3 minute read

Review: Ford Ranger Raptor SE

Next Article
Classifieds

Classifieds

Ford RangerRaptorSE

Soos die huidge Ford Ranger Raptor die einde van die lewens siklus haal en die vervaardiger gereed maak om die 3.0 turbo-petrol weergawe op die paaie te bring, het Ford onlangs die SE spesiale uitgawe uitgebring. Ons het die afgelope tyd die geleentheid gehad om, wel, Raptor tipe ekskursies aan te pak.

Advertisement

Daar is geen twyfel aan die Raptor se sukses in Suider Afrika nie. Aanvanklik was daar neergekyk op die 2.0 turbo diesel, wat ook in vele ander Ranger modelle, soos die Wildtrak gevind is. Terwyl dit vir vele nie gepas was vir hierdie voertuig nie, is dit steeds ’ n betroubare, kragtige, en seepgladde enjin. Met 157kW en 500Nm tot jou beskikking is hierdie enjin beslis nie rustig nie. Meng dit saam met die egalige, dog ratse 10-spoed outomatiese ratkas en die enjin sal vinnig wees om die nodige krag te lewer, sowel as om rustig te bly onder 2000 opm op die oop pad. Ons het onlangs hierdie einste kombinasie in die Ranger Stormtrak getoets op die oop pad, sowel as die stad en ’ n goeie brandstof ekonomie van net onder die 9 liter per 100km gekry. Ford stel selfs voor dat matige ritte ’ n verbruik van 7.8 liter / 100km kan lewer. Die Raptor voel ook natuurlik nie soos ’ n normale bakkie nie. Terwyl daar al baie gedoen is om moderne bakkies meer ‘ stedelik vriendelik’ te maak, neem die Raptor die kersie op die koek. Met absolute gemak op die oop pad, sowel as die nouer draaie in die stad / dorp, is die Raptor selfs meer gemaklik op die grondpad. Met verstellings vanaf normale rit gemak, na sport, modder oppervlaktes, klipperige oppervlaktes, en sand, is sinkplaat paaie onopmerkend. Plaas die rit verstelling oor na ‘Baja’ en ’ n monster word ontplooi, met die enjin, sowel as die suspensie, wat wakkerder is, gereed om enige oppervlakte teen spoed aan te pak. Die SE weergawe het spesiale plakkers regoor die middel van die voertuig, sowel as teen die lengte van die voertuig. Natuurlik kom die SE weergawe ook met 17 duim allooi wiele en General Grabber (285 / 70 R17 AT3) bande, wat bewys is om die perfekte tussenganger te wees vir algehele vernuf op die grondpad, sowel as om ’ n sagte en stil rit te verskaf op die oop teerpad. Die SE model kry egter ’ n ekstra rolkajuit, wat maklik elektronies gesluit kan word saam met al die ander deure. Hierdie maak dit baie gemaklik om goedere agter te stoor in die besige en somtyds onveilige stad. Binne vervang rooi stiksel die normale blou skakerings, en die uiters gemaklike sitplekke, word met leer en suede afwerkings. Hier moet dit gebieg word dat die sitplekke uiters gemaklik is en eenvoudig om die insittendes “ vou ” , gereed vir die aksie wat wag.” Vyf volwassenes kan gemaklik in die voertuig sit, te danke aan die Raptor se breer voorkoms (150mm meer as die normale Ranger) terwyl die voorste sitplekke ook verhitbaar is. Terwyl die Ranger Raptor se groter bande natuurlik ’ n grootter draaisirkel sal verseker, en die brandstof verbruik beinvloed, is die Raptor eintlik baie gemaklik op enige oppervlakte. In terme van algehele veriggtinge is daar geen ander bakkie, wat tans kan kers vashou as dit by sportiewe vernuf kom nie. Hierdie word beloof om selfs verbeter te word met die nuwe V6 petrol enjin, wat 292kW gaan uitskop. Tans word die Raptor SE teen R999 150 verkoop met ’ n standaard 120 000km waarborg en ‘ n 6-jaar / 90 000km diensplan.

“ ...die kersie op die koek. ”

Text: Franco Theron Images:Nico Boshoff

This article is from: