Uitgawe 300 3 Des 2014

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland

3 Desember 2014

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 300

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die koor Maandagaand op Piketberg saam met die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille.

• BERGRIVIER-SANGERS LAAT PREMIER BEWOë

Zille sien koor af Dit is sekerlik hoe ‘n komponis sy koorwerk sal wil hoor: suiwer en bekoorlik soos die Bergrivierkoor dit doen. Premier Helen Zille het Maandagaand, op die vooraand van die koor se oorsese toer, ‘n verrassingsbesoek aan die lede gebring – te oordeel aan die trane in haar oë, was sy netso verras. “Hier, in die mooiste kerk in die Wes-Kaap, het ek vanaand aanbidding gehoor vir een God wat ons aanmekaar bind,” het sy gesê. Die koor, wat vandag vertrek, se grootste wens was om ‘n video van Zille saam te neem oorsee. Toe oortref sy hulle stoutste verwagting en daag self daar op. “Dit is ongelooflik om die samewerking oor

alle granse hier te sien. Wat ander mense in ander lande verdeel, is juis wat ons bymekaar bring. “Dankie aan wat julle vir Suid-Afrika en ook die Afrikaanse taal gaan doen,” het sy hulle voorspoed op die reis toegewens. Die koor het 62 lede onder koormeester Sherlock Fortuin, president Lucille Domburg en onderkoorleier Alison Muller. Hulle gaan eers Amerika toe en op 11 Desember vertrek hulle na België vir die tweede been van die toer. Hulle keer weer op 18 Desember terug. Burgemeester Evert Manuel het die toer as geskiedkundig beskryf en al die rolspelers be-

dank wat dit moontlik gemaak het.’ Koormeester Sherlock het ook ‘n spesiale toekenning van die stadsraad ontvang vir sy uitsonderlike bydrae aan die gemeenskap. “Ek het nog nie iemand ontmoet wat soveel talent van die Here ontvang het en dit só tot die beste gebruik nie,” het die munisipale bestuurder, advokaat Hanlie Linde, gesê. Sy is self ook deel van die koor. Daar is vertel van meer as 18 maande se harde werk om geld bymekaar te maak vir die toer. Nou is dit net vir pak, die nuwe serpe wat toerisme geskenk het om die nek sit, en dan lê die verre, vreemde voor.

dié courant vier

300 uitgawes

van goeie en opbouende nuus!

NUUS • NEWS

3 Desember 2014


NUUS • NEWS

2

3 Desember 2014

SM-brokkies uit die raad

Baljaar: Die leerders van die Badisa Carneys Educare op Malmesbury het gister in die munisipale swembad op dié dorp baljaar as deel van hul jaarafsluiting.

• ‘n Bedrag van R6 550 000 is in die huidige boekjaar beskikbaar vir die herseël van bestaande teerstrate in die Swartland munisipale gebied. ‘n Verdere R827 000 is uitgesit vir die herseël van Yzerfontein se haweblad en R736 512 vir onderhoud aan geproklameerde hoofpaaie. ‘n Voorlopige herseëlprogram is opgestel, wat afgeskaal sal word volgens die uitgawe aan voorbereidingswerke. • Verteenwoordigers van die Kaapse/Weskus Biosfeer Reservaat het onlangs ‘n voorlegging aan die raad se portefeuljekomitees gedoen. Hulle het veral klem gelê op die organisasie betrokkenheid by die skep van werksgeleenthede en kapasiteitsbou; die bewaring van gebiede en die ekonomiese voordeel wat daaruit verkry kan word; die gereelde kommentaar deur die organisasie op grondgebruiksaansoeke en vennootskappe met CapeNature, Departement van Landbou, munisipaliteite, AfriSam SANparke, VWF ens; en opvoeding aangaande die omge-

'Selfie' met die premier:

Koormeester Sherlock Fortuin neem ‘n foto van homself saam met premier Helen Zille.

wing by geïdentifiseerde skole. Daar is ook gekyk na die ontwikkeling van voetslaan-, kano- en fietsryroetes; en die bevordering van toerisme. Die bespreking wat gevolg het, het hoof-saaklik oor die voordele van die R27Hub by Yzerfontein as ‘n strategiese punt om inligting oor die Weskus aan besoekers te gee, en die voordele wat dit vir die toerismebedryf inhou, gehandel. • Raadslid Willem Wilskut het gevra dat ondersoek ingestel word na die onwettige minibus-taxis wat in die Swartland-area doen, asook die minibusse wat buite hulle jurisdiksie besigheid doen. Raadslid John van der Merwe het by hom aangesluit en gevra dat daar gesprek met die Departement van Openbare Vervoer gevoer moet word, aangesien openbare vervoer ‘n probleem in die Swartland is - die tekort daaraan, asook die omvattende omvang van onwettige minibus-taxis.


NUUS • NEWS

3

3 Desember 2014

• PROF PETERSEN 'n OUD-SCHOONSPRUITER

Kandidaat vir rektor is ‘n tuiskind ‘n Bekende akademikus en ook oud-leerder van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, professor Francis Petersen, was een van die topaanspraakmakers vir die pos as rektor van die Universiteit Stellenbosch. Prof Petersen, ‘n vise-kanselier by Universiteit Kaapstad, was op die kortlys saam met prof Wim de Villiers (ook van UK) en prof Vivienne Lawack (Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit). Prof Petersen, wat in Palmboomlaan op Malmesbury opgegroei het, is op 1 Oktober as visekanselier van UK aangestel, die kroon op sy uitgebreide ondervinding van bestuur in sowel die industrie as die akademie. Prof Petersen was onder meer uitvoerende hoof: strategie by Anglo American Platinum, uitvoerede vise-president: navorsing en ontwikke-

ling by Mintek, en hoof van die department chemiese ingenieurswese by die Kaapse Technikon. Hy het in 2008 by Universiteit Kaapstad aangesluit as dekaan van die fakulteit ingenieurswese. Hy dien op verskeie universiteitskomitees en is ook lid van die UK-raad en voorsitter van Raad vir die World Design Capital 2014. Prof Petersen gradueer aan die Universiteit Stellenbosch met B. Ing (Chem) in 1988, M. Ing (Metaal) in 1991 and Ph.D (Ing) in 1995. Hy is ‘n ontvanger van die Ernest Oppenheimer Gedenktrust en ook ‘n toekenning as Navorser van die Jaar van die Kaapse Technikon. Hy het al 150 tegniese publikasies die lig laat sien en skryf gereeld vir internasionale tydskrifte. Prof Petersen is ook ‘n geregistreerde professionele ingenieur by die SA Raad van Ingenieurs. • Prof de Villiers is Dinsdagmiddag as die nuwe rektor aangewys.

Professor Francis Petersen

Bewusmaking:

Die jaarlikse bewusmakingsveldtog teen HIV/Vigs en die 16 Dae van Aktivisme is Maandag van stapel gestuur, met ‘n reuse-padblokkade by die weegbrug net buite Moorreesburg. In sy bedanking het burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, raadslid Harold Cleophas, sy dank uitgespreek teenoor lede van Korrektiewe Dienste, die polisie, die verkeersafdeling, gesondheid en sosiale ontwikkeling. Nagenoeg 204 voertuie, en 71 vragmotors is tydens die blokkade gestop. Boetes ten bedrae van R16 000 is in die tyd uitgereik aan verskillende oortreders. Die blokkade het ook voorsiening gemaak vir diegene wat hulle HIV-status wou weet. Hier is uitvoerende burgemeester van die Swartland raadslid Tijmen van Essen en raadslid Marlene van Zyl, besig om hulle status vas te stel.

SM wend pogings aan vir invordering van skuld Swartland Munisipaliteit het in November aanmanings uitgereik ten opsigte van alle rekeninge wat 30 dae en langer uitstaande is, met agterstallige bedrae van R100 en meer. Kenny Cooper, direkteur finansies, sê hierdie is ‘n poging om uitstaande skulde te vorder en die munisipaliteit in staat te stel om finansieël volhoubaar te bly, ten einde voortgesette basiese dienste te kan lewer. Die munisipaliteit doen ‘n beroep op alle in-

woners wat so ‘n aanmaning ontvang, om gehoor te gee daaraan en die kredietbeheer afdeling so spoedig moontlik te skakel om sodoende verdere geregtelike stappe te voorkom. Indien die rekening na datum van die aanmaning reeds ten volle vereffen is, of aanvaarbare reëlings met die kredietbeheer afdeling getref is vir die betaling van die verskuldigde bedrag, is inwoners versoek om die skrywe te ignoreer.

Santa’s Choice in Meat

THE BEST FOR FESTIVE SAVINGS! DELI

MINI FESTIVE HAMPERS: Boneless Gammon & Corned Tongue

55.99 56.99 p/kg

BONELESS GAMMON:

p/kg

Pork Loin Roast or Loin Chops

59.99

p/kg

6kg Chicken Freezer Bag

159.99

Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 03 December until Saturday 06 December 2014. While Stocks Last. E&OE

Kasegrillers

p/bag

Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

6.59

per 100g

800g Cooked Salami

17.99 each


NUUS • NEWS

courant

3 Desember 2014

Gedenk: Korrektiewe Dienste het Donderdag 'n funksie op Malmesbury gehou ter gedagtenis aan mense wat deur MIV/Vigs geraak is en ook vir die begin van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Hier is Sabelo Mzanywa, areakommissaris Weskus-bestuursarea (regs), saam met (van links) Vivian Sheldon van Korrektiewe Toesig wat die duiwe loslaat, Johan le Grange (areakommissaris Overberg-bestuursarea, agter), Danie Taljaard (waarnemense areakommissaris Voorberg-bestuursarea), Hilda Immelman (hoof Medium A-gevangenis, Malmesbury) en Imam Ebrahim Meyer (Imam vir Moslem-gevangenis in die Weskus-bestuursarea).b

dié

4

300 keer dankie

As water so maklik van 'n eend se rug kan rol, is dit straks gevaarlik om op die rug van gister te ry en dink jy gaan daarom môre ook nog bo bly. Dikwels word gesê 'n fotograaf is net so goed soos sy laaste foto of die sangeres so goed soos haar laaste vertoning. As ons, uiteraard redelik trots, vandag hierdie 300ste uitgawe van dié courant vashou, is dit ook met groot dankbaarheid en die wete dat niks vanselfsprekend is nie. Dit is Rose Kennedy wat gesê het die lewe gaan nie oor mylpale nie, maar oor oomblikke. Wel, dit is een ding wat mens leer as jy in tye soos hierdie enige ondernemingtjie bo sypaadjie-hoogte wil lig. Elke klein mylpaaltjie staan weliswaar agter jou geplant, maar omkyk en grootkopkry is fataal. En in elk geval, as jy ooit weer by hulle wil uitkom, moet jy agteruit gaan. Maar oomblikke in oorvloed, ook hierdie een, is kosbaar. BAIE, Baie Dankie aan elkeen - leser, adverteerder en ondersteuner dat julle hierdie droom, wat as't ware daagliks met 'n nuwe storie-inhoud oorgedroom word - help bewaarheid. Die dag toe die saadjie geplant is vir die idee om op unieke positiewe wyse te help bou aan die groter Swartland en sy mense, voel nou skielik lank gelede. Die 300 uitgawes en die duisende woorde en kilometers papier later is dit net deur genade en elkeen wat hier lees, te danke dat 'n Goeie Nuus-Gemeenskaps'courant' - so uniek soos ons streek en sy mense aan die voorpunt van baie - nog kan bestaan en ons gemeenskap help bind en bou. Dit 'n voorreg om die Swartland, aan die hand van die Swartland self, só te kan dien met 'n versugting dat hierdie bou sal voortduur en uitgebou word - ook na elders. Ons vier die lewe en klink 'n glasie op die Swarltand!!!

Dis Goeie Nuus

dr Andrew Bosman

Almal wil geskenke hê Of ons by ‘n motorhawe of waar ook al stilhou in Desembermaand word ‘n hand uitgesteek vir ‘n “Krismis”. Die winkels het al met advertensies in November begin adverteer. Die kinders maak hulle behoeftes bekend, miskien help dit! Hierdie tyd van die jaar is ‘n aftelling en ‘n afwagting vir Kersfees. Die verjaardag wat gevier word en die Een wat verjaar, word nie altyd in berekening gebring nie. En ons as gelowiges, watter boodskap dra ons oor aan ons kinders? Petrus skryf dat ons soos gehoorsame kinders nie ons lewe moet inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in ons onwetendheid bestaan het nie. Maar soos Hy wat ons geroep het heilig is, moet ons in ons hele lewenswandel heilig word. Dit beteken afgesonder vir God wees en lewe. Ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Ons is slegs vreemdelinge op aarde. Jakobus beskryf ons lewe as ‘n damp wat vir ‘n kort rukkie verskyn en daarna verdwyn. Ons is nie deur goud of silwer losgekoop nie, maar deur die kosbare bloed van Jesus, ons Redder, die Een wie se koms ons met Kersfees vier. Dit is die groot geskenk wat ons moet ontvang en ook met ander moet deel.

