Die courant 299 (26 november 2014)

Page 1

courant

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

swartland en weskus Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

26 November 2014

Uitgawe 299

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

• KOUE WATERS STUIT HUL NIE

gebly om ‘n riometer vir Suid-Afrika te ontwerp, waarmee die ionosfeer afgeneem word. Later is hy terug Antartika toe vir ‘n paar maande om dit te gaan installeer. Sanae was die ou Noorweegse basis op Antartika. Op 1 Desember 1959 het Suid-Afrika saam met elf ander lande die Antarktiese Verdrag geteken en later dié jaar het die eerste SA Nasionale Antarktiese Ekspedisie (Sanae), daarheen vertrek. Elke ekspedisie bestaan onder meer uit ‘n dokter, twee dieselwerktuigkundiges, ‘n elektriese ingenieur, ‘n meganiese ingenieur, ‘n elektroniese ingenieur, ‘n senior weerkundige en twee fisici. Geestelik en emosioneel stel die ekspedisie hoë eise: Die winter is tien maande lank en dan is dit donker, met net twee tot drie ure per dag se skemerlig. Maart is normaal, maar in die somer is dit heeltyd lig.

Johan en Morgan O'Kennedy is op pad na Antarktika.

D

Neefs na Antarktika

aar is dromers en doeners in die lewe. Die O’Kennedy-neefs van die Weskus het hulle drome in doen omskep. Avontuur is in hul bloed en op die oomblik spel dit Antartika. Oor ‘n week vertrek die twee Suidpool toe om vir 15 maande op die Sanae-basis te werk. dié courant het by hulle gaan inloer om oor die ekspedisie te gesels. Morgan, wat van Porterville af kom, en Johan het by dié se ouers op Malmesbury voorberei vir die tog. Die opgewondenheid is duidelik, maar die praat is maar min. Gelukkig kuier die pa’s saam en met die hulp van ds Johan en sy broer, Tommy, kon ons darem die slimheid agter die skigtigheid agterkom. Johan (26) het geologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ná ‘n honneurs het hy eksplorasiewerk by ‘n Zambiese myn gedoen.

Hy het altyd in die natuur belang gestel en was ‘n Voortrekker op skool en universiteit. Vir hom is Antarktika die laaste bastion, ‘n stukkie ongerepte natuur wat nog behoue gebly het. Natuurlik was dit vir hom ‘n groot aansporing om saam met sy neef die avontuur aan te pak. Dit is Morgan (30) se derde ekspedisie en hy is vanjaar ook die leier van die oorwinteringspan. Hy het elektroniese ingenieurswese op Stellenbosch studeer en in 2008 was hy die eerste keer lid van dié span. Morgan is ‘n kenner van selfoon-tegnoglogie en hy het twee jaar in Oos- en Wes-Afrika, asook Saoedi-Arabië gewerk. Hy het ‘n groot belangstelling in sterrekunde en het dan ook gaan data insamel vir Potcefstroom Universiteit se ruimtefisika-program. Met sy terugkeer in 2009 het hy by hulle aan-

“Ek glo hulle maak seker van die mense wat op die ekspedisie gaan, maar dié twee se koppe is sterk,” sê Tommy. Morgan vertel dat ‘n mens se Godsbesef versterk word deur hierdie onherbergsame wêreld waar geen mens dit sonder tegnologie sal kan oorleef nie. Daar is ook min dierelewe: aan die kus is daar nog Keiserpikkewyne en robbe te sien, maar dieper, waar die basis is, is daar net stormvoëls te sien. Die laaste woord behoort aan Johan, met ‘n aanhaling deur Andrew Denton: “If Antarctica were music it would be Mozart. Art, and it would be Michelangelo. "Literature, and it would be Shakespeare. "And yet it is something even greater; the only place on earth that is still as it should be. May we never tame it.”

Nuwe hoop vir Jo Dolphin

Nuwe kampioen vir Meesters

Eeu van geluk gevier

NUUS • NEWS

26 November 2014


NUUS • NEWS

2

26 November 2014

Paradyskloof weer later onder die hamer Die Paradyskloof-ontwikkeling op Moorreesburg se veiling sal later in Desember geskied, wanneer Rawson Auctions getekende huurooreenkomste van die huurders in hul besit het. Dié ontwikkeling, waarvan slegs die inkopiesentrum onder die hamer sou kom, sou Woens-

dag opgeveil geword het. Rawson Auctions het bevestig dat daar wel belangstelling was, maar dat hulle eers die nodige dokumentasie benodig, voor dit weer op 17 Desember om 12:00 by Rawson se hoofkantoor opgeveil sal word. Navrae: Tanya Jovanovski, 082 411 9599.

Honderd: John Solomon met sy verjaardagkoek. By hom (van links) is Lesley Charles (kerkbroer), me Lizzie Louw (Goue Aar) en pastoor Hugo Naudé van die Sewendedag-Adventiste.

• WORTELS IS DIE GEHEIM

Eeu van geluk

Graduation:

Here are pastor Shaun Schwartz, dr Andrew Mesani, dr Gerhardus Titus, pastor Shelton Swigelaar, dr Johan Grobler, dr Manie de Bruyn, dr Hannes Janse van Rensburg, Estiene van der Walt en dr Eva Jafta. Photo: David Howburgh

Gospel students graduate The Christian Leadership Academy in Malmesbury exists to glorify God, says pastor Andrew Mesani of the Full Gospel Church. "In this we extend His Kingdom in this world by serving the Church of Jesus Christ, firstly in South Africa, but then also in the rest of Africa, to train and inspire Christian leaders from all strata of life to effectively reach the world with the Gospel and build up the Church." Their motto: "Equipping the Body of Christ to

fulfill purpose and achieve destiny". During their graduation ceremony they awarded the following qualifications to prominent church leaders: Pastor Schaun Swartz received a Bachelor of Ministry, while pastor Andrew Mesani, pastor Manie de Bruyn, Pastor Gerhardus and Mrs Eva Jafta received their Doctor of Ministry degree. The ceremony took place on Saturday afternoon at the church in Freesia Avenue.

Daar is nog veerkrag in sy tred, maar dit is die kyk in sy oë, die lééf, wat jou laat besef dat hy kan terugkyk op baie meer jare as al die mense wat vandag hier byeen is om John Solomon se honderdste verjaarsdag te vier. Dit was bloedig warm Saterdagmiddag in die VGK-saal in Wesbank, waar die SewendedagAdventiste die feesviering gehou het, maar oom John het elke oomblik geniet. Pastoor Hugo Naudé het 'n kort boodskap gebring uit Psalm 9 en toe bygevoeg dat dit 'n voorreg is om dié mylpaal met hom te deel. "Dit is wonderlik om hom te sien met nog so baie skop." Oom John het met 'n effense glimlag na alles geluister. Hoewel hy effens met sy gehoor sukkel, het 'n mens tog op sy gesig gesien dat hy verstaan en waardeer wat gesê word. Familie en oud-lidmate het die dag bygewoon. Oom John geniet nog goeie gesondheid - hy gee sommer 'n paar danspassies as daar van 'n

mooi meisie gepraat word. Die geheue is nie meer wat dit was nie. Hy weet hy is op 23 November 1914 in die Oos-Kaap gebore, moet net nie die dorp se naam vra nie. Sy skooldae by Livingston en die lang stap elke dag Kensington toe en terug, onthou hy egter goed. Ook die jare wat hy by die Barkerskoenfabriek in Maitland gewerk. Hy kyk af: "Ek dra nog vandag Barkers!" Sy vrou se naam ontgaan hom, maar hy glimlag oor sy dogter, vier seuns en meer kinders en kleinkinders as wat hy kan onthou. Oom John het in sy negentigs nog motorfietsgery, en toe dit te vinnig word, het hy oorgeslaan fiets toe. Elke dag was hy Epping-mark toe, waar hy gaan groente koop het. Hy woon die afgelope jare in die Goue Aartehuis en hier vroetel hy nog steeds in die tuin. Sy geheim vir 'n lang lewe: "Moenie rook nie en eet wortels, veral wortelsap!"


NUUS • NEWS

3

26 November 2014

bring altyd verandering en groei in my.” Hy het sy boodskap gebring aan hand van die bekende verhaal in Markus 5 oor die dogtertjie van Jaïrus wat deur Jesus uit die dood opgewek is. “Die mense het vir Jaïrus gesê sy kind is dood, maar Jesus het gesê sy slaap. Slaap beteken herstel en groei, net so sal Jo Dolphin beter terugkeer. Jo Dolphin berei hom voor vir die grootste wonderwerk nog. “Jesus het net ‘n paar mense saam geneem en net so moet die bestuur nou vorentoe beweeg met die regte mense, mense die regte perspektief en ingesteldheid. “Die volgende paar maande gaan vra dat hulle brutaal eerlik moet optree, dit gaan pynlik wees. “In my is verandering seker. Die Jo Dolphingesin sal, moet dien en doen met oorgawe. Bepaal wat gedoen moet word en hoe moeilik ook, doen dit.” Goliath het in haar bedanking om verskoning gevra: “Maar ek gaan nie toelaat dat enigeen die vereniging verder afdruk nie. “Ek vra die gemeenskap: ondersteun ons, bid vir ons, julle weet nie wat ons deurgaan nie. Maar ons gaan die piek bereik wat ons gestel het.”

•"HOOP IN 'N TYD VAN DUISTERNIS"

Jo Dolphin is steeds vol moed

Die voorsitter het in ‘n laaste woord die donateurs bedank vir hul begrip en volgehoue ondersteun. “Dan wil ek ook vir Hetta Scott bedank. Sy was vir ons ‘n ontladingsklep en dit is reg, sulke mense hou ons op ons tone. “Ek wil u verseker, daar gaan nie meer gesit word nie. Ons sal doen, ons moet dien: so sal ons die wa deur die drif trek.” Die huidige bestuurskomitee is net so behou en die gemeenskap is verseker dat ‘n spesiale jaarvergadering gehou sal word sodra daar ‘n uitslag van die forensiese ondersoek is.

