Die courant 29 apr 2015 318

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

29 April 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

NUUS • NEWS

29 April 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

tel: 022 487 3221

Uitgawe 318

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die span van Johann Rabie en Gawie Combrinck het Vryheidsdag gevier deur die tweede skof van die joBerg2Cbergfietsren te wen. Dié dag se 121km-roete het gestrek van Sterkfonteindam naby Harrismith in die Vrystaat tot Winterton in KwaZulu-Natal. Foto: Gretha Garnett

Rabie, Combrinck se wiele rol • Claassen verkies as nuwe voorsitter

Maak jou onmisbaar ter. Dit sal goed wees as die regering na die landbou kyk en nie net wit sien nie.” Claassen is beslis daaroor dat landbouers ook op alle vlakke betrek moet word. Daar kan nie namens hulle gepraat word nie. Claassen sê landbouers moet besef hulle het ‘n onmisbare funksie: “Daar is net ‘n handjievol boere in Suid-Afrika oor. "Hierdie sowat 30 000 produsente moet 50 miljoen mense voed.” Claassen glo grondverdeling is ‘n gegewe. “Ek dink dit is belangrik dat daar bestaanswaardige, opkomende nuwe boere moet wees. “Malmesbury het nog nie veel grondeise ervaar nie, maar ons moet reg wees daarvoor. Claassen het ‘n diep insig in die psige van die land en sy mense: “Ek verstaan grond-emosie, maar ons moet besef grond is net ‘n middel tot ‘n doel. "Dit is eeue gelede geskape en het deur honderde geslagte gegaan. “Ons bly net rentmeesters wat moet doen wat God wil hê. “Boere moet rustig wees. Ek verstaan plaasaanvalle maak mense ongemaklik en laat hulle

twyfel oor die landbou. "Maar ons as landbouers moet na die breër prentjie kyk – hierdie is ‘n era wat ons sal moet verbykom.” Claassen, wat al die wêreld plat gereis het, sê hy kan met trots sê Suid-Afrikaanse boere is baie naby aan die beste in die wêreld. “Hulle het kennis, is vindingryk en innoverend.” Tog is hy bekommerd oor graan en koring. “Ons kan nie ‘n invoerder bly nie. "Ons moet 'n plan maak om koringproduksie weer aan te wakker. Dit, saam met mielies, is ons belangrikste stapelvoedsel. "Ons moet ‘n oplossing vind vir produksiefaktore wat teen die landbou is.” Claassen voorspel dat plase in die toekoms heelwat groter gaan wees: “Ons plase in die WesKaap is te klein om ekonomies lewensvatbaar te wees. "Ons gaan in die toekoms vennootskappe sien met groter groepe en ook meer aandeelhouding in plase." “Sukses hang van elke boer af - die swakste skakel bepaal die toekoms. Landbou se tyd het gekom, ons kan besluit waarnatoe.”

Brito’s Grabouw Boerewors

Boneless Pork Texan Steak

49

p/kg

Cheese Viennas

29.99 p/kg

POLONY COMBO

.99 p/kg

49.99

Ground Beef (pre-pack)

49.99 p/kg

500g Garlic Polony, 800g Cooked Salami, 1,5kg French Polony

45.00

p/combo

Prices valid at Brito’s stores from Wednesday 29 April until Saturday 02 May 2015. While Stocks Last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

Die landbou sal herverpak moet word - boere sal hulself moet sien as landbouers of voedselprodusente. Aan die woord is Koot Claassen, die pasverkose voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging, aan dié courant gesê. “Ons moet onsself as landbouers onmisbaar maak. Onthou, voedselsekuriteit is ‘n hoë prioriteit vir die regering en ons moet dit aangryp. Boere kan nog steeds ‘n bestaan maak. "Kyk verby die politiek en verstaan die belangrikheid van kos.” Claassen is duidelik passievol oor landbou. Veranderings en aanpassings is nodig, maar hy is vol moed en optimisme oor die toekoms vir landbou en Suid-Afrika. “Ons moet hande vat en saamwerk. Landbouers moet op hoogte wees van ontwikkelinge.” Oor die rol van die Malmesbury Landbouvereniging het hy ook ‘n paar idees: “Ons sal aanpassings moet maak, hande uitsteek op alle terreine.” Belangrikste is dat landbouers die vereniging passievol sal ondersteun. “Ek wil ‘n oproep doen: laat ons hande vat en die bedryf sterk maak. “Verwelkom nuwe boere. As hulle ‘n groter rol speel, sal dit ons integriteit by die regering verbe-


NUUS • NEWS

2

29 April 2015

Besoek: Die Volksboukundige Vereniging het die naweek 'n

besoek aan Malmesbury gebring. Hulle was eers op die plaas Ongegund van Innes en Estelle Smit (regs). Die opstal dateer uit die vroeë 1700's en was aanvanklik 'n lang-huis (langwerpige huis). Later het die groep ook 'n besoek aan Loedolf-huis gebring (heelregs). Die groep was onder leiding van Len Raymond, wat betrokke is by die verkoop van Loedolf-huis aan die Weskus Kollege .

Woonstelblok vir Yzerfontein

LINKS: Die ligging van die beplande woonstelblok. BO: 'n Grafiese voorstelling. Belanghebbendes het tot 4 Mei om 17:00 om kommentaar te lewer op die voorgenome woonstelblok wat ontwikkelaars op Yzerfontein wil oprig om as aftree-oord te dien. Die beplande aftree-oord-ontwikkeling beslaan 'n gebou van ses vlakke met 'n dak-area en is geleë op vier erwe tussen Hoofstraat en Bo-weg. Die vlakke sluit 'n keldervlak in. CK Rumboll en Vennote het namens die ontwikkelaar by die Swartland Munisipaliteit aansoek gedoen vir die hersonering en gepaardgaande opheffing van bestaande bouregulasies op erwe 214 (508m²), 215 (719m²), 216 (590m²) en 217 (477m²) om die gebou met 32 woonstelle en winkelspasie op die grondvloer te

kan oprig. Volgens die voorlopige planne sal die gebou sowat 15 meter hoog wees aan die voorkant op Hoofweg en sowat agt meter aan die agterkant op Bo-weg. Daar word ook aansoek gedoen vir die verslapping van die boulyne vir die gebou waarvan die woonstelle almal see-uitsig sal hê. Die vier erwe is geleë skuins oor die T-aansluitings van Bo-weg en Hoofstraat met onderskeidelik Skoolstraat en 11de straat. Indien daar goedkeuring vir die ontwikkeling bekom word, sal dit die eerste van sy soort wees op Yzerfontein.


NUUS • NEWS

3

29 April 2015

• kring-Kameras bekyk Malmesbury

Toegangsroetes dopgehou Die hoof-toegangsroetes van Malmesbury is die teiken van die kringtelevisie-kameras wat op dié dorp aangebring word. Op dié stadium is daar twee kameras in plek wat onderskeidelik die verkeerslig by die Voortrekkerweg/Bokomoweg-kruising dophou en ook wat op die Engen-vulstasie gefokus is. Die kameras is deel van 'n inisiatief van die Malmesbury Sakekamer om die dorp en die sakelui daarvan te beveilig en om misdaad te voorkom. Die kameras is gekoppel aan 'n netwerk wat die registrasie-dokumente van 'n voertuig kan volg. Dié kameras en netwerk word deur Piekie van der Westhuijzen installeer en onderhou. Op hierdie stadium word die video-materiaal

slegs vir twee dae geberg, weens die volume data wat dit in beslag neem. Die materiaal is hoë definisie en die beeld duidelik sigbaar. Daar is twee tipes kameras beskikbaar; 'n statiese en nie-statiese weergawe. Op hierdie stadium is die statiese kamera gefokus op die Engen-vulstasie en kan nie in en uit fokus nie. Die kamera wat op die verkeersligkruising fokus, kan egter die beeldmateriaal tot baie naby trek en is daar geen onduidelikhede rakende registrasie-nommers van voertuie nie. Die kameras werk deur middel van WiFiinternetskakels en is daar dus geen drade wat "die hele plek rondlê nie". Van der Westhuijzen het ook gemeld dat dit met infra-rooistrale werk en 'n afstand van 100m so kan dophou.

