Generaalsklub' Nuus

Page 1

GENERAALSKLUB’NUUS

Desember 2021 NR 15

Nuusbrief van die Generaalsklub van die S.A. Polisiemag

‘n Geseënde Somerkersfees word u almal toegebid

ONS LEUSE

Ons deel graag in mekaar se lief en leed

Wissel gedagtes oor aktuele sake

Beur mekaar op met boodskappe van geloof en hoop

Lag saam oor humor en alles wat in ligte luim is

Maar doen niks wat nie met ons Christelike beginsels versoenbaar is nie.

Ons is lede van die Generaalsklub in woord en daad

In hierdie uitgawe

ooOoo
Boodskap deur die voorsitter 1 Van die Redakteur 3 Kapelaansbrief – Kersfeestyd 2021 4 Papa Panov se spesiale Kersfees 7 My wel en weë in die Suid-Afrikaanse Polisie 11 Die ideale man 18 Changing of the South African Police Service rank structure/insignia 19 Suid-Afrikaanse Polisieman internasionaal vereer 27 Die Telekskantoor 31 Dis hoe die polisie altyd moet optree 33 Die rol wat geskiedenis in gemeenskappe speel 34 Nog ‘n ideale man? 36 ‘n Kersmaal Resep: Ham en Glaseersel 36 ‘n Heerlike, matige mosterd wat saam met die ham gaan 37 Lief en Leed 38 --ooOoo--

Boodskap deur die voorsitter

In my jaareinde boodskap verlede jaar het ek 2020 vergelyk met die annus horibilis van koningin Elizabeth in 1992. Gelukkig kan ons nie die toekoms voorspel nie want 2021 het uiteindelik ontwikkel in 'n baie erger en selfs meer traumatiese jaar. Verskeie van ons lede het Covid-19 opgedoen en baie het ernstig siek geword. In hierdie tyd het etlike van ons lede ook gesterf, meesal weens die virus.

Die verlies aan soveel gewaardeerde vriende in so 'n kort tyd gekoppel aan ons eie vrese en bekommernisse noop mens om meer dikwels te dink oor jouself en oor jou toekoms. Dit voel soms of die bedreigings meer en die vrede minder word. En ons begin twyfel aan ons geloof, aan 'n lotsbestemming en aan Hom wat in beheer is.

Ons twyfel is waarskynlik 'n direkte gevolg van ons verliese die afgelope tyd, van die verval en agteruitgang wat ons daagliks rondom ons sien en van ons kwynende gevoel van vrede en veiligheid. Daarby kan gevoeg word ons ontnugtering met die hoë vlakke van misdaad, korrupsie en wanbestuur en die venynige aanvalle op ons taal, kultuur en geskiedenis. 'n Groeiende aantal jongmense emigreer jaarliks in 'n poging om veiliger te leef, om werk te kry en om 'n toekoms vir hulle en hulle kinders te bou.

Van ons volksgenote glo ons moet bly en dat ons toekoms geleë is in die vestiging van 'n tipe selfregering in geografiese konsentrasiepunte (byvoorbeeld gebiede waar Afrikaners gekonsentreerd gevestig is). Dit is die Solidariteit model en is gebaseer op goeie navorsing. Dan is daar die Afrika-Afrikaner inisiatief deur 'n ander groep wat soortgelyke ideale koester met ex-president Thabo Mbeki as medevoorsitter. 'n Derde groep werk tans aan die sogenaamde Afrikaner-akkoord wat reeds in 1994 onderteken is, onder meer deur die einste Mbeki namens die ANC. Volgens dié akkoord het die Afrikaner die reg op 'n eie grondgebied en volwaardige selfbeskikking. Hierdie groep is tans met behulp van baie senior Suid-Afrikaanse en internasionale regslui besig met voorbereiding vir hofaksies om formele erkenning vir die akkoord te kry. En dan is daar verskeie ander inisiatiewe soos die Vryheidsfront wat die Kaap wil afstig en onafhanklik verklaar.

1

Ons kan nie soos volstruise ons koppe in die sand druk as dit by hierdie kwessies kom nie. Dit is ons werklikheid en ontkenning of vermyding is nie 'n oplossing nie. Dit bring my by die nou baie bekende vraag, 'ry jy of bly jy?' En wat van ons wat nie kan ry nie? Waar op aarde laat dit ons? Moet ons maar bly en ons lot as 'n krimpende minderheid aanvaar? Of moet ons 'n toekoms sien iewers vorentoe tussen al die bogemelde inisiatiewe? Dit bekommer my egter dat hierdie inisiatiewe hier rondom ons gebeur, dit handel oor ons maar gebeur sonder ons.

Soos u kan aflei is die tema van my boodskap een van twyfel. Ons twyfel oor die toekoms terwyl ons sin probeer maak van ons verliese, ons vrese en ons onsekerhede. Ons voel in die steek gelaat deur ons politieke leiers uit beide die verlede en die hede. In ons oënskynlike magteloosheid twyfel baie van ons dikwels ook in God se plan met ons en uiteindelik ook in Hom.

Dit is binnekort weer Kersfees en ons as Christene sal Jesus se geboorte met dankbaarheid kan herdenk. Dit is ook die tyd waarin ons as families en vriende kan byeenkom en feesvier om ons dankbaarheid te betuig. Kom ons

sien dit ook as 'n tyd waarin ons opnuut ons geloof en vertroue in Hom as ons Verlosser kan herbevestig.

Dalene en ek wens u graag 'n baie geseënde Kersfees toe en bid dat ons almal Sy liefde en vrede in oorvloed sal ervaar.

Dr Johan Burger November 2021 ooOoo

2
Johan en Dalene Burger

Van die Redakteur

Nog ‘n jaar het gekom en die einde van 2021 lê om die draai. Kom ons gaan die naderende Kerstyd met geloof en dankbaarheid vir al ons seëninge tegemoet, met die geboorte van ons Heiland en Verlosser in gedagte. Dankie, soos altyd, dr. Casper vir jou besondere Kersfeesboodskap. Jy het maar eenmaal die gawe om ons tot nadenke met jou boodskap te stem.

In hierdie uitgawe word daar vertel van ‘n Russiese skoenmaker wat op Kersdag wag op ‘n besoek van Jesus.

Om die inname van die eerste vroue in 1972 in die Mag te herdenk, deel genl.maj. Magda Prinsloo die wel en weë van haar loopbaan in die SuidAfrikaanse Polisie. Ook ‘n interessante bydrae van genl.maj. André Wiese oor die kontroversie wat destyds oor die range in die nuwe SAPD plaasgevind het. U kan verder lees van kolonel Kobus Lategan - wat ‘n internasionale toekenning ontvang het vir die voortreflike diens wat hy aan die gemeenskap lewer. Ons salueer hom dat hy, ondanks al die uitdagings steeds toegewyd is om die mense van ons land te dien.

Baie van ons lede sukkel ‘n bietjie met die nuwe elektroniese tegnologie, soos rekenaars, selfone, WhatsApp en Facebook (om maar enkeles te noem). ‘n Mens kan kwalik glo dat ons al die jare sonder hierdie goed klaargekom het! Dit het my laat terugdink aan die jare sestig toe die teledrukker of teleksmasjien (behalwe dalk die riemtelegram!) die mees doeltreffende kommunikasiemiddel in die Mag was.

Ons vriend en kollega in Potchefstroom, genl.maj. Izak Smalman, het ook vir ons twee interessante bydraes gestuur. Vir diegene wat dit dalk in die Beeld en Die Burger misgeloop het, word dit graag in hierdie nuusbrief herhaal. Vir ons dames sluit ons hierdie nuusbrief af met ‘n resep vir ‘n heerlike geglaseerde ham met ‘n lekker matige mosterdsous. U kan dit gerus vir u Kersmaal oorweeg. Die Ferreira familie geniet dit al sedert 1972 en dit bly al die jare steeds die hoofgereg by ons Kersmaal. Bederf gerus u familie daarmee.

3

Mag u in hierdie tyd ‘n geseënde en vreugdevolle Christusfees beleef.

Kersfeestyd 2021

Dr. Casper Krüger

Kleintyd het ons gesing:

Die Heiland is gebore, in stille Betlehem. By blye engelsange, voeg ek my hart en stem”.

Dit was nog altyd my gunsteling Kerslied en ek vang myself dikwels dat ek dit neurie of sing.