Johnny Philander, die spreker by die jaarvergadering (links agter), saam met die komitee. By hom staan Reggie van der Westhuizen, Jacques Swarts, Elsabe Sheldon, Mariheleen Basson en Heidi Myburgh. Voor sit Maude Goliath, pastoor Cecil Errens, Jaco van der Merwe en Cathy Solomon. Jo Dolphin se groot avontuur lê nog voor. Met hierdie woorde het motiveringspreker Johnny Philander verlede week die effe-morbiede atmosfeer by dié vereniging se jaarvergadering in ‘n oogwink omgekeer. Daar was nie veel mense by die jaarvergadering nie, hoewel die bestuurskomitee man en muis teenwoordig was. Die komitee het op 31 Oktober ‘n persverklaring uitgereik oor beweerde ongerymdhede by dié sentrum vir leerders met fisiese en verstandelike gestremdhede. Die sentrumbestuurder is op 19 September geskors met volle vergoeding, nadat bewerings van diefstal en bedrog rugbaar geword het. Die jaarvergadering is die eerste geleentheid waar die komitee die gemeenskap in die oë moes kyk. Aanvanklik het alles Donderdagaand ordelik verloop: pastoor Cecil Errens, die voorsitter, het die geleentheid geopen, Cathy Solomons het die notule voorgelê. Die voorsitterverslag het niks onvoorspelbaars opgelewer nie: daar is verslag gegee oor fondsinsamelings, bemarking, die beoogde bouprojek, personeel, leerders en doelwitte. Volgende op die agenda was die finansiële verslag en die spanning in die saal het nou dik gelê. En toe die anti-klimaks: die verslag is vir die tydperk 1 Maart 2013 tot 31 Maart 2014 en volgens ouditeur Chris de Jager was die vereniging se sake in ‘n goeie toestand. Soos verwag, kon daar niks gesê word oor die huidige wolk wat oor Jo Dolphin hang nie: die saak word nog ondersoek en enige feite is sub judicae. Vir gemeenskapsaktivis Hetta Scott was dit net te veel: “Ek is bekommerd. Elke jaar word gesê dit gaan goed met die finansies. Dit kom

nou al hoeveel jare aan en ek dink nie ons kan vanaand ‘n jaarvergadering hou nie.” Ander mense het haar halfhartig ondersteun, maar die voorsitter was beslis: “Ons kán en móét jaarvergadering hou.” Maude Goliath het perspektief en kalmte gebring: “Ons sit nagte om om sake reg te ruk en ons gaan nie toelaat dat hierdie vergadering ontwrig word nie. Ons het nie gekom om spektakels te wees en klippe te gooi nie.” Nog ‘n komiteelid, Elsabé Sheldon, het haar ondersteun: “Ons sit nagte om om reg te maak. “Vat ons hand,” het sy gepleit. “Ons het gestruikel, maar ons het geleer uit ons foute. "Die nuwe sentrum gáán gebou word, God gaan dit moontlik maak.” In hierdie stadium het Scott uitgestap en die mense wat agtergebly het, het rustiger geword. Sr Harriet Solomon, alombekend en bemind in die gemeenskap, het haar by die bestuur geskaar: “Jo Dolphin het al baie storms deurgegaan en met die hulp van die Here is hulle nog aan die gang.” Sy het vertel hoe hulle met vyf kinders begin het: “Deur genade gaan ons nog voort. Ons as gemeenskap is daar om mekaar te help.” Op hierdie noot het Johnny Philander soos die spreekwoordelike ridder op die witperd opgedaag. “Hoop in ‘n tyd van duisternis”, was die onderwerp van sy praatjie. “Hoop is die verwagting of geloof dat daar iets goed in die toekoms gaan gebeur. As Christen is die Bybel vir my die aanduiding van ‘n sekerheid dat dit beslis sal gebeur.” “Hoop is nooit passief nie. Dit staan op drie bene: Die eerste is perspektief, wat sien ek. Tweedens; wie neem ek saam en derdens; dit

Santa’s Choice in Meat

THE BEST FOR FESTIVE SAVINGS!

FESTIVE HAMPERS: Boneless Gammon, Corned Beef and Corned Tongue. BONELESS GAMMON:

56.99 59.99

DELI

p/kg

p/kg

Pork Rashers (Plain or Spiced)

56.99

p/kg

6kg Chicken Freezer Bag

164.99

Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 26 November until Saturday 29 November 2014. While Stocks Last. E&OE

p/bag

Calvinia Braaiwors

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

39.99 p/kg

Sandwich Ham

4.29

per 100g


4

courant

dié

--

Gee, gee van jouself, maar GEE

Ons nader Kerstyd. 'n Tyd van omgee. 'n Tyd van gee. Gee... wat gee jy? Vir wie gee jy? Om te gee is maklik. Gee iets, draai om, loop weg... Laat dit agter jou, want jy het mos nou jou deel gedoen, volgens jou. In ons omgee-streek is daar nie 'n tekort aan mense wat gee nie. Ons gee graag. Ons beursies en hande is oop, tot op 'n punt. Gee bietjie van jouself. Van jou tyd. Van wie jy is, waarvan jy aanmekaar gesit is. In 'n hospitaal ver van haar huis, veg 'n pragtige krulkop-dogtertjie vir haar lewe teen die nare monster wat ons ken as die "Groot K". Sy het nodig. Nodig om liefde te hê. Nodig om te voel dat alles weer sal goedgaan. Dat sy weer buite sal kan speel. Met haar poppe in die modder kan baljaar. Dat sy weer 'n gesonde kind sal wees. Min dinge in die lewe gryp my so aan soos 'n weerlose kind. Perfek geskape, maar soms met 'n afwyking wat so baie vrae in my kop laat ontstaan. Ek wil gee. Ek wil van myself vir haar gee. Haar vertroetel. Storie lees, legkaart bou. Haar wys dat daar nog baie geluk op haar wag. Dis nie ons taak om ander se laste dra nie, maar ons kan probeer. Ons kan probeer om 'n verskil te maak. In ons geledere sit ons met omgee-mense soos Ray van Rooy, Marina van der Merwe, die Laerskool Swartland wat kospakkies gegee het vir die ACVV om 'n honger magie te stil, Elrika Lesch wat van haar liefde gee vir die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes. Ons gee. Ons gee graag. Gee, sonder om terug te verwag. Gee, sonder om met die liniaal te staan en wag om te meet wat ons kan terug ontvang. Gee jy dan onvoorwaardelik? Nee, dan gee jy eintlik net vir jou eie gewin. Om te gee is die grootste geskenk wat jy vir jouself kan gee, so GEE!

NUUS • NEWS

26 November 2014

Gehoortoetse nou plaaslik gedoen Primêre Gesondheidsorgdienste in die Weskus-distrik het ‘n hupstoot gekry met ‘n splinternuwe oudiologie-eenheid by die Malmesbury Gemeenskapsdagsentrum (CDC) in Wesbank, Malmesbury. Hierdie eenheid sal vier van die vyf Gesondheid Sub-distrikte bedien, naamlik Swartland, Bergrivier, Cederberg en Matzikama. Saldanha Sub-distrik se oudiologie kliënte sal steeds, soos voorheen, na die New Somerset Hospitaal se oudiologieeenheid verwys word. Zita-Lynn Edwards, oudioloog vir die Weskusdistrik, is in beheer van die eenheid. Sy sal gehoortoetse doen vir oud en jonk en ook gehoorapparate pas en instel. Die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Theuns Botha, het by navraag gesê dat hy baie trots is daarop dat die diens nou beskikbaar is vir die mense van die Weskus en ook op die vennootskapsbenadering van die projek. “Ek sal ‘n oog hou oor die vordering met siftings en meer spesifiek die uitkomstes. Hoe meer identifiserings ons nou kan doen, hoe beter die spraak- en gehoor-uitkomste in die toekoms. Dit is belangrik dat kinders met gehoorverlies so vroeg moontlik geïdentifiseer word. “Ek is baie opgewonde oor die feit dat ons ons fokus nou verskuif na nievoorkombare siektes. “Baie gestremdhede, insluitend spraak- en gehoorprobleme word geïdentifiseer wanneer babas en kleuters roetine ontwikkeling-sifting ondergaan.”

Zita-Lynn Edwards, oudioloog, toets 'n pasiënt se apparaat. Ouderdomsverwante gehoorverlies kom by volwassenes voor, veral ouer persone en die volgende tekens van gehoorverlies kan voorkom: Wanneer jy gereeld vir mense moet vra om hulself te herhaal wanneer hulle met jou praat. Wanneer jy agterkom dat jy die volume van die televisie of radio opdraai na vlakke hoër as normaal. Wanneer jy gereeld gedeeltes van gesprekke mis. Wanneer jy ‘n luiende sensasie in jou ore ervaar (tinnitus). Wanneer ander mense vir jou sê dat jy hard praat. Persone wat enige van die bogenoemde aanduidings ervaar, kan hul plaaslike kliniek of gesonheidsfasiliteit besoek waar hulle na die oudio-

logie eenheid verwys sal word. ‘n Afspraak sal vir die kliënt gemaak word waar die oudioloog ‘n gehoortoets sal doen. Sou die kliënt kwalifiseer vir ‘n gehoorapparaat, sal ‘n opvolgafspraak vir passing gemaak word waar die kliënt ook geleer sal word hoe om die gehoorapparaat te gebruik. Jaarlikse opvolgbesoeke sal ook geskeduleer word om te verseker dat die gehoortoestel in 'n werkende toestand bly en om aanpassings te maak vir verdere gehoorverlies. Die oudioloog is ook opgelei om gehoorapparate te diens en herstel. Vir meer inligting rakende die oudiologie-eenheid, kontak me Zita-Lynn Edwards by 022 846 8000 of e-pos: Zita-Lynn.Edwards@westerncape. gov.za.

Wenners van Rocco-kaartjies

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Why remember Christmas? Well everyone knows, by now, that December 25th was not the date Christ was born! Everyone surely recognises that this is not even the right ‘season” of the year for His birth Then why would a Christian honour a day that is incorrect? Further, there are many who give us good reasons to ignore Christmas They point out that it has become Materialistic, Hedonistic (just about pleasure) & Commercialised! Yes, these things are true enought but might I suggest for those of your who are proverbial “Scrooges” could Christmas as a season be giving us an opportunity to give glory to God in the highest! This is a season when people habitually think of Christ… even those who are not Christians or who tend to forget Him most of the rest of the year. Christ offers them genuine Peace - if they place their trust in Christ and His atoning work on the cross… for their salvation! Christ came from Heaven out of goodwill toward all men. Let us be careful - if we are genuine Christians to communicate our love and concern for all men - then they will know that we are His witnesses of grace, faith, hope and love!

Die gelukkige wenners van twee dubbelkaartjies na Rocco de Villiers se vertoning op 3 Desember op Malmesbury is Christien Albertyn van Riebeek-Kasteel en Annalene de Villiers van Porterville.

Klassieke Kersfees vier fees

Mense kom jaarliks van heinde en verre om die produksie Klassieke Kersfees op die Paarlberg by te woon. Dis nie net die begeesterde musiek wat hulle lok nie, maar ook die pragtige uitsig vanaf die Liqui-Fruit Amfiteater en die gesellige atmosfeer met hope kos- en wyn-stalletjies. Die konsert, wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word, spog met vyf van die land se top-kunstenaars, almal met unieke stemme. Jannie Moolman en Zanne Stapelberg is reeds sedert die eerste jaar deel van die konsert. Vir Cobus Snyman sal dit die twee-

de keer wees wat hy sy buiging maak by Klassieke Kersfees. Hy was die groot verrassing by verlede jaar se konsert en het die skare op hul voete gehad met sy rasperstem, wat baie klink soos dié van Bryan Adams. Die twee nuwelinge vanjaar kom al die pad van Gauteng af. Corlea Botha en Robbie Wessels sal sorg vir ‘n interessante dimensie en die gehoor kan uitsien na ‘n paar van hul gewildste treffers. In baie gevalle sal dit slegs by Klassieke Kersfees wees waar dié kunstenaars saam as groep sal sing.

Heelwat duette is ook ingesluit in die program, insluitend Cobus en Zanne se weergawe van “White Christmas” en Jannie en Corlea se vertolking van “Vivo per Lei”. ‘n Deel van die inkomste van die konsert, wat aangebied word deur Tygervallei-sentrum, word vanjaar aan Die Burger se Kersfonds geskenk. Kaartjies, wat wissel tussen R130 en R150, is beskikbaar by www.cultivaria.com of by Computicket. Dis ’n aand vir die hele gesin – so kom dus vroeg en geniet die sonsondergang vanaf Paarlberg.

