Police Gazette 1-05

Page 1

“POLISIEPOLISIE-KOERANT” KOERANT”

NIENIE-AMPTELIKE NUUSBRIEF VIR SAPSAPVETERANE “POLICE GAZETTE” GAZETTE” UNUN-OFFICIAL NEWSLETTER FOR SAPSAPVETERANS Vol 1 No 5 Pretoria: Sondag 4 Julie 2010 - Sunday 4th July 2010/ Redakteur: Hennie Heymans: Editor Adres/Address Posbus/PO Box 11704, Queenswood, 0121, email / epos heymanshb@gmail.com faks/fax 0123294229 This newsletter, although originating from the Republic of South Africa is not in any way an official mouthpiece of the former South African Police Force. This newsletter is the voice of police veterans, their dependents and their family and friends. PLEASE NOTE that the opinions expressed in this newsletter are not necessary the opinion of the EDITOR. Names of the persons submitting articles, photographs or letters are shown. Lees gerus wat u wil lees en ignoreer dit waarin u nie belangstel nie! Ons sal probeer om vir almal se smaak iets beskikbaar te stel.

1. WELKOM – sluit gerus aan en wees welkom! 2. VOORBIDDING – WEL EN WEE 2.1 Oordenking: Jes 43 – “Moenie bang wees nie, ek verlos jou! Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne!” Op 4 Julie 1964 – dis vandag 46 jaar gelede - het ’n klompie polisiemanne uitpasseer – dr Leon Wessels (later ons adj-minister), Johan Visage (43607), genl Tienie Cronje (43631), en ander bekendes soos, destydse die konstabel AL Collins – Collins was die beste student van die 1ste Semester . Ek onthou soos gister toe die SAP-orkes onder die befaamde kolonel LP Bradly en die ander studente ons groep toegesing het: “Abide with Me Lord, ... Bly by my Heer!” Is dit waar die saadjie tov kameraadskap geplant is? Leon Wessels (troepleier) en ek was in die berede troep en ons troep was laaste om af te ry – dit voel soos gister!! Sommer vroeg het van ons lede en troepmaats al die hoogste tol betaal. Dankie Here, dat u met ons was! Amen.


3. Lief en Leed 3.1 Met leedwese afsterwe van: 3.1.1 a/o Terrie Terblanche op 24/6/2010. Diens Vrydag 2/7/2010 om 10:00 NG Gemeente Kollege Park, Hans v Rensburgstr, Vanderbijlpark. Oupa Terrie is 98 jaar oud. Kontak kol Stompie du Pont 0823390698. Groete, Rina van Niekerk. 3.1.2 More daar , Dicky Pieterse was ’n luit- kol met sy aftrede in die vroee 90's. Hy was ondermeer op Welkom honde ... Hy het op Margate gebly en het 'n bloeiende maagseer en prostaat kanker gehad...hy is op 29 Junie 2010 in Margate oorlede...sy seun is a/o Pierre Pieterse van Vaalrand honde-eenheid (De Deur naby Vereeniging) begrafnis reelings is op Vrydag 201007-02 om 11:00 in AGS gemeente Margate... groete Dana Kruger. 3.2. Die Siekboek Daar is ’n aantal lede wat ernstig siek en ongesteld is. Ons dank ons Hemelse Vader vir diegene wat goed reageer op behandeling. Ek weet Johan van Zyl is in die Jakaranda Hospitaal. Gert Otto berig: “Is op die oomblik nog bietjie van my voete af na die heupvervanging”. Johan Ferriera: Ek dink jy kan maar my naam afhaal van die siekelys ..... ek is mos nie meer siek nie! Dankie vir die bemoediging wat ek van 'n hele paar mense ontvang net! 3.2 Verjaarsdae • Paul Els verjaar die 7de Julie . Mev Magda Wessels van Durban skryf: Baie dankie vir die gelukwense, oom Daan sê ook dankie, hy geniet en waardeer al die aandag aan hom. Ek stuur sommer ’n foto van Japie Smit en George Andrews saam. Japie het die 7de Junie 80 geword, ek dink George word nou 73, so die manne stap aan! Seef Botha het aan oom Daan die Sertifikaat en geskenk van die Bejaardesorgfonds aan hom oorhandig, so ’n paar ander lede was ook hier en die ouens het lekker gekuier. Hennie ek wil ook vir jou sê die e-posse van die Veterane wat jy aan ons stuur kom hier aan in ’n taal wat ons nie verstaan nie, net ’n klomp letters deurmekaar, weet nie hoekom dit so maak nie, vorige e-posse wat ek van jou ontvang het, het ook so hier aangekom.


Baie geluk Oom Daan!! Hy is een van Durban se “ou” speurders en ‘n ‘senior’ veiligheidsman. Hy het op sy dag ook die moord op Polisie in Cato Manor ondersoek. Oom Daan is ’n Vrystater daar van Kiesbeen se wêreld af - daar naby Swinburne. Magda was een ons dames op Port Natal veiligheid, ’n leeftyd gelede! Na al die jare nog so mooi!

Here is a happy anniversary: I am proud to announce that yesterday my father Captain Harry du Preez (Ret) of Kimberley and Jacobs SAP Garage celebrated his 55th wedding anniversary. I can only hope to have as many happy years as you and mom have had – Paul du Preez. •

(Harry du Preez and his brother Andrew, were Mounties at Wentworth in the 1950’s and in the 1960’s both were attached to the SAP Garage at Wentworth under the command of Lieut Sam Koortsen.)

4. SAP 55 – VERMISTE KOLLEGAS: WAAR IS HULLE NOU? 1. Wicus Hattingh – het komm Abrie Burger opgespoor. • Wicus baie dankie vir die gevraagde info.

2. Paul Du Preez: This is a request from my Father retired Captain Harry du Preez. He is trying to make contact with Retired Brigadier Gert Uckerman. If anybody knows of him or how to contact him my father would be ever so gratefull. Unfortunately at 80 he is not too computer literate so would like to do it the old fashioned way and use the phone. 5. SAKE WAT ONS DIREK RAAK 5.1. Die Oud SAP-lede Liefdadigheidstrust (NOW/NPO 006-532): 11 September 2010. Kollegas word gevra om die 11 de September 2010 DV te dagboek vir die jaarlikse skaapbraai. Hoogste bod: Ons het twee boeke deur Paul Els en deur hom geteken, asook deur die Trustees en die skenker van die boeke, Willie du Plessis. Die boek is A4 grootte en so lyk die boek (regs). Stuur u bod per epos in – ons sal dit plaas sodat almal dit kan sien en verder kan bie. Terugvoering: twee laat aanbiedinge is ontvang op die boeke en twee kaartjies is verkoop!


5.2 Polmed: Mev Marlene Eloff , Kommunikasiebstuurder Polmed: “Ek stuur die volgende inligting en sal dankbaar wees indien u dit sou oorweeg vir plasing in die volgende uitgawe van die Veterane koerant. Nogmaals dankie vir die medium wat u daarstel om inligting aan die lede te versprei. Ek is seker dit word opreg deur almal waardeer.Vriendelike groete.”

Medipost COURIER Pharmacy- medication to your doorstep! Why Medipost Courier Pharmacy? Medipost Courier Pharmacy is a registered service provider for POLMED members. There are further clear benefits to using Medipost Courier Pharmacy. Medication delivery is free and we deliver nationwide to the member’s nearest Post Office, home or work address, or even holiday destination. How will I know when my medication will be delivered? You will receive a SMS when your medication is dispatched, therefore you will know exactly when to expect delivery. This also prevents a situation of you reaching the front of the queue in a retail pharmacy only to find out that the medication required is out of stock. Will I have to make co-payments? Depending on the type of medication you may, in some instances, not experience any copayment. The cost of medication at Medipost Courier Pharmacy is negotiated with POLMED upfront, ensuring that you pay lower prices for your chronic medication and you are not subject to changing professional/dispensing fees by local pharmacies. What about the authorisation for my chronic medication? Our pharmacists and pharmacist assistants facilitate the chronic authorisation process between you and POLMED. Can I collect my mediation at Medipost Courier Pharmacy? Although Medipost Courier Pharmacy can deliver your medication anywhere in South Africa, we are not a retail pharmacy. Therefore we only have three points where members, who choose to, can physically collect their chronic medication. The following Medipost Courier Pharmacy offices are open for POLMED members who wish to collect their chronic medication:


Medipost Loftus Pharmacy (second floor, Eastern Pavilion, Loftus Versveld Stadium, Pretoria).

Medipost Cape Town branch (Northgate Island Centre, cnr Section and Koeberg Roads, Milnerton, Cape Town).

Medipost Hatfield Corner (cnr Gordon Road and Church Street, Hatfield, Pretoria).

5.3 Range SAPD: Luit-genl JG Le Rous Stemmet Hiermee die proklamasie wat die SAPD regulasies met die nuwe (ou) range vir jou inligting. Neem kennis dat die range nie terugwerkend van krag is nie. Die lede wat alreeds met hulle ou range afgetree het se range bly dusonveranderd. Miskien wil jy dit gebruik in Nuusbrief No5. Dankie vir die moeite wat jy doen om ons ingelig te hou. Groete. Le Roux Stemmet. •

(Sien aanhangsel in PDF-formaat.)

