FCE Nuusbrief November 2012

Page 1

NOVEMBER 2012

www.fce.org.za

FCE

Fo u n d a t i o n fo r C ro s s - C u l t u ra l Ed u c a t i o n

Lewegewende Reën Ethiopië

Dr Woyita Wozaolla, ‘n man met ‘n visie vir sy volk

Biltong iAfrica

pronk by Kamers Vol Geskenke

Die Torres Strait Eilande

“Ons ervaar dat die Here vir ons weereens ‘n deur oopmaak”

BELANGRIKE DATUMS DMT (Dissipelskap-Sendingopleidingskursus) Wolseley: 14 Januarie – 23 Maart 2013 Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oakstraat, Huis Weich, 6830

info@fce.org.za


I

n die laaste pylvak van elke jaar ervaar ek ‘n weemoedigheid: net so asof die pas té vinnig, die las té swaar en die jaar té lank was. By ons opleidingsentrums in Zambië en Malawi lê die hitte ons lam en waai die stofwinde ons gemoedere deurmekaar. Ons staan soggens tam op en kyk na die horison, dalk, miskien, vandag verskyn die wolkie, so groot soos ‘n man se hand, op die horison. In daardie wolkie lê ons verwagting op ‘n lafenis. Reën: lewegewende reën, stofnatmakende reën, reën wat deur al die jare in FCE ‘n teken van die Here se seën op ons werk is.

Ek ervaar hierdie selfde swaarmoedigheid as ek die koerantopkrifte lees, nuus op die televisie kyk of betrokke raak by mense se stryd om siel en liggaam aanmekaar te hou, huwelike te maak werk en vertoiingde verhoudings aanmekaar te las. My gees gaan lê wanneer geestelike leiers humanisme as goddelike waarheid verkondig en kompromieë aangaan om almal in ‘n vals vrede te sus. Ek kruip onder die besembos in. Net om deur die Here raakgesien te word; en op die horison verskyn ‘n wolkie, so groot soos ‘n man se hand, ‘n wolkie van hoop. “In hierdie wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh 16:33). Met hierdie nuusbrief wil ek elkeen, wat deur die Here uitgekies en aangestel is om vrugte te dra, aanmoedig om voluit betrokke te wees in jou deel van die wêreld waar jy geplaas is, om hoop te bring. Dit kan jy net met oortuiging doen as jy onvoorwaardelik glo dat dié Jesus wat jy verkondig jou in staat stel om mense tot geestelike volwassenheid in Christus te bring (Kol. 1:28). Brand dieselfde passie in jou as in vriende van my se dogter Jordy, wat iedereen konfronteer met: “Ken jy vir Jesus?” As die betrokkene “ja”, antwoord, maak sy net doodseker: “Die Een wat aan die kruis gesterf het?” Glo ons en werk ons daarnatoe dat: “If it were not for the purifying and preserving influence of the body of Christ, the fabric of all we call civilisation would totally disintegrate, decay and disappear. At this present moment the body of Christ, in union with her risen and enthroned Lord is therefore the fundamental preserving factor in this present world order.” (‘Destined for the Throne’ by Paul E Bilheimer). Hoe raak bogenoemde stelling jou? Wat is die motief van jou sendingpogings? Glo jy met jou hart, siel en verstand dat jy deel van God se plan is om alle mense te seën? Glo jy dat God se seën genesing en herstel bring in elke aspek van die menslike natuur: fisies, sosiaal en geestelik, sodat die mens vrygemaak word om God onvoorwaardelik lief te hê, homself te aanvaar, sy naaste te respekteer en God se skepping te eer? En as jy dit glo, hoe maak jy dit werk?


CiM

Creator in me dia

FCE VIDEO KANAAL Besoek FCE Video Kanaal: http://vimeo.com/ channels/fceonline Dit is ‘n webwerf waar jy na CREATOR IN ME Produksies se onlangse vrystellings kan kyk. Laai dit af en deel dit met familie en vriende.

