courant
gratis
tel 022 487 3221
Uitgawe 162
die
swartland en weskus
29 Februarie 2012
hugenotestraat 11, malmesbur y
LINKS: Die Wes-Kaap se premier, Helen Zille (naasregs), gister saam met Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit, Anton Bredell, Wes-Kaap se minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning en steeds ‘n inwoner van Malmesbury, en Tijmen van Essen, burgemeester van die Swartland, by die stadsaal op Malmesbury. INLAS: Premier Helen Zille met haar aankoms op Malmesbury.
Kameras rol in Swartland bl 3
Zille en kabinet kom wérk op Malmesbury
Lida en Johan Botha skiet TV-reeks bl 2 Fokus val op gesondheid Nuwe klaskamers vir W-kollege
“Oupa en Ouma” Sakekamernominasies nou hele jaar Motorbylaag binne
courant
die
2
Jou reg kom met plig
Regte en pligte. Tot die ander dag nog was regte daardie ding wat jy op universiteit gaan swot het om meesal ander mense te verteenwoordig in regsaksies. In die laaste klomp jare het regte eintlik skielik meer iets anders begin beteken. Dit waarop jy kan aanspraak maak. Dit wat jou toekom. Klink so half na dit waarvoor jy nie hoef te werk of dit hoef te verdien nie. Deesdae begin kinders op skool ook al leer van regte, maar gelukkig (en ek weet ongelukkig nie hoeveel daarvan vassteek nie) leer hulle ook dat daar saam met die regte, verpligtinge kom. So het “kinders die reg om trots te wees op hul erfenis en geloof, MAAR die verantwoordelikheid om ander se geloof en kultuur te respekteer. Ook die reg om goed gevoed te word, MAAR die verantwoordelikheid om nie met kos te mors nie. Kinders het ook die reg om ernstig opgeneem te word, MAAR die verantwoordelikheid om na ander te luister.” Elke afdraende het ook ‘n opdraande. As jy ‘n verskil wil sien of “ontvang”, het jy ook ‘n plig. Of dit nou is om jou kind se skool se beheerliggaamverkiesing by te woon en of dit is om die munisipaliteit te bel as jou straatlig stukkend is. Die onus rus op jou. Laat ons nie net bakhand staan en kla nie, die eerste plig lê by onsself.
29 Februarie 2012
courant HAB
Oupa en Ouma TV-reeks buite Malmesbury geskiet
Swartlanders Lida en Johan Botha hoofspelers
Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za
dis goeie nuus
deur: Dr. Andrew Bosman
Maar tevergeefs vereer hulle My
Op ‘n vraag van die Fariseërs en die skrifgeleerdes waarom Jesus se dissipels met ongewaste hande eet, het Hy hulle skerp aangespreek dat hulle weet hoe om die gebod van God opsy te sit en so aan die oorlewering van mense vas te hou. Hy sê aan hulle dat Jesaja die profeet tereg oor hulle geprofeteer het toe hy gesê het dat hierdie volk die Here eer met hulle lippe, maar hulle hart is ver van Hom af. Jesus het verder vir hulle gesê dat hulle God tevergeefs eer, maar dat hulle leringe leer wat gebooie van mense is. So word die Woord van God kragteloos gemaak deur oorleweringe wat hulle bewaar. Ons het almal verskillende huisreëls maar die einddoel is om ons kinders ordentlik groot te maak. Die profeet Maleagi skryf dat God man en vrou gemaak het sodat hy ‘n geslag kan hê wat Hom sal eer. Mag ons kinders so groot gemaak word om hulle lewens so in te rig dat hulle ‘n wyse hart mag bekom, ‘n liefde vir God sal hê en respek teenoor hulle naaste en hulleself sal betoon.
Skrywer Leon Kruger saam met van die akteurs van Oupa en Ouma, Roeline Daneel, Celeste Matthews en Johan Botha. “Aksie ... speel!” en “Aksie ... sny!” Dit is vir die laaste drie weke bekende klanke op ‘n Swartlandse plaas buite Malmesbury. Huishoudelike name soos Johan en Lida Botha, Vicky Davids, Neels Coetsee saam met skrywer/reggiseur Leon Kruger, is hier vir ‘n nuwe sitkom-produksie vir KykNet wat vanaf 2 April in die plek van Mollie en Wors te sien sal wees. “Dié reeks gaan oor oudword en die lief en leed wat daarmee saamgaan,” het die vervaardiger, Carl Olen, gesê toe die courant vandeesweek op die stel gaan kuier het. “Leon het dit met baie goeie humor ingekleur en Johan en Lida speel ‘n hond uit ‘n bos uit!” Olen is baie beïndruk met dié veteraan-akteurs se kennis en vaardighede. “Nadat hulle reeds met ‘Oupa en Ouma’ getoer het, ken hulle die karakters só goed! “Johan en Lida is reeds vir langer as 50 jaar in die bedryf – dit bly ‘n plesier om met hulle te werk.” Die produksiespan van 12 mense, plus gasspelers en ander, soos Celeste Matthews en Roeline Daneel (dogter van die bekende Elsabe Daneel) skiet reeds sedert 6 Februarie aan ‘Oupa en Ouma’.
REGS: Carl Olen, die vervaardiger van “Oupa en Ouma”.
Pietie De Beer se beenmurgoorplanting uitgestel”:
nie, verseker haar vriende Kobie en Trompie Koegelenberg die courant. Intussen reël vriende van Petrolene ‘n gholfdag vir 17 Maart op die Malmesbury-gholfbaan om fondse vir hierdie duur behandeling te bekom. Kontak die Malmesbury Gholfklub (022-4871289). Vir navrae oor die fonds, skakel Kobie Koegelenberg 084 696 0518/084 603 9730.
Die beplande beenmurgoorplanting vir Petrolene de Beer van Malmesbury word vir eers uitgestel weens gesondheidsprobleme en sal nie meer op 22 Maart 2012 plaasvind nie. Dit word slegs uitgestel, en nie afgestel
Volgens Olen voltooi hulle elke tweede dag een episode en duur die produksieproses plaaslik nog tot 14 Maart. “Die reeks sal bestaan uit 26 episodes waarvan ons nou die eerste 13 verfilm. Die volgende 13 episodes sal ons opneem terwyl die eerste 13 op die kassie uitgesaai word,” het Olen bygevoeg. “KykNet was opsoek na ‘n sitkom, en ons het ‘n proefprogram opgeneem en voorgelê.” Kruger sê hy het komponente wat goed gewerk het in die gelyknamige toneelstuk, waarvan die Botha’s reeds meer as 100 opvoerings gedoen het, saam met die nuwe teks by die reeks ingewerk.
29 Februarie 2012
courant nuus
3
Zille, kabinet by Swartland Munisipaliteit
Die Swartland Munisipaliteit het gister geskiedenis gemaak toe hy as gasheer opgetree het vir die Premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, se premierskoördineringsforum. Dié byeenkoms het 120 afgevaardigdes van elke dorp vanuit die Wes-Kaap getrek. Dit sluit in die burgemeester en munisipale bestuurder van elke dorp, asook die ministers van die Wes-Kaapse parlement. Tydens die opening het die burgemeester, Tijmen van Essen, melding ge-
maak van die skoon oudit wat die SM en die Weskus Distriksmunisipaliteit pas gekry het. Hy het ook met trots verwys na die geskiedenis en ontwikkeling van die Swartland en sy 94 000 inwoners. Zille het die vergadering daarop gewys dat die doel van die byeenkoms harde werk is. “Harde werk, asook oop en reguit besprekings is ingebou in ons DNS - ons kan slegs op dié manier ons leuse ‘Better Together’ bereik!” het die premier gesê.
