die courant 25 Januarie 2012 157

Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Uitgawe 157

die

swartland en weskus

25 Januarie 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Spaar water, waarsku owerheid Swartlanders Damvlakke laer as in 2011

Te midde van die hittegreep wat by tye tot 43 en selfs 45 grade Celsius geklim en Swartlanders verlede week laat sweet het, het inwoners sms’e vanaf die Swartland Munisipaliteit (SM) ontvang om te waarsku dat water spaarsaam gebruik moet word. die courant wou by Nic Faasen, die grootmaat-watervoorsiener van die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM) uitvind hoe die watervoorraad vir die Swartland lyk, en of daar waterbeperkings in die vooruitsig gestel word: “Die sms-veldtog is in samewerking met die SM gehou met dié doel om Swartlanders bewus te maak dat besparende waterverbruik baie nodig geraak het,” sê Faasen. “Die hittegolf het saamgeval met die opening van fabrieke én die hervat van alle bouwerk, sodat die grootmaat wateraanvraag geweldig gestyg het en al die pompe op volle kapasiteit moes loop. Besparende waterverbruik het dringend noodsaaklik geraak.” Volgens Faasen was die Voëlvleidam Maandag 67,97% vol teenoor Januarie 2011 Water word op die Bloues se rugbyveld gespuit. Owerhede het gewaarsku dat se 83%. Die Misverstanddam was Maandag damvlakke baie laag is en dat Swartlanders water moet begin bespaar. 77,6% vol teenoor 96% in Januarie 2011. “Ons het nog niemand sonder water geliteit die Swartland Munisipaliteit ingelig dat Volgens Botha het die sms’e positiewe resullos nie, en ons hoop ons kan dit só volhou!” het die piekverbruike in Malmesbury en Darling tate gelewer en het die betrokke reservoirs in Faasen Maandag gesê. Hy het bygevoeg dat die 1000 kl/uur verbruik bereik het, iets wat Malmesbury en die een in Darling stelselmatig Swartlanders drasties water moet bespaar om nog nooit voorheen gebeur het nie. voller geword. die beskikbare water te beskerm. Die Panorama-, Gholfbaan-, en Darling-re“Ons bedank die publiek vir hul goeie reak“Die reservoirs by Darling is 61% vol, met Yz- servoirs was in daardie stadium ongeveer 20% sie en wees verseker dat hulle bydrae ’n groot erfontein op 87%. Laasgenoemde is ‘n vakan- vol en daar was geen teken dat die betrokke impak gemaak het. Dit gaan in hierdie stadium siedorp en die groot verbruik dáár is vir eers reservoirs voller word nie, met ander woorde, oor goeie wateraanvraagbestuur en waterbeverby,” meen Faasen. die water wat ingepomp word, word dadelik sparende maatreëls is steeds baie nodig.” Oor dié situasie sê At Botha, die direkteur verbruik. • Verlede Woensdag was die waterverbruik van siviele dienste by die Swartland Munisipa“Swartland Munisipaliteit beskik oor ’n sms- op Darling 120 kl/uur, teenoor 750 kl/uur op liteit, die volgende: stelsel waar bepaalde gebiede “gesif” en af- Malmesbury; vir beide dorpe die hoogste in “Die Swartland Munisipale area kry hoof- gebaken kan word as die ooreenstemmende die geskiedenis van die Swartland. Die Riesaaklik water uit Voëlvleidam wat deel is van reservoirs in hul area probleme ondervind. Net beek-Vallei het 130kl/uur gebruik, maar die die geïntegreerde Weskaap-voorsiening- daardie gebiede word dan per sms in kennis Riebeek-Vallei was nie onder druk nie. skema. Die betrokke skema bestaan uit ses gestel van wat die toedrag van sake in daardie •“Sms’e oor elektrisiteit en watervoorsiebronne en die gesamentlike stand is tans 71% areas is. Dit is dan ook die rede waarom net ning is ‘n effektiewe kommuninikasiemiddel vol. sekere inwoners van Malmesbury (hoofsaaklik en word al geruime tyd en met groot sukses na “Verlede Woensdag, (19 Januarie) teen on- die Panorama/Bergzicht-areas) sms’e oor wa- ander gebiede, soos Chatsworth gestuur,” het geveer 17:00 het die Weskus Distriksmunisipa- terverbruik ontvang het.” Botha ook gesê.

SAtoutrek op M’Bury Sewestoernooi om die draai Ons kyk na skoolfondse Safari-dag reusesukses Drankforum verkies Dolly Marais groet na 38 jaar


courant

die

2

Kyk na ons water

Al die aksies en beroepe vanuit verskeie oorde dat ons spaarsamig met water moet omgaan, help niks as mense nie gehoor gee en hul weë wysig nie. Sommige spoel eers skottelgoed onder lopende water (soos wanneer die badkamerkraan ook loop terwyl hulle tande borsel of skeer) en as dit byna silwerskoon is, word dit gewas met nog ‘n afspoelbak vol water langsaan. Waterbeperkings het half afgewater geraak by baie. Die beperkings wat reeds vir jare geld ten spyt, word motors en plaveisel steeds met lopende tuinslange gewas. In die middel van die dag word tuine (of dit nou boorgatwater is of nie - net omdat die water uit die grond kom, beteken nie ons moet dit mors nie) vir ure lank natgespuit. Hoeveel van daardie water kom by die plante se wortels uit? ‘n Groen tuin en groen dorp is bitter mooi en dit is sommer lekker om daar te woon, maar doen dit spaarsamig. Die houding van “ek het die geld en ek kan die water bekostig”, is kortsigtig en selfsugtig. Dink aan môre en oormôre. Ons woon eintlik in ‘n droë streek en land. Die damme is leër vergeleke met voorheen. Water is lewensnoodsaaklik. Spaar saam en help red ons môre. Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur: Dr. Andrew Bosman

Maar julle, wie sê julle is Ek? In Mattheus 12 vra die Here Jesus aan sy dissipels wie die mense dink wie Hy is. Sommige dink Hy is Elia, of Jeremia of Johannes die Doper wat uit die dood opgestaan het. Ander het weer gedink dat hy een van die profete is, Petrus antwoord egter: “U is die Christus, die Seun van die lewende God!” Jesus antwoord hom egter dat hy dit nie uit homself sê nie, maar dat die Vader in die hemel dit aan Petrus geopenbaar het. Paulus skryf dat niemand Jesus die Here kan noem, as die Heilige Gees dit nie aan hom openbaar het nie. Ons het die Woord van die Here om ons te onderrig wie die Here Jesus is, ons het ‘n makliker oorsig as selfs die dissipels wat saam met die Here was. Maar die Heilige Gees moet ook aan elkeen van ons die openbaring gee dat Jesus die Christus of Gesalfde van die Here God is. Ons is in die gelukkige posisie dat die Heilige Gees uitgestort is, en dat ons toegang tot die Vader het in gebed.

