"Die Generaal" No 21

Page 1


DIE GENERAAL

November 2024

Nuusbrief van die Generaalsklub

van die S.A. Polisie

Nr. 21

Taakmag se ystermanne

Inhoudsopgawe

Boodskap deur die voorsitter

Die afgelope jaar het weer eens sy kwota goeie en slegte ervarings onder ons lede opgelewer. Ons moes onder meer afskeid neem van enkele kollegas of hulle direkte familie en baie van ons lede stoei ook nog met verskeie uitdagings met hul gesondheid. Maar ons is diep dankbaar vir dié van ons wat reeds herstel het en bid vir hulle wat nog worstel met enkele uitdagings in hierdie verband.

Ons klub bly egter groei en ons het groot waardering vir die onderskeie nuwe lede wat hulle in die afgelope jaar by ons aangesluit het. Ons glo en vertrou dat hulle al reeds tuis voel as volwaardige lede van die generaalsklub. Dit geld uiteraard ook nuwe lede wat weens praktiese oorwegings nie komste kan bywoon nie. Dit is opvallend hoe laasgenoemde lede met hulle lewendige deelname aan ons WhatsApp groep opmaak vir hulle fisiese “afwesigheid”!

Soos ons in die Mei uitgawe van die klubnuus aangedui het en soos u teen die tyd lankal weet kon ons die proses om ons klub se grondwet te wysig gedurende die jaar suksesvol afhandel. Daarvoor het ons almal se ondersteuning gehad en kon ons ook staatmaak op uitstekende samewerking met ons kollegas in die Wes-Kaap. Hierdie wysiging maak dit gevolglik vir ons moontlik om die werwingsnet nou so 'n klein bietjie wyer te span.

Terwyl daar oorloë in Oos-Europa en die Midde-Ooste woed, en terwyl die wêreld alhoemeer onstuimig raak is daar by ons tog 'n paar positiewe verwikkelinge, soos die totstandkoming van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE). Die RNE is soms nog effens wankelrig maar is klaarblyklik besig om alhoemeer sy voete te vind. Dit het byvoorbeeld reeds 'n groot bydrae gelewer ten opsigte van buitelandse beleggingsvertroue en plaaslik in die funksionering van verskeie staatsdepartemente.

Genl.maj. (dr.) Johan en mev. Dalene Burger

Natuurlik besef ons maar te goed dat hier nog vir ons groot uitdagings voorlê maar die potensiaal vir 'n nuwe en meer doeltreffende politieke koers vir Suid-Afrika is duidelik.

Intussen kan ons as afgetrede generaals van die SAP en SAPD mekaar bemoedig en ondersteun deur middel van die kollegiale band wat ons by wyse van ons klub, sy gereëlde byeenkomste en sy kommunikasieplatforms geniet. Dit is die plek waar ons opregte kameraderie kan ervaar, waar ons in mekaar se lief en leed kan deel, waar ons ons stories vir mekaar kan oorvertel, maar ook waar ons soms 'n fluisterende opinie oor die plaaslike en internasionale politiek kan waag.

Dit val my altyd tydens ons byeenkomste op hoeveel honderde jare se lewens- en polisie-ervaring in ons geledere opgesluit lê. Dit blyk uit die vele gesprekke rondom die tafels, by die braai-area en sommer so staanstaan waar ons baie van die probleme van ons dienende kollegas identifiseer met voorstelle oor hoe dit opgelos kan word. En dan die versugting oor wat ons kan doen om ons enorme ervaring te deel met hulle wat nog in 'n posisie is om dinge reg te maak.

Dit bring my ook sommer by ons polisie van vandag. Dit is waar dat daar groot probleme is. Daar is soveel ondersoeke al gedoen oor die afgelope paar jaar en gesaghebbende verslae met uitstekende aanbevelings beskikbaar gestel dat mens wonder hoekom daar so gesukkel word met die implementering daarvan. Maar wat ewe waar is, is dat verreweg die meeste van ons polisielede hardwerkend, eerlik en toegewyd hulle pligte uitvoer. My uitnodiging is dat ons kritiseer waar dit nodig is maar dat ons harder probeer om erkenning te gee aan hulle wat die vaandels nog steeds hoog bly dra.

Ek wil daarom iets met u deel waarop ek afgekom het as deel van my navorsing vir 'n projek wat ook die polisie en hulle vermoë om hulle grondwetlike verpligtinge na te kom, betrek. In my navorsing het ek toevallig afgekom op 'n besondere gedig deur Michael Marks, spesiaal vir die polisie geskryf. Ons ou polisielede sal verseker kan identifiseer met die treffende woorde van die gedig en veral met die sentimentele ondertone daarvan. Die titel is “Between the monsters and the weak” en ek haal graag die laaste van sy ses verse hier aan:

It doesn’t matter when or where, it matters not the danger, We race as though to help a friend when called on by a stranger. And maybe just remind the few, if ill of us they speak, that we are all that stands between the monsters and the weak.

(Michael Marks, October 2021, Between the monsters and the weak. Die volledige gedig is beskikbaar by: https://www.police1.com/national-police-week/articles/police-week-poembetween-the-monsters-and-the-weak-MvmYt7G5VmHhpp1a/)

Dit is een van die dae weer Kersfees en mens sien oral tekens van die naderende feestyd. Dit is vir baie van ons ook vakansietyd of sommer net ontspanningstyd en familietyd.

Ek wil namens die Bestuurskomitee van die Pretoria-tak en ook namens my en Dalene vir u almal 'n baie geseënde Kersfees toebid en dat ons almal Sy liefde en vrede gedurende hierdie tyd in oorvloed sal ervaar.

Dr. Johan Burger November 2024

-ooOoo-

Van die Redakteur

Geagte vriende,

Hierdie nuusbrief is die 21ste wat ek die voorreg gehad het om saam te stel. Die eerste uitgawe wat onder my pen verskyn het, was die Desember uitgawe van 2017.

As ek so deur die nuusbriewe kyk, moet ek erken dat nie almal juis nuusbriewe was nie ... dalk eerder geselsbriewe en verhale wat uit die ervarings van ‘n paar lede neergepen is en ook ander interessante brokkies geskiedenis om darem ‘n boekie met ‘n bietjie meer om die lyf, uit te gee.

Ek het ook deur al die uitgawes van my voorganger, generaal Hennie Westraat, geblaai. Eintlik was die titel van sy geselsbriewe meer relevant, bloot DIE GENERAAL. Ek het die vrymoedigheid geneem om van nou af ook ons boekie na DIE GENERAAL te herdoop.

Lt.genl. Johan Ferreira (redakteur)

Van my kant af, hartlik welkom aan die lede wat bygekom het. As ek sien dat ons jongste generaal in 1963 gebore is, is dit dieselfde jaar wat ek by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit het. Met my betrokkenheid by hierdie uitgelese groep, kan ek met reg sê dat ek tot onlangs al ons lede geken het ... sommige dalk skraps, maar die meeste taamlik goed. Ek het ook geweet hoe almal se loopbane verloop het, waar hulle rondgeswerf het, en wat hulle laat uitstaan het om tot die rang van generaal uit te styg.

Generaal Chris Serfontein het so ‘n ruk

gelede vir my gesê hy ken glad nie van ons jonger lede nie, weet nie in watter vertakking van die Mag hulle was nie, en ook nie hoe hulle deur die range gevorder het nie. Ek glo hy is nie die enigste een nie.

Ek wil graag ‘n beroep op ons nuwer lede, veral dié wat nie naby Pretoria en omstreke gedien het nie, om ‘n kort opsomming van hul loopbane, hul wel en weë en waar en wanneer hulle hulself in die Mag bevind het. Hul prestasies en ook iets van hul gesinne. Ons hoor graag van u.

Baie dankie ook aan ‘n paar gereelde bydraers, wat altyd meegewerk het om hul wedervarings met ons lede te deel.

Dankie ook aan ons voorsitter dr. Johan Burger vir sy leierskap; ook aan Dalene vir haar ondersteuning en dr. Casper Krüger vir sy inspirerende boodskappe.

