Kommuniek Julie 2012

Page 1

Julie 2012

`n handelsmerk van

PMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings WĂŞreld se koringvoorraad is drasties aan die krimp Noord-Kapenaar is nou bedryfshoof by Graan SA


GWK Graan . . . innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanteringsdienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295 Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Inhoud 2 Redaksioneel Die winter slaan sy kloue in . . . 3 Geestelike akker Die duif se stem . . . 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel PMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings. 12 Ons besigheid GWK se divisie vir Veilings, Vleis en Supermarkte. 16 Graan Koringvoorraad drasties aan die krimp. 18 Graan Verminder die “fog of war” vir winsgewende prysbesluite. 20 Graan Kleinmaat-afnemers kan voorrade verseker. 22 Navorsing en Ontwikkeling Gars geel dwergvirus kan opbrengsverliese veroorsaak.

30 Georganiseerde Landbou Stel doelwitte en beraam planne, hoor kongresgangers. 32 Georganiseerde Landbou Die graanprodusent se spreekbuis: Graan SA. 36 GWK NUUS Landzicht se uitstalling die beste op indaba. 10 GWK bekroon Man wen kragopwekker by GWK Landmark. Landmark-personeel woon opleidingsessie by. Spreker motiveer personeel op bestuursvergadering. 38 Ons mense Produsente en GWK-personeel wys hul passie. 42 Kollig Noord-Kapenaar nou bedryfshoof van Graan SA.

12 Divisie brei uit

48 FOTOKOMPETISIE Herfs. 50 KOMMUNIEK KIEKIES Jou kind met die GWK-handelsmerk. 52 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels GWK Park kook.

49 Wenfoto

54 Vir die jongspan Pret op die plaas. 56 VROUE Leefstyl Maak jou brein wawyd wakker!

26 Kleinhandel Promosie Bekostigbare kwaliteit vir TITAN belangrik.

58 Gesondheid en resep Vind inspirasie vir `n tuin wat jy goed kan gebruik.

28 Eiendomme Die eiendomsmark lyk goed!

60 Agterblad Die SM se toerusting arriveer . . .

56 Word wakker!


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

Die winter slaan sy kloue in, maar nuus bly vuurwarm . . .

T

erwyl die winter behoorlik sy kloue in die Noord-Kaap ingeslaan het, is Kommuniek vandeesmaand propvol warm leesstof oor die dinge wat ons lesers naby aan die hart lê. In hierdie uitgawe is GWK en sy personeel trots op die verskeie pyltjie-toekennings waarmee PMR Africa onlangs die maatskappy bekroon het. Ons doen aan by GWK se divisie vir Veilings, Vleis en Supermarkte (die voormalige divisie vir Veilings en Vleisbedrywe) wat onlangs drasties uitgebrei het en opwindende nuwe sakegeleenthede ontgin. Ons lees oor die wêreldvoorraad

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

van koring wat teen 2013 op die laagste vlak sedert 2007 behoort te wees weens die droogtetoestande wat produksie van Amerika tot so ver as Rusland ingeperk het. In hierdie maand se Kommuniek kry afnemers van graan in kleinmaat (minder as 100t/jaar) die geleentheid om hul mielievoorrade per silo te verseker. Lees op bl. 20 wat die werkswyse hieromtrent is. Ons kry goeie nuus oor die eiendomsmark en lees oor die NoordKaap Rooivleisprodusente Organisasie (NKRPO) se jaarlikse kongres wat onlangs in Kimberley aangebied is. Dan vertel mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur ons meer

Tot volgende keer

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

oor die totstandkoming van dié organisasie en hoe Graan SA as die graanprodusent se spreekbuis optree. In “Ons Mense”, `n nuwe afdeling in die tydskrif, gaan ons kyk na die passie waarmee GWK se personeel en die produsente in GWK se bedieningsgebied hul dagtake aanpak. En dan moet die dames naderskuif, want hierdie maand leer ons hoe om jou brein wawyd wakker te maak en met kruie te kook, voordat ons by Piet aansluit waar die SM se toerusting uiteindelik gearriveer het . . .

VOORBLADFOTO `n Katoenland word bewerk voordat koring daarop geplant word. Foto: Verskaf


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Die duif se stem . . . `n Week later het hy nog `n keer die duif uitgelaat, maar hierdie keer het dit nie na hom toe teruggekom nie. Genesis 8:12 Dit was `n gewone, vaal duif wat `n waterskeidingsrol in Noag se lewe gespeel het. Noag moes weet wanneer dit veilig was om die ark te verlaat en stuur daarom drie maal `n duif op die verkenningstog uit. Die eerste keer moes die duif omdraai omdat hy nêrens staanplek op die watermassas kon kry nie. Die tweede keer kom hy terug met `n olyfblaartakkie . . . vol hoop. `n Week later verander hierdie hoop in `n vaste fondament toe hy uitein-

delik sy wêreldse tuiste tussen die takke van die bome vind. Toe weet Noag dat die tyd amper reg is om die deure van die ark oop te maak. Die goddelike Duif – die Gees van God – praat vandag steeds met ons: Soms sê Hy: “Wees geduldig. Wag en wéét: Op die régte tyd sal jy antwoorde en `n uitkoms kry.” Ander kere fluister Hy: “Ek wil jou seën met die olyftakkies van die lewe. Vind rus op die plek waar jy nóú is, want dis waar jou vreugde vandag lê.” En dan is daar dié kere wat die Gees aan jou die groen lig gee om iets te doen.

Wanneer Hy sê: “Gaan nou en doen wat ek vra. Die tyd is reg. Jou bevryding is hier.” Wat dink jy sê die Heilige Gees vandag vir jou? Praat met my, Here. Ek luister. En ek sal doen. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Lewendehawe Veilingskalender en Veilingspryse Kimberley kleinveeveiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Hertzogville-veiling Kimberley grootveeveiling

4 Julie 2012 10 Julie 2012 11 Julie 2012 12 Julie 2012 17 Julie 2012

18 Julie 2012 19 Julie 2012 24 Julie 2012 25 Julie 2012 26 Julie 2012

Kimberley kleinveeveiling / Diamant Dorperveiling Kimberley Boshof Suid-veiling Britstown Vatvyf-veiling Kimberley grootveeveiling Kimberley GWK-bulveiling / Griekwastad-veiling

Veilingspryse vir lewendehawe 21/05 - 25/05/2012

28/05 - 31/05/2012

02/06 - 08/06/2012

11/06 - 15/06/2012

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Slagosse

0

Slagosse

R13.25

Slagosse

0

Slagosse

0

Slagkoeie

R11.00

Slagkoeie

R10.50

Slagkoeie

R11.50

Slagkoeie

R11.00

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.40

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R18.10

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.80

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.25

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.10

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.05

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Slaglammers

R21.50

Slaglammers

R21.00

Slaglammers

R21.00

Slaglammers

R20.50

Stoorlammers

R21.50

Stoorlammers

R20.60

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R20.40

Kruislammers

R20.50

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R21.00

Slagooie

R13.00

Slagooie

R14.60

Slagooie

R13.50

Slagooie

R13.20

Maer ooie

R12.00

Maer ooie

R12.20

Maer ooie

R13.00

Maer ooie

R11.40

Klein bokkies

R23.00

Klein bokkies

R22.00

Klein bokkies

R22.00

Klein bokkies

R20.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R21.40

Jong bokke

R22.00

Jong bokke

R21.25

Bokooie

R20.00

Bokooie

R15.20

Bokooie

R15.00

Bokooie

R15.00

4


Damme en reënval Huidige stand van damme % Vol

Rietrivier

Kalkfonteindam

75

Modderrivier

Krugersdriftdam

61

30 20 10 0

Werklik

Vaalharts

73 55 60

40

Rietrivier

Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam

Vaalrivier

50

Barkly-Wes

95 88 90

Hopetown

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam

Oranjerivier

Reënval 25 Mei - 24 Junie 2012

60

Prieska

Dam

Douglas

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Lunenburg

Douglas Skaal 25 Mei - 24 Junie 2012

40

30

20

20

10

10

0

0

-10

-10

Max

Max Langtermyn

25 Mei - 24 Junie 2012

40

30

Min

Min Langtermyn

Max

25 Mei - 24 Junie 2012

30

20

20

10

10

0

0

-10

-10

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Rietrivier 25 Mei - 24 Junie 2012

30 25 20 15 10 5 0 -5 -10

Min Langtermyn

25 Mei - 24 Junie 2012

40

30

Max

Min

Barkly-Wes Barkley-Wes Ulco

Prieska Green Valley Nuts 40

Max Langtermyn

25 Mei - 24 Junie 2012

30 20 10 0 -10

Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Max Langtermyn

Min

Maandelikse voorspelling Julie 2012

Inligting verkry van GFCSA

Douglas Lunenburg 40

25 Mei - 24 Junie 2012

5

Min Langtermyn


Landbouwenke Koring Koring-planttyd is amper verby en

slegs kort groeiers kan van middel tot einde Julie geplant word. Met laat aanplantings kan plantdigtheid tot 120-130kg saad/ha aangepas word. Bring duisendkorrelmassa in berekening aangesien dit `n aansienlike verskil kan maak. `n DKM van 37 het `n saadtelling van 27 000 sade/kg teenoor `n

Lusern

Nuut gevestigde aanplantings

moet veral op swaarder gronde oordeelkundig besproei word. Om wortelontwikkeling te optimaliseer, moet die profiel nie te nat wees nie

DKM van 44 met `n saadtelling van 22 000 sade/kg. By `n plantdigtheid van 120kg/ha sal die saad met die laer DKM d.w.s 37, `n stand van 600 000 plante/ha meer hê as `n lot van 44 DKM. `n Te hoë plantestand verhoog die risiko vir omval en dit lei tot `n hoër persentasie sifsels en `n laer persentasie vetkorrels

Ouer aanplantings kan swaarder besproei word, veral lae dormansie kultivars wat meer aktief is in die winter. Vestiging van lusern in die winter word nie aanbeveel nie

Uie en saaduie

Ligte topbemesting (stikstof) kan toegedien word indien nodig. Volg `n bemestingsprogram en waak teen te veel stikstof op saaduie. Uie benodig gemiddeld 150 N, 90 P en 80-140 K/ha. Blaarvoedings met mikroelemente soos boor, molibdeen

sink en koper kan vanaf nou tot vroegsomer toegedien word. Onkruidbeheer is belangrik en moet begin word terwyl onkruide nog klein is. Spuit sistemiese swamdoders veral op saaduie om siektes te beheer voordat dit sigbaar word.

Gars Gars is in die saailingstadium en

moet net lig besproei word totdat die plante goed gevestig is. Op `n katoen-wisselboustelsel en waar baie mieliereste net voor plant op die land teenwoordig was, moet `n hoër stikstofpeil toegedien word (ongeveer 2030kg meer), afhangend van die grondtekstuur. Dit moet verkieslik verdeel word om sodoende `n 6

stikstofnegatiewe periode teen te werk. Op baie sanderige gronde word ± 20 N meer aanbeveel weens loging. `n Verdeelde stikstoftoediening van 100 N met plant, 20-40 N op ses weke ná opkoms en 30 N vir Puma, maar 40-60 N vir Cocktail met melk- tot sagte deegstadium.

weens baie koue toestande wat ontkieming en opkoms erg kan vertraag. Saailinge kan dan ook makliker versuip indien te veel besproei word.


Pekanneute

Pekanneute moet steeds in

die winter besproei word, maar die waterbehoefte is heelwat laer. Twee goeie besproeiings tydens die winter behoort voldoende te wees. Snoei van pekanneute word in Julie en Augustus gedoen. Nuwe bome word ook in dié twee maande geplant. Gate moet minstens 1m diep wees of 20cm dieper as die penwortel. `n Gedeelte van die los grond moet onder in die gat teruggeplaas word voor plant. Die afgesteekte penwortel moet in los grond wees om vertikale wortelontwikkeling te bevorder. Goed verrotte kompos en 0,5kg van `n sinkbevattende bemestinstof (22% Zn) kan met die grond vermeng

word en in die gat geplaas word. Struktuurvorming van jong bome jonger as vyf jaar word gedoen en leierloot word gestimuleer om so sterk en hoog as moontlik te groei. Sylote moenie dikker as twee derdes van hoofstam by plek van aanhegting wees nie. Die gewenste hoek met hoofstam moet kleiner as 90° en groter as 30° wees. Verwyder een derde van loot net bokant `n ogie wat na buite weg van die boom wys. Vryf leierloot se ogies af (behalwe die boonste ogie) om opwaartse groei te stimuleer. Volwasse bome word ligter gesnoei aangesien die struktuur reeds gevorm is. Verwyder oortollige klein sylote en dooie takke.

Onkruiddoders

Omgewingstoestande

beïnvloed die werking van onkruiddoders. Lae lugvogtoestande tydens bespuiting tesame met soute in die water sal die werking van die middel baie nadelig

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

beïnvloed.

As riglyn kan

antagonisme verwag word indien die gesamentlike kalsium- en magnesiumkonsentrasie van die water 100mg/l (100 dpm) oorskry.


Direksie en Bestuur

Direksie

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Orffer Müller

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Rehann Nolte

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Industrieel Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Oliesade, Pekanneute en GWK Verspreiders Andreas Snyman 082 801 1849

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Westra en SA Feed Phosphates Kenne Louw 082 804 7545

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Finansies en Stelsels Johann Klopper 083 633 2105

Sekretariaat en Regsdienste Freek Meyer 083 644 0022

KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Risikobestuur Willie Goussard 082 806 9991

Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Kleinhandel Rocky le Roux 082 317 7656

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en Eiendomme Brits van den Berg 082 803 5190

Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur

8


Missie en Visie

Bestaansrede: As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se besighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelnemende aandeelhouers. GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhoubaar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie: Om`n volhoubare agri-besigheid van uitnemendheid te wees.

energieke uitvoering, en � gerugsteun deur eienaarskap en spesialisasie.

Missie: Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

Waardesisteem: � Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid, � sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeenskappe, � in vennootskap met ons personeel, en � met holistiese volhoubaarheid as oogmerk.

