Generaalsklub' Nuus

Page 1

GENERAALSKLUB

Desember 2022

Nuusbrief van die Generaalsklub van die

S.A. Polisiemag

NR 17

Ons leuse

Ons deel graag in mekaar se lief en leed Wissel gedagtes oor aktuele sake

Beur mekaar op met boodskappe van geloof en hoop Lag saam oor humor en alles wat in ligte luim is

Maar doen niks wat nie met ons Christelike beginsels versoenbaar is nie.

Ons is lede van die Generaalsklub in woord en daad

Voorblad

In hierdie uitgawe

Jakaranda Kinderhuis, Pretoria

– Kersliggies by die
Boodskap deur die voorsitter 1 Kersboodskap deur dr. Casper Krüger 3 Van die redakteur 4 Die geskiedenis van Kersfees van tóé en nóú 5 Police gender-based violence hurdles unresolved 3 decades on 8 One-line Quote 9 Operation Bouwer: The “Perfect Murder” 10 Die beeldskone kunstenaar en haar Datsun 17 Verplasings en ontnugterings was maar deel van ons lot 22 Geen Ligpunt 23 Die waarde van ‘n drukkie 24 Wat is ‘n senior burger? 24 Korporaal Jackie Bobbejaan en ander gelukbringers 25 Die polisie en die sjebeen 28 Die waardes wat morele verval kan stuit 31 Impersonating a Police Officer 31 Uitgevang! 33 Mev Joey Pienaar by die Bejaardesorgfonds 33 Ek laat my nie fnuik deur advertensies 38 Huldeblyk aan genl. Johan van der Merwe 40 Twee Seuns In Memoriam 44 47 -ooOoo-

Boodskap deur die Voorsitter

Dit is met 'n gevoel van onwerklikheid en diepe hartseer dat ek vandag hierdie boodskap skryf.

Generaal Johan van der Merwe se afsterwe op 27 Augustus 2022 het soos 'n rukwind gewaai deur die geledere van almal wat hom geken het.

Natuurlik was hy, soos ons almal, ook maar 'n sterflike wese maar hy was vir só lank só 'n onlosmaaklike deel van hierdie klub en sy mense dat die finaliteit van sy afwesigheid nog lank sal neem om in te sink.

Selfs nadat ek in Januarie 2020 die voorsitterskap van die Pretoria tak van die Generaalsklub by hom oorgeneem het, was ek deurentyd daarvan bewus dat hy nog steeds die stille krag in die omgewing was. En hoekom nie? Hy het die klub soos ons dit vandag ken reeds in 1995 met 'n bepaalde doel voor oë gestig. En daardie doel was suiwer om 'n sosiale tuiste te skep vir ons as oud-lede van die Suid-Afrikaanse Polisiemag (SAP) na die amalgamasie van die SAP en ander polisiemagte om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in 1995 tot stand te bring.

Na my verkiesing as voorsitter was dit ook vir my gerusstellend dat ek nog gereeld met hom kon skakel en van tyd tot tyd sy raad oor bepaalde kwessies kon vra. Maar in die proses het ek ook ervaar dat ons 'n nog hegter persoonlike verhouding begin ontwikkel het. Dit was en bly vir my kosbaar.

Dit is derhalwe my absolute voorneme en ek glo ook dié van die res van ons om hierdie klub en die doel waarvoor dit gestig is in stand te hou en selfs uit te bou. Ons moet egter verwag dat daar nog vele uitdagings in die toekoms op ons pad sal kom en daarom leun ek in hierdie verband graag losweg op die volgende frase deur die digter/skrywer Hennie Aucamp uit Pluk die dag in 1994:

In krisistye is kultuur geen luukse nie maar die hoogste vorm van selfbehoud. want kultuur staan vir interne orde, en interne orde is die fondament van alle beskawings.

1

Maar nou is dit byna weer Kersfees en ons sien almal uit na 'n tydperk van rus en vrede met ons geliefdes. Vir kinders en kleinkinders is dit dikwels eerder 'n tyd van vakansie, geskenke en 'n wegbreek van skoolen universiteitsverantwoordelikhede. Maar terwyl ons dit alles geniet kom ons vergeet ook nie dat Kersfees eintlik gaan om die herdenking van Jesus se geboorte en die belangrikheid van Sy verlossingsboodskap vir elkeen van ons. Dalene en ek wens u graag 'n baie geseënde Kersfees toe en bid dat ons almal Sy liefde en vrede in oorvloed gedurende hierdie tyd sal ervaar.

Dr Johan Burger November 2022

-ooOoo-

2

Kersboodskap deur dr. Casper Krüger

Johannes 19:30b: “…..dit is volbring”.

Hierdie is woorde wat ons gewoonlik net in Paastyd hoor. Die Here roep dit uit wanneer Hy die taak wat Sy Vader Hom opgelê het, voltooi. Sy aardse lewe is verby en Hy neem weer Sy plek by die hemelse troon in. Wat beteken hierdie woorde vir u en my in Kersfeestyd 2022?

In Johannes 4:34 en 36 sê die Here dat Sy voedsel daarin lê dat Hy Sy Vader se wil uitvoer en die werk wat Hy Hom gegee het moet voltooi. Die Vader word juis daardeur verheerlik. Daarom kan Hy aan die kruis uitroep: “Tetelestai!! Dit is volbring.”

Vir u en my beteken dit dat Hy ons weer as verloste en geheiligde mense voor God bring! Die fees van Kersfees word nie gevind in 25 Desember nie. Sy geboorte is die vooruitloop gebeurtenis wat juis vir u en my herstel by God waarborg. Met die uitroep in Johannes 19 voltooi Hy elkeen van ons se heiligmakende heilsdaad.

Sy koms na die aarde was nie een of ander nagedagtenis by God nie. God se toorn oor die mensdom se wegval van Hom is nou verby. En vir Jesus het hierdie uitroep waarskynlik vier dinge beteken.

1. Deur Sy plaasvervangende intree vir ons is versoening met God bewerk! Hy het vir ons gesterf, maar ons het saam met Hom opgestaan!

2. Die skrif wat Sy koms en lyding voorspel het, is voltooi!

3. Die woorde van Matteus 5:17 waar Hy sê dat Hy nie gekom het om die wet tot niet te maak nie, maar om dit te volbring, is nou afgehandel! Hy het elke voorskrif daarvan tot vervulling gebring.

4. Met Sy uitroep: “….dit is volbring”, het Hy die Satan, die teëstander en aanklaer, finaal oorwin.

Sy taak is afgehandel. Ons taak lê nog voor. Laat ons die pad met volharding loop.

3

Goddank! Hy leef en ons leef met Hom!

Elma en ek wens u een en elk die keur van God se seën toe vir die feestyd van 2022.

-ooOoo-

Van die redakteur

Geagte lesers.

Dit is my voorreg om die sewentiende uitgawe van die Generaalsklub Nuusbrief aan u te bied.

Baie dankie aan al die bydraers dat u gewillig is om u ervarings en gedagtes met ons te deel.

4
Drr. Casper en Elma Krüger

In hierdie nuusbrief is daar drie bydraes deur genl.maj. Sharon Schutte, wat spesiaal geplaas is om die eerste groep vroue te herdenk wat in 1972 (vyftig jaar gelede) as volwaardige lede van die Mag aangestel is.

Ek vertrou dat u die inhoud, wat vanself spreek, sal geniet. Mag u ‘n geseënde feestyd en ‘n voorspoedige 2023 ervaar.

Ferreira November 2022

-ooOoo-

Die geskiedenis van Kersfees van tóé tot nóú

Kersfees is om die draai en dan vier ons in die Christelike tradisie oudergewoonte die herdenking van die geboorte van Jesus Christus.

Die gebruik om die geboorte van Christus op 25 Desember te vier, het in die vierde eeu N.C. ontstaan. Christus vorm die middelpunt van die Kersfees. ("Kers-" van Kersfees het ontwikkel uit "Krest", wat op sy beurt weer uit "Christ" ontwikkel het.)

Sedert die 17e eeu het die versiering van die boom met liggies by Kersfees algemeen in Duitsland en die Lutherse Kerk in gebruik geraak, en vandaar het dit oor die hele Christelike wêreld versprei sodat Kersfees in die suidelike halfrond ook met 'n denneboom vol liggies gevier word.

Suid-Afrikaners het ook al die gebruike van 'n tradisionele Europese Kersfees by hul Europese voorouers geërf, waarvan liefdebetoning en gee twee van die dinge is wat Kersfees waarlik Kersfees maak.

Hier op eie bodem is enkele gebruike en tradisies rakende die viering van Kersfees oor die dekades aan die verander. Ons het ook die tradisie om jaarliks 'n Kersboom met liggies en ander kleurvolle behangsels te versier, met geskenke daaronder. Jare gelede is baie moeite gedoen om 'n lewende denneboompie te gaan afsaag. Tans is kunsmatige Kersbome maklik in winkels verkrygbaar.

5

Almal vergader gewoonlik op Oukersaand om die Kersboom. Om twaalfuur word 'n heildronk ingestel, en gelukwensinge en geskenke word uitgeruil. Almal sien uit na hierdie jare lange gesinstradisie.

Met hierdie rituele aan die gang dink ek onwillekeurig terug aan vorige Kersfeeste toe die kinders nog klein en almal in die huis was. Ek kan weer die opgewondenheid op hul kindergesiggies sien in afwagting dat middernag moet aanbreek; die opgewondenheid by die uitdeel en oopmaak van geskenkpakkies en geskenkpapier wat die hele vloer vol gestrooi lê. Ek kan nog die blydskap en tevrede glimlagte op die gesiggies onthou, en weer die verbaasde uitroepe van hul kinderstemmetjies hoor.

"Ek wou lankal so iets gehad het! Hoe het Mammie geweet?" ensovoorts.

Nou is dit anders. Die storietjie oor Vader Krismis wat deur die skoorsteen kom en geskenke bring, word lankal nie meer geglo nie. Kinders kry ook nie meer die eenvoudige "Made in Japan"-plastiekspeelgoed van weleer nie. Handelsmerk-klere en -skoene en ander peperduur digitale toestelle is nou aan die orde van die dag.

