Die Horison

Page 1

VOLUME:- 0001

BINNE DIE UITGAWE DEPT van Gesondheid Implimenteer Borsvoeding in Upington

2

Talent in Upington

2

Kansa Relay for Life hou Damestee in Rietfontein

3

Die Khoi-san‟s is besig

3

Kalahari leerders op toer

4

Maak plek vir GOD

5

Nog Fotos van Homebase care en Kalahari kinders se Toer

6

Spesiale Punte/ Special points  Old time Salutions  Vra vir Tant Emma  Maak plek vir GOD Die Horison Span van links na regs is:-

 Staar na die Sterre

Saretha Johnson (joernalis) Wilhelm Visagie (Bemarker) Prudence

 Nuwe skole in aanbou

Die Horison

deKlerk(Joernalis) Simone Markus (Admin&Ontvangs)

Upington:Die personeel van Die Horison groet u hartlik en nooi u almal om deel te wees van die koerant.

omgewing en maak daar „n verskil.Die Horison en sy personeel is bereid om sake deeglik te ondersoek rakende die gemeenskappe.

Dit is „n nuwe koerant en wil „n verskil maak in alle gemeenskappe van die Siyanda Distrik.Ons nooi alle leiers uit om deur middel van hierdie koerant „n verskil te maak in ons gemeenskappe en ook wýs hulle gee werklik om vir alle mense in die distrik.

Dit het tyd geword dat óns as leiers ons mense behoorl;ik aan die hand vat en leiding gee om vir hom of haarself iets te beteken en sodoente „n wonderlike groeiende voorbeeldige gemeenskap te bou sodat ander ook die voorbeeld volg om ook „n verskil maak in hul gemeenskap.

Kom en gebruik hierdie koerant as platvorm om te sê wat móét wees en wat nie om „n beter gemeenskap te vorm.Ons as inwoners kan hierdie koerant gebruik om ons mense op te voed deur middel van positiewe idees en gedagtes ruil onder mekaar.

Op hierdie manier kan ons mense leer om saam te leef en mekaar te verdra en ook om mekaar te help in tye van nood en in tye van swaarkry.Alle leiers word ook hartlik uitgenooi om die koerant as platvorm te gebruik om ons mense te help om hulself te wees.

Wees dus „n rolspeler in jou eie

Ons moet onthou dat GOD het elke

mens geskep na sy beeld maar ook met sy eie karakter en sy eie menings.Kom laat ons nie die mense se karakter eienskappe verander maar die persoon oplei in dit wat hy moet of kan wees soos wat GOD hom of haar geskape het. Ek as Eienaar en Redakteur van Die Horison is nie bereid om hierdie koerant te gebruik om mense se selfbeeld skade aan te doen nie maar om hulle te respek vir die mens wat deur die Allerhoogste geskape is. As u hierdie gedeelte lees en jy het GOD se naaste liefde in jou nooi ek jou hartlik uit om deel te kom wees van hierdie koerant Die Horison/Lig vir die Mense. (Die Redakteur)


2

N UU S

Die koerant noem dat dit baie belangrik is om in die gemeenskap diensbaar te wees want dit is wat die HERE van ons verwag.Die koerant noem ook dat hy baie in sy skik is met die diens wat die “Home Base Care” se mense doen en ook dat dit nie ongesiens verby gaan nie.

.Bo: Die Homebase Care werkers na hulle se veldtog wat hulle gehelp het, besig om hul voete ‘n bietjie ruskans te gee. Meer fotos op bladsy 6 Upington:Vroeg in Augustus het Departement van Gesondheid besluit om ons mense meer in te lig aangaande die gesondheids risiko wat formulas inhou vir babas.Die “Homebase Care” werkers het hulle volle gewig ingegooi en gehelp om die veldtog te loods.Volgens hulle organiseerder was dit ‟n reuse sukses met die uitdeel van die inligting stukke.Hulle het aan die koerant genoem dat hulle die werk uit die diepte van hul harte doen maar die feit is ook dat hulle nie sonder verantwoordelikheid is nie Hulle noem ook dat hulle nog van die gemeenskaps lede uitnooi om te kom help want hulle het verskriklik baie mense wat hulpeloos by hul huise bedlêend is .Hulle is nou eers gevra om hierdie veldtog te kom bystaan want van ons mense gee geheel en al nie juis om met ander woorde daar is nie naaste liefde in hulle nie.

Die organiseerder van die Borsvoed veldtog noem dat die Dept.Van Gesondheid baie gesteld is dat ons gemeenskappe gesond moet leef in die Siyanda Streek en ook dat hulle alles in hul vermoë sal doen om die mense ingelig maar ook om hulle terselftertyd op te voed aangaande hul gesondheid. Die volgende inligting is bekend gemaak.

GEVARE VAN FORMULA VOEDING Vir die Baba:>Hoër risiko vir asma,allergieë en oorinfeksies >Hoër risiko vir infeksies as gevolg van teenwoordigheid van kieme tydens voorbereiding van formula melk >Hoër risiko vir siektes soos diabetes,hartsiektes en oorgewig later in die lewe >Hoër risiko vir kindersterftes(mortaliteit)

VIR DIE MOEDER >Hoër risiko vir bors– en ovariumkanker >Hoër risiko vir beensiektes soos osteoporose >Hoër vlakke van stress en angstigheid >Verminderde voordeel van natuurlike geboortespasiëring deur borsvoeding As mens na die statistieke kyk dan sal jy tot die gevolgtrekking kom dat ons grootmense wat net van borsvoeding groot gemaak is het „n lang lewe gehad en was baie gesond totdat die nuwe hormoon kosse nou hul opwagting gemaak het.Een moeder met wie die koerant gesels het noem ook dat dit „n feit is dat borsvoeding die beste voeding is want haar kinders is nou al groot en was baie min siek. Hulle het nou op groot ouderdom eers behoorlik die griep virus opgedoen.Die griep virus kry nie genoeg vastrap plek om hulle onder te kry nie as gevolg van die bors melk dit is te kragtig en help sodoente om die virus te beveg.Nog „n ouer het henoem dat sy ook met borsmelk grootgeword het en dat sy nou nog spring lewendig en gesond is. Die ouer sê sy sal aanbeveel dat alle ouers wat nie borsvoed moet begin dink aan die babas se gesondheid en begin borsvoed want dit is die gesondste melk wat jy ooit sal kry want die HERE het nie „n fout gemaak nie

DESCRIPTION Natasha Bezuidenhout Coming from a family with a musical background and youth engagements previously, Natasha Bezuidenhout (married to Waylon Bezuidenhout) and also known as Natasha Towell, has not done much to develop her talents, however, believing that it is never too late to follow a passion for singing, she has made 2011 the kick-start to her career in becoming a settled Performing Artist.