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,


Carien Grobler

Aktueel

PMR Africa bekroon GWK met verskeie pyltjie-toekennings

G

WK is op `n glansgeleentheid in Kimberley met altesaam agt pyltjie-toekennings deur PMR Africa bekroon. Volgens mnr. Johan Hattingh (Uitvoerende Hoof van PMR) word hierdie toekennings gemaak op grond van `n navorsingsproses waardeur maatskappye en instellings beoordeel word volgens respondente se persepsies oor kliëntediens en -tevredenheid. “`n Groep van 140 respondente, bestaande uit uitvoerende hoofde, besturende direkteure, direkteure en bestuurders van maatskappye, asook eienaars van ondernemings en senior plaaslike regeringsbeamptes in die Noord-Kaap, het aan die beoordeling deelgeneem.” GWK het die volgende pyltjie-toekennings ontvang: � In die besigheidskategorie: Landbou (abattoirs) in die NoordKaap, oostelike gebied – GWK se abattoirs het die hoogste punt behaal (4,30 uit `n moontlike 5,00) en `n Diamant Pyltjie-toekenning daarvoor ontvang. � In die besigheidskategorie: Landbou (graanhantering) in die Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,10 uit `n moontlike 5,00) en `n Diamant Pyltjie-toekenning daarvoor ontvang. � In die besigheidskategorie: Landbou (lewendehawe) in die 10

Mnr. Gerhard Henning (GWK Handelsbestuurder: Kimberley) met twee van die gesogte pyltjie-toekennings van PMR Africa wat hy namens GWK in ontvangs geneem het. Noord-Kaap, oostelike gebied – Landzicht het die hoogste punt – GWK het die hoogste punt bebehaal (3,75 uit `n moontlike haal (4,00 uit `n moontlike 5,00) 5,00) en `n Goue Pyltjie-toekenen `n Goue Pyltjie-toekenning ning daarvoor ontvang. daarvoor ontvang. � In die besigheidskategorie: � In die besigheidskategorie: Landbou (verskaffers van landLandbou (wynlandgoedere) in die boutoerusting en -produkte) Noord-Kaap, oostelike gebied in die Noord-Kaap, oostelike


gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,00 uit `n moontlike 5,00) en daarvoor `n Goue Pyltjie-toekenning ontvang. � In die besigheidskategorie: Landbou (trekker- en boerdery-implement-agentskappe) in die Noord-Kaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,00 uit `n moontlike 5,00) en daarvoor `n Goue Pyltjie-toekenning ontvang. � In die kategorie vir maatskappye/instellings wat hooggeag word as goeie korporatiewe burgers gegrond op hul korporatiewe sosiale verantwoordelikheid, inisiatiewe en beleggings in die NoordKaap, oostelike gebied – GWK het die hoogste punt behaal (4,38 uit `n moontlike 5,00) en daarvoor `n Diamant Pyltjie-toekenning ontvang. � In die kategorie vir uit-

staande diens en bydrae tot die ekonomiese groei en ontwikkeling van die Noord-Kaap, oostelike gebied deur sakemense in die afgelope 12 maande – GWK se Besturende Direkteur, mnr. Johan van Dyk het die hoogste punt behaal (4,30 uit `n moontlike 5,00) en daarvoor `n Diamant Pyltjie-toekenning ontvang.

Hatting & Seuns, `n konsultasie-, bestuurs- en navorsingsmaatskappy in Johannesburg. PMR publiseer maandeliks `n sakejoernaal. Die navorsing in die Noord-Kaap is nie in opdrag gedoen nie, maar is `n inisiatief van PMR. “Dit is ons doelwit om die NoordKaap as `n provinsie met groot potensiaal te brandmerk en die provinsie bekend te stel as `n unieke gebied vir bestaande en Volgens Hattingh is die doel van potensiële besigheid. Ons wil die toekennings om uitnemendheid uitnemendheid in die provinsie oor in die bedryf te verhoog. al die sektore heen erken, sowel as “Agter elke suksesvolle maatskap- die regering.” py staan `n suksesvolle span. Die Mnr. Gerhard Henning (GWK Hantoekennings moet gebruik word om delsbestuurder: Kimberley) wat die erkenning aan personeel te gee en pyltjie-toekennings namens GWK personeel te bedank vir hul bydrae ontvang het, het ná afloop van die tot `n wen-maatskappy. geleentheid gesê dat dit `n voorreg Op hierdie manier word `n kultuur was om GWK op die geleentheid te van dankbaarheid tussen kollegas verteenwoordig. en teenoor kliënte en klante geves- “Ek is trots om `n werknemer van tig.” hierdie vooruitstrewende maatskapPMR Africa is `n afdeling van C.J. py te wees.”

L

Ure /Hours: Maan/Mon-Vry/Fri: 08:00 - 13:00 & 14:00 - 17h00 Jacobsdal: (053) 591 0164 | Douglas: (053) 298 8314/5 www.landzicht.co.za

SUID-AFRIKA

SOUTH AFRICA

O O

ns produseer topgehalte wyne van oorsprong wat al met verskeie toekennings bekroon is. By ons kelder bied ons braaigeriewe aan besoekers. Keldertoere en wynproe op versoek. `n Dag sonder Landzicht-wyn is `n dag sonder sonskyn!

W W

e produce top quality wines of origin which have won various awards. At our cellar, we offer braai facilities to visitors. Cellar tours and wine tasting on request. A day without Landzicht wine is like a day without sunshine!

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Ons besigheid Carien Grobler

GWK se divisie vir Veilings, Vleis en Supermarkte

G

WK se divisie vir Veilings en Vleisbedrywe het onlangs drasties uitgebrei om ook GWK Eiendomme en GWK se Verbruikerskonsessiewinkels in te sluit. Die divisie sal voortaan as Veilings, Vleis en Supermarkte bekend staan. GWK Eiendomme ressorteer onder die divisie se veilingsbesigheid vanweë die groot oorvleueling tussen veilings- en eiendomstransaksies. “Ons is opgewonde om aan te kondig dat mnr. Willie Meyer onlangs as Uitvoerende Bestuurder: Veilings en Lewendehawe by ons aangestel is,” sê mnr. Wim van Rooyen, Hoofbestuurder van die divisie. Die divisie se veilingsbesigheid skep `n mark vir die veeprodusent se produk, sê Van Rooyen. “Ons fokus voortdurend daarop om die afsetgebied vir produsente se vee te vergroot en nuwe geleenthede te ontgin. GWK is betrokke by groot- en kleinveeveilings, asook stoet- en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente vorm deel van die diens wat deur die divisie gelewer word. 12

“Ons bestuur ons aandeelhouers se sake met die nodige omsigtigheid en verantwoordelikheid,” sê van Rooyen. “Dit is vir ons belangrik om puik diens te lewer en deurlopend `n goeie verhouding met ons produsente sowel as ons afnemers te hê deur deursigtig en eerlik sake te doen. GWK waarborg betaling en die regte prys vir die regte produk en verseker dat die massa en graad waarvoor betaal is, korrek is.” Hierdie sakebeginsels geld ook vir die ander afdelings in die divisie. GWK Eiendomme is `n uitnemende eiendomsonderneming met sy fokus in die Noord-Kaap. Die onderneming word deur die GWKgroep gerugsteun. “GWK Eiendomme waarborg`n professionele diens vir kliëntewat residensiële, kommersiële of landbou-eiendom wil koop, verkoop, huur of verhuur. Ons ervare personeel is daarop gefokus

om puik kliëntediens te lewer en sal verseker dat elke kliënt `n positiewe eiendomservaring het. Dié onderneming sal voortaan sy fokus op landbou-eiendom uitbrei.” Die divisie is ook trots om aan te kondig dat GWK se direksie in Junie die besluit goedgekeur het om die Spar op Postmasburg te koop. “Dit is die eerste van waarskynlik etlike winkels wat GWK gaan koop,” sê Van Rooyen. “Die strategiese doelwit hiermee is om ons aktiwiteit in die waardeketting verder uit te brei deur `n afset vir produsente se produkte te skep.” Veilings Die divisie se afdeling vir veilings en lewendehawe bestaan uit die veilingsbesighede in Bloemfontein, Kimberley en Humansdorp. Dié afdeling ontwikkel sy besigheid op `n dinamiese wyse en `n streekkantoor met mnr. Willie Meyer aan die stuur, is onlangs in Bloemfontein geopen. Die Bloemfontein-kantoor sal by die huidige streekkantoor in Kimberley aansluit en sal aanvanklik konsentreer op die verhandeling van groot- en kleinvee d.m.v. uitdie-hand-transaksies. Die kantoor sal egter ook verslagtings hanteer en veilings aanbied. GWK het onlangs onderhandelinge suksesvol voltooi om die bestaande Karoo-Ochse-veilingsbesigheid op Humansdorp te bekom. Dié transaksie vorm deel van GWK se Veilingsbesigheid se uitbreiding na die Vrystaat en Oos-Kaap, sê Meyer. GWK sal voortaan veilings vanaf die Noord-Kaap tot in die Vrystaat,


Van Rooyen. “Ons sien uit om met die kopers en verkopers saam te werk en die stabiliteit en betroubaarheid van `n groot maatskappy aan ons kliënte te bied,” sê hy. GWK se veilingsbesigheid op Kimberley word deur mnr. Deon Klopper bestuur. Hier word weeklikse veilings aangebied en is die strategie om ons aktiwiteite in die omliggende gebiede sterk uit te brei. Vleis Die divisie se Vleisbesigheid bestaan uit die LAW-abattoirs op Oos-Kaap en die Suid-Kaap aanbied. F&M Lewendehawe behoort aan Groblershoop en De Aar waar mnre. `n Omvattende lewendehawe-diens mnr. Frans Ferreira wat die veilingsKobus Buys en Johan Hanekom sal vanuit die Humansdorp-kantoor besigheid onder die Karoo-Ochseonderskeidelik aan die stuur is. Mnr. aangebied word, insluitend veilings naam uit Humansdorp bedryf het. H.G. Human van Prieska bestuur die op Swellendam, Riversdal, HumansMnr. Renier Zietsman sal die ondorp, Jansenville en Fitche’s Corner. derneming voortaan onder die leiding veeverkryging en mnr. Flippie Ludick behartig die bemarking. Volgens Van Rooyen het GWK slegs van Meyer bestuur. Zietsman is ook GWK is ook `n aandeelhouer in die die reg om sake te doen van F&M die hoofafslaer. Meat to Market (M2M) beesabattoir Lewendehawe bekom, maar is die “Dit is `n gevestigde besigheid met op Jan Kempdorp. maatskappy as sulks nie gekoop nie. `n sterk klante- en kopersbasis,” sê Certified Natural GWK besit die volle aandeelhouersbelang in LAW en Certified Natural. LAW bedryf skaapabattoirs te Groblershoop en De Aar en besit ook die Certified Natural-handelsmerk, waarvan die gebruiksreg aan Shoprite Checkers gelisensieer is. Die natuurlike heilsaamheid van die Kalahari- en Karoolamsvleis wat vir Certified Natural geproduseer word, bly behoue deur ons streng kwaliteit-protokol, kontroles en oudits om slegs die beste natuurlike lamsvleis vir ons kliënte te verseker. Ons laat niks aan die toeval oor nie, ongeag die feit dat die Kalahari en Karoo met sy onbesoedelde vlaktes en unieke plantegroei ideaal geskik is om natuurlike lamsvleis te produseer. Alle gesondheidsaspekte, insluitend residu-voorkoming, die welsyn van die diere en omgewingsbesoedeling word met groot sorg deur onafhanklike en gekwalifiseerde inspek-

teurs gemonitor om die veiligheid en gesondheid van ons reeks vleisprodukte te waarborg. Elke snit is afkomstig van die beste kwaliteit lam en word met die hand verpak om ons kliënte se verwagtings te oortref. Alle boerdery-eenhede wat lamsvleis aan ons handelsmerk verskaf, word in ooreenstemming met die beginsels van die Certified Natural-riglyne vir minimum omgewingsimpak en maksimum voedselveiligheid bestuur. Ons produsent-vennote is daartoe verbind om slegs die beste gehalte natuurlike vleis te lewer van plase wat volgens die beginsels van omge-

wingsvriendelikheid en volhoubaarheid bestuur word. Die grondslag van ons gehaltesisteem is die gedragskode wat by elke produksieterrein geïmplementeer is en gemonitor word volgens ons HACCP (Hazard Analysis and Critical Control Points) gehaltestelsel. Die omgewingsimpak word deur die Universiteit van Pretoria gemeet deur miskruiers as bio-indikators te gebruik. Elke segment van elke karkas (insluitend die verwerkte produkte) word met unieke veiligheidseëls gemerk om die veiligheid en integriteit van elke produk te verseker. Dit maak die naspoorbaarheid van elke karkas moontlik tot by die plaas waar die dier vandaan kom. Hierdie aandag aan die fyn besonderhede verseker dat geen ongewenste middels aan die diere gegee is of dat hulle aan enige lewensbedreigende siektes bloot-

13


gestel is nie. Ons moderne verwerkingsfasiliteite voldoen aan die Europese Unie se vereistes vir voedselveiligheid en ander gesondheidsbewuste lande oor die wêreld heen. Die infrastruktuur is spesifiek ontwerp om die volgehoue natuurlike integriteit van ons vleisprodukte te verseker. `n Aantal noodsaaklike kontroles is in verskeie segmente van die verwerkingsfasiliteite geïmplementeer. Dwarsdeur die produksieketting word met groot sorg toegesien dat geen besmetting of verlies aan gehalte plaasvind nie. Die personeel volg `n streng gedragskode, insluitend reëls oor kleredrag en vereistes oor higiëne, verseker dat alle vleisprodukte korrek hanteer word. Volgehoue

opleiding en assessering is deel van die protokol. Higiëne-oudits sluit ook die neem van lukrake monsters van personeel se hande en alle toerusting waarmee die vleis hanteer word in. Alle chemikalieë wat vir skoonmaak-doeleindes gebruik word, is deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde goedgekeur. Personeel moet ook vry verklaar word van enige aansteeklike siektes wat die vleis mag beïnvloed en moet gereeld mediese ondersoeke deur geregistreerde mediese praktisyns ondergaan. Ons vleis se varsheid bly behoue deur prosesse wat `n ononderbroke koueketting en `n stelsel vir die bespeuring van bederf insluit. Rekords van alle temperatuurlesings, inspeksies en onafhanklike

higiëne-oudits word op datum gehou. Die vleis word vakuumverpak voor verspreiding vanaf ons verwerkingsfasiliteite om gehalte te behou, varsheid te verleng en die raklewe te verbeter. Hierdie suurstof-versperring bied allesomvattende gehalte- en higiënebeskerming, terwyl dit die risiko van bederf deur enige bakteriese besmetting verlaag. Ons doelstelling is volgehoue gehalte – om net die beste, natuurlike heilsaamheid aan ons kliënte te bied.

en nog 30% aan mnr. Kobus Pieters van Witbank Abattoir. Volgens Grundlingh is GWK se betrokkenheid by dié abattoir van onskatbare waarde. GWK help met lewendehawe-werwing en verleen ook hulp in die vorm van finansieringstabiliteit en bestuursdienste wat hulle aanbied. Die sekretariaat en rekenkundige dienste word ook van GWK se kant af beheer, terwyl mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK), ook op die direksie van M2M dien. Die besigheid het `n voorsieningsbasis van sowat 500 produsente wat deurlopend diere vir slag lewer. Dié produsente kom van die ooste so ver as Hoopstad tot die weste by Van Zylsrus en in die suide tot by Petrusburg tot so ver as Bray in die noorde. “Ons besigheid het `n spesifieke filosofie en waardes, sê Grundlingh. Dit wat jy sê, moet jy doen. Ons betaal nooit laat nie en is `n besigheid met integriteit. Ons

het verskeie lojale produsente wat aan ons voorsien en het oor die jare heen `n goeie vertrouensverhouding met hulle opgebou. Ons gradering en gewigte is deursigtig en enige produsent is welkom om `n slagting by te woon.” Die gradering by M2M word deur Samic-personeel hanteer en gesondheidsinspeksies word deur Imqas gedoen. Produsente word sewe dae ná slagting betaal. Die uitslagpersentasie is 24 uur ná slagting beskibaar. Grundlingh vertel dat M2M goeie statistieke byhou en `n betroubare bron van inligting vir die bedryf is. Sowat 60% van die personeel is al bykans 12 jaar by die abattoir werksaam. “Hulle is almal ervare en kundig op hul gebied. Die bestuur is ook van dag tot dag by die besigheid betrokke wat verder tot ons sukses bydra.”