Die kinders wat intussen grootmense geword het, is ook nou in 'n posisie om geskenke te gee.

Ekonomiese uitdagings het egter ook iets soos Secret Santa op die toneel gebring. Die aantal geskenke is nou beperk tot slegs één per persoonbehalwe as jy natuurlik op Kersdag verjaar.

Ná die ritueel om die Kersboom het elke kind gewoonlik met geskenke in die hand in sy of haar kamer verdwyn. Die volgende oggend sou ons vroeg opstaan, die voorkamer opruim en saam as gesin die Kersdiens bywoon - elkeen uitgevat in sy of haar Krismisklere.

Ná kerk of later die middag sou ons die ander familielede gaan besoek, elkeen 'n geseënde Kersfees toewens en oor en weer geskenke uitruil.

Nou gaan ons ook nie meer na al die ander familielede toe nie. Sommige is nie meer met ons nie; ander het oor die jare heen verspreid of

6

vervreemd geraak. Slegs by enkeles word nog draai gemaak. Vir diegene verder weg word 'n Kersboodskappie sommer via digitale media gestuur.

Waar is die dae toe ons nog in ons mooiste handskrif Kerskaartjies uitgeskryf en gepos het?

Die Kerskaartjies is dan aan 'n tou ingeryg en het dae lank in die voorkamer gehang voordat dit as soewenier weggebêre is. Gereelde en getroue diensleweraars deur die jaar, soos die posbode en sanitasiewerkers, sou ook voor Kersdag hul gebruiklike "Krismisboks" ontvang. Selfs die haarkapper of kleremaker kry 'n ekstra fooitjie.

Waar is die afwagting dat die "Jacks Keys"- of "Alibama-hampers” moet kom? - sommige met Kersgeskenke, ander met groot bokse kruideniersware of huishoudelike toestelle wat nie deur die loop van die jaar bekostig kan word nie.

Tegnologiese ontwikkeling, die koms van 'n digitale era en die kommunikasie-revolusie is maar enkele van die faktore wat verandering onafwendbaar gemaak het - veranderings wat ten doel het om die wêreld ‘n beter plek te maak

Ons leef in 'n veranderende samelewing. Die tyd plaas ons in ander rolle en stel nuwe eise.

Die jare stap aan, mense raak ouer, kinders word grootmense, gewoontes en gebruike verander, en ons moet desnoods daarby aanpas en daarmee saamleef.

Die gevoel van nostalgie en heimwee wat onwillekeurig by 'n mens opkom as jy oor hierdie dinge nadink, is myns insiens 'n stille herinnering aan die tekens van die tye. Verandering is onafwendbaar.

My wens is dat die tradisie van liefdebetoning en gee wat van Kersfees werklik Kersfees maak, vir altyd met ons sal bly!

Jan Daniels

https://www.netwerk24.com/netwerk24/die-geskiedenis-van-kersfees-toe-en-nou-20181205-2

-ooOoo-

7

Police GBV (Gender Based Violence) hurdles unresolved three decades on: Sharon Schutte’s dream deferred

The former major general was a founding member of the first all-women rape unit in 1988.

Cross, sad, deeply disappointed, frustrated. This is how retired career policewoman Sharon Schütte feels about domestic violence in South Africa.

Schütte, who retired from the SAPS in 2011 as a major general and head of the Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit, was a founding member of the first all-women rape unit based at the old Pretoria Murder and Robbery Unit in 1988.

The unit was part of a specialised project study monitored by the Human Sciences and Research Council to look at what was happening in the field, and to study related issues such as secondary victimisation.

"Back in those days, women who were raped had to go to the mortuary for their physical examination. So, we worked to rather have a special facility set up for that at the Steve Biko Hospital," Schütte said.

She was sent to London for special training at the Metropolitan Police A Training School in Hendon. There she learned the best ways to take a proper statement, how to get the most information possible in an interview, how to investigate and how to train first responders.

The team returned to SA with the acquired knowledge, tasked with introducing the necessary changes here.

"We did all that back then. We started special training in the police, and we introduced care packages for victims, because when you take their underwear for evidence, you need to give them something back," said Schütte.

8
Maj Gen Sharon Schutte

"All that was put in place before 1994. Now we are in 2022 and when I hear stories about how it's all failing, I want to explode," she said.

"It shouldn't be like this, and it's concerning. I have always thought of the measure of the police being how I feel walking into a police station. And that is not the same everywhere. Some are good, but some are bad, and it shouldn't be like that.'

Schütte is dismayed to see how few strides have been made in improving police service overall and how issues she tackled decades ago continue to be raised as challenges.

"Where is the command and control at every client service centre? My concern is that I didn't leave a legacy. When you put 36 years and one month of your passion and energy into your career all you really want is to walk out leaving the police service better off than when you were in." she said.

Now retired, she still does her bit to help out where she can. Those in need who cross her path find themselves blessed with the intervention of a once high-ranking officer who knows the ropes and how to work the system.

It may be something, it’s nowhere near the dream she has for a better police service for all.

-ooOoo-

One-line Quote

“Life isn’t about finding yourself. Life is about creating yourself”.

George Bernard Shaw

-ooOoo-

9
Interview with Sharon Schütte by Gill Gifford on Women’s Day: Sunday Times Live Premium, 8 August 2022

Operation Bouwer: The “Perfect” Murder ?

“So perfect that nobody realized that there was a victim, a murder so devious that not even the family of the deceased realized what had happened.”

Background :

Dr Colin Bouwer was married to Annette (his third wife) who died mysteriously in Dunedin, New Zealand in January 2000.

Bouwer, born in 1950, a South African national, was originally a General Practitioner in Vereeniging and was held in high regard by his colleagues and patients at the time. He then allegedly specialized in psychiatry/pharmacology and as a specialist physician. He claimed to also have been former president Nelson Mandela’s personal physician, a card-carrying member of the ANC and that he had been detained and tortured by the Security police for six months. He further claimed that, due to his political affiliation his first wife, Marietta Kruger had committed suicide and had also killed both of their children. His second marriage to Blossom did not last, ended in divorce and then he married Annette.

Dr Bouwer was appointed at the Tygerberg Hospital in the Western Cape as a psychiatrist. His wife was a qualified physiotherapist and totally devoted to her husband and two children. People believed that they were a wonderfully happy couple.

In 1995 Bouwer claimed that his wife Annette was allegedly raped by four men in South Africa and a result of this he made enquiries about a post in New Zealand. He was initially appointed as a practicing psychiatrist in Dunedin and thereafter appointed as the Head of Department at the University of Otago. He was at the pinnacle of his career.

The family settled well in New Zealand and the community warmed to Annette due to the alleged sexual abuse she had suffered in South Africa.

10
Dr. Colin Bouwer

Dr Bouwer continued to enjoy academic acclaim.

In 1999 Annette started to suffer ill health where she experienced forgetfulness, light headedness and visual problems. Bouwer claimed that she refused to go for treatment.

In November of 1999 Bouwer and a female colleague, Dr Ann Walsh, attended an international congress in Copenhagen together. Shortly after their return Annette’s condition deteriorated, she collapsed and fell into a coma. Her blood sugar levels dropped and it was unknown why she suffered from hypoglycaemia. There was no family history of diabetes and all of her blood samples returned negative. At the time the pathology tests were not sensitive enough to pick up small amounts of drugs that could cause low blood sugar levels. Annette’s condition improved in hospital and she was discharged with a glucometer to enable her (or her husband) to test her blood sugar levels at home.

A few days thereafter the reading on her glucometer was 0,8, she was rushed by ambulance back to hospital where it was suspected that Annette had an insulinoma (tumour in the pancreas), causing low sugar levels. Her readings fluctuated dramatically. She was taken to theatre where they took numerous samples from her spleen, gall bladder and intestine in a mammoth 14 hour operation. No tumour was located. Shortly before Christmas Annette’s mystery illness seemed cured and she was discharged.

In the New Year of 2000, Annette was lethargic and confused again. Later Bouwer reiterated that his wife refused to go to hospital despite him being told by fellow doctors that she must be readmitted immediately if the symptoms returned.

On 5 January 2000. Annette Bouwer was found dead in her bed by her husband. The specialist physician who had treated Annette at hospital attended the scene of death and he and other colleagues were perturbed that Bouwer hadn’t ensured that his wife was readmitted to hospital. Bouwer consistently stated that his wife refused to go. Dr Anne Walsh was also at the house shortly after Annette’s body was found.

11

Bouwer then informed the specialist that they were Jewish and that they only had 48 hours to bury his wife. The specialist was taken aback as he had no idea they were of the Jewish faith but he nevertheless refused to release Annette’s body and requested that a Coroner’s post-mortem be conducted on Annette and the matter was referred to the New Zealand police for further investigation.

The medical specialists were concerned that a seemingly healthy 47 year old woman had died and that there was still a lack of conclusive evidence as to what had caused her death. The original tissue samples were again re-examined, but nothing was detected. The samples were then sent for advanced toxicology testing to determine if minute traces of sugar lowering medication could be detected. These specific tests had never been conducted anywhere in the world before and were considered ground-breaking at the time.

Eventually Annette’s body was released for burial. The medical staff who attended the funeral were flabbergasted that it was in fact a Christian funeral after Bower claimed they were Jewish. Much emphasis was made at the service as to how the strength of Annette’s Christian faith had carried her through her illness.

Annette’s treating physician, who also attended the funeral, was also concerned that Bouwer did not have any knowledge of the medical tests required with hypoglycaemia and he requested that Bouwer’s medical credentials should form part of the South African leg of the investigation.

Operation Bouwer in South Africa

An official request for mutual legal assistance was forwarded via Interpol to the South African Police Serious and Violent Crime Unit, Head Office.

