Die courant 25 mrt 2015 313

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

dié

1

25 Maart 2015

Uitgawe 313

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Pitbull speel bokma

Op Yzerfontein het inwoners 'n klein bababokkie van 'n gewisse dood gered en word dié klein Kaapse grysbokkie nou versorg deur dr. Anél Coetzee, die plaaslike veearts - hier saam met haar "diere-kinders" Thandi (pitbull) en Harley (worshond). Thandi het haar oor dié bokkie ontferm. Sien berig op bl.2.

• dubbele pad 'kan slapende voorstad wek'

N7 kos R4 131 475 635

Daar word telkens na Malmesbury verwys as die slapende voorstad van Kaapstad, maar met hierdie veranderinge gaan mense wakker skrik. Só sê Steph Bredenhann, projekbestuurder van Sanral gemoeid met die volgende twee fases van die N7 vanaf Atlantis/Philadelphia tot by die Hopefield-afdraai. Die totale koste van die konstruksiewerk aan die N7 vir die tydperk sedert 2012 tot 2018 vir die pad tot by Vanrhynsdorp beloop 'n totaal van R4,131475635 biljoen. Volgens die planne sal drie verskillende kontrakte gelyktydig op die N7 hardloop. Nadat die eerste fase vanaf die Melkboswisselaar onlangs in 33 maande voltooi is teen R389 miljoen het die werk aan fase drie - vanaf Leliefontein tot die Hopefield-afrit met 'n totale waarde van R506 miljoen reeds begin. Die kontrakteurs verantwoordelik vir dié fase

is Stefanutti Stock Power Consortium. Hierdie fase sal die plaaslike arbeidsmark 'n hupstoot van R37 miljoen gee. Sowat R2 miljoen sal spandeer word aan opleiding vir werknemers. Fase twee - van Atlantis/Philadelphia na Leliefontein - sal 'n geskatte R715 miljoen kos en na verwagting in Junie 2015 'n aanvang neem. Die nasionale padagentskap, Sanral, sê met die padwerke wat in Januarie 2018 voltooi moet wees, sal gemik word na minimum verkeersontwrigting. "Die bestaande pad sal steeds gebruik word tot die een nuwe dubbelbaan langsaan voltooi is. Daarna sal die verkeer weer daardie bane gebruik terwyl die res van die pad voltooi word," het Sanral se Randall Cable gesê. Die Darling/Bokomowegwisselaar sal 'n vervroegde enkel-glybaan vanuit die suide kry. Daarvan sal motoriste weer kan afgly na Darling/ Malmesbury-Wes of oorry na min of meer die

huidige toegang na Malmesbury-Oos. Die bestaande brug sal afgebreek word en plek maak vir die drie nuwe brûe met dubbelbane onderdeur vir die verkeersvloei vanaf Bokomoweg na Darlingweg. Daar is ook 'n alternatiewe roete vir voetgangers. Die afritte aan die oostekant sal ook belyn word en 'n stel verkeersligte kry. Die ingang na Abbotsdale sal ook verander word en van posisie geskuif word (moontlik nader aan Malmesbury as die huidige toegang). Fase drie maak ook voorsiening vir twee ekstra paaie aan die suidekant van Malmesbury onderdeur die N7 om toegang vanaf MalmesburyWes na die industriële area te bewerkstellig en voetgangerverkeer te beveilig. Volgens die planne sal die ou Malmesbury/ Kalbaskraalpad (DR1111) ook in 'n latere stadium opgegradeer word.

NUUS • NEWS

25 Maart 2015


NUUS • NEWS

2

25 Maart 2015

• Munisipaliteit 'lewer diens met beperkte hulpbronne'

GOP kyk na Swartland se BBP-bydrae Die Swartland Munisipaliteit lê in die Wes-Kaap tiende op die lys van munisipaliteite (buite die metropool) gemeet aan sy bydrae tot die bruto binnelandse produk, groei en grootte. Stellenbosch (17%), Mosselbaai (13%) en Drakenstein (8,9) neem die drie top-plekke in op streeksvlak. Swartland is bevolkingsgewys die sesde grootste munisipaliteit in die Wes-Kaap. Hierdie inligting is vervleg in die munisipaliteit se opstelproses van die gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir 2012-2017. Swartland se ekonomie het tussen 2000 tot 2011 teen ‘n koers van 3,7% gegroei, effe meer as die Weskusdistrik se 3,3%. Die grootste BBP-sektore in Swartland is finansies, versekering, eiendomme en sake (33,7%), gevolg deur vervaardiging (21,1%) en

dan landbou, bosbou en visserye (14,3). Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, sê hierdie syfers moet in gedagte gehou word as daar gekyk word na Swartland se dienslewering en prestasies. “Ons mag tiende op die lys lê as dit kom by die BBP, maar ons dienste is nog steeds op standaard en vergelyk goed met die meer welaf munisipaliteite. “Ons sou graag meer wou doen om aan verwagtinge en behoeftes te voldoen, maar ons hulpbronne is net te beperk. Dit is nie 'n kwessie dat ons dit nie wil doen nie, ons het bloot nie geld om alles te doen nie.” sê hy. Hy en Leon Fourie, Swartland se strategiese bestuurder en sy regterhand met die opstel van die gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir die GOP, het van die belangrikste aspekte vir dié courant uitgelig.

Yzer-bokkie kry 2de kans Met 'n maag gevul met 'n spesiale melkmengsel (ingedampte melk en water asook Lactogen-babamelk en water) herstel die baba Kaapse grysbokkie, Bokkie, nadat sy op 'n oop veld langs Versveldstraat op Yzerfontein gered is. Veearts dr. Anel Coetzee vertel dat 'n inwoner, Chantel Currie, haar gebel het oor die klein bokkie wat aanhoudend skree. Bokkie, wat nog met haar naelstring gevind is, kon nie loop nie en moes fisioterapie aan albei voorbene kry. Die pasgebore Bokkie is waarskynlik deur katDie beseerde bruin Jakkalsvoël word ook versorg. te getakel. Sy is nou twee weke by Coetzee en het met Hul gemiddelde volwasse massa is 12kg en dié courant se besoek Maandag die eerste keer hoogte is sowat 55cm. Anders as steenbokke het begin knibbel aan plantegroei in die tuin. hul heelwat wit hare op die rug en besondere Coetzee sê Bokkie moet beslis weer terugge- groot ore (met fyn gehoor). Hulle wei meesal in plaas word in die natuur, maar "dit is 'n lang en die aand en nag, hou in bossieveld en word dus ingewikkelde proses". nie so baie in die dag opgemerk nie. Bokkie kan nie 'n troeteldier wees nie, maar Ooie het gewoonlik net een lam. kan ook nie net in die natuur vrygelaat word nie. Coetzee vertel dat sy dikwels ook van dié ge"Die Kaapse grysbokkie is baie gebiedsge- lyknamige voëls kry om te behandel. bonde en ander bokkies van dieselfde spesie sal Naas Bokkie, versorg sy tans ook 'n volwassy dood beteken. se bruin jakkalsvoël wat naby die Weskuspad "Daarom sal ek, wanneer Bokkie gereed is en "waarskynlik verstrengel geraak en erge besebehoorlik kan eet, hom wil uitplaas na 'n plek rings opgedoen het". waar hy stelselmatig weer aan die natuur blootDié besoekende voëls is in die somermaangestel word en uiteindelik dan weer sy pad in die de 'n algemene gesig in die streek wanneer hul natuur kan vind." langs die paaie op pale sit. Coetzee vertel dat haar Pitbull, Thandi, vir "Daar was lelike wonde." Bokkie as't ware aangeneem het en die klein Die voël, wat hoendernekke gevoer word baba help grootmaak. (omdat dit meer gebalanseerd is as skoon vleis), Met ons besoek het Bokkie doodluiters saam is ook twee weke in versorging." Coetzee meen met Coetzee se ander honde en dié wat sy ver- ná nog twee verband-ruilings aan sy erg beseersorg gespeel. de bene, sal hy gesond wees. "Dit sal ook 'n baie Die Kaapse grysbok (Raphicerus melanotis), lang proses en harde werk wees, maar die ideaal endemies aan die Wes- en Suid-Kaap, word nie sou wees dat hy ook later sy weg kan terugvind baie groot nie. in die natuur."

Hieronder is die huidige status van Swartland vergeleke met die doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 (NOP). Scholtz het drie van die agt aanwysers uitgelig: Die eerste is die Gini-indeks (die mees algemene metode om ‘n bevolking se inkomsteverspreiding te meet en ‘n aanduiding van ongelykheid te kry). Nasionaal is die doelwit 0,6% en Swartland is reeds daar. Tweedens gesondheid: die NOP-doelwit vir 2030 is dat die sterftesyfer by voltermyngeboortes afneem van 500 tot 100 per 100 000. Swartland staan nou reeds op 77.1 per 100 000. Toegang tot basiese dienste: NOP se doelwit vir 2030 is 95% toegang tot elektrisiteit en 100% toegang tot skoon drinkwater. Swartland het nou 98% toegang tot krag en 97% tot water. Deel van dié plan is ook om in te skakel by die regering se mediumtermyn strategiese raamwerk (MTSR) vir 2014/19. Die MTSR is op 14 prioriteite gefokus wat in die NOP en die regering se verkiesingsmanifes geïdentifiseer is. Hieronder is kwaliteit basiese onderwys, ‘n lang en gesonde lewe vir alle Suid-Afrikaners. Alle mense in Suid-Afrika moet veilig wees en voel en geskikte werk hê deur inklusiewe groei. ‘n Doeltreffende, mededingende en verantwoordelike ekonomiese infrastruktuur is nodig, asook volhoubare landelike gemeenskappe wat

bydra tot almal se voedselsekuriteit, volhoubare menslike nedersettings en verbeterde kwaliteit van gesinslewe. ‘n Verantwoordbare en doeltreffende plaaslike regering is nog een van die prioriteite. Hier is die doelwitte onder meer om die persentasie huishoudings met toegang tot ‘n funksionele waterdiens van 85% in 2013 na 90% teen 2019 te verhoog. Swartland is reeds daar. Laastens moet ‘n beter Suid-Afrika geskep word wat sal bydra tot ‘n beter Afrika en ‘n beter wêreld. Ons natuurlike hulpbronne moet beskerm word, ‘n doeltreffende en ontwikkelingsgerigte staatsdiens geskep word, asook ‘n uitgebreide en volhoubare maatskaplike beskermingstelsel en ‘n maatskaplik-samehorige gemeenskap met een nasionale identiteit. “Ons praat van die Back to Basics benadering: Dit is ‘n program vir verandering en basies sal daar van munisipaliteite verwag word om: - mense en gemeenskappe te bemagtig deur platforms vir openbare deelname; - om goeie lewensomstandighede met munisipale dienste van die regte standaard te skep; - goeie bestuur en administrasie toe te pas; - om gesonde finansiële bestuur en boekhouding te beoefen en - om gesonde institusionele en administratiewe vaardighede te toon.”