Miga het dit voorspel: -

“Maar jy, Betlehem Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en HY sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug in die gryse verlede”. (Miga 5:1)

En Johannes het van Hom gesê:

“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God”. (Joh. 1:1) En God self het die Een belowe wat die kop van die slang sou vermorsel. (Gen 3:15b)

Die ganse Bybel getuig van Jesus dat Hy van ewigheid af voorspel was, by God was, en self God was. Hoekom dan ‘n nederige plekkie soos Betlehem? Sou dit nie beter gewees het as God se waargeworde Woord in Rome of Konstantinopel gebore was nie? Sou die aankondiging, die ontvangs en die glorie nie beter gepas het by die metropole van die wêreld nie?

Maar nee! HY word gebore in die boesem van Sy volk - in Bethlehemsoos die geleerdes sê, DIE VOLHEID VAN DIE TYD. Dit was die tyd en plek deur God bepaal en van ewigheid af voorberei. Daarom, op die regte tyd vaardig Augustus ‘n bevel uit dat ‘n sensus gehou moet word. So word die pad voorberei dat Josef en Maria van Nasaret af moet reis om in Betlehem in die sensus opgeneem te word. Sy koms en geboorte

4

was nie deel van Augustus se planne nie. Nee! God was besig om Sy woord waar te maak.

Want alles was, in die volheid van die tyd, reg sodat die goeie nuus oor Hom die wêreld kon ingaan en uiteindelik vir jou en my bereik.

 Rome het geheers oor die ganse destydse bewoonde wêreld. Daar was geen paspoorte of visums nodig om van een land na ‘n ander te reis nie.

 Die mense het feitlik enige godsdiens aanvaar en moes slegs oortuig word.

 Die verlange na die beloofde Messias was ongekend intens en die volk het weer ‘n soort van ballingskap of besetting beleef soos destyds in Egipte.

 Die gebede tot God vir die Koning wat weer oor Israel sou regeer was op ‘n hoogtepunt. Hulle was gereed vir Hom; gereed om bevry te word.

Hulle verwagting en God se bedoeling het egter nie bymekaar uitgekom nie. Hulle het ‘n stryder Koning verwag wat hulle militêr kon bevry; God het ‘n Verlosser Koning gestuur wat hulle geestelik sou bevry en wat versoening met God sou bewerk.

Van die Heiland wat in Betlehem gebore was, wou hulle niks weet nie. Aan die verwagtinge het Hy nie voldoen nie! Daarom die kruis. Israel gee Hom prys en skreeu vir Een wat aan hulle verwagting voldoen.

En so kom ek en jy by Hom uit! Die eerste genooides verwerp Hom, maar die goeie nuus, die evangelie van versoening, gaan oor die grense heen en bereik uiteindelik jou en my oor.

Wêreld rampe, oorloë, pandemies ten spyt, ons het ‘n koning wat regeer tot in ewigheid.

 Ons sing van Hom wat gebore is in Betlehem

 Ons juig oor die Verlossing wat Hy bring

 Ons gee geskenke om te herinner aan God se groot geskenk aan ons

 En ons getuig dat Hy vir ons ‘n plek berei het in die Vaderhuis waar ons Hom tot in ewigheid kan loof en grootmaak.

5

Die volgende gedig het ek jare terug geskryf vir ‘n tyd soos hierdie.

Die swye is deur God verbreek

Die koperkoepelhemel

Met engelesang oor sterreveld

Aan herders....

En jubelende mensdom

Met bewend swygend hel.

Die sterre het dit ook vertel

Die nag –

Met helder puntend ster

Aan ver besoek...

En engelekoor

Aan herders en hul skape.

Die Bybel het dit ook voorspel

In perkament

Met woord en pen, deur God gerig

Aan ver geslagte... en Gees wat werk

In mense en hul nakoms.

God self kom by ons woning maak

In menseseun

Gebore uit ‘n jonge vrou

Volledig God

Om self te sterf Vir my en ons en julle.

6

Ons kapelaanpaar

Drs Casper en Elma Krüger

Geseënde Kersfees.

Casper en Elma Krüger

ooOoo

Papa Panov se spesiale Kersfees

Die inspirasie vir hierdie verhaal kom uit die bekende Bybelverhaal in Mattheus 25:35:

“Want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves…….”

Dit is Oukersaand - laat in die namiddag. Die flou lampe en kerse skyn al in die wonings van die klein Russiese dorpie. Die kort winterdag is byna verby en die kinders is al huis toe geroep. Nou kan slegs ‘n gedempte gesels en gelag agter die geslote deure gehoor word Ou Papa Panov, die dorp se skoenmaker, stap uit sy winkel om nog ‘n bietjie te kyk wat buite aangaan. Die heerlike geure van Kersmaaltye wat voorberei word, herinner hom aan die vorige Kerstye toe sy vrou nog geleef het en sy eie kinders nog klein was. Nou is hulle weg. Die lagplooie wat gewoonlik agter sy ronde staalbrilletjie kreukel, lyk nou weemoedig.

Hy stap weer binnetoe, maak die deur toe en sit 'n pot koffie op die koolstoof om warm te word. Dan gaan sit hy met 'n sug in sy groot leunstoel.

Papa Panov het nie veel boekgeleerdheid nie, maar hy trek die groot ou Familiebybel nader en begin stadig met sy wysvinger oor elke woord die Kersverhaal te lees. Hy lees hoe Maria en Josef, moeg vir hul reis na Bethlehem, nie plek in ‘n herberg kon vind nie; en hoe Maria se babatjie in die

7
Papa Panov – die ou skoenmaker

stal gebore is. "Ai tog!" sug papa Panov, "As hulle maar net na my toe kon kom! Ek sou my bed vir hulle gegee en die baba in my lappieskombers toegedraai het om hom warm te hou."

Hy lees verder van die wyse manne wat baba Jesus kom besoek en geskenke vir hom gebring het. Pappa Panov dink hartseer: “Ek het nie eers ‘n geskenk wat ek kan gee nie” .

Toe verhelder sy gesig. Hy sit die Bybel neer, staan op en reik na die hoë rak in sy kamertjie. Hy haal 'n klein, stowwerige pakkie af en maak dit oop. Binne is 'n perfekte klein paar leerskoene. Papa Panov glimlag tevrede. Ja, hulle is die beste skoene wat ek ooit gemaak het. “Ek moet dit vir hom gee”, besluit hy.

Hy is nou moeg, en hoe verder hy lees, hoe vaker word hy. Sy ooglede word swaar en hy raak vas aan die slaap.

En terwyl hy slaap, droom hy. Hy droom dat iemand in sy kamer is. Hy besef dadelik wie dit is. Dit is Jesus.

"Jy het gewens dat jy my kon sien, Papa Panov," het Hy vriendelik gesê, "Soek my dan môre. Op Kersdag gaan ek jou kom besoek. Maar kyk mooi, want ek gaan nie vir jou sê dat dit Ek is nie. "

Toe Papa Panov uiteindelik wakker word, beier die kerkklokke en 'n flou liggie skyn by die venster in. "O, Blye dag!" sê Papa Panov. "Dis Kersdag!"

Hy staan op en strek sy ledemate. Toe onthou hy die droom en ‘n gevoel van vreugde kom by hom op. Dit gaan tóg 'n ongelooflike spesiale Kersfees wees, want Jesus gaan vir hom kom kuier. Hoe sal hy lyk? Sal hy 'n klein baba wees, soos met die eerste Kersfees? Sal hy 'n volwasse man - 'n timmerman – wees, of die groot Koning en Seun van God? Hy moet vandag mooi oplet sodat hy kan weet wanneer hy kom.

Papa Panov sit 'n spesiale pot koffie op die stoof en kyk by die venster uit. Die straat is verlate. Niemand het nog uitgekom nie. Niemand behalwe die straatveër nie. Hy lyk maar ellendig en vuil soos altyd. Waarom moet hy dan op Kersdag - in hierdie koue - werk?

8

Papa Panov maak die winkel se deur oop. "Kom in!" roep hy vrolik. "Kom drink 'n bietjie warm koffie om die koue weg te hou!"

Die straatveër kyk op en kan kwalik sy oë glo. Hy is maar te bly om sy besem neer te sit en in die warm kamer te kom. Die stoom stoot uit sy verslete klere weens die hitte van die stoof en hy vou sy yskoue hande om die warm beker koffie terwyl hy drink.

