courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus Bergrivier
dié
1
21 Januarie 2015
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Uitgawe 304
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Skool toe!
Laerskool Swartland Graad 1-leerders het gister al kennis gemaak met die nuwe skool-ervaring wat op hulle wag. Sommiges was baie gretig en ander nie so veel nie. Bo is die vier tweelinge van die Laerskool Swartland op Malmesbury. Wilhelm en Marli Pool, Luke en Mia Steyn, Mia en Megan Koch en Mia en Dané Steyger Is reg vir skool. Links onder is Heinrich Redelinghuys saam met sy pa, Heini, van die Hoërskool Porterville. Onder is sy skoolmaats Cordonay Boben, Perswill Jantjies, Esprenzo Basson, Deahogo Owies, Gert Wiese, Jamie-Lee Wiese saam met JW Liedeman.
Hoërskool Porterville
Liebenberg Primêr
• Planne vir R320m-sentrum ingedien
‘Ons bank nie grond’ Planne vir die nuwe R320 miljoen Malmesburyinkopiesentrum is reeds by die Swartland Munisipaliteit ingedien en die ontwikkelaars wil nie later nie as 1 Maart die grond breek. Die terrein vir die nuwe sentrum is aan die noord-oostekant van Malmesbury met toegang regoor dié van die Malmesbury verkeersdepartement uit Piketbergweg. Die sentrum se handelsarea sal alles op die boonste vlak wees met twee kelderparkeerareas daaronder. Volgens Mario dos Reis van Harry Viljoen Ei-
endomme, het hul reeds oordrag geneem van die grond. “Ons bank nie grond nie en moet dus so spoedig moontlik met die projek begin.” Dos Reis het die Swartland Munisipaliteit geprys vir hul doeltreffendheid en behulpsaamheid. "Ons het al met baie munisipaliteite saamgewerk, en nog nooit was een so goed soos Swartland nie. "Van die munisipale bestuurder tot die amptenare met wie ons werk is duidelik almal in beheer van hul take en doen baie goeie werk."
Die sentrumplanne maak voorsiening vir 854 parkeerplekke en die teikendatum vir die opening van die sentrum, wat ook in kontrakte met huurders geskryf is, is Augustus 2016. Dos Reis het aan dié courant gesê die sentrum sal 'n sogenaamde “Food Court” hê waar kliënte weerskante van die restaurante sal sit met binne- en buite sitplekke. Die ontwikkelaars het nog nie op 'n naam vir die 22 000m²-sentrum besluit nie. “Ons loods gewoonlik 'n kompetisie onder skole om die sentrum 'n naam te gee,” het Dos Reis gesê.
NUUS • NEWS
21 Januarie 2015
NUUS • NEWS
2
21 Januarie 2015
• FONDSE WISSEL VAN STREEK EN SKOOL
Skoolonderrig 2015 só vergelyk die tariewe Vandag is dit terug hok toe vir die provinsie se skoolkinders en in die Swartland-streek raak die getalledruk op skole al groter. Volgens planne kan Moorreesburg in 2017 'n nuwe hoërskool kry om die druk te verlig. Onderwysers het reeds Maandag begin om alles gereed te kry vir die nuwe skooljaar. Al gaan verreweg die meeste skoliere na die skole die naaste aan hul huise, is daar ook etlikes wat elders gestuur word vir hul onderrig. Skoolfooie raak elke ouer en dié courant het in ons streek gaan kyk wat die onderskeie senior skole se fooie vir sekondêre onderrig is. Ook die tariewe van die mees gewilde skole waarheen kinders weggestuur word en losiesgelde is relevant om die opsies te oorweeg. Skole in die Swartland en Bergrivier se skoolfooie is baie laag vergeleke met dié in ander streke asook dié van wegstuurskole. Die skoolfooie van plaaslike skole het grotendeels met minder as 10% gestyg vanaf 2014. Op Malmesbury is die volle skoolfonds van Wesbank R750 en Schoonspruit R1000 (koshuis R9 600). Om jou kind in Hoërskool Swartland te laat onderrig, kos nou jaarliks R10 500 (koshuis R20 000), terwyl dié van Dirkie Uys op Moorreesburg R9 300 (koshuis R12 885), Piketberg R7 500 (koshuis R12 400) en Porterville R8 800 (koshuis R11 960) beloop. Heelparty kinders uit die Riebeekvallei gaan na Hugenote op Wellington vir hul onderrig. Hier beloop die jaarlikse skoolfooie nou R13 000 (koshuis R19 250). Van die skole waarheen kinders uit die streek weggestuur word, is Hoër Landbouskool Boland (R18 650 vir skoolfonds en R22 830 vir koshuis), Hoërskool Gimnasium in die Paarl (R21 900 vir
skoolfonds en R31 400 vir koshuis), Hoër Jongenskool Paarl (R23 160 vir skoolfonds en R35 650 vir koshuis) en Hoër Meisieskool Paarl (R20 770 vir skoolfonds en R22 900 vir koshuis). Van die koshuisskole op Stellenbosch waar
kinders uit dié courant se lesersgebied vandag hul skooljaar begin, is die Hoër Meisieskool Bloemhof (R22 460 vir skoolfonds en R21 780 vir koshuis) en Paul Roos (R25 750 vir skoolfonds en R35 000 vir koshuis).