Gevangenes wag nou in geel Verhoorafwagtendes sal voortaan geel uniforms dra. Diegene in die Weskus-jurisduksie word in die Malmesbury Gevangenis aangehou. Verhoorafwagtende gevangenes sal van 1 April af met nuwe geel uniforms uitgereik word. Die nuwe uniforms sal Woensdag by die Malmesbury Gevangenis bekend gestel word. "Die uniforms word uit alle oorde verwelkom aangesien verhoorafwagtende gevangenes dikwels vir lang periodes aangehou word met net die klere aan hul lyf en sonder die moontlikheid om skoon klere te bekom." Volgens mediaberigte sal 44 000 gevangenes

by 243 korrektiewe sentrums die geel uniforms ontvang. Die geel onderskei hulle van veroordeelde gevangenes, wat oranje dra. Volgens berigte sal die geel uniform-projek sowat R31 miljoen kos. Die uniforms sal gemaak word van materiaal wat deur ‘n private maatskappy verskaf word. Korrektiewe Dienste sê "die unforms sal gevangenes meer sigbaar maak en die getal verhoorafwagtendes wat ontsnap, verminder".


NUUS • NEWS

3

25 Maart 2015

Malmesbury Mall bespreek

By die Malmesbury Sakekamer se vergadering Dinsdag het die vloer aan die ontwikkelaars van die beplande Malmesbury Mall behoort. Danie Viljoen en Mario dos Reis van die Nobel Property Front het die gehoor se vrae beantwoord en na hul bekommernisse geluister. Dié sentrum van 21 000m² is in die proses om ankerhuurders te bekom en 'n volledige Woolworths is een van die moontlikhede. Die Nobel Property Fund het reeds talle ander soortgelyke sentrums gebou, waarvan die een op Robertson 'n voorbeeld is. Volgens Dos Reis sal 550 nuwe werksgeleenthede geskep word, wanneer die sentrum voltooi is. Hulle het ook 'n beleid van 'ondersteun plaaslik' en sal dus van geskoolde plaaslike arbeid gebruik maak, indien die prys reg is. Indien hul beplanning reg uitwerk, sal die sentrum in Augustus 2016 sy deure open. Links is burgemeester Tijmen van Essen, Patrys Bester, Mario do Reis, Danie Viljoen en Werner Schreiber.

Potjiekos: Bobby Matthee van OK Mi-

nismark het aangekondig dat 'n bedrag van R11 711.78 aan die Dahlia Sorgsentrum oorhandig is as begunstigde van die onlangse OK MiniMark Tiger Brands Potjiekoskompetisie in Wesbank. Dié geld kom van die borge en deelnemers aan die dag. "Richard, Tiger Brands and Romeo, Coca Cola you have made a fantastic contribution to this Malmesbury project," was sy woorde.

• 35m-lemme draai vir krag

35 Windlaaiers vir Darling beplan

Rheboksfontein se windplanne is reeds in 2012 deur die departement goedgekeur. As alles volgens plan verloop, sal daar 35 nuwe windturbines buite Darling opgerig word. Die nasionale departement van omgewingsake het in 2012 die Rheboksfontein Windenergiekrag-fasiliteit goedgekeur. Aanvanklik is daar voorsiening gemaak vir 43 windlaaiers, maar Moyeng Energy het voorgestel dat slegs 35 laaiers met lemlengtes van 63m en 'n naaf van 120m opgerig moet word. Die totale kapasiteit van die aanleg is 129MW. Die perseel is sowat 3km wes van Darling en beslaan 'n area van 39km² en beslaan dele van Rheboksfontein, Nieuwe Plaats, Bonteberg, Doornfontein, Platklip, Grootberg, Slangkop en Bonteberg. Die aanvanklike aansoek is aangepas weens die verandering in tegnologie en die ontwerp van die windlaaiers. Die wat beoog word om hier opgerig te word is makliker beskikbaar en laat 'n langer naaf en groter draaivlerk deursnit om die windstelsel op die terrein beter te benut. Dit, saam met die verhoging in veiligheid, lei weer tot die afname in die elektrisiteitskoste, soos deur die departement van energie versoek.

Ondergrondse kabels van 33kV wat ongeveer 1m diep lê sal die turbine verbind aan 'n 33/132kV-substasie waarvan daar twee opgerig sal word. Die groottes hiervan beslaan 80m by 90m elk. 'n 132kV Oorhoofse kraglynaansluiting by die Dassenburg substasie op Atlantis sal ook opgerig word. Een van die aanbevelings wat gemaak is, is dat turbine 18 te na aan argeologiese grond lê en verskuif moet word. Daar moet 'n 200m buffer tussen hierdie windlaaier en die grond wees. Van die tussenpaaie moet ook verander word, aangesien dit die natuurlike sensitiewe habitat kan versteur. Die laaiers moet ook so geplaas word dat die skaduwee-flikkerings nie die plase of enige wonings raak of beïnvloed nie. Die laaiers moet ook op 'n afstand van 500m vanaf enige woning geplaas word en ook 2km vanaf die R27 en 1km vanaf die R315-provinsiale paaie. Die aangepaste omgewingsimpak-studie is beskikbaar tot 13 April vir insae en kommentaar.

ONLY

119

Beef Short Rib Potjiekos

36

p/kg

CHOOSE FROM 6 DELICIOUS NEW FLAVOURS

FREE DELIVERY*

MALMESBURY 022 482 1915/6/7

Spicy Chicken BBQ Bacon Chicken & Feta Double Pepperoni Mediterranean Veg Ranch Chicken

T&Cs apply.

2kg Albertinia Braaiwors

.99

90

TRY SOMETHING AMAZING

49.99 each

500g Chicken Livers

9.99 each

COMBO 750g Russian Loaf, 750g French Polony 500g Garlic Polony, 350g Cooked Salami

40.00

p/combo

500g Smoked Viennas

12.99

each


NUUS • NEWS

courant

25 Maart 2015

Passiespele op Darling gehou

dié

4

Die begin van 'n nuwe lewe

In die slegste tye van jou lewe lyk alles donker. So donker dat jy nie 'n môre kan sien nie. Maar die môre kom. Altyd. Die son sal altyd weer skyn. As daar 'n greintjie hoop is om aan vas te hou, moet jy gryp en verbete klou, want hoop dra jou deur donker dae. Die naweek het oorwinnaars en diegene wat aan die hoop vasgehou het, die Kansa se Relay for Life op Malmesbury gehou. Vol emosie, soos elke jaar. Diegene wat die stryd verloor het, is onthou. Die wat dit oorwin het, is vereer en die lewe gevier. Uit die slegte kom daar altyd weer iets nuut. Iets mooi. 'n Nuwe begin. Die uwe het gister 'n foto ontvang van blombolle wat hul normale lewe voortsit vanuit die verskroeide aarde van Tafelberg. Grasgroen. Nuut. In kontras met die swart grond, is die groen helder en opsigtelik. Die nuwe lewe. 'n Nuwe begin. Die lewe, soos baie dinge, is 'n keuse. Om op te staan en die helder lig van môre te sien, of om weg te dompel in die donker van die nag. Die lewe moet gevier word. Ons vergeet dit te maklik. So vinnig kan dit als verby wees. So maklik kan als tot 'n einde kom. Vier die lewe. Geniet elke oomblik, want jy weet nie of daar 'n môre vir jou wag nie, so gaan haal hom. Moenie sit en wag vir hom nie.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Voordat die haan gekraai het… Jesus sê aan sy dissipels dat die pasga oor twee dae gevier word, en dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word. Die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk is in die paleis van die hoëpriester Kajafas besig om saam te span hoe om Hom om te bring, maar hulle is bang om dit op die fees te doen, sodat daar nie ‘n oproer onder die volk kom nie. Judas Iskariot, een van die twaalf dissipels het na die owerpriesters gegaan en hulle gevra wat hulle hom sou gee as hy Jesus aan hulle uitlewer, en het van toe af na ‘n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer. Die dissipels het die pasga voorberei en toe dit aand word was Hy saam met die twaalf aan tafel. Terwyl hulle eet sê Hy sekerlik, een van julle gaan My verraai. Die dissipels het bedroef geword, en elkeen het gevra is dit miskien ek? Petrus het gesê dat al sou almal aan Hom aanstoot neem, hy wat Petrus is sal nooit aanstoot neem nie. Daarop antwoord Jesus hom dat voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën dat jy My nie ken nie. Hoe maklik dink ons soos Petrus dat ons in eie krag staande sal bly.

Legkaarte:

Mevrou Lilla Steyn, 74 jaar jonk, het 'n voorliefde vir legkaarte. Sy is sedert 16 November 2012 'n inwoner van die Huis Bergisg op Riebeek-Wes. Die huidige legkaart is 2000 stukke en het omtrent twee maande geneem om te voltooi. Die tehuis is besig om die legkaart te raam. Sy het selfs nou al ander inwoners sover gekry om ook te begin bou aan die kleine stukkies.

Die herdenking van Christus se kruisdood word weer op Goeie Vrydag, 3 April, om 18:00 in die groot saal by die Darling Sportklub aangebied. Die vlei, waar die Passiespele al die afgelope paar jaar tradisioneel opgevoer word, is baie droog en het ongelukkig gebrand. Die gevolg is dat die organiseerders die spele moes skuif en die groot saal by die Darling Sportklub is nou die aangewese plak. Mense hoef nie stoele saam te bring nie, aangesien die saal oor sowat 400 stoele beskik. Maar mense word aangemoedig om betyds te wees vir die optog van die kore, deelnemers en blaasorkes. Daar is vier kore en die blaasorkes met vyftig spelers uit die gemeenskap.

Eendag as ek groot is...

Land van Kabouters Dagsorg, Kleuter-Akademie & Nasorgsentrum op Malmesbury probeer om elke Vrydag ietsie interressants vir die kleintjies te bied wat dan ook spesifiek gemik is oor die week se tema-besprekings. Verlede week het hulle beroepe behandel en was dit ‘n groot verrassing toe al die nooddienste se helde en heldinne hulle kon besoek: die ambulans, noddienste, verkeersdiens, polisie en brandweer was daar. Die kinders het hulle bedank vir hul onbaatsugtige werk en ‘n kort konsertjie vir hul gedoen. Na afloop van die konsert het elke oom en en tannie ‘n energiedrankie en lekkertjie gekry om te help met hul 25 uur dag!