Papa Panov hou hom tevrede dop, maar af en toe dwaal sy oë na die venster. Hy wil nie sy spesiale besoeker misloop nie.

"Verwag jy iemand?" vra die straatveër uiteindelik. Papa Panov vertel hom van sy droom.

"Ek hoop rêrig hy kom," sê die straatveër, "Jy het my Kersfees so ‘n bietjie vrolik gemaak. Ek het nooit so iets verwag nie. Jy verdien dat jou droom waar word."

Toe die straatveër weg is, sit Papa Panov ‘n pot sop op die stofie en loop weer by die deur uit. Hy bekyk die straat op en af, maar sien niemand nie.

Maar hy is verkeerd. Iemand is wel op pad.

Die vroutjie stap stadig en stil terwyl haar hande oor die mure van winkels en huise gly. Sy lyk baie moeg en dra iets in haar arms. Toe sy nader kom, sien hy 'n baba wat in ‘n dun kombersie toegedraai is. Die vrou het ‘n hartseer uitdrukking op haar gesig. Die baba lê verwese en half verkluim in die dun kombersie.

“Kom in!” roep hy en stap uit om hulle te ontmoet. “Julle kan gerus inkom en bietjie voor die warm stofie kom sit.”

Die jong ma laat haar nie twee keer nooi nie, en gaan sit in die sagte leunstoel. Sy gee 'n groot sug van verligting.

“Ek sal 'n bietjie melk vir jou baba warm maak,” sê Papa Panov, “ek het ook jare gelede my eie kinders gehad.” Hy bring die melk en voer die baba versigtig met 'n lepel, terwyl die moeder haar yskoue hande en voete voor die stoof warm maak.

9

“Sy het skoene nodig,” sê die skoenmaker.

Maar die vroutjie antwoord: "Ek kan nie skoene bekostig nie; ek het ook nie meer ‘n man om geld huis toe te bring nie. Ek is op pad na die volgende dorp om werk te soek."

' n Gedagte flits deur Papa Panov se kop. Hy onthou die babaskoene wat hy gisteraand van die rak gehaal het. Maar hy het dit vir Jesus gehou. Hy kyk weer na die baba se koue voetjies en besluit......

“Probeer dit aan haar,” sê hy en gee die skoene vir die ma. Die pragtige skoentjies pas perfek. Die vroutjie glimlag gelukkig en die baba kraai van plesier.

“U was so goed vir ons,” sê die vroutjie toe sy met haar baba opstaan om te gaan. "Mag al u Kerswense waar word!"

Maar Papa Panov begin wonder of sy spesiale Kerswens waar gaan word. Miskien het hy die besoeker gemis? Hy kyk die straat benoud op en af. Daar is baie mense, maar dit is almal gesigte wat hy herken. Daar is bure wat by hul gesinne gaan inloer. Hulle knik vriendelik en wens hom 'n geseënde Kersfees toe! En hy sien ‘n paar bedelaars. Papa Panov gaan haastig binne om vir hulle warm sop en 'n groot stuk brood te gee, maar hy haas hom weer na buite om seker te maak dat hy nie dalk die belangrike vreemdeling misloop nie.

Dit word dit aand. As Pappa Panov by die deur uitkyk, sien hy geen verbygangers meer nie. Hulle is almal terug al in hul huise Hy stap stadig en teleurgesteld terug na sy kamer, maak die deur toe en gaan sit in sy leunstoel - moeg van die dag se gebeure. Hy dink dat dit tog maar net 'n droom was. Jesus het nie gekom nie.

Toe voel hy skielik dat hy nie meer alleen in die kamer is nie.

Hy droom nie - hy is wawyd wakker. Hy sien weer die mense wat na hom toe gekom het. Hy sien weer die ou straatveër, die jong ma en haar baba en die bedelaars wat hy gevoed het. Terwyl hulle verbystap, fluister elkeen: "Het jy my nie gesien nie, Papa Panov?"

"Wie is jy?" vra hy benoud.

10

Toe antwoord 'n ander stem hom. Dit was die stem in sy droom - die stem van Jesus.

“Ek was honger, en jy het my gevoed,” het hy gesê. "Ek was kaal, en jy het my geklee. Ek was koud en jy het my warm gemaak. Ek het vandag na jou gekom in die gedaante van elkeen wat jy gehelp en verwelkom het."

Toe word alles stil. Net die geluid van die horlosie op die kaggel wat tik. Dit lyk asof 'n hemelse vrede en geluk die kamer vul. Papa Panov se hart loop oor van geluk en hy wil net jubel en sing en dans.

"So, Hy het tog gekom!" is al wat hy gesê het.

Oorspronklik in Frans geskryf deur Ruben Saillens; later na Engels deur Leo Tolstoi; en hierbo in Afrikaans oorvertel deur Johan Ferreira

--ooOoo--

My wel en weë in die Suid-Afrikaanse Polisie

Dit is 31 Mei 1973, ‘n koue wintersoggend. Die strate is stil en geen voetgangers is te bespeur nie. Alhoewel dit ‘n vakansiedag is, rapporteer ek en ‘n paar ander by die Kompol gebou in Pretoriusstraat om ingesweer te word en op 1 Junie 1973 met ons loopbane as polisiebeamptes te begin. Ek ontmoet vir Joey Harmse wat ‘n kosbare vriendin word, waarmee ek nog steeds kontak het. Ons word die leviete deur majoor Wiese, die werwingsoffisier, voorgelees oor reëls dissipline, range, aanspreekvorme en waar ons diens sal doen totdat die kollegeopleiding oor ‘n paar weke begin. Bekommerd wonder ek of ons op die vakansiedag moet werk maar niemand waag dit om te vra nie. Skielik wonder ek of dit die regte besluit is? Gaan ek ooit al die goed onthou en kan doen? Tot ons verligting word ons huistoe gestuur om die volgende dag vir diens aan te meld. Ek beland by die registrasieafdeling en worstel met hope dokumente wat geliasseer moes word. So

11

elke nou en dan moet ons die polisievoertuie was en store regpak om ons te staal vir polisie-opleiding!

Ek en Joey beland in Peloton 32 en bly langs mekaar op die tweede vloer van Rosehof. Daar het ‘n gevoel van afwagting en opgewondenheid in die lug gehang. Ons ontmoet Kolonel Duveen Botha en nogmaals word die moets en moenies aan ons uitgespel. Klere en linne word ‘ge-issue’, staaltrommels uitgedeel, boeksakke en boeke opgestapel. Alles word met groot oë ontvang en niemand is seker wat om te verwag nie. Party hou nie lank nie en koop binne die eerste paar dae ontslag terwyl ons ander vasbyt en die uitdagings trotseer. Saam beleef ons hoogte- en laagtepunte, werk ons hard, skiet, swem, doen PT en leer vir ons “Polisiematriek.”

Daaglikse besoeke aan die paradegrond waar ons aan stadige pas, peletondril, formasies ensovoorts bekendgestel word. Dit was nogal lekker veral wanneer moeilike bewegings uitwerk. ‘n Verdere uitdaging was om te leer skiet, hoe om wapens te hanteer en alhoewel dit niks met skiet te doen gehad het nie, om die skietbaan uit te hardloop, die gevreesde 2,4 kilometer. Hegte vriendskappe word gesmee en ons beleef mekaar se lief en leed. Sondae marsjeer ons kerk toe en elke middag na vier word die droë kantien besoek. Ons gunsteling eetgoed was Springbok koeksisters en vrugtesap.

12
Genl.maj. Magda Prinsloo Op die skietbaan saam met Sarie en Susan

Koffietyd in die aande het bestaan uit stories vertel, grappies maak en lekker lag. Kamerinspeksie was stresvol want die uitslag was onvoorspelbaar. Daar leer ek dat daar ‘verstaan’ van skoon is! Die naweke wat jy moes inbly was lank en vervelig dan verlang jy ekstra na jou mense. Ons staan tou om die telefoon aan die einde van die gang te gebruik en jy spits jou ore as dit lui, dalk ‘n oproep vir jou!

Die lekkerste dae was betaaldag. Die eerste vier periodes is gebruik om salarisse in kontant uit te betaal. Ons kon luilekker in die son sit, tyd in jou kamer verwyl of agterstallige leerwerk inhaal. Die droë kantien was oop en spesiale lekker eetgoed soos hamburgers kon gekoop word.

