die courant 28 September 2011 143

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 143

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

28 September 2011

hugenotestraat 11, malmesbur y

Malmesbury Skou het belangstelling gaande Alle paaie lei hierdie naweek na die Swartland, waar die Malmesbury Skou met onder andere ‘n rodeo-vertoning baie mense sal lok (‘n eerste vir die Wes-Kaap), ritte te perd, trekker of wa vir die bewusmaking van borskanker buite Philadelphia en die Shiraz- en Kunstefees in die Riebeek-Vallei plaasvind. By die Shiraz- en Kunstefees kan besoekers ‘n groot verskeidenheid kuns en talent eie aan die Vallei geniet. Die Vallei se gewilde wyne word te proe

aangebied en restaurante sal verskillende spyskaarte wat deur wyne geïnspireer is, voorsit. Werke van plaaslike kunstenaars en Corne Weideman sal ten toon gestel en op ‘n veiling verkoop word. Vir meer inligting, kontak die toerismekantoor by 022 4481 213. By die Malmesbury Skou word nie net stalletjies, lekkernye en kindervermaak met ‘n verskeidenheid ‘water slides’ en ‘n

Fokus op Shiraz-fees

LINKS: Die skougronde is druk aan die regmaak vir die naweek se gebeure. BO: ‘n Kampioen-perd van een van die eerste skoue.

Shiraz-fees lok talle na Riebeek

meganiese bul aangebied nie; die perdeen beesvertonings beloof gehalte uit die boonste rakke. Môre vind die Boland SA Angus-klubkampioenskappe plaas en Saterdagoggend 09:00 vind die Interras Vleisbeeskampioenskappe plaas. Dis nog nie te laat om in te skryf vir die Landbougenootskap se perde-pretrit vanaf 09:00 by die skougronde op Malmesbury nie. Die koste is R50 per persoon en sluit

Nuwe lykshuis geopen

deelname aan die pretrit, asook versnaperinge by die halfpadmerk in. Bring u eie perd of perdekar en kom geniet die Swartland op ‘n heel nuwe manier! Skakel Radie Heyns (083 453 7651) of Johan Loubser (082 567 8068) oor die perderit. Vir inligting oor die borskanker bewusmakingsritte, skakel Magdarice Smuts by 079 525 3510.

courant bereik 1.5 miljoen


2

die courant

28 September 2011

courant hoofartikel

Die Malmesbury Landbouvereniging het Maandagaand hul jaarvergadering in die KaapAgri-saal gehou. Die skaap- en koringstudiegroepe het hul jaarverslae voorgehou en nuwe studiegroepe vir volgende jaar is aangewys. Die hoofspreker was Sean Walsh, nuwe uitvoerende direkteur van KaapAgri. Op die foto is Uys van der Westhuijzen (voorsitter), Llewellyn Louw, Sean Walsh, AJ Louw en Erna Theart (sekretaresse).

Swartland vier die lente en hou fees

Die son het sy eerste paar somerstrale die afgelope week gewys en die Swartland is op sy mooiste met die golwe groen graan, wat weliswaar nog bietjie goeie reën nodig het voor oestyd, op ‘n galop. Die streek is reeds sedert vroeg in September in ‘n feestelike bui met die Swartland Skou op Moorreesburg en die Blomskoue op Darling wat weer duisende besoekers gelok het. Vandeesweek is dit Malmesbury en Riebeek se beurt met die Malmesbury Skou en Shiraz-enKunsfees wat beide beloof om weer baie gewild te wees. Soos dit weer merkbaar was op Moorreesburg en Darling, is dit goed om te sien dat daar nog soveel mense in ons streek is wat bereid is om te werk vir hulle gemeenskap. Al is dit grotendeels dieselfde ou strydrosse, word die werk gedoen met oorgawe. ‘n Skou is immers ‘n ware gemeenskapsfees wat daarop gemik is om die streek en sy mense te dien. Mag jul harde werk dié naweek beloon word met sukses in oorvloed.

Stem vir die mooiste van die mooies en WEN

Môre-aand word die Mej. Malmesbury Skou aangewys en dis nou jou kans om ook hierin deel te hê. Voorspel wie die kroon gaan dra en sms jou naam en haar naam na 084 8333 813 voor

môre 15:00. Twee gelukkige wenners wat die koningin reg aandui, sal elk ‘n geskenkbewys vir ‘n hoofgereg by die Malmesbury Spur wen.

Kontak die courant gerus by tel 022 487 3221; faks 086 699 6276; e-pos admin@diecourant.co.za; www. diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur Dr. Andrew Bosman

Niemand deur die wet geregverdig nie

Die brief aan die Galasiërs toon ‘n duidelike verskil tussen die vleeslikheid van die mens teenoor die Gees. Die wandel in die vlees het nie veel ondervinding nodig nie, die natuur van die mens kom gou na vore in ons optrede. Om te wandel deur die Gees soos wat die Woord van God ons leer, is ‘n ander saak. Dit is ‘n nuwe ervaring wat deur die geloof gelewe word. Die geloof staan dus ook teenoor die wet. Die vraag word aan die Galasiërs gevra wie hulle dan betower het om aan die waarheid nie meer gehoorsaam te wees nie. Hulle het immers die Heilige Gees nie ontvang uit die werke van die wet nie, maar deur die geloof. Dit is hoe ons kinders van Abraham word, deur die geloof en nie die werke nie. Abraham het in God geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken. God het ook aan hom gesê dat in hom al die volke van die aarde geseën sal word. Dit is deur die geloof in Christus Jesus dat ons kinders van God word, en so die nageslag van Abraham en erfgename volgens die belofte.

Melanie Auret

Lucy van Staden

Robyn Newby

Magdaleen Lesch

Diané van Wyk

Kirsty Goliath

Lizel Spangenberg

Gina Leysens

Zandré Hugo

Minké Swart

Belinda Schworke

Michelle Smith

Petra Jonker

Elreza Smit

Esté Nel


28 September 2011

courant nuus

Streek se nuwe lykshuis geopen

Forensiese sentrum nou op Malmesbury ‘n Splinternuwe forensiese patologie laborato- al die aandag getrek. Daar is slegs drie sulke voerrium (in die volksmond ‘n lykshuis) is Vrydag op tuie in die Kaapprovinsie (Paarl, Kaapse Metrodie hospitaalterrein van Malmesbury geopen. Dié langverwagte, groter fasiliteit bied welkome verligting, nadat die bestaande geriewe op die terrein van die Moorreesburg polisiekantoor heeltemal onvoldoende geraak het. Met die opening Vrydag, het die minister van Gesondheid in die Wes-Kaap, Theuns Botha, aangedui dat hierdie fasiliteit se geriewe dienste sal bied aan die hele Swartland, en ook aan die gemeenskappe van Elands- BO: Minister Theuns Botha, burgemeester Tijmen baai, Redelinghuys en Kovan Essen, professor Craig Househam (departementringberg. Ander lokale van dié aard shoof) en Lucienne Witbooi by die opening van die in die nabye omgewing is laboratorium. Paarl, Stellenbosch, Vredenpool en die Suid-Kaap) en word slegs vir groot burg en Vredendal. Teen ‘n koste van feitlik R15 miljoen, bied ongelukke met veelvuldige sterftes gebruik, soos hierdie sentrum meer geskikte kantoorruimte die onlangse busramp in die Suid-Kaap. “Teen ongeveer R700 000 is dit die voertuig aan die personeel, asook verbeterde wagkamers vir die publiek en lede van die polisie, verbeterde waarmee liggame baie meer menswaardig betegnologiese toerusting en ‘n groter outopsie- handel en vervoer kan word. Verbeterde elekarea, bergruimte vir 50 liggame, privaat ruimtes tronika is dié kenmerk van die voertuig – dit het waar familielede hul geliefdes kan identifiseer en selfs ‘n hyser vir die oplig van die liggame,” het ‘n groot voordeel is ook dat die laboratorium- en Jacobus van Zyl, bestuurder van die Paarl-tak, die mediese personeel nou almal op dieselfde verduidelik. Die forensiese patologie-diens word deur die terrein kan werk. Botha het aangedui dat hy en sy departement wet verplig om alle onnatuurlike en onverwagte baie trots is op hierdie fasiliteit. “Hoewel ons eer- sterftes te ondersoek. Dit sluit in die ondersoek van die sterf-toneel, der daarop wil fokus om mense uit hierdie fasiliteit en lewend te hou, kan ek nie anders as om my die inwin van bewyse, ondersteuning aan die gelukwense oor te dra aan al die rolspelers met SAPD, outopsies en nadoodse ondersoeke, die veilige bewaring van alle inligting en die lewer die oprig en benutting van hierdie gebou nie.” Ter afronding is die voertuie waarmee lig- van getuienis in die hof. Dié kantoor sal ook beskikbaar wees vir die game na hierdie laboratorium aangery word, ook opleiding van patologie-studente en vir navorvir besigtiging oopgestel. Die ongeluksvoertuig waarmee tot 23 liggame singsdoeleindes. • Tel: 022 4822620/Faks: 022 4822185/Na-ure: teen -25 grade Celsius vervoer kan word en selfs ‘n klein administratiewe kantoor huisves, het ver- 078 175 3904. Die vorige fasiliteitsbestuurder van die patologielaboratorium op Moorreesburg en sedert vroeg vanjaar ook die bestuurder op Malmesbury, Aldrid Witbooi, is op 12 Maart vanjaar oorlede op pad na sy werk op Malmesbury. Tydens die amptelike opening Vrydag, het die minister van gesondheid in die Wes-Kaap, Theuns Botha, blomme aan Witbooi se vrou, Desiree en drie kinders oorhandig. Witbooi se as is ook gebêre in die tuin aangrensend tot die nuwe laboratorium

in erkenning vir sy ywer en entoesiasme oor dié nuwe fasiliteit, waarin hy net ‘n paar weke gewerk het. Die tuin is ontwerp en aangelê deur dr. Wim Beukes, ‘n vorige geneesheer by die Swartland-hospitaal.