Boekeweek: Die biblioteek in Chatsworth het verlede week toekennings gedoen aan sekere lede van die

biblioteek. Onder die teenwoordiges was die Monica’s Reading Club, waar kinders leer om Engels te lees, Ria Olivier, die projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad in Bellville, en Ilse Loock van die Swartland Munisipaliteit. Hier is Alvaira Groepies en Fional Lukas van die biblioteek by die groep. Hulle het verskeie aktiwiteite aangebied om die leesgeriegheid onder die jongklomp aan te moedig. Foto: Derrick Young

Menseregte: ‘n Heerlike viering vir Menseregtedag is Saterdag op Goedgedacht-plaas naby Chatsworth gehou. Hier is een van die groepe wat die gehoor vermaak het met hul danspassies vermaak. Verskeie organisasies en staatsdepartemente het van die geleentheid gebruik gemaak om hul dienste aan die gemeenskap bekend te stel. Foto: Derrick Young


NUUS • NEWS

5

25 Maart 2015

• Amptenare gee hul steun

Teken saam teen rassisme

SAVE E R O M

17

90

Mrs H.S Ball’s Chutney Assorted 470g

15

90

Belofte: Swartland Munisipaliteit het verlede week ‘n belofte teen rassisme onderteken. Hier is munisiple bestuurder Joggie Scholtz en burgemeester Tijmen van Essen by die besoekers. Hulle is van links: Grovin Morris, Abraham Smit en Franklin Adams. Burgemeester Tijmen van Essen het verlede week namens die Swartland ‘n belofte teen rassisme onderteken. Die belofte, die inisiatief en passie van Franklin Adams, bepaal dat ondergetekendes hulle daartoe verbind om rassisme in alle vorme teen te staan. “Ons glo dat alle mense gelyk gebore is in ‘n nie-rassige, gelyke en verenigde gemeenskap.” Adams, ‘n ANC-raadslid van Stellenbosch, het agt jaar gelede met die projek begin. Hy vertel hoe hy elke jaar sy tent op die Braak in Matieland opgeslaan en mense gevra het om dit te onderteken. Later het hy begin toer daarmee en hy erken ruiterlik dat hy nie altyd ewe goed ontvang is nie. Hy het met groot lof van die Swartland gepraat: “Ons is baie goed ontvang en die opname het getoon dat gesindhede hier ietwat beter is as die norm. Hier het 70% Swartmense en 30% Witmense gemeen daar is Wit/Swart rassisme. Die norm is 80/20. Burgemeester Tijmen van Essen het gesê alle Suid-Afrikaners behoort selfondersoek te doen. “Ons moet waak teen rassisme en ek haal my hoed af vir wat julle doen,” het hy gesê en bygevoeg dat hy graag sy belofte herbevestig. Die besoek het ook nie sonder rimpeling gebeur nie. Uit die staanspoor was daar ‘n onderliggende politieke spanning duidelik en die ampsdraers het versigtig getrap tussen al die onuitgesproke slaggate. Net die media was teenwoordig, saam met Adams se afvaardiging, die Swartland burgemeester en die munisipale bestuurder, Joggie

Scholtz. Dit is ook Scholtz wat die spanning ontlont het met sy uitgesproke eerlikheid. Hy het vertel hoe sy graad 1-juffrou ná die eerste skoolweek sy ma gevra het om hom nog ‘n jaar by die skool te hou. Die rede? Hy verkies om Xhosa te praat, soos sy maatjies met wie hy grootgeword het. So, gaan leer hom eers Afrikaans. Dié staaltjie het almal laat glimlag, maar dit is die tweede storie wat groot mans met trane in hul oë gelaat het. Scholtz het openhartig vertel van sy oudste dogter wat reeds jare lank ‘n verhouding met ‘n sogenaamde bruin ou het: “’n Pragtige seun wat ek met my lewe sal vertrou. “Na ‘n paar jaar het die vraag ontstaan: hoe vertel ons dit vir oupa, ‘n stoere Karoo-boer en 75 jaar oud. “Uiteindelik het ek Ma gebel, wat geweet het van die verhouding, en vir haar gevra om Pa te vertel. “Haar antwoord: `Wat bedoel Jy? Hy weet al lankal!’ “Deesdae kuier hy en Oupa ‘n hond uit ‘n bos en Oupa het baie meer geduld om goed aan die dorpsjapie te verduidelik as wat hy ooit met ons gehad het. “Dit is normalisering: in die Swartland én Suid-Afrika.” Scholtz het ook gehoor gegee aan Adams se versoek vir ‘n formele meningspeiling oor rassisme: “Ek onderneem dat ons in 2016 met ons volgende peiling dit sal insluit. As ons dit nie meet nie, weet ons nie wat aangaan nie en kan ons niks daaraan doen nie.”

Alternatiewe beskikbaar vir Telkom-dienste Die Telkom-winkel op Malmesbury sal eersdaags sy deure sluit en gebruikers sal voortaan van alternatiewe diens-metodes gebruik moet maak. Dié winkel is een van 20 van die 97 takke landswyd wat sluit. Die datum is nog onbekend. Vir besigheidsdienste moet 10217 geskakel

All Gold Tomato Sauce 700ml

25

90

PnP No Name™ Corn Flakes 1kg

17

90

57

90

Crosse & Blackwell Mayonnaise Assorted 750g Each

Dairybelle Full Cream, Low Fat or Fat Free Long Life Milk 6 x 1 Litre

19

90

Jungle Oats 1kg

8

50

Fattis & Moni’s Macaroni Or Spaghetti 500g

14

90

24 59

90

Rhodes Superfine Apricot Jam 900g

word en vir residensiële navrae en dienste word 10210 genader. Telkom-rekeninge kan ook by die plaaslike poskantoor, Pick 'n Pay, Shoprite Checkers of OTM-tellers betaal word, of direkte bankinbetalings kan ook gemaak word.

Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

39

90

90

Maq Super Stain Busting Washing Powder 3kg

PnP Imported Cheese Per kg

14

90

12

90

Bliz Firelighters 12 Pieces

Twinsaver Kitchen Towels 2s

OUT OF CASH? Spend your points

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App Terms and conditions apply

Don’t pay a cent more than you have to.

26

90

7

50

Lux Bath Soap 200g Assorted Each

BUY 2 FOR

20

R

Maq Double Action DishWashing Liquid 700ml

Ripple 1 ply Bathroom Tissue 10s

PRICES VALID 26 MARCH - 6 APRIL 2015 AT PICK N PAY VREDENBURG, WELLINGTON, MALMESBURY, LANGEBAAN AND CERES, WESTERN CAPE Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.


NUUS • NEWS

6

25 Maart 2015

Wenke vir bestuurders Hier is ‘n paar veiligheidswenke vir motorbestuurders: • Sluit motordeure as jy ry. • Moenie naby aan die motor voor jou stop nie, sodat jy nog kan uitdraai. • Moenie rylopers oplaai nie. • Moenie waardevolle items oop en bloot laat lê nie. • Plaas jou handsak buite sig; bv by jou voete. • Hou jou sleutels gereed as jy nog op pad is

na die kar toe. • Wees versigtig vir ligte stampies van agter. Neem die registrasienommer en rapporteer dit by die polisie – dit kan ‘n set wees om jou te laat uitklim. • Bespied eers die omgewing voor jy by die huis stop. • Wees versigtig as jy uitklim om die hek oop te maak.

Onderhou jou motor en spaar ‘n rand of twee. Hier is ‘n paar wenke wat kan help: Sorg dat jou motor reg ingestel is, aangesien dit petrolverbruik met 25% tot 33% kan verminder; Vervang die olie en oliefilter elke 5000 km, afgesien van wat die handleiding sê;

Vervang die lugfilter sodra dit vuil is; Staalbande kan die algemene bandlewe met ‘n verdere 10% verleng; Sorg dat die motor se bande altyd styf gepomp is. Bande wat te pap is kan petrolverbruik met 6% verhoog; Gebalanseerde bande spaar op bandlewe.

Spaar op onderhoud Ster: Hendrik Mouton van Laerskool Rie-

beek-Kasteel het die afgelope naweek ‘n silwer medalje Germiston in die 1500m Stap vir seuns o.13 by die SA Kampioenskappe in Germiston verower. Hy is reeds die Bolanden Wes-Kaap kampioen in dié item.

Swem: Marianne du Plooy van die Laer-

skool Dirkie Uys op Moorreesburg het vir agt van haar swemitems gekwalifiseer en neem die naweek deel aan die SA level 1 kampioenskappe op Malmesbury.

Tennis:

Herman Hurtung, Derick Bester, Ane' De Waal, M. J van Zyl en Dirk Bester van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Boland-tennisspan opgeneem.

Swemmers stroom in Swemmers van die hele streek sal die naweek aan die Swem SA-Vlak 1-streekskampioenskappe op Malmesbury deelneem. Verlede jaar het sowat 297 swemmers deelgeneem. Saam met hul ouers sal daar ten minste 900 besoekers dié naweek op Malmesbury hul

swemmers ondersteun en aanmoedig van langs die walle van die munisipale swembad. Swemmers uit agt streke, die Metropool, Weskus, Wynland, Eeden, Karoo, Overberg, Oostelike Provinsie en Grens sal in aksie te sien wees.

Alles van wiele wat rol 10-12 April – Swartland Charity Bikers Braai: Moorreesburg Show grounds; R100pp; children under 10 free; badge R25. Enquiries: Francois 083 956 0606; Erhardt 082 898 1026; Trudie (accommodation & stalls) 079 369 1276; Laurie (poegie enquiries) 082 321 8008. 11 April - Koringberg Funduro: There will be a red route for the riders that like the wild stuff and a green route for the riders that like the mild stuff. Cost: R150/rider & R70/lift (refreshments @ halfway mark, included). Registration starts at 08:00 & briefing at 09:30. Funduro starts at 10:00 sharp. Go visit and like our Facebook page for more details: https://www.facebook.com/pages/Koringberg-Funduro/475903009182192 15 -17 May– Knysna Speed Festival. Welcome Centre, Beaucamp Place, Knysna. This event is sure to entertain all speed lovers. 20 June - West Coast Fun Ride, Vredenburg

The West Coast Fun Ride will be for quads & bikes at Blomfontein, 9.5km outside Vredenburg, in the direction of Hopefield. Registrations will start at 07:30, briefing at 09:30 and the enduro starts at 10:00. The track will be a ± 80 km loop, through the surrounding farms. Not very technical, but not a walk in the park. Refreshments for the riders at the the halfway mark. Prize giving (lucky draw) at 14:00. A cash bar will also be available and some food to buy at the venue. Vredenburg High School Old Scholar Association arranges the day, in partnership of the local business to help raising funds for the school. Mail any enquiries to: Robert.vdh@vodamail. co.za, 082 659 4856 or (office) 022 709 4392 for additional information. 15-25 October – Johannesburg International Motor Shoe. NASREC Expo Centre. This the single largest international automotive event in Southern Africa.