Regstelling oor naam: In verlede week se uitgawe van dié courant is daar verkeerdelik in 'n onderskrif verwys na Hanlie Rautenbach wat aangestel is as departementshoof by Laerskool Swartland. Rautenbach se korrekte naam is Chanah. Die skoolhoof, Kallie Rautenbach, het aan dié courant bevestig sy het haar naam verander na Chanah - die Hebreeus vir die Bybelse naam Hannah.


NUUS • NEWS

5

26 November 2014

Moorreesburg SAPD hou veldtogte Paraat:

Kst Kurt Erasmus, insp Adam Philander, lt-kol AP Conradie, sers Nicolette Visagie, kst Arthur Adonis en agter me Annalise Visser was deel van die optrede.

Moorreesburg SAPD, Verkeer en Wetstoepassing het, in samerwerking met die gemeenskapspolisiëringforum, ‘n bewusmakingsveldtog gehou. Pamflette oor seksuele aanranding,

mishandeling en inligting oor prosedure hoe om aansoek te doen vir ‘n beskermingsbevel is aan lede van die publiek uitgedeel. Verkeer en Wetstoepassing het roeti-

Die Lionsklub van Moorreesburg en Helena Jordaan hou vandag ‘n saam-kuierbuurt-basaar-veiling by Plaas Tannie op Onbedacht. Dit is ten bate van Lounigue Carstens (21 maande) wat met leukemie gediagnoseer is. Die meisietjie is in Tygerberg Hospitaal waar sy aggressiewe behandeling vir die volgende sowat agt maande gaan ontvang. "Die vriende, bure en kennisse van die Carstens-familie wil graag help om die lewe van hierdie enkel-ouer en dogtertjie net ‘n bietjie makliker te maak,”

het Helena aan dié courant vertel. "Daarom het ons met die Lewe vir Lounique-projek begin. Hiermee wil graag ‘n bydrae maak tot die daaglikse behoeftes van ‘n klein dogtertjie se lewensbehoeftes tydens haar hospitalisasie." Helena sê almal is welkom vandag van 18:00 af. Geniet ‘n ligte ete, kuier saam, skaf produkte vir die vakansie aan en die manne kan ‘n slag hul wynversameling aanvul met die eksklusiewe versamelaarswyne wat opgeveil gaan word. Ete-kaartjies beskikbaar by: Luzaan

Lewe vir Lounigue

ne voertuig-inspeksie gehou. Sowat 46 voertuie is afgetrek en twee boetes van R1000 en R500 is uitgeskryf. Daar is ook pamflette by die Moorreesburg en Koringberg gemeenskapsgesondheidsdienssentrumsuitgedeel. • Moorreesburg SAPD het die afgelope week deursoekingslasbriewe uitgevoer en beslag gelê op groot hoeveelhede dwelms. Altesaam 276 takkies khat, 10 mandrax pille, 24 stoppe, 2 pakkies, 24 bankies en los dagga is gevind. Ses mense is ook in hegtenis geneem.

Smit (083 225 5773), Mollie de Villiers, (083 650 7713), Helena Jordaan (083 317 5536), Lou-anne Carstens (083 336 9339). "Donasies van produkte sal waardeer word. "Alles sal aanvaar word: groente, vrugte, verwerkte produkte, enigiets is welkom!" Versamelpunte: Mooreesburg: Luzaan Smit, (083 225 5773) HMOmeubels; Riebeek: Mollie de Villiers, (083 650 7713) Riebeek Pick Pay; Plaas: Helena Jordaan (083 317 5536) Onbedacht.

Prematuur:

Personeel van Kaap-Agri op Malmesbury is in pers getooi ter viering van die onlangse Wêrelddag vir Vroeggebore Babas. Vroeggebore babas word voor 37 weke van swangerskap gebore, in plaas van die gewone 38 tot 42 weke. Die oorsake van vroeggebore babas verskil, maar in die meeste gevalle is dit onbekend. In die Wes-Kaap weeg sowat 20% minder as 1500 gram, minder as die helfte van ‘n normale baba. Die personeel het ook gebreide en gehekelde mussies aan hospitale in die Weskus geskenk.

Kuier saam vir Aandskemering Elrika Lesch van Malmesbury bied more 'n fondsinsameling vir die Aandskemering tehuis vir bejaardes op dié dorp aan.

Juanita en Danie Malan van Allesverloren gee die perseel gratis. Gwendoline Kriek en Anita Steyn sal die gaste bederf. Sjef Bertus Bester van Allesver-

loren sal kos, sap en wyn voorsit teen R200 elk. Die opbrengs van die oggend gaan vir die opgradering van die interkom¬stelsel van die tehuis.

Safari: Private Safaris het onlangs die leerders van Chatsworth Primêr bederf as deel van hulle korporatiewe verantwoordelikheid. Foto: Derrick Young


NUUS • NEWS

6

26 November 2014

Fancy yourself a gourmet chef?

Die laaste koring in die Swartland word van die lande gehaal en die omgewing is in goud getooi.

Fancy yourself a gourmet chef? Then the third Riebeek Valley Cook-Off is the place to prove it. The cook-off takes place on Saturday in The Secret Garden, Riebeek Kasteel at 15:00 (weather permitting). Now open to anyone to anyone with a taste for good food. Bring your ingredients, your pots and pans, your Weber, your potjie or your braai drum or your gas braai and come cook. Participation is R50m payable when your en-

try is accepted. No electricity may be used and all preparation and cooking must happen on site, from 15:00 to 18:00. No formal plating, but you need to cook enough for at least 20 tastings portions of 50gr. Tasting plates, forks and serviettes will be provided. Your dish must be paired with a wine from the Valley, which you need to source. The tasting public will be your judges. To enter, send an email to allan@kasteelberg. com.

Uithourit met 'n 'twist' 'n eerste vir Swartland

Uithouvermoë is uithouvermoë: of dit nou perdry, fietsry of draf is. Dit is hoekom die Swartland Uithouritklub besluit het om dié drie sportdissiplines in 'n unieke byeenkoms te verenig op Saterdag 24 Januarie 2015 by Môreson naby Malmesbury. Hulle wil perde-uithouritte kombineer met ruiters, drawwers en fietsryers wat as spanne deelneem - al drie die deelnemers moet hulle onderskeie afstande suksesvol voltooi om in aanmerking te kom vir pryse. Jacques Augustyn, een van die organiseerders, is die voorsitter van die Swartland Uithouritklub en ook Hoof Ritmeester van ERASA (Endurance Ride Association of South Africa). "Só ‘n byeenkoms is so ver ons weet, nog nie in Suid-Afrika gedoen nie en die gedagte is

dat dit n dag van pret en ontspanning sal wees en dat die verskillende dissiplines van mekaar se sporte moet leer." Die spanne sal saam wegspring op Môreson en weer daar eindig. Die res van die wedren volg hulle drie verskillende roetes: die perde oor 60km, die fietsryers oor 40km en die drawwers oor 15km. Die Swartland Uithouklub het sy ontstaan in 1993 oor ’n glas koeldrank op Piketberg gehad. Een van die stigterslede was die bekende ruiter, Corny de Villiers. Die klub het op die oomblik 48 lede. Inskrywings open op 1 Januarie en belangstellendes kan op die webblad www.xrc.co.za inskryf. Navrae kan ook aan Augustyn gerig word by 083 753 4487.

Nuwe onder-voorsitter: Alan Zondagh van RPC op Riebeek-Wes is gister

verkies as die onder-voorsitter van die Kaapse Weskus Swartland Toerisme-vereniging. Hy volg Jonothan Brand, ook van die Riebeekvallei, op wat bedank het, omdat hy beplan om te emmigreer.

Suurstof:

Die Moorreesburg Lions klub het onlangs dié suurstofmasjien aan Huis Moorrees oorhandig. Van links is Dawn Fisher (Afrox), suter Alta Malan, Niel Hanekom (verteenwoordiger:beheerraad), Helena Jordaan (Lions), Ian Koch (swartland skoubestuurder) en Anton Roux (Lions-president).


NUUS • NEWS

7

26 November 2014

Amos Schreuder wen tweede Malmesbury Meesters

Philip Faure van RSA Agri-Makelaars (links) het die groen meesters-baadjie aan die wenner van 2014, Amos Schreuder, oorhandig. Hy wen met 'n telling van 44, een hou onder die baansyfer. Die wenner van die vorige jaar, Johan Ackerman, kyk toe.

Mark Johnston slaan af op 8ste bof.

Marius van Wyk slaan op die 17de bof af terwyl sy spanmaats die bal dophou. Die tweede RSAM Malmesbury Meesters is die afgelope Saterdag gehou. Die opkoms was goed met 108 spelers wat die dag op Malmesbury se gholfbaan, wat in ‘n uitstekende toestand was, kom speel het. Ten spyte van die temperature wat in die middel tot hoë dertigs was, was die gholf ook baie warm en is verskeie goeie tellings aangeteken. Dit sluit in 43 punte deur André Schillig vir ‘n derde plek en 44 punte deur Donovan Visser vir ‘n tweede plek. Die wenner van die dag en die nuwe RSAM Malmesbury Meesters Kampioen is Amos Schreuder. Amos het ‘n uitstekende dag beleef deur vanaf ‘n 7 voorgee ‘n bruto telling van een onder baansyfer te speel en in die proses 44 punte aangeteken. Op die tweede nege het hy slegs 12 sette benodig. Ongelukkig kon niemand ‘n Volmaakte Gelukhou op die 15de gat speel nie, dus is die Toy-

ota Etios wat Malmesbury Toyota op die spel geplaas het, nie gewen nie. Met byna geen wind om hulle af te koel nie het die spelers baie dors geraak op die baan. Malmesbury Superspar het ‘n “natgat” beman wat die spelers groot verligting gebied het. Verder het die span van RSAM ook met ‘n gholfkarretjie water vir die spelers aangery. In die proses het die 108 spelers ±600 botteltjies water/koeldrank uitgedrink. Soos die een speler gesê het: “Elke keer as ek die vriendelike klomp dames van RSAM aangery sien kom, het ek sommer weer moed vir die res van die rondte gekry”. Die prysuitdeling is die aand ook baie goed bygewoon deur van die spelers en hul gades. 100 mense het die aand ‘n lekker ete genuttig wat deur die gholfklub voorberei was. Die klompie kindertjies wat buite gespeel het, het ‘n lekker familie-atmosfeer by die klub geskep.

Bo: Lional Vice stuur 'n bal af. Links onder: Sakkie Klasen, Eben Lingerveld, Wynand van Niekerk en André Ackerman. Onder: Apie van der Merwe, Jan Potgieter, Piet Kemp en Alwyn Steyl.


NUUS • NEWS

8

26 November 2014

Veiligheid op die tuisfront dié vakansie

Maak seker jy beveilig jou huis hierdie vakansie en hou sodoende die diewe uit.

Skaapkop: Jimmy Loock is ‘n skaap- Slimkop:

kop-eter wat nie by verlede week se foto van die Malmesbury Sjaapkopgilde was nie. Die gilde is 20 jaar gelede op die dorp gestig deur Johannes Louw, Danie Rust, Tiny van Rensburg, Gert Olivier, Robert Orchard, Piet Kemp, Derick van Graan, Harold Truter, Kobus Lambrechts, Koos O’Kennedy en Ebbie Raubenheimer.