Ek vertrou dat u in die feestyd wat in aantog is, ‘n bietjie kans kan kry om te blaai deur hierdie 21ste uitgawe van DIE GENERAAL

Johan Ferreira November 2024

-ooOoo-

Kapelaansbrief

Refleksie:

Elke jaar bring sy eie soet en suur. Vir my voel dit altyd of ek hierdie tyd van die jaar met my rug na die toekoms staan. ‘n Tyd van terugkyk na dit wat was. Saam met die feesviering wat deel is van hierdie seisoen, is daar noodwendig dinge wat ons dwing om te reflekteer. Ons staan voor die groot spieël van onthou; van wonder en twyfel; glimlag en trane afvee! Vriende en familie is vir altyd gegroet. Wins en verlies het hand aan hand geloop en vrae vul die gemoed. Het ek ‘n verskil gemaak? Was my voorbeeld een wat nagevolg kon word en het ek iets toegevoeg tot die lewe van hulle wat weg is en die wat nog hier is?

Jaareinde is ‘n nostalgiese tyd. Die lang lys van herinneringe dwing my na binne.

Drs. Casper Krüger en Elma Krüger (Ons kapelaan-egpaar)

 Insig in my samestelling.

 En twyfel.

Ek staan alleen voor my Skepper en Verlosser. Het ek help bou en was my bouwerk aan Sy koninkryk in Sy oë die moeite werd?

As kind van God is ek noodwendig altyd op soek om binne Sy wil te lewe. Daarom deursoek ek dit wat verby is, herontdek ek myself en vind nuwe insig:

 Vind regte woorde om gevoelens te beskryf.

 Verstaan hoekom sekere situasies my ongemaklik maak.

 Nuwe insig in my kinders en kleinkinders.

 Ontdek tegnieke wat my tyd en energie spaar.

 Eenvoudige maniere en woorde om verstaanbaar te kommunikeer.

 Vrymaak van skuldgevoelens.

Volgens die Bybel was Salomo geseën met groter wysheid as enige ander mens. Kyk hoe gee hy raad:

Spreuke 2: 1- 6:

1.My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie.

2.Hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.

3.Roep insig by, vra na gesonde begrip.

4.Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ‘n verborge skat.

5.Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

6.Dit is die Here wat die wysheid gee, uit Sy mond kom die kennis en die insig.”

Waaraan hou ek vas in my ontdekkingsreis na die verlede? Is ek sonder hulp en geheel ontbloot? Nee!

Diep verborge vind ons hierdie skat sonder prys vanuit die Ou Testament. God se woord, ‘n diep ontginde rykdom wat daar is om my te onderskraag. Uit Sy mond kom die wysheid en insig wat my toerus vir dit wat voorlê.

Wie weet wat vir ons voorlê in die toekoms? Dit is verborge in Sy hand! Maar die wete dat Hy reeds vir my en u verlossing bewerk het en ‘n plek voorberei het, maak elke dag wat Hy vir ons gun die moeite werd.

Mag ons so geseënd wees dat ons aan die einde van volgende jaar weer kan terugkyk en miskien glimlag omdat ons die wysheid wat ons geleer het kon toepas in 2025.

Ek bid u seën, vrede en wysheid toe vir die toekoms.

Casper

-ooOoo-

Godsdiens tydens krygsdiens

Die Kerk is aktief op vele terreine, ook op die slagveld. Die rol van Kerk (alle denominasies) daar moet nie onderskat word nie. Die rol van ons predikante is geboekstaaf tydens die tweede Anglo-Boereoorlog en ook tydens die 1922 gepoogde “Rooi Rewolusie aan die Rand”. Kerke het lede van die magte tydens die tweede wêreldoorlog, die oorlog in Korea en tydens die bosoorlog geestelik versorg en onderskraag. Ek het insae in ‘n ou vergeelde fotoalbum gekry wat die onontbeerlike en onuitwisbare rol belig wat die kapelaan in die geestelike lewe van die

soldaat en polisieman speel. Te midde van al die avontuur is daar plek, ook vir die geestelike sy, soos die ou foto’s getuig.

Korea: Genl.maj. (ds.) MVD Cloete, SOO, MC, SD

In die album oor die “lugoorlog” in Korea teen die kommuniste van Noord-Korea sien ek foto’s van ons eerste polisiekapelaan, ds. Doempie Cloete, wat in Korea afgeneem is.

Ds. Doempie Cloete was later die eerste uniform kapelaan van die SA Polisie wat ds. Harper Martins – siviele kapelaan – opgevolg het. Doempie, soos hy alombekend was, is in 1913 op De Doorns gebore.

Na skool is hy na die Hugenote Seminarie, Wellington, waar hy hom bekwaam as 'n sendeling met Victoria-Wes as sy eerste gemeente en Sionskerk Paarl sy tweede. In 1941 sluit hy by die Weermag aan met die oog op kapelaansdiens in Noord-Afrika.

Maar dit is vir sy diensbeurt in die oorlog in Italië waarvoor hy onthou word, veral in veldslae te Castiglione.

In ‘n brief skryf hy onder andere: "Die foto’s oor ons kerkhof by Castiglione praat met my oor baie manne wat ek in daardie berge begrawe het. Ek was die laaste mens wat baie van hulle nog lewendig gesien het.”

Daar het 15 Suid-Afrikaners in Italië gesneuwel.

Na die uitbreek van die oorlog in 1950 in Korea, word hy kapelaan van die SA Lugmag se Tweede Eskader in Korea. Hier het hy sy taak met onderskeiding en toewyding vervul. As jongmanne vertrek het met ‘n

Nagmaal en biduur in die woestyn van Noord-Afrika (foto: uit die album van wyle genl.maj. LG Snyman)

aanval, was Doempie op die aanloopbaan om 'n gebed op te stuur vir hulle veilige terugkeer.

Liggaamsoefeninge met die vegvliegtuig in die agtergrond

Ds. Doempie op die aanloopbaan waar hy die manne groet en bid vir hulle veilige terugkeer

Dit moes 'n ongelooflike geestelike belewenis aan die terugkerende vlieëniers besorg het. Hy sou daar wag, maak nie saak watter tyd van die dag of die weersomstandighede nie.

Na byna twee jaar diens in Korea, keer hy terug en sit hy sy loopbaan as kapelaan voort.

In 1957 ontvang hy die rang van kommandant (lt.-kol.) in die SA Lugmag. In 1960 is hy aangestel as die eerste uniform kapelaan van die SA Polisie en in 1973 word hy bevorder na generaal-majoor. Hy was met sy aftrede in 1975 die hoogste gedekoreerde offisier wat die SA Polisie nog gehad het. Hy is Desember 1992 oorlede, kort voor sy 80ste verjaardag.

Deur brigadier Hennie Heymans Sy artikel in “Die Skakel” Gemeenteblad van die NG Kerk.

(Brig. Hennie Heymans woon in Queenswood en lei die gebedsbediening in sy gemeente. Hy het in 1993 afgetree as brigadier in die Suid-Afrikaanse Polisiemag. Hy is ook die hoofredakteur van Nongqai, ‘n maandelikse publikasie wat al 14 jaar aanlyn gepubliseer word om die nasionale veiligheidsgeskiedenis aan te teken en te bewaar - Red.)

-ooOoo-

Nog ‘n unieke wedervaring

Gedagtig aan my vorige stelling dat enige gesoute polisiebeampte aan die einde van sy loopbaan, kan vertel van ‘n ervaring(s) van so ‘n unieke aard dat dit waarskynlik/ongetwyfeld as die ENIGSTE van aard, beskou/ beoordeel kan word, roep ek die volgende verdere (UNIEKE?) voorbeeld in herinnering:

Dit is Junie 1965 in Vereeniging. Saterdag 21h00. Ek word as jong konstabel, uitsluitlik gekleed net in die tipiese "twyfelagtige" agterstevoor lang japon gedoente wat weerskante van my lyf met die twyfelagtige bandjies toegebind word, op ‘n hospitaalbed, die operasie teater van die hospitaal, ingestoot. Direk as senter van die rugbyveld af vervoer. Diagnose: Gebarste (of dreigende) blindederm. Dokters word ingeroep. Noodoperasie. (Die tyd wanneer mens mos voel of jy nou "kaart en transport" van jou eie lyf, verloor het!)