NUUS • NEWS 25 Maart 2015 Johan Viljoen

sit voet in die hoek Die tale wat ons praat. In jou binnekamer en langs die sportveld. Afrikaans is 'n lewende taal en ook 'n lewendige taal. Daarom veroorloof ons onsself meer en meer so 'n paar nuutskeppinge of leenwoorde (dikwels in die ou verlede sommer bloot anglisismes genoem). Kyk, moet nou nie 'n voorliefde vir die angli hieruit aflei nie, maar daar is darem sommige woorde wat net “spot on” is in die Rooi Taal. As jy nou langs die rugbyveld staan en jy moet praat van die senter se gevoelentheid om die gaping te slaan, klink dit net nie dieselfde as die 'gutfeeling' om die 'gap' te vat nie. Hoe dit ookal sy. Die ovaal eierbalsport wat, luidens een weergawe, sy oorsprong het in die rondskop van 'n dier se blaas, laat Saterdag na Saterdag (lankal ook Vrydae en weeksdae by skole) duisende mense van vroeg tot laat om reghoekige velde en TVskerms saamdrom. Dié sport het weliswaar oor jare baie ontwikkel en verander, maar 'n paar komponente het oor die dekades steeds dieselfde gebly. Eén daarvan is die middelveld en daardie 'gap'. 'n Senter moet vandag sy (in die laaste jare ook háár) man behoorlik kan staan en ook daardie 'gap' kan vat. Kry verlede week 'n oproep van ouditeur Chris de Jager. Hy vertel dat die legendariese Springboksenter wat vroeër vandeesmaand op 89 oorlede is, so 'n 'gap' op Malmesbury kom help vul het. Die dorpenaars het glo besluit om rugbytalent na die dorp te lok en eers vasgestel vir watter professionele dienste daar 'n behoefte was. Die briljante Springbok Tjol Lategan en sy vriend, Giel Swiegers, is toe aangemoedig om 'n rekenmeesterspraktyk (dié een waarvan De Jager vandag aan die hoof staan) op dié dorp op die been te bring. Lategan en Swiegers het die gaping in die mark gevul en Lategan het later na die Oos-Kaap verhuis en sy ouditeursloopbaan daar voortgesit. Maar nie voordat hy eers aan die einde van die 1952-seisoen die WP vaarwel geroep en vir die Boland begin diens doen het nie. Hy was toe lid van die Malmesbury Rugbyklub vanwaar hy in 1953 en 1954 vir Boland die gapings geslaan het. Saam met hom het Springbok Bubbles Koch, Fanie Alberts, André van Reenen, Archie Sauerman, André van Vuuren, Arthur Muir, Coenie Louw en Martiens Stoffberg vir hul provinsie in die Swart en Ougoud uitgedraf. In die laat vyftigs het die klub nóg 'n Springbok opgelewer met RiebeekKasteel se Piet Spiere du Toit wat vir Malmesbury gespeel het. Terug by Lategan -'n boorling van Stellenbosch - wat in elf toetse vir die Bokke uitgedraf het. Hy het in die laat veertigs en vroeë vyftigs in tien toetse saam met die bekende Ryk van Schoor vir een van die mees gedugte Springboksenterpare van alle tye saamgespan. Dit was veral Lategan se bedrieglike swenk-lopie en blitsvinnige versnelling wat hom 'n legendariese gaping-slaner gemaak het. Lategan het later sy eerste Springbok-drie in sy tweede toets in 1949 teen die All Blacks op Ellispark as sy grootste oomblik in die Groen en Goud beskryf. Hy het later ook vir die OP gespeel. En vandag

7

Die gaping, Oom Tjol en die Qashqai

word hy onthou as een van Springbokrugby se grotes. De Jager vertel dat sy firma vandag nog sake doen met van die nageslagte van Lategan en Swiegers se eerste kliënte. En as jy nou die voorste 'gap'-vatter op die rugbyveld is nie, soos die uwe, wel... skuif dan agter die stuur van 'n voertuig in waarmee jy daardie 'gap' op die pad kan vat. Ons het die afgelope naweek in JB's Nissan se Qashqai 1.6dCi Acenta CVT 'n bietjie op Porterville gaan kyk hoe jong rugby- en netbalspelers van skole so ver as Upington die gapings soek om hul teenstanders te klop. En langs die pad, as die geleentheid hom voorgedoen het, 'n vinnige gaping gevat om voor, wat gevoel het soos kruipende mede-motoriste, in te glip. Wel, hierdie Qashqai kan!!! Toe Nissan besluit het om hul wenresep-sportnuts Qashqai (Kaskai op die tong) te vernuwe, het hul inderdaad ook 'n gaping gevul. 'n Gaping om bestuursgerief uit te bou. Al was dit nie die uwe se eerste kennismaking met hierdie motor uit die Nissan-stal nie, is dit elke keer 'n plesier en hierdie 1.6 dieselmodel met die CVT-ratkas maak dat jy nooit wil uitklim nie. Die model wat in die Nissan-fabriek in Sunderland, Engeland (angli-land) gebou word, is herontwerp en spog met 'n moderne voorkoms en selfvoldane lyne, soos dit ook hoort. Want hierdie motor het met verkope van ver meer as 2 miljoen reeds sy merk gemaak. Want... Qashqai laat 'n blywende indruk en as die uwe 'n voorspelling mag maak, sal Qashqai in die toekoms onthou word as een van Nissan se grotes. Amper soos oom Tjol. Die binneruim is in die ontwerp so aangepas om meer ruimte te bied vir kop-, skouer- en beenspasie. Ook die bagasieruim is tot 430liter vergroot en as jy die agtersitplekke (60/40) platslaan, het jy 'n allemintige 1585 liter. As jy bestuur, kan jy soos die Springbok van ouds, jou oog op die bal of die pad hou. Op die instrumentepaneel reg voor jou kan jy sien wie jou bel met sogenaamde 'Caller ID', ook watter snit nou op die USB-stokkie of via Bluetooth van jou foon speel. Jy kan die vertoonkleur van die skerm na smaak verander en ook die bestuurgevoel op die stuurwiel van normaal na bietjie meer soos

dié van 'n sportmotor. Dan is daar outomatiese dubbel klimaatbeheer en die ritrekenaar wat presies weet (en vertel) hoe min brandstof jy nou eintlik gebruik. Hier moet die uwe sê het hy Sondagmiddag mooi gery uit die Kaap en in Malmesbury aangekom, was die gemiddelde verbruik van die rit 'n merkwaardige 21,1 km per liter. Jip! Dít is iets om op te teken. Hierdie motor bied ook intelligente sleutellose toegang en aanskakel en slim brandstofbesparede afskakel wanneer jy tot stilstand kom. Ses lugsakke, ABS en EBD asook hulp wanneer jy teen 'n opraend moet wegtrek (sogenaamde Hill Start Assist), 19 duim allooiwiele, outomatiese LED-hoofligte, misligte voor, LED dagligte, outomatiese voorruitveërs, spoedbeheer... en … en... en onder die enjinkap saam met die CVT (konstante veranderlike transmissie) lewer die 1598cc-kragbron 96kW @ 4000 toere en 320Nm @ 1750 toere. En sy prys: R384 400. Dit alles gesê, is dit Qashqai se rygerief en daardie naald wat nogal stadig sak wat jou beïndruk en bybly. Vat die gaping en gaan toetsbestuur Nissan se Qashqai by JB's Nissan op Malmesbury. Jy sal nié spyt wees nie. Tjeers tot die wiele weer rol en ons 'n nuwe gaping slaan.


NUUS • NEWS

8

25 Maart 2015

Lesch kraai koning met Reëlings:

Kobus van Niekerk (voorsitter van Skog) en Gert Conradie (organiseerder) by twee van die sprekers: Izane Leygonie en prof Johan Labuschagne.

Wenner:

Dirk Lesch (regs), het skoonskip gemaak by die kanola-kompetisie. Hier is Sakkie Slabbert (koördineerder) en prof André Agenbach (PNS) by hom. Dirk Lesch van Malmesbury het vanjaar skoonskip gemaak in die Swartland Kanola-kompetisie wat elke jaar deel vorm van die Skogdag op Moorreesburg. Dit is ‘n produksie- en bruto-marge kompetisie vir die kanola-boere van die Swartland geborg deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en die Proteïen Navorsingstigting. Lesch het al drie afdeling in die kompetisie gewen: hoogste opbrengs (2.35t/ha), hoogste opbrengs per mm reën (8.27kg/mm) en beste bruto marge (R5, 431/ha). Sakkie Slabbert, koördineerder van die kompetisie, sê daar was ‘n hernude belangstelling in die kompetisie, vanweë die goeie winste wat kanola in 2012 gegenereer het. Veertien produsente het ingeskryf en almal het dit voltooi. “Gelukkig was die toestande gedurende 2014 baie gunstig en kon die deelnemers hulle kanola tot volwassenheid laat groei en oes.” Slabbert sê die kompetisie is eintlik ‘n voorligtingsaksie om die verbouing van kanola in die Swartland te bevorder. Kanola-verbouing het reeds in 1993 hier begin, met baie hoë opbrengste in 1996. Dit het gelei tot die meer algemene aanplanting van dié gewas. “Sedertdien het die oppervlaktes onder Kanola baie gewissel as gevolg van wisselvallige inkomstes uit die gewas, wat weer beïnvloed is deur die wisselende pryse van Kanola. Na skatting is daar in 2014 ongeveer 22 600ha kanola in die Swartland gesaai. Dit was ‘n toename van ongeveer 7500ha bó 2013. “Dit kan toegeskryf word aan die goeie winste wat

kanola die vorige twee jare behaal het.” Inligting wat gedurende die seisoen ingewin is vir die kompetisie, soos kultivars geplant, plantdatums, plantpopulasie, bewerkingspraktyke toegepas, grondontledings, bemesting toegedien en onkruid- en insektebeheer-praktyke. “Aangesien dit te moeilik is om eweredig deur ‘n land klein blokkies te oes vir ‘n opbrengstebepaling, is besluit om die totale opbrengs van die land te meet. “Hier het ons dus staat gemaak op die deelnemers se integriteit om die are opbrengs te bepaal. Al nadeel is dat die boer met ‘n groot land dalk ‘n laer opbrengs per hektaar kan realiseer as die een met ‘n kleiner land.” Die gemiddelde opbrengs (1,66 tpn/ha) vir 2014 was feitlik dieselfde as 2013 se gemiddeld (1,62t/ha). Opbrengste het wel gewissel van 1,2 tot 2,35 ton per hektaar. Daar was geen definitiewe gebiede waar die opbrengste drasties verskil het van ander nie. 'n Bydrende faktor was die siekte “Sclertinia” wat skielik sy verskyning in feitlik die hele Swartland gemaak het. Oor die algemeen was die koring-opbrengste in die Swartland ook effens laer, van sowat 2,88 ton in 2013 tot ongeveer 2,80 ton in 2014. “Dit kan moontlik toegeskryf word aan ‘n droër en warmer September. Die wisseling in kanola-opbrengste is nog steeds groter as dié van koring, maar dit word kleiner.” Slabbert het ook aangekondig dat dit laaste kanola-kompetisie in die huidige formaat was. “Die kompetisie het sy doel gedien: kanola is nou ‘n bekende gewas en opleiding is gegee. “Ons beplan nou ‘n nuwe kompetisie met aansienlik groter pryse. Dit sal reeds vanjaar begin.” • Dirk Lesch het in 1995 met kanola begin, toe hy en Michiel Smuts (senior) van Grasrug begin soek het na alternatiewe gewasse. “Ek moes baie navraag doen, rondbel en lees. Elsenburg het ook vir my raad gegee. "Die eerste jaar het ek 16 hektaar kanola geplant en die volgende jaar 13 ha. “Ek leer elke jaar nog van kanola – die truuk is om aan te pas by die jaar.” Aan die woord is Dirk Lesch van die plaas Elim, buite Malmesbury. “Maar moenie dink ek weet alles nie – ek bel ook nog om raad te vra!” Dirk beskou kanola eerder as ‘n alternatiewe gewas as ‘n wisselbou gewas, omdat kanola nie die grond verbeter soos ‘n peulplant (medics,klawers en lupine) nie. “Uit die oogpunt van bio-beroking kan dit ook as ‘n wisselbou-gewas beskou word,” sê hy.