Meat to Market M2M is een van die tien grootste beesabattoirs in Suid-Afrika. GWK het `n 30% aandeelhouding in dié maatskappy. M2M se abattoir op Jan Kempdorp koop slagbeeste by onafhanklike produsente, voerkrale en lewendehawe-agente se veilingspunte. Die karkasse word aan verskeie afsetpunte in Suid-Afrika gelewer. Die Halaal sowel as die nie-Halaalmarkte word bedien. Die abattoir het ook uitvoerstatus vir verspreiding na Afrika en die Midde-Ooste en voldoen aan South African Food Safety Industry Standards (SAFSIS). Mnr. Albert Grundlingh, besturende direkteur van M2M, vertel met trots die pad wat die besigheid geloop het vandat hy en `n vennoot, mnr. Kobus Hauman, `n bietjie meer as `n dekade gelede die abattoir gekoop het. Kobus is egter in 2004 in `n motorongeluk oorlede en Grundlingh het toe sy aandele uitgekoop. Altesaam 30% hiervan is aan GWK verkoop

14



Graan

Albert Jacobsz Safex-graanhandelaar van GWK

Wêreld se koringvoorraad is drasties aan die krimp

D

ie wêreldvoorraad van koring behoort teen 2013 op die laagste vlak sedert 2007 te wees. Dit is hoofsaaklik die gevolg van droogtetoestande wat produksie van Amerika tot so ver as Rusland ingeperk het. Die wêreldproduksie word op 672,56 miljoen ton geraam. `n Eindvoorraad van 185,7 miljoen ton behoort teen Junie volgende jaar 6.1% kleiner te wees as `n jaar tevore. Koring in die Noordelike Halfrond het aanvanklik baie koue weer in veral die Swartsee-gebied ervaar en daarna het droogtetoestande in Amerika en Rusland voorgekom. Lae grondvog in Argentinië en Australië 16

kan die beplande aanplantings in die Suidelike Halfrond belemmer. Suid-Afrika beleef tans soortgelyke droë grondtoestande in die binneland en die intensie om koring te plant word op die laagste vlak sedert die jare dertig bepaal. Droogtetoestande in Amerika Koring het op Chicago `n agt maande hoogtepunt van $7,22 op 21 Mei 2012 behaal. Sedert Januarie 2012 het die koringprys egter 3,4% teruggesak na $6.3. Standard en Poor se kommoditeitsindeks van 24 kommoditeite het vanjaar met 8,8% verswak. Interessant genoeg is die opsie wat die meeste verhandel word, `n koopposisie op

$7 vir `n Julie 2012- koringkontrak. Amerika, as die grootste koringuitvoerder in die wêreld, behoort in 2012/2013 sowat 60,2 miljoen ton koring te produseer. Droë weer van Texas tot Ohio behoort hierdie tonne egter te laat krimp. Weersomstandighede vir winterkoring het die vyf weke tot Junie 2012 aanhoudend gedaal. Dele van Kansas en Oklahoma het so min as 5% van die gemiddelde maandelikse reënval gekry. Koueskade in die Europese Unie Naas droogtetoestande in Mei 2012, het koueskade in Februarie 2012 in groot dele van die 27 state


Suid-Afrika koring (‘000t) vraag en aanbod

Jaar

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

376

509

694

579

478

1396

1192

1285

1694

1500

Gebruik

2881

2900

3051

2970

3100

RSA uitvoere

223

231

240

169

200

Eindvoorrade

509

694

579

478

656

Uitgevoer as `n % van die totale kommersiële aanvraag

18%

24%

19%

16%

21%

Openingsvoorraad

Invoere

van die Europese Unie (EU) plaasgevind. Produksie in die EU word op 130,5 miljoen ton geskat. Die 12 lande in die voormalige Sowjetunie word op 90 miljoen ton vir 2012/2013 gereken. Die vorige jaar is 114 miljoen ton geproduseer. Die wêreldvoorraad word dus al hoe kleiner. Hierdie krimpende voorraad hoef nie noodwendig tot hoër pryse aanleiding te gee nie. Dít mag na `n fout klink, maar weens die voortslepende finansiële krises in Europa en `n verlangsaming van die wêreldekonomie sal die vraag na graan vir menslike verbruik en veevoer daal. Met bogenoemde in gedagte is daar voldoende koring in die wêreld beskikbaar. Onlangse reën in Oos-Europa en Rusland het koringoeste in daardie state gestabiliseer. Rusland se koringopbrengs behoort egter 30% laer te wees teenoor 2011. Hul produksie is 54 miljoen ton. Daar is verder ook voldoende tyd beskikbaar vir reën om in Australië en Argentinië bo-gemiddelde koringoeste te realiseer.

`n Verslag van die Verenigde Nasies van 55 voedselsoorte het in Mei 2012 `n twee jaar laagtepunt bereik. Dit was hoofsaaklik die gevolg van laer koste van suiwelprodukte, graan en suiker. Koringproduksie in die top sewe uitvoerders in die wêreld word op 8,9% laer as `n jaar tevore gereken. Die grootste koringuitvoerders sal voor strooptyd 2012/2013 probeer om hul voorrade op 15% van hul uitvoerverpligtinge te hê. Die afgelope seisoen was hierdie voorraad op 19% van hul uitvoerverpligtinge.

Invoersyfer van 1 Oktober 2011 tot 15 Junie 2012.

Gevolgtrekking Oor die langertermyn is die verwagting dat mielies internasionaal in simpatie met sojabone en koring in simpatie met mielies sal beweeg. Suid-Afrika is `n netto-invoerder van koring en hierdie situasie behoort nie sommer te verander nie. Suid-Afrika word globaal gesien as `n klein rolspeler. Invoere vind van oral in die wêreld plaas. Internasionale gebeure wat rentekoerse, die Rand, oliepryse, finansiële markte en sentiment dryf, sal altyd graanpryse beïn-

vloed. Die Suid-Afrikaanse koringprodusent kon daarom `n koringprys van R4 288 op 18 Maart 2008 benut. Dieselfde markkragte het egter op 5 Januarie 2010 `n koringprys van R2 040 tot gevolg gehad. Dit is dus belangrik om geleenthede te benut wat deur fundamentele en tegniese faktore veroorsaak word en sensitief te wees vir risiko’s. Die produsent moet die winspersentasie bepaal waarmee hy tevrede is en `n bemarkingsbesluit neem wat vir hom die moeite werd is.

Uitvoerder Kanada Amerika Argentinië Duitsland Australië Rusland Brasilië Litaue Totaal

Tonne 45 252 mt 86 645 mt 396 985 mt 105 964 mt 149 389 mt 124 938 mt 190 799 mt 8 880 mt 1 127 536 mt

17


Graan

Handré van Heerden GWK Graanhandelaar

Verminder die ‘fog of war’ vir winsgewende prysbesluite

D

pryse in herhaalde en identifiseerbare ie Pruissiese Generaal-mapatrone beweeg. Tegniese ontleding joor Carl von Clausewitz behels dus die voorspelling van toe(1 Julie 1780 tot 16 Nokomstige pryse gegrond op historiese vember 1831) word allerweë beskou prysbewegings. as die offisier wat die konsep van die Die uitdrukking “fundamentals will “fog of war“ gekonseptualiseer het. prevail” is nie teenstrydig hiermee nie. Hierdie rook of mis was afkomstig Fundamentele nuus verduidelik nie van die kruit van gewere en kanonne alleen prysbewegings nie. en het sig aansienlik belemmer. Sodra pryse vanweë tegniese faktore Sy publikasie On War word steeds weer hul ekwilibrium bereik het, sal wêreldwyd bestudeer en die beginfundamentele nuus oorneem. sels daarin vervat word as universeel Hierdie artikel het ten doel om slegs toepaslik gesien. In kort beskryf die vier voorbeelde van tegniese ontlekonsep die interaksie van diverse dings as hulpmiddel tot prysbepaling faktore en `n ontleding van onveraan te bied. wagse gebeure teen die agtergrond Só kan ons die “fog of war” verminvan onvolledige, dubbelsinnige en der ten einde winsgewende prysbefoutiewe inligting. sluite te neem. Hiermee gaan vrees, onsekerheid en Met die illustrasie van die Julie 2012 opwinding gepaard. Hierdie faktore Safex Witmielie-kontrak op die blad vereis haastige besluite binne die hiernaas, sal vier voorbeelde uitgelig gegewe konteks. word. As graanhandelaar klink bogenoem- Hierdie voorbeelde is ondersteude konsep vir my baie beskrywend nings- en weerstandsvlakke, stygenvan die bepaling van graanpryse op de- en dalende driehoeke en `n Safex. dubbelhoogte. Maak geen fout, ek is oortuig dat die markkragte van vraag en aanbod die Weerstands- en beste prysbepaling binne die huidige ondersteuningsvlakke konteks is. Wat die eerste voorbeeld aanbetref Daar bestaan `n legio nuwe funda- is die prysvlak R2 072 geïdentifiseer mentele nuus wat daagliks beskikas `n vlak waar beduidende aktiwiteit baar raak. Vir `n kort tydjie kan daar plaasgevind het. geheimsinnigheid rakende marknuus Die beginsel agter steun en weerbestaan, maar sodra dit bekend raak, stand is dat dit hul rol verander sodra word dit vinnig ou nuus. die vlak gebreek word. Vir sewe dae, Dit is hier waar die tegniese markvan 4 tot 12 Januarie 2012, was analis floreer. Hy begin met die hierdie die vlak ondersteunend en het veronderstelling dat die huidige prys pryse bo hierdie vlak gesluit. reeds die bekende fundamentele Sodra hierdie vlak met die volgende nuus in ag geneem het. verhandelingsdag gebreek is, het Die tegniese ontleder erken dat dit tot in die eerste week van Maart 18

2012 weer as weerstand gedien. `n Mens kan duidelik sien dat vanaf middel tot einde April 2012 hierdie vlak weer as steun gedien het. Sedert einde April 2012 tot middel Junie 2012 (met die uitsondering van vier dae) dien hierdie vlak steeds as weerstand. Dubbelhoogte omkeer Hierdie patroon word uitgeken deur twee hoë prysvlakke met `n trog tussenin. Hierdie patroon dui op `n onafwendbare prysverandering van `n bul- na `n beermark. Van die vereistes moet duidelike neigings wees wat kan verander, die eerste piek moet die hoogste vir `n beduidende tyd wees, die trog moet `n 10% tot 20% terugtrek in prys verteenwoordig en die volgende hoogte moet minstens 3% van die eerste piek wees. Sodra hierdie patroon met die tweede piek gevestig is, kan `n versnelde daling verwag word wat selfs openinge tussen prysvlakke kan nalaat. Kyk ons na die Julie 12 witmielies is hierdie `n baie goeie voorbeeld van `n dubbelhoogte omkeer. Ironies genoeg het die R2 072-vlak wat sedert einde Desember 2012 gevorm het, weer ter sprake gekom as die ondersteuningsvlak. Die omkeer van R219 het binne ses dae van R2 317 na R2 098 plaasgevind. Hierdie beweging kan myns insiens slegs tegnies verklaar word. Opgaande driehoek Hierdie driehoek verteenwoordig `n


Dalende driehoek Dit spreek vanself dat hierdie driehoek die teenoorgestelde van die opgaande driehoek verteenwoordig, waar verkopers bereid is om al hoe minder vir hul produk te aanvaar. Uiteindelik ondermyn verkopers mekaar en pryse val beduidend. Die Y-as in hierdie voorbeeld verteenwoordig dieselfde dinamika as die voorafgaande X-as waar die lengte van die onderstebo vlagpaal die omvang van die daling kan aandui. Inderdaad is die waarde van die boonste Y-as R94 en die onderste Y-as R97. Gevolgtrekking Die verstommende prysvoorspellingsvermoë van bogenoemde tegniese ontleding spreek boekdele. Hierdie vier voorbeelde het in die afgelope ses maande plaasgevind en is nog vars in die geheue. Tegniese ontledings is ongetwyfeld onafwendbare prysstyging. Indien hierdie koopvlak aanhou `n belangrike aspek vir toekomstige Die hoogste pryse vanaf 6 tot 16 vermeerder is dit vanselfsprekend dat prysbepaling. Maart 2012 was op min of meer pryse na bo sal deurbreek. Die oogmerk hiermee is om van die dieselfde vlakke terwyl die laagste Die breek het gebeur en binne vyf onsekerheid, dubbelsinnigheid en pryse oor dié tyd al hoe hoër gedae het die prys met R150 gestyg emosie van prysbepaling te verminklim het. om die eerste piek van die dubbelder en as’t ware die “fog of war” te Dit vorm bykans `n vlag met `n hoogte te bereik. verminder aangesien ons sig dikwels voorafgaande vlagpaal (op hierdie Die teorie rondom die X-as stel dit erg belemmer is op die mark. ontleding as `n X-as aangedui). dat die lengte van die vlagpaal min Die ironie van Carl von CaluseDie teorie van hierdie driehoek stel of meer die hoogte van die volgende witz is dat hy op 14 Oktober 1806 dit dat die verkopers eers vir `n selopie gaan bepaal. tydens die Geveg van Jena-Auerstedt kere vlak wag voordat hulle verkoop Op die illustrasie is die onderste gevange geneem is en die Pruissiese en dat die kopers oor hierdie tydperk X-as R170 en die boonste X-as leër uitgewis is. bereid is om al hoe meer te betaal. R150. Soveel vir ironie . . .

Phb 31D24

Phb 31D21 B

Hoë potensiaal? HOOGSTE potensiaal!

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com L/3349

6603_PioneerStripKom.indd 1

2012/05/22 5:11 PM


Graan

Marnus Janse van Rensburg Safex-graanhandelaar van GWK

Kleinmaat-afnemers kan mielievoorrade verseker

A

fnemers van graan in kleinmaat (minder as 100t/jaar) kry in hierdie maand se Kommuniek die geleentheid om hul mielievoorrade per silo te verseker. Die werkswyse rondom hierdie aankope sal soos volg hanteer word: Alle kommunikasie sal geskied deur u silobestuurder waar die graan onttrek gaan word en dus moet u

asb. die getekende dokument daar indien. Gesakte/gemaalde mielies moet minstens drie werksdae voor onttrekking by die silobestuurder bespreek word om te verseker dat u produk gereed is. Waar die vasteprys-opsie (VPK) geneem word, sal u silobestuurder met die verhandelingskamer skakel om u prys te verskans. Hierdie prysing kan

enige tyd gedoen word. GWK sal steeds graan op gewone kleinverkope beskikbaar stel. Prysverskille mag wel van toepassing wees indien graan van ander gebiede af aangekoop moet word. Neem asb. in ag dat hierdie `n bindende kontrak is en dat die genoemde finansiĂŤle implikasies van toepassing is indien dit nie nagekom word nie.