At the time of the investigation, I was a Brigadier and the Section Head of the Murder and Robbery Units nationally. I formed an all-female team in Pretoria, consisting of Captain Lynne Evans, Captain Polla Kriel and myself. When we received the huge bundle of documents concerning what was required of us in South Africa, we realized that it was going to be a very time-consuming exercise. However, it was also a greatly

12

rewarding opportunity that expanded our knowledge of medical terminology, specifically pertaining to criminal matters.

Two officers from New Zealand flew to Cape Town where we met up with them to commence the investigation. Detectives Brett Roberts and Steve McGregor were also ably assisted in the Western Cape by Colonel Mike Barkhuizen and Detective Sergeant Kenneth Speed from the Serious and Violent Crime Unit, Bishop Lavis.

We managed to verify that Bouwer had a degree in Psychiatry but not in Pharmacology or as a specialist physician. He had forged his medical certificates and his CV. The references on his CV were of colleagues whose names he had heard of but not with whom he was associated. His forged medical qualifications were identified as such as he used the same names of academics on the bottom of the certificates each time and these names changed regularly. He also left the University of Stellenbosch under a cloud of suspicion concerning allegations of sexual misconduct. It was further established that he had been declared an “impaired’ doctor by the South African Health Professionals Council due to a pethidine addiction.

Bouwer was not Mandela’s former personal physician as he claimed. We traced his actual physician and took an affidavit from him at Victor Verster.

We established that he was not a signed-up member of the ANC and neither was he detained by the security police at any time. It was proven that at the time he claimed to have been in detention he was an active fourth year medical student at 1 Military hospital, Pretoria.

We also secured an appointment with Bouwer’s first wife, Marietta Kruger. She was alive and well and had thus obviously not committed suicide as he claimed. The children were also not dead. She stated in her lengthy affidavit that he was an abusive man who was very aggressive and that he actually pushed her down the stairs when she was 8 months pregnant. She claimed that he performed illegal abortions and abused pethidine. A former colleague also confirmed that Bouwer was severely limited in the issuing of prescriptions at the time due to the pethidine

13

allegations. In 1978, Mariëtta claimed that she woke up in hospital and that Bouwer told her to say she had overdosed as he had injected her and he was afraid his licence would be suspended.

His second wife, Blossom stated that Bouwer “injected himself and was the biggest liar on earth”.

Bouwer further claimed that he had prostate cancer, he shaved all his hair off (including his eyebrows) to look like the victim. Our enquiries at the Urology Hospital in Pretoria revealed that his documentation on the hospital’s letterhead was forged and he was never a patient there. He did not have cancer.

As we were able to disprove all of the claims he made to the New Zealand authorities it became more evident that Bouwer had become so entangled in his own web of lies that he himself couldn’t remember what he had said to whom.

The New Zealand police then got authorization to tap Bouwer’s phone. Initially there was not much information revealed from the calls but once Bouwer realized that he was indeed the prime suspect, his actions became erratic. It was evident that Bouwer was not only sexually involved with Dr Anne Walsh but up to 4 women simultaneously, all in the medical fraternity. He also explained the scratches on his back from his sexual exploits to having been attacked by a lion whilst in South Africa.

The investigation also took the New Zealand authorities to students at the Otago University where Bouwer had held a tutorial. Of the students recalled Bouwer saying how to commit the perfect crime, “to inject insulin between the toes”. Bouwer also previously told the family that New Zealand was the ideal place to murder somebody as the police there wouldn’t be able to solve it. Those words certainly came back to haunt him.

After some six months of advanced medical testing it was established that Annette had traces of hypoglycaemic drugs and sedatives in her blood. The drugs were initially administered in a powder form by milling them with a mortar and pestle. These were found hidden behind a stash of

14

pornographic magazines in the kitchen of their home. Forensic tests proved there were traces of the drugs on them and in the sink. The blood on the glucometer was tested and it was established that it was not Annette’s blood, in fact it wasn’t even human blood. It was from the family dog!

During the period September 1999 and January 2000 Bouwer wrote out 11 prescriptions in the names of some of his patients, he collected the medicine at different pharmacies in person, the last one the day before she died.

The final “killer” dose was Humalog, a drug in liquid form, it is believed it was administered between the toes where the mark would never been seen.

A Warrant of Arrest was obtained and Bouwer was charged with the murder of his wife.

His lies continued. He stated that first of all Annette wanted to commit suicide in his endeavours to explain the drugs and then he wanted to commit suicide himself. His carefully orchestrated plan to murder his wife and trying to cover his tracks all backfired. His wife was also never raped in South Africa, a lie he told to gain sympathy.

History was also made when we were called to testify via video conferencing from Johannesburg into the court room in Dunedin. Court commenced at 21:00 South African time and we had a mock court room at a facility in an office block (no Skype or Teams back then). We had a South African magistrate who swore us in on this side of the globe and we were able to summons witnesses. At the conclusion of the trial, Justice Blanchard stated: “Murder by slow poisoning is amongst the most despicable of crimes. That it should be done by a doctor – by someone who has taken the Hippocratic Oath – to anyone let alone his wife, is even worse”.

15
16
The then Brigadier Sharon Schutte (later Major General) Captain Lynne Evans Captain Polla Kriel The SAPS Investigation Teams during a TV interview Solving It – (two episodes). Certificate of Appreciation awarded to Sharon Schutte by the New Zealand Police.

Editor’s Note:

a) This case was broadcast on a television programme in 2005 titled “Solving it”.

b) It is ironic that Bouwer’s son, also Colin David Bouwer (from his first marriage), was also convicted of murdering his wife in South Africa shortly after Bouwer was sentenced in New Zealand.

-ooOoo-

Die beeldskone kunstenaar en haar gesteelde Datsun

Soos belowe vervolg ek hier met nog een van die baie interessante polisie wedervaringe van my en my vriend Hein terwyl ons in die vroeë 1970's in Germiston gestasioneer was. Die storie hieronder het te doen met 'n aantreklike kunstenaar en haar gesteelde Datsun 1600 SSS.

‘n Jong sersant

So gebeur dit een oggend dat Hein en ek soos voorgeskryf stiptelik om 05:45 vir die oggendskof rapporteer. Ek is wyksersant en bemanning terwyl Hein die F100 patrolliewa bestuur. Die res van die aflossing is op voetpatrollie in bekende probleem gebiede “gepos”.

Johan Burger ‘n Ewe jong Hein Killian

Pas nadat ons aan diens gekom het, ontvang ons 'n klagte van motordiefstal. In daardie stadium was dit ons enigste klagte en die adres van die klaagster nie te ver van die polisiestasie af nie.

Ons was binne minute by die toneel van die misdaad.

Die klaagster was 'n pragtige jong vrou van seker so in haar vroeë dertigs en natuurlik hoogs ontsteld oor haar kar wat gesteel is. Ek en ou Hein was natuurlik ook so 'n bietjie oorweldig deur die mooie jong dame wie se ontsteltenis haar net meer aantreklik gemaak het. Ons het gevoel soos die

17

spreekwoordelike 'ridders' wat haar te hulp gesnel het. Ons het gevolglik buitengewone aandag aan die besonderhede van die verklaring en die inspeksie in loco (die fisiese parkeerplek van die voertuig in die erf) gegee.

Uiteindelik het ons 'n baie volledige verklaring gehad. Die gesteelde voertuig was 'n splinternuwe Datsun 1600 SSS motor, spierwit en met 'n Germiston registrasienommer. Sy het alleen gewoon maar ons het darem nie probeer uitvind of sy in een of ander verhouding is nie. Natuurlik het ons die standaard vrae gevra soos of sy die enigste bestuurder van die voertuig is en of sy enigiemand anders toestemming gegee het om haar voertuig te gebruik, en so aan. Sy het ook genoem dat sy verbonde is aan 'n ateljee in Johannesburg waar sy haar kuns beoefen. Sy was juis op pad na haar werk toe sy sien dat haar kar weg is.

Ons het met die intrapslag opgemerk dat daar 'n buitengewone aantal skilderye oral in die huis gehang het of sommer net teen iets aangeleun het. Mooi goed. Daar was natuurtonele en portretstudies van mense wat ons nie ken nie en baie meer. Baie daarvan was waarskynlik op bestelling. Toe sy sien ons stel in haar werk belang het die talentvolle dametjie ons uit die bloute belowe dat sou ons haar kar vir haar kan terug kry sal sy vir ons elkeen 'n skildery van ons keuse maak - gratis en verniet. Dit was heeltemal onverwags maar 'n aanbod wat ons onmiddellik aanvaar het.

Op pad terug polisiestasie toe om die dossier te gaan registreer het ons taamlik woes beplan oor hoe en waar ons met ons eie ondersoek sal begin maar daai ou karretjie wou ons baie graag terugkry. Ek het toevallig self vroeër dieselfde jaar vir my so 'n Datsun 1600 SSS gekoop. So 'n “Gunston” gele met 'n swart leerdak. Dit was my geskenk aan myself omdat ek die sersant eksamen geslaag het, met 'n eersteklas nogal! Maar watter lekker ryding was dit nie. Haastig en in die mode. En teen 'n paaiement wat ek ook maar net-net kon bekostig.

Nietemin, die besonderhede van die gesteelde voertuig is gesirkuleer en ons het gehoop iemand tel hom iewers op. Ons het self ook al die gebiede gaan besoek waar ons gedink het ons dit moontlik sou kon kry. Sonder sukses. Maar toe glimlag die noodlot breed vir ons. 'n Passasier in 'n trein tussen Germiston en Johannesburg het die polisiestasie gebel net na hy by

18

sy kantoor in Johannesburg aangekom het, so ongeveer 09:00. Hy het laat weet dat hy by die sogenaamde Knights Chess-bosse, 'n beboste gebied net buite Germiston, die sonlig sien blink het op iets tussen die bosse en dat hy vermoed het dis dalk 'n motorvoertuig.

Ons is met 'n redelike spoed soontoe en omdat ons geweet het dat die voertuig nie te ver van die spoorlyn kon wees nie het ons dit redelik gou opgespoor. Dit was inderdaad die wit Datsun 1600 SSS nog met sy nommerplate op. Met die eerste oogopslag kon ons sien dat al vier die wiele weg is, met die sestien wielmoere waarmee dit normaalweg in plek gehou word. Ons het later ook gesien dat die spaarwiel, domkrag en gepaardgaande gereedskap ook weg is.

Die kar het met sy onderstel op die grond gelê maar het andersins onbeskadig voorgekom. Met Hein se motorwerktuigkundige agtergrond kon ons 'n redelik volledige lys opstel van alles wat vermis was. Opvallend was die afwesigheid van die 1600 SSS kenteken maar ons kon ook vasstel dat die meeste van die elektroniese toerusting verwyder is, goed soos die battery, die 'coil', alternator, ensomeer.

Ons het die omgewing gefynkam maar kon niks kry wat ons aandag getrek het nie. Die grond was hard en klipperig met weinig kans vir enige spore. Ons het nietemin gevra vir 'n speurder om uit te kom na die toneel en om 'n vingerafdrukdeskundige saam te bring. Na hulle die toneel by ons oorgeneem het, het Hein en ek voortgegaan met klagte bywoning en algemene patrollie. Dit was toe reeds na 11:00.

Hier teen middagete se koers het ons vinnig by 'n kafee naby die Germiston spoorwegstasie stilgehou en vir ons “russians en chips” gekoop. Die klagtes het opgedroog en ons het rustig verder gery terwyl ons die 'middagete' tussen ons op die sitplek van die Ford geniet het. Hein het in 'n stadium opgemerk dat daar 'n wit kar agter ons ry wat nie wil verbykom nie, al was daar nie juis verkeer nie.

Ons het lankal daaraan gewoond geraak dat sommige 'hase' nie sondermeer 'n polisievoertuig verbysteek nie. Dalk 'n verwronge vorm van

19

respek, 'n oormatige gevoel van wetsgehoorsaamheid of in sommige gevalle, moontlik vrees.

Ek het voorgestel dat Hein sy linker flikkerlig aanskakel en maak of hy wil stilhou. So kon ons die irritasie en bederwer van ons ete dwing om verby te kom. So gebeur dit toe ook. Ons het nogal lekker gelag vir die drie manne in die wit Datsuntjie wat maar redelik stroef voor hulle uitgestaar het. Na die oggend se gebeure en die diefstal van die SSS, het ons natuurlik dadelik opgemerk dat hierdie 'n Datsun 1600 De Luxe was. Dit was die armer boetie van die SSS. Dit het byvoorbeeld smaller bande gehad en 'n swakker enjin. Ons het in die verbygaan ook opgemerk dat die Datsuntjie nie sy 1600 De Luxe kenteken op het nie. Daar kon verskeie redes wees. Daar was byvoorbeeld gevalle waar eienaars effens skaam was dat hulle nie die mooier weergawe kon bekostig nie en het probeer om daardie feit te verdoesel deur die kenteken te verwyder. Maar die smal wieletjies was die “give-away”.

Terwyl ons nog so gesit en spekuleer het oor die ooreenkomste en verskille het ons agter gekom dat die wit Datsun, wat nou al so 'n halwe kilometer tussen ons en hom geplaas het, skielik spoed begin optel het. En toe glip hulle boonop oor 'n rooi verkeerslig. Hier was duidelik fout. Met middagete skoon vergete het ons hulle agternagesit. En daai F100 skrik nie vir 'n Datsun 1600 De Luxe nie!

Die drie manne moes ons gesien kom het want toe trek hulle skielik af by 'n garage en stop by 'n petrolpomp. Ons het langs hulle ingetrek en van twee kante af op hulle toegesak. Toe ek vir die bestuurder vra wat jaag hy so en hoekom stop hy nie by die rooi verkeerslig nie was sy antwoord dat hy skielik onthou het om nog petrol in te gooi. Dit was natuurlik 'n belaglike verduideliking maar teen daardie tyd was Hein reeds besig om die kar te deursoek. Ek het intussen besluit om die drie manne veiligheidshalwe eers in die patrolliewa toe te sluit. Terwyl ek daarmee besig was het Hein my geroep, baie opgewonde. Hy het pas die Datsun se kattebak oopgemaak en die inhoud daarvan was 'n aangename verrassing.

20

In die kattebak het ons omtrent alles gevind wat vroeër uit die gesteelde motor verwyder is. Die bestuurder het eers probeer verduidelik dat hy die onderdele by 'n 'scrap yard' gekoop het maar kon geen bewyse toon nie. Hy kon ook nie meer 'onthou' waar die plek is nie! Gevolglik het ons hulle al drie ingelig dat hulle gearresteer word vir motordiefstal.

Met die arrestasie het ook skielik groter eerlikheid en samewerking gekom. Dit was duidelik dat hulle gedink het samewerking kan dalk hulle lot verbeter. Hulle het onder meer aangebied om ons te gaan wys waar die vyf wiele gebêre is en waar ons die vierde lid van hulle span sou kry. Hulle het ook laat blyk dat hulle eintlik maar net die 1600 De Luxe 'n 'face lift' wou gee.

Ons het eers die Datsun polisiestasie toe gevat en twee van die verdagtes by die selle ingeboek. Die derde een het ons na die bruin woonbuurt geneem en vir ons die huis uitgewys waar die vierde verdagte was. In die agterplaas het een van die daardie groot ou-model motors op stene gestaan. 'n Ou Plymouth of so iets. In die kattebak van die ou kar het ons al vyf die wiele gekry en in die huis, die vierde verdagte. Hy het besef dat stry nie 'n opsie is nie en het redelik vrywillig saam met ons gekom. Maar ons moes eers reël vir 'n ander voertuig om die wiele te kom haal.

Dit was vir ons 'n baie bevredigende skof. Die eerste aangifte van misdaad was teen ongeveer 06:00, daarna die terugvind van die gesteelde voertuig en onderdele en onverwags die arrestasie van al vier verdagtes, alles nog voor ons teen 14:00 van diens gerapporteer het.

Van die beloofde skilderye het daar natuurlik dadels gekom. Die klaagster het ons baie hartlik bedank maar was baie vaag oor wanneer die skilderye gereed sou wees. Ons het 'n paar keer telefonies opgevolg maar uiteindelik agter gekom dat sy al minder bereid was om ons oproepe te neem. Ons het die skilderye toe maar afgeskryf maar die bevrediging uit die oplos van hierdie misdaad was nog steeds vir ons as polisiemanne goud werd.

Bydrae deur Johan Burger November 2022

-ooOoo-

21

Verplasings en ontnugtering was maar deel van ons lot

In die Suid-Afrikaanse Polisie waarin ek grootgeword het, was gereelde verplasings een van die onvermydelike aspekte waarmee ons in ons loopbane gekonfronteer is.

Dit was nog altyd vir ‘n boorling van die Kaap baie swaar om uit sy heimat verplaas te word en ‘n Indiër-lid het dit ook net so moeilik ervaar om vanuit die groen heuwels van Natal te moet gaan. Dieselfde kan seker ook maar van almal van ons gesê word, want ons wil maar wees waar ons wortels lê.

Sodra sommige van ons kollegas in kennis gestel is dat hulle verplaas is, was daar koorsagtige besoeke aan dokters, kapelane, maatskaplike werkers, en sielkundiges vir motiverings om vertoë teen die verplasing te rig: “Die klimaat in die nuwe omgewing sou nie geskik wees vir die offisier en sy gesin se gesondheid nie; die kinders het leerprobleme by die skool en sal nie aanpas in ‘n nuwe omgewing nie; hulle het kort gelede hul eie huis gekoop; hul eggenotes moes uit hul werk bedank en selfs bejaarde ouers wat oud en sieklik is wat versorging en bystand nodig het , ” is onder meer as motivering aangevoer.

Hoofkantoor het egter steeds die hef in die hand gehad om ‘n lid subtiel daaraan te herinner dat ‘n moontlike bevordering dalk in gedrang kan kom as die offisier nie die verplasing uitvoer nie. ‘n Offisier moes ook skriftelik onderneem om die verplasing uit te voer sodra sy bevordering onder oorweging was.

In die jare tagtig het Hoofkantoor besluit dat daar ‘n oormaat Indiëroffisiere in Natal is. Weens die nypende tekort aan offisiere in die Witwatersrand is daar besluit om ‘n hele klomp van hulle vanuit Natal na die WWR te verplaas.

As stafoffisier van die destydse Kommissaris, generaal Hennie de Witt, het ek nogal dikwels versoeke van gegriefde offisiere ontvang om ‘n persoonlike onderhoud met die Kommissaris te voer. ‘n Lid kon egter nie goedsmoeds by die Kommissaris se kantoor opdaag en ‘n onderhoud eis nie. Hy moes eers deur al die kanale gaan voordat só ‘n versoek goedgekeur kon word. Dit was die Wet van die Mede en Perse in die SAP.

22

Ek sit een dag in die Kommissaris se ontvangskamer, toe daar ‘n jongerige Indiër-kaptein en sy vrou by die deur instap. Hulle wil die Kommissaris dringend spreek. Ek vra of hulle ‘n afspraak het, en hulle sê nee, maar dit is uiters noodsaaklik dat hulle met hom moet praat. Ek sê toe hulle moet eers die voorgeskrewe kanale volg ..... Hulle pleit by my en sê hulle het ‘n groot krisis en móét met hom praat. Ek hou vol die generaal is ‘n besige man en hy het nie tyd om hom met elke lid se probleme te bemoei nie. Hulle moet “deur die kanale” gaan.....

Skielik begin eers die vrou en toe die kaptein self met die spreekwoordelike geween en ‘n gekners van tande uit volle bors te weeklag en te huil .... sodat dit oral in die gange van die tiende verdieping in Wachthuis gehoor kan word. Dit is so erg dat die generaal uit sy kantoor storm om te hoor wat aangaan. Hy staan hulle maar te woord sodat hy kan hoor wat hul probleme is.