Katolieke Kerk hou fees
SWL772
Die Frances de Sales Katolieke-gemeente op Malmesbury het Saterdag hul jaarlikse fees gehou. Verskeie stalletjies het lekkernye en snuisterye te koop aangebied en plaaslike sangers het die feesgangers vermaak. LINKS BO: Michele en Estelle Stelluto hou die verrigtinge dop. LINKS: Anya Botha van Malmesbury het die gehoor met haar sang vermaak.
Juliana en Michael Meredith van Olive Boutique is baie presies oor die kwaliteit van hul olyfprodukte. Van gegeurde badolie, seep en rome tot ekstra-suiwer olyfolie en pikante olywe word met kennis gebore uit jarelange ervaring gemaak. Die groenolywe in lemmetjiesap dans lekker op die tong met Swartland se Chenin Blanc.
Baie geluk aan Dina van der Werf, ons eerste wenner in 2012. Haar storie sal volgende maand gepubliseer word.
SWL775
Neem deel aan Swartland Wynkelder se opwindende promosie en wen!
WEN
Stuur vir ons jou interessante Swartland storie, van ons eie mense en hul dinge, of laat weet ons van geleenthede in ons area en wat dit spesiaal maak. Ons benodig 2 of 3 goeie kwaliteit foto’s (een van naby en een van die omgewing waar die storie afspeel) asook 100 woorde oor die foto’s. Die storie wat gekies word sal op ons webtuiste verskyn en die wenner sal 2 kiste Swartland Wyn ontvang. Alle inligting kan na suzanne@swwines.co.za gestuur word.
Nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18. Geniet verantwoordelik.
Storie
mySwartland
4
courant nuus
29 Februarie 2012
Nuwe klaskamers vir West Coast College
Hierdie leerders van die Laerskool Swartland op Malmesbury het eerste, tweede en derde plekke gekry by die Boland atletiek-kampioenskappe. Voor is Jana Relihan, Kyle Geldenhuys en Jay-Cee Hoogbaard. Agter is Emma Louw en Micke Smit.
Die Weskus Kollege op Malmesbury het ‘n paar skuiwe gemaak om die leerders te akkommodeer ná die gebou wat hulle as klaskamers gebruik het, gesloop is. Dié gebou in St Thomasstraat het plek gemaak vir ‘n nuwe ontwikkeling. “Ten spyte van die sloping van die Weskus Kollege se klaskamers in St Thomasstraat gaan klasse soos normaal voort. “Die kollege het drie voorlopige klasse in die Trafalgar Sentrum opgerig wat elk ongeveer 30 studente akkommodeer. “Geen dosente het hul werk verloor weens die daling in die getalle nie, sê uitvoerende hoof, Osma Jooste-Mokgeti. “Ongelukkig moes ons noodgedwonge ons
getal inname van 480 in 2011 na 430 in 2012 verminder. ‘n Hoogtepunt van die pas-afgelope registrasie is dat daar ‘n tweede klas geregistreer is vir die Gasvryheid-kursus. “Die skuif het nou wel ‘n klein effek op gerieflikheid van die studente en personeel, maar dit beïnvloed geensins die kwaliteit onderrig wat die studente ontvang nie. “Die kollege het nagegoeg 4500 studente in 2012 geregistreer wat ‘n rekord getal inskrywings is. “Ek herhaal dat ten spyte van die struikelblokke is ons as Weskus Kollege steeds verbind tot die gemeenskap van Malmesbury en omgewing en stel altyd die student se belange eerste,” sê Jooste-Mokgeti.
Die Voortrekkerbeweging van Malmesbury het verlede week nie-bederfbare kos ingesamel met die doel om dit aan die ACVV te oorhandig. “Ons wou graag hê die kinders moet leer dat hulle iets kan doen aan die groot behoeftes wat rondom hulle in die gemeenskap bestaan,” het Jan Nel van dié beweging gesê. By die oorhandiging aan die ACVV was Nel, Mavy Smit (ACVV), Helene Nel (Voortrekkers), ds. Johan O’Kennedy en Doedtie van Essen (ACVV).
Die leerders van die Riebeek Vallei Spesiale Skool het hul vernuf op ‘n paar plaaslike vroue getoets in die haarversorgingsklas. Bo is al die nuwe kapsels.
29 Februarie 2012
Korrels kraak in Crush Day
courant nuus
5
Die Darling Cellars se Crush Day is Saterdag gehou en ongeveer 240 mense het die dag bygewoon. Van muffins met plaaslike Darling joghurt en sap vir ontbyt tot ‘n heerlike weskuspotjie met baie Darling Cellars-wyne vir middagete, het oud en jonk ‘n dag vol pret en plesier gehad.
Sap spat in druiwetrap
Die Riebeek Kelder op Riebeek-Kasteel het Saterdag hul jaarlikse druiwetrapkompetisie by die kelder gehou. Daar is getrap dat die sop spat. As een paar voete nie genoeg was nie, het spanmaats saam ingeklim en het dit behoorlik vashou en balans hou gekos.
Diamond Route to open off-road season
The Diamond Route 400 - to be run this weekend (February 24/25) for the second consecutive year in the Wolmaransstad area of the North-West Province - will open the 2012 National Off-Road racing season for motorcycles and quads as the first of six rounds in this year’s championship. The Diamond Route 400 was a new and very successful - entry to the National calendar in 2011, even though the organisers had to make last-minute adjustments to the route due to heavy rain before the race. This year the Verwes Club have prom-
motors
ised to make it an even better start to the series. And it seems that some of last year’s big battles are set to pick up where they left off. Defending title-holder and OR1 (Open Class) champion, Jade Gutzeit (Yamaha), will aim for a third consecutive overall title, but will have his work cut out for him. His former team mate, Louwrens Mahoney, now KTM-mounted and also competing in OR1, won this race last year, but finished second overall at the end of 2011. www.motoring.co.za
promosie
Hi-Q open 5 Maart
“Ons is hier om ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Ons altwee is al vir jare in die bandebedryf en wil ‘n diens lewer – en dit in ‘n veilige omgewing,” só sê Leon Louw en Derik Swanepoel van die splinternuwe Hi-Q op Malmesbury. “Navorsing bewys dat 34% van alle bandedienste deur vroue-kliënte aangevra word. Juis daarom het ons besluit om van die wagkamer ‘n veilige sone te maak, waar ma en kind kan koffie drink en die kinderhoekie geniet, terwyl ons die bandprobleme uitsorteer!” Die ontvangs- en wagperseel is met glaspanele afgeskort, wat verseker dat die lawaai en stof in die werkswinkel bly. Vir die gerief van die kliënt het dié twee manne ‘n koffiemasjien en lieflike sitplekke aangeskaf, sodat wagtyd kwaliteit-tyd kan wees. “Vir die dames verseker ons dat ons self die voertuig op die spore en lae-vlak hyser sal ry!” Leon en Derik het onderskeidelik 17 en 16 jaar se ervaring van bande en nooi die Swartlandse gemeenskap om in te loer vir ‘n kwotasie of ‘n vinnige geselsie.
Leon Louw en Derik Swanepoel
“Ons is pro-plaaslik en het feitlik alle dienste en aankope vir die werkswinkel en wagkamer plaaslik bekom. Die vier personeellede wat in ons werkwinkel aangestel is, is ook plaaslike mense.” Besoek Hi-Q in Voortrekkerweg, Malmesbury tussen 08:00 - 17:00 (weeksdae) en 8:00 - 11:00 (Saterdae) of skakel hulle by 022-482 1931.