'Elke kind moet ‘n droom hê' Lee Andrews (hoof: spesiale jeugprojekte) saam met vier van die ses seuns wat tans in basiese sweiswerk opgelei word. Hulle is Cecil, Jardon, Brandon en Cupido. Regs is Kevin Persens, ’n gekwalifiseerde sweiser wat sedert Julie vanjaar die sweisklasse weeklks vir die seuns aanbied. “Dit was nog altyd vir ‘n groot hartseer dat ons kinders nie altyd toegerus is met lewens- en handvaardighede wat hulle nodig het vir die groot uitdagings wat daar buite vir hulle wag nie,” vertel Kobus Smit, uitvoerende hoof van Huis van Heerde op Moorreesburg. Hy is opgewonde oor die suksesse wat hulle reeds met die Vroeë Kinderontwikkelingsporgram bereik het en die afgelope twee jaar het hulle ook ‘n optimale stelsel ontwikkel om kinders, baie benadeel en minderbevoorreg, te help ontwikkel. “Ons bestee R4000 per maand aan elke kind, waarvan net R2650 van die staatsubsidie kom. Ek voel dit moet ‘n effektiewe belegging in ‘n kind se toekoms wees,” het hy aan dié courant vertel. Hulle het die Anna Foundation op Stellenbosch genader en met hulle hulp is ‘n onafhanklike ontwikkelingsplan vir elke kind opgestel. “Kinders van 6 tot 17 jaar wat akademies sterk is, volg nou elke middag van die week ‘n aanvullende leerplan. Dit word die drie R-plan genoem: Reading (lees), Running (spierontwikkeling) en Righting (lewensvaardighede).” Die suksesse is reeds daar: “Ons het in die derde kwartaal vanjaar die beste akademiese prestasies ooit behaal. “Maar die behoefte was nog daar: wat van die res?” Hulle het gaan kyk na talente en heel eerste het die Michael Jackson 6-dansgroep ontstaan. Hulle en die 'gumboot'-dansers het reeds voor honderde mense opgetree in die Barnyard-teater, Bellville-teater, by die Arabella gholflandgoed en talle winkelsentrums. “Talentwontwikkeling is baie belangrik. Só het ons nou ‘n sangleerder en 12 skopboksers.” Toe het hulle gaan kyk na praktiese handvaardighede en met die hulp van die Swartland Munisipaliteit is daar ‘n werkswinkel vir sweisopleiding ingerig. Ses leerders het in Junie met klasse begin in die ou Kommando-gebou, wat deesdae as die Futura Gemeenskapsentrum bekend staan. Hier staan Lee Andrews, hoof: spesiale jeugprojekte, aan die stuur van sake en met die hulp van Kevin Persens, ’n gekwalifiseerde sweiser, bied hulle muwe vooruitsigte aan die seuns.

Ook op die perseel, is ‘n groenteprojek. Hier grawe Billy Hansen in die grond met nege baie ywerige landbouertjies. Hulle word bygestaan deur Johann Meij van die Departement Landbou, wat help met apparaat, bemesting, opleiding en netwerking. “Hierdie projekte is nie net goed vir die kinderhuis nie: Dit is goed vir die kinders se toekoms en sal hulle uit die staatsubsisielyne hou,” het Smit aan dié courant gesê. • Smit het weereens ‘n beroep op koringboere gedoen om ‘n helpende hand na die kinderhuis uit te steek met hulle huidige vervoerkrisis. Die tehuis se bussie is onlangs in ‘n ongeluk afgeskryf. “Ons het nou met MKB en Kaap Agri se goedkeuring ons `Koringkorrels-vir-Kinders’-projek geloods. Ons vra dat ’n koringboer, waar moontlik, ’n ton, halfton of meer van sy oes vir Huis van Heerde se krediet skenk.” Huis van Heerde het rekeningnommers by Kaap Agri en MKB en is ’n BTW-geregistreerde en Artikel 18A-instansie, dus sal die nodige belastingvrystelling-dokumente aan skenkers uitgereik word. Terselfdertyd het Smit Darling Kelder bedank vir hulle R20 000-skenking. Volgens Smit was die nuus wat hy van Riaan de Waal, hoofbestuurder van Darling Kelder, ontvang het, letterlik manna uit die hemel. “Dit is absoluut verblydend dat ‘n instansie soos Darling Kelder, sy lede en sy personeel met die hulp van sy belangrike voorsieners by die kelder se onlangse gholfdag ’n wynveiling gehou het met Huis van Heerde as die begunstigde. "Hierdie inisiatief in belang van al die benadeelde en minderbevoorregte kinders van die enorme en meesal arm plattelandse area wat ons reeds vir 96-jaar bedien, is inderdaad ’n voorbeeld vir ander om te volg. Ons kan net ons grootste dank aan hulle almal oordra.” Mnr Smit het weer beklemtoon dat Huis van Heerde ten volle aan BBBEE-vereistes voldoen en ook ’n BTW-geregistreerde en Artikel 18A-instansie is. Die nodige belastingvrystelling-dokumente kan aan skenkers uitgereik word. Skakel hom by 082 374 7458 of 022 433 1042.


NUUS • NEWS

5

3 Desember 2014

Yzerfonteinbrokkies At the sea

Buitelug-pret op Yzerfontein • Elke jaar in Desember kom die gemeenskap van Yzerfontein bymekaar om pret en plesier te reël vir al die vakansie besoekers en terselfdertyd geld in te samel wat weer teruggeploeg word in projekte tot die verbetering van die dorp en gemeenskap. Die Yzerfontein Bootklub het begin met die Snoek “Classic” en hieruit het die Snoekfees sy ontstaan gehad. Die fees vind vanjaar op 15 Desember plaas. Tel: 082 824 1404. • Johan de Villiers, voorsitter van die Yzerfontein Sport- & Ontspanningsklub, het aangekondig dat die jaarlikse Snoek Classic sal voortgaan op Saterdag 20 Desember. Die klub sal die gasheer en venue wees.Inskrywings kan by die klubbestuurder, Karin Hubbard, gemaak word by 022 451 2819. • Die Yzerfontein Buurtwag beplan ‘n pretdag in die parkeerarea by die hoofstrand vir die Yzer Challenge op Saterdag 20 Desember. Dit behels die Yzer3Kamp (swem 200m, fietsry 12km en hardloop 8km), ‘n fietsroete van 12km, ‘n hardlooproete van 8km en ‘n stap- of “dog walk”-roete van 5km. Die eerste wegspringtyd is om 06:00 en die prysuitdeling is teen 08:00. Die inskrywingsfooi is deur die bank R50 per deelnemer. Vooraf-inskrywings word aangemoedig en kan nou reeds gedoen word – inskrywingsvorms en wedloopnommers is by die kantoor by F Duckittstraat 63 beskikbaar. Navrae: Alfie van Litsenborgh by 022 451 2747 (kantoorure), 082 966 7166 of stuur ‘n epos aan alfievlits@gmail.com, yzerfonteinarmedresponse@telkomsa.net of Buddy de Beer by 022-451-2320, 083 234 7319 of e-pos fandm4@ telkomsa.net.

Kompetisie wenners

Die wenners van die vyf dubbelkaartjies na Klassieke Kersfees is: Berta Truter van Moorreesburg, Ina Basson van Moorreesburg, Gwyneth Berger van Malmesbury Susan Bester van Malmesbury en Marina Grobbelaar van Piketberg.

IEMAS Accounts Open 6 December 2014 Clover The One Fresh Milk 1% Low Fat 2 Litre

SAVE R3

18 59

90

89

R

R

Bulk Thick Cut Matured Vacuum Packed Rump or Porterhouse Steak Per kg

Beef Topside or Silverside Roast Per kg

Selected products on this page have been styled for photogra photography

Best value on these 6 fruit & veg offers Valid 2 - 7 DECEMPBER 2014

6

95 95 1 0 3 27 PnP Mushrooms 250g

PnP Carrots 1kg

Crosse & Blackwell M Mayonnaise Assorted 750g-790g Each

BUY 2 FOR

47

PnP Onions 2kg

17

90

R

33

95

SAVE R4

County Fair Riverside Whole Bird in Tray with Giblets Per kg

PnP Avocados Loose Sell

PnP Crisp Lettuce Head Each

Terms and conditions apply.

FRESH

20 895

R

R

95

PnP Potatoes 7kg

BUY 3 FOR

Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub Nestlé Cremora Coffee Creamer Assorted 1kg Each

SAVE R9

25

90

32 21 SAVE 2.70

90

90

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

Jungle Oats 1kg

SAVE 3.50

19

90

Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg

Buy 6 bottles of wine and get the cheapest one

FREE.

VALID ON ALL 750ML WINE AND SPARKLING WINE PRICES VALID 25 NOVEMBER - 7 DECEMBER 2014

Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za

S VE Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

BUY ANY 4 FO FOR

20

R

Sec Securex S Soap Assorted 200g Asso

SAVE 1 1

72

90

42

90

PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s

Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Liquid Capsules 16s Each

Don’t pay a cent more than you have to this Christmas. See in store for details. www.picknpay.co.za/brandmatch

PRICES VALID 2 - 7 DECEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. smart shopper points will still apply in Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Liquor not for sale on Sundays. Buy aid cards not accepted at the following store: Strand Street. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Some products may not be available in all stores. Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1187271_390x198


NUUS • NEWS

6

3 Desember 2014

‘n Dag vol onthou en swier vir Aandskemering R12 000 geïn vir beter geriewe

Uitgevat:

Casper Dreyer, Karien Kritzinger en Babs Moolman sit in afwagting vir die program om te begin. Agter is Yvonette Norton, Hermien van Zyl, Marieta Jooste (Aandskemering), Anita Steyn, Petro Ellis en Marié Viviers.

Dalene Senekal kry ‘n drukkie van een van Bet-El-kids, Ninke-Maré Knoetzen, wat saam met Gwendoline optree.

Monique Hier staan Melt van Aarde, Marius le Roux, Elsa DriBasson ury, Lynette Taljaard, Cora Neethling en Sonja van Blerk. Voor sit Joey het die Loots, Elsabé de Vries, Marieta van der Merwe en Vivien Saayman (beoggend stuurder, Aandskemering). afgesluit. ie tyd loop aan, maar ons vergeet nie. Dit is in die volgene oggend dra hulle haar ma uit die hotel, die tehuis wat reeds die afgelope twee/drie maande ons hart, in ons kop gekerf. hopitaal toe. “’n Paar minute later is sy oorlede en heeltemal vol is, sal dié diens in ‘n groot behoefte Anita Steyn het Donderdag by die funksie ons moes terug na ‘n nuwe werklikheid.” voorsien. vir Aandskemering by Allesverloren in die Riebeek“Ons grootste nood is volle sorg. Ons het op die Dit was ook die begin van haar lang soektog na vallei, diep getrap in die onthou, nostalgies oor haar die liefde wat daardie klein dogtertjie ervaar het. oomblik 33 mense in die siekeboeg en nog 22 in ouma. semi-versorging.” Twintig jaar later was sy geskei en ‘n alleenma. “Sy was ‘n sterk vrou, ” het sy onthou en aan die ‘n Skenking het hulle nou in staat gestel om ‘n “Maar twee en ‘n half jaar gelede het ek die klein hand van DJ Opperman se “My nooi is in 'n naartjie, dogterjie uitgehuil, my man gestaan en besef dat aangrensende huis te bekom. Dit sal nog sowat tien My ouma in kaneel” (Sproeireën) voortgeborduur: God elke vrou onvoorwaardelik lief het. Ek is ‘n en- beddens sal bring. “My ouma was in eau de cologne.” Dan met ‘n lag- kelvrou en my reis van die liefde lê voor – en ek sien Motiveringspreker Yolande Vermeulen, die `gimgie: “Daar is twee uitdrukkings wat my altyd aan daarna uit.” vrou van die dorp’, het die laaste woord gehad. haar sal laat dink – `Hy is ‘n regte laventelhaan’, en Sy het haar positiewe boodskap oor die boeg van Sy sluit af met ‘n frase uit ‘n liedjie van haar boedan ook `hy is ‘n drol op ‘n dress-kas’!” semvriendin, Gwendolene Kriek: Moenie die lady- twee stories gegooi. Anita vertel dit is aan ‘n vryer van haar tannie bird soek nie, die ladybird sal jou vind…” Die eerste was oor haar ouma, Sannie Huysamen. toegedig, nogal ‘n mooi oom. Haar tannie is nooit Gwendoline Kriek, gospelsanger van Malmes- “Ouma is op ‘n stadium Huis AJ Liebenberg toe – in met hom getroud nie, en toe sy ouma uitgevra het bury, was organiseerder Elrika Lesch, se groot ver- ‘n dae van rokke en rokke, het Ouma daar aangekom oor die dress-kas, “het Ouma my só ‘n kyk gegee, dat rassing van die dag. met haar kniebroeke! ek geweet het ek moet maar haaibekkie hou. Die 80-jarige juffrou Ina Bester wou by haar weet Behalwe haar pragtige sang, was daar nog ‘n “Die volgende kêrel is heel anders ontvang: `Van hoogtepunt: Gwendoline het pas ingestem om be- of sy ook een kan dra. “Ouma het vir haar een gewaar is jou ouers?’, `sit gerus, kry koffie, room of skermvrou van Aandskemering te word. maak en toe, op die groot dag, wou juffrou weet, melk?’ – ek het vinnig en baie geleer.” Sy het ook ‘n staaltjie oor haar eie ouma Anna sou ‘n mens nou ‘n ietsie onder die broek moet dra? “Ouma en juffrou is verlede jaar huis toe, maar Ouma het op 90 beroerte gekry en die dokter het van der Merwe vertel. die familie laat kom. “Ouma was baie verontwaardig “Ouma is 14 jaar gelede op 96 jaar oorlede.” ek wil julle aanmoedig: gaan sit by ons oumense en dat ons in die middel van die week kom kuier. Sy het Gwendolene sê een van haar mooiste herinnerin- leer – van resepte, boedery en wat nog.” Haar tweede storie gaan oor haar man, Tiaan, die arme doktertjie se kop behoorlik gewas en ses ge is haar ouma se liefde en lus vir die lewe: “Sy maande later het sy op die trein geklim om te kom het hierdie lewe gekies! Gaan lees asseblief Psalm wat ná sewe jaar as dwelmslaaf en –handelaar, kragdadig tot bekering gekom het. kuier. 92:15.” “Op 30 jaar het hy teruggekom Malmesbury toe “Ouma het ons geleer: leef goed leef reguit, gee Sy is klein en fyn maar sy staan haar skoene as respek dan ontvang jy respek, gee liefde, dan ont- bestuurder van Aandskemering vierkantig vol – só en met niks in die sak ‘n tentbesigheid begin.” Sy vertel hoe hulle stadig maar seker die ondervang jy liefde. Moenie oor jou laat loop nie, én dra het Elrika vir Vivienne Saayman voorgestel: “As sy sykouse, dit is `ladylike’! Ouma Anna is op 96 in haar daar vingertjie lig en sê só doen ons dit, dan luister neming sien groei het. Tiaan se droom: ‘n 5000-sitplek markiestent. ewen ek…” slaap oorlede, met ‘n glimlag op haar gesig. Daar was een vervaardiger in Johannesburg en Vivienne het vertel van al die bedrywighede by “My ouma is in eau decologne, my ouma is in kaAandskemering wat daagliks agter die skerms aan nie genoeg geld nie, maar toe iemand vra, sé Tiaan neel, die gang is om ‘n rustige en vredige omgewing vir hy het een. "My ouma is in die geur van gebakte brood Hy het ‘n industriële naaimasjien gaan koop, ‘n "My ouma is in ‘n wit kantsakdoekie… en in lief- hul inwoners te skep. “’n Mens moet op jou voete kan dink. Die eise rol seil, die mates self uitgewerk en hulle het begin de.” werk. Sowat drie maande later was die tent klaar – Ook op die program, was Suzanne van der West- word al meer.” Me Saayman is amper 12 jaar by die sentrum beter as enigeen en vernoem na die man agter die huizen met haar unieke Susanna Wilhelmina-reeks en het eer gebring aan die ondersteuning van haar masjien, Jacques. met woorde op breekgoed. “Ek kan bevestig: Met my God spring ek oor ‘n Suzanne vertel van haar idilliese kinderlewe, met personeel. Aandskemering het 43 verpleegpersoouers wat nooit baklei het nie en, tot die kinders se neel: drie geregistreerde personeel, 5 stafverpleeg- muur!” Die heerlike kuierdag was die breinkind van Elrika konsternasie, nog ‘n vinnige vrytjie gevang het, som- sters, 10 assistant-verpleegsters en die res hulpverLesch, fondsinsamelaar van Malmesbury ACVV. Die pleërs. mer so in die hoekie van die kombuis. Die tehuis het nou 103 inwoners, met heelparty opbrengs van die oggend gaan onder meer vir die “Dit het gemaak dat ek oor niks anders gedroom opgradering van die interkom-stelsel van die tehuis. aansoekers op die waglys. het as om huisvrou te wees.” Juanita en Danie Malan van Allesverloren het die Me Saayman het ook vertel van die nuwe tuisverMaar toe verander alles: sy is 13, hulle op vakansie in Durban. Eendag kuier hulle nog in die strate, sorgingsdiens in die dorp wat eersdaags begin. Met onthaallokaal gratis gegee vir die funksie.