Produsent:____________________________________________________________________ Lid nr:________________________________________________________________________ Kontakbesonderhede:___________________________________________________________ Depot/Dorp:___________________________________________________________________

Prysingsopsies Maand Jun. Jul. Aug. Sept. Okt. Nov. Des. Jan. Feb. Mar. VPK: Safex-prys en differensiaal word vasgestel op die dag van kontrakLosmaat YM/mt tering. Gesak YM/mt Volumekontrak: Slegs die tonnemaat Gemaal YM/mt word gereserveer. Die GWK-dagprys sal geld soos op dag van graanontTotale tonne trekking. Enige tonnemaat kan deur pro*Rente en stoor vanaf 1 Julie 2012 Indien hierdie dokument nie teen 31 dusente aangekoop word. plus negatiewe spreads tussen die Julie 2012 ontvang word nie, sal Indien graan nie onttrek word soos prysingsmaande (indien van toepasaanvaar word dat u `n nul opgawe aangedui nie, sal die koste* van die sing). ingedien het. produsent verhaal word: Datum:_________________________ Handtekening:___________________



Navorsing en Ontwikkeling Drs. Goddy Prinsloo en Tarekegn Terefe LNR Kleingraaninstituut

Gars geel dwergvirus kan opbrengsverlies veroorsaak

V

ergeling van koringblaarpunte is die 2011-seisoen onder sommige spilpunte in die Jacobsdal-omgewing opgemerk. Waar hierdie vergeling in kolle in lande voorgekom en geen ander gepaardgaande blaardood plaasgevind het nie, is daar `n sterk moontlikheid dat gars geel dwergvirus teenwoordig kon wees. Hierdie virus behoort tot die plantvirus familie Luteoviridae, van die Latynse woord luteus, wat geel beteken, omdat virusse in hierdie familie `n vergeling van die blare by geïnfekteerde plante veroorsaak. Gars geel dwergvirus is `n belangrike siekte wat wêreldwyd kleingrane soos gars, koring en hawer aantas. Mielies en talle grasse kan ook as gashere dien, hoewel hulle meestal nie simptome toon nie. In Engels word na die virus verwys as “barley yellow dwarf virus” en dit word BYDV afgekort. Figuur 1: Geel kolle of besmette dele in `n koringland. Virusse is gewoonlik baie klein en bestaan uit `n enkele Ribonukluienregopstaande, asook effens swart van koring kan die geel blare ook `n rooi suurstring wat met proteïen bedek is. kleur wanneer ryp weens sekondêre of pers verkleuring toon – oor die hele swamgroei op die are voorkom. Die blaaroppervlakte of slegs op die kante Simptome simptome kom gewoonlik in kolle in of punte van blare. BYDV veroorsaak vergeling van blare die lande voor (Figuur 1). Die blare van besmette hawer vertoon vanaf die blaarpunte, verdwerging van Die vergeling is meer sigbaar op ouer oranje, rooi of pers, terwyl besmetting plante en beperk ook stoelvermoë en blare en dit wil voorkom of hierdie op mielies soms die blaarpunte en graanvulling (Figuur 2). kolle vinniger ryp word as die res van kante van die blare geel, rooi of pers Ernstige besmetting veroorsaak dat die land. verkleur. graanplante verkort en hierdie plante Die aard en die erns van die simpkan minder are vorm, maar in die tome hang af van die spesifieke virus- Hoekom geel kolle meeste gevalle het geïnfekteerde soort, die genotipe van die gasheerin die lande? plante kleiner are met slegs verkrimpte plant en omgewingsfaktore. Gars geel dwergvirus infekteer net korrels. Hierdie are vertoon maer en In die geval van BYDV-besmetting op die floëem of vaatbondels van die 22


Figuur 2: Koring besmet met gars geel dwergvirus (links) toon geel blare en is korter as gesonde plante (regs). gasheerplant. Die funksie van hierdie selle is om voedingstowwe in die plant te vervoer. Die blokkering van die floëem weens BYDV beperk dus die oordrag van voedingstowwe. Dit lei tot die bogenoemde abnormaliteite in die plante wat grootskaalse opbrengsverliese kan meebring. Gars geel dwergvirus word nie meganies versprei nie. Net plantluise kan die virus na die floëem van die gasheerplante oordra. Wanneer plantluise voed in die floëem van geïnfekteerde plante, beweeg die virus na die agterderm van die insek waar dit as gevolg van die proteïendeklaag deur die dermwand toe-

gang kry tot die liggaamsholte wat die insek se bloed bevat. Hier kan die virus vir `n onbeperkte tyd bly, maar dit vermeerder nie in die plantluis nie. Plantluise wat die virus opdoen is vir die res van hul lewensduur besmet. Die virus beweeg deur die bloed tot by die speekselkliere waar hulle dan weer deurdring in die speekselkanaal en met die luis se volgende voeding in die floeëm van die plant oorgedra word. In die begin van die seisoen migreer besmette koringluise (wat op grasse oorwinter) na landerye of grasonkruide binne of naby die landerye. Sodra hulle op onbesmette kleingrane of gras begin voed, word die


virus oorgedra. Hierdie plantluise plant voort op hierdie plante en sodra die jong nuwe plantluise op geïnfekteerde plante voed, raak hulle ook besmet en dra die virus na ander plante oor namate hulle aanbeweeg. Dit veroorsaak dat die virus oorgedra word na groepe plante wat aanleiding gee tot die geel kolle wat in die lande ontstaan. Koringluise Verskeie koringluise kan die BYDV oordra. Dit sluit sommige van die belangrikste kleingraan-plantluise in wat in Suid-Afrika voorkom, naamlik die roos-graanluis (Figuur 3), bruin aarluis Figuur 3: Roos-graanluis. (Figuur 4) en hawerluis (Figuur 5). Al hierdie plantluise kom op besproeiingskoring voor en in die laaste vyf tot sewe jaar veroorsaak BYDV veral gereeld probleme in KwaZulu-Natal en die Noordwes-provinsie. Tydstip van oordraging is belangrik Sodra BYDV na die floëem van die gasheerplant oorgedra is, vermenigvuldig die virus en versprei van sel tot sel totdat die hele plant besmet is. Aangesien `n geïnfekteerde plantluis eers in die floëem van `n plant moet voed voordat doeltreffende oordrag kan plaasvind, kan dit ure neem vandat die plantluis op die plant aankom totdat suksesvolle virusoordrag na die plant plaasvind. Omgewingsfaktore speel `n belangrike rol in die voorkoms en verspreiding van geel gars dwergvirus. Koeler temperature (10-18ºC), tesame met vogtige toestande, bevorder die ontwikkeling van die siekte. Infektering vind enige tyd van die seisoen plaas en neem in omvang toe soos die plantluis-getalle toeneem. Die intensiteit van die siekte en die gepaardgaande verliese hang saam met die groeifase van die gasheerplant. Hoe vroeër besmetting plaasvind, hoe groter is die oesverliese en literatuur wys daarop dat tot 50% oesverlies kan voorkom. Oormatige stikstoftoedienings kan ook die mate 24

Figuur 4: Bruin aarluis. heeropsie vir gars geel dwergvirus. Tog wil dit voorkom of volkome weerstand nie algemeen by kleingrane voorkom nie, hoewel die gene Die bestuur van gars vir gedeeltelike weerstandigheid en geel dwergvirus totale weerstand tog teenwoordig blyk Die teenwoordigheid van geel blare in `n land is nie noodwendig `n aan- te wees in talle van die alternatiewe gasheerplante waar die virus kan duiding van BYDV nie. Die plante moet vir die teenwoordig- oorleef. heid van die virus getoets word. As die Geen ondersoek na plantweerstand virus eers na `n plant oorgedra is, kan teen BYDV is egter nog in huidige Suid-Afrikaanse kultivars gedoen nie. niks die siekte stuit nie. van verkleuring wat deur die virus veroorsaak word, nadelig beïnvloed.

Genetiese weerstand Genetiese weerstand teen BYDV is `n veilige en relatief goedkoop be-

Beheer van plantluise Navorsing deur die LNR Kleingraaninstituut in 2011 in Winterton het `n


tempo van die plant) is gevolglik die belangrikste tyd vir die beheer van plantluise om virusoordraging te beperk. Saadbehandeling om kwesbare plantjies te beskerm, kan wel van waarde wees, maar onder besproeiingstoestande is hierdie behandeling gewoonlik slegs vir ses weke doeltreffend, waarna `n opvolgbespuiting met `n insekbeheermiddel in bepaalde omstandighede nodig sal Figuur 5: Hawerluis. wees. `n Voorafvasgestelde bespuitingsopbrengsverlies van 33% getoon. program is nog `n opsie wat reeds Produsente wat vroeg in die seisoen deur produsente in besproeiingsmet `n insekmiddel bespuit het, gebiede gebruik word. het nie opbrengsverliese gely nie. Waak egter teen te veel bespuitings Wetenskaplike literatuur wys daarop en bespuidat besmetting wat ná stamverlengtings teen laer as die aanbevole ing plaasvind nie beduidende opbrengsverliese tot gevolg het nie, maar dosis, aangesien dit geen bykomende dit hang ook saam met die heersende beskerming bied nie terwyl dit produksiekoste opjaag en die moontlikheid klimaatsomstandighede. bevorder dat die plantluis weerstand Die eerste ses tot agt weke ná opteen insekdoders sal opbou. koms (afhangend van die groei-

Navorsing deur LNR Kleingraaninstituut fokus tans op die aanwending van reukstowwe wat plantluise uit die lande kan hou en dus virusoordraging tot die minimum beperk. Ander navorsingsmoontlikhede behels `n vroeë waarskuwingstelsel wat die migrasie van plantluise moniteer om produsent vroegtydig teen inkomende plantluise te waarsku. Aandag word ook gegee aan die identifikasie van virusse in plante sodat ons akkuraat die besmetting van virusse in lande kan monitor. Enige navrae kan gerig word aan drs. Goddy Prinsloo of Tarekegn Terefe by 058 307 3400. Kontak ook gerus u plaaslike GWK-landboukundige. Die bogenoemde navorsing is moontlik gemaak deur die geldelike ondersteuning van die Wintergraantrust en die LNR.

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfixtoetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery. Wêreldwyd vertrou

Beskikbaar byby Obaro-winkels. Beskikbaar GWK-kleinhandel


Kleinhandel Promosie

Bekostigbare kwaliteit is vir TITAN belangrik

T

beton sal die boorpunt beskadig ITAN se werkswinkel-toerusen dit met `n blou-pers kleur laat. ting word deur die grootste domkrag-fabriek in die wêreld vervaardig. Hierdie fabriek verskaf wêreldwyd aan maatskappye soos GM, Ford en Renault. TITAN se reeks het uitgebrei en hul reeks produkte sluit nou boorpunte, draadborsels, handgereedskap, kompressors, hoëdrukspuitmasjiene, geDiamantwiele reedskapkiste en algemene werkswin- TITAN verskaf drie soorte diamantkel-toerusting in. wiele: Vir Titan is bekostigbare kwaliteit van Algemene gesegmenteerde wiele uiterste belang. Alle handgereedskap (general purpose) word vir vinnige word vir twee jaar gewaardborg en snywerk gebruik waar die spoed alle ander produkte vir een jaar. meer belangrik is as die kwaliteit van die snit. Dit is ideaal vir beton Gereedskap en bakstene. Boorpunte Turbo-wiele sny stadiger, maar Hoëspoed staalpunte: Kan gedie snit is skoner. Dit kan gebruik bruik word vir die boor van suiwer word vir beton, bakstene, daken allooistaal tot 900n/mm, gietteëls, graniet, marmer en teëls. yster, aluminium, koper en in `n “Continuous rim”-wiele sny stadig mindere mate vir vlekvrye staal. en het `n baie skoon snit wat dit Dit is belangrik om teen `n lae ideaal maak vir die sny van teëls. spoed te boor sodat die punt kan sny. Teen `n hoë spoed sal die Draadborsels punt nie kans kry om te sny nie TITAN se reeks draadborsels kan op en slegs bo-op die metaal draai. boor- en slypmasjiene gebruik word. Dit lei tot wrywing en hitte wat Dit is hoofsaaklik vir die skoonmaak die punt sal brand en verkleur. `n van metaal bedoel, maar kan ook Punt wat te vinnig geloop het, sal vir die skoonmaak van hout gebruik `n blou-pers kleur hê. word. Wanneer vlekvrye staal geboor word, is dit belangrik om `n Klinknael-geweer koelmiddel te gebruik om die Dit is belangrik om die regte grootte lewensduur van die boorpunt te klinknael saam met die regte grootte verleng. skroefie op die klinknaelgeweer te Beton boorpunte : Word gebruik gebruik. vir die boor van beton, stene en Elke klinknaelgeweer het vier skroeklip. Wees versigtig, staal in die fies met gaatjies van verskillende 26

groottes (gewoonlik 2,4-4,8mm). Die lengte van hierdie skroefies verskil. Hoe langer die skroefie is, hoe verder word die kake teruggedruk. As die steeltjie van die klinknael in die geweer bly vashaak, gebruik `n groter skroefie en die steeljie sal maklik uitkom. Handgereedskap TITAN se tange en verstelbare skroefsleutels word van hoëgraad allooistaal vervaardig en is met `n roeswerende laag afgewerk. Skroewedraaiers het `n magnetiese punt en word vervaardig van “Chrome Vanadium” met `n ergonomiese rubberhandvatsel. TITAN se handsae het induksieverharde tande wat baie langer as standaard handsae skerp bly. Sok- en kombinasiesleutels word volgens Europese standaarde vervaardig en met `n roeswerende laag behandel. Kompressors TITAN se kompressors word deur Fini, een van die oudste kompressorvervaardigers in die wêreld, vervaardig en die produkte is van hoogstaande gehalte. Suierkompressors word in twee kategorieë verdeel, naamlik direkaangedrewe en beltaangedrewe. Met die aankoop van `n kompressor is dit baie belangrik om eers die behoefte te bepaal. Direkaangedrewe kompressors word gemaak vir ligte toepassings waar die masjien vir kort periodes gebruik word (maksimum van 15 minute


fasette nie hier bespreek kan word nie.