die courant

3


4

die courant

28 September 2011

courant courant nuus nuus

Skoustories van toeka met Johan Loubser

Johan Loubser, een van die “Klein Dagen Naggies,” het met die courant gesels oor skoue van vroeër; die vreemde gebeure en wonderlike karakters wat gereeld met skoue saamgaan: ‘n Paar groot skou-indrukke op my as kind (alles by die ou skougronde) was die hoërskool se jaarlikse kadet-orkeste wat altyd gróót was destyds! Verder kon ek my altyd verkyk aan Kobus van Aarde en Ben Fyver wat so trots en fier op hul saalperde vertoon het. Die eerste skougronde was waar die Wesbank sportgronde deesdae is en hul stalle was naby aan ons s’n, naby die hek uit Darlingstraat. Ek onthou hoe Stephan Patat as st. 1-kannetjie van die perd afgeval het, terwyl hy besig was met ‘n klas-ry. Die perd het ‘gebok’, maar toe hy afval, kom stof hulle net sy kortbroek af, help hom terug op sy perd om klaar te ry ... hy was te hárdegat om te huil! Oom Jan Eksteen (Bertus Eksteen se pa) van Uitkyk buite die Paarl, was ‘n legende in perdrykringe. Hy was al in sy negentigs toe hy steeds by die skou kom ry het. Hy het een jaar nog so ingery (in die arena in), toe ‘n bloekomboomtak op sy kar val. Die tak het sy skouer gebreek, maar nie die kar of die man langs hom het enigiets oorgekom nie! Hy was lank buite aksie weens dié besering. Later, toe Oom Jan al baie oud was, moes hy opgehelp word op die perdekar, sodat hy dit kan stuur. By die nuwe skougronde (soos ons dit vandag ken), was die geriewe aanvanklik min, met geen perdestalle nie. Ons moes altyd die merries teen ‘n boomstam vasmaak en daar kosgee. Ons kon

hulle nie laat oorslaap nie, moes net vir die dag skou en huis toe gaan met hulle. Die hingste was ‘n ander storie ... Die mans moes hulle self vashou en kon nie vasbind en wegstap soos met die mer-

ries nie! Later het ons plan gemaak met meer stalle. Die tweede blok stalle se boumateriaal is geskenk deur my pa, myself en Pietertjie en JR, my twee broers. My eerste ‘job ‘ by die nuwe skouterrein was die toilette. Wat ‘n gemors toe die beperkte geriewe baie meer toeskouers lok as wat ons verwag het! Vir die tweede jaar het ek borgskappe gekry by die Swartland Groep om meer toilette te bou – steeds ‘n bate vir die omgewing! By die nuwe terrein het Dries Dreyer as voorsitter gespook dat dit vrek om weer beeste op die skou te kry. Ek is aangewys as die verantwoordelike persoon en

as dit nie was vir Yvonne Buirsky se administratiewe hulp nie, sou ek dit nooit kon doen nie! Sy het aangehou karring dat daar bome rondom die beeste se ring moes wees. Sy kry toe bome gereël, sulke klein karee-wilgers en ek dink by myself ... wanneer sal dié ou boompies tog skadu maak? Ek en my helpers het hulle geplant en daar is Yvonne vandag al dood, maar haar bome staan sterk! Ek sal Yvonne altyd onthou vir haar ‘ballroom dancing’ in die stad, sy alleen Kaap toe, met haar 9mmpistool in haar handsak! Ná die eerste twee jaar as voorsitter van die beeste-afdeling het ek eers uitgetree, want ek was later koorsig van spanning oor al die reëlings en kon selfs nie meer Vrydagaande se steak-etes geniet nie! Mense wat toegewyd werk vir die skou, is daar baie. Ben Marais en sy vrou het altyd baie agter die skerms gedoen! Patat en Jan Duck, wat Oubaas Lesch se ponies al gery het dat die wa op net twee wiele om die draai ry ... My weldoener wat altyd die swepe heelmaak en die broers Gawie en Andries Steyn wat altyd diens gedoen het as steak-braaiers en al die manne van die potjieskos ... ‘n Kleinood is Floris Smit, voorheen stasiemeester op Kalbaskraal en later Malmesbury. Terwyl hy op die komitee was, was hy altyd die kroegmeester, was hy in beheer van die sleutels en terrein, en hy het gesorg vir die vlae en posters. Destyds het hy begin om bottels op sy eie koste te versamel en te herwin – al die wins gaan vir die skou se fondse. Die eerste jaar het hy ongeveer R300 ingesamel, verlede jaar was dit R1 300 en vanjaar ‘n goeie R2 300!


28 September 2011

courant nuus

die courant

5


6

die courant

28 September 2011

courant nuus

Mylpaal vir die courant met 1.5 miljoen koerante ‘Ons bou en dien ons streek’ Met hierdie uitgawe van die courant steek dié publikasie sy 1.5 miljoen eksemplaar-kerf verby. Sedert die eerste uitgawe (tóé nog die freegig) in Mei 2007 die lig gesien het, is daar nou amptelik 1 500 000 koerante in die Swartland versprei. Dit is uitgawe nommer 143 van hierdie gewilde koerant in die Swartland. Met ‘n gemiddeld van 16 bladsye per uitgawe, sou die papier van al die bladsye langs mekaar 3480km oftewel tot Mzimba, Malawi, strek. “Ons is trots op hierdie mylpaal. Maar ook dankbaar dat ons deur die hierdie ekonomiese tye daarin kon slaag om nog besigheid te bedryf, “ het eienaar Johan Viljoen gister gesê. “Al was die aanvanklike bedoeling nie om ‘n weeklikse publikasie die lig te laat sien nie, het dit gou

geblyk dat daar ‘n groter vraag is na goeie nuus as wat voorsien is. “Die joernalistiek is ‘n passie en so

is die gemeenskap waarin ons woon en leef. Daarom dien ons hierdie gemeenskap met oorgawe en glo ons vas dat ons ‘n verskil maak. “die courant is anders as ander rolspelers wat nie daarin slaag om van sensasie weg te bly nie,” aldus Viljoen. “Koerante verkoop met sensasie en ongelukkig is dit hoe die mens is. Ons het die vrymoedigheid, ek wil amper sê vermetelheid, om na huishoudings in die streek te versprei, en daarom moet ons gemaklik wees met dit wat almal - oud en jonk - lees. “Ek wil die gemeenskap (lesers en


28 September 2011

Groei steeds en bied nuus met ‘n verskil

courant nuus

‘Dankie vir ondersteuning’ wat nog in private besit is, terwyl die res reeds deur mediareuse opgekoop is of toegemaak het.” “Met die besluit van Media24 om hul verkoopte koerant hier weg te doen en ook tot die gratis mark in die Swartland toe te tree, het hulle ons ‘n groot guns bewys. “Soos met enige opposisie dwing dit jou om jou produk net nog beter te maak en nog nader aan jou verbruiker (leser en adverteerder in ons geval) te beweeg. “Ons kry baie vrae uit die gemeenskap oor of ons nou ook met nuwe planne gaan kom om die opposisie se nuwe verskyningsdag teen te werk. “Met meer as 20 jaar se ondervinding adverteerders) van die Swartland gemeenskapsjoernalistiek, wat die courant oor die bietjie meer van dink ek nie die dag waarop die as vier jaar so getrou ondersteun publikasie versprei word, sou kon en in jul huise ontvang, bedank vir opmaak vir inhoud of diens aan die daardie ondersteuning. gemeenskap nie.” “Saam maak ons ‘n verskil en saam kan ons verder help bou aan hierdie streek wat in baie kringe as ‘n model-streek en model-gemeenskap beskou word. “Hierdie is die eerste ware gemeenskapskoerant in die Swartland wat gratis van huis tot huis versprei is, met fokusblaaie wat as “baadjies” om die koerant verskyn het. “Dit is vandag steeds die enigste wat nie ‘n groot fokus plaas op moord en doodslag en die slegte nuus die wêreld en in huise indra nie,” het Viljoen bygevoeg. “die courant is ook van die min gemeenskapskoerante in die Wes-Kaapse platteland

die courant

7


8

die courant

courant nuus

28 September 2011

courant vind sy pad met goeie nuus

Daardie pad is: om ons positiewe, Die positiewe terugvoer oor die informatiewe courant, is nie net lekker om te opbouende, hoor nie, maar dui ook daarop dat en vermaaklike koerant met ons min of meer op die regte pad streeknuus vir elkeen met groot vrymoedigheid gratis na elke is. huis te neem vir oud en jonk omte lees. Ons bring vir jou die storie uit die goeie nuus-hoek. Daarmee saam is ons dankbaar teenoor ‘n Goeie Gewer vir hierdie talente en volop genade elke dag.

die courant bedank alle adverteerders vir die getroue ondersteuning.

die courant is nou ook op die net. Gaan lees gerus weekliks jou courant op www. diecourant.co.za of besoek ons Facebook-blad. Ons het al heelwat positiewe reaksie gekry vanaf oud-Swartlanders wat vandag so ver as Australië en Amerika woon.

BGR De Jager Boshoff fokus op kliënte BGR De Jager Boshoff op Malmesbury is ‘n besigheid wat steeds uitbrei en op hul kliënte se behoeftes fokus en hierin voorsien. Oddette Boshoff en haar pa, Chris de Jager, is aan die stuur van BGR De Jager Boshoff. “Die ekonomiese wêreld waarbinne ons besigheid bedryf, het onherroeplik verander gedurende die laaste paar jaar. Na die wêreldwye finansiële skandale van Enron ensovoorts het die wetgewing en reëls wat ons beroep reguleer op globale skaal verander en drasties strenger geword. “Dit het ‘n totale omwenteling veroorsaak in