25 Januarie 2012

courant HAB

Dolly Marais groet

Dolly Marais het vir 38 jaar lank die graad 3’s van Liebenberg Primêr op Malmesbury onder haar hand gehad. “Party van my st 1’s is nou al oupas en oumas,” lag Dolly oor dié jare in die onderwys. “Ek kan met vrede sê dat ek baie meer hoogtepunte as laagtepunte in my lewe gehad het!” Dolly het in Spoorwegstraat op Malmesbury grootgeraak en het in 1972 verskuif na haar huidige tuiste in Wesbank. As skoolkind was Liebenberg Primêr en Schoonspruit Sekondêr haar tuiste, en 38 gelede het sy by Liebenberg Primêr begin skoolhou. “Ek het in Januarie 1974 nog ‘onder die ou stoffasie’ se onderwysers geleer van skoolgee en is trots daarop dat hulle voorbeeld my gebring het waar ek vandag geeïndig het,” sê Dolly. As ‘n mens die gemiddelde 40 kinders per klas maal met 38 jaar, het sy minstens 1500 kinders se lewens aangeraak! Saam met skoolgee, het sy ook haar kant gebring by die spyseniering, netbal-afrigting, trompoppies en die reël van funksies by die skool. Drie van haar leerders het dokters geraak, minstens vyf is nou onderwysers en twee van hulle (Tyron Howburg en Florrie van Wyk), gee nou saam met haar skool by Liebenberg Primêr. Beide stem saam dat sy ‘n sterk grondslag in hul lewens gelê het en ‘n blywende indruk op hulle gelaat het. “Moet nooit jou probleme werk toe bring nie,” sê Dolly. “Help eerder om ‘n goeie stemming by die werk te skep as om swaar gemoedere te veroorsaak.” Nie dat Dolly sonder probleme was nie: Vier van haar broers is oorlede – twee weens kanker. Daarom het sy en haar

suster, Denise Michaels, by die Relay for Life van Kansa betrokke geraak, en samel Dolly en haar ‘Marais Supporting Team’ gereeld die hoogste bedrae in vir dié reuse fondsinsamelingsprojek van die Kankervereniging. Dolly mik om nou, ná haar aftrede, eers by die Relay-byeenkoms in Maart haar kant te bring, voordat sy haar susterskinders in Australië gaan besoek. “Ek is bly ek kon met my Relay-betrokkenheid ‘n verskil in mense se lewens maak.” Sy beplan om betrokke te bly by die skool, waar sy so baie jare gewerk het: “Die skool is my tweede familie, waar ons omgegee en gesorg het vir mekaar. Ek kan nooit die skool opsy stoot nie!”

Voorbereidings vir die SA Skoletoutrekkampioenskap wat van 15-17 Maart deur die Hoërskool Swartland op Malmesbury aangebied word, vorder fluks. Dié groot gebeurtenis op die jaarlikse toutrekkalender val vanjaar saam HSS se 100ste bestaansjaar wat later vanjaar gevier word. Die aanbied van die SA-toernooi beloof om ‘n groot inspuiting vir die skool te wees. Volgens Zuna Koen, hooforganiseerder, word daar sowat 1000 deelnemers van oor die land by die kampioenskap verwag en te mete aan vorige jare sal daar in die omgewing van nog 2500 toeskouers die toernooi bywoon. Praktiese oorwegings het daartoe gelei dat die toernooi by

die Malmesbury Landbouskougronde sal plaasvind. Ook ondernemings in die gasvryheidsbedryf behoort by die toernooi te baat. Volgens Koen het die gemeenskap reeds groot ondersteuning beloof en daar is van die deelnemers wat op plase en naburige dorpe gehuisves word. Die deelnemers ding in ‘n verskeidenheid gewigsklasse mee, maar die wenspan in die 600kg-afdeling sal ons land later vanjaar in Europa by die wêreldkampioenskap gaan verteenwoordig. As deel van die kampioenskap is daar ‘n kompetisie geloods waarin ‘n gerestoureerde Volkswagen Kewer uitgeloot word. Die kaartjies van R20 is by die skool beskikbaar en die trekking vir die wenner sal by die toernooi gedoen word.

Die strenger implementering van wetgewing deur die Departement van Vervoer, sal voortaan toesien dat voertuie in die jaar van verkope en aflewering geregistreer word. Dit is onlangs gesien toe voertuie wat in Desember verkoop en afgelewer is, soos oudergewoonte in Januarie 2012 geregistreer sou word. Die Departement van Registrasie en Lisensiëring van die Swartland Munisipaliteit moes hierdie transaksies as 2011 registreer, en is deur die Provinsiale Departement van openbare werke en vervoer verplig om voertuie wat in Desember 2011 verkoop en afgelewer is , nie as ‘n 2012-model te registreer nie. “Ons besef daar is finansiële implikasies, maar dit is die wetgewing. Dit was eintlik nog altyd so, maar dit word net nou streng toegepas. Ons het skrywe vanaf die provinsiale departement ontvang dat geen voertuie anders geregistreer sal mag word

nie,” sê Hennie Mouton van die verkeersdepartement op Malmesbury. “Tydelike permitte word uitgereik aan voertuie wat vir die eerste keer verkoop word. Hierdie permitte is gekoppel aan die onderstelnommer van ‘n voertuig en daaraan kan die verkoopdatum vasgestel word. Wanneer die verkoop en aflewering van die voertuig plaasvind, word die voertuig geregistreer onder daardie datum,” sê Mouton. Volgens hom is die enigste manier om ‘n voertuig as ‘n 2012-model te registreer, om die ontvangs daarvan in dié jaar te laat plaasvind. Die provinsiale woordvoerder, Steven Otter, het bevestig dat hierdie praktyk gestaak moet word en dat die registrasiedatum van voertuie die dag is wat die voertuig aangekoop word. Volgens hom is dit ‘n praktyk wat oor baie jare heen die norm geword het en dat dit ‘n situasie is wat hulle wil staak.

Bo is Dolly Marais saam met Tyron Howburg en Florrie van Wyk.