Ashlynn Arendse, 'n graad 7-leerder by St Thomas Primêr op Malmesbury, is aangewys as die top presteerder in akademie vir 2014. Haar trotse ouers, Julie en Ashley Arendse van Abbotsdale, sê sy presteer nog altyd goed, vandat sy preprimêr Dezzie Tubbies begin het. Sy gaan volgende jaar Schoonspruit Sekondêr toe. Haar ouers het almal bedank wat haar bystaan.

Lewensomstandighede bestudeer en opgeteken Invordering van data vir die Lewensomstandighede Opname 2014/15 deur Statistieke SuidAfrika (Stats SA) het reeds op 13 Oktober 2014 begin. Amptenare van Stats SA sal geselekteerde huishoudings in die provinsie besoek om inligting van lede van die huishouding in te samel deur middel van ‘n vraelys. Hierdie data word gebruik om die armoedevlakke in die land te bepaal en te monitor. Dit verskaf ook toepaslike inligting om die nasionale rekeninge te ontwikkel en instand te hou, asook om ongelykhede te monitor. Die LOO 2014/15 ondersteun die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) in soverre dat dit die land sal help om die NOP-teiken te monitor waar daar gepoog sal word om the Gini-koëffisiënt teen 2030 te laat daal tot 0.60. Die monitering van die doelwit om die aantal mense van die bevolking wat onder die onderste armoedevlak lewe te verminder na 0% teen 2030, sal ook baat vind deur hierdie opname. Die huidige Gini-koëffisiënt is 0.69 gegrond op die Inkomste- en Uitgawe-opname (IUO) 2010/11(gegrond op inkomste per kapita, insluitend salarisse, lone en welsynstoelaes). Die LOO is ‘n opname gemik op huishoudings. Gedetailleerde inkomste- en uitgawe-inligting, asook inligting in verband met opleiding, behuising, maatskaplike welstand, gesondheid en lewensomstandighede van huishoudings dwarsoor Suid-Afrika word ingesamel. Die opname word elke vyf jaar uitgevoer. Die vorige opname het in 2008 plaasgevind. Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) maak ook gebruik van die uitslae van die LOO om die ge-

wigstoekenning van die VPI-mandjie van goedere en dienste te herbereken. Hierdie inligting is laas aangepas nadat die data van die Inkomste- en Uitgawe-Opname (IUO) 2010/11 vrygestel is. Dit is noodsaaklik dat dit elke 3 tot 5 jaar herbereken moet word, aangesien dit tred moet hou met die mees onlangse verbruikers- en bestedingspatrone van huishoudings. Die LOO geskied oor ‘n periode van 12 maande waartydens ‘n gekose huishouding oor ‘n tydperk van vier weke vier maal besoek word. ‘n Kombinasie van dagboek- en herroepmetodes sal gebruik word om huishoudelike uitgawes gedurende die duur van die opname weer te gee. ‘n Gekose huishouding sal versoek word om ‘n uitgawe-dagboek vir ‘n tydperk van twee weke by te hou. LOO data-invordering het reeds op 13 Oktober 2014 begin en dit duur tot 30 Oktober 2015. Die tabel dui aan wanneer Stats SA in u area sal wees. Vredendal November 2014, Mei, Junie, Julie, September 2015; St Helenabaai Oktober 2014; Aurora Oktober 2015; Kalbaskraal Desember 2014; Moorreesburg Januarie, Mei, Junie 2015; Lambertsbaai Februarie 2015; Malmesbury Februarie, Mei, September 2015; Diazville, Uitkyk(Lutzville) Maart, April 2015; Porterville April, Augustus 2015; Piketberg Mei 2015; Darling Julie 2015; Vredenburg Augustus 2015. Vir meer navrae, kontak Sonja Wend by 022 913 1074, sel 076 430 3997 of e-pos: SonjaWe@ statssa.gov.za.

Beveiliging van vensters:

deur die ruit gegooi kan word. • Goeie diefwering voor die badkamer en toiletvensters is noodsaaklik omdat dit ‘n gunstelling toegangspunt van booswigte is. • Moet nooit met ‘n oop venster slaap indien daar nie diefwering voor is nie, ook op verdiepingsvloere in woonstelle waar sodanige versters naby afleipype geleë is.

Só maak jy met deure

6 of meer klawers aangesien dit die suksesvolle gebruik deur inbrekers van die gewone lopersleutels beperk.

• Rus alle venters wat oopmaak met goeie kwaliteit diefwering toe. • Om diefwering ook voor vaste ruite aan te bring, verseker bykomende veiligheid aangesien daar deesdae van gesofistikeerde apparaat gebruik gemaak word om sulke ruite geruisloos te verwyder veral wanneer ‘n gesin uit is. Dit sal ook verhoed dat ‘n skadelike voorwerp

• Sorg dat alle buitedeure van die woning deur goeie kwaliteit veiligheidsdeure beskerm word. Ligte kwaliteit veiligheidsdeure kan maklik mee gepeuter word. • Veiligheidsdeure moet met goeie kwaliteit slotte toegerus wees. • Deure aan die binnekant van die veiligheidsdeur behoort met ‘n veiligheidsketting toegerus te wees, terwyl ‘n loergaatjie noodsaaklik is vir vooraf identifisering. • Vermy sover moontlik buitedeure met glaspanele omdat dit inderwaarheid baie min weerstand teen indringing bied. • Dit is noodsaaklik om orals in die huis goeie kwaliteit slotte te installer met byvoorbeeld 4,

• Hou alle veiligheidsdeure te alle tye gesluit en skerp dit as ‘n vaste reël by die hele gesin in. Stel ‘n prosedure op wat die in-en uitgaan deur die lede van die gesin doeltreffend kan reël. Dink byvoorbeeld aan die installering van die gewone deurklokkie of interkomstelsel. • Verwyder te alle tye die sleutels uit buitedeure en plaas dit op ‘n veilige afstand weg van die deur. • Goeie veiligheidsdeure maak dit moontlik dat die gewone buitedeur opgelaat kan word vir ventelasie wanneer die gesin binne ontspan.


NUUS • NEWS

9

26 November 2014

Your house, your home A high fence around the house with lockable gates is much safer than a high wall due to the advantage of the improved visibility it provides. The primary aim of the fence is to make access/ intrusion difficult and to allow dogs to move freely around the house. Ensure that your gates are locked at all times and that the keys cannot be reached easily and are not lying around uncontrolled. Security gates with sturdy locks in front of each outer door as well as burglar proofing covering all windows are recommended. The following devices prevent easy access: • Window bars • Security doors • Security gates • Razor wire • Additional locking devices on doors • Strengthening of doors • Peepholes in the doors • Safety chains to doors • Intercom system between the home and gate, front door or garage. Alarm Systems An alarm system, preferably connected to an armed response company, can act a an effective deterrent. In the rural environment a siren/alarm on the roof that can be heard over a long distance and that can be activated by means of a switch/ panic button in the house, is recommended. A few switches/panic buttons in different rooms of the house should preferably be installed. An alarm must also have the capability to warn the occupants of any intrusion into the house. Examples of alarm systems: Mechanical and/or electrical (purchased types) Improvised systems Threaded tins Threaded pieces of iron Gravel on window panes, pathways or around the home Obstacles that can make a noise when moved Biological systems: fogs, geese, ostriches. Security lights Security lights on the outside of

the house improve the physical protection of a house, farm or smallholding. The lights must be directed away from the house and must allow the occupants to use the windows without being observed from outside. Be aware of possible shadows and blind spots. Safety precautions Ensure that all doors are locked at all times, and that windows are closed when you are not at home. Large dogs serve as a deterrent. At least one dog should be trained to sleep inside the house. If you leave your residence, inform your family/ neighbours of your intended destination, time you expect to return and the route you will be driving, especially if you reside in a rural area. Ensure that tools such as axes, spades, picks, ladders, etc that can be used in an attack, are locked away when you do not use them. Vary your daily routine. Get into the habit of not immediately falling asleep after switching off the lights. Remain awake for a while. You should not be visible in the bedroom from the outside when you are asleep. Identify relatively safe places of refuge, ie: bathroom, toilet or storeroom. The fewer windows and doors these rooms have, the better. Involve employees as they are part of the family/team. Employees must be involved in maintaining security on an equal footing. Report suspicious behaviour and information to the South African Police Service.

Hoe gemaak met...

... somertuine

George Retief gee raad oor die somertuin. Noudat dit warmer word, moet ons tuiniers baie noukeuriger oplet na die plante se waterbehoeftes. Jy moet nou vir langer tye of meer gereeld natspuit. Sorg dat die water goed intrek in die grond. Om die vog in die grond te bewaar, kan jy jou tuinbeddings met 'n dik laag kompos bedek vir 'n grondkombers. Maak dit aantrekliker met gewone dennebas bo-oor die grondkombers om verdamping teen te werk. 'n Belangrike wenk: Moenie strooi (kaf) of grassnysels rondom jou plante gooi nie. Die kaf weerkaats die sonstrale en dit skroei jou plante. Die vars grassnysels broei hopeloos te veel, sodat die hitte jou plantwortels brand. Gebruik eerder die bogenoemde twee en maak eers kompos daarmee voordat jy dit in die tuin gebruik. • Daar is twee ander produkte wat in die grond ingewerk kan word (Stockosorb en Aquasoil) om die plante deur die warmer tye te help. Dit is veral handig wanneer jy met vakansie gaan en jou potplante vir langer tye met minder water moet regkom. Dié middel neem water op wanneer dit beskikbaar is en stel dit stadig vry sodra die grond begin uitdroog. Jy werk bloot 'n

sekere hoeveelheid in die grond in voor of na jy geplant het; doen gerus navraag by jou plaaslike kwekery of tuinsentrum. • Indien jy nog nie jou tuin genoeg kleur gegee het met blomplantjies nie, is dit nou die tyd om dit te doen. Gaan loer gerus in by jou plaaslike tuinsentrum en sien hoe baie soorte saailinge nou beskikbaar is - reeds in die blom, sodat jy jou tuin in 'n kits kan inkleur! Daar is ook nou baie soorte klein struikies wat baie blom - en jou tuin vinnig baie mooi sal laat lyk. Indien jy tuis bly dié feestyd, geniet jou tuin deur mooi daarvoor te sorg. Onthou: Koop plaaslik en sorg so ook vir jou plaaslike gemeenskap. Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2014 vir elkeen van u. George Retief


10

Pryswenners:

Die Riebeekvallei Spesiale Skool se Sportman en -vrou van die Jaar is Adams Dirks en Tashneem Marthinus.

NUUS • NEWS

26 November 2014

Gold Grade 7: Sitting is Anja Jordaan, Shantal de Kock, Nina Smuts, Angelique van Niekerk. Standing is Marilize Roux, Jacques Carstens, Hugo van Niekerk, Marlene Orffer and Karlea Walters CPM’s grade 6 & 7 learners annually take part in Computers 4 Kids online E-learner assessments. It’s an Internationally accredited course of progressive ICT skills utilizing courseware from Computers 4 Kids. The certification is made up of a Silver (5 modules) and Gold (7 modules) certifica e. The grade 6 learners are assessed on IT Basics, Files and Folders, Drawing, Word Processing and Spreadsheets. To obtain a Gold certifica e the learners are assessed on the 5 modules that make up the Silver certifica e plus Presentations and Internet & Email.