KALAHARI:‟n Klein maar ‟n hoogs gemotiveerde landloop span van die Kalahari het ook op die 18de Augustus aan die distrik se landloop proewe deel geneem op Upington.Hul mikpunt was om aan die Landloop kampioenskappe in die Weskaap te gaan deelneem wat op 28 September sal plaasvind.Henro Swartz,(‟n graad twaalf leerder op die foto bo),is baie opgewonde oor die geleentheid wat hom te beurt val om aan die landloop deel te kon neem.Hierdie is sy laaste jaar op die skool en hy hoop om dit ook suksesvol af te sluit.Die Rietfontein Gekombineerde Skool kan in sy skik wees om so „n leerder te het wat so positief is.Hy sê hy wil soos sy rolmodel Gert Manora ook sy skole loopbaan op „n hoogte punt afsluit deur „n goue medalje te wen.Die leerders en ook die personeel is hoog in hul skik met hul verteenwoordiger en noem dat hulle hul duime styf vashou vir die landloop span en ook vir Henro om met eer en oorwinning uit die stryd te tree. Deur:Onderwyser

BIOGRAPHY Natasha has kick-started her singing career in 2011 at the Phillip Kotze Singing School. She was soon acknowledged to be an excellent vocal performer, and has already performed at various local functions and shows. i.e; Expo Upington Show, Kalahari Upington Bridal Show, Desert Palace Karaoke Competitions; Cansa Relays; Corporate Functions & Weddings. Natasha‟s talent stretches from non-offensive Country & Slow R&B to Gospel. Gospel is becoming her main focus, as she is a believer and would like to devote her talent to Him who has invested the power in us to be victorious, God Our Almighty!

She hopes to audition in SA Idols 2013, but all depending on what her future holds for her. I am also looking forward to start working on my first Gospel CD in 2013.

CURRENT INVOLVEMENTS

PERSONAL DATA

Natasha has engaged in taking part in a Live DVD Recording Show with “Donovan Isaacs & Vriende”, former runner-up finalist of “Supersterre” coming soon in November 2012.

For any booking, Natasha can be contacted @ 071 173 8303.

Name: Cell. Number: E-Mail Address:

Natasha 071 173 8303 teshact@yahoo.co.uk


NUUS NUUS

33

KANSA RELAY for LIFE HOU DAMES TEE KALAHARI:Vrouedag die 9de Augustus in die Kalahari was vir die vroue uitstekend want hulle het „n heerlike damestee aangebied.Die damestee was in die Rietfontein en Loubos Gemeenskapsaal gehou .Die mense het uitgesien na die geleentheid en hulle glo dit moes „n reuse sukses wees op so ‟n uitsonderlike dag.Me.Christa Stadler was die gasspreker by hierdie geleentheid,sy is die Sreekdirekteur van Kansa in die Siyanda streek.Die beplanning is dat al die fondse wat ge-in is sal aangewend word vir die bevestigings bedrag vir die spanne wat aan die Relay gaan deelneem.Die Kansa Relay is gehou by die Rietfontein Stadium.

„n reuse sukses wees want die eerste wat hulle gehou het was ook „n groot sukses.Die organiseerders van die program het onderhandel met verskillende borge om die geleentheid te borg.

Die Program van die Relay het gehandel oor:

Dit is eintlik „n kans vir persone in die gemeenskap om te wys hoe danig hy/sy omgee vir die persone wat aan die gevreesde siekte ly.Die Koerant van sy kant af wens die gemeenskap voorspoed toe en ook GOD se ryklike seeninge op al hul werksaamhede .

>Kanker bewusmaking >Fonds insameling >Eer bring aan die wat hul stryd teen die siekte verloor het. Die gemeenskap glo hierdie Relay gaan altyd

Hul plan was ook om die Noordkaapse Premier te laat kom om die plegtigheid te kom bywoon.Hulle sou haar nooi om as gasspreker te kom optree op die huidige is dit nog nie aan die bekend dat die Premier wel teenwoordig was nie maar onderhandelinge met die kantoor van die Premier was in die pyplyn.Weereens word daar „n beroep op al die gemeenskap lede van Mier gedoen om altyd die geleenthede te ondersteun.

DIE KANSA RELAY KOMITEE OP FOTO: Vlnr agter: Analise deKoker,Christa Stadler(Streekdirekteur Kansa Upington/Kalahari) en Sabina Snyders Middel:Sarah van Wyk,Aletta Farmer Voor sittende: Meris Kocks(Voorsitter)

maniere heeltemal verskil as die van SuidAfrika.

Upington:Khoi Piet Berendse juwelemaker en voormalige oud spoorsnyer soldaat van 203 bateljon SWA (Suid-Wes Afrkaanse) gebiedsmag.

Piet wil ook „n Graft sentrum oopmaak naamlik die !ARU Handigraft Sentrum dit is waar hy die Boesmans se geskiedenis wil uitbeeld en selfs uitstal tot op die huidige.Piet wil ook dat by hierdie Sentrum moet alle Tradisionele troues gehou word selfs Xnau seremonies, hokmeisies, internasionale feeste,maanlig,reen en gesondheidsdanse moet ook hier opgevoer word.Die Sentrum moet ook aan die Toeriste akkomodasie bied.

Piet is nou „n gemeenskapwerker hy is 45jaar oud en is ‟n Khoi-san.Hy leer nou die kinders en ook jongmense om spoor te sny en selfs ook die geskiedenis van die Boesmans van die verlede.Hy leer hulle ook die gebruike van die verskillende grassoorte en ook die gebruike van verskillende klip en sandsoorte.

Die Sentrum moet ook selfs werk skep vir die werkloses van die omgewing.Die geesdriftige man is selfs ook „n Maraton hardloper.Hy is vir Erfenisdag (24September) uitgenooi van verskillende organisasies sover as Queenstown,Kwazulu-Natal, Beauford-Wes en ook Kleinsee in Namakwaland Diamantmyne.

Piet leer ook die volk die verskillende gebruike van verskillende plante en ook die feit dat rotse ook „n groot verskillende indetiteite het en ook dat elke rots sy eie storie vertel.

Piet het nog nie „n besluit geneem waarheen hy sal gaan maar as hy gaan sê hy sal dit tot voordeel van sy gemeenskap wees en niks anders nie.