Voorbereidings vorder fluks

Stokkie gesteek voor ou praktyk met registrasies

SIZZLING HOT SPECIALS Albertinia Braaiwors

25

.99 p/kg

Shoulder Ribs -plain or spiced

22.99 p/kg

6kg Chicken Freezer Bag

129.99 each

Pork Loin End Chops

Prices valid at all Brito’s stores from Monday 23 January until Sunday 29 January 2012. While Stocks Last. E&OE

32.99 p/kg

Cheese Viennas

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

26.99 p/kg

350g Mini Cooked Salami

7.99 each


25 Januarie 2012

courant nuus

3

Skool: so vergelyk pryse vir 2012 Die skooljaar het nou reg oor die land begin en in die Swartland het sommige ouers met ‘n traan in die oog hul kinders na koshuise van skole buite die Swartland gestuur. Opvoeding kom teen ‘n groot onkoste, maar wat beloop die skoolfonds en koshuisgelde van die gewilde skole waarin daar wel Swartlandse leerders toegelaat is. Die hoërskole van die Swartland se tariewe wissel tussen R6000 en R8000. Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se skoolfonds beloop R7400 en hul koshuisgelde is R 10 700 per jaar. Op Porterville staan vanjaar se skoolfonds op R6300 en die koshuisgelde op R8840. Hoërskool Piketberg se skoolfonds vir die jaar is R5700. Hoërskool Swartland op Malmebury se skoolfonds is vanjaar vasgestel op R7800 en die koshuisgelde beloop R4000 per kwartaal, wat op ‘n bedrag van R16 000 te staan kom. Wesbank Sekondêr se skoolfonds is vanjaar R550 en Schoonspruit Sekondêr se tariewe is R700 vir die jaar en R700 per maand koshuis-

verblyf. In die Paarl lyk die bedrae bietjie anders. Boland Landbou se tariewe vir die jaar is op R14350 vir skoolfonds en R17400 vir koshuisverblyf vasgemaak. Boishaai beloop R17800 vir skoolfonds en R26 500 vir koshuisverblyf. Paarl Gimnasium se tariewe is vasgestel op R15300 vir skoolfonds en R22900 vir koshuisgelde. Op Stellenbosch moet ouers wat hul dogters na die Hoër Meisieskool Bloemhof stuur, R15 200 vir skoolfonds en R15 200 vir koshuisgelde betaal. Paul Roos se gelde staan op R19 850 en R28 800 vir koshuisgelde (wasgoed ingesluit en R27 700 wasgoed uitgesluit). Die South African College, oftewel SACS in Muizenberg, se tariewe vir 2012 beloop R27 600 vir skoolfonds en R30 000 vir koshuisgelde. Bishops se tariewe beloop R82 560 vir skoolgelde en R61 540 vir koshuisgelde vir 2012. By hierdie bedrae is talle buitemuurse-aktiwiteite nie ingesluit nie en sekere handboeke moet ook aangekoop word.

R 90 000 R 80 000 R 70 000 R 60 000 R 50 000 R 40 000 R 30 000 R 20 000 R 10 000 Skoolfonds

R 0

SWL772

Koshuistarief

As derde-generasie boer op De Hoop in die Paardeberg, het Liam Viljoen onlangs besluit om hul onderneming uit te brei met ′n paar olyfboorde. Tradisioneel word wingerd gegroei en die druiwe word aan Swartland Kelder gelewer. ‘Mens moet nooit al jou eiers in een mandjie bêre nie,’ meen hy, en dat veral verwerkte olywe goed verkoop. Liam en sy vrou Marili werk tans aan die bemarking van ′n reeks gepekelde olyfprodukte.

SWL773

Neem deel aan Swartland Wynkelder se opwindende promosie en wen!

WEN

Stuur vir ons jou interessante Swartland storie, van ons eie mense en hul dinge, of laat weet ons van geleenthede in ons area en wat dit spesiaal maak. Ons benodig 2 of 3 goeie kwaliteit foto’s (een van naby en een van die omgewing waar die storie afspeel) asook 100 woorde oor die foto’s. Die storie wat gekies word sal op ons webtuiste verskyn en die wenner sal 2 kiste Swartland Wyn ontvang. Alle inligting kan na suzanne@swwines.co.za gestuur word.

Nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18. Geniet verantwoordelik.

Storie

mySwartland


4

nuus courant

25 Januarie 2012

Die nuutverkose bestuur van die Swartland Drankforum.

Drankwet laat handelaars kopkrap

Die nuwe drankwet wat van 1 April vanjaar geldig sal wees, sal ‘n paar veranderinge in die drankhandel meebring. Die nuutgestigte Swartland Drankforum het Donderdag op hul eerste Algemene Jaarvergadering reeds ‘n paar veranderinge deurgegee, maar daar sal nog op die amptelike antwoord vanaf die Swartland Munisipaliteit gewag moet word voordat finale veranderinge in tye en ander aspekte gefinaliseer kan word. Volgens die nuwe Wes-Kaapse Drankwet, sal dit voortaan die plaaslike Munisipaliteit se plig wees om nuwe handelstye te bepaal. “Iets soos die 04:00 dranklisensie is ook iets van die verlede,” het Morris Uberstein, nuutverkose voorsitter van die Swartland Drankforum gesê. Die Swartland Munisipaliteit is ook sover die enigste munisipaliteit wat sy konsep-verordening oor handelsure vir die verkoop van drank gepubliseer het. Die verondening bepaal dat die verkoop van drank in restaurante en in onthaallokale op wynlandgoedere van 11:00 tot 02:00 elke dag van die week mag plaasvind en ook dat net wynlandgoedere nou op Sondae van 09:00 en 18:00 drank mag verkoop. Hierdie drank moet verseël weggeneem word. Die verordening bepaal ook dat vonkel-

wyn van 08:00 tot 11:00 elke dag van die week aan die publiek verkoop mag word. Hierdie moet egter met ‘n ete gepaardgaan. Die nuutverkose bestuur van die Swartland Drankforum lyk soos volg: Morris Uberstein (voorsitter), Henfré Brand (ondervoorsitter), Johan Kiesen (sekretaris), Adj Theresa Basson (skakelbeampte Malmesbury), Adj Hugo Meyer (Moorreesburg), Ewan Henderson (Riebeek Vallei) en Charles Withington (Darling/Yzerfontein), Marius de Kock (verteenwoordiger van drrankwinkellisensiehouers), Debbie Swart (kruidenierswynlisensiehouers), Janno Viljoen (restaurantlisensiehouers), Johan Smit (binneverbruiklisensiehouers), Cecile Gouws (klublisensiehouers), Innes Viljoen (vervaardigers en verspreiderslisensiehouers), Sumyne du Preez (hotelle en gastehuislisensiehouers), Adj Trompie Koegelenberg (polisiebeampte Malmesbury), Adj Hugo Meyer (polisiebeampte Moorreesburg), Adj Marius Gerber (polisiebeampte Riebeek-Vallei), Adj Stuurman (polisiebeampte (Darling/Yzerfontein), Cedric Cornellisen (Swartland Munisipale Polisie), Henfré Brand (GPF Malmesbury), Johan Nel (GPF Moorreesburg), Japie Fortuin (GPF Riebeek-Vallei), Felicia Humpreys (GPF Darling/Yzerfontein), Alwyn Zaayman (Swartland Munisipaliteit).

