will be an opening tournament, weekly club matches and social events. Work on your fitness and enjoy an outside activity and team sport. There is also an opportunity to learn how to umpire, and test for umpiring games. Practices are at the Darling Club, matches played in Moorreesburg. Contact Suzette Visser on 083 260 1843.
NUUS • NEWS
13
25 Februarie 2015
Span rol in die kol Malmesbury se mans rolbalspan het Saterdag ‘n skitterende oorwinning tuis behaal deur Kampsbaai met 16-2 te wen. Die span, wat weens ander verpligtinge en beserings nie op vol sterkte was nie, het uitmuntend gespeel om ‘n puik uitslag te bewerkstellig. Na die vyfde rondte het Malmesbury terug gesak na die derde posisie, en hierdie uitslag behoort hulle weer bo-aan die punteleer te plaas, omdat Edgemead ‘n loslootjie gehad het. Terry Shimmin, Ron Sheridan, Robin Deyzel en Ivan Dicks wen die eerste stel gemaklik met 10-5 en staan drie skote af op die laaste skof. In die tweede stel herstel hulle van ‘n 6-7 agterstand om naelskraap die doodskoot met ‘n 9-8 oorwinning te gee en die volle ses punte te behaal. Peter Hall, Dave Walker, Fred van Dongen en Martin Louw wen hul eerste skof 7-6 deur terug te veg van ‘n 4-6 agterstand. In
Dagboek • Calender
die tweede stel toon hulle goeie karakter deur ‘n 1-4 agterstand met ses skote op die sesde skof te verander na 7-4 voorsprong. Hulle byt die stang goed vas om 9-7 te wen en dus ook ‘n voltal van ses punte behaal. Wat hulle wen merkwaardig maak, is die feit dat dit Peter se eerste wedstryd as skipper in die liga was, Dave se eerste keer as derde en Fred van Dongen se debuut vir Malmesbury. Die span van Daniël Griebenauw, Altus Myburgh, Gert Adams en Koos Muller wen 4-2 in ‘n taai wedstryd. Die eerste skof eindig 7-5 in hulle guns, maar tydens die tweede skof staan hulle ses skote af op die sewende skof om 5-9 agter te raak, en hak byna die knoop op die laaste skof deur vier skote te behaal vir ‘n 9-10 neerlaag. Daar bly nou twee wegwedstryde oor, teen Sunningdale wat voor Saterdag tweede was, en die laaste wedstryd teen Mowbray.
CPM hou interskole Die CPM op Malmesbury het ander privaatskole in die jaarlikse interskole kragmeting gepak. Links: Brigitte Buys van CPM spring ver. Regs: John Pentz van die Darling College mik om die bal ver te stoot. Links onder: Kara Jordaan van CPM gaan diskus gooi. Regs onder: Willow de Villiers van die Darling College sit al haar krag agter die gewig.
Riebeekvallei GPF 26 Februarie - Die Riebeekvallei Gemeenskapspolisiëringsforum vergader om 19:00 in die POP-sentrum, Riebeek-Kasteel. Navrae by 072 023 0832.
Euvrardstraat, Malmesbury. Drag: denim met T-hemp, Stetson/cowboy-hoed opsioneel. Gratis (kollekte opgeneem). Van 17:30 is daar worsbroodjies, vetkoeke en pannekoek te koop. Gratis (kollekte opgeneem). Kontak Piet 084 569 7742 / Wilna 082 226 0866.
Polisieforum 26 Februarie - 19:30, Abbotsdale Gemeenskapspolisiëringsforum vergader om 19:30 in die Abbotsdale Gemeenskapsaal. Almal is welkom.
Wêreldbiddag vir vroue 6 Maart - Om 19:30 in die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in Wesbank. Almal is welkom.
Kerk-ete 27 Februarie - Koop aandete by PPK Bethesda op Malmesbury; R45 per bord - hoender, slaai en broodjie. Navrae: 081 270 9944. Music Picnic under the stars 27 February - Music in the moonlight at Darling Cellars, with Klassik and Meerkat Ensemble. Bring your own picnic basket and blanket. Cheese platters @ R70 and wine will be for sale. Time: 19:00. Entry: R20 pp (includes a glass of Darling Cellars wine). "Snuffel-dag" 28 Februarie - AnnexKloof Padstal, 09:00 - 14:00. Malmesbury VLV het 'n stalletjie. Bootsale/Markdag op Moorreesburg 28 Februarie 2015 – Bootsale/Markdag by die Moorreesburg Koringbedryfmuseum, 08:00 tot 12:00. MKB Swartland Half Marathon & 10km 28 Februarie - Gene Louw-sportgronde, Moorreesburg Hanlie Rossouw: 081 579 0222. Malmesbury Voortrekkers 28 Februarie – Ouerbraai en vlotvaartbereiding (Verkenners). Navrae: Sunet de Jongh, 082 877 4789.