Die personeel van BGR De Jager Boshoff

die manier waarop ons pligte moet uitvoer. “Die wêreldwye resessie van die afgelope 3 jaar, asook die tweede golf resessie wat nou gevoel word, het kliënte se kooppatrone verander. “Besigheidseienaars begin anders dink oor hoe hulle besigheid bedryf, en geld word baie meer spandeer slegs op produkte wat werklik waarde toevoeg tot die besigheid. “In hierdie verband begin ons sien dat ons kliënte baie meer van ons adviesdienste gebruik maak om hulle te help om die waarde van hulle besighede te maksimeer in die moeilike ekonomiese omstandighede,” sê Boshoff. “Die uitwerking van die nuwe Maatskap-

pywet word deur amper elkeen van ons kliënte gevoel. “Daar is ‘n baie groter klem op die pligte van die direkteure van maatskappye (en ook lede van beslote korporasies), wat baie meer kundigheid vereis. Ons is baie bewus van die leiding wat ons kliente in hierdie verband van ons vereis. “Die uitwerking van tegnologie en die ongelooflike vordering daarin het ook veroorsaak dat ons anders moes begin dink oor besigheid. “Dit het beslis vir ons nuwe deure oopgemaak en geleenthede gebied om meer effektief te kan werk. “Die wêreld het soveel kleiner geword met die gebruik van epos, die internet, programme soos Skype, Twitter, ensovoorts, en ons firma het bewustelik ‘n besluit gemaak om al hierdie hulpmiddels tot ons maksimum voordeel te gebruik. Met al die bogenoemde faktore in ag genome, was dit tyd om ons handelsmerk te vernuwe en het ons gedurende Augustus ons nuwe logo, webtuiste, Facebook blad, Twitter en LinkedIn profiele bekend gestel. “Dit alles is in ‘n poging om die beste kommunikasie met ons kliënte te bewerkstellig, en om meer en relevante inligting vinniger aan hulle oor te dra. “Ons het ook ons firma-naam verander na BGR De Jager Boshoff, om formeel erkenning te gee aan die opvolging van Chris de Jager deur

myself, Oddette de Jager Boshoff,” sê sy. “Ons is trots daarop dat ons spesialiseer in al die dienste wat ons bied, en dat ons altyd op hoogte is met die nuutste verwikkelinge in ons veld. Ons volg ‘n holistiese benadering wanneer ons met ons kliënte werk, aangesien besigheids- en ander finansiële besluite wat geneem word ‘n wesenlike invloed het op die groter prentjie. Geen kliënt se sake is presies dieselfde as ‘n ander kliënt s’n nie, en dus word Chris de Jager en Oddette Boshoff elke kliënt se dienste Rekeningkunde 2. Boekhoudienste 3. Pastel deur ons uniek vir hom aangepas. “Ons het onlangs uitbreiding in twee Ondersteuning 4. Begrotings en Kontantvloei • Belastingdienste - 1. Spesialis Belastingdiensareas gedoen as gevolg van behoeftes advies- en opinies 2. Spesialis Belastingbeplanwat by kliënte geïdentifiseer is. ning en –strukturering 3. Belastingnakoming “Ons bied nou kleinsake boekhoudienste 4. Belastingregistrasies en –administrasie en salarisadministrasie op ‘n baie wyer basis • Konsultasiedienste - 1. Swart Bemagtiging aan teen bekostigbare tariewe.” BGR De Jager Boshoff bied die volgende 2. Besigheidswaardasies 3. Besigheidsadviesdienste 4. Korporatiewe Bestuur 5. Finansiële dienste: • Oudit en Gerusstelling - 1. Statutêre ou- Bestuur • Maatskappy Sekretariële Dienste - 1. Stig dits en ander Gerusstelling Aanstellings 2. Ooreengekome Prosedures 3. Noulettend- en Registrasies van Maatskappye 2. Byhou van heidsondersoeke 4. Ontwerp, Implementering Statutêre Rekords 3. Geregistreerde Kantooren Oorsig van Interne Beheerstelsels 5. Interne fasiliteit 4. Optree as Maatskappy Sekretaris Oudit 6. Finansiële Verslagdoening (IFRS, IFRS 5. Nuwe Maatskappywet vereistes • Boedeldienste - 1. Boedelbeplanning vir SME’s, ensovoorts) • Professionele Rekenmeestersdienste - 1. 2. Opstel van Testamente 3. Bereddering van Boedels 4. Optree as Eksekuteur • Trustdienste 1. Stig en Registrasie van Trusts 2. Administrasie van Trusts 3. Spesialis Trust Adviesdienste • Salarisadministrasie - 1. Maandelikse Salarisadministrasie 2. Nakoming van SAID vereistes 3. Indien van periodieke opgawes 4. Administrasie met Betrekking tot VIP Payroll Systems / SARS E-filing. “Ons fokus sal altyd bly op dienslewering en die beste waarde vir ons kliënte,” sê Oddette met trots.


Resep van die week: Neute vir rugby

kykNET

MNET

e-tv

SABC 3

SABC 2

SABC 1

Woensdag 28/9

jóú vermaakblad

28 September

die week se TV-gids tot 27 September Donderdag 29/9

Vrydag 30/9

Saterdag

1/10

Maandag 3/10

Dinsdag 4/10

10:00 Emzini Wezinsizwa 10:30 Coca-Cola Soccer Zone 11:30 Judge Joe Brown 12:00 Gospel Gold 13:30 Shift 14:30 Infomercials 15:00 Matrics Uploaded 15:50 Infomercials 16:00YO.TV Blue Couch 16:30YO.TV Comedy Khona 16:45YO.TV Haaibo! 17:00 Ed, Edd‘N’Eddy 17:30 Siswati/Ndebele News 18:30 The Bold And The Beautiful 19:30 Xhosa News 20:00 Generations 20:30 Intsika 21:00 Andre Brink, The Rebel African 22:00 The Unit 23:00 InYour Defence 23:30 Music Lounge

07:30YO.TV Blast 07:45YO.TVYo Hambo 08:00 Captain Planet 08:30 Samurai Jack 09:00 Gospel Gold 10:00 Spirit Sundae 11:00 The Chat Room 11:30 Agape 12:00 Imani 12:15 An Nur - The Light 12:30 Heads Up Mzansi 13:00 Imizwilili 14:00 Soccer 411 15:00 Laduma - Build Up 15:30 Laduma - NFD Playoffs 17:30 Gospel Gold 18:00 Roots 18:30 Asikhulume - The Debate Show 19:30 News 20:00 The Holiday 22:00 Revolution 07:00 Weekend Live 08:30 What Does God Think Of Us? 09:00 Rugby Chat 09:30 IRB Rugby World Cup 2011 11:30 IRB Rugby World Cup Wrap-Up 12:00 Sunday Sadhana 12:15 Simcha 12:30 Sport On 2 14:30 Pasella 15:30 7de Laan 18:00 Nuus 18:30 Fokus 19:00 Home Sweet Home 19:30 News 20:00 I Want To Sing Gospel 21:00 Glitterboys And Ganglands 22:00 IRB Rugby World Cup Highlights 23:00 IRB Rugby World Cup 2011

12:00 Imizwilili 13:00 Ses’khona 13:30 Shift 14:30 Infomercials 15:00 Matrics Uploaded 15:50 Infomercials 16:00YO.TV Extension 4 16:15YO.TV Supersonic 16:30YO.TV Axn Diski 16:53YO.TV Extension 4 17:00 Teenagers On A Mission 17:30 Siswati/Ndebele News 18:00 Mzansi Insider 18:30 The Bold And The Beautiful 19:00 My Perfect Family 19:30 Zulu News 20:00 Generations 20:30 Zone 14 21:00 Coca-Cola Soccer Zone 22:00 Human Target 23:00 Amen 23:30 Judge Joe Brown 09:20 Baby Looney Tunes 09:50 Jakkals Jol 10:20 Rivoningo 10:50 It’s Gospel Time 11:50 Dr Phil 12:40 Judge Mathis 13:25 Days Of Our Lives 14:10 As The World Turns 15:00 7de Laan 15:30 Speak Out 16:00 Hectic Nine - 9 16:30 Hugatree.TV 17:00 Dragonball Z 17:30 News 18:00 When Duty Calls 18:30 7de Laan 19:00 Nuus 19:30 50/50 20:30 News 21:00 Muvhango 21:30 Motswako 22:00 IRB Rugby World Cup 2011

10:50 Hola Ha Monate 11:20 Talk SA 11:50 Dr Phil 12:40 Judge Mathis 13:25 Days Of Our Lives 14:10 As The World Turns 15:00 7de Laan 15:30 Muvhango 16:00 Hectic Nine - 9 16:30 Keeping It Real 17:00 Dragonball Z 17:30 News 18:00 NgulaYa Vutivi 18:30 7de Laan 19:00 Nuus 19:30 Riemvasmaak 20:30 News 21:00 Muvhango 21:30 Powerball 21:34 Kenako 22:00 IRB Rugby World Cup 2011 23:00 Matrix Uploaded

07:00 Jimmy Two Shoes 07:30 Wolverine And The X-Men 08:00 W.I.T.C.H. 08:30 Meet Joe Food 09:00 Techno Geeks 09:30Young Justice 10:00 David Blaine 11:00 Combat Pilots 11:30 Rugby World Cup Documentaries 12:00 The Bold And The Beautiful 14:00 Beethoven’s 3rd 16:00 Charly’s Cake Angels 16:30 Cooked Out Of The Frying Pan 17:00 SA Cricket Awards 2011 18:00 Celebrity Biographies 19:00 News 19:30 Nanny McPhee 21:30 The Hunted 23:30 Total Dance 09:50 Rhythm City 10:10 Rhythm City 10:30 Rhythm City 10:55 Rhythm City 11:20 Infomercials 11:30 WWE Bottom Line 12:30 e-Shibobo 13:00 Malcolm & Eddie 13:30 The Planet’s Funniest Animals 14:00 Jesse Stone: Night Passage 15:50 Infomercials 16:00 WWE Vintage Collection 17:00 WWE: NXT 18:00 eNews Early Edition 18:05 AXN Action TV 18:30 The Close Up: A Showbiz Special Report 19:00 eNews Prime Time 19:30 So What 20:00 Stomp TheYard 22:20 Trois 3: The Escort 11:00 NCIS: Los Angeles 12:00 Hawaii Five-O 13:00 SoYou ThinkYou Can Dance 13:45 SoYou ThinkYou Can Dance 14:30 SoYou ThinkYou Can Dance 15:15 SoYou ThinkYou Can Dance 16:00 The Wild 16:30 The Wild 17:00 The Wild 17:30 The Wild 18:00 The Accidental Husband 19:30 Better WithYou 20:00 Hot In Cleveland 20:35 Raising Hope 21:00 Poor Boy’s Game 22:45 Endgame 23:45 Eat Pray Love

