courant
tel: 022 487 3221
swartland en weskus Uitgawe 222
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
15 Mei 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Waterblommetjies in die Swartland....
Waterblommetjies! Die seisoen vir dié gewilde Bolandse dis is vanjaar vroeg met die warmer weer. Op Altus Gildenhuys se Rhenostervlei buite Riebeek-Wes het hulle reeds 2 weke gelede begin oes in die 14 damme op die plaas. Hier is, van links Renaldo Dempers, Elroy Witbooi en Jaco Frans gister aan die pluk.
•PIKETBERG EN SCHOONSPRUIT SLAAGS
Interskole in Wesbank
Hoewel Schoonspruit Sekondêr die afgelope twee jaar as oorwinnaars uit die stryd getree het in die FNB Classic Clashes-kragmeting teen Hoërskool Piketberg, meen Vos de Jager, die afrigter van Schoonspruit, Piketberg is vanjaar die gunsteling. ‘’Man, dit is ‘n baie 50-50-wedstryd, maar kyk jy na Piketberg se vertoningslys vanjaar, is hulle die gunsteling.’’ Die wedstryd in die Wesbank-stadion word Saterdagaand oor televisie gebeeldsend. Die Piketbergers het nog net een wedstryd verloor - teen die Franse span Tarbes - maar hier in die Wes-Kaap reeds afgereken met ‘n paar groot name soos Hoërskool Swartland, Wesbank, Charlie Hofmeyr en Durbanville. ‘’Wat vir my insiggewend is vanjaar, is dat ons twee skole geen kennis van mekaar het nie. Dit gee ‘n ander dimensie aan die wedstryd. In die Hoërskool Piketberg se vertoningslys tot dusver vanjaar lyk soos volg: Hopefield: wen 62-0 Wesbank: wen 38-3 Charlie Hofmeyr: wen 31-16 Fairmont: wen 33-14 Swartland: wen 22-21 Marmande (Frankryk): wen 25-17 St Foy le Grande (Frankryk): wen 34-12 Tarbes (Frankryk): verloor 24-15 Durbanville: wen 14-13 Vredendal: wen 71-5
verlede het ons saam proewe gespeel en was saam by die St. Stithians-week, maar vanjaar het dit nie weer gebeur nie. So die spanne is redelik onbekend vir mekaar,’’ sê De Jager. ‘’Ons weet nie waar hulle sterkpunte is nie, en hulle weet nie waar ons sterkpunte is nie. Hulle probeer gewoonlik met die voorspelers oorheers.’’ Schoonspruit se pak voorspelers verskil nie veel van verlede jaar nie, maar die agterlyn het ‘n paar jong spelers wat verlede jaar nog vir die o.16’s uitgedraf het. Schoonspruit het die afgelope Saterdag ‘n oefen- en spanbousessie gehad, maar oefen vandeesweek net soos gewoonlik. ‘’Ek wil nie te veel druk op die kinders sit nie,’’ sê De Jager, maar gee toe dat die ‘’wedywering, soos elke jaar, groot is tussen die twee skole, in netbal en rugby’’. Schoonspruit het, ondanks De Jager se beskeidenheid, vanjaar ook nog net een wedstryd verSchoonspruit Sekondêr se vertoningslys tot dusver vanjaar lyk soos volg: Hawston Sekondêr: wen 22-12 HS Waveren: wen 24-5 HS Tygerberg: verloor 45-29 Wesbank Sekondêr: wen 48-0 HS Swartland: wen 24-22 HS Weston: wen 22-19 Weskus Kollege: wen 57-3
loor, teen Hoërskool Tygerberg, en ook reeds afgereken met Hoërskool Swartland en Wesbank Sekondêr. Barno van der Westhuizen, kaptein van Piketberg, sê in sy boodskap vir die dag se program: ‘’Schoonspruit is altyd ‘n gedugte span en ek weet dit gaan weer eens ‘n harde stryd op die veld wees. Dan aan my span: Boys, 18 Mei wys ons weer eens dat ons ‘guts’ het. Ek weet ons kan dit op die einde van die dag deurtrek, want ek glo in elkeen van julle.’’ Schoonspruit was die afgelope ses jaar vier keer aan die wenkant, terwyl Piketberg twee keer gewen het.
Rugbyprogram: A-veld: 09:40 - o.15A, 10:40 - Oud-studente, 11:25 - o.13A, 12:15 - o.19B, 13:30 -Bekendstelling van spanne, 14:00 - Hoofwedstryd. B-veld: 09:00 - o.19C, 10:10 o.11A, 11:00 - o.14A, 12:00 - o.16A. Netbalprogram: Baan 1: 09:00 - o.14A, 09:45 - o.15A, 10:30 - o.16A, 11:15 - o.17A, 12:00 - o.19A. Baan 2: 09:00 o.16B, 09:45 - o.14B, 10:30 - o.15B.
Televisie: ‘n Televisie-opname word van die wedstryd gemaak wat Saterdagaand om 21:30 op Supersport 1 uitgesaai word, luidens Supersport se programrooster. Die afgelope ses jaar het soos volg verloop: 2007: Piketberg wen 12 - 10 op Malmesbury 2008: Schoonspruit wen 41 – 15 op Piketberg 2009: Schoonspruit wen 32 – 20 op M’bury 2010: Piketberg wen 32 - 29 op Piketberg 2011: Schoonspruit wen 24 - 8 op M’bury 2012: Schoonspruit wen 16 - 3 op Piketberg
2
NUUS•NEWS
•ROETE OOR 12 KM IS UITDAGEND, BULTERIG
15 Mei 2013
Bergfietsrypad by Malmesbury opgerig ‘n Nuwe bergfietsrypad is pas voltooi aan die buitewyke van Malmesbury. Die nuwe roete, oor nagenoeg 12 km teen die klipkoppie by Malmesbury, bied ‘n stewige uitdaging aan Swartlandse bergfietsryers. Die roete behoort ‘n fikse bergfietsjaer sowat 45 minute besig te hou, terwyl beginners en stadiger ryers hulle vir ‘n uur se sweet kan gereed maak. Volgens Jean du Plessis, voormalige tydrenjaer van Malmesbury wat deesdae by die weer ontwakende Malmesbury Fietsryklub betrokke is, bestaan die roete uit nagenoeg 4 km se enkelspoorpaadjies, dan meer klipperige, tegniese gedeeltes wat uitdagings stel aan meer gevorderde bergfietsryers, en laastens tweespoorpaadjies tussen die bloekombos en die res van die pad. Deur al die gedeeltes met mekaar te verbind, is ‘n stewige 12 km-bergfietsroete tot stand gebring. Ryers wat dit so verkies, kan die moeiliker, tegniese gedeeltes uitsny, wat die roete met
Op die foto staan Johan du Plessis en sy seun (op fiets) De wet, Jean Du Plessis, Gerhard en Leandrie Koch en Davy Midgley.
sowat 2 km sal verkort. Du Plessis het sowat ‘n maand aan die roete beplan, onder meer met behulp van Google Earth en deur self die terrein van hoek tot kant te verken, en dit daarna binne ‘n week finaal met sy personeel uitgelê. Daarna is geel roete-aanwysingsbordjies opgerig ten einde te verhoed dat gebruikers verdwaal. Dit volg op gereelde navraag die afgelope jaar van bergfietsryers in die omgewing wat graag ‘n plaaslike roete wil hê. ‘’Jy kon op sekere plase gaan ry, maar daardie roetes is nie regtig met bordjies uitgemerk nie.’’ Malmesbury se fietsryklub het ‘n klompie jare gelede ontbind, maar is tans besig om weer op die been te kom, met ruimte vir pad-, baanen bergfietsryers, wat Du Plessis as ‘’die nuwe gholf’’ beskryf. Oor die moeilikheidsgraad van die roete sê hy: ‘’Hy laat jou werk. Daai 12 km voel soos 30.