meer bottel-, trollie-, lug-, ratkas-, palet-, en vurkhyser-domkragte. Alle TITAN botteltipe-domkragte het Hoëdruk spuitmasjiene `n oorlaai funksie vir veiligheid. TITAN verskaf `n 220v 130bar en `n `n Domkrag se doel is om `n voer380v 200bar-masjien. tuig vir kort periodes op te lig. Vir Dit is ideaal vir die skoonmaak van langer periodes word bokkies geplaastoerusting, dakke, mure en bruik. Dit verseker dat die seëls van vloere. Die masjiene is gemaak vir die domkrag langer hou. swaarder diensverrigting en word Skakel probleme uit: deur `n laespoed 1400rpm motor Gaan die olievlakke gereeld na. aaneen). Dit is ideaal vir die pomp aangedryf. As die silinder `n sponserige van bande, skoonblaas van items en Die pomp is gemaak van soliede gevoel het wanneer dit uitgestoot spuitverf (lae druk) van klein oppergeelkoper, het drie keramieksuiers en is, is daar lug in die sisteem. vlaktes. is op `n sterk trollie met wiele gePomp die domkrag drie keer tot Beltaangedrewe kompressors kan vir monteer. heel bo om die lug uit te haal. langer periodes gebruik word, aan Met die gebruik van `n hoë `n Domkrag wat olie lek, word gesien dit teen die helfte van die druk spuitmasjien moet die water hoofsaaklik deur die vas en losspoed van `n direkaangedrewe komeerste gekoppel word. Laat vloei draai van die meganisme veroorpressor loop. die water deur die hele stelsel en saak. Draai die skroef megaAlgemene plaaswerk kan met die maak seker al die lug is uit die nisme uit en vervang die seël. 100lt-, 150lt- of 200lt-kompressor stelsel voor gebruik. Moenie die As die domkrag die voertuig lig gedoen word. Dit is belangrik dat `n masjien met `n elektriese verlengen dan stadig sak, is daar vuilig3hp of groter kompressor vir hoëdruk koord koppel nie. Verleng eerder heid in die sisteem. Dit kan sand spuitwerk gebruik word. die hoëdrukpyp. of selfs `n stukkie ystervylsel wees. Let daarop dat suier kompres Die masjien is toegerus met `n Draai die vas- en losmaakmesors `n 50% dienslewering het, koppelstuk vir die aanwending ganisme uit. Daaronder is daar bv. werk tien minute, af vir tien van chemikalieë. Wend eers die `n klein staalballetjie. Haal die minute. chemikalieë aan en spuit daarna balletjie uit en maak die gaatjie Moet nooit `n elektriese verlengdie voertuig met hoë druk skoon. met `n oorstokkie skoon. Wees koord by `n kompressor gebruik By chemikalieë is die reël geversigtig sodat daar nie in die nie. Verleng eerder die lugpyp. woonlik dat as dit veilig is om `n proses vuiligheid in die sisteem Die kompressor moet slegs by sy mens se hand daarin te druk, dit kom nie. eie skakelaar aan- en afgeskakel ook veilig is om deur die masjien Sit die balletjie terug en slaan word en nooit by die muurskakete sit. daarop met `n dryfyster sodat dit laar nie. Skakel die motor tussen skoonbehoorlik seël. Skroef weer die Onder die kompressor se tenk maak sessies af. Dit keer dat die vas- en losdraaimeganisme terug is `n klep vir die dreinering van water in die pomp te warm word. en toets. Dit mag nodig wees water. Dit moet minstens een keer As die skoonmaakwerk klaar is, om die olie te vervang as daar per week gedreineer word. skakel die masjien af en trek die te veel vuiligheid in die sisteem Dienste vind elke 50 uur of sessneller. Dit verlos die druk van die is. Gebruik `n 32 of 46 graad maandeliks plaas. pype en seëls. As dit nie gedoen hidroliese olie. Ons beveel Engen se Genair word nie, bly die masjien onder 100 aan. Waar dit nie beskik130bar/200bar druk wat tot baar is nie, kan `n goeie kwaligebreekte seëls of selfs gebarste teit 15W40 graad olie gebruik pype kan lei. word. Vervang die olie (80W90) elke Vervang die filter se element en drie maande met gewone gebruik gaan die belde na. Filters behoort en elke twee maande met swaar maandeliks skoongemaak te gebruik. word. Lees die handeleiding sorgvuldig Domkragte deur met die aankoop van `n TITAN verskaf `n wye reeks domkompressor, aangesien al die kragte met verskeie toepassing, onder


Eiendomme Natassia Roets

Die eiedomsmark lyk goed!

V

erkopers wat hul eiendomme korrek prys, die regte eiendomsagent kies en die die nodige stappe geneem het om hul huise vir voornemende kopers aantreklik te maak, sal met my saamstem: Die mark lyk goed! Dit het nie slegs te doen met die banke se besluit om hulle leningsvereistes positief aan te pas en weer na 100%-lenings te kyk nie. Ek is van mening dat die mark sal aanhou klim as ons slegs “waarde” toepas. Ken jou waarde! Dit mag eenvoudig klink, maar is geweldig belangrik en van toepassing op kopers, verkopers en eiendomsagente. Verkopers moet verstaan wat die korrekte waarde van hulle eiendomme is en kopers moet glo hulle koop die huis van hul drome teen `n billike prys. Al drie bogenoemde is haalbaar. Die meeste verkopers vra die volgende vrae: Hoe vinnig sal my eiendom verkoop? Sal dit teen die regte prys verkoop? Wat is die regte prys? Ons lesers sal bly wees om te hoor dat die banke en die ekonomie nie al die beheer in eiendomsverkope het nie. `n Groot deel hang van die verkoper se benadering af. Een van die grootste foute wat `n verkoper kan maak, is om sy eiendom te duur te prys. `n Oorgepryste eiendom wek die indruk van slegte waarde wat veroorsaak dat die vlak van koperaktiwiteit drasties afneem. Dit kan veroorsaak dat sommige kopers die huis elimi28

neer sonder dat hulle dit eers gesien het. Huise wat te duur geprys is, is gewoonlik te lank in die mark en sal nie potensiële kopers lok nie. Dit sal beteken dat die verkoper sy prys moet aanpas, wat gewoonlik dan ook heelwat laer sal wees as die prys waarteen die eiendom oorspronklik kon verkoop het as dit aanvanklik reg geprys is. `n Eiendom wat reg geprys is, behoort nie langer as drie maande in die mark te wees nie. Om `n huis suksesvol te verkoop beteken ook om die regte agent die regte mandaat op die regte tyd te gee. Om `n huis te verkoop is vir die meeste huiseienaars `n emosionele besluit. Om dan van `n agent te hoor dat die prys wat jy vir jou huis wil hê nie haalbaar is nie, is teleurstellend. `n Goeie agent sal egter altyd bewus wees van nuwe neigings in die bedryf. Hy/sy sal dus die verkoper kan bystaan en inlig oor `n markverwante prys vir sy eiendom, onlangse verkope in die gebied en banke se finansieringsbeleid. Die agent moet dan ook waarde heg aan die bemarkingsmetodes wat hy toepas. Wees versigtig vir agente wat vir die koper `n onrealisties hoë prys belowe slegs om die mandaat te kry en daarna die prys probeer afdwing. Terwyl die regte prys sal afhang van faktore buite almal se beheer is daar een belangrike proses waarmee huiseienaars ten volle vertroud moet wees: Om jou huis “aan te trek” om te verkoop: � Let op na fyn besonderhede. Herstel lekkende krane en verseker dat deure nie kraak wanneer

dit oopgemaak word nie. � Laat min aan die verbeelding oor. Moenie van `n potensiële koper verwag om homself te verbeel hoe die huis sou gelyk het as die swembad blou en skoon of die huis netjies en aan die kant was nie. Hou jou eiendom te alle tye vertoonbaar! Nou kan `n mens weer oor die prys gesels. `n Mens kan jou tuin netjies maak, jou swembad skoonmaak en die huis aan die kant maak, maar uiteindelik koop kopers op grond van wat hulle kan bekostig. Wanneer `n koper met die koerant voor hom sit, stel hy nie belang of die huis onlangs geverf is en of die tuin netjies en die huis skoon is nie. Hy wil weet wat die prys is en of hy dit sal kan bekostig. As eiendomsagente is niks wat ons doen perfekte wetenskap nie, maar sekere patrone duik telkens op. Vergeet van ekonomiese voorspellings. Daar sal altyd huiskopers in die mark wees, mense wat verhuis, opgradeer of afskaal en daar sal ook altyd verkopers wees, om dieselfde redes. Dit is egter die verkoper se besluit of die mark goed of sleg lyk. In my tyd in die eiendomsbedryf het ek geleer dat daar `n resep is om te verseker dat almal gelukkig wegloop van `n verkoopstransaksie: Kopers, verkopers en agente moet almal besef wat die waarde is wat elke party tot die suksesvolle verkoop van `n eiendom bydra. Wanneer hierdie besef by al die betrokke partye insink sal ons altyd, ongeag negatiewe voorspellings, `n goeie eiendomsmark beleef!



Tydens die dinee van die NKRPO-kongres is mnr. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte van GWK), dr. Piet Croucamp (politieke ontleder van die Universiteit van Johannesburg en gasspreker by die dinee) en mnre. James Faber (Voorsitter: NKRPO), Henk van Wyk (President: Agri Noord-Kaap) en Johan van der Colff (Ondervoorsitter: NKRPO).

Georganiseerde landbou Carien Grobler

Stel doelwitte en beraam planne, hoor kongresgangers

O

m `n langtermynwins te realiseer, moet produsente fokus op dit wat bestuurbaar is, doelwitte stel en aksieplanne beraam. Só het prof. Johan Willemse (bekende landbou-ekonoom van die departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat) gesê op die onlangse jaarlikse kongres van die Noord-Kaap Rooivleisprodusente-organisasie (NKRPO) wat in Kimberley gehou is. Die mark bestaan uit siklusse, waarvolgens rooivleisprodusente goeie en 30

swakker pryse beleef, het Willemse gesê. “Niemand is seker wat vleispryse later vanjaar gaan doen nie. Daarom moet ons doelwitte stel en aksieplanne in plek hê.” Dit is ook belangrik om die regte fokus te hê, meen Willemse. Produsente moet weet waarheen hulle op pad is. “Waar gaan jou besigheid oor vyf of tien jaar wees? Die verkeerde fokus kan tot `n produsent se ondergang lei. Slegs die produsent met `n aksieplan sal sy fokus behou en suksesvol wees.” Volgens Willemse word vleispryse deur die “Groot vyf” beïnvloed, naamlik die ekonomiese siklus, die internasionale

mark, reënval, voerkoste en kompetisie. “Ons moet die perspektief behou en besef dat hierdie faktore in siklusse werk. “Dit is belangrik dat produsente dít verstaan, andersins kan dit hul besigheid negatief beïnvloed. Willemse het gewaarsku dat `n tweede ekonomiese resessie moontlik op pad is. In die lig hiervan moet rooivleisprodusente hul besigheid in die mark posisioneer en daarteen waak om negatief te word. Hy meen dat vleispryse teen die einde van die jaar weer kan styg en dat die prys vir speenkalwers in die rigting van R18,50 kan beweeg.



Georganiseerde landbou Dissie Kruger Graan SA Hoofbestuur

Die graanprodusent se spreekbuis: Graan SA

G

raan Suid-Afrika (Graan SA) het met die ontbinding van die Mielie- en Koringrade en die deregulering van die eenkanaal-bemarkingstelsel in 1999 ontstaan. Tydens die eenkanaal-bemarkingsera in die vorige bedeling het die minister van landbou onder meer die mielie- en koringpryse aan die kabinet voorgelê om dit te bekragtig. Graanprodusente het reeds in die jare 70 meer inspraak in die bepaling van produkpryse gevra. Dit het meegebring dat organisasies soos die Suid-Afrikaanse Mielieprodusente-instituut (SAMPI) en die Suid-Afrikaanse Mielieprodusente-organisasie (SAMSO) tot stand gekom het. Elkeen van hierdie organisasies het sy eie agenda en meestal sy eie politieke bril gehad. Albei hierdie organisasies het daarop aanspraak gemaak dat hulle namens die graanprodusent optree, wat tot ongekende spanning tussen lede gelei het. Later is die Nasionale Mielieprodusente-organisasie vir mielieprodusente en die Wintergraan Produsente-organisasie (WPO), die Nasionale Oliesade-organisasie (NOPO) en die Sorghumprodusente-organisasie (SPO) gestig om as spreekbuis vir hul lede te dien. Die stem van redelikheid het geseëvier en het Graan SA uit NAMPO, die WPO, NOPO en die SPO ontstaan. Graan SA tree sedertdien op as spreekbuis vir elke graanprodusent in die land. In 2012 is Graan SA se hoofkantoor 32

van Bothaville na Pretoria verskuif. Saam met die naasliggende Graangebou word die hele Suid-Afrikaanse graanbedryf vandag feitlik onder een dak gehuisves. Graan SA, die Graanlaboratorium (SAGL) die SIQ (wat oppervlakte-skattings doen), die Landboubesigheidskamer (LBK) en die Graansilo-industrie (GSI) se hoofkantore is op een terrein. Strategies word die graanbedryf in Suid-Afrika op die oomblik nasionaal en internasionaal bedryf. Die kompleks is in Lynwoodweg in Pretoria geleë en is beslis `n besoek werd. Dit is immers die eiendom van ons land se graanprodusente. Graan SA se dagbestuur word verteenwoordig deur mnre. Jannie de Villiers as Uitvoerende Hoofbestuurder, Louw Steytler as Voorsitter, Andries Theron as Ondervoorsitter en Jozeph du Plessis, Jaco Minnaar en Chris Schoonwinkel. `n Verdere 26 Hoofbestuurslede verteenwoordig 26 streke waarin die land verdeel is. Onder leiding van hierdie bestuurspan doen Graan SA as uiterse dinamiese organisasie sy bes om aan elke graanprodusent die bedryfsdienste te lewer om volhoubaar te produseer. Graan SA se visie Graan SA word wêreldwyd deur sleutel-rolspelers erken as die enigste amptelike mondstuk vir graanprodusente. Daarom wil ons elke graanprodusent met die nodige inligting bemagtig om weldeurdagte besluite te neem oor die in- en uitsette van sy

boerdery. Graan SA se missie Graan SA poog deur sy ondersteunende bedryfsaktiwiteite om die graanprodusent in staat te stel om winsgewend teen invoerpariteit te kan produseer. Deur sodanige ondersteuning word die Suid-Afrikaanse graanprodusent in die posisie geplaas om `n rolspeler in die globale wêreldgraanmark te word. Voedselsekuriteit Op die oomblik produseer sowat 8 000 graanprodusente landwyn genoeg stapelvoedsel in Suid-Afrika om in 55 miljoen mense se behoeftes te voorsien. Die afgelope jaar kon ons daarin slaag om `n verdere 2,2 miljoen ton mielies na lande soos Meksiko, Korea en Venezuela uit te voer. China het reeds te kenne gegee dat hy ook belangstel om Suid-Afrikaanse mielies aan te koop en die bepaalde protokol is reeds in plek. China stel ook belang om koring van Suid-Afrika aan te koop aangesien ons koring van `n baie hoë kwaliteit is. Graan SA stel hom altyd ten doel om met die vryemark as basis vir volhoubare graanproduksie sy produsente te beskerm en `n beleidsomgewing te skep sodat voedselsekerheid in die langtermyn gehandhaaf kan word. Inligting Markinligting is uiters belangrik binne die vrye handelsomgewing. Daarom stel Graan SA daagliks soveel as


moontlik deursigtige markinligting aan produsente beskikbaar. Tariefaansoeke Die koringtarief `n Nuwe aansoek vir `n koringtarief van $326 per ton is reeds ingedien. Op die oomblik voorsien koringprodusente slegs in 47% van die land se koringbehoefte, bloot weens die lae koringprys. Laer grade koring word ingevoer wat dan die binnelandse prys bepaal. `n Selfvoorsienendheidsindeks van 1,158 is in die huidige aansoek ingebou in `n poging om die produksie van koring te stimuleer om minstens 85% selfvoorsienend te wees. Hierdie tariefaansoek geniet hoë prioriteit. Die hoendertarief Graan SA ondersteun die pluimveebedryf in hul aansoek om `n tarief op ingevoerde hoendervleis. Sowat 250 000t hoendervleis word jaarliks ingevoer en impliseer `n verbruik van 250 000t mielies. Sojabone Die verhoging in perskapasiteit deur verskeie landbou-ondernemings skep die geleentheid vir die uitbreiding van sojaboon-aanplantings. Die gebruik van sojabone en sonneblomme vir die vervaardiging van biodiesel word ook ondersoek. Graansorghum Mielies word op die oomblik uitgesluit as grondstof vir die vervaardiging van bio-ethanol. Graansorghum word as grondstofgewas voorgestel. Indien slegs 2% van die verpligte inmenging van bio-ethanol in die 11 miljard liter petrol wat Suid-Afrika jaarliks gebruik sou plaasvind, kan dit `n aansienlike aanvraag na graansorghum teweegbring. Verdere kwessies wat aandag moet geniet Infrastruktuur Uitvoerkapasiteit, sowel as die instandhouding van paaie en spoorlyne moet

aandag geniet. Dieselrabat Graan SA was instrumenteel in die onderhandelings van die dieselrabat wat op die oomblik R1,53/l beloop. Hoewel druk tans uitgeoefen word om die rabat te herroep, veg Graan SA om die behoud daarvan. Navorsing Navorsing is `n onmisbare element vir volhoubare graanproduksie.