Landbou:

Koot Claassen (derde van regs) is verlede week as die nuwe voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging verkies. Hier is hy saam met (van links) Erna Theart (sekretaresse), Carl Opperman (hoof uitvoerende amptenaar Agri Wes-Kaap), prof Roelof Botha (hoofspreker), Liam Viljoen (uittredende voorsitter) en Jeanne Boshoff (Agri Wes-Kaap).

Landbouers moet leer om saam te staan Landbouers moet saamstaan en met een stem praat as hulle werklik gehoor wil word. Dit is die goue draad wat verlede week deur al die toesprake en verslae by die Malmesbury Landbouvereniging se jaarvergadering geloop het. "As ek na die relevantheid en kwaliteit van sprekers en inligting kyk wat by ons vergaderings oorgedra word, kan ek nie glo dat daar nog steeds landbouers is wat nie die waarde van georganiseerde strukture besef nie, het Liam Viljoen, die uittredende voorsitter gesê. Hy het die lede bedank en gesê "sonder u volgehoue ondersteuning sou daar nie ‘n spreekbuis vir ons as landbouers in hierdie area gewees het nie". "Ons as landbou-gemeenskap is weer geseën met ‘n gemiddelde tot bogemiddelde produksie jaar. Die feit dat ons prysnemers is en die houvas wat die sogenaamde koste-knyptang op ons het, skep steeds ’n moeilike omgewing vir ons landbouers om in besigheid te doen. Dan praat ons nie eers van die impak van ‘n Eskom en ongunstige arbeidswetgewing op landbou nie. Viljoen het die Swartland Munisipaliteit en die plaaslike polisie bedank vir hulle bereidwilligheid om met hulle te skakel en ook vir die oop deur verhouding wat daar tussen hulle bestaan. "Hierdie tipe verhoudings moet gekoester en uitgebou word."

Carl Opperman, hoof uitvoerende amptenaar van Agri Wes-Kaap sê hy is nie bekommerd oor die toekoms van landbou nie. "Daar is geleenthede, ons moet dit raak sien en vat. Ons kan nie eenkant staan nie, ons is deel van die proses." Die hoofspreker van die aand was dr Roelof Botha, 'n bekende ekonoom en ook ekonomiese raadgewer vir PWC. Hy het ook sy stem gevoeg by die oproep van landbouers om by strukture betrokke te raak: "Dit is skrikwekkend hoeveel goeie boere nie aan landbou-verenigings behoort nie. Hulle het die mag, die stem om 'n verskil te maak." Dr Botha sê dit is riskant om te boer. "Maar dit is riskant in enige besigheid en landbou het klaar die weerstoestande - maar dit moet ons nie laat terugdeins nie. "Die skaarstse ding in die wêrel dis water en Afrika het baie water. Dit tel in ons guns." "As jy weet om te boer, kan jy nog goed doen. Die politiek is deurmekar, nie die ekonomie nie." • Die landbouvereniging is soos volg: Koot Claassen, (voorsitter), Erna Thiart (sekretaresse), Philip Geldenhuys (assistent-sekretaris) en addisionele lede : Truter de Kock, Janus le Roux, Peter Steyn, Liam Viljoen, Michiel Smuts en Lodewyk Lesch (Snr).

"Ek is verantwoordelik vir my eie veiligheid," het hy gesê en sekuriteitsmaatskappy aangehits om op die netwerk in te koop. Die kameras kan opgestel word om 'n spesifieke gebied of straat te monitor. Daar het egter vrae ontstaan rakende die privaatheids-aspek en of die materiaal in 'n hof gebruik kan word. Die kameras is stewig en sterk genoeg om vandalisme te kan deurstaan. "Jy kan maar 'n baksteen na hom toe gooi, hy gaan nie breek nie. Net dalk 'n bietjie skuif," het hy gesê. Volgens Van der Westhuijzen gebruik ongeveer 1000 voertuie die betrokke verkeerslig tussen 12:00 en 17:00 op 'n weeksdag. Die pryse van die kameras wissel ook tussen sowat R3500 en R12 000.

Kontak ons by 022 487 3221 met navrae of stuur jou nuuswenke na admin@ diecourant.co.za


NUUS • NEWS

courant

29 April 2015

dié

4

Hoed af vir landbouers

Wat is 'n landbouer? Is dit iemand wat met 'n groot bakkie ry? Iemand wat lekker hard kan praat? Iemand wat sy koffie op die lande geniet? Seker ja... Maar dis ook iemand wat hart en siel in sy beroep is. Iemand wat soggens vroeg opstaan, die dagbreek aanskou, naby aan sy Maker is. Iemand wat weet van bid. Bid vir reën, bid vir oeste... Iemand wat weet hoe dit op sy knieë voel. Dit is ook iemand van wie ons afhanklik is. Die man of vrou wat sorg dat daar kos op ons tafel is. Wat omsien na die wingerde, koringlande, sodat ons kan brood eet, pap op die tafel hê. Dit is nie iemand wat tot 'n spesifieke ras of geslag beperk is nie. Dit is iemand met sy hande in die grond, sand onder die naels, stofstrepe op die gesig. Alles dit vir sy voorliefde vir die natuur, vir die grond waarop hy 'n bestaan voer. Die landbouers vandag staar baie slaggate in die gesig. Moet baie baklei om bo uit te kom, om erken te word, om nie geboelie te word nie. Dit is mense wat belangrik is. Veral vir ons dorp en streek. Ons is steeds 'n landbou-gemeenskap. Diep gewortel. Soos die nuwe voorsitter van die Malmesbury Landbou-vereniging sê: Sukses hang van elke boer af - die swakste skakel bepaal die toekoms. Landbou se tyd het gekom, ons kan besluit waarnatoe. Ware, wyse woorde.

Opedag:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Donderdag hul jaarlikse opedag gehou, waar hulle moontlik-toekomstige leerders wys wat die skool hulle kan bied. Links is Tiana Strydom en Geo Erasmus (hoofseun en -meisie van dié skool) by die wetenskap-uitstalling.

Wicus en Emo:

Wicus van der Merwe en Emo Adams het Vrydagaand die Malmesbury Stadsaal behoorlik aan die lag gehad met hul optrede. By hulle is Liezl Baker en Deslin van Neel.

Gemeenskap en polisie span saam Wenner:

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Pick 'n Pay Malmesbury se wenner van die Castle Lite-yskas is Aletta van Schalkwyk. Haar pa Gert Schreuder het dit namens haar ontvang. Bo is Schreuder en winkelbestuurder Wilhelm Makkink.