NUUS • NEWS

9

25 Maart 2015

Kanola-kompetisie

Gesellig:

Lorenzo Giovanelli, dr Marianne Venter, Lindi Vermeulen en Jan-Harm Barkhuizen van Bio-Cult.

Forum: Die bestuur van die Wesbank Besigheidforum. Voor van links is Geoffrey Coet-

zee (voorsitter), Collin Daniëls (komiteelid), Sammy Jasson (komiteelid), Jacques Swarts (ondervoorsitter) en John Smith (komiteelid). Voor: Willmorie Jasson (sekretaresse).

In gesprek:

Dr Ilse Trautmann en Jackie Jordaan, albei van die Departement

Skogdag kyk na grond Julle boer nie met koring nie, julle boer met grond, het prof Kobus van der Walt verlede week by die jaarlikse Skogdag op Moorreesburg gesê. “Koring is net die produk wat julle verkoop, maar grond is ons kinders en kleinkinders se toekoms.” Grond in al sy fasette was die fokus van die Voorsaaidag van die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep. Prof van der Walt is verbonde aan die Noordwes Universiteit en sy lesing het gegaan oor landbou in ‘n veranderende omgewing. Hy het gekyk na die belangrikste omgewingsgevare wat ons voortbestaan op die planeet bedreig, soos die verlies aan biodiversiteit, omgewingsverwarming en klimaatsverandering, Hy het dit veral gehad oor water wat teen 2023 ‘n groot probleem gaan wees. “As julle dink beurtkrag is erg, wag vir beurtwater!” Hy het landbouers gewaarsku dat daar al meer druk van stedelike gemeenskappe gaan kom vir water. Boere sal moet leer om met min water optimale produksie te lewer. Hierna het dr Johan Labuschagne van die Wes-Kaapse Departement van Landbou gepraat oor die invloed van bewerking en wisselbou op grondkwaliteit op die Langgewens-proefplaas. Hy sê dat daar in die Wes-Kaap ‘n besliste skuif na bewaringslandbou is.

Om in ons landboubylaag te adverteer, kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na admin@ diecourant. co.za.

”Die sukses van bewaringslandbou word bepaal deur die mate waartoe die grond versteur is, wisselbou en stoppel-behoud. “Die toepassing van bewaringslandbou-praktyke lei normaalweg tot beter oeste of weiding. “Die positiewe gevolge is egter nie onmiddellik nie. Die doel is om die effek te meet wat verskillende grade van grondversteuring (tillage), die effek van wisselbou met maksimum behou van stoppel op geselekteerde grondkwaliteitindikatore en gevolglik koring- en kanola-produksie.” Prof Labuschagne se lesing is op agt jaar se navorsing gegrond. Strategiese bewerking binne bewaringslandbou was die onderwerp van Izane Leygonie en Johan van Zyl, albei ook van die Departement. Hulle het onder meer gekyk na die uitwerking van die strategie om geselekteerde grond eenmalig te ploeg. Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat die verskillende bewerkingsmetodes binne die bepaalde proeftydperk nie ‘n definitiewe uitwerking op die chlorofil-inhoud, lig-opname en wortelontwikkeling van koring het nie. Die oes is ook nie merkwaardig beïnvloed nie. Rupert van der Merwe van Probio het die dag afgesluit met ‘n interessante praatjie oor die geheime van grond. Hy het gepraat oor grondkwaliteit, -struktuur en ook –mikrobiologie en die invloed daarvan op volhoubare landbou.

Wesbank sakeforum kyk na sakelui se behoeftes Wesbank Besigheidsforum is besig om krag tot krag te gaan. “Ons het reeds in 2013 ‘n behoefte gesien vir talle ondernemings op Malmesbury en omliggende dorpe wat nie op die oomblik ‘n tuiste by ‘n sakeforum het nie,” het voorsitter Geoffrey Coetzee aan dié courant gesê. “Malmesbury alleen het meer as 300 onderneming en van hulle is minder as 15% by die Sakekamer geaffilieer. “Ons sien ‘n behoefte vir ‘n forum wat ondersteuning en mentorskap kan gee. Ons hoofdoel is om veral kleiner besighede te help groei en ontwikkel. “Ons sal waarskynlik later by 'n groter forum inskakel – op die oomblik oorweeg ons ons opsies.” Die hoof doelwitte van die forum is: • die ontwikkeling en bevordering van ekonomiese bemagtiging in die area, wat nie beperk is tot ras, geslag of geloof nie; • om die gemeenskap te betrek in strategiese, sake en opvoedkundige kwessies in, maar nie beperk tot Wesbank, illingelethu, Abbotsdale en Chatsworth; • stimulasie van entrepreneursvaardighede; • om sake-eenheid en onderlinge verhoudinge in die gemeenskap te bevorder; • om werkskepping te bevorder en te streef na die uitwisseing van armoede in die streek; • voortdurende skakeling met eksterne organisasies om sakeverhoudinge te bou; • deelname op alle vlakke in die streek waar swart sake-ontwikkeling bevorder word;

• bevorder rasse-verhoudinge en alle kwessies wat swart sake-bemagtiging sal bevorder; • ondersoek kwessies wat sake en die gemeenskap beïnvloed. Die volgende vergadering is om 14 April om 19:30 by AG Training in Wesbank. Kontak Geoffrey Coetzee vir meer inligting by 082 717 2197 of geoffrey@acresol.co.za.


NUUS • NEWS

10

25 Maart 2015

Hoop gevier by Kansa se Relay for Life Die naweek se Relay for Cansa op Malmesbury was 'n reuse sukses, met 55 spanne wat ingeskryf het. Die kanker-oorwinnaars het gestyg na 75 en daar was ook baie belangstelling van die publiek. Dolly Marais het die trofee ontvang vir die meeste geld wat ingesamel is: R57 000. Sy kry ook 'n toekenning vir die Mission Delivery in haar tent. Die tweede prys het aan Andries Burger gegaan, wat R45 000 ingebring het. Hy kry ook die trofee vir die Jeugwerker van Relay for Life 2015.

Een van die oorwinnaars, Lorna Adams, en haar span kry die toekenning vir die beste banier. Hulle was die A Team. Brody Warriors het die prys gekry vir die beste spangees. Hulle het twee weke voor die Relay drie spanne ingeskryf vir klein Brody Lategan wat vroeĂŤr die maand met leukemie gediagnoseer is. Hy is nog nie eers twee jaar oud nie. Kansa het tot op datum R250 093.95 ingesamel met die Relay, maar daar is nog geld uitstaande.


NUUS • NEWS

11

25 Maart 2015

Veilig by die huis Veiligheidswenke, veral vir kinders, om by die huis te volg: - Deure moet onder geen omstandighede vir vreemdelinge oopgemaak word nie. - Moenie die deur oopmaak vir iemand wat kos of geld of werk vra nie. - Kleiner kinder maak nie deure oop nie. Misdadigers kan jong kinders maklik mislei of inligting by hulle bekom. - Sleutels word nooit in deure gelos nie, hang die sleutels buite bereik van deure en vensters. - Kry hoë-kwaliteit slotte. Verander slotte as sleutels verlore raak of as jy in ‘n nuwe plek intrek. - Jong kinders moet nie die telefoon antwoord nie, hulle kan mislei word om inligting uit te gee. - Tieners wat alleen by die huis is, moet in die gewoonte kom om deure toe te hou, veral as daar gefliek word of harde musiek gespeel

Hoe gemaak met …

...herfstuine in die Swartland

word. - Maak seker die omgewing is goed belig. - Sluit aan by die buurtwag.

Dates to remember Camphill Country Market Monthly organic food and craft market held at Camphill Village (West Coast). First Sunday of the month, 10:00 – 14:00. Riebeek West Funky Fresh Market Monthly fresh produce and local craft market in Riebeek West. First Saturday of the month, 09:00 to 13:00. Windmeul Farmers Market Monthly farmers market at Windmeul Winery, Paarl. First Saturday of the month, 08:00 to 12:30. Piket-bo-Berg Farmers Market When: Last Saturday of the month Where: Kruistementvlei; Piket-Bo-Berg (4,7km after turn off to Langeberg Afdelingspad). Time: 09:00 to 12:00. Local olive oils, nuts, cheese, meat, fresh samoosas, bread, jams, woodwork, and lots more. Fresh in season fruit & vegetables, herbs and spices.

Inspired by good old fashioned village life this market is a social event of note. Farmers from the area gather to sell some of their freshest produce and finest fare. Visitors and locals join them to buy the good stuff they have on offer and to mingle with visitors and exhibitors and enjoy some healthy conversation. Come join and experience the good life. For more information: Riette Bryant 022 9145652 or www.piket-bo-berg.co.za.

Mill Country Market First Saturday of the month: Hopefield. Contact: 022 723 1528 / 073 100 0357 or info@themerrywidow.co.za. Langebaan: Denlyn Park Craft First Saturday of the month, Langebaan. 082 935 5497. Citrusdal Farmer’s Market First Saturday of the month, 022 921 3210.