6 ANDER SAKE WAT ONS RAAK 6.1 Die Voortrekkermonument het drie sake onder aandag gebring: Foto: Die Voortrekkermonument en sy hoofuitvoerendebeampte, genl-majoor (afg) Gert Opperman (SAW). 6.1.1 Die Dinamika Springbok Vasbyt wedloop vind hierdie jaar op Saterdag, 17 Julie 2010 by die Erfenisterrein van die Voortrekkermonument in Pretoria plaas. Dit is nou reeds ‘n instelling dat die Dinamika Springbok Vasbyt wedloop elke jaar met ‘n besondere tema gepaard gaan wat hulde bring aan die oudsoldate van die Suid-Afrikaanse Weermag en ander gevegsmagte. Met hierdie jaar se wedloop word daar hulde gebring aan die bemanning van Puma 164 wat in 1979 in ‘n oorgrensoperasie in Mosambiek gesneuwel het. Die Voortrekkermonument Atletiekklub en Dinamika Makelaars huldig graag Dirk Retief, Nigel Osborne, Paul Velleman en die 14 Rhodesiërs wat die hoogste prys betaal het in diens van hul land. Die volle verhaal van Puma 164 kan op die Voortrekkermonument Atletiekklub se webtuiste gelees word by www.vtmklub.co.za Soos dit nou reeds tradisie is by die Dinamika Springbok Vasbyt, word die wedloop afgeskop met ‘n kanonskoot en ‘n verbyvlug van die historiese Harvards gevegsvliegtuie wat terugdateer na die Tweede Wêreldoorlog, doedelsakmusiek deur die SA Irish Pipes and Drums, trompetspel en tradisionele boeremusiek. ‘n Groot gedeelte van die roete lei deur die natuurreservaat en bekende bakens op die roete sluit in Fort Schanskop, die Suikerbosvoetpad, Suikerboskop, Ou Kanonpad, Muur van Herinnering, Amfiteater, Erfenissentrum en Danie


Theron Standbeeld. Die Dinamika Springbok Vasbyt bestaan uit ‘n wedloop oor die afstand van 25 kilometer en ‘n wedloop oor die afstand van 10,5 kilometer. Die wegspring vind plaas om 07:30 en inskrywings kan die oggend van die wedloop vanaf 06:00 gedoen word. Die koste verbonde aan die 25 kilometer wedloop is R50-00 en R35-00 vir die 10,5 kilometer wedloop. Atlete wat nie geregistreer is nie, moet ook ‘n tydelike lisensie aanskaf teen R20-00. Deelnemers is ook welkom om aanlyn in te skryf by www.enteronline.co.za of www.sa-active.com. Vooraf inskrywings word ook geneem by Run-Away Sport (Glenfair Winkelsentrum in Lynnwood), Running Inn (Brooklyn) en by Varsity Sports in Hatfield. Die sluitingsdatum vir vooraf inskrywings is Dinsdag, 13 Julie 2008. Daar is ook ‘n pretdraf oor die afstand van vyf kilometer vir die minder avontuurlustiges. Hierdie wedloop heet die Dinamika Draf/Stap en vind plaas sowat tien minute na die wegspring van die hoofwedloop en die inskrywingskoste beloop R25-00. Die helfte van die inskrywingsgeld van hierdie wedloop word geskenk aan die Puma 164 Memorial Association. Kontak gerus vir Alexander Hattingh by 083 415 8016 vir meer besonderhede. •

Redakteur – Dis nou vir brig Theuns Arlow en sy marathon-atlete.

6.1.2 Muur van Herinnering Die jaarlikse herdenkingsdiens en kranslegging by die SA Weermag Muur van Herinnering is vanjaar geskeduleer vir Sondag, 15 Augustus 2010. Van volgende jaar af sal dit jaarliks op die Sondag naaste aan 31 Mei plaasvind. Die Muur bring hulde aan lede van die SA Weermag wat tussen 31 Mei 1961 (Republiekwording) en 27 April 1994 (oorgang na die SA Nasionale Weermag) hulle lewens verloor het. Die inwyding van die Muur van Herinnering is op 25 Oktober 2009 deur meer as 1,000 persone bygewoon, insluitende ongeveer 200 naasbestaandes van afgestorwe lede. Ongeveer 100 kranse en kruise is dié dag gelê of geplant. Die geleentheid is deur verskeie persone beskryf as een van die “grootste hoogtepunte van hulle militêre loopbaan”. Dit word voorsien dat die herdenkingsdiens en kranslegging vanjaar waarskynlik deur nog meer belangstellendes bygewoon sal word. Ten einde die sitplek- en kransleggingsreëlings só akkuraat as moontlik te kan hanteer, word belangstellendes vriendelik versoek om voor 30 Julie 2010 ‘n RSVP-vorm te voltooi. Navrae - Mev Annatjie Erasmus by (tel) 012 326 6770 of ontvangs@voortrekkermon.org.za 6.1.3 Gedenktuin Die Voortrekkermonument Gedenktuin is net wes van die Monument in ‘n kultuurvriendelike omgewing geleë. Die nisse is in klipmure ingebou en kan in ‘n rustige tuinatmosfeer besoek word. Dit kan gebruik word vir die bewaring van die as van ‘n geliefde of selfs net ter herdenking aan ‘n geliefde. Weens die groot aanvraag is daar teen die einde van 2008 ‘n nuwe gedeelte van die Gedenktuin voltooi met ‘n toevoeging van 776 nisse by die bestaande meer as 1 035. Kontak Lidia Hendriks by 082 564 4840 vir verdere inligting.


6.4. Brief aan Die Burger: Ons ou vriend en kollega, Quinten Papenfus, het die volge brief op 29.06.2010 aan Die Burger gestuur: “””Ek skryf na aanleiding van u voorbladberig (DB 29.06.2010): Toernooi ‘is suksesvolste tot nog toe’. Die feit dat Mnr Danny Jordaan deur buitelanders omverskoning gevra is dat hul teen Suid-Afrika gewerk het deur mense af te raai om hierheen te kom, het darem ook ‘n ander kant van die munt. Ek dink baie van ons Suid-Afrikaners wat ook negatief ingestem was oor dié groot gebeurtenis, se persepsie oor ons land is besig om te verander. Ten einde so ‘n internasionale toernooi tot nou toe suksesvol te kon aanbied, moet ons nie die SAPD se bydrae geringskat nie. ‘n Veertjie in hulle hoed vir die goeie polisiëring wat hulle tot nou toe by wedstryde gedoen het. Dit kon net geskied het deur goeie beplanning en dienslewering. Wat hul bydrae ook noemingswaardig maak, is dat by baie stadions waar die veiligheidswagte gestaak het, hulle die polisiëring moes oorneem. In gevalle van wetsoortreders wat die media se oë gevang het, is hulle gou en doeltreffend voor die howe gebring. Binnelandse sake het ook ‘n bydrae gelewer deur die toestroming na ons land te beheer en selfs buitelanders weer na hul land van herkoms terug te stuur. My landsvlaggie wapper ook in die wind en ek is van mening dat hierdie groot sokkerbyeenkoms ons as Suid-Afrikaners nader aan mekaar gebring het. Sien, dit kan gedoen word as ons met mekaar saamwerk en op die telbord word daar baie punte aangeteken! ‘n Verdere pluimpie aan Kommissaris Bheki Cele en ondermeer Provinsiale Kommissaris Mzwandile Petros vir die wyse waarop hulle byeenkomste tot nou toe gepolisieer het. Hierdie verwikkelinge in ons land kon dus nie op ‘n beter tydstip gekom het nie - nie net op sosiaal, ekonomiese en politieke gebied nie, maar ook die polering van ons beeld in die wêreld. Welgedaan sover. Q.D. Papenfus, Oud-Brigadier, SAP,Durbanville”””” 6.5 Russiese spioenasienetwerk glo deur FBI ontbloot: http://praag.co.za/nuus-magazine402/sake-magazine-398/8392-russiese-spioenasienetwerk-glo-deur-fbi-ontbloot.html Woensdag, 30 Junie 2010 07:00 Karin: Dit lyk of die ou ‘KGB’ nie dood is nie. Praag berig soos volg: “Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het Sondag 'n aamtal mense in hegtenis geneem, wat glo vir Rusland gespioeneer het. Die 11 aangeklaagdes het na bewering gepoog om kringe waar Amerikaanse regeringsbeleid bepaal word, binne te dring. Hulle het glo van sowel gesofistikeerde tegnologie asook boodskappe in onsigbare ink gebruik gemaak om inligting oor te dra. Een verdagte, Christopher Metsos, is op Ciprus se Larnaca-lughawe in hegtenis geneem. Die inhegtenisname volg nadat die verdagtes se huise deursoek is en hulle lank dopgehou is deur die FBI. Rusland het die aantygings verwerp”. •

Redakteur: Ek wonder op wie ons nou gaan teen-inligting gaan doen? Die Amerikaners of die Russe? Of albei (met die Kubane se hulp)?

6.6 Besnydenis en stamskole: Nog werk vir die Polisie? http://www.praag.co.za/nuus-magazine-402/suider-afrika-magazine-400/8374-minister-wil-veldskolereguleer.html

Praag berig: “Die minister van tradisionale sake oorweeg tans die regulering van veldskole vir swartes ná berigte oor vele jeugdiges wat sterf nadat hulle by onwettige veldskole besny is.


"Die departement het ook 'n beleidsdokument oor die tradisionele praktyk van inisiasie wat bedoel is om tradisionele leiers verantwoordelik vir dié praktyk te maak, asook die algemene bestuur van veldskole ondersoek, met die kriminalisering en streng vonnisse vir diegene wat hulle skuldig maak aan die bedryf van onwettige veldskole," het minister Siceo Shiceka in 'n verklaring gesê. City Press het Sondag berig dat dosyne jong Xhosa-veldskoolgangers besig was om in die Oos-Kaap dood te gaan as gevolg van onwettige insiasiepraktyke. Vele oorlewendes moes inderhaas na die hospitaal vervoer word met geskende penisse, wat geamputeer moes word om hul lewens te red. Shiceka sê hy oorweeg nog die witskrif oor die regulering van die praktyk. "Die sterftes is geheel en al onnodig. Ouers moet meer met hul kinders praat oor die ernstige risiko's waaraan hulle hulself blootstel as hulle na dié onwettige veldskole toe gaan, in die naam van 'n geëerde kultuurpraktyk met 'n lang geskiedenis," sê Schiceka. "Die polisie moet selfs sterker optree teen diegene wat dié kultuurpraktyk se reputasie skend deur gierigheid en 'n volslae minagting vir tradisie, wat op die verskriklike dood en skending van ons jongmense uitgeloop het." Hy sê dat indien enigeen gevond word wat 'n velskool sonder magtiging bedryf, die polisie hulle onmiddellik moet arresteer. "Ons jongmense moet aangemoedig word om slegs wettige en erkende veldskole met die goedkeuring van plaaslike tradisionele leiers, die regering en hul ouers by te woon," het hy gesê”. (Einde) Circumcision done here: Op dieselfde onderwerp - Heymans ry nou die dag deur Warden om die pragtige ou Klipkerk af te neem en kom op die volgende spreekkamer af: (Sien foto bo.) Mens wonder hoe wettig die spreekkamer is? Jare gelede is ’n hoogleraar in ingenieurswese aangekla omdat hy behulpsaam was by ’n hartoperasie en hy was nie by die SA mediese-raad geregistreer nie. [Hoe regmatig en wettig is besnydenis op volwassenes itv wettereg? Volenti non fit injuriam? Polmed?] 6.7 Spoorwegongelukke Twee spoorweg-ongelukke het in die onlangse verlede hier in die noorde van die land voorgekom by Cullinan en te Pietersburg. By Cullinan het “Friends of the Rail” se lokomatief omgeval, toe dit Cullinan stasie stadig genader het. Meer as 50 dwarsleggers is deur diewe verwyder. Toe my vriende foto’s wou neem is hulle deur die polisie verhinder om foto’s te neem. Snaaks, die polisiekantoor is sowat 800 tree van die spoorwegstasie geleë. Hulle het nie die diewe aangkeer nie of verwilder nie! Volgens manne wat weet, is swaar masjienerie gebruik om die spoor te lig en die spore en dwarsleggers is met gespesialiseerde instrumente van mekaar geskei. Net ’n taak wat deur kundiges gedoen kan word. ’n Waardevolle ou historiese 15F stoomenjin is ernstig beskadig. ’n Ander bron berig op SAR-List: "Johannesburg - A Shosholoza Meyl train carrying 90 passengers derailed outside Polokwane on Monday, the Railway Safety Regulator (RSR) said on