Dis nie gate en slote nie, maar net baie bulterig, met steil hellings.’’ ‘n Probleem is nog motorfietsjaers wat die nuwe bergfietsroete onreëlmatig gebruik. Die nuwe bergfietspad is net vir bergfietsryers opgerig. Motorfietsjaers kan op die motorfietsbaan bo-op dieselfde koppie gaan jaag. Chris Hunsinger, raadslid, was behulpsaam om opruimings- en onderhoudswerk in die omgewing van die nuwe roete te laat doen. Vullis wat daar gestort is en die plek bemors het, moes verwyder word ten einde die gebied netjies te kry, en bosslapers moes verskuif word. Bergfietsryers wat die roete wil beproef, kan net oor die laagwaterbruggie in Malmesbury ry en dan by Smutsstraat indraai ten einde by die begin van die roete te kom. Mense met navrae of kommentaar oor hoe hulle die nuwe bergfietsroete ervaar, kan Pieter Malherbe by pieter@pcgcouriers.co.za e-pos.
Tweekamp:
Beide die junior en senior Victrix Lodurums vir Boland Tweekamp kom uit Hoërskool Swartland. Renelda Sholtz (senior victrix lodurum) en Micke Smit (junior victrix lodurum) is Vrydagaand tydens die Bolandunie se jaarvergadering aangewys as die beste presteerders in dié afdelings. Op die foto is van links Olinka Steyn (afrigter: Swem), Renelda, Micke en Johan Harmse (afrigting: Landlope).
Goud
: Weskus Toerisme het Maandag ‘n goue toekenning gewen by die Toerisme Indaba in Durban. Weskus Toerisme het saam met Wesgro uitgestal en die entoesiasme van die afgevaardigdes op die 'stand' sowel as die aktwiteite het hiertoe bygedra. Die Rieldansers van Bitterfontein is ingevlieg om ‘n ware Weskus-kleur te gee en die Rooibos-wyn, eie aan die Weskus, was ook baie gewild. Op die foto verskyn van links na regs. Lizelle Strydom (Hopefield), Gurshell Abrahams, Kiewiet van Rooyen en Dave Cornelius (Weskus Toerisme) en Janine Fortuin.
3
NUUS•NEWS 15 Mei 2013
Gesondheidkomitees: Op die foto bo is, van links:
Mathilda Hendricks, Mi chelle le Roux, A.K. Warnick (voorsitter), Colleen Cupido, Chandre Wathen, Andriette Scott, Anna Wildshut en Pastoor Charles Davids (onder voorsitter) afwesig is Rebekah Louw. Hierdie bogenoemde lede is almal deel van die Swartland MSAT (Multi Sectoral Action Team). Hul identifiseer plaaslike behoeftes en ontwikkel projekte om die behoeftes te bevredig of on derhandel met ander sektore om projekte aan te pak. Hul assisteer met die implementering van die Distriks gebaseerde planne van die Departement van Gesondheid. Hul rol is om lede van die gemeenskap te mobiliseer, inligting deur te gee, bewusmaking te doen en kapasiteit te bou. Algemene Vergadering word gehou op 11 Junie 2013,om 11:00, by Wesbank se Bibli oteek. Almal is welkom. OP DIE FOTO REGS BO is agter: Dolly Motsamai (Ilingelethu), Dr. Wim Beukes, Alexander Strachen (Riverlands), Hildegard van Rhyn (Departement van Gesondheid). Van voor links Charmaine Anthony (Chatsworth), Magrieta Adonis (Kalbaskraal) en Martina van Wyk (Wesbank).Afwesig is Sr. H. Swart van Malmesbury CDC. Die Gemeenskap Gesondheids Komitee (GGK). Hier is die lede van Malmesbury en Sateliete se Gemeenskap Gesondheid Komitee (GGK). Die funksies van die GGK is om gesondheidsbehoeftes in die gemeenskap te iden tifiseer en oplossings te vind. Om gesondheid bewustheid in die gemeenskap aan te moedig deur voorligting en bewusmaking. Indien enige navrae kontak H. van Rhyn by 0224822729 ons volgende Algemene Jaarvergadering is 13 Aug 2013, om 18:00 by Wesbank se Biblioteeksaal.
Internasionale Verpleegdag: Internasionale verpleegstersdag is Son
dag gevier en Maandag by die Swartland Hospitaal gedenk. Vir dié geleentheid het verpleeg personeel Maandag saamgetrek, waar hulle getrakteer en bedank is vir hul toewyding. Op die foto is die verpleegsters Maandag besig om hul verpegingseed te hernu, met die simboliese kers brandend. 'n Motiveringspraatjie deur afgetrede suster Isabel Theunissen het verwys na die eenheid en trots wat die verpleërs van die hospitaal altyd openbaar het, hoe hulle bereid was om hard te werk, ‘dubbele skofte as dit moes, want ons het mekaar uitgehelp - en altyd geweet ons sou weer mekaar se beurte terugwerk!’ Sy het ook verwys na die dissipline en res pek wat hulle teenoor mekaar geopenbaar het. “Die Here het vir elkeen ‘n gawe gegee - leef dit uit!” Daarna is die boodskap van dr. André Stoffels, die superintendent van die hospitaal, voorgelees. Stoffels het die personeel per brief bedank vir hul toewyding en sy waardering vir hul werk uitgespreek: "Julle werk is krities belangrik vir die welsyn van die pasiënte in die streek. Julle deel dikwels in die mees private en kosbare oomblikke van die mense met wie julle omgaan, se lewens en julle het onderneem om dit vertroulik te bewaar. Gaan asb voort met hierdie belangrike werk en uitstekende diens, waarvoor die hospitaal se personeel bekend geraak het!" Die simboliek vir die aansteek van die kerse en die hernude eed was baie treffend en toe kon die personeel die volgende skof weer met nuwe moed aanpak.