Ja, dit is nou amptelik herfs! Die oggende en aande is heelat koeler en die ergste warm dae het ook ‘n bietjie gewyk. Kom ons kyk hoe gemaak in ons herfstuine. Blombolle: As jy nog nie begin plant het nie, is dit nou die tyd om hulle in die grond te kry. Tuinblomme: Begin nou saai en plant – daar is ‘n groot verskeidenheid winter- en lenteplante, soos pronkertjies, bokbaaivygies en namakwalandse madeliefies. Kyk ook na die saadmengsels vir son en skadu, soos die geharde namakwalandse blommengsel. Saailinge: Wintersaailinge wat in ses-pak sakkies kom, raak nou al meer beskikbaar. Gesiggies en violas sal in laat-April beskikbaar wees. Loer dus gereeld by jou kwekery in daarvoor. Deklaag: Moenie vergeet van ‘n goeie deklaag vir jou tuin nie. Dit verhoed die verdamping van kosbare grondvog en beskerm ook die wortels teen uitermatige koue en ryp. Vir ‘n goeie deklaag kan kompos of boombas gebruik word. Dit blok ook die sonlig en so word ongewensde

onkruid beperk. Grasperke: Die groeiseisoen vir grasperke begin nou stadig afneem. Vir blaargroei in jou grasperk, voed dit met 3.2.1 kunsmis of Blade runner. Om jou grasperk sterk te maak vir die wintermaande, voed dit met 3.1.5 of kaliumnitraat-kunsmis. Jy kan begin met voorkomende onkruiddoders om die wintergras te keer; daarvoor gebruik ons Kerb of Lawntyl, wat gespuit moet word. Plant in die regte seisoen: In die winterreën valgebied dink ek die beste tyd om te plant, is in die herfs en vroeë wintermaande (Maart tot Junie). Die weer is meer gematig en die vooruitsig vir lekker reën is altyd daar. Die plante kry ‘n beter kans om hul wortels sterk te vestig voordat die droë, warm weer begin. Onthou, al groei ‘n plant nie sigbaar bo die grond nie, sy wortels bly groei on homself sterk te maak vir die kwaai somer wat voorlê. Groetnis tot 29 April en lekker tuinmaak. George Retief


NUUS • NEWS

12

25 Maart 2015

Kookwater rugby by Porterville sportnaweek gespeel

Clinton Boois van die Hoërskool Dirkie Uys (HDU) neem balbesit.

Jaydon Markus met bal en Clinton Boois regs van HDU in aksie.

Gerrit Bester met bal, Clinton Boois en Stefan Laubscher van HDU.

Eddie Jones van HDU neem 'n duikslag.

Lee Jane Abrahams van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury koes uit die pad.

Robbin Valentyn van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury volg die bal, terwyl Jean-Claud Pietersen ondersteun.

Stefano Gysman van Schoonspruit Sekondêr

Wickus Bronkhorst (links) van PHS gee die bal uit aan Landrick Hendricks.

Wickus Bronkhorst van PHS.

Ruan Brand van PHS.

Jana Janse van Rensburg van Porterville gryp die bal vas.

Johan Haasbroek, Rossouw Burger, Christie Gloyne, Corben Isaacs, Bernard van Deventer en Donnie van Zyl van Porterville span saam om 'n man te stuit.

Benna van der Westhuizen van PHS.

Corben Isaacs, Leighton Hendricks, Reinhardt Wessels, Keanu Patience, Rossouw Burger, Christie Gloyne en Alrich Boois van Porterville wil die bal na die doellyn voer.


NUUS • NEWS

13

25 Maart 2015

'n Polaroid van die Platteland vir Lazelle Lazelle Cronjé is 'n meisie met woorde wat deur haar are bruis! Dié boorling van Namibië het grootgeword in die Swartland en skoolgegaan op Moorreesburg se Laerskool Dirkie Uys en later Hoërskool Piketberg. Sy het grootgeword op Koringberg, dus is haar voete vol Swartland-stof. Sy het pas haar eerste boek, 'Polaroid van die Platteland' uitgegee. "Ek was nog altyd lief vir skryf. Op skool was Engels en Afrikaans my gunsteling vakke en het ek gereeld deelgeneem aan eisteddfods met opstelle en gedigte," sê sy. Haar boek is iets waaraan sy die afgelope vyf jaar werk. "Die gedagte kom al ‘n lang pad saam met my en wat die storie vir my so grypend maak is dat Ruan, die hoofkarakter, pas matriek geskryf het en so baie verantwoordelikhede op homself moet neem om sy ouers te help. "Iets wat ek dink van toepassing is op baie tieners in vandag se lewe. "Soos party tieners wat nie ‘n studente lewe kan ervaar nie, maar eerder moet werk om hul families te ondersteun. Dan bereik jy die finansiële onafhanklikheid en ruk dinge soms vinnig handuit." Sy het deeglike navorsing vir haar boek ge-

doen. "Google en naslaan-boeke word jou beste vriende! Dis ongelooflik hoeveel inligting tot jou beskikking is as jy net bietjie soek. "Die karakters is almal plattelandse mense. Omdat ek so lief is vir my plattelandse dorpie Piketberg was dit maklik om die plaaslewe by die storie te betrek. Om die karakters dan uit die plattelandse omgewing te neem en in die stad te plaas, was ‘n lekker uitdaging en ook humoristies om te sien hoe hulle reageer op die houe wat die stadslewe soms gee," vertel sy. Die publisering van die boek het vir haar soos 'n warrelwind gevoel. "Ek was nog besig om aan die derde hoofstuk te skryf toe ek ‘n advertensie sien wat skrywers aanmoedig om hul manuskripte in te stuur. Ek het ‘n kans gewaag en binne drie dae teruggehoor dat die maatskappy dit wil publiseer. Natuurlik was ek in die wolke!" Lazelle kon nie kans kry om voor die tyd haar harde werk tussen haar vingers te voel nie en het eers die aand van die boekbekendstelling haar eerste gedrukte kopie vasgehou. "Dit was onwerklik. Ek kon nie glo dat my harde werk uiteindelik op papier in my hande was nie. En toe skop die stres in. Gaan mense van die storie hou en gaan hulle aanklank vind by die karakters?" Lazelle verdiep haarself in haar skryfwerk.

"Dit gee my kans om so bietjie van die werklikheid af weg te breek en in my eie “bubble” te kruip. "Dit gee my ook die geleentheid om karakters te skep en hoe meer ek oor hul skryf hoe meer kruip hul in my hart," sê sy. Sy put inspirasie uit alles rondom haar en met haar verbeelding skort daar niks. Haar volgende boek, `Ballerinas in die Badkamer', is reeds halfpad voltooi en sy hoop dat dit die tweede van vele is. 'Polaroïd van die Platteland' is tans beskikbaar by Books Direct SA se webtuiste www. booksdirectsa.com teen R149 en sal ook by die Lambertsbaai Kreeffees en die KKNK te koop aangebied word. • Een gelukkige leser staan 'n kans om 'n eksemplaar van Polaroid van die Platteland te wen. SMS jou naam, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Woensdag 1 April om in aanraking hiervoor te kom. Vraag: In watter land is Lazelle gebore?

Lazelle Cronje by haar boekbekendstelling, besig om een van die eksemplare vir dié courant te onderteken.

Oefen: Die

o.16-rugbyspan van Wesbank Sekondêr op Malmesbury is hard aan die oefen en gaan eersdaags aan 'n oefenkamp deelneem. Hier is die span saam met die afrigters en borge en skoolhoof, Reginald Kortje (derde van regs voor).

Schoonspruit: Die

o.19A-rugbyspan van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury toer in die komende vakansie na Johannesburg waar hulle die negende jaar aan die jaarlikse St Stithians Sportfees gaan deelneem.

Besighede pak mekaar op die netbalbaan

Die Malmesbury Netbalklub se besighede-toernooi het Maandagaand begin met groot aksie. Bo is Sakkie Rumboll en Chris de Jager in 'n tweestryd gewikkel. Regs bo is Micaela Martin en Gideon James. Regs is Wilna Louw en Hes-Maré Duminy.


NUUS • NEWS

14

25 Maart 2015

Nog takke in die stal...

Piketbergtak:

Denzil Swarts, Brain Christiaans, Thomas Moses, Johan Streiger, Hendrie van Niekerk, Kalla Ligthart, Charmaine Fourie, Adriaan Coetzee, Olivia Abrahams en Lanie van Wyk.

Citrusdal-tak:

Pieter Fortuin, Mannetjies Conradie, John Brooks, Tommy Hickman, Sanett Burger, Cor Alberts. In die middel is Lizette Van Zyl en Gertjie Barnies. Voor is Adolph Rosenleft, Ampie Douries, Maryna Smith, Annelie Truter en Eugene Hendriks.


NUUS • NEWS

15

25 Maart 2015

Perdeberg Motor Groep onder nuwe bestuur

Perdeberg Motors op Malmesbury is van 1 Maart onder nuwe bestuur – die transaksie is verlede week gefinaliseer. Die groep sluit in Malmesbury, Piketberg en Sitrus Motors, met John Trollip as besturende direkteur. “Ons neem die huidige personeel oor en met ons groeiplanne sal daar geleenthede vir groei binne die maatskappy wees. Francois du Toit neem oor as die algemene verkoopsbestuur-

Admin:

der,” het Trollip aan dié courant. Trollip sê hulle het toegang tot ‘n groot verskeidenheid gebruikte voertuie: “Só, laat weet ons van enige spesifieke gebruikte voertuig wat u soek en ons sal dit vind.” Hulle het ‘n nuwe webblad wat oor vier weke die lig sien. “Ons het ‘n hele paar interessante projekte waarmee ons besig is wat die doeltreffendheid en ons diens aan ons kliënte verder gaan verbeter.”

Elna Steyn, René Slabber, Reneé Cupido, Mariette Janse van Rensburg. Voor is Mia Saayman en Fayrooz Kasu.

Regs:

Trollip.

Die nuwe handelaarshoof, John

Onder: Bernard Africa, Arend Solomons,

Jan Steenkamp, Cathy Hempel, Francois Coetzee, Francois Du Toit (verkoopsbestuurder), Rikus Meissenheimer en Janet Wiid.

Werkswinkel: Katrina Ockhuis, Randall Conrad, Saul Dirks, Ernest Zass, Henk Gerber, Cor Louw. Voor is

Louis Havenga, Laurica April, Delycia April, Francis Daniels, Clemence Heart, Albertus De Kock, Danie Du Preez en Nico Maarman.