Hy is nou tans besig om „n boek te skrywe naamlik “Kalagadi Rooi Duine Praat” hy‟s nou al drie maande met die boek besig.Hy noem dat die boek in drie tale beskikbaar sal wees Engels,Afrikaans en natuurlik in Nama.Hy het ongeveer twee weke in die Namib,Botswana en Angola deurgebring om genoeg inligting vir sy boek bymekaar te maak vernaamlik oor die hoe die boesmans se leefwyse in daardie streke was of is.Hy noem dat hy ontdek het dat daardie area se boesmans en Namas se

Deur: Saretha.Johnson


4

DIE HORISON

Rietfontein:- Die Leerders van die Rietfontein Gekombineerde Skool het nie eens die koue weer van die 26ste Julie ontsien om 5uur in die oggend op te staan en hul toer mee te maak. Die graad10 leerders en hul onderwyser Mnr Kocks en ook „n ouer Me.Petronella Cloete het saam met die leerders hierdie uitstappie meegemaak..Die leerders was oorstelp van vreugde vir hierdie geleentheid wat hulle te beurt val.Die hele toer was eintlik ook nog deel van skoolwerk, dit was drievoudig van aard dit het op die derde kwaartaal se werk gefokus. Dit was meer gerig op die navorsing aangaande die bevolking—die redes vir die bevolkings digtheid en verspreiding,imigrasies en verwante aspekte en die derde was die fokus van die werkers wereld. Hulle eerste bestemming was die Upington Gevangenis.Behalwe die beroep aspek van die gevangenis het die leerders eertse handse ondervinding opgedoen van die lewe van die gevangenisse

Khara Hais:-Op die 18de Augustus 2012 by die Eiland Navorsingstasie het Khara Hais „n Landloop gehou.Leerders van die Laerskool Franciscus het ook aan hierdie plegtigheid deelgeneem.Die dogters wat deelgeneem het was Precious en Claudia die seuns is as volg Brendon Swartz,Kellvin Marx en Domingo Maseca.Die kinders het hulle lekker

in die tronk.Daarna het hulle na die Upington lughawe gegaan om ook daar hul kennis te verbreed.By die Lughawe het die kinders „n verrassing ontvang naamlik die omroeper Sam van Morning Live wat hulle daar ontmoet het die oomblik toe hy van die vliegtuig aan land kom.Die Leerders het ook die geleentheid gekry om met Sam „n foto saam te neem. Daarna het die leerders na die Brandweer vertrek weereens om hulle te vergewis wat daar aangaan.By die Brandweer het hulle weer geleer hoe belangrik dit is dat daar „n brandweer moet wees in elke dorp.Daar het die leerders ook ontdek dat „n brandbestryder ook „n baie belangrike persoon moet wees om hom/haar lewe moet waag vir ander mense.

Onder:Die kinders saam met een van die bewaarders by die Gevangenis. Nog fotos op bl 6

By die Gordonia Hospitaal is hulle deur „n multi-dissiplinêre span ontmoet wat die leerders ingelig het oor die mediese beroepe.Nadat hulle klaar is by die Hospitaal het hulle die ander dag met dagbreek die pad na Kathu aangepak.Die hoogtepunt daar was die besoek aan die Kumba Myn.Hulle noem dat woorde nie die pragtige Multi Miljoen Vervolg op Bl 10

geniet by die geleentheid.Brendon Swartz is een van die leerders wat deurgedring het na nie finale.Hulle is gekies om nou deel uit te maak van die Landloop wat deur die hele Noordkaap skole strek.Die Landloop sal weer by die Eiland Navorsing stasie gehou word.Dit gaan plaasvind op die 01 ste September 2012 die tyd is nie op die oomblik

Rosedale:-Die gemeenskap koerant Die Horison se joernaliste het hul rieme styf geloop in die bogenoemde plakkers gebied in die Rosedale area.Dit is net vir my baie snaaks dat die gemeenskap van hiedie gebied so lelik opgetree het teenoor die koerant wat kan in die toekoms iets werd

Foto Bo:Die leerders saam met Sam van Morning Live die wel bekende omroeper.

bekend aan die koerant nie.Dit sal wel bekend gemaak word deur die organiseerders van die Landloop.As hierdie leerders goed presteer in hierdie Noordkaap skole Landloop dan sal dit die geleentheid vir hulle wees om aan die Nasional Landloop byeenkoms deel te neem. Alles hang natuurlik af van hoe hulle by die Noordkaap skole Landloop presteer.Die Nasionale Landloop sal plaasvind vanaf die 28ste tot die 30ste September2012 op Rustenburg in die Noordwes Provinsie by die Olympia Park Stadion

swart gemeenskappe.Of is daar dalk iets wat hulle wegsteek wat hulle nie wil laat bekend word nie.Of is dit omdat die ander koerante nie eintlik juis in die gemeenskappe beweeg om ook hul klagtes te luister of enige ongelukkigheid wat dalk in die gemeenskappe kan heers.Die Horison is „n nuwe koerant wat spesiaal gestig is

Keimoes:-Die bovermelde kerk organisasie het „n streek kamp gehou te Kalahari-Waters naby Keimoes.Die kamp het op die 24ste Augustus begin en ge-eindig op Sondag die 26ste Augustus 2012.Hierdie is „n Christelike Studente Vereniging wat spesiaal daar is om ons kinders meer geestelik op te voed maar ook om hulle in te lig rondom „n geloofslewe.En die kamp het goed daarin geslaag om die kinders te laat besef dat dit baie belangrik is om die Here in jou lewe te aanvaar en te dien.By hiedie kamp het die student geleer dat „n mens die lewe ook kan geniet wanneer jy vir Jesus in jou lewe het.Jy hoef nie styf te wees nie jy kan jou ook gate uitgeniet net op „nmeer verantwoordelike manier.By die geleentheid het hulle ook geleer dat ook iets is soos stilte tyd is en dit is hierdie spesifieke tyd wat jy persoonlik met die Here kan kommmunikeer.Doe geleentheid is op „n hoë noot die Saterdag afgesluit met „n heerlike konsert.

voorheen benadeelde gemeenskappe van die Siyanda en die omliggende streke.Die Redakteur wil asseblief „n beroep op alle gemeenskappe doen om nie die koerant se joernaliste te na kom nie maar om hulle wel te ondersteun.Die eienaar van hierdie koerant is nie bereid om hierdie koerant prys te gee al is dit ook

wat wil probeer om dit te wil doen.Die Horison het gekom om te bly want God regeer en nie die mens nie Amen. Kom mense verander julle gesindhede en strewe na „n beter lewe.In hierdie koerant is geen plek vir apartheid nie dit is alreeds deur Tata Mandela tot niet gemaak.