6
courant motors
29 Februarie 2012
Hyundai Malmesbury nou oop Hyundai Malmesbury se deure word môre amptelik vir die publiek oopgemaak. Die diens- en parte-afdelings sal kort daarna volg. Volgens Willie von Abo, handelaarshoof van Huyndai Malmesbury is Hyundai ‘n sterk opkomende en groeiende handelsmerk met uitstekende kwaliteit en waarde vir geld en bied dié motorhandelaar 5 jaar/150 000km waarborge. “Daar is ‘n sterk groei en aanvraag in die Swartland na ons produk en ons wil die hele distrik hiervandaan bedien met
verkope en dienslewering. “Ons is 100% gefokus op kliënte tevredenheid en daarom is ons personeel toegewyd aan dienslewering. “Hier by Hyundai Malmesbury kan jy met ‘n geruste hart inloer en net die beste diens verwag. “Ons stap die pad saam met elke kliënt, van produk, finansiering tot en met versekering,” sê Von Abo. “Ons sien daarna uit om almal welkom te laat voel in ons vertoonlokaal in Bokomoweg, Malmesbury,” sê hy. Kontak Hyundai Malmesbury by 022 482 4141.
Carrying on the GTI tradition of borrowing more power from the parts bin, the Edition 35 has the 1984cc EA113, direct-injection turbo-petrol engine from the Golf R, with a reinforced block, heavy-duty con rods and gudgeon pins with thicker walls. The waste-gate on its intercooled turbocharger is set for maximum boost of 0.9 bar at 5500rpm, giving it 173kW (18kW more than the standard, 155kW, two-litre TSI) and 300Nm from 2200-5500rpm - good enough, says VW, for a 0-100 sprint in 6.6 seconds and a terminal velocity of 247km/h.
29 Februarie 2012
courant motors
Die nuwe GWM Becker Auto op Malmesbury het Vrydag ‘n opedag gehou waar voornemende kliënte hul nuwe produkreeks kon besigtig. Hier is Rikus Meissenheimer (verkoopsman), Reiner Becker (eienaar), Joanita Kellerman (bestuurder) en Lional Booisen (verkoopsman).
Countdown to Etios has started
Toyota SA Motors today announced that the much anticipated Etios range will be launched on the 21st of May 2012. Unveiled at JIMS last year in Johannesburg, it is Toyota’s first foray into the highly popular Sub-B segment of the market since the discontinuation of the Tazz more than five years ago. However, this is where the similarity between the Etios and its much-loved ancestor ends. As Kerry Roodt, General Manager: Marketing Communications at Toyota South Africa Motors, points out: “Rather than rely on handme-down technology and yesteryear’s styling, the Etios is a bang up-to-date product that was specifically designed around the needs of today’s cash-strapped, yet ever-demanding driver. Keeping the target customer in mind, the Etios is youthfully styled and extremely well packaged – in fact size-wise, it’s a class up from the competition. And, thanks to its modern yet durable 1.5-litre motor that comes with a healthy smattering of techno hardware in the form of twin cams and four valves per cylinder, the Etios is also well-equipped in the performance depart-
ment.” Commenting at the launch of the Etios in India where the car is built at a state-of-the-art facility located in Bangalore, Mr Yoshinori Noritake, Chief Engineer for the Etios, said: “With the Etios, we aspire to offer the best suited car for the customer at an affordable price, while providing a vehicle that is one class above. After interviewing and studying the customer preferences, we found a growing need for affordably priced, quality cars. We first observed various aspects that were sought after by the customer and then enhanced the features and performance aspects that were truly needed while doing away with excessive design elements.” This ethos is very evident when you look at the exterior styling of the new Etios. As India’s Autocar magazine observed: “Toyota asked everyone and his uncle what they would like in a family hatchback. The feedback was then collated, analysed and acted upon.” The result? A design that is universally pleasing with “styling that is well proportioned and balanced thanks to the long wheelbase – 2550mm” (Autocar India).
7
The basic synopsis of the all-new Mercedes-Benz SL 63 could really have been cut and pasted from that of any other modern sports car - less weight and a ‘downsized’ forcefed engine that pumps out more power while using 30 percent less fuel. Tick the box for the performance package, however, and you’re playing with 421kW at 5500rpm and 900Nm at 2250 - 3750rpm, enough to dash to 100 in 4.2 seconds. The top dog also gets its top speed nanny moved from the usual 250km/h to 300km/h.
courant courant wat gebeur
8
29 Februarie 2012
Sudoku 162 Sudoku 161 antwoord
die courant Februarie
Kaas en Wyn @ Malmesbury Museum 29 Februarie - Die Malmesbury Museum bied ‘n kaas-en-wyn-aand aan by die museum. Die spreker is Mike Turner, die skrywer van die boek oor die Swartland wat verlede jaar verskyn het. Kaartjies kos R50 pp; besprekings noodaaklik. Skakel 022 482 2332 vir kaartjies. Kunste Mosaiekfees 2-4 Maart - Die NG Gemeente Durbanville bied ‘n Kunste-Mosaïekfees by hul kerkterrein aan. Klassieke werke, soos orrel- en trompetuitvoering en werke van Bach, ens word aangebied. Spesiale aanbieding: Koop ‘n dagkaartjie vir die 4 klassieke konserte op Saterdag 3 Maart teen slegs R100 per volwassene en R50 per kind. Kontak die kerkkantoor by Tel: 021 975 6370/ Faks: 086 577 7652/Epos: jackie@durbanvillegemeente.co.za Of ontvangs@durbanvillegemeente. co.za en loer by www.durbanvillegemeente.co.za Wêreld Biddag vir vroue 2 Maart - Die jaarlikse wêreldbiddag vir vroue word deur die Interkerklike Vroue van Malmesbury by die St Thomas Anglikaanse Kerk in Lantanastraat, Wesbank, gehou. Die diens begin om 19:30 en alle vroue is welkom. Skakel Cynthia Slingers (0835597318 /0224864911) vir navrae. HDU Gholfdag 3 Maart - Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg bied ‘n gholfdag aan by die Moorreesburg Gholfklub. Talle pryse is op die spel en bekendes soos Bertus Smit, oud- Boland, WP en SA-speler wat aan talle toernooie in die VSA en Europa deelneem, sal in aksie te sien wees. Kostes beloop R1 500 per 4-bal en sluit die natgate en prysuitdeling se steak-ete in. Kontak Stephan Basson by 022 433 2253 of 083 452 8032. MKB Swartland Halfmarathon 3 Maart - MKB op Moorreesburg bied die jaarlikse Swartland Halfmarathon aan. Kontak Dienie 082 895 8395 met navrae. AGS Corpus Christi Malmesbury 4 Maart - Die Sondagoggenddiens van die AGS Corpus Christi op Malmesbury vind om 09:30 plaas met die titel “Die Skatkamers van die Hemel”, gelei deur pastoor Piet Smit. Die aanddiens volg om 18:30. Kontak 073 447 2902 met navrae.
kalender Malmesbury Netbalklub hou proewe 6, 8 en 13 Maart - Die Malmesbury Netbalklub se proewe word om 18:00 op die Laerskool Swartland se netbalbane gehou. Kontak Nadine Scherman by 082 824 8103 met navrae. Shavathon 8 Maart - Shavathon op Malmesbury by Toyota, heel dag oop. Skryf jou skoolklas/kantoor/vriendekring in en ondersteun Kansa-werksaamhede. Vir navrae, skakel Hester Smith (022-4821111) of Dirk van Zyl (022-4822 961). Shavathon Moorreesburg 9 Maart - Die Moorreesburg Sakekamer bied ‘n Kansa Shavathon aan in die NG Kerksaal vanaf 07:30 tot 15:00. Pryse vir volwassenes beloop R50 en kinders onder 12 jaar is R25. Kontak Carla Scheffer by 022 433 8305 met navrae. Porterville Christusfees 9-11 Maart - Die Porterville Christusfees word vanjaar in Maart gehou. Kunstenaars sluit in Elvis Blue, Heinz Winkler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele meer. Saterdagoggend geniet feesgangers ontbyt saam met Jannie de Beer en Jean Marais sluit Sondag die fees af. Toegang - Volwassenes: Vrydag R50, Saterdag R100, Sondag gratis en ‘n naweekpakket R120. Kinders: Vrydag R30, Saterdag R60, Sondag gratis en naweekpakket R70. Kontak Willie by 083 650 1640 of sien die program op www.christusfees.co.za. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Onbeskaamd @ De Bron Teater 15 Maart - “Onbeskaamd” tree om 19:00 in die De Bron Teater op Malmesbury op. Kaartjies beloop R50. Kontak 022 487 2000 met navrae.