Tuesday. “Two locomotives and three coaches of the Bosvelder train derailed at 05:45 on Monday 28 June, outside Polokwane," the RSR said. "The RSR's inspectors will be investigating amongst others, the condition of the locomotive, coaches and the points on the track." The derailment happened on the Polokwane-Groenbult line, as the train approached Radiokoffie Station. The coaches and locomotive remained upright after the derailment. A technical assistant on the train was slightly injured. No one else was injured. - SAPA" Mnr Ashley Peter skryf ook op SAR-List: “This incident, which happened early on Monday morning, was queried on the List. Enquiries have brought about the fact that this was possibly yet another incident of sabotage, as the (hand-operated) points at the interloop had reportedly been tampered with. The Chubb lock, bridle and chain had been removed and the facing points apparently purposely turned half-cock, resulting in two diesel locomotives and three passenger coaches derailing. TFR have offered a reward of up to R100 000 for the apprehension and successful prosecution of the perpetrator/s of this criminal activity.” [Foto’s: Robbie Jubber. ]

Tydens die onlangse spoorwegstaking is heel wat elektriese lokomtiewe doelbewus beskadig (sabotasie?) en spore is ook losgemaak vir treine om te ontspoor. Gevaarlike tendens wat tans sy kop uitsteek!

6.8. THEFT OF ELECTRICAL POWER? NATIONAL ASSEMBLY: QUESTION 622: QUESTION FOR WRITTEN REPLY 622. Mr P F Smith (IFP) to ask the Minister of Energy: (a) How much electricity is lost to Eskom and/or municipalities as a result of theft, (b) what is the rand value of this loss and (c) what is the extent of this loss to Eskom's and municipalities' finances? Response (a) In 2008/9 financial year Eskom sales amounted to 214 850 GWh. The total losses (technical and non-technical) amounted to 11 706 GWh. The assumption is that this figure includes 33.3% to 50% of non technical losses in the form of theft. That implies theft losses range from 4 100 GWh to 5 850 GWh.


(b) Assuming that most of the losses take place amongst residential customers who buy electricity at an average of 62c/kWh then the financial implications are from R2.5 bn to R3.6 bn per annum. It is estimated that the same amount of energy is lost by the municipalities. However, if these illegal connections were legal, they would have qualified for Free Basic Electricity. Should each connection be using the average of 180 kWh per month, it means the Free Basic Electricity would have reduced the losses to around 72% of the above values, and thus the loss would be reduced to R1.8 bn to R2.6 bn per year. With Eskom and Municipal supplies combined, and taking into account the impact of FBE, the financial value amounts to R4.4bn of lost revenue due to electricity theft. c.) This would be more than 5% of turnover, indicating the seriousness of the problem. Issued by Parliament, June 30 2010. Bron: Politicsweb – Dr James Myburgh 7. POLISIE GESKIEDENIS /POLICE HISTORY 7.8 Die Kerkstraatbomontploffing 20 Mei 1983 Ons bekende oudkollega Peet Botma skryf aan ons soos volg – hy sê ons moet asb vir Beeld erkenning gee - Die Kerkstraatbom: 20 jaar later. My stil trane In die donker kon niemand sien hoe polisieman huil - Peet Bothma Die reuk. Die taai bloed en olie oral. En die katjie se oë. Dít is wat Peet Bothma nog al die jare bybly. 'n Mens kán 20 Mei 1983 nooit vergeet nie. Nie die reuk van die brandende doodskordiet in jou oë, óf die dowe stilte, óf die gewapper van die blindings soos geskeurde klere uit die vensters nie. En veral nie die swart katjie met die groot geel oë agter in die verwoeste blou Mazda 323 nie . . . Ons was net twee straatblokke weg toe dit gebeur. '' God! Wat was dit?'' het die luitenant geskok gevra. Hy het die geel Ford Cortina, met die polisiesterre op die voordeure, bestuur. ''Dis 'n bom,'' het die majoor met grensdienservaring langs hom kortweg, amper feitelik gesê. Ons het gejaag na die polisie se kantoor vir openbare betrekking waar hulle en ek as dienspligtige in die polisie destyds gewerk het. Al die telefone by die kantoor het gelui en gelui en gelui . . . Die laaste stukkie. Plotseling het die woord terreur en terrorisme vir my werklikheid geword. Tot vandag hoor ek die gekraak van glasskerwe op die bloed- en oliebesmeerde teerstraat voor die Poynton-gebou, sien ek die geskeurde liggame in die swart vullisbliksakke in die Pretoriase lykshuis. Dit was skaars 'n maand nadat ek my opleiding in die polisiekollege voltooi het en ek het nog nooit 'n dooie mens gesien nie. 'n Paar van ons is na die toneel gestuur. Ons het almal voorheen foto's van bomme en ontploffings gesien, selfs demonstrasies van kleefmynontploffings op Maleoskop, die polisie se teeninsurgensie-opleidingsterrein. Maar niks kon ons voorberei op die Armageddon wat in Kerkstraat gewag het nie.


Dit was vroeë winter en vroeg skemer. Die beseerdes was reeds verwyder, maar van die dooies het nog op die toneel gelê. Die lug was dik en dood. Oral waar jy jou voet wou neersit, was dit taai van die olie en bloed. En oral die glas wat onder jou skoene kraak. Polisiemanne het gedemp met mekaar in die halfdonker gepraat. Klein groepies het rondgestaan, hande agter die rug, offisierstokkies onder die arm vasgeknyp. Daar was geen plan van aksie nie, net verslaentheid. Die tak van die destydse Barclays Bank op die hoek is opgekommandeer as hoofkwartier. Hier het brig. Bert Wandrag (later luitenant-generaal), die ``veggeneraal'' van die polisie, stelling ingeneem. Hy het vinnig met orde en planne vorendag gekom. Net die speurders, mense soos Suiker Britz en die legendariese Boet du Bruin van die Pretoriase moord-en-roofeenheid, en 'n handjievol veiligheidspolisiemanne het op die toneel agtergebly. En natuurlik die media wat aan weerskante van die afgesperde bomtoneel saamgedrom het met flitsende kameras wat die skemer probeer verdring het. 'n Groep studente en sersante uit die polisiekollege het 'n menseketting om die toneel gevorm. Ligte van kragopwekkers is ingespan om die slagting in 'n surrealistiese daglig bloot te lê en elke sentimeter is deursoek stukkies mens in een sak, stukkies bom in 'n ander en stukkies motor in 'n derde. Nuus oor die dodetal het ons bereik: eers 14, toe 16, uiteindelik 19. Die laaste stukkie mens is die volgende oggend op die afdak voor 'n hoekkafee gevind later het dit aan die lig gekom: dié verwronge rugstring was deel van een van die bomplanters . . . Skuins oorkant Barclays het daar 'n ry motors langs die straat gestaan. Hulle was opgefrommel, deurtrek met skrapnelgate, die eienaars beseer of dood. Maar in een, 'n nagblou Mazda 323, het 'n klein swart katjie met goudgeel oë gesit en loer. Ongedeerd, maar doodsbeangs. Ek het die katjie opgetel en teen my gedruk en gehuil oor die stukkie lewe wat God in die doodstraat onaangeraak gelaat het. Dit was donker en niemand kon my sien nie. Wit hier, swart daar Ná middernag is ek huis toe om te gaan bad en 'n skoon uniform aan te trek. Van slaap was daar geen sprake nie. Vroegoggend is ek deur my bevelvoerder na die lykshuis by die destydse H.F. Verwoerd-hospitaal (nou Pretoria Akademies) gestuur om naasbestaandes te help om hul geliefdes uit te ken. Daar was 'n ``wit'' en 'n ``swart'' vertrek selfs in die dood het apartheid 'n sê gehad. In altwee vertrekke het die dooies op die vloer gelê. Een: 'n jong, aantreklike, feitlik ongeskonde blonde vrou. Twee: 'n jong outjie met inmekaargetrekte hande en grys skoolkouse. Drie: 'n lugmagoffisier met 'n gebrande blou hemp . . . In die ander vertrek: 'n bejaarde vrou met 'n spierwit kopdoek, haar arms steeds omhoog soos sy die aanslag uit die niet probeer afweer het. En dan was daar die swart vullissakke, geweeg volgens gewig, naastenby een mens per sak . . . Ek wou weer huil. Maar dié keer het ek my trane gesluk en soos almal daar my vrees en hartseer diep in my hart gebêre. • Redakteur – Generaal van der Merwe skryf ook in sy boek oor hierdie voorval. Ek sou graag genl Suiker Brits se weergawe van die gebeure wil kry. Ek weet een polisieman het ’n medalje verwerf vir die bywoning van hierdie voorval. • Dankie Peet. Hoe lyk dit met nog stories in die toekoms? 6.9 Kamele in die Polisie – Dr Henry Abbot


‘n Foto van die Abbott gesin in die Kalahari – derde van links – klein Henry Abbott. Hy skryf dat hy die jongste inligting oor SAP Witdraai, SAP Rietfontein (Mier) en die Kameelpolisie soek. Nadat die projek 'n ruk stilgestaan het, is ons nou weer volstoom aan die werk met die boek oor Witdraai, Rietfontein (Mier) en die kameel-tydperk van die SA Polisie. Help asseblief, enige stukkie inligting waaroor jy beskik, kan dalk net help om een van die talle raaisels oor Witdraai en die Kameeltyd op te los. Ons soek na: enige fotos oor enige van die Kalahari se polisiesatsies veral die wat nie meer gebruik word nie, bv. Obobogorop, Biesiesvlei, Swartmodder, Skuitklip. Fotos van kamele, veral as die persone wat by hulle is bekend is. Lyste van mense by die verskeie polisiestasies waarmee lede te doen gehad het of van gehoor het, verkieslik met rabge en ongeveer jaartalle. Wie was nog saam met die persoon? Het jy fotos of kontak met die persoon of sy nasate? Enige stories, staltjies of vertellings oor die Kalahripolisie en die kamele Enigiets oor Scotty Smith, die beroemde perdedief en wapensmokkelaar Moet asb, nie jou oorspronklike fotos stuur nie! Laat dit skandeer, bv. by Kodak-fotosentrum, epos of sit op 'n CD en pos dit, maar kontak my verkieslik eers voor die tyd. Hier onder verskyn ‘n foto van sers Abbot in ‘n groet in die Kurumanrivier wat vermoedelik as polisiestsie gebruik is