NUUS • NEWS
3
21 Januarie 2015
• SWARTLANDER OP DIE SILWERSKERM
‘Knysna’ roep Marguerite terug na SA
Bo: Marguerite en Neels van Jaarsveld op stel van "Knysna". Links: Marguerite in haar tuisdorp Yzerfontein. Foto: Vrouekeur
Die Yzerfontein-liefling en bekende aktrise, Marguerite Wheatley, is nou te sien in die vroulike hoofrol van die film Knysna, saam met Neels van Jaarsveld (die "met eish"-man). Dié film is op 24 Desember 2014 uitgereik en ander bekende akteurs wat hierin te sien is, is Kaz McFadden, Shaleen Surie-Richards en Terence Bridgett. Marguerite bevind haarself tans in Los Angeles, Amerika, waar sy die afgelope twee jaar haar eie besigheid bou en oudisies en akteurswerk doen wanneer sy ook al tyd vind. Vir dié Swartlandse meisie is die lewe anderkant die water baie verskillend as waaraan sy hier gewoond was. "SA is baie meer 'laid back'. Los Angeles is a groot stad met groot hoofweë en baie verkeer. Dis 'n vermaaklikheid-stad, so hier is baie vreemde mense en dan ook ontsaglike talentvolle en kreatiewe mense. "Los Angeles is nie die toonbeeld van 'everyday America' nie. Baie Amerikaners sien die stad geensins deel van Amerikaanse leefstyl nie. Dis 'n baie 'tawwe' en harde plek. Maar ek is gelukkig hier, want ek het 'n wonderlike gemeenskap gevind," sê sy. As sy aan Suid-Afrika en haar tuiste dink, mis sy die reuk van die fynbos, haar familie-honde en die rustigheid van die Weskus. Sy dink ook met heimwee terug daarna om
net deur die Boland te ry, en sy mis die kos. Sy het spesiaal van Amerika teruggekeer na Suid-Afrika vir die verfilming van Knysna. "Die teks was regtig goed en daar was Frans daarin. Ek het onlangs vir twee en 'n half jaar in Frankryk gewoon. So, ek wou wat ek geleer het, gebruik. Boonop was dit 'n 'great' span om mee te werk en Neels van Jaarsveld is 'n baie goeie akteur." Die film is in die winter geskiet, alhoewel dit in die somer afspeel. Dus het Marguerite heel dikwels baie koud gekry. "Ons het 'n somer-storie in die winter geskiet. Dit was die koudste wat ek nog ooit gekry het en die koue was op 'n stadium al waaraan ek kon dink." Sy praat met groot lof van die span wat alles laat gebeur het. "Die ouens wat opstel en afbreek. Sout van die aarde, pragtige mense. Sterk ouens. Knysna is 'n bitter mooi, pragtige plek en die regisseur het 'n ongelooflike kreatiewe ingesteldheid, so die skote was asemrowend," sê sy. Sy droom nog om teenoor Brendan Gleeson en Maggie Gyllenhaal 'n rol te vertolk. As sy iets van die huis in haar tas kon pak en saamvat, sal dit wees: my ouers se swart pitboel, Pepsi. Sy is die liefde van my lewe." Dié Swartlander met sterre in haar oë gaan ons nog gereeld op die silwerdoek sien. Hou haar dop!
NUUS • NEWS
courant
21 Januarie 2015
Ershkine Coutts ontvang sy sertifikaat van Trish Worship, die prinsipale.
dié
4
Coutts presteer by Mavos
Aan die begin van die begin, begin dit als
Vandag het talle graad 1-leerders hul voetpad na die grootmenslewe begin. Kaalvoet, sonder enige voorgee, eerlik, opreg en sonder voorbehoud. Hulle gee hulle alles om juffrou se aandag te kry, om haar erkenning te kry, om daardie goue sterretjie te kry vir goeie werk gelewer. Hulle begin met 'n reis van 12 jaar na die lewe ná skool. Die lewe van 'n volwassene, maar hulle is nog klein en bang en klou soms aan mamma se rokspante vas. Dit is die begin van die begin, wat aan die begin begin. Die begin van die eerste stappe in die rigting van eendag. Eendag op universiteit. Eendag in daardie loopbaan waaroor hulle droom. Die meeste se drome van 'n brandweerman, 'n dokter, 'n wildbewaarder of verpleegster, sal nog baie verander. Beïnvloed deur soveel faktore. Maar kind is hulle vandag nog kind. Opgewonde oor die moontlikheid van wat môre gaan bring. In die senior skole word daar nou ook bangerig by die groot, nuwe hekke ingestap. Die graad 8-leerders word nou ontgroen om só deel van die skool en sy tradisie te word. Die uwe onthou hoe dit gevoel het daardie eerste paar weke hier aan HSS. As die klok lui vir pouse het jy sommer al begin bewe. Ontgroening is iets waaroor baie verskillend voel. Sommige is ten gunste daarvan, ander weer nie. Feit van die saak is, kinders en studente word ontgroen. Laat dit hier dan net reg en met respek vir elkeen se menswees gedoen word.
It's Good News
Dr Marc Blackwell Snr
I meant to read your letter! Really, I did! Can you imagine claiming that you have a personal relationship with someone whose letters you rarely read, and with whom you make little effort to communicate let alone “connect” with or befriend or even “hang-out” with? What if that special person could know your thoughts and thereby be fully aware of your apathy towards that which he or she holds dear! “ADD TO YOUR FAITH, KNOWLEDGE” or one could say… add “enlightened judgment” that is based upon a correct understanding of God’s own Word written to you through the enabling of His Spirit. II Peter 1:2-5 “Grace and peace be multiplied to you in the knowledge of God and of Jesus our Lord, as His divine power has given to us all things that pertain to life and godliness, through the knowledge of Him who called us by glory and virtue, by which have been given to us exceedingly great and precious promises, that through these you may be partakers of the divine nature, having escaped the corruption that is in the world through lust. But also for this very reason, giving all diligence, add to your faith virtue… AND TO VIRTUE KNOWLEDGE… and to…” Do you ever wonder what God thinks of your thoughts towards Him, His Son and His Word? Would He say that your relationship with Him is growing as you meditate upon His Word? God has written His Word to you to guard and guide your thoughts, words and deeds. ARE YOU READING HIS LETTER TO YOU? So, how well do you (really) know Him?
Ershkine Coutts was Malmesbury Volwasse Ondderrigsentrum (Mavos) se topleerder vir 2014. Hy het vyf vakke geskryf in die nasionale eksamen en 5 A’s behaal: English, Maths Literacy, Life Orientation, Tavel & Tourism en Arts & Culture. Coutts het ‘n motiveringspraatjie gelewer by die prysuitdeling: “Ek het ‘n visie en ‘n missie gehad. “Ek het volgehou, gereeld klas bygewoon en my mikpunt bereik. “Onthou, as jy een klas mis, sal jy
dit nooit weer kan inhaal nie.” Iets wat hom grief, is mense wat halfhartig iets aanpak en uitdraai. Hy spreek sy dank uit teenoor die prinispale, me Trish Worship. “Ook aan my opvoeders, maar die grootste is God.” Hy het mense aangemoedig om sy voorbeeld te volg. Ashwin Berling van Kalbaskraal het die tweede beste gevaar met 3 A’s en 2 B’s. Hy het dieselfde vakke as Coutts gehad.
A's:
Lara Coetzee van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het agt A-simbole in haar eindeksamen verwerf, die enigste matrikulant van dié skool wat dit kon vermag. Sy het vir Admaths, 'n ekstra vak, ook 'n A-simbool verwerf. Lara studeer vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch. Jeanette Coetzee, Danél van der Westhuizen en Corika van Niekerk van die skool het ook A-gemiddeldes behaal.