Nuutste vrystelling: Let Your Light Shine DVD(sluit ekstras in) is beskikbaar teen R25

KING’S HIGHWAY RUSKAMP MALAWI

Op 22 Augustus 2012 wy ons die Malawi Kampterrein aan die Here toe. FCE se personeel skarrel van vroeg oggend rond om alles in orde te kry, die vure brand hoog en die kospotte prut gesellig op die “braziers.” Die hoofmanne van die omgewing daag op. Die vrouens uit die villages getooi in kleurvolle uitrustings, neem al dansende en singende hul plekke in. Besoekers uit Suid-Afrika wat deur die jare aan die kampterrein help bou het - Sampie Van Rensburg, Danie van Dyk, en Deon Veldsman - is onder die gaste. Oud FCE studente van Malawi, deel in die vreugde. Na vele toesprake, breek die oomblik aan: ons lig ons hande in aanbidding en wy die kampterrein aan Hom toe. Voor Hom verklaar ons dat hierdie plek ‘n baken van lig vir die Malawiërs sal wees, ‘n plek van hoop waar Jesus verheerlik word.

Ruth Fulton, ‘n 65-jarige vrou kom saam met die Australiese uitreikgroep om die personeelhuise

op die kampterrein in Malawi te bou. Sy raak saam met Regina betrokke by die bediening onder die vroue. Sy word so aangespreek deur hul kinderlike verhouding met die Here, dat sy besef sy wil ook graag hê wat hulle het. Die leier van die uitreikgroep, Max Madison, bid saam met haar en sy neem die Here aan. Ruth is terug na Australië, begeesterd om ‘n getuie te wees van wat die Here in haar lewe gedoen het. (“Let Your Light Shine” Besoek ons FCE Video Kanaal vir die volle storie)

Malawi Alumni: FCE is al sedert 1996 in Malawi betrokke en meer as 200 Malawiërs is deur die dissipelskapopleiding. Die Malawiërs wat hul onderwysopleiding in Zambië voltooi het, het ‘n organisasie gestig: FTS (Fishers, Teachers and Senders). Hulle lei mense na die Here, gee vir hulle opleiding in die Woord en stuur hulle uit om sout en lig in hulle gemeenskappe te wees. Ons is dankbaar dat ons oud-studente hul passie vir sending in die praktyk uitleef.. Borga van Spanje het na Koti ni Eden in Zambië gekom as ‘n vrywillige werker. Tydens sy verblyf op Koti ni Eden kom Borga tot bekering en ons juig saam met die engele oor hierdie jongman wat in Sy koninkryk ingekom het. Neels de Jager sal hom en sy familie in November in Spanje besoek

Tot siens Jesaja en Malinda Strümpfer: Jesaja sluit in 2008 by FCE aan as voltydse sendeling. Hy is handig en hardwerkend en dien FCE met sy talente. Malinda, ‘n nooi Botma van Ladismith, word by die FCE kollege opgelei as onderwyseres. Die twee ontmoet mekaar in FCE en trou. Die afgelope twee jaar was Jesaja betrokke by die werk in Malawi, terwyl Malinda betrokke was by die vrouebediening en skoolgehou het.. Aan die einde van hierdie jaar verlaat die twee ons, sodat Jesaja vir sy Pa kan gaan bystaan op sy plaas in Pongola. Ons stuur hulle uit met ‘n knop in die keel, want dit was maklik om vir hulle lief te wees, maar ons stuur hulle ook met die wete dat dit vir hulle natuurlik is om diens te lewer. Altwee is baie goed toegerus om na mense uit te reik, verhoudings te bou, die boodskap van Verlossing te verkondig en dissipels te maak.

Jesaja & Malinda


Met die aanbreek van die Oktober skoolvakansie, daag ongeveer 140 moeë onderwysers by die Oranje Meisieskool in Bloemfontein op, waar die jaarlikse ‘National Christian Teachers’ Convention’ deur FCE aangebied word. Vanjaar se tema, “Renewed Relationships” is in die kol. Dr Jannie Compion van FCE en Dr. Felix Muchimba van GLO Opleidingsentrum Zambië, is die hoofsprekers. Hul uitgangspunt is dat elke probleem in die samelewing, in mense se persoonlike lewens en in die wêreld herlei kan word na: • • • •

die mens se verhouding met God, die mens se verhouding met homself, die mens se verhouding met sy naaste en die mense se verhouding met die skepping

d e w

e n e R

t

rela

ips

sh ion

Jannie Compion

Daarom lê die oplossing van alle probleme in die herstel van bogenoemde verhoudings. Die sprekers spreek die probleme as volg aan: • Is jy in ‘n verhouding met God of het jy ‘n verhouding met ‘n spesifieke godsdiens of denominasie? • Het jy jouself lief? Slegs deur aanvaarding van jouself, kan jy ander sonder inspanning liefhê. • As jy jou naaste liefhet, sal jy hom en die gemeenskap met jou talente dien. • As jy God se skepping respekteer, sal jy jou mandaat om oor God se skepping (die fisiese en die geestelike) te heers, ernstig opneem.