Swierig:

D

Kuier:

Organiseerder Elrika Lesch (agter naasregs) by een van die tafels. By haar staan (van links) Althea Matthysen, Hannelie Bester, Amanda Kotzé, Sandra Loubser en Marie van der Merwe. Voor is Christelle Vorster, Joan Corna, Marina van der Merwe en Mari Vlok.

Gesellig:

Gwendoline Kriek was die gaskunstenaar.

Anita Steyn het die oggend afgeskop met 'n verhaal oor haar ouma.

Sonja Els vang 'n oomblik vas.

Madaleen Wessels het ook die oggend bygewoon.

Hier kuier Mary Theron, Alta Buhr, Christine Bester (ACVV-voorsitter) en Karin Viljoen. Agter Christelle de Lange, Berna Faure, Nadia Smit en staan Doedtie van Essen (burgemeestersvrou) en Anne Selma Walters. Joubert.

Vrolik:


NUUS • NEWS

7

3 Desember 2014

Maths:

Nash van der Westhuizen took part in the SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Mathematics-in-Action competition. He took part in the Grade 6 and 7 category and achieved 82.5%. He also took part in the second round of the SA Maths Challenge (AMESA) and won a gold certificate.

Conquesta:

Hierdie leerders van die CPM op Malmesbury het aan die Conquesta wiskundekompetisie deelgeneem. Die skool het vir wiskunde hoĂŤrgraad vyf silwer, drie goud, vier diamant-toekennings en een platinum-toekenning ontvang. Vir Engels het hulle een diamant-toekenning en sewe platinum-sertifikate ontvang. Hier is Graad 4: Tiaan le Roux, Samuel Marais, Sazkia Nortier, Suzanne Smal, Francesca Nel en Amy Mulder. Graad 5: Michael le Roux, Nelicia Nortier en Kari Truter. Graad 6: Kara Jordaan, Christian Smit, Faren Coetzee, Mark Green, Jared Howard, Nash van der Westhuizen. Graad 7: Zeek Lategan, Shantal de Kock, Marlene Orffer, Karlea Walters, Annaliese Smal, Nina Smuts, Mienke Truter, Angelique van Niekerk, Anja Jordaan, Aiden Newman en Hugo van Niekerk.

Soetgoed: Darling Sweets het 'n soet-

tand-draai by die Elkana Kindersorgsentrum op Malmesbury gemaak het van hul soetigheid aan die leerders uitgedeel. Hier is Sharon Dyantyi, Hentie van der Merwe, Tasneem Adams, Frits van Ryneveld en Cherine de Nicker.

AMESA: Mark Green and Jared Howard

took part in die second round of the SA Maths Challenge and won a silver certificate for the pairs entry in Grade 6.


NUUS • NEWS

8

3 Desember 2014

OK Minimark help bou

Lekker!

Bo gee Antanya Koks 'n stukkie koek vir Mikhalya Arendse. Links is Lance Isaacs, Delano Olivier, Romeo Langenhoven en Terence Hendricks het agter die koeldranktafel.

Bestuurder: Jacques Malan (win-

kelbestuurder) met klein Joubert op die arm. Regs staan sy vrou, Janine, met Ryan voor.


NUUS • NEWS

9

3 Desember 2014

15 jaar van sukses gevier R1000 vir elke jaar van hulle bestaan: Dis 15 jaar en het eienaar Bobby Matthee R15000 eenkant gesit om te deel tussen die ses skole in Wesbank om hierdie mylpaal in die bestaan van OK Minimark saam met hulle te vier. Drie skole het die geleentheid aangegryp en só elk ‘n R5 000 ontvang. Hier is Jacques Malan (winkelbestuurder) saam met die drie hoofde Cindy Ndzuzo (Illingelethu Sekondêr), Thandeka Matyeba (Naphakade Primêr) en Janine Adonis (Liebenberg Primêr). Heelregs staan Tessa Koks van OK Minimark.

D

ie OK-winkel het oor anderhalf dekades stil-stil baie eerstes na die Wesbankgemeenskap gebring. Aan die woord is eienaar, Bobby Matthee. “Ek dink aan Lotto, munisipale rekeninge, die eerste OTM en die eerste en enigste besigheid wat 15 uur per dag ‘n diens lewer aan die gemeenskap wat ons ondersteun. “OK Minimark is ook ‘n onderneming wat met volle vertroue ‘n oop besigheidskonsep aan die gemeenskap bied. “Ons het oor die jare meer as R10 miljoen in die Wesbank-gemeenskap belê - gereeld toerus-

ting opgegradeer, om die beste wat ons kon bekostig aan die gemeenskap te bied. “Hier by OK Wesbank glo ons in die konsep om in die gemeenskap terug te ploeg, dit is immers die gemeenskap wat ons deure oophou. Ons doen dit met opgraderings en ondersteuning aan mense, Wesbank-organisasies en hulpbe-hoewende groepe in Wesbank. “Dis baie moeilik om aan die talle entiteite se behoeftes te voorsien, maar ons is verbind om daar waar ons waarde kan toevoeg, dit met oorleg en oorgawe te doen. “Soos met enige organisasie slaag ons nie al-

tyd om almal tevrede te stel nie, maar ons deure staan oop vir gesprek ten spyte van beperkte fondse. “OK Minimark en personeel is verbind om aan u - ons heel belangrikste bate - ‘n diens te lewer wat u gemaklik sal laat voet wanneer u ons huis betree. Ons sal baie geëerd voel as u dieselfde ondervinding ervaar soos wanneer u by u voordeur instap en u huismense is bly om u te sien. “Baie dankie vir u ondersteuning die afgelope vyftien jaar en ek glo en vertrou ons gaan saam nog ‘n lang pad stap vorentoe.”


NUUS • NEWS

10

3 Desember 2014

Kuier saam by Buite Ekspo in 2015 Vintage:

Helanie Verster, Zandrè van Rensburg, Analise Rowan, Doret van Rensburg (hoof van Bags & Stilettos), Karin Laubscher en Zanel Nortje. Agter is Elouise Steyn en Felicity Afrikaner. Bags & Stilettos is ‘n nie-winsgewende organisasie, ‘n paar vriendinne wat hande vat en die ACVV RiebeekKasteel help geld insamel. Regs is Daleen Smit, Gloudine Kellerman, Annari Kellerman en Jeanne Thomas was feestelik getooi vir die tee-oggend.

Ambiante:

Dis Kerstyd en weer het Ambiante op Malmesbury nie teleurgestel met die versiering van dié winkel nie. Links is IlzeMarie Basson besig met haar Kers-inkopies.

Gedurende die naweek van 13 tot 15 Februarie 2015 vind die 9de kykNET Buite Ekspo plaas by Môreson plaas net 10 km buite Malmesbury op die N7 op pad Kaapstad toe. Die uiters gewilde kykNET Buite Ekspo – Wes Kaap was vir die eerste keer in die Malmesbury area aangebied gedurende Februarie hierdie jaar met reuse sukses. Bykans 12 000 besoekers het dit bygewoon en die organiseerders se stoutste verwagtinge was oortref! Weens die gewildheid van die konsep word dit ook jaarliks in Limpopo naby Warmbad (Bela Bela) aangebied met groot sukses en was in September die jaar bygewoon deur meer as 18 000 besoekers. Vanweë die sukses van die konsep spog die ekspo ook met baie prominente senior media vennote en senior borge – Trio Events is die aanbieder en organiseerder met kykNET (hoofborg); Radio Tygerberg; WegSleep en Weg; Tygerburger, Campworld, Olof Bergh, Swartland Munisipaliteit, Malmesbury Toyota, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark en Makro. Sonder hierdie senior vennote sou die ekspo nie moontlik gewees het nie. Die ondersteuning van die baie prominente plaaslike koerant, dié courant voeg ook geweldig waarde toe en is net nog ‘n bewys van die streek se positiwiteit jeens hierdie geleentheid. Hierdie jaar het Trio Events ook besluit om hulle ondersteunig te bied aan FAMSA, wat dan ook op terrein sal wees gedurende die ekspo. Daar word be-oog om 12 000 tot 15 000 besoekers te lok na hierdie geleentheid. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoeker te bied. Uitstallers bly dan ook die heel naweek op hulle uitstalterreine en rig hulleself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer sou hulle dit aanskaf en self gebruik. Alle uitstalareas het maklike toegang tot krag, water en badkamer fasiliteite.

Tesame met die uitstallings word daar ook lekker pret aktiwiteite aangebied vir die hele gesin – Andre de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied 4x4 ritte aan; dan is daar ook veldren ritte, naelbyt 4x4 ervarings, monstertrok-ritte en helikopter ritte om maar ‘n paar te noem. Daar word ook ‘n groot potjiekos uitdaging aangebied waar die publiek kan meeding met ‘n paar bekendes (celeb potjiekos challenge). Spesiaal vir ons damesgaste reël M4 Events van Malmesbury hierdie jaar ‘n groot Deli en Kunsmark aan wat beloof om baie interessant te wees. Moet ook nie die teetuin mis met van die beste koffie, tee en varsgebakte produkte nie. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat julle gaan honger of dors raak nie, want daar is talle gekeurde kos verskaffers om in almal se smaak te voorsien! Tesame met die wyntuin is daar ook ‘n ruim Olof Bergh-kroeg en biertuin area. Die kykNET Buite Ekspo is nie ‘n musiekfees nie, maar Olof Bergh borg die verhoog met ‘n paar uitstekende kunstenaars: Manie Jackson, David Fourie, Amo ré, Nadia Louw, Chereé, Rinel Day, Karen Fer_ reira, Wynand Windpomp en Riaan Grobler. Hulle sal die publiek vermaak as een van die aktiwiteite by ons kykNET hoofarena, terwyl daar lekker afgekoel en gekuier word nadat ons uitstallers besoek is. Bring gerus die kinders saam – daar sal genoeg wees vir hulle om te doen by ons pretpark, terwyl Ma en Pa die uitstallings geniet! Hierdie jaar word daar ook ‘n Lollos vertoning aangebied. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za / 082 570 5758 vir enige bemarkings- borgskap of media navrae en vir Jacquelene by admin@ekspo.co.za / 082 201 6722 vir uitstallers navrae. Besoek ons webwerf by www.ekspo.co.za vir meer.


