Die courant 19 februarie 2014 259

Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 259

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

PROMOSIE

hugenotestraat 24, malmesbury

19 Februarie 2014

Amoré

tel: 022 487 3221

Arno Jordaan

Kom span uit by Ekspo

Daar is 9 dae oor voor een van die grootste buitelug-geleenthede wat nog in die Swartland gehou is, net buite Malmesbury afskop. Die kykNet Buite-ekspo wat tot verlede jaar by Swellendam gehou is, verhuis vanjaar na ‘n splinternuwe terrein - Môreson langs die N7. Dit vind plaas van 28 Februarie tot 2 Maart en spog vanjaar met heelparty nuwe komponente. Die Vrydagaand (die ekspo begin om 12:00) word die braaivleisvure aangesteek om van meet af aan hoog te brand vir die Namchar Snoekbraai waar elke uitstaller en kampeerder kan kom aansit en smul aan die gebraaide snoek, patat en ‘n verskeidenheid brode. Skoliere wat die Vrydagmiddag in hul skooluniforms die ekspo besoek (as jy eers binne is, kan jy verseker jou gewone klere aantrek) sal gratis toegang kry. Die hele dag is daar musiek deur Radio Tygerberg saam met MC Riaan Grobler. Vrydagaand word daar tot laat gekuier saam

met kykNET se musiekkanaal. Die Wes-Kaapse minister van Kultuur en self ‘n boorling van die Weskus, dr. Ivan Meyer, sal die ekspo die Vrydagaand open. Daar is volop vure en kole. So, bring jou eie rooster en braaivleis of koop sommer jou hoender en vleis vir jou braai by Kekkel en Kraai/ Henks Vleismark se stalletjie. Vir die 4x4 en adrenalien-verslaafdes is daar ‘n splinternuwe 4X4-baan spesiaal ontwerp deur kykNET se 4x4-ghoeroe, André de Villiers, wat self die 4x4-aksie by die ekspo sal lei. Op nog ‘n aangrensende nuwe 4x4-baan sal die Western Cape Challenge Club die Saterdag hul kruipkewers en ander 4x4-modelle inspan om die Extreme-baan kaf te draf (dié sal mens maar eers moet sien!!!) Dan is daar nog Sarel van der Merwe - om hom Mnr. Tydrenne te noem, sou seker nie ver

verkeerd wees nie. Van der Merwe sal op ‘n terrein vlak langs die N7 die wiele laat tol en die publiek sal die geleentheid kry om saam met hom te jaag en bietjie stof op te skop in die veldrenritte. Natuurlik is daar volop vermaak vir kinders en dames ook. Só is een van die nuwe komponente by vanjaar se ekspo die courant se Kokkedoor-teetuin waar kokkedoorwenner, Mynhardt Joubert,

en Kokkedoor-aanbieder, Nic van Wyk, kragte saamsnoer om te verseker jy onthou jou unieke eet en drink-ervaring in hierdie teetuin. Dan is daar ook die Saterdagoggend se Bwell Buite Braaikoning-kompetisie saam met die Kokkedoorwenners asook Dr. Quentin, Sr. Pippa en Sr. Naomi van Binneland. Natuurlik volop kosstalletjies, ‘n wyntuin met vier kelders uit die omgewing - Swartland, Riebeek, Perdeberg en Van Loveren, asook ‘n biertuin. In die arena sal kunstenaars soos Jakkie Louw, Arno Jordaan, Amoré, Joe F, Desmond Wells en Fredi Nest Saterdag en Sondag optree. Die terrein sal ook voorsiening vir ‘n helikopterlandingsirkel maak, vanwaar helikopterritte aangebied sal word as jy die wêreld uit die lug wil bekyk. Sondag tussen 9 en 10 vm sal die Radio Tygerberg se Kerkdiens in die kykNET Arena gelei word deur pastoor Ettiene Marais. Kort daarna kan die baasbaksters en pannekoeketers kom nader staan en kyk hoe Kokkedoorwenner, Tiaan Langenegger, in die pannekoekuitdaging dié lekkerny bak saam met onder andere Fredi Nest, Desmond Wells en Riaan Grobler as MC.


II

Kom vlieg saam by die ekspo!

buite•ekspo PROMOSIE

19 Februarie 2014

Osbraai op Kromdraai (maar dié keer snoek op Môreson) Vrydagaand is Snoekaand by die kykNET BuiteEkspo. Ekspo-organiseerder Marius Opperman sê hy maak reg vir 400 mense by die snoekbraai wat deur Namchar geborg word. Clanwilliam se Erik de Milander, wat aangewys is as die gewildste Fiesta-aanbieder van verlede jaar, sal die braai hanteer. “Ons het eers om 18:30 die opening tot 19:00 en dan begin ons met die ete. Kampeerders en uitstallers kry kos verniet. “Ons nooi die publiek ook om teen R25 per kop te kom saam eet (tot voorraad uitverkoop is). Kos-vendors sal ook oop wees en natuurlik die kroeg, wyntuin en biertuin. “Kekkel en Kraai sal braaipakkies verkoop vir diegene wat wil braai, maar eie roosters moet saamgebring word – ons gee die vure as mense wil bring en braai en hulle eie ding doen.” ‘n Verskeidenheid tuisgebakte brode is beskikbaar saam met die snoekbraai-ete bv: • Ouma se plaasbrood • Volgraanbrood • Rogbrood • Potbrood • Roosterkoek • Vetkoek • “Stone ground” brood • Rosynbrood • Kosmopolitaanse verskeidenheid bv paninis, focacias en baguettes.

Gekomplimenteer met: • Plaasbotter • Heel groen vyekonfyt • Aarbeikonfyt • Kweperstukke • Fyn vyekonfyt • Snipper perskekonfyt • Lemoenstukke • Appelkooskonfyt • Tamatiekonfyt • Lemoenheuning • Gemengde bessiekonfyt Beleë cheddarkaas Gouda soetmelkkaas

* Die kykNET Musiek Kuiertyd begin om 19h00 tot 22h00 - dis alles baie informeel en die Kuiertyd loop heeltyd op AV met klank en mense dans en luister en kuier gesellig saam.