NUUS • NEWS

16

25 Maart 2015

Dagboek • Calender

Malmesbury GPF 26 Maart - Gemeenskap Polisie Forum vergadering om 19:0 by Bloues Klubhuis. Forumvergadering 27 Maart - Swartland Sosiale Ontwikkelingsforum nooi Moorreesburg se gemeenskap na die bekendstelling van die forum wat plaasvind van 10:00 tot 13:00 in die stadsaal. Die forum kyk na verbeterde lewenskwaliteit vir die Swartland gemeenskappe deur middel van volhoubare verhoudinge. Vir enige navrae kontak Arita Krieling by 022 482 3669 of 022 482 2934 of Marguerite Holtzhausen by 082 8287813 of 022 487 9400. Christelike Afhanklikheidsdiens 27 Maart – CAD, 19:00-18:00 by die AGS Corpus Christi. Enigeen welkom. Malmesbury Museum mark 28 Maart - Kom drink moerkoffie en eet 'n pannekoek onder die boom terwyl jy vars produkte en mooigoed in jou mandjie pak. Roosterkoek, ingemaakte produkte, beskuit, sagte meubilering, juwele, voorskote, hekelwerk, kaartjies, en vele meer. Kontak Christine by 022 482 2332 of 082 961 6181 vir inligting en bespreking. Kleuter -atletiek 28 Maart - Veeldoelige sentrum, IlingeLethu, 08:00. Hekfooi R10 (kinders R5, motors R10). Kontak M Brink, 022 486 4006/074 311 7106. Groeneweide basaar 28 Maart - basaar om 11:00 by ouetehuis, Darling. Tuisgebak ens te koop. Navrae: 022 492 2665. Spore oppie Sand 28 Maart - Rooies tree op by die Plaasmol, Hopefield. Plaasdiere, snoek & patat, musiek en stalletjies. Toegang: R25 (skoolkinders R10, voorskool gratis). Kontak 074 924 8478. Bootsale/Markdag op Moorreesburg 28 Maart - Bootsale/Markdag op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Navrae: Annalize of Hermien by 022 433 1072. Youth Bash 29 March – The Youth Group AGS Wesbank

from 2001 is hosting a youth bash at 17:00. Are you looking for a fresh start, a new beginning, or a fresh anointing, come and see what God has in store for you. It is held at the church and entrance is free. Basaar 28-29 March - NG Kerk Moorreesburg, gesinsbasaar CD-vrystelling: Francois en Wilana Henn 30 Maart - Om 18:30 pm in die Malmesbury Landbousaal (langs CPM). Laat weet of julle teenwoordig sal wees. Besoek julle webtuiste www.relevantmusiek.com asook die Facebookblad (vind hulle onder die naam Relevant) en "like" hulle om sodoende kontak te hou. Kontak Francois: 083 556 3819 of whenn@ me.com Basaar 4 April – Yzerfontein. Kontaknommer is 022 451 2668 Riebeek Valley Sports Tournament 5 - 8 April - Annual sports tourmament hosted by Riebeek Kasteel Primary School. Ian Erasmus 022 448 1228 Imagine Jeugsaamtrek 10-12 April - Interkerklike Jeug Lofprysing en Aanbidding Naweek; Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller on 028 424 2890 / esther@agrimega.co.za.

Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00) PPK Bethesda Malmesbury 29 Maart - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Sondagskool om 08:30. Kerk weeksdae van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Selgroepe Woensdag om 19:30 en Bybelstudie Donderdae om 19:30. Navrae: 083 722 7787.

Sokker wys uniekheid Donderdag, warm en drukkend: nog ‘n historiese oomblik in ons nuwe, demokratiese gemeenskap. Die eerste keer wat sokkerspanne van Laerskool Riebeek-Wes te staan kom teen Naphakade Primêr van Ilingelethu. “Ons het die uitnodiging twee weke terug gekry,” vertel Colin Julius, die skoolhoof. “Ons gaan sokker van 2016 as ‘n sportkode aanbied, maar dié uitnodiging kon ons nie laat verbygaan nie.” Sokkerafrigter Charl Jacobs het onmiddellik drie spanne bymekaar gesit: seuns 13 en 15 en meisies 15. Die energieke Jacobs is soos ‘n warrelwind op en af langs die veld. “Ons seuns speel nog in rugbytruie, wat baie swaar is. Die meisies het darem al truie.” Hy swyg oor die toks en beenskutte wat oor en weer geleen moet word. Randell Pietersen van die MOD-sentrum by Naphakade is verantwoordelik vir die seunspan-

ne, terwyl Nombongo Julia Sogwagwa die meisies afrig. Die meisies wen 4-0. Daar is nie veel belangstelling van die publiek nie, maar dié wat daar is, is vol entoesiasme. Die seuns 13 het ‘n harde wedstryd, met Riebeek wat op ‘n stadium gelykop is met 2 doele elk. Maar ervaring wen die dag en die tuisspan seëvier met 7-2. Die meisies speel effens korter en dit is gou duidelik dat die besoekers moeg is. Van die kantlyn is Nkaphade se afrigter, in tradisionele drag uitgevat, besig om haar span in Xhosa aan te moedig en raad te gee. ‘n Paar tree verder spreek Jacobs luidkeels sy span in Afrikaans aan. En op die veld… daar word natuurlik Engels gepraat! “Hierdie is ‘n fantastiese dag en beslis nie die laaste nie,” was die algemene gevoel.

Darling Museum Victorian Garden Party 11 April - Come and experience a typical Victorian Garden Party. Bring your family and enjoy an afternoon in beautiful surroundings with a top class farm style buffet, live music and refreshments. Stand a chance to win a prize for the best dressed picnic goer. Jacaranda House, 9 Station Road, Darling. 16:00 for 16:30. R140 pp covers food and a complimentary glass of wine. Contact Dianne on 022 492 3361. Namaqua-Weskus Expo 29-30 Mei – Landbou-, Verbruikers- en Sport Ekspo; 09:00-17:00; Vredendal Sportterrein. Navrae: Pikkie Louw by 082 566 5880 / pikkie@agrimega.co.za.

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za geepos word.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 29 Maart - Om 09:30 preek pastoor Piet Smit oor martelaarskap. Die aand om 18:30 is Roderick Onverwacht daar. Navrae: 073 447 2902.

Sokkerkuns: Bo is dit die Seuns 13 wat mekaar aanvat en onder die Meisies 15. Naphakade wen albei wedstryde, die seuns 7-2 en die meisies 4-0.

hieroor by 022 482 4640. Sien weer op 5 April om 09:30 by Hoërskool Swartland. Navrae by 022 482 4640.

Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Almal word genooi: Sondagskool om 09:00, Jeug Vrydae om 08:00, Aanbidding Donderdae om 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel by 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Navrae: Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498.

PPK Bethesda Porterville 29 Maart - Br Gert Rossouw lei die diens om 10:00. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.

Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:15 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.

Shofar Malmesbury 29 Maart - Daar sal geen diens wees by Hoërskool Swartland nie, maar wel by Tierfontein waar Shofar ‘n uitreik-feesvierdag het. Kontak die kantoor vir meer inligting

House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Tomas Laerskool. in Wesbank. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com of pastoo Ken Pattison by 083 498 2990.

Rolbal wag geduldig Saterdag het Malmesbury hulle laaste liga bepaling nagekom in die skadu van die tans veelbesproke Cecil John Rhodes standbeeld op die Ikey kampus, deur in ‘n taai wedstryd teen Mowbray 9 elk gelykop te speel. Veral die eerste stel was ‘n riller vir al drie die spanne, en daar is gaan tee drink met 4 punte in die sakkie. Peter Hall, Louis Swart, Martin Louw en Pieter Willemse speel gelykop 11 elk, maar die tweede stel wurg hulle erg en verloor 8-11, en dus die wedstryd 1-5. Terry Shimmin, Ron Sheridan, Robin Deyzel en Ivan Dicks speel 7 elk gelykop en veg terug van 2-4 in die tweede stel om 7-4 te wen, nadat hulle 3 skote op die laaste skof optel en dus 5-1 wen. Die span, wat ongeveer die hele seisoen onveranderd was, eindig dus onoorwonne. Die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Gert Adams en Koos Muller wen die eer-

ste skof 10-9, en verloor die tweede 7-12, nadat hulle teen die verloop van spel 3 en 5 skote afstaan op die laaste twee skofte. Gelukkig wen hulle die ontknopingskof en speel dus gelykop 3 elk. Maar nou vir die tergende wag op die ander spanne se uitslae eerskomende Saterdag. Altesaam 3 spanne het 70,5 punte, 11 agter Malmesbury se 81,5. So die hoop is nou gevestig op ‘n mooi glimlag van die geluksgodin om bo-aan of tweede op die punteleer te eindig en dan op te skuif na die 2de liga toe. Intussen is die enkelspel kampioenskappe reeds ver gevorder, met reeds ‘n paar verrassings wat opgeduik het. Die boonste agt spelers dring uiteindelik deur na die kwarteindrondtes op 23 April, met 21 April as afsnydatum.


NUUS • NEWS

17

25 Maart 2015

Stap: Die ACVV Speelkasteel op Malmesbury het Donder-

dag hul jaarlikse pretloop aangebied. Bo laat waai die ouers en hul spruite van die skool.

Regatta: Die Universiteit-regattaspanne van die land het die naweek op die Misverstanddam kragte gemeet en sake uitgespook op die water.

Bote:

Saterdag het die bote groot amok gemaak op die water van Yzerfontein in die jaarlikse Trans-Agulhas-resies. Foto: Wesley Kleinhans

Rugby:

Die Wesbank rugbyklub het Vrydag teen die Akademiespan van die Boland gespeel en met 17-24 verloor. Foto: David Howburgh


NUUS • NEWS

18

25 Maart 2015

Adverteer?! Skakel 022 487 3221

Kontak ons gerus om hier te adverteer by 022 487 3221


NUUS • NEWS 25 Maart 2015 Dienste Services

19

------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bank aflosse. Kontak 083 464 6960.

Sterfgevalle Obituary

HENNRIETTA GOLIATH (HETTIE)

#2007

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za #2000

------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas.

Betrekking Vacancy

BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an Agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call RonĂŠl Simon (071 361 7670 #2012

Memoriam In loving memory

#2002

------------------------Just 4 Fun Balloons (Malmesbury). Helium Balloons & Balloon DĂŠcor. Kontak Annemie by 082 565 3722 #2016

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005

Te Huur To Let Ruim 3-slaapkamer woonstel in Malmesbury te huur @ R4320,00 per maand. Kontak mev Dawson – 022 482 1101 vir aansoekvorm #2040

------------------------TITUS EIENDOMME – Wesbank – Ruim 2 slaapkamer huis met oopplan sit/eet/ kombuis. Volledige badkamer, waskamer, motorhuis,Veilig omhein met hekke & vibracrete. Diefwering. Groot erf in goeie area. Beskikbaar 1 April 2015 @ R5300 p/m. Skakel 082 780 1380 #2014

Te Koop For Sale DEFY double door fridge/freezer – R1000. Contact 082 925 5895 #2037

Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom.#2006

prestasierekord oor drie generasies. Net soos ons stigter, glo ons dat ons sukses grootliks aan ons voortgesette inisiatief, innoverende mense en onwrikbare spangees

18.04.1950 – 21.03.2015 (Oorlede) Roudiens – Donderdag, 26 Maart 2015 om 19:00 te St Thomas Anglikaanse Kerk. Begrafnis : Saterdag, 28 Maart 2015. Besigtiging : 07:30 tot 08:30 (Kerk). Kerkdiens om 08:30 #2041

-------------------------

#2001

------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554.

By Swartland Groep en sy filiaalmaatskappye, strek ons

JODY JANE STRINGER Raai wie is 2 jr oud vandag – 24 Maart 2013. Dit is jou 2de verjaarsdag weg van ons. Soos die dae en jare verby snel sal die geliefde herinneringe vir altyd in ons harte voortleef. Die gemis is groot en wens dat jy nog steeds hier by ons is. Liefde : van Oumas en Oupas – Abrahams Gesin & Stringer Familie. #2038

toegeskryf kan word. Ons is weereens besig om uit te brei en met die fokus op ware vaardigheidsverryking, wil ons graag die volgende posisie vul.