Soos die seisoen van winter na somer draai, so word ons al hoe meer bedrewe in al die fasette van die opleiding. Benoudheid begin plek maak vir vasberadenheid. Ons raak gemotiveerd om net ons beste te lewer en begin uitsien na die uitpassering en om die wêreld aan te durf.

Na letterlik baie trane en sweet breek die groot dag aan. Drie parades word gehou, twee in die kollege voor die bevelvoerende offisier en die kommissaris en ‘n derde een op Loftus Versveld voor die minister van polisie.

Almal is uitgevat in splinternuwe winter uniforms, skoene blink ekstra en almal is benoud dat sy die een gaan wees wat nie die hitte kan uitstaan nie en van die paradegrond afgedra word. Dit gaan baie goed. Die dril bewegings is uit die boonste rakke en na drie dae se uithaal en wys is ons volwaardige polisiebeamptes. Ons het dit gemaak!

Nou wag die groot totsiens sê. Trane vloei vrylik. Nuwe vriendinne word omarm en almal wonder of ons mekaar ooit weer gaan sien? Baie se paaie skei daardie dag vir altyd, maar andere weer, bly vir altyd vriendinne. Ten spyte daarvan is daar ‘n onsigbare band deur ons wedervaringe tussen ons gevorm, wat nooit sal verdwyn nie. Ek word saam Joey en ander uitgeplaas na Pretoria Sentraal waar ons ons eerste vuurdoop kry. Die stasiebevelvoerder se opdrag is dat ons ‘n denkbeeldige verklaring oor ‘n huisbraak moet skryf sodat hy kan bepaal of ons behoorlik opgelei is. Weet nie wat was die uitslag daarvan nie maar twee weke later word ek en Joey oorgeplaas na die speurtak. Nou is ons ontslae van uniforms en patrollie stap, of altans so het ons

13

gedink. Omdat ons die juniors was en ook vroue (ja daar was nie so iets soos vroueregte nie ons was polisiebeamptes) het ons ondersoekwerk per voet gedoen. Staatsvoertuie was nie vir ons beskore nie, die mans moes daarmee rugby oefening toe ry! Ons het dit geniet en goeie werk gelewer wat vrugte afgewerp het. Ek en Joey was van die eerste vrouens wat in 1975 ‘n speurderkursus te Benoni deurloop het en stof in die oë van die mans geskop.

Tydens my tydperk as speurder het ek sake van diefstal en bedrog, polisiedossiere en geregtelike nadoodse ondersoeke gedoen.

As ‘n speurder het ek baie te doen gekry met die skadukant van die lewe.

‘n Ondersoek wat my altyd sal by bly is die Volkskas, Silverton Bank beleg in 1980. Ek het die geregtelike nadoodse ondersoek van die aanvallers en slagoffers hanteer en suksesvol deur die Hooggeregshof geloods.

Ten spyte van harde werk, lang ure en uitdagings het ek studeer en die Nasionale Polisie Diploma in 1981 verwerf en gekwalifiseer vir die offisierskursus. Later in die jaar is ek tesame met nege ander vroue tot die offisierskursus toegelaat. Met my verskyning voor die “Mielieraad” (Keurraad) was ek maar benoud soos al die ander want daar was genoeg bangmaakstories oor die onderhoud. Dit het goed gegaan maar toe word ek gevra wat is Tafelberg se naam in Engels. Ek kon om die dood nie onthou nie en gedink daar waai my aspirasies by die venster uit. Toe nie, ek het die kursus geslaag en as offisier uitpasseer in Desember 1981. Dit was nie maklik nie, ek het ‘n baba van

Cecile Carte en ek op die dag van ons uitpassering

14

drie maande gehad en was die eerste kandidaatoffisier wat toegelaat is om nie in die Kollege in te woon nie.

Ek is as luitenant uitgeplaas na

Die uitpassering was in volle uniform wat vir ons speurders ‘n ander uitdaging was. Daar kry ek toe ‘n uittrap omdat my “hoed soos ‘n roof op ‘n seer sit”. Gewonder of sy nog nooit gehoor het dat die kwartiermeester se uitrustings óf te groot óf te klein is nie. Ek moes maar “settle” vir die te klein hoed, wat heeltyd wou afval en skeef sit.

My hoed wat te klein is

Pretoria speurtak in bevel van die diefstal- en bedrogtak. Gedurende

1983 is ek verplaas na die polisiekollege waar ek sou klasgee in ondersoek van misdaad en polisie administrasie. Ek skryf saam met kollegas in vir verdere studie by UNISA en verwerf die BA (Polisiekunde) en BA (Polisiekunde) (Honneurs)-grade.

Woensdae was sportmiddag en ek het by die netbalspelers ingeskakel.

Pelotonnetbal is gespeel en jaarlikse kampioenskappe tussen al die provinsies is in die kollege aangebied. ‘n Nasionale netbalspan wat aan verskeie toernooie deelgeneem het, is jaarliks na afloop van die kampioenskappe gekies.

Alhoewel die kompetisie fel was het daar altyd ‘n goeie gees tussen die deelnemers geheers. Verskeie trofeë en medaljes is aan speelsters en spanne toegeken.

Netbal in die polisie het heelwat provinsiale en nasionale speelsters opgelewer.

In 1995 word ek gekies om vir die SAP Nasionale Netbalspan aan die Wêreld Polisie- en Brandweerspele in Melbourne, Australië deel te neem. Lande van dwarsoor die wêreld het deelgeneem. Die

15

openingseremonie is in die MCG gehou wat min of meer dieselfde vorm as die Olimpiese Spele aangeneem het. Ons tree as naaswenners uit die stryd en stap met die silwermedaljes weg.

In 1989 word ek as kaptein na die bevorderingsraad in Hoofkantoor verplaas. Dit was nou ‘n plek wat alle lede eerder vermy het. Dit was verbode terrein en daar het ‘n soort misterie oor die bevorderingsraad gehang.

Vir my het dit gevoel of ek in die leeukuil instap, maar ek beland in die vuilste, deurmekaarste kantoor wat ek nog gesien het. Nodeloos om te sê veranderings is aangebring en kort voor lank het alles soos ‘n goed geoliede masjien geloop. Die personeel was pligsgetrou en lojaal en het baie hard gewerk. Ons het besef hoe belangrik bevordering vir elke lid was en dat hulle dit verdien

Bo en behalwe die verwerking van bevorderings is aandag gegee aan nuwe prosedures en prosesse. ‘n Nuwe bevorderingsbeleid is onderneem om voorsiening te maak vir die inskakeling van die ander polisiedienste in Suid Afrika na 1994.

Duisende lede se bevorderings en range is hersien. Dit was ‘n tydperk waar daar letterlik dag en nag gewerk is.

Skielik is ons gekonfronteer met nuwe uitdagings. Staande Orders en Regulasies het plek gemaak vir wette, regulasies, prosedures en prosesse. Vakbonde, onderhandelings, griewe en arbitrasies was aan die orde van die dag en dit het gevoel asof almal ontevrede was. Die woorde UBUNTU, deursigtigheid, ens was aan die orde van die dag.

Die en-masse integrasie van ander polisiedienste, die spoorwegpolisie en munisipale polisie het ‘n massiewe werklas gehad.

Soos met baie ander het ek deur die range beweeg en die voorgeskrewe kursusse bygewoon. in 1991 woon ek die junior bestuurskursus en in 1993 die senior bestuurskursus by.

So terloops iets waaraan ek ‘n kleintjie dood het is kursusse en werkswinkels om nie eers te praat van strategiese beplanning waar ure geredeneer word oor visies en missies nie.

16

Na my aanstelling as hoof van personeeladministrasie het die druk net vererger en gereelde herstrukturering, verandering van beleid ensovoorts, het daaglikse take net moeiliker gemaak.

Die pos het ingesluit aanstellings, bevorderings, diensbeëindiging, verlof en nog ‘n rits ander dissiplines. Ons het hard gewerk, saam gelag en saam gehuil maar tog bo uitgekom en kosbare vriendskappe is gesmee.

‘n Samewerkingsooreenkoms was met die polisiediens van Swede aangegaan.

In 2000 besoek ek en ‘n groep vakbondleiers van POPCRU, SAPU en die Vereniging van Staatsamptenare Swede vir uitgebreide werkwinkels om kers op te steek oor die funksionering van menslike hulpbronne.