Sakekamer Maandagaand byeen Die Malmesbury Sakekamer vergader Maandag aand 20 Mei in die stadsaal vir die jaarlikse by eenkoms waar die Swartland Munisipaliteit (SM) die gasheer is. Die SM gee eerstehandse inligting oor onder meer die laaste sensus-uitslae, die uitslae van die LED (Local Economic Development), Begro-
tingsinligting, die voorgestelde Weskus Kollege en hoe dit Riebeekstraat raak en die beoogde opgradering en verdubbeling van die N7. Die byeenkoms begin om 19:00 vir 19:30 en kos R80 vir lede, R100 vir nie-lede. Bespreek vroegtydig by Annebelle van der Merwe (022 4821060) - teen Donderdag 17:00.
MENINGS•OPINION
courant
15 Mei 2013
die
4
Saluut aan die versorgers
Gesondheidswerkers deel dikwels die mees private oomblikke in siek en verswakte mense se lewens. Van hulle word verwag menswees - diensbaarheid in empatie, geduld, begrip, verantwoordelikheid, vertroulikheid - die spreekwoordelike ekstra myl, eienskappe wat werklik moeilik op dienskontrakte vasgepen kan word. Veel eerder moet die mens agter/binne daardie versorgersuniform eintlik maar die werk doen. Baie keer beteken dit lang ure en moeilike omstandighede. Hoe lyk die mens wat kies om op Oukersaand te werk en dalk die gevolge van onbesonne gekuiery te moet verpleeg, as jy graag by jou familie en geliefdes sou wou wees vir die sing van sagte liedere en die oopmaak van geskenke? Verpleegpersoneel ontvang dikwels net die kritiek en skerp kant van die sieke of die familie. Dan is die vier van internasionale verpleërsdag ‘n ideale geleentheid om dankie te sê vir dié wat onbaatsugtig dien. Eintlik moet verpleërsdag meer gereeld gevier word, want Maandag, toe sommiges getrakteer is, moes die ander aan diens wees en wérk! In dr. André Stoffels, superintendent van die Swartland Hospitaal, se boodskap wat voorgelees is, het hy die verpleeglui aangemoedig om hul voortreflike werk voort te sit. “Doen dit steeds met waardigheid, respek en menslikheid. Julle het ‘n groot effek op ‘n baie groot hoeveelheid huishoudings in die Swartland – dit moet ons nooit vergeet nie.”
Landmerk:
’n Landmerk, dié besondere NG kerkgebou op Piketberg. Dit is ontwerp deur die argitek Carl Otto Hagen, wat ook die NG Moederkerk op Stellenbosch en die Clanwilliam-kerk en preekstoel ontwerp het. Dié kerk op Piketberg is in 1880 tot 1882 gebou, reg bo-oor die vorige kerk - vandaar die ekstra-spesiaal hoë plafon van die huidige gebou.
Ek het ’n dowe broer
It’s Good News
dr. Marc Blackwell Snr.
Jesus invites you to experience ‘Joy, made full’
In the Gospel of John 15:11 Jesus explained to His disciples that … “These things I have spoken to you, that My joy may be in you, and that your joy may be made full.” (ESV) In John 10:10b Jesus explains:”I have come that they might have life.” -This everlasting life is “His Joy.” “Everlasting joy” is available to all who trust in the Lord for salvation. His forgiveness of our sin is possible because Jesus died on the cross as the payment of our sin. Our faith in Christ leads to this new life of joy that is guaranteed through His promises. The joy of living life itself in a “more abundant” (or “full” way) is the idea of “your joy.” This “daily joy” is a new attitude of the heart that results from being truly thankful for the Lord’s active role in our daily lives. Each step along your life’s way, His words give the encouragement that allows us to live lives that are full of joy - or abundant.
Doof, nie gehoorgestremd nie, nie gestremd nie, net doof. Sy doofheid het my aan 'n ander kant van die lewe blootgestel. Een waarmee nie baie mense te doen kry nie. Ek het gesien hoe hulle rugbyvergaderings hou waar die gemoedere hoog loop en daar nie 'n geluid uitkom nie, maar aan die swaaiende arms kon jy sien iemand is naby aan 'n vuishou kry. Ek het sy rugbywedstryde gekyk en gehoor hoe die lywe teen mekaar bots en hoe die voete oor die veld dreun. Dis 'n belewenis. Toe hy 3 jaar oud was, het dokters gevind dat hy doof is. Die hele huisgesin in Otjiwarongo is opgepak en daar is Kaap toe getrek sodat hy naby die instansies kan wees wat hom kan help. My ma is baie gekritiseer omdat sy geweier het dat hy leer liplees, maar vandag is hy en sy albei dankbaar dat sy kaartjies voor haar mond gehou het en hy noodgedwone moes probeer hoor. Dit was van onskatbare waarde dat sy gehoorreste ontwikkel het en daarom kon hy 'n suksesvolle kogliêre inplanting kry. Ek onthou toe ek klein was, was ek baie lief daarvoor om sy kamer vir myself te annekseer as hy op Worcester was. Hy het eendag by die huis gekom om te sien dat ek sy splinternuut-geverfde kamer ietwat ‘verfraai’ het. Met kryt in die hand voor my meesterwerk het ek hom gegroet
met 'n "Gaga" en verder geskilder! Hy is tot vandag toe nog kwaad vir my! Soos enige ander broer en suster baklei ons soms dat die hare waai, maar ek moet my hoed vir hom afhaal. Hy het alleen grootgeword. Weg van ons in Worcester. Hy het sy eie paadjie uitgekap. Hy is nie bang of skaam om te sê dat hy doof is nie. Hy gebruik sy storie om ander te inspireer. Om vir hulle te wys dat jy steeds in 'n normale lewe kan funksioneer, al is jy bietjie anders. Hy werk in 'n horende wêreld. Soms as mense agterkom hy is doof, praat hulle al harder. Dan breek hy hom daaroor. Hy is reeds doof. Hoe harder jy praat, hoe minder gaan hy jou verstaan! "Praat net duidelik!" is sy enig-
ste antwoord. "Ek is doof, nie dom nie." Hy het my seun ook 'n blik op 'n ander lewe gegee. Vandag weet hy wat dit is as iemand doof is en steur hy hom glad nie daaraan nie. Hy kyk gefassineerd hoe Oom Corne met sy hande praat en is vasbeslote om ook gebare te leer. Sy doofheid het hom talle male goed geval. Byvoorbeeld as my ma met hom geraas het. Hy het stilletjies aan sy oor gevat en sy gehoorstel afgeskakel tot hy sien my ma se mond beweeg nie meer nie! 'n Paar jaar gelede het hy die besluit geneem om 'n groot operasie te ondergaan en 'n kogliêre inplanting te kry. Dit het sy lewe onherroepelik verander. Vandag hoor hy amper net so goed soos ek. Hy hoor geluide wat ek nie kan hoor nie. Hy kan met kliënte op die telefoon praat, met enigiemand kommunikeer en staan vir niks en niemand terug nie. Een van die dae trou hy en sy geliefde en moet ons by sy "dowetroue" probeer om te verstaan wat aangaan. Dan sal ons voel hoe hy baie jare gevoel het. Ons stap 'n pad wat redelik maklik is. Soms met klippe besaai, maar meestal gelykepad. Hy het 'n berg gehad om oor te klim. Hy het, en daarvoor haal ek my hoed vir hom af.
