die courant 8 Februarie 2012

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 159

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

8 Februarie 2012

Koue lafenis

hugenotestraat 11, malmesbur y

Van Niekerks saam 192 jaar Ontmoet raadsheer Klasie Rust Fokus val op Bokomoweg Voet in die hoek met Toyota Innova

Die hitte het die Swartland behoorlik getref en niemand is oorgesien nie. Terwyl som-

miges lafenis onder ‘n lugverkoeler of waaier gesoek het, het die jonges onder ons aan heerlike roomys gesmul en in die swembad baljaar. Bo is Gerhard Bester (Kammaland), Corli Claasen (Morsjorsies) en Nossi Jantjies (Swartland Pre-Primêr).

Larey na Duitsland vir jeug Groot rugby-stryd op Malmesbury

Swartland kry R200m se sonplaas

‘n Eerste vir die Swartland is die nuwe kommersiële Solar-plaas wat binnekort gebou gaan word op die plaas Eenboom tussen Darling en Malmesbury. Die SlimSun Swartland Solar Park, met ‘n kapitale waarde van R200 miljoen, se doel is om as onafhanklike kragprodusent Eskom se kragopwekking aan te vul en om Suid-Afrika se koolstof-voetspoor te beperk. Die eienaars van die boutiek wynlandgoed Franki’s Vineyards, Franco Afrique Technologies (FAT), is een van die eerste 28 suksesvolle bieërs in Suid-Afrika aan wie dié tender toegestaan is, nadat 400 ontwikkelaars vanoor die wêreld tenders ingehandig het vir die bou van sonplase. Hierdie projek is geloods nadat die departement van Energiesake vir jare lank hieroor navorsing gedoen en belangstellendes genooi het om as bieërs aan hierdie proses deel te neem. Die aankondiging dat die SlimSun Swartland Solar Park op Eenboom opgerig

gaan word, is tydens die COP Die voorstelling van ‘n tipiese sonplaas in Europa. 17-beraad in Durban gedoen. Sewe en twintig ander aanlegte van dié aard sal ook later in die res van Suid-Afrika gebou word en sluit al die ander provinsies in. Die SlimSun Swartland Solar Park sal groen energie tydrowende saak! opwek, genoeg om ‘n dorp so groot soos “Omdat dit deel van die nuwe Darling van krag te voorsien. nasionale strategie vorm dat die Anthony Corin van Franki’s Vineyards sê sonplaas-krag direk in Eskom se dat bouwerk vroeg in Julie sal begin, na- distribusienetwerk geplaas gaan dat die voorbereidingstyd aan papierwerk, word, is die formele voorbereikontrakte en formele voorbereidings baie dings uiters belangrik. van hulle tyd in beslag geneem het. “Sodra die bouwerk begin, “Veertien verskillende kontrakte met sal daar heelwat werkgeleentbanke, die departemente, Eskom, die te- hede beskikbaar raak; dit sluit sourie, die regering ... dit is maar ‘n redelik ongeskoolde, halfgeskoolde en

hoogstegnologiese werkgeleenthede in,” het hy aan die courant gesê. Oor die befondsing van dié aanleg, sê Corin dat daar drie vennote is: Eenboom, die Greentech-fonds en ‘n Swartland gemeenskapstrust. “Die Swartland sal tweeledig baat by hierdie nuwe aanleg; eerstens met nuwe werkgeleenthede en indirek wanneer geld weer teruggeploeg gaan word in die gemeenskap met onder meer projekte vir opleiding en geld vir bejaardes,” het hy bygevoeg.


courant

die

2

Die pen - optel of laat Selfsensuur is effektief wat die courant gedoen het toe hy ‘n beleid van slegs goeie nuus opgeneem het. Daarmee saam die beleid om nie ‘n briewe-kolom en die gepaardgaande negatiwiteit toe te laat nie. Soos die tyd aanloop, leef en verander die dinamika van die koerantkantoor en is daar deurlopend druk om die beleid aan te pas. Tóg is dit die karakter van die courant wat hom gewild maak. Die veranderinge sedert die ontstaan is eintlik maar net al nader aan (binne) die grense van goeie nuus en daarmee saam al meer relevant en vars informatief word. Dikwels is daar wroeging (versoeking), juis omdat daar baie inligting is om te vertel buite ons eie beleid. Vandeesweek was daar weer die wroeging om ‘n baie sterk (goeie nuus) storie te plaas wat eintlik sy oorsprong 37 jaar gelede het. Dit lê ‘n groot klomp Swartlanders na aan die hart, maar toe kom die versoek van die familie dat ons liefs moet terughou. Of ander dit sou doen, weet ek nie. En of ons dit weer sal doen as die omstandighede anders is, weet ek ook nie. Maar ons het hier besluit om die familie betrokke te respekteer en eerder as hom op te tel, liefs die pen te laat. Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za

dis goeie nuus

deur: Dr. Andrew Bosman

Here gee U nie om nie …? In Lukas hoofstuk 10 kry ons hierdie paar verse wat so baie inligting bevat. Martha ontvang Jesus in haar huis. Jesus was bevriend met Martha en Maria en hulle broer Lasarus. Maria sit by die voete van Jesus en luister na Hom. Martha is besig en kom op ‘n stadium na Jesus en spreek Hom aan om vir Maria te sê dat sy vir Martha moet gaan help. Maria het blykbaar die regte ding gedoen om by die voete van Jesus te sit en na Hom te luister, dit is die goeie deel wat sy gekies het. Martha is besig met die dinge, so besig dat sy nie tyd het om na Jesus te luister nie. Dan kom Martha na Hom en gee Hom ‘n opdrag! “Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? “Sê dan vir haar dat sy my moet help” Is ons ook so besig met die dinge van die Here maar nie met die Here van die dinge nie dat ons nie na Hom luister nie, nee Hy moet na ons luister! “ Jesus het na Martha geluister en haar geantwoord, maar nie haar opdrag uitgevoer nie.

courant HAB

8 Februarie 2012

Van Niekerks van MRB saam 192 jaar

BO: Mnre. Gert van Niekerk (97), Albertus van Niekerk (94) en me Hetta Theart (91), met die matrone van die tehuis, Ina Lochner, agter. Twee Van Niekerk-broers en hul ietwat stiller. Die gesinslede staan as die Hoenders, ‘n bynaam wat jongste suster woon in Huis Moor- steeds bekend vir hul pynlike net- hulle oupa hulle op die hals gehaal rees, die ACVV-tehuis vir bejaardes heid, en oom Gert het selfs terwyl het. Oor die oorsprong van dié byop Moorreesburg. hy geboer het, in die Swartlandse Wat dit besonders maak, is dat elk- somers stroper gery met ‘n netjiese naam is daar glo verskillende verhale, maar die algemeenste storie is een van hulle ouer as neëntig jaar is hemp en das onder sy oorpak. en steeds redelik goeie gesondheid Mnr. Albertus van Niekerk het dat hul oupa, ‘n joviale ‘gentleman’, geniet. ‘n eie besigheid bedryf en het drie een aand ‘n halwe hoender in sy Volgens mnr. Albertus van seuns en ‘n dogter gehad uit sy hu- baadjiesak gekry het tydens ‘n partytjie of onthaal. Niekerk (94) het hulle gesin (met welik met sy vrou, Bessie. Die jongste van die gesin is me. Dit was glo poetsbakkers wat dié nege kinders) op plase rondom die dorp grootgeraak, hoofsaaklik op Hetta Theart (91). Sy woon reeds vir onwelriekende halwe hoender in sy 71 jaar op die dorp en nou in Huis baadjiesak gedruk het, maar hy het die plaas Geelkuil. Mnr Gert van Niekerk (97), het tot Klein Moorrees en het twee dogters hom nie van stryk laat bring nie. Die bynaam het wel vasgesteek en sy onlangs luisteraars vermaak met sy uit haar huwelik met Gert Theart. Die Van Niekerk-familie staan nageslag (vier generasies later) dra pittige vertellings oor sy jongdae en kwajongstreke, maar is deesdae reeds vir ongeveer 100 jaar bekend steeds dié naam.