8. SO ONTHOU ONS DIE SA POLISIE 8.1 Piesang Nel - Kaapstad


Lekker om so te lees van al die “ou manne” en al die humor daarmee saam! Ek onthou soos gister toe ek as jong konstabel onder jou bevel by die ou A1 te Veiligheidshoofkantoor begin het. Kol Jackson Van Zyl was toe ons Groepshoof. So tel ek eendag die foon op in Oom George van der Sandt en (destyds sersant) Johan Visage se kantoor en hoor dat ene ‘Van Zyl’ met a/o van der Sandt wil praat...ek antwoord ewe kordaat: “Met wie praat ek ? Die a/o is uit met werk.” (Ek lieg natuurlik want ek moet vir Oom George ‘cover’ want hy het gaan voëlkos koop.) Ene Van Zyl vra in ‘n skielike baie meer driftige stem: “Wie is jy? Jy praat met Van Zyl...Jackson Van Zyl en kom sien my sommer hier op die sesde vloer mannetjie!!”. Kol van Zyl het my behoorlik geroskam! Ek onthou as ‘n jong Kaptein by Veiligheidshoofkantoor was ek een Vrydagmiddag saam met goeie kollegas in die Offisiersklub op die eerste vloer. Dit was een van my eerste besoeke en ek is die ‘goeie advies’ deur Oom Loius Koekemoer en paar van die ‘regulars’ gegee dat “jy nie sommer mag loop nie...jy moet eers die senior offisier toestemming gaan vra, Piesang en as hy dit gee...dan mag jy jou “verskoon’”. So gesê so gemaak want Oom Louis ken die reëls...ek stap toe oor na die ander hoek waar brigg Wandrag en Viktor staan...doen toe die nodige en “verkry toestemming om te gaan.” Ek was skaars by die hysbak en onthou toe skielik daars iets wat ek vir een van my kollegas moes vra. Stap toe weer in en sonder om te huiwer roep Brig Viktor my: “Bleskop kom hier. Piesang dat ek nou vir jou vandag sê: ‘n offisier kom NOOIT terug na ‘n offisiersklub nadat hy homself verskoon het nie!! IS DIT DUIDELIK!!! en gaan drink eerder verder by die huis”!! “Maar Brigadier ek drink nie eers nie en wou net gou......” “NIKS VERDER VAN JOU NIE EN MOENIE DAT EK JOU WEER SIEN DIT DOEN NIE!!” Ek is toe maar druipstert daar uit tot groot vermaak van my kollegas.....maar ek het geweldige respek vir beide die manne gehad en het vir jare daarna gereeld met hulle oor die insident gelag wanneer dit weer deur my ‘vrinne’ opgebring is....hulle was werklik ‘Staaldrade’.. Groete en dankie aan jou, Hennie vir hierdie groot poging met die nuusbrief. Groete vanuit die Kaap. Piesang 8.2 Ja, ek onthou Oom George baie goed...ek en my vrou het nog n voël by hom gekoop by sy huis in Mountain View..hy het ook sy ou geel Mercedes as ons troukar 32 jaar gelede beskikbaar gestel ... goeie ou dae.. Die foto is nou die dag by die Groenpunt stadium geneem tydens n Wêreldbekersokkerwedstryd. Baie groete en sterkte. Piesang. •

Dankie Piesang. Ek onthou goed die dag toe jy vanaf “VERTROULIK” by ons gerapporteer het by Veiligheidshoofkantoor. A/O van der Sandt se volle name was George Barnwell van der Sandt. Ons sal hom onthou!


8.2 Dana Kruger: Durban STAALTJIES EN GEBEURE UIT MY LOOPBAAN IN DIE SUID - AFRIKAANSE POLISIE: As jong hondeman was ek gedurende 1980 genomineer om die 6 weke T.I.N.-hondekursus in die Hondeskool en Messina te deurloop. Ons was seker so 30 + ouens en 2 luitenante (Danny Keyter en luit Vorster - hy was van Bloemfontein) was saam met ons op kursus. Die rede vir die offisiere daai tyd was dat hulle op die Oos- en Wesgrensdiens verrig het en moes ondermeer toesien dat die polisiehonde geoefen en getoets word....ens. Daarom het hulle saam met ons gegaan om die lede te leer ken. Ou "Boetie" Wessels - self 'n legende onder honde geledere was die a/o- instrukteur en het ons maar lekker gas gegee. Nou vir diegene wat my nie ken nie.....ek is en was die langste polisieman in die SAP tot my aftrede (6’11”) . Nodeloos om te sê, dat as jong man kon ek net nie genoeg kos kry nie... bly altyd honger. Maar nou ja , nou is ons op die T.I.N. kursus en na die 6 weke was ons dadelik op die Oos- en Wesgrense uitgeplaas. Die laaste 2 weke het ons praktiese opleiding te Messina deurloop...alles wat ons geleer het was nou prakties toegepas... opvolg , OP's, bos deursoeking, spoorloop, agtervolging ens. ons bly in ‘n biwwie in die veld, geen toilets, radpacks was al wat jy vir 2 weke kry .... en dit is waar ek 'n sielkundige knak gevang het ... daai kos was te min vir my "chassis". Ek het daagliks my kollegas se "tarzan" bars en pronutro pap gekry (ek eet dit nie eers vandag nie, maar daar was dit 'n ander storie) net om my aan die gang te hou. Maar ek oorleef net - net. Het selfs daaraan gedink om die polisiehond van sy Epol te roof ... honger pyne, ai ...nie lekker nie! Nou om terug te kom by my aanvanklike storie met luit.Danny Keyter ... Boetie Wessels het ons nou mooi geleer oor voertuig beweging en kontak-prosedures. Ek onthou hulle het so 'n wit Bedford trok met oop bak gehad vir die oefeninge. Hy het so 'n bankie in die middel gehad en ons groep moes toe rug-teen-rug agterop sit. Nou staar jy na die kant en daar gaan ons met Boetie wat bestuur en luitenante Keyter en Vorster voor by hom. Ek sit toe net agter die drywer op die bak. Nou ons het geleer dat sou jy nou in 'n kontak situasie kom dan skreeu jy: “kontak”, spring van bewegende trokaf en neem onmiddelik dekking (rondom verdediging) en beskerm en verdedig jou makkers! Nou, soos ek gesê het, dit is wat ons geleer was .... maar dit werk toe nie so in die praktyk nie. Die trok beweeg so teen 25 km /per uur op so 'n kronkel paadjie erg bebos en so aan, toe luit Danny Keyter onverwags uitklim in die ry en op die trap by die kajuit staan en hy gooi toe 'n donderbuis agter op die bak en skree: “KONTAK!!!!” ......toe was daar K........K. Niemand doen wat hulle geleer was nie, behalwe ek. Die donderbuis tref die klap agter en spring tussen die groep malende en verskrikte polisiemanne. Ek was getrou aan my opleiding en was al besig om uit my posisie reg te maak vir die sprong ... om my gat weg te val. Ons was mos gedissiplineer en voer opdragte getrou uit, toe die groep verskrikte manne almal na my kant hardloop en my sodoende van die trok stamp ... nou moet jy die prentjie in jou gedagtes regkry ... ek val af maar my bene van knieë af bly bo op die trok ... ek hang oor die kant en kan nêrens ... die lot druk my bene vas. Boetie Wessels spring ook uit en daar gaan die trok met my al hangende en al die manne in die hoek .... die donderbuis ontplof ... chaos ... die trok loop teen so 25 km per uur van pad en vat kortpad bos toe .... nie watse bos nie? Maar 'n haak-en-steekbos! Ek skeur, krap, haak ...en verduur menige pyne in die "kontak" op ... dit smaak my ek was deur 'n leeu aangeval of deur die terroriste opgekerf, net ek kom uit die kontak ... verwond!! Die enigste manier om my hier uit te


kry , was om die trok in trurat te sit en my daaruit te ry. My kamoefleerdrag was aan repe. Die klomp skrik toe en was seker maar bang vir probleme .... daai aand en vir 'n paar dae daarna het ek extra “ratpack” gekry en blikke koeldrankstroop wat jy met water verdun. Die klomp het seker gereken as sy maag vol is is hy OK! ....Die paadjie waar die oefening plaasgevind het, het toe daarna KRUGERLAAN geheet ... (Redakteur: Danny Keyter was ook op King’s Rest. Sy Vader was sers EE Keyter van SAP Wentworth. Foto toon Dana langs genl van der Merwe -wat self ‘n groot man is - staan! Heymans-foto) 8.3 So onthou ons die SA Polisie: SAP King’s Rest: No 75 Distrik, Durban-Suid Hennie Heymans dink terug: SAP King’s Rest, Station-laan 45, Bluff, Durban. (Deel een) Hierdie ou polisiestasie word nie meer gebruik nie. Tydens my besoek aan die stasie verlede jaar het ek gevind dat mense tans nie net die ou stasiebevelvoerder se woning bly nie, maar ook in die polisiestasie self en in die buite kantore en geboue. Hierdie is ‘n stasie met ‘n geskiedenis wat ver terugstrek na die Britse koloniale bedeling. Die ‘Natal Mounted Police’ – later die ‘Natal Police’ het die stasie beman – met die stigting van die SA Polisie gedurende 1913 is die stasie oorgedra na die Unie Verdedigingsmag. Die SA Berede Skutters(SABS) het toe die Bluff van hierdie stasie af gepolisieer. Van 1913 tot 1926 het SuidAfrika twee polisiemagte gehad. In die argiewe is interessante korrespondensie. Tydens “fatigue duties” het die SABS-lede die pad na die stasie herstel – die pad het oor privaat grond geloop en die die eineaar van die grond het gekla ... lang stories in die argief. Later het die SA Polisie die stasie oorgeneem. Die stasie was eintlik ‘n polisiestasie op ‘n groot stuk grond sodat die polisie perde ook daar kon wei – so het die SB dan daagliks om 1200 kampinspeksie gehou en diensooreenkomstig ‘n voorvalleboekinskrywing gemaak. Later het die SA Polisie ‘n stasie te Brighton Beach geopen en die SA Vloot Polisie het die stasie oorgeneem. Later het die Vloot se polisie die stasie ontruim. Ek het brigadier SJP du Toit wat destyds in Durban gestasioneer was, gekontak en hy het weer die stasie laat benut deur lede van die Mag. (Insgelyks sou ek graag wou sien dat die ou historiese Durban-Sentraal in Smith Straat ook weer deur die SAPD beman word.) In die Nongqai van Junie 1946 lees ons dat die SB in daardie tyd ene sersant A Trollope was. Hy wens alle lede wat in Troep 58 wat gedurende 1925 in die toendertydse SAP Depot was,geluk met hul 21 jaar in die Mag. Die 21 jaar diens het