IIi

buite•ekspo 19 Februarie 2014

PROMOSIE

Wen met die courant kaartjies na kykNET Buite-ekspo Vyf gelukkige lesers kan elkeen dubbel naweekkaartjies wen na vanjaar se kykNET Buite-Ekspo wat aanstaande naweek buite Malmesbury gehou word. Volgens die organiseerder Marius Opperman is die spesiale kampeerstaanplekke reeds uitverkoop en moes hulle ook die laaste week meet en pas om al die uitstallers wat nog wil kom, in te pas. Wat beloof om ‘n groot buitelugfees te wees met 4x4-aksie en volop kindervermaak, asook meer as genoeg om te eet en te drink en kunstenaars wat die atmosfeer help skep, is hierdie ‘n geleentheid om nie mis te loop nie. Besoek gerus ook die courant en sustertydskrif de moZáik se stalletjie nommer 96 saam met Swartland Toerisme. Hier kan jy iets van die Swartland en sy volop buitelug-aanbie-dinge ontdek waarvan jy dalk nie geweet het nie. Om in aamerking te kom vir een van die dubbelkaartjies, moet jy jou naam, gunste­ling Swartlandbestemming en die nommer van die gesamentlike stalletjie van die courant/de moZáik en Swartland Toerisme voor Maandag 24 Februarie SMS na 084 8333 813. Die wenners sal in aanstaande Woensdag se uitgawe van die courant bekend gemaak word. Besoekers aan die stalletjie sal ook die ge-

leentheid kry om in te skryf vir etlike ander kompetisies. Onder die pryse is ‘n gewilde LED-flitslig van LED Technologies, wat ook by die ekspo op uitstalling is.

g n i d l i u B Your r e n t r a P t Projec

Great Service Professional Advice BUILDERS TRADE DEPOT PAARL: Driebergenstraat, Dal Josafat, Paarl Tel: (021) 868 3040 Visit us at www.builders.co.za

ices:

rv We offer the following se Building cost estimations ilding materials Supplier of full range of bu

tance Professional on site assis facture Roof truss design & manu homes Supplier of timber frame On site deliveries Timber cutting & planing Paint tinting facility Board cutting for approved contractors Credit facilities available


IV

Buite•ekspo 19 Februarie 2014

PROMOSIE

Uitstallers by ekspo Naas volop eetgoed en drinkgoed, is daar ‘n wye verskeidenheid uitstallers by die kykNET Buite-ekspo. Onder hulle is die Swartland Toerisme-tent en die Swartland se Swartland-eie produktetent met produkte te kus en te keur. Daar is ‘n dames­tent en dan is daar natuurlik ook vele vir die boys and their toys. LED Thechnologies se LED-flitse verseker dat jy kan gaan waar Eskom nog nie was nie. Voertuie vir hobbelpad en gladde teer (soos jy net in die Wes-Kaap kry). Malmesbury Toyota se nuwe Corolla en Volkswagen se Ama­rok. Perdeberg se Isuzu-bakkies en Hyundai se i20. KaapAgri is voorsieners van ‘n wye reeks buitelewe-toerusting en hul stalletjies is altyd op elke skou ‘n lus om te besoek. Max Telecoms is net die plek om aan te klop as jou ou telekommunikasie-verskaffer

jou in die steek laat en Makro stal ook uit met spesiale aanbiedinge uit hul Buitelug-afdeling. As jy wil braai of die Weber aansteek, is Namchar die plek om aan te klop vir houtskool en natuurlik is die Wyntuin die plek om die warm braaivleisvure se hitte effe af te spoel. Riebeek Kelders, Swartland Wynkelder, Perdeberg en Van Loveren se wyne is baie gewild (en dit is nie om dowe neute nie).


courant swartland en weskus

die

Uitgawe 259

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

19 Februarie 2014

Riebeek se wentuin...

SA weer vry van bek- en klouseer Verlies was na raming R4 miljard per jaar

PERSVERKLARING Suid-Afrika het weer die Bek-en Klouseer vrye sone-status waar inenting nie toegepas word nie. Volgens ‘n amptelike brief van die Internasionale Dieregesondheidsorganisasie (OIE) is dié status met ingang 14 Februarie 2014 herwin. Die Wetenskaplike Kommissie van die OIE sal ‘n afvaardiging van kundiges teen die einde van 2014 na Suid -Afrika stuur om sekere regstellende maatreëls te verifieer. “Van die bedryf se kant van die RPO wil ons die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukwens met hierdie baie positiewe prestasie en ons sal nou saamwerk met ander instansies in die bedryf en ons sal nou saamwerk met die Departement en ander rolspelers in die bedryf om te voldoen aan hierdie maatreëls” sê Lardus van Zyl, Voorsitter van die Nasionale Rooivleisprodusenteorganisasie. “Dit is baie goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse Landbou. Dit word beraam dat die jaarlikse verlies sedert Suid-Afrika sy status verloor het, omtrent R4 miljard per jaar was,” aldus Van Zyl. Dit is nie net goeie nuus vir rooivleisuitvoer nie, maar ook die huide-, velle- en leerindustrie. Verder sal ook die stoet- en ander industrieë soos suiwel en wol voordeel trek. Die RPO wil graag die topbestuur van die Departement Landbou bedank vir die konstruktiewe samewerking oor dieregesondheidskwessies wat veral sedert 2013 momentum gekry het. - Uitgereik deur die RPO * die courant het met John Durr, WesKaapse Voorsitter van die RPO en inwoner van die Swartland gesels oor die OIE se besluit: “In die Swartland het spesifiek beesstoetboere, wat onder die bestes in die land tel, gesukkel omdat hul kopers in Namibië het, maar nie daarheen kon uitvoer nie. Dit sal beslis vir hulle ‘n goeie inspuiting wees. “Ons is baie bly oor die nuwe status en wil ‘n beroep doen op dieregesondheidtegnici asook boere om te verseker hulle diereseku­ riteit is in orde, veral as hulle van elders in die land diere aankoop,” het hy bygevoeg.

tel: 022 487 3221

R10000 vir wentuin:

Allan Barnard van RiebeekKasteel het pas vir Hannetjie De Clerq, bekende kunstenaar op Riebeek-Kasteel, as wenner van die eerste Riebeekvallei Blomtuinkompetisie aangewys: “Die standaard was besonder hoog; ons was verras met die deelnemers se harde werk. ‘‘Die ongewoon hoë reënvalsyfer het ook bygedra tot die besonder mooi tuine. Ons mik om vanjaar die aantal inskrywings te verdubbel. Die einddoel is om die twee Riebeek-dorpe in blomdorpe te omskep en hoop om met hierdie inisiatief die toeloop van besoekers na die Vallei beduidend te vermeerder. ”Die Vallei se sakeondernemings het die idee met ywer ondersteun met aanloklike pryse. Die volgende kompetisie word in Mei van stapel gestuur.”

Wiele rol en modder spat

270 ha vir natuurbewaring

‘Berg behoort aan ons almal’

Vir Johan en Diana Simons het 2014 perfek begin toe hulle uiteindelik hul droom kon bereik om ‘n groot gedeelte van hul grond geregistreer te kry as ‘n natuurreservaat. Dié proses van sewe jaar het baie volharding gevra, verduidelik dié egpaar van die Paardeberg nou: “Nie net moes ons ‘n volhoubare plaas bestuur nie, ons moes ook die hope vorms en onderhandelinge met Natuurbewaring (Cape Nature) en die departement van omgewingsake hanteer, die 270 hektaar wat ons wou registreer moes afgebaken word, ‘n bestuursplan opgestel en natuurlik moes ons ook die terrein goed leer ken.” Die deeglike studie van die veld het vir hulle nie net baie tyd in beslag geneem nie, maar ook hope verrassings opgelewer: “Ons moes ‘n stu­ die doen oor die indringerplante en spanne reël om dit te bestry, ons het navorsers en geesdrif­ tiges gekry vir die navorsing oor die voëls, insekte, soogdiere en plantegroei van die omgewing en hier het die verrassings gekom: Ons kameras het diere opgemerk wat ons nie eens geweet het hier lewe nie, soos die luiperdfamilie, erdvarke