Saam met vakbondlede in Stockholm Swede

Dit was insiggewend en waardevolle lesse is geleer.

Verdere aanstellings en bevorderings het gevolg en ek het in verskillende poste in Personeeldienste gedien. Groot uitdagings is te bowe gekom en ek het baie vriende en kollegas sien kom en gaan.

Van die Suid-Afrikaanse Polisiemag tot die Suid-Afrikaanse Polisiediens, nuwe uniforms, nuwe kentekens, nuwe range, ‘n nuwe Polisievlag, die “(V)” agter vroulike lede se name en handtekening het verdwyn en nog vele meer wat alles deel was van my loopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Afsonderlike poste-strukture vir vroulike en manlike lede het bestaan wat reggestel is. Vroue kon nou met mans meeding om bevordering en poste. Waar ons vir jare in range stilgestaan het, is dit reggestel en aanpassings is gemaak.

Dalk die mees dramatiese wat baie moeilik aanvaar was, was dalk die range en aanspreekvorme. Nou moes die polisiediens demilitariseer en adjudant offisiere het “meneer” of “mevrou” of “me” geword. Siviele kleredrag was aan die orde van die dag! So het brigadiers in sekere poste direkteure geword. Staatsdienswet-aanstellings is gemaak en vir my het die polisie soos nog net ‘n staatsdepartement gevoel. Dit was

17

vreemd en het heelwat verwarring veroorsaak en was nie goed vir dissipline nie. Gelukkig het dit weer verander en range soos ons dit geken het, is heringestel. Soos alle goeie dinge tot ‘n einde kom, het my loopbaan, wat deur beserings kortgeknip is, ook tot ‘n einde gekom.

Na 32 jaar se diens en baie stampe en stote, hoogtepunte, ‘n aantal bevorderings, medaljes en toekennings verder, verlaat ek die diens in Oktober 2005 met die rang van generaal-majoor (assistent-kommissaris).

Gedurende my loopbaan het ek die onvoorwaardelike steun van my man, Jamie gehad. Hy en ons drie seuns moes baie opofferings maak en het my tyd en aandag met die polisie gedeel. Sonder hulle bystand sou ek nie suksesse in my loopbaan behaal het nie.

man Jamie en ek ‘n rukkie na my aftrede

Dankie aan genl.maj. Magda Prinsloo vir hierdie mooi bydrae

Ook in Nongqai Vol. 12 No. 10A van 17 September 2021 gepubliseer ooOoo

Ideale man

Meisie: “Ek soek ‘n intelligente man met wie ek kan trou”.

Kêrel:

“Wat van my?”

Meisie:

18
My My regter- en linkerhande, Dawie en Alet
“Reg, jy kan ook help soek”.

Changing of the South African Police Service rank structure / insignia during May 2002 after the funeral of the late Minister Steve Tshwete

After a recent discussion with lieutenant general Johan Ferreira, I was approached to document some remembrances in respect of the background that led to the changing of the South African Police Service rank structure / insignia during May 2002.

Background

On 26th April 2002 the former Minister of Safety and Security (Police), Steve Tshwete, passed on. His funeral service took place on the 4th of May 2002 in the Bisho Stadium.

Minister Steve Tshwete1

Steve Vukhile Tshwete (12 November 1938 in Springs, Transvaal – 26 April 2002 in Pretoria, Gauteng) was a South African politician and activist with the African National Congress. Involved in Umkhonto we Sizwe, Tshwete was imprisoned by the apartheid authorities on Robben Island from February 1964 to 1978. Tshwete resumed activities with the ANC and became a regional coordinator for the new United Democratic Front. He later lived in exile in Zambia with the ANC. After the first free elections in South Africa in 1994, he became the new government's first Sports Minister and later was Minister of Safety and Security.

Funeral

of Steve Tshwete

The late arrival of Nelson Mandela briefly disrupted proceedings at the official funeral of the late Safety and Security Minister Steve Tshwete at the Bisho Stadium on Saturday 4th May 2002 as mourners burst into song to welcome the country's first democratic president.

Eastern Cape Premier Makhenkesi Stofile was forced to interrupt his welcome speech and had to appeal to thousands of supporters to calm

1 https://en.wikipedia.org/wiki/Steve_Tshwete

19
Major General André Wiese

while the crowd chanted “Nelson Mandela” as the former president alighted from his vehicle, surrounded by bodyguards.

He later took his place next to President Thabo Mbeki and Deputy President Jacob Zuma.

Funeral attendance by the SAPS Management

The funeral was attended by several members of Senior Management of the SAPS, including the late National Commissioner Jacob Sello (Jackie) Selebi. Commissioner Selebi was accompanied by inter alia officers with the ranks of Deputy National Commissioner, Provincial and Divisional Commissioner.

According to information as well as my recollection, the following senior management accompanied Commissioner Selebi and were also present at the funeral namely: Deputy National Commissioners Louis Eloff, Comm André Pruis, Hamilton Hlehla, and Tim Williams, as well as Divisional Commissioners Johan Deyzel, Wilson Makhubela and Magda Stander.

During the funeral it was clear that certain distinctions in specifically the rank insignia of the SAPS and that of the SANDF, created a great sense of animosity that was displayed by certain individuals who were not familiar with the rank structure/seniority and/or the line of command of the SAPS.

General Siphiwe Nyanda, the Chief of the South African National Defence Force from 1998 to 2005 for instance had the following insignia on his shoulders namely:

 A crossed sword and baton with 4 nine-point stars

National Commissioner Jackie Selebi the National Commissioner of the South African Police Service displayed the following rank insignia on his epaulettes:

 A crossed sword and baton and only 3 hexagons

The lieutenant generals of the South African National Defence Force were in turn wearing similar rank insignia as Commissioner Selebi and were displaying it as follow:

20

 A crossed sword and baton 3 nine-point stars

As a result of this discrepancy in the insignia, it happened that Commissioner Selebi was treated as if he was at the rank level of a lieutenant general in the SANDF as he only had 3 hexagons versus the 4 stars of his counterpart, general Nyanda.

Likewise, were the Deputy National Commissioners, Provincial and Divisional Commissioners who were all at Deputy Director General level, treated as if they were major generals in comparison with the SANDF insignia as they were wearing only 2 hexagons similarly to the 2 nine-point stars that the major generals of the SANDF were wearing. With this situation at hand one can imagine that certain egos were totally uncontrollable and the numbers 3 and 4 suddenly became a crucial point of contention.

It was hence very important that the rank insignia of the SAPS and that of the SANDF didn’t create confusion between members of both disciplines, specifically for protocol and command-and-control purposes.

The following Monday, and back in Pretoria, this unfortunate and unforeseen scenario at the funeral was very high on the agenda and an instruction to address it by adopting the “same” insignia than the SANDF, was issued by Commissioner Selebi to be implemented without fail.

Director (Adv.) Dawie Joubert received the instruction to prepare an amendment to the SAPS regulations to be published in the Government Gazette, more detail to follow later. I then received an instruction from Deputy National Commissioner Louis Eloff to compile the memorandum to approve the changes for the rank insignia to Supply Chain Management (Logistics).

This instruction was received at the last minute on the 23rd of May 2002 and it had to be completed by the 24th of May 2002 to correspond with the publishment of the Government Gazette. During the night of the of

21

23rd May 2002, myself and Col Marie van Schalkwyk compiled the requested memorandum/information note.

At 07:00 on the 24th of May 2002 I reported to Deputy National Commissioner Louis Eloff with the said memorandum in my hand Needless to say, he already had the envisaged and new rank insignia on his epaulettes.

Whilst Comm Eloff greeted me, his first words to me were: “Don’t tell me you also want to be a brigadier-general now” referring to the rank structure of the SANDF. I had the rank of director/brigadier then.

I just laughed and responded to him: “Yes Commissioner, now that you have addressed your own image, what about our image”. He then just smiled at me.

At the time there was also an insignia difference between the Director rank of the SAPS that was wearing a hexagon and 3 stars versus a crossed sword and baton and 1 star by the SANDF brigadier general although they were on equal rank level.

Rank insignia changes

The rank insignia of the Police changed many times, specifically since the Amalgamation of the South African Police (SAP) with the 4 Independent and the 6 Self-Governing States in 1994 to form the new South African Police Service (SAPS).