geskied gedurende Mei van daardie jaar! My kennismaking met die stasie het in die 1950’s gekom. My Vader was op Wentworth en is tydelik na King’s Rest verplaas. Ons moes eendag van ons huis na die stasie stap omdat my Pa ‘n na-uurse besoek moes bring. Ons het in Bluffweg afgestap voor die “Zanzibaries” wat in Bluffweg net verby Hartepool weg, gebly het. Daar het familie-groepe van hierdie mense onder die advokadopeer- en mangobome gewoon. Nog ‘n groep van hierdie afstammelinge van die slawe het naby die Roomse Klooster in Sormanyweg gewoon. (Hulle het ID-kaarte gedra en nie bewysboeke nie. Meeste was Moslems.) Net voor die Bluff Garage was ‘n Indierwinkel – die winkelier het ‘n hoenderhaan vasgebind en bo-op ‘n drom parafien uitgestal vir verkoop. My Pa het die winkelier buite toe geroep en hom daarop gewys dat dit dieremishandeling is! Hy moes opsluit die haan bevry of in ‘n hok sit. Ons het by die stasie aangekom. Snaaks, ek het dadelik van die plek gehou. Ek kan tot vandag die ou stalle en die selle onthou. Eendag as kind speel ek in die bosse net onder Hignettweg en tel 43 pennies op! Ek het die verstrooide geld bymekaar gemaak en by die polisiestasie ingehandig. Na verloop van tyd is die pennies aan die “innocent finder” oorhandig. Wat ’n lekkerte! Op ‘n stadium was Oom Boet Schmidt – later brigadier by die afdelingskommissaris Port Natal die SB en my ouers het daar gekuier – ek is natuurlik direk na die AK waar ek met die polisieman gesels het. Hy het in die son gesit en sy bruin skoene “gebone”. ‘n Speuroffisier het die stasie besoek en die polisieman het my vertel die offisier se naam “Hubbely-Bubbelly” is. Later toe ek op hoërskool is, het Mnr Mudge die pligte van SB daar vervul. Eendag met oggend samekoms by die skool is daar drie polisiemanne op die verhoog. ‘n Offisier, mnr Mudge en sers “Punchie” van Niekerk. My hart het geswel van die trots om die polisie daar te sien! Sers Van Niekerk is aan die skool voorgestel as ‘n polisiebokskampioen – hy het so mooi gelyk – netjies en fiks! Skoon en blink! Mens wou jou sommer met die SAP identifiseer. (Later was “Oom Punchie” te DK Pretoria-Noord gestasioneer.) Na die opleiding in die kollege is ek na Wentworth en dit het my ‘n ruk geneem om op King’s Rest uit te kom! Toe ek op King’s Rest kom was mnr Dippenaar die SB. Hy is later vervang deur No 22054T a/o Willie Marais – in lg se tyd het die rang benaming “adjudant” ingekom – voor die tyd was ‘n hoofkonstabel en a/o as “meneer” aangespreek. Maar a/o’s was skaarts – ons het net agt in die distrik gehad! Mnr George Barnes was toe op Umbumbulu – Fanus Rautenbach van “Flink uit die Vere” het baie gepraat van “George Barnes” van Umbumbulu. Op die stasie was 30320P sers Wessie vd Westhuisen - later die tweede in bevel. Wat ‘n wonderlike “SERSANT” was ‘sant Wessie nie? Baie vriendelik en hy het my die fyner kunsies van polisiewerk geleer. Hy het “Gold Dollar” gerook. Daar was ander sersante wat gekom en gegaan het – soos Harry Graham, Hannie Fourie, sers Van Rooyen, sers Tandjies van der Merwe – maar ‘Sant Wessie was die die Hoof van Navrae en Ondersoek en baie keer die 2/ib.


Ons SB het in die huis langs die stasie gewoon. (sien foto). Die patrollievoertuie het 24 uur per dag langs hulle kamervensters stilgehou en vertrek – die radio was altyd aan! Mnr Marais was so sterk soos ‘n bees en hy het soms gebrei. Hy was baie kwaai en het ons jongmanne as “txxlwurms” aangespreek – ek het regtig nie geweet wat dit was nie! Totdat ek Namakwalands by genl Frik van Zyl geleer het! Mnr Marais het altyd van “Jew-rou-pie-aans” gepraat – “please use the “Jew-rou-pie-aan” (European) entrance!” Mnr Marais het my ook baie geleer van SB-werk. Hy was al 0600 op kantoor. “He ran a tight ship!” Dan het hy die registers nagesien – ALLES wat gebeur het, het hy geweet!! Was daar ‘n inbraak op jou aflossing was dit jou skuld! Die twee speurders was s/sers Luther (en later s/sers Morrison) met assistente soos Kobus Kapp, “Mac” van der Merwe en die beste speurder in my oë was speurder-konstabel Govert Vetten – ons het hom “Goofy” genoem. Mnr Marais was fanaties oor die possak!! Soggens het ons baie take gehad om te vervul en dan is hy ook besig om die registers te “peruse” en jy moes die dossiere, bewysstukke, lyfkwitansies edm reg kry vir ons hofordonans, konstabel Danarajh. Ons moes die prisoniere voed en laai vir die hof! (“Prisoners fed: Const’s Heymans and Cele fed 38 prisoners, 8 oz maize meal, 1/3 oz fat and 1/16 oz salt, each. No complaints.”) Die landsvlag moet ook gehys word en dan moes jy so 500 meter afdraf na die King’s Rest Halt om die possak by die trein se kondukteur agter in die trein, te ontvang. Die possak was ‘n gewone bruin poskantoorsak met ‘n koperplaat – “Police King’s Rest Halt”. Smiddae moes jy weer draf om die sak vir die kondukteur te gee. In daardie jare het die manne begin grens toe gaan en dit was nie vreemd om alleen – as blanke - op ‘n aflossing te werk nie! Dan was die opruimingafdling – die sogenaamde ‘raiding squad’ ook besig en het malik 60 prisoniere ingebring! Ons RAA’s het by 3000 per maand getrek. (Gemiddeld 100 per dag!) Tydens klopjagte het ons die prisoniere direk gevangenis toe geneem en soms direk hof toe te Wentworth - wanneer ons vooraf met die landdros gerëel het. Konstabel Danarajh was die enigste Indiër op die stasie. Hy het altyd van “sajant van-da Hoesty-zen” (Sergeant van der Westhuizen) gepraat. Nou, so tussen in wys die SB my hoe hanteer mens die inkomende pos en hoe antwoord ‘n mens die DK se navrae en dies meer. Maar Meneer Marais was baie kwaai en hy het ons dikwels geslaan! Hard geslaan! Een dag is ek aandiens en ‘n lid is astrant met die SB – hy het sy hand stadig opgetel en agter sy kop geplaas. Ek het gewonder wat gaan nou gebeur? Die volgende oomblik het hy die lid met die plathand teen die kop bokant sy oor - uit soos ’n kers - geslaan! Die man het in volle uniform op die vloer gelê. In daardie jare het jy werklik ‘niks’ gesien nie – jy het die VB geskryf en rooi strepe getrek! Maar waaragtig niks gesien nie! Net iets gehoor en toe sien jy daar lê die ou op die vloer! Hoe hy daar gekom het, is ’n raaisel? (Ek sal later vertel hoe mnr Marais se krag hom gered het, die dag toe die stasie verkeerdelik deur die SAW“aangeval” is!)


So het dit maar gegaan! Die lewe was rof en nie altyd regverdig nie. Nou kom ons by die paradeinspeksies. Ons moes, as ek reg onthou, so drie of vier keer per jaar ons uitrusting uitpak en withemp aantrek en dan dril met die .303. Wittes voor, swartes met assegaaie agter! Die ergste was die al ewige inspeksie van die wysigings van staande orders! Dit was so groot rooi, dik boek! Ons staan aangetree en dan roep die offisier lukraak die verskillende gewysigde staande orders uit en dan moet ons toon dat die wysigings gedoen is. Een rusdag per week en dan: “Heymans jou rusdag is gekanseleer – Meneer Marais, Heymans moet spesiale diens doen en sy staande orders op datum bring!” Dan is dit met die skêr die wysiging uitknip en met gom in die boeke plak en die verwysings by skryf. Ek moes wag totdat ek 21 jaar oud was voor ek sersant kon word! Ek was gou sersant want dan hoef ‘n sersant net sy wapens tydens parade-inspeksies te toon! Die publiek moes seker dink ons was mal. Jy werk in die AK – volle blou uniform in daardie dae. Die foon lui en jy vra die lid van die publik wat jy bedien om verskoning en atwoord die foon. “Majoor Bisschoff hier!” Jy is so bang vir die DK – jy spring op aandag en salueer oor die foon! Ons het maar altyd met pet gewerk want die die vlag hys en die selle besoek – snaaks ons het altyd die selle met pet besoek. Ja, so het dit gegaan. Dissipline was erg. Maar daar was tyd vir kattekwaad en humor. Ek onthou Saterdag en Sondae die beste! Jy stap beat of jy bestuur die “wa” – Saterdagaand kom jy 2140 aandiens. Sondagoggend om 0600 kom jy vandiens – dan ‘n vinnige slapie en dan Sondagmiddag 1345 weer aandiens tot 22:00 en dan weer ‘n vinnige slapie om Maandag 0540 weer aandiens te kom – dit was die “quick change over” genoem! Jy kon weer Dinsdagmiddag lekker uitrus tot Woensdag namiddag. Ons het nooit naweke afgekry nie – Dinsdag of Donderdag was die ongetroude ouens se rusdae! Woensdae en Saterdae was perdie “reisies” te Clairwood-renbaan. (word vervolg) Kommentaar deur Hennie Heymans: Sover ek weet het King’s Rest twee luitenant-generaals opgelwer, te wete genl’s Roy During en Louis Eloff. So onthou genl RP During vir King’s Rest waar hy groot geword het, toe sy Vader, mnr During, die SB aldaar was: Ja, my Pa was 'n Zoeloe taalkenner - praat, lees en skryf - so ook my Moeder wat 'n plaasmeisie van die Greytown distrik was.