Klubs moet onderhandel Die Boland Rugby-Unie het die opmerkings van regter Lee Bozalek oor die aansoek oor klubkompetisies wat vroeër die week voor die Hoër Hof in Kaapstad gedien het, verwelkom. Bozalek het gesê die skaakmat rondom klubkompetisies moet deur die lede van die Unie self opgelos word. “Ons verwelkom verder dat die aangeleentheid by ooreenkoms uitgestel word tot ‘n latere datum (28 Mei), veral in die lig van die verkiesing op 26 Februarie,” het president Ivan Pekeur in ‘n skrywe aan klubs gesê.
Daar is ooreengekom dat daar so gou moontlik ná hierdie datum ‘n ontmoeting sal plaasvind om te poog om die kwessie rondom die formaat van die klubkompetisie op te los. Pekeru sê indien daar nie tot ‘n vergelyk gekom word nie, sal die Unie voortgaan met ‘n heraansoek en sal die regskostes van die applikante gevorder word. “Ons vertrou dat al die klubs sal saamwerk in die gees van die hof se opmerkings en dat ‘n klein minderheid nie sal voortgaan om die bereiking van ‘n skikking in die wiele te ry nie.”
Darling Cellars Annual Crush day 28 February - Picking, crushing, eating & drinking in the sun! Join them for a fun day: breakfast, picking & crushing your own grapes (with your very own wine & label to come 8-10 months later); label design competition and a traditional west coast lunch. Time 07:45 for 08:00. Booking essential. 022 492 2276 or www.darlingcellars.co.za. Bike rally 28 February- Moorreesburg: Desert Wolf Bike Rally. Show grounds.
Bergklim en oorslaap 6 Maart - die AGS Corpus Christi gaan op Kasteelberg slaap. Kontak pastoor Piet Smit by 073 447 2902. Riebeek Cellars Grape Stomp 7 March - Food, music and Riebeek wine. Bring your family and friends and have a great time! Alta Saayman 022 448 1213. Aandskemering Bingo-aand 11 Maart - ‘n Bingo-aand om geld virAandskemering in te samel. Begin om 19:00. Koste: R 100pp. Dit sluit ‘n ligte ete en vyf rondtes Bingo in. Kroeg: bring u eie verversings, glase en ys saam. Vir kaartjies skakel Casper by 082 682 8877. Idols-finalis 12 Maart - Lize Mynhardt tree om 19:00 in Laerskool Dirkie Uys se skoolsaal op. Vyf van Naartjie se top-sangers tree saam met haar op. Beperkte kaartjies beskikbaar teen R80, R60, R50 by, Eduan Meyer, LDU-bemarker. Cancer Walk 21 March - Piketberg: Cancer Walk of Life Scheppie Saus, Mountain Hock Danie Smit: 083 233 7772. Malmesbury Relay for Life 21-22 March 022 482 1111 Crayfish & Cultural Festival 22 March - Lamberts Bay Crayfish & Cultural Festival 22027 432 1000 Malmesbury Netbalklub Besighede-toernooi 23 en 25 Maart – Die Malmesbury Netbalklub se jaarlikse Besigheidstoernooi vind vanaf 18:00 op die bane van die Laerskool Swartland op Malmesbury plaas. Vir meer inligting of inskrywings, kontak Christine van Heerden by 083 333 8645.
Malmesbury Netbalklub-proewe 5 en 10 Maart - Proewe vir Malmesbury Netbalklub van 18:00 op die bane van die Laerskool Swartland, Malmesbury. Navrae by Christine van Heerden by 083 333 8645.
Kom kyk sterre 24 March - Kom kyk sterre saam met Porterville Toerisme. Porterville Gholfklub, 19:30; R50pp (ligte verversings en kontantkroeg beskikbaar ). Beperkte plek - bespreek teen 23 Maart by Toerisme: 022 931 3732 of info@portervilletourism.co.za.