Afslag op boetes

Die Swartland Munisipaliteit se verkeersafdeling bied tot 29 Februarie 50% afslag op alle spoedboetes. Dit sluit lasbriewe uit. Tans is die grootste kopseer en mees algemene oortreding dié van bestuur sonder ‘n rybewys, ongelisensieërde voertuie en 239 parkeringverwante oortredings. Betalings kan by die verkeersdepartement op Malmesbury

Wenners:

geskied of per internet met ‘n elektroniese-lêer-oordrag na ABSA Malmesbury, rekeningnommer 4073209473, taknommer 632005 met die boeteverwysingsnommer as verwysing. Bewys van betalings moet per faks na 086 686 8672 of na Swartland.belstow@gmail.com gestuur word. Boetes kan ook op die internet per kredietkaart by www.myfine. co.za betaal word.

Wen met Valentynsdag

die courant en Blomgogga op Malmesbury gee hierdie week ‘n bos blomme ter waarde van R200 aan een gelukkige leser weg. Sê vir ons in tot 12 woorde hoekom jou Valentyn die ruiker verdien. Sms jou naam, ouderdom, dorp en antwoord na 084 8333 813 voor Vrydag 12:00.

Die drie gelukkige wenners van ‘n dubbelkaartjie na Mathys Roets se konsert op Malmesbury, is Estha Mitchell van Yzerfontein, Johan Hugo en Schalk Langeveldt (albei van Malmesbury).


8 Februarie 2012

courant nuus

Minister besoek SM oor behuising Die Wes-Kaap se minister van menslike nedersettings, minister Bonginkos Madikizela, het Woensdag die Swartland Munisipaliteit besoek om vrae rondom behuising te beantwoord.Volgens minister Madikizela is daar sowat R20 miljoen vir die Swartland beskikbaar gestel om huise teen sowat R100 000 elk te bou. Hy het genoem dat Swartland een van die munisipaliteite in die land is wat die beste presteer rakende die spandering van behuisingstoelae. Bo is munisipale bestuurder Joggie Scholtz, Johann Steenkamp, onderburgemeester Maude Goliath en burgemeester Tijmen van Essen. Volgens burgemeester Van Essen is Swartland in die proses om planne wat vir volgende jaar bedoel was, by vanjaar se beplanning te implimenteer, sodat hulle die fondse wat hulle van die regering ontvang, nog vanjaar kan gebruik. “Ons kan net nooit voorkom met behuising nie. Die volgende projekte wat ons nou sal aanpak is in Abbotsdale, Riebeek-Wes en Malmesbury. Ons het onlangs 541 huise op Darling gebou en die waglys bevat reeds weer meer as 1000 name,” het Van Essen gesê.

Larey na Duitsland as uitruilstudent

onderbreek haar studies vir dié ‘geleentheid van ‘n leeftyd’. Die Kidz-kampus in Guntersberge, Sachsen Anhalt is van die grootste jeugkampe ter wêreld, waar daar gereeld drie tot vier jeugkampe tegelyk aangebied kan word. Die kampus bevat 600 beddens. Hulle bied jaarliks die Eurokamp aan wat deur 20 lande vanoor die wêreld bygewoon word. By die Kidz-kampus gaan Anja internasionale blootstelling kry, ‘n nuwe taal aanleer en beslis as ambassadeur van die Swartland optree. Anja is die sesde student wat as deel van dié inisiatief Duitsland toe vertrek. Sy kom net voor Kersfees terug en sal in 2013 by die Internasionale Skakelkantoor op Malmesbury werk. “Dit is ‘n geleentheid wat deure oopmaak vir die jongmense,” sê Chris Hunsinger, raadslid vir die wyk waarin Anja en haar ouers woon. “Hierdie projek is ‘n uitvloeisel van die Sondeza-kampe wat jaarliks by Ganzekraal aangebied word en het reeds vir kinders soos Tyronne Basson en Charn de Boer, wat ook as uitruilstudente na Duitsland is, gehelp om goeie werksgeleenthede te kry. Verder kan ons trots wees op die Swartlandse kinders, wat nog nog nooit nodig gehad het om terug te staan op internasionale vlak nie!” Volgens Anja “het alles so gou gebeur” nádat sy in dié pos aangestel is. Sy vertrek 15 Raadslid Chris Hunsinger, Randall Larey, Anja en Februarie, of kort daarna, terwyl haar ouers, haar ma Lindie sien uit na die groot geleentheid. Randall en Lindie Larey (onderwysers by Schoonspruit Sekondêr), beslis sal pakkies op Malmesbury gematrikuleer en daarna ‘n kursus aanstuur en uit ‘n sonnige Suid-Afrika met haar sal in toerisme by die CPUT op Wellington gevolg. Sy kontak hou. Anja Larey van Malmesbury is op pad Duitsland toe as deel van ‘n jeugontwikkelingsprogram by die Kidz-jeugkamp, nadat haar aansoek om dié pos geslaagd was. Sy gaan as ‘n uitruilstudent vir die Swartland Munisipaliteit as uitvloeisel van ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Kiez en die Swartland Munisipailteit. Anja het in 2009 aan Schoonspruit Sekondêr

3


4

courant nuus

8 Februarie 2012

Stimuleer jou kind se brein met ekstra aktiwiteite Sommige kinders is gebore wetenskaplikes. Hulle toets alles en maak konkoksies sodat hulle kan sien watse uitwerking verskillende gasse en stowwe met mekaar het. As jy so ‘n kind het, is Eksperi-maatjies net die ding vir jou. Dit is ‘n opvoedkundige program wat eksperimente gebruik om kinders te wys dat die wêreld van wetenskap vol pret kan wees. Die klein wetenskaplikes doen interaktiewe projekte, demonstrasies en basiese eksperimente. Eksperimente moedig kinders aan om nuuskierig en kreatief te wees en dit bou hul selfvertroue. Dit leer hulle ook om oplettend te wees, om vergelykings te kan maak en om die slotsom te voorspel. Kontak Lianne by 072 258 0146 as jy belangstel om ‘n wetenskaplike groot te maak. Soetlief is ‘n program in emosionele intelligensie en sosiale vaardighede. Dit het ontstaan uit onderhoude met oor die 2000 tieners en 500 jonger kinders. Uiteindelik is al die gevallestudies gebruik om ‘n program saam te stel met iets wat ALLE kinders moet weet oor emosionele en sosiale vaardighede. Hierdie program is nie net vir kinders wat getraumatiseer is nie, hoewel dit kinders wat wel getraumatiseer is gedurende terapie help om hul gevoelens rondom die trauma te verbaliseer. Die terugvoer van Sielkundiges en Maatskaplike werksters wat wel met getraumatiseerde kinders werk, is dat kinders wat Soetlief gedoen het, se “rebounce” uit ‘n negatiewe ervaring net soveel vinniger is. Vir meer inligting, kontak gerus Marina van der Merwe by 082 875 3162. Tina Cowley Leessentrum sal jou kind flink en vinnig leer lees, sonder dat hulle in ‘n koue sweet hoef uit te slaan as die woordjies nie vanself kom nie. Hier vind jy unieke en effektiewe leermetodes. By Tina Cowley leer leerders om korrek te lees, in te neem wat hulle lees en te onthou wat hulle lees. Talle male is ‘n leer-probleem eintlik ‘n leesprobleem. Hier word die leerders se leesspoed verbeter en leer hulle om met begrip te lees. Tina Cowley bied ook brein-oefeninge vir ‘n beter geheue sodat kinders kan onthou wat in

die klas geleer word. Kontak Corné Bosman by 022 482 4362. Master Maths is ‘n bietjie wiskunde met skop. Dié klasse bied ekstra wiskunde hulp aan leerders van graad 4 tot graad 12. Die klasse word oorgesien deur opgeleide tutors. Hulle maak seker dat elke leerder altyd blootgestel word aan materiaal wat pas by sy/haar spesifieke behoeftes. Die lesse wat hulle ontvang, word deur hoogsgekwalifiseerde wiskunde onderwysers goedgekeur. Dit word dan verbruikersvriendelik en maklik verstaanbaar gemaak. Kontak Petro de Haast by 022 482 2481. Rugga Rugby is‘n rugby-program vir toekomstige Springbokke.