Silver: Ryan Bock, Jared Howard, Mark Green, Emma Steyn and Corli de Clercq. Standing is Zachary Berman, Timothy Nel and Heinbert Scholtz. Back row: Mia Marais, De Beer Pretorius, Kara Jordaan Nash van der Westhuizen and Faren Coetzee.


NUUS • NEWS

11

26 November 2014

Wees voorkomend as jy te voet wandel

Koshulp:

Laerskool Swartland het Maandag 'n bakkievrag nie-bederfbare produkte aan die ACVV Malmesbury oorhandig vir hulle Kerspakkies. Dit is die 13de jaar dat die skool sodanige skenking maak. Leerders kan op 'n gegewe dag gewone klere aantrek in ruil vir kosprodukte. Hier is Elsa Willemse (links) en Thelma November (regs) van die ACVV by die skenking. Die skool se hoofleie s het die produkte oorhandig: Links is Hans Neethling en Marnic Lighthart (2015) en regs Liza Eksteen en Wilbur Jasson (2014).

de moZáik amper hier Die Swartland en Weskus se susterspublikasie van dié courant, de moZáik leefstyltydskrif, is amper van die drukkers af oppad na die koffietafels van getroue lesers en adverteerders. Die Desember/Januarie-uitgawe van dié glanstydskrif is propvol interessante artikels en prag-foto's.

Sien uit na die ontdekking van Langebaan, ontmoet Ghapi en Steyn Fourie, gesels met Janie du Plessis, kuier by Rossouw Koen en sy kos-stewels en kom op hoogte met die dekor-neigings vir die komende jaar. Wees op die uitkyk vir dié gewilde tydskrif!

Die Swartland verkeersdepartement is bekommerd oor padsterftes waarin voetgangers betrokke is en hulle beplanning vir die feesseisoen sluit ‘n fokus op voetgangers in. Philip Humphreys, Direkteur Beskermingsdienste, sê die verkeersbeamptes gaan verder ook elke week op ‘n bepaalde probleem fokus. Hierdie week sal daar na die gebruik van selfone gelet word. “Ons doel is om voorkomend op te tree en nie om boetes na te jaag nie,” het Humphreys aan dié courant gesê. “Ons hoofdoel is dat die padgebruiker die verkeersreëls gehoorsaam sodat daar op die einde van die dag minder ongelukke en onnodige sterftes plaasvind. “Deel van ons feesseisoen-beplanning is ook om meer tyd en mannekrag aan Yzerfontein toe te wys.” Humphreys sê hulle kommer oor voetgangers is nie verniet nie: “30-40 % van padsterftes in Suid-Afrika is voetgangers”. Hy het die volgende raad vir voetgangers: - Gehoorsaam padreëls ; - Dra klere wat jou sigbaar maak en weerkaats; - Stap op sypaadjies of op die rand van die pad aand die kant van die aankomende verkeer; - Vermy paaie wanneer onder die invloed van drank of dwelms; - Kruis paaie by voetgangerkruisings indien

veilig; - Onthou baie bestuurders let nie op vir voetgangers nie; en - Maak oogkontak met bestuurders om te verseker dat jy raakgesien word. Humphreys sê die volgende faktore dra by tot voetgangersterftes in Suid-Afrika: • Drank- en dwelmmisbruik; • Roekelose en wettelose voetgangers: voetgangers vat kanse wanneer hulle strate kruis, beweeg voor voertuie in en onderskat die spoed van voertuie op snelweë; • Ignoreer of verontagsaam verkeerstekens of kruis strate by rooi- of oranje ligte; • Voetgangers wat nie sigbaar is nie: loop teen die kant van die pad sonder duidelik sigbare klere; • Gebrek aan toesig van jonger voetgangers; • Voetgangers kan ook die slagoffers van roekelose bestuurders wees. Humphreys beklemtoon dat voetgangerveiligheid op ‘n jong ouderdom moet begin: • Voetgangerveiligheid moet by die skool begin; • Gee inligting soos die bekende beginsel: kyk eers links en dan regs by kruisings; • Steek die pad oor by afgebakende punte soos verkeersligte, voetoorgange en voetgangerbrûe • Gee inligting oor skolierpatrollies; • Gee inligting aan leerders wat skoolvoervoer gebruik oor hoe om veilig op en af te klim.

Gratis inentings teen hondsdolheid nou gedoen Gratis inentings teen hondsdolheid word volgende week op Abbotsdale en Kalbaskraal gehou. Alle honde en katte word gratis deur die personeel van die staatsveeartskantoor, Malmesbury geënt. Dinsdag van 11:00 tot 15:00 is hulle by die

oop veld agter die Nuwe Apostoliese Kerk op Kalbaskraal en op Donderdag 4 Desember van 11:00 tot 15:00 by die Abbotsdale=-gemeenskapsaal. Vir mens en dier se veiligheid moet honde aan ‘n halsband en leiband wees en katte in ‘n mandjie of lemoensakkie.

Vir meer inligting skakel Janica Chapman by 084 959 8550 of 022 482 1380. • Hondsdolheid is ‘n gevaarlike en noodlottige siekte vir honde, katte, alle warmbloedige diere en mense wat hoofsaaklik oorgedra word wanneer ‘n aangetaste dier jou byt.

Die inent van troeteldiere is die doeltreffendste manier om troeteldiere en mense te beskerm teen blootstelling aan dié dodelike virus. Suid-Afrika is ‘n verklaarde hondsdolheidgebied en alle honde en katte moet geïmmuniseer word sodra hulle die ouderdom van drie maande bereik.


NUUS • NEWS

12

26 November 2014

Toyota top seller in SA's motor industry

The Toyota Hilux out sold all other vehicles in 2014.

Santa Shoebox... Santa Shoebox het 'n Swartlandse draai gemaak toe hulle by Riebeek-Wes Primêr geskenke aan dié leerders uitgedeel het. Daar is nuuskierig en met groot blink oë na die inhoud van hul eie, maar ook die maatjie langsaan, se bokse geloer - met 'n breë glimlag op die gesig.

Student:

Hailey Lambert is ‘n Australiese student wat op die oomblik by Ruststasie Primêr werk. Hier is sy met ‘n paar leerders.

The combined monthly reported sales figures reveals which brand, and vehicle models, are the most popular in South Africa in 2014 (Staff Writer, November 16 2014). According to the National Association of Automobile Manufacturers of South Africa (Naamsa), 59,384 cars were sold in October, up 4.7% from 56,608 sold the year before, though down 2.4% from the 60,819 cars sold in September. To date (October 2014), over 540,000 vehicles have been sold over the course of the year, with Toyota emerging as the most popular car brand for South Africans. According to data on monthly car sales figures up to September 2014, compiled and reported by Lightstone Auto, Toyota is the biggest seller in the country, while the company’s Toyota

Hilux has outsold any other car in the country. Top car companies in South Africa (YTD September) # Company 1 Toyota 2 Volkswagen 3 Ford 4 Hyundai 5 Nissan Since January, Toyota has sold almost 28,000 Hilux vehicles, with Volkswagen’s Polo Vivo and Polo following close behind with over 25,000 and 23,000 sold, respectively. Open back trucks (bakkies) account for half of the country’s top-selling vehicles falling into the utility category, including the Ford Ranger, Nissan NP200, Chevrolet Utility and the Isuzu KB. In the battle between Mercedes-Benz and BMW luxury sedans, the Mercedes C-Class has to date outsold the BMW 3-Series by almost 1500 vehicles, but neither entered into the top ten. Notably, the Toyota Corolla, Toyota Auris and Toyoto Quest vehicle numbers are reported collectively. The grouping sold a total of 15,198 in the January – September period, the 5th biggest overall – but is not listed in the ranking individually. # Car Sales (Jan-Sept 2014) 1 Toyota Hilux 27,901 2 VW Polo Vivo 25,339 3 VW Polo 23,034 4 Ford Ranger 19,621 5 Toyota Etios 14,603 6 Nissan NP200 13,148 7 Chevrolet Utility 12,277 8 Isuzu KB 12,140 9 Toyota Quantum 10,605 10 Ford Figo 10,550 11 Mercedes-Benz C-Class 9,298 12 BMW 3-Series 8,577 13 Toyota Fortuner 7,810 14 Ford Fiesta 6,813 15 Chevrolet Spark 6,794


NUUS • NEWS

13

26 November 2014

New champions for South African Single-Seaters THE 2014 champion in the Formula Volkswagen category is Nicholas van Weely (87 – Anglorand). Van Weely claimed the title at the final round of the championship at Zwartkops Raceway on Saturday, the last of the Super Series events for 2014. In the Midas Formula 1600 category, Scott Temple (3 – Investchem) turned his championship lead into a 2014 championship title. Temple played it safe at the final event, settling for second place in each of the races to ensure he took the title. Both of the championship winners had to fight right up to the final round of the season in a nailbiting battle to see who would emerge victorious. They then had to fight to the very last race before the battle was decided. The Formula Volkswagen fight for the title was between Van Weely and Robert Wolk (1 - Midas/Chemical Logistics/ATE) with the pair entering the final round on identical points. Victory in race one skewed the championship fight in Wolk's favour while a race two win pushed it back in Van Weely's favour. A jump-start penalty for defending champion Wolk in race two cemented Van Weely's win for the season. Third place in the Formula Volkswagen championship went to Werner Scholtz (3

– Investchem) who managed to hold off Jason Campos (18 – Hollard Insurance) to take the last of the podium steps by just five points. Temple entered the final round as the F1600 favourite with an 11 point lead over his nearest rival, Keegan Campos (02 – Hollard Insurance). Campos put in an excellent performance on the day, winning both races and claiming first overall for the event, but was just not able to unseat Temple's lead. Bevan Williams (36 – Rightway Auto Electrical) rounded out the top three overall results for the season in the F1600 category. The class B championship had already been decided at the penultimate round of the season at Killarney. There Rick Morris (8 – Investchem) clinched the title with Ian Schofield (9 - Investchem) finishing in second. At the final round of the season, Allen Meyer (15) claimed two race victories in class B of the Midas F1600 category. This was Meyer's first race wins in this category, finishing his season on a high note. The South African Single-Seater rac-

ers now go into an off-season of hard work and preparation as they aim for the start of the 2015 championship and some more wheel-to-wheel racing action around South Africa. RESULTS: FORMULA VOLKSWAGEN RACE ONE: 1. Robert Wolk (1 - Midas/ Chemical Logistics/ATE) 2. Nicholas van Weely (87 – Anglorand) 3. Jason Campos (18 – Hollard Insurance). RACE TWO: 1. Nicholas van Weely (87 Anglorand) 2. Werner Scholtz (3 Investchem) 3. Jason Campos (18 Hollard Insurance). OVERALL: 1. Nicholas van Weely (87 Anglorand) 2. Werner Scholtz (3 Investchem) 3. Jason Campos (18 Hollard Insurance). F1600 RACE ONE: 4. Keegan Campos (02 Hollard Insurance), 5. Scott Temple (3 Investchem), 6. Julian van der Watt (42 Midas).