Do you have any tin whiskers? Some years back the communications satellite, the Galaxy IV, had been suffered a malfunction in its control panel. Although everyone could see the results of the malfunction, only those with a microscope could have seen its cause – a phenomenon called a “tin whisker”. A tin whisker is a tiny metal hair that “grows” outward from the solder on a circuit board found in electronic devices. If it grows long enough it can connect two leads that should not be connected and short-circuit the whole system. Tin whiskers can also cause a short by breaking off and floating through the air into things they shouldn’t be floating into. Tin whiskers are filiform hairs, less than ¼ the width of a human hair, but the mishaps they cause can cost a great deal of money. The Hughes Space company lost hundreds of millions of dollars due to the one that grew on the Galaxy IV. Even though it is amazing, the high tech world we have built around us is astoundingly fragile. A few tin whiskers could bring it all down. Jesus both warned His disciples with the principle of big impact from little things. He told them to be on the lookout for the “leaven” that could sneak into their lives and wreak havoc. Paul told the Galatians, “a little leaven leavens the whole lump.” The intriguing thing about a little leaven, or a tin whisker is that they GROW. They take time to expand to the point that they affect everything around them.

Fynbos: Jacky Goliath, Lizette Lewis

van Malmesbury Pick ‘n Pay (VLV-bestuur) en Biola Zwaan by Malmesbury VLV se onlangse vergadering. Jacky is n boorling van Abbotsdale en sy bestuur De Fynne in Groot Drakenstein, wat op Fynbos fokus. Biola het ses maande gelede by die De Fynne-span aangesluit, nadat sy vir lank by Standard Bank op Malmesbury gewerk het.

Goeie werk: Die skofbevelvoerder van skof-D, adjudant JH October, saam met sersant RS Afrika, sersant GT Maloi, konstabel CJ Jafta en konstabel SJH Koordom by die vonds. Die stasiebevelvoerder van die SAPD op Piketberg, luitenantkolonel WB Beukes, het die gemeenskap bedank vir hul samewerking om misdaad hok te slaan. “Ek sien daarna uit om meer inligting van die gemeenskap te ontvang rakende onwettige bedrywighede in ons area,” het sy gesê na aanleiding van die vonds van 27 pakke dagga verlede week. Kol Beukes het ook die lede van skof-D bedank vir hul goeie werk. Die polisie het verlede Maandag inligting ontvang oor dwelms

in 'n vrou se besit. Die skoflede het dadelik dit opgevolg en die inligting was inderdaad korrek. ‘n Vrou (40) is in hegtenis geneem en aangekla van die onwettige besit van dagga, nadat die polisie op 27 pakke in haar huis op Piketberg beslag gelê het. Die gewig van die dagga is 3.895kg. Die beskuldigde het reeds in die plaaslike hof verskyn. Die stasiebevelvoerder , lt kol WB Beukes bedank die lede van skof-D vir hul goeie werk.

Vang vis op Yzerfontein

Hengelaars kan hul tande slyp vir ‘n rits kompetisies in die komende maande op Yzerfontein. Hier is ‘n paar datums om te onthou: 1-2 Mei: Tuna-kompetisie, as die weer dit toelaat. Navrae by Neville Smith, 079 873 6860; 30 Mei: Hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044; 27 Junie: Hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044; 27 Julie: Hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044;


NUUS • NEWS

5

29 April 2015

Fotografie nou deel van die eistedfodd Die Wes-Boland Eistedfodd spog vanjaar met 'n splinternuwe afdeling, naamlik fotografie. Dit be -staan uit twee kategorië: Ope- en Toepassingskategorie. Leerders wat hieraan deelneem, moet aan albei kategorieë, die ope-kategorie en toepassingskategorie, deelneem om 'n sertifikaat te ontvang. By die ope kategorie neem deelnemers in hul vryetyd foto's volgens 'n gegewe tema. Hulle stuur dan een foto in vir beoordeling (uitslag word eers gegee saam met toepassingskategorie-uitslag). Hierdie jaar se ope kategorie

tema is "Idiome in aksie". Leerders moet 'n foto neem wat 'n idioom uitbeeld. Tydens die toepassingskategorie kom leerders op die 6de Augustus bymekaar in Malmesbury (lokaal sal later deurgegee word) en kry slegs 'n beperkte tyd om 'n reeks/een foto te neem volgens 'n tema wat op die dag deurgegee word. Die leerders wat laasjaar deelgeneem het, het dit baie geniet en die terugvoer deur die beoordelaar het hul baie gehelp met hul fotografie. Die skool kan my gerus kontak indien daar enige

“Don Giovanni” with DME

Liedjieboer:

Anton Goosen, die liedjieboer het Donderdag in die Riebeekvallei opgetree by Bar Bar Black Sheep. Hy het ook 'n draai op Moorreesburg gemaak by De Oude Stoep. Foto: Nico Degenaar

This unique semi-staged production is planned to perform in London and other centres of Europe within the next years. It started with this vision: to create cool opera for old and new audiences. The aim is simple: to charm, seduce and make us reconsider what it means to be human. And so we have our own unique version of opera“alla breve”. What does this mean when it comes to the great opera “Don Giovanni”? The original work has been condensed to its musical substance, performed by not more than 5-7 singers, and accompanied, not by an orchestra, but by a pianist only. It has a present day setting without stage set and costumes, with props reduced to a minimum. Ideal for a town in South Africa called Darling! The 2013 premiere there for the Darling Music Experience shared the treasure-

chest of arias in this Mozart masterpiece which is rich in show pieces and instantly remembered tunes and catchy melodies, sung in their original language and performed by young South African singers. The storyline of this student improvisation is adapted to the South Africa of today with attention to contemporary issues and plot lines. It is told in modern English/Afrikaans with the emphasis on natural acting and storytelling. The three hours of the original work has been reduced to 80 minutes, performed by seven soloists (in eight roles), all advanced students of the UCT Opera School. The piano accompanist is the musical director, Dr Lisa Engelbrecht. The premiere was staged in a converted industrial building in Darling, directed by Christiaan Olwagen. Restaging director is Raimondo von Staden.

navrae is, of indien daar nie fotografie aangebied word by die skool nie kan ouers Diederik Niehaus kontak by Christelike Privaatskool Malmesbury, 022 487 2142 (tussen 07:30 en 13:00) of by 082 940 6523 (tussen 13:00 en 17:00). Die sluitingdatum vir inskrywing is die 8ste Mei. Vir meer inligting kan mense die WesBoland Eistedfodd se webwerf besoek http:// www.wbeisteddfod.co.za/ en kliek op Fotografie. Daar is ook fooie betaalbaar. Hoewel daar twee kategorië is, skryf leerders net eenmaal in (inskrywing per individu beloop R25).

Raak bewus van bewaring Die bewaring en bestuur van erfenis in die Wes-Kaap kom op Vrydag 8 Mei onder die loep in die Sinagoge Piketberg Museumkompleks. Jenna Levin, die assistent-direkteur van die Wes-Kaapse Erfenisstigting, is die spreker. Jenna is verantwoordelik vir die navorsing oor en die verklaring van nuwe provinsiale erfenisplekke. Die praatjie begin om 10:00 en toegang is gratis.

Wesbank druk sy stempel af Time for Olive Festival

70 Jaar:

Phillips Oogkundiges vier vanjaar hulle 70ste bestaansjaar op Malmesbury. Shaheem Kasu werk al 25 jaar by Phillips Oogkundiges as Optiese Tegnikus en hier ontvang hy ‘n Sertifikaat van Getroue Diens van Kevin Phillips by ‘n geselligheid om hierdie groot mylpaal te vier.

Praat saam oor vryheid Porterville Toerisme reël ‘n samekoms en debatsessie vir vanoggend by die museum. “Ons het Maandag Vryheidsdag gevier en vanjaar wil ons fokus op die jong volwassenes wat vanjaar hul mondigwording vier. “Hulle staan bekend as die born free generation. en dit sal baie insiggewend en interessant wees om te leer wat vandag se vryheid vir hulle beteken en wat dit oor die jare gebied het.” Die byeenkoms is van 11:00 tot 13:00 en vir meer besonderhede kan die museum geskakel word by 022 931 3528.