NUUS • NEWS

11

3 Desember 2014

Fynbos Estate is 'n klein stukkie paradys op aarde Sou ‘n stukkie hemel aarde toe val, sal dit beslis Fynbos Estate wees. Fynbos Estate lê op die Klipheuwelpad, genestel tussen Dragon Ridge en Sonkoppiek, albei deel van die Paardeberg, ‘n granietberg met ‘n buitengewone mengsel van plante – ‘n regte paradys vir enige natuurliefhebber. Versteek in ‘n kloof het Diana en Johan Simons hulle 17 jaar gelede kom vestig en sedertdien het hulle ‘n magiese paradys van fynbos, druiwe en olywe gevestig. Ná sewe lang jare van beplanning is die Simson-Simons Natuurreservaat vroeër die jaar in die staatskoerant afgekondig. Dit is vernoem na Diana se pa en oom (Denis en Gerry Simson) en Johan se ouers (Jack Simons en Ray Alexander Simons). Die reservaat is deel van ‘n CapeNature Rentmeesterskap-inisiatief, waar die provinsie, Cape-Nature en die grondeienaar ’n driesydige ooreenkoms sluit om die bepaalde stuk grond te bewaar. In dié geval is die gebied 270 hektaar vir ‘n tydperk van 30 jaar. Diana het aan dié courant vertel dat dit ‘n lang en ingewikkelde proses was: Die gebied moes gekarteer word en geassesseer word vir uitheemse plantegroei en erosie. Daar moes ook ‘n bestuursplan opgestel word. Verskeie kundiges en entoesiaste het ook navorsing op die berg gedoen oor vlinders, insekte, voëls, soogdiere en plantegroei. Deel van die navorsing het kameras ingesluit wat beweging optel. “Hierdeur het ons uitgevind van diere wat ons nooit gedroom het hier leef nie.” Dit sluit in ‘n luiperd-familie, ‘n erdvark en ‘n ratel, asook die verwagte ystervark, verskillende bokkies, skilpaaie ens. Die reservaat is ‘n botanis se droom. Die plante op die berg sluit strandveld Kaapse berg-fynbos en renosterveld in. Johan is ‘n opgeleide molukulêre bioloog en botanis wat nou sy lewenslange ideaal kan verwesenlik om te boer en wyn te maak. Diana sê sy het nog altyd gedroom daarvan

om op ‘n natuurreservaat te woon en ‘n klein plaaswerf met diere te hê. Sy is ‘n praktiserende psigo-terapeut en gee ook klas. Diana en Johan is baie betrokke in gemeen-skapsontwikkeling en help ook met verskeie bewaringsprojekte. “Ons wil graag die reservaat ‘n fokus maak, met bergfiets- en staproetes (insluitend ‘n lang roete oor die hele Paardeberg), asook om die reservaat oop te stel vir wil-dernisopleiding. “Ons wil die gebied herbevolk met van die oorspronklike diere, soos die bergsebra, waarvandaan Paardeberg sy naam kry. Dit is harde werk en ons sal ook moet kyk na subsidies, want dit gaan duur wees.” Fynbos bied slaapplek vir 16 mense in die Victoriaanse plaashuis wat uit 1900 dateer, 8-12 in die modern Fynbos-huis en 2-4 in the bekoorlike Fynbos-kothuis. Daar is ook allerhande geriewe, van ‘n rakukaggeld vir die winter, ‘n swembad, wynproeë, ‘n groot biblioteek en ‘n satelliet-TV. Die plaas en natuurskoon kan gemaklik per voet verken word. Die meer fikses kan fietse gebruik en daar is ‘n voertuig beskikbaar om mense tot bo-op die berg te neem vir ‘n asemrowende uitsig. Kyk na die hele pakket: van natuurreservaat tot oorslaapgeriewe, restaurant, konferensiegerie-we, onthaalsentrum en wynkelder - Fynbos Estate is ‘n baie spesiale plek. Sonder pretensie, warm en pragtig. Die Paardeberg is ‘n stukkie natuurlike paradys, en met die vriendelike gasvryheid van Diana en Johan kan almal nou daarin deel. Mense kan hulle skakel by 022 487 1153, stuur ‘n e-pos na info@fynbosestate.co.za of besoek die webblad, www.fynbosestate.co.za.

Rustig: Bo is die ruim plaashuis wat uit 1900 dateer en nou as gastehuis diens doen.

Onder is Diana en Johan wat die voorreg het om die natuurskoon te geniet en ook met die ander te deel.

Dis vakansie, wat ?

nou

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar alles darem so ‘n bietjie rustiger raak en waar mense die gewoel van die lewe vir so ‘n klein tydjie opsy skuif. Mense is nou meer gefokus op die spasie by die huis en in die familie. Die werk se druk en bekommernisse word vir ‘n paar weke van vergeet en dit voel of ‘n mens weer kan asemhaal. Hierdie tyd is die tyd van herkonneksie, ‘n tyd waar jy weer kan tyd maak en waar jy tyd het vir mekaar en die familie. Die probleem in baie huwelike en verhoudings is egter dat die jaar so baie tyd geneem het en diskonneksie veroorsaak het, dat baie paartjies in hierdie tyd half vervreemd voel. Hulle weet amper nie wat om met mekaar te doen of selfs te bespreek nie. Hulle voel amper in mekaar se pad en hulle ervaar selfs dat hulle mekaar weer moet leer ken. Amper soos ‘n paartjie wat ‘n langafstand verhouding het en ongemaklik voel as hulle mekaar weer na ‘n lang tyd fisies sien en kan vashou. Die kort rukkies wat ons mekaar in die dag sien gedurende die besige jaar is net genoeg om te weet dat ons nog in mekaar se lewens is, maar nie lank genoeg om aan die dieper

emosionele verhouding tussen ons te werk nie. Ons weet ons is lief vir mekaar, maar sê dit nie gereeld nie en maak ook nie in die jaar tyd om net stil te staan by mekaar en mekaar weer in die oë te kyk nie. Die gevolg hiervan is ‘n emosionele afstand en diskonneksie wat in tye soos vakansies baie ongemaklik kan raak. So wat gedoen om hierdie ongemaklikheid in die spasie van ons verhouding aan te spreek? 1. Wees bewus daarvan dat julle nie uniek is nie en dat dit werk en intensionele keuses gaan neem om na mekaar te draai en die situasie te verander. Die gevoel sal wees om eerder die spasie vol te maak met ‘n ander, besig soos tyd met kinders en familie. Kies eerder om na mekaar te draai en vir mekaar te sê dat daar ‘n diskonneksie is in julle spasie. Identifiseer dit en besluit wat julle as ‘n paartjie gan doen om dit aan te spreek in hierdie tyd wat julle nou meer

gereeld by mekaar is gedurende die vakansie. 2. Sit nou die tyd opsy as ‘n paartjie om die planne uit te voer. Maak tyd vir mekaar. Moet nie toelaat dat die besige tyd in die vakansie in spoel in die tyd tussen julle nie. Maak tyd om te sit en gesels, lang ente te gaan stap, kies om weer hande vas te hou en te gaan sit op die strand, hou mekaar vas en kyk hoe die son ondergaan. Doen die dinge wat julle ge-

doen het toe julle uitgegaan het. Kyk weer in mekaar se oë en sê net weer ‘n slag vir mekaar wat julle van mekaar waardeer, doen dit sommer daagliks. Wees intensioneel oor julle verhouding en oor mekaar. Kies mekaar elke dag en vier julle verhouding elke dag in hierdie rustyd en sien hoe die spasie tussen julle al hoe veiliger raak totdat julle weer in ritme is met mekaar se hartkloppe.

Luister na Kobus en Linda Pauw van Connection Impact elke Vrydag vanaf 7:40 op Kaapse Kansel. Jou daaglikse reisgenoot op 729AM.


NUUS • NEWS

12

3 Desember 2014

Sy groente is ‘n smaak-sensasie

Bo: Johann Meij tussen sy Gulliver-groente.

Tuinmaak kan moeilike werk wees, veral as ‘n mens nie groenvingers het nie. Maar kuier jy by Johann en Mary Meij op Moorreesburg, dan klink dit so maklik, so logies. Ons besoek begin met ‘n oproep oor ‘n reuse 2,61kg beet, maar dit word ‘n toer deur ’n wonderwêreld van groente wat lustig en gelukkig floreer in ‘n gesonde, natuur-vriendelike tuin – ‘n plek met kleintyd-herinneringe aan ouma se kuiertuin. ‘n Tuin voor kunsmis en gifstowwe alles duur en wetenskaplik gemaak het. Want Johann boer organies: ‘n nuwerwetse gier met sy wortels sterk in ‘n vroeër, genadiger tyd. “Dit begin by die saad. Ons gebruik nie hibriede of GMO nie, beslis nie,” vertel hy. Hy gebruik bestuifde saad, wat beteken dat die saad nie net een seisoen se produksie gee nie, maar jaar na jaar voortplant. Ons klim onder die skadunet en oral staan groente. Heelwat van die beet is reeds besig om saad te skiet. “Dit is ons derde jaar en ons begin nou die vrug op ons werk sien,” verduidelik hy en Mary. “Die groente kom op waar hulle wil

Huis van Heerde gaan groen met groente Huis van Heerde op Moorreesburg het onlangs met 'n groenteprojek vir 'n groepie leerders begin op die terrein van die ou Kommando-gebou, wat nou as die Futura Gemeenskapsentrum bekend staan. Hier staan Lee Andrews, hoof: spesiale jeugprojekte, aan die stuur van sake. Een van die projekte onder sy beheer is die groenteprojek. Hier grawe Billy Hansen in die grond met nege baie ywerige landbouertjies. Hulle word bygestaan deur Johann Meij van

die Departement Landbou, wat help met apparate, bemesting, opleiding en netwerking. Meij woon op Moorreesburg en hy is baie opgewonde oor die gesamentlike projek. “Hierdie projekte is nie net goed vir die kinderhuis nie: Dit is goed vir die kinders se toekoms en sal hulle uitdie staatsubsidielyne hou,” het Kobus Smit, uitvoerende hoof van die kinderhuis, aan dié courant gesê. Die leerders is baie opgewonde oor wat hulle al geoes het en wat nog kom.

en ons los hulle.” Hy verduidelik dat hulle nie die grond omspit nie. “Baie mense sê dit is verkeerd, maar daar is genoeg wetenskaplike bewyse dat miljoene organismes tot niet gaan as die grond versteur word.” Hy gebruik ook net kompos wat hy self maak. ‘n Bietjie blomswael is al wat hy nog byvoeg. Verder plant hulle maar genoeg, sodat daar ietsie vir die goggas ook is. Daar is darem ‘n paar stink Afrikanertjies wat blykbaar goed is vir die groente. Een van sy geheime is erdwurms. “Ons gebruik die red wiggler wat van Australië kom,” beduie hy en gaan wys ons sy erdwurmplaas. Plastiekkratte staan gestapel, vol halfverwerkte kompos waarin ‘n menigte ligrooi erdwurmpies krioel. Die kratte word klam gehou en die heel onderste krat het soliede wande om die vog van die wurms op te vang. “Sodra die kompos reg is, kantel ons die houer in hierdie sementhok,” verduidelik het en wys hoe die wurmpies die houer verlaat soos die inhoud droër word. Die wurms se handewerk is ‘n fyn, swart uitskeiding wat enige plant ‘n hupstoot gee.

Johann sê hulle maak aanvanklik walletjies om ‘n bedding, dan kom daar ‘n laag van hulle tuinkompos bo-oor en dan strooi om alles klam te hou. “Om plantjies in te sit, maak jy bloot ‘n gaatjie deur die strooi en kompos tot in die grond self. Hier gooi ek dan ‘n bietjie van my erwurmmis in, plaas die plantjie in die gat en maak toe. “As dit die dag reën, gebruik ek ‘n gieter om van die erdwurmvog oor die plante te gooi.” Beet te groot om in ‘n gewone pot te kook, Spinasieblare amper ‘n meter lank en ‘n smaakgenot wat jy nie oor ‘n toonbank kan koop nie. Hierdie is ‘n gesondheidsguns en ‘n ekonomiese inspuiting wat elke persoon met ‘n stukkie grond homself behoor te gun. Johann, wat by die plaaslike kantoor van Departement Landbou werk, se droom is om ‘n tuinbouprojek te begin waar mense op ‘n praktiese manier geleer kan word om vir hulself kos te produseer. Hy is reeds besig met ‘n projek saam met Huis van Heerde waar hulle hoop om sowat 100m² onder groente wil sit. Mense wat meer wil weet, kan Johann kontak by johann@elsenburg. co.za.


NUUS • NEWS

13

3 Desember 2014

Demonstration: Community members during a practical session.

Food for Africa and Abbotsdale It is going well with the food garden project in Abbotsdale that was started two years ago. “Initially we were not even thinking about doing gardens, we were just a group of concerned people for Abbotsdale seeing that the community needed some sort of upliftment to combat all the problems it faced like unemployment and poverty,” says Searge Phillips, the co-ordinator. “First we wanted to work with the youth, but after doing research about Abbotsdale we discovered that it was a farm and that it still holds all the characteristics of a farm and has immense potential for agriculture driven development. “From the beginning we decided that any and everything we did in Abbotsdale had to be centered on God if we wanted to achieve success so we adopted a farming method know as `Foundations for farming’, previously known as `Farming God’s Way’. It is a totally natural, totally organic method of planting crops focusing on rehabilitating land through organic inputs but also rehabilitating peoples relationship with God,” he told dié courant. “So far we have achieved great success, planting more than thirty demonstration gardens in the community, establishing an official

training garden with the help and support of Food baskets for Africa, selling some of our first sweetcorn crops to Spar Malmesbury and hosting a training for people from rural communities for world food month. “Our goals are to renew Abbotsdale through sustainable development using agriculture as a transformation platform. Through various programs, projects and initiatives like the food garden projects, market days we host every month, youth projects, crime prevention rally’s and different trainings we aim to spark development in the economy, environment and society of Abbotsdale. “We have established a voluntary association where people can join up to get involved in all the exciting activities within Abbotsdale. We have meetings every Wednesday in the Abbotsdale community hall at 19:00 to discuss the way forward and any new ideas.” People wanting to get involved are more than welcome to join them. For more information around the garden projects, market days or social development initiatives you may contact Searge Phillips at 079 965 9745 or seargephillips@gmail.com.