Dié program is ‘n private buitemuurse-aktiwiteit wat vir kinders tussen die ouderdom van 3 en 9 aangebied word in pre-primêr en laerskole. Die program fokus op rugbygebaseerde fisiese en motoriese-vaardighede en om dit te ontwikkel. Die Rugga Kids kurrikulum is so ontwikkel om op veiligheid en vaardighede te konsentreer. Wat die program uniek maak, is die konteks waarin hierdie vaardighede aan die kinders op ‘n prettige, positiewe manier aangebied word. Dit help ook spelers om sosiale vaardighede aan te leer en ook om in spanverband te funksioneer. Kontak Pieter Nortje by 083 554 1555 met navrae. Kumon is ook ontwikkel om kinders se

wiskunde-platform te verbeter en versterk. Die Kumon-leermetode is meer as 50 jaar gelede in Japan deur Toru Kumon ontwikkel. Hy was ‘n wiskunde onderwyser wie se seun met graad 2-wiskunde gesukkel het. Hy was oortuig dat hy sy seun kan help deur hom stap vir stap die vaardighede van wiskunde aan te leer. Kumon word gebruik om die vaardighede en potensiaal van elke kind te verbeter. Dit poog om elke kind se leerpotensiaal en liefde vir leer te ontwikkel en sodoende hul selfvertroue te verbeter en self-disipline by hulle te vestig. Kontak Anneke Basson by 082 333 7336. Sita Lindhorst op Malmesbury bied swemlesse in verskillende vlak-ke aan. Sy het ‘n BSC-graad in Menslike Beweging. Sy het ‘n rits sertifikate agter haar naam wat haar onder andere instaat stel om baba’s te leer swem en spog ook met ‘n sertifikaat in lewensredding van die NSRI. Sita rig al die afgelpe 25 jaar swem af en het ook ses jaar in Dubai spandeer waar sy haar afrigting voortgesit het. Die verskillende ouderdomsgroepe wat sy afrig dek ‘n wye spektrum van ouderdomme en vaardigheid. Sy bied ook privaatlesse vir volwassenes en kinders. Kontak Sita by 082 302 5322. Wise Eye op Malmesbury word onder die vaandel van Hattingh Oogkundiges aangebied. Dit fokus daarop om leesvaardighede te ontwikkel. By Wise Eye is hulle passievol oor mense en hul lees. Hulle streef ook daarna om die beste tegnieke vir hul studente aan te leer om die beste resultate in die minimum tyd te verkry. Kontak hulle by 022 482 1671. Jeanne Steyn van Health World op Malmesbury bied Goji Ryu-karateklasse vir alle ouderdomme aan. Volgens haar leer dit kinders selfdisipline, koordinasie, balans, help dit met kruismetodiese ontwikkeling, lae spiertonus en vele meer. “Dit is nie net vir selfverdediging nie en het baie fisiese voordele”, sê Jeanne. Kontak haar by 022 487 1122.

Om hier te adverteer in soortgelyke promosies, skakel ons bemarkingspan vandag nog by 022 487 3221.


8 Februarie 2012

courant nuus

5

Oud-burgemeester Sny jou hare vir Kansa veteraan in politiek In ons reeks onderhoude met raadslede van die Swartland Munisipaliteit, gesels ons vandeesweek met raadsheer Klasie Rust, veteraan in diens van die Swartland Munisipaliteit sowel as die Weskus Distriksmunisipaliteit. Hy was vir 13 jaar burgemeester. Vertel ons van uself? Ek het op Malmesbury grootgeraak en B.Sc Landbou by die Universiteit Stellenbosch studeer. Later het ek B. Comm deur Unisa behaal. Ná my studies het ek by die destydse Bokomo Voere (nou Nova Voere) gaan werk. My aanstelling was met die oog op die verwerking van die oor-aanbod van lupine en daarom het ek by die Epping Laboratorium begin werk. My vrou, Elize, het onderwys gegee, eers op Caledon voordat sy op Malmesbury kom skoolhou het. Hier het ons paaie in 1962 gekruis, ons is getroud en vier kinders is uit ons huwelik gebore. Vertel ons van u politieke loopbaan? Terwyl ek by Bokomo gewerk het, is ‘n raadslid oorlede. Ek is deur deur ‘n kollega oorreed om myself beskikbaar te stel vir die tussenverkiesing en is toe verkies – dit was in 1979, 33 jaar gelede. Die raadslede was daardie jare sonder ‘n politieke verbintenis in die raad – daar was agt raadslede vir Malmesbury. Die bedrywighede van die raad was nie vir my vreemd nie – my pa, Nicolaas Rust, was ook al die jare ‘n raadslid en was op daardie stadium die burgemeester en hy was ook vir ‘n tyd ‘n lid van die Provinsiale Raad (LPR). Hy en ek was vir vier jaar saam op die Raad voordat hy in 1983 afgetree het. Destyds was daar nie voltydse raadslede nie en ons moes ons gewone verlof by die werk neem om konferensies en groot munisipale vergaderings by te woon. Ek was daardie jare baie betrokke by gemeenskapsake: Terwyl ek burgemeester was, het ek gelyktydig in die skoolkomitees van die hoër- en laerskool gedien, asook die hospitaalraad – en nog voldag gewerk. Nogal ‘n dol tyd in twee ampte! U is raadsheer by twee munisipaliteite. Sal u enigiets anders doen as u weer u lewe kon oorhê? Die raadsheerskap is erkenning vir diens gelewer en word bepaal volgens ‘n puntestelsel. Die aantal jare diens gelewer as ‘n raadslid speel ‘n rol daarin, asook ander faktore soos ‘n skoon rekord, ensovoorts. Ek het in 2009 raadsheerskap by die SM ontvang en ook in 2010 by die WKDM. Ja, ek sal alles weer só doen, want ek het baie goeie ondervinding opgedoen in die proses. Ek het baie mense leer ken, in alle vlakke van die samelewing. ‘n Mens kan nie dié kennis en ondervinding kóóp nie! Was daar groot veranderinge in die 33 jaar in die Raad? Deesdae word die raadslidskap aan politieke partye gekoppel. Vroeër het ons elkeen ook ‘n betrekking beklee. Gelukkig het die die tegnologie geweldig ontwikkel - destyds moes die finansies-afdeling alle inkomstes en uitgawes bereken en met die hand uitskryf ... As ek dink hoe ons daardie jare met formele hemp en das gaan werk het, sonder lugverkoeling, dan het só baie

dinge verander! Wat maak u bekommerd oor die huidige bestel? Die mate waarin die ekonomie versleg het, sodat daar baie agterstallige betalings is. Die SM het wel die deernistoelaes vir baie behoeftige gesinne (die geld daarvoor kom van die staat af - nie uit Swartlanders se sakke nie!) Gelukkig is die gesindhede van baie mense deesdae beter as in die middel negentigs, toe

Dis die uitdaging wat Kansa op Malmesbury aan Swartlanders rig: Om deel te neem aan die Shavathon op 8 Maart. Die organiseerder, Dirk van Zyl, reël al vir ongeveer agt jaar dié Shavathons vir die kankervereniging op Malmesbury. “Ek sal graag wil sien dat elke skool, speelskool en sakeman hieraan deelneem. As skole

en besighede mekaar uitdaag vir ‘n rekord - dink net hoeveel mense sal uiteindelik betrokke raak by Kansa - en dit terwyl jy hope pret het!” Vir meer inligting skakel Hester Smit by KANSA (022 482-1111/0735099221) of e-pos: hsmit@cansa.org.za of Dirk Van Zyl by 0224822961.

Brenton Manuel van die Laerskool Swartland is onlangs gekies om die Wes-Kaap se o.13 krieketspan te verteenwoordig in die Vyfnasie-toernooi in die Arabiese Verenigde Emirate vanaf 9 tot 20 Maart. Spanne van Engeland, Sri Lanka, Pakistan en Indië is ook genooi om te deel in die groot toernooi. Dit is deel van ‘n wêreldwye krieket-ontwikkelingsinisiatief wat ‘n platform vir talentvolle jong spelers wil gee om hul vaardighede ten toon te stel. Brenton is nie net ‘n kranige krieketspeler nie, maar verteenwoordig ook Laerskool Swartland se o.11A rugby- en hokkiespanne en is as die beste o.11 kolwer vir 2011 aangewys. Hy het die Wes-Boland o.11-span en die Boland o.11-spanne verteenwoordig in die onlangse Worcester-toernooi waarin sy span die T15-wedstryde gewen het.