NUUS • NEWS
5
15 Mei 2013
Trotse kleinkind vertel van Jan Smuts Hy het ‘n een-dag verlowing gehad voor sy troue, was die enigste nie-familielid wie se foto op Winston Churchill se lessenaar gepryk het, ‘n Suid-Afrikaanse eerste minister én een van slegs vyf lede van die Britse oorlogskabinet vir Wêreld-oorlog ll, die enigste persoon wat geveg het tydens die tweede Boereoorlog én betrokke was by die ondertekening van vredesluiting vir WO1 én WOll. Hy word beskou as een van die drie briljantste beurs houers wat Cambridge University nog ooit opgelewer het (die ander is Charles Darwin en John Milton), het op 21 sy honneurs (eerste klas) in beide Wetenskap én Literatuur binne ‘n rekordtyd by die destydse Victoria College op Stel lenbsoch (nou die US) voltooi en sy kennis van die veld en flora, Tafelberg en holisme was uitmuntend. Hy het sy By bel net in Grieks gelees, hy was Latyns ewe goed magtig en was die Kanselier vir die Universiteit van Cambridge. Generaal Jan Christiaan Smuts ( 24 Mei 1870 tot 11 Sep tember 1950), gebore op Bovenplaas net buite RiebeekWes, was die onderwerp van bespreking toe die 17de van sy 26 kleinkinders verlede week belangstellendes by die Malmesbury Museum toegespreek het oor haar oupa. “Die algemene opvatting was dat hy afsydig, intellek tueel en sonder humor was,” het Mary Tait van Johannes burg gesê. “Maar dit kon nie verder van die waarheid verwyder wees nie – Hy het hom laat welgeval met sy hele gesin wat ook nog drie plattelandse skoolkinders ingeneem het om te verhoed dat hulle weens finansiële probleme hul stu dies sou moes staak, hy was elke naweek bly as sy getroude kinders met kleinkinders en al, kom kuier het. ‘‘Ek onthou nog hoe ons Saterdagoggende saam met Ouma Isie op die groot stoep gesit en kuier het – Ouma altyd besig met handwerk – en dan later vir elke kind vra watter Bybelstorie hy of sy wil hoor. Met die Bybelstories agter die rug, het sy dan verklaar dat sy nou moeg is van Engels praat!” Die kinders en hul kinders onthou hul beroemde oupa en sy briljante brein met liefde: In sy studeerkamer, met ongeveer 5 000 boeke, kon sy kinders hom blinddoek en enige van daardie boeke uithaal en ‘n paragraaf voorlees.
Die laaste foto wat in September 1950 van JC Smuts geneem is, was saam met die driejarige Mary, in die tuin van ‘The Big House’ buite Irene, wat die tuis te van die Smutsfamilie was vir baie jare, waar familiefeeste rondom die groot eetkamertafel kenmerkend was van braaiboud, ‘vet pannekoeke met kaneel en stroop’ en ander heerlikhede. “My oupa het die dag voor sy dood daarop aangedring om na Rust de Winter geneem te word; ‘n rit van langer as twee uur, omdat hy graag sy Afrikaner beeste wou sien. Daardie dag het hy nog gesê: “Geniet die grond terwyl dit kan, want hierdie grond is kosbaar!” “My oupa was een van die grootste produkte uit SA en ek is trots om een van sy kleinkinders te wees,” het sy afgesluit.
Tydens die huldeblyk aan Jan Smuts deur Mary Tait, ‘n kleindogter van dié vermaarde veldmaarskalk wat buite Riebeek-Wes gebore is, het vier dames uit die gehoor besef dat hulle in dieselfde jare by St Mary's, die oudste skool in Johannesburg, was. Hulle is van links Lindie du Toit, Mary Tait (spreker), Pam Kolbé en Val van Vuuren (Riebeek-Kasteel). “Oupa kon élke keer sê uit watter boek dit kom, wie die skrywer was en ongeveer hoe diep in die boek dit staan!” “Oupa was baie lief vir ongewone troeteldiere – sy leeuwelpie, sy meerkat en muishonde het gereeld opslae gemaak! Hy was baie lief vir Tafelberg en het elke keer as hy in die omgewing was, die berg twee tot drie keer per week uitgeklim. Die enigste keer toe hy dit nié gedoen het nie, was tydens die koninklike besoek, toe hy saam met die koninklikes in die kabelkar teen die berg moes uitry.” Smuts se nageslag eer hom steeds vir die kalm, vreeslose leier wat hy in vele veldslae was: Tydens die Boereoorlog, later in Duitswes-Afrika, in Oos-Afrika, lid van die Britse oor logskabinet, waar hy die koninklike lugmag help ontwikkel het en een van die weinige mense wêreldwyd wat as veld maarskalk geëer is. “Tog onthou ons hom vir sy menswees, maar ook as ie mand wat nie goed was met fotografie nie, maar baie lief was daarvoor! Verder was hy nie ‘n goeie motorbestuurder nie, maar lief vir bestuur!” het Mary vertel.
Emile Smit sing vanaand in Malmesbury-stadsaal Onthou Emile Smit se optrede vanaand om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Hy stel sy eerste CD, met 13 van sy eie lirieke daarop, bekend. Dié jong sanger spits hom hoofsaaklik toe op ballade liedere en sy diep stem bekoor vriend en vyand. Sy jonger boeties gaan die gaste vermaak met hul kundige ballroom-
danse en ligte eetgoed is ingesluit in die prys van R100 pp of R150 per paartjie, 'n CD hierby ingesluit. Kaartjies is nog by die deure te koop of skakel 076 479 2975. * Die wenner van Emile se CD is Theresa Dietrich van Darling. Kom haal gerus jou getekende CD af by die courant.
6
NUUS•NEWS 15 Mei 2013
SM-werker vereer vir heldedaad
Mooistes: Moorreesburg rugbyklub het Vrydagaand 3 Mei 'n "Mej. Samoa Rugby" in
die Rosenhofsaal gekies. Die mooistes (voor) was: Aubrey Rosenber (tweede prinses), Yomene Boltney (Mej. Somoa) en Chantelle Jacobs (eerste prinses). Agter is Nigel Gurah, Tersia Amon (meisies afgerig) en Jack Salmon (seremoneester).