Gratis padwaardigheidstoetse gedoen voor vakansie Voertuigeienaars kan weer Swartland verkeer se toetsputte op Malmesbury en Moorreesburg besoek van 8 tot 12 Desember van 08:00 tot 14:00 vir 'n gratis padwaardigheidstoets. Die doel is om defekte of foute op ‘n voertuig uit te wys, wat

dan reggemaak kan word voor daar met vakansie gegaan word. Dit is die verkeersafdeling se bydrae om voertuie op die pad in 'n veilige en padwaardige toestand te kry en sodoende ongelukke te verminder.

ELKE RIT ‘N PLESIER! odelle 3 Wit m baar ik k s be

CHEVROLET AVEO 1.6 LUIKRUG

Vanaf

R

121 999

*

BESOEK ONS VANDAG.

PERDEBERG MOTORS Bokomoweg 24, Malmesbury • Tel: 022 482 1158

ISUZU KB 250 SO FLEETSIDE (SAFETY) MET SKUIFRUIT

R

201 667

* BTW

uitgesluit

R

SITRUS MOTORS

229 900

Voortrekkerweg 37, Citrusdal • Tel: 022 921 2121

* BTW

ingesluit

ISUZU KB 300 LX 4X2 DUBBELKAJUIT met leersitplekke

Vanaf

R

384 900 *

PIKETBERG MOTORS Langstraat 53, Piketberg • Tel: 022 913 1113

818 4 3 A D M A K ERS.C O M

Slegs geldig vir BTW-geregistreerde besighede.

*Padgereedheids- en Registrasiefooie Uitgesluit. Bepalings en Voorwaardes geld. Vertoonmodel/le mag verskil. Behoudens Foute & Weglatings.


NUUS • NEWS

14

26 November 2014

PPC at the forefront of Diversity in the Workplace with his certificat PC Ltd was the winner of the Diversity in the Workplace award at this year’s National Business Awards. The National Business Awards, which are hosted in collaboration with the ‘Top Performing Companies’ publication, is a prestigious event in which inspirational business leaders from various industries are celebrated for their outstanding performance in the world of business and government. PPC Limited qualified as finalists in no less than four award categories, including the Cor-

porate Citizenship Award, Innovation through Technology Award, Diversity in the Workplace Award, and the headline National Business of the Year Award. In the end the company walked away with the Diversity in the Workplace Award. The judges of the category were particularly impressed with PPC having established transformation, diversity, and social upliftment as key priorities within the organisation, the fact the company had developed its own set of employment equity targets, and the ongoing good work of the PPC Women’s Forum Frank and Emily Erasmus with Frank's 40 year service award. With the winners is Johan Vorster (GM) and Johan Claassen (MD).

Douglas Ngxabani with his certifica e for 40 years' service.

Johann Rust with the GM's Award.

Louis van Niekerk with the Innovation Award.

Gregory Daries and Colin Maarman with the Production Excellence Award.

Francois du Bois with the Business Support Award.

Noluthando Mzamo with the Rising Star Award.


NUUS • NEWS

15

26 November 2014

PPC De Hoek wy nuwe klubhuis in

Donderdagaand is daar groot gevier met die inwyding van PPC De Hoek se klubhuis. Die bestaande klubhuis is die afgelope maande opgeknap en verbou. Die personeel en hul gades het heerlik gekuier. Baie aandag is ook aan die tuin om die klubhuis gegee en die jongspan het heerlik in die pragtige omgewing gespeel.

Faai de Jager, Riaan van Wyk, Johan Vorster, Johan Steyn, Lee Rich, Warrick Roabenheimer en Jan Vorster by die nuwe kroeg.

Nigel en Mary de Wee, Sandra en Daniel Rhodes.

Gideon en Alda van de Vyver saam met Annerie en Gielie Coetzee.

Johan Vorster, Hanlie Linde (munisipale bestuurder), Vincent Diergaardt en Jan Vorster klink 'n glasie.

Elvina en Jaco Louw (links) en Annelize en Schalk Coetzee.

Bernard Venter, AdĂŠle Stone, Jan Vorster, Lorraine Lourens, Heleen Klaase, Mary de Wee, Rene Klaase, Rayneth Maarman en Sherylene Beukes.

Salvadore Appollis, Raymond Farmer, Gregory Daries en Adrie Beukes.

Colin Maarman, Kelvin Julius, Inge Faro, Cornal Koordom, Andrewline Pieterse, Winston Salomo en Vernon Klaase

Naomie Brandt, Kaylee Goliath, Ivette Uys met Chloe op die arm, Lushca Hendricks, Willray Uys met Mikayla.

Jacquin Hendricks, Mariska de Villiers, Lushca Hendricks, Ansie Vlok en Charles Clarys.

Tasneem Farmer en Maryke Diergaardt.


NUUS • NEWS

16

26 November 2014

Groen vingers: Raadslid Marlene van Zyl by lede van die gemeenskap op Koringberg.

Koringberg word groen Koringberg is ‘n pragdorpie in die hartjie van die Swartland, ongeveer 20km van Moorreesburg af en maak deel uit van Wyk 1 van die Swartland Munisipaliteit. ‘n Behoeftebepaling deur raadslid Marlene van Zyl het die inwoners se smagting na ‘n groener dorp uitgewys. Sy het dit goedgedink om in samewerking met die munisipaliteit, wat die geld bewillig, nie net vir die Koringbergers ‘n groenigheid in die dorp te besorg nie, maar toe sommer waarde toegevoeg in die vorm van suurlemoenbome. “Die vrug is ‘n aanwins vir enige huishouding,” het sy aan dié courant gesê. “Heerlike koue suurlemoensap in ‘n dorre

somer, suurlemoentert en vis gebak met suurlemoensap… watertand lekker!” Elke inwoner van Koringberg kry ‘n suurlemoenboom. “Cronjé Aucamp, 'n inwoner, en sy span het reeds 190 bome geplant in Rautenville – ‘n grootse poging en bewys dat die gemeenskap wil hande vat! “‘n Groot dankie aan die manne wat die werk moes doen in harde grond en somerhitte. Die volgende besending is op pad en sal eersdaags uitgedeel word. “Elke inwoner kry dus ‘n boom om te plant en te vertroetel vir die toekoms. Daar’s koelte, daar’s vrug en daar’s vreugde geskep.”


NUUS • NEWS

17

26 November 2014

Dagboek • Calender

Kerskoeke vir 2014 kan nou bestel word by enige Lions of by CEA Skryfbehoeftes op Moorreesburg, e-pos Helena@ onbedacht.com Bloedkliniek 27 November - Die WP Bloedoortappingsdiens hou 'n kliniek in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). CAD Ondersteuningsgroep 27 November – AGS Corpus Christi Malmesbury, 19:00 – 20:00. Onderwerp: Die Groot Dae- Die Groot Keuse. Navrae: Piet Smit (073 447 2902). Polisieforum 28 November – Die Malmesbury Gemeenskapspolisiëringsforum hou sy jaarvergadering om 19:00 in Bloues se klubhuis. Movie night 28 November - Darling Museum function: Movie Night with Ross Devenish. More info at 022 492 3361. Kersmark 28 & 29 Nov Kersmark, NG Moedergemeente Malmesbury by die kerksentrum, De Bron op Vrydag van 17:00 tot laat en Saterdag 09:00 tot 12:00. Etekaartjies teen R30-00 vooraf te koop. Kontak Cornel 022 4822411 Skaaptoernooi 29/30 November - Die Piketberg United Sokkerklub hou 'n skaaptoernooi op die Watsonia-sportterrein. Dit begin om 18:30 en die organiseerders maak voorsiening vir 16 spanne. Bootsale/Markdag 29 November - By Koringbedryfmuseum, Moorreesburg, van 08:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30. Hermien: 022 433 1072. Golf Day 29 November - NG Church Moorreesburg - 'Getuie na Buite' Golf Day Paternoster Seafood Festival 29 November - Paternoster Seafood Festival. Enquiries: 022 752 2323

Super fun day 6 December – His Kingdom Kids will have a super fun day from 15:00 to 20:30 at the Bloues sport grounds, Malmesbury. Flea market, stalls, jumping castles, carols by candle light, musicak dance display and much more. Entrance fee R10 for adults, R5 for kids, R2 for games. Info: phone 072 744 4751 or book a stall with Emmily, 084 911 2149. Stillewe, landskap en gedaante 6 Desember – ‘n tentoonstelling van onlangse skilderye deur Nicolaas Marit open van 15:00 tot 18:00 by die Maritz Ateljeegalery, Nemesiastraat 5 op Darling. Uitstalling sluit op 15 Februarie. Slegs per afspraak: 022 492 3202 of maritzstudio@telkomsa.net. Oesdag 6 Desember - Moorreesburg Oesdag, Koringbedryf Museum. Tel 022 433 1093. Swartbergsvlei Veterane Oesdag 6 Desember - Kom kyk gerus hoe boere in die dae van ouds met veteraan plaas implemente geoes het. Begin om 10:00 Middagete beskikbaar: braaivleis, gebakte brood en slaaie Aanwysings: Weskuspad (R27) tussen Langebaan en Yzerfontein, slegs 12km vanaf Yzerfontein se kruising. Bowls Awareness Day for non-bowlers 6 December - The Darling Bowls Club will have a Bowls Awareness Day for non-bowlers at their grounds in Jacaranda Street from 09:45. This day is everyone from 12 years and older. The entry fee is R20 – bowls will be provided. Casual clothes, flat-soled shoes, or barefoot and a hat! Teams will be made up for a fun competition. Contact: Ada- 079 755 4287, 022-492 3587 or nicada@telkomsa.net. Gemeenskapsvergadering 7 Desember - Moorreesburg GPF en SAPD nooi die breë gemeenskap uit na ‘n ope middag om 15:00 in die Rosenhof -gemeenskapsaal. ‘n Rolspel oor verkragting, gesinsgeweld en verskillende vorms van mishandeling sal gelewer word. Carols by Candle 7 December - Hopefield . 022 723 1528 / 073 100 035.

Doep is nie dood nie - Koos du Plessis 30 November - Dié stuk word by Org de Rac buite Piketberg aangebied om 15:00. Verversings kan vooraf bestel word. Kaartjies beloop R100 per persoon. Kontak 022 913 2397.

Bloedklinieke Desember - Die WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 10 Desember by die Porterville NG Kerk (13:00 - 19:00); op 30 Desember in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00).

Potjiekos 3 Desember - Moorreesburg Potjie met ‘n Twis, Langstraatpark. Tel: 022 433 2274.

Christmas Lights Market 12 December - Malmesbury Town Hall & Parking Area, 15:00 - 22:00. Phone Ilze Groenewald, 022 487 1133.

Harvest Dance 5 December - Hopefield Farmers Assosiation Harvest Dance. Tel 082 440 2582 or swvcronje@yahoo.com.

Piketberg Kersliggiefees 12 Desember - Die Kersliggiefees begin op 12 Desemberplaas. Dit is nou tyd om u stalletjie-staanplek te bespreek. Kontak hulle by 022 913 2063 of tourism@piketberg.com vir meer inligting.

Dorings Beker-uitdeling 6 Desember: die Dorings Rugbyklub van Malmesbury bied hul jaarlikse beker-uitdeling om 19:00 aan in die landbousaal. Kaartjies teen R70.00 pp beskikbaar by raadslede Klasie, Audrey en Tinus. Ondersteuners word gevra om hulle uit te vat in klub kleurkode: rooi blou en wit. Navrae by Klasie Pieters 073 937 0785 of 073 680 1388.