Brenton se ouers is tans aan die werkskaf om die sowat R18 000 in te samel wat hulle nodig het om Brenton na die Vyfnasie-toernooi te stuur. Belangstellendes kan Gerswain of Glynis Manuel kontak by 083 412 8717.

Brenton blink uit

Marnus Kitshoff en Carlize Visser van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is as die skool se victor en victrix ludorum aangewys. Raadsheer Klasie Rust

baie verbruikers van munisipale dienste nie wóu betaal nie. Ander knelpunte is die verkeer en parkering in die middedorp: SM ondersoek tans alle moontlikhede om dit te verlig, al is dit tydelik, totdat die verby-paaie buite-om die dorp realiseer. Die moontlikheid van ‘n vragmotor-halte buite die dorp word ook ondersoek en dit behoort verligting te bied vir die groot voertuie wat snags in die dorp parkeer. Wat maak u opgewonde oor u werk by die SM? Ten spyte van die ekonomie, groei en ontwikkel die Swartland steeds! As alles realiseer wat tans op die tafel is, kan ons net trots wees. Terwyl Malmesbury se inwonertal uitbrei, was dit ‘n wyse besluit om die nuwe rioolwerke te bou. Geen ontwikkeling is moontlik as die basiese dienste soos riolering, onvoldoende is nie. Hoe ontspan u? My werk is my ontspanning. Verder laai ek my batterye in die Strand, waar ons graag uitspan. Het u ‘n boodskap vir Swartlanders? Ek dink die inwoners van die Swartland kan elke dag dankbaar wees vir wat hier gedoen word. Die Swartland Munisipaliteit beskik oor die beste amptenary in die land! As raadslid is dit aangenaam om met hulle saam te werk. Ek is trots om deel te wees van die Swartland Munisipaliteit.


6

courant MRB Spar

8 Februarie 2012

Moorreesburg Spar klim die leer na sukses Eienaars Theo en Carine Strydom is trots op hul produkte, winkel en personeel.

Harde werk, goeie diens, toegewyde personeel en vele meer is wat die suksespad van Moorreesburg Spar besaai. Dié winkel van Carine en Theo Strydom het met een van die drie eerste pryse weggestap in Spar-hoofkantoor se “Ladder of Success”-kompetisie. Die kompetisie strek oor die finansiële jaar vanaf 1 Oktober 2010 tot einde September 2011. Hier word onder meer na verkope, aankope, “loyalties” aan Spar-produkte, groei, kos- en veiligheidsoudits, die AWEHveldtog, kliëntediens en personeelopleiding gekyk om die uiteindelike wenner aan te wys. “Ons personeel is positief en juis daarom bied hulle baie goeie diens aan ons kliënte. Ons is ook baie betrokke in die ge-

meenskap van Moorreesburg. As jy in hierdie bedryf is, moet jy in mense belangstel. Dit is ‘n mense-bedryf,” sê Theo. “Dit is vir ons ‘n groot seën en voorreg om een van die pryse te kon wen. Dit is ver bo al ons verwagtinge. Dit is geweldig motiverend en die vrug op ‘n jaar se harde werk. Dit spoor ons aan om steeds beter te wees en beter diens aan ons kliënte te verskaf. Ons is baie trots op ons span, want jy is net so sterk soos wat hulle is,” sê Carine. “Ons is baie dankbaar teenoor ons personeel en gemeenskap. Julle dra Moorreesburg Spar,” sê Theo. Die ander twee wenners wat ook ‘n week-lange toer na Italië van 9 Julie tot 17 Julie wen, is Boland Spar op Piketberg en Theo’s Superspar op Otjiwarongo, Namibië.

BO: In die bakkery sal jy vir Camilita Daniëls, Shirley Engelbrecht en Laurell King vind.

BO: Dianne Dawson, Serien Manewel, Mandy Markus, Margareth Titus en Sophia Willemse sorg vir flinke diens in die slaghuis.

BO: Carashell Cleophas help kliënte flink en vinnig by die kassiere.

BO: Mennely Mentoor hou die yskas se rakke vol en netjies.


courant motors

8 Februarie 2012 johan viljoen

Oom Willie se keuse, Innova vol verrassings

sit voet in die hoek Elke pot kry ‘n deksel. Só het die mense altyd getroos as Sussie mondig word en nog nie om haar hand gevra is nie. Of dit nou ‘n te sterk woord is, dié weet ek nie, maar ek moet sê party van daardie deksels sit maar deksels skeef en krom (vandag nog). Probleem is, dit is hoe dit van buite lyk, maar wat daar in die binnekamer gebeur, is nie my en jou saak nie. En as die pot nou die deksel gekry het, is dit die regte een? Klompie jare gelede skryf die uwe as kadet-vryskutverslaggewertjie ‘n sagte storietjie vir die streekskoerant in die Overberg oor die oom en tannie in die ouetehuis se 60ste huweliksherdenking. Vra toe vir die oom: “Nou Oom Willie, sê

my, hoe het oom geweet hierdie is die regte vrou vir oom.” “Om die waarheid te sê my kind, ek weet tot vandag toe nie of sy die regte vrou vir my is nie.” Daar is nog ‘n gewilde (waar) vermaning, van don’t judge a book by it’s cover. En is dit nie só waar nie. So gou om mense in pakkies te plaas, maar as jy hulle

7

nooit gesien het nie, sou daardie pakkie baie anders gelyk het. Dink maar aan bekendes soos sanger Mathys Roets en omroeper Martelize Brink. Albei baie goed, eintlik uitstekend, in wat hulle doen. (Mathys is volgende week op Malmesbury.) Tog verander mense se siening oor iemand dikwels as hul sien die persoon is

ry. Daar is twee Innova modelle. Die effe goedkoper model (soos die een van Malmesbury Toyota wat ons getoets het) spog met agt sitplekke, met materiaal oorgetrek, terwyl die effe duurder model saam met ‘n paar ander ekstras met sewe leersitplekke spog. Aan weelde het die toetsmotor nie ontbreek nie, ook nie aan krag nie en allermins

gestrem. Pasop, want binnekant skuil dalk ‘n paar aangename verrassings. ‘n Mens is gou om na ‘n kar te kyk en op die oogaf te besluit of hy jou geval. As Toyota se nuwe Innova multidoelvoertuig jou nader, is hy nogal sag op die oog. Van nader lyk die kleinerige wiele en agterstewe so effe vreemd, maar wag tot jy hom begin

ook nie aan ruimte nie. Toe ons sy neus in die rigting van Robertson gedruk het vir ‘n kampnaweek, was hy goed gelaai, maar nie skaam nie. Agterste ry sitplekke van drie maklik opgevou na die kant en skielik raak die pakplek baie. Terloops, die tweede ry kan ook platslaan vir nóg meer ruimte.

‘n Paar feite van belang: Toyota Innova 2.7 VVTi

4 silinder 5-spoed handrat Krag: 118kw @ 5200 r/min Wringkrag: 241 Nm @ 3800 r/min Verplasingsinhoud: 2694 cm3

Lengte: 4,585m Breedte: 1,775m Hoogte: 1,750m Diensintervalle: 15 000 km CO2: 265 g/km 3 jaar/ 100 000km waarborg R249 700

By die Innova beteken ruimte en baie sitplek vir ‘n groter gesin nie dat jy in rygenot en weelde moet inboet nie. Hierdie kar spog met oorgenoeg. Van ‘n groot 15.5cm raakskerm-klankstelsel wat USB, Aux of Bluetooth vir jou selfoon akkommodeer met ses luidsprekers. Die voorlaai CD-speler is MP3-versoenbaar. Daar is ook ‘n digitale vertoonskerm waarop inligting soos brandstofverbruik, die buite-temperatuur asook gemiddelde snelheid gelees kan word. Die houtinvoegsels sny goed saam om die kajuit en bekleedsel aan te vul. Naas veiligheidskenmerke soos twee lugsakke, is daar elektriese vensters, afstandbeheerde sluiting met ’n alarm en immobiliseerder, ingeboude stuurwielkontroles vir die klankstelsel en digitale vertoonskerm. Die Innova, in sewe kleure beskikbaar, spog met die nou reeds gewilde 2.7 VVTi-enjin wat beteken hy is nie bang om te loop nie. Selfs nie as hy gelaai is nie. Hy hanteer maklik, selfs met die dwarswinde tussen Hermon en Gouda. En as die temperature buite styg (soos

die afgelope week) is die effektiewe lugversorgingstelsel met luguitlate vir elk van die drie rye insittendes sommer ‘n groot regmerk van die passasiers af. Gaan toetsbestuur gerus hierdie motorkar by Malmesbury Toyota. Hy ry baie gerieflik. Bied als wat jy nodig het in ‘n baie aangename ryervaring. Jy sal nie spyt wees nie! En as jy wil kamp, Silwerstrand by Robertson is werklik ‘n besoek werd. Op die rivieroewer vir lekker baljaar in en op die water. Cheers, tot die wiele weer rol.