DIE HORISON

5 skep.Adam en Eva was die eerste mense. Sondeval Adam en Eva het na die duiwel in plaas van na GOD geluister,en so het ál die mense sleg geword;selfs in hul moeder se liggaam voor hulle nog gebore is. Redding

Dit is wat doop beteken:om iemand as jou eiendom te merk.Jy is dus nie sommer „n losloop mens nie,jy behoort aan die HERE—van voor jy dit nog geweet het al.Toe jy gedoop is het GOD dit voor al die getuies op sy word van eer gesê.Hy het selfs jou naam laat noem sodat almal,veral jou ouers,kan weet Hy sê dit vir jóú. En as jy nog nie gedoop is nie sal jy in die bybel lees dat die HERE in sy word sê dat jy aan HOM behoort.‟n Mens word nie die HERE se eiendom as jy gedoop word nie; met die doop onderstreep GOD wat hy in die Bybel sê. Daar staan byvoorbeeld in die Bybel:‟Jy is Myne,Ek het jou op jou naam geroep(Jes.43:1),en elkeen wat dit

lees of hoor,mág dit glo.By die doop onderstreep GOD hierdie woorde,dan klink dit só: “Johan(ofJohanna),jý is Myne”.

Dit is vir mý geskrywe,én vir jóú.

“Jesus het jóú vir Mý met sy bloed gekoopDie verbondskind:Toe jy gedoop is,het die HERE gesê jy behoort oop”(Open.5:9)

Omdat „n mens soms in omstandighede groot word waarin jy nie die geleentheid kry om die Bybel goed te leer ken nie,wil ek graag nou eers „n skema gee,‟n opsomming van sy verhaal en boodskap.Anders verloor ek jou dalk langs die pad.

„n Chinees met die naam Lo.Op „n dag lees hy vir die eerste keer die Bybel en wel in Engels.Hy lees die evangelie wat Matteus geskrywe het en hy verwonder hom aan die aangrypende verhaal.Toe kom hy,in die óú Engelse Bybel,by Matt.28:20(die laaste versie van die boek)en daar staan:”Lo,I am with you always,even unto the end of the world.”In ekstase storm hy na sy vriende toe en roep uit:”Dit is vir mý geskrywe!”Al was Lo se Engels nie so goed nie( want in Engels beteken”lo” “kyk”)En hy het die Bybel presies reg verstaan

GOD sê jy is sýne. Basiese Bybelfeite:-

Dink so daaroor:Al wil „n mens lees of skryf,kan jy dit nie doen as jy nie 26 letters van die alfabet ken nie.Of,as jy iets van skaak weet:‟n mens kan nie die spel speel as jy nie weet hoe elke stuk skuif nie.Hier volg dus nou die letters en die skaakstukke van die Bybel: Skepping In die begin het GOD die heelal ge-

GOD het die mense so jammer gekry dat HY hulle nie doodgemaak het nie—soos Hy gesê het hy sal nie—maar HY het hulle getroos deur aan hulle „n Verlosser te belowe Die Bybel is geskrywe vir sondaars en nie vir mense wat nie verlossing nodig het nie. Geloof,glo,is die werk van „n sondaar en nie van „n sondelose nie. Die hele Bybel staan op elke bladsy van die Bybel.God sê dieselfde ding op baie maniere en met baie verskillende woorde. Weerkoms Jesus het belowe om weer te kom en sy kinders kom nuut maak om sy werk te kom voltooi.Ons vrees dit nie maar bid en wag daarvoor. Amen

In die begin...God (1) “In die begin het GOD die Hemel en die Aarde geskep” (Gen 1:1)

Lees Genesis 1:1-10 Kinders vra gewoonlik vir hulle ma‟s.”Waar kom ek vandaan?”Selfs mense met geen belangstelling in die geskiedenis

nie,word gefassineer deur verduidelikings van die oorsprong van alles.Sommige mense doen ure lank navorsing oor hulle stamboom,om só te ondek wie hulle voorouers was.Die verhaal van die skepping is geskryf as antwoord op hierdie vraag: Waar en hoe het alles begin?Dit beantwoord nie hierdie vraag deur plekke en datums op te noem nie.Daarom moet ons liewer sê:Dit is belangriker om te weet waarom alles begin het.Alles het begin omdat GOD dit gewil het,en Hy het dit geskep.Die boodskap is:Voordat iets begin het,was GOD daar.Alles het ‟n begin gehad,en GOD het bestaan voor enigiets begin het.Hoe ver jy ookal in die verlede teruggaan,jy kom altyd by GOD uit.Hy was voor jou en jou voorsate;Hy was voor al die groot en belangrike mense;Hy was voor die skepping self.Wanneer al die teorieë oor die begin van alles jou verwar,onthou dan wat werklik belangrik is:”In die begin...GOD!” Wanneer jy bekommerd raak oor die voorspellings van rampe en verdoemenis,oor die problem van die wêreld,of wanneer jy bang word oor die spoed van verandering,die uitfasering van gekoesterde inrigtings,die agteruitgang van die omgewing,of die verrysing van vernietigingstrukture,herinner jouself weer hieraan:”In die begin...GOD!”Bevestig die geloof in jou hart dat Hy altyd nuwe dinge kan doen—dinge waarvan ons nog nie eens gedroom het nie.

Gebed Heilige God,ek aanbid U as die Alfa en die Omega,die Begin en die Einde van alles.Dankie dat ek onlosmaaklik aan U kan vasklem,vir altyd en ewigheid Amen “GOD het niks nodig nie;maar alle dinge en alle mense het Hom nodig”


6

NOG FOTOS


7

Upington:-Die jongman van Upington is serebraal gestrem en sal moontlik sy lewelank so wees. Ernest.Allen.Visagie is gebore op die 23steMaart 1976.Sy moeder Christine Visagie het tydens sy geboorte „n beroerte gehad en dit het daartoe gelei dat hy vandag gestrem is.Mnr Visagie het sy skool loopbaan in Kimberley begin by die skool vir gestremdes die “Helen Bishop Home”.As gevolg van die feit dat ons daardie jare onder die apartheid gely het kon hy nie sy loopbaan voltooi nie.Hy het toe maar op die ouderdom van agtien jaar begin werk in Johannesburg by „n sentrum waar hulle goedere met hul hande vervaardig het. Hy het vir 2jaar daar diens gedoen.Vandaar kom hy terug Upington toe waar hy homself by Radio Rivereside aangesluit het.