Lyne:

Oestyd in die Swartland is verby en oral is die stoppelande sigbaar. Dit sorg vir prentjiemooi lyne, eg aan die Swartland en sy koringlande.


NUUS • NEWS

14

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 210

die

swartland en weskus

20 Februarie 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Wêreld se bestes sweef in Swartland

Die Wêreldbeker-Skermsweefbyeenkoms word van eerskomende Saterdag, 23 Februarie, tot 2 Maart naby Porterville aangebied. Die wêreld se voorste skermswewers meet jaarliks in ses byeenkomste in verskillende lande in die Wêreldbekerreeks kragte. Nagenoeg 130 deelnemers uit meer as 20 lande word verwag, Dit is die eerste keer dat ‘n Wêreldbekerbyeenkoms op die vasteland van Afrika aangebied word. Op die foto is deelnemers die afgelope week reeds in aksie in die Afrika-kampioenskappe by Porterville. Berig op agterblad.

•NUWE ROETE WES VAN WESBANK ONDERSOEK

Skuif van N7 bekyk Wanneer die werk aan die N7 by Malmesbury kom, is die groot vraag of die N7 steeds deur die dorp gaan loop, en of dit oor ‘n nuwe roete wes van Wesbank sal strek. Met Sanral wat nou by die Melkboswisselaar werk, is die beplanningsfase vir Fase 3 by Malmesbury nou dringend nodig. “Die finale besluite oor die roete van die N7 sal gebaseer wees op die stadsvaders se vermoë om ver vooruit te kyk en voorsiening te maak vir Malmesbury se behoeftes en inwonertal tien tot vyftien jaar van nou af,” het Tijmen van Essen, die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit (SM), aan die courant verduidelik. Die groot vraag waaroor daar nou navorsing gedoen en talle gesprekke gevoer word, is of die nuwe N7 met ‘n splinternuwe westelike verbyroete gebou sal word, en of die huidige N7 bloot verbreed gaan word, met nuwe wisselaars suid en noord van die dorp. “Die voordele van ‘n nuwe roete wes van Wesbank, is velerlei van aard,” het Van Essen verduidelik. “Eerstens kan die huidige N7 dan as ‘n nuwe interne aar gebruik word om die verkeer uit die dorp na die N7 te lei en opeenhopings in die dorp te verminder. Vir dié doel kan die SM dan van die strate wat nou naby die N7 loop, op die (dan nuwe) aar aansluit. Onthou, oor vyf jaar sal die inwonertal van Malmesbury, Wesbank en Il-

linge Lethu veel hoër wees as nou. Ons moet nie met ons broek op die knieë gevang word deur net te kyk na die huidige situasie nie. Dit kan nou meer kos, maar later baie duisende rande spaar.” Hoewel die voorgestelde nuwe N7-roete wes van die dorp langer en moontlik duurder kan wees weens grond wat uitgekoop moet word, het Van Essen gesê: “Daar is só baie faktore om in gedagte te hou: Enersyds wil die Provinsie (Wes-Kaapse regering) ‘n pad van die Hopefield-aansluiting na die Paarl-pad toe bou ter wille van die groei by Saldanhabaai – dit sal ‘n nuwe pad in die Klipfontein-area noord van Malmesbury beteken. “Tweedens is Sanral (die nasionale pad-agentskap) nou besig met die werk aan die N7 en ‘n ingeligte besluit is nóu nodig. “Verder gaan die geweldige groot hoeveelhede koring wat binnekort vanaf die hawe na die nuwe silo’s in Bokomoweg gery sal word (dalk tot 300 vragte per week), die druk op Bokomoweg kwaai verhoog. Die nuwe wisselaars by Melkbosstrand kos nou tussen R20 miljoen tot R30 miljoen – ons wil ons wisselaars se ligging verander om ons inwoners te help om makliker by die industriële gebiede te kom. Daarvoor moet ons oorweging skenk aan presies wáár dié wisselaars moet kom! (Agt moontlikhede vir die wisselaars se ligging word nou oorweeg). “Gelukkig behoort groot dele van die grond

waarop die nuwe N7 moontlik sal strek aan die SM, wat ook kostes sal bespaar. Onthou, ons is nog net in die ondersoekstadium en kan geen voorspelling maak in terme van kostes, die finale N7-roete en waar sy wisselaars sal wees nie.” Van Essen sê die SM het ook sy eie ingenieurs aangestel sodat ‘n ingeligte finale besluit saam met die Sanral-ingenieurs geneem kan word. “Verder bly ons in kontak met die Provinsie, Sanral en al die ingenieurs. Die nuwe Hopefield-wisselaar kan 200m van die huidige een gebou word om sigbaarheid by die aansluiting te verbeter.” Gevra oor die moontlikheid dat die middedorp mag leegloop as die N7 verder verby die dorp loop en die lang verwagte Mall dalk aan die buitewyke van die dorp gebou word, het Van Essen gesê: “Al die tekens is daar dat iets aan die gebeur is in die middedorp. Met die inwonertal wat groei en ontwikkelings soos die Weskus-Kollege, die nuwe Prima-sentrum en die Van Riebeekstraatontwikkeling vir toeriste, gaan die middedorp nou ‘n lewe van sy eie kry.” “Die SM moet nou sy kanse benut en die regte besluit neem oor die ligging van die ‘nuwe N7.’ Die huidige roete is sestig jaar gelede gebou – ons moet hierdie geleentheid vir groei en verbetering aangryp – anders kom dié kans dalk eers weer na nóg 60 jaar!” Sien grafika op bladsy 2.

3 Desember 2014


NUUS • NEWS

15

3 Desember 2014

300 uitgawes van uniekheid

Dié span:

Susan Botha (joernalis), Johan Viljoen (uitgewer/eienaar), Karin Kotze (bemarking), Schalk Eygelaar (grafies), Theresa van Wyk (admin), Cor Cronjé (fotograaf) en Izélle Garcia (redakteur). Beste, getroue leser, adverteerder en ondersteuner, dit is met opregte en nederige dankbaarheid wat ek hierdie dankie rig. Op die vooraand van nog 'n mylpaal in die bestaan van dié courant - 'n grote vir ons - besef ons alte goed dat die bestaansreg hiervan 100% afhanklik was en is van die inkoop en ondersteuning van die breë gemeenskap. En kan ek sê 'n wonderlike gemeenskap waar dit niks anders is as 'n voorreg om te woon en 'n media-onderneming te bedryf. Ja, hierdie publikasie is inderdaad gemeenskapskoerant met 'n verskil - rewolusionêr op 'n manier. Want toe ons meer as 7000 km papier gelede besluit het om net die goeie in hierdie gemeenskap van ons toe te lig en uit te basuin, het almal (ons inkluis) gewonder of dit haalbaar is en of dit sou kon bestaan. Vandag se uitgawe loop oor 61 km. Om eerlik te wees het die uwe gedink ons sal maar een keer per maand 'n ou koerantjie uitsit en só ons bydrae tot ons tuisgemeenskap maak.

Helaas was dit enkele maande voor ons besef het dat ons mense hou van die konsep en daar 'n groter behoefte is as die maandelikse frekwensie. Toe, nege maande later, het die frekwensie na elke twee weke verander. Op sakegronde alleen was dit inderdaad 'n moeilike tyd en - kan ons in alle eerlikheid sê dat dit nie maanskyn en rose was nie. Ook dat die joernalistiek wat in ons are bruis en die liefde vir hierdie gemeenskap wat daagliks op ons groei soos mos, ons gebring het by 'n verdere besef dat ook dié twee uitgawes per maand te min was. 'n Groot mylpaal was dus ons eerste weeklikse courant wat op 11 Junie 2009 (Uitgawe 7) sy verskyning gemaak het. Weer is dit belangrik om te noem dat die algemene opvatting vir die rol van 'n gemeenskapskoerant (eintlik enige koerant) is om omvattende te berig en 'n waghond te wees. En ja, die besluit om net goeie nuus te dra, klink of dit hiervan wegskram of selfs versuim.

Feit is, dit is nie so eenvoudig nie. Soos hierdie publikasie gegroei het, was dit duidelik dat, die positiewe informatiewe beleid ten spyt, dit al meer en meer sy koek-en-tee-baadjie afgeskud het. Terugvoer uit die breër gemeenskap is juis dat dit 'n baie relevante publikasie is met 'n besliste waghond-impak wat selfs ons by die kantoor soms verras. Gebore uit hierdie gemeenskap en met bestaansreg te danke aan hierdie gemeenskap is die wonder om, waar moontlik, ook op ons klein manier terug te gee aan hierdie gemeenskap een van die grootste heerlikhede en belonings wat enigiemand kan kry. Om te kan gee is net moontlik omdat die gemeenskap ons ondersteun en om te kan gee weliswaar klein - maak als die moeite werd. Dankie dankie aan die Swartland en Weskusstreek en elke adverteerder, of jy dit net vir rand en sent doen of nie. Jy maak op jou eie manier só 'n positiewe verskil aan hierdie gemeenskap van ons almal.


NUUS • NEWS

16

3 Desember 2014

hugenotestraat 24, malmesbury

Pieter-Steph in Bokgroep

“Jo Dolphin Swartland APD op ons voordeur, hier op hierdie terrein” - dit is die doelwit waarmee die komitee en ouers van dié dagsorgsentrum vir gestremde persone op Malmesbury werk en woeker. Die eerste simboliese sooie is gister deur die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, gespit op die terrein wat grens aan Albaniestraat en wat Jo Dolphin verlede jaar kon koop met die hulp van die SM en die plaaslike Lions. Die droom van die komitee is om eerstens ‘n eie dagsorg- en werkskeppingsentrum hier te bou. Op die foto is Josephine Matthews, die stigterslid van die oorspronklike dagsorgsentrum vir gestremde persone (middel) saam met Van Essen (links) en die voorsitter van die komitee, pastoor Cecil Errens (regs), met Jacques Swarts en Maude Goliath heel regs. Foto aangepas.

Eerste sooi gespit vir Jo Dolphin •KWEEKHUISE KOM BY RIEBEEK-WES; PPC SKAAL AF

Israeliese belegging Die ekonomiese profiel van Riebeek-Wes gaan binnekort verander wanneer ‘n Israeliese kweekhuismaatskappy hul Wes-Kaapse tak teenaan ZZ 2 op die grond van Van der Byl Brink gaan oprig. Intussen word die belyning van die PPC (Pretoria Portland Sement)-aanleg buite dié dorp van nuuts af bekyk. Hishtil SA is die Suid-Afrikaanse been van die Hishtil internasionale groep wat kweekhuise en innoverende tegnieke gebruik om hoë-kwaliteit saailinge vir die plaaslike en uitvoermark te kweek. Dit sluit alternatiewe voedingsbodems en hidrogeniese verbouingsmetodes in. Die moedermaatskappy Hishtil is in Israel geleë en spesialiseer sedert 1974 wêreldwyd in die produksie van saailinge en jong groente- en kruieplantjies vir die professionele en stokperdjie-markte. Dit sluit ornamentele plante in. Op internasionale vlak opereer Hishtil vanuit vyf aanlegte in Israel en ses reuse-kwekerye in Turkye, Italië, Suid-Afrika (Limpopo), Bulgarye, Frankryk en Bosnië. Nadat Hishtil SA sewe jaar gelede in die Lim-

popo gevestig is, brei dit nou na die Wes-Kaap uit, met sy hoofkantoor buite Riebeek-Wes, het sy operasionele bestuurder, Roné Strauss, uit Limpopo aan die courant gesê. Die projek is reeds deur die Swartland Munisipaliteit goedgekeur. Hishtil SA beoog om teen die winter van 2014 operasioneel te wees in Riebeek-Wes. Omdat dié kwekerye arbeidsintensief en hoogs gespesialiseerd is, beoog Hishtil SA om oor die volgende drie jaar ongeveer 100 werksmoontlikhede in die Wes-Kaap te bied. “Die oprigting van dié kweekhuise deur Hishtil SA gaan dit ook vir die omgewing moontlik maak om te spesialiseer in geënte groente-saailinge,” het Strauss gesê. Die beplanning is om 10 tot 12 kweekhuise op te rig. *By die PPC-aanleg verduidelik Johan Vorster, algemene bestuurder, dat die afplatting van die ekonomie onder meer daartoe gelei het dat PPC sy “vere moes regskud om die belyning van sy fabrieke in die Wes-Kaap in plek te stel.