Nuwe spa nou oop
Promosie
ZanRo: Meer as net ‘n lekker bederf Rochelle Neethling is ‘n nuweling op Malmes bury en bring Zan Ro Day Spa, met ongelooflike aanbiedinge, ‘n sauna en jacuzzi en spesiale bederfpakette, by Rainierstraat 8C op Malmes bury. Met opleiding by Planet Nails, International Academy en opleiding in die Annique-reeks, bied Zan Ro Day Spa meer as net die gewone bederf: Die jacuzzi en sauna vir pyn, vir bloedsomloop en ontspanning, asook mooimaakses sies, naels en massering, wakse, ‘peeling’ en
verslankingspakette. Met 16 jaar in die skoonheidsbedryf, sê Ro chelle dat haar nuwe en huidige kliënte moet uitkyk vir haar kompetisie wat tot 30 September duur. Dit beteken dat, wanneer jy enige behan deling by haar boek, jy outomaties kwalifiseer. Kliënte ontvang met aankoms vir ‘n jacuzzi of sauna ‘n gesondheidsdrankie en kliënte ontspan lekker saam by Zan Ro Day Spa. Vir hope spesi ale aanbiedinge en vriendelike, kundige omgeediens, skakel Rochelle gerus by 079 1877 194.
“My gedagte was nie daardie tyd by die gevaar nie, ek het net daaraan gedink om die geld te rug te kry!” só sê die 45-jarige Desmond Snell oor die geld wat hy tydens ‘n gewapende roof tog op Malmesbury gehelp terug kry het. “Eers toe ek later by die huis kom en my mense vir my sê ek kon dood gewees het, het ek begin dink daaraan dat ek doodgeskiet kon gewees het!” Desmond, wat by die afdeling: Parke en Tuine by die Swartland Munisipaliteit (SM) op Mal mesbury werk, het op 22 Februarie vanjaar die gras naby die Poskantoor natgespuit toe hy hoor hoe ‘n vrou om hulp roep. Toe hy sien hoe twee mans ‘n vrou se geld gryp en weghardloop, kon hy nie help nie, want die mans het met ‘n pis tool na hom beduie en hom beveel om plat te lê. Aanvanklik het Desmond gaan plat lê, maar toe van plan verander. “Ek het eers gaan lê, maar toe voor om die Poskantoor gehardloop en op die hoek van die Poskantoor en landdroskantoor het ek op hulle afgestorm: “Ek het net gedink ek moet die geld terugkry! Toe sien ek hoe die mans die geld en ‘gun’ in die bakkie gooi en weghard loop. Later het ek gehoor die bakkie was ook gesteel.” Desmond het dadelik die twee sakke geld en tassie met geld, asook die pistool, opgetel en veilig aan die eienaar van die geld oorhandig.
Netbal:
Liezel van der Merwe van Laerskool Riebeek-Kasteel is opgeneem in die finale Boland oefengroep wat die naweek in die Paarl deelneem en waar die finale span gekies sal word.
Desmond Snell word op 'n raadsvergadering vereer vir sy heldedaad deur Tijmen van Essen, burgemeester. Toe die polisie later opdaag, is die pistool aan hulle oorhandig. Desmond is verlede week tydens ‘n raadsver gadering van die SM vir sy heldedaad vereer en met ‘n geraamde sertifikaat beloon. “Hierdie daad maak van jou ‘n groot man en ons by die SM is trots op jou,” het Tijmen van Es sen, die burgemeester, tydens die oorhandiging aan Snell gesê.
NUUS•NEWS
7
15 Mei 2013
‘Ontwikkeling is nié ‘n eenman-ding nie’ Tydens die raadsvergadering van die Swartland Munisipaliteit (SM) verlede week, is Marguerite Holtzhausen, die hoof van gemeenskapsontwikkeling by die SM, gelukgewens met haar MBA-graad oor die SM se sosiale ontwikkelingsbeleid en strategie. Dié studie is gedoen in terme van die SM se spesifieke situasie en word reeds binne die strukture van die SM geïmplementeer. Dié studie is deur Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, bestempel as “nóg ‘n eerste vir die SM – ‘n dokument wat sal help om die lewenskwaliteit van baie mense in die Swartland te verbeter”. Haar departementshoof, Johannes Steenkamp, het dié studie geloof as ‘n baie omvattende dokument en dit aan die Raad voorgehou. “Die lewering van sosiale ontwikkeling is ‘n emosionele proses, ‘n diens wat dikwels vol slaggate kan wees. Rolspelers en raadslede raak maklik emosioneel betrokke by projekte in hul eie omgewing en sukkel
dan om objektief te wees. “Dié studie en riglyne gaan vir die SM dinge baie prakties maak én baie geld spaar,” het Steenkamp bygevoeg. Die belangrikste aspekte van Holtzhausen se studie fokus op die huidige rolspelers, beleid, die kwessie dat die Raad nie die ontwikkelingswerk alleen kan doen nie, maar ‘n koördinerende funksie in dié verband het, met fokus op samewer king en kommunikasie. “Ontwikkeling is nié ‘n eenman-ding nie!” Holtzhausen (op foto links) het die wetgewing wat betrekking het op sosiale ontwikkeling bespreek, asook die beleide ten opsigte van sport, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, kinder- en jeugontwikkeling, die ruimtelike ontwikkelings konsep, die bestuur en hantering van siektes soos vigs, die deernis-huishoudings, die ‘high needs and low needs’van die streek en die waarde van onderhandelinge met kernvennote vir die proses van maatskaplike ontwikkeling. “Die versterking van die sosiaal-maatskaplike materiaal (fabric) van die gemeenskap is dié kernwoorde hier,” het Steen-
Jongduiwe: Die Jongduifkam pioenskappe is Sater dag in die Malmes bury Stadsaal gehou. Drie Swartlanders, Attie Hugo, Cassie en Mariaan Carstens, het ook hul duiwe ten toon gestel.
kamp uit Holzhausen se studie aangehaal. “Die proses stop nie hier nie, dit is deurlopend van aard!” Die studie fokus verder oor hoe om dié beleid te dokumenteer, die beleid oor befondsing (eksterne organisasies sal nét befonds word as dit deel vorm van die SM se beplanning) en die aanwys van ‘n komitee wat bestaan uit verteenwoordigers van elke departement binne die SM. Dié komitee is reeds na aanleiding van dié studie aangewys. “Ons sit op ‘n tydbom as ons nie die gemeenskap se verwagtinge leer ken nie; as ons nie in die oë en harte van ons mense kom nie!” het Steenkamp afgesluit.
8
KALENDER•DIARY
15 Mei 2013
Ons Moedersdag-wenners: Die wenners van die courant en verskeie vriendelike borge in ons streek se Moedersdagkompetisie, was van links Karen Spence (Monrose Hair Design), Chantelle Daniels (Exquisite Linen), Antoinette Meyer (geskenkbewys van Darling Spar, hou die geskenk van Madeleine's Health and Skincare vas), Liezl Carelse van Abbotsdale (Tea for Two by Cherry Lane); Suzette Bester wen Malmesbury Kwekery se geskenk pak; Chrizaan Gilbert wen ‘n geskenkbewys van House of Health and Skin Care; Patricia Taljaard (Henry’s Blomme); en Renate du Plessis wen Montevino-wyne van Riebeek Cellars. Afwesig met die neem van die foto was Lisa-Mari Bredenkamp (Moments, Superspar Malmesbury); Steve September (Swartland Wynkelder se vonkelwyn); Lezanne Khonoti, (Malmesbury Spur) en Ria vd Westhuizen van Piketberg (wen ‘n ete by Mountain Creek Spur op Piketberg); Alta Prins van Riebeek-Wes wen ‘n geskenkbewys by Madeleine’s Health and Skin Care, Lorraine Coetzee van Moorreesburg wen ‘n geskenkbewys by Moodies op Moorreesburg en Paulina Kruger van Moorreesburg ontvang ‘n geskenkbewys by Spar op Porterville.