Daar het hy as omroeper begin werk en hom uitgeleef want hy is „n persoon wat baie lief is vir praat.Hy noem dat daardie vyf jaar baie goeie jare van sy lewe was.In 2007 begin hy by die Departement van onderwys as skakelbord operateur waar hy tans nog besig is.Die Munisipaliteit het hom bygestaan en gehelp dat hy nou die trotse eienaar is van „n splinternuwe elektries aangedrewe rystoel is.Hy noem dat hy baie dankbaar is dat hy kon tussen normale mense sy lewe deurbring dit is vir hom „n wonderlike voorreg. The Big A soos almal hom ken is baie in sy skik met sy nuwe stoel en hy bedank ook die Munisipali- teit vir hul ruimhartige ondersteuning.Die koerant bid Gods rykste seeninge oor The Big A. Deur:-P.de Klerk

Rosedale:-Die bogenoemde sopkombuis is „n gemeenskaps inisiatief wat deur die vroue geneem is.Die projek eht op die 5de Augustus 2010 begin en dit word beskou as „n baie groot voordeel vir die gemeenskap van Rosedale.Die projek word deur „n kommitee bestuur waarvan die voorsitter se naam Mev.Anna.Basson is.Sy noem dat die gemeenskap van die omgewing baie in hul skik is met die sopkombuis.Die getroue vrouens is Suser Rieta Camm(kok)Sr.Sabiena Matthys Sekretaresse(kok) SrAnna.Basson Voorsitter, Sr.Anna.Rooi Tesourier.Die vroue sê al is dit verniet wat hulle werk hulle geniet dit verskriklik baie.

Paballelo:Die skool is hierdie jaar begin bou in Januarie maand deur TP Building Services.By hierdie werksgeleendheid is daar vir altesame 91 mense werk gegee. Die geraamde koste vir hierdie projek is ongeveer R30miljoen.Die CLO van die projek noem dat hulle be-oog om hierdie skool op die 15de Desember sal wil afgee aan die Departement van Onderwys as alles voorspoedig gaan. Die skool bestaan uit altesaam 24klaskamers.Kantoor, Skoolsaal,Biologiese en Fisiese Laboratorium,Rekenaarklas Daar is ook groot area geskep vir

Die sopkombuis is oop elke Maandag,Woensdag en Vrydag vanaf 8 uur tot 12uur voormiddag.Hier ge hulle ongeveer 100 persone voedsel op die genoemde dae.Sr Sarie Fontein is die projek ko-ordineerder en sy noem ook dat hulle die mense baie mis wanneer die kombuis toe is die Dinsdag en Donderdag.Sy noem ook dat die projek tans baie goed doen as gevolg van die goeie ondersteuning wat hulle vanuit die gemeenskap ontvang.Die sopkombuis akkomodeer ook verskillende programme rondom die gevare van Drank en Dwelmmisbruik in die gemeenskap.Almal wat wil kom aansluit by die sopkombuis is welkom bring net jou ID document saam.

Sportgronde,4 Toiletblokke, Kombuisblok en ook „n Biblioteek.Daar sal ook „n Pre-Primêre skool gebou word.Die skool sal ook op dieselfde grond as die Laerskool gebou word. Die ouers met kinders daar naby die skool is baie in hul skik nou hoef hu kinders nie meer so ver te loop nie. Hulle hoef nou nie meer bekommerd wees oor die kinders se veiligheid nie want nou is hulle meer indeel onder hul oog.Nie dat daar al iets met hul kinders al gebeur het nie maar ‟n mens is maar versigtig.deur:Prudence


8

Veiligheid en Gesondheid GEDAGTES met my persveerpen wat al my woorde ken skryf ek op jakaranda-bas vir jou my gedagtegang vas die stad lê in grys beton in die weste weerkaats die son nag vlerk oor bakens onbekend maan siklus van begin tot end

Wat weet honde tog van die lewe as om heeldag lê en kos wag!!

blitsgrafieke trek die lyn mense klink vrolik glasies wyn ek nooi jou op „n reis waar ek vir jou my hart kan wys

Dit moet seker nie lekker wees om heeldag net te sit en lees?

Almal in die gemeenskappe word hartlik uitgenooi:

as die nagkonsert verby is bêre ons elke wysheid in sy kis en met die sterre wat reeds gaap bring ek vir jou „n koppie soetslaap

“Bring of epos jou wenke wat werk na die KOERANT jou gedigte en kortverhale ons plaas dit vir jou”. Epos:die horison@gmail.com

larly. If your eyes become painful,the virus may have spread

tial oil on the back of the neck. Prevention

Note:If you have an auto-

Cold Sores: The Herpes simplex virus type 1,which often lies dormant in the body and only manifests when the immune system is low,causes the cold sores.These painful blisters on the mouth affect many people,especially when they are run down or tired,or have fever or viral infection. Possible solutions Tea tree oil applied directly on the cold sore three times a day will bring relief.This may tingle a bit on application. Echinacea:30 drops of the tincture 3times daily before meals.It is usually available at good health

food stores or pharmacies.(Caution:Don‟t use Echinacea for longer than six weeks continuously and don't use this tincture if you have an autoimmune disease.)Take regular rest and relaxation meditate,and take your supplements regularly. Prevention The best way to prevent cold sores is to boost the immune system. Supplements Vitamin C:1000mg daily or to bowel tolerance. Vitamin E:400 IU daily. A good quality multi-vitamin as prescribed When to get professional help If the cold sores recur regu-

If the nosebleeds occur due to weak capillaries,take supplements and herbs to strengthen the capillaries.Do this when all other possibilities have been ruled out.To assist in strengthenBleeding nose without appar- ing blood vessels and capalent reason,such as a blow to liries,make a tea with 10g the head or face,should restinging nettle and 1 cinnaceive attention.Persistent nose mon stick about the length bleeds may caused by high of your thump.Boil together blood-pressure,so check this in 250ml(1cup)water for 10 with a health professional minutes,strain and drink three times a day. Possible Solutions Supplements Pinch the lower part of the immune disease discuss taking any immune-system boosting supplements with a health professional

Nose Bleeds:

nose where it is fleshy under the bone for ten minutes or until bleeding stops.If you have a neat tincture of yarrow(Achillea millefolium)or witch hazel(Hamamelis virginiana)at hand,soak a little ball of cotton wool in the tincture and place in the nostril(not too high up)Place a cold compress soaked in coldwater and ten dropes of lemon essen-

Vitamin C:1000mg daily When to get professional help If nosebleeds are frequent. If you have a headache accompanying the nose bleed Next week: Post-nasal drip and Sinusitis


VRAE WAT PLA

9

Enige iets wat jou pla op jou lewenspad vra maar vir tante.RIG JOU BRIEWE AAN :TANT EMMA,POSBUS…….. UPINGTON,8801 of epos dit na die horizon@gmail.com SY SAL ALTYD „N ANTWOORD HET