“PPC het onlangs R300 miljoen aangewend om die nuutste tegnologie by De Hoek buite Piketberg te verseker. “Terwyl De Hoek nou kan voorsien in die hele sementaanvraag van die Wes-Kaap (ongeveer 1 miljoen ton), is dit die logiese stap om Riebeek-Wes se opgradering met ongeveer drie jaar uit te stel en De Hoek vir eers die primêre fabriek te maak. “Intussen gaan take soos die verpakking van sement in sakkies weer by die Riebeek-aanleg gedoen word. Geen personeellede gaan hul werk verloor nie. Ons onderhandel tans met ons personeel oor pakkette. “Die Riebeek-Wes fabriek het genoeg reserwe kalksteen om te voorsien in ons behoeftes vir die volgende 100 jaar, daarom sal PPC nooit hierdie aanleg wil sluit nie,” het Vorster gesê. “Intussen het PPC ook onderneem om steeds hul sosiale verantwoordelikhede na te kom, vandaar die R5 miljoen-skenking oor die volgende 3 jaar aan die SM om die opgradering van die omgewing se rioolstelsel te ondersteun.”

courant

tel 022 487 3221

4 Julie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Nuwe kliniek nou oop

Toe die gemeenskapsdagsentrum Maandag op Malmesbury sy deure geopen het, wou die rolspelers in die mediese omgewing hulself vergewis van die situasie daar. In die rehabilitasie-kamer is, van links die onderburgemeester, Maude Goliath, dr. Jeanne-Mari King (huisarts), Corinne Bester (direkteur: Weskus mediese dienste), Hannalie van der Westhuizen (primêre gesondheidsorgbestuurder), dr Danie Schoeman (adjunk-direkteur van ondersteunende dienste), Cynthia Engelbrecht (assistent-direkteur: gemeenskapsdienste) en agter Lourens Kloppers (adjunk-direkteur: aptekerswese) by die ingebruikneming.

“Ek is in ekstase om vandag hier te begin werk” Alle pasiënte-sorg en die apteek is op die grondvloer, terwyl die personeel-afdeling op die eerste vlak gehuisves word. Volgens dr. Danie Schoeman het die ingebruiknemingsproses Maandag min groeipyne gelewer, hoewel daar ‘n bottelnek by die rekordafdeling ontstaan het. “Dit is egter probleme wat met die tyd sal uitsorteer,’ het hy gesê. Die gesondheidsvoorligter by die Dagsorg-

sentrum, CF Petersen, wat die eerste wag-area beman, gee voorligting en opvoedkundige lesings terwyl pasiënte wag vir hul onderskeie dienste. Sy is opgewonde om deel te wees van dié nuwe opset. “Ek is in ekstase om vandag hier te begin werk ná al die jare in die Wesbank-kliniek! Dis vir my lekker om deel te wees van hierdie opset en ek is trots op wat ons nou vir ons mense kan bied.” Die klinieke in Hillstraat en Wesbank en die Oklahoma-kliniek het nou hul deure finaal gesluit. Die area in die Swartland-hospitaal wat voorheen vir die kliniek gebruik is, sal voortaan vir spesialisklinieke aangewend word. “Dié nuwe eenstopdiens bied ‘n aangename infrastruktuur waar opgeleide susters die pasiënte eers evalueer en na die dokter verwys as dit nodig is. Hoewel ons nou groeipyne ervaar in terme van lêers, sal dit binnekort uitgesorteer word,” sê Hannalie van der Westhuizen, die primêre gesondheidsorgbestuurder. Die sentrum staan onder die stuur van Helmien Swart. Navrae aan die sentrum kan by tel. 022-486 8000 gerig word.

Uitgawe 200

21 November 2012

hugenotestraat 24, malmesbury

Philip kry spoedkaartjie vir swem...

Sentrums in Hillstraat en Wesbank se swanesang

beskikbaar wees, met ‘n dieetkundige ook aan diens. Dié afdeling is die enigste wat nie ‘n teëlvloer het nie omdat dié vloer se elastiese aard waarde tot die rehabilitasie-proses toevoeg. Die personeel is veral opgewonde oor die bobath-plinth-bed, wat veral waardevol sal wees vir pasiënte wat herstel van beroerte.

tel 022 487 3221

Oes medaljes in Italië

Die 17-jarige Philip Weideman (middel) van Laerskool Swartland op Malmesbury is tans aan die medaljes opstapel by die sesde Wêreld-swemkampioenskap vir Downs-swemmers in Loano, Italië. Hy neem teen volwassenes deel en het reeds ‘n bronsmedalje losgeswem in die 25m Vlinderslag (18:20); saam met sy SA spanmaats goud in die 4x25m-aflos (1.01.50) en nog ‘n brons in die 25m Vryslag (16:25). Sy afrigter, Riaan Steyn, is ‘in die sewende hemel’ oor dié fikse swemmer, wat in feitlik elke nommer ook sy persoonlike beste tye verbeter het. “Ek is sonder woorde, maar só trots op Philip,” het sy pa, Hennie Weideman (regs), Maandag gesê. By hul staan sy ma, Cobie. Philip is ‘n spoedboete opgelê omdat hy in een nommer veel vinniger geswem het as dié tyd wat op sy inskryfvorm aangedui is. Dié tyd is gegrond op sy prestasies wat hy tydens die Somerspele in Maart vanjaar geswem het, maar hy het intussen al heelwat daaraan verbeter.

ONDER: Hannalie van der Westhuizen (primêre gesondheidsorgbestuurder), in gesprek met Hester Kitshoff, wat Maandag splinternuut by die kliniek begin werk het as ‘n kliniese verpleegkundige praktisyn.

Die splinternuwe Malmesbury Gemeenskapsdagsentrum in Jakarandastraat op Malmesbury, op die grens tussen Wesbank en Illingulethu, het Maandag sy deure vir pasiënte geopen. Dié moderne gebou nooi die besoeker binne met hope natuurlike lig en die gevoel van ruimte. Met ‘n hoë plafon en ruim pasiënt-vriendelike wagkamers, ‘n waterpunt vir die pasiënte en sekuriteitswagte, beloof dié nuwe ‘kliniek’ om wagtyd vir pasiënte aangenaam te maak. Die argitek wat die gebou ontwerp het, Juliet Eidelman, het haar ontwerp juis daarop ingestel om met die maksimum hoeveelheid natuurlike lig en ruimte die gemoed van die pasiënt te ondersteun. Die gebou bied vyf aparte sub-wagareas vir die verskillende dienste, hoewel die tandartsafdeling eers later sy deure sal open. Die gesonde baba-kliniek en die wagkamer vir siek babas is apart van die ander wagkamers, om die aansteek van siektes te beperk. In die rehabilitasie-afdeling sal die fisio-, arbeids- en spraakterapeut op afwisselende dae

courant

die

Uitgawe 180

gratis

swartland en weskus

•HUPSTOOT VIR TOERISME Tydbom bly TIK bl 2 Voet in die hoek met Elantra bl 6 Ouers se geluk inspireer hulle bl 3

Swartland Voëlroete geloods

“Hierdie mense beweeg in klein groepies rond, dra duur toerusting en ek belowe jou, as jy iets doen, gaan hulle vir jou kyk.” So het Peter Ryan, professor aan die Universiteit Kaapstad se Percy FitzPatrick Instituut, Vrydagaand gesê by die amptelike bekendstelling van die langverwagte Swartland Voëlroete. “Alles het begin toe ons vanjaar in April ‘n werksessie gehad het en op ‘n projek vir die Swartland besluit het. ‘‘ Voëlkyk is een van die vinnig groeiendste natuurtydverdrywe en ons kon net nie verder die mark ignoreer nie,” het Carlen Vorster van Swartland Toerisme se kantoor op Malmesbury gesê. Volgens haar besoek sowat 40 000 voëlkykers

per jaar Suid-Afrika en is daar ongeveer 24 000 Suid-Afrikaanse voëlkykers. Dié mark kan die Suid-Afrikaanse ekonomie met sowat R1.2 biljoen versterk. Arnold van der Westhuizen is aanvanklik gevra om drie roetes Swartland vas te stel, maar dit het vinnig uitgebrei tot 14 volledige roetes. Volgens Van der Westhuizen is daar tans slegs 4% van die oorspronklike renosterveld in die Swartland oor, waarvan 2% in bewaringsgebiede is. “Een van die suksesse van die bewaring van die Swartland is die terugkeer van die Bloukraanvoël. Hulle is nou volop en word daagliks gesien,” het Van der Westhuizen gesê. Volgens Ryan is die swart Harrier, die suidelike swart korhaan en die Bloukraanvoël van die

spesies wat die meeste in die Swartland gesien word. Die Horus Swift is volgens hom baie skaars in die Wes-Kaap, maar daar word baie van hulle in die Riebeek-Kasteelomgewing aangetref. Ryan het die noodsaaklikheid van bewaring benadruk. “Met die draai van die eeu in 1900 was daar sowat een miljoen pikkewyne op Dasseneiland. Vandag is daar net ongeveer 3000 oor.” Volgens hom is daar sowat 960 voëlspesies in Suid-Afrika en 56 is endemies in die Swartland. Die voëlroete het ‘n webtuiste met volledige kaarte wat kloksgewys in ‘n sirkel-roete loop, beskikbaar by www.swartlandtourism.co.za/ birds en ‘n Facebook-groep by www.facebook.

com/swartlandbirdingroute. Die roete sluit dorpse soos Malmesbury, Darling, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Moorreesburg en Koringberg in. By Koringberg alleen is daar drie verskillende roetes wat gevolg kan word. Foto op bladsy 2. Wen boek - Ons gee vandeesweek ‘n lekker prys weg vir lesers wat ons op facebook “like”. Dit is ‘n boek vir kinders wat ons weggee in samwerking met Swartland Toerisme se nuwe Voëlroete-projek.As jy ons op facebook (die courant) like voor Dinsdag 27 November, staan jy ‘n kans om hierdie viertalige “My first book of Southern African Birds” van Sasol te wen.Ons sal die gelukkige wenner Woensdag 28 November in die courant en op die courant se facebook-blad bekend maak.

courant

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 234

25 September 2013

Digbundel uit Weskus

swartland en weskus

die

tel: 022 487 3221

Gautenger nuwe LSS-hoof?

Uitgawe 241

die

swartland en weskus

die

courant

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

7 Augustus 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Rooivleis en kuddes in fokus

Pieter Solomons van Tomis Abattoir by Hermon tydens die Malmesbury Skaapstudiegroep se kuddedag. Hoffie van Blerk (onder) het op die kuddedag met die trofeë vir die kampioen slaglam asook beste vordering in die kuddekompetisie weggestap. Sien fokus op die dag en die rooi-vleisbedryf op bladsye 8-11.

•BERGRIVIER-KIESERS NA STEMBUS

Wyk 5 vandag betwis Die kiesers in wyk 5 in die Bergrivier-munisipaliteit, met sy hoofkantoor op Piketberg, gaan vandag na die stembus om ‘n nuwe raadslid aan te wys. Die tussenverkiesing in wyk 5, Wittewater en Goedverwacht, is tussen Dirk Adams van die ANC en Danny Smith van die DA . Die wyk is voorheen deur ‘n DA-raadslid verteenwoordig en die vakature het ontstaan as gevolg van sy bedanking uit die party. Adams, voorheen van die DA, het na die ANC oorgeloop. Daar is ses stempunte in wyk 5 waar kiesers hul kruisies kan gaan trek. Dit is die Stawelklip Primêre Skool op Piket Bo Berg, Wittewaterkerksaal, Genadenberg-kerksaal, Goedverwacht kuns- en kultuursentrum, Karookop Primêre Skool, en die ou Kliphoek Primêre Skoolgebou, het adv Hanlie Linde, munisipale bestuurder van Bergrivier, aan die courant gesê. Die wyk het tans 3 805 geregistreerde kiesers. In die vorige verkiesing in die wyk in 2011 het Dirk Adams van die DA 931 stemme gekry, Amos

Dirk Adams van die ANC (links) en Danny Smith van die DA (regs). Claassen van die ANC het 741 stemme op hom verenig en Cope se Adam van Wyk 151. Dit beteken die DA het destyds met ‘n meerderheid

van 190 stemme gewen. Vandag se verkiesing sal dus onder meer aantoon of kiesers meer neig om vir die party of eerder vir die kandidaat te stem. Die stempunte open vanoggend om 7:00 en sluit vanaand om 21:00. Geregistreerde kiesers kan hul ID-nommer na 32810 sms om na te gaan of hul registrasiebesonderhede reg is. Altesame 21 wyke word vandag landwyd in vyf provinsies betwis. Altesame 79 kandidate van 14 partye en 11 onafhanklike kandidate sal sake uitspook, volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Bergrivier het tans ‘n burgemeester, onderburgemeester en 13 raadslede, van wie ses van die DA, vyf van die ANC en een van Cope is, volgens die Bergrivier-munisipaliteit se webwerf. Daar is sewe wyksraadslede en ses raadslede wat proporsionele verteenwoordigers is. Die gebied sluit die dorpe Aurora, Eendekuil, Piketberg, Porterville, Redelinghuys en Velddrif in.


NUUS • NEWS

17

3 Desember 2014

Toe... 2009: 100ste uitgawe

Met die amptelike ABC-syfers van 10 000 gratis koerante per week is die courant verreweg die beste medium vir adverteerders om hul kliënte in dié streek te bereik. Ook die redaksionele beleid van slegs positiewe opbouende nuus vind groot byval by die gemeenskap en groei die publikasie weekliks in gewildheid.

Nou... 2014: 300ste uitgawe

Vandag nog ABC-gesertifiseer. Danksy die Swartland-gemeenskap is dié courant steeds die grootste en twee jaar agtereenvolgens aangewys as die gewildste gemeenskapskoerant in die hele Weskus. Nie alleen versprei dié courant 22 000 eksemplare elke week na 15 dorpe nie, maar is daar nou ook reeds twee uitgawes en 'n geskatte meer as 65000 lesers. Verreweg die beste medium om jou produk en diens aan bestaande en moontlike nuwe kliënte bekend te stel.