Decade of music freshly squeezed at Darling Music Experience The Darling Music Experience, “Music the West Coast Way”, takes place from 30 January to 15 February. The Darling Music Experience (DME), a brainchild of conductor David Tidboald, composer Hendrik Hofmeyr and music enthusiast Alfred Legner, was launched in 2006 with the aim to organise small concerts in a rural setting for both lovers of classical and more popular music. The music, performed by known national and international solo instrumentalists and small ensembles, is presented in a fresh, exciting and sometimes provocative way, the format occasionally resembling rock gigs. This and highly rated musicians, together with Darling’s quiet country charm and small intimate venues draw crowds from the West Coast, Cape Town, the wider peninsula and beyond, acknowledging our status as “possibly the best small music festival in the country” said Alfred Legner. “A local composer is commissioned every year to write a piece especially for the festival and in doing so the Darling Music Experience nurtures and showcases the exceptional talent we have in our country DME is also a community event and has led to the formation of “Darling Music for All”, a music education initiative inspired by “El Sistema”, the amazing music movement in Venezuela. “Our aim is to give pleasure and to entertain without compromising on the quality of our music. This appeals to old and young audiences alike. However many music lovers don’t just visit a specific concert or two; many come for a day out in the
country to experience West Coast hospitality, peace and tranquility,” said Legner. The venues for the concerts vary between pretty wine estates, Darling’s lovely old Presbyterian Church, village barns, and local farms. Delicious food and the well known Darling wines play an integral role in the DME and enhance the whole experience. Enthusiasts will be able to enjoy a series of 11 exciting concerts in “a summer full of music”, including: - Opera in Darling’s acclaimed innovative production of Mozart’s Don Giovanni at the Oude Libertas Amphitheatre in Stellenbosch. This will be its last performance in South Africa before it goes on tour to Europe in May. -The Ormonde Dinner: Mozart’s flute quartets, performed by Liesl Stolz (flute), Farida Bacharova, Violin), Emile Roubaix viola) and Polina Burdukova (cello) and Fine Dining at !Khwa ttu. -Gerald Samuel “Mac” Mckenzie’s Goema Symphony No1, reworked and completed for the Darling Music Experience. This ground breaking combination of Cape sounds with classical instrumentation will be performed by the newly formed Darling Chamber Orchestra. -Beethoven’s triple concerto with Farida Bacharova (violin), Polina Burdukova (cello) and Kerryn Wisniewski (piano). The orchestral part will be performed by Jose Dias on the piano. This is followed by dinner at the “The Cat at Home”. -Jazz Matinee on the Beach in Yzerfontein with the the exciting Kesi
van and the Lights at Strandkombuis. One of the most beautiful venues in the Western Cape hosts this amazing jazz ensemble, which was received with standing ovations at New York’s Carnegie Hall in October. This is followed by the Darling Cellars Lunch. -A homage to Hendrik Hofmeyr, South Africa’s most performed and internationally recognised contemporary composers. Jose Dias (piano) Anna van der Westhuisen( violin) and Liesl Stolz (flute) present a cross section from his work, including Song of the Summerwind, written for the Darling Music Experience in 2009. Follow them on facebook and twitter and visit their website www. darlingmusic.org or contact Alfred Legner on info@darlingmusic.org. Tickets are R 100 to R180 (not including meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail darlingmusicexperience@ gmail.com.
NUUS • NEWS
5
21 Januarie 2015
Nuut: Laerskool Swartland spog met heelparty nuwe onderwysers. Hier is (van
links) Coenie du Plessis, Jeannie Breytenbach, Jorita Bruwer, Leonie van Biljon, Martin Pretorius, Chanah Rautenbach en Stefan Keyser.
Trots: Tobie Lochner, onderwyser by Laerskool Swartland wat einde Januarie
aftree, is nie min trots op sy kleinseun, Ernst Coetzee, wat vanjaar sy skoolloopbaan by die skool begin nie.
Ontgroen:
Water is altyd pret en hierdie nuwe gr 8-leerder by Hoërskool Swartland het glad nie omgegee vir die lafenissie nie.
Klippies: Die Graad 1: Rowin Botha en Deshaan Zas van Liebenberg Primêr
op Malmesbury het met gemengde gevoelens die eerste skooldag aangepak.
nuwe graad 8's word die week behoorlik ingelyf by Hoërskool Swartland.
NUUS • NEWS
6
21 Januarie 2015
Die nuwe jaar is hier, wat nou?
In die begin van ‘n jaar is daar so baie dinge wat beplan word en die skoon bladsy wat die nuwe jaar bring laat jou sommer voel dat jy die krag het om alles by die horings te pak. Ons pak en beplan dinge behoorlik in ons eie lewens en by die werk, maar die vraag is of ons ooit stil staan by ons eie huwelik, daardie verhouding wat moet bly staan tot die dag dat ons doodgaan. Watter planne en nuwejaarsvoornemens is daar geneem, of word dit sommer net aanvaar dat jou maat by jou sal staan deur hier-
die nuwe jaar van 2015? So baie paartjies doen nie die moeite om te gaan vasstel watter behoeftes hulle maats het in hulle huwelik nie en gaan van die standpunt af uit dat jy my mos sal en moet inlig as enige iets verander het. As jy dit nie doen nie dan aanvaar ek alles is nog reg. Paartjies raak so gewoond aan mekaar dat hulle dink dat die huweliksverhouding sal sommer so vanself bly staan. Die hele idee dat hierdie verhouding werk en beplanning kos om te
kan ontwikkel na die beste wat dit kan wees, is baie keer die laaste ding waaraan gedink word. By die werk is beplanning egter die eerste ding wat aangedink en geïmplimenteer word. Iets voel so ‘n bietjie uit balans as jy die lewenswaarde van hierdie twee aspekte teenoor mekaar opweeg. Die antwoord is dat paartjies hulle verhouding moet beplan soos wat hulle al die ander elemete van hulle lewe beplan. 'n Paartjie wil tog die beste uit hulle huwelik hê.
Luister na Kobus en Linda Pauw van Connection Impact elke Vrydag vanaf 07:40 op Kaapse Kansel jou daaglikse reisgenoot op 729 AM.
Maak ‘n ete-afspraak met jou maat en vra dalk net eers die volgende vraag: “Hoekom dink jy is ons twee bymekaar? Wat dink jy wil die Vader bereik deur ons eenheid en verhouding?” Vind dus uit wat julle doel as ‘n paartjie is. Dit mag dalk wees om goeie ouers te wees of dalk om ander paartjies in hulle huweliksverhoudings te help. Wat dit ookal is, maak seker dat julle hieroor saamstem en duidelikheid het. Beplan dan ook om in 2015 om hierdie doel uit te leef en verder uit te bou na die beste van julle vermoë. Praat nou verder oor julle eie verhouding en oor hoe julle dit kan verbeter. Onthou dat daaraltyd ruimte vir groei is in enige verhouding. Probeer dus die beste uit jull evrhouding haal. Die rede hiervoor is sodat julle aan die einde van 2015 kan kom en weet dat julle verhouding gegroei het in onder andere liefde, konneksie, respek en tyd saam. Ons sê so maklik aan die einde van ‘n jaar: “Hierdie jaar het verby gevlieg. Ek wou nog so baie dinge doen, maar die tyd het my ingehaal.” Onthou net dat jy en julle as ‘n paartjie nie die verlore tyd kan terugkry nie. As julle egter dalk net daaroor gepraat het, kan julle dalk net meer dinge regkry as wat julle sou doen as daar nie beplanning was nie. Laat 2015 ‘n jaar wees waarvan julle as ‘n paartjie beheer het en laat dit nie ‘n jaar wees wat jule verhouding onkant vang en stoomroller nie. Hans Glint het gesê: “The sooner you start planning your life, the sooner you will live the life you dream of.” Mag dit waar wees van al die drome wat julle het vir julle huweliksverhouding.