Country-Gospel 5 Maart - Leon Goosen, sanger van Pretoria, stel sy nuwe CD bekend; 18:00 vir 18:30 by Coram Deo Bediening, Dr
Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 01 Maart - Past. Piet Smit praat om 09:30 oor: Respek; Nagmaal. Geen Sondagaanddiens. Navrae: 073 447 2902. Dynamic Love Fellowship Hou elke tweede Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die volgende diens is 8 Maart. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00)
Atlete:
Jayden Jacobus (200m), Lu-Andre Fikster (100m), Eldrich Daniels (200m-hekkies) en Renaldo Damons (100m - afwesig) van Liebenberg Primêr op Malmesbury is in die Wes-Boland Atletiekspan opgeneem en sal op 7 Maart aan die Wes-Kaap-kampioenskappe op Coetzenburg deelneem.
PPK Bethesda Malmesbury 01 Maart - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Sondagskool om 08:30. Biduur by kerk Dinsdae 10:00 (susters); Woensdae om 19:30; Bybelskool oor Openbaring Donderdae 19:30. Die kerk is weeksdae van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Navrae: 083 722 7787.
PPK Bethesda Porterville 01 Maart - Geen diens, volgende diens op 8 Maart. Navrae: Past Kobus du Plessis, 083 722 7787. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:30 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent. Any inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie).
14
NUUS • NEWS
25 Februarie 2015
Kontak ons by 022 487 3221 om van jou wit olifante ontslae te raak.
NUUS • NEWS
15
25 Februarie 2015 Dienste Services
AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.
www.fvwykdiesel.co.za #2000
------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001
------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. #2002
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003
------------------------OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494 #2004
Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005
-------------------------
Betrekking BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become a Distributor to sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R45-R80 per bottle. We post/ courier countrywide. Call our office on 021 931 4228. www. stellascents.co.za
#2012
Te Koop For Sale
6 Labrador/Duitse Herdershond kruising beskikaar. Roomkleurig met meestal blou ogies. 5 weke oud. Kontak 082 897 2325 #2008
------------------------“GHERKINS” te koop. 10kg sak @ R95,00. Kontak Louise Mouton by 021 864 1003 / 084 251 2656 #2009
------------------------PRAGTIGE Jack Russel te koop. 8 maande oud – R300. Kontak 083 647 3587 #2013
Voertuie Vehicles VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bank aflosse. Kontak 083 464 6960. #2007
Eiendom te koop
TITUS EIENDOMME Moderne 2 slaapkamer huis in Wesbank met ingeboude kaste, 2 badkamers, oopplan/sit/ eetkamer, ingeboude kombuiskaste met graniet blaaie, oond & stoof, braaikamer, motorhuis, groot erf met vibracrete. Alarmstelsel. Goeie area @ R750 000,00 . Ook erwe in Wesbank vanaf R170 000,00. Kontak Alvina 082 780 1380 #2014
-------------------------
Memoriam PEDRO MARITZ (PELLO).
22 Februarie – 17 jaar verby. Hard was die heengaan. Geen woord van totsiens. Jou mooi glimlag en herinneringe leef steeds voort in ons harte. Van : Mamma, Marquite, Stemmie, susters en swaers.
#2010
-------------------------
AFFELINA (EVELYN) SEPTEMBER 20.09.1952 – 28.02.1994 21 Jaar het verbygevlieg vandat mammie ons so skielik verlaat het. Baie dankie vir ‘n kosbare erfenis van God’s liefde, sagmoedigheid, vriendelikheid en barmhartigheid wat u vir ons nagelaat het. Ons dink vandag met tere herinnering aan ons almal se Superster. Van u verlangende kinders: Stefliena, Vivian, Marquish, Janine, Carmen & Elrie #2011
-------------------------
courant
dié
16
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
25 Februarie 2015
SPORT
25 Februarie 2015
Sportuitslae Tennis Malmesbury
Sports results
Gemengde Liga: Malmesbury A teen Kuilsrivier A Malmesbury verloor 3 wedstryde teenoor 3 Dmitri Marais v M Human 3/6, 4/6; Braam Isaacs k N Koch 6/2,7/6; Kim Titus v J Koch 1/6, 2/6; Euodia Vermeulen v C Bekker 1/6, 3/6; David Isaacs & Antoinette Snyman k P Guebert & N Lategan 7/5, 3/6, 7/6; Braam Isaacs & Kim Titus k P Guebert & N Lategan 7/6,6/3; Dmitri Marais & Euodia Vermeulen v M Human & J Koch 2/6,1/6; David Isaacs & Antoinette Snyman v N Koch & C Bekker 6/7, 4/6.