en die ratelfamilie. Ons was wel bewus van die teenwoordigheid van die gewone verskeidenheid bokke, skilpaaie en ystervarke.” Die egpaar se blydskap dat dié registrasieproses afgehandel is, beteken egter nie dat hulle nou op hul louere kan rus nie: “Ons beplan ‘n reservaat waar bergfiets- en voetslaanroetes dit vir natuurliefhebbers maklik maak om in die natuur te verkeer. Ons wil baie graag die Bergsebra hier hervestig - dit is tog waar die naam van die Paardeberg vandaan kom! Verder beplan ons om veld- en wildernisopleiding hier te doen; alles aktiwiteite waarvoor ons subsidies gaan nodig kry. “Ons doel is dat meer mense as net ons die berg moet geniet - die berg behoort aan ons almal!” Die egpaar het ‘n drie-partyooreenkoms aangegaan met Natuurbewaring en dit strek oor 30 jaar. “Die Simson-Simons natuurreservaat is só genoem ter ere aan ons familie, want Simson herinner aan Dianne se pa en oom (Dennis en Gerry Simson), asook Johan se ouers (Jack Simons en Ray Alexander Simons).

Boere maak harte oop

Valentynmusiek vir die siel


menings•nuus

courant

19 Februarie 2014

Trein op pad

die

2

Nog lánk nie tyd vir stilsit

Hierdie week se courant is weer volgepak met positiewe nuus oor die streek: Enersyds het twee gewone, maar toegewyde mense ná sewe jaar daarin geslaag om saam met die Kaapse Natuurbewaring 270 hektaar van hul grond as natuurreservaat te laat registreer. Daarmee saam het die vreugde van nuwe kennis gekom - kennismaak met ‘n luiperd- en ratelfamilie waarvan almal in die Paardeberg onbewus was, asook die nuwe visie van stap- en bergfietsroetes sodat meer mense die vreugde van die berg kan ervaar. Die jaarlikse Relay for Life het ook gekom om te bly - binnekort word die sewende Relay op Malmesbury aangebied en Porterville bied hierdie naweek sy vyfde Relay, met Moorreesburg wat tans hard werk aan sy tweede byeenkoms. Acts of Random Kindness, hare laat groei en dan afskeer vir kankerpasiënte se pruike - alles positiewe berigte in die courant vandeesweek. Ons fokus op die omvangryke KykNET Buite-Ekspo wat vir die eerste keer op Malmesbury se voorstoep gehou gaan word en waarna elke ingeligte persoon vreeslik baie uitsien. Die gemene deler hiervan is die oorweldigende positiewe wete dat daar nog baie goeie mense en positiewe geleenthede in ons lewens is, sodat ons weer moed skep en self weer rondom ons kyk en wéét daar is nog bou- en ontwikkelingswerk vir ons om te doen. Die tyd vir stilsit en wag dat dinge gebeur, het nog nie aangebreek nie!

Its Good News

dr. Marc Blackwell Snr.

What is the spirit of God saying to us?

The Bible teaches that “hearing” from God is a result of studying the Old and New Testaments. The Word of God was written to be offered to mankind as the only sufficient basis for developing our view of God. The Bible is, then, meant to be the foundational reality in our thinking. The Bible encompasses all that we need to hear and believe about the Father, Son and Holy Spirit. The Bible tells us of the greatest miracle of miracles … that Christ came to earth to bring us salvation by His personal sacrifice for our sins. Everyone today seems to want a miracle of some sort. The salvation of your soul is the one - primary miracle you need to experience. When a spiritually dead person is raised to life in Christ, this salvation - this new bornagain experience, according to Psalms , is cause for the angels of heaven to rejoice. The Holy Spirit works this genuine miracle by giving “new birth” to those who turn to Christ for forgiveness of rejecting Him. We come to fully recognise the degree of our human need only when we listen to the Word of God. The Bible’s true Truth is used by the Holy Spirit in men’s thoughts to convince or convict mankind that they remain unredeemed as long as they do not face-up to the reality and seriousness of their sin. The Holy Spirit works in mankind’s heart through the Good News of the love and life of Christ! The Spirit of the living God then regenerates those who truly believe and He makes us new in Christ. We know that salvation is of the Lord, as Jonah declared from the belly of the fish. All of this is spiritual work that no man can do, any more than man can bring about his own natural birth.

LSS swem:

Die victor en victrix lodurums vir Laerskool Swartland op Malmesbury se swemgala is pas aangewys. Hulle is Jana Nel (senior), Martine Versfeld (Junior), Tony Louw (senior) en Dihann Louw (junior). Die wit span was eerste, die goud span tweede en die blou span derde.

Hulp vir Noorde:

Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, verlede week op besoek aan Rust-stasie, waar tonne veekos as skenkings op die ‘‘droogtetrein’’ na die Noordwes en Noord-Kaap wag.

•By voëlvlei, misverstand

Waterfiltrering met nuwe tegnologie opgeknap Die Weskus Distriksmunisipaliteit (WKDM), wat gereeld die gesogte Bloudruppeltoekenning vir uitstekende watergehalte ontvang, is tans besig om sy waterfiltreerstelsels met nuwe tegnologie te vervang. Die huidige filreergalery by die Voëlvlei-suiweringswerk is in 2002 laas uitgebrei en vereis nou opknapping. Die koste sal nagenoeg R4,5 tot R5 miljoen beloop. ‘’Aangesien die 8 ou filters al baie lank in bedryf is en tekens toon van strukturele verswakking op die vals vloer, en na verdere ondersoek is boonop vasgestel dat daar ‘n risiko bestaan dat die vals vloere kan faal, is besluit om die vloere te verwyder en nuwe tegnologie aan te bring,’’ het Nic Faassen, senior bestuurder: water van die WKOD, op ‘n navraag van die courant geantwoord. Hy sê die tender daarvoor is net

om die bestaande filtreerstelsel op te gradeer en gaan tans nie ‘n wesenlike toename in kapasiteit meebring nie. “Die filters sal met dieselfde gradering sand gevul word as die bestaande en dus gaan die kwaliteit ook dieselfde bly as die bestaande stelsel. Ons water wat tans gesuiwer word by Withoogte en Voëlvlei voldoen te alle tye aan die SANS 241 (riglyne vir die gehalte van drinkwater in Suid-Afrika).’’ Die WKDM voorsien water aan tientalle dorpe en byna ‘n duisend plase vanaf drie waterbronne. • Vanaf die Voëlvleidam in die Voëlvleirivier by Gouda word water gesuiwer by die Voëlvlei-suiweringswerk voordat dit voorsien word aan Hermon en Gouda in die Drakenstein Munisipaliteit, asook aan die dorpe Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel, Malmesbury, Chatsworth, Riverlands, Abbotsdale, Kalbaskraal, Darling en Yzer-

fontein in die Swartland. • Vanaf die Misverstanddam in die Bergrivier word water gesuiwer by die Withoogte-suiweringswerke voordat dit voorsien word aan Moorreesburg, Koringberg, Velddrif en Dwarskersbos in die Bergrivier Munisipaliteit, asook Hopefield, Langebaan, Saldanhabaai, Vredenburg, Paternoster, St. Helenabaai en Stompneusbaai in die Saldanhabaai Munisipaliteit. Die Misverstand-skema se water word aangevul met ‘n ondergrondse waterbron naby Langebaanweg. Volgens Faassen kan tans tot 72 megaliter ofte wel 72 miljoen liter water per dag gesuiwer by die Withoogte-suiweringswerk, nagenoeg 29,1 megaliter by Voëlvlei, en 4 megaliter per dag by die ondergrondse bron by Langebaanweg. Die aanvraag is tans nog heelwat minder as dit, het hy aangedui.