Kerkbasaar 13 Desember - Yzerfontein NG Kerk, 022 451 2391.

Christmas Bazaar 6 December - Darling Museum Traditional Christmas Bazaar. Tel 022 492 3361 or info@darlingtourism.co.za.

Gospel aand 13 Desember – die bekende gospelsangeres, Bella, tree saam met nog kunstenaars op by die St Michaels Primêre sportterrein op Abbotsdale. Toegang is R30 (kinders R10). Kaartjies is by die skool beskikbaar. Navrae by 022 485 7101 of 078 886 9246.

Christmas light festival 6 December - Porterville Christmas light festival. Tel 022 931 3732.

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 30 November - Oggenddiens om 09:30; Kinderkerk afsluiting om 09:30. Geen aanddiens. Pastoor Piet Smit, 073 447 2902.

PPK Bethesda Malmesbury 30 November - Gert Rossouw lei die diens om 10:00 en past Kobus du Plessis om 18:30. Navrae: 083 722 7787. PPK Porterville 30 November - Diens om 10:00 in die tennisklubsaal, Parkstraat. Skakel past du Plessis by 083 722 7787. Dynamic Love Fellowship Dienste elke Sondag om 17:30 by Mount Royal, Malmesbury se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae van 08:00 – 14:00). Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00,

Rolbal:

Die Malmesbury Rolbalklub is in hul pare-stryd gewikkel. Hier is Hennie Yzelle en Martin Louw. Môre-aand om 18:00 vind die halfeindstryd plaas wanneer Terry Shimmin en Robin Deyzel teen Altus Myburgh en Martin Louw, en Roux Vermeulen en Hennie Yzelle teen Dave Walker en Koos Muller te staan kom.

biduur Dinsdae 19:00 by kerk, Freesialaan 17, Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00; Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday at 19:00. Pastor Joshua Metemeri, 084 471 7914. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:30 Sunday school; 19:00 Tuesday prayer meeting at church; 19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury, 082 890 5433. Hall to rent. Contact Rev John Beck at 022 482 3623.

Dink:

'n Mens moet mooi dink voor jy afslaan. Hier peins Justin Bransgrove oor hoe hy die hou moet benader in die Darling Cellars gholfdag.


18

NUUS • NEWS

26 November 2014


NUUS • NEWS

19

26 November 2014 Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S in Malmesbury area. Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843. www.fvwykdiesel.co.za

#2000 ------------------------AANDAG!! CJ’s Vullis en bourommel verwydering asook skoonmaak van erwe. Skakel 071 274 4782. -----------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. ------------------------BESKIKBAAR gedurende 2015 vir die vervoer van persone in Malmesbury dorpsarea @ billike tariewe. Kontak Heila by 082 685 3341. ------------------------Spesiale aanbod: Digger loaders te huur @ R345,00 (uitsluitend BTW) gedurende Novembermaand! Van Wyk Elektries: 022 - 482 2275. ------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed en linne. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2001 ------------------------DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom) ------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. -----------------------JUST 4 FUN BALLOONS(Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak Anemie by 082 565 3722. #2013 ------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­ heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485 of www. melieta’s kitchen. co.za #2006 ------------------------WISKUNDE KLASSE vir graad 8 – graad 10 deur gekwalifiseerde onderwyseres.

Bespreek nou vir volgende jaar om teleurstelling te voorkom. Skakel 022 487 3027 of 082 378 6830. ------------------------Electrical motor rewinding - ook herstel van wasmasjiene en ander huishoudelike apparaat - Wyk Elektries: 022 - 482 2275/Lennard: 083 283 7994 ------------------------NEW FREEZE VEKOELING. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, koelkamers, motor lugreëling, ysmakers. Verkoop en diens ook lugversorgers. Royalstraat 44 Moorreesburg.022 433 3831 sel.082 343 4130-082 573 1589 ------------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802 #2039 ------------------------Op-n-Gallop Perdryklub bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Malmesbury - 083 700 9494.

Voertuie Vehicles VOERTUIE Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.

Betrekkings Vacancies BETREKKINGS Algemene winkelassistent benodig vir swembad winkel in Malmesbury. Rig CV aan tony@swemco. co.za -----------------------KASSIERE BENODIGPligsgetrou, hardwerkend en stiptelik. Moet skofte en naweke werk. CV met kontakbare verwysings ‘n vereiste. Diensaanvaarding onmiddelik. Handig CV in by Mini Mark kafee, Rainierstraat, Malmesbury. -----------------------SPEEDY MALMESBURYExhaust fitter dringend gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare. Moet onmuddelik kan begin. Kontak 082 370 9521.

Regsdienste Legal Services REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006.

Eiendomme Te Koop Properties for Sale ERWE TE KOOP TITUS EIENDOMMEHoekerf te koop @ R240 000 met vibacrete rondom in Malmesbury. WESBANK @ R680 000.Nuwe 3 slp huis in beste area asookhophuis @ billike prys Kontak 082 780 1380.

Te Huur To Let TE HUUR Stoor te huur I Malmesbury. Grootte: 300 vkm @ R7000.00 Btw uit. Kontak 073 132 5666 ------------------------WESBANK-Kamer in huis te huur. Beskikbaar 1 Januarie 2015. Kontak 072 089 5347. ------------------------Ruim 3 slaapkamer woonstel te huur vanaf 1 Januarie2015 @ R4320.00 pm. Kontak Mev Dawson by 022 482 1101 vir aansoekvorm.

dalk opgetel? Bel my dringend by 083 651 8505. -------------------------

WIT POEDEL (CHICKY) word vermis vanaf Donderdag 20 November in Bergzicht area (Sarel Cilliersstraat 50) Malmesbury.indien jy haar gesien of dalk vind. Sy het nie die jassie aan nie. Daar is ‘n beloning vir die een wat haar vind.

Gesoek Wanted Soek werk as plaasbestuurder. Kwalifikasie: B.Agric grad in diereproduksie (Skaap & bees). Bietjie ondervinding asook meganies aangele. Kontak 078 473 2806.

Te Koop For Sale

TE KOOP 2 x 400L DEFY kisvrieskaste te koop @ R2800 elk, ohb. Kontak 072 471 8655/022 482 8707. -----------------------EGTER LEER manskoene (vellies, stewels asook sandale) Grootte 6-15 @ billike pryse. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266. ------------------------GROENBONE te koopRiebeek Kasteel @ R60/6kg. Kontak 082 523 9804. ------------------------LG Kaavaan yskas @ R1000. Splinternuut. Kontak 073 256 5045. ------------------------UITVERKOPING!! Ornamente, kristal, versamelstukke, glas, silwer, enamel, “fine China” en keramiek. Kom loer gerus by my in. Kontak 083 275 8266.

Gelukwensing

GELUKWENSINGS Happy 60th birthday on 24 November. May God bless you with many, many more and thanks for everything. Love, your wife, children and grand children. HAVE A GREAT DAY!!

Verlore Lost Verlore bossie sleutels met donker bruin leer sleutelhoeuer verloor op 24 November in Voortrekkerweg tussen Kort en Fordstraat. Het jy dit

Kontak ons gerus om in die courant te adverteer by 022 487 3221 of besoek www. diecourant.co. za.


courant

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

swartland en weskus Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

26 November 2014

Uitgawe 299

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

• KOUE WATERS STUIT HUL NIE

gebly om ‘n riometer vir Suid-Afrika te ontwerp, waarmee die ionosfeer afgeneem word. Later is hy terug Antartika toe vir ‘n paar maande om dit te gaan installeer. Sanae was die ou Noorweegse basis op Antartika. Op 1 Desember 1959 het Suid-Afrika saam met elf ander lande die Antarktiese Verdrag geteken en later dié jaar het die eerste SA Nasionale Antarktiese Ekspedisie (Sanae), daarheen vertrek. Elke ekspedisie bestaan onder meer uit ‘n dokter, twee dieselwerktuigkundiges, ‘n elektriese ingenieur, ‘n meganiese ingenieur, ‘n elektroniese ingenieur, ‘n senior weerkundige en twee fisici. Geestelik en emosioneel stel die ekspedisie hoë eise: Die winter is tien maande lank en dan is dit donker, met net twee tot drie ure per dag se skemerlig. Maart is normaal, maar in die somer is dit heeltyd lig.

Johan en Morgan O'Kennedy is op pad na Antarktika.

D

Neefs na Antarktika

aar is dromers en doeners in die lewe. Die O’Kennedy-neefs van die Weskus het hulle drome in doen omskep. Avontuur is in hul bloed en op die oomblik spel dit Antartika. Oor ‘n week vertrek die twee Suidpool toe om vir 15 maande op die Sanae-basis te werk. dié courant het by hulle gaan inloer om oor die ekspedisie te gesels. Morgan, wat van Porterville af kom, en Johan het by dié se ouers op Malmesbury voorberei vir die tog. Die opgewondenheid is duidelik, maar die praat is maar min. Gelukkig kuier die pa’s saam en met die hulp van ds Johan en sy broer, Tommy, kon ons darem die slimheid agter die skigtigheid agterkom. Johan (26) het geologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ná ‘n honneurs het hy eksplorasiewerk by ‘n Zambiese myn gedoen.

Hy het altyd in die natuur belang gestel en was ‘n Voortrekker op skool en universiteit. Vir hom is Antarktika die laaste bastion, ‘n stukkie ongerepte natuur wat nog behoue gebly het. Natuurlik was dit vir hom ‘n groot aansporing om saam met sy neef die avontuur aan te pak. Dit is Morgan (30) se derde ekspedisie en hy is vanjaar ook die leier van die oorwinteringspan. Hy het elektroniese ingenieurswese op Stellenbosch studeer en in 2008 was hy die eerste keer lid van dié span. Morgan is ‘n kenner van selfoon-tegnoglogie en hy het twee jaar in Oos- en Wes-Afrika, asook Saoedi-Arabië gewerk. Hy het ‘n groot belangstelling in sterrekunde en het dan ook gaan data insamel vir Potcefstroom Universiteit se ruimtefisika-program. Met sy terugkeer in 2009 het hy by hulle aan-

“Ek glo hulle maak seker van die mense wat op die ekspedisie gaan, maar dié twee se koppe is sterk,” sê Tommy. Morgan vertel dat ‘n mens se Godsbesef versterk word deur hierdie onherbergsame wêreld waar geen mens dit sonder tegnologie sal kan oorleef nie. Daar is ook min dierelewe: aan die kus is daar nog Keiserpikkewyne en robbe te sien, maar dieper, waar die basis is, is daar net stormvoëls te sien. Die laaste woord behoort aan Johan, met ‘n aanhaling deur Andrew Denton: “If Antarctica were music it would be Mozart. Art, and it would be Michelangelo. "Literature, and it would be Shakespeare. "And yet it is something even greater; the only place on earth that is still as it should be. May we never tame it.”