05:30 Land Before Time 06:00 Which Way! 06:30 Mickey Mouse And Friends 07:00 Madam Meerkat 07:30 X-Men: Evolution 08:00 X-Men: Evolution 08:30 Take A Trip To 09:00 Dtv 09:30 Survivor 18: Tocantins 11:30 Survivor 18: Tocantins 12:00 Isidingo: The Need Omnibus 14:00 Camp Rock 2:The Final Jam 16:00 Hello Doctor 17:00 Top Gear 18:00 National Geographic 19:00 News 19:30 Alien Autopsy 21:30 Interface 22:00 CSI: NewYork 22:30 CSI: NewYork 08:00 Grassroots 08:30 Spirit Of Praise 09:00 Hillsong 09:30 Tom And Fluffy 09:35 Cool Catz 10:00 Pokemon 10:30 Shiz Niz 11:00 T.J. Hooker 12:00 UEFA Magazine 2011/2012 12:35 China Faces And Places 13:05 Rasta Women Of Limpopo 13:35 Stomp TheYard 16:00 Fear Factor International 17:00 WWE Raw 18:00 eNews Early Edition 18:05 AXN Action TV 18:30 Rolling With Zola 19:00 eNews Prime Time 19:30 How I MetYour Mother 20:00 The Negotiator 22:50 On Her Majesty’s Secret Service 03:55 Adam 05:30 Shorts 07:00 The Wild 07:30 The Wild 08:00 The Wild 08:30 The Wild 09:00 Minute To Win It 10:00 Furry Vengeance 11:30 Showbiz News 12:00 Royal Pains 13:00 Masters Of Illusion 14:00 The Big Bang Theory 14:30 Cougar Town 15:00 Blue Bloods 16:00 Masters Of Illusion 17:00 Mr. Sunshine 17:30 Idols SA 19:00 Carte Blanche 20:05 Tangled 21:45 CSI 22:45 The Fourth Kind

09:00 National Geographic 09:50 American Idol 10:40 Generations 11:10 Isidingo: The Need 11:40 7de Laan 12:10 The A-Team 13:00 News 13:30 Africa News Update 14:00 All My Children 14:50 The Oprah Winfrey Show 15:45 Dr Oz 16:40 3 Talk With Noeleen 17:40 Days Of Our Lives 18:30 30 Rock 19:00 News 19:30 Isidingo: The Need 20:00 The Ride 21:00 My Family 21:30 Worst Week 22:00 CSI Miami 23:00 The Good Wife 13:30 WWE: NXT 14:30 Paddington Bear 14:35 Cool Catz 15:00 Zoboomafoo 15:30 Skunk Fu 15:45 Skunk Fu 16:00 Sistahood 16:40 TheYoung And The Restless 17:30 Medical Detectives 18:00 eNews Early Edition 18:25 Coca Cola Happiness Machine 18:30 Rhythm City 19:00 eNews Prime Time 19:30 Scandal! 20:00 The Steve Harvey Show 20:30 Blame It On Fame 21:00 eKasi: Our Stories 22:00 eNews Late Edition 22:30 WWE Afterburn 23:30 Fear Factor International 07:00 Hollywood’s Top Ten 07:30 Minute To Win It 08:30 The Talk 09:30 Virtuality 11:00 Showbiz News 11:30 Better WithYou 12:00 Hot In Cleveland 12:30 Raising Hope 13:00 The Talk 14:00 Hawaii Five-O 15:00 Carte Blanche 16:00 Mr. Sunshine 16:30 Idols SA 18:00 The Wild 18:30 SoYou ThinkYou Can Dance 19:30 Royal Pains 20:30 Private Practice 21:30 Game Of Thrones 22:30 American Violet

09:00 Celebrity Biographies 09:50 American Idol 10:40 Generations 11:10 Isidingo: The Need 11:40 7de Laan 12:00 The A-Team 13:00 News 13:30 Africa News Update 14:00 All My Children 14:50 The Oprah Winfrey Show 15:45 Dr Oz 16:40 3 Talk With Noeleen 17:40 Days Of Our Lives 18:30 Outsourced 19:00 News 19:30 Isidingo: The Need 20:00 Top Billing 20:30 The Good Wife 22:00 CSI Miami 23:00 Supernatural

03:30 Musiekvideo’s 05:55 Die Woord - Oordenking 06:00 La’t Wiel 06:30 Landbousake 07:00 Groen 07:45 Rugby Wêreldbeker 2011 10:15 Ontbytsake 11:15 Rian 12:05 Inkopie-uur 13:00 Jan Braai Vir Erfenis 13:30 Tuine En Tossels 14:00 Kiwi Lewe 14:30 Agter Elke Man 15:30 Jannie Totsiens 17:18 Lagnes 17:35 BVP: Krieketgeselsprogram 18:00 Kwêla 19:00 eNuus 19:30 Toks‘n Tjops 20:00 Jou Show 20:30 DKNT 21:00 Varstrap 22:00 Boer Soek‘n Vrou 23:00 Tonge Los 23:30 eNuus

05:00 Musiekvideo’s 07:00 Jan Braai Vir Erfenis 07:30 Tonge Los 08:00 La’t Wiel 08:30 Die Woord - Erediens 09:00 Boer Soek‘n Vrou 10:00 Varstrap 11:00 EGOLI - Plek van Goud 11:30 Lagnes 12:00 Inkopie-uur 13:00 Kwêla 14:00 10 Uit 10 14:30 Ouverture 16:30 Ouverture 17:30 Kiwi Lewe 18:00 Rian 18:30 DKNT Gospel 19:00 eNuus 19:30 Toks‘n Tjops 20:00 Robinson Regstreeks 20:30 Groen 21:00 Nico Nel Kook En Vertel 21:30 Jukebox 22:30 Hartland 23:30 eNuus

09:30 Varstrap 10:30 Jou Show 11:00 EGOLI - Plek van Goud 11:30 Deeltitel Dames 12:00 Inkopie-uur 13:00 BVP: Krieketgeselsprogram 13:30 Groen 14:00 Robinson Regstreeks 14:30 Rian 15:00 Roer 15:30 DKNT Gospel 16:00 Tuine En Tossels 16:30 DKNT 17:00 Koowee-Kinderuur 17:30 Stofpad Langs 18:00 Villa Rosa 18:30 Binneland 19:00 eNuus 19:30 Fiësta 20:00 Proesstraat 20:30 SuperRugby 21:30 Grond 22:30 Villa Rosa 23:00 Binneland 23:30 eNuus

11:30 Amen 12:00 Khumbul’ekhaya 13:00‘Sgudi‘Snaysi 13:30 Mzansi Insider 14:00 Ziyawa La 14:30 Infomercials 15:00 Matrics Uploaded 15:50 Infomercials 16:00YO.TV Extension 4 16:15YO.TV Crib Notes 16:30YO.TV Z’yakhipa 17:00 Johnny Bravo 17:30 Siswati/Ndebele News 18:00 The Bold And The Beautiful 18:30 Ses’khona 19:00 Turn It Out 19:30 Xhosa News 20:00 Generations 20:30 Fallen 21:30 Cutting Edge 22:00 Shreds & Dreams 23:00 The Dream Team 08:50 Thabang Thabong 09:20 Baby Looney Tunes 09:50 Infomercials 10:00 IRB Rugby World Cup 2011 12:00 Dr Phil 12:40 Judge Mathis 13:25 Days Of Our Lives 14:10 As The World Turns 15:00 7de Laan 15:30 Muvhango 16:00 Hectic Nine - 9 16:30 Whip The Chef 17:00 Dragonball Z 17:30 News 18:00 Leihlo La Sechaba 18:30 7de Laan 19:00 Nuus 19:30 American Idol 20:30 News 21:00 Muvhango 21:30 Speak Out 22:00 IRB Rugby World Cup 2011

10:00 Turn It Out 10:30 Jam Alley 11:00 Relate 11:30 Amen 12:00 Friends Like These 13:00Yilungelo Lakho 14:00 Selimathunzi 14:30 Infomercials 15:00 Matrics Uploaded 15:50 Infomercials 16:00YO.TV Extension 4 16:30 Shaggy And Scooby-Doo Get A Clue 17:00 Ben 10: Alien Force 17:30 Siswati/Ndebele News 18:00 The Bold And The Beautiful 18:30 Jam Alley 19:30 Zulu News 20:00 Generations 20:30 Intersexions 21:00 Live 22:00 A Kiss Before Dying 11:50 Dr Phil 12:40 Judge Mathis 13:25 Days Of Our Lives 14:10 As The World Turns 15:00 7de Laan 15:30 Muvhango 16:00 Hectic Nine - 9 16:30 Treasure Hunt 17:00 True Jackson 17:30 News 18:00 Ken Jou Laan Show 18:30 7de Laan 19:00 Nuus 19:30 Colour TV 20:30 News 21:00 Ditlabonyane Ke Ditlaboima 21:30 Powerball 21:34 Afro Cafe 22:30 Rugby Magazine 23:30 IRB Rugby World Cup 2011

00:00 Amen 02:00 Music Lounge 05:00 Matrics Uploaded 05:50 Infomercials 06:00 Agape 06:30 Siyakholwa - We Believe 07:00 Captain Planet 08:30 Shaggy And Scooby-Doo Get A Clue 09:00 One Day Leaders 10:00 Generations 12:20 Infomercials 12:30 Imizwilili 13:30 Siyaswima 14:00 Soccer 411 15:00 Laduma - Build Up 17:30 The Cypher 18:00 Real Goboza 18:30 Friends Like These 19:30 Xhosa News 20:00 Programme TBA 22:15 How High 07:00 IRB Rugby World Cup 2011 09:00 IRB Rugby World Cup Wrap-Up 09:30 Infomercials 10:00 Takalani Sesame 10:30 Hack Shack 11:00 Living Land 11:30 The Final Verdict 12:00 Wise Up! 12:30 Mother Of All Professions 13:00 Muvhango 15:00 Who Wants To Marry My Dad? 16:00 The Babe 18:00 Nuus 18:30 Ghost Whisperer 19:30 News 20:00 American Idol 21:00 The Mo’Nique Show 22:00 IRB Rugby World Cup Highlights 23:00 IRB Rugby World Cup 2011