VLV Sirkel 15 Maart - Die Malmesbury VLV is die gasheer vir die Paarl-sirkel se 60ste verjaardag-konferensie in die Malmesbury stadsaal. Die agt takke wat die Paarl-sirkel vorm, bied dit aan. Rig navrae aan Erina Myburgh (022-482 3560). NG Kerk Moorreesburg Familiefees 16-18 Maart - Vrydag 16de 17:30 Basaar en Sangaand; Saterdag 17de Wyksbraaie; Sondag 18de 9:30 Jubeldiens aangebied deur Gwendoline Kriek en 12:00 Gemeente-ete. Vir verdere navrae skakel asb die Kerkkantoor by 022 433 1105.
Kaas en Wyn vir Addele Jonker 20 Maart - ‘n Kaas en Wyn met ‘n modeparade op Moorreesburg, gereël deur vriende van Addele Jonker, ‘n 18-maande dogtertjie met kanker. Dit vind plaas in die NG Kerksaal op Moorreesburg @ R100 per persoon. Besighede kan ‘n tafel koop teen R1000. Kaartjies beskikbaar vanaf 1 Maart by: Christine Gelderblom Nutroscience Malmesbury; Elna Faasen MKB Hoofkantoor Moorreesburg Colleen Martin Petfood Caterers Moorreesburg: Tel 022 433 1880/ faks 022 433 1912/ petfood@mkb.co.za. Biblioteekweek 20 Maart - Die Malmesbury Biblioteek bied ‘n poppekas om 08:30 aan. Sarah Theron @ De Bron kleinteater 21 Maart - Sarah Theron tree op in die De Bron kleinteater op Malmesbury. Kaartjies by 022-487 2000 @ R100 per persoon. Kaskarre @ HDU 22 Maart - Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg hou ‘n fondsinsameling met kaskarre om 17:30 by die Gene Louw Sportgronde. Stalletjies met eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees en kaskarre sal voorsien word. Spanne bestaan uit ‘n minimum van nege lede. Kostes beloop R40 per lid en gelde is voor of op 14 Maart betaalbaar. Kontak die skool by 022 433 2253 met navrae. Damesmark @ Malmesbury Biblioteek 29 Maart - Kom drink ‘n koppie tee by die Malmesbury Biblioteek en geniet die damesmark vanaf 09:00 tot 16:00. Malmesbury Agrimark/Efekto Damesontbyt 17 April - Dié ontbyt, aangebied deur Malmesbury Agrimark en Efekto word by die Mount Royal op Malmesbury gehou. Sprekers vir die dag is André Bimray van Design-agarden, Anna Cilliers (plantekenner), Elsabe Aldrich en PG Engelbrecht. Op die dag sal die nuwe tuinbou-kompetisie geloods word wat oor ‘n jaar-tydperk loop. Kontak Jacques Schade by 022 482 8000 met navrae. Kinderbond 1 Desember - Die Kinderbond van die VGK vier hul 70ste verjaardag en die organiseerders soek na alle lede en aanbieders wat oor die jare by hierdie organisasie betrokke was met die oog op ‘n reünie. Skakel Engela de Lora (022-486 5222) of mev Burger (022-4865603) of Sofia Arendse (022-486 4707). Netbal-oefeninge Dinsdae en Donderdae: Die Malmesbury-Tygerliga Netbalklub se oefeninge word Dinsdae en Donderdae op die Malmesbury Sportgronde van 18:30 tot 20:00 gehou. Belangstellendes welkom. Kontak Jennifer du Toit by 072 246 6417.
courant courant kos en nuus
29 Februarie 2012
Karen Rabbets van die Deli in die Checkerssentrum op Malmesbury het hierdie week se resep voorberei. Besoek hulle vir enige tuisgebak, soetigheid of Chinese disse.
Ontbyt omelet Bedien een persoon Eet smaakli k
!
Bestanddele
2 t botter 1/2 klein rooi soetrissie, in repies gesny 5 sampioene, in die helfte gesny 3 skywe rooi ui 5 kersietamaties, in die helfte gesny 1/2 wiel fetakaas 3 eiers 2 e melk Growwe sout en peper Vars basiliekruid
Heerlik!
Metode
Braai die soetrissie, sampioene, ui en kersietamaties in die botter wat eers goed warm gemaak is. Haal uit en hou eenkant. Klits die eiers en die melk en geur met sout en peper. Gooi die eiermengsel in dieselfde warm pan en roer effens. Skep die sampioenmengsel oor die een helfte van die eier en laat stol oor lae hitte vir so 3 minute. Krummel die feta oor en plaas onder die warm oondrooster tot die eier genoeg gestol is, van bo af ook. Strooi die vars basil oor en vou toe.
M’bury Sakekamernominasies nou reg deur die jaar gedoen
Nadat die Malmesbury Sakekamer verlede jaar die diensverskaffer nominasies vir die eerste maal aanlyn gedoen het, het die bestuur besluit om die proses verder te skaaf. Waar die nominasies in die verlede slegs ‘n maand voor die stemming gedoen was, sal dit voortaan reg deur die jaar oop wees. “Ons glo dat dit aan alle besighede ‘n gelyke kans sal bied om genomineer te word,” sê Rudolf Knoetze van die bestuur. Dit sal ook verseker dat besighede reg deur die jaar goeie diens aan hul kliënte lewer en nie slegs in Oktober nie. Die nominasies word aanlyn gedoen op die Sakekamer
se webwerf en die nominasies is oop vir almal. ‘n Verdere verandering is dat die nominasies oop is in die sin dat jy jou naam moet bysit met die nominasies. Almal kan sien wie watter besigheid genomineer het en dus verseker dat die goeie diensverskaffers deur hul tevrede kliënte genomineer word. Om te stem gaan na http://www. skakekamer.co.za en klik op “Diens Nominasies.” Klik dan op “Nomineer Besigheid” aan die regterkant en vul die vorm in. Enige navrae kan gestuur word aan info@sakekamer. co.za.
9
Hoe gemaak ...