LINKS: Die wenners van die Mej. Yzerfonteinkompetisie was ZahnMari Weber (regs), Nicola Visser (tweede van links) en Nicole Tango (links). By hulle is Robbie Klay.


nuus courant

25 Januarie 2012

BO: Liana Fourie is ‘n nuwe leerkrag vir Graad 2 by die Laerskool Riebeek-Kasteel.

BO: Danie van der Nest van die Laerskool Riebeek-Kasteel is gekies as die hulp-afrigter van die Wes-Kaap o.13-krieketspan wat aan die Vyfnasie-beker kriekettoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate gaan deelneem van 9 tot 20 Maart.

Valleiers vat hande

Tydens die verwoestende brande wat vroeg in Januarie buite Tulbagh en Wolseley gewoed het, het die inwoners van die Riebeek-Vallei hande gevat en verversings en koue water vir die brandslaners ingesamel. Sue Pugh het die behoeftes van die meer as 200 brandslaners onder die inwoners van die Vallei bekendgestel, waarop die publiek verrassend gereageer het. Meer as 20 donateurs het na vore getree en yswater, vrugte, toebroodjies, lekkers, worsbroodjies, tandeborsels en -pasta, eiers, uitvoergehalte tafeldruiwe, waslappies en ander benodigdhede voorsien. Daarna het verskeie vrywilligers dit na Tulbagh geneem om die brandslaners te ondersteun. Oor dié positiewe reaksie van die publiek, sê Sue: “I must say, this Valley never fails to amaze me! I am so glad I live here!”

5


courant motors

6 johan viljoen

sit voet in die hoek

Die skole is nou ‘n week of wat aan die gang en vandeesweek kry die laaste studente ook weer koers terug na hul kolleges en universiteite. Sielkunde is een goeie vakgebied wat elkeen van ons elke dag met groot vrug tuis en by die werk kan aanwend. Op universiteit (waar baie van ons self was) word studente dikwels nogal slim op hul vakgebied, soms ietwat te slim. So plaas sommige onervare sielkundestudente vinnig-vinnig ander mense in pakkies volgens die handboeke. Gelukkig is die sielkunde darem meesal naby aan die kol. Ons hoor deesdae van ‘n nuwe generasie (soos hulle dit noem) kinders wat hulle die indigo children gedoop het. Van die persoonlikheidseienskappe van

hierdie kinders (van wie sommige vinnig as ADHD beskou word) sluit glo in: . baie talentvol, sensitief, maar stroomop. . geen selfbeeldprobleem nie. . baie diep kinders en word nie maklik teruggehou nie. . haat beledigings of verkleinerings. . glo vas hul verdien om hier te wees. . raak gou verveeld met alledaagse take . gewoonlik ‘n groot liefde vir hul medemens of diere of plante. Sommer met die eerste ontmoeting, nog voordat die uwe verlede week agter die stuur van Mitsubishi se nuwe ASX inklim, toe besef ek hier is ‘n paar van daar-

25 Januarie 2012

ASX steek sterk kleim af soos indigo kinders die indigo-elemente aanwesig. Nie die feit dat Mitsubishi se toevoeging tot die sogenaamde Sportnutsvoertuigsegment, nogal die oog vang nie. Mens kan eintlik sê die koppe effe laat draai nie, maar aan selfvertroue (en met goeie reg ook) ontbreek dit nie in hierdie ontwerp nie. Die nuwe kompakte (maar moenie dink daar is ‘n tekort aan ruimte nie) ASX (Active Sporty Crossover) het ‘n

‘n tweeliter-petrolenjin wat gebruik maak van ‘n unieke wisselkleptydreëlingstelsel, wat bekend staan as die Mitsubishi Innovative Valve Timing Electronic Control-stelsel (MIVEC). Twee van die modelle is toegerus met ‘n vyfganghandratkas, terwyl die vlagskip van die reeks spog met ‘n sesgang-palwisseltransmissie (CVT). Die kajuit is nie net aantreklik nie, maar

sterk vooraansig, selfs effe aggressief, met sy gapende sierrooster wat die boodskap duidelik maak. Ek verdien om hier te wees. Die Mitsubishi se stileringslyne is slank en vloeiend, en die ontwerp voor en agter is netjies gebalanseer. Sportnutsvoertuie maak ongeveer 10% van die Suid-Afrikaanse mark uit – ‘n aandeel wat na verwagting tot 15% gaan toeneem binne die volgende vyf jaar. Daar is drie modelle in die ASX-reeks, almal met tweewielaandrywing. Krag kom van

ook ruim, ergonomies goed ontwerp, prakties, met ‘n middelkonsole wat ‘n syferhorlosie, die klankstelsel en die outomatiese lugversorger huisves. Die stuurwiel is met leer oorgetrek. Die ASX spog met omvattende veiligheidseienskappe met onder meer sewe lugsakke, warvan een by die bestuurder se knieë. Al drie die ASX-modelle spog met luukse-eienskappe soos tru-afstandbeheer, leerstuurwiel met kontroles vir die

‘n Paar feite van belang: Mitsubishi ASX

4 silinder 16V 5-spoed handrat Krag: 110kw @ 6000 r/min Wringkrag: 197 Nm @ 4200 r/min Verplasingsinhoud: 1998 cm3

Lengte: 4,295m Breedte: 1,770m Hoogte: 1,615m Diensintervalle: 15 000 km CO2: 175 g/km 3 jaar/ 100 000km waarborg R299 000 (mid spec)

LINKS: Saterdag het ‘n miniatuur-karretjie aan die knortjor-renne op Malmesbury deelgeneem. REGS: Adriaan Burger het ‘n tweede plek in die 160cc-afdeling ingepalm.