09:30 Top Gear 10:30 7de Laan 11:00 Generations 11:30 Isidingo: The Need 12:00 MacGyver 13:00 News 13:30 Africa News Update 14:00 All My Children 14:30 Dr Oz 15:30 3 Talk With Noeleen 16:45 Days Of Our Lives 17:30 The Oprah Winfrey Show 18:30 Isidingo: The Need 19:00 News 19:30 Melrose Place 20:30 Prison Break 21:30 Special Assignment 22:00 Supernatural 23:00 The New Adventures Of Old Christine 23:30 Outsourced 13:30 WWE Vintage Collection 14:30 Paddington Bear 14:35 Cool Catz 15:00 Gerald McBoing Boing 15:30 LazyTown 16:00 Shiz Niz 16:30 Infomercials 16:40 TheYoung And The Restless 17:30 Medical Detectives 18:00 eNews Early Edition 18:30 Rhythm City 19:00 eNews Prime Time 19:30 Scandal! 20:00 My Name Is Earl 20:30 WWE Smackdown! 21:30 Live Lotto Draw 21:35 Late Nite News With Loyiso Gola 22:05 eNews Late Edition 22:20 UEFA Champions League 2011/2012 07:30 Masters Of Illusion 08:30 The Talk 09:30 Furry Vengeance 11:00 Showbiz News 11:30 The Wild 12:00 SoYou ThinkYou Can Dance 13:00 The Talk 14:00 Private Practice 15:00 Minute To Win It 16:00 Hollywood’s Top Ten 16:30 Idols SA 17:00 CSI Miami 18:00 The Wild 18:30 SoYou ThinkYou Can Dance 19:30 The Big Bang Theory 20:00 Cougar Town 20:30 NCIS: Los Angeles 21:30 CSI 22:30 Eat Pray Love

05:30 Expresso 08:00 AM Shopping 09:30 Shoreline 10:30 7de Laan 11:00 Generations 11:30 Isidingo: The Need 12:00 MacGyver 13:00 News 13:30 Africa News Update 14:00 All My Children 14:30 Dr Oz 15:30 3 Talk With Noeleen 16:30 Days Of Our Lives 17:30 The Oprah Winfrey Show 18:30 Isidingo: The Need 19:00 News 19:30 A Country Imagined 20:30 The Mating Game 21:30 John Edward 22:30 The Babe 23:00 Waist Deep 11:30 The Close Up: A Showbiz Special Report 12:00 Downtown Hunters 12:30 Backstage 13:00 News Day 13:30 WWE Raw 14:30 Paddington Bear 14:35 Cool Catz 15:00 Heathcliff 15:30 Pokemon 16:00 Craze World Live 16:30 Infomercials 16:40 TheYoung And The Restless 17:30 It’s My Biz 18:00 eNews Early Edition 18:30 Rhythm City 19:00 eNews Prime Time 19:30 Scandal! 20:00 Mad AboutYou 20:30 Spanglish 23:10 Find Me Guilty 08:00 Cougar Town 08:30 The Talk 09:30 Eclipse 11:30 The Wild 12:00 SoYou ThinkYou Can Dance 13:00 The Talk 14:00 CSI Miami 15:00 Hot In Cleveland 15:30 Raising Hope 16:00 The Big Bang Theory 16:30 Cougar Town 17:00 NCIS: Los Angeles 18:00 The Wild 18:30 SoYou ThinkYou Can Dance 19:30 Blue Bloods 20:30 Hawaii Five-O 21:30 CSI: NewYork 22:30 The Borgias 23:30 CSI

05:30 Expresso 09:30 Shoreline 10:30 7de Laan 11:00 Generations 11:30 Isidingo: The Need 12:00 MacGyver 13:00 News 13:30 Africa News Update 14:00 All My Children 14:30 Dr Oz 15:30 3 Talk With Noeleen 16:30 Days Of Our Lives 17:30 The Oprah Winfrey Show 18:30 Isidingo: The Need 19:00 News 19:30 Entertainment Tonight 20:00 (TV)5 20:30 My Super Sweet 16 21:00 Worst Week 21:30 A Thousand Acres 23:30 Total Dance 10:30 TheYoung And The Restless 11:20 Infomercials 11:30 3rd Degree 12:00 Club 808: Make Some Noise 12:30 Backstage 13:00 News Day 13:30 WWE Smackdown! 14:30 The Mommy Market 16:05 Frenzy 16:40 TheYoung And The Restless 17:30 Medical Detectives 18:00 eNews Early Edition 18:30 Rhythm City 19:00 eNews Prime Time 19:30 Club 808: Make Some Noise 20:00 Malcolm & Eddie 20:30 Rescue Dawn 23:05 Three 06:30 Martha Speaks 07:00 The Wild 07:30 Blue Bloods 08:30 The Talk 09:30 Old Dogs 11:00 Showbiz News 11:30 The Wild 12:00 SoYou ThinkYou Can Dance 13:00 The Talk 14:00 NCIS: Los Angeles 15:00 Carte Blanche 16:00 Blue Bloods 17:00 Hawaii Five-O 18:00 Better WithYou 18:30 Hot In Cleveland 19:00 Raising Hope 19:30 Minute To Win It 20:30 Endgame 21:30 Predators 23:20 CSI: NewYork

10:30 Nico Nel Kook En Vertel 11:00 EGOLI - Plek van Goud 11:30 DKNT 12:00 Inkopie-uur 13:00 Proesstraat 13:30 Grensoorlog 14:00 Jan Braai Vir Erfenis 14:30 La’t Wiel 15:00 Hartland 16:00 Sakegesprek Met Theo Vorster 16:30 Rian 17:00 Koowee-Kinderuur 17:30 Tuine En Tossels 18:00 Villa Rosa 18:30 Binneland 19:00 eNuus 19:30 Toks‘n Tjops 20:00 Kwêla 21:00 Kwêla-videokompetisie 21:30 10 Uit 10 22:00 Stofpad Langs 22:30 Villa Rosa 23:00 Binneland 23:30 eNuus

09:30 Hartland 10:30 Rian 11:00 EGOLI - Plek van Goud 11:30 Nico Nel Kook En Vertel 12:00 Inkopie-uur 13:00 Landbousake 13:30 10 Uit 10 14:00 Kwêla-videokompetisie 14:30 Kwêla 15:30 BVP: Krieketgeselsprogram 16:00 Groen 16:30 Jou Show 17:00 Koowee-Kinderuur 17:30 Jip 18:00 Villa Rosa 18:30 Binneland 19:00 eNuus 19:30 Toks‘n Tjops 20:00 Boer Soek‘n Vrou 21:00 Daar Doer In Die Fliek 21:30 Kiwi Lewe 22:00 Deeltitel Dames 22:30 Proesstraat 23:00 Villa Rosa 23:30 Binneland

07:30 Koowee-Kinderuur 08:30 Binneland 09:00 Villa Rosa 09:30 Tuine En Tossels 10:00 Kwêla 11:00 EGOLI - Plek van Goud 11:30 Kwêla-videokompetisie 12:00 Inkopie-uur 13:00 La’t Wiel 13:30 Daar Doer In Die Fliek 14:00 Jip 14:30 Deeltitel Dames 15:00 Boer Soek‘n Vrou 16:00 Rian 16:30 Kiwi Lewe 17:00 Koowee-Kinderuur 17:30 Jan Braai Vir Erfenis 18:00 10 Uit 10 18:30 Binneland 19:00 eNuus 19:30 Toks‘n Tjops 20:00 Agter Elke Man 21:00 Jannie Totsiens 22:48 Kobra Elf 23:30 eNuus

11:00 Judge Joe Brown 11:30 Emzini Wezinsizwa 12:00 Live 13:00‘Sgudi‘Snaysi 13:30 It’s Just Ispani 14:30 Infomercials 15:00 Matrics Uploaded 15:50 Infomercials 16:00YO.TV Extension 4 16:07YO.TV What’s In The Fridge? 16:30YO.TV Let’s Get Quizzical 16:53YO.TV Extension 4 17:00 Teen Titans 17:30 Siswati/Ndebele News 18:00 The Bold And The Beautiful 18:30 Selimathunzi 19:00 City Ses’la 19:30 Zulu News 20:00 Generations 20:33 Zone 14 21:00 Khumbul’ekhaya 22:00 Laduma - Build Up 09:20 Baby Looney Tunes 09:50 Infomercials 10:00 IRB Rugby World Cup 2011 12:00 Dr Phil 12:40 Judge Mathis 13:25 Days Of Our Lives 14:10 As The World Turns 15:00 7de Laan 15:30 Muvhango 16:00 Hectic Nine - 9 16:30 Wise Up! 17:00 Dragonball Z 17:30 News 18:00 NhlalalaYa Rixaka 18:30 7de Laan 19:00 Nuus 19:30 Pasella 20:30 News 21:00 Muvhango 21:35 Stokvel 22:00 Jacob’s Cross 23:00 IRB Rugby World Cup 2011

Sondag 2/10

Wen nuutste CD van Jennifer Zamudio

13:30 WWE Afterburn 14:30 Paddington Bear 14:35 Cool Catz 15:00 Dennis The Menace 15:30 Pokemon 16:00 Frenzy 16:30 Infomercials 16:40 TheYoung And The Restless 17:30 Kaelo Stories 18:00 eNews Early Edition 18:25 Coca Cola Happiness Machine 18:30 Rhythm City 19:00 eNews Prime Time 19:30 Scandal! 20:00 All New Planet’s Funniest Animals 20:30 Style By Jury 21:00 Forgive And Forget 21:30 3rd Degree 22:00 eNews Late Edition 06:30 Martha Speaks 07:00 The Wild 07:30 Royal Pains 08:30 The Talk 09:30 Transporter 3 11:15 Showbiz News 11:30 The Wild 12:00 SoYou ThinkYou Can Dance 13:00 The Talk 15:00 Masters Of Illusion 16:00 Royal Pains 17:00 Private Practice 18:00 The Wild 18:30 SoYou ThinkYou Can Dance 19:30 Idols SA 21:00 CSI Miami 22:00 The Borgias 23:00 Nurse Jackie 23:30 Weeds 09:30 Grond 10:30 Robinson Regstreeks 11:00 EGOLI - Plek van Goud 11:30 DKNT Gospel 12:00 Inkopie-uur 13:00 Landbousake 13:30 Proesstraat 14:00 Stofpad Langs 14:30 Fiësta 15:00 SuperRugby 16:00 Jou Show 16:30 Jan Braai Vir Erfenis 17:00 Koowee-Kinderuur 17:30 La’t Wiel 18:00 Villa Rosa 18:30 Binneland 19:00 eNuus 19:30 Toks‘n Tjops 20:00 Hartland 21:00SakegesprekMetTheoVorster 21:30 Grensoorlog 22:00 Groen 22:30 Villa Rosa 23:00 Binneland 23:30 eNuus


