Spread

Page 1


Aan my vrou, my helper, een met my ribbebeen.


Voorwoord Ek het op vorige geleenthede probeer om sketse te maak vir jou. Dit was nie altyd suksesvol nie. Ek dink eks te veel van ‘n perfeksionis. In ‘n poging om dinge te waardeer vir wat dit is, het ek blinde sketse gemaak van somige fotos watons bymekaar gemaak het in die laaste jaar of so. Die blinde sketse het my forseer om foute te maak maar om nogsteeds die emosie en herinnering van die oomblik te probeer vasvang. Ek waardeer elke oomblik saam met jou op ons avontuur of dit nou goed of sleg is. Ek is ontsaglik lief vir jou. Happy 1 year skaperki.


Contents Your first 21km race. 4 Your 30th birthday party 6 The Architectural Student Congress of 2016 8 JC le Roux 10 Engagement photo 12 Traveller 14 Angy’s G-spot 16 Honeymoon 18 Your schools matric farewell 20 Mumford and sons Rockshow 22 CapeTown South Africa 24 Our wedding day 26 Too much sugar 28


Jou eerste half maraton


Die eerste 21km wat jy gehardloop het was vir my ‘n baie trotse oormblik. Jy het verskriklik hard geoefen en elke dag saam met my 5km kom hardloop. Ons het op die dag vroeg opgestaan en al die pad na Krugesdorp gery. Toe ons daar aankom was daar ‘n hengse verkeers opeenhoping. Ons het baie laat weg gespring maar ek dink die haas het jou laat vinniger hardloop. Met 5km oor het ek gesien dat met bietjie motivering gaan jy jou eerste halfmaraton in minder as 2 ure klaar maak. Ek het jou moed ingepraat en die krane oopgedraai. Jy was baie kwaad vir my maar jy het in 1:59:07 klaar gemaak. Dit het ‘n rukkie gevat maar jy was baie bly daaroor toe jy afkoel.


Die groot 3-0.


Vir jou dertigste verjaarsdag wou ons graag ‘n partyjie hou maar ons het nie juis veel geld gehad nie. Ons het na maande se beplan en heen en wer se besuite en heroorwegings besluit om dit by ‘n vried se huis se lapa te hou. Daar was verskriklik baie mense. Jy het besluit om dit ‘n mexikaanse tema te gee. Albei Pa’s het voluit gegaan met die tema. Ek het vir jou ‘n pinjata gemaak wat jy pap geslaan het. Anjule het woes sterk drank in die cocktails gegooi en ons almal het dit geniet. Na die tyd is ons na ‘n nabye langarm plek met die naam Weiveld waar ons gedaans het todat niemand meer kon regop staan van die moegheid.


Argitektuur Suid Afrika Studente Kongres 2016


In September 2016 het ek tydens my studies die Kongres bygewoon wat by die Univesitiet van die Witwatersrand in Johannesburg (WITS) gehou is. Dit was ‘n baie lekker kongres maar ek het die heeltyd verlang na my vroutjie. Ek wou jou die naglewe in Braamfontein gaan wys het maar toe was Braamfontein ‘n gemors. Ons het toe op die ou end terug gekom Pretoria toe en saam met Navarre en Courtney by Luck Rodrigos gekuier.



Op vakansie in die Kaap het ons gestop by die wynmaker JC le Roux. Ongelukig was hulle vol bespreek en ons het ‘n tafel buite gevat. Ek het



To ek jou wou vra om te trou het ek jou na ‘n plekkie net anderkant Klein Kariba gevat. ONs het die naweek daar spandeer en ek het jou die SOndag oggend gevra of jy my vrou sal wees. Ons het ‘n rukkie lank nog daar gekuier en almal gebel vir wie ons lief is om die goeie nuus te deel. Ons het toe ons terug was in Pretoria in Brooks straat in Brooklyn gestop. Die son was besig om te sak en die hele wereld was vol van die pers Jakarandas. Ons het probeer om self ‘n foto te neem met min sukses. ‘n Vrou wat verby loop het ons toe gehelp. Sy was so bly vir ons en kon nie ophou glimlag nie. Dit het gevoel of die hele wereld bly was saam met ons.



Ons alnei hou van Travel en hier land ons by OR Thambo lughawe in Johannesburg na ‘n desember vakansie in Hermanus.