Hare waai op Koringberg Pieter de Wet van Koringberg het na drie jaar se vasbyt sy boskasie, ponie­ stert inkluis, laat waai. Maar daardie lang bos hare waai nie na die vullishoop nie. Dit is na die groot knip sorgvuldig bymekaar ge-

maak sodat dit vir pruike vir mense met kanker gebruik kan word. ‘’Ek was nou al ‘n bietjie keelvol vir die lang hare, maar het vasgebyt, want dit moet so tussen 22 en 27 cm lank wees vir die pruike. Ons gaan gee dit in daar by die onkologiese afdeling by die Tygerberg Hospitaal,’’ verduidelik Pie­ ter, rektor van die Westelike Provinsie Afslaersakademie ‘’Ek wil net dankie sê vir Christel Basson van salon Defusion op Moorreesburg. Sy het ook aangebied om die ander se hare te sny wat op my uitdaging reageer het om hul hare ook lank te groei.’’ Volgens Pieter is daar by die 38 mans in die Swartland wat op sy uitdaging reageer het om ook hul hare so

Lig klassiek: Johan en Linsa Louw

lank te groei ten einde hare te verskaf vir die pruike. Talle kankerlyers se hare val uit gedurende chemoterapie, dan verkies van hulle om pruike te dra.

LINKS: Totsiens poniestert! En bo is De Wet en Basson na die groot knip.

was Vrydagaand by die Darling Music Experience se vertoning in die Hofstraat Kelder op Malmesbury waar Kerryn Torrance (viool) en Peter Narun (kitaar) ligte klassieke werk van Saint-Saens, Schubert en John Williams uitgevoer het, waarna dit met ‘n Valentynsete afgesluit is.


3

nuus • news 19 Februarie 2014

•ondersteun kankerlyers

Moenie Relay for Life misloop nie Porterville se vyfde Relay For Life is die eerste vir die streek en vind plaas op 21 & 22 Februarie by die Voorberg Korrektiewe Dienste se sportgronde. Alle kankeroorwinnaars word uitgenooi om die dag te kom geniet vir ondersteuning en ontspanning. Relay for Life-byeenkomste herdenk oorlewendes, befonds navorsing en kankeropvoeding en inspireer die publiek om betrokke te raak by die Kankervereniging en maak belang­ rike dienste moontlik vir pasiënte en hulle families. Spaninskrywings vir die Porterville-Relay teen R600 per span sluit 15 luminaria sakkies in. Kom geniet dié vyfde Relay op Porterville saam met familie en vriende. Dagbesoekers is ook welkom tot Saterdagaand 23:00 teen R10 per persoon en enkellopers wat belangstel om deur die nag om die baan te loop, se kostes is R50 per persoon. Skakel Rita Adams met jou vrae by 083 233 2173. Malmesbury se sewende Relay for Life is op 1 & 2 Maart by Hoërskool Swartland se A-veld. Daar is plek vir 65 spanne. Spanne moet wikkel om betyds in te skryf teen R500 per span (10 tot 15 lede). Alle spanne moet met ‘n spannaam en spankaptein registreer by Herman Aucamp

(083 519 9575) of Hester Smit (CANSA kantoor) by 022 482-1111 of 073 509 9221/ Dolly Marais by 022 486-4545 of 073 645 769. Hester Smit by die Kansa-kantoor het luminariasakkies @ R10 per sakkie. Le-Lue Roode is die MC tydens die Relay en die sangers wat gaan optree is Le-Lue, Charnay Dippenaar, Stefan Visagie, Anton le Roux, Karla Christine, Marius Swanepoel, Monique Basson, Willie van Schoor en Michael Gilman. Die oorwinnaarsfunksie/ete begin om 12:30 vir 13:00. Skakel/sms Sarie Nell by 076 528 2955 om te registreer vir die bederf-geleentheid. Moorreesburg se tweede Kansa Relay for Life vind op 8 Maart op die Gene Louw Sportgronde plaas. Dagbesoekers is welkom @ R 10.00 per persoon. Hekke open om 17:00 en belangstellendes kan bly tot 24:00. Enkellopers wat belangstel om deur die nag om die baan te loop, is ook welkom teen R50 per persoon. Kontak Babsie Horn by 082 326 3693 of e-pos haar na babsieh@overbergagri.co.za vir meer inligting. Spanne kan uit 10-15 lede bestaan en die inskrywingsfooi is R500.

EVERY DAY*

69

R

46 19

R

Fresh Bulk Lamb Forequarter Pack Consists of: Lamb Braai Chops and Stew Cuts

Per kg

Garnish and decor not included

Bulk Lean Beef Mince

Per kg

90

Farmyard Extra Large Eggs 18s

31

95 County Fair Fresh Chicken Braaipack 5s or 10s Per kg

7

95

Blue Ribbon Toaster White Sliced Bread 700g

18

90

Chatsworth: Valentynsdag is feestelik gevier met die aanwys van me. Jr. Valentine (Rafeeka Roux) en mnr. Jr. Valentine (Ryan Marais - bo).

R

Bederf:

Bejaardes van die streek is bederf met ‘n groot saamtrek in die Goeie Hoopsentrum in Kaapstad met geskenke en etes. Bo is Mustapha en Kaasa Martin.

Ontferming oor slagoffers van armoede, geweld ‘n Mens kan berge versit met dade van omgee, vertel Ingrid Lestrade, direkteur van die Goedgedacht Trust tussen Malmesbury en Riebeek-Kasteel. Hier is ontferming oor mishandelde kinders en geslagte wat in ‘n kringloop van armoede vasgevang is, hoog op die agenda. Die netbalspelers van die Leeds Grammar School in Brittanje het juis die afgelope naweek op Goedgedacht besoek afgelê om hul ARK’s (Acts of Random Kindness) te verrig. Hulle het die naweek met die kwik op 46 grade Celsius ‘n huis van veiligheid geverf en groente geplant. Die doel van die veilige huise is om plattelandse kinders wat aan geweld en mishandeling onderwerp word, oor naweke ‘n veilige hawe te bied. Volgens Ingrid is die idee agter die ARK’s om kinders van regoor die wêreld te inspireer om iets vir iemand anders te doen sonder om iets terug te verwag. “Ons het vir die afgelope twee jaar ons jongmense en kinders in die POP-program (‘’Path out of Poverty’’ of Pad uit Armoede in Afrikaans) geleer om ARK’s te doen in hulle huise, gemeenskappe, skole, kerke en enige plek waar hulle ‘n geleentheid sien. ‘’ Sy verduidelik dat die gedagte is om vir die kinders te leer dat geld nie alles is nie en dat