Vier geslagte: Moedersdag was vir hierdie gesin spesiaal die naweek, met vier generasies wat dit saam kon vier. Hulle is van links Sara Retief (82), Susan Smit (57), (Sara) Johanna Kleinhans (32) en klein Katherine (Susan) Kleinhans (2 maande), almal inwoners van van Malmesbury.
Swemmers: Nina Hanekom, Anlea Carstens, Marianné du Plooy en Marlizaan Coet-
Simba besoek Spar: Simba die leeu het Woensdag besoek afgelê by Malmes-
bury Superspar. Hier is hy saam met Cally van der Heever, Ruaan Lotter, Selma Willemse en Walter Bester (voor).
zee van Laerskool Dirkie Uys het as lede van die Swartland Swemklub aan die Triaq swemgala tussen WP, SWD en Boland deelgeneem. Al vier swemmers het uitstekend presteer en hul persoonlike tye verbeter. Marianné het in borsslag haar tyd met 12 sekondes verbeter en ‘n vlak 2-kwalifiserende tyd geswem. Nina en Marlizaan het goue medaljes ontvang as lede van die dogters 0/9-10 aflosspan. Anlea het ‘n goue en silwer medalje verwerf as spanlid van dogters 0/13-14 vryslag en IM aflosspanne. Anlea het ook ‘n silwer medalje verwerf vir 50 m Borsslag dogters 0/13. Marlizaan het presteer met 2 goue medaljes vir 50 m borsslag en 100 m rugslag en ‘n bronsmedalje vir 100 m vryslag in die dogters 0/10 afdeling verwerf. Triaq was die laaste swemgala vir die seisoen.
swartland: entertain - kalender - diary
Sandy Esau Kunsuitstalling Tot 26 Julie - ‘n Uitstalling van Darling se Sandy Esau by die Darling Lodge van 14:00 tot 16:00 en Dinsdae tot Sondae van 11:00 tot 17:00. Esau is bekend vir sy skilderye van treffende tonele uit die omgewing. Skakel 076 918 5526 of esau.art@gmail.com
hou hul Charity Gholfdag (vir opvoedkundige fonds) op Malmesbury met afslaantye 7:30 en 12:00. R1 200 per span of R300 per speler. Skakel Margaret by 022 482 1993 vir meer inligting. Sierduif-Kampioenskapskou 25 Mei - Die Suid-Afrikaanse Sierduif-Vereniging hou sy jaarlikse Wes-Kaapse Kampioenskapskou in die Malmesbury Stadsaal. Daar sal 22 vertoners wees en 40 rasse word vertoon. Die getal duiwe wat daar sal wees is 480. Toegang is gratis. Besigtiging is vanaf 10:00 tot 13:30. Bring u kinders saam en kom wys vir hulle die verskillende soorte duifrasse wat daar sal wees. Kontakdetails: Christo van Vuuren by 084 602 1316 ten einde navraag te rig.
Emile sing op Malmesbury 15 Mei - Emile stel vanaand sy eerste CD bekend in die Malmesbury Stadsaal. Kaartjies teen R100 pp of R150 per paartjie, waarborg ‘n aand van ligte vermaak, ‘n CD en ligte verversings. Skakel 0764 792975 vir navrae of koop jou kaartjie by die deur. Sangmiddag in Riebeek-Wes 18 Mei - Die Riebeek-Wes AGS-gemeente hou om 15:00 ‘n sangmiddag in hul kerk, nadat Pinksterdienste reeds die hele week saans aangebied word. Sondag sluit hulle die Pinkster af met ‘n oggenddiens om 10:00 in die kerk.
Wêreld-Nee-vir-Tabak-dag 31 Mei - Vier ‘’World No Tobacco Day (WNTD)’’ saam met die Kankervereniging en koop ‘n Anti-Tabakplakker @ R5 by die Kansa-kantoor op Malmesbury om dié saak te steun.
Reünie van oud-Schoonspruiters 18 Mei - ‘n Reünie van oud-Schoonspruiters word van 9:00 tot 15:00 op die Wesbank Sportgronde gehou. Kontak Wilfy Wilson by 083-227-6474, Faiek Abrahams by 082 423 4848 of John van Diemel by 0833-575-421 ten einde ‘n navraag te rig. Museumdag in die Riebeek-Vallei 18 Mei - Kom geniet koffie, tee, pannekoek, sop, patat, vetkoek, wyn en pret om die kaggel in die Riebeek-museum; gratis toegang van 9:00 tot laat. Aglow meeting in Malmesbury 18 May - The next Malmesbury Aglow meeting at The House of Prayer, commencing at 4 pm. The speaker is Paula Raad. Everyone welcome. Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker at 0725906636 for more information. AGS Corpus Christi Malmesbury 19 Mei - Die AGS Corpus Christi hou hul oggenddiens om 09:30 met die titel: Man Van Die Gees. Die aanddiens in die vorm van ‘n gesinsdiens volg om 18:30. Rig navrae aan 073 447 2902.
Golfdag op Darling 1 Junie - die jaarlikese Barracudadag by die Darling-gholfklub teen R250 per kop, 4BBB. Die pryse is tops. Bespreek by klub of by Karl by kcserv@mweb. co.za of 022 4923013 ten einde navraag te rig.