This Saturday and Sunday the charming Riebeek Valley and surrounds will play host to the annual Riebeek Valley Olive Festival, one of the largest and definitely the most popular of its kind in Southern Africa. The Riebeek Valley family invites you to come and enjoy the decadent delights of country living, all at a leisurely pace of course! As well as showcasing all things olive, the festival will give visitors an opportunity to sample the best that the Riebeek Valley has to offer. The Olive Emporium, centrally located on the Square in Riebeek Kasteel, will be offering a taste of valley life with a delectable range of luscious olives, a variety of olive based products, fine wines, sumptuous food, local arts & crafts and some foot stomping live entertainment.

Die span van Wesbank Rugbyklub het die afgelope Saterdag sy stempel afgedruk in die nuwe Swartwes-kompetisie deur die span van Moorreesburg (Samoa) met 'n wen-telling van 52-17 kous oor die kop huis toe te stuur. Die wedstryd het op die Wesbank Sportgronde plaasgevind en is deur ‘n groot, entoesiastiese skare toeskouers van die dorpe bygewoon. Die spanne het in die eerste 20 minute mekaar behoorlik deurgekyk en het op daardie stadium goed opgeweeg teen mekaar. Wesbank het egter deurentyd gebiedsvoordeel geniet en het grotendeels in Samoa se halfgebied geboer. In die 25ste minuut het Wesbank se volgehoue druk vrugte afgewerp toe vleuel Ronnie Appolis oor is vir ‘n drie. Die doelskop was mis. Wesbank se volgehoue druk het Samoa gedwing tot foute en is hulle in die 30ste minuut gestraf met 'n geel kaart. Daarna is Salmon Coetzee en Chrislyn van Schalkwyk oor vir 'n prag-drie elk wat die rustyd telling te staan gebring het op 17/0.

Vroeg in die tweede helfte slaag Samoa met n strafskop pale toe vir hul eerste punte van die wedstryd. Wesbank het toe die krane begin oopdraai en sy ondersteuners behoorlik op hul voete gehad. Aanval ná aanval, wat Samoa se verdediging uitmekaar geskeur het, het gelei tot nog ses drieë vir Wesbank. Samoa het egter nie moed opgegee nie en het by tye baie gevaarlik gelyk. Hoewel Wesbank se verdediging soos altyd rotsvas was, kon Samoa steeds daarin slaag om drie goeie drieë aan te teken. Met ‘n paar spelers wat nog van beserings moet herstel, behoort Wesbank se spoed vorentoe slegs te verbeter. Wesbank se derde span wen hul wedstryd met 30-15, terwyl sy tweede span net-net verloor met 12 punte teenoor 13. Wesbank reis die komende Saterdag na Darling vir hul tweede ligawedstryd van die seisoen. -Isak Adams

Porterville-kliniek skuif tydelik Die gemeenskap van Porterville en omliggende areas kan uitsien na verbeterde gesondheidsdienste met die opgradering van die Portervillekliniek wat in Mei begin. Die huidige perseel was oorspronklik ‘n pasiëntsaal by die LAPA Munnik-hospitaal en was dus nie gebou om as ‘n kliniek te gebruik nie. Die opknapping van die kliniek het ten doel om die huidige perseel beter in te rig vir ‘n verbe-

terde pasiënte-ervaring en ook om algemene instandhouding en opgraderings te doen. Om die opgradering te akkommodeer, verskuif die bestaande kliniek na ‘n tydelike perseel by Liebenberg Kamers, Piet Retiefstraat 24, Porterville. Die kliniek se gesondheidsdienste sal van 28 April tot 4 Mei gesluit wees en sal op 4 Mei weer hervat by die tydelike perseel. Die opgradering is geskeduleer om binne die

volgende maande voltooi te word. Kliënte wat die kliniek besoek, is gevra om geduldig te wees met die tydelike ongerief, aangesien die opgradering uiteindelik beter fasiliteite en ‘n beter ervaring van gesondheidsdienste tot gevolg sal hê. Pasiënte wat afsprake vanaf 4 Mei geskeduleer het, sal ingelig word van die nuwe perseel en adres en is gevra om hul vervoer-reëlings hiervolgens aan te pas.


NUUS • NEWS

6

Loedolfstraat gesluit vir verkeer

29 April 2015

Remember these markets Onthou van markte First Saturday of the month - Riebeek Valley Riebeek West Funky Fresh Market. 084 601 3636 / 083 748 6328 wrhino@telkomsa.net First Saturday of the month - Hopefield Mill Country Market. 022 723 1528 / 073 100 0357 info@themerrywidow.co.za First Saturday of the month Citrusdal Farmer’s Market 022 921 3210 First Saturday of the month - Langebaan Langebaan: Denlyn Park Craft Market. 082 935 5497

Daar word die afgelope week of wat gewerskaf in Loedolfstraat en die Swartland Munisipaliteit het ‘n bietjie meer vertel van al die bedrywighede. Die projek word deur West Coast FET College se ingenieurs in samewerking met die munisipaliteit bestuur en gefinansier. Die munisipaliteit het dit beklemtoon dat dit nie die belastingbetaler se geld is wat daar bestee word nie. Die gedeelte van Loedolfstraat vanaf Kerkstraat in `n westelike rigting sal eenrigting wees tot by die administratiewe gebou wat tans in Vootrekkerweg in aanbou is. Die gedeelte van die administratiewe gebou se parkeerarea tot by

Voortrekkerweg sal steeds tweerigting verkeer bly. Die nodige padtekens en -merke sal aangebring word ten einde dit vir die padgebruikers duidelik te maak. At Botha, direkteur siviele ingenieursdienste van Swartland Munisipaliteit, het aan dié courant gesê Loedolfstraat sal in die toekoms 'n meer “voetganger vriendelike“ straat wees, aangesien dit hoofsaaklik deur studente gebruik gaan word. “Daar sal verhewe voetoorgange/ platforms asook vernouings in die ryvlakke aangebring word om die verkeer af te koel.” "Drop and Go"-bushaltes sal ook langs die roete aangebring word.

Jongboere slyp hul tande vir gesogte titel Twee van die vyf jongboere wat dit gaan uitspook om die titel as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Wes-Kaap Jongboer van die Jaar, is van die Swartland afkomstig. Die provinsiale wenner sal op 27 Mei tydens ‘n galageleentheid in Durbanville aangewys word en sal die Wes-Kaap in die nasionale Agri SA Toyota Jongboer van die Jaar kompetisie verteenwoordig. • Gert Claassen: Malmesbury Gert boer op die plaas Windheuwel by Malmesbury met onder meer koring, gars, kanola, druiwe en grootvee. Die plaas het ook ‘n aartappelmoerproduksie-eenheid op droëland en ‘n sitrus-ontwikkeling wat in 2016 afskop. Volgens Gert sal die sitrus-ontwikkeling talle uitdagings, maar ook geleenthede, skep. Gert sê hy streef na ‘n gediversifiseerde eenheid wat risiko bestuurbaar maak om groei te bewerkstellig. “Maar meer as dit is my toekomsvisie om saam met my seun en die res van my gesin ‘n trotse en standvastige eenheid te bou en lekker te boer.” Hy sê jongboere is die wortels van die landboubedryf. “Ons moet die bedryf anker en seker maak dat die nuwe loofgroei sterk vrugte dra. As die jaar moeilik draai, is dit die plante sonder

wortels wat eerste draai.” • PW Steinberg: Porterville PW boer op die eerste groot kommersiële bessieplaas in Suid-Afrika, Dreammaker Fruits Pty (Ltd) op Porterville in die Swartland met bloubessies, swartbessies en frambose. Hy is een van min produsente in die land met ervaring in die bloubessiebedryf en het al nege seisoene agter die blad. PW sê hy volg ‘n aanslag van meer volhoubare biologiese en organiese boerderypraktyke om voedsel met laer residuvlakke en groter nutriëntdigtheid te produseer. “Ek is beginselvas oor volhoubare landbou. Ek wyk nie sommer af as ek genoeg inligting het dat my denkrigting reg is nie,” sê hy. Volgens PW is die jongboer soveel belangriker as enige ander bedryf se jeug vanweë riskante klimaatsfaktore en politieke onstabiliteit wat grond aanbetref. “Ons jongboere moet blootstelling en erkenning kry vir wat hulle in ‘n onstabiele politieke omgewing doen om te wys dat daar steeds hoop en sukses in die landbou is.” Mnr Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het die vyf finaliste geluk gewens. Hy sê dit is die jongboere wat met fokus, entrepreneursvernuf en passie vir die natuur die landbousektor van die provinsie en die land die toekoms in gaan neem.