NUUS • NEWS
7
21 Januarie 2015
Malmesbury Museum ryk aan historiese skatte ‘n Gemeenskap het sy wortels in die verlede en uit hierdie kennis moet daar geput word om die toekoms te beplan en te bestuur. Hierdie onthou is in die mense se koppe, maar ‘n groot deel word ook in museums bewaar. In ons lesersgebied is daar sewe funksionerende museums: Malmesbury, Darling, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes het dorpsmuseums en op Moorreesburg is die bekende Koringbedryf-museum. dié courant gaan in die volgende maande by dié museums inloer en ‘n bietjie vertel hoekom ‘n mens daar moet gaan kuier. Ons begin met die Malmesbury-museum, aangesien die sierlike gebou deesdae met ‘n splinternuwe baadjie spog: die Swartland Munisipaliteit, aan wie die gebou behoort, het met groot sukses die duiwe-probleem opgelos met spesiale metaalpennetjies wat keer dat dié geveerde besoekers op die gewels van die gebou sit en slaap. Hiermee saam is die probleem met duiwemis nou feitlik iets van die verlede en die vooraansig is ook geverf. Die gebou is in 1911 opgerig as sinagoge van
Hondekostuums:
Chatsworth het onlangs ‘n `Fancy Dress’ hondeskou aangebied. Hier stap Keerah Davids met haar hond, Gwala, wat die eerste prys gewen het. Foto: Derrick Young
die Ohel Jacob-gemeente en die hoeksteen is op 11 November 1911 gelê. Die Joodse gemeenskap het uit 40 families bestaan: meestal algemene handelaars wat ‘n baie belangrike rol gespeel het in Malmesbury se ekonomie. Die gemeenskap het later jare begin taan en die bouer, Max Goldman, se seun, dr Goldman, het die gebou gekoop en ditaan die Malmesbury gemeenskap geskenk met die voorwaarde dat geen godsdiens –byeenkomste daar gehou word nie. Vandag is dit die Malmesbury Museum. Kurator Christine van Zyl vertel dat hulle baie besoekers kry wat na hulle familie-wortels kom soek. Behalwe die Joodse gemeenskap se geskiedenis is daar ook baie inligting oor die NG Kerk Swartland Moedergemeente se stigting en geskiedenis. Uitbreiding en nuwe idees vir uitstallings is deurentyd in beplanning. Die museum, in Porpectstraat 1, is Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 14:00 oop vir besoekers. Daar kan ook met Christine vooraf gereël word vir skoolgroepe of vir ‘n uitstappie op die historiese staproete deur die dorp. Skakel haar by 022 482 2332.
Skoon:
Christine en haar dogter, Joline, voor die museum Inlas: Die nuwe metaalpennetjies wat aangewend is om die duiwe te verjaag.
NUUS • NEWS
8
21 Januarie 2015
Filmspan skiet op Soutfontein
100 jaar:
Hierdie wingerdstok is sekerlik een van die oudstes op Malmesbury. Dit staan op die hoek van Truter- en Dr Euvrardstraat. By die huis van mej Doreen Louw. Volgens haar is die huis ‘n honderd jaar oud en dit is ook die leeftyd van die kristaldruiwe wat Vrydag sy eeuwording gevier het.
Moringa Oleifera:
Wallace Mgogi, kommissaris vir geslagsgelykheid en die Progressive Womens Movement of SA het Chatsworth besoek om die gemeenskap in te lig oor die Moringa Oleifera boom, ‘n plant met 90 voedselbestanddele. Daar word dikwels na dié plant verwys as die Wonderwerk-boom of die Boom van Lewe en die grootste deel is eetbaar. ‘n Paar plante is aan die gemeenskap geskenk om aan te plant. Die twee plante wat aan die gemeenskap geskenk is, groei welig en gesond.
Die plaas Soutfontein van dr Steven Steyn tussen Moorreesburg en Malmesbury was vandeesweek 'n miernes van bedrywigheid met die verfilming van 'n Britse speur-episode. Akteur Sir Kenneth Branagh vertolk die hoofrol as 'n polisiespeurder, Kurt Wallander, in die Britse Uitsaaikorporasie (BBS) se bekroonde speurreeks Wallander. Die eerste reeks van Wallander, geskoei op die Sweedse skrywer Henning Mankell se Kurt Wallander-boeke, is in 2008 gebeeldsend. Die BBC het verlede jaar aangekondig dat die laaste reeks van Wallander nou verfilm sal word. Hierdie eerste van die kort laaste reeks se drie 90 minute-episodes is genaamd “The White Lioness,” en geskoei op Mankell se gelyknamige derde boek. Die draaiboek is geskryf deur James Dormer en die regisseur vir die episode is Jonathan Van Tulleken. Die oorblywende twee episodes in die kort reeks sal in Skane, Swede en Kopenhagen, Denemark verfilm word.
NUUS • NEWS
9
21 Januarie 2015
Wen kaartjies na ekspo Die tweede Kyknet Buite Ekspo wat van 13 tot 15 Februarie op die plaas Môreson buite Malmesbury gehou word, is 'n inskrywing wat hoog op talle se dagboek is. dié courant, in samewerking met die organiseerder, gee vir die volgende drie weke vyf toegangskaartjies weg na die ekspo. Dus is daar 15
kaartjies op die spel! Al wat jy moet doen om hiervoor in aanmerking te kom, is om jou naam, tuisdorp en antwoord op die onderstaande vraag te sms na 084 8333 813. Vraag: Waar word die jaarlikse Buite Ekspo gehou?
Beurtkrag ons voorland Die huidige tekort aan elektrisiteits-opwekkingskapasiteit kan meebring dat Eskom op kort kennisgewing deur middel van die media ‘n noodtoestand afkondig waarna beurtkrag toegepas word volgens skedules wat op Eskom se webtuiste gepubliseer word. Hier is die jongste skedules wat beskikbaar is. Die beurtkrag skedules maak voorsiening vir “Stage 1, Stage 2 of Stage 3” noodtoestande wat
deur Eskom identifiseer sal word en die beurtkrag-skedules kan per dorp of area van Eskom se webtuiste verkry word, soos volg: Gebruik die “Quick search for DIRECT ESKOM CUSTOMERS” of “Load shedding schedule advanced search” (www.loadshedding. eskom.co.za). Kies die provinsie Western Cape, Swartland Munisipaliteit en die toepaslike dorp of area.
Skoolpret: Die
kleuters by ATKV AbbAsorg Huis van Heerde op Moorreesbur se voorskoolse sentrum geniet dit terdeë. Hierdie diens vir die kinderhuis se kleuters word ook daagliks gelewer aan minderbevoorregtes vanuit die breë gemeenskap van Moorreesburg waar daar net so ‘n groot behoefte aan vroeë opvoedkundige kinderontwikkeling bestaan.