klankstelsel, elektriese ruitverstelling en terugvoukantspieëls. Die middelste model (waarmee ons met vergunning van Malmesbury Motors gery het) het leersitplekke (ja, ook verhit), 17 duim-allooiwiele en ‘n enorme panoramiese sondak met LED-verligting. Die panoramiese sondak strek na agter tot bo-oor die agterste passasiers. Dan het hy ook reëngevoelige ruitveërs, verhitte kantspieëls, volle klimaatbeheer-lugversorging en sleutellose toegang met ‘n aan/ afskakelknop vir die enjin. Albei die agtersitplekke slaan heeltemal plat vorentoe en die bagasieruimte (442 liter met die sitplekke in hul normale posisie) word dan 1193 liter. Die toegang tot bagasieruim het ook nie ‘n verhewe

drumpel nie, wat in en uitlaai van bagasie vergemaklik. Gaan toetsbestuur die ASX gerus by Malmesbury Motors en ervaar die selfvoldane eienskappe wat glo ook eie is aan die nuwe generasie indigo children. Gepraat van kinders, of dit op elke dorp so gaan, die weet ek nie. Maar die Afrikaanse fliek Hoofmeisie het my verlede week nogal laat tuisvoel. So asof dit hier by ons geskiet is. Cheers!!!


courant motors

25 Januarie 2012

7

Chev adding sports coupes to brand If these two racy concept cars are anything to go by, Chevrolet is serious about adding affordable sports coupes to its portfolio. Designed “to inspire ideas and create discussion”, the Code 130R and Tru 140S are aimed at inspiring next-generation buyers to take to the wheel and suggest ideas for a car they can co-create with GM - and the two concepts could not be more different. Let’s start with the one that more traditional enthusiasts are likely to prefer: CHEVROLET CODE 130R: With its upright, three-box profile and rear-wheel drive configuration, this one is bound to evoke memories of a certain Chevrolet Firenza among South Africans - although that car was never sold in the USA. We’re not sure how the 130R’s anodised gold wheels would go down with consumers, but it looks to be a provider of entrylevel fun by the bundle, with its 1.4-litre turbopetrol engine channelling 110kW and 200Nm through the back wheels. Sure, it wouldn’t be extremely fast, but the compact four-seater would certainly be on

the affordable side. The styling might not suit all tastes, but its aggressive front end, flared fenders and Camaro-like taillights give it an undeniably aggressive attitude. CHEVROLET TRU 140S: The Tru 140S concept seems like a more realistic production prospect and its curvier looks are more likely to appeal to the masses, even if it only sends its power to the front wheels. The three-door coupe-hatch is built on the Chevy Cruze’s platform and seats four occupants in a cabin that’s bristling with connectivity and convenience features, including smart phone integration, WiFi and heads-up display. Another clue to its production prospects is that GM mentions a possible price tag in the low $20 000s - around R164 000 in our money (fat chance of it selling for that little over here though). The 140S is powered by a 1.4-litre turbopetrol engine that pushes 110kW and 200Nm to the front wheels via either a manual or automatic six-speed gearbox. www.motoring.co.za

The Chevrolet Tru 140S Concept is a sleek hatchcoupe built on the Cruze platform.

The Chevrolet Code 130R Concept car is an affordable rear-wheel drive coupe aimed at the youth.

Huyndai to launch sporty i30 Two months ago, the news of a turbocharged version of Hyundai’s new Veloster coupe-hatch broke, while speculating that the same engine could find its way into the all-new i30 hatchback. Now there’s a bit more meat to that rumour, with Hyundai’s European chief, Allan Rushforth, having told Autocar magazine that that such a move is being discussed within the company. Rushforth also hinted that the GTIrival would be based on the three-door version of the new i30, which has yet to

be revealed. Judging by how sporty the five-door looks, we can expect this version to be quite a looker indeed. The obvious power source for this new hot hatch contender would be The Veloster’s 1.6-litre direct injection turbopetrol, which pushes a wholesome 152kW at 6000rpm and 265Nm at 1750rpm (Golf GTI is good for 155Nm and 280Nm). Not quite a GTI-beater in the making

then, but something that will run it very close, and presumably at a much lower price. - www.motoring.co.za


courant courant wat gebeur

8

25 Januarie 2012

Sudoku 157 Sudoku 156 antwoord

die courant Januarie

Riebeek-Vallei GPF-vergadering 26 Januarie - Die Riebeek-Vallei se GPF hou vergadering om 19:00 in die stadsaal op Riebeek-Wes. Kontak 073 489 1019 met navrae. Perde-bewusmaking 28 Januarie 2012 - ‘n Perde-bewusmakingsdag word gehou by die Paardeboschwynlandgoed tussen Malmesbury en Paarl van 10:00 tot 17:00. Lesings oor perde-voeding, hoefversorging, die emosionele en fisiese behoeftes van perde en sale, veilings, wynproe en gelukkige trekkings word aangebied, asook ‘n aanbieding deur twee persone wat 7 000 km te perd rondom die grense van Suid-Afrika gery het om fondse in te samel vir AHS bewusmaking en -inentings. Volwassenes R100; Kinders R50. Besoek www.ridingforhorses.co.za of e.pos tamasine@leadchanges.co.za vir meer inligting. Relay for Life bewusmaking 28 Januarie - ‘n Bewusmaking word by die De Bron-sentrum van 09:00 tot 14:00 gehou. Spanne kan ingeskryf word teen R400 per span. Die RFL komitee daag alle besighede uit om spanne in te skryf, wat kan bestaan uit tussen 10-15 lede. Familie en vriende spanne kan ook inskryf om hierdie unieke geleentheid by te woon. Lumenaria sakke sal te koop wees teen R10 per sak. Daar sal ook ‘n Shavathon gehou word. Spuitverf jou hare teen slegs R10. Die RFL-komitee versoek die publiek om leë plastiek 2L koeldrank bottels te bring na die bewusmaking, wat gebruik sal word tydens die luminaria-seremonie. Kontak 022 482 1111. AGS Corpus Christi Malmesbury 29 Januarie - Die Sondagoggenddiens word om 09:30 aangebied met die titel “Die Vyande van Dawid”. Die aanddiens volg om 18:30 met ‘n vrugtefees vir almal. Kontak 073 447 2902 met navrae.