Sakekamer op Malmesbury 20 Mei - Die Malmesbury Sakekamer vergader om 19:00 vir 19:30 in die stadsaal vir ‘n inligtingsvergadering met die Swartland Munisipaliteit. Kwessies soos die jongste sensussyfers, begrotingsinligting, die uitslae van die plaaslike ekonomiese ontwikkelingsmodel en die voorgestelde ontwikke ling van die Weskus Kollege en Riebeekstraat en die nuutste planne vir die verbreding van die N7. R80 vir lede en R100 vir nie-lede. Bespreek teen Vrydag 16 Mei om 17:00 by 022 482 1060. Geestelikes bid saam 21 Mei - Alle pastore, predikante en geestelike leiers se maandelikse gebedsessie, soos gereël deur die Malmesbury Ekumeniese Forum word om 9:30 by die Getsemane Bediening Kerk in Skoolstraat,
Abbotsdale gehou. Kontank Hershell Sedeman by 0786950297 vir inligting. Swartland Drankforum vergader 22 Mei - Die Swartland Drankforum vergader om 14:00 by die Bloues Klubhuis op Malmesbury. Navrae: Johann Kieser 0835818151 Hugo Niewoudt in Riebeek-Kasteel 24 Mei - Die ACVV Riebeek-Kasteel bied aan: Hugo Niewoudt, met liedjies van Josh Groban. Toegang is R20 pp en duur van 10:00 tot 11:00 in die ACVV-saal. Skakel Gloudine by 022 4481715/0842915088 vir kaartjies of meer inligting. WCCF hou Gholfdag 25 Mei - Die West Coast Community Foundation
Wicus van der Merwe op Noot vir Noot 14 Junie - Malmesbury se Wicus van der Merwe is om 19:30 te sien op SABC 2 se Noot vir Noot. Malmesbury Rugbyklub oefen Die Malmesbury Rugbyklub oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag om 19:00. op sy tuisveld. Almal welkom. Besoek die klub se Facebookblad by Malmesbury Rugbyclub Bloues of volg op Twitter @Malmesbury RFC. Kontak Enrico Franse by 0722079153 of Henfre Brand by 082 703 8666 ten einde ‘n navraag te rig. Sokkerklub in Wesbank oefen Die Wesbank United Sokkerklub oefen elke week van Maandag tot Donderdag om 17:30 op die Wesbank Sportterrein se C-veld. Die afrigter is Barend Irion en die voorsitter Arnold Huyser, wat by 083 864 2850 gekontak kan word om ‘n navraag te rig.
NUUS • NEWS
9
15 Mei 2013
Geldinsameling:
Wesbank Rugbyklub hou jaarliks 'n rugbydag om fondse in te samel om weer aan organisasies in die gemeenskap te oorhandig. Die donasies is Saterdag tydens 'n ontbyt aan dié organisasies oorhandig. 'n Uitsondering is gemaak vir Rowan Hermanus, 'n leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, wat verlede jaar in 'n skolerugbywedstryd beseer is om vervoer-onkostes te help dra. Voor is Nellie Mentoor, Tillie Abrahams (Goue Jare Dienssentrum), Rowland Hermanus, Rowan Hermanus, Priscilla Hermanus, Lillian Appolis en Elizma Lategan (Wesbank Netbalklub). Agter is Andre Adams, Jonathan Bredenkamp, Ewald Liedeman, Japie Liedeman, Edmund Pietersen, Teen Lategan en Eduaan Howburg. FOTO: DAVID HOWBURGH
Saai:
Die Swartland Veterane-klub het Saterdag hul jaarlikse saaidag gehou. Freddie Truter het ook sy deel gedoen. FOTO: PAUL KOTZE
Wes-Boland: Netbal: Tanya Morris van Wesbank Se-
kondêr op Malmesbury speel Vrydag in die finale Bolandse netbalproewe.
Marguerite Cordon van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg is opgeneem in die o.12 Wes-Bolandspan. By haar is die skool se netbal-koördineerder, G.M. Willemse.
CLF Vrouedag 2013 ten bate van die Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek
31 Augustus 2013; Eensgezind; 09:00 vir 09:30 - 13:00 Koste: R260 pp Sluit in propvol geskenksakke, drie-gang maaltyd en puik vermaak. Hope pragprodukte by stalletjies te koop. Besprekings by info@clf.co.za of 021 873 0198
Gaskunstenaars: VonWest Gasspreker: Kona Brown, Mev Verenigde Nasies 2012
10
dienste•services
15 Mei 2013
Balbesit:
Soné Coetzer van Hoërskool Piketberg Saterdag in besit van die bal in die netbal-kragmeting teen Hoërskool Vredendal.
Uitslae/Results: Malmesbury Gholfklub Rola Sundowner: Enkel-Stableford 1. Gerhard Bester 2. Piet Kemp 3. Danie Rust 4. Kobus Myburgh 5. Riaan Snyders
21 18 16 15 15
Vrydag Sundowner: Enkel-Stableford 1. Martell van Lill 21 2. Jacobus Snyders 20 3. Jacques Smit 19 4. Donato Stelluto 19 5. Okkie Basson 18 Kompetisie: Beterbal-vermenigvuldiger
1. 2. 3. 4.
Piet Basson & Amos Schreuder George Prinsloo & Koos Loubser JP van Wyk & W. Steyl M. de Goede & L. Kruger
65 65 60 60
Program: Woensdag 15 Mei: Klub Sundowner. Vrydag 17 Mei: ‘‘Happy Hour & ‘n Half” van 17:00 tot 18:00 Saterdag 18 houespel.
Mei:
Mei
maandelikse
Sondag 19 Mei: Sosiale Gholf en 19 Gholfgroep.
Rola Volkswagen Malmesbury
NOU OOP!
die
courant
Jou diamant-koerant
Kontak 022 487 3221 en gee jou besigheid vlerke!
11
kleintjies•smalls 15 Mei 2013
2
Gesoek Wanted
AFRIKAANSE inslaap huishulp en kinderversorger gesoek met ondervinding en verwysing. Skakel 072 368 1565. ----------------------------ELSENBURG Student (2de jaar) is opsoek na vakansiewerk Junie/ Julie. Beskik oor kode 14 lisensie. Beskikbaar vanaf 1 Junie. Kontak 083 455 1046 of 073 577 9009. ----------------------------OP SOEK NA plaashuis in Malmesbury/Darling omgewing om te huur. Kontak Pieter dringend by 078 500 4303. ----------------------------SAAMRY GELEENTHEID gesoek vanaf Malmesbury na Durbanville. Maandae - Vrydae. Werksure 8-5 of indien daar iemand is wat saam met my kan ry. Kontak Katrien 073 195 6007. ----------------------------Welkom Meubels betaal harde kontant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, manskoene, vroueskoene, handsakke, ens. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. -----------------------------
2
Gesoek Wanted
HUIS PALEIS MEUBELS - Verskaffer van alle Truform en Cloud Nine beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoudelike toebehore. Skakel 022 482 2100. ----------------------------JK SKOONMAAKDIENS. Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante, snoei van bome en struike, skoonmaak van beddings, uitleg van tuine, verkoop en lê van gras en verwydering van vullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. ----------------------------KITSMURE-Oprigters en Vervaardigers van “Vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies. 022 482 1220 k/u of 083 321 9357 n/u. ----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. ----------------------------NAMIBIESE Kudu Biltong @ R195 p/kg. Droëwors @ R175 p/ kg. Ideaal vir geskenke. Kontak Jacques 073 294 3343. Mal mesbury - aflewerings ingesluit. ----------------------------TOP CARPETS en Blinds, Teëls, matte, laminering, vinylvloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100. ----------------------------UITHAAL & Verwydering van bye. Kontak Kobus 083 722
7787/022 482 2767 YSKASTE HERSTEL: Ook binne-lekke. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. Skakel 082 573 1589/083 651 5547. -----------------------------NEGOSIKAS: Op die hoek van Hill- en Vredestraat. Soek en verkoop gister en eergister se ware, veral wit linne en porselein asook alles wat interessant en oud is. Skakel Tannie Juna: 022 487 2601.