Lede betaal ledegeld van R2/t. As persentasie van `n produsent se inkomste is dit weglaatbaar min. Daarbenewens word 5% van die gevorderde heffings jaarliks aan boereverenigings en landbou-unies terugbetaal. Die Douglas Boere-unie het vanjaar `n aansienlike bedrag van R45 000 ontvang. GWK as invorderingsagent ontvang verder ook 5% van die ingevorderde heffings.

Streek 25 GWK se aandeelhouers val in streek 25 waarvan mnr. Dissie Kruger die Opleiding hoofbestuurslid van Graan SA is. Streek `n Span opleidingsbeamptes van 25 is die streek met die hoogste bydrae Graan SA staan die ontwikkelende uit heffings en daarom kon ons streek landbou by. Fondse uit die staat se herkapitaliseringsprogram word op die vanjaar `n groep van 27 afgevaaroomblik vanweë die suksesse wat reeds digdes na die Graan SA se kongres stuur. behaal is aan Graan SA toegewys om Ek bedank graag elke produsent wat dit te implementeer. die kongres vanjaar bygewoon het. `n Spesiale woord van dank aan mnre. Erkenning Johan van Dyk (Besturende Direkteur Graan SA se toekennings vir die graanprodusent van die jaar is `n jaarlikse in- van GWK), Frank Lawrence (Voorsitter: stelling. Verskeie GWK-aandeelhouers, GWK-direksie), Neil de Klerk (Uitvoeronder andere mnre. Bennie van Niekerk ende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK) en en Connie Coetzee van Prieska, Jaco Ederich Prinsloo (Bestuurder: Graanvervan Niekerk van Luckhoff, J.D. le Roux handeling van GWK) wat die kongres van Hopetown, Vickie Bruwer van Douglas is al vir hierdie hierdie toeken- as gaste bygewoon het. Ek bedank ook graag elke lid wat nigs benoem. getrou sy heffing betaal. Dit is produsente soos u wat Graan SA Befondsing `n leier in die internasionale graanGraan SA is ten volle outonoom en arena maak. lidmaatskap is vrywillig. Graan SA se kongres was vanjaar ‘die beste in jare’ Die onlangse kongres van Graan SA was voorwaar `n hoogtepunt op die landboukalender en word beskryf as die beste kongres in jare. Graan SA was bevoorreg om mnr. Derek Hanekom (adjunkminister van die departement van wetenskap en tegnologie) vir `n hele oggend daar te hê om kongresgangers toe te spreek oor navorsingstegnologie vir voedselsekerheid. Hy het in sy toespraak gesê dat 2012 `n jaar van aksie in landbou sal wees en

dat daar `n verhoogde fokus op voedselproduksie is. ”Voedselproduksie oor die algemeen en spesifiek graanproduksie is kwessies wat die Departement van Wetenskap en Tegnologie baie ernstig opneem,” het Hanekom gesê. Hy het verder ook die verskil tussen nasionale en huishoudelike voedselsekuriteit verduidelik, asook onderskeid getref tussen die beskikbaarheid, bekostigbaarheid en veiligheid van voedsel. . . . vervolg op volgende bladsy

33


Mnre. Frank Lawrence (Voorsitter: GWK Direksie), Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK), Bully Bothma van Bothaville en Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) geniet `n koppie koffie tydens Graan SA se jaarlikse kongres. . . . van vorige bladsy. Hy was vol lof vir Graan SA se Ontwikkelende Landbouprogram. Prof. Jonathan Jansen (Vise-kanselier en Rektor van die Universiteit van die Vrystaat) het die Kongres toegelig oor hoe eenheid in landbou bewerkstellig kan word en het klem daarop gelê dat empatie sowel as dissipline nodig is om hierin te slaag. Mnr. Stephen Hanival (Hoofdirekteur: Agro-verwerking, Departement van Handel en Nywerheid) het die werking van en strategiese raamwerk vir agro-prosessering aan die kongres verduidelik. Verder het hy die nuwe markgeleenthede vir die graanbedryf uitgelig met die klem op biobrandstof en nuwe perskapasiteit vir sojabone. Die menigte nuwe geleenthede vir markuitbreiding en werkverskaffing het almal baie opgewonde gehad. Verskeie toekennings is gemaak aan lande waarheen Suid-Afrika in die afgelope seisoen mielies uitgevoer het. Mnr. Hector Valezzi (ambassadeur van Meksiko) het die toekenning namens Meksiko 34

ontvang en gesê hy hoop om in die toekoms steeds mielies van SuidAfrika in te voer. Die toekenning aan die Republiek van China (Taiwan) is deur mnr Michael (Pei-Yung) Hsu in ontvangs geneem. Hy meen SuidAfrikaanse mielies is van uitstekende gehalte. Mnr. Louw Steytler, geen vreemdeling in Georganiseerde Landbou nie, is tydens Kongres verkies om die leisels as Voorsitter van Graan SA by mnr Neels Ferreira oor te neem. Mnr Steytler het in sy toetredingstoespraak gesê dat dit `n voorreg sal wees om die organisasie te lei en sy dankbaarheid teenoor mnr Ferreira en vorige Voorsitters van die organisasie uitgespreek. “Graan SA is `n organisasie waarop ieder en elk trots kan wees, “ aldus Steytler. Mnr. Andries Theron is as visevoorsitter van Graan SA herkies. “Die inhoud en sentiment van die Kongres was `n sterk mosie van vertroue in die mandaat van Graan SA se nuwe strategiese rigting,” het mnr. Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA, gesê.

Aanhalings op die kongres “Gebruik die lepel en roer die pappot om aan voedselsekuriteit te herinner en as daar `n stoute outjie verbykom, raps hom sommer!”. - Mnr. Jan Grey van Graan SA se Hoofbestuur met die oorhandiging van `n paplepel aan minister Derek Hanekom. “We like the quality of your maize.” - Mnr. Hector Valezzi, ambassadeur van Meksiko. “We can’t be naive and only rely on imports for food.” - Mnr. Derek Hanekom, adjunkminister: departement van wetenskap en tegnologie. “South African maize is top notch.” - Mnr. Michael (Pei-Yung) Hsu, ambassadeur van Taiwan.

Bron SA Graan met erkenning aan Marna Swart (Skakelbeampte: Graan SA).



GWK Nuus LANDZICHT SE UITSTALLING DIE BESTE OP TOERISME-INDABA

L

andzicht se stalletjie is op die onlangse toerisme-indaba in Durban as die beste aangewys waarmee prysgeld van R30 000 gewen is. Landzicht is deur Nokki gevra om sy staanplek op die indaba te deel. Dié stalletjies was in die NoordKaapse toerisme-owerheid se uitstalruimte. Die uitstalruimte is deur GWK geborg om toerisme te bevorder. Dié indaba bied jaarliks aan die Suid-Afrikaanse toeristebedryf die geleentheid om hul produkte ten toon te stel en word deur afvaardigings en joernaliste van oor die wêreld heen bygewoon. Sowat 13 00 afgevaardigdes het vanjaar se indaba bygewoon. Landzicht het `n wynproe-tafel gehad waar toeriste daagliks aan topgehalte wyne kon proe. Die Noord-Kaapse toerisme-owerheid wys jaarliks die beste uitstalling aan wat deur die loop van die indaba beoordeel word. Landzicht het vanjaar trots met die louere weggestap en beplan Regs: Mnr. Philip van Sitterd en mev. Gerda Meades van die wynkelder op om dit `n jaarlikse instelling te maak. Jacobsdal by Landzicht se stalletjie.

MAN WEN KRAGOPWEKKER IN LANDMARK SE MAANDELIKSE KOMPETISIE

T

ydens Landmark se maandelikse promosie kan klante groot pryse wen. Die nasionale Landmark-wenner van `n kragopwekker vir die Maart/ April-kompetisie was mnr. Louis Blom van Postmasburg wat aankope by die Kimberley-tak gedoen het. Blom werk vir Kumba Iron Ore op Postmasburg. Hy vertel dat hy só `n kragopwekker by een van sy kollegas gesien het en gesê het dat hy daarvan sal hou om iets soortgelyks te hê, aangesien Postmasburg gereeld kragonderbrekings ervaar. Blom het die kragopwekker slegs Mnre. Gerrie Bezuidenhoudt (Bedryfshoof: Landmark Kimberley) en Louis `n dag voor Vadersdag gewen en daarom is dit ook sommer `n Vaders- Blom (pryswenner) saam met mev. Wilma Blom (Louis se vrou) en mnr. Gerhard Henning (Handelsbestuurder: GWK Landmark Kimberley). daggeskenk aan hom! 36


‘EK IS NET WAT JY NODIG HET,’ SÊ PERSONEEL BY GWK LANDMARK

G

WK Landmark se personeel het die eerste opleidingsessie bygewoon wat gehandel het oor Landmark se strategie “Living the brand” en hoe dit elkeen by GWK Landmark se verantwoordelikheid is om die handelsmerk uit te leef deur klante se inkopie-ervaring in `n aangename en onvergeetlike ervaring te omskep. Die personeel sal voortaan elke laaste Vrydag van die maand T-hemde dra met die slagspreuk “Ek is net wat jy nodig het.” Hiermee kry personeel die geleentheid om klante met hul uitsonderlike diens te verras. Die opleiding word aangebied in twee opleidingsessies vir alle Landmark-winkelpersoneel. Op die foto (regs) wat tydens die eerste sessie geneem is, is die personeel opgewonde en oorgehaal om suksesvol te wees. Personeel van GWK Landmark tydens hul eerste opleidingsessie oor LandDie tweede sessie word vir die mark se strategie “Living the brand” met hul T-hemde waarop die slagspreuk komende maand beplan. “Ek is net wat jy nodig het,” aangebring is.

SPREKER MOTIVEER PERSONEEL OP BESTUURSVERGADERING

M

nr. Jannie Putter, voormalige sportsielkundige van die Blou Bulle, het GWK se bestuursvergadering toegespreek. Putter, wat nou as motiveringspreker werk, het gesels oor hoe belangrik dit is om in jouself te glo en nie krities teenoor jouself te wees nie. Putter spreek gehore oor verskeie onderwerpe toe, onder meer sukses in die werksplek, bestuur en leierskap, die huwelik, verhoudings, ouerskap en hoe om stres en frustrasie te hanteer. Drie boeke uit sy pen is reeds gepubliseer, waaronder die laaste, Wenplan vir die lewe, verlede jaar in Julie uitgegee is. “My vrou het my lief en my kinders fassineer my – ons woon in `n huis vol liefde en geluk,” sê Putter. “Ek dien `n almagtige God wat Mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) en Jannie Putter, voor`n perfekte plan vir elkeen van ons malige sportsielkundige van die Blou Bulle wat GWK se bestuursvergadering het!” toegespreek het. 37


Ons mense

K

ommuniek stel graag in hierdie uitgawe `n nuwe afdeling in die tydskrif aan ons lesers bekend. Met “Ons mense” wil ons die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedieningsgebied hul boerdery

behartig, maar ook die passie van GWK se personeel landbou te innoveer en puik diens te lewer. Ons ontvang graag foto’s van produsente waar hulle in die boerdery werksaam is, asook foto’s van personeel waar hulle met hul dagtake besig is.

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

Mnre. Freddie Williams (Algemene werker: Simba-aanleg) en Niel Simon (Masjienoparateur: Simba-aanleg) in die aanleg. 38

Mev. Marisca Nel (Bedryfshoof: Produkhantering, Douglas) en mnre. Robert Molusi (Toesighouer: Simba-aanleg) en Jaco Voges (GWK Depotbestuurder, Douglas) in die Simba-aanleg op Douglas.

Mes. Priscilla Haas (Kontrolebeampte: Simba-aanleg) en Miena Lukas (Kontrolebeampte: Simba-aanleg) hard aan die werk.


Mnr. Marius vd Schyff van GWK Saad by `n nuwe blaarslaai saadproduksie-land.

Mnr. Willem Nel (Werktuigkundige: GWK Meganisasie, Douglas) versien die bedrading van `n John Deeretrekker.

Mnr. Chris de Villiers, `n produsent van Prieska, vat `n blaaskans terwyl hy `n mielieproef stroop.

Mnr. Otto von Molendorff (Bedryfshoof: Silo, Douglas) by `n mielievervoerband. 39


Hoe lyk die diere vir jou? Produsente bespreek die aanbod op `n veiling by GWK se veilingskrale in Kimberley.

Produsente bie tydens `n veiling by GWK se veilingskrale in Kimberley.

Mnr. Frank Lawrence (Voorsitter: GWK Direksie) leef sy passie vir die landbou uit.

Mev. Nohline Grobler van Prieska gee haar hanslammers melk.

Mnr. Schalk Liebenberg (Handelsbestuurder: GWK Landmark Prieska) agter sy lessenaar.

40


Mnre. Jean van Vuuren (Graangradeerder, Douglas) en Visser Vermaas (Assistent-graangradeerder, Douglas).

Die personeel van GWK Saad by hul nuwe saadbakkie en afleweringswa.

Die personeel van GWK Saad plant grondboon-proewe aan.


Mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur en dr. Mirinda Visser, Graan SA se Bestuurder: Bedryfsdienste het GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas besoek.

Kollig

Carien Grobler met erkenning aan Elmarie Schoeman, SA Graan-medewerker

Noord-Kapenaar nou bedryfshoof by Graan SA Dr. Marinda Visser is `n boorling van die Noord-Kaap en het op Prieska grootgeword. Nadat sy onlangs as Bestuurder: Bedryfsdienste by Graan SA aangestel is, het sy en mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur GWK se hoofkantoor op Douglas besoek.