met die voorbereiding van my Plantgrond Ja, môre is dit Maartmaand en op 21 Maart raak dit amptelik herfs. Dan het ons korter dae en hopelik meer gematigde weer (en een van die dae lekker reën). Wanneer ek my tuingrond voorberei vir nuwe aanplantings, is daar ‘n paar belangrike dinge om te onthou en te doen: Vir jou Blombeddings: Verwyder die ou plantreste en onkruid, breek die grond goed los met ‘n vurk of graaf, gooi ‘n lekker dik laag kompos oor en voeg daarby beenmeel of lang fos, superfosfaat en ook ‘n bietjie Rapid Raiser van Neutrog. Nou moet dit alles ingespit en deurgewerk word sodat die grond en al die bestanddele deeglik meng totdat jy ‘n lekker fyn, klontvrye bedding het wat dan gereed is vir die aanplant van blomplantjies of blombolle. Plantgate vir bome en struike: Vir struike en rose kan plantgate so plus minus 50 x50 x50cm wees, maar vir bome moet dit niks kleiner as 1x1x1m wees nie. Wanneer jy die gat grawe, probeer die bogrond eenkant uithaal en die ondergrond aan die ander kant uitgooi. Nou hoor ek gereeld dat mense sê hulle het onder in die gat ‘n klomp blare of grassnysels of mis gegooi met ‘n lagie grond bo-oor en daarna die struik/boom bo-op geplant. Ander meng weer die grond met kaf/strooi of hulle het die kaf in sulke lae met die grond tussenin gepak en plant dan die plant daar bo-op! Asseblief, tuiniers, die bostaande metodes kan lelike negatiewe gevolge hê. Die plant kan selfs vrek! Onthou, dit wat
jy in die grond inwerk, moet reeds gekomposteer wees – plante se wortels het nie die vermoë om materiaal te verteer nie! Weer eens: Gebruik ruim kompos (plus mengsel van beenmeel/lang fos, supers en rapid raiser) by die plantgat en meng dit deeglik met die grond wat jy uit die gat uitgehaal het. Plaas die grond terug in die gat (ondergrond en bogrond in die volgorde soos dit uitgehaal is) tot op die vlak waar die struik of boom moet inkom. NBNBNB: Onthou om die plantsak/houer waarin jy die boom gekoop het, te verwyder. Trap die grond deeglik vas en stut die plant/boom behoorlik – pasop dat vasbindmateriaal nie wurg nie! By groot bome kan jy ook ‘n pyp in die gat insit om water tot daar diep onder te neem, wat sal sorg dat die boomwortels afwaarts groei. Volledige plantinstruksies is ook beskikbaar by die kwekery. Ten laaste ‘n paar belangrike punte om te onthou: 1. Blombolle: Begin beplan en koop wanneer dit beskikbaar is, maar moenie nou plant nie! Volledige artikel daaroor in die courant van 28 Maart. 2. Snoei oortollige groei van somerblommende bome en struike vir nuwe groei. 3. Kyk uit vir peste en plae. As jy twyfel, bring ‘n voorbeeld na jou kwekery en kry die regte advies. 4. Moenie die deklaag vergeet nie! Gebruik kompos in oorvloed! Lekker tuinmaak George Retief
courant nuus/gesondheid
10
LINKS: Die Jo Dolphin-sorgsentrum op Malmesbury het ‘n donasie van R20 000 van Perdeberg Motors op Malmesbury ontvang. Links oorhandig Francois Geldenhuys en De Wet Basson die tjek aan Jacques Swart (komiteelid van Jo Dolphin). By hulle is versorgers Sylvia Miggel, Gina Qametzi, Huchell van Staden en Monica Mlunename.
29 Februarie 2012
Swartland Hospitaal kry nuwe ongevalle, ambulansstasie LINKS: Die terrein waar die nuwe ongevalle gebou gaan word.
REGS: Dié groep atlete van Liebenberg Primêr op Malmesbury spog met hul medaljes wat hulle Saterdag by die Boland atletiek-byeenkoms gewen het.
LINKS: Damian Fredericks van Liebenberg Primêr het aan die o.12 1200m-item deelgeneem en gewen. Macoela Samboya, o.13 verspring, het ook met ‘n eerste plek huistoe gekom. Hulle is in die Boland atletiekspan opgeneem. By hulle is afrigter Henry Marais. LINKS: Zanlie Visser (RiebeekKasteel) het haar ballet-eksamen met ‘n onderskeiding geslaag by die Royal Academy of Dancing. Haar punt was die hoogste van al die ballerina’s by die Joy Cargill balletstudio in die Paarl. REGS: Marcelle van Lill van die Laerskool Swartland op Malmesbury speel in Maart vir die Bolandspan teen WP by die Fish River Sun. Hy verteenwoordig die o.12 Boland gholfspan.
REGS: By die ambulansstasie is bouers druk besig met die oprigting van dié stasie.
Groot aanbouings is by die Swartland Hospitaal op Malmesbury onderweg. Die bouwerk sluit ‘n splinternuwe ambulansstasie en ongevalle-afdeling in. Pasiënte moet daarop let dat die bestaande ongevalle-afdeling tydens die konstruksieproses vanuit die hospitaal bedryf word. Toegang is dus deur die hospitaal se voordeur . Die reëling is dat pasiënte by die voordeur aanmeld vanwaar hulle na die regte saal geneem sal word. Diegene wat van ‘n rolstoel gebruik maak, sal deur die sekuriteitspersoneel na die korrekte eenheid en afdeling gehelp word. Die huidige ongevalle was die destydse
kraamsaal, maar kon nie meer aan die behoeftes van die groeiende getal pasiënte voldoen nie. Dié projek strek oor sowat 16 maande en daar word beplan dat die nuwe geriewe in Maart 2013 in gebruik geneem sal word. Daar was reeds geruime tyd planne om die ongevalle-eenheid op te knap en aanbouings te doen, maar nadere ondersoek het daarop gedui dat dit op die lang termyn meer prakties sou wees om ‘n splinternuwe ongevalle-afdeling aan te bou. Die nuwe ongevalle sal ook gebruik word vir kritieke pasiënte en die huidige ongevalle sal opgeknap word vir minder ernstige gevalle.
29 Februarie 2012
courant gesondheid
11
Voor: Noel de Villiers (meganiese ingenieur Sutherland Consulting Engineers), Jannie Rossouw (bourekenaar PGWC), Juliet Eidelman (argitek ARG Design), Jessi Sui Sang How (bourekenaar AMPS), M Faiez Gamiet (voorman O Fouten & Seuns) en Arthur Petersen (bourekenaar AMPS). Agter: Pieter Albertse (struktuur en siviele ingenieur Edifice Consulting Engineers), Abraham Koen (PGWC), Gerhard Pool (elektrise ingenieur NWE Consulting Engineers), James Ackerman (meganiese ingenieur PGWC), Ebrahim Ariefdien (projekleier PGWC), Sazie Gqobo (elektriese ingenieur PGWC).
Nuwe kliniek ontwerp vir die pasiënt
Juliet Eidelman, argitek van ARG Design, wat dienste by die nuwe Malmesbury-kliniek (wat 2 168m2 beslaan) gelewer het, noem oor die bou van die kliniek die volgende: “My doel was om dié gebou daar te stel wat pasiënte welkom laat voel. Ek het lank daaroor navorsing gedoen, want ons moes ‘n ‘helende omgewing’ skep, met ‘n atmosfeer wat stres beperk en funksionaliteit verhoog. Daarvoor het die volgende sleutelpunte ‘n rol gespeel: Die vensters is só ontwerp om privaatheid te beskerm, maar die maksimum hoeveelheid lig deur te laat. Die twee binnehowe dra hiertoe by. Die wagkamers is só ontwerp dat dit aan pasiënte ‘n keuse sal bied of hulle binne of buite wil sit, en die verskeidenheid kleure van die interieur en die stoele sal afwisseling verseker. Die ligte kleure is sag en kalmerend en werk eentonigheid teë. Die tuin is só beplan dat dit groen areas skep rondom en binne die gebou. Op die manier is die kalmerende effek van die natuur benut. Elke deel van die gebou kyk uit op iets groens. Geraas-beheer was ook belangrik: Omdat ‘n lawaai as ‘n stressor dien, is die akoestiek van die plafonne en vertrekke goed nagevors. Dit is veral daarop gemik dat die konsultasievertrekke privaatheid verseker. Die sekuriteitsmaatreëls soos die veiligheidshekke en elektroniese skerms aan die buitekant van die gebou is eerder aangewend om die gebou te komplimenteer as om dit soos ‘n tronk te laat lyk. Twee aparte wagkamers vir kinders verseker dat moeders in privaatheid kan borsvoed en die een vir die gesonder kinders, sal die aansteek van siektes beperk. Omdat Malmesbury so warm raak, is daar sonskerms op die vensters wat noord en wes front en bome en pergolas aan die voorkant en in die binnehof bied ook skadu. Verder is die dak goed geïnsuleer om die hitte te beperk. Die kliniek behoort deurentyd tussen temperature van 18 en 26 grade te wees. Dit verminder die behoefte en koste aan lugversorging in die somer. Verf en ander materiale is só gekies dat die afskeiding van giftige gasse beperk is. Verder is sommige bakstene gemaak van herwinbare materiale. Groen beginsels is deurgaans gevolg in terme van LED-beligting, sonverhitte warmwatersilinders, lugverkoeling met kouewater-stelsels en ‘n aparte lugverkoeling vir die apteek, sodat die sentrale lugverkoelingstelsel nie deur die nag hoef te werk nie.” Dié kliniek in Jakarandastraat nader nou vinnig voltooiing en word op 2 April in gebruik geneem. Dit sal die ander bestaande klinieke in die dorp vervang.