Voorskoolse sentrum kan Bespaar so krag met weer help jou rekenaar Genoegsame krag
Huis van Heerde se eie Voorskoolse (ECD) Sentrum het vanjaar plek vir ‘n 11-tal kindertjies uit die arm gemeenskappe van Moorreesburg en omgewing. Die sentrum het verlede jaar sy deure oopgemaak met ‘n 30-tal kleuters tussen twee en vyf jaar. Dit word saam met die ATKV AbbAsorg bedryf . Hierdie diens word gratis aangebied aan spesifiek minderbevoorregte kleuters wie se ouers se gesamentlike inkomste nie meer as R3000 per maand beloop nie. Dit sluit ook ‘n gratis ontbyt,
middagete en ‘n daaglikse kospakkie vir die kleuters in. Registrasie vir die 11 beskikbare plekke vind op Maandag 26 Januarie van 09:00 plaas by die Ou Kommando-gebou,wat deesdae as die Futura-sentrum bekend staan. Ouers is gevra om die kleuters se geboortesertifikate, hulle eie identiteitsdokumente en ‘n bewys van maandelikse inkomste saam te bring. Registrasiegelde beloop R30 per kleuter. Navrae kan gerig word aan mev Brenda Maarman of mev Carin Plaat by 022 433 1042 /2699.
Onder druk
• Moenie jou rekenaar of skootrekenaar die hele dag en nag aanhou wanneer jy dit nie gebruik nie. As jy gaan weg wees van jou rekenaar vir ‘n redelike tyd, sit dit af of plaas dit op rus (sleep mode). • Gaan die krag-instellings op jou rekenaar of skootrekenaar na. Die meeste het energiebesparende opsies. Dit is ‘n goeie manier om
Nie genoegsmae krag
verbruik te verminder. Sluimerskerms (Screensavers) kan ook help. • Hou jou rekenaar se randapparatuur (drukker, skandeerders, luidsprekers, ens) afgeskakel wanneer jy dit nie gebruik nie. Onthou, toestelle op ‘n gereedheidsgrondslag gebruik nog steeds elektrisiteit, só hou dit afgeskakel wanneer jy kan.
NUUS • NEWS
10
21 Januarie 2015
Help save our Black Eagles It is now a decade since the inception of the Western Cape Black Eagle Project run entirely by volunteers who are passionate about retaining the presence of this magnificent apex raptor in our midst. Lucia Rodrigues, a member of the project appeals to residents along the West Coast and in the Swartland to please report sightings of Black Eagles (tagged or not) to her. Lucia says: “Although the typical habitat for Black (Verreaux’s) Eagles is described as `mountains and rocky areas with cliffs’, the increase in land transformation for cultivation of crops, grazing, urban sprawl and more recently wind and solar energy production, have brought humans into closer contact with the habitat these eagles have a preference for. “More often than not, this results in the eagles losing their territories and being squeezed into smaller, more remote pockets, where `overcrowding’ is having a negative effect on their ability to successfully raise young. In the long
term this trend could threaten the stability of the entire population. “However the extent to which these factors affect the floating population of sub-adults and juveniles is not known. In an effort to gain a better understanding in the needs of the spatial and habitat requirements of dispersing birds we have been wing tagging chicks at the nest just before fledging. “To date 28 chicks have been tagged of which six have been re-sighted. It takes four years for Black Eagle chicks to gain the entirely black (and white) plumage of an adult. A couple of our tagged chicks have been seen as adults. “One such adult was recently photographed by a resident of Moorreesburg. Unfortunately her e-mail never reached me and I appeal to her to please resend it to me.” You can contact her at signet@webafrica.org. za or 083 325 8881. The tags are quite noticeable.
The three year old Verreaux's Eagle at !Kwha ttu.
Unieke eerste uithourit dié naweek op Môreson gehou Na maande se beplanning en uitsien is dit Saterdag tyd vir die eerste Swartland Uithourit. Dié unieke dag word deur die plaaslike uithouklub by Môreson naby Malmesbury aangebied. Hulle gaan perde-uithouritte kombineer met drawwers en fietsryers wat as spanne deelneem. Die organiseerders sê die inskrywings is maar stadig: “Die ruiters wag altyd tot op nippertjie voor hulle inskryf - ook maar om te kyk of hulle perde reg sal wees vir die rit en nie beserings het nie. “Ons het al ‘n paar drawwers wat op XRC ingeskryf het, maar nog geen fietsryers nie. Belangstellendes kan gerus in gedagte hou dat spanne opsioneel is – individue is ook welkom.”
Van die deelnemers, veral die perderuiters, sal reeds die Vrydagaand op die terrein uitkamp. 'n Veearts sal byderhand wees om al die perde vooraf te ondersoek. DIe klub het die afgelope naweek die 30kmroete gery om seker te maak alles is in plek. Die roete strek die heeltyd oor plase en daar is ook voldoende voorsiening vir waterpunte gemaak. Jacques Augustyn (083 753 4487) is die voorsitter van die Swartland Uithouritklub en ook Hoof Ritmeester van ERASA (Endurance Ride Association of South Africa). Inskrywings kan aanlyn op die webblad www. xrc.co.za. gemaak word.
NUUS • NEWS
11
21 Januarie 2015
Malmesbury rol oor die perk na oorwinning
Ingrid en Ivan Gheysens-Janssens saam met Alec, Denise en Zhander Amerika en Anna Snel, reg om kospakkies uit te deel.
Omgee-mense gee lig in die donker oor feestyd ‘n Egpaar van Riebeek-Wes, Ingrid en Ivan Gheysens-Janssens, het die afgelope Kerstyd, saam met ‘n groepie vrywilligers, kospakkies aan minder bevoorregtes uitgedeel. Dit is die sewende keer dat hulle kospakkies in die Swartland-streek uitgee: dié keer aan vyftig gesinne in Riverlands, Chatsworth, Abbotsdale, Saamstaan, Ilingelethu en Wesbank. “Telkens doen ons dit in samewerking met mense wat in die sosiale sektor werksaam is. “Die onderstaande boodskap word persoonlik aan die mense gegee: Met Kersmis herdenk ons die geboorte van Jesus en hoor ons die Blye Boodskap wat Hy verkondig het. Hy het Hom ontferm oor die verdruktes, die siekes, en het ‘n oneindige liefde vir die mense gehad. Wie Jesus in sy hart toelaat en Sy Woord onderhou is ‘n seën vir sy omgewing. Dit is ons gebed dat die Here jou vrede, geluk, voorspoed en hoop op ‘n beter toekoms sal gee. Dat jy op hierdie Kersdag Sy Liefde waarlik sal ervaar. Jy’s mos nie niks nie en rêrig ‘n kind van Hom. Met liefde vir God en ‘n hart vir mense, Ingrid
en Ivan. Die egpaar, oorspronklik van Vlaandere, het dié liefdestaak voorheen onderneem as hulle met vakansie in Suid-Afrika was. Sedert Maart 2012 het hulle nou permanente verblyfsreg gekry en is det soveel makliker. “Solank die Here voorsien, sal ons met die aksie aangaan,” het hulle aan dié courant gesê. “Ons het ook goeie kontakte met die NGO’s Sinethemba, Goue Aar, Jo Dolphin, Elkana, die Haven-nagskuiling en Swartland-hospitaal. Ons is ook donateurs by die traumakamer van die Malmesbury-polisiestasie. Hulle is reeds geruime tyd die plaaslike kontak vir die Arteveldehogeschool-Gent (Vlaandere-België) wie se finale jaarstudente as proefonderwysers by Schoonspruit Sekondêr kom skoolhou. Hulle doen dan ook vrywillige werk by Jo Dolphin. “Ons het ook reeds vrywilligers vir hulp aangebied by Goue Aar en Elkana.” Die egpaar het verlede jaar na die Riebeekvallei verhuis, nadat hulle ‘n paar jaar in Wesbank gewoon het.