Het reeds die voorlopige halfbedwelmende inspuiting ontvang toe ek op die operasie tafel oorgeplaas word.

Die dokter en assistente kom nader. Hy gesels ‘n paar gerusstellende woorde met my en dan skielik opgewonde, asof ‘n blink gedagte hom te binne skiet, speel die volgende binne een minuut af: "Ou maat, jy is mos ‘n polisieman, het ek gesien! (seker op bedkaart, dink ek) Hoe voel jy? Nog okay?" "Ja, ek’s okay!"

Hy vlieg om en haas hom in die rigting van ‘n deur vanwaar hy binne sekondes terug draf en met ‘n dokument in sy hand geesdriftig beduie. "Ou maat, ek moet hierdie ding voor ‘n Kommissaris van Ede sweer en teken en dit is so ‘n beslommernis. Kan jy nie gou my help en die ding beëdig nie, asseblief man?!" Vir ‘n oomblik maak ek ‘n "waardering" van die krisis. Waarom nie, besluit ek.

Ek word van my ruglêposisie op my linkerheup (linkersy en -elmboog) gedraai en gestut. ‘n Pen word in my regterhand geprop (bedink hierdie toneeltjie!!!) en ek sien duidelik die slotparagraaf onder aan die Lt.genl.

Chris Serfontein

dokument wat hier voor en langs my op die smal spasie van die operasie-tafel neergeplak word : " Beëdig voor my op hierdie dag van ......". Ek vra die dokter, "Sweer u dat hierdie inhoud die waarheid is, die hele waarheid en .... ? Se, So help my God". Opgewonde sê hy so en teken die dokument. Ek teken: CPJ Serfontein Nr. 41801 Konst. SA Polisie Meyerton.

Ek "val" terug in my rugposisie terwyl die dokter "dankie, dankie, ou maat, dit help my baie, kom ons doen jou!"

Die operasie was ‘n sukses. Nooit weer enige terugvoer van enige aard rakende hierdie blindederm of die eedswering ontvang nie.

Lt.genl. Chris Serfontein Junie 2024 -ooOoo-

Cases that left a lasting impression

In the early morning of 12 August 1988, I received a call out from Radio Control concerning the rape of a nurse at the former H F Verwoerd hospital in Pretoria. At the time I had only been at the Pretoria Murder and Robbery unit for a few months. I rushed to the scene and found a 21-year-old complainant at casualty still clothed in her bloodied and dishevelled uniform. She was in complete and utter shock but was able to give me a coherent report of what had happened. Obviously, I cannot reveal her identity so I will refer to her as Sarie.

Sarie had worked a 07:00 – 19:00 shift (seven-to-seven, a 12-hour shift) the previous day. When she booked off duty, she was in a hurry to get back to the nurse’s residence at Droomhof in Voortrekkers Rd and she didn’t want to wait for the service bus. She decided to take a short cut through the grounds of the hospital in the direction of the nurse’s home. As she walked through the gardens in a somewhat deserted area of the grounds she was grabbed from behind and forced into a small wooden garden hut. It was winter and extremely cold. The suspect proceeded to rape her throughout the night, there was no lighting in the shed and he didn’t allow her to see his face. Just before dawn he fled leaving her for dead.

Sarie was scared to move and sat in the hut crying. After some time, a passerby heard her whimpering, rescued her and took her to the casualty department. The District Surgeon on duty came to the hospital to examine her and confirmed that she had sustained multiple internal injuries and had been a virgin. Seeing a nurse in uniform, also in service of the community, so brutalized somehow made it seem more personal. We had to solve this case.

I believe that this is what motivates us as police officers to give of our best. Back at our offices at 70 Church Street several hours later, it was all hands-on deck. We had a brilliant field team and a strong informer network. As much as it was my duty to ensure that the crime scene was thoroughly processed, the case docket was written up etc., we could never achieve operational successes without the “veld span”.

Less than 48 hours later, we arrested the suspect and took him to our offices for questioning. This was in the days before DNA and Sarie couldn’t describe or positively identify the suspect as she didn’t see him. There was little forensic evidence to gather and no fingerprints in the shed. However, she distinctly remembered his voice as she had been locked up with him for the duration of the attack. So, we held a “voice identification parade”. She immediately and without any hesitation identified the suspect’s voice.

Paul Martins Letlape was charged with rape and abduction and less than 4 months later found guilty. He was sentenced to 10 years imprisonment for rape and 7 years for the abduction, 2 years of which ran concurrently. An effective term of imprisonment of 15 years (blou baadjie).

As is usual after a case is finalized the complainant moves on with her life, seeing us who helped her as a reminder of a time she is desperately trying to forget. That is healthy.

However, that was the not the last I saw of Sarie. Approximately a year later, I was admitted to hospital after a miscarriage and needed to undergo a gynaecological procedure. I was extremely emotional and felt very sorry for myself. The nurse who attended to me at the Nedpark clinic was none other than Sarie. The roles were reversed, she was now

the carer, and she supported me in my hour of need. I will never forget that through my tears her words to me were “Who says life is going to be fair?” That resonated with me. I had so much to be grateful for.

In 1989 the team and I were presented with Commendation certificates from the Commissioner, General Hennie de Witt for exceptional detective work in solving the case. This was a great honour for us all. Four city police officers honoured for exceptional detective work

Jimmy Malebe.

Pretoria News, Tuesday 18 April 1989

All police officers will agree that child victims of serious and violent crimes impact hugely on us. On 22 April 1991 I was on standby when I was informed of a rape case at the old Iscor Club in Pretoria West. It was Easter weekend and there were several functions being held in the various halls there. It was a particularly warm evening; the large doors were wide open, and the long flowing curtains were a great attraction for the children to run in and out through. Angela (not her real name) was just 6 years old, a slightly built innocent young girl playing as children do. Her mother was a guest at a wedding there. Robert Hayes

The boss and his pride: standing around Colonel “Suiker” Britz (second from left), are his proud colleagues who received merit awards in Pretoria. (From left, Detective-Sergeant Michael Masakwameng, Detective-Sergeant Sharon Schutte, Detective -Sergeant Robert Mahloala and Detective-Constable

an adult male was also a guest but not known to Angela’s family. During the festivities Angela disappeared. In the dark some distance from the halls Angela lay on the ground, her beautiful dress torn and bloodied, she had been raped. Before we arrived at the scene other guests had apprehended Robert Hayes, they were so outraged that they physically assaulted him and hit him with glass bottles. Angela was rushed to H F Verwoerd hospital by ambulance in a serious condition. The suspect was also taken in another ambulance to the same hospital. I was directed to go straight to casualties. On my arrival I saw this tiny child on one trolley and the adult suspect on another. In all honesty I thought the suspect wasn’t going to survive. My attention was however on Angela and her mother. All our training kicks in and it only really gets to you afterwards. Angela made a good recovery physically, but the emotional damage was immense. Again, no detective does it on their own and there was great support from other Murder and Robbery detectives throughout the investigation.

Due to the serious nature of this case the matter was referred to the then Supreme Court in Pretoria. Judge Willie van der Merwe was the presiding officer. There were no social services there to help with a child victim back then, so this fell onto the shoulders of the investigating officer. There was also no special facility from where the victim could give evidence, so this minor had to give evidence in an open court. She was an absolute star. Judge van der Merwe was brilliant in that he invited the child to come closer and tell “the oom” exactly what had happened, and she did.

Robert Hayes was found guilty and sentenced to death. However, he was not executed as whilst he was on death row all death sentences were commuted to life imprisonment.

When I started at the unit, I was informed that you are not a “real” Murder and Robbery detective until you have a “hangpaal” sentence. I can claim I got one.

During 2018/2019 I received a call from the parole board at Correctional Services asking for detail of the crime and my perspective as the investigating officer to him being allowed out on parole. I gave them my honest opinion. I was then informed by the official that even his own

biological mother didn’t want him to be released as she didn’t think he could be rehabilitated!

We dealt with many harrowing cases but these two made a specific impact on me. I often wonder what becomes of our victims but hope and pray that their lives changed for the better after we saw them in their darkest hour.