Water is gesond. Om agt glase water te drink
hou jou vel ferm en vogtig, dit gee jou blink hare en helder oë en laat jou langer leef. Dis mos logies. Of is dit? Nie noodwendig nie, sê die mense wat weet. 1. Jy moet ten minste agt glase water per dag drink om goed te lyk. “Agt glase water per dag is nie wetenskaplik (as voorvereiste vir skoonheid en gesondheid) bepaal nie”, sê René Smalberger, die president van die Vereniging vir Dieetkunde in Suid-Afrika. “Mens het ’n toereikende hoeveelheid vloeistof per dag nodig, maar dit hoef nie noodwendig net water te wees nie. ’n Beter riglyn om mens se vloeistofinname te handhaaf, is om na die kleur van jou urine te kyk – dit behoort liggeel te wees. Indien dit donkergeel is, moet jy jou vloeistofinname verhoog.”
Surietha Steyn van Malmesbury het ‘n pophuis eiehandig geverf en aan die kindersaal van die Malmesbury-hospitaal geskenk. “Ek het besluit om eerder uit te deel, want dit kan ‘n verskil in baie kinders se lewens maak,” het sy gesê. Bo is E Hesselman, Loren Julius (operasionele bestuurder: pediatrie), Surietha Steyn, Leonard Moses en Charlot Krynauw.
nuus courant
12
29 Februarie 2012
LINKS: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se o.19A-krieketspan het ‘n borgskap van 7 Days Family Superette op Malmesbury ontvang wat hul truie geborg het. Bo is die span saam met Dirk Marais (skoolhoof), Steve Nortier (7 Days) en Martin Dyason (afrigter van die span) en Mike Steyn (afrigter).
EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH WEsFLEuR HOsPiTAL (CHiEF DiRECTORATE: METRO DisTRiCT HEALTH sERviCEs)
ADMiNisTRATivE CLERk: RECEPTiON REMuNERATiON: R 101 007 PER ANNuM
BO: Malmesbury het nog ‘n wenner in die landwye PNA-kompetisie opgelewer met Kaylin Landrew wat ‘n geskenkbewys van R500 losgeslaan het. By haar is oupa Leanard Swiegelaar en eienaar Christo Leibbrandt. LINKS: Tony Louw van CPM op Malmesbury het aan die Boland Tweekamp-kampioenskappe deelgeneem en ‘n tweede plek behaal. Hy is ingesluit in die Bolandspan wat in April aan die SA-kampioenskappe in Kimberley gaan deelneem.
sERviCE bENEFiTs: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. REquiREMENTs: MiNiMuM EDuCATiONAL quALiFiCATiON: Senior Certificate (or equivalent). ExPERiENCE: Appropriate administrative experience within a hospital environment. iNHERENT REquiREMENT OF THE jOb: Willingness to work shifts. COMPETENCiEs (kNOWLEDgE/skiLLs): • Computer Literacy • Ability to communicate in at least two of the three official languages of the Western Cape • Knowledge of Hospital Fees Structure: Chapter 18 • Knowledge of Clinicom Patient System • Good interpersonal and communicational skills. DuTiEs (kEy REsuLT AREAs/OuTPuTs): • Register and capture patient information on Clinicom • Record-keeping, filing, retrieving, tracing folders, destruction and opening of folders • Assess patients according to the means test (income) • Cash Management • Switchboard and patient enquiries. ENquiRiEs: Ms Z Van Schoor: 021 571-8040
FOOD sERviCEs suPERvisOR REMuNERATiON: R 83 483 PER ANNuM sERviCE bENEFiTs: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. REquiREMENTs: MiNiMuM EDuCATiONAL quALiFiCATiON: Junior Certificate (or equivalent). ExPERiENCE: Appropriate experience. iNHERENT REquiREMENT OF THE jOb: Willingness to perform shift duty. COMPETENCiEs (kNOWLEDgE/skiLLs): • Computer literacy • Knowledge of Labour Relations Act, Occupational Health and Safety Act and protocol with regards to nutrition • Knowledge of the handling of industrial equipment • Ability to communicate in at least two of the three official languages of the Western Cape • Sound interpersonal and communication skills. DuTiEs (kEy REsuLT AREAs/OuTPuTs): • Adhere to and implement Occupational Health and Safety standards • Effective Human Resource Management within unit • Adhere to and implement Food Hygiene policies and protocols • Cost-effective stock supply and control • Supervise, plan and execute activities within Food Service Department • Responsible for monthly reporting. ENquiRiEs: Ms O Pharo: 021 571-8040
CLEANER REMuNERATiON: R 55 350 PER ANNuM sERviCE bENEFiTs: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. REquiREMENTs: MiNiMuM REquiREMENT: ABET. ExPERiENCE: Cleaning experience in a hospital environment. iNHERENT REquiREMENTs OF THE jOb: • Ability to lift or move heavy equipment and supplies • Willingness to perform shift duties and work overtime. COMPETENCiEs (kNOWLEDgE/skiLLs): • Ability to communicate in at least two of the three official languages of the Western Cape • Knowledge of the Occupational Health and Safety Act. DuTiEs (kEy REsuLT AREAs/OuTPuTs): General cleaning and maintenance (dusting, sweeping, polishing, scrubbing, mopping and sorting of soiled linen, etc) of hospital work area • Collect, sort, count, load and off-load soiled linen • Ensure safe disposal of waste products • Support the supervisor in maintaining general hygiene, neatness and a safe environment • Effective use of cleansing agents and handling of equipment. ENquiRiEs: Ms O Pharo: 021 571-8040 PLEAsE subMiT yOuR APPLiCATiON FOR THE ATTENTiON OF Ms R REDDy TO THE MEDiCAL sERviCEs: WEsFLEuR HOsPiTAL, PRivATE bAg x1, REygERsDAL, 7352.
iNsTRuCTiONs TO APPLiCANTs: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.capegateway.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the afore-mentioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment. The Department of Health is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated.
Closing Date: 23 March 2012
POsiTivE AbOu T PE OPLE Wi TH D isAbiLiTiEs
Human Communications C94092E
Rotary fietsry afgestel
Die jaarlikse Rotary fietsrywedren wat deur die plaaslike tak aangebied word, is vanjaar afgestel. Volgens Mareta Stodart kon hulle
nie daarin slaag om ‘n nuwe borgskap vir die toernooi te kry nie en het so ‘n geleentheid baie onkostes aan verbonde wat die Rotary nie op hul eie kon dra nie.
Kst Ruben Jantjies (regs) van die Moorreesburg Polisiekantoor is aangewys as die polisiebeampte wat die beste presteer het vir die maand Januarie 2012. Die SAPD Moorreesburg het ‘n interne projek waar daar elke maand ‘n lid aangewys word wat buitengewone goeie dienste verrig het. Jantjies het ‘n sertifikaat ontvang van stasiebevelvoerder Lt Kol Williams.