Johan Louw en Mario Samson vat 'n Ferros-speler vas met kaptein MG Fredericks wat hand bysit.
•despatch volgende
Wesbank skitter
Kishou:
Dirk Lategan van Malmesbury Tennisklub het Saterdag op die span se tuisveld teen die spanne van Rekreasie in die Gemengde-liga te staan gekom.
Wesbank Rugbykklub vertrek Vrydagoggend na Port Elizabeth vir hulle wedstryd Saterdag teen die sterk span van Despatch. Dit is hulle tweede wedstryd in die 2015 Cell C Community Cup-kompetisie. Die afgelope naweek het Wesbank teen die gedugte span, Ferros van Witbank, geseëvier. Die tuisspan was rustyd al voor met 12-3 en toe die eindfluitjie blaas, het hulle met 3213 van die veld af gestap. Die suidoos het sake moeilik gemaak vir die spelers, maar Wesbank, wat die eerste helfte téén die wind gespeel het, het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. In die tweede helfte, met die wind van agter, het dit hulle net daardie ekstra hupstootjie gegee. Ferros het eerste punte op die telbord gekry met ‘n strafskop vroeg in die wedstryd. Daarna het Wesbank behoorlik op dreef gekom en is beloon met pragdrieë deur Chrislyn van Schalkwyk en Avon Davids. Albei drieë is deur Deston Wellman verdoel, wat die rus-
tydtelling op 12-3 in Wesbank se guns te staan gebring het. In die tweede helfte het Ewaan Liedeman en Deston Wellman die wind goed gelees en Ferros by tye terug gejaag tot in hul speelgebied. Wesbank is in die tweede helfte beloon met twee verdere pragdrieë deur Johan September en Chrislyn van Schalkwyk. Deston Wellman slaag ook met twee strafdoele en ‘n manjifieke skepdoel. Wesbank se verdediging was rotsvas en Ferros kon gevolglik slegs twee drieë in die tweede helfte aanteken. Kaptein MG Fredericks en Melvin Lazerus het die oog gevang. Hulle is agterlangs goed bygestaan deur Ewaan Liedeman en Deston Wellman. • OK MiniMark, een van Wesbank se borge, het ook 'n verrassing vir die klub gehad. Hulle het voor die aanvang van die wedstryd 'n tjek van R10 000 aan voorsitter Etienne Lategan oorhandig.
Gemengde Liga: Malmesbury B teen Franschhoek A; Malmesbury wen 7 wedstryde teenoor 1 Dirk Lategan & Divan Robertson k A Assumani & H Blaisse 6/2, 7/5; Irvan Turner &Daryl Blom k E Jacobs & J Vorster 6/2, 6/0; Annette de Wet &Lize-Marie Lategan v W Crowther & W Stubbs 4/6,1/6; Mariethna Petersen & Andrea Gouws k J Cully & Tessa 5/7, 7/5, 7/6; Dirk Lategan & Lize Marie Lategan k H Blaisse & W Crowther 7/6, 3/6, 7/6; Divan Robertson & Annette de Wet k A Assumani & W Stubbs 6/2, 6/4; Irvan Turner & Mariethna Petersen k J Vorster & Tessa 6/1, 7/5; Daryl Blom&Andrea Gouws k E Jacobs & J Cully 6/4, 6/0. Gemengde Liga Malmesbury C t Paarl Hugenote B; Malmesbury wen 5 wedstryde teenoor 1 Martin Nel & Jessie Liebenberg k R Cedras & Regine 6/1, 6/1; Sarel Steyn & Nicolette Brand k J Jacobs&Regine 6/0, 6/0; Martin Nel & Arnold v Jaarsveld k N Joostenberg & S Solomons 6/2, 6/3; Jessie Liebenberg & Nicolette Brand – wedstryd prysgegee; Martin Nel & Arnold v Jaarsveld k R Cedras & J Jacobs 6/1, 6/0; Sarel Steyn & John O’ Reily v N Joostenberg & S Solomons 7/6, 2/6, 6/7.
uitslae geborg deur