Malmesbury se mans rolbalspan het Saterdag sy eerste WP Vlag-ligawedstryd van die seisoen gespeel en die span van WPCC “D” op hul tuisbaan gaan klop. Die span van Roux Vermeulen, Daniël Griebenauw, Gert Adams en Altus Myburgh wen albei die stelle van nege skofte elk, naamlik 17-7 en 9-5, met ‘n wedstryd punt van ses. Louis Swart, Peter Hall, Martin Louw en Robin Deyzel wen hulle eerste stel 12-9, maar sukkel in die tweede en verloor 4-17. In die gelykopspel-skof word geen skoot behaal nie, en deel hulle die punt en verloor dus die wedstryd 2,5-3,5. Terry Shimmin, Ron Sheridan, Gielie van Niekerk en Dave Walker wen 4-2, ná hulle die eer-
ste stel 11-13 verloor, maar teruggeveg en die tweede stel gemaklik met 13-5 gewen, asook die valbylspel (tie break). Volgens Roux Vermeulen, die spankaptein, was dit ‘n baie goeie begin, veral in ag genome dat die sukses behaal was op ‘n baie vinnige baan, wat redelik verskillend van hulle perk speel. Saterdag speel die span tuis teen Atlantic Green Point om 14:00. Die klub se ledetal staan op 20, waarvan twee vrouelede is. Belangstellendes kan Altus Myburgh kontak by 0766674305, of Ron Sheridan, ‘n gekwalifiseerde afrigter, by 083 425 1930. Sosiale spel is Dinsdae en Doderdae 18:00, en Saterdae 14:00.
Never Despair begin oefen Belowend:
Jayden Jacobus (12) is reeds besig met ‘n vooraf-oefenprogram, wat gimnasiumwerk en padoefeninge insluit, vir die atletiekseisoen. Dié gr 7-leerder van Liebenberg Primêr op Malmesbury, het verlede jaar ontpop as ‘n 100-, 200-, 150m- asook ‘n aflos-atleet en hy het sy skool verteenwoordig tot by Wes-Boland. By Laerskool Riebeek-Kasteel laerskool se Top 20-byeenkoms het hy twee byeenkoms-rekords opgestel: in verspring en 150m. Hy neem ook aan rugby en dans deel.
Diegene wat vir Never Despair se rugbyspan wil uitdraf, sal hul oefenskoene moet aantrek en hul litte losskud. Dié klub het Maandag met hul voorseisoenoefeninge begin. Die oefeninge sal aanvanklik Maandae tot Donderdae om 18:30 plaasvind. Alle voornemende spelers is genooi om die oefeninge by te woon.
Kontak ons met jou sportnuus by redaksie@diecourant.co.za of skakel 022 487 3221.
NUUS • NEWS
12
21 Januarie 2015
Klubs maak reg vir Wesbank 7's
Wesbank Rugbyklub se jaarlikse OK Minimark-sewestoernooi vind op 30 en 31 Januarie plaas op die Alfa-sportterrein in Wesbank. Dit is vanjaar die eerste keer dat die toernooi oor twee dae sal plaasvind. Die Vrydagaand neem die eersteliga-klubs van Swartland teen mekaar deel.
Die Saterdag speel die vier top-spanne in ‘n semi-finaal, terwyl die Superliga-klubs van die streek ook teen mekaar te staan kom. Toegang is R10 en geen drank sal by die hekke toegelaat wod nie. Navrae by Eduann Howburg by 083 458 9313.
Die Darling rugbyklub hou sy jaarlikse sewestoernooi op Saterdag 14 Februarie. Groot prysgeld is op die spel en spanne word genooi om so gou moontlik in te skryf, aangesien die eerste inskrywings voorkeur sal kry. Die inskrywingsfooi is R500
per span en net 24 spanne sal aanvaar word. Klubs mag wel ‘n A- en B-span inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Januarie. Belangstellende klubs kan Benito van Bo kontak by 078 599 4174 om in te skryf of vir enige navrae.
Rugby-toernooi op Darling gehou
Wie wil toutrek?
‘n Groep entoesiaste beplan om ‘n toutrekklub op Moorreesburg te begin en soek nou na moontlike lede. Hulle nooi alle belangstellendes na ‘n vergadering om op Maandag 26 Januarie om 19:00 by Oude Stoep op die dorp. Belangstellendes kan Johan Strümpher skakel of SMS by 084 514 Johan du Toit, kleinseun van Springbok-rugbyspeler Piet Spiere du Toit, by 6600. sy versameling rugbytruie van die Sharks.
Hier kom nog 'n Spiere - Johan was 'verras oor die SMS' Ek het dit glad nie verwag nie! Só vertel ‘n entoesiastiese Johan du Toit van sy rugbyloopbaan wat deesdae van een hoogtepunt na die ander gaan. Dié blondekop het met dié courant gesels nadat hy pas in die Shark se Super 15-oefengroep opgeneem is. “Ek is ‘n jaar by die Sharks en ek het geglo ek sal in een van die jonger groepe opgeneem word. En toe kry ek ‘n SMS en ek kry die verrassing van my lewe!” Die 19-jarig Johan sê hy het maklik in Durban aangepas. “Die humiditeit was iets om aan gewoond te raak, maar dit is baie lekker hier.” Hy is ‘n veelsydige speler: 4, 5, 6, 7, 8, “Maak nie saak nie, my gunstelingposisie is om rugby te speel! “Ek dink ek speel rugby van ek kon loop!” lag hy. Vandat hy o.7 vir Laerskool Riebeek-Kasteel begin speel het, het hy nie weer opgehou nie. Ook by Hoërskool Swartland het hy gereeld uitge-
draf. Hier was sy hoogtepunt toe hy vir die o.18 Cravenweek gekies is en “om kaptein van die 1ste span te wees en ook die interskole te wen”. By Cravenweek is hy raakgesien en spoedig het die Sharks hom genader om by hulle aan te sluit. “Ek was baie gelukkig oor die geleentheid en dit is lekker hier.” Hy vertel dat hulle nou besig is met voorseisoen-oefeninge en daar is nog genoeg tyd om bietjie met vriende en familie te kuier. Maar daar lê ‘n bedrywige tyd tot einde September voor: Hy gaan deelneem aan die Varsity Shield, die Vodacom-beker en later die o.21 Currie-beker. Johan se droom is om vorentoe vir die senior Sharks uit te draf – en dan, natuurlik, die groen en goud vir sy land te dra. “Ek sal nie sommer oorsee gaan nie,” verklaar hy en dit is duidelik dat sy rugbyvoete diep in sy vaderland geplant is.