29 Februarie 2012
13
courant nuus
Laerskool Riebeek-Kasteel het die afgelope naweek skitterend gevaar by die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl. Vier leerders is in die Bolandspan opgeneem wat oor twee weke aan die Wes-Kaap-byeenkoms op Oudtshoorn gaan deelneem. Hulle is: Liezel van der Merwe (tweede hoogspring; derde 150m hekkies), Mare Louise Koegelenberg (Boland-kampioen 800m; 1500m), Jesse Lötter (Boland-kampioen 200m) en Wouter van der Merwe (derde - 70m hekkies).
Uitslae en bepalings Malmesbury Gholfklub INDIVIDUELE STABLEFORD 1. C Rieder 40; 2. R Adonis 38; 3. J Geldart 38; 4. A Ackerman 38; 5. A Steenkamp 38; 6. N Lawrance 37; 7. J Potgieter 37; 8. K Dikenson 35; 9. EJ Liedeman 35; 10. A Perreira 35 Malmesbury Tennisklub GROOT UITDAAG: MALMESBURY A vs KUILSRIVIER Malmesbury wen met 7 wedstryde teenoor 1 Braam Isaacs v K.Klaasen 4-6, 4-6; David Isaacs k N.Koch 6-2, 6-2; Demi Rose k S.Daniels 7-6, 6-2; Kim Titus k L.Weyers 6-0, 6-2; Dmitri Marais & Emci Dippenaar k P.Gilbert & N.Lategan 6-4, 7-5; Braam Isaacs & Demi Rose k K.Klaasen & S.Daniels 6-2, 6-3; David Isaacs & Kim Titus k P.Gilbert & N.Lategan 6-4, 6-3; Dmitri Marais & Emci Dippenaar k N.Koch & L.Weyers 6-0, 6-2 MORKEL LIGA: MALMESBURY B TEEN STRAND Malmesbury wen met 5 wedstryde teenoor 3 Kristoff Isaacs & Melt Smit k H.Beeselaar & C.Janos 6-1, 4-6, 7-6; Darryl Blom & Alwyn Burger k J.Vos &
JD van Zyl 6-3, 1-6, 7-6; Annette de Wet & Melanie Stemmet k S.Jooste & A.Steenkamp 6-2, 6-3; Nicolette Brand & Marlene Hanekom v L.Roussouw & S.Solani 6-4, 3-6, 6-7; Kristoff Isaacs & Annette de Wet k H.Beeselaar & A.Steenkamp 6-3, 6-3; Melt Smit & Melanie Stemmet k J.Vos & L.Roussouw 6-1, 6-2; Darryl Blom & Nicolette Brand v C.Janos & S.Solani 3-6, 6-1. 6-7; Alwyn Burger & Marlene Hanekom v JD van Zyl & S.Jooste 5-7, 2-6 KRIGE LIGA: MALMESBURY C TEEN REKREASIE Malmesbury wen met 5 wedstryde teenoor 1 Carel de Jongh & Mariethna Petersen k Attie Britz & Greta Brand 6-3, 6-3; Reynaud Michaux & Jessie Liebenberg k Aldan Whitfield & Heather Whitfield 7-5, 6-1; Johan Moller & John O’Reily k Herman Schid & Cornel Broeksma 4-6, 6-4, 7-6; Mariethna Petersen & Jessie Liebenberg k Greta Brand & Heather Whitfield 6-4, 6-3; Carel de Jongh & Reynaud Michaux k Herman Schid & Cornel Broeksma 6-0, 6-2; Johan Moller & John O’Reily v Attie Britz & Aldan Whitfield 3-6, 2-6.
Drie Swartlanders het onlangs baie goed presteer by die Suid-Afrikaanse skaakkampioenskappe in Port Elizabeth. Ethan Stevens, nou in Hoërskool Swartland, het vir die Westelike Provinsie Sentrale skaakunie se 0/14 A span gespeel. Hy is aangewys as die beste speler op bord 5 en ontvang daarvoor ‘n trofee. Ethan se span het in die D-afdeling gespeel omdat dit die eerste jaar was wat die unie aan die kampioenskappe deelgeneem het. Christiaan Kriel van Laerskool Swartland het ook baie goed gedoen. Hy het ook gespeel vir die Westelike Provinsie Sentrale skaak-unie se 0/10 A span. Hulle speel egter in die C-Afdeling, ook omdat dit die unie se eerste jaar by die kampioenskappe was. Christiaan is aangewys as die beste speler op Bord 1 in die C-afdeling en ontvang ‘n trofee daarvoor. Hy word ook ná die span- en individuele kompetisie aangewys as die Top 0/10 seunspeler wat aan die span- en
individuele kompetisie deelgeneem het. Hy het 7/7 wedstryde in die span kompetisie gewen en 6/9 in die individuele kompetisie. Christiaan eindig algeheel 15de in die 0/10 seuns individuele kompetisie. Anke Claassen (Laerskool Swartland) het ook baie goed gedoen. Sy speel vir Westelike Provinsie se skaak-unie se 0/10 A span. Hulle speel in die kampioenskap (A) afdeling en die kompetisie was baie straf. Anke is aangewys as die beste speler op bord 8 en het ‘n trofee daarvoor ontvang. Dié span eindig ook derde in die afdeling en hulle ontvang ‘n bronsmedalje. Anke neem ook deel aan die individuele afdeling vir dogters 0/10 en eindig algeheel 7de. Sy eindig algeheel 14de uit 106 dogters van alle ouderdomsgroepe wat aan die span- en individuele kompetisie deelgeneem het. Anke het 5.5/7 wedstryde in die span-kompetisie en 5.5 /9 in die individuele kompetisie gewen.
Malmesbury het vanjaar nege Boland tweekamp-atlete opgelewer: Die Malangesin, wat verlede jaar geskiedenis gemaak het toe hulle die eerste gesin geraak het om Bolandkleure vir tweekamp te kry, het vanjaar dié prestasie herhaal.
Dit sluit die ouers, Dirk en Mariaan, hul tweeling, Helene en Daniël en die 16-jarige Annereen in. Saam met hulle het Renelda Scholtz, Jana Relihan en Karla en Mi cke Smit ook Boland-kleure vir tweekamp verwerf.
Stalletjies by groot rugbydag beskikbaar: Die Boland
voor of op 9 Maart vir aandag, BRU 14 April Reëlings-komitee. Aansoekers moet vanuit die Swartland wees en aandui wat hulle gaan verkoop, teen watter prys en hoeveel mense bedien sal kan word. Daar is ook geleentheid vir uitstallings en verskeie motorhandelaars het reeds aangedui dat hulle die nuutste modelle wil kom uitstal. Navrae kan gerig word aan Brian by 072 334 7845.
Skaak-spelers skuif slim by SA-kampioenskappe
Nege Swartlanders haal Boland-tweekampspan
Rugby Unie-feesdag wat 14 April op Malmesbury plaasvind, gaan na raming 10 000 besoekers lok. Almal wat belangstel om kos en verversings by ‘n stalletjie aan te bied, moet ‘n aansoek inhandig by die sekretaresse van St Thomas Primêr
Dié leerders van die Riebeek-Wes Primêr het Saterdag op Velddrif aan die Boland atletiek-kampioenskappe deelgeneem. Voor: Jo-Wayne Swarts, Jayron Appollis, Mason Abrahams, Brendon Jonkers, Elroy Marshall, Le Clugh Solomons, Abrahim Koopman. Agter: Mnr. Alfred Blaauw (Spanbestuurder), Anke Blaauw, Tesmarelda Abrahams, Tashneem Marthinus, Me. Stephanie Maarman (Afrigter), Candice Adams, Kurno Adams, Me. Jestine Wise (Afrigter), Me. Rowena Klaase (Afrigter). Hierdie atlete van Wesbank Sekondêr op Malmesbury neem Saterdag aan die Boland atletiekkampioenskappe in die Paarl deel. Voor is Bradley Ruiters (1500m), Anestra Warries (800m), Leon Agulhas (verspring en diskus). Agter is Brandon Skippers (diskus), McNiel Smit (diskus) en Siphosetu Thobqunya (100m, 200m). Tweede van regs is afrigter Hennie Klaase.