-ooOoo-

A Thought to guide you on Life’s Way

Builders All

Isn't it strange how princes and kings, and clowns that caper in sawdust rings, and common people, like you and me, are builders for eternity

Each is given a list of rules; a shapeless mass; a bag of tools. And each must fashion, ere life is flown, A stumbling block, or a stepping-stone

R. Lee Sharpe https://redtreetimes.com/tag/r-l-sharpe/

Lt.genl. Nico Slabber

Dankie aan lt.genl. Nico Slabber vir hierdie aandenking wat op 11 November 1960 tydens sy ouer broer se matriekafskeid by die Paarl Gimnasium aan hulle gegee is.

“Dis nie hoe jy begin nie, maar hoe jy eindig.”

Lt.genl. Nico Slabber was met sy aftrede die Provinsiale Kommissaris van die Oos-Kaap.

-ooOoo-

My pa – lt.genl. Frikkie Engels

Frederick Lodewyk Christian Engels is gebore in Suidwes-Afrika (Namibië) op 23 April 1922. Die gesin trek na Pretoria en hy werk by die Uniegebou as bode en voltooi sy Standerd 10 deur aandklasse te loop. Hy sluit by die S.A. Polisie aan en word verplaas na Alexanderbaai in Namakwaland, waar hy die ‘Grootwiel’ stap en soms Port Nolloth toe gaan saam met kollegas. Daar ontmoet hy my moeder, Baby. Maar dis eers na die afsterwe van haar moeder en ‘n jaar later haar vader, dat sy Pretoria toe verhuis, en hulle mekaar weer raakloop. Hulle trou op 4 Januarie 1947 in Pretoria. Daardie tyd moes hy nog toestemming kry om te mag trou!

My pa word dadelik verplaas na Sawoti, in die Natalse Middellande. Daar voer hulle ‘n idilliese bestaan tussen die groen heuwels en leer albei goed Zoeloe praat. My pa het altyd interessante stories vertel van sy perd, ‘Smokey’, sy interaksie met die Zoeloe-indoenas en die wonderlike vaardigheid wat sy Zoeloe-konstabels met hulle assegaaie en knopkieries gehad het (hulle is daarmee uitgereik).

Hierna word hy verplaas na Scottburgh, waar ek en my broer Johan gebore is. Een van sy personeellede was sersant Moonsamy, met wie hy en my moeder bevriend was tot die einde van my pa se lewe.

In 1953 word my pa ‘n offisier en word hy verplaas na Durban, waar ons in die SA Polisie kamp woon, en ek in 1954 begin skoolgaan by die Assegai-laerskool.

My pa se getroue perd, ‘Smokey’, gaan sowaar saam en word gehuisves in die stalle. Ek onthou hoe ons dikwels saamgegaan het stalle toe om vir ‘Smokey’ te kuier.

In 1955 word my pa verplaas Eshowe toe, waar sy Zoeloe-kennis hom goed te staan kom. Ek is in graad twee en die helfte van standerd een in die Eshowe dubbelmedium-skool, waarna ons in die middel van 1956 terugtrek Durban toe, en weer gaan woon in die SA Polisie-kamp in

Wentworth. Ons woon daar tot die einde van 1964, en dit was die wonderlikste plek vir ‘n kind om groot te word.

Die SA Polisiekamp het bestaan uit wonings, enkelkwartiere, kantore, menasie, tennisbane en groot speelplekke vir al die kinders, en dit was veilig en wonderlik om daar te woon.

My pa het gedurende sy tyd in Durban diens gedoen as bevelvoerder van Radiobeheer in Berea en Durban-Noord. Hy was ook aan die hoof van die Mobiele-eenheid. Ons as kinders het die Cato Manor-onluste eerstehands beleef, en nagte om bekommer oor ons pa. My ma het ons net altyd verseker “dat Pappa in die Saracen is!” My pa was ook lang tye Pretoria toe om eksamenvraestelle te merk. Maar ons het langs die tennisbane gewoon en goed leer tennis speel, ons dogters het almal hokkie geoefen, en laatmiddae het al die kinders “rounders” gespeel op die “toplawn”.

Ek was in my eerstejaar op Tukkies in 1966 toe my pa se MobieleEenheid in Augustus Pretoria toe gekom het, en ek hom darem kon sien. Min het ons geweet dat hulle op pad was na die Suidwes grens vir die geheime eerste kontak met insurgensiemagte by Ongulumbashe.

Ek het eers jare later daarvan gehoor. My ma het ons heelwat later vertel dat my pa vir haar voorberei het op die feit dat hy betrokke gaan wees by ‘n gevaarlike operasie.

My pa was ‘n streng maar regverdige pa. Hy het nie luiheid of lamsakkigheid geduld nie. Sy gesin was die spil waarom sy lewe gedraai het en hy en my ma was ‘n formidabele kombinasie.

Met haar stylvolheid en grasie het sy hom met eer bygestaan, hetsy in hulle omgang met ministers en diplomate of met nederige konstabels in Bishop Lavis, Scottburgh of Port Nolloth. Hulle het nooit hul wortels vergeet in die destydse “Suidwes” of Namakwaland nie. Toe ek die woorde van die liedjie ”Ou Grootwiel” gesoek het vir my SAPMannekoor, het hulle albei die woorde onthou wat die jong polisiemanne in Namakwaland gesing het.

Baie van sy kollegas en jong onderoffisiere het al vir my staaltjies vertel hoe my pa se sagte hart hulle tot hulp gekom het as hulle ‘n probleem gehad het. So streng en kwaai as wat hy soms was, so bemoedigend kon hy ook wees. Hy het graag vir belowende sportmanne aangemoedig om die hoogste sport te bereik, en hy was betrokke by boks en skietkuns. Hy was ook baie betrokke by die NG Kerk as ouderling. Hy het ‘n goeie potjie tennis gespeel, en was ook sy hele lewe lief vir rugby. Hy het ons kinders aangemoedig om te studeer en hy het self, te midde van ‘n baie besige loopbaan, sy regsgraad behaal. Dit is waar ek my liefde vir Latyn ontwikkel het. Hy het twee van ons tuiniers gehelp om te studeer en by die Polisie aan te sluit.

Ou Shorty het vir jare by ons in Durban gewerk, en ‘n flukse konstabel geword. Petrus het by hulle in Pretoria gewerk en uiteindelik met trots sy uniform gedra. Ek sal nooit vergeet hoe hy voor my pa se siekbed gestaan en hom trots gesalueer het nie.

Links: ’n Jong lt. Frikkie Engels (ongeveer 1953) Regs: Die Engels-gesin in Durban (in 1959)

Aan die einde van 1967 word my pa verplaas na Pretoria en sluit hy aan by die Inspektoraat. Hy was by hoofkantoor tot met sy aftrede.

Hy het in 1978 die Suid-Afrikaanse Polisiester vir Voortreflike Diens (S.O.O.) van die staatspresident ontvang, en was van 1978 tot met sy aftrede in 1982 die senior hoofadjunk-kommissaris van die SuidAfrikaanse Polisie.

Baby Engels en lt.genl. Frikkie Engels ongeveer in die 1980’s

genl.maj.

Frikkie Engels is op 19 Mei 1992 oorlede nadat ‘n hy ‘n paar maande tevore ‘n beroerte gehad het. My moeder is onlangs op 10 September 2024 op 97-jarige ouderdom oorlede. Sy het tot haar afsterwe in Kaapstad gewoon.

Met waardering ontvang van sy dogter mev. Margie Spaumer (geb. Engels. Ook saamgestel uit Nongqai Vol. 14 no 8)

-ooOoo-

Ervaring op ervaring – grensdiens: SAP

Die meeste van ons was in die ou-bedeling van polisiëring, aan grensdiens blootgestel.

Mev.
Mev. Margie en
Coen Spaumer

In Maart 1986 word ek vir die tweede keer genomineer om grensdiens te verrig. Ek word as die basis bevelvoerder op Beitbrug geplaas en dit was dit ‘n ervaring wat ek as jong offisier nooit sal vergeet nie.