Ek onthou die dag toe Pa aan die einde van die maand die stasie salaris aanvraag by 'n Fynnlands bank gaan afhaal het. Reeds by die aanvang van die opmaak van die salariskoeverte is dadelik besef dat die hoeveelheid geld King's Rest se geldaanvraag met baie duisende oorskry. Pa is dadelik terug bank toe om die saak reg te stel: Die bank het toe nog nie hul fout agtergekom nie. (Die sak geld was vir een van die groot olie maatskappye op die Bluff bedoel!) Hennie, dit was maar die dae van roetiene polisiëring patrollies, aankeer vir dronkenskap, nagpas, huismoles bywoon, petty-diefstal ondersoek, ens: Die goeie oudae voor swartmag onrus en politieke-nuanse dinge deurmekaar gemaak het! Ook 'n tydperk van baie klopjagte, veral vir die brou-en handeldryf in onwettige brousels - vernaamlik gavine en sjimiaan (weet nie hoe dit gespel word nie). In my matriek jaar het ek by die 'Ouman' pakslae gekry toe dit aan die lig kom dat en gereeld op nagdiens patrolliewa bestuur het - saam met konst Engelbrecht: So 'n langman wat trekklavier bespeel en later vir Sanlam, Bloemfontein gaan werk het. Redakteur: Ek kan dit bevestig. Eendag terwyl ons teedrink vertel t/a/o HJ During: “One night I came in to visit the station. The van pulled into the station’s yard – and who was driving the police van? Roy - who was in matric! Should be swotting!” Ek sal nie verder uitbrei nie! •

Die foto’s toon adj/off HJ During en die ander twee genl Roy During in SAP-tafeltenue en KZP uniform

9. POLISIELEGENDES: Brigadier PH Fabritius - Patrick Coetzee Goeie naand Oom Hennie, Ek was vandag by tannie Louise Fabricius. Dit gaan baie goed met haar en sy stuur groete. Haar geheue is nie meer so goed nie en vergeet baie haar datums. Sy sê dat hulle ontmoet het in Kimberley toe die Brigadier verplaas is na Wentworth, Durban. Hy was ook 'n sersant op Nottingham Rd. Hy is vandaar weer terug verplaas na Kimberley as a/o gedurende 1958. Hy is toe verplaas na die Kollege waar hy as Luitenant in bevel was van die Berede. Dit was ongeveer 1960. Hy is 1964 Paarl toe verplaas en was Bevelvoerder van Veiligheidstak. Vandaar is hy weer terug na Kimberley as afdelingskommissaris tot en met 1984 toe hy met pensioen af is.


Sy praat dat hulle ook op Louis Botha Lughawe en Upington gestasie was maar soos ek genoem het die ou geheue werk nie mooi saam nie. Hierdie is al foto's wat sy my kon gee. Sy vermis 'n foto album met al sy polisie foto's en stasies waar hy gestationeer was. Sy hoop dat een van haar kinders dit het en sal vir my terugvoering gee. Oom sal al die persone op die foto's ken.Die een saam met Minister Le Grange was tydens die Brig se afskeid. Op die foto staan die Brig saam met Oud Regter Basson, aan die Brig se regterkant en derde van links is Mnr Keppies Niemand van die ou Nasionale party. Ek het die eer gehad om langs Regter Basson te staan met my Polisie videokamera toe hy daardie 14 persone in die Upington-verhoor die doodstraf opgelê het. Ek kan daardie gevoel aan niemand beskryf nie. Van hoendervleis tot polisie trots het my "aangeval." Dit was eers stil in die hof totdat hy opgestaan het en uitgestap het. Die ou ABS was natuurlik ook in die hof en die veroordeldes uit begelei na die hofselle. Ek was al kameraman wat toegelaat was binne in die hof gebou. Die media en buitelandse kameramanne moes almal in die straat gestaan het. Soos ek saam met die familie uitbeweeg het was hulle baie stil maar toe die hoofdeur van die hofgebou se ingang oop swaai en hulle die media sien...toe begin hulle tjank uit die boonste rakke uit. Niks gehuil voor die tyd nie. Ek onthou nog hoe dat een swartvrou heeltyd gesê het "my ma gaan hang, my ma gaan hang." Ek het vir haar gesê dat sy dit in Engels moet sê want die mense oorsee sal dit nie verstaan nie. Andrea Durbach het later daardie dag vir my gesê dat ek "rich en famous" kan raak moet al my video's wat ek binne in die hof geneem. Ek het dadelik geweet wat sy bedoel het, daar was baie mense wat sou gekoop het want ABS het twee dae tevore al die beskuldigdes in die hof pakslae gegee omdat hulle oproerig was. Natuulik ook baie opnames gehad van die polisie-optredes tydens die verhoor in die lokasie. Sal later daaroor praat. O ja, dis waar ek vir Anton Lebowski ontmoet het. Ek weet nie of die ander persone lede van die mag was nie. Die persoon 4 de van links lyk vir my soos Mnr Adam Muller, 'n apteker van Kimberley. Ek sal uitvind en oom laat weet. Ek dink ek gaan daai foto oplaai by ons groep. Miskien is daar lede wat hulle ken. Ek glo hierdie foto's sal oom help. Groete. Patrick Coetzee Kommentaar Hennie Heymans: Gedurende 1951 was sersant Piet Fabritius by die SAP Wentwoth-stalle gestasioneer. Hy was ook ’n hoefsmit en hy het my perd “Pennie” beslaan. Ek moes soggens met die perd na die bushalte by Wentworth Apteek ry, waar ek dan die bus moes haal na “Assegaai Nursery School.” Die kleuterskool was net voor mens by die Wentworth polisiekantore gekom het. In die middag het ou Daniel weer by die bushalte gewag en dan is ek met die perd weer huis toe. Daniel het die perd gelei. (Nog ’n polisieman se seun wat daar was, was Tiny Fourie. Sy Pa was ’n speurder by die Handelstak en hy het ’n houtbeen gehad agv ’n oorlogbesering.) Dis die eerste keer dat ek Oom Piet ontmoet het. Later is hy na Louis Botha


Lughawe verplaas waar my Pa ek eendag vir Oom Piet daar besoek het. Hy was baie sterk, maar kon baie lekker lag! Later gedurende 1953 is Oom Piet met die SAP-kontingent na Engeland waar Koningin Elizabeth op 2de Junie 1953 gekroon is. Hy het die kroningsmedalje gedra. (Nog iemand wat ook die medalje gedra het was Brig Smit – so ’n lang veiligheidsman wat ook van Kimberley gekom het.) Later het ek met kolonel Fabritius saamgewerk te Seksie A1, veiligheidshoofkantoor. Ons het baie lekker saam gewerk!! Ons het nog ‘n “mountie” by die teetafel gehad, (destyds kaptein) HS ‘Hennie’ Visser wat ook by Witsieshoek betrokke was. Ons het te midde van die ellendes altyd vreeslik lekker tee gedrink – die kwinkslae om die teetafel het ons batterye gelaai. Johan Visage het ons teekamerklok geërf wat brig Fabritius vir A1 geskenk het. •

Partick baie dankie vir die foto’s. Groete vir mev Fabritius! Ons sal nie brig Fabritius vergeet nie! Voorwaar iemand wat die Mag tot eer gestrek het!

9. SOSIAAL


Ons ontvang graag foto’s om in ons koerant te publiseer. Dit gaan hier immers oor ons lede. Die redaktuer het die voorreg gehad om die volgende foto’s hierdie week te neem: (1) Twee broers (a/o) Willie en (kol) Cor du Plessis het mekaar toevallig by die uroloog in Pretoria raakgeloop. Willie woon in Mpumalanga en Cor woon aan die Wes-Rand. Hulle besprekings het na mekaar by dieslfde uroloog gevolg. Dit was nie vooraf gereël nie. (2) Ou Vriende en ‘nuwe’ vriende ontmoet in Pretoria. Op die tweede foto verskyn Johan Ferreira (links) en in die middel Alida van der Linde (van Ashton) en die “ou” oud-speurder van Hillbrow, Koot van Schalkwyk (Johannesburg). Alida en haar man Frans en Hennie Heymans was saam op skool te Dirkie Uys Hoërskool in Durban. Hennie en Frans was beide ook op King’s Rest gestasioneer. Frans wat jare op die Grens deurgebring het, is ernstig gewond op die grens en dra steeds die gevolge. (3) Oom Fred Geldenhuis het laat weet hy woon nou in Pretoria. Later meer oor hom. 10. REDAKSIONEEL: “HENNIE SE LESSENAAR” – EDITORIAL: “FROM HENNIE’S DESK” Suiker Brits stuur die volgene brokkie: ROTTEN TO THE CORE. Barry Ronge once wrote: “SOUTH AFRICANS MOAN ABOUT CRIME BUT THEY’RE QUICK TO GLAMORISE THE MURDEROUS THUGS WHO PLAGUE THIS COUNTRY” This is his story. Do you want to know why we are never going to get rid of crime in South Africa? It’s because we’re in love with our criminals.We treat them as pop stars.We portray them as revolutionary heroes of people who defy authority and steal the cash that should have gone to thje poor in the first place, Criminals are, in plain words, the savage virus that might kill this nation, yet as I write this column a national radio station has just gleefully hailed heist mastermind Chauke as newsmaker of the week. NOT YHE COP WHO CAUGHT HIM, BUT THE CROOK. For three days he has been the lead story in every newspaper and his fatuous observation “I feel good” as he drove off to jail has been endlessly replayed end reprinted. The news that he was to