NUUS • NEWS
13
21 Januarie 2015
Dagboek • Calender
Skitterspel by Never Despair 7's
Brent Arendse laat loop met diebal, met Gridwin Le Fleur wat hom van agter probeer keer.
Swartland Liquor Forum AGM 22 January - On request from members, the Exco had decided to change the AGM date to Thursday 22 January at Bloues Rugby Club, Malmesbury. Time: 13:45 registration and 14:00 the AGM. Contact Henfre Brand: swaliqforum@gmail.com or 082 703 8666. Darling Country Open Air Cinema Friday 23 January – Darling Lodge, 22 Pastorie Street @ 20:00. Cosi : A 1996 Australian comedy-drama musical about an unemployed young man who applies for a job as a director/ drama teacher at a mental hospital. Saturday 24 January - 22:00, Darling Lodge– Mrs Henderson presents: Mrs Henderson, a noble widow with strong enthusiasm for the stage, buys a theatre in London. Wingerd Safari 24 Januarie - Malmesbury Landbouvereniging se Wingerstudiegroep bied weer hul jaarlikse raaiselrit Wingerd Safari aan. Hope pryse te wen. Vertrekpunt: Weldie-plaas. Registrasie om 08:30. Vertrektyd: 09:00. Prysuitdeling: 13:00 Inskrywings vir volwassenes R150, Kinders R50 en voorskool gratis. Kontak 072 234 6646 met navrae. Snotkop 24 Jabuarie – Jaar-afskop kuier en dans, Klipfontein Boerdery/koelkamer - N7 Piketberg na Citrusdal 24km regs op Porterville-pad, 5km links by Klipfontein-bord.. Stoor open 18:00, dans begin 19:30. Koste: R120 pp (hoërskoolleerders R70). Inligting en kaartjies: Anene Jacobs (083 306 8578), Riaan Carstens (083 447 8870), Monique Potgieter (084 479 7110). Jaarvergadering 29 Januarie - Malmesbury Landbouvereniging se jaarvergadering is om19:00 in die Kaap Agriledesaal. Spreker is Deon vd Vyver. Malmesbury Voortrekkers 28 Januarie – Kommando opening, administra-
sie, spanindeling, sang en groepspele. Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@swartland.org.za) of Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com). The Ormonde Classic Dinner 31 January - Darling Music Experience presents Fine Wine & Food with Classical Music at the !Khwa ttu San Culture and Education Centre, off R27. Mozart's flute quartets, performed by Liesl Stolz (flute), Farida Bacharova (violin), Emile de Roubaix (viola) and Polina BurdukovaKemp (cello). Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com. Musical Wine Tasting 5 February - Hofstraat Kelder - Myrtledene Plaas, Malmesbury and Darling Music Experience. Musical Wine Tasting: Rockstar winemaker meets jazz giant; Adi Badenhorst, one of the leading lights of the Swartland Independents will present the wines, Mac McKenzie, iconic guitarist the music. The one born into wine the other into music. Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com.
PPK Bethesda Malmesbury 25 Januarie - Br Gert Rossouw preek om 09:30 en past Kobus du Plessis om 18.30. Past Kobus du Plessis hou die dienste om 10:00 en 18:30. Sondagskool is Sondag om 08:30. Selgroepe hervat ook weer. Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 25 Januarie - Past Kobus du Plessi9s lei die diens om 10:00. Navrae: 083 722 7787. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00).
Wenners:
Die Destroyers het Saterdag se sewes-toernooi gewen. Hulle het teen Jolly Tigers uitgespeel.
Lewe, Landskap & Gedaante tot 15 Februarie – ‘n Tentoonstelling van onlangse skilderye deur Nicolaas Maritz by die Maritz Ateljee-gallery, Nemesiastr 5 op Darling. Slegs per afspraak: Tel 022 492 3202, 078 419 7093 of e-pos maritzstudio@telkomsa.net. Piket-bo-Berg Farmers Market 31 January - Last Saturday of every month. 09:00-12:00 on the farm Kruistement. Pies, ribs, olive oil, bread, breakfast, accessories, coffee and refreshments. Riette Bryant 022 9145652 or www.piket-bo-berg.co.za
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 25 Januarie - Pastoor Piet Smit lei die diens om 09:30. Titel: Nuwe Hemel & Nuwe Aarde. Eerste aanddiens vir 2015 om 18:30. Navrae: 073 447 2902.
Jean Abrahams breek weg, met twee manne op sy spoor.
Skild:
Michael Phillips oorhandig die Skild aan Andy Peters.
Beker: Shermon Faro ( regs) van Eagles ontvang die Bowl-beker van Michael Phillips.
Shofar Malmesbury 25 Januarie - Shofar kom bymekaar by Hoërskool Swartland Skoolsaal om 09:30. De Waal Esterhuizen - Deel 1 van Die Geloofsbelydenis van Nicea. Vir navrae, skakel 022 482 4640. Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00; Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday at 19:00. Pastor Joshua Metemeri, 084 471 7914.
AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor). Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:30 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent. Any inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.
Speler:
Dillan Strydom (links) is aangewys as Speler van die Toernooi. By hom is Michael Phillips.
Puntemakers:
Ivan Snyders en Delano Baardman het die trofee vir die meeste drieë gedeel.
NUUS • NEWS
14
21 Januarie 2015
SMSH 1 09 July 2014 12:06:58 PM
NUUS • NEWS 21 Januarie 2015 Dienste Services
AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.
www.fvwykdiesel.co.za
#2000 -----------------------AANDAG!! CJ’s Vullis en bourommel verwydering asook skoonmaak van erwe. Skakel 071 274 4782. -----------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. -----------------------ALLE TIPE BOUWERK – klein en groot, Nuwe huise, staalkonstruksie / store. Alle elektriese en loodgieterswerk en ook aanbouings. Skakel 078 044 5989 -----------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. -----------------------NEW FREEZE VERKOELING. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, koelkamers,motor lugreeling,ysmakers verkoop en diens ook
lugversorgers. Royalstraat 44 Moorreesburg.022 433 3831 sel.082 343 4130-082 573 1589 -----------------------OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494 -----------------------SKULD KONSOLIDASIE- ons reël een bekostigbare paaiement. KONTANT LENINGS – vinnige uitbetalings. GESWARTLYS WELKOM 061 460 6669 / 021 910 4743
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
Regsdienste Legal Services
BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006.