ACVV Oggendmark 2 Februarie - Die ACVV-Dienssentrum op Malmesbury hou ‘n oggendmark by die NG Moederkerksaal van 09:00 – 12:00. Indien iemand ‘n tafel teen R25 wil bespreek vir uitstalling, kontak Natalia by 022-4822245. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Belangstellendes kan die oggend saam met ons kom geniet. Darling Music Experience 3, 4, 5-10, 11, 12 Februarie - Die jaarlikse Darling Music Experience vind vanaf 3 tot 12 Februarie op Darling plaas. Met sewe tot agt vertonings per naweek in en rondom Darling, bied die organiseerders seisoenkaartjies aan wat vir een of beide naweke kan geld. Vir die volledige program, sien Artslink.co.za Account: Charl van Heyningen of skakel Charl van Heyningen Enterprises by 021 851 8261/ 082 490 0924 of e-pos na charl@charl.co.za Toegangsgeld is baie billik en wissel vanaf gratis tot R100. The Darling Music Experience: www.darlingmusic.org. Kontak Chanda by 078 297 0221 of 022 492 3955 met navrae. Swartland Business Link-vergadering 8 Februarie - Die Swartland Business Link se vergadering vind by Kontreispens in Voortrekkerweg op Malmesbury plaas. Gert du Plessis, bestuurder van Kaapse Verbruikers, is die spreker wat ‘n toespraak oor “Wat is sukses” sal lewer. Kostes beloop R80 vir lede en R100 vir nie-lede. RSVP voor 3 Februarie by Estelle Hardcastle by 083 281 8218 of estelleh@adept.co.za.

kalender Elvis Blue, Heinz Winkler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele meer. Saterdagoggend geniet feesgangers ontbyt saam met Jannie de Beer en Jean Marais sluit Sondag die fees af. Toegang - Volwassenes: Vrydag R50, Saterdag R100, Sondag gratis en Naweekpakket R120. Kinders: Vrydag R30, Saterdag R60, Sondag gratis en Naweekpakket R70. Kontak Willie by 083 650 1640 of sien die program op www.christusfees.co.za. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Relay for Life 17 en 18 Maart - Die Kansa Relay for Life se deurnag-byeenkoms vind op die Hoërskool Swartland op Malmesbury se A-rugbyveld plaas. Om spanne in te skryf, kontak Herman Aucamp by 0835199575, Hester Smit (KANSA) by 073 509 9221 of die KANSA kantoor by 0224821111. Aalkoholiste Anoniem Woensdae - Die AA vergader elke Woensdag om 19:00 in die Methodiste Kerk op Malmesbury. Kontak Kallie by 079 966 5956.

Skog Voorsaaidag 9 Februarie - Die Skog voorsaaidag vind in die Jan Basson-sentrum op Moorreesburg plaas. Vir navrae, skakel Gert Conradie by 083 469 6311 of 083 652 6615. MKB Swartland Halfmarathon 3 Maart - MKB op Moorreesburg bied die jaarlikse Swartland Halfmarathon aan. Voorafinskrywings sal tot 17 Februarie aanvaar word. Kontak 022 433 1895 met navrae. Porterville Christusfees 9-11 Maart - Die Porterville Christusfees word vanjaar in Maart gehou. Kunstenaars sluit in

Liana Laubscher (links) is die gelukkige wenner van vyf boeke wat deur GGOD en die courant weggegee is. Bo oorhandig Sarie Nell die boeke aan haar.

Stuur jou dagboekinskrywing na admin@diecourant.co.za.


25 Januarie 2012

courant kos en tuin

Cherry Lane op Malmesbury het hierdie week se gesonde gereg, net reg vir die kosblik, voorberei. Besoek hulle in Hugenotestraat op Malmesbury vir allerhande lekkernye en ietsie moois vir die huis.

Sout Muffins vir die kosblik

Bestanddele: 125g spek, gebraai 4 sprietuie, gekap 500ml koekmeel 15ml bakpoeier Knippie sout 1 ml rooipeper (opsioneel) Gedroogde basiliekruid 190ml kaas (gerasper) 2 eiers 125ml olie

125ml melk Sprinkel paprika bo-oor Metode: Sif die droë bestanddele saam. Roer die basiliekruid en kaas by. Klits die eiers, olie en melk saam. Roer by die meelmengsel . Skep die sprietuie en gebraaide spek in en roer saam. Skep in muffin pan. Bak teen 180°C vir ongeveer 20minute.

9

Hoe Gemaak ...

Met groot bome se wortels Ek word baie dikwels met dié vraag gekonfronteer oor bome en hul wortels. Baie mense gryp sommer vinnig na die saag en byl sodra ‘n boom se wortels dit net waag om naby sy huis of plaveisel te kom. In ‘n gewone dorpstuin kan boomwortels ‘lastig’ raak, want ‘n wortel groei agter water aan. Hoekom sal ‘n boom nou ‘n diep penwortel gee, as die water en kos net langs hom in die grasperk of blombedding se oppervlakgrond beskikbaar is? Dikwels kan ons ná ‘n paar jaar nie verstaan hoekom sukkel die grasperk so om te floreer nie, of die blombedding se plante sukkel en krepeer van ellende. Meestal is dit omdat ‘n nabygeleë boom daardie area geïnfiltreer het met sy wortels en al die kos en water steel. Só ook kan ‘n wortel onder die plaveisel van ‘n paadjie of oprit ingroei omdat daar vog is wat vasgekeer word, of selfs onderdeur groei om aan die ander kant in ‘n bedding of grasperk te gaan water soek. Dus lê die geheim daarin om die boom genoeg water te gee dáár waar dit moet groei om wandelende wortels te verhoed. Maar nou is die vraag: Hoe gemaak met die boomwortel wat nóu probleme gee? My aanbeveling is om ‘n sloot te grawe op die vérste punt vanaf die boom, net langs die plaveisel of naby die huis en alle wortels wat daar deurgroei, af te saag en dan ‘n baie duursame stuk swart plas-

tiekseil wat sommer ‘n paar keer dubbeld gevou is, in die sloot te sit om die groei van die nuwe wortels te stuit. Gooi alles weer toe en siedaar: Daar is alternatiewe vir die saag en byl! Voordat jy ‘n boom gaan plant, kyk rond in ander se tuine en doen eers navraag oor die boom wat jy in gedagte het. Daarna volg ‘n baie deeglike gatvoorbereiding, want dit is waar die boom se fondasie gelê word: Skeep dit af en jy gaan baie sukkel met groeitempo en wandelende wortels! Goeie plantinstruksies is by jou plaaslike kwekery beskikbaar. In die courant van 25 Augustus 2010 was daar ‘n artikel oor ‘Bome afkap of nie’, wat ook na die drie kategorieë van indringers en onkruid verwys. Sterkte met die boom van jou keuse! Groetnis, George Retief


10

courant nuus

25 Januarie 2012

Hitte stuit nie wingerdsafari-gangers Die Malmesbury Wingerdstudiegroep het Saterdag die Swartlandse hitte teëgestaan en steeds groot getalle na hul Safari-dag gelok. Op dié dag het deelnemers met hul 4X4’s ‘n roete voltooi en vrae rakende die omgewing beantwoord. Daar is by verskillende besoekpunte gestop en van dié plase se produkte geproe en geniet. Op dieselfde geleentheid is die ou- en jongblok-wenners ook bekend gemaak. Tobie Basson het die eerste posisie in die jongblok behaal, met Jan Bester tweede en Mike Bester derde. In die ou blok-afdeling het Liam Viljoen die kroon gedra met Toeloe Basson tweede en Graham Willers derde. LINKS: Die wenners van die oublokkompetisie is Toeloe Basson (tweede), Graham Willers (derde), Liam Viljoen (eerste).