Riebeek West Funky Fresh Market Riebeek West Funky Fresh Market. Last Saturday of every month. Alexi/ Willie 084 601 3635/ 083 748 6328 • wrhino@telkomsa.net. Piket-bo-Berg Farmers Market. Last Saturday of Every Month. 09:00-12:00 on the farm Kruistement. Riette Bryant 022 9145652 or www.piket-bo-berg.co.za Wintermark 8 Mei- Laaiplek -NGK Wintermark. 022 783 0046 Basaar 13-14 June -Dwarskersbos - Laaiplek NGK basaar 022 783 0046 Swartland Country Market 10 October -Swartland Country Market at Kirstenbosch Stone Cottages. Meet the winemakers and friendly people of the Swartland. Taste the wines and olives of the region. Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133

Aan Oewer Straatmark 7 November – Velddrif: Aan Oewer Straatmark. 022 783 0048 Aurora Market 7 November - Aurora Market. 022 783 1821 Christmas Light Market 27 November Malmesbury Christmas Light Market. 022 487 1133 swartlandtourism@westc.co.za Werfmark 27 November- Porterville Werfmark. 022 931 3484 Kersliggiemark 4 Desember - Velddrif Kersliggiemark. 022 783 0535 Christmas Market 8 December – Langebaan: Mykonos Christmas Market. 022 707 7000 Kloovenburg Christmas Market 12 December - Kloovenburg Christmas Market allows visitors the opportunity to taste, sample and buy seasonal produce from the valley. Add to your shopping list a large variety of Kloovenburg Wine and Olive Products and Kloovenburg Christmas Market Gift Boxes in different price ranges. 022 448 1635


NUUS • NEWS

7

29 April 2015

Hoe gemaak met...

Dates Datums

Flora Walks The Darling Flora group takes walks in the reserves in and around Darling & Yzerfontein. The group explores the reserves for whatever is flowering that day, to find anything new and to discuss anything botanical. These are gentle walks so anyone is welcome to join. For more details contact – Helene Preston 082 222 8135 /Maggie 022 492 2855 or Libbes Loubser 022 451 2504. Brunch & Culture Every first Sunday of the month at !Khwa ttu San Culture & Education Centre. Alternating events of storytelling (including open mic sessions) and choir performances. Tel 022 492 2998; website: www.khwattu.org. Snoek en Patatfees 26-27 June Goedverwacht - Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549 Cape Floral Kingdom Expo 27-30 Augustus - Wêreld se grootste Fynbos Expo; 09:00-17:00, Mega Park, Bredasdorp. Navrae: Eunice Joubert by 082 808 1114 / eunicek@agrimega.co.za of Chris van Rhyn on 021 863 0397 / marketing@capefloralkingdom. co.za Hopefield Fynbos Show 27-30 August: Hopefield Fynbos Show. 022 783 0856 / 022 723 1720, langriet@sandveld.net Clanwilliam Wild Flower Show 27 August - 5 September: Clanwilliam Wild Flower Show. 027 482 2024

Hoe gemaak met...

Plant nou vir die lente

Hmmmm, bly darem maar ongelooflik mooi - al daardie bloeisels in die lente. As jy graag lentebloeisels in jou tuin wil hê, is dit nou die tyd om 'n boompie of twee in jou tuin te plant wat jou in oorvloed sal beloon met 'n blom-skouspel die komende lente. Herfs is 'n goeie tyd om 'n boom te plant vir 'n lente-skouspel. Dit gee hul net genoeg tyd om te vestig en goed aan te pas sodat hulle in lente mooi kan blom. Besoek jou naaste kwekery en kyk bietjie na die groot verskeidenheid beskikbaar vir jou area. Onthou die kwekerye in jou area waar jy woon, hou die bome aan wat gewoonlik goed sal aard juis in jou spesifieke area. Vra hul dus gerus as jy nie seker is wat om te koop nie, maar moet nie die komende lente spyt wees dat jy nooit daarby uitgekom het nie. Sit dit in jou dagboek vir hierdie naweek en gaan soek daardie spesiale lente-bloeisel boompie vir jou tuin.

Kom ons praat grasperksorg in die winter. Baie tuiniers sukkel met hul grasperke in die koue maande weens te veel skadu-kolle. Gewone Kikoejoe-en Bermuda-grasperke (kweek-tipe), groei nie goed in skadu nie. Daar is baie ander soorte gras wat in skadu sal groei en met saad gesaai kan word, maar dit is grassoorte wat nie kort gesny kan word nie, weens die regop blaartipe. By dié soorte moet altyd 'n blaarlenge van 3 tot 5cm gelaat word. Daar is twee soorte gras wat in skadu sal groei wat plat op die grond kruip, naamlik Buffels- en Berea-gras (ook bekend as LM). Dié twee soorte kan ook redelik goed son hanteer, tesame met genoeg water. Die meeste variëteite gras sal beter groei in skadu indien dit nie so kort gesny word nie! Dit beteken dat jy jou grassnyer se lemme 'n knip of twee hoër moet stel sodat daar meer blaarlengte oorbly vir fotosintese. Voed die grasperke in die winter met 2.3.2-kunsmis, sodat die wortelstruktuur versterk kan word vir die warmer maande wat voorlê. Moenie nou 'n voeding met 'n hoë stikstofinhoud gebruik nie, want grasperke groei nie nou baie aktief nie. Waak daarteen om jou grasperk hierdie tyd van die jaar te kort te sny.

Sny nou eerder 'n knip of twee hoër en liefs net elke tweede week. Grasperke kan nou 'n bietjie met 'n tuinvurk of spykerroller deurlug word, om die kors te breek. Die grond word geweldig baie gekompakteer deur die jaar, wanneer kinders daarop speel of 'n motor daarop getrek word om te was. Dus moet die grasperk gereeld deurlug word. Belangrik: Hou die grasperk dop vir swamsiektes. Soms vorm daar klein bruin kolle op die blaar van die gras, 'n vorm van roes en kan behandel word met 'n swammiddel. Waak ook teen die hekse-ring (dollar spot). Dit is sirkels wat op die gras ontstaan, eers klein en word gou al groter. Dit kan behandel word, maar tree vinnig op vir die hekse-ring. Hoe gouer die probleem aangespreek word, hoe gouer kan dit herstel. Neem gerus 'n voorbeeld of 'n goeie foto van die probleem saam na jou plaaslike kwekery toe, dan kan jy die regte medisyne kry, met goeie raad gratis daarby! Onkruidbeheer is ook belangrik, maar meer daaroor 'n volgende keer (27 Mei). Tuingroete, George Retief