Ons was by Eugene se plaans in Uniondale. Dit was ons tweede Nuwejaar saam. Ons het deur St Alfreds Pas gery en toe by ‘n oulike kroegie gestop vir iets om te drink . Die vinnige stop het toe verander in ‘n lekker geselige lang kuier. Die mense wat die plek besit is alternatief en het ‘n vark, ‘n hond met een groen oog en een blou oog en ‘n apie. Op ‘n stadium deur die kuier kyk jy ewe skielik baie verskrik en bekommerd na my en vra my of jy net te veel drankies gehad. Toe ek vra hoekom jy vra, vra jy my of daar regtig ‘n apie is wat op ‘n vark se rug rondry en ‘n hond wat vreemde oe het. Toe ek oor jou skouer loer toe sien ek hoe hul al drie vir jou loer. Ek het myself pap gelag vir jou.



Hierdie foto is geneem op die wandelpad langs die kus van Hermanus waar ons by Oom Pierre Badenhorst se huis gebly het vir ons Honeymoon. Dit was vir my verskriklik mooi daar en so lekker om te kon se dat jy my vroutjie is. Ek kon letterlik nie die glimlag van my gesig af vee nie.



Jy het vir die eerste paar jaar van ons huwelik by ‘n Privaat skool in hammanskraal gewerk. Ek het saam met jou na die skool se matriek afskeid gegaan. Ek was soms maar ‘n brombeer as dit by jou werk se funksies gekom het. Maar ek sou nooit die geleentheid opgee om se mooi vrou te vergesel, na ‘n semi-glans geleentheid. Oppad terug het daar die mees ongelooflike liedjies op die radio gespeel. Ons het so lekker saam met die musiek gesing dat ek die voorstad van Lynnwood plat gery het sodat ons nog kon luister. Dit was eenvoudig een uitstekende liedjie na die ander.



Ons eerste Rock concert saam was by Mumford and Sons se konsert by die Voortrekker Monument. Ons het vir Conrad Badenhorst ook saam gevat dit was so lekker om saam met jou die konsert te kon kyk en jou vas te hou in my arms terwyl hulle liedjies sing soos ‘the boxer’ en ‘little lion man’.



Ek en jy het nou maar net ‘n romantiese konneksie met die kaap. Op hierdie foto staan ons by die Waterfront in Kaapstad. Ons moes ‘n vliegtuig terugvang na Pretoria om betyds te wees vir Kersfees saam met die Familie. Ons het amper ons vlug verpas toe ons nie ‘n bus kaartjie kon kry nie. Ons het toe sommer ‘n minibus taxi gevat ek ek moes op ‘n plankie, wat tussen die stoele span, sit. Jyt die rit so geniet dat jy weer begin lag het na jy kwaai was omdat ons orals moes loop. Ons het verskriklike lekker seekos geeet by die waterfront en dit was ‘n lekker afsluiting van ‘n great vakansie.



Ons troue was vir my die lekkerste troue ooit. En glo my as ek se ek was al by baie. ek het my gesig af gepartytjie sonder ‘n drupper alkohol, behalwe die in die fles om die senuwees te kalmeer. Dit was ‘n pragtige pragtige lente dag. Almal was so gelukig saam met ons. Ek was verskriklik gespanne voor die tyd, deels oor die vuurhoudjie bende onmoontlik was. Toe jy die kerk instap het dit gevoel of my hart buite my lyf klop, maar toe ek jou gesiggie met jou helder rooi lippe sien, toe kom daar ‘n onverklaarbare kalmte oor my. Buiten dat die dag mooi was dit ook warm. Die son was baie skerp en hierdie foto is geneem in die laaste 5min voor die son onder gegaan het. Die lig is perfek sag.



Hierdie foto is geneem op ons tweede offisieele double date. Sheldon en Geraldine het ons by wakaberry in Brooklyn Mall gekry en ek het verskriklik lekker met jou gekuier. Ons was van die begin af beste maatjies en my gunstelling tydsverdryf was om jou te laat lag. Toe jy my ontmoet het was ek nie op ‘n goeie plek nie. Maar God het jou in my lewe gebruik om my weer op te tel en lig te laat sien. Ek is ontsaglik lief vir jou en tot vandag toe nog is my gunstelling tydsverdryf om jou te laat lag.




Dankie vir die wonderlike huweliks maat wat jy vir my is. Ek is verskriklik lief vir jou en ek sien verskriklik uit daarna om die res van my lewe saam met jou te spandeer. Gelukige 1 jaar herdenking :)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.