II

die courant

28 September 2011

courant wat gebeur

Sudoku 143 Sudoku 142 antwoord

die courant September 2011

Business Link vergader 28 September - Die Business Link vergader om 08:00 by die Mount Royal-landgoed op Malmesbury. Mike van Deventer is die spreker. Kaartjies beloop R80 vir lede en R100 vir nielede. Kontak 074 411 5711 met navrae. Perderit vir Borskanker 1 Oktober - Perderit vir borskanker-bewusmaking by Schoongezicht-plaas, met ‘n shaveton vir jou of jou perd se maanhare @ R10. Trekker en wa-ritte ook beskikbaar. Dit begin 9:30 en sluit ontbyt en middagete in teen R80 per volwassene of R40 per kind. Bespreek voor 29 September of doen navrae by 022-482 1111 of 079 525 3510. Volwasse onderrig op Chatsworth 3 Oktober - Die afdeling vir volwasse onderrig by Chatsworth Primêr open om 19:00 amptelik hul rekenaarlokaal met nuwe rekenaars by Chatsworth Primêr. Mense wat belangstel om in te skryf vir verdere studies by dié rekenaarlokaal, kan mev. Worship skakel by 07222 55090. Skakel die skoolhoof, mnr. Hendriks, met navrae oor die opening van die rekenaarlokaal by 072 497 4984. Jennifer Zamudio @ Malmesbury

7 Oktober - Zamudio Musiek kondig met trots en groot vreugde die vrystelling van Jennifer se 8ste CD aan getiteld “Die lewe is ‘n liedjie”. Die goeie nuus is dat sy tydens Oktober ‘n paar optredes in die Kaap gaan hou met die splinternuwe cd! Jennifer wat oorspronklik ‘n Weskusboorling is en gematrikuleer het te HS Swartland is opgewonde om die nuwe cd na haar mense toe te bring. Dit is Jennifer se eerste nuwe cd in drie

jaar, en die wag was beslis die moeite werd. Met ‘n nuwe klank, vars lirieke en vrolike ritmes, beloof hierdie cd om al jou verwagtinge te oortref! Die nuwe album word reeds beskou as ‘n deurbraak in die vooruitgang van die Afrikaanse Musiekbedryf. Die cd het teen Julie maand die winkels getref, en dit vlieg behoorlik van die rakke af. Jennifer tree om 20:00 op in die Landbou Skousaal, Malmesbury. Kaartjies R80.00pp, bespreek by 073 174 6108. Nasionale Borskankerdag 7 Oktober - Dra jou pienk klere en koop ‘n borskanker-sticker @ R5. Die personeel van die plaaslike Kansa-kantoor stap in pienk deur Malmesbury-dorp om plakkers te verkoop. Schoonspruit Debutantebal 8 Oktober - Schoonspruit Debutantebal vind by hul skoolsaal plaas, met formele drag en ‘n driegangmaal. Kaartjies kos R120. Skakel die skool vir navrae en kaartjies by 022-486 4598. Beatrix, ‘n eenvrouvertoning deur LieSl Marx in De Bron Teater 14 Oktober 2011, om 19h00 - Met ‘Beatrix’ bied die skrywer ‘n gewigtige tema só aan dat dit nie aanstoot gee nie. Regisseur Marion Holm het die produksie e e nvo u d i g, gestroop en eerlik gehou. Geen teaterfoefies of skoktegnieke in terme van taal of kostuums, musiek en liedere is gebruik nie. “Die sangeres-aktrise LieSl Marx pak die universele tema van prostitusie met handskoene in die een-vrouproduksie “Beatrix”. Geïnspireer deur die Middel-Nederlandse gedig uit die 14de eeu neem sy jou op ‘n reis van ontnugtering, skok, skynheiligheid, selfontdekking en uiteindelik vergifnis en bekering. Die teks word ondersteun deur goed nagevorsde statistieke oor prostitusie. LieSl imponeer met met haar toneelspel én uitmuntende vertolkings van liedjies soos “Halleluja”, “Lord Have Mercy On My Soul” en “Seduce Me”.

Een gelukkige courant-leser staan hierdie week ‘n kans om een van die gewilde sangeres Jennifer Zamudio se CD’s, Die lewe is ‘n liedjie, te wen.

kalender

Kaartjies kos R90,00 en is beskikbaar by Superfoto en die kerkkantoor (022 – 482 2411). CPM Lentedag Modeparade 15 Oktober - Die Graad R-leerders van die CPM op Malmesbury hou weer hul jaarlikse Lentedag Modeparade om 10:00 in die Malmesbury Stadsaal. Die studente van die Riana van Wyk Musiekskool sal sorg vir die vermaak. Kaartjies beloop R60. Kontak Henriette by 072 200 5875. Burger @ Herehuis 28 Oktober - Burger, die wenner van Supersterre, tree by die Herehuis op Malmesbury op. Kaartjies beloop R120 per persoon en sluit ‘n maaltyd in. Besprekings noodsaaklik by 022 487 1771.

Malmesbury Kersligmark Stalletjie-aansoeke vir die Malmesbury Kersligmark op 2 Desember is by Ilze van die Malmesbury Toerisme beskikbaar. Aansoeke sluit 11 November. Kontak haar by 022 487 1133 of besoek www.malmesburytourism.co.za

Pieter Naude @ Malmesbury 11 November - Pieter Naude, sanger, liedjieskrywer en broer van Juanita du Plessis, sal op Malmesbury te sien wees met ‘n dans om sy nuwe dubbel CD “Gee my net Vlerke” bekend te stel. CD’s en kaartjies sal in kompetisies weggegee word. Kaartjies is beskikbaar by ACVV Chreche, Besige Bytjies, ACVV Gerfie, Kabouterland en by 082 859 1476. Slegs ‘n aantal kaartjies is beskikbaar. Kontak Theresa by 082 859 1476 met navrae.

Wen CD

Om hiervoor in aanmerking te kom, sms jou naam, dorp en die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor Maan-

dagoggend om 12:00. VRAAG: Wat is die titel van Jennifer Zamudio se CD wat hierdie week te wen is?


28 September 2011

courant kos en raad

die courant

III

Hoe gemaak... ... met Oktober in my tuin Sweet n salty nuts for World Cup

Cherry Lane in Hugenotestraat op Malmesbury het hierdie week se resep met die courant gedeel en getrou aan hul rugby-gees gebly. Besoek hulle gerus vir enige soetigheid, lekkerny of ‘n heerlike kuier-atmosfeer.

Method: Preheat the oven to 180°C. Spread the almonds and pecan nuts on a large baking tray and bake for 5 – 10minutes or until they are crisp and lightly coloured. Remove from oven and cool. Combine the sugar, spices, 1 teaspoon salt and ½ teaspoon ground pepper in a small mixing bowl and mix well. Heat a large non stick frying pan over medium heat and add the nuts. Sprinkle the spice mixture over the nuts and stir for 5 minutes till golden. The sugar will melt and coat the nuts. If the nuts stick together spread them with a wooden spoon. When the nuts are cooked remove from the heat and spread them on an oiled baking tray. 250g blanched almonds 250g pecan nuts 55g sugar 1 teaspoon ground cinnamon Pinch ground cloves ½ teaspoon curry powder ¼ teaspoon ground cumin

Enjoy with a glass of chilled Rose or an ice cold beer. An ideal snack for when you are watching the rugby game over the weekend. Vir vorige geplaasde resepte besoek ons webblad: www.cherrylaneontop. co.za

Niemand sal met my stry nie: Oktobermaand is nou maar die móóiste maand in ons tuine. Alles wys nuwe groei en byna elke plant is vol blomme. Mooi bly maar mooi - alle eer aan ons Skepper! Verlede Oktober het ons gesels oor snoeiwerk in jou tuin. Moenie vergeet om gereeld die snoeiskêr byderhand te hou vir daardie baie noodsaaklike vormwerk aan jou struike en bome nie. Onthou: Daar is ‘n verskeidenheid blombolle wat nog steeds geplant kan word. Vir die somertuin is die volgende soorte nog beskikbaar: * Amaryllis - met hul groot blomme op lang stele, ook nuwe dwergsoorte beskikbaar. * Zantedeschia - dit is nou ál die gekleurde variëteite van ons aronskelke en baie mooi. Let Wel: Minder water vir hierdie somerblommende soorte. * Dahlia - Hier is ook ‘n paar soorte in ‘n verskeidenheid kleure beskikbaar, van die dwergsoorte tot die reusagtige ‘dinnerplate’ variëteite. * Gladiolus - Swaardlelies, soos ons dit ken. Hul pragtige kleure, met lang ritse wat uiters geskik is vir snyblomme, kan in sarsies geplant word, want

dit blom ongeveer 100 dae nadat jy dit geplant het. Indien jy ‘n nuwe bedding in jou tuin aanplant, onthou die voorbereiding is 100 maal belangriker as die uiteindelike aanplant van blomme en struike. Alle ou plante en struike moet DEEGLIK verwyder word. Dan moet daar ruim kompos (ongeveer een sak van 20 dm kubieke meter per vierkante meter) plus superfosfaat en beenmeel ingewerk word. Daar kan ook ‘rapid raiser’ van Neutrog ingewerk word om die nuwe plante daardie ekstra voorsprong te gee. Indien jy inheemse fynbos, proteas, speldekussings en tolbosse gaan plant, moet jy net kompos gebruik, want hulle hou nie van FOSFAAT in hulle grond nie. Nadat al hierdie voorbereiding gedoen is, kan jy begin met die plantproses. Druk plante stewig in die grond vas, stut waar nodig en gooi dit dadelik nat, so ook die eerste maande daarna. ONTHOU: ‘n Plant kan sogenaamd waterwys wees, maar eers drie tot ses maande nadat dit geplant is. Geniet die lente en die tuinmaak. Groetnis tot volgende keer George Retief


IV

die courant

courant nuus

28 September 2011

Shiraz- en kunstefees Tradisionele mengelmoes van wyn en kuns troues uitgebeeld

Die Korrektiewe Dienste Weskus Bestuursarea het Erfenisdag gevier deur verskillende kulture se troues uit te beeld. Links is ‘n tradisionele Afrikatroue met Hector Zide (bruidegom)en Mandisi Ncgukana (leraar).