7

Sunshine D Lite 50% Fat Spread 1kg Tub

mense deur omgee ‘’ook berge kan versit en ver­andering kan bewerkstellig’’. ‘’Hierdie jaar hoop ons om ‘n speelpark te bou wat lyk soos ‘n ARK, ja net soos in Moses se tyd!’’ Die plan is om die eerste ARK op Goedgedacht te bou en dit dan uit te brei na ander gemeenskappe waar POP-sentrums bestaan. ‘’Ons hoop om ons professionele Suid-Afrikaners te inspireer om aan ons ouers op die plase te kom leer hoe om die ARK te bou saam met hulle kinders sodat aan die einde van die dag die negatiewe persepsie van die kinders kan verander teenoor hulle ouers en wedersyds. ‘’Ons praat van die bose kringloop van armoede op die platteland waarin talle generasies vasgevang is en hulle verhoed om hul volle potensiaal in die lewe te bereik. ‘’Hopelik sien die kinders met tyd dat hulle ouers goeie mense is en die ouers voel nie meer so sleg omdat hulle so min materiële dinge het om aan die kinders te gee nie.’’ Volgens Ingrid is die hoofprogram van die Goedgedacht Trust daarop gemik om geleent­ hede en veilige ruimtes vir kinders en jongmense te skep sodat hulle die nodige waardes, uithouvermoë, kreatiwiteit en diepte het om uit armoede te breek,” het sy verduidelik.

6

50

PnP Fresh Full Cream or Low Fat Milk 1 Litre Each

19 R 27

Bananas Loose Sell Per kg

28

R

99

PnP White Sugar 2.5kg

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

R29 Airtime Voucher

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

26

R

BUY ANY 2 FOR

Meld verdagtes aan - Moorreesburg SAPD

Die polisie op Moorreesburg maak inwoners van die streek daarop attent dat hulle op die uitkyk moet wees vir vreemde verdagte voertuie in hul areas en indien verdagte persone of voertuie opgemerk word, hulle die polisie dadelik in kennis moet stel. Die kontaknommer is 10111, of die kantoornommer van die polisie in hul dorp. Verlede week het die flinke optrede van die polisielede en publiek van Piketberg en Moor-

reesburg daartoe gelei dat vyf verdagte mans gearresteer is, nadat juweliersware en ‘n selfoon positief met hulle verbind is. “Moontlik kan die verdagtes ook verbind word met inbrake by besigheidspersele in Piketberg, Moorreesburg, Saldanha en Vredenburg,” het sersant Nicolette Visagie van die Moorreesburg-polisiekantoor gesê. Die verdagtes het reeds in die Piketberg-landdroshof verskyn.

*Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.

PRICES VALID 20 - 23 FEBRUARY 2014 AT PICK N PAY LANGEBAAN, MALMESBURY VREDENBURG AND WELLINGTON ONLY

www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

14

28 million points. days 2 winners every day.

1184568_39x4

1184568_WCape_39x4_E.indd 1

2014/02/18 1:14 PM


nuus • news

4

19 Februarie 2014

Porterville gas vir WP se Skermsweefkampioenskap Die Wes-Kaapse Ope Skermsweefkampioenskappe word vandeesweek by Porterville aangebied. Die kampioenskappe het die afgelope Sondag begin en duur tot Saterdag. Nagenoeg 80 swewers word verwag. “Die kompetisie is van dieselfde aard as die tradisionele Porterville-kompetisies, maar van die minder bekende persele in die Portervillevallei sal hierdie keer aangewend word ten einde die beste plek vir die benutting van die diversiteit en windrigting aan te wend,’’ lui ‘n mediaverklaring. As die wind reg waai sal terreine by Koringberg ook aangewend word, met die gevolg dat die dorp se inwoners vandeesweek dalk skou-

In jou baan: Jana Nel van die Swartland Atletiekklub in die swembad tydens die Laer-

skool Swartland se Malmesbury Superspar-swemgala wat verelde week op Malmesbury gehou is.

CPM swem: Die Christelike Privaatskool op Malmesbury het gister sy interkleureswemgala gehou. Bo is Kimber Nicholas van die skool in die rugslag-item.

spelagtige tonele kan gade slaan. Een van die byeenkomste in die Wêreld Skermsweefkampioenskappe is ‘n jaar gelede op Porterville aangebied. Dit was die eerste keer dat ‘n Wêreldbekerbyeenkoms op die vasteland van Afrika aangebied is. Daar word gereeld na Porterville verwys as die skermsweef-mekka van Suid-Afrika, met sy gunstige toestande vir die sport naby die skilderagtige Cederberge. Dat skermsweef ‘n duur sport is, blyk uit die inskrywingsgeld vir die WP Kampioenskappe, wat R1 900 per inskrywing beloop. Besoek die webwerf www.wcopen.net vir nog inligting oor die kampioenskap wat duur tot eerskomende Saterdag.

Steungroep vir outisme in die Swartland gestig Geskiedenis is op Saterdag, 8 Februarie op Malmesbury gemaak deurdat ‘n ondersteuningsgroep vir ouers met kinders op die outistiese spektrum gestig is. Altesame nege ouers, sowel as die twee opvoeders van die Hulpbronklasse (voorheen die Sonskynklas genoem) by Laerskool Swartland, het die vergadering bygewoon. Al hoe meer kinders word met outisme gediagnoseer en daar is heelwat leerders in verskeie skole en versorgingsentrums op Malmesbury wat aan outisme lei. Autism Western Cape is genader en almal was dit eens dat daar wel ‘n groot behoefte aan ‘n ondersteuningsgroep in die Swartland is. In die twee Hulpbronklasse van Laerskool Swartland is ses leerders, waarvan vyf in die Junior Hulpbronklas en een leerder in die Senior Hulpbronklas is. Daar is ook kinders in Jo Dolphin en by St. Thomas Primêr op Malmesbury. Die vergadering is gelei deur Babs TuswaMapena, ‘n maatskaplike werker verbonde aan

Autism Western Cape. Die missie van die ondersteuningsgroep is om ouers te ondersteun in en te bemagtig met kennis rakende die opvoeding van ‘n kind op die spektrum, asook om uit te reik na die publiek sodat almal die wêreld van outisme kan leer ken en verstaan. Daar sal elke tweede Saterdag van ‘n maand vergader word en die volgende byeenkoms sal gehou word op Saterdag, 8 Maart van 14:0016:00 in die menasie van die Korrektiewe Dienste op Malmesbury. Koffie, tee en verversings word gratis verskaf en daar is geen aansluitingsfooi betaalbaar nie. Enige persoon wat ‘n kind op die outistiese spektrum het, is welkom om by die groep in te skakel. Belangstellendes is baie welkom om met Sandra Snyman in verbinding te tree indien hulle meer inligting benodig. Kontak haar by 0839591502 of per e-pos by sandrasnyman@telkomsa.net vir nog inligting oor die onderwerp.


nuus • news 19 Februarie 2014

5


6

Rolbaldag op Yzerfontein: Op `n bloedige warm dag het 14 spanne van reg oor die Wes-Kaap aan die gewilde rolbaldag op Yzerfontein deelgeneem. Die wenners van die dag was Eddie Bremner se span van Langebaan Country Estate met die span van Malmesbury die naaswenners, terwyl twee spanne van Yzerfontein die derde en vierde plekke verower het.

smalls • dienste 19 Februarie 2014


smalls & dienste 19 Februarie 2014 Gesoek Wanted BAKKIES- Dringend nodig. Lopend of nielopend ook welkom. Kontak 082 561 3291. ----------------------------DADELIK KONTANT - lopende en nie-lopende voertuie welkom. Skakel, sms of pcm by 079 544 2824.