It the changed again in May 2002 as well as in 2010 - more details to follow below.

Government Gazette of 24 May 2002

Following the instruction of Commissioner Selebi on the 24th of May the Following Government Gazette No. 23443 was published.

Regulation 18 of the Regulations of the item, BADGES OF RANK, was amended by the substitution for item III to Schedule C, as follows:

National Commissioner

Deputy National Commissioner

Crossed sword and baton below four hexagons

Crossed sword and baton below a star and three hexagons

22

Provincial/Divisional Commissioner

Crossed sword and baton below three hexagons

Assistant Commissioner Crossed sword and baton below two hexagons

Director Three stars in a triangle below a hexagon

Senior Superintendent Two stars below a hexagon

Superintendent One star below a hexagon.

Captain Three stars

Inspector A sleevebadge with two stars and the words ‘POLICE’ and ‘Inspector’

Sergeant

Constable

A sleevebadge with a three-bar chevron below a hexagon and with the words ‘POLICE’ and ‘Sergeant’

A sleevebadge with the badge described in paragraph I(a) and the words “POLICE’ and ‘Constable’

The Rank insignia in the South African Police (SAP) before 1994

This was the rank insignia as displayed on the epaulettes of the officers within the SAP before 1994.

The Rank insignia in the South African Police (SAP) before 1994

The rank insignia as displayed on the epaulettes of the officers within the SAP before 1994 is as follows:

General

(The then Commissioner of the South African Police

Lieutenant General

23

Major General

Brigadier

The Rank insignia in the South African Police Service (SAPS) after 24 May 2002

After the already discussed change of the insignia of the ranks of the SAPS in 2002, it was again decided to change back to the ranks as well as the names of the old South African Police (SAP) in June 2010.

The senior management Rank insignia in the South African Police (SAPS) after June 2010

24

After June 2010 the names of the ranks changed again to what it was before 1994 e.g. : from commissioners back to generals; directors to brigadiers and superintendents back to colonels.

The complete Rank insignia in the South African Police (SAPS) after June 2010 and how it stands still today

25

A comparison between the ranks of the SAPS with that of the SANDF

To follow is a display of the difference between the ranks and insignia of the SAPS and the SANDF as it stands today.

26

Contribution by Major General André Wiese November 2021 -ooOoo

Suid-Afrikaanse polisieman internasionaal vereer

Kolonel Kobus Lategan (56), die operasionele bevelvoerder van sigbare polisiëring in Johannesburg, het in sy 38 jaar in die polisiediens al die

27

ondenkbare gedoen en beleef. Na byna vier dekades se toegewydheid in misdaadbestryding is by vereer met ‘n internasionale toekenning ter erkenning van sy uitstaande leierskap, toewyding en professionele standaarde.

Lategan het verlede jaar in Oktober Interpol se gesogte professionele dienstoekenning ontvang. Beamptes wat vir die toekenning in aanmerking wil kom, moet benoem word.

Die toekenningsgeleentheid het tydens die 14de internasionale konferensie vir wetstoepassing en intellektuele eiendomsmisdaad in Costa Rica plaasgevind. Dié is ‘n jaarlikse gebeurtenis en is vanjaar virtueel uitgesaai. Slegs twee polisiebeamptes van 194 lande wêreldwyd word jaarliks gekies om die toekenning te ontvang. Die toekenning word gegee aan beamptes wat ‘n groot impak gemaak het in die stryd teen misdaad wat verband hou met intellektuele eiendom.

Lategan is die afgelope 11 jaar die operasionele bevelvoerder vir sigbare polisiëring in die Johannesburg-distrik. Hy lei ‘n multidissiplinêre span wat operasies onderneem wat die onwettige handel in vervalste goedere bekamp. Dié span hanteer operasies in die hele Johannesburgse metropolitaanse gebied. ‘n Totaal van 41 polisiestasies val in hierdie gebied.

Die distrikskantoor is in Soweto geleë.

Lategan was tussen 1988 en 1993 die bevelvoerder van die polisie se honde-eenheid aan die Wes-Rand. Hy is ook as gyselaarsonderhandelaar opgelei en was die Johannesburgse gebied se gyselaarbevelvoerder tussen 1996 en 2005.

Hy het ook in 1995 aktief by die polisie se duikeenheid betrokke geraak.

Passie vir die gemeenskap

Lategan het op I Desember 1983 by die polisiediens aangesluit

28
Kolonel Kobus Lategan

“Ek het geweet ek wil die gemeenskap op een of ander manier dien, maar het aanvanklik oorweeg om onderwys of regte te studeer”

Hy het ná skool by die junior reserviste betrokke geraak en daar het sy passie vir polisiewerk begin

“In die polisiediens staan jy naby aan die gemeenskap en dien jy hulle met die werk wat jy doen. Daar ontwikkel ‘n vertrouensverhouding tussen jou en die gemeenskap. As jy ‘n verskil maak, dra die gemeenskap jou op die hande.’

Lategan sê hoewel dit tragies is wanneer hy liggame van kinders uit die water moet haal, bring dit ook effens berusting om die kind aan sy of haar ma te oorhandig.

“Die ouers van die kinders het gewoonlik soveel waardering vir jou dat jy hulle kinders aan hulle kan terugbesorg.”

Bekamping van misdaad

Volgens Lategan is hy op sy gelukkigste wanneer hy op ‘n operasie uitgaan en aktief misdaad beveg.

Ek is nie iemand vir papierwerk en die kantoor nie. Ek hou van aksie. En al staan my loopbaan einde se kant toe, voel ek steeds sterk en aktief genoeg om saam met die ander beamptes op die grond te werk”.

Lategan sê hy kry groot bevrediging uit sy werk wanneer hulle tydens ‘n operasie sukses behaal deur op goedere beslag te lê en inhegtenisnemings te maak.

“Ons het juis verlede Vrydag op ‘n gebou waar vervalste goedere geberg is, toegeslaan. ‘n Struweling tussen ons en die verdagtes het uitgebreek, maar ons het gewen. Ons het met R24,5 miljoen se goedere weggery en die kersie op die koek was die inhegtenisnemings.

“Sulke suksesse motiveer my vir die volgende operasie .”

Lategan sê die sukses van operasies hang egter af van spanwerk en ‘n individu kan nie die sukses vir homself toedien nie.

29

Dit is goed as jy met ‘n span – wat jy kan vertrou – nou kan saamwerk en oor goeie toerusting beskik. Ons het ‘n bale sterk span in Johannesburg en die toekenning wat ek ontvang het, moet eintlik aan hulle almal gaan. Want sonder my span is ek niks nie.”

Lategan sê elke operasie verskil en soms kan dinge ook skeefloop.

Partykeer lek daar inligting uit, dan vlug die verdagtes met die vervalste goedere voordat ons kan toeslaan. Ander kere word daar op ons geskiet, of ons word met ysters en messe oorval of met klippe bestook.”

Lategan sê by word omtrent daagliks in lewensgevaarlike situasies geplaas en volgens hom vrees hy die onbekendheid van die situasies.

“Die onbekende en onsekerheid maak my bang. Dit is waarom ons ten alle tye paraat en wakker moet wees. Ek sal op pad na ‘n operasie heel skrikkerig wees omdat ek nie weet wat gaan gebeur nie. Daar word ook meer druk op my geplaas omdat ek in bevel is en moet seker maak al my spanlede veilig is.”

Werklewe vs gesinslewe

Dié passievolle polisieman is egter ook ‘n gesinsman.

Volgens Lategan handhaaf by ‘n goeie balans tussen sy werk- en gesinslewe. Hy sé sy vrou en twee kinders –‘n seun (21) en dogter (16) –is sy steunpilare.

“My vrou werk as finansiële adviseur van die huis af en sy verstaan my werkure en wat ek doen.”

Lategan sê hy begin meestal teen 07:00 werk en werk dan gewone werkure, maar moet soms na-ure of oor naweke werk wanneer daar ‘n operasie is wat sy aandag verg.

“Ek ry in die oggende bergfiets voordat ek werk toe gaan. Ek en my vrou draf ook graag saam.”

Vir ontlading ry Lategan ook motorfiets of hy en sy vrou gaan stap of kamp.

30

Die gesin het ook twee honde wat vir Lategan soos kinders is. “Smiddae wanneer ek by die huis kom, staan die honde op hul agterpote al gereed en opgewonde om my te sien.”