Gedurende daardie tydperk was daar baie landmyn ontploffings in die Weipe/Alldays-gebied en baie mense het hulle lewens verloor en verskeie onskuldige burgerlikes is gestremd gelaat. Hartseer tye, en die bewysstukke was teen die muur in die kantien te sien. Elke inname voor ons het terreur insidente gehad. Beslis ‘n gevaarlike terrein vir almal wat die stofpaaie teen die grenslyn gebruik het.

Tydens opknapping word ons toegespreek deur die legendariese kolonel De la Rosa, wat deur almal wat grensdiens moes verrig, gevrees is. Ek het nog net van hom gehoor, maar nog nooit ontmoet nie. Die aand tydens bekendstelling vra kolonel de la Rosa, “wie gaan Beitbrug toe?” Ek antwoord, “ek Kolonel” – hy volg op met “laaitie, daar slaap jy met jou oë oop, want daar ontplof die landmyne onder jou gat”

Op die basis aangekom, soos dit nou maar was, moes ons kokke en ander lede om die basis aan die gang te hou, aanstel. Daar was nie ‘n groot reaksie om die hoofkok te wees nie. Soos in 1984 toe ek die logistieke-offisier op Lomati was, is daar weer eens niemand wat gretig was om die kokvoorskoot aan te trek nie. Uiteindelik “volunteer” ‘n sersant om die kok te wees vir die dertig lede op die basis. Vinnig kom ek agter dat die sersant nou nie te waffers gaan vaar as kok nie en dat hy heelwaarskynlik selfs die koffiewater gaan verbrand. So moet ek as 25-jarige die span lei asook die “kok” bystaan en leer hoe om kos te maak. Gelukkig kon ek myself redelik in die kombuis help, natuurlik niks besonders nie, maar darem beter as die ander op die basis. Met die verloop van tyd, verbeter my vermoë met die kosmaak, want ek het immers in 1984 eintlik ook dieselfde situasie gehad, en meestal selfs die lede bederf met my “kookvaardighede” - top gehalte potjies; driegang maaltye elke Sondag en so af en toe ‘n gebakte nagereg.

Genl.maj.

Marius Janse van Rensburg

Ek word gedurende die tydperk ook bekendgestel aan ‘n ander legende van die ou SAP, brigadier Wandrag, wat vir ‘n vergadering oor die treindienste en beveiliging by Beitbrug samesprekings daar aangekom het. Hedendaagse nuus blyk dat daar nog steeds nie regtig oplossings gevind is vir die probleme by Beitbrug nie. Die kompaniebevelvoerder van die streek was ‘n permanente aanstelling, kaptein Shorty Marais. Hy beveel my om asseblief tog net die kombuis vir die dag sal hanteer en iets lekker sal gaarmaak vir die HK besoekers. Hy besluit toe op “steak en chips” met bykosse en nagereg.

Die algemene ervaring wat ek tydens my grenstydperke gehad het, was dat die kwaliteit van die vleis waar daar aankope gedoen is, van goeie gehalte was. Die slaghuis op Musina was dan ook geen uitsondering nie, werklik goeie gehalte vleis!

Ek versoek dat die logistieke adjudant vir ons “rump steak” bestel en dit die oggend van die besoek gaan afhaal, aangesien ek nie met gevriesde vleis wil werk nie. My voorbereiding en aanbieding van die snit was al verskeie kere op die spyskaart, en een van die voorkeur geregte vir die lede op die basis. Voorbereiding is nie werklik ‘n uitdaging nie aangesien ek dit al menige male voorberei het, met komplimente soos “restaurant gehalte” ensovoorts.

Terwyl brigadier Wandrag en sy gevolg met die samesprekings besig is, word die tafels gedek en voorbereiding vind in alle erns plaas. “Hier moet ons nou vandag beïndruk”, was kaptein Shorty se versoek. Miskien het hy dalk ‘n bevordering of iets dergeliks in die oë gehad aangesien hy al immers ‘n ruk lank ‘n kaptein was.

Ek dink nie gedurende daardie tyd was die keuse van kos so gesofistikeerd dat daar gevra was hoe jy jou steak bedien wou hê nie, “ medium, rare of well done, of charcoal” Soos genoem, my aanbieding was nog altyd baie goed op die basis ontvang, so ek weet wat ek doen en my voorbereiding en aanbieding is soos gewoonlik en ek sien daarna uit om die kos aan ons besoekers voor te sit.

Die spyskaart was “steak en chips”, “mushroomsous”, soet-ertjies en wortels, gemengde slaai en vir nagereg, geblikte pere met room of roomys.

Ons besoekers arriveer terug op die Basis, en alles is in plek, netjiese tafel aanbieding en ek is in my skik dat alles uitstekend lyk, inaggenome dat ons darem op ‘n grensbasis is.

Soos gebruiklik word daar ‘n tafelgebed gedoen en die kos word ruim geskep, almal is honger en smul al te heerlik. Ek begin eet, en soos gewoonlik, begin ek met die “steak” vat een happie, nog een en besef, hier is groot fout. Dit is verseker nie ons gewone kwaliteit snitte nie, smaak my ek gaan dalk ‘n paar tande beskadig met die kou saam. Dit is doodstil, mens kan die spreekwoordelike speld hoor val - almal duidelik honger! Wel, so het ek gedink, meeste het darem al heerlik gesmul aan die “chips en die steaks” – ten minste so gelyk.

Ek sien kaptein Shorty eet en is al amper klaar, en kyk, hy kon nou lekker smul aan ‘n bord kos. Net toe ek dink dit is dalk net ek wat nie ‘n goeie snit steak het nie, lig “oom Bert” soos ons maar na die brigadier verwys het, sy kop op en sê ”jongman, ek wil net dankie sê vir die pragtige aanbieding en moeite wat julle gedoen het om ons as gaste te verwelkom, die kos is puik en ek het lekker geëet, maar ek is nie seker van die “steak“ nie, ek dink die slagter het ‘n bees wat in die laaste landmyn ontploffing dood is, aan julle verkoop”, breek hy die ys, met ‘n breë glimlag.

Ek besef, hy het ook ‘n taai stuk “steak “gekry, en toe skaterlag die res. Ek kon net verleë lag en sê ”lyk my ek en brigadier het sleg gekies”. Die meeste van ons was óf baie honger óf dat hulle “steaks” darem sag en smaaklik was. Dit het darem geblyk of daar slegs ‘n paar stukke was, wat nie aan die standaard voldoen het nie, aangesien die oorgrote meerderheid hulle “steaks” geëet het.

Die dag is beëindig met geblikte nagereg wat darem nie enige kook vermoëns benodig het nie.

Die slagter het darem daarvoor geboet, en 5 kg biltong belowe vir die toets wedstryd tussen die Springbokke en die Kavaliers – die manne het darem seker gemaak die biltong kom nie van die dooie bees wat in ‘n landmyn-ontploffing dood is nie!

So was dit die eerste en laaste keer wat ek ooit die legende van die SAP, brigadier Bert Wandrag, gesien het.

Bydrae deur

Genl.maj. Marius Janse van Rensburg

Genl.maj. Marius Janse van Rensburg van Jeffreysbaai is een van ons nuwe lede. Ons sal graag nog sulke stories of wedervarings van ons ander nuwe lede wil sien. (Red.)

-ooOoo-

Nog ‘n huldeblyk aan die vrou van ‘n Polisieman

Ons het in ‘n vorige uitgawe die bydrae van ons kollega, generaal Ben du Plessis, getiteld WIE VERDIEN DIE MEDALJES gelees. Hy het die bystand en ondersteuning wat sy eggenote, Corrie hom in sy loopbaan gebied het, baie goed beskryf.

My beskeie bydrae gaan nie net oor my eggenote nie, maar kan netsowel geld vir al die vroue wat met ‘n polisieman getroud is.

Ons is in die winter van 1967 getroud. Ek was toe nog ‘n 22-jarige konstabel en my bruid was maar 20 jaar oud.

Ons troue op 3 Junie 1967 in die NG Gemeente Universiteitsoord, Pretoria. Die huwelikseremonie is deur die destydse hoofkapelaan, ds. Doempies Cloete behartig.

Ek het destyds ‘n salaris van ongeveer R85 ontvang. Nettie s’n was omtrent R65 per maand as ek reg onthou. Ons het nes geskop in ‘n eenslaapkamer woonstel in Duncanstraat, bokant die Hatfield Bakkery in Pretoria.