Die jaarlikse Shiraz en Kuns-fees vind hierdie naweek weer in die RiebeekVallei plaas. Hierdie fees is ‘n geleentheid wat wyn-, kuns- en kosliefhebbers sedert 2005 na dié deel van die Swartland lok. Vanjaar word dramas, beeldhou-werk, fotografie en vele meer ten toon gestel in die verskillende kelders, restourante en gallerye in Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel. Kelders soos Roundstone, Kloovenburg, Allesverloren, Pulpit Rock, Het Vlock Casteel, Meerhof, Riebeek Kelders, Mullineux sowel as ‘n paar uitstaande garagiste se wyne en Shiraz van die Weskus en Boland-area sal te proe aangebied word. Die verskillende restourante van die Vallei sal Shiraz-geinspireerde spyskaarte opdis. “Die locals is lekker” is ook ‘n deel van die fees wat die hart en gees van die Vallei uitbeeld. Deel in die lekkerte van plaaslike

sangers, musikante, digters, storievertellers en dansers. kon Vir meer inligting, kontak 022 4481 545. ‘n Kuns-marathon van 24 uur sal ook deur die Riebeek-Vallei Toer Toerisme aangebied word waar deelnemers in hierdie tyd hul kunswerke sal voltooi. Dit sal Sondag ten toongestel word en is dan ook op die kunsveiling beskikbaar. In die ‘Shiraz Country Show Showcase” op die dorpsplein oop Riebeek-Kas Riebeek-Kasteel sal van die area se beste Shirazwyne geniet kan word en die wynmakers ook van naderby kennis gemaak word mee. Leer hier meer oor die wynmaakproses en deel in die verskillende smake van Shiraz. By Riebeek Kelder sal nuuskieriges meer kan leer oor die vermengingsproses van die verskillende Shiraz-wyne. Kontak 022 4481 213 met navrae.


28 September 2011

courant nuus

Besoek hierdie punte...

die courant

9


10

die courant

courant nuus

28 September 2011

Rdl Sneewe se soeke na veranderings In ons reeks gesprekke met raadslede van die Swartland Munisipaliteit, gesels ons vandeesweek met me Annie Sneewe van Darling: Vertel ons meer van jouself? Ek is ‘n gebore Namakwalander - Springbok se wêreld. My pa is op ‘n baie vroeë ouderdom oorlede, dus moes my ma vyf van ons op ‘n karige salaris alleen grootmaak. Ek is veertien jaar gelede met Pieter getroud; ons het drie kinders en woon baie gelukkig in Darling. Vertel ons van jou politieke agtergrond? Ek het vrywillige werk vir die ANC in die Noord-Kaap gedoen tydens die 1994verkiesing. Op daardie stadium wou ek uit die diepte van my hart net veranderings hê! Vandag kan ek met trots sê dat ons reggekry het wat ons wou bereik het!

Ná ons troue het ons op Darling kom woon en sedertdien is ek ‘n trotse lid van die ANC. My begeerte om ‘n verskil in mense se lewens te maak, groei net al meer. Met die hulp van my man, wat ook baie politieke werk doen, het ons betrokke geraak in die gemeenskap. Ons werk as ‘n span saam om ‘n verskil te maak in mense se lewens. Ek glo politiek is ‘n proses waar ‘n groep mense besluite maak, juis daarom is dit belangrik om al hoe meer mense betrokke te kry. Ek woon in wyk 5, maar dien in wyk 6 - Darling-Oos, asook die portelfeulje vir Ontwikkeling en Beskermingsdienste op die Raad. Hoe lyk jou lewe as raadslid? Dit is ‘n 24/7-werk! Ek is ook betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte, wat my besig hou.

Ek reël baie veldtogte, veral vir die jeug. Ek sien in Darling dat ouers alles in hul vermoë doen om hul kinders se pad makliker te maak, maar ek sien ook dat elke kind sy eie keuse moet neem tussen reg en verkeerd. As ‘n kind byvoorbeeld tot by ‘n ‘drughuis’ stap, is dit sy eie keuse of hy daar sal instap, of verbystap. Ek glo elke kind het planne vir sy lewe vir die toekoms – die jongmense moet onthou dit hang van JOU as mens af wat JY met JOU toekoms gaan maak! Wat motiveer jou elke dag? Om ‘n goeie voorbeeld vir my kinders en gemeenskap te wees, en om die gemeenskap te dien met gehalte dienslewering. Ek is op my gelukkigste as ek iemand kan help, want mense wat swaarkry, lê my na-aan die hart. Wat sou jy graag wou sien moet anders wees ná jou eerste termyn op die Raad? Beslis meer huise vir meer mense. Ek besef dit gaan dalk nie binne die volgende vyf jaar gebeur nie, maar die GAP-behuisingsprojek vir eerste huiseienaars maak my opgewonde – ek sou graag wou sien dat dié projek vinnig vorder. Darling het ongeveer 540 nuwe huise nodig; nie net ‘n ‘hokkie’ nie, maar ‘n huis wat ruimte skep vir sy huismense. Aan elke huidige huiseienaar wil ek net dit sê: ‘Klou vas aan jou huis, waardeer dit en pas dit op! Baie mense kry hul huise feitlik verniet en pas dit dan nie op nie!’ Wie is jou rolmodel(le)? Beslis my ma – sy het dit nie maklik gehad om vyf van ons ordentlik die lewe in te stuur nie! Ek onthou steeds hoe sy altyd gesê het sy is gasvry teenoor almal ter wille van óns: “Onthou – ek maak op dié manier vriende vir julle!” Ook Nelson Mandela, want hy het ons land se mense verenig, ongelukkig het ons politieke voorkeure dié vereniging

geskaad. Wat is jou vreugdes?

Ek is vreeslik lief vir sport en raak baie opgewonde as ons plaaslike rugbyspan wen. Ek kyk graag krieket, gholf en rugby, op die TV of as my seuns speel! TV-nuus en sepies is my vreugdes, en ek kook en bak en lees vreeslik graag. Dis vir my heerlik as ons gesin lekker kan sit en gesels – onthou, ons moet vandág tyd maak vir ons kinders én huweliksmaat, sodat ons nie later verwyte het nie! Jou boodskap aan Swartlanders? Vir ons jeug wil ek sê: Sê ‘NEE’ vir dwelms – dit verwoes lewens in ons gemeenskap! Ons almal is verantwoordelik om ‘n verskil te maak. As ons saam werk, kan ons meer vermag. Vertrou en werk saam met die leiers in ons gemeenskap!

‘n Groep dowe-leerders van De La Bat op Worcester het weer KaapAgri op Malmesbury besoek. Hier is hulle rondgewys en touwys-gemaak oor die bedryf en wat hulle te wagte kan wees indien hulle by hierdie maatskappy sou aansluit. In die middel agter is Corné Fouche van KaapAgri.


28 September 2011

Swaar trap al aan die eenkant Simon van Blerk het al trappende op ‘n rooi poskantoorfiets by die Hoërskool Swartland se matriekafskeid Vrydagaand opgedaag. Hy het al te goed sy balans gehou en vir Maryna Lemmer veilig tot die voordeur vervoer.

courant nuus

die courant

11

VLV gaan groen

Die VLV van Malmesbury is steeds aan die woel met gemeenskapsprojekte. Nie net het hulle in September drie bome by Aandskemering tehuis vir bejaardes geplant nie, hulle het ook hul eie tuine verfraai en só hulle deel gedoen vir Boomplantmaand. Verder het hulle waslappe en seep aan die vrouesaal van die

Malmesbury-hospitaal geskenk, omdat die behoefte aan hierdie gebruiksartikels baie groot is. Op die foto is VLVlede Erina Myburgh, Huibré Retief, Rita Kruger, Marinda Rall (presidente van die VLV Paarl-sirkel) en Helena Visser.

Oktober fokus op borskanker

BO: Martilene Nel en Anru Kirstein het die landbou nagejaag en in ‘n trekker opgedaag. REGS BO: Die stylvolle kelners. REGS: Heleen Malan en Alno Carstens het met ‘n veteraanmotor by die saal aangekom.

Die KANSA-personeel van Malmesbury gaan in Oktober agt funksies aanbied met borskanker as tema. Op 1 Oktober beloof die perderit vir borskanker-bewusmaking by Schoongezichtplaas baie pret, met ‘n shaveton vir jou of jou perd se maanhare @ R10. Trekker- en waritte is ook beskikbaar. Dit begin 9:30 en sluit ‘n heerlike ontbyt en middagete in teen R80 per volwassene of R40 per kind. Bespreek voor 29 September of doen navrae by 022482 1111 (Magdarice) of 079 525 3510. Bring gerus eie stoele en versnaperinge vir die res van die dag. Vrydag 7 Oktober is internasionale Borskankerdag. Mans en vroue kan gerus pienk dra en hul R5’e reghou om ‘n vrolike borskanker-sticker te koop wanneer die KANSA-personeel in pienk deur die dorp stap en besighede besoek.

Op 12 Oktober hou die Portervillegemeenskap ‘n ‘Koppie-vir-Kanker’ by die plaaslike kwekery, met ‘n ‘Pienk’ pretloop 22 Oktober op Malmesbury. Op dieselfde dag hou Yzerfontein-ondersteuners ook ‘n ‘Koppie-vir-Kanker’. Saam met funksies op Lambertsbaai en Citrusdal, bly dié toegewyde personeel baie besig met die inlig van die publiek en voorkoming van kanker. Wees dus op die uitkyk en ondersteun gerus hierdie verdienstelike organisasie in u omgewing. * Die personeel van KANSA het in Augustus en September tydens uitreike in die Swartland ‘n minimum van 800 persone ingelig oor kanker-simptome en 145 papsmere en 157 borsondersoeke binne werksplekke gedoen, in samewerking met die werkgewers.


12

die courant

‘n Welgeklede jongman het verlede maand inwoners van Milleniumsingel ‘n rat voor die oë gedraai met ‘n kollektelys. “Hy het

courant nuus

Waak teen slenter

regtig geklink soos ‘n doofstom persoon en ons almal het hom goed ondersteun, veral omdat daar reeds name op die lys was van

‘n bekende Swartlandse dokter en ‘n besigheid wat bygedra het. “Toe ons begin lont ruik, het ons na die Instituut vir Dowes op Worcester gebel. Dié instituut het ons verseker dat hulle eers behoorlik kennis gee as daar kollektelyste

28 September 2011

in ‘n omgewing versprei word - en dis nie nou die geval nie. Die geneesheer het ook aangedui dat hy nié bygedra het nie.” Swartlanders word gereeld gemaan om bedag te wees op dié persoon, wat glo gereeld met só ‘n slenter vorendag kom.