W

anneer dr. Marinda Visser praat, hang `n mens behoorlik aan haar lippe. Sy gesels só mooi in ons lieflingtaal dat `n mens nie anders 42

kan as om elke woord in te drink nie. Dít was die ervaring toe sy onlangs die Douglas Boere-unie toegespreek en daarna saam met mnr. Dissie Kruger van Graan SA se hoofbestuur by GWK se grondboontjie-drogingsaanleg aangedoen het en die Landzicht-wynkelder op Douglas besoek het. “Sy is een van die Noord-Kaap se beste uitvoerprodukte!” terg Kruger. Visser het die leisels as Bestuurder: Bedryfsdienste van Graan SA by mnr. Nico Hawkins oorgeneem. Hiermee het `n deur van potensiaal vir inter-

nasionale marktoegang oopgegaan aangesien sy `n kundige op dié gebied is. Vir Visser is die graanprodusent `n prioriteit en sy sien haar aanstelling as `n geleentheid om `n diens te lewer om produsente meer winsgewend en volhoubaar te maak. Visser was voorheen die Hoofdirekteur by die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye, waar sy marktoegang vir Suid-Afrikaanse produkte met oorsese lande tot stand gebring het en spesifiek mielies vir die Chinese mark.


Haar fokus was hier egter op dieresowel as plantproduksie. “By Graan SA gaan ek selfs meer doeltreffend wees aangesien ek suiwer op die graanbedryf fokus.” Die onlangse beroepskuif was geensins vir haar `n moeilike besluit nie. “Hier by Graan SA probeer ons die graanprodusent so winsgewend as moontlik maak. Ons maak seker dat daar befondsing vir navorsing is en dat navorsing gedoen word, dat genoeg kultivars ontwikkel word en dat daar voldoende markte is om die produkte te verkoop. “Ek bring hierdie dimensies met my saam en het vinnig en maklik by Graan SA ingepas.” Visser het as senior staatsamptenaar goeie verhoudings met kollegas in ander staatsdepartemente en ook in ander lande opgebou, wat `n groot voordeel vir die bestuurspan van Graan SA en graanprodusente inhou. Graan SA het verskeie mikpunte vir die jaar wat uitstekend by Marinda se

kundigheid en ondervinding aansluit: “Een van daardie mikpunte is om voortdurend nuwe uitvoermarkte te ondersoek. “Ons ondersteun op die oomblik die departement van landbou, bosbou en visserye in onderhandelings met China. “Ons help waar ons kan om marktoegang te kry en om hierdie mark permanent vir mielies te vestig. Alles wat ons doen, moet tot voordeel van ons produsente wees.” Visser gesels opgewonde oor haar span by Graan SA se bedryfsdienste. “Die afdeling loop oor van talent en geesdrif en ons hoop dat die bydrae wat ons vir die graanprodusente lewer, vir hulle net voordelig sal wees en hul selfs meer volhoubaar en winsgewend sal maak. “Graan SA se mandaat is om die graanprodusent te help in terme van marknavorsing en om strategiese kwessies op te los. Ek sal seker maak dat ons by hierdie mandaat bly.

“Ek is opgewonde oor Graan SA se toekoms en hierdie dinamiese groep mense wat ons produsente dien.” Interessant � Visser het op Prieska grootgeword. � Sy het in die Wes-Kaap begin studeer en daarna haar Ph.D. in plantpatologie aan die Universiteit van Pretoria verwerf. � Sy was agt jaar lank werksaam by die Landbounavorsingsraad. � Visser was voorheen Hoofdirekteur by die nasionale departement van landbou, bosbou en visserye. � Sy is getroud met Joe en hulle het `n dogter, Erin (6). � Sy lees graag en leer op die oomblik Spaans. Bron SA Graan





Vroue VLV SE TAK OP PRIESKA BEMAGTIG VROUE MET PLASTIEK

D

ie Vroue Landbou-vereniging (VLV) op Prieska is aktief besig om dié organisasie se tema vir 2012 – Bou `n brug – in die gemeenskap uit te leef. Die projekte wat hiermee gepaardgaan is die vermindering van rommelstrooi met die aandag op plastiek, bevegting van armoede en die geldelike bemagtiging van die vrou d.m.v die opstel van begrotings en oordeelkundige hantering van geld. “Ons neem standpunt in dat ons nie net gaan uitdeel nie, maar vroue wil bemagtig,” sê mev. Corrie Liebenberg, voorsitter van dié tak. “Ons leer hulle om plastieksakke nuttig te gebruik en armoede met

hierdie kennis te beveg. “ Ons kom een keer per maand bymekaar en intussen gaan die vroue op hul eie aan.” Liebenberg vertel dat die VLV in die woonbuurt begin het met demonstrasies waarmee vroue geleer word om met plastiekrepe te brei waarmee hulle sakke en verskeie gebruiksartikels maak. “Ons maak ook slaapsakke van plastiek en koerantpapier en waarsku voortdurend oor die gevaar van plastiek, veral vir kinders.” Liebenberg en haar mede-lede van die VLV gee ook aandag aan die kinders. “Ons vra dat hulle plastiek vir hul ma’s bymekaarmaak en speel

ook met hulle. Ons moedig die ouers aan om dit ook te doen en sodoende by hul kinders betrokke te raak. “Ons nooi die hele gemeenskap se vroue om betrokke te raak en `n brug na ander vroue te help bou. Ons kan so baie van mekaar leer. Ek was verstom oor die pragtige tuine en vrugtebome in die woonbuurt wat met so min aan die gang gehou word. Dit het ons ook opgeval hoe skoon dit om mense se huise is. “Die rommelprobleem kom eerder om die woonbuurt as by mense se huise voor.” Mense wat betrokke wil raak, kan Liebenberg by 072 469 1600 skakel.


Fotokompetisie

REËLS

Temas vir 2012

Die inskrywing moet verband hou met die tema vir die maand en moet ook `n onderwerp hê. Slegs twee inskrywing en foto’s wat geneem is deur die persoon wat dit inskryf, sal aanvaar word. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal. 48

Julie

herfs

Hiermee sluit Kommuniek hierdie weergawe van die fotokompetisie af. Ons bedank graag ons lesers vir elke foto wat ons ontvang het. Ons vertrou dat ons nuwe fotokompetisie (blaai om) groot aftrek sal geniet en dat oud en jonk sal deel word van die fotopret! -Red.

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark.

2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys


Wenner: ElsabĂŠ Goussard van van Cradock Tema: Oulap se rooi

Tweede: Elma Peens van Bloemfontein Tema: Groen en goud verweer

Derde: Ronel Sutherland van Hopetown Tema: Herfs in `n pekanboord


Kiekies

K

ommuniek is baie opgewonde om `n nuwe fotokompetisie aan ons lesers bekend te stel. Met Kommuniek Kiekies kan almal deel word van die fotopret! Die foto’s sal nie op grond van die fotograaf se vernuf agter die kamera beoordeel word nie, maar eerder op grond van die inisiatief en oorspronklikheid wat aan die dag gelê word om die tema uit te beeld. Die enigste voorwaarde is dat die foto’s vir publikasiedoeleindes 500kb of groter moet wees as dit per e-pos gestuur word. `n Tema sal maandeliks in Kommuniek bekend gemaak word waarvolgens lesers hul foto’s kan inskryf. Lesers kan hul eie inisiatief en kreatiwiteit gebruik om die tema uit te beeld.

REËLS

Die inskrywing moet die tema van die betrokkie maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 50

Voorbeeld: Klein Josh Grobler spog met sy pa se pet met die GWK-handelsmerk.

Tema vir Aug. Jou kind met GWK se handelsmerk. (Sien voorbeeld hier bo).

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandelkoopbewys, geborg deur GWK Landmark.

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys



GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Carien Grobler

Groot opwinding op GWK Park

D

ie Griekwaland-Wes Ruby-unie (GWRU) het vanjaar die eerste keer in 12 jaar `n wedstryd teen `n internasionale span aangebied. Die Engelse was in 2000 laas in die Diamantstad in `n weekdagwedstryd teen die Griekwas in aksie. Rugby-ondersteuners het vanjaar in groot getalle vir die weekdag-toerwedstryd tussen die Suidelike Barbarians en Engeland opgeruk en gewys dat hulle honger is vir internasionale wedstryde. Die paviljoene op GWK Park was stampvol met toeskouers wat die Engelse in aksie wou sien en hulle 52

is beslis nie teleurgestel nie. Engeland het met 54–26 klaargespeel met `n Baabaas-span wat van die begin af nooit `n kans gegun is om opslae te maak nie. Volgens mnr. Arni van Rooyen (Uitvoerende Hoof: Griekwas) was sowat 8 000 mense by die wedstryd teenwoordig. Dit is net `n raps meer as met die eindstryd van die afgelope Vodacombeker-reeks, toe die Westelike Provinsie die Griekwas net-net geklop het. Verskeie verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het ook die wedstryd bygewoon en was baie tevrede met die wyse waarop

die GWRU vir die skouspel gasheer gespeel het. Mnr. Stuart Lancaster, die Engelse se afrigter, het sy tevredenheid uitgespreek met die Noord-Kaapse gasvryheid en net lof gehad vir Griekwas se organisasie. “Dit is absoluut fantasties. Kimberley is wonderlik. Dit is werklik iets besonders om van Durban na Kimberley tot in Johannesburg en dan ook Potchefstroom te reis. Só sien ons die hele Suid-Afrika.” Bron Volksblad


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Selfs Snorre snak na asem . . .

D

agsê vrinne! Kyk, oom Gemsbok is klaar in “overdrive” as ek net hoor die Ingilse kom sit weer voet aan wal in die Republiek. Dit het niks met die “Queen” se krimpelien-pakkies of teedrinkery by die paleis of met Magersfontein te doen nie, maar van Oupa Gemsbok se Boereoorlog-dae af is die klomp bleekbene maar net nie my “cup of tea” nie. Dis hoekom ek so uit my fellies uit is oor Heyneke se reeks oorwinning oor die klomp Pommies. Geluk ou maat! Soos ek voorspel en gehoop het, doen Heyneke toe net mooi dit – hy kies die jong manne saam met die ervare kombinasies en sink hierdie ervare wit spannetjie wat sopas `n vyfnasie-reeks agter die rug het sommer in twee weke se tyd. Aai, dis mos nou vir my soos muskadel voor `n kaggelvuurtjie. Soet en lekker! Ja, ons het nie die wêreld aan die brand gespeel in die eerste toets nie, maar genugtig, die manne ken mekaar toe skaars vier dae. Gee kans volkie! In

die tweede een se eerste helfte verwoes die Bokke hulle op so `n minagtende manier dat selfs ou Snorre na sy asem snak daar in die Presidentlosie. Ons voorry in Beast en die twee onvervangbare du Plessis-boeties het nie op die oomblik `n gelyke nie. Hulle maak seer voor en klaar. Ons nuwe jong en onervare slotpaar Etzebeth en Jeandré word by die dag al hoe beter terwyl die 123kg van Alberts verwoesting tussen die Engelse voorlinies saai. Hoor ek die Ingilse skree: “You take him!” as Alberts op hulle af kom. Hulle sal hom nog lank onthou. Kry ons môre vir Bekker terug, sit ons nog met Flip en sommer `n yster slotfabriek. In Jacques Potgieter, Kolisi en Brussow het ons `n reserwe lostrio wat enige dag nog kan oorneem en dalk beter mag doen. Agterlangs is daar nog `n bietjie skaafwerk nodig met Morné wat sukkel met sy ritme en Hougaard wat takties nog nie skop soos Fourie dit kon doen nie, maar dis `n kwessie van tyd of hierdie twee loop weer op al agt silinders.

Ons senterpaar is dodelik en ons agterste driehoek skitterend met Aplon, Lambie en Pienaar wat `n moet is op die bank. Heyneke en Rassie vat raak en wen hul eerste reeks met net twee weke se afrigting en dit met min moeite. Hoor ek my buurman Dik Piet sê “Jaaaa die All Blacks wag.” Dit ís so . . . die All Blacks is op die oomblik so `n paar trappies bo ons spelvlak, maar die Bokke besef dit. Nou sit ek so op GWK Park en bekyk die Ingilse langs my mooi deur met hulle maer lyfies en tingerige beentjies en dan kom staan en wen hulle sowaar hierdie uitnodigingspan waarvan geen mens al gehoor het nie. Dis toe dat ek wonder wat sou `n Griekwaspan op GWK Park met hierdie Engelse B-Span gedoen het. Aai, dit sou nou vir jou `n Rugbyfees gewees het! Tot volgende keer. Groetnis Oom Gemsbok 53


Pret op die plaas Vir die jongspan

Maak jou eie plaas-collage en wen!

S

keur en plak op die blad hier langsaan om `n prentjie soos ons s’n te maak. Gebruik die bont papier op hierdie blad en vra jou ma vra vir ou tydskrifte wat jy kan gebruik. Jy kan ook enige ander papier skeur en plak. Stuur jou collage in `n A4-koevert na Kommuniek (vir aandag Carien Grobler), Posbus 47, Douglas, 8730 en jy staan die kans om een van drie kontantpryse (R150, R100 en R50) te wen en jou collage volgende maand in Kommuniek te sien. Geniet dit! -Red.


55


Leefstyl Carien Grobler

Maak jou brein wawyd wakker! Die winter kan dit laat voel asof `n mens se brein as’t ware vasgevries het. Jy kan egter heelwat doen om jou brein wakker en gesond te hou en teen Alzheimer se siekte te beskerm.

Medical School in Amerika meen dat `n dowwe geheue en verwakte sin vir humor nie `n onvermydelike deel van veroudering is nie. Volgens dr. Amir Soas, een van die navorsers, kan mense met `n familiegeskiedenis reeds in hul twintigerjare sekere stappe doen om hul brein teen veroudering te beskerm. oerusting wat gereeld gebruik Hy beskou lees as die belangrikste oefening vir `n gesonde brein. “Lees, word, moet ook gereeld versien word. `n Mens se brein is doen blokkiesraaisels en speel skaak jou kosbaarste toerusting en het ook en Krabbel. Hierdie aktiwiteite stimuleer alles die brein om te dink.” gereeld spesiale aandag nodig. Hy beveel ook aan dat `n mens Navorsing wys dat die brein soos `n spier is – as dit nie gebruik word nie, minder TV kyk, aangesien die brein word dit al hoe kleiner. Navorsers van rus terwyl jy voor die kassie sit. Die navorsers voel so sterk op die indie Case Western Reserve University

T

56

vloed wat TV op `n mens se brein het, dat hulle dit met Alzheimer se siekte verbind en `n studie beplan om die effek wetenskaplik te bepaal. Word wakker, brein! Dit is maklik om in `n groef te verval sodat jou brein nie optimaal benut word nie. Maak hom só wakker: ■ Wees `n agie. Moenie alles goedsmoeds aanvaar nie. `n Mens se brein is gemaak om nuuskierig te wees vrae te vra. Vra gereeld “hoekom?” en “hoe?” en soek totdat jy `n bevredigende antwoord op jou vrae vind. Dit sal jou brein wakker maak, maar ook jou al-


■ Leer nuwe dinge. Die meeste mense is nie daarop toegespits om nuwe dinge te leer nie. Die onderwerp hoef geensins met ■ Speel `n speletjie. jou werk verband te hou nie. Kies `n Kaart- en bordspeletjies is groot pret en oefen ook jou brein. Kenners onderwerp wat jy interessant vind of meen dat veral strategie-speletjies `n maak bloot `n punt daarvan om elke mens kan help om vlymskerp te dink. dag `n nuwe woord te leer. Kenners meen `n mens se intelligensie word in `n groot mate deur jou woordeskat ■ Lag uit jou maag. Endorfiene is goedvoel-hormone wat beïnvloed. Met nuwe woorde kan `n deur die liggaam afgeskei word wan- mens op nuwe maniere dink en jou beskrywings en idees meer volledig neer `n mens lag. Dit verlaag stresvlakke en verhoog jou energievlakke inkleur. wat jou brein help om beter te fokus. `n Goeie sin vir humor help `n mens ■ Sweet vir meer suurstof. Oefening verhoog die suurstofook om met `n ander perspektief na toevoer na die brein en laat `n mens `n situasie te kyk. As jy oor iets lag, skep dit sielkundige afstand wat keer se liggaam en brein verfris voel. As jy sukkel om jouself in die koue sover te dat die brein oorweldig word. kry, probeer om bloot meer te loop. Gaan op `n uitstappie tydens jou koffiebreuk, parkeer jou motor effens verder van die kantoordeur af of stap `n paar blokke met jou hond. gemene kennis verbreed en jou meer interessant maak!