Na ‘n koppie tee en ‘n gepaai en getroos bedaar hy hulle. En, soos ons almal hom geken het, kon die generaal soms lekker befoeterd wees, maar dat hy eintlik ‘n baie sagte hart gehad het. Nadat hy na hul probleme geluister het, versag die generaal se hart.

Toe hulle loop, sê die kaptein vir my dat die generaal persoonlik belowe het om die verplasing terug te trek.

Met die uitstap knipoog die kaptein ewe vermakerig en “all smiles” vir my en met ‘n lied in die hart vat hulle die pad terug Durban-toe.

Johan Ferreira

-ooOoo-

Geen Ligpunt

“Ek is die afgelope tyd baie terneergedruk,” kla ‘n man by sy sielkundige. “My vrou dreig om my te verlaat, maar nie eers dít kan my opbeur nie”.

Huisgenotjies: April 2022

-ooOoo-

23

Die waarde van ‘n drukkie

‘n Drukkie –Laat jou goed voel; Verdryf die eensaamheid; Oorwin jou angs en vrese, en Help mens om uiting te gee aan jou emosies.

-ooOoo-

Wat is ‘n Senior Burger?

‘n Senior burger is iemand wat hier was voor die pil, voor vrieskos, televisie, kredietkaarte en balpuntpenne.

“Hardeware” was hamers, spykers, boute en moere. En “sagteware” was nog nie eens 'n woord nie.

Senior burgers was hier voor droogdrup, skottelgoedwassers, pizzas en kitskoffie.

Toe senior burgers jonk was, het hulle eers getrou en dan saamgebly.

Sigarette was 'n teken van klas, boom was 'n verfraaiing vir die tuin, dop was 'n ding óm ‘n eier en 'n agtermekaar kêrel het mens graag toegelaat by jou dogter.

24

Senior burgers is nogal taamlik geharde mense – veral as mens dink hoeveel hulle moes aanpas by vandag se tye!

Onbekend

-ooOoo-

Korporaal Jackie Bobbejaan en ander gelukbringers

Perde, duiwe, honde, bobbejane en selfs varke het al hul deel gedoen om hul menslike kamerade in oorlogstyd by te staan. Vir hul dapperheid is van hulle met range en medaljes beloon.

Dis g’n versinsel nie dat derduisende diere soos muile, donkies, perde en kamele aan albei kante in die vorige eeu se wêreldoorloë 'n kritieke rol gespeel het in kommunikasie, vervoer en logistiek. Dikwels ook om oorlewendes in die puin van gebombardeerde geboue op te spoor. Kanaries het giftige gasse ondergronds opgespoor, terwyl renduiwe boodskappe oor honderde kilometer gedra en honde saam op bomwerpers gevlieg het om die vyand te trotseer. Ook dat katte op skepe en in loopgrawe rotte moes jag.

Seker die bekendste dier in die Suid-Afrikaanse oorlogsgeskiedenis is die bobbejaan Jackie.

Korporaal Jackie Bobbejaan en sy mens-kameraad

Albert Marr - Jackie se 'baas" - het op 5 Augustus 1915 in Potchefstroom vir diens in die 3de Suid-Afrikaanse Infanterie-regiment aangemeld en ook verlof gekry om die bobbejaan Jackie sy troeteldier, saam te bring.

Jackie is tot die Derde Transvaalse Infanterieregiment toegelaat as gelukbringer, maar het mettertyd aan veldslae deelgeneem. Hy was nie die enigste bobbejaan in die leër nie, maar die enigste wat tot die rang van korporaal bevorder is.

25

Aanvanklik het die ander soldate Jackie geïgnoreer, maar sy besondere gedrag het gou meegebring dat hy die regiment se gelukbringer geword en tot ʼn volwaardige lid van die regiment verhef is.

Met hul aankoms in Engeland (voordat hulle oor die Engelse Kanaal na Europa vertrek het) Jackie so goed by die lewe aan die front aangepas dat hy 'n uniform en pet gekry en geleer het om offisiere te salueer en soldate se sigarette aan te steek. Hy het soos sy mensmakkers sy eie wasskottel, soldyboek en rantsoene gekry wat hy glo met mes en vurk geëet het. Hy het geleer om op aandag te staan en te marsjeer. Daarbenewens het sy sterk sintuie goed te pas gekom wanneer hy lede van die regiment op wag bygestaan het.

Jackie en Albert het sy aan sy geveg en selfs die berugte Slag van Delvillebos oorleef waarin derduisende soldate dood is.

In Egipte is Albert in die skouer geskiet en daar word vertel dat Jackie sy wond gelek en by hom gebly het totdat mediese hulp opgedaag het. In die loopgrawe in Frankryk het skrapnel Jackie in die been getref wat later geamputeer moes word.

26
Jackie en sy baas, Albert Marr, by ‘n klompie soldate – Foto: Heymans versameling

Tydens hul dienstydperk in Egipte was dit vir die soldate skreeusnaaks om te sien hoe ‘n “nie-so-dapper” Jackie hom met ‘n kombers bedek toe die eerste bomme om die regiment begin bars.

Teen daardie tyd was hy reeds baie meer as ‘n blote troeteldier of gelukbringer vir die eenheid. Hy was eerder ‘n kameraad.

Hy het rantsoene getrek soos elke ander soldaat. Hy het saam met die ander gedril en gemarsjeer, hy het offisiere gesalueer en op-die-plek-rus gestaan wanneer so beveel is.

Wanneer sktr. Marr wagdiens gedoen het, het hy hom vergesel en met sy skerp sintuie was hy inderdaad van groot waarde. Nadat hy die oorlogstrauma stoïsyns oorleef het, is hy terug in Suid- Afrika 'n jaar later in 'n brand dood.

In die SAP-basisse van die destydse bosoorlog was ‘n verskeidenheid diere aangehou; van aasvoëls, varke, wildsbokke, bobbejane, slange en omtrent enige dier waaraan ‘n mens kan dink wat hulle daar tuisgemaak het. Hierdie diere het ‘n baie lekker lewe onder die polisiemanne gehad, en het ook vir baie vermaak en afleiding gesorg.

Mickey Kuyper, wat tydens die Bosoorlog saam met haar man, Piet Otto, 'n jagkamp in die Caprivistrook bedryf het, vertel hoe twee spelerige mak leeus, wat deur die naburige militêre kamp "aangeneem" is, besoekers vreesbevange gehad het met hul skielike verskyning.

In 1976 was ek in die noorde van Suidwes waar ons ‘n boerbok-hanslam van ‘n hongerdood gered en “aangeneem” het. Die bok se “pa” konstabel Chain Lombard het so geheg aan die bokrammetjie geraak dat hy hom in die Hercules terug gesmokkel het RSA toe waar hy dit uiteindelik by die Hondeskool beland en sy lewe in welgeluksaligheid as gelukbringer geslyt het.

‘n Koddige verhaal uit 1881 van die Britse garnisoen in Pretoria is van die hooftransportoffisier wat laat een aand moeg en geïrriteerd van 'n

27

verkenningstog tuis gekom het. Alkohol was geredelik beskikbaar en hy was dalk effens aangeklam toe hy die regiment se eiesinnige Southdownram vas aan die slaap in sy bed aangetref het. Ná ‘n groot gesukkel het hy die ram verjaag, maar moes dit ontgeld toe die dier sy rusverstoorder van agter met sy horings deur die kamp gestoot het.

Die gebruik van perde in oorlog dateer van tot 5 000 jaar terug. In die Anglo-Boereoorlog is die wit perd Fleur van genl. Christiaan de Wet is 'n bekende voorbeeld.

En onlangs is uit die Oekraine berig hoe Patron, 'n Jack Russell-terriër, honderde ploftoestelle uitgesnuffel het wat deur Russiese troepe in Tsjernihif, noord van die hoofstad, Kiëf, agtergelaat is.

Taalgenoot: Winter 2022, p84 en bydraes ontvang uit die argiewe van Hennie Heymans

-ooOoo-

Die Polisie en die Sjebeen

Hierdie storie kom uit die vroeë jare sewentig. Dit het by die Silvertonpolisiestasie in Pretoria plaasgevind.

Die stasiebevelvoerder se grootste prioriteit was om misdaad in “sy wyk” tot die minimum te beperk. Luitenant Johan Ferreira, die tweede in bevel, was verantwoordelik vir misdaadvoorkoming. Omdat daar ‘n groot tekort aan mannekrag was, moes die administratiewe personeel ook gereeld vir misdaadvoorkoming aangewend word. Hulle het bestaan uit ‘n groepie sersante en adjudant-offisiere en ‘n student-konstabel wat gewag het om vir sy kollege-opleiding opgeroep te word. Die gebruik was dat die kantoorpersoneel elke Vrydagoggend geparadeer is en dantotdat die selle vol was - in groepies die polisiewyk in te vaar en al wat rondloper, “lelik op straat” en “onwettig” is, aan te keer. As hulle nie ‘n redelike verduideliking vir hulle teenwoordigheid in die polisiewyk kon gee nie, het ‘n hele klomp van hulle die naweek as gaste van die regering in die polisieselle deurgebring.

28

In die voorstede Silverton, Weavind Park, Meyerspark en Murrayfield was misdaad redelik onder beheeer. Ofskoon daar maar altyd ‘n paar inbrake en aanrandings oor naweke op die landbouhoewes, The Willows, Tygerpoort en Zwavelpoort voorgekom het, was daar nie juis kommer oor die misdaadsituasie in dáárdie gebiede nie.

Die woongebied Eersterust was egter ‘n ander storie. Dag na dag, wanneer die registers nagesien is, moes die stasiebevelvoerder met ergernis aanskou hoe misdaad in Eersterust handuit ruk. Die wetsgehoorsame inwoners het deurgeloop onder ‘n vlaag moorde, motordiefstalle, ernstige aanrandings, inbrake en bende bedrywighede. Dit was duidelik dat ‘n sekere sjebeen in die omgewing die bron van al die kwaad was. Die gemene deler by omtrent elke ernstige misdaad of oortreding was die drank wat onwettig by dié sjebeen verkoop is.