Dienste Services

AANDAG!- CJ TUIN-DIENSTE EN VULLISVERWYDERING! Skoonmaak van beddings. Sny van gras en rante. Afmaak van bome. Tuinuitleg. Verwyder vullis en bourommel. Gratis kwotasie. Skakel 071 274 4782. ----------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. ----------------------------ALLE NUTSMAN- en bouwerk: Bekostigbare “Handyman”. Skakel Anton by 073 133 5618. ----------------------------ALLES in een tuindiens- JK Skoonmaakdiens- Sny van grasperke en rante. Snoei van bome en struike. Skoonmaak van beddings. Uitleg van tuine. Verkoop en le van gras. Verwydering van tuinvullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. ----------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie 078 213 9857. ----------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies: 083 321 9357. ----------------------------KONTANTLENINGSgeswartlys welkom. Kontak 061 460 6669/021 910 4743. ----------------------------MS’S MIN Cleaning Services: Cleaning of houses, businesses, offices, vehicles, windows, carpets,

etc. Supervision, chemicals, equipment provided. Openings left in Malmesury and Riebeek. Contact 072 271 2881 or email amorettemeyer@ gmail.com ----------------------------SKULD KONSILIDASIE Geswartlys welkom. Ons reël vir slegs een bekostigbare paaiement. 061 460 6669/021 910 4743. ----------------------------SKUUR en Behandel van Houtvloere asook Woodstrippers. Kontak Philip 082 261 0770. ----------------------------SPINFIT spinnig beginnersklasse by Health World vanaf Maandae tot Woensdae: 18h00 @ R25 per klas. Kontak Marlette by 082 923 7798 of epos marlettexyz@gmail. com ----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. Diens en installeer ook lugversorgers. New Freeze, Royalstraat 44, Moorreesburg. 022 433 3831 / 071 953 1292 of 082 573 1589 ----------------------------VERDIEN EKSTRA as survey assistente. Wonderlike geleentheid. SMS asb u volle naam, tel, faks en/ of epos adres na 074 114 2554 vir meer inligting.

Te Huur To Let 3 SLAAPKAMER huise te huur vanaf R4000.00 tot R7500.00 per maand in Malmesbury. Kontak Melinda by 022 487 3916 of 061 056 9511.

Persele te Huur Vacant Spaces

Betrekkings Vacancies

TE HUUR/SAKEPERSELE- Sentraal geleë. HugenotestraatMalmesbury. 80vkm @ R4900.00 per maand. Skakel 083 628 9718 vir meer inligting of ‘n afspraak. ----------------------------BESIGHEIDSPERSEEL te huur @ 1500.00 per maand. Water & krag ingesluit. Lekker sentraal. Kontak 079 502 8924.

HANDLANGER benodig vir Algemene werk in Malmesbury. Sweiswerk sal tot u voordeel strek. kontak Jaco Swart Staalwerke by 022 482 4712 of 083 961 9009. ----------------------------Drywers dringend gesoek Kode 14 Email cv na:altait@ centralforklift.co.za

Te Koop For Sale STOOTWAENTJIE & karstoel te koop @ R600.00. Kontak 082 578 6384. ----------------------------VEILIGHEIDSKOENEnuut @ R100- swart paar tekkies- nuut @ R50.00 te koop. Kontak 072 245 1850.

Diere Animals

COCKER SPANIEL baba hondjies te koop. 1 Maand oud, geënt en baie goeie bloedlyn. Ook baie liefdevol en wonderlike maats vir kinders. Vir enige navrae of besigtiging kontak Hannes by 083 227 1197 of Lynette by 083 666 8947.

7


sport • sports

8

•saterdag teen wesbank

Kavaliers draf op Malmesbury uit Die Boland Kavaliers draf Saterdag in die Wesbank-stadion op Malmesbury in ‘n opwarmingswedstryd teen Wesbank uit ter voorbereiding vir sy Vodacombeker-veldtog wat eersdaags begin. Alle paaie lei dus hierdie Saterdag na die Wesbank Sportgronde waar Wesbank die wedstryd eweneens as ‘n voorbereidingswedstryd benader met die oog op die Gemeenskapsbekerkompetisie. Eduaan Howburg skryf beide spanne het redelik goed gedoen in hulle vorige twee oefenwedstryde en die Boland Kavaliers wil graag sy momentum behou wat hy Saterdag teen die Stormers in Wellington op die proef gestel het. Die Bolanders het die wedstryd met 29 - 24 gewen en daardeur gewys dat hy vanjaar beslis ‘n harde neut gaan wees om te kraak. Wesbank se spelers sal hulself ook wil bewys en definitief hande wil opsteek in die toekoms vir ‘n plek in afrigter Abe Davids se vyftiental. Wesbank, wat nog net twee wedstryde oor het voor die begin van die Gemeenskapsbeker, sal nou sy ritme en kombinasies moet vind voordat hulle in hul eerste wedstryd op Saterdag 8 Maart

teen Witbank Ferros in Witbank, Mpumalanga afskop. Wesbank se spanne het die afgelope tyd goed vertoon teen die UWK en Good Hopes en sy A span-groep het beide goeie oorwinings behaal. Die hoofwedstryd begin om 17:00 en daar sal ook voorwedstryde plaasvind tussen Roses en ‘n Boland XV, asook ander klubs en skolespanne gaan ook in aksie wees. Program op Hoofveld: 17:00 Boland Kavaliers vs Wesbank A 15:30 Boland XV vs Roses United A 14:10 Wesbank B vs Roses United B, 13:00 Wesbank C vs Roses United C. B-veld: 14:00 Dorings A vs Coronation A 13:00 Dorings B vs Saamstaan A 12:00 Wesbank Sekondêr vs Hamlets Girls 11:00 Wesbank Sekondêr 0.19 vs Hamlets 0.19 10:00 Wesbank Sekondêr 0.16 vs Hamlets 0.16 C-veld: 14:00 Coronation B vs Saamstaan United B. Die hekke open reeds om 9:00 die oggend. Toegang beloop R10 vir volwassenes, R5 vir kinders en R10 vir motors. Daar sal kroeggeriewe beskikbaar wees en streng sekuriteitsmaatreëls sal geld.

19 Februarie 2014

Gee vet ... moddervet Gemengde welslae vir Swartlandse jaers

Voor: Vier jaers uit die Swartland het Saterdag by die Tygerberg Raceway aan ‘n inter-

nasionale byeenkoms deelgeneem en om Proteakleure meegeding. Dylan Nel van Malmesbury kom hier eerste uit die draai in sy tweede wedren.