Felix Muchimba


As ‘n onderwyser suksesvol in die klaskamer en in die onderwys wil wees, is dit noodsaaklik dat hy suksesvol in elkeen van hierdie vier verhoudingsapekte sal leef. Eers dan sal hy die behoefte van die kinders kan aanspreek, omdat al hul probleme ook uit bogenoemde aspekte spruit. Prof. Thinus Dreeckmeier begelei die onderwysers om hul vakke te sien as ‘n wyse waarop hulle kinders by God kan uitbring.

Die 18 werkswinkels is ook so aangebied dat die konferensiegangers in elke werkswinkel prakties toegelig en begelei is oor hoe om verhoudings in die onderwys en deur middel van vakaanbieding te bou, te herstel en te vernuwe.

Peter Jones van Creare

Tydens die lofprysing en aanbiddingsessies en in die gebedskamer het elke konferensieganger die geleentheid gekry om in ‘n dieper en nader verhouding met die Here te beweeg. Uit die terugvoering van die konferensie na die tyd, was dit duidelik dat die Here hulle aangeraak het, geïnspireer het en moed en hoop gegee het. Baie het opnuut besef dat hul vir die onderwys geroep is om ‘n verskil in God se koninkryk te maak. Creare is ‘n teosentriese Kuns en Musiekbediening in Bloemfontein. Hul visie is om studente in die Kunste op te lei. www.crearedream.com


TOEGERUS OM TE DIEN Adriaan & Magda van Zyl van Swellendam

Ons begeerte om die Here te dien, lei daartoe dat ons ons drie seuns en aardse besittings oppak en Wolseley toe gaan vir opleiding. Na voltooiing van die Dissipelskapkursus is ons na Zambië om die sendingopleiding te doen, waar ons in ‘n tent bly om as familie bymekaar te wees. Hierdie tyd van opleiding is ook ‘n tyd van verhouding- en karakterbou. In die tent leer ons en die kinders mekaar beter ken – ons skuur aan mekaar, ons timmer en ons skaaf en die Here bind ons saam as ‘n gesin. In die kruis-kulturele opset leer ons ander mense se manier van dink en doen respekteer. Die werking van die Heilige Gees word vir ons ‘n werklikheid en ons begin verstaan wat dit is om te alle tye eers die Koninkryk van God te soek. Ons breek die tent af en verskuif ons tentpenne, steeds soekend na die plek waar ons Hom kan dien. Ons lê 15 743 km af en reis deur ses verskillende Afrika-lande. Ons weet nou hoe siek mens kan raak van malaria, ons ken die angs van ‘n kind wat beseer word en daar is nie mediese sorg naby nie, ons kan saampraat oor slaggate, onbegaanbare paaie en lang afstande. Ons leer om nie te vrees nie, om alles aan die Here oor te gee en Hom te vertrou vir die uitkoms.

“...en die Here bind ons saam as ‘n gesin.”

Na nege maande is ons terug op Swellendam, die sirkel is voltooi. Ons het die Here se stem gehoor, Hom vertrou en begin beweeg. In die proses het die Here ons toegerus en na die plek geneem waar ons Hom moet dien. Ons huis is nou oop vir almal wat die Here soek. Ons stel nou ons talente tot sy beskikking. Ons het ons plek gevind waar ons‘n invloed kan uitoefen op mense


PSALM 2:8

“Vra my en ek gee volke vir jou as eiendom.” FCE kom tydens ‘n onlangse vasdag voor die Here. Deur Sy Woord moedig Hy ons aan om Hom te vra, vir die nasies. Ons moes bely dat ons gereeld voor Hom staan met al die lysies van wat ons nodig het: finansies, geboue, voertuie, werkers, gesondheid, veiligheid, ens. MAAR vermaan Hy ons, wanneer laas het julle vir My gevra vir die Nasies. Bid saam met ons vir wysheid oor die volgende geleenthede wat vir ons oopgaan om d.m.v. ons opleiding betrokke te raak in Ethiopië en die Torres Strait Eilande.