Nuwe hoop vir Jo Dolphin

Nuwe kampioen vir Meesters

Eeu van geluk gevier

NUUS • NEWS

26 November 2014


NUUS • NEWS

10

Leerders vir harde werk beloon

26 November 2014

Die leerders is vir hul harde werk beloon by die gradeplegtigheid. Foto: Meagan Dietrich

'n Plaaslike liefdadigheidsorganisasie op Goedverwacht, we be Christians (wbC), het onlangs 'n diplomaplegtigheid gehou vir alle leerders van Goedverwacht wat akademies goed presteer het in 2014. Hierdie is 'n unieke geleentheid, aangesien dit nie gekoppel is aan 'n opvoedkundige inrigting nie maar aan 'n gemeenskap. Alle leerders van Goedverwacht wat deur die loop van die jaar 'n diploma, graad, sertifikaat of trofee ontvang het, kon deelneem, ongeag hulle onderriginstansie. 'n Totaal van 94 leerders het deelgeneem teenoor verlede jaar se 71. Die onderrigsentrums van deelnemers sluit in Goedverwacht Primêr, Steynville Primêr, Carl Schreve Primêr (Wittewater), Excelsior Primêr (Belville), Piketberg Hoërskool, Steynville Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Diazvile Hoërskool,

UK, Weskus Kollege, London School of Business, ETDP en CPUT. Elke deelnemer het 'n geskenkpak ontvang en nog 16 spesiale pryse is ook vir besonderse prestasies uitgeloof. Meagan Dietrich, 'n gr 11-leerder aan Steynville Sekondêr het met 'n roerende, skyfievertoning, ander leerders en die breë gemeenskap aangemoedig om te volhard in hulle studies en nooit tou op te gooi nie. Sy het op haar unieke manier mede studente, opvoeders en almal wat tot haar opvoeding bygedra het, bedank. Doneley Lesch van Goedverwacht Primêr is aangewys as die toppresteerder in die laerskool kategorie, want sy het sewe diplomas ontvang en is ook aangewys as die PPC dux-student 2014. Stuart Daries, graad 12-leerder van Piketberg Hoërskool is aangewys as top hoërskoolleerder

met drie diplomas en 'n volgehoue akademiese prestasie van 75%. Op tersiêre vlak het Ingrid Rowan geskitter met haar B-Tech graad in verpleging, asook 'n diploma in verplegingsbestuur wat sy aan CPUT behaal het. Astrinita Erasmus het ook op tersiêre vlak uitgeblink met 'n 'Academic Giant Award' vir haar 81% gemiddelde wat sy in die akademie behaal het aan CPUT. Ingrid Rowan het die verhoog gedeel saam haar dogter, Inge-Ray (graad 6) en Christelle Dietrich het ook die verhoog gedeel met haar dogter, Destiny (graad 1). Alle leerders en eregaste is later by die plaaslike toerisme sentrum bederf met middagete. Dit was inderdaad 'n besonderse voorreg om as 'n geseënde gemeenskap saam uitsonderlike hoogtepunte te kon vier.


NUUS • NEWS

11

26 November 2014

Wees voorkomend as jy te voet wandel

Koshulp:

Laerskool Swartland het Maandag 'n bakkievrag nie-bederfbare produkte aan die ACVV Malmesbury oorhandig vir hulle Kerspakkies. Dit is die 13de jaar dat die skool sodanige skenking maak. Leerders kan op 'n gegewe dag gewone klere aantrek in ruil vir kosprodukte. Hier is Elsa Willemse (links) en Thelma November (regs) van die ACVV by die skenking. Die skool se hoofleie s het die produkte oorhandig: Links is Hans Neethling en

de moZáik amper hier Die Swartland en Weskus se susterspublikasie van dié courant, de moZáik leefstyltydskrif, is amper van die drukkers af oppad na die koffietafels van getroue lesers en adverteerders. Die Desember/Januarie-uitgawe van dié glanstydskrif is propvol interessante artikels en prag-foto's.

Sien uit na die ontdekking van Langebaan, ontmoet Ghapi en Steyn Fourie, gesels met Janie du Plessis, kuier by Rossouw Koen en sy kos-stewels en kom op hoogte met die dekor-neigings vir die komende jaar. Wees op die uitkyk vir dié gewilde tydskrif!

Die Swartland verkeersdepartement is bekommerd oor padsterftes waarin voetgangers betrokke is en hulle beplanning vir die feesseisoen sluit ‘n fokus op voetgangers in. Philip Humphreys, Direkteur Beskermingsdienste, sê die verkeersbeamptes gaan verder ook elke week op ‘n bepaalde probleem fokus. Hierdie week sal daar na die gebruik van selfone gelet word. “Ons doel is om voorkomend op te tree en nie om boetes na te jaag nie,” het Humphreys aan dié courant gesê. “Ons hoofdoel is dat die padgebruiker die verkeersreëls gehoorsaam sodat daar op die einde van die dag minder ongelukke en onnodige sterftes plaasvind. “Deel van ons feesseisoen-beplanning is ook om meer tyd en mannekrag aan Yzerfontein toe te wys.” Humphreys sê hulle kommer oor voetgangers is nie verniet nie: “30-40 % van padsterftes in Suid-Afrika is voetgangers”. Hy het die volgende raad vir voetgangers: - Gehoorsaam padreëls ; - Dra klere wat jou sigbaar maak en weerkaats; - Stap op sypaadjies of op die rand van die pad aand die kant van die aankomende verkeer; - Vermy paaie wanneer onder die invloed van drank of dwelms; - Kruis paaie by voetgangerkruisings indien

veilig; - Onthou baie bestuurders let nie op vir voetgangers nie; en - Maak oogkontak met bestuurders om te verseker dat jy raakgesien word. Humphreys sê die volgende faktore dra by tot voetgangersterftes in Suid-Afrika: • Drank- en dwelmmisbruik; • Roekelose en wettelose voetgangers: voetgangers vat kanse wanneer hulle strate kruis, beweeg voor voertuie in en onderskat die spoed van voertuie op snelweë; • Ignoreer of verontagsaam verkeerstekens of kruis strate by rooi- of oranje ligte; • Voetgangers wat nie sigbaar is nie: loop teen die kant van die pad sonder duidelik sigbare klere; • Gebrek aan toesig van jonger voetgangers; • Voetgangers kan ook die slagoffers van roekelose bestuurders wees. Humphreys beklemtoon dat voetgangerveiligheid op ‘n jong ouderdom moet begin: • Voetgangerveiligheid moet by die skool begin; • Gee inligting soos die bekende beginsel: kyk eers links en dan regs by kruisings; • Steek die pad oor by afgebakende punte soos verkeersligte, voetoorgange en voetgangerbrûe • Gee inligting oor skolierpatrollies; • Gee inligting aan leerders wat skoolvoervoer gebruik oor hoe om veilig op en af te klim.

Gratis inentings teen hondsdolheid nou gedoen Gratis inentings teen hondsdolheid word volgende week op Abbotsdale en Kalbaskraal gehou. Alle honde en katte word gratis deur die personeel van die staatsveeartskantoor, Malmesbury geënt. Dinsdag van 11:00 tot 15:00 is hulle by die

oop veld agter die Nuwe Apostoliese Kerk op Kalbaskraal en op Donderdag 4 Desember van 11:00 tot 15:00 by die Abbotsdale=-gemeenskapsaal. Vir mens en dier se veiligheid moet honde aan ‘n halsband en leiband wees en katte in ‘n mandjie of lemoensakkie.

Vir meer inligting skakel Janica Chapman by 084 959 8550 of 022 482 1380. • Hondsdolheid is ‘n gevaarlike en noodlottige siekte vir honde, katte, alle warmbloedige diere en mense wat hoofsaaklik oorgedra word wanneer ‘n aangetaste dier jou byt.

Die inent van troeteldiere is die doeltreffendste manier om troeteldiere en mense te beskerm teen blootstelling aan dié dodelike virus. Suid-Afrika is ‘n verklaarde hondsdolheidgebied en alle honde en katte moet geïmmuniseer word sodra hulle die ouderdom van drie maande bereik.


courant

dié

20

tel 022 487 3221

Duiwe opgeveil

NUUS • NEWS

26 November 2014

SPORT

26 November 2014

Sportuitslae - Sports results

Die Malmesbury Distrik Unie Union hou Saterdagoggend om 10:30 ‘n kontant jongduif veiling in die Abbotsdale-gemeenskapsaal. Alle duiwe-liefhebbers is genooi na die veiling. Duiwe sal gevlieg word op die Britstown 2015. Onder die duiwe beskikbaar, is die beste van André Carelsen, Derick Streak (Diamond Pigeonstud), Saville Penkin, Leon van Rooyen, Bennie Wiggens, Mark Reubenheimer, Reuben Liddle, Charl Swormstedt, Moerat Jnr, Hentu Hayman, Coenie Basson, Paulus Lofts, Robert Swanepoel (fort knox lofts), Michel de Becker, Johan Steenkamp en vele meer.

Meesters:

Die tweede Malmesbury Meesters is Saterdag hier aangebied. Sowat 108 gholfspelers het die baan aangedurf, met Amos Schreuder wat die nuwe draer van die gesogte "groen baadjie" is. Links is Adriaan Louw.

Gholf Malmesbury Rola Sundowner Enkel Stableford Gerhard Bester 17; Donato Stelluto 16; Kobus Lambrechts 16. RSAM Meesters Gholfdag Enkel Stableford Amos Schreuder 44; Donovan Visser 43; Andre Schillig 43; Kelvin Julies 41; Wynand van Niekerk 41; Lindsay Meyer 41; Jan Potgieter 41. Fietsry Malmesbury Nelson Mandela Sport and Culture Day 2014 (67km) 18 Johann Rabie 1:41:00 Men .

Wegspring:

Die Bike Addict by die wespring: Lodiaan Fouché, Fietie Rocher, Kobus Duminy, Jaco Geldenhuys, Hildegarde Geldenhuys, Charl du Plessis, Loch Nel, Elfriede Wolfaardt, Durwin Benjamin, Glenn Norrie, Carl Malherbe. Bronwin Adams (nie op foto). Herman Wolfaardt was op bystand.

• MALMESBURY-SPAN PRESTEER

Gesoute fiets yers ry saam oor die wenstreep Bike Addict van Malmesbury het ‘n span van twaalf fietsryers ingeskryf vir die Coronation Double Century wat Saterdag plaasgevind het. Die fietsresies is die langste een-dag fietswedren in Suid-Afrika, ‘n hele 202km. Die voorsitter van die PPA (Pedal Power Association), Stephen Hayward, som die DC as volg op: “Die dag is ‘n hoogtepunt van spanbou,

opleiding, asook geestelike en fisiese uithouvermoë van kameraadskap oor die weke wat die byeenkoms voorafgaan. “Die wedren toets al jou voorbereiding en nog meer.” Die Bike Addict-span het hulle baie goed van hul taak gekwyt, deur al 12 spanlede gelyk oor die wenstreep te kry in ‘n goeie tyd van 6:53:07. Daarmee het hul ook ‘n 84ste plek in

die ope afdeling gekry. Bike Addict se span het ook die addisionele Charles Milner Medalje ontvang. Hierdie medalje word aan spanne toegeken waar alle lede saam begin en eindig, binne ‘n tydspan van 10 minute. Die medalje is deur Charles Milner ingestel om die spangees te vier in só ‘n geval.

Pluimbal:

Mikayla Ritter, ‘n graad 7-leerder by Laerskool Swartland, het twee toekennings gewen by Boland Pluimbal se prysuitdeling vir 2014. Sy was die wenner van die meisies o.15 enkel- en ook wenner van die meisies o.15 dubbelspel.

uitslae geborg deur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.