be incarcerated in C-Max prison rapidly triggered off a series of articles and news reports on what life was going to be like for the playboy crook in this dreaded penitentiary. Within moments,the radio phone-in debates switched focus from crime to prisoners’ rights. Before long,people were clucking in sympathy at how terrible it was to be in this prison and denouncing the inhumanity of a society that could stoop so low as to keep this man under lock and key. One could almost hear the Free Chauke lobby revving in the background. Reporters chewed on anything they could find to keep the story going. ”HERE SHE IS” crowed one newspaper as they offered us picture of Chauke’s girlfriend. Who besides the Police, needed to know who she was and what she looked like? But there she was basking in her 15 minutes of fame, like some French starlet who accidentally loses her bikini top at the Cannes Film Festival. All of that would have been tolerable if it had been accompanied by a list of people who have died in this crime spree of which Chauke is accused. CAN ANYONE REMEMBER THE NAME OF A SINGLE ONE OF THE COPS OR SECURITY GUARDS OR PASSING MOTORISTS WHO DIED THE HEISTS HE ALLEGEDLY PLANNED AND EXECUTED ? Of course not. They are dead and in this country all victims of crime turn into statistics overnight. Sometimes, if they were little children and the photographers think they get a human interest shot out of the small white coffins and the weeping mothers, they may make the papers the day after they were killed, but dead adults? Forget it. We are not even offered a sidebar story reminding us of just how much damage was done.how much money was stolen,or how much of the taxpayer’s money was spent on trying to catch a greedy,vicious man. What we get is like a new action movie entiled “The Black Pimpernel,and a peculiar kind of envy as we are tpld of his trips to Switzerland,his cross-country visits and his tastes in women as if he were the new 007. The larger issues also stay untouched. Thus far I have not seen anyone probing the question of how much of the crime in South Africa is being committed by trained MK cadres or apartheid regime policeman who have nothing left to do now that revolutionary fight is over. And what about the weapons? How many South Africans continue to die from wounds inflicted by guns that were bought and hidden during the struggle? But that’s an embarrassing story, one that is far to touchy to take forward,especially in an election year. So we pump up the volume on that old South African favourite, the idolization of the criminal. This is not a uniquely South African aberration. We all remember Bonnie and Clyde’s fame, and the celebrity of Al Capone in the US and the Kay brothers in the UK. But we South Africans are especially good as this game. Do you remember the way we idolized the Stander gang, the Scissors Killer, Marlene Lehnberg, and all the others stretching back to Daisy de Melker and beyond?


To me the real indictment of this cult of criminal celebrity is that we can remember their names but not the names of their victims or the cops who caught them. All our attention is saved up for the thieves, kidnappers and killers, and we are never happier than when we have a new criminal to gloat over. For a while ,the little doggy who was facing a marathon six-hour session of open-heart surgery broke a small hole in the wall of Chauke adulation. Then both the dog and Chauke went for a loop as the headlines swarmed all over Sifiso Nkabinde who died in a hail of bullets in Richmond,which just goes to proof that ,despite the degree to which we moan about crime,there is nothing this country loves more dearly than its criminals.”””””””” •

Dit laat mens dink!

11. POSSAK / POST BAG 1. Hallo Hennie, baie dankie vir die nuutste polisie koerantjie....dit lees beter as die Rapport en veel meer interessant dankie weer vir jou harde werk wat jy vir alle lede-gewese en tans doen groete, Willem de Klerk 2. Hallo Hennie, Wat 'n groot lekkerte! Laat weet wat gebruik jy vir die skep van pdf, miskien moet jy net die gehalte kies vir "printing" eerder as "view on screen". Jy moet ook glad nie " kies om te “compress" nie. Laasgenoemde maak gou moeilikheid, veral as die fotos alreeds ge"compress" is. Groete, Henry Abbott 3. Hennie, puik uitgawe, dankie. Terry Schwartz 4. Hennie, Hiermee ‘n ope brief van ‘n ‘brown job’ vir die SAP -Veteranenuusbrief no 5. So ses jaar gelede het ek begin navorsing doen oor die ONGULUMBASHE operasie met die naam “OPERASIE BOUWILDEBEES”. Ek is aangeraai om ‘n sekere Hennie Heymans te kontak. Hennie het my geweldig bygestaan met my boek en ons het lekker saam gewerk. Ongelukkig in daardie tyd het hy nie internet gehad nie, maar ons het gereeld gesels. Na my lang klaagliedere het hy toe internet aangeskaf – en ek moet vir hom dankie sê dat hy dit wel gedoen het. Ek kry gereelde nuusbriewe uit talle oorde – maar ek moet sê dat die SAP- nuusbrief kop en skouers bo die ander staan. Veels geluk! Stuur jul stories in – dis al manier hoe ons ons geskiedenis kan bewaar. Ondersteun asseblief die skrywers met hierdie taak. Vasbyt, Paul Els. 5. Hennie, baie dankie vir so ‘n wonderlike nuusbrief soos hierdie. Ek glo dit moet harde werk wees om dit so te kry! Dit kan net baie suksesvol wees, soos ek kan sien, omskryf deur een van die Weermag hoofde. Soos ‘n mens kan aflei is dit al ou tradisie in die gewese mag dat lede van die mag tog op die ou einde ‘n groot familie is met min of meer dieselde waardes. Ons praat dieselfde taal as dit oor Polisie-aangeleenthede gaan. Dankie vir die advertensie rondom my


besigheid asook die bekendmaking oor die borge van die boeke. Ek glo daar sal ondersteuning wees. Groete, WILLIE 6. Ek hou van die uitleg en gebruik van foto’s, Hennie. Dit gee ‘’n baie professionele voorkoms. Groetnis, Deon. (Prof Deon Fourie) 7. Hennie, Dit lyk of jy my bydrae nie gekry het nie? Groete, Casper Krőger 8. Goeie more Generaal (JAP) Burger, Hier is die nuutste wat ek van Hennie af gekry het. • Cc Hennie, vir jou inligting, ek het dit vir generaal Burger gestuur. Groete aan almal. Christo Davidson. 9. Goeiedag Hennie - Baie dankie vir die insiggewende nuusbrief No 4 wat ons ontvang het. Dankie ook vir die 3 voriges!!!! Groete, Le Roux en Nelet Stemmet 10. Haai, Dankie vir die koerantjie, dit sal lekker wees om te lees. Hoop dit gaan goed daar by julle met die sokker in volle gang.Ons hoor net hoe goed dit met alles gaan, is dit werklik so? Almal was so negatief oor die wêreld beker in SA, maar dit klink vir my SA het tog alles klaargehad en onder beheer. Jy is darem verskriklik besig met al die dinge, hoe gaan dit met die boek? Staan dit al einde se kant toe? By ons is dit koud en nat en sien ek uit na Vrydag, uiteindelik skool vakansie - twee weke. Ek wil elke dag laat slaap en vir die res van die dag opkrul met 'n boek. Net jammer twee weke gaan so vinnig verby. Groetnis, Ulna Nieu-Seeland 11. Hennie goeiemore. Dit gaan goed hier in Despatch en ek vertrou daar ook. Vriend nee ek het nr 3 ontvang maar nie 4 nie. Dalk gaan dit later deur die dag aflaai. Ons weet mos die sokker kry voorkeur. Groete van deur tot deur. Hannes 12. More Brigadier, Ek is terug uit die bos en ja die brief ontvang en kan nie wag dat ek ‘n tydjie het om te lees nie. Baie dankie, ek het ‘n paar fotos geneem hier en sal later in die week aanstuur na u. Walk Tall - Piet Van Zyl (Uganda) 13. Hallo Hennie, Baie dankie, ek het reeds vir jou ‘n persoonlike briefie ook van bedanking saam gestuur, ek weet jy het ‘n groot perd hier opgesaal, voorspoed daarmee, dit raak aan almal se harte en is goed vir almal om te lees en van te weet. Dalk moet jy n ROLLCALL ook publiseer: naam, rang, magnommer email/foon waar jy nou is, dan kan ons al ons oud maters opsoek. Net ’n idee. Oudlid: Willem de Klerk, konstabel..57127T. Kollege 1971 laaste stasie Orkney

14. Geagte Hennie, Baie dankie, ek het dit met waardering ontvang en lekker daaraan gelees. Met vriendelike groete, MJ (MARTIN) NEL. 15. Baie dankie Hennie - het met groot waardering ontvang en gelees! Roy P. During. (Kaapstad) 16. Goeiedag Hennie, Het ontvag baie dankie vir die wonderlike nuusbrief. Tobie Tolken


17. Hennie - Baie dankie vir ‘n pragtige nuusbrief. Vir my as eggenoot van ‘n oud-SAPD lid bring dit soveel vreugde om te kan deel in die nuus en staaltjies wat gedeel word in die nuusbrief. Ek is seker hierdie medium word uit alle oorde verwelkom veral omdat dit so deelnemend gemaak word. Sterkte met die taak wat u vir uself opgesaal het.Vriendelike groete, Marlene Eloff 18. Beste Hennie, Dit was ‘n ongelooflike verrassing om die koerant deur ‘n ou kollega, Abrie le Roux te ontvang. Sal jy my asseblief op die adreslys plaas want ek versprei dit graag aan talle oud kollegas! Hierdie innisiatief het sommer weer ‘n soort van ou “polisiepatriotisme” in my laat opwel! Daar is so baie van ons wat met heimwee aan ons gewese roepings en loopbane terugdink! Om boonop nuus te ontvang oor ou bekendes is van groot waarde! Dit maak my baie trots dat ek vir 27- jaar deel kon wees van ‘n trotse span beroepsgerigte mense! Ek was een van die gelukkige lede wat deur my loopbaan altyd vir die Sharks kon skree en slegs in KZN diens gedoen het! Ek het in 2001 weens mediese redes as Areahoof- Speurdiens van Zululand (Umfolozi area) uit aktiewe diens getree dog verlang nog dikwels terug na my ou roeping! Ek het steeds groot belangstelling in misdaadondersoek en verloor dikwels slaap a.g.v. speurstories op die skottel! ‘n Groot voordeel in my huidige beroep waar ek steeds werksaam is in die noorde van KZN, is dat ek nog talle boere en sakemanne ken vanuit eertydse ervaringe in die S.A Polisie se Veediefstaleenheid en Speurtak! Wat ek veral interessant vind vanuit daaglikse gesprekke met kliënte is die ongelooflike aantal oud-lede van die Mag in ons samelewing. Almal kan nie as “veterane” gereken word nie omdat sommige op ‘n stadium veel eerder 4- jaar Polisiediens wou doen as alternatiewelike Weermagopleiding! Vele het die Mag nietemin later hul beroepskeuse gemaak! Dit is werklik goed om só baie gedissiplineerde mense met steeds kort geskeerde hare in ons samelewing te sien! Mag die Polisieveteranekoerant van krag tot krag gaan en ons ouer manne en vroue van gewaardeerde nuus voorsien! Ek sal self graag van tyd tot tyd ‘n nederige bydrae wil lewer! Beste kollegiale groete, JAN CALITZ 19. Brig, Sal u my as ook op u adreslys plaas. Ek kry dit van verskillend persone en geniet dit om te lees. Net vir die rekord wil ek noem dat ek ook dieselfde NI medalje as Robbie Jubber ontvang het. Hy was wel die eerste ontvanger en ek het myne na hom ontvang. Ek glo ons is die enigste 2 ontvangers van die medaljes. Dankie en groete, Gert Otto. 20. Dagsê kollega, Jou nuusbrief nr 4 het hier uitgekom en dit was lekker om daardeur te scan. Ek het veral genl Johann vd Merwe se bydrae geniet .... hy's 'n man wat weet hoe! Ek kan sien jy het hierdie keer baie ure ingesit om die produk op die tafel te sit! Baie geluk en dankie vir jou poging. Ek weet nie waarom die fotos en ander dinge nie so mooi uitgekom het nie ..... ek weet wel dat fotos wat met 'n selfoon geneem is, nie juis ordentlik vergroot kan word nie, maar oor die algemeen behoort dit nie te sukkel nie ..... op watter formaat word die oorspronklike fotos op jou rekenaar gesave? JPG, of BDF? Groetnis, Johan Ferriera. 21. More oom Hennie: Ek het die mail van oud polisie vriend gekry, en het amper in trane uitgebars toe ek sien wie almal skryf. Ek is maar ‘n “youngster” en 1980’s indie Polisie gekom en dit is wonderlik om die samesein weer te sien. Ek het reeds die aan my oud kolegas gestuur, ons werk almal amper indie privaat sektor wat baie hartseer is. Sal u so gaaf wees om my ook op