courant courant wat gebeur

8

8 Februarie 2012

Sudoku 159 Sudoku 158 antwoord

die courant Februarie

Darling Music Experience 10, 11, 12 Februarie - Die jaarlikse Darling Music Experience vind vanaf 10 tot 12 Februarie op Darling plaas. Met sewe tot agt vertonings per naweek in en rondom Darling, bied die organiseerders seisoenkaartjies aan wat vir een of beide naweke kan geld. Vir die volledige program, sien Artslink. co.za Account: Charl van Heyningen of skakel Charl van Heyningen Enterprises by 021 851 8261/ 082 490 0924 of e-pos na charl@ charl.co.za Toegangsgeld is baie billik en wissel vanaf gratis tot R100. The Darling Music Experience: www. darlingmusic.org. Kontak Chanda by 078 297 0221 of 022 492 3955 met navrae. Swartland Business Link-vergadering 8 Februarie - Die Swartland Business Link se vergadering vind by Kontreispens in Voortrekkerweg op Malmesbury plaas. Gert du Plessis, bestuurder van die Kaapse Verbruikers, is die spreker wat ‘n toespraak oor “Wat is sukses” sal lewer. Kostes beloop R80 vir lede en R100 vir nie-lede. Kontak Estelle Hardcastle by 083 281 8218 of estelleh@adept.co.za.

kalender

Skog Voorsaaidag 9 Februarie - Die Skog Voorsaaidag vind in die Jan Basson-sentrum op Moorreesburg plaas. Vir navrae, skakel Gert Conradie by 083 469 6311 of 083 652 6615.

vanaf 16:00 – 20:00 Bring die hele gesin. Hope speletjies, springkastele, spookhuis en nog meer. Lekkernye te kies en te keur asook wegneemetes.

AGS Corpus Christi Malmesbury 12 Februarie - Die AGS Corpus Christi op Malmesbury se oggenddiens vind om 09:30 plaas. Die aanddiens volg om 18:30. Kontak pastoor Piet Smit by 073 447 2902 met navrae.

Katolieke-fees 25 Februarie - ‘n Katolieke-fees word vanaf 09:00 tot 17:00 op die gronde van die St Francis de Sales-kerk op Malmesbury aangebied. Stalletjies is beskikbaar. Kontak 022 482 2228 met navrae.

Valentynsdans met Mathys Roets 14 Februarie - Bederf jou geliefde met ‘n aandjie uit na ‘n Mathys Roets-konsert teen R100 per persoon in die De Bron-teater (kleinteater) op Malmesbury. Bring jou eie mandjie met eet- en drinkgoed. Kontak 022 487 2000. Slegs 120 plekke beskikbaar.

Bootsale @ Moorreesburg 25 Februarie - Moorreesburg / Koringberg Toerisme hou ‘n “boot sale” in Langstraatpark op Moorreesburg vanaf 09:00 tot 13:00. Inskrywingsfooi beloop R30. Kontak Annelize by 022 433 1072 / 082 574 0357 vir navrae of inskrywingsvorms.

Algemene Jaarvergadering Weskus Netbalunie 15 Februarie - Die Weskus Netbalunie se eerste Algemene Jaarvergadering van die Weskus Netbalunie word om 19:00 in die Koring Museum op Moorreesburg gehou. Kontak Madelein Horn by 072 601 0994 met navrae.

Kaas en Wyn @ Malmesbury Museum 29 Februarie - Die Malmesbury Museum bied ‘n kaas-en-wyn-aand aan by die museum. Die spreker is Mike Turner, die skrywer van die boek oor die Swartland wat verlede jaar verskyn het. Kaartjies kos R50 pp; besprekings noodaaklik. Skakel 022 482 2332 vir kaartjies.

Jo-Dolphin Waste Management Training 17 Februarie - Jo Dolphin Swartland in samwerking met “Solid Waste Management” voorsien opleiding in afvalbestuur by die Goue Aar Ouetehuis vanaf 09:00 tot 13:00. Kostes beloop R30. Kontak Anita Adams by 022 486 4186.

MKB Swartland Halfmarathon 3 Maart - MKB op Moorreesburg bied die jaarlikse Swartland Halfmarathon aan. Voorafinskrywings sal tot 27 Februarie aanvaar word. Kontak Dienie 082 895 8395 met navrae.

Wegneemetes 19 Februarie - ACVV Riebeek-Kasteel bied koue wegneemetes aan: Heerlike Sondagmiddagete vir slegs R65 per persoon, Om te bespreek, skakel Gloudine voor 13 Februarie by 022 4481424. Jakkie Louw @ Malmesbury 22 Februarie - Jakkie Louw tree saam met verskeie plaaslike skoolkore op in die de Bron-teater ten bate van die Relay for Life-projek. Kaartjies beloop R50. Kontak 022 482 1111 met navrae. ACVV Kindersentrum speletjiesaand 24 Feb 2012 by Gerfie gebou, Albaniestraat

Porterville Christusfees 9-11 Maart - Die Porterville Christusfees word vanjaar in Maart gehou. Kunstenaars sluit in Elvis Blue, Heinz Winkler, Piet Smit, Neil Büchner, Riana Nel en vele meer. Saterdagoggend geniet feesgangers ontbyt saam met Jannie de Beer en Jean Marais sluit Sondag die fees af. Toegang - Volwassenes: Vrydag R50, Saterdag R100, Sondag gratis en Naweekpakket R120. Kinders: Vrydag R30, Saterdag R60, Sondag gratis en Naweekpakket R70. Kontak Willie by 083 650 1640 of sien die program op www.christusfees.co.za. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Onbeskaamd @ De Bron Teater 15 Maart - “Onbeskaamd” tree om 19:00 in die De Bron Teater op Malmesbury op. Kaartjies beloop R50. Kontak 022 487 2000 met navrae. Relay for Life 17 en 18 Maart - Die Kansa Relay for Life se deurnag-byeenkoms vind op die Hoërskool Swartland op Malmesbury se A-rugbyveld plaas. Om spanne in te skryf, kontak Herman Aucamp by 0835199575, Hester Smit (KANSA) by 073 509 9221 of die KANSA kantoor by 0224821111.


8 Februarie 2012

courant kos en nuus

Cherry Lane op Malmesbury het hierdie week se heerlike affogato voorbrei. Besoek hulle in Hugenotestraat op Malmesbury vir allerhande lekkernye en ietsie moois vir die huis.

Heerlike Affogato vir ‘n somersdag

Bestanddele:

125ml koffie of espresso van keuse (Cherry Lane Organic is gebruik) 2 Bolle roomys

Metode:

Gooi koffie onder in glas, skep roomysbolle bo-op. Garneer met waferstokkie of vars vrugte.