NUUS • NEWS

18

Get festive and give the gift of love with Spur The festive season is the season for giving, while spending time with family, enjoying ample entertainment and receiving gifts galore. The sad thing is that there are so many children who will not be receiving gifts or love this festive season. In the spirit of generosity and the fact that children are such a huge focus of the Spur Group, Spur Foundation will coordinate a national toy collection drive to put a smile on some underprivileged children’s faces. Between 1 December 2014 and 16 January 2015 collection boxes for new and pre-loved toys will be available at Sabino Canyon Spur in

Malmesbury, as well as all Spur-, Panarottis- and John Dory’s restaurants countrywide. These boxes will be allocated to Spur Foundation beneficiaries per province and the beneficiaries in the Western Cape are: • Durbanville Children’s Home: A home providing a safe haven for children who have suffered from physical and emotional abuse. • Umnqophiso Preprimary: A nursery school and aftercare centre in the disadvantaged community, Lwandle in the Strand. • House of Grace: Place of safety for abandoned and abused children who have been

through tremendous hardship and previous neglect. Spur Foundation runs this campaign on an annual basis, due to their commitment to the welfare of children in South Africa. The Toy Drive, supported by CourierIT, Longstreet Media and Nampak, collected 77 boxes filled with toys in the 2013 period. According to a 2014 National Adoption Coalition Report, there are 18.5 million children in South Africa. Orphans are estimated at about 5.2 million children. Over 13 000 live in residential care facilities and an estimated 10 000 live on

Wind riders se rugbyklub gee pryse

Hennie Lategan (gaspreker, Boland Uitvoerende Beampte) beste A-span agterspeler- Jeano Smit.

Mnr F Van wyk (sekretaris) oorhandig die beker aan die voorsitter W Visagie (middel) en J. Fortuin, die ere-president.

3 Desember 2014

the streets of South Africa. And that excludes the children that are with their families, but in such dire circumstances where they cannot afford basic necessities, never mind toys,” says Ronel van Dijk, Chairperson of the Spur Foundation. The Spur Foundation was founded on Mandela Day in 2012, with an initial R670 000 donation from the Spur Group. Spur’s value of generosity and focus on family will be carried through to the Foundation’s various initiatives throughout the year, which are committed to Nourish, Nurture, Now!

Mnr S Kotze(borg) met Alverdo Mentor en Gerhard Afrika met hulle onderskeie trofee.

Mnr S Kotze (borg) oorhandig die sportman van die jaar trofee aan Gerhard Afrika.

Mnr S Kotze (borg) oorhandig die speler van die jaar trofee aan Alverdo Mentor.

Hiermee wil Windriders al hulle borge bedank vir hul bydrae, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie. Ons wil ook vir almal 'n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toewens. Riders rock!!!!.


NUUS • NEWS

19

3 Desember 2014

bLOUES rugbyKLUB OORHANDIG PRYSE Links: Henfre Brand oorhandig ‘n klubtrui aan me Hilda Immelman, hoof van Malmesbury Medium A-gevangenis.

Links: Tertius Theart saam et Denver Liebenberg, die 1ste span se veelsydigste agterspeler.

Regs: Ferdie Rich oorhandig die McDonalds borgskap aan Freddie McQuire en Henfre Brand.

Regs: Jeff Arendse oorhandig die trofee vir die 1ste span se mees gevorderde speler aan Henfre Brand Jnr.

Hendre Brand en Freddie McQuire (regs) by Gerhard Januarie (middle) wat honderd wedstryde vir die klub gespeel het.

Herman Adams, mees gevorder 2de span speler, saam met Heinrich April.

Kalla Mouton (middel) oorhandig die trofee vir die beste 2de span verdediger aan Jacobus Jagers (links) en Arnold Adams.

Jeff Arendse by Quinton Afrika, beste 2de span agterspeler.

Regs: Jeff Arendse saam met Brandon de Kock, die getrouste speler in die tweede span.

Breyton Claasen ontvang ‘n trofee van Elaine Arendse vir die meeste drieë (2de span).

Regs: Freddie McQuire by Donovan Sinclair, beste voorspeler, 2de span. Regs: Faiz Moosa (veelsydigste voorspeler 1ste span) saam met Tertius Theart.

Links: Jacobus Jagers (2de span Speler van 2014) saam met Bernelee April (links) en Bernadette April.

Wade-Lee Hendricks ontvang die toekenning vir mees lojale 1ste span speller van Henfre Brand.

Audriel McQuire (naaslinks) oorhandig die trofee vir die beste verdedigers aan Fiaz Moosa, Denver Liebenberg en Warren Theunissen.

Karel Vorster, Henfre Brand Jnr en Brandon de Kock het vir die 2014 o.21Swartlandspan uitgedraf. Regs is Tertius Theart (afrigter) en Brenda Visser-Brand by hulle.

Regs: Jeff Hendricks by Salomo Koordom, wat die meeste drieë vir die 1ste span gedruk het.

Wade-Lee Hendricks, die 1ste span se beste agterspeler, saam met Tertius Theart. Regs: Werner Grundman het die Gerhard Januarietrofee van die skenker ontvang vir die spelers se Speler van die Jaar.

Links: Hilda Immelman by die lede wat getroue diens medaljes ontvang het: Brian Siebritz, Henfre Brand, Frikkie Eygelaar, Kalla Mouton en Jeff Hendricks.

Werner Grundman is die Sportman vir 2014.


NUUS • NEWS

20

Uithourit kruip nader

Die Swartland Uithouritklub beplan ‘n unieke dag vir 24 Januarie 2015 by Môreson naby Malmesbury met spanne wat uit drie lede sal bestaan: ‘n ruiter, ‘n drawwer en ‘n fietsryer. Jacques Augustyn, die voorsitter van die Swartland Uithouritklub, het aan dié courant gesê dagruiters sal ook aan die uithourit kan deelneem. Dit is egter belangrik dat hulle perde se inentings op datum moet wees. Die perde sal ook net 30km van die afstand mag aflê. Augustyn (083 753 4487) is ook Hoof Ritmeester van ERASA (Endurance Ride As-sociation of South Africa). Hy sê dit is die eerste keer dat so ‘n byeenkoms in Suid-Afrika gedoen word en die gedagte is dat dit ‘n dag van pret en ontspanning sal wees. "Ons wil ook hê dat die verskillende dissiplines van mekaar se sporte moet leer." Hierdie byeenkoms is terselfdertyd ook ‘n voorloper van ‘n volle uithourit van 80/120km wat vir Augustus of September beplan word. Deelnemers kan uitsien na baie pry-se. Inskrywings open op 1 Januarie en belangstellendes kan op die webblad www.xrc.co.za inskryf. Navrae kan ook aan Augustyn gerig word by 083 753 4487.

3 Desember 2014

Sportdagboek Sporting Diary • 3 December: Swartland Senior Classic & Super Sundowner, Malmesbury Golf Club. • 4 December: Swartland Ladies Classic (Individual Stableford) , Malmesbury Golf Club. • 5/6 December: Swartland Classic (Stableford Alliance); Swartland Junior Classic (18 holes Ind. Stableford). Malmesbury Golf Club. • 10 Desember: Die Afrikaanse Taalmonument en Paarl Atletiekklub bied hul vyfde jaarlikse aandwedloop aan. Dit begin om 18:30. Die inskrywingsfooi is R40 en tydelike nommers is beskikbaar teen R30. Stappers is welkom om deel te neem. Atlete kan vooraf aanlyn inskryf by www.entrytime.com/www. sa-active.co.za (spertyd vir aanlyn-inskrywings is op 05.12.14), asook by die Taalmonument (daagliks vanaf 08:00 tot 17:00). Inskrywings op die dag van die wedloop kan tussen 17:00 en 18:15 by die Taalmonument gedoen word. • 14 - 20 December: Paragliders can now en-

ter for the SA Winelands Paragliding championships taking place at Porterville. The Buitepos club is the organiser of the event and there will be five take-off sites. Times for the daily schedule are approximate and will vary depending on the weather and the selected take-off site for the day. The daily schedule starts at 08:30 with the site selection; 09:30 - Transport leaves for take-off; 11:30 - Task briefing; 12:00 - Window opens; 12:30 - Race starts; 17:00 - Land by time; 20:00: Scoring closes. Registration is on 13 December from 16:00 to 19:00 and on 14 December from 08:00 to 09:00 at the Flyers Lodge. • 26 December: Boxing Day Cricket Tournament. A Riebeek Valley tradition when the two villages compete on the cricket field the day after Christmas. A fun event for old and young and spectators most welcome. Contact David Wickham: 082 898 9663.

Sport bou gesonde kinders Die Piketberg Sport Ontwikkelingstigting hou die naweek van Vrydag tot Sondag ‘n sportbyeenkoms met die titel, `A Child In Sport Is A Child Out Of Court’. Vrydagaand om 19:00 is daar veerpyltjies by die Piketberg Gholfklub. Inskrywingsgeld is R20. Die Saterdag om 08:00 is daar ‘n pretdraf/ stap van Rhinopark tot by die gholfklub en om 09:00 begin die PSD Ope Junior Gholftoernooi. Om 10:00 is daar skaak, dominoes en Klawerjas, R10 per spel. Die Sondag vind die o.14 PSD Sokkertoernooi plaas. Die fooi is R100 per span. Skakel Moswin Moore by 084 509 9306 vir navrae. • Die Piketberg Sport Ontwikkelingstigting hou sy jaarvergadering op Saterdag 29 November om 11:00 by die Piketberg Gholfklub.

Die doel van die stigting is om die kinders en jeug van Bergrivier en omliggende gebiede met positiewe en kreatiewe buitemuurse aktiwiteite te voorsien. Dit word gedoen deur gholf, sokker, atletiek, skaak, dans, drama en kuns. Die afrigters kom uit die gemeenskappe van Piketberg, Porterville, Wittewater en selfs so ver as die Paarl, wat hul tyd gratis gee ter wille van die jeug. Die jaarvergadering sal gebruik word om te praat oor die pad vorentoe, die doel van die stigting en ‘n blik oor wat al bereik is. “Ons wil vier wat ons bereik het en ‘n oplossing vir ons uitdagings,” sê Moswin Moore, een van die bestuurslede. Belangstellendes moet bywoning voor 22 November bevestig by Moswin Moore (084 509 9306) of Collette May (071 421 1178).


NUUS • NEWS

21

3 Desember 2014

Dagboek • Calender

Abbotsdale Markdag 5 Desember - Dis Markdag op Abbotsdale en van 18:00 af is daar tuisgebakte brood, konfyt, vrugte, groente, rooti's en kerriekos te kies en te keur in die gemeenskapsaal. Navrae by Roland, 073 155 7256. Harvest Dance 5 December - Hopefield Farmers Assosiation Harvest Dance. Tel 082 440 2582 or swvcronje@yahoo.com. Dorings Beker-uitdeling 6 Desember: Dorings Rugbyklub van Malmesbury bied hul jaarlikse beker-uitdeling om 19:00 aan in die landbousaal. Kaartjies teen R70.00 pp beskikbaar by raadslede Klasie, Audrey en Tinus. Ondersteuners word gevra om hulle uit te vat in klub kleurkode: rooi blou en wit. Navrae by Klasie Pieters 073 937 0785 of 073 680 1388. Christmas light festival 6 December - Porterville Christmas light festival. Tel 022 931 3732. Super fun day 6 December – His Kingdom Kids will have a super fun day from 15:00 to 20:30 at the Bloues sport grounds, Malmesbury. Flea market, stalls, jumping castles, carols by candle light, musical dance display and much more. Entrance fee R10 for adults, R5 for kids, R2 for games. Info: phone 072 744 4751 or book a stall with Emmily, 084 911 2149. Stillewe, landskap en gedaante 6 Desember – ‘n tentoonstelling van onlangse skilderye deur Nicolaas Marit open van 15:00 tot 18:00 by die Maritz Ateljeegalery, Nemesiastraat 5 op Darling. Uitstalling sluit op 15 Februarie. Slegs per afspraak: 022 492 3202 of maritzstudio@telkomsa.net. Oesdag 6 Desember - Moorreesburg Oesdag, Koringbedryf Museum. Tel 022 433 1093. Swartbergsvlei Veterane Oesdag 6 Desember - Kom kyk gerus hoe boere in die dae van ouds met veteraan plaas implemente geoes het. Begin om 10:00 Middagete beskikbaar: braaivleis, gebakte brood en slaaie Aanwysings: Weskuspad (R27) tussen Langebaan en Yzerfontein, slegs 12km vanaf Yzerfontein se kruising. Bowls Awareness Day for non-bowlers 6 December - The Darling Bowls Club will have a Bowls Awareness Day for non-bowlers at their grounds in Jacaranda Street from 09:45. This day is for everyone from 12 years and older. The entry fee is R20 – bowls will be provided. Casual clothes, flat-soled shoes, or barefoot and a hat! Teams will be made up for a fun competition. Contact: Ada 079 755 4287, 022-492 3587 or nicada@telkomsa.net.

Desember - Die WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 10 Desember by die Porterville NG Kerk (13:00 - 19:00); op 30 Desember in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). Christmas Lights Market 12 December - Malmesbury Town Hall & Parking Area, 15:00 - 22:00. Phone Ilze Groenewald, 022 487 1133. Piketberg Kersliggiefees 12 Desember - Die Kersliggiefees is van 17:00 tot 21:00 in Langstraat. Kersliedjies, stalletjies, kulkunstenaar, jeugbrigade, lekkergoedpakkie vir kinders. Kerkbasaar 13 Desember - Yzerfontein NG Kerk, 022 451 2391.