Destyds was ons nog in kontant betaal. Ons het elke betaaldag na werk ons geldjies op die dubbelbed saamgegooi en dit was haar taak om toe te sien dat ons maandelikse verpligtinge nagekom word.

Soos alle jonggetroudes, het ons so elke nou en dan, ‘n meningsverskil gehad, en dan het ons, soos my vrou altyd gesê het, soms “in hoofletters” met mekaar gepraat! Ek onthou baie goed dat ek een keer ‘n bietjie

onnodig hard oor iets gekla het, waarop sy vir my gesê het dat sy nie gaan toelaat dat ek so met haar praat nie .... “Wag tot jy eendag ‘n sersant is voor jy dit doen!” (Dit het egter niks gehelp toe ek ‘n sersant geword het nie ... selfs toe ek jare later ‘n generaal geword het, het daardie reël nog steeds in ons huis gegeld. Sy is nie ‘n onderdanige vrou nie!)

In Gilbert en Sullivan se operette, The Pirates of Penzance, is daar ‘n aria “A Policeman’s lot is not a happy one.” Ofskoon ons manne se lot dalk nie altyd ‘n “happy” een is nie, kan dié gelukkiges van ons wat ‘n goeie vrou het, getuig dat hulle ons kan opbeur en ondersteun in die tye waar dit moeilik gaan.

Maar gee ons ooit genoeg erkenning aan ons vrouens? Is hulle lot nie ook soms ‘n “unhappy” een nie? Daar is tye wat die polisie baie groot eise aan ons eggenotes stel ... en hulle moet groot opofferings maak om ons in ons loopbaan te ondersteun.

In ons geval, het sy, as ‘n jong bruid, my aangemoedig as ek eksamen skryf. As ek voor die boeke gesit en swoeg het, het sy my hand vasgehou – ja selfs in “hoofletters” met my gepraat as ek wou tou opgooi. Sy wou toesien dat ek ‘n sukses van my loopbaan maak, nie net vir myself nie, maar ook vir ons toekoms. Sy het ook gehelp om die pot aan die kook te hou. Sy is pas na ons troue, in ‘n betrekking in die staatsdiens aangestel. In ons huis het sy die (aanvanklik karige) inkomste wat ons saam verdien het, bestuur en gesorg dat ons ‘n fatsoenlike bestaan voer.

Ons was gelukkig in staat om ‘n jaar na ons troue ons eie huis te kon besit. Ons huis was haar paleis en sy het die huis met groot toewyding en vreugde ‘n lekker plek gemaak om in te bly. Ons was ook gelukkig om naby aan beide kante van ons families te bly.

Met my bevorderings wat die een na die ander gevolg het, het die verplasings noodwendig gevolg. In my loopbaan van 40 jaar is ek sewe keer na ander dorpe en stede verplaas. Vir my

was dit ‘n groot uitdaging, want dit het beteken dat my loopbaan op dreef is.

Maar dit was nie altyd so maklik vir my vrou nie. Eerstens moes sy ons eerste woning, wat sy met soveel liefde en sorg bewoon het, verlaat. Dan alles inpak, en weer by die nuwe huis uitpak, en sorg vir nuwe gordyne en sulke dinge vir die nuwe onbekende woonplek. Dit was vir haar ook baie moeilik om van ons familie (aan beide kante) in Pretoria geskei te word. Sy moes ook elke keer haar werk bedank, kollegas en vriende groet, ‘n nuwe werk by die nuwe standplaas soek, haarself weer opwerk, maar dan om net almal en alles agter te laat om weer van voor af deur dieselfde proses by ‘n volgende nuwe standplaas te gaan.

My goeie gade, Nettie Ferreira

‘n Polisie-eggenote se lewe is nooit rustig en voorspelbaar nie. Nes mens dink alles kom tot rus, kom ek by die huis met die nuus dat ek genomineer is om vir grensdiens in Rhodesië; ‘n jaar later in Suidwes; en nog ‘n jaar later langs die RSA grens met Swaziland en Mosambiek te rapporteer. Behalwe dat sy alleen die mas moet opkom, is daar ook haar kommer of ek veilig en ongeskonde sal terugkeer.

Dit verg ‘n baie lojale eggenote wat bereid is om deur al hierdie uitdagings te gaan om haar polisie-eggenoot by te staan en nog steeds te glimlag en tevrede te wees .... want sy doen dit om haar man en gesin se onthalwe.

Toe ek pas bevorder is tot die rang van luitenant, was daar in my oor gefluister dat dit goed vir my loopbaan sou wees as my vrou ook by die Offisiers-Damesklub aansluit. In daardie jare moes die dames met handskoene en ‘n hoed getooi om paslik gekleed te wees vir die geleentheid. Só arriveer sy as 24-jarige jong vrou, deftig uitgevat, by haar eerste damesklub-funksie. Een van die ouer dames gee haar net een kyk en vra of sy seker is dat by die regte funksie is? Sy is nog hopeloos te jonk om ‘n offisier se vrou te wees!

Namate ek in my loopbaan gevorder het, was daar ook ander eise wat aan my vrou gestel. Sy moes haar plek inneem by damesklubs, gasvrou speel, voorsitter wees, leiding gee en deftige uitrustings aanskaf om my na formele offisiersfunksies in my tafeltenue (bobbejaanpak) te vergesel. Ondanks al hierdie wel en weë van ‘n polisievrou, moes sy natuurlik ook die rol van ‘n moeder en gewone huisvrou speel ... dikwels as ek nie daar was nie ... die huis en tuin versorg, kinders grootmaak, taxi vir die kinders wees, my ondersteun en al die ander dinge wat vrouens maar doen.

Na ‘n getroude lewe van 57 jaar, wat my loopbaan van 40 jaar ingesluit het; en al die verplasings, bevorderings, terugslae en lief en leed, wil ek saam met kollega generaal Ben du Plessis stem dat ons vrouens die eintlike mense is wat die medaljes verdien!

Ek sluit graag af met enkele wyse woorde wat Koning Salomo in Spreuke 31 van ‘n knap vrou geskryf het:

'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene. Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk. Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

Johan Ferreira Oktober 2024

-ooOoo-

Grootword in ‘n polisie huis

In die eerste jare van die 1960's was my pa stasiebevelvoerder van Rawsonville, vasgedruk tussen Worcester en die Du Toitskloofberge van die Weskaap. Die huis was deel van die polisiestasie en die polisiestasie deel van die huis. Die aanklagkantoor was 'n vertrek wat uit

Foto geneem met my aftrede in Maart 2003

die huis se gang gelei het. Gegewe die vloere (wat elke dag geskrop is) moes dit 'n nagmerrie vir die nagskof gewees het om nie die stasiebevelvoerder of sy gesin wakker te loop op die plankvloere nie.

Dan was my pa ook lief om "stasiebesoek" te doen – in die tyd toe die Sersant nog naas die burgemeester, die belangrikste man in die dorp was.

Wanneer hy reeds in sy nagklere was, het hy sy polisie-langbroek, skoene en reënjas aangetrek en maklik 'n "volledige stasie inspeksie" gedoen. Bewaar die aanklagkantoorlid wat enigiets anders behalwe 'n vars koerant, Staande Orders of die wetboeke gelees het!

Die agterkant. Die 4 selle, agterstoep (wat nou toegebou is) en die vierkant wat daagliks gevee is. Die voordeur na die woonhuis gedeelte is regs onder die afdak.

Die hofsaal waarin die plante was. Desjare kon ek skaars oor die muur sien wat tussen die huis en hofsaal is - steeds daar. (Foto’s: Google)

Die aanklagkantoor. Twee vensters en 'n aparte buitedeur.

Ek onthou die werf in die vierkant agter die huis (voor die selle) wat daagliks met 'n harde besem gevee is. Die besem word heen en weer agter die verhoorafwagtene gesleep sodat die besem presiese parallelle

lyne in die los gruis van die vierkant laat - destyds het ons nog nie eens van Zen gehoor nie!