■ Pas die stukke. Legkaarte, speletjies soos Sudoku en blokkiesraaisels hou die brein aktief. Om `n legkaart se stukke te pas, moet `n mens dink, inligting verwerk en nuwe dinge leer wat alles noodsaaklik is vir helder denke.

■ Luister na musiek. Wanneer ’n mens na musiek luister, word albei kante van die brein ingespan. Om hierdie rede is musiek baie stimulerend. As jy `n ruk lank hard moes konsentreer, luister ’n paar minute lank na `n Perdfris brein, heeldag lank vrolike musiek. As jy egter die hele Die meeste mense voel effens tam oggend rondgehardloop het om jou sowat sewe ure nadat hulle optake af te handel, luister na rustige gestaan het. Dit kan toegeskryf word musiek om jou fokus te herstel. aan die natuurlike bioritme van die liggaam, asook die spanning wat ■ Dink voor jy eet. `n mens deur die dag ervaar. Maak Moet nooit jou middagete afskeep of só seker dat jou brein heeldag lank heeltemal oorslaan omdat jy besig is perdfris bly: nie. Voedsel is jou enigste bron van energie. Eet `n voedsame middagete ■ Beweeg. wat ryk is aan maer proteïene en Waak daarteen om heeldag in diekomplekse koolhidrate om jou brein selfde posisie te sit en werk. Wanneer en liggaam weer energiek te laat `n mens beweeg, stimuleer dit bloed- voel. vloei wat op sy beurt meer suurstof Wees egter versigtig om nie jouself te na die brein vervoer. Maak `n punt ooreet nie. Een van die redes waardaarvan om gereeld te strek of slegs om `n mens na middagete lusteloos `n oomblik lank op te staan. voel, is omdat jou liggaam hard aan die werk is om `n groot middagete ■ Wissel jou aksies. te verteer. Kou jou kos deeglik om Probeer om minstens elke uur iets vertering te vergemaklik. anders te doen, al is dit net vir `n paar minute. As jy besig is met iets ■ Let op jou asemhaling. wat streng konsentrasie verg, staan Neem `n paar minute om diep asem op en loop `n draai deur die kantoor. te haal. Dieper asemhaling sal die Jy kan hierdie tyd gebruik om na jou suurstoftoevoer na die brein verhoog stempos te luister of iemand terug te en jou help om jou gedagtes op die bel. res van die dag te fokus. 57


Gesondheid en resep Carien Grobler

Vind inspirasie vir `n tuin wat jy goed kan gebruik

D

ie dames van die VLV-tak op Niekerkshoop het onlangs `n kuieroggend met die tema “Die gebruikstuin” by Mas du Source (Huis van die fontein) van mev. Anita van Heerden op Prieska bygewoon. Van Heerden het die dames geiïnspireer om vars kruie in hul tuine te plant en dit vir verskeie gebruike in die huis aan te wend. Teetyd is die dames bederf met tee wat met suurlemoengras gegeur is en pragtige kolwyntjies met roosgeur. Daarna het hulle deur die tuin gestap voordat hulle aangesit het vir `n feesmaal van hoender met heuning en laventel, slaai met kruieviniagrette, geroosterde knoffelbroodjies en laventelroomys. Hiermee saam het hulle suurlemoenlimonade geniet. Die dames is elkeen huis toe met `n Mev. Anita van Heerden van Prieska gesels oor die gebruikstuin. Takkies van geskenk uit van Heerden se tuin om elke kruiesoort is tussen die dames omgestuur sodat hulle daaraan kon voel in hul eie tuine te plant. en ruik. Kruiewenke Ment “Elke huis moet ment hê, sê van Heerden. Dit is pragtig vir garnering, heerlik as dit fyngekap oor slaai bedien word, geurig in koue drankies en goed vir die spysvertering. Pietersielie Pietersielie is propvol minerale en vitamien C en moet verkieslik rou voorgesit word. Dit is heerlik oor vis en slaai en ook in sop. Onthou om dit laaste by `n warm dis te voeg. 58

Origanum Origanum is heerlik in meditireense disse en en kan saam met hoender, pasta en pizza gebruik word. Roosmaryn Roosmaryn bevat sterk olies – wees versigtig vir te veel. Dit is heerlik saam met rooivleis en kombineer baie goed met knoffel. Roosmaryn is ook heerlik in gebak. Voeg roosmaryn by brood of soetkoekies om dit ekstra spesiaal te maak. Hierdie krui is ook baie gesond vir die kopvel en laat donker hare prag-

tig blink as dit daarmee afgespoel word. Tiemie Tiemie gaan goed saam met alle stadig kokende disse soos soppe en bredies. Dit is ook lekker in patees en bevat sy eie preserveermiddel om die patee vars te hou. Hierdie krui het ook antiseptiese eienskappe. Maak `n mondspoel daarvan of gebruik water waarin tiemie getrek is om `n wond te was.


Die dames van die VLV-tak op Niekerkshoop smul aan die hoender met heuning en laventel op hul kuieroggend met met die tema “Die gebruikstuin”. Salie Salie werk goed saam met hoender en vark. Dit dryf die vet af wat `n meer gesonde dis tot gevolg het. Om `n mens se immuniteit `n hupstoot te gee, kan jy `n drankie van salie, suurlemoensap en heuning maak. Grasui Grasuie moet nooit gaargemaak word nie, maar rou gebruik word. Gebruik dit in slaai, gekap oor roereier, omelet of frittata.

Oondgebakte hoender met heuning en laventel 20ml vars laventelblomme 15ml tiemieblare 7,5ml sout en varsgemaalde swart peper 1 heel hoender (1,5-2kg) 45ml gesmelte botter 250ml hoenderaftreksel 15ml tamatiepuree 50ml heuning

Verhit die oond tot 180°C.

Kap laventel en

Dragon tiemie en voeg sout Dragon het `n baie subtiele smaak en peper by. en is heerlik in Franse geregte en Vryf die hoender met saam met hoender of aartappels. botter in en dan met Hierdie krui het `n besonderse geur die kruiemengsel. en word die krui van die liefde ge Plaas die hoender met noem, waarskynlik vanweë die prikkie die borskant na onder wat dit op `n mens se tong laat. in `n oondbak. Meng aftreksel en taKnoffel matiepuree en giet oor Knoffel is onmisbaar in die winter en die hoender. heerlik in bredies en sop. Rooster vir een uur. Knoffel smaak ook heerlik wanneer dit Verwyder uit die oond en met suurlemoen gekombineer word. draai die hoender om.

Verf die hele hoender met heu-

ning en bak nog 30 minute tot gaar. Verwyder die hoender uit die oondbak en draai in foelie toe. Verdik die sous en bedien saam met die hoender. Knoffelbroodjies 60g botter 30ml olyfolie 3 knoffelhuisies, gekap 1 suurdeegbrood, in dun skyfies of happiegroot blokkies gesny 30ml Italiaanse pietersielie, gekap 90ml gerasperde parmesankaas � Voorverhit die oond. � Smelt die bottel en olyfolie met die knoffel daarin. � Roer die brood deur die bottermengsel en pietersielie, geur met sout en peper en rangskik op `n bakplaat. � Bak tot goudbruin en bros (sowat 8-10 minute). Roer die gerasperde parmesankaas deur die blokkie sodra dit uit die oond kom. 59


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Die SM se toerusting arriveer . . .

M

aandagmiddag laat kom `n trein vragmotors op die plaas aan. Die groen plastiektoilet staan soos `n vuurpyl bo-op een van hulle. Rikus is in bevel van die vragmotors. Hy jaag op en af tussen hulle met sy 4x4. Sy hande werk soos twee windpompe soos hy verduidelik en bevele gee. Uitasem kom hy groet. Hy lyk haastig. “Oom, ek moet terug Pretoria toe vir `n hofsaak. Die pote het my afgetrek vir dronkbestuur ná Saterdag se game op Loftus. My pêl wat my kar moes huis toe vat, was nog dronker as ek. “Ek was nie eers so dronk nie. Was dit nie vir daai tappet van Benoni wat wou dice nie, het hulle my nooit gevang nie. Oom, dit was koud in daai sel. Hulle het ons soos sardientjies ingeprop. Môre kom my pa ook af en dan wil ek weg wees. Pa is glad nie lekker nie.” Rikus se pa, DP, `n oud rugby-afrigter, en Ron, die ingenieur wat die grondvoorbereiding moet doen, arriveer die volgende middag. Ron is `n reus van `n man. DP het hom in die een of ander stadium van sy lewe afgerig. Die Boubul-tradisie loop sterk in hul are. Alles wat DP kwytraak, beaam Ron met “ja coach”. Die een Bloubul-storie volg op die ander. Van Heyneke wat deur die broederbondkanale gevorder het tot ou Victor met sy dun kuite en maer gat wat glad nie so `n wafferse slot was nie. Die Bulle het van hom `n slot gemaak, hoor ons meer as een keer. Interessante stories volg en die manne maak die Rum en Coke lelik skrik. Een van die vragmotordrywers, ou 60

Bles Mabathu, is baie beswaard. Hy kla by my omdat hy so ver moes ry. “Jy sien,” sê hy, “hierie Prieska hy’s baie ver. Hierie wêreld, ek laaik hom nie. Ek kom daar op Prieska, ek is baie moeg. Daai shops, hulle is almal toe. “Die hele dorp, hy slaap. Nooit weer ek kom hier nie. Daai boss van my sal moet ekstra betaal next time. “Nog `n deng ek laaik nie is die Tracker (satelliet opspoorder). Die boss hy het hom ingesit daar by die lorrie. Jy ken hom, daai deng?” wil hy weet. Ek hou my dom. “Jy sien daai deng, hy kom daar by die dak. Daai deng hy is banja slim. Nou ek stop, die lanie wil dadelik weet wat gaan aan. Daai deng hy willie hê Bles moet rus nie. Nou die lanie vra aanmekaar: ‘Bles hoekom jy het alweer gestop. Ek soekie daai deng nie. Nou ek is terug by die dorp, ek gaan soek anner lorrie om te dryf. Daai spook by die dak hy maak Bles nervous.” Bles sê hy is ook haastig terug. Hy moet Vrydagoggend vroeg Moria toe vir die Paasfees. “Jy ken hom, Moria?” vra hy. Die hele plaaswerf lyk soos `n dorpie in die kleine. Rikus loop wye draaie om sy pa. Die vragmotors moet so gou moontlik afgelaai word, daar dit hulle duisende rande kos vir elke ekstra dag. Intussen begin dit reën. Baie meer as normaal vir die tyd van die jaar. Ek besef hier gaan moeilikheid kom en waarsku die manne om gou te speel, anders is niemand die langnaweek terug in Pretoria nie. Rikus sê hy steur hom nie eintlik aan reën nie, sy 4x4 loop enige plek.

Almal is 4x4-mal. Terwyl dit heerlik buite reën, kry ek `n 4x4-lesing. Ek hoor van diff locks, outo tracktion control en wat nog. Volgens die Pretoria-manne kan `n 4x4 glad nie vas sit nie. “Oom ken mos die storie van die honne?” wil Rikus weet. Ja, oom ken die storie van die honne, maar as daai bakkie van jou op sy pens lê, gaan hy nie loop nie. Ek stry nie meer nie. Intussen is nog `n leë bottel op pad asdrom toe. Die volgende oggend is dit net water waar jy kyk. Die vragmotors staan blou en rook soos hulle opwarm. Ek probeer weer waarsku om nie te ry nie. Skaars by die eerste kraal verby en die eerste vragmotor lê op sy aste in die modder. Ek draai om en loop huis toe. Hiervoor het ek nie lus nie. TLB’s word afgelaai en die HIAB’s ingespan om die vragmotors letterlik uit te grawe. Nog vragmotors het intussen begin vasval. Sodra die een uit is, sit die ander weer. Een van my plaasmanne kom later roep en sê ek moet liewer kom help. Dit kan nie so aangaan nie. Rikus se 4x4 het intussen ook vasgeval. Die meeste drywers is nou op die voet. Letterlik `n moddergemors. Billy, een van die Zimbabwiërs “suggest” van vroeg af al allerhande goed. Hy “suggest” nou “we must turn back.” Ek sê te hel met die “suggestery” nou moét ons vorentoe. Donkeraand is hulle op “site”. Almal te uitgeput om oor die terugtog te bekommer. Die toilet word eerste afgelaai . . . Word vervolg . . .


Dit neem geslagte om ’n naam te maak!

Hoë opbrengspotensiaal

Stabiliteit

Goeie staanvermoë

uppe marketing A06298/GWK

Besproeiing

Jou familie boer al vir geslagte, en jy weet dis nie kinderspeletjies nie. By Monsanto weet ons dit ook. Ons reputasie is, soos joune, ook nie oornag gebou nie. Dis die resultaat van jare se harde werk saam met jou, die boer. In die laboratorium en op die land. Daarom ondersteun ons ons tegnologie, navorsing en ontwikkeling met spanwerk, steun en professionele advies. Dis immers die kombinasie hiervan wat jou help om jaar na jaar volgehoue prestasie te handhaaf. En geslagte lank sukses te behaal.

DEKALB® – Dis mos mielies!™ Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

Net Abacus® van BASF gee AgCelenceTM. Vir meer inligting oor Abacus®, SMS* die woord “ABACUS12”, jou naam en area na 33090 en ons skakel jou terug. *SMS-koste is R1.50. BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand 1685 Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com. Abacus® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik. Vir volledige gebruiksaanwysings, verwys na die etiket. Abacus® is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

®

van BASF


GWK Korttermynversekering... Douglas

Brits van den Berg

Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190

Hopetown

Oesversekering is `n onmisbare aspek van `n produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

Prieska

Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

Douglas

Lucas Holtzhausen Krediet- en Lewensversekering 082 682 8201

Douglas

Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

Barkly-Wes

René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.