Enige polisieman wat sy sout werd is, sal weet dat dit nie maklik is om ‘n sjebeen-eienaar te betrap wat onwettig met drank handel dryf nie. Hierdie mense was uitgeslape en het elke kuns in die boek geken om ‘n polisieklopjag te ontwyk. Sodra ‘n groep polisiemanne aangetree het om ‘n klopjag op die sjebeens uit te voer, het die sjebeeneienaar ‘n wenk van sy polisie-informante ontvang. Wanneer die polisie dan op sy perseel toegeslaan het, was daar natuurlik geen teken van drank of enige oortreding van die drankwet te bespeur nie. Gevolglik het ‘n hele paar pogings om die sjebeeneienaars vas te trek, skipbreuk gely.

Daar is toe besluit om die volgende lokval is in groot geheimhouding te reël. Die beplanning is net deur die stasiebevelvoerder en sy binnekring van vertrouelinge gedoen. Tot die laaste oomblik was geen ander lid by die beplanning betrek nie. ‘n Misleidingsplan is ook “uitgelek” dat ‘n optrede by ‘n ander plek uitgevoer sou word.

‘n Lokval is ‘n hoogs tegniese proses wat binne die voorskrifte van die reg gedoen moet word. As dit nie volgens regtelike voorskrifte gedoen word nie, val die hele saak in die hof plat. Sonder om in detail na die volledige prosedure in te gaan, word daar volstaan met ‘n enkele voorskrif: Die nommers van die banknote waarmee die lokval gestel sou word, moes noukeurig aangeteken en in ‘n geseëlde koevert in die stasiebevelvoerder

29

se brandkluis bewaar word, sodat daar later in die hof getuienis gelewer kon word dat die genommerde note wat in die dranksmokkelaar se besit gevind is, inderdaad voor die tyd in die teenwoordigheid van twee betroubare getuies aangeteken en verseël was.

Daar is besluit om die jong studentkonstabel as die lokvink te gebruik. Die mannetjie was omtrent ‘n week vantevore in diens geneem. Hy was vol ywer om die transaksie uit te voer. Die beste van alles was dat hy heeltemal onbekend in Eersterust was. Omdat almal bekommerd was dat sy splinternuwe polisiehaarstyl hom sou verraai, het ons iewers ‘n pruik in die hande gekry en op sy kop gesit. Met ‘n bietjie grimering en verslonste klere, is die student sodanig vermom dat hy (volgens ons) presies in die rol van ‘n onwettige drankkoper gepas het.

Die studentkonstabel is ‘n ent van die sjebeen afgelaai en ons het verder in die skaduwees vir hom gewag...... Daar is gereël dat, sodra hy met sy bottel brandewyn uit die sjebeen kom, hy die teken wat vooraf afgespreek is, sou gee.

Uiteindelik het die groot oomblik aangebreek en het alles presies gebeur soos dit beplan is. Vanuit ons skuilplek het ons gesien hoe die student ewe kordaat die perseel betree. Daar was angstig gewag dat hy met die drank uitkom die teken gee om toe te slaan.... Ons het slaggereed gewag, maar die studentkonstabel het met ‘n toegedraaide bottel brandewyn in die hand reguit na ons aangestap – sonder om die teken te gee. Toe ons wéér druipstert met die bottel drank én die gemerkte banknoot terugkeer stasie toe, vra almal baie vies vir hom waarom hy nie die teken gegee het nie?

Sy antwoord was dat toe hy vir die bottel brandewyn wou betaal, het die eienaar vir hom gesê dat alles in orde is ....... hy nie hoef te betaal nie ....... want vir julle poliesmanne is dit “op die huis!”

-ooOoo-

30

Die waardes wat kan morele verval kan stuit

Ons land is in 'n staat van morele verval. Verskeie vorme daarvan word daagliks in byna elke sektor openbaar. Daar is onder die bevolking 'n algemene versugting na orde en stabiliteit.

Suid-Afrika is nie uniek wat hierdie toestand aanbetref nie. Deur die eeue het dit in verskeie lande voorgekom. Geskrifte van verskeie filosowe en meningsvormers openbaar dit. Die oorsaak daarvan is hoofsaaklik die gebrek aan lewenswaardes of die verwaarlosing daarvan.

Dié waardes is 'n onderwerp wat soos 'n goue draad deur duisende jare se beskawings loop en aanleiding gegee het tot 'n groot volume literatuur.

Prof. Nic Wiehahn het 'n omvattende studie van wêreldliteratuur onderneem en 'n bondige bundel oor lewenswaardes saamgestel. Die inhoud is verreikend en bied oplossings vir die meeste probleme waarmee ons deesdae gekonfronteer word.

Die lewenswaardes wat ter sprake is, is menslikheid, eerlikheid, ywerigheid, beskeidenheid, deugsaamheid, sindelikheid, selfdissipline en selfbeheersing.

Dit het betrekking op elke mens. 'n Besondere kenmerk daarvan is dat dit ewiglik daar is, en geen verskil tussen gelowe, geografiese grense, ras of geslag ken nie. Kennis en uitlewing hiervan bied oplossings vir al jou en die land se probleme.

Jou samewerking kan help om dit ‘n werklikheid te maak.

Dr. Izak Ferreira, Somerset-Wes Beeld: 31 Mei 2022, p14

-ooOoo-

Impersonating a police officer

I was stationed at the Pretoria Murder and Robbery Unit from 1988 until Major General Suiker Britz transferred me to Head Office in 1991. It was

31

somewhat of a standing joke that it was only as I was English speaking, and he required my support in that regard at the time.

In March of 1989 I was at the Pretoria Magistrate’s Court on another case and on my return to 70 Church Street I was approached by Detective Warrant Officer André Oosthuizen who said that he wanted to introduce me to somebody, and he escorted me to my office. There was a woman who sat there and André said, “Sharon - meet Sharon Schutte”.

I was somewhat taken aback and took a long hard look at this woman who tried desperately to avoid eye contact. Then it dawned on me that she was the complainant in an alleged rape case whom I had attended to a month or two beforehand. André then proceeded to tell me what had happened.

Dawid Bosch, a well-known ex-policeman in Pretoria, was the caretaker of a block of flats in Arcadia, Pretoria, close to the IPA house. Dawid was outside the block of flats that morning when this woman approached him, and she started up a conversation with him. She told him that she was a police sergeant, a detective from the “Roof-en-Moord kantoor” and she proceeded to display a business card with “her” name on it. Dawid inspected the card, printed in the name of detective sergeant Sharon Schütte. As he knew me and was aware that she wasn’t me, he invited her inside his flat for a drink.

Whilst he was getting the refreshments, he called the Murder and Robbery number and asked that a member attend to his complaint. André Oosthuizen went to the scene, and he pretended he was just a friend who had popped in. The woman was enjoying the attention of the men and whilst still using my name and position “offered her services” - as in sexual favours. André then introduced himself, arrested her and seized my business card as an exhibit.

I was flabbergasted that this woman who had laid a false charge of rape a few months earlier - and somebody that I had attended to in the middle of the night, helped and given my business card to, had then misused, and abused it.

32

I opened a case docket and charged Petronella Maria Johanna van der Schyff for impersonating a police officer. She was subsequently found guilty and sentenced to R150 or 50 days imprisonment.

What really concerned me was how many other people she may have approached in the months that she had my business card and what favours she may have offered in my name!

(Of interest is that the Metropolitan Police Service in London have the words “Not proof of Identity” printed in red letters on their business cards. So maybe others have suffered the same fate).

Thanks again to Major General Sharon Schütte -ooOoo-

Uitgevang!

'n Man sit en lees koerant. Sy vrou bekruip hom en slaan hom met 'n pan oor die kop.

"En waarvoor was dit?" vra die man verontwaardig.

"Dis vir die papiertjie in jou broeksak waarop Mary -Lou geskryf staan”, sê sy vrou.

"Ek het perde gespeel en Mary-Lou was die perd waarop ek gewed het", sê hy.

Drie weke later slaan sy vrou hom weer hard oor die kop.

"En waarvoor was dit?" wil die man weet.

"Jou perd het gebel!"

-ooOoo-

Mev. Joey Pienaar by die Bejaardesorgfonds

Vroeg in 2022 het die Beeld koerant lesers genooi om hul gunsteling resepte in te stuur vir die “Tuiskombuis-kampioen” resepteboek, wat die koerant binnekort wou uitgee. Mevrou Joey Pienaar van die Kokanje

33

aftreeoord in Modimolle se resep vir lam skenkels het die prys in die kategorie vir vleisgeregte gewen en is vir publikasie aanvaar.

Die 84-jarige mev. Joey Pienaar in haar kombuis

Joey is ‘n bobaas koekbakker en kok en word oral in die land genooi om as beoordelaar op te tree by bak- en kook-kompetisies. Sy is die weduwee van kolonel Hennie Pienaar wat aan die Meganiese Skool, Benoni verbonde was.

In 1982, toe die Suid-Afrikaanse Polisie Offisiers-Damesklub na maniere gesoek het om fondse te genereer vir die SA Polisie Bejaardesorgfonds, die Weduwee en Weesfonds en CADSAPS, het generaal Hennie de Witt vir Joey gevra om ‘n resepteboek saam te stel om fondse vir die betrokke instansies in te samel. Die bestuur van die SAP Offisiers Damesklub het destyds bestaan uit mevrou Mollie de Witt, Joey Pienaar en ander senior offisiere se eggenotes.

34

Omdat Joey se kook- en bak-kennis toe al beroemd was, is sy as “Hoofmeisie” van die projek aangestel. Die meeste resepte in die boek is deur Joey bygedra. Die ander resepte is van oral in die Mag bymekaargemaak en onder Joey se toesig en goedkeuring in die boek opgeneem. Elke resep is vooraf haarfyn deur Joey beoordeel en uiteindelik het die resepteboek “Knuppeldik aan Koningskos” die eerste lig gesien. ‘n Engelse weergawe “Fit for a King” het later gevolg.