Hi Tant Emma: Ek wil graag weet wat moet ek maak suster ek en my kêrel gaan nou al meer as vyf uit maar hy wil nie met my trou nie?Ek het al met hom gepraat want ons het nou al twee kinders ‟n pragtige dogter en ‟n seun maar hy sê net elke keer wanneer sy geld sake regkom dan trou ons.Hy verdien genoeg geld ek kan nie sien hoeveel meer geld wil hy verdien voordat ons kan trou. Ek soek raad asseblief suster?Anoniem

Sproeitjies van Keimoes

Goeie dag Tant Emma:Ek het „n groot probleem met een van my kinders hy het „n groot dwelm probleem en is nog baie jonk ek het al met hom gepraat maar hy wil nie hoor nie.Hy is ongehoorsaam ek het al op verskeie maniere met hom gepraat nou weet ek nie meer wat staan my te doen nie.Die ander feit is „n mens wil nie jou kind uit die huis uit dryf nie wat kan ons as ouers doen met hierdie probleem kinders ek praat so want ek weet dit is nie net ek wat sukkel met die probleem nie wat kan ons doen?Raadop ouer van Upington

Liewe Anoniem dit is „n baie moeilike situasie wat jy in verkeer veral noudat jy alreeds twee kinders van hom het.Die vraag is het hy jou nog lief of is dit net uit gewoonte dat hy nog met jou uitgaan.My raad aan jou is dat jy hom nie meer moet sien nie anders is daar dalk later nog „n kind en dan wil hy nog steeds nie met jou trou nie.Deel van hom en eis dan onderhoud vir die kinders van hom en weier om hom te sien.Of die ander moontlikheid is jy kan jou predikant of geestelike leier gaan sien en vra dat hulle met hom gaan praat want die tydperk wat julle nou uitgaan eis om getroud te wees.

Liewe Sproeitjies ek neem aan jy is „n goed opgevoede dame as ek jou brief lees.Dit is so jammer dat ons mans mense nie hul oë kan oopmaak nie.Maar ek dink nie jy hoef jou baie daaroor te bekommer nie ek hoop jy gaan kerk want dit is die plek waar jy die geskikte man sal ontmoet,maar wees tog versigtig vir die jakkalse in skaap klere.Ek dink die beste is gaan maar aan met jou studies en gee vir God ‟n opregte plekkie in jou hart en Hy sal vir jou die regte man op die regte tyd gee.Geniet jou oefeninge daar sal ‟n verandering kom.

Liewe raadop ouer jy moet daardie kind na „n kliniek of inrigting stuur of jy moet met die maatskaplikewerker gaan praat sodat hulle vir jou hulp kan kry.As die kind al so ver is dat hy nie meer wil luister wat jy sê nie dan het hy professionele hulp nodig want hy moet bygestaan en ge-ondersteun word,want alleen sal hy nie kan nie.Ons het ook verskillende instansies in Upington soos SANCA,CAB in die VGKerk en ook die maatskaplike diens moenie huiwer om een van hulle te nader om u kind te ondersteun en te help om die nodige behandeling te kry,verder bid en wees ook ondersteunend vir hom.TantEmma

Alles van die beste.Tant Emma

Groete Tant Emma

Rosedale:Katrien Esau die hoof van Staar na die Sterre op die foto heel regs is baie trots op haar skool en haar gebede is dat hierdie skool moet groter word want sy weet dat daar is nog baie van die Khoi mense wat nog moet skool kry.Sy het altyd die kinders op haar stoep skool gegee toe word die klas in 2009 opgerig vir die kinders.By hierdie skool leer sy hulle om te lees,skryf,sing en om selfs die Boesman dans op te voer.Die klas bestaan uit altesaam 50 leerders wat Maandae tot Woensdae tot 3uur bymekaar

Goeie dag Tante,ek soek dringend raad ek is baie vet en nou lyk dit my die kêrels wil niks met ny te doen hê nie.Ek is nog baie jonk klaar met matriek en is besig om verder te studier en het nog nooit „n outjie gehad nie.Ek is nou eers twintig jaar oud en is van kleins af oorgewig , ek is nie siek nie makeer eintlik niks tot op die huidige.Ek is nou besig om te oefen maar verloor nog steeds nie gewig nie wat kan ek doen om gouer gewig te verloor?

kom om hul tradisie te kom laat herleef.Her by die klas word hulle selfs die taal leer praat.Dit is nog net drama klasse wat nog nie begin is nie maar is wel in die pyplyn.Katrien Esau sê dat hulle tans besig is om grond te soek om „n groter skool te bou.Hulle het alreeds „n donasie ontvang van die Lughawe om hierdie skool te kan bou.Alle jong kinders wat wil kom aansluit by die skool is meer as welkom om te kom Maandae en Woensdae by Rosedale,Brulpan 11. Wees trots op jou tradisie en nie skaam om te herken jy is „n Nama of „n Khoi.


10

GIDS/GUIDE

CAB

A. PERSOONLIK / PERSONEL B.VAKANTE BETREKINGS/

AVAILABLE JOBS C. BETREKINGS GEVRA/ JOBS NEEDED D. GELD EN LENINGS / MONEY & LOANS E. TE HUUR HUISE / HOUSES TO LET F.WOONSTELLE TE HUUR / FLATS TO LET G.PLOTTE EN PLASE TE HUUR/ PLOTS AND FARMS TO HIRE H.ENIGIETS TE HUUR / ANYTHING TO HIRE I.TE HUUR GESOEK / WANTED TO HIRE J. HUISE TE KOOP / HOUSES FOR SALE K.WOONSTELLE TE KOOP / FLATS FOR SALE L.ERWE TE KOOP / STANDS FOR SALE M.ALGEMEEN TE KOOP / GENERAL TO BUY N.TE KOOP GESOEK / WANTED TO BUY O.VOERTUIE TE KOOP / VEHICLES FOR SALE P.PLAAS IMPLEMENTE TE KOOP/ FARM IMPLEMENTS FOR SALE Q. WOONWAENS TE KOOP/ CARAVANS FOR SALE R.DIERE / ANIMALS S.TE RUIL / TO SWOP T.BESIHEDE TE KOOP / BUSINESSES FOR SALE U. SPESIALE DIENSTE / SPECIAL SERVICES V.VAKANSIEOORDE / HOLIDAY RESORTS W.KENNISGEWINGS / NOTICES X.TE LAAT KLASSIFIKASIES / LATE CLASSIFICATIONS