Uit die aard van die gedeelde ruimte is ek ook dikwels blootgestel aan die uitgebreide taalgebruik soos voorgedra deur Oom Tas van die Lieberstein akademie vir Bolandse idiome. Weens dreigende tugmaatreëls deur die stasiebevelvoerder het ek myself egter weerhou om die uitdrukkings in my woordeskat op te neem.

Langs die huis was die hofgebou. In my tyd natuurlik baie groter - my perspektief was maar nog grondlangs op daardie ouderdom. Die landdros het weekliks van Worcester af gekom en my pa was hierdie dae die aanklaer. My taak was om die plante binne die hof aan die lewe te hou. 'n Plakkie, een skoonma se tong, twee stekelrige goed en 'n hennekuiken wat in 'n vensterbank vir sonlig gestaan het.

'n Shackleton van die lugmag vlieg in Augustus 1963 naby Rawsonville in die Stettynsberg vas. Dertien lugmaglede verloor hul lewens. Die toneel, soos meeste vliegongelukke is afgryslik. My pa kom laataand en yskoud terug van die toneel af. Ek hoor hy sê vir my ma dat hy nie weet wat om met die lyke en liggaamsdele te maak nie. Hy oorweeg dit om die oorskotte in die hofsaal te stoor.

Ek kom nie naby die hof nie - bang vir spoke en dooies. Na 'n week kom haal my pa my - die hennekuiken is besig om in die son te verlep (klikbek). Hy vat my hofsaal toe om te wys dat dit leeg is - die lyke is dieselfde nag afgevoer Kaap toe.

Een Saterdagaand so by 10-uur is daar 'n klop aan die voordeur. (Soms was die aanklagtekantoor nie oor naweke beman nie). Toe my pa oopmaak staan daar 'n boer met 'n wond aan sy regterarm. Die arm is met 'n panga deur een van sy werkers oopgekloof van skouer tot elmboog en die been wys plek-plek. Die wond bloei erg. My pa vat die man in die huis in, na die onderpunt van die lang gang waar die badkamer is. Die bloedstreep lê die lengte van die gang en die badkamer is rooi met stukke bloed wat in die bad lê. (Die eerste keer dat ek soveel

bloed sien en leer dat bloed klonte kan maak.) My pa het die wond verbind en Worcester se hospitaal toe gejaag. My ma het gedweë begin bloed opvee – stoep, gang, badkamervloer, toilet, bad.

Jansen is die "losarbeider" by die stasie. Ek hou van hom want hy speel soms saam met my in die groot agterplaas. Eendag speel ek met my Dinky karretjies en Jansen bring 'n groot karton wat hy met die aanklagtekantoor se groot skêr opknip en vou. Die lotjie word aanmekaar geplak met aanklagtekantoorgom uit 'n pot met 'n kwassie. In 'n japtrap het ek 'n karton huisie en motorhuis vir my karretjies. Ongelukkig kom my pa op die spelery af en Jansen moet bontstaan omdat sy ontwerp die gebruik van 'n nuwe dossier, staatskêr en polisiegom ingesluit het!

Die huis se agterstoep was ook waar die "prisoniers" se kos voorberei is. Dit was my ma se werk - ek glo sy het die taak as "matrone" verrig. Hier was ook 'n groot sinkbad. Sel komberse en prisoniersklere is hierin gewas. Ek sal nou nog die reuk van blou seep bo enige ander uitken.

Wanneer die take by die wasplek/kosvoorbereiding afgehandel is, is alles netjies skoongemaak en weggepak sodat die area weer deur die huis-mense gebruik is.

Sonder om in die verlede vas te haak is ek seker hier is ander lede wat soortgelyke jongdae by polisiestasies gehad het.

Deur Jan de Klerk, voormalige polisieoffisier en later lektor in Polisiekunde aan die Universiteit van Venda Met vergunning van Nongqai -ooOoo-

Ontmoeting met die Kommissaris – Maart 1963

Die polisiestasie in Brooklyn, Pretoria was nog in 1963 ‘n groot ou huis, in Duxburyweg - reg oorkant die bekende Hillcrest swembad. Vandag staan daar op dieselfde perseel, ʼn pragtige moderne polisiestasie.

Die woning net langs die polisiestasie, Duxburyweg 123, was die ampswoning van die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie. Destyds was dit generaal John Keevy.

Genl. JM Keevy

Die manne wat nagskof gewerk het, was gemaan om so stil as moontlik te wees, want dit sou ‘n doodsonde wees om die Kommissaris en mevrou Keevy se nagrus te versteur. Daarom was die vangwa se radio altyd afgeskakel wanneer daar in die nag by die stasie “afgestaan” is.

As jong student-konstabel, nog nat agter die ore, het ek maar net gehoor dat daar ‘n grootkop langs die polisiestasie woon en dat ek uit sy pad moes bly.

Een aand, om ongeveer 23:30 tydens die nagskof, terwyl ek in die aanklagkantoor besig met een van die registers (onder die wakende oog van sersant Kleynhans), kom daar ‘n oubaas by die aanklagkantoor in en groet baie vriendelik: “Naand, kêrels ..... kan julle my dalk help, asseblief. Ek en my vrou kom nou van ‘n funksie af en die huis se sleutels is weg. Kan een van julle jong manne nie gou ‘n venster kom oopbreek om die huis van binne af oop te sluit nie?”

Ek het die man taamlik streng aangekyk en agteroor op die stoel geleun en hom ewe kordaat meegedeel dat ons juis daar is om misdaad te voorkom, nie om dit te pleeg nie .... toe ek egter uit die hoek van my oog merk dat die hele personeel soos besemstokke op aandag staan ..... en die sersant hom boeglam skrik het vir die simpel student wat nie besef hy praat met generaal John Keevy nie ....

Toe ons met ‘n harde stem deur die sersant beveel is om op aandag te staan, het sersant Kleynhans flink gesalueer en “Goeienaand Generaal” gesê. Ek het toe eers besef dis die grootkop van die huis langsaan .....

Gelukkig was die generaal in ‘n goeie bui en was hy tevrede toe ek met ‘n Okapi mes uit die SAP-13 stoor die stopverf verwyder en ‘n vensterruit uitgehaal het.

Die feit dat ek my vinger met die skerp rand van die ruit raak gesny het, het dalk ook mevrou Keevy se simpatie in my guns laat swaai.

Sersant Kleynhans het my daarna baie streng uitgetrap en my vertel dat ek myself baie gelukkig kan ag dat ek nie daardie aand my loopbaan verwoes het nie ...

Ek was omtrent vir ‘n maand lank my rusdae kwyt .... maar vir ‘n jong student wat vir elke oomblik geleef het om aan diens te wees, was dit eintlik ‘n bonus ....

Ontnugtering as jy jou pos ontgroei

In 1984 is ek vanaf Middelburg, Afdeling Oos-Transvaal, na die parlementêre personeel van die destydse Kommissaris, generaal Johann Coetzee verplaas. Ek was toe ‘n majoor.

Die taak wat my opgelê was, was om die generaal se stafoffisier te wees. Ek moes sorg dat sy dagboek bygehou word, dat hy al sy afsprake nakom en om die talle memoranda wat aan hom voorgelê was, na te gaan vir tik- en taalfoute. Gelukkig het die generaal verkies om self sy toesprake op ‘n klein draagbare Olivetti-tikmasjien in sy kantoor te tik, so ek het min toesprake vir hom geskryf.

Saam met my op die kommissaris se personeel was daar ‘n bekwame vroue-luitenant. Sy het ‘n hele paar jaar vantevore as ‘n jong tikster by die parlementêre personeel aangesluit en generaals Gous, Joubert, Crous, Prinsloo en Geldenhuys sien kom en gaan. Haar lojaliteit en

bekwaamheid was hoog aangeskryf, en sy is met generaal Geldenhuys se aftrede, van ‘n hooftikster lateraal oorgeplaas na die funksionele stroom van die polisie. ‘n Afskeidsgeskenk van generaal Geldenhuys. Ek dink sy is toe as ‘n adjudant-offisier aangestel. Toe ek daar aangekom het , was sy al ‘n luitenant. Maar steeds dieselfde werk as tikstersekretaresse gedoen.

Omdat die parlementêre personeel vir die duur van die parlementêre sessie in Kaapstad en in die reses in Pretoria gesetel was, het die luitenant nooit getrou nie.