TOESIGHOUER

Swartland Boudienste, Moorreesburg Die posbekleÍr sal eerstens vir toesighouding oor die span en prosesse in lyn met gedokumenteerde standaarde en prosedures verantwoordelik wees. Die suksesvolle kandidaat sal verder ’n diensen ondersteuningsfunksie aan die Produksievoorman lewer, om as lid van die span wêreldklasvervaardigingsbeginsels te bevorder. Ons ideale kandidaat beskik dus oor: • ’n Graad 12-kwalifikasie • Suid Afrikaanse burgerskap met ’n geldige ID • leierskapkwaliteite met ’n kreatiewe, innoverende en proaktiewe benadering tot probleemoplossing • werkende kennis en ondervinding van die MS Office-pakket (Excel en Outlook) en SYSPRO • Kennis en goeie ondervinding van die beginsels van wêreldklasvervaardiging • goeie kennis van produkvloei • selfgemotiveerdheid en hardwerkendheid • bereidwilligheid om in lyn met produksiebehoeftes, ongereelde ure, openbare vakansiedae en naweke te werk. In ruil vir jou bedrae bied ons ’n markverwante vergoedingspakket wat ’n salaris en voordele ingevolge die goedgekeurde loonskedule insluit, asook ’n bonus wat op meriete gebaseer is. Om aansoek te doen, stuur jou CV na personeel@swartland.co.za met duidelike vermelding van die posisie waarvoor aansoek gedoen word, jou kennisgewingsperiode, huidige vergoeding, asook jou verwagte vergoedingspakket. Sluitingsdatum: 31 Maart 2015 Kandidate op die kortlys moet bereid wees om, waar nodig, aan psigometriese evaluasies/toetse onderwerp te word. Aansoekers wat nie die voorgekrewe prosedure gevolg het nie, sal nie oorweeg word nie.Indien jy 30 dae na die sluitingsdatum nog nie van ons gehoor het nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was. 122458COURANT

BELANGRIKE KENNISGEWING DIE DEPARTEMENT VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID NOOI GODSDIENSTIGE ORGANISASIES UIT OM AANSOEK TE DOEN OM BEFONDSING VIR VEILIGHEIDSBEVORDERINGSPROGRAMME VIR DIE JEUG TYDENS DIE JUNIE- EN DESEMBER-SKOOLVAKANSIES Die Departement van Gemeenskapsveiligheid nooi godsdienstige organisasies (geregistreerde OSW’s) uit om voorstelle in te dien vir veiligheidsbevorderingsprogramme vir jeug wat in gebiede met hoĂŤ misdaadsyfers woon. Die Department onderneem om hierdie aktiwiteite te ondersteun teen ’n tarief van tot R50 per dag per deelnemer. Die enigste voorwaarde is dat hierdie aktiwiteite ten minste 8 uur per programdag in beslag moet neem en ten minste een maaltyd moet elke programdag aan elke deelnemer voorsien word. Aansoeke moet op die voorgeskrewe aansoekvorm ingedien word en vergesel word van ’n PowerPointDDQELHGLQJ PDNVLPXP VN\´HV +LHUGLH DDQELHGLQJ PRHW MRX RUJDQLVDVLH V\ SUHVWDVLHV WRW GXVYHU LQ JHPHHQVNDSVYHLOLJKHLG GLH SURJUDP ZDW M\ EHSODQ SURJUDPGRHOZLWWH ­Q EHJURWLQJ HQ ­Q gedetaileerde skedule van voorgestelde aktiwiteite bekendstel. Aansoekers moet hul voorstelle voorlĂŞ by ’n Departementele Evalueringspaneel-vergadering. Die Departement mag versoek dat aansoekers deelneem aan verdere veiligheidsbevorderingsaktiwiteite. Organisasies wat daarin belangstel om veiligheidsbevorderingsaktiwiteite te fasiliteer tydens die Junie- en Desembervakansies moet ’n aparte aansoek voltooi op die voorgeskrewe vorm vir elke tydperk. Aansoeke word ingewag vir die volgende: ‡ -XQLH VNRROYDNDQVLH -XQLH ¨ -XOLH ‡ 'HVHPEHU VNRROYDNDQVLH 'HVHPEHU ¨ -DQXDULH Aansoekvorms kan afgelaai word by: http://www.westerncape.gov.za/dept/community-safety. 'LH SURJUDP ZRUG JHwPSOHPHQWHHU LQ KRs SULRULWHLW JHPHHQVNDSSH +LHUGLH JHELHGH LV 1\DQJD *XJXOHWKX .KD\HOLWVKD 0LWFKHOOV 3ODLQ $WODQWLV (OVLHVULYLHU .UDDLIRQWHLQ 0DQHQEHUJ %HOKDU 5DYHQVPHDG :HVEDQN 'HOIW 5HWUHDW '\VVHOVGRUS 9UHGHQEXUJ 0DOPHVEXU\ 9LOOLHUVGRUS 3DDUO 2RVW =ZHOHWKHPED LQ :RUFHVWHU 'H 'RRUQV 7RXZVULYLHU /DLQJVEXUJ 3ULQV $OEHUW +HUPDQXV .OHLQPRQG 6WDQIRUG +HLGHOEHUJ $OEHUWLQLD 5LYHUVGDOH &ODQZLOOLDP &LWUXVGDO 3DDUO 2RVW 6PDUWLH 7RZQ HQ &KLFDJR 6WHOOHQERVFK 0DFDVVDU 6WUDQG HQ /ZDQGOH 1RP]DPR $DQVRHNH YLU YHLOLJKHLGVSURJUDPPH YLU MHXJ ZDW LQ DQGHU JHELHGH ZRRQ VDO RS PHULHWH EHRRUGHHO ZRUG Aansoeke vir befondsing vir die Junie-skoolvakansie moet nie later as Dinsdag 15 April 2015 ingedien word nie. Aansoeke vir die Desember/Januarie-vakansie moet nie later as 31 Julie 2015 ingedien word nie. Tree asseblief in verbinding met Amelia Pieterse by 021 483 3971 of Amelia.Pieterse@westerncape.gov.za indien u enige navrae het.

12047M/A


courant

NUUS • NEWS

25 Maart 2015

SPORT

dié

20

tel 022 487 3221

25 Maart 2015

• rabie-span eindig 6de

Johann, Fietie tem epiese Epic

Dit was hard en swaar, maar volgende jaar is hy weer daar. Só het Johann Rabe (links) van Malmesbury aan dié courant vertel na sy uitstekende vertoning by die pas afgelope Cape Epic Bergfietswedren. Rabe en sy spanmaat, Gawie Combrinck, het as Span EAI die afstand van 748km in 32:14.49,9 afgelê. Hulle gemiddelde spoed was 23.2km/u. Hulle het ook 16000m geklim in die rit. Johann sê hulle doel was om onder die top tien jaers te eindig en derde in die Afrika- been. “Ons het dit dubbel en dwars bereik: ons was algeheel sesde en tweede onder die Afrikaryers.” Veral die laaste dag was ‘n hoogtepunt, toe hulle tyd opgemaak en hulle posisie verbeter het van 7de na algeheel sesde en van 3de na naaswenner in die Afrika-been. Alles het nie heeltyd glad verloop nie: Johann het sy rug op dag een seergemaak, maar dit het hom nie gekeer om voort te gaan nie. In nog ‘n skof het hulle heelwat tyd verloor as gevolg van ‘n pap wiel.

“Ons het nie ‘n ondersteuningspan op die pad gehad nie, maar wel werktuigkundiges, fisioterapeute ensovoorts wat in die aande kon help.” Dit is Johan se tweede Epic. Verlede jaar het hulle as 'n ondersteuningspan deelgeneem, wat baie minder druk op die ryers is. Johann se volgende wedren is ‘n 900km oor nege dae tussen Johannesburg en die Suidkus. • Fietie Rocher (regs) van Moorreesburg het as individuele deelnemer klaargemaak in ‘n tyd van 54:48.41,5 (13.65km/h). Hy was 201ste oor die eindstreep. Fietie en Niel O’Connell het ingeskryf as Span Nulandis, maar O’Connell kon dit nie voltooi nie. • Nog ‘n plaaslike span was Kobus Duminy en Johannes Human van span Boshoff/Visser. Hulle het 240ste in die mansafdeling geëindig, 468ste algeheel. Hulle tyd was 57:26.36,6 • Span Darling Brew het bestaan uit Leon Jacobs en Jakobus van der Poel. Hulle het 104de in die Meesters-afdeling en 337 algeheel geëindig in ‘n tyd van 51:44.56,7.

Sportuitslae Sports results

Krieket: AW Steyn (bo) en Erwin

Meyer (regs) van die Laerskool Swartland op Malmesbury is altwee lede van die Wes-Boland o.11-krieketspan. Dié span het teen die span van Suid-Boland te staan gekom.

Plat:

Die Bloues rugbyklub op Malmesbury het Saterdag deelgeneem aan Red Corners RVK se Menseregtedag-kragmeting. Bloues het teen Morning Stars gespeel en hard gewerk vir hul oorwinning. Raymond Jennings storm bo oor 'n speler wat hom wou stuit.

Gholf Malmesbury Rola Sundowner: Woensdag 18 Maart Enkel Stableford Peter Pretorius 22, Marius O'Kennedy 21, Kwas du Toit 21,Piet Kemp 19, Hein Stephan 19. Vrydag Sundowner: 20 Maart Enkel Stableford Dirk Malan 22, Jewan Landman 21, Nic Goosen 20, Ewald Liedeman 19, Neels Welman 19. Saterdag 21 Maart Beterbal Houespel J van Dyk & A Schreuder 59, K Vermeulen & H Mentz 59, E vd Vyver & H Viljoen 62, C vd Heever & R Muiyser 64, E Lingeveldt (snr) & E Liedeman 65, A de Reuk & C Behm 65, U Greffrath & K Myburgh 66, JB van Wyk & F de Beer 66.

COOL 44

R

Southern Comfort Lime & Soda Spirit Cooler Non-returnable Bottles 4 x 275ml

89

R

Castle Lite Non-returnable Bottles 12 x 340ml

139 R109 R149 R159 R150

R

KWV 5-year-old Superior Brandy 750ml

PRICES VALID 26 - 29 MARCH 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Strawberry Lips Strawberry or La Pêche Peaches & Cream Liqueur 750ml Each

Barcardi Superior Rum 750ml

The Famous Grouse Whisky 750ml

Multiply members earn up to 10x your points when shopping at Pick n Pay. To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiply. Terms and conditions apply.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Bell’s Extra Special Whisky 750ml

1192026_100 x 260_REV

SUMMER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.