VOORWAARDES VIR AANVAARDING Die Horison behou die reg om enige advertensie terug te hou en om enige advertensie wat aanvaar is te kanseleer.Die Horison aanvaar geen verantwoordlikheid vir enige advertensie wat per telefoon of anders gemaak is. Die Horison aanvaar geen verantwoordlikheid vir enige spel fout of verkeerdelike bewoorde advertensies nie,of vir enige koste wat as gevolg van die foute is nie. Geen herdruk van advertensies sal verleen word as enige tipografiese foute voorkom wat op die waarde van die advertensie „n uitwerking het.Slegs foute wat tot verliese kan lei sal in ag geneem.Die Horison aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige foutiewe plasing van enige advertensie MELD FOUTE ONMIDDELIK AAN en verander dit voor afsny tyd

Christelike Afhanklikheid Bediening

Die Horison soek vryskut joernaliste:-Bring u ID en bewys van ADRES asook die inligting na die Kantoor no.14 bokant Vispa Meubels en vra vir die

nooi alle kerke se mense uit,die wat met „n Dwelm of Drank probleem in sy huis sit.Ons is „n ondersteunings,berading en geestelike groep.Ons kom elke Donderdag aand om 19h00 by die VGK

Redakteur Soek Bemarkers om deeltyds te werk vir Kommisie Bring advertensies en verdien Kommisie op elke advertensie tot soveel as R10 000 per maand Kom na Die Horison kantore

Rainbow bymekaar.

Verkoop Koerante:

Kom sluit aan!!!

Kom na Die Horison (bokant Vispa)kantoor14 met jou ID en bewys van adres en verdien „n inkomste elke einde maand later twee keer per

Rand mynbedryf kan beskryf nie dit is te asemrowend.Dit is baie groot en die trokke is net so groot.Die kinders noem ook dat hulle hierdie belewenis nooit sal vergeet nie.Hulle kon nie genoeg kry van die enorme strukture van die myn nie.Na die besoek moes hulle weer die pad vat want die toer is nog lank nie klaar nie.Hulle het hulself maar losgeskeur van die myn bedrywighede en maar koers gekies in die rigting van die Kathu Kollege.Hier is hulle deur „n baie vriendelike Kampus direkteur Me.Reed ingewag tesame met haar span.Me Reed het die kinders deur die hele Kampus geneem en hulle is ook deur die verskillende Lektore toegespreekMnr Goetzee „n parapleeg wat tegnies aanbied ,het

Jy hoef nie „n verslaafde te wees

‟n baie groot indruk op die kinders gemaak.Die onblusbare energie waarmee hy sy pligte nakom en bo sy omstandigheid uitstyg laat ‟n gewone mens wat onder presteer terug kyk na hom/haarself en so introspeksie doen aangaande sy eie lewe. Dit was die laaste deel van die toer. Na die uitstappie het die leerders dit bekend gemaak dat dit „n leersame ervaring

Foto Bo:Die leerders by die Gordonia Hospitaal oppad om in te gaan en dat dit die moeite werd was. Hierdie uitstappie het beslis horisonne verbreed met die feit dat hulle eerste handse ondervinding opgedoen het en ook van baie dinge bewus geword het wat hulle nooit hulself kon voorstel nie.Die leerders het dit ook duidelik gemaak dat hulle ook graag beroeps mense wil word in die naby toekoms. Hulle wonder alreeds wat die volgende uitstappie hulle gaan bied.

Foto Bo:Leerders by een van die Brandweer se voertuie waar hulle eerste handse inligting opgedoen het aangaande die werksaamhede

KITS ADVERTENSIES

Foto Links:Die Kollege waar hulle ook eerste handse inligting ontvang het.

@ R22.50c Die KITS ADVERTENSIES in ons geklassifiseerde afdeling kos R22.50c vir die eerste 35 woorde en sal daarna teen 41c per woord gehef word.Indien u per direkte bank deposito of kredietkaart betaal faks of e-pos asseblief u advertensie tesame met u bankbetaalstrokie of u kredietkaartno.vervaldatum voor Vrydag om 16h00nm na die volgende nommer: 054 ADVERTENSIES SAL TELEFONIES GENEEM WORD

Advertensies sal nie geplaas word alvorens betalings ontvang is nie ADVERTENSIES KAN ALLEENLIK SKRIFTELIK OF PERSOONLIK GEKANSELEER die Vrydag VOOR PLASING DIE HORISON vat GEEN VERANTWOORDELIKHEIDLIKHEID vir ADS wat nie GEPLAAS IS a.g.v. WAN KOMMUNIKASIE TUSSEN DIE TWEE PARTYE.

Foto Bo:Die Khumba myn waar die kinders hulle verkyk het

EMAIL:diehorison@yahoo.com/diehorison@gmail.com Tel:054

Fax:054

Owner/Manager:- Mnr.John.Cloete Cell:083 416 4539


11

Louisvale Weg:-Verlede jaar in Oktober het die Kontrakteurs “Down Touch” die nuwe Laerskool in die gedeelte van Upington distrik begin bou.Me.Lee-Ann Tanga CLO van die projek het aan ons genoem dat hierdie skoolprojek in Desember maand gaan klaar maak en dan oorhandig hulle dit aan die Departement van Onderwys. Sy noem ook dat die beplanning is dat die skool in Januarie 2013 moet oopmaak..Die koste aan die projek was ongeveer R30miljoen.Die projek het ook aan 100 mense werk verskaf en die grote van die skool is24klaskamers, rekenaarklas,Kombuisblok, 2toiletblokke,Pre-Primêreskool vir kleuters en daar sal ook ‟n sportveld wees vir die kinders. Deur:P. de Klerk

Louisvale Weg:Onderwysers is baie in hul skik met die vordering van die matriek kinders wat die klasse kon bywoon.Altesaam veertien skole het hierdie klasse meegemaak in dié jaar.Die skole was as volg AJ Ferreira,Carlton van Heerden,Gekombineerde skool Rietfontein,Keimoes Hoërskool,Kenhardt Hoërskool,Oranjezight Hoërskool, Paballelo Hoërskool,Groblershoop Hoërskool,Saul Damon,Kakamas Hoërskool,SC Kearns,Blinkklip Hoërskool,Kuilsville Hoërskool en Rantang Thuto. Dit is die veertien skole wat hierdie klasse bygewoon het. Wiskunde,Wiskunde Geletterdheid,Fisiese Wetenskap,Lewens Wetenskap,Geografie,Ekonomie,Rekeningkunde,en Besigheidsstudies was die vakke wat hier aangebied is. Ongelukkigheid was dat nie alle leerders van hierdie Skole kon hierdie klasse bywoon nie die rede daarvoor was finansies.Die Depatement van Onderwys wens nogtans alle leerders geluk en voorspoed vir hierdie jaar.Mnr Geduld van die Departement sê dat hy glo dat die klas van 2012 die maksimum sal presteer die kinders moet net alle tyd en energie in die voorbereiding van die eind eksamen sit.Die koerant wens ook aan alle leerders God seeninge en voorspoed toe vir die einde van hul skool jare en mag hulle „n goeie toekoms hê in die toekoms. Deur: P.de Klerk