Wen kaartjies na Onbeskaamd
die courant en M4 Artist Management gee ses enkelkaartjies weg na die vertoning van Onbeskaamd wat op 15 Maart in die De Bron Teater op Malmesbury gehou word. Al wat jy moet doen om in aanmerking
te kom vir die kaartjies is om jou naam, dorp en antwoord van die onderstaande vraag te sms na 084 8333 813 voor 9 Maart.
VRAAG: Is onbeskaamd ‘n rockgroep of ‘n opera-ensamble?
14
die courant
nuus courant
29 Februarie 2012
dienste
Coastal Hire bied toerusting en raad Coastal Hire op Malmesbury, onder eienaarskap van Derick van Zyl, is jou eenstop verhuurder van bou-, tuinmaak-, sweistoerusting en gereedskap. Hier kan jy kundige raad van die opgeleide personeel kry en hoef jy nie skaam te wees om ‘n vraag te vra as jy nie weet nie. Coastal Hire verskaf boutoerusting, grondverskuiwingstoerusting en handgereedskap wat te huur is. “Ons kennis van die plaaslike mense en toestande van die Swartland, maak dat
Gerber Houtwerke:
In verlede week se redaksie rakende Gerber Houtwerke het die drukkersduiwel ingesluip. Die besigheid is in 1998 na Malmesbury gebring, nie 1996 en het Phillip aanvanklik vanuit sy ouerhuis gewerk. Vandag spesialiseer dié firma in “white wash” meubels.
ons die regte keuse is om in jou behoeftes te voorsien,” sê Van Zyl. “Ons wil die bouer en nutsman se werk vergemaklik deur die beste toerusting te bied wat hy kan gebruik. Ons spesialiseer ook in steierwerk. “Ons pryse is kompeterend en in baie gevalle beter en ons bied onmiddellike ondersteuning, aangesien ons plaaslik is,” sê Van Zyl. Kontak Coastal Hire by 022 487 3105 met navrae of besoek hulle in Spoorwegstraat 8, Malmesbury.
die courant 29 Februarie 2012
Gesoek Wanted
2
Te koop For sake
3
• JOLLY JUMPER - Vir baba gesoek. Kontak 078 502 7405
• 2 X COROMASTER GARAGEDEURE Te koop in goeie werkende toestand. R5000. Skakel 022 486 6621 of 082 858 1195 -------------------------• SECONDHAND IMPORTED CLOTHING - Size 14. Phone 074 101 5831 -------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266
Te Huur To Let
7
• 1SLP W/STEL- In Cash Crusaders-gebou, Malmesbury. R2300pm. Skakel 083 659 5556 -------------------------• TOP EIENDOMME, MALMESBURY R6000 - W/H - 3Slpk, 2badk, ruim komb, 2leefareas, 1mh en skadunet vir 2 parkering, 3lugversorgers. Naby Laerskool. R4900 - W/H - 3Slpk, 2badk, ruim komb, dmh. R2900 - W/S - 2slpk, 1badk. Skakel Kantoor 022 487 3818 -------------------------• OFFICE / SHOP TO LET - In Rainier Street, Malmesbury. 25m2 @ R2000pm. 083 991 7350 -------------------------• PROPERTY SELLERS, MALMESBURY- R4250 3Slaapkamerhuis + motorhuis. R3990 - 2Slaapkamerhuis. R3100 - 2Slaapkamerw/stel met o/dak parkering. R1800 - Bachelor woonstel met o/dak parkering. 1 x besigheidsperseel - Hoofstraat. 2 x besigheidspersele - Hugenotestraat. Skakel 022 487 1264 -------------------------• STOOR + KANTOOR TE HUUR - R6500per maand. Grootte 304m2.
Skakel Japie by 079 500 3500 -------------------------• KANTOORRUIMTE - Ruim huis, sentraal geleë in Malmesbury - onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 482 1131 -------------------------• DU TOIT TRAILERS - Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggy back”. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349
Eiendomme
8
Voertuie Vehicles
9
• TAFELZICHT, MALMESBURY 3Slpkhuis, ideaal vir beginners. R895 000. Skakel 083 659 5556
• BENODIG KOK/ CHEF/GRILLER - Met ondervinding. Kontak 082 898 9756
* LET OP * Die betalling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdaemiddae om 14h00.
• 2010 NISSAN TIIDA - 1.6 Visia Plus - Wit. Diensplan + Waarborg. 37000km. R129 900. Finansiering word gereël. Kontak 083 440 5158.
Dienste Services
12
• VERWYDERING VAN BYE - Uithaal en verwydering. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787 of 022 482 2767 -------------------------• NEGOSIKAS KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 -------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 ------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abcpartytjies.weebly.com
Betrekking beskikbaar
17
• LUTEA PARFUUM - 146 geure om te beamrk! Uitstekende kommissie! 083 655 0445 / madrigrobbelaar@ gmail.com / www. luteaperfume.co.za --------------------------
Om hier te adverteer, skakel ons gerus by 022 487 3221 of stuur ‘n e-pos na accounts@diecourant.co.za
15
mini gigs
& dienste
courant agterblad
die
swartland en weskus
29 Februarie 2012
Wesbank Rugby lyk goed vir seisoen Die Wesbank rugbyklub op Malmesbury het Saterdag vasgeval met 14 – 10 teen die span van Sk Walmer. Hulle het binne die eerste 15 minute onder die pale gekuier en die drie verdoel. Wesbank se voorspelers kon vanuit die staanspoor nie die mas teen die agtal van Sk Walmer opkom nie en is in die skrums oordonder. Die rustydtelling was 14-10 in die guns van SK Walmer. In die tweede helfte is daar geen punte aangeteken nie. Sk Walmer het op al sy silinders gehardloop, veral met die verskyning van sy provinsiale spelers, Adnaan Osman en Johannes Rooifontein. Wesbank het die tweede helfte teruggeveg en uitstekend verdedig. Deston Welman, Monty Liebenberg en nuweling senter Nathan Daniels het die SK Walmer-span by tye met uitstekende duikslae oorrompel. Voorlangs het Wina Fredricks asook kaptein Arno Hendricks hulle harte uitgespeel.
Malmesbury Tennis se spanne het Saterdag baie goed gevaar teen Kuilsrivier, Strand, Rekreasie. Die eerste span het met sewe wedstryde teenoor een gewen. Demi Rose (links) het haar opponent geklop met goeie terughoue en wen met 7-6, 6-2. Sy en Braam Isaacs het hulle dubbels ook goed gewen met 6-2, 6-3. Sien alle uitslae op bladsy 13.
Die nuweling agsteman, Faan Basson, het ook sy staal gewys. Wesbank speel vanaand tuis teen Vineyards van Paarl asook Saterdag teen Young Peopels in ‘n weg-wedstryd Toegang vir Woensdag is R10 en spelers word versoek om die oefeninge die week by te woon. Die bus vir Saterdag vertrek reeds om 12:00.
LINKS: Aiden Roems en Adriane Bruintjies van Wesbank Rugby span alle kragte in om ‘n teenstander van SK Walmer te keer. BO: Faan Basson het sy buiging vir Wesbank gemaak.
Malmesbury Krieket kou klippe
Saterdag het Malmesbury se krieketspan teen die span van Darling te staan gekom in die 20-20 Premierliga-kompetisie. Dit was ‘n naelbyt wedstryd met die telling wat gelykop was. Darling het eerste gekolf en kon net 115 lopies aanteken met die verlies van agt paaltjies. Malmesbury het gaan kolf en het ook 115 lopies aangeteken, almal uit. Malmesbury speel die naweek hulle laaste wedstryd van die seisoen teen Ceres op Ceres.