Te Koop For Sale
TE KOOP CADAC 6 Man tent asook Uittrek Gazebo (konsertina) – Beide vir R1500,00. Skakel 081 363 7937 -----------------------FATFREEZE masjien te koop, begin eie besigheid of
15 voeg by bestaande salon. Opleiding, dokumentasie ingesluit R25 000 o.n.k.a Anita 084 672 1223
Voertuie Vehicles
VOERTUIE DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. -----------------------Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.
Betrekkings
NEW FREEZE Moorreesburg het ‘n vakante betrekking vir ‘n ontvangsdame. Stuur CV na : mynhardv@ vodamail.co.za of handig in by New Freeze Royalstraat 44, Moorreesburg. Navrae : 022 4333 831 of 082 573 1589. Sluitingsdatum 6 Februarie om 14:00. Indien u nie voor 13 Februarie terugvoering kry nie, moet u aanvaar u aansoek was nie suksesvol nie.
Algemeen
SAAMRY GELEENTHEID!!! Maandag tot Vrydag vanaf Durbanville tot Malmesbury. Kontak Susan by 022 482 1694 ------------------------
Raai wie verlaat die Departement Korrektiewe Dienste na 37 jaar en ses maande. Na soveel jare van harde werk en opofferings, verdien hy die rus wat hom toekom.
Ja dis Oom Duppie (Arsenaal) soos almal hom ken, sê hy totsiens.
Gelukwensing
KYK WIE WORD 3!! Tesnick Sunay Pietersen.
Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees vir jou. Van Ouma en Ma ------------------------
Ons bondeltjie het op Maandag, 19 Januarie 1 jaar oud geword. Baie geluk AJ-Dré Solomons. Mag Liewe Jesus se guns altyd op jou wees. Van Mammie, Dada en Boeta Vanté ------------------------
courant
dié
16
tel 022 487 3221
NUUS • NEWS
21 Januarie 2015
SPORT
21 Januarie 2015
Sportuitslae
Sports results
Gholf Malmesbury Wednesday Sundowner 07/01 Enkel Stableford Gerhard Bester 20; Heinrich Pieters 20; Jacob Goosen 19; Thys Esterhuizen 19. Saterdag 10 Januarie Enkel Stableford Paul Hardcastle 43; Shaun Conrad 43; Desmond November 42; C Treurnicht 41; Peter February 41; Marius O'Kennedy 41. Fietsry Malmesbury WP Championships Chrispin Meyer: 3 gold medals (15km Scratch, 10km Sprint, 10km Pursuit), 3 Silver (1000m, Individual Pursuit, Keirin) and 1 Bronze (Points). Paul Hardcastle 43; Shaun Conrad 43; Desmond November 42; C Treurnicht 41; Peter February 41; Marius O'Kennedy 41. Elfriede Wolfaardt (below): 3 Silver, Women Elite Points, Keirin, Individual Pursuit. Durwan Benjamin: Madison.
Uithou: Jacques Augustyn op Koringberg Zena. By hom is Wilna Augustyn en Karin van der Merwe. Sien berig bladsy 10.
Uithourit met 'n verskil
• Nuwe klubkompetisie onder die loep
Hof bekyk Boland Rugby
Die saak wat die nuwe formaat van klubkompetisies binne die Boland Rugby-unie sal bepaal, begin op 23 Februarie in die Hoë Hof Kaapstad. Ivan Pekeur, president van dié unie, het in ‘n skrywe aan alle klubs die aanloop tot die saak verduidelik. “Ons het op Donderdag 4 Desember 2014 laatmiddag hofstukke ontvang om op Maandag 8 Desember 2014 in die Hoë Hof Kaapstad te verskyn. “Die aansoekers versoek die hof om die spesiale algemene vergadering van 13 November en die besluit om ‘n nuwe formaat klubkompetisie in 2015 in te stel, ongrondwetlik te verklaar en ‘n interdik te magtig.” Hierdie aansoek is onder die naam van vyf klubs, United Stones, Laingsburg United, Roses United, Ceres en Saldanha ingedien. Laingsburg het intussen in ‘n beëdigde verklaring, wat by die hof ingedien is, hulle steun aan die aansoek onttrek en bevestig dat die klub nie die bovermelde vergadering bygewoon het nie. Ceres het geen verklarings by die hof inge-
dien wat die aansoek ondersteun nie. Die uitvoerende bestuur van Boland het op Saterdag 6 Desember vergader en na deeglike oorweging besluit om dit teen te staan, onder meer weens sekere tekortkominge. “Die bogenoemde klubs het ook versuim om dokumentasie voor die hof te plaas dat vergaderings gehou is om hul te magtig om die hofstukke in te dien,” sê Pekeur. “Roses en Saldanha word in die hofsaak deur hul onderskeie sekretarisse (wat nie die vergadering bygewoon het nie) verteenwoordig. “Nieteenstaande die oorweldigende steun vir die kompetisie deur die klubs, is die klubs, as partye, uitgesluit van die hof-proses en moet deel daarvan wees. "Ons glo dat alle klubs deel van die aansoek moet wees en het dit so in ons hofstukke gestel. “Dit is vir ons belangrik dat ‘n kompetisie in 2015 vir ons lede aangebied word en wil verhoed dat ‘n baie klein minderheid ons lede daarvan ontneem.” Op 8 Desember 2014 is beveel dat Boland op 10 Desember en die aansoekers op 11 Desem-
ber verklarings moet aflewer, sodat die saak op 12 Desember voor die hof kan kom. Pekeur sê hulle het stukke afgelewer, maar die aansoekers nie. “Die partye se regsverteenwoordigers het op Donderdag 11 Desember om 16:00 in waarnemende regter Leon Kuschke se kamers ontmoet. Hy het aangedui dat hy nie geneë was om die saak die volgende dag aan te hoor of ‘n interdik uit te reik nie, gegewe, onder meer, die feite wat ons voor die hof geplaas het. “Die regter het beveel dat ‘n later datum verkry word, ná ‘n vergadering van ons lede in Januarie plaasgevind het, waar tydens die 2015-kompetisie oorweeg sal word.” Geen koste-bevel is uitgereik nie en die saak is uitgestel na 23 Februarie. “Ek het onderneem om die klubs altyd op hoogte te hou van gebeure in die unie en verseker u dat ons hoofdoel is om in 2015 ‘n aanvaarbare kompetisie aan te bied, eerder as verbied te word, deur ‘n klein minderheid, wie se motiewe bevraagteken moet word,” het Pekeur afgesluit.
uitslae geborg deur