Deur die jare is verskeie herdrukke van Knuppeldik gepubliseer en die verkope daarvan het letterlik honderde duisende rande vir die organisasies ingesamel.

Weens die spesiale verhouding wat tussen die voormalige en huidige bestuurslede van die Damesklub en die Bejaardesorgfonds bestaan, is ‘n afdruk van die koerantberig en haar wenresep aan die Bejaardesorgfonds gestuur om hulle van Joey se prestasie te verwittig en dat “Knuppedik aan Koningskos” al sedert 1985 ruim donasies aan die Bejaardesorgfonds en die ander instansies gedoen het.

Mevrou Annelene Oberholzer, die Hoofuitvoerende Beampte en haar span by die SAP Bejaardesorgfonds het dadelik besluit om vir Joey en die huidige lede van die Damesklub op 17 September 2022 as gaste te

35
Verwelkoming by die voordeur

nooi om dankie te sê en erkenning te gee vir die bydraes wat Knuppeldik en die Damesklub deur die jare aan die Fonds gedoen het. Joey het die uitnodiging met groot entoesiasme aanvaar en laat weet dat sy self vir al die eetgoed tydens die funksie sal sorg en sommer ook ‘n praatjie sal lewer en ‘n demonstrasie sal doen.

‘n Hele aantal lede van die SAP Damesklub het die funksie bygewoon en almal het die dag heerlik en gesellig gekuier.

36
Mev. Annelene Oberholzer van die Bejaardesorgfonds en mev. Joey Pienaar

Dr. Elma Krüger (voorsitter van die Knuppeldik-Trust) en mev. Joey Pienaar

Daar is waarskynlik baie min polisiehuise in die land wat nie ‘n uitgawe van “Knuppeldik aan Koningskos in hul kombuis-boekrak het nie.

Dit is ‘n gewilde trougeskenk wanneer ‘n dogter en selfs ‘n kleindogter in die huwelik tree. Menige pasgetroude bruid (en bruidegom) het hul kooken bakvernuf uit hierdie gewilde resepteboek verwerf.

Bydrae deur die SAP Damesklub November 2022

-ooOoo-

37

Ek laat my nie fnuik deur advertensies

Advertensies en reklame is die aorta van enige ekonomie. Soos wat die hart nie kan klop sonder slagare nie, kan die ekonomie nie funksioneer sonder advertensies nie.

Die sielkunde agter bemarking is 'n breë veld waaroor al dik boeke geskryf is. Die spilpunt van advertensies lê in die aanwesigheid, of afwesigheid, van sekere komponente. Al is die komponente helaas onsigbaar, moet dit aanvóélbaar wees, soos geloofwaardigheid. opvoedingswaarde en oortuigingswaarde.

Annelie Botes

Daar word gesê 'n goeie advertensie sê vir ons wat ons nodig het, voordat ons dit self kan uitpluis.

'n Sprekende voorbeeld is die advertensie van 'n beleggingsmaatskappy waarin die plattelandse seuntjie bakstene pak en vetkoek verkoop vir sakgeld. Telkens neem sy pa die geldjies, en die verdwasing weerkaats in die seuntjie se oë.

Toe word hy groot en kap ‘n stadslewe uit. Hy hou kontak met sy gryswordende ouers en stuur 'n posorder toe dit inreën by hul modderhuis in die golwende heuwels. Op 'n dag kom die skrikoproep om te sê sy pa is oorlede. Hy en sy suster pak die reis aan om sy pa te begrawe.

Daar maak die beleggingsagent die boek vol handinskrywings oor jare se spaargeld oop en sê:

"He kept it all for you."

Elke keer as ek dié advertensie sien, wil ek huil. Is dit nie wat ons almal begeer nie?

Toegewyde ouers wat 'n waardestelsel by ons inskerp. Wat 'n gesonde werksetiek en spaarsin in ons plant. Wat ons op 'n koersvaste toekomspad stuur en nooit die werke van hul hande laat vaar nie.

38

Dieselfde geld vir die Spar-advertensie oor die invloed van 'n glimlag. Niks oor afslagpryse en produkte nie. Dis net glimlag op glimlag. En die waarste ware spreuk wat sê:

"We all smile in the same language." Dis aangrypend.

Ek ervaar 'n afkeer in advertensies vol valshede en opblasery. As 'n mens jou gesonde oordeel aanwend wanneer jy daarna kyk en luister, besef jy hoe sinneloos dit is. Veral hoe dit, byna onopsigtelik, samelewingswaardes ondermyn.

Soos die advertensie waarin 'n vrou met haar toga aan voortmarsjeer, en sy smyt haar leë koffieglasie met 'n selfvoldane glimlag oor haar skouer.

Of die een oor troeteldierversekering waar 'n veearts toelaat dat 'n hond haar in die gesig lek.

Of die rubbersoolpantoffels wat jou laat sweef, en waarin 'n paar pare van die oues wat nog nuut lyk in die drom gegooi word met die woorde:

"Time to throw away your old slippers."

"Throw away" skep 'n aura van ondankbaarheid en hoogwaardigheid. Hoekom nie "donate" nie? Tienduisende instansies sal daaroor juig. Terselfdertyd beeld dit deernis met jou medemens uit.

Leuenagtige advertensies is verreweg in die meerderheid. Ek skakel die klank af en kyk weg.

Dis maklik om te sê: Ag, dis net 'n advertensie, moet jou nie so opwerk nie.

Nogtans hóú ek nie daarvan as perdedrolle aan my verkoop word as vye nie.

Annelie Botes

Die Burger 13 September 2022

-ooOoo-

39

Huldeblyk aan generaal Johan van der Merwe

Johannes Velde van der Merwe is op 25 Augustus 1936 in Ermelo, in die hedendaagse Mpumalanga provinsie gebore. Hy het in 1953 op sewentien-jarige ouderdom by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) aangesluit vir 'n loopbaan wat oor 'n tydperk van 42 jaar gestrek het. In 1990 het hy die kroon op hierdie loopbaan vol hoogtepunte gespan toe hy aangestel is as die laaste kommissaris van die SAP, van 1990 tot 1995. Hy is op 27 Augustus 2022 in die ouderdom van 86 jaar in Pretoria aan natuurlike oorsake oorlede.

Wanneer ek aan hierdie uitsonderlike generaal dink kom die woorde van die digter Jan FE Cilliers onwillekeurig by my op. Dit is die eerste vers uit 'n gedig wat hy vanjaar presies 100 jaar gelede geskryf het na die dood van die legendariese generaal Christiaan de Wet:

Stil, broers, daar gaan 'n man verby, hy groet, en dis verlaas.

Daar's nog maar één soos hy; bekyk hom goed

Ek wil u graag vertel van hierdie generaal wat ek baie goed leer ken het nadat hy in Januarie 1983 aangestel is as tweede-in-bevel van die SAP se Veiligheidstak. As gevolg van my verantwoordelikhede daar het ek dikwels met hom te doen gekry, ook later toe hy hoof van die Veiligheidstak geword het en selfs daarna toe hy in 1990 aangestel is as kommissaris van die SAP, oftewel die SA Polisiemag soos hy dit verkies het. Ons het natuurlik ook in die jare sedertdien ons persoonlike verbintenis behou en verder uitgebou.

Die generaal se bevelsoorname by die Veiligheidstak, eers as tweede-inbevel en later as bevelvoerder, kon vir hom nie op 'n slegter tyd gekom het nie. Dit was 'n stormagtige tydperk in ons land se geskiedenis, gekenmerk deur landwye versetaksies teen die vorige bedeling en 'n ongekende vlaag terreur aanvalle, waarvan die Kerkstraatbom in 1983

40

waarskynlik die mees opspraakwekkende was. Die polisie en veral die Veiligheidstak het hulle hande vol gehad. Hy het nie juis tyd gehad om hom in te grawe nie en was uit die staanspoor aan die voorpunt van die polisie se stryd teen hierdie terreur en binnelandse onrus.

Tot my stomme verbasing het die brigadier en latere generaal ten spyte van al hierdie woelinge en verantwoordelikhede nog tyd gemaak om vir 'n B Juris graad by Unisa te studeer. Ek dink nie hy het in daardie jare veel rus en slaap ingekry nie. Maar ten spyte van al hierdie druk en spanning het hy sy personeel te alle tye vriendelik en hoflik hanteer. Dit was juis hierdie eienskappe van hom wat ons genoop het om hom waar moontlik so goed moontlik te ondersteun. Soms was dit met relatief eenvoudige dinge soos, in my geval, om sy werkopdragte saam met myne by die universiteit te gaan indien.

1992 – Hoofkantoor.

Dr. Johan Burger oorhandig sy Magister-verhandeling aan genl. Johan van der Merwe; toe hy die Kommissaris van die SA Polisie was

Johan van der Merwe was 'n besonder toegewyde polisieman met 'n vlymskerp brein of, in polisietaal, sommer net 'skerp'. Hy het altyd goed na jou geluister en sy indringende vrae daarna kon jou soms erg onkant betrap. Hy het die vermoë gehad om jou daardie een vraag te vra waarvoor jy nie 'n antwoord gehad het nie. Maar dit het jou altyd net aangespoor om beter te doen en beter voor te berei. Hierdie ingesteldheid

41

is beskrywend van sy benadering ten opsigte van alles. Hy wou alles van 'n saak weet. Hy wou allereers die feite hê en daarna luister na jou vertolking daarvan.

Wat my ook oor al die jare bygebly het was die generaal se ongeduld met skinderstories. Hy kon dit nie verdra nie en het mense wat stories oor ander by hom wou aandra baie gou stil gemaak.

Hy het ook 'n afkeer gehad aan vuil taal, skeltaal en misbruike van enige aard. Maar tog het hy 'n baie goeie sin vir humor gehad en alhoewel hy geen tyd vir onsmaaklike grappe gehad het nie kon hy lekker lag vir mense en hulle dinge.