Bedien as heerlike nagereg vir Valentynsdag

9

Poppies wil sy maak

“Ek verkoop op die ou end my kinders!” vertel Erika Engelbrecht van Malmesbury. Sy praat van haar handgemaakte poppies, wat sy met liefde maak en wat vir haar terselfdertyd groot vreugde bring. Erika lei aan depressie en daarom kan sy nie in ‘n ‘buite-werk’ staan nie. Om haar inkomste aan te vul, maak sy daagliks pragtige poppies, met arms en bene wat kan beweeg en lekker sag is om vas te hou. Erika vertel hoe sy haar dae goed beplan, om die druk wat bestellings meebring, te beperk. Sy sal byvoorbeeld saans voor die TV die voorbereidingswerk doen, sodat sy soggens die poppies kan vasstik. “Die arms en bene word op ‘n spesiale manier gemaak, sodat dit kan beweeg,” vertel sy. “Die maak en verkoop van my poppies help om my gedagtes gerig te hou. Ek kry al minder kans om negatiewe gedagtes te hê as ek besig bly en iets skep,” vertel sy. Erika se ouma het haar al voor skool leer brei en hekel. Hierdie leergierige vrou maak ook gordyne, blindings, baie netjiese handsakke wat reënbestand en gevoering is, ritse en al. “Eendag het ek net opgestaan en besluit

om myself te verryk. Toe het ek handwerkboeke by die biblioteek uitgeneem en begin handwerk doen.” Erika het elke bietjie opleiding en praktiese idees wat sy tot dusver raakgesien het, opgeslurp - ook die tye toe sy by Stikland-hospitaal se arbeidsterapie-afdeling handwerk gedoen het. “As ek met my naaldwerk iets vir iemand anders beteken, dan maak dit my baie gelukkig!” Die volgende leerders het bekers ontvang vir hul prestasies in die Hoërskool Swartland op Malmesbury se interkleure swemgala: Renelda Scholtz (beste o.16 meisie), Hanru du Plessis (beste o.19 seun), Marné Walters (beste o.14 meisie), Zanné Scholtz (beste o.19 meisie) Charlie Gerber (beste o.14 seun) en Niel van Zyl (beste o.16 seun).


10

promosie courant

Weerligskade lei tot minder water

Die Swartland ondervind ‘n geruime tyd reeds druk op die waterstelsel en dit het pas erger geraak met weerligskade wat aan ‘n waterpompstasie van die Weskus Distriksmunisipaliteit aangerig is.

8 Februarie 2012

Bokomoweg bied iets vir almal

Volgens ‘n boodskap van die Swartland Munisipaliteit, kry dié gebied nou ook te min water en word inwoners gevra om water so spaarsamig as moontlik te gebruik.

Mnwabisi Mlungwana van St Thomas Primêr op Malmesbury wys hakskene vir sy teenstander van Wesfleur in die aflos vir seuns o.10. Hy het ‘n eerste plek in dié afdeling behaal in die driehoekige byeenkoms in Atlantis. Parkview, Wesfleur en St Thomas Primêr het aan die byeenkoms deelgeneem.

Waak teen sissende slange in die somer Daniel Christen van Riebeek-Kasteel staan bekend as die Vallei se slangvanger, maar is ook natuurliefhebber, kameraman by uitstek en eiendomsagent. Vanweë sy kennis van slange en liefde vir die natuur, gee hy die volgende wenke rondom slange in die somer: * Hou jou erf skoon van troeteldierkosse wat muise lok. Muise lok slange! * As jy ‘n slang op jou erf sien, is dit raadsaam om jou troeteldiere en kinders in die huis te kry. Meer honde doen slangbyte op as katte. * Sorg dat jy die slang kan beskryf of neem ‘n foto van die slang op jou eiendom sodat dit geïdentifiseer kan word en die regte teengif gebruik kan word indien nodig. * Sorg dat jy weet waar die slang is - die slangvanger kan hom makliker vang as jy

weet waar hy is. * Wees waaksaam: As die voëltjies skielik begin raas, of as jy ‘n onverklaarbare ritsel hoor, staan terug en bespied die omgewing. * In areas waar daar gebou word, word slange soms versteur en soek hulle nuwe skuilplek - soms in jou erf of huis! * Moenie jou kinders toelaat om ‘n slang te vang nie - ekself het my vinger as tiener verloor deur ‘n giftige slang se pik. (Dit was my eie fout, nie die slang s’n nie!) “Onthou, dikwels betree ons op slange se terrein. Meestal is slange net so bang soos jy! Slange speel ‘n belangrike rol in die ekologie - moenie hulle voor die voet uitroei nie! Indien u verdere navrae het, of ‘n aanbieding oor slange wil reël, skakel Daniel (082 820 4949).

‘n Inwoner van Malmesbury wys die courant en sy lesers daarop dat ‘n nuwe slenter deesdae mense uit hul geld wil help: “Eers kry mense ‘n sms van gelukwense - jy wen groot bedrae geld, soos R350 000 of R500 000, maar jy moet eers sekere bedrae se lugtyd gaan koop en dan die pinnommers vir hulle deurbel. Daarna wil die

‘organiseerders’ jou bankbesonderhede hê om die geld in te betaal - dikwels eers nadat jy nog geld vir hulle moet inbetaal ter wille van ‘administrasiekostes’. “Wees op die uitkyk vir hierdie soort slenters,” waarsku diegene wat dit reeds uitgetoets het, want die publiek wen nooit dié geld nie, slegs die ‘organiseerders’!

Inwoners teen slenter gewaarku

Frances Buckle is die nuwe Graad 2-onderwyser van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg. By haar is Marca-Nay de Klerk, Winé Koekemoer, Willem van den Berg en Abbi van der Westhuizen.

“By Supa Quick kry jy goed opgeleide personeel om jou by te staan met al jou behoeftes rondom alle voertuigbande“, sê die bestuurder, Nico Pieterse. Nico woon die laaste 23 jaar op Malmesbury en reeds vir 17 jaar staan Supa Quick onder sy bekwame bestuur. “Ons pryse is baie mededingend – kom kyk self!”sê hy. “Verder bedank ons al ons kliënte vir hul lojale ondersteuning oor die afgelope jare.” JB’s Nissan is al vir 41 jaar ‘n bekende gesig in Bokomoweg en gaan steeds van krag tot krag. Hier is kliëntediens uiters belangrik en het hierdie handelaar al vele pryse ingepalm. JB’s Nissan, wat die afgelope 18 jaar onder die eienaarskap van Simon Kotze was, is onlangs deur die Perdeberg Motors-groep gedeeltelik gekoop. Die personeel van JB’s Nissan is uitstekend opgelei om na-verkoopdiens van uitstaande gehalte te lewer. Wat die onderneming uniek maak, is die feit dat jy hier alles onder een dak kry. Van ‘n ligte Nissan-voertuig tot ‘n swaar UD Truck kan jy hier vind, asook ‘n Total-vulstasie. Dit is jou eenstop-handelaar in Bokomoweg. “Funky Pets bied ‘n wye verskeidenheid produkte om elke troeteldier én sy baas gelukkig te hou!” verklaar Retha de Bruin, eienaar van dié troeteldierwinkel wat sedert 2006 die Malmesbury-omgewing van troeteldierprodukte voorsien.

Retha bedank die dorp en sy mense vir hul getroue ondersteuning en sê: “Onthou, dié produk wat jy soek en wat ons nie het nie, sal ons vir jou kry!” B I Worx in Bokomoweg spesialiseer in alle gereedskap vir die doen-dit-selfpersoon. Hulle vier in Maart hul eerste verjaardag en nooi alle belangstellendes om 9 en 10 Maart hulle opedag by te woon. “Die vyf personeellede by BI Worx is uitstekend opgelei en ons groot mikpunt is Diens, Diens, Diens!” sê die eienaar, Ian Booyens. Besoek gerus die vriendelike, professionele personeel van BI Worx vir u volgende gereedskap-aankope. Malmesbury Verwe is reeds 15 jaar ‘n staatmaker in die verfbedryf en bied nie net huishoudelike verf nie, maar ook alles wat jy nodig het vir jou motor- en industriële verfbehoeftes. Nadat Anton du Plessis (Doepie) Malmesbury Verwe op die been gebring het, het sy oudste seun, Ryan du Plessis, pas die bestuur van dié winkel oorgeneem. Loer gerus in om jou te vergewis van dié wye verskeidenheid produkte onder een dak. Perdeberg Motors vier vanjaar sy sesde bestaansjaar en is nie net ‘n bekende baken in Bokomoweg nie, maar het ook besigheidsbelange in Piketberg (Piketberg Motors) en Citrusdal (Sitrus Motors). Die groep het ook onlangs sy teenwoordigheid in Bokomoweg versterk toe ‘n belang in JB’s Nissan bekom is. Perdeberg Motors is ‘n gemagtigde General Motors en Isuzu-trokhandelaarskap met bekende handelsmerke soos Opel, Isuzu en Chevrolet. Dit is veral die Chevrolet handelsmerk wat geweldig opgang gemaak het die laaste paar jaar, met produk-aanbiedinge in bykans elke mark-segment. Chevrolet word ook as een van die snel groeiendste handelsmerke in Suid-Afrika beskou. Benewens die verkoop van nuwe en gebruikte voertuie beskik Perdeberg Motors ook oor ‘n goed toegeruste werkswinkel met bekwame tegnici om enige hersteltaak te kan verrig. Ander spesialis-werk wat ons in-huis bied is die nagaan van voertuie se lugreëling stelsels, batterye (Willard Agentskap), Datadot en die sny van remskywe (disc skimming). Motor-aankope word maklik gemaak deur ‘n knap verkope-span, met ondersteuning deur ‘n gekwalifiseerde besigheidsbestuurder wat help met die reël van finansiering en versekering. Perdeberg Motors bied u dus ‘n volledige eenstop diens. “Loer gerus in - ons help graag.”