NUUS • NEWS

8

29 April 2015

Motor Diary • Motor-dagboek Amarider 100 Miler 23 May: The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; Distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia. co.za or contact 021 884 4752. MTB Challenge 30 May: Darling - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein. co.za www.wolwefontein.co.za Quadbike Rally 6 June: Hopefield HDB Security Quadbike Rally. 022 723 0040 Outride 13 June: Darling Swartbergsvlei Outride. 084 593 2745

www.swartbergsvlei4x4.co.za

Namaqua Mountain Bike Challenge 29 August: Vredendal - Namaqua Mountain Bike Challenge. 082 896 4661

Riebeek Valley Mountain Bike Race 5 September: Come and enjoy the natural beauty of the Riebeek Valley – on your mountain bike. The 35 km route will take you through vineyards and up against the slopes of the Kasteelberg. Jacobus Bruwer, 082 523 9804

Promosie

Mekor Citroën Tygervallei stel splinternuwe Cactus bekend

LINKS: Wendy da Silva is hier besig om haar nuwe Cactus te ontsluier. LINKS ONDER: Die musiekgroep Rubber Duc het die skare vermaak met hul liedjie “It’s Cactus Time”. ONDER: Van links is Andrew Parker, nuwe verkoopsbestuurder van Mekor Citroën Tygervallei, Wendy da Silva, kliënt en nuwe eienaar van ’n Citroën Cactus, en Madalaine Blignaut, verkoopspersoon van Mekor Citroën Tygervallei, by die bekendstelling.

Riebeek Valley Go-Kart Derby 19 September: Children of all ages can participate. 'Downhill Dash' races take place from the top of Main Road in Riebeek Kasteel and an Obstacle Course on the Kasteel Square, along with market stalls (manned by the children and the various school PTA’s), other children’s activities and beer & wine tent for the adults. Mike Hillier 082 898 0607

Foto’s en redaksie: VERSKAF

Citroën se parmantige nuwe Cactus is Donderdag 16 April by Mekor Citroën Tygervallei in Durbanweg bekendgestel. Sowat 85 gaste, waaronder bestaande en nuwe kliënte, het die geleentheid bygewoon. Op die vermaakspyskaart was die musiekgroep Rubber Duc met hul liedjie “It’s Cactus Time”, wat spesiaal vir die nuwe motor geskryf is. Belangstellendes kon vooraf meer inligting oor die Cactus op die internet of Facebook kry en dié wat wel bestellings geplaas het, is by die bekendstelling met hul nuwe motors verras.

Ses mense is sover die gelukkige eienaars van ’n Citroën Cactus. Wendy da Silva was een van die kliënte wat haar blinknuwe voertuig by die bekendstelling in ontvangs kon neem. Moenie die spesiale bekendstellingsaanbod van R224 900 misloop nie! Dit sluit ’n drie jaar/100 000 km-waarborg en vyf jaar/100 000 km-diensplan in. Huidige eienaars met Citroën motors wat ouer as drie jaar is, kwalifiseer vir tot R20 000 as inruilbonus. Vir meer inligting bel Andrew Parker, die verkoopsbestuurder, by 021 910 7272.


NUUS • NEWS

9

29 April 2015

Pavlov, Eskom, die toep en GWM Steed 6 bestuurdersitplek. Sentrale en outomatiese sluitmeganisme en immobiliseerder. Elektriese vensters en verhitting op die agterruit en parkeerhulp en trurat-waarskuwing. Daar is lugsakke voor en ABS remme met EBD asook 'n ewenaarslot agter. Die direkte inspuiting turbo dieselenjin lewer 105 kW (4 000 rpm) en 305 Nm (1 800 - 2 800 rpm) en met 'n ses-spoed handrattransmissie word die gekombineerde brandstofverbruik aangedui as 8,8 L/100 km. Die Steed 6 is 5,345m lank,1,800m wyd en 1,760m hoog met 'n grondvryhoogte van 188mm en 'n brandstoftenk van 70l. Dit alles gesê, is dit mos die prys van hierdie GWM Steed 6 Dubbelkajuit 2,0 VGT SX wat die assosiasie met bekostigbaarheid lank sal laat by bly.

Die Rus Ivan Petrovitsj Pavlov het bewys dat die honde se monde (bekke as jy wou) gewater het as net die klokkie lui. Dit natuurlik nadat hulle gewoond gemaak is dat die klokkie net lui wanneer hulle kos kry. Nou wat presies in daardie grysstof of "black box" as jy sou wou, van die honde aangaan, glo die uwe se "black box", sal niemand se "black box" ooit weet nie. Soveel te meer sal dit maar neuk om die "black box" van enigiemand te verstaan. Al wat jy met sekerheid kan meet, is dit wat by die grysstof ingaan en dit wat weer daar uitkom. Só is Ivan se teorie van assosiasies 80 jaar na sy dood nog elke dag van pas. Sonder om kinders met vierpoot-troeteldiere (terloops daardie soort wat werklik as troeteldiere kan kwalifiseer, want by katte is dit eintlik die mens wat die troeteldier is) gelyk te stel, is dit opmerklik hoe kinders sou reageer op die geluid van lekkergoed-papiere. Net vinnig by katte. Sonder om katterig te wees, gebeer dit darem te dikwels dat die mens die kat wil troetel, maar die kat wil nie getroetel wees nie. Wonder of dit ook is waarom daar in sekere seksistiese kringe na die skoner geslag as katte verwys word. Weer by assosiasie. Kinders wat hou van rondrits se ore is darem ook besonder fyn ingestel op die geklingel van sleutels. Maar dan moet die uwe darem bieg, daar is selfs in hierdie grysstof 'n paar klokslag-assosiasies. 'n Hond kwyl, maar die uwe verkies om te praat van mond wat water as, na 'n tydjie van onthouding daarvan, die woord sushi en die vooruitsig van 'n paar salm-rosies hom voordoen. Natuurlik is daar geure en kleure en klanke wat ook onwillekeurig herinneringe oproep of selfs in die alledaagse lewe 'n noodsaaklikheid word. Slaaploosheid is, seker maar met die gejaagdheid van ons tyd, 'n ernstige kwessie by groot en klein. Só is daar (lyk my nogal heelwat, en nie net in die uwe se huis nie) mense wat die gesuis van 'n waaier met hul slaap assosieer. Maar ongelukkig is daar Eskom en beland elkeen op plekke waar waaiers ontbreek. Vertel 'n familielid vandeesweek weer van 'n nuwe plan. Hulle slaap toe aan huis van oupa en ouma en nie net ontbreek die waaier nie, maar daar is