14 Eiendom Property
ALOE FEROX produkte, Darling Agent. Kontak Martha Hanekom: 022 492 3022/072 256 8150. ----------------------------SUNBEAM 4 plaat elektriese stoof (swart). 18 maande oud. 081 541 3234. ----------------------------TWEE STROPER BANDE 23,1x26. 1 Stroper band 23,1x30. Engin Mercedes Benz CM 352 Claas Dominator. IH 358-6 Cyl neus engin. Perkins 6-3544. engin. Perkins 6-354 engin. Perkins 318 4 cyl engin. Perkins Turbo vir MF 3120. Fiat 4 cyl engin. John Deer 6-359 engin. John Deer 6 329 engin. Staal Bandsaag. Sleepwa 1 ton met remme. Kontak Pieter 083 234 1509 Malmesbury. -----------------------------VARS GESONDHEIDS heuning. Citrus en Bloekom. 3 kg emmer @ R150.00. Skakel Kobus du Plessis 083 722 7787. ------------------------------
te 14 Voertuie koop
TOYOTA CAMRY 1994 300SEi outomaties. 24 cam V6 goudkleurig. R28 000. Skakel 071 869 2448. -----------------------------
16 Betrekkings Vacancies
ELEKTRIESE assistent word benodig met ongeveer 5 jaar ondervinding in huisbedrading en ook met vorige kontakbare verwysings. Sober gewoontes. Kontak Johan Bester 082 569 2234. ----------------------------JUSTINE VELSORGVerdien ekstra geld, verkoop Justine. SMS naam en area na 084 655 1983.
Huur 7 Te To Let
GAS OR SPITBRAAI machines and basic catering equipment for hire. Contact Ismarie at: 082 686 6217. -----------------------------INDUSTRIëLE/Stoor/ Spasie te huur 540vkm of 270vkm, 3 fase krag, veilig, maklike toegang, billike huur. Kontak 083 256 8188. -----------------------------MALMESBURYKommersiële Perseel, 246 vkm. Onmiddellik beskikbaar @ R7000pm + btw. Geleë
te Voortrekkerweg, agter Northmec. Ideaal vir kantore of besigheid. Om te besigtig kontak Carlo 082 920 4586. Vir meer inligting skakel G Buhr by 082 328 2211. -----------------------------TUINWOONSTEL: Malmesbury, water en ligte ingesluit, oopplan kombuis, eetkamer, badkamer (stort), 1 slaapkamer, groot woonvertrek. Veilige parkering, enkellopend. Beskikbaar 1 Junie. Kontak 072 195 4277. ------------------------------
Kontak ons by 022 487 3221 vir jou buksie!
18 Sterfgevalle Obituary
VERMIS!! MISSING!! Karaktervolle gekastreerde gemmerkat ongeveer 17 jaar oud. Neutered ginger, a great character and approximately 17 years old. Reageer op die naam “Hansie” Responds to the name “Hansie”. Kontak/Contact 0829205826 of/or 0847843163.
courant
die
SPORT
tel 022 487 3221
15 Mei 2013
•BOLAND ‘LOS AL SY RUGBYPROBLEME OP’
Klubspanne speel weer Saterdag Die Bolandse klubrugbywedstryde wat die afgelope naweek opgeskort is weens ‘n probleem met die uitplasing van skeidsregters, sal op 29 Junie gespeel word. Andersins sal die geskeduleerde wedstryde die komende naweek soos bepaal, voortgaan. ‘n Woordvoerder van die Bolandse rugbyunie, Jaco van Wyk, het aan die courant gesê hy weet glad nie wat die rede vir die opskorting van die afgelope naweek se wedstryde is nie. Hy het navrae verwys na Ivan Pekeur, wat ondanks herhaalde pogings nie vir kommentaar bereik kon word nie. ‘n Omsendskrywe aan Bolandse rugbyklubs vanaf Willie Small, uitvoerende hoof van Boland Rugby, lui bloot: ‘’In opdrag van die uitvoerende bestuur van die Bolandse Rugbyunie wens ons hiermee kennis te gee dat as gevolg van onvoorsiene omstandighede word bogenoemde ligawedstryde (Premierliga, Superliga en Presidentsliga) uitgestel tot 29 Junie 2013. Die 1ste ligaklubwedstryde se uitsteldatum sal later aan u gekommunikeer word. Die ongerief word betreur, maar u positiewe samewerking word hoog op prys gestel.’’ Navrae by klublede het net bespiegelings opgelewer oor skeidsregters en amptenare wat meer betaling of petrolgeld sou wou hê as rede vir ‘’die staking’’. Dit kon egter nie bevestig word nie. In ‘n opvolgskrywe vandeesweek word klubvoorsitters egter die versekering gegee dat al die probleme opgelos is ‘’na deeglike gesprekvoe ring met alle rolspelers’’ en dat wedstryde weer voortgaan soos geskeduleer.
Piketberg verniel Vredendal:
Stephan Breunissen Adam January van Hoërskool Piketberg word vasgevat deur opvan Piketberg gee uit, met Gysbert Dippenaar (links) en Duan Mostert ponente van Vredendal. Agter kom Herbst van der Merwe nader (regs) byderhand in die rugbywedstryd teen Hoërskool Vredendal. Piket- om te ondersteun. berg het die Vredendallers met 71-5 oorrompel.
Hokkie:
Amber Tobias en Mari Bodenstein in die netbalstryd tussen Vredendal en Piketberg.
PluS EArN POiNTS
Each
Iceberg Rum 750ml
7299
SAVE 17.00 Harrier Whisky 750ml
NOW ONLY
6995
NOW ONLY
Langebaan, Malmesbury & Vredenburg
r OuT r N ET WiH O liST
12499 SAVE 15.00
Red Heart Rum 750ml
Erich Kankowski van Piketberg dryf, met Christie van der Merwe agter hom.
SO MANY WAYS TO
SAVE ON ESSENTIALS
5999 SunningHill Dry Red or Dry White Wine 5 litre
Always there for you
PRICES VALID 16 - 19 MAY 2013 AT Pick N PAY liquOr lANGEBAAN, MAlMESBurY & VrEDENBurG ONlY
kAS PrYS
13799
NOU SLEGS
Annoushka Truter (foto links) van Laerskool Dirkie Uys se o.11hokkiespan in in aksie teen Laerskool Swartland. Op die foto regs is Walter Bester van Dirkie Uys se o.8-hokkiespan teen Laerskool Swartland.
per kas
SPAAR 19.00 Carling Black Label Nieinruilbare Bottels 24 x 340ml of Blikke 24 x 330ml
(NOT fOr SAlE ON SuNDAYS AT MAlMESBurY liquOr)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 10194M/Bil