Teruggeveg:

Nadat Han-Koch Brand van Malmesbury vroeg reeds in sy eerste wedren met die muur kennis gemaak het en daar kliphard gewerk is om sy motor reg te maak, het hy verbete teruggeveg in die tweede wedren om ‘n plek los te jaag.

Swem op Moorreesburg: By Hoërskool Dirkie Uys se jaarlikse kleure-swemgala

was Hardus Dippenaar (heel regs) die senior victor ludorum, Petro Rossouw (heel links) die senior victrix ludorum, Willie Hanekom was junior victor ludorum en Marike Bester die junior victrix ludorum. Hardus het nuwe rekords opgestel in 25m en 50m borsslag.

Swartlanders in Boland-groep Daar is nagenoeg vyf Swartlanders en die spanbestuurder in die Boland Kavaliers se rugbygroep wat die afgelope Saterdag teen die Stormers uitgedraf het. Boland het 29-24 gewen. Twee van die skrumskakels in die groep, Evan Liedeman van Wesbank en Juwell Samuels (Never Despair), speel vir Swartlandse klubs. Samuels is verlede jaar ook na ‘n oefenkamp van die nasionale sewesgroep op Stellenbosch genooi, waar hy oor ‘n maand lank saam met die Blitsbokke geoefen het. Denzil Adams (Wesbank), is as slot en flank by die Kavaliersgroep ingesluit.

Juwell Samuels

Dan het Christiaan Rust, wat tot onlangs by die Blou Bulle was, hom weer op Malmesbury kom vestig. Hy was nie Saterdag in die opdrafspan nie, maar kan as heelagter, senter of losskakel deur die Kavaliers ingespan word. Angelo van Niekerk, tans losskakel by Mamre, ook bekend as Poena, het aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury gematrikuleer. AK Warnick, voorsitter van Darling, is die Boland Kavaliers se spanbestuurder. Die Boland Kavaliers se opdrafspan was: 15. Eric Zana 14. Danwill Demas 13. Chesswin Williams 12. Albert Trytsman 11. Cheslyn Roberts 10. Ricardo Croy 9. Evan Liedeman 8. Zandré Jordaan 7. PJ van Zyl 6. Franzel September 5. JC Astle 4. Hanno Kitshoff 3. Martin Dreyer 2. Clemen Lewis 1. Kwezi Mkafu. Res: 16. Jacques Kotze 17. Ulrich Pretorius 18. Rossouw Kruger 19. Ben Venter 20. Denzil Adams 21. Dumisane Meslane 22. Bradley Ruiters 23. Juwell Samuels 24. Len Olivier 25. Liam Draycott 26. Edwinn Sass 27. Brendon April 28. Christiaan Rust 29. Ashton Constant 30. Jovelian de Koker 31. Angelo van Niekerk. Hoofafrigter: Abe Davids; assistant-afrigter: Dewey Swartbooi; spanbestuurder: AK Warnick; fisioterapeut: Aneurin Robyn; biokinetikus: Jacques van Blerk; spandokter: dr. Ferdi Evan Liedeman Adams.

Pa en seun:

Pa Nicky (agter) en Raniël Koegelenberg van Riebeek-Wes het weer saamgejaag in die Hot-Rod afdeling om onder die top-vyf Suid-Afrikaners te eindig vir Proteakleure. Nicky het die vorige naweek reeds Proteakleure verwerf.

Teenspoed: Sommer vroeg-vroeg in die kompetisie tydens die eerste wedren om hul Proteakleure te verwerf, het die twee Swartlanders, Han-Koch Brand en veteraan Nicky Koegelenberg teenspoed opgetel en moes hul die res van die wedren as toeskouers meemaak.

Vlegseljaer: Mariette Brand van Malmesbury het onlangs haar buiging in dié motorwedrenne gemaak. Die baan was Saterdagaand aanvanklik baie glad en die modder het hulle behoorlik laat bontstaan om om die draaie te kom.


buite•ekspo

PROMOSIE

19 Februarie 2014

 

                        



                              

            

                              

    

       

V


VI

buite•ekspo 19 Februarie 2014

Mynhardt

se

Nic

&


buite•ekspo 19 Februarie 2014

PROMOSIE

swartland kalender/diary

VLV Malmesbury 19 Februarie - Annemi Boshoff, Opvoedkundige Sielkundige, is om 9:30 die spreker in Malmesbury Gholf Klubhuis @ R20 vir nielede. Die VLV vergader een keer per maand vanaf 9:30 – 12:00 met sprekers en tee. Jeanette by 022 487 2377 of 071 643 5805 Netbal: Algemene Jaarvergadering 19 Februarie - Die Weskus Netbalunie nooi alle netbalklubs na die eerste Algemene Jaarvergade­ring wat gehou sal word om 19:00 by die Koringmuseum op Moorreesburg. Ou en nuwe lede almal welkom. Madelein Horn by 072-601 0994 Deeltydse predikers vergader 20 Februarie - Alle deeltydse predikers wat nie bedags kan vergader nie, kom om 19:30 in die Volle Evangeliekerk in Freesiastraat, Malmesbury, bymekaar vir slegs een uur. Pastoor Mesani: 082 5000 513. Relay For Life Porterville 21 & 22 Februarie - Die Voorberg sportgronde huisves die Relay, ‘n deurnag­ geleentheid vir kankerpasiënte en hul families/vriende. Spaninskrywings is R600 per span en sluit 15 luminaria sakkies in. Skakel Rita Adams @ 083 233 2173. Gwendoline Kriek sing op Darling 23 Februarie - Gwendoline Kriek, wat bekend is vir haar kinderbediening, tree om 9:00 op by die Lewende Woord Darling in Arcadia-straat. Almal welkom. Kontak 022 492 3070 tussen 9:00-13:00 Kerkdiens op Malmesbury 23 Februarie - Die AGS Corpus Christi hou om 09:30 hul oggenddiens, gelei deur Roderick Onverwacht. Titel: Don’t Give Up! Die aanddiens volg om 08:30, gelei deur Anina Cloete. Navrae: 073 447 2902 Big Brag Gala 28 Februarie – Die Swartland Swemklub se

VII

swemmers, hou hul Big Brag-gala vanaf 15:00. Kontak Adele Brand 0824062712. Druiwetrap op Darling 1 Maart - Kom trap druiwe by die Darling Wynkelder vanaf 7:45 teen R220 (volwassenes) en R150 (tieners) en R80 (kinders onder 12). Bring swem- en piekniekklere en maak jou reg vir groot pret, musiek, stalletjies en pryse Besprekings noodsaaklik: tasting@darlingcellars.co.za Kattebakverkoping op Malmesbury 1 Maart - Malmesbury Museum bied ‘n kattebakverkoping van 8:30 tot 12:00 aan teen R50 per stalletjie of motor. Bespreek betyds by Lyn: 022-482332 tussen 9:00 en 14:00. Hardloop op Moorreesburg 1 Maart - Die 25ste MKB Swartland Halfmarathon, 10 km en pretloop begin om 7:00, 7:15 em 7:30 by die Gene Louw Sportgronde op Moorreesburg. Hardlopers kan nou reeds inskryf, asook die oggend voor die wegspring. Die dag, ter nagedagtenis aan die atletiekkommentator en skrywer, wyle Frans du Toit, word aangebied deur die Swartland Atletiekklub. Dienie by 022 433 1895 of 082 895 8395. Relay for Life op Malmesbury 1 en 2 Maart - Die jaarlikse Relay for Life op die gronde van Hoërskool Swartland. Dié deurnag­geleentheid herdenk en eer almal wat stry teen kanker. Spanne wat deur die nag stap, kampeer en fondse insamel, kan nou reeds inskryf. Skakel Kansa by 022 482 1111. Moorreesburg-verkoping 1 Maart – Verkoping uit motors se bagasiebak by Moorreesburg museum van 8 -12. Gholfdag op Malmesbury 1 Maart - Laerskool Riebeek-Kasteel bied die Shiraz Country Classic by die Malmesbury Gholfklub aan. Groot pryse te wen. Kontak Tony Goosen by clubmanager@ cornergate.com of Yvette Puchert by yvettepuchert@telkomsa.net om te bespreek.