Volgens Lategan het die polisiediens oor die jare goed vir hom gesorg en beskou hy dit nog altyd as sy roeping.

“Dit is ‘n goeie loopbaankeuse vir enige jong mens wat by die gemeenskap betrokke raak en ‘n verskil wil maak”.

Berig in Maroela Media: 23 Oktober 2021 deur Anja van der Merwe ooOoo

Die Telekskantoor

Voor die koms van die faksmasjien en vandag se digitale media soos rekenaars, selfone, whatsapp, sms’se en epos, was die teleksmasjien die doeltreffendste manier om dringende inligting in die Suid-Afrikaanse Polisie te versprei

‘n Siemens Teledrukker van die 1960s

Ek het aan die einde van 1964 uitpasseer en na ‘n kort rukkie op Brooklyn, by die Korrespondensie seksie en later in die telekskantoor op Hoofkantoor beland. Die rede vir die plasing was omdat ek kon tik. ‘n Teleksmasjien is nogal ‘n ingewikkelde affêre en ek moes eers bewys of ek oor die vermoë beskik het om ‘n teleksoperateur te kan wees. As negentienjarige jongman wat uitgesien het na ‘n loopbaan vol avontuur in die polisie, was dit nogal ‘n ontnugtering om in die telekskantoor in Hoofkantoor te beland. Maar ek het nie juis ‘n keuse oor die saak gehad nie. In daardie jare was daar nie vrae gevra of griewe gelug nie. Die tyd wat ek daar gedien het, was egter baie leersaam en die eerste trappie op die leer van my loopbaan in die SuidAfrikaanse Polisie.

Op Hoofkantoor (Kompol 94) was die Telekskantoor in die sestiger- en sewentigerjare die “hartkamer” waar dringende, vertroulike en ander

31

sensitiewe boodskappe ná- en van al die polisie-afdelings in die land hanteer is.

Die telekskantoor was die plek wat ons jong konstabels direk met senior offisiere kontak gemaak het. ‘n Kolonel of brigadier het dikwels persoonlik agter jou skouer kom staan en dan sommer sy boodskap woordeliks gedikteer. Aanvanklik was dit nogal vreesaanjaend as ‘n senior offisier agter jou staan om sy berig te dikteer. Maar ons het gou besef dat hulle maar net gewone mense is soos ons.

‘n Dag in die telekskantoor het gewoonlik begin met die misdaadverslae wat vanuit elke telekskantoor in die land ingestuur is. Al die ernstige misdaadvoorvalle in die land is gerapporteer en ook ‘n kort beskrywing van elke geval en of daar al enige arrestasies en/of verdagtes was. Die afsterwe van lede is ook sonder uitsondering gerapporteer.

Een dag het ‘n offisier by die kantoor ingestorm en gesê het dat hy ‘n dringende, uiters geheime teleks na die Kommissaris wat in die Kaap was, moet stuur. Maar dat ons nie daaroor mag “uitpraat” nie! Dit het gegaan oor ‘n offisier wat hom aan een of ander ernstige misstap skuldig gemaak het. Ons het hom verseker dat ons operateurs almal ‘n geheime klaring het en dat ons nooit daaroor sal praat nie! (As ‘n lid destyds lelik drooggemaak het, is hy gewoonlik so gou as moontlik op die eerste trein gesit en so ver as moontlik daarvandaan verplaas. In so ‘n geval moes daar egter eers dringende magtiging vanuit hoofkantoor verkry word – daar is onder mekaar gepraat dat so ‘n lid met die “nagtrein” verplaas is. Die arme drommel het dikwels by sy nuwe standplaas aangekom voordat sy nuwe stasie geweet het van sy verplasing....).

Daar was hier en daar ook snaakse insidente, soos toe ‘n senior offisier ‘n boodskap na die Kommissaris wou stuur. Toe ek gereed was om te begin tik, het hy sy kop na die ventilasie-opening gebuig en gesê “Hello, Generaal, is u daar? Kom in asseblief!” Toe moes ek hom reghelp en vir hom sê dit werk nie so nie en dat alles getik moet word, het hy baie verleë gevoel.

Een van die hoogtepunte in die telekskantoor was wanneer die teleks getiteld Bevorderings: Offisiere bekendgemaak is. Dan het die telefoon-

32

lyne oor die lengte en breedte van die land gegons van gelukwensings en helaas ook simpatie aan die offisiere wat dit misgeloop het.

Dieselfde opwinding was ervaar wanneer die eksamenuitslae van die onderskeie bevorderingseksamens bekend gemaak is. Die ellelange lys van kandidate, voorletters en name, magnommers en standplase en die posisie wat hul verwerf het, is tegelykertyd na al die afdelings in die land versend. Hierdie lys was woord-vir-woord per hand getik. (Later het die tegnologie darem verbeter en kon sulke berigte vooraf op ‘n geperforeerde lint getik en meganies versend word.) Sodra die nuus bekend geword het dat “die spook loop”, het al die hoopvolle kandidate op die onderskeie telekskantore toegesak om na die lang wagtyd uit te vind of hulle die eksamen geslaag het. Skielik het ons operateurs talle nuwe vriende gekry – almal wat wou weet of hul name op die lys was!

Nog ‘n groot gebeurtenis was wanneer die verplasings van offisiere bekendgemaak is. Elke jaar, teen ongeveer September/Oktober is ‘n teleks getiteld “Verplasings: Offisiere” die land in gestuur. Dit was die teleks wat offisiere met groot spanning afgewag het. Dit het dieselfde stormloop na die telekskantore veroorsaak. Soms was dit goeie nuus, maar dikwels ook minder goeie nuus. Maar gáán moes hy gaan. Dit was in die era toe ‘n offisier maar sy tasse moes pak en regmaak het om na sy nuwe standplaas te vertrek.

Ons onderskeie teleksoperateurs oor die hele land het mekaar by die name geken, ofskoon ons mekaar in daardie stadium nooit persoonlik ontmoet het nie. In die stil tye (en daar was soms sulke tye!) het ons land en sand met mekaar oor die telekslyne gesels.

33

Die telekskantoor was ‘n gawe plek om in te werk. Nie net het ons die “warmste” nuus gesien nie; ons het dit inderdaad ook intens beleef, want jy het dit óf self getik, óf jy het dit woord vir woord gelees terwyl die operateur aan die ander kant dit getik het. In die telekskantoor was daar nie iets soos etenstye nie. As daar berigte was om te stuur of te ontvang, moes ons dit hanteer. Ons kon ook nie, soos meeste van die personeel in Wachthuis staatmaak om teen 16:00 van diens te gaan nie. As daar nog werk was om te doen, moes dit eers voltooi word. Maar daar was ook stil tye wanneer daar nie veel berigte ontvang was nie. Ons het sulke tye verwyl deur teleks-geselsies met ons kollegas dwarsdeur die land aan te knoop. Ons het ook ‘n “dartboard” (pylskyf klink net nie vir my reg nie!) in die kantoor gehad, waarmee ons die stil tye verdryf het. Etenstye het daar ook lede van ander seksies saam met ons kom pyltjies gooi het.

Ek het as ‘n konstabel in die telekskantoor begin werk totdat ek ‘n offisier geword het. Die tyd wat ek daar gedien het, het die grondslag gelê vir ‘n loopbaan wat veertig jaar geduur, en na vele omswerwinge voltooi is toe ek as die Afdelingskommissaris: Opleiding, met pensioen uit die Mag getree het.

Konstabel Johan Ferreira in the telekskantoor - 1965

Namate die tegnologie verbeter het, is die teleks vervang deur die faksmasjien en deesdae deur die elektroniese media.

Die digitale media sal na my mening nooit die mistiek en romantiek van die telekskantore van die Mag en al sy operateurs vervang nie.

Johan Ferreira Pretoria 1 November 2021

ooOoo

Dis hoe die polisie altyd moet optree

34

Genl.maj. Izak Smalman

Sedert die Marikana skietvoorval 9 jaar gelede, is daar 'n demper op die polisie se optrede geplaas. Aangeblaas deur politieke inmenging verkeer die polisie dikwels onder druk oor wanneer hulle in gevaarlike omstandighede moet optree, asook die mate van geweld wat toegepas moet of mag word.