ook balksaag-klanke uit die hoofslaapkamer wat 'n slapelose nag in die vooruitsig stel. Gelukkig behou hy die teenwoordigheid van gees en raadpleeg sy selfoon vir 'n toep om 'n geraas te simuleer. En inderdaad. Daar is etlikes om van te kies. Die White Noise Free-toep gee vir jou keuses van klanke soos waaiers, haardroërs, skares en verkeer. Die voordeel van hierdie toep dan, dit is baie sagter op Eskom, kan vir 'n tyd sonder Eskom en kan natuurlik in die winter ook waai, al kry jy koud of sukkel met verkoue. Ook vir die see-liefhebbers wat rustig wil slaap met die salige klanke van rollende branders, is White Noise Free op die Android-platform nommerpas. Dit is nou as jy nie op 'n langnaweek saam met jou skoolspan op Hermanus se seefront gaan rustig raak en branders luister nie. Ons het in GWM se Bakkie van die Jaar die pad gevat na die Overberg. Geen pad wat vir die uwe so lekker ry (en veel rustiger as die N2-langnaweekverkeersnagmerrie) as die Franschhoekpas nie. Daardie pas geop en ge-af menige keer as student in enigiets van 'n Z650 Kawa tot 'n Renault 4 (met rathefboom wat reguit uit die paneelbord trek tot 'n ou ronde Mazda 323 sonder remblokke. Uiteraard is Steed 6 se 2,0 VGT SX-model in 'n ander klas. Aan selfvertroue ontbreek dit nie en hierdie dubbelkajuit-bakkie lyk sommer soos 'n spiertier. Die vooraansig met die (manlike, as ek mag) rooster vertel eintlik die hele verhaal. Groot. Hoog. En gemaak om te gaan waar jy wil. Punt. Die moderne LED-ryligte, misligte (ook agter) en hoofligte is netjies saam ontwerp in die lyn wat vloei om selfs die assosiasie te maak met iets van 'n moderne groot sportnutsvoertuig. Daarmee saam is die hoë wielboë, allooivellings en chroom-deurhandvatsels goed gebruik om die kantlyne te laat vloei vir hierdie lang bakkie. Saam met die lengte kom die gemaklike beenruimte vir agterste passasiers. Dit neem ons na die kajuit. Moderne ontwerp met 'n handvol luukses. Daar is 'n veeldoelige ritrekenaar, bluetooth-telefoonversoenbare radio/CD-speler met USB en Aux-sok en afstandbeheer vanaf die leerstuurwiel vir die klankstelsel met vier luidsprekers. Daar is klimaatbeheer en hoogteverstelbare

Johan Viljoen

sit voet in die hoek Sy prys is R299900 met 'n 5 jaar/100 000 km waarborg en diensintervalle van 10 000km. Gaan klop aan by Malmesbury GWM en toetsbestuur self hierdie Steed 6 Dubbelkajuit 2,0 VGT SX. As jy hom koop, slaap jy (én jou bankbestuurder) maklik. Sonder Eskom en sonder 'n toep. Cheers tot die waaiers weer waai.


NUUS • NEWS

10

Dagboek • Calender

Olive Festival 1-3 May: The Riebeek Valley Olive Festival is a lifestyle festival - voted one of the best food festivals in the Western Cape, because of the devine olives, wine, cheese, pickles, jams, bread and an eclectic mix of local character, to name but a few ingredients making up this feast. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545. Tuna-kompetisie 1-2 Mei - Yzerfontein Tuna-kompetisie, as die weer dit toelaat. Navrae by Neville Smith, 079 873 6860. Lagoon Celebration 1-2 May - Langebaan Lagoon Celebration 022 772 1515 www.capewestcoastpeninsula.co.za Pretloop 2 Mei - Pretloop op Malmesbury ter ondersteuning van outisme. Kontak Chantel Nel vir meer besonderhede, 073 107 2267. Eat, Drink & Be Giving 5 May - The Gallery Riebeek Kasteel: an evening of good food, wine and rugby with Nick Mallett. Cost: R350 pp. All proceeds donated to RV Trauma Centre. RSVP astridmcleod@mweb.co.za. Tertdeegkursus 7 Mei - Tertdeegkursus met Kokkedoor se Theresa de Vries op Piketberg. Leer om die verskillende deeg te maak en te gebruik by Die Bergkaros (Kardoesie). Bespreking noodsaaklik. Kostes beloop R330 per persoon. Kontak 071 659 4275. Onderststeuningsgroep 7 Mei: Ondersteunigsgroep vir ouers wat kinders verloor het, vergader om 15:00 aan huis van mev D Potgiere, Windelstraat 33, Malmesbury. Spreker: Lizette Murray. Kontak mev M du Toit, 022 482 1550. Piketberg Museum 8 Mei - Bewaar en Bestuur die Wes-Kaapse erfenis, 10:00 by Piketberg Museum. Die spreker is Jenna Levin, assistent-direkteur bewaring. Toegang gratis. Piekniekdans 9 Mei - St Michaels Kerk Abbotsdale hou ‘n piekniekdans in Malmesbury stadsaal. All Sounds Band, R60 per kaartjie. Kontak Ewerd Syster, 083 604 2011. Kaartjies by komiteelede. Huweliksboudag 16 Mei - PPK Malmesbury: Die rol van die man en die vrou in die huwelik word deur pastoor Pierre Hoffman bespreek. Jou huwelik sal nooit weer dieselfde wees nie. Kaartjies R160 per paar, by past Kobus du

022 492 3361 www.darlingmuseum.co.za. Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752. Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. Hengelkompetisie 30 Mei - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www. wolwefontein.co.za Sopdans 30 Mei - Swartland Voortrekkers hou dans in Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 19:30. Musiek deur Christo en Morne. Kaartjies R100 pp (kinders welkom: hoërskool R80, ander gratis). Sluit aandete in van gebakte brood & konfyt, wintersop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Kaartjies beperk: by Lize Signs, Hugenootstraat. Quadbike Rally 6 June - Hopefield HDB Security Quadbike Rally. 022 723 0040. Swartbergsvlei 6 June - Darling: Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. Tenkmonsterproe 11 Junie - Vredendal: Weskus Wynroete Tenkmonsterproe. 027 201 3415. Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Hengelkompetisie 27 Junie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044.

Plessis, 083 722 7787.

Fietstrap vir Kansa 27 Junie – ‘n Groep tieners onder leiding van Gielie Vermeulen gaan sowat 45km fiets trap om geld in te samel vir Kansa. Hulle het reeds hul eerste sakeborg ontvang. Skakel Gielie by 076 545 3675.

Open Day 16 May - Darling Museum Open Day

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 3 Mei - Ooggenddiens 09:30 - pastoor Piet Smit praat oor Vergifnis. Nagmaal word bedien. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 3 Mei - Pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00 en om 18.30. 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 19 April - Br Gert Rssouw lei die diens om 10:00. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Pinkster 2015 18 - 22 Mei – 09:30 by Aandskemering Ouetehuis. Die prediker is ds Johann Nel. Die tema: God! Is Hy… 18 Mei - Kenbaar?; 19 Mei - Betroubaar?; 20 Mei - Manipulerend?; 21 Mei – Gevaarlik?; 22 Mei - Wat is Sy doel met my? Die ontvangskantoor vir die tydsduur van dienste (09:30 tot 10:30) onbeman. Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 24 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae, 08:00 – 14:00).

Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297.

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: kantoor: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990.

29 April 2015


NUUS • NEWS 29 April 2015

Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za #2000/5

------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/5

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003/5

Gesoek Wanted AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/5

11

Te Huur To Let

bakkies & motors welkom.

3 Slaapkamer huis in Malmesbury beskikbaar vanaf 1 Mei 2015 teen R5800 per maand. Kontak hanrihewett@gmail. com

------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.