ETHIOPIë

Die Here het ons onlangs in kontak gebring met Dr Woyita Wozaolla, ‘n Ethiopiër. ‘n Man van God, ‘n man met ‘n visie vir sy volk en ‘n man met ‘n passie vir sending. Hy is ook een van die leiers van die ‘Kale Heywet Church’, die grootste evangeliese kerkgemeenskap in Ethiopië. Hierdie kerk word gemobiliseer om sendeling uit te stuur en te onderhou. Dr Woyita besoek Koti ni Eden en hy kom onder die indruk van die manier waarop FCE as ‘n gemeenskap funksioneer. Tydens sy verblyf bly hy tussen die personeel en die studente, hy staan in dieselfde ry vir sy etes. Die saambly in ‘n gemeenskap waar die een die ander dien, spreek tot hom. Hy sien FCE se visie om mense toe te rus met vaardighede wat hul in staat stel om hul omstandighede te verbeter, as God se plan vir Afrika. Hy besef hoe belangrik dit is om mense op te lei en voor te berei vir die sendingveld, sodat hulle nie net mense na die Here toe lei nie, maar hulle ook as dissipels toerus. Hy voel dat die Christene die voorlopers moet wees om die jonger generasies te vorm, anders sal die wêreld daardie behoefte vul en ons jongsmense meesleep in ‘n selfgesentreerde, selfsugtige leefstyl wat direk teen God se plan van diensbaarheid is.

“Hy besef hoe belangrik dit is om mense op te lei...”

Neels het onlangs ‘n besoek gebring aan Dr Woyita in Addis Abeba en hy is beïndruk met wat die Here besig is om onder die Christene in Ethiopië tot stand te bring. Ons vertrou die Here om ons te lei oor wat Hy beplan vir Ethiopië en die rol wat FCE daarin kan speel.

TORRES STRAIT EILANDE

Die Torres Strait eilande is geleë tussen Cape York in Australië en Papua-Nieu Guinee. Die Mackay Christenskool met wie FCE al vir ‘n paar jaar baie goeie betrekkinge het, stuur gereeld studente van hul skool op uitreik na van die Eilande. Ndanji, dogter van Brian en Barbara Singoi van Zambië, het ‘n geleentheid gekry om in Mackay Christenskool skool te gaan. Ndanji was kort na haar aankoms in Australië vanjaar op een van hierdie uitreike. Peter Lister, ‘n onderwyser van die skool, wat vir jare al die uitreike lei, getuig hoe wonderlik dit vir hom was om te sien hoedat die Here Ndanji, met haar sangtalent en haar vermoë om oor kruis-kulturele grense te tree, gebruik om by die mense se harte uit te kom.

Ndanji

Ndanji se ouers, Brian en Barbara het saam met Neels de Jager vir haar in Australië gaan kuier. Tydens hierdie besoek is Neels, Brian, Pastor David Westbrooke en Peter Lister na die Torres Strait. Oral is hulle hartlik ontvang. Verhoudings is gebou en gedagtes is uitgeruil hoedat FCE met die gemeentes kan saamwerk om hul jongmense op te lei in dissipelskap. Ons ervaar dat die Here vir ons weereens ‘n deur oopmaak om deur middel van ons bediening die verspreiding van die Evangelie oor die wêreld te verseker.


Biltong

iAfrica

Biltong iAfrica pronk by Kamers Vol Geskenke – die jaarlikse “Creative Feast of Hand Made

products” in Lourensford, Somerset-Wes in Oktober. Ons unieke biltong en droëwors volgens oupa se geheime resep en die verskeidenheid peuselhappie sensasies, was treffers.

Besoek ons webtuiste vir enige navrae oor ons biltong produkte. Enige iets van Droëwors, Cabanossie, Wildsvleis, Chilli Bites tot Tulbagh Boerewors en Tulbagh Hoenderwors.

TULBAGH

Boerewors

www.biltong4africa.co.za

Mobile Site


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.