28 September 2011

Swartlanders vier Erfenisdag

Erfenisdag is Saterdag op Malmesbury gevier, met die klem op danse en disse wat die geskiedenis van verskillende groepe in die Swartland uitbeeld. Tony Brutus van die departement Waterwese en Bosbou was die spreker. Die gumboot dans, die Marimbagroep, die Sotho-jeuggroep, die jeuggroepe van Abbotsdale en Riverlands en die bejaardegroepe van Riverlands

courant nuus

en Moorreesburg het met danse bygedra tot die dag. Later het elke groep sy disse aangebied, wat later beoordeel is.

Jeugsimposium gehou Die Junior Stadsraad van die Swartland Munisipaliteit hou op 5 en 6 Oktober ‘n jeugsimposium in die Malmesbury Stadsaal. Slegs 100 leerders kan geakkommodeer word en inskrywings kan direk by die skole by die junior stadsraadlede gedoen word teen slegs R10 per persoon. Onderwerpe sluit in enterpreneurskap, selfverdediging, gesonde ‘snack-

ing’, ‘n dans- en kookkompetisie en tienerswangerskappe. Die bekende Elsabé Aldrich sal as gasspreker optree. Dit is ‘n simposium aan die jeug deur die jeug en die tema is “Be a Fantastic You”. Skakel me Ilse Loock by tel 0224879400 / 0845883738 of faks 0224879440 / E-mail: loocki@swartland. org.za vir navrae.

Erfenisdag met bome plant en ‘n braai in die parkie – dit was die wenresep van die inwoners van Panorama op Malmesbury Saterdag. Die mense wat rondom die parkie aangrensend tot Skemer- en Toscastrate woon, het vroeër vanjaar besluit om in vennootskap met die munisipaliteit self te begin sorg vir die park. Ter voorbereiding vir die aanplant van 20 bome op dié park Saterdag, het die munisipaliteit 20 gate gemaak en 20 bome geskenk. Twee inwoners wat die leiding geneem het, Christo Koch en Pieter Malherbe, het al die inwoners van die omgewing uitgenooi om Saterdag te deel in die plant van bome. Die opkoms en hulp was goed en teen die aand was al die bome geplant en is Erfenisdag met‘n gesellige braai in die parkie afgesluit.

die courant

13


14

die courant

courant nuus

Zietsmanegpaar groet Swartland

Munisipaliteite pak mekaar Die Swartland Munisipaliteit gaan voortaan ‘n jaarlikse sportdag tussen munisipaliteite hou. Links is René Pretorius (Swartland Munisipaliteit), Abé Johnson (speaker van die Swartland Munisipaliteit), Jacques Salmon (voorsitter Imatu) en Lenny Lakey (Swartland Munisipaliteit). Die trofee is geskenk deur Johnson en staan bekend as die Abé Johnson-wisseltrofee. Die idee is dat die munisipaliteit voortaan elke jaar `n rugbywedstryd teen `n ander munisipaliteit op `n tuis- en wegwedstryd sal speel, en dat die span met die meeste punte aan die einde die wenner sal wees van die trofee. Die eerste wedstryd vind Vrydag teen Stellenbosch Munisipaliteit om 18:00 by die Wesbank sportgronde plaas.

28 September 2011

Ludwig en Susan Zietsman groet Malmesbury Vrydag finaal, nadat hulle onderskeidelik 31 en 37 jaar inwoners van die dorp was. Die egpaar bedank hul vriende en kennisse vir al die liefde, ondersteuning en vriendskap wat hulle hier ontvang het. “Die ‘coffee shops’ op die dorp gaan haar mis,” skerts Ludwig oor Susan. Ludwig het 31 jaar gelede by Bokomo Voere begin werk en tree ook daar af (nou Nova Voere).

Hy was baie betrokke by rugby en krieket op die dorp, was vir 30 jaar lid van die Malmesbury Gholfklub en ook klub-president daar. Susan het vir 26 jaar fiksheids- en water-aërobiese klasse aangebied. Beide glo dis ‘n voorreg om nog gesond te wees en sien uit na die aftrede in ‘n omgewing waar die drie kleinkinders dit saam met hulle kan geniet. “En ons sal die Weskus-koelte hierdie somer beslis kan waardeer!”

Chris Hunsinger, raadslid by die Swartland Munisipaliteit en eerste Swartlander wat tot die Uitvoerende Provinsiale Bestuur van SALGA aangewys is, is Vrydag verkies tot voorsitter van die MIS-komitee (munisipale infrastruktuur en dienste). SALGA verteenwoordig Suid-Afrika se 278 munisipaliteite en dien in tydperke van vyf jaar.

Kontak ons met jou goeienuus by 022 487 3221 of epos jou wenke na admin@diecourant.co.za


die courant Persoonlik

1

Te Koop For Sale

6

• PRIVAAT SPEURDER - Alle ondersoeke. Skakel George 079 368 3097 -------------------------• RAAI WIE WORD 21?

Geluk met 21ste verjaarsdag op 6 Oktober 1990. Mag God jou ryklik seën ons prinsessie. Van Ma, Pa, Aubrey, Elmarie, Charlotte en Brian.

Gesoek Wanted

4

• GEWEER GESOEK Ou 308 Enkelskoot Bisley geweer vir kontant koper. Tel: 072 390 8007

Te koop For sale

6

• LEKKER DROË NAMIBIESE DORINGHOUT - 20kg sakke teen R35elk. Groter bestellings welkom. Minimark Kafee, Malmesbury 022 4821386 / 082 774 3691. -------------------------• OPGEBOUDE SLEEPWAENTJIE - Te koop. R3500. Skakel 082 652 1857 -------------------------• CLIVIA PLANTE Groot blomplante. Oranje of Geel. 022 482 2677 of 083 288 5172 -------------------------• KWALITEIT SLAAP KUSSINGS - Te koop. 800gr @ R120elk. Kontak 078 502 7405

Te Huur To Let

7

• 2 x ONGEMEUBELEERDE KAMERS - In huis. 1 met lugreeling @ R1400 per maand. 1 sonder lugreeling @ R1300 per maand. Albei het volle toegang tot alle geriewe + swembad asook binne parkering. Krag @ R250pm of meer. Afhangend van die verbruik met water. Geen troeteldiere. R700 deposito vooraf betaalbaar. Epos Juanita.nel@absa.

co.za of skakel Ria 082 682 7198 -------------------------• 3SLAAPKAMER HUIS - 2Badk, Dmh, Binnebraai, Igk. R4400pmaand. Onmiddellik beskikbaar. Kontak Bianca Turner 022 487 2824 of 073 264 4112. -------------------------• PROPERTY SELLERS - R5800 - 4Slaapkamerhuis + Dmh, R4200 - 3Slaapkamerhuis + Emh semi kompleks. Skakel 022 487 1264

Voertuie

9

• VOERTUIE - Wil jy ‘n voertuig koop of joune verkoop? Kontak Jaco 083 227 5937

Dienste Services

12

• SONBED - 10 tan sessies R150. Los sessies R18. Almal tot 80kg welkom. 6vm - 10nm. Hannelie. Skakel 073 423 8849 -------------------------• SKOONMAAK VAN ERWE - Vir die skoonmaak van erwe, en wegry van tuinvullis. Skakel vir gratis kwotasies. Kontak Jaco 083 227 5937 -------------------------• MS’S MIN SKOONMAAKDIENSTE - Skoonmaak van huise en kantore. Kontak Elsabe 078 381 9953 -------------------------• ANDA’S MUGS - Sit foto’s of embleem op bekers teen R40. Kontak Amy 083 301 2346 -------------------------• VERWYDERING VAN BYE - Uithaal en verwydering. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787 of 022 482 2767 -------------------------• NEGOSIKAS - Versamelaars paradys. Koop en verkoop. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 -------------------------• ABC PARTYTJIES - Kindertemapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@gmail.com of www.abcpar-

tytjies.weebly.com -------------------------• HOUTVLOERE - www.woodstripper.co.za Skuur en behandel van houtvloere, deure en rame sowel as bou en verfwerk. Skakel Phillip 082 261 0770 -------------------------• BLINDINGS - Verkoop en installeer van alle soorte blindings. 082 788 7210. -------------------------• FREE BALLROOM, LATIN AND SOCIAL DANCING FOR ALL!! - Friday 30 Sept 11, 19:00 till late. Bring friends and family. 072 458 0393 Lizle van Heerden -------------------------• MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDSHEKKE Herstelwerk & verkope, asook “automations”. Derick 082 804 4550

Diere Animals

15

• JONG, PITBULL TEEF - Opsoek na Goeie nuwe huis. Kontak Bergzicht Dierehospitaal by 022 482 2399 -------------------------• HASIMO BOARDING CATTERY Exclusive Holiday accommodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Dalene @ 072 525 0725. -------------------------• SHARPEI TEEF Opsoek na haar huis / nuwe huis? Ek

mini gigs

is cream, jonk en ‘n plesierige ekstrovert. Ek is 2weke terug raakgery naby Malmesbury Kwekery. Ek, en almal wat my ontmoet kan nie verstaan hoekom soek my mense nie na my nie? Vanaf die ongeluk herstel ek by Bergzicht Dierehospitaal. Enige navrae of inligting kontak, 022 482 2399

18

Betrekking

• LUTEA PARFUUM 134 geure om te bemark! Uitstekende kommissie! 083 655 0445 / madrigrobbelaar@gmail.com, www.luteaperfume. co.za -------------------------• VERDIEN GELD IN DIE EERSTE WEEK - Verdien R720 in jou eerste week. Gewaarborg!! En tot R1440 per dag binne jou eerste maand. Data Entry werkers word benodig om vorms in te vul met of sonder rekenaar. Eie ure. Sms u naam en adres vir volledige info brosjure na 071 266 7294 -------------------------• AMBIANTÉ EN PNA - Op Malmesbury benodig die dienste van winkelassistente. Handig CV’s in by PNA of Ambianté De Bronsentrum, Malmesbury.

Skakel ons gerus by 022 487 3221.

& dienste


courant agterblad

die

swartland en weskus

28 September 2011

Enjins dreun en wiele rol in rally

Die jaarlikse Swartland Rally het die naweek weer die stof laat spat soos renjaers voet in die hoek gesit het.

Op Langgewens buite Moorreesburg het die jaers die grondpaaie behoorlik uitgetoets.

BO: Die Volkswagen S2000 Polo, het stof in sy teenstaanders se oë geskop.

Schoonspruiter by Sewes Mashé Alias, graad 11-leerder van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, is opgeneem in die Wes-Kaap se o.17 sewes rugbyspan. Die span neem die vakansie in die Limpopoprovinsie aan die provinsiale kampioenskappe deel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.