courant

die

SPORT

tel 022 487 3221

19 Februarie 2014

4x4 en volop aksie

Sportuitslae - Sports results Malmesbury Gholfklub WOENSDAG - Enkel Stableford (Rola Sundowner): Tiaan van Lill 21 Andre Ackerman 21 George Prinsloo 19 Martell van Lill 18 Wynand van Niekerk 18 VRYDAG - Enkel Stableford: Sundowner: McNeil Hendricks 23 Marcell van Lill 21 Jacobus Snyders 21 Martell van Lill 20 Neels Welman 20 SATERDAG: Spirit Cup-kompetisie Melichia Basson (Dameskaptein) se Pink Panther Span 36,5 Du Toit van Zyl (Klubkaptein) se Wonder Whackers Span 26,5

by kykNET Buite-ekspo

Malmesbury Tennisklub GEMENGDE LIGA: MALMESBURY A TEEN PAARL A MALMESBURY VERLOOR 6 WEDSTRYDE TEENOOR 2. Braam Isaacs v N.Stephan 5/5 ; Prysgeggee Dmitri Marais k H.Breytenbach 6/0 ; 6/0 Demi Rose v M.le Roux 3/6 ; 0/6 Lisa-Mari Lategan v L.Prinsloo 0/6 ; 0/6 David Isaacs & Annette de Wet v J.Zulch & D.Prinsloo 4/6; 1/6 Braam Isaacs & Demi Rose v N.Stephan & M.le Roux 1/6 ; 6/7 Dmitri Marais & Lisa-Marie Lategan v J.Zulch & D.Prinsloo 2/6 ; 5/7 David Isaacs & Annette de Wet k H.Breytenbach & L.Prinsloo 6/2; Prysgeggee GEMENGDE LIGA: MALMESBURY B TEEN REKREASIE MALMESBURY SPEEL GELYKOP MET 4 WEDSTRYDE ELK Dirk Lategan & Irvan Turner v M.Hoffman & A.Putter 6/7 ; 2/6 Divan Robertson & Daryl Blom k A.Gentle & D.Olivier 6/0 ; 6/1 Leria de Jongh & Mariata Malherbe v L.Griessel & T.Ackhurst 1/6 ; 1/6 Resse Neethling & Mariethna Petersen v K.Roux & Tessa 2/6 ; 2/6 Dirk Lategan & Leria de Jongh v M.Hoffman & L.Griessel 5/7 ; 4/6 Irvan Turner &Mariata Malherbe k A.Putter & T.Ackhurst 6/4 ; 7/5 Divan Robertson & Resse Neethling k A.Gentle & K.Roux 6/2 ; 6/2 Daryl Blom & Mariethna Petersen k D.Olivier & Tessa 4/6 ; 6/2 ; 7/6 GEMENGDE LIGA: MALMESBURY C TEEN KUILSRIVIER C MALMESBURY VERLOOR 7 WEDSTRYDE TEENOOR 1. Carel de Jongh & Sarel Steyn v P.Schonees & N.Harmse 2/6 ; 2/6 Mauritz van den Heever & Morne van Zyl v B.Brand & H. Bebber 1/6 ; 4/6 Gabby Rose & Tania Strydom v D.Maarman & A.vSchalkwyk 4/6 ; 2/6 Andrea Gouws & Nicolette Brand v B.Spies & A.Kitshoff 5/7 ; 6/0 ; 6/7 Carel de Jongh & Gabby Rose v P.Schonees & A. v Schalkwyk 6/4 ; 0/6 ; 6/7 Sarel Steyn & Tania Strydom kN.Harmse & D.Maarman 4/6 ; 6/3 ; 7/6 Mauritz van den Heever & Andrea Gouws v B.Brand & B.Spies 3/6 ; 1/6 Morne van Zyl & Nicolette Brand v H.Bebber & A.Kitshoff 3/6 ; 4/6 GEMENGDE LIGA: MALMESBURY D TEEN DRAKENSTEIN A MALMESBURY VERLOOR 5 WEDSTRYDE TEENOOR 1. John O’Reily & Sunette Botha v J.Morgan & N.Landsman 1/6 ; 5/7 Eric Hoffman & Jessie Liebenberg v M. Frantz & E.September 6/1; 4/6; 6/7 Euryan Williams & Christo Jasson v F .Plaatjies & F. Muller 3/6 ; 1/6 Jessie Liebenberg & Sunette Botha k E. September & N. Landsman 6/2 ; 6/3 John O’Reily & Eric Hoffman v F.Plaatjies & F.Muller 1/6 ; 0/6 Euryan Williams & Christo Jasson v J.Morgan & M. Frantz 2/6 ; 1/6

Die 4x4-aksie by vanjaar se kykNET Buiteekspo sal enige geesdriftige sy lippe laat aflek. Van veldrenne saam met Sarel van der Merwe tot die bekende aanbieder van kykNET se Safari 4x4 Roetes, André de Villiers, sal hul slag kom wys. Ook die Wes-Kaap 4x4-Uitdaagklub sal op ‘n unieke baan kom kragte meet om te kyk wie die eerste wenner op dié terrein is.

WCCC Western Cape Challenge Club

Sarel van der Merwe

Malmesbury Krieketklub Malmesbury teen Mamre 20/20 Malmesbury 161/5 Llewellyn Koopman 62 Riaan Vercuil 32 Keith Bruintjies 19 Mamre 122/9 Keith Bruintjies 2/26 Furlow Theron 2/16 Malmesbury wen met 39 lopies Piketberg Krieketklub Piketberg teen Maties Wedstryd sal later plaasvind.

uitslae geborg deur

André de Villiers

Carling Black Label Cans or Non-returnable Bottles 24 x 340ml

140

R

Per Case

Graça White or Rosé 750ml Each

25

EVERY DAY*

99

R

R

Stonedale Chenin Blanc or Shiraz 750ml Each

20

R

Magnum Cream Liqueur 1 Litre

Harrier Whisky 750ml

Russian Bear Vodka 750ml

69

R

PRICES VALID 20 - 23 FEBRUARY 2014 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, STELLENBOSCH SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

75 R90

R

Klipdrift Export Brandy + Deposit 750ml

14

28 million points. 2 winners every day. days

1184563 _10x8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.