'n Jaar gelede was daar groot gewag gemaak van die polisie se lustelose houding toe buitelandse spaza eienaars in stedelike gebiede geweier het om gehoor te gee aan versoeke om hulle besighede langs die strate en op sypaadjies in stedelike gebiede te sluit. Die Juliestrooptogte in KwaZulu Natal en Gauteng is vars in ons geheue, met beskuldigings teen die polisie wat glo nie teen die geweldenaars opgewasse was nie. Gerieflikheidshalwe vergeet ons van polisieminister Cele se dreigemente dat streng teen polisielede opgetree sou word indien hulle geweld sou toepas. Natuurlik moet polisiebevelvoerders en lede onder hulle gesag die wet ken en weet wanneer om geweld al dan nie toe te pas. Hierdie is egter makliker gesê as gedaan, veral wanneer politieke inmenging 'n rol speel.

Toe breek Donderdag, 14 Oktober aan en die minister van verdediging, Thandi Modise, en haar kollegas word die slagoffers van 'n gyselaardrama waartydens hulle deur tientalle voormalige vryheidsvegters aangehou word en eise aan hulle gestel word. Agterna beskou, dink ek nie die minister en haar gesante was in lewensgevaar nie, dog dit speel geen rol nie, daar moes onmiddellik opgetree word. Dit is presies wat die polisie se taakmag gedoen het - verras die misdadigers vinnig en doeltreffend. Hier het politiek geen rol gespeel nie, die minister van verdediging word bevry en nog 'n dag op kantoor word suksesvol deur die taakmag afgesluit. Die ergste wat met die minister gebeur het, was dat haar behoefte om die toilet te besoek, amper hand uit geruk het. Mag hierdie suksesvolle optrede deur ons polisie die voorloper wees van vele om nog te kom. Ek weet hulle kan, maar hou politiek eenkant.

Die rol wat geskiedenis in gemeenskappe speel

35

In Naweek-Beeld van 16 Oktober vertel Leopold Scholtz van die rol wat geskiedenis in elke gemeenskap speel. Helde, soos genl. Christiaan de Wet, asook misdadigers soos kolonel Eugene de Kock, is volgens Scholtz onlosmaaklik deel van Suid-Afrika se geskiedenis.

Scholtz gaan voort en meld van die 6 miljoen Jode wat in Duitsland deur die Nazi regering vermoor is, asook die honderde miljoene mense wat in Europa onder die Duitsers se geweld tydens die laaste Wêreldoorlog gely het. Volgens Scholtz is hierdie onmenslike dade deur die Duitsers selfs erger as wat die Engelse die Afrikaners ( in die konsentrasiekampe?) aangedoen het. Dit wil gedoen wees!

Scholtz noem dat die Duitsers deesdae "min of meer" vrede met hulle verlede gemaak het. Dan die belangrikste paragraaf in sy bespreking wat ek woordeliks aanhaal : "Dit word ook aangehelp deurdat nuwe geslagte, wat nie self verantwoordelikheid kan dra nie, intussen hulle opwagting gemaak het". Inderdaad beteken dit dat die nuwe geslag Duitsers, gebore nadat die oorlog tot 'n einde gekom het, nie vir die misdade van die Nazi's verantwoordelik is nie.

Dit bring my by die misdaad of euwel (noem dit wat jy wil), van apartheid, wat in Suid-Afrika voortdurend bestraf word, maak nie saak of die "skuldiges" voor of na 1994 op die toneel verskyn het nie. Straf moet wit mense gestraf word. Kwotas by die werkplek, swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie, kwotas vir universiteitstoelating, rangering van Afrikaans na die syspoor op die kampus, al het die sogenaamde skuldiges geen aandeel in apartheid gehad nie, is voorbeelde van strafmaatreëls wat steeds toegepas word.. Apartheid word ook ewe gerieflik gebruik om agter te skuil as die regering nie die mas op verskeie gebiede kan opkom nie, soos infrastruktuur van 40 jaar en ouer , asook puttoilette by skole.

Vrede met die verlede geld dus elders in die wêreld, dog nie in SuidAfrika nie, want apartheid moet hier lewendig gehou word . Dit bly die vernaamste bron waaruit die regering politieke munt moet slaan. Apartheid se vervaldatum het reeds jare gelede verstryk en dit moet nou ook deel van die land se geskiedenis word.

Genl.maj. Izak Smalman

36

Briewe in Beeld en Die Burger 16 Oktober 2021 --ooOoo

Nog ‘n ideale Man?

De ideale man rookt niet, drink niet, flirt nie, snurkt niet en bestaat niet

ooOoo

Nederlandse wysheid

‘n Kersmaal resep: Ham (Gammon) en Glaseersel

Bestanddele

1 gerookte ham; 12 koppies gemmerbier; 1 eetlepel heuning; 1 teelepel mosterd poeier;

37

bruin of geel suiker.

So maak mens

Plaas ham op ‘n groot dik tinfoelie (in ‘n oondpan) en giet gemmerbier oor.

Maak ‘n pasta van heuning en mosterd en vryf in ham.

Strooi suiker oor.

Verseël baie goed.

Plaas in oond en bak 30 minute vir elke 500 gram van ham se gewig teen 180° C

Haal uit, maak oop en trek vel af.

Sny ‘n diamantpatroon in die vetlaag (pasop vir te-diep snye) en druk ‘n naeltjie in elke diamant.

Glaseersel:

Bestanddele

3 eetlepels pynappel- of lemoensap; (ons gebruik die sap van geblikte pynappelstukkies)

2 teelepel aangemaakte mosterd;

2 eetlepels heuning;

1 teelepel mielieblom.

So maak mens

Meng alles saam in ‘n klein kastrolletjie, verwarm en kook tot glaseersel glad en stroperig is.

Smeer met ‘n kwassie oor die ham. Pasop dat naeltjies nie uitval nie.

Plaas hoog in ‘n warm oond van 200° C en bak tot die glaseersel mooi rooibruin van kleur is.

Oppas vir brand. ‘n Heerlike, matige mosterd wat saam met die ham gaan

Bestanddele

1 Blikkie kondensmelk

1 koppie suiker

38

Omtrent 4 hoogvol lepels Coleman’s Hot English Mustard poeier

½ koppie Mayonnaise

½ koppie bruin Asyn

Metode

Meng die eerste drie bestanddele

Voeg die mayonnaise en asyn by en meng

Klits dit met ʼn eierklitser

Hou in yskas

Soos voorberei deur Nettie Ferreira (Bron vir die Ham: Sarie Marais 20 Desember 1972)

ooOoo

Lief en Leed

Net voordat hierdie nuusbrief uitgestuur moes word, het ons die nuus verneem dat mev. Marie Calitz van Jeffreysbaai op 16 November 2021 oorlede is. Volgens mev. Babs Smith het sy in die laaste jare in totale afsondering geleef en net eenvoudig weggekwyn. Sy sal ons medelye aan haar kinders oordra. Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.

‘n Hele paar van ons lede het in hierdie tyd geworstel met siekte en die verlies van familie en vriende:

 Lt.genl. Colin Steyn se eggenote Adrie is al geruime tyd nie gesond nie en hy versorg haar elke dag met liefde en toewyding tuis.

 Ons dink aan genl. Chris Smith en Babs en hul seun wat Covid opgedoen het. Hul seun het pas tevore ook sy eggenote aan die dood afgestaan.

 Genl. Ben du Plessis en Corrie moes ook die verlies van hul seun Kobus beleef.

 Genl. Bertus Steyn het, te midde van ander uitdagings, ook Covid opgedoen. Hy was baie siek, maar met sy wilskrag het hy herstel.

 Ook genl. Sakkie Minnaar en Bettie het Covid opgedoen. Hulle het herstel en sterk ook aan, maar genl. Sakkie sukkel nog met kortasem.

 Ons dink ook aan ons ouer lede, soos generaals Hendrik de Villiers en Hennie Fischer asook Ina Westraat en Marie Muller wat nog die verlies van hul onderskeie eggenote verwerk.

39

 Genl. Ben Groenewald het ook ‘n klepvervanging en veelvuldige hartomleidings ondergaan.

 Indien enigiemand dalk per abuis hier uitgelaat is, ook ons ondersteuning en voorbidding.

Ons vra dat u hulle en hul naastes in u gebede onthou.

Johan Ferreira (Redakteur) 16 November 2021

40
ooOoo

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.