Kerkbasaar 19 Desember – NG Kerk Darling se basaar begin om 18:00. Info: 022 4451 2616. Kloovenburg Christmas Market 13 December - Visitors have the opportunity to taste, sample and buy seasonal produce from the valley. Add to your shopping list a large variety of Kloovenburg Wine and Olive Products and Kloovenburg Christmas Market Gift Boxes in different price ranges. Contact: Kloovenburg, 022 448 1635. Gospel aand 13 Desember – die bekende gospelsangeres, Bella, tree saam met nog kunstenaars op by die St Michaels Primêre sportterrein op Abbotsdale. Toegang is R30 (kinders R10). Kaartjies is by die skool beskikbaar. Navrae by 022 485 7101 of 078 886 9246. Carols by Candle Light 14 December 2014 - Goedverwacht. 022 912 4410 or 071 889 1121. West Coast Christmas Market 14 December - Vredenburg. Tel 022 713 1314. Snoekfees 15 Desember - Yzerfontein Snoekfees. Tel: 082 824 1404 Rooibos NetMar'kie 15 Desember - Clanwilliam. Tel 027 482 1007. Club Mykonos 24th Birthday 16 December - Langebaan. Tel 022 707 7000. Kerkbasaar 19 Desember – NG Kerk Darling se basaar begin om 18:00. Info: 022 4451 2616.

Gemeenskapsvergadering 7 Desember - Moorreesburg GPF en SAPD nooi die breë gemeenskap uit na ‘n ope middag om 15:00 in die Rosenhof -gemeenskapsaal. ‘n Rolspel oor verkragting, gesinsgeweld en verskillende vorms van mishandeling sal gelewer word.

Kersligfunksie en markdag 19 Desember – St Michaels Primêr en die Abbotsdale Kultuur- en Erfenisvereniging bied ‘n Kersligfunksie en markdag aan op die skool se sportterrein, Abbotsdale, Dit begin om 19:00 en toegang is R10 (kinders R5).

Carols by Candle 7 December - Hopefield . 022 723 1528 / 073 100 035.

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.

Bloedklinieke

West Coast Christmas Market

AGS Corpus Christi, Malmesbury 7 Desember - Oggenddiens om 09:30. Gesin Soek, Gevind - toneel. Geen Aanddiens. Skryf in op ons nuusbrief - Gaan na webwerf en voer jou naam en epos in die vorm regs onder en klik op "Subscribe". Pastoor Piet Smit, 073 447 2902.

Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498.

Kerke • Churches

Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship se dienste neem weer 'n aanvang op 11 Januarie 2015. Vir meer inligting kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae van 08:00 – 14:00). Geseënde Kersfees en ‘n wonderlike 2015. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by kerk, Freesialaan 17, Wesbank.

bury is Saterdag gespeel. Dié span het teen die skool se eerste krieketspan gespeel in 'n 30 boulbeurt-wedstryd. Die Old Boys kolf eerste en teken 266/9 aan in 30 beurte. Beste kolwer vir oldboys: Christiaan Rust 94 lopies. Beste bouler: Charlie Gerber met drie paaltjies vir 27 lopies in vier beurte. Eerste span kolf toe en teken 91 aan na 18 beurte. Beste kolwer: Giovanno van der Westhuizen met 21 lopies. Beste bouler vir Old Boys: Mike Steyn met drie paaltjies vir sewe lopies in 1.4 beurte. Old Boys wen met 175 Lopies. Op die foto is: Mike Steyn, Koch Furstenburg, Tiaan Steyn, Stiaan Louw en Francois Myburgh. Middel: Danie Visser, Christiaan Rust en Andre Strydom. Voor: Dawie Horn, Llewellyn Lloyd en William Koch.

Gospel-aand 13 Desember – die bekende gospelsangeres, Bella, tree saam met nog kunstenaars op by die St Michaels Primêre sportterrein op Abbotsdale. Toegang is R30 (kinders R10). Kaartjies is by die skool beskikbaar. Navrae by 022 485 7101 of 078 886 9246.

Camphill Village Christmas Market 7 December - The special annual Christmas Market starts at 10:00. Enjoy food, fun, gifts and free tractor. For more information go to: www.camphill.org.za or phone 021 571 8600.

PPK Bethesda Malmesbury 7 Desember - 10:00 en 18:30 past Kobus du Plessis. Navrae: 083 722 7787.

Krieket: Die eerste "old boys"-krieketwedstryd van die Hoërskool Swartland op Malmes-

Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00; Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday at 19:00. Pastor Joshua Metemeri, 084 471 7914. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:30 Sunday school (not during school holidays); 19:00 Tuesday prayer meeting at church; 19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury, 082 890 5433. Hall to rent. Contact Rev John Beck at 022 482 3623.

Skiet:

Johan Kellerman van Malmesbury (derde van links agter) was deel van die WP Kleiduifskiet-span wat aan die Chairmans Cup-kompetisie deelgeneem het. Dié span is as die wenner aangewys en het in die 'trench'-afdeling goud ontvang, in 'sporting' brons en in 'trap' silwer.


22

NUUS • NEWS

3 Desember 2014


NUUS • NEWS 3 Desember 2014 Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S in Malmesbury area. Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843. www.fvwykdiesel.co.za

#2000 ------------------------AANDAG!! CJ’s Vullis en bourommel verwydering asook skoonmaak van erwe. Skakel 071 274 4782. ------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. ------------------------BESKIKBAAR gedurende 2015 vir die vervoer van persone in Malmesbury dorpsarea @ billike tariewe. Kontak Heila by 082 685 3341. ------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed en linne. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. 2001 ------------------------DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom) ------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 5 33 4554. -----------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802. #2039 -----------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie 078 213 9857. ------------------------

JUST 4 FUN BALLOONS(Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak Anemie by 082 565 3722. #2013 ------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­ heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485 of www. melieta’s kitchen. co.za #2006 ----------------------NEW FREEZE VEKOELING. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, koelkamers, motor lugreeling, ysmakers verkoop en diens ook lugversorgers. Royalstraat 44 Moorreesburg.022 433 3831 sel.082 343 4130-082 573 1589 ------------------------Skuld konsolidasie. Ons reel een bekostigbare paaiement. Swak krediet rekord en geswartlys welkom 0219104743 0614606669 ------------------------WISKUNDE KLASSE vir graad 8 – graad 10 deur gekwalifiseerde onderwyseres. Bespreek nou vir volgende jaar om teleurstelling te voorkom. Skakel 022 487 3027 of 082 378 6830.

Voertuie Vehicles VOERTUIE Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.

Betrekkings Vacancies LEWENSLUSTIGE, hardwerkende dame met positiewe ingesteldheid word benodig om deel te wrd van ons produksiespan.

23 Faks CV na 086 649 9510. Malmesbury. ------------------------KASSIERE BENODIGPligsgetrou, hardwerkend en stiptelik. Moet skofte en naweke werk. CV met kontakbare verwysings ‘n vereiste. Diensaanvaarding onmiddelik. Handig CV in by Mini Mark kafee, Rainierstraat, Malmesbury.

Regsdienste Legal Services REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006. Eiendomme Te Koop Properties for Sale TITUS EIENDOMMEHoek erf te koop @ R240 000 met vibacrete rondom in Malmesbury. Wesbank @ R680 000. Nuwe 3 slp huis in beste area asook hophuis @ billike pryse Erwe in Wesbank vanaf R180 000. Kontak 082 780 1380.

Te Huur To Let TE HUUR Stoor te huur I Malmesbury. Grootte: 300 vkm @ R7000.00 Btw uit. Kontak 073 132 5666 ---------------------EEN slaapkamer woonstel te huur. Kontak Janine van Aswegen tussen 08:00 en 16:00 weeksdae by 022 487 3000. ------------------------Rooms available to rent in Malmesbury for medical or allied health professional. Contact Belinda 022 482 1912.

Te Koop For Sale EGTER LEER manskoene (vellies, stewels asook sandale) Grootte 6-15 @ lae pryse. Malmesbury.

Kontak Max 083 275 8266. ------------------------GROENBONE te koopRiebeek Kasteel @ R60pkg. Kontak 082 523 9804. ------------------------PERSOONLIKE versameling en ekstras. Oud en nie so oud. Baie om van te kies. Kontak 083 275 8266. ------------------------Enkelbed met basis & matras @ R1500 Enkelbed basis @ R700 TV @ R800 2 x wit rottang enkelbed kopstukke met bedkassie @ R500 2 x enkelbed dekens deurgestik turquoise @ R400 elk. Alles in uitstekende toestand. Skakel 083 453 3435.

Gesoek Wanted

ALGEMEEN Saamry geleentheid gesoek vanaf Malmesbury na Brackenfell en terug. Maandag – Vrydag. Kontak 083 457 2107.

Gelukwensing Congratulation Alne, Kleine geskenk van Bo.

Vandag, 3 Desember, is jy een jaar oud. Lief jou so baie! Soentjies en drukkies, Mamma en Dadda.


courant

tel 022 487 3221

NUUS • NEWS

3 Desember 2014

SPORT

dié

24

3 Desember 2014

Sportuitslae

Jukskei:

Een van die dae gaan die skeie gegooi word. Phienie Badenhorst, ‘n ywerige jukskeispeler gaan met die hulp van Moswin Moore van die Piketberg Sportstigting met dié sport op die dorp begin.Sy het aan dié courant vertel dat dit geskik is vir enigeen tussen 10 en 80. Hulle is al Woensdae van 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 17:30 bedrywig by die Piketberg Gholfklub. Be-langstellendes kan ‘n draai daar maak of kontak haar by phieniebadenhorst@gmail. com of 083 383 8501.

Bowls Awareness Day The Darling Bowls Club will have a Bowls Awareness Day for non-bowlers at their grounds in Jacaranda Street this Saturday. This day is everyone from 12 years and older, The entry fee is R20 – bowls will be provided. Arrive at 09:45. Casual clothes, flat-soled shoes, or barefoot and a hat! Teams will be made up for a fun competition – so come and enjoy the day. Boerewors rolls will be on sale at lunch time. Contact: Ada- 079 755 4287, 022-492 3587 or nicada@telkomsa.net.

Gholf: Bo staan Coenraad

van Graan en kyk hoe Koos Spngenberg afslaan. Regs: Maans Wiese (links) se verjaarsdaggeskenk was ‘n dag van gholf by die NGK Moorresburg se gholfdag. By hom is André Kriel, Palla Joubert en Tiaan Genade.

• ashleigh, gazelle tops by toekennings

Goue vroue van sport skitter Swartland se goue vroue het Sondagaand geskitter by die Departement Sport en Ontspanning se jaarlikse sporttoekennings: Ashleigh Moolman Pasio van Riebeek-Kasteel is aangewys as Sportvrou van die Jaar, terwyl Gezelle Magerman van Darling die Nuweling van die Jaar is. Portia Modise is deur die publiek gekies as SA Sportster van die Jaar, met Ashleigh as Sportvrou en Chad le Clos Sportman van die Jaar. Gezelle, wat by La Rochelle in die Paarl skoolgaan, het onlangs ook ‘n toekenning ont-vang by die Boland-atletiek-5-ster-toekennings.

Die Minister van Sport en Ontspanning, Fikile Mbalula, het by die geleentheid gesê sy boodskap is nog altyd dat hy wenners wil sien. Hy sê hy het nog nooit verskoning gemaak vir middelmatigheid nie en hy sal nooit wegskram vir ‘n extravaganza vir diegene wat Suid-Afrika se wennersgees nastreef nie. Ashleigh, wat ‘n gedeelte van die jaar op Riebeek-Kasteel woon, is baie in haar noppies met haar toekenning. Sy sê dit is ‘n groot eer, en ‘n goeie afsluiting van die 2014-seisoen. Sy het vroeër brons in fietsry by die State-

bondspele verower. Vanjaar was Ashleigh se eerste deelname aan die Statebondspele. Sy het onlangs by die Biglaspan aangesluit vir die 2015/16-seisoen en sê sy is reeds besig om vir die 2016 Rio Olimpiese Spele voor te berei. “As jy wil wen, moet jy jouself voorberei en hard oefen,” sê Gezelle Magerman van Darling. Dié graad 11-leerder het vroeër vanjaar Suid-Afrika se enigste goue medalje by die Jeug Olimpiese Spele in China gewen. Sy het aan die 400m-hekkies deelgeneem en ook ‘n nuwe SuidAfrikaanse rekord opgestel.

Sports results

Fietsry Malmesbury Stellenbosch Cycle tour (95km), 30 November Men Time Position Johann Rabie 02:16:35 70 Chrispin Fourie 02:25:05 101 Glenn Norrie 02:26:20 201 Jaco Geldenhuys 02:35:01 420 Kobus Duminy 02:40:39 719 Lodiaan Fouche 02:45:01 888 Kobus Drotschie 03:02:10 1599 At Lubbe 04:26:55 3837 Kobus Marais 04:02:37 3994 Willem Wentzel 05:32:08 4296 Women Time Position Elfriede Wolfaardt 02:36:01 16 Elishia Drotshie 03:02:41 123 Nadene Marais 03:48:32 440 Elzet van Jaarsveld 04:03:09 539

HSS Krieket Dié span het teen die skool se eerste krieketspan gespeel in 'n 30 boulbeurt-wedstryd. Die Old Boys kolf eerste en teken 266/ 9 aan in 30 beurte. Beste kolwer vir oldboys: Christiaan Rust 94 lopies. Beste bouler: Charlie Gerber met 3 paaltjies vir 27 Lopies in 4 beurte. Eerste span kolf toe en teken 91 aan na 18 beurte. Beste kolwer: Giovanno vd Westhuizen met 21 lopies. Beste bouler vir Old Boys: Mike Steyn 3 Paaltjies vir 7 lopies in 1.4 Beurte. Old Boys wen dus met 175 Lopies.

uitslae geborg deur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.