#2066

------------------------ROSE EIENDOMME – Twee slaapkamer skakelhuis met afdak te huur vanaf 1 Junie vir R4200 per maand in Dalsig-area. Skakel Luzanne 082 603 5245 of roselj@telkomsa. net #2064

------------------------TOP EIENDOMME 360m² stoor te huur vir R8 800 per maand in die industriële area van Malmesbury. Enkelfase-elektrisiteit. Geen toilet. Kontak 022 487 3817/8 (A21/2015) #2062

------------------------TOP EIENDOMME - 2 Slaapkamer woonstel in Hilltop Views te huur @ R4000 per maand. Kontak 022 487 3817/8 (A21/2015)

#2006/5

#2007/5

Betrekking Vacancy ADMIN KLERK by HealthGro – Vlot tweetalig, matriek, rekenaargeletterd. CV na hgro-admin@ cornergate.com #2065

------------------------BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon 071 361 7670 #2012/5

-------------------------

#2063

Te Koop For Sale GROENBONE te koop. Riebeek-Kasteel. R60 vir 6 kg. Kontak 082 523 9804 #2053/2

Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende

Kontak ons gerus om hier te adverteer by 022 487 3221 of stuur 'n e-pos na reception@diecourant.co.za


courant

NUUS • NEWS

29 April 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

29 April 2015

Sportuitslae Sports results

Gholf Malmesbury Vrydag Sundowner 25 April - Enkel Stableford Sakkie Klasen 20, Dick Ross 19, Charl Bezuidenhout 19, Freek Stander 19, Lieb Liebenberg 18. Saterdag 25 April - Enkel Stableford C-seksie kampioenskappe Jaco Basson 40, Heinrich Pieters 39, Eben Lingeveldt jr 37, Steven Adams 37. Vroue kampioenskappe Izelle van Tonder 32, Melichia Basson 31. Maandag 27 April - Enkel Stableford Jeremy vd Vyver & Pieter Pitzer 47 8 (vouchers); Hubert Greyse & Lorenzo Klein 47 6; D Southey & Basie Louw 47 5; Divann Robertson & Heinrich Robertson 45 4; William Binedell & Bransen Pretorius 44 3; Paul Hardcastle & Johann Ackermann 42 2.

Stokke: Die Hoërskool Swartland op Mal-

mesbury se wintersportspanne het die naweek na Hermanus getoer en daar hul skool verteenwoordig. Links is Geo Erasmus van die eerste seunhokkiespan in aksie. Die eerste rugbyspan het met 10-22 verloor, die eerste netbalspan het 31-30 gewen, die seunshokkiespan het 2 elk gelykop gespeel en die meisiehokkie het 1 elk gelykop gespeel.

• team mates make it to the front of the pack

Fietsry Malmesbury Elishia Drotschie en Elzet van Jaarsveld het die naweek as 'n span deelgeneem aan die Gravel and Grape 3 dag bergfiets uitdaging, geborg deur Atlantic Fertilisers. Hulle was derde algeheel in die vroue-span afdeling.

Pole position for Rabie Combrinck and Rabie set the tempo on the 121km course from Sterkfontein Dam in the Free State to lead the plunge off the escarpment into KwaZulu-Natal. The EAI Cycling duo powered into the finish at Winterton Country Club in a time of 4:18:27 to stamp their authority on the race and retain the overall lead in 16:39:46. The Altech Autopage Karan Beef combination of Hanco Kachelhoffer and Pieter Seyffert rode hard to secure the runner-up spot in 4:19:44 to move up into second in the standings in 16:47:22. Andrew Hill and Tyronne White of Avis Van Rental were unlucky to puncture twice on the stage. They limped into the finish in 4:22:56 to

round out the day’s podium and slip into the same position in the general classification in 16:48:15. Combrinck said the stage had been one of the most exciting of the race so far, with spectacular mountain views as they crossed the provincial border. As the racing snakes rolled out of the mistshrouded Sterkfontein resort, Rabie immediately went on the attack, said Combrinck. “We set a good pace from the start and four teams got away, just like yesterday. “We started the day with a four-minute lead so we decided to take it nice and safely through the technical sections.” The podium finishers, with The Gear Change

pairing of David George and Justin Tuck, rolled together as they headed for the edge of the plateau. Seyffert and White both punctured early on, forcing the two teams to chase back to remain in the break. The four pairs stayed together until the closing kilometres, when Combrinck and Rabie launched their final attack on Puffadder Pass. The defending champions broke away over the top of the climb and opened up a gap as Combrinck took the lead into the singletrack. When Rabie crashed, Hill and White fired up the afterburners to close Combrinck dow, but they could not narrow the margin. After his mishap, Rabie rode back up to the

Avis riders and was able to bridge over to his partner as the chase continued. Disaster struck again on the district road when White hit a rock, effectively ending his team’s hunt for the stage win. Hill, a KwaZulu-Natal native, said the overall time gap was not insurmountable however. “We know tactically how we can get the better of the other guys, so we’ll see what we can do in the coming days.” There was more drama in the mixed category as leaders Johan Labuschagne and Leana de Jager were forced out of stage contention due to injury. De Jager crashed heavily around 56km into the route when her pedal clipped an anthill.

Shimmin dra rolbal-kroon

Stryd:

Awie Feju, kaptein van Goodhopes Riebeek-Wes rugbyspan, word geduik terwyl Jerome Booysen van Riebeeck United van Riebeek-Kasteel nader kom om die bal te probeer afneem. Rustyd was Goodhopes 23-11 voor en na die blaaskans het Riebeek United terug geveg, maar toe die eindfluitjie blaas was Goodhopes die oorwinnaars met 30-25.

opwindende en spanningsvolle rolbal opgedis. Vier keer gelykop, en nooit ‘n verskil van meer as 3 punte nie, met Robin wat seëvier 21-19. Die ander twee wedstryde was maklik, met Terry wat Pieter Willemse 21-3 oorrompel, en Nicky van der Westhuizen buig die knie 11-21 teen Peter. In die halfeindstryde wen Terry gemaklik met 21-7 teen Robin. Wat Robin se prestasie soveel te meer merkwaardig maak, is die feit dat hy vanuit ‘n rolstoel meeding. Peter klop Gert in die ander halfeinstryd in ‘n wedstryd wat baie gelykop begin het, maar met Gert 12-8 voor, draai die gety en Peter gaan verby tot 20-14, om uiteindelik 21-15 te wen. In die geheel gesien, is goeie rolbal gespeel, met talle nuwe spelers wat goeie blootstelling gekry en waardevolle ondervinding opgedoen het, wat goed is vir die klub Terry sal nou op 9 en 10 Mei aan die kampioen-van-Kampioene kompetisie deelneem, waar alle klubkampioene in aksie sal wees.

Terry Shimmin is Saterdag gekroon as die Malmesbury mans rolbalkampioen toe hy Peter Hall in ‘n titaniese en opwindende wedstryd 21-20 klop. Dit was letterlik drie wedstryde in een, met Terry wat goed begin en gou 9-2 voorloop, waarna Peter, wat in sy eerste eindstryd betrokke was, die stres verwerk en vorder tot 20-14 in sy guns. Hierna knaag die senuwees weer, en kry Terry die geleentheid om te teer op sy ondervinding om uiteindelik die knoop deur te hak. Volgens van die senior spelers kan hulle nie onthou dat ‘n eindstryd ooit so 'n klein verskil gehad het nie. In aanloop tot die eindstryd was daar ‘n opskudding in die kwarteindrondes toe Roux Vermeulen 20-21 verloor teen Gert Adams. Gert was in ‘n stadium 19-8 voor, en met die laaste bal van die wedstryd beklink hy die sege toe hy een van sy balle nader speel om 2 skote te behaal. In die wedstryd tussen Koos Muller en Robib Deyzel wat oor 28 skofte gestrek het, was

99

88

R

R

SAVINGS

54

R

88

R

1 Litre

79

R

Le Royal Brandy 750ml

Per Pack

150

R Savanna Dry, Light or Dark Cider Non-returnable Bottles 6 x 330ml

PRICES VALID 30 APRIL - 3 MAY 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES ONLY

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Castle Lager Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml Per Case

56

R

Redd’s Original Apple Ale Cans 440ml Per Pack

129

R

Magnum Cream Liqueur 1 Litre

Multiply members earn up to 10x your points when shopping at Pick n Pay. To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiply. Terms and conditions apply.

1193246_100 x 260

CHEERS TO JOLLY GOOD

BEST BUY

Olof Bergh Brandy 750ml

Black & White Whisky750ml

Wellington VO Brandy 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1193246_VredenburgLiquor_10x8.indd 1

2015/04/24 11:28 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.