die e-pos lys te sit. Ek sal ook waardeer as u die “Facebook” adresse ook kan stuur, die familie lê my baie na aan die hart. Groete, Hugo du Preez 22. Hallo Hennie, Aangeheg skrywes vir jou inligting. Hierdie is weereens ‘n voorbeeld van wat die voormalige weermag vir hulle lede doen. Jy sal besef dat ons reserviste nooit onder so ‘n kam geskeer sal word nie. Bert Swart. Adjutant Pretoria District Dugout. • Dankie Bert – lede wat in die weermag se kommando’s was kan by Bert aansoek doen vir die verskeie medaljes. Hy het die nodige aansoekvorms. 23. Hallo Hennie, Wat 'n groot lekkerte! Laat weet wat gebruik jy vir die skep van pdf, miskien moet jy net die gehalte kies vir "printing" eerder as "view on screen". Jy moet ook glad nie " kies om te "compress" nie. Laasgenoemde maak gou moeilikheid, veral as die fotos alreeds ge"compress" is.Groete, Henry Abbott. 24. Patrick Coetzee skryf onder andere soos volg: Ek het ook vandag met oud luit-kol Johan Kruger gesels. Hy is 'n oud Noord-Kaap-man en ek skat hom so 60 jaar oud. Hy was ook een van daardie a/o's wat sy tyd geneem het om sy Nasionale Sertifikaat te verwerf het en was twee jaar voor my op Offisier kursus,1990. Hy het baie staaltjies en foto’s van die SAP. Ek het hom vertel van "Oom se Sondag Koerant" en hy stel baie belang om dit te ontvang. Ek sal dit vir hom "forward". Hy is in besit van 'n roetevorm waar 'n swart lid van die mag verplaas was van Barkly-Wes na Windsorton "te voet". Hy het baie soortgelyke staljies. 25. Ek sien daar word gepraat van "Flyday is Officer’s day!” Ek het die benaming vir die eerste keer gehoor in 1983. Ek en sesant Christo "Boom" Olivier was gestasioneer op Hillbrow. Ek en hy was later in 'n skietvoorval betrokke waarin hy dood is en ek was gewond is. Groete, Patrick. 26. Brigadier goeie dag, Vandag so bietjie e-posse skoon gemaak. Ek gaan weer in November op. (Koevoet-wêreld) Ons gaan as dinge reg uitwerk in Theron se Lodge bly en kuier. Hier sal seker weer baie stories gepraat word. Chris is dalk ook daar. Groete. Claassie 27. No W410036W, former Detective Warrant Officer Henry Drummond Hammond, writes that he was in SAP College during 1985; he sent a letter in ‘PDF’ format and his photo. His letter will be published next week if I receive it as a word.doc. He had an illustrious and interesting career in the SA Police and in SAPS – however I don’t understand all the abbreviations of the new SAPS. Please tell us what the abbreviations stand for. He has had an interesting career, indeed!

28. Uit België stuur ons ou vriend van die Rijkswacht, Jean van der Rul, groete. 29 Dana Kruger: 1.1 DANA KRUGER VERSAMELING VAN S.A. POLISIE ARTIKELS: Dana Kruger is opsoek na na die volgende : 1.1.1 ou SAP uniformstukke, kamoefleerdrag, offisierspette/ hoede ( mans en vroue), knope, rangtekens, petwapens, uitrusting en toerusting ens., 1.1.2 ou polisie tydskrifte en fotos,


1.1.3 enige ornament item of plaque van die S.A.P. Dana Kruger kan op danakruger@yahoo.com of op FB gekontak word. Hennie ek wag besonderhede luit. kol. Dicky Pieterse GROETNIS UIT NATAL 30. Brian Kalvshoven, Mussina (Messina): Hennie, congratulations on the production of this newsletter. Running a weblog for Musina, as I do, I can appreciate the extraordinary amount of work which will have gone into it. I’m always looking for news to put into Dumelang! Musina, so, with your permission, would perhaps like to use some of your material. I liked the poem, in English, which you included. It speaks for everyone who spent time in service, territorial, as was my service, or PF. Did I mention that I have ECK’s gilded ceremonial whistle? I think I must take some nice photos and forward them. It has a lion’s head on one end, joined by a chain to the whistle, which would obviously only have been worn on a dress uniform. If you have, or can tell me where I can see a picture of the dress uniform, from his era, I’d be grateful. I’ve been intending, for some time, to mount it on a nice wooden plaque, with a little “blurb” about it, so any information you could let me have will be gratefully received. I have been talking to the daughter of an ex-station commander from this neck of the woods, who tells me that he was awarded two bravery medals. I forget the name, now, but will find out for you and let you know, in case he is not on your database of veterans. He is an accomplished artist, too, I believe. With regards, Brian. •

(Brian is the Grandson of one of our early SAP Officers. Brian we are waiting for the pictures and a story on your Grandfather.)

31. Goeiemôre kollega, Baie dankie vir die nuusbrief – dit maak my dag! Vriendelike groete, MANIE SCHOEMAN 12. NETWERK / NETWORK 21.1 Paul Els bied die volgende aan: Vir enige SAP lid wat graag die ONULUMBASHE boek wil bekom – sal ek dit teen afslag van R30 gee. Prys R180 met R20 posgeld – R30. 12.2 Moetnie u ou foto’s, verslae, sakboekies, plakboeke en dokumente vernietig nie – kontak eerder die redakteur. 12.3 Ondersteun ons vriende in hierdie netwerk. 13. HUMOR IN UNIFORM 13.1 Suiker Brits sê oud-word is nie vir sissies nie: Alles pyn,wat nie pyn nie,werk nie. Die glinster in jou oog is die sonlig op jou dubbellens bril. Jy voel soos die oggend daarna,maar jy nerens nie. In jou afspraakboek begin al die name met Dr. Jy raak uitasem van kaartspeel. Jou kinders begin vir jou middeljarig lyk.


Jy sluit aan by n Gimnasuim, maar jy gaan nooit nie. Jy ken al die antwoorde maar niemand vra jou nie. Jy sien uit na ‘n vervelige aand. Jy het ‘n bril nodig om joune te soek. Jy skakel die lig af om te bespaar, nie omdat jy romanties raak nie. Jou neus loop, maar jou bene wil nie. Jou rug gaan meer uit as jy. Jou huis raak te groot en jou medisyne kas te klein. Jy vat ‘n hap aan ‘n lekker biefstuk en jou tande bly daar. Jou verjaarsdagkoek, sak inmekaar onder die gewig van die kersies. Oud word is nie vir SISSIES nie! 13.2 Hennie Heymans nalv oom Daan Wessels se foto: Een nag moes ek vir Oom Daan Wessels in Durban bestuur – hy was toe ’n deurwinterde speurder/adj-off. Ons het die vorige dag gewerk en die heel nag deur gewerk. Sonop is ons in die berugte Puntweg. ‘n Mooi dame stap met ’n lelike Koreaan aan elke arm in die rigting van die dokke. Oom Daan gebied my om by hulle stil te hou. “More Niggie! Maak hulle lus, maar gee hulle niks!” Ek was so vaak – maar net daar lag ek so baie dat ek nie ophou nie en die vaak is weg! 13.3 Vir die “ou” manne en “ou” vroue skryf Talitha Randlehof soos volg: Vra die oom vir sy vriend hoe dit gaan, kom die antwoord: “Ag jong, soos 'n bak jellie, is maar die hele tyd so bietjie onrustig”. 'n Ander antwoord is: “My enkels is geswel en my bene pyn geweldig, my heupe moet vervang word en dan is my nek en my rug ook nie lekker nie”. (Ai die oom het dit maar moeilik.) Nog een: “Arm, maar vol liefde”. En 'n ander oom: “Dit gaan so hinkepink, dis nog net die oë wat blink”. Of die tannie wat geantwoord het: “Afdraend, maar darem vorentoe”. 'n Oubaas het geantwoord: “Goed dankie, ek het darem nog planne”. En dan was daar die oom wat as volg geantwoord het: “Gelukkig het ek darem vanoggend nog bo die grond wakker geword”. Dié oom het as volg geantwoord toe daar gevra is hoe dit met sy vrou gaan: “Ag jong, die tannie wou my al verlaat het, maar sy kry ook maar nie 'n ander heenkome nie”. Nog 'n antwoord: “Dit is nou maar soos dit is en as dit nie so was nie, dan was dit anders”. En wat van hierdie een: “Ek is vanoggend so rustig soos 'n skoolbus sonder kinders”. Die tannie het as volg geantwoord: “Dis lekker om 'n mens te wees as 'n mens 'n lekker mens is”. Maar die oulikste een: “Ek het 'n trek in die nek, verkoue in die moue, influensie in die pensie, fyt in die vinger, jig in die rug, pampoentjies in die skoentjies, inflammasie in die blasie, 'n vratjie op die bladjie, 'n kramp in die kuite, stuipe in die pype, maar verder gaan dit besonder goed!” • (Sy plaas dit met erkenning aan Dirk van Schalkwyk wat dit bymekaar gemaak het.) 14. SLOT Stuur asb u artikels en briewe vroegtydig in voor Woensdag asb. Stuur sommer foto saam! Ons wil mos sien hoe die kolleags lyk/gelyk het. Mooi loop! Volgende Uitgawe: DV Sondag 11 Julie 2010. Saluut!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.