8 Februarie 2012

promosie

Swartland Visserye reeds 34 jaar in Bokomoweg

Swartland Visserye bied reeds vir 34 jaar getrou funksies vir sy personeel. staatmakerdiens aan almal wat honger of Besoek hierdie uithaler dors- en hongerdors raak. stiller in Bokomo-weg vir gehalte uit die Eienaar Johnny Quintal beloof die vol- boonste rakke. gende onder sy dak: “Die koudste koeldranke op die dorp, asook see-vars vis van uitvoergehalte, die varsste aartappelskyfies (ek gebruik nooit gevriesde aartappels nie), gebraaide hoender wat ons self diepbraai, pasteie, roomyse en ander lekkernye.” Quintal se trots lê in sy besigheid en sy goeie beplanning van elke deeltjie van die 500m2 onder sy sorg blyk duidelik. Aparte vries- en bakgeriewe vir die vis en ander produkte in sy besigheid is sy trots en sy belofte. “Vandat ek en my pa dié plek op 23 September 1978 oorgekoop het by Joy Rinkwest, het ons al meer spandeer aan die opknap en inrig as aan die hele koopsom!” Hy beskik oor foto-albums om die groei en ontwikkeling te staaf, hy verwys na elke afdeling in sy winkel op die naam, soos die Rainbow Ice Cream Parlour, Johnny’s Corner, die ‘hoenderhokke’ (rakke wat hy oorgekoop het van Joy Rinkwest, 34 jaar gelede), ensovoorts. Quintal is ook baie betrokke by sy personeel en by die gemeenskap. Só het hy vroeër baie gedoen om fietsry by Hoërskool Swartland te ontwikkel en reël hy

11


nuus courant

12

Uitslae en bepalings Uitslae

• HSS krieket o.19a vs New Orleans New Orleans teken 204 lopies vir 8 paaltjies plat aan in 50 beurte. Daniël Griebenauw van Swartland neem twee paaltjies. Swartland teken 122 aan met Daniel Griebenauw en Charl Albertus as beste kolwers. Swartland verloor met 82 lopies. • In die interskole swembyeenkoms tussen Hugenote en die Hoërskool Swartland het Swartland vir die derde agtereenvolgende jaar met Hugenote afgereken met ‘n puntetelling van 626 teenoor 563. • Malmesbury Tennis Klub Malmesbury A teen Rekreasie Braam Isaacs v J.Mieny 4-6, 5-7 David Isaacs k R.Pooley 6-3, 6-3 Kim Titus k M.Joubert 6-2, 6-3 Marietjie de Kock v S.du Toit 2-6, 0-6 Dmitri Marais & Annette de Wet v R.Ackhurst & R.Rose-Innes 6-7, 6-3, 6-7 Braam Isaacs & Kim Titus v J.Mieny & M.Joubert 5-7, 2-6 David Isaacs & Marietjie de Kock v R.Ackhurst & R.Rose-Innes 4-6, 0-6 Dmitri Marais & Annette de Wet k R.Pooley & S.du Toit 6-3, 6-2 Malmesbury B teen Van Der Stel Melt Smit & Irwin Turner v H.Oosthuizen & A.Schoonees 6-4, 2-6, 6-7 Darryl Blom & Alwyn Burger k K.du Toit & E.van Zyl 6-0, 6-0

Melanie Stemmet & Nicolette Brand v K.van der Merwe & E.Derksen 0-6, 1-6 Altea Eksteen & Mariethna Petersen k N.Schoonees & K.Nel 6-1, 6-0 Melt Smit & Melanie Stemmet v H.Oosthuizen & K.van der Merwe 4 - 6 , 3-6 Irwin Turner & Nicolette Brand k A.Schoonees & N.Schoonees 6-1, 6-4 Darryl Blom & Altea Eksteen k E.van Zyl & E.Derksen 6-2, 7-5 Alwyn Burger & Mariethna Petersen k K.du Toit & K.Nel 6-2, 6-1 Malmesbury C teen Rekreasie Carel de Jongh & Jessie Liebenberg k Louis Joubert & Debbie Mostert 6-3, 6-1 Morne van Zyl & Sunette Botha v Daniel Whitfield & Tania Whitfield 6-2, 5-7, 6-7 Johan Moller & John O’Reily v Johan Eichstadt & Cornel Brooksma 6-7, 2-6 Jessie Liebenberg & Sunette Botha v Debbie Mostert & Tania Whitfield 3-6, 4-6 Carel de Jongh & Morne van Zyl k Johan Eichstadt & Cornel Brooksma 6-4, 6-7, 7-6 Johan Moller & John O’Reily k Louis Joubert & Daniel Whitfield 6-2, 1-6, 7-6

Bepalings

Woensdag - HSS o.15B vs Wesbank Donderdag - HSS o.19B vs Wesbank Vrydag - Swartland Sone-atletiekbyeenkoms op Malmesbury. Saterdag: Bloues Rugbyklub vs Dorings op Malmesbury.

8 Februarie 2012

HSS wys hul slag

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se tennisspanne het Woensdag teen die spanne van Hugenote op Wellington in dié skole se jaarlikse interskole-tenniswedstryde te staan gekom. Swartland se eerste seuns het met 9-5 verloor, die tweede seuns met 10-5 en die eerste meisies met 10-2. Swartland se tweede meisiespan kon die wedstryd in hul guns draai en het die bordjies verhang om met 14-4 te wen.

BO: Esté Nel van Hoërskool Swartland moker die bal terug. Links is Marzahn de Beer in ‘n tweestryd gewikkel.

PHS sorg vir groot pret By die Hoërskool Piketberg het die atlete mekaar behoorlik opgekeil. Links is Labozet Tredoux van die rooi span. Regs is Beuton Nero en Robert Edmonds in ‘n tweestryd gewikkel. Foto’s: Elna Schreiber


8 Februarie 2012

courant nuus

13

Atlete presteer by Sone-byeenkoms

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se interkleure swemgala het in die bloedige Swartland-hitte plaasgevind. Links bo is Micke Smit en regs is Johan Kotze.

Ashwell van der Merwe van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg in die verspring-item in die Sone-beyeenkoms wat op Laerskool Riebeek-Kasteel se gronde gehou is.

BO: Sarah-Rose Mountifield van Laerskool Riebeek-Kasteel lê die laaste ent na die eindstreep af. LINKS ONDER: Ansuné Smit van die Laerskool Swartland pyl af op die eindstreep. ONDER: Tyriq Gomis van die Laerskool Swartland op Malmesbury konsentreer hard om die laaste paar treë af te lê.

Die wenner van die victor ludorum by Laurie Hugo Primêr is die o.14-atleet Sashin Toontjies. Hy blink uit in die 100m, 200m, hoog- en verspring-items. Die victrix ludorum is Isa Koopman (o.13), met 100m, 200m en gewigstoot as haar beste items. By hulle op die foto is die afrigters, M. Mouton en G. Erasmus.


14

die courant

nuus courant

8 Februarie 2012

dienste

HCS vir diens en kwaliteit-produkte By HCS (Heating and Cooling Solutions) op Malmesbury kan jy in die hittegolf wat tans in die Swartland heers, ‘n bietjie lafenis vind in die lugverkoelers wat hulle bied. Nie net installeer HCS lugverkoelers nie, maar hanteer hulle ook yskaste en insulasie. Die maatskappy bied werk vir sewe personeellede. Volgens HCS bied hulle die laagste pryse en verkoop hulle slegs eenhede waarvan hulle maklik en vinnig parte voor

kan kry, indien iets sou breek. Om vir jou huis ‘n lugverkoeler te installeer, kontak HCS by 022 487 3333. Hulle sal ‘n kwotasie verskaf wat jou sak sal pas. Die installasie sal makliker hanteer word as jy die mates van die vertrek kan gee. By HCS vind jy uitstekende diens met kwaliteitprodukte met goeie naverkopediens. Besoek hulle in Voortrekkerweg 86C, Malmesbury.


die courant 8 Februarie 2012

Algemeen

1

Gesoek Wanted

4

• VALENTYNSETE BY MALMESBURY ROLBALKLUB - Koue ete en kontantkroeg. R50pp. Skakel Cecile 082 563 0074 vir navrae.