Upington:Belinda Rossouw „n senior lid van die SAPD te Rosedale het die inisiatief geneem en besluit dat die Diwan Rossouw Sewes Rugbytoernooi „n jaarlikse instelling sal wees.Sy noem dat hierdie poging is om misdaad te bekamp en om die jeug eerder in sport as in misdaad te bemoedig. Die toernooi is ook ter herinneringe van die rugby speler Diwan Rossouw benoem wat afgesterwe het op die 12de November.Diwan Rossouw is van sy fiets afgestamp by die vierrigting robot naby die Pick&Pay sentrum te Upington op die 30steJunie 2008 Die spanne wat deelgeneem het was die Hillside1 en Hillside2,Prieska,Louisvale,Jog gie Boys,EvoEvolution,Duineveld Unieveld Rosedale:-Op 25ste Augustus het Hoërskool AJ Farriera,Askam,Kakamas en Hoërskool Rietfontein netbal,rugby en sokker gespeel.Daar was baie opwinding tydens hierdie geleentheid.Die Hoërskool AJ Farreira en die Rietfontein skool het op die netball veld meegeding.AJ het goed voorgeloop -

.Soos altyd het die Hillside Sewes die finaal gehaal en moes toe kragte teen Prieska meet.Hillside het in die kragmeeting vir Prieska geklop.By hierdie geleenthaeid was daar ook pryse uitgedeel aan die beste span en ook aan die toernooi se punte masjien en beste speller.Hillside sewes het „n wisseltrofee,12goue medaljes en ook „n R1000 kon- FotoRegs:-Die manne van Hillside 7’s tant ontvang. Prieska die naas besig om kragte te meet op die veld by Danie Kuys Stadium wenner het ook 12 silwer medaljes, wisseltrofee en ook „n bedrag van R500 kontant ontvang.Hulle gaan moontlik later vanjaar na Windhoek in Namibia toer. maar uiteindelik het Rietfontein die wedstryd gewen met 15 punte teenoor 13 vir AJ Farreira.Die leerders wat vir AJ punte aangeteken het was Ray-Neva Lubbe (4)Amanda Jacobs(6) en Jenifer van Rooien(3) doele.Op die sokkerveld het die o/16 seuns van AJ Farreira vir Rietfontein met 4—3 geklop.Die Hoërskool Kakamas se O/15‟s is van AJ Farreira Geklop 1—0.Askam is ook deur AJ Farreira geklop met 2—1.Op die rugbyveld

Het AJ Farreira ook sy staal gewys.Hulle het teen Rietfontein kragte gemeet en vir Rietfontein gewen met „n groot telling van 28—0.Dit was gedoen deur die O/16 span.Die kinders het hulle gate uit geniet op hierdie dag.Die leerders van AJ Farreira kan nie uitgepraat raak oor hul oorwinnings van hierdie dag.Daar is ongelukkig nie foto‟s beskikbaar op die oomblik.Die koerant wil alle skole aanmoedig om alle prestasies in hierdie koerant plaas.

Rainbow:-Mnr.Pieter. Louw inwoner van Rainbow Upington het hierdie groot Karp op die 22ste Augustus uitgetrek by die Oranjerivier in Upington.Hy was so opgewonde dat hy onmiddelik sy ander vangste uitgedeel het aan mense wat dit ook nodig gehad het op daardie oomblik. Die geskatte gewig van hierdie pragtige vis is tussen 6 en 8 Kilogram.Mnr Louw het die ander visse weggegee want hy meen dat hy moet sy seeninge deel met ander.Dit is „n baie goeie gebaar van Mnr Louw en die koerant is baie trots op die gebaar van hom om te dink aan ander want dit is wat GOD van ons verwag.


12

Rosedale:Elrico van der Westhuizen wat alreeds 2jaar by die klub kaptein is noem dat die klub die afgelope maand baie swak gevaar het en dat hulle moet sokkies optrek as die span iets wil bereik in die sokker seisoen.Hy noem ook dat dit as gevolg van die baie beserings is wat die manne opgedoen het die span so swak gedoen het. Hy spreek sy hoop uit dat sy span met hierdie sokkerliga wat op hande is regtig hul beste sal moet lewer.Die liga wedstryde begin in September maand dit is wanneer die ou Orlando Chiefs weer hulself moet wees.Elrico noem ook dat hy wil graag dat die manne meer die oefen sessies moet bywoon want dit id al hoe hulle weer die top span kan word. Soos ons kan sien op die foto heel regs is die manne baie energieke sokker spellers en hulle kan hul beste lewer met hierdie nuwe seisoenEnrico nooi alle jong manne en seuns uit om te kom deel uitmaak van hierdie Orlando Chiefs deur saam te kom oefen elke sessie wat daar oefeninge aangebied sal word.Die oefeninge begin vanaf Maandag tot Donderdag elke week om half-vyf nm.

Deur:Saretha Johnson

Rosedale:Doelskieter van die morestêr Sokkerklub het onlangs gaan naam maak in die Limpopo, Polokwane.Die sokkerstêr hier heel regs op die foto het al sokker begin speel op die ouderdom van agtjaar.Remarco Matthys want dit is sy naam het op hoërskool die naam drogba bekom omdat hy die bal so goed hanteer met sy kop,en omdat sy hare lank was. Remarco het op die 02de Julie tot die 8ste Julie hierdie jaar die Vodacom play-off‟s bygewoon.By die geleentheid het hy sy ware kleur gewys op die sokkervelde daar in die vreemde.Daar was selfs so baie belangstelling in die kranige speller dat hy aanbode ontvang het van verskillende spanne in daardie geweste.Remarco noem ook hy het by hierdie geleentheid verskriklik

baie geleer by die Play-off‟s.Hy het daar geleer dat sonder selfdissipline dit nie help jy speel die sport nie en jy as speller moet ook die ander spellers respekteer wat saam met jou op die veld is.Hy noem dat hy nou weet dat sonder die nodige dissipline en respek jy nie eintlik werd is om nog op die veld te klim nie want dan staan jy nie eintlik „n kans om jou mede veldgebruikers aan te durf nie.Hy noem dat die ander feit is dat jy as speller moet kontrole op die bal moet kan uitvoer maar dat daarmee ook harde werk saamgaan.Sonder hardewerk kan jy nie eintlik iets bereik nie.Hy sê dat die speller moet verbind wees tot die bal.Remarco sê hy het nog nie besluit watter span gaan hy sy handtekening gee nie van die baie versoeke wat hy ontvang het. Deur:S.Johnson


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.