BO: Die wenners van die jongblok-kompetisie is Mike Bester (derde), Tobie Basson (eerste), Jan Bester (tweede).

LINKS: Die safariwenners is in twee kategorieë ingedeel naamlik die plaas- en dorpswenners. Die plaaswenners is Louis Willers, Albert Lombard en Mike Bester. By hulle is organiseerder Jaco Geldenhuys.

BO: Adriaan van Aarde is aangewys as die dorpswenner. By hom is Jaco Geldenhuys. LINKS: Llwellyn Louw maak seker van sy feite voor hy die pad aandurf.

LINKS: Gielie Basson by een van die vele stalletjies.

BO: ‘n Groep safari-gangers het besluit om eerder ‘n trekker en wa in te span vir die safari-roete.

Stefan Naude van Bergrivier Besproeiing (derde van links) was een van die hoofborge van die dag saam met Landstaal. Naude het ‘n braai, gemaak deur Landstaal, vir R5000 op die veiling gekoop en BO: Dis nie net geesdriftige mans wat deelgeneem het nie. teruggegee sodat dit weer opgeveil kon word. Dit is uiteindelik deur Wilhelm Buhr vir R3200 gekoop. Ina Louw het ook die roete gery.

Tobie Basson het sy lyf afslaer gehou.


25 Januarie 2012

11

Ou Smuts en Kochgebou val

Die gebou op die hoek van Voortrekkerweg en St Thomasstraat, Malmesbury, wat vir jare bekend was as die ou Smuts en Koch het Donderdag plek gemaak vir nuwe ontwikkeling. Die laaste huurders was Ming Kai. Die ontwikkeling beloop sowat R13 miljoen en sal nuwe winkels soos ‘n Wimpy insluit. Volgens Fanie Malherbe was die gebou ongeveer 50 jaar oud. In die gebou soos ons dit teen Augustus sal sien, sal KFC verhuis na die voorkant van die terrein ten einde weer deurry-geriewe aan te bied, met die Quick Shop wat in sy plek sal inskuif. Die Wimpy sal aan die noordekant wees, met Swartland Verwe en baie moontlik ook Debonairs Pizza as bure. Hoewel daar nog winkelruimte beskikbaar is, is daar geen ander vaste kontrakte op dié stadium gesluit nie, het Malherbe gesê.

Anneke van der Merwe is die nuwe graad 7-onderwyseres vir Wiskunde en Engels aan die Laerskool Swartland op Malmesbury.

Zach Jackson is die nuwe sportadministrateur van die Laerskool Swartland.

Kookwater-rugby in 7’s-toernooi verwag Wesbank Rugby-klub bied Saterdag 4 Februarie in samewerking met Castle Lager (SAB) sy jaarlikse sewes-toernooi aan, met 16 klubs van die Boland en WP wat gaan deelneem. Meer klubs word vanjaar betrek, soos St Georges, Scotsdene, Sr Lowrians, UWC, Bellville Tech, Young Peoples, Macassar, Whistling Wheels, Eersterivier, Strand, Rocklands, Hamlets en Vineyards vanuit die WP, asook Roses Evergreens, Abbotsdale, Coronations, Saldanhabaai, Wesbank en Citrusdal uit die Boland. ‘n Totaal van 64 wedstryde sal plaasvind vanaf 9:00 tot 18:00. Toeskouers kan groot pryse wen. Toegang beloop R10 per persoon en streng sekuriteitsmaatreëls sal geld.

Prysgeld van R10 000 sal op die spel wees vir die kompetisie-wenner en daar is ook pryse vir die plaat-afdeling. Die beste speler van die toernooi sal ook pryse ontvang. Die toernooi word tans beskou as die grootste sewestoernooi vir klubs in die Wes–Kaap en lok jaarliks talle ondersteuners na Malmesbury. Ongelukkig val die toernooi op dieselfde datum as die Cape Town 10’s in Groenpunt, maar die organiseerders beoog juis om sewes rugby verder uit te brei in die Wes-Kaap op klubvlak. Indien enige klubs navrae wil doen, kan hulle die toernooi direkteur Eduann Howburg 0834589313 kontak vir meer besonderhede.


12

nuus courant

25 Januarie 2012

Sake uitgespook op HSS se bane

BO: By die Hoërskool Swarland se kleure-atletiek wat Donderdag en Vrydag op Malmesbury gehou is, het Lorenzo Adams (derde van regs) twee rekords verbeter. In die 400m seuns o.19 het hy ‘n nuwe rekord met ‘n tyd van 50.62 opgestel en in die 4X100m aflos vir seuns ope ‘n tyd van 52.02 aangeteken.

BO: Bianca van Dalen seil oor ‘n hekkie.

LINKS: Riaan Otto in sy aanloop tot die spiesgooi.

Roxanne Poulton, Mirisna Carstens en Diané van Wyk lê hul ronde om die baan af.


25 Januarie 2012

courant nuus

Rekords spat in HDU-atletiek

Vrydag het die atlete van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg die hitte aangedruf en mekaar die stryd op die atletiekbaan aangesê. Sewe rekords is verbreek en die blouspan het die spanbeker gewen, sowel as die trofee vir die beste optog. Eddie Jones het die gewigstoot o.15 rekord verbreek, Galin Cleopas die 100m hekkies o.14, Lilanie Steyn die spiesgooi o.17, Stefan Laubscher die driesprong o.15, Claudia Rhoode die gewigstoot o.17, Anushka Odendaal die gewigstoot en spiesgooi o.17 en die o.14-aflosspan van die goudspan het die o.14 aflos-rekord verbreek. Die bekerwenners vir die beste prestasies in hul ouderdomsgroepe was: Johanette Duminy (o.14), Anushka Odendaal (o.15), Anette Coetzer (o.17) en Jesmine Erasmus (o.19). Anushka Odendaal het die beste prestasie van die byeenkoms behaal in die gewigstoot. In die seuns-kategorie is Janico Meyer (o.14) die beste seun, Eddie Jones in o.15, John-Lee Persens in o.17 en Du Toit Maree in o.19. Die junior victor lodorum is Eddie Jones, die junior victrix lodorum is Jay-Maré Amerika, die senior victor lodorum is Du Toit Maree en die senior victrix lodorum is Claudia Rhoode.