• LIFT NEEDED DAILY - Or whenever possible from Malmesbury to Cape Town. Willing to contribute towards petrol. Please contact Karin 083 717 9425

Te koop For sale

6

Te Huur To Let

7

• ANDAS MUGS - Valentynsgeskenk, sit foto & bewoording op ‘n koffiebeker. Kontak Amy by 083 301 2346 -------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15). Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• WYKLAND EIENDOMME - (RiebeekWes) R6300 - Lieflike 3slpk huis te huur. Krag en water uitgesluit. Maklik onderhoubare tuin met boorgat. Beskikbaar vanaf end Februarie 2012. R8100 - 3slpk, 3badk huis met ondervloerverhitting. Uitstekende ligging, baie privaat met uitsonderlike tuin. Dubbel motorhuis. Beskikbaar vir end April of vroeër. R1755 Batchelor woonstel te huur, koopkrag, water uitgesluit. R1320 Besigheidsperseel te huur, beskikbaar vanaf end Februarie 2012. Dringend op soek na huurhuise/ woonstelle en of kamers te huur met eie badkamer in Riebeek Vallei. Kontak Anita van Schalkwyk 082 722 3330 of 022 448 1232, anita@ wykland.com -------------------------• TOP EIENDOMME, MALMESBURY R6000 - W/H 3slpk, 2badk, ruim komb,

2leefareas, 1mh en skadunet vir 2 parkering, 3lugversorgers. Naby Laerskool. Beskik. 1/03/2012. Skakel Kantoor 022 487 3818 -------------------------• TE HUUR YZERFONTEIN - Pragtige 3slaapkamer, 2.5 badkamers, sitkamer, eetkamer, 2 kombuise, binnebraai met balkon en dubbel motorhuis. Pragtige see uitsig loopafstand van hoofstrand. Gordon van Elbe Eiendomme 082 783 0889 vir meer besonderhede. -------------------------• 2SLP WENDYHUIS W/STEL R1600pm. Water & elek uitgesluit. Dalsig omgewing. Beskikbaar onmiddellik. Kontak 079 132 0322 of 022 482 2694 -------------------------• STOOR + KANTOOR TE HUUR - R6500per maand. Grootte 304m2. Skakel Japie by 079 500 3500 -------------------------• KANTOORRUIMTE - Ruim huis, sentraal geleë in Malmesbury - onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 482 1131 -------------------------• KANTOOR RUIMTE TE HUUR - 80m2 teen R4000pm + BTW. Uitstekende ligging en veilige parkering. Kontak Flippie Brandt by 082 899 4071 vir meer inligting.

Dienste Services

12

• VERWYDERING VAN BYE - Uithaal en verwydering. Kontak Kobus du Plessis by 083 722 7787 of 022 482 2767 -------------------------• NEGOSIKAS KOOP EN VERKOOP - Porselein, enemel, wit linne en alles wat interessant is. Op die hoek van Hill en Vredestr, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 -------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 -------------------------

• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@ gmail.com of www. abcpartytjies.weebly.com

Diere Animals

15

• MINIATUUR WORSHONDJIES - Te koop. Nou beskikbaar. Ingespuit. R1500elk. Skakel 0842340647

Betrekking beskikbaar

19

• AU PAIR HOLLAND - Take a great Gap year. Free flights, visa & medical. Girls age 18-25 please apply! Work direct with placement agent. Email: manager@ house-o-orange. co.za Web: www.houseo-orange.co.za Tel: 021 553 3638 -------------------------• VERKOELINGS TEGNIKUS - Moet ondervinding hê van verkoeling en elektries. Ontvangsdame: Skakelbord, Liasering ens. Faks kort CV na 022 487 3333 of e-pos na info@ hcsolutions.co.za

* LET OP * Die betalling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdae-middae om 14h00.

15

mini gigs

& dienste


courant agterblad

die

swartland en weskus

Vuurwerke verwag as plaaslike klubs hier vir Kavaliers voordraf Bulstryde tussen Wesbank en Never Despair, Bloues en Abbotsdale Die Boland Rugby-unie het gister bevestig dat die Kavaliers se kragmeting op 14 April teen die Natalse Haaie op die Wesbank-sportgronde in Alfastraat, Malmesbury sal plaasvind. Daar is reeds vroeër bekend gemaak dat hierdie kragmeting op Malmesbury sal plaasvind, maar die besluit oor die veld is nou geneem. Die ander groot nuus is dat die hoofvoorwedstryd ook vir volop vuurwerke kan sorg wanneer die bulspanne

BO: Enver Davids van Wesbank Rugbyklub maak ‘n sy-stappie om die verdediging te flous.

van Wesbank en Never Despair mekaar die stryd aansê. Geesdriftige ondersteuners sien al vir baie lank uit na ‘n kragmeting tussen hierdie twee buurspanne. Volgens Ivan Pekeur van die Boland Rugby-Unie is die klubwedstryde reeds bevestig. In nog ‘n voorwedstryd sal die spanne van Malmesbury (Bloues) en Abbotsdale mekaar die stryd aansê. Pekeur het gesê dat daar nog ‘n voor-

wedstryd tussen ‘n gekombineerde span van Young Eagles (Dassenberg) en Dorings (Malmesbury Distrik) teen ‘n span van Coronation (Kalbaskraal) te staan sal kom. ‘n Verdere twee wedstryde tussen die spanne van twee hoërskole en dié van twee laerskole word beplan. Die deelnemers moet nog bevestig word. Jacquin Jansen, in die Kavaliers-trui

Kookwater rugby in 7’s-toernooi

HOOFFOTO: Nevin Edas van Wesbank Rugby breek halfpad deur ‘n gaping en maak reg om die bal uit te gee. Die Wesbank Rugbyklub se sewes-toernooi Saterdag op Malmesbury was weer ‘n groot sukses. Wesbank Rugbyklub is in die halfeindronde deur Roses United uitgeskakel toe Roses hulle in ‘n spannende wedstryd met 21 – 24 geklop het. In die ander halfeindronde het die span van Hamlets die 15-tal van Whistling Wheels van Eerste Rivier met 31-14 geklop.

Hamlets het in die eindstryd koning gekraai en Roses United met 19–12 verslaan om die prysgeld van R10 000 in te palm. In die Plaat-afdeling is daar ook kookwater-rugby gespeel. Coronations het as oorwinnaars uit die stryd getree deur Caledon met 14–12 te verslaan. Die speler van die toernooi was Deigio Arendse van Hamlets wat beloon is met

R500. Hy het die toeskouers gaande gehad met sy vlymskerp bewegings. Volgens die organiseerders beoog die klub om meer plaaslike spanne by die toernooi te betrek en die ideaal sal wees om die kompetisie groter te maak. Hierdie naweek speel Wesbank teen die span van Good Hopes op Riebeek–Wes en toeskouers word gevra om hulle spanne te ondersteun.

Raymond Jennings, leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury neem tans deel aan die ACA Joe Summer Pro Classic-fietsryreeks as ‘n junior ryer. Die eerste wedren, die Tour de PPA het oor ‘n afstand van 105km gestrek. Hy het onder die top-10 van die junior ryers geëindig met ‘n tyd van 3:10:50. Hy het ook deelgeneem aan die “Cycle Lab Cape Cobra Challenge” oor ‘n afstand van 85km. Dit word gereken as een van die moeilikste wedrenne op die kalender met vier moordende klimme, naamlik Boyes Drive, Black Hill, Maritime Reaction Squadron in Simonstad en Ou Kaapse weg met die eindpunt bo-op die berg. Raymond het weer eens onder die top-10 junior ryers geëindig met ‘n tyd van 02:45:46.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.