Iets anders wat my ook oor die jare heen bygebly het is die feit dat ek hom nooit kwaad gesien het nie. Ergerlik soms, maar nooit enige woede uitbarstings of iets dergeliks nie. Inteendeel, hy was altyd vriendelik, bedagsaam en menslik op 'n wyse wat 'n diep indruk op my gemaak het. Ek onthou byvoorbeeld een voorval iewers in die middel tagtigs toe 'n paar van ons op kort kennisgewing saam met hom Kaap toe moes gaan vir 'n saak. Op die destydse Jan Smuts lughawe het hy 'n jong kaptein wat daar gestasioneer was gevra om met ons Kaapse kollegas te reël vir vervoer.

In Kaapstad aangekom was daar van vervoer geen teken nie en moes ons dit inderhaas self reël. Ek het die arme man op Jan Smuts heimlik jammer gekry vir die uittrap wat ek geglo het sou volg. Toe ons later die middag met ons terugkeer in Johannesburg land het 'n duidelik bedremmelde jongman ons by die trappe van die vliegtuig ingewag en dadelik verskoning gemaak. Hy was eerlik genoeg om te sê dat hy vergeet het. Maar anders as die uittrap wat ek verwag het, het generaal Van der Merwe sy arm om die kaptein se skouer gesit, geglimlag en vir hom gesê dat dit menslik is om te vergeet. En dit was die einde daarvan.

In die kar terug Pretoria toe het die generaal se reaksie op die kaptein se oorsig weer ter sprake gekom. Toe vertel hy ons van die keer toe hy in die laat sestigs oor 'n naweek diensoffisier in Bloemfontein was en skoon vergeet het van 'n afspraak met die destydse staatspresident, adv. Blackie

42

Swart. Hy was veronderstel om die president by 'n bepaalde plek te ontmoet en hom na een of ander geleentheid te vergesel. Maar toe raak hy so verdiep in die gewerskaf in sy tuin en met sy rose dat dit hom skoon ontgaan het. Dit was eers toe die groot swart motor by sy hek stilhou en die president uitklim dat hy met 'n enorme skok onthou het van die afspraak.

Dié jong offisier het ook oor en oor verskoning gevra en behalwe dat hy bitter kwaad vir homself was het hy ook geglo dat hy in groot moeilikheid was. Maar tot sy verbasing het die president meer in sy roostuin as in sy versuim belang gestel en hom verseker dat daar nog genoeg tyd was om by die geleentheid uit te kom. Natuurlik moes daar vinnig gestort en aangetrek word maar als het toe uiteindelik goed afgeloop en geen haan het daarna oor hierdie voorval gekraai nie.

Die welsyn van polisielede wat onder hom gedien het was vir generaal Van der Merwe altyd belangrik en dit het my menigmaal opgeval hoeveel respek hy by almal afgedwing het. Selfs nou nog, na sy dood, is daardie respek sigbaar en hoor en sien mens dit dikwels, soos ook in die opkoms by sy gedenkdiens in Pretoria op 2 September 2022.

Na sy uittrede in 1995 het hy betrokke geraak by of inisiatiewe geloods wat die belange van oud-lede ten doel het. Direk na sy uittrede was hy, om maar een voorbeeld te noem, betrokke by die totstandkoming van die Stigting vir Gelykheid voor die Reg. Die verklaarde doel van die Stigting is om die eensydige vervolging van polisielede vir dade wat spruit uit die konflik van die verlede te bestry, om lede te ondersteun en om te verseker dat hulle regte beskerm word.

In dieselfde jaar het die Generaalsklub van die SA Polisie onder sy leiding tot stand gekom. Die doel was om 'n sosiale klub te vestig vir generaals van die SAP wat met die oorgang na die nuwe bedeling vir watter redes ookal nie daarvan deel was nie. Baie van hierdie generaals was nog relatief jonk en daar het 'n behoefte ontstaan vir 'n forum waar hulle nog sosiaal met mekaar kon skakel en hulle kameraadskap kon bou en koester. Generaal Van der Merwe was 25 jaar lank, van 1995 tot in 2020, voorsitter van hierdie klub.

43

Met verloop van tyd is die grondwet van die Generaalsklub op sy aandrang sodanig gewysig dat ook voormalige lede van die SAP, wat eers in die nuwe bedeling generaals geword het, by die Klub kon aansluit.

Gedurende 1997 was die generaal ook betrokke by die stigting van die Oud-SAP-Lede Liefdadigheidstrust, waarvan hy die voorsitter was, om finansiële hulp en bystand te verleen aan oud-lede van die SAP en hulle afhanklikes, waar dit nodig mag wees.

Ons gaan hierdie generaal gewis en seker nog baie mis, nie net omdat hy so 'n buitengewone leier was nie maar veral omdat hy so 'n besonderse mens was.

Ek sluit gevolglik hierdie huldeblyk af met die opmerking dat generaal Johan van der Merwe inderdaad, soos in die titel van sy boek in 2010, trou was tot die dood toe!

Ons eer sy nagedagtenis!

Genl.maj. Johan Burger

-ooOoo-

Die verhaal van twee seuns

Ek sit stil in die kantoor, konsentreer op die nuwe wet wat op die wetboek geplaas is, en konstabel Cronjé se pen kirts-kras oor die dossier wat hy besig is om op datum te bring.

Die rustige atmosfeer word skel verbreek toe die slinger telefoon teen die muur agter my triennng-triennng-trieng, twee langes en een korte. Ek gryp die gehoorbuis en sê: “Knapdaar Polisie, Sersant du Plessis!”

‘n Sag maar tog in ‘n duidelike stem van die sentrale sê: “Hou aan vir Bethulie”. Nou hoor ek iemand wat uitasem is en hy sê: “Sersant, dis dr P, ek gaan nou plaas toe, een van die twee seuns is geskiet!” Ek ken sy plaas en weet waar dit is. Cronjé hardloop solank om die patrolliewa uit die waenhuis te gaan haal.

44

Vyf myl (8 kilometer) met rowwe sinkplaatpad en twee lendelam hekke, het nog nooit só ver gevoel nie. Ons laat die hekke oop en kom in stofwolk by die tweevertrek-kleihuise tot stilstand. Die plaaswerker Petrus staan buite met hoed in die hand. Terselfdertyd hou dr P en sy vrou buite stil.

Ek laat hulle ingaan en ons twee geregsdienaars volg. In die verste vertrek lê ‘n wit tienerseun leweloos op sy rug, oë oopgesper, en ‘n ander seun gryp sy ma vas wat nader kom. Hy gryp haar vas en sy plaas haar arms om sy skraal 16 jarige lyf. Hy snik en praat aanmekaar en sê: Mam ma, Pappa, ek het hom nie doodgemaak nie, dit was ‘n ongeluk.” Sy bly hom troos en self sien ek hoe haar oë twee poele helder water het wat op haar seun se kop en hemp drup.

Dr P gaan na die seun op die bed en ondersoek hom vlugtig. Hy sê: “Sersant hy is dood.” Ek neem beheer van die toneel. Op die voetenent van die enkelbedjie lê ‘n .22 geweer. Ek tel dit versigtig op. Ek inspekteer en sien dis ontlaai. Neem dit en die koue lang loop raak aan my een arm en ek sien die koue lewelose liggaam wat met oop oë die lug in staar, voor my. Dr P druk beide oë toe.

Hierdie toneel ruk aan die siel en liggaam van die jong geregsdienaar. Ek wonder watter emosies en vooruitsigte het die ouerpaar nie vir hierdie enigste seun van hulle in die vooruitsig gestel nie. Ek kyk na die lewe wat uit die liggaam is en daar flits gedagtes deur my kop van wat daar vir my en my vrou Corrie as ouers nog voorlê vir daardie een jaar-oue tweelingseuntjies van ons.

Die ouers van die slagoffer, huisvriende van dr P se gesin, kom ook haastig in. Die moeder val op haar knieë langs die bed waarop haar seun leweloos lê. Sy gryp sy bolyf vas en druk dit teen haar en prewel: “My seun, my kind? My kind?” ‘n Groot nat kol verskyn op die hemp van die kind en sy probeer haar snikke met die kind se lyf versmoor. Haar man gaan nader en buk langs haar. Met trane wat vlak sit, help hy haar op.

Ons wag vir die lykbesorger om die liggaam te kom verwyder. Die ouers kyk die prosessie al snikkend agterna.

45

Al die regsaspekte en verdere ondersoek van hierdie skietvoorval word julle as lesers gespaar, maar vir ons as ouers van daardie tweeling seuntjies is hierdie gebeurtenis nog nie klaar nie.

61 Jaar later moet ons die koue werklikheid in die gesig staar, waar ons moet luister na die gedenkdiens vir ons eersgeborene van die tweeling wat na Hoër Orde deur Ons Vader in die hemel geroep is nadat hy, na ‘n uitmergelende geveg om aan die lewe te bly in die hospitaal moes oorgee aan die Covid-siekte wat hom daar vir twee maande vasgepen het. Slegs sy eggenote kon hom by ‘n paar geleenthede daar sien en aan hom raak.

Die telefoon lui weer skel hier langs my op 12 Augustus 2021 in my studeerkamer en ek antwoord: “Du Plessis praat.” “Oupa. Ag Oupa, pappa is nou net weg”. Ons is hier by die hospitaal waar hulle die masjiene afgeskakel het.” Hartseer deur die hele Du Plessis familie ken nie perke nie. Ons dank die Vader dat hy vir 61 jaar vir ons, sy gesin en al sy vriende gespaar was. Hy het nou oorgegaan en by ‘n nuwe gesin aangesluit!

Die verdere verloop van ons hartseer word u in hierdie geval ook gespaar.

Dankie aan genl. Ben en mev. Corrie du Plessis wat hulle groot verlies met ons deel -ooOoo-

46
Ben en Corrie du Plessis

In Memoriam

Genl. Johannes Velde van der Merwe

25 Augustus 1936 – 27 Augustus 2022

Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie - 1990 -1995

-ooOoo-

47

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.