Nelia Bester, Theresa van der Horst, Colleen Brink en Anke Pienaar op pad na die wenstreep.

BO: Leighton Roodt glip oor die dwarslat in die hoogspring-item.

LINKS: Esna van der Merwe probeer die gewig so ver moontlik versit.

REGS: Jason Marcus, Flippie Jacobs, Du Toit Maree nael na die eindstreep in die o.19 100m.

13


14

die courant

nuus courant

25 Januarie 2012

dienste

Carin Rabbets bied hulp

Volwassenes ondervind dikwels probleme om vas te stel wat ‘n kind pla. Kinders beskik nie noodwendig altyd oor die verbale vermoë om te sê wat is fout, of wat het gebeur of waarvoor is hy/sy bang nie. ‘n Spelterapeut is opgelei om deur middel van speel asook projeksie-tegnieke ‘n kind te help om probleme te verbaliseer en te verstaan. Deur die proses te verstaan, kan die kind ook hom\haarself beter leer ken en word so bemagtig. Die kind se emosionele intelligensie word dus verbeter, dus die vermoë om gedagtes en gevoelens te identifiseer, te verstaan en sodoende beter te funksioneer. Uiteindelik lei dit ook tot beter begrip tussen ouer en kind vir beter verhoudinge. Wanneer het ‘n kind spelterapie nodig?

- Wanneer trauma beleef is - Nagmerries of versteurde slaappatrone - Emosionele, fisiese of seksuele mishandeling - Selfbeeld probleme - Spanning, angstigheid of vrese - Emosionele onttrekking - Aanpassing by nuwe situasies - Rouproses - Aandagafleibaarheid - Aggressiewe gedrag ‘n Sosio-emosionele assessering word gedoen om ook indien dieperliggende probleme ondervind word, die kind vir die regte behandeling te verwys. Besoek Carin Rabbets (berader en spelterapeut) by 022 433 4640 of 0827823565 of besoek haar op die hoek van Heuwelstraat en Pastoriestraat, Moorreesburg.

Kontak die courant vir ‘n gratis kwotasie by 022 487 3221 of admin@diecourant.co.za.


die courant 25 Januarie 2012

Gesoek Wanted

4

• 2SLP KOTHUIS Professionele persoon soek 2slp kothuis verkieslik op plaas in Malmesbury omgewing. Kontak Louis Bosman 082 851 7835

Te koop For sale

6

Te Huur To Let

7

• UNIEKE TROUROK TE KOOP - Van uit Namibië. No 4 grootte vir fyn lyfie. Vir besigting kontak 072 606 8016 / 022 487 2825 -------------------------• 2 x JURGENS KARAVANE - Teen R8000 en R7000. Skakel 083 357 4465 -------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• KANTOOR RUIMTE TE HUUR - 80m2 teen R4000pm + BTW. Uitstekende ligging en veilige parkering. Kontak Flippie Brandt by 082 899 4071 vir meer inligting. ------------------------• STOOR + KANTOOR TE HUUR - Teen R6500pm. Grootte: 304m2. Swartland Trok en Vurkhysers BK. Tel/Faks: 022 487 2066, Sel: 079 500 3500 ------------------------• 2SLAAPKAMER WOONSTEL - Baie ruim 2Slaapkamer grondvloer woonstel met motorhuis en buitebraai. In Greenfields sekuriteits kompleks Moorreesburg. Onmiddellik beskikbaar R2650pm. Skakel 074 114 2554 ------------------------• 3SLPK HUIS 2badk, 1s/deerk, oopplan kombuis & leefarea, 2mhuise. Omhein & afrstandbeheerde hek. Sprinkel besproeiing. Beskik 1 Feb 2012. Skakel 082 353 5165 ------------------------• DU TOIT TRAILERS Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggy back”. Kon-

tak 022 482 1767 / 072 237 2349

Eiendomme

8

• ERF TE KOOP - (Dalsig, Malmesbury) 400m2 @ R140 000. Kontak eienaar by 082 849 8075

Dienste Services

12

Diere Animals

15

• VERWYDERING VAN BYE - Uithaal en verwydering. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787 of 022 482 2767 -------------------------• NEGOSIKAS KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 -------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 ------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abcpartytjies.weebly.com

• AMERICAN PITBULL PUPPY 8weeks old. R800, brindle male. Call 078 138 4948

Betrekking beskikbaar

19

• ERVARE SLOOTGRAWER OPERATEURS GESOEK - In Malmesbury asook Draaibank operateur - afgetredes welkom. Kontak 082 558 9642 ------------------------• NUWE PERSONEEL - Nuwe kroeg open binnekort. Kroegman en kombuispersoneel benodig. Skakel 076 921 2715 ------------------------• TOESIGHOUER - In Parstyd gesoek. Skakel 083 455 1046 so gou moontlik.

Skakel ons gerus om hier te adverteer 022 487 3221 of besoek ons by Hugenotestraat 11, Malmesbury.

15

mini gigs

& dienste


courant agterblad

die

swartland en weskus

Die Malmesbury Uithourit is Saterdag op die Malmesbury Skougronde aangebied. Regs is Jo Bouwhuis, Stephanie Kotze en Katoo Machtelincky. Die algehele wenner van die dag was Stephanie van Schalkwyk met ‘n tyd van 4:58:3.

Modder en stof spat Die Malmesbury Oval Karting, oftewel “knortjorre” het Saterdag weer die stof uit die aarde laat opstaan in hul wedrenne. Die klub het besoek van ‘n Kaapse klub gehad en baie buite-lede het ook deelgeneem. ‘n Rekord aantal deelnemers het ingeskryf en vir die eerste keer was daar ook ‘n miniatuur-motorjie op die baan. Die voormalige voorsitter, Chris Hunsinger, het ‘n draai gemaak en ook hand bygesit.

LINKS: Dirk Lategan op Nicky het ook aan die 85kmafdeling deelgeneem.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.