Toe dit tyd word dat sy na kaptein bevorder moes word, is daar besluit dat sy haar pos “ontgroei” het, en dat sy in ‘n pos geplaas moes word wat haar nuwe rang waardig was.

Sy was nie juis baie angstig om die veiligheid van haar jarelange pos prys te gee nie, maar het ingesien dat sy as ‘n kaptein groter verantwoordelikhede moes aanvaar.

Daar is toe besluit om haar in een van die seksies by die Veiligheidstak te plaas. Weens haar jarelange kennis van die parlementêre kantoor se sake, is sy by die seksie geplaas waar memoranda aan die kommissaris, minister en die parlement opgestel is.

Sy het by haar nuwe pos baie gou agtergekom dat daar ‘n groot verskil in die kuns is om memo’s te tik as om self memo’s op te stel. Sommer die eerste dag het die groot ontnugtering ingetree en was die aanpassing vir haar baie traumaties.

‘n Week nadat sy by haar nuwe standplaas aangemeld het, is sy genooi om, wanneer die Kommissaris beskikbaar sou wees, na sy kantoor te kom, waar daar behoorlik met koek en tee van haar afskeid geneem kon word.

Ná die Kommissaris se toesprakie is die pas aangestelde kaptein gevra om ook iets te sê. Sy het moedig begin om haar dank vir al die goeie jare uit te spreek, maar haar emosies het haar skielik oorval, skielik in erge verwyt oorgeslaan, en snikkend gekla dat “julle” haar soos ‘n ou stuk lap “weggegooi” het.

Nadat die kommissaris haar getroos en moed ingepraat het, het sy ingestem om eerder na ‘n ander seksie, waar sy gemakliker sou wees, geplaas te word. Sy is toe effe getroos, maar steeds baie ongelukkig daar weg.

Later die middag was ek en die generaal se motorbestuurder toevallig saam in sy kantoor. Die Kommissaris sê toe vir ons dat hy nooit kon dink dat die kaptein só heftig sou reageer nie.

Die motorbestuurder antwoord toe dat hy die vorige dag by ‘n begrafnis was, maar dit ‘n baie vroliker affêre as die kaptein se afskeid was!

Johan Ferreira

Twee stories uit my loopbaan van 40 jaar

--ooOoo--

Dít is die ware onreg van Marikana

Ek skryf hierdie brief uit dankbaarheid en nederigheid en nie uit aggressie nie.

My argwaan is steeds bytend as ek daaraan dink hoe my oud kollegas behandel is ná die Marikana-voorval waarin 34 mynwerkers doodgeskiet is.

Ek baklei nie meer teen die woordgebruik van die media wat verwys na die "Marikana-slagting" nie, ook nie dat die indruk gewek word dat die polisie op die mynwerkers geskiet het omdat hulle gestaak het nie. Dit is eenvoudig nie waar nie.

Die skietvoorval by Marikana het op 16 Augustus 2012 plaasgevind en later is etlike polisie-beamptes aangekla, dog geen van die geweldenaars (mynwerkers) is ooit aangekla nie.

Voor die skietvoorval is 10 mense vermoor, onder wie twee polisiebeamptes, twee veiligheidswagte en ses private persone.

Genl.maj. Izak Smalman

Hierdie moorddossier is gereed vir verhoor, dog geen stappe word gedoen om daarmee te begin en dit af te handel nie.

Daar is eerder gefokus op klagte teen die beamptes.

'n Jare lange verhoor het begin teen genl.maj. William Mpembe, brig. Kiewiet van Zyl, asook twee ander polisiebeamptes op aanklagte van regsverydeling. Daar was geen getuienis teen hierdie mense nie en hulle is almal op 31 Maart 2022 onskuldig bevind.

Dit was nie die einde van die heksejag op die polisiebeamptes nie.

'n Uitmergelende moordverhoor teen Mpembe, kol. Salmon Vermaak en vyf ander polisiebeamptes het gevolg. Hierdie ongelukkige mense is Maandag almal onskuldig bevind. Die staat se saak was so swak dat die aangeklaagdes nie eens nodig gehad het om te getuig nie.

Die verloop van gebeure sedert die voorval op 16 Augustus 2012, die ondersoek deur die Farlam kommissie daarna, asook die hofsake teen die polisiebeamptes en hul ontslag in die hof dui daarop dat die verkeerde mense aangekla is.

Wat die vervolging van die polisiebeamptes en die uitslag van hul verhoor betref, het geregtigheid inderdaad geseëvier.

Ek hou egter nie asem op dat die werklike moordenaars ooit sal teregstaan nie.

Genl.maj. Izak Smalman In Beeld: 12 September 2024

Die Suid-Afrikaanse Polisie se rol in die grensoorlog wat 58 jaar gelede ontstaan het

Ons gedenk nou die begin van die Grensoorlog 58 jaar gelede. Die S A Polisie van weleer het 'n belangrike rol in hierdie oorlog vervul, en was

inderdaad aan die voorpunt tydens die aanvang daarvan. Hier is 'n kort stukkie geskiedenis van die S A Polisie Teeninsurgensie (TIN) eenheid:

Gedurende Maart 1966 is inligting ontvang dat 'n Swapo/Plan (People's Liberation Army Namibia) terroriste ‘n opleidingsbasis met die naam Ongulumbashe in die weste van Ovamboland in Suidwes Afrika gestig het. Die uitsluitlike doel met die basis en voorbereiding was terroriste insypeling. So begin operasie Blouwildebees deur die SAP.

‘n Honderd en vyftig (150) polisiemanne word uit verskeie eenhede van die SAP getrek, asook lede van die SAW se 1 Valskermbataljon. ‘n Strawwe TIN kursus volg en slegs 35 polisiemanne kwalifiseer om saam met 11 lede van die SAW se Valskermbataljon onder leiding van kaptein Jan Breytenbach, met behulp van die bemanning van 6 Alouette helikopters van die SA Lugmag die aanvalsmag te vorm. Dit is interessant om te weet dat die lede van die Valskermbataljon en Lugmagpersoneel vir daardie dag as polisielede ingesweer is (ons regering wou verhoed dat die indruk geskep word dat die weermag met oorlog besig was)

Eers op 23 Augustus 1966 is die lede van die aanvalsmag ingelig waarheen hulle op pad was en wat die missie was. Op 25 Augustus 1966 vlieg die aanvalsmag onder bevel van kolonel Pat Dillon van die SAP in die rigting van die Ongulumbashe basis. Kort daarna klap die eerste skote toe die terroriste vanuit die basis op die helikopter skiet. In die skermutseling wat volg, sneuwel 2 terroriste, een word gewond en 8 gearresteer.

Dit is amptelik in die geskiedenis aangeteken dat hierdie geveg, op 26 Augustus 1966, die begin van die Bosoorlog was wat 23 jaar sou duur. Vir die volgende 23 jaar sou die SA Polisie voortgaan om 'n uiters belangrike rol in hierdie oorlog te vervul in Suidwes Afrika, die grens met Angola, Caprivi en die destydse Rhodesië. Die gevreesde en gedugte Koevoet eenheid van die SA Polisie sou internasionaal bekend word. Hulle het ook gereeld "hakkejag operasies" in Angola uitgevoer.

TIN opleiding vir polisiebeamptes het op Maleoskop by Groblersdal plaasgevind waar ons gereed gemaak is vir die Bosoorlog en opvolg-

kursusse sou gereeld volg. Ons eenhede het 'n volle gevegsrol tot aan die einde van hierdie oorlog in 1989 uitgevoer. Die eerste lid van die SA Polisie se TIN eenheid wat op aktiewe diens gesterf het, was sersant J.A. Nel wat op 7 Maart 1967 in die Kavango verdrink het. Die eerste lid wat in Rhodesië dood is, is konstabel D du Toit wat op 18 Julie 1968 deur terroriste doodgeskiet is. Dis aan my onbekend wat die totaal van ongevalle ( dood en gewond) onder die polisielede was.

Ek gebruik hierdie geleentheid om ná 58 jaar my kollegas te salueer wat in die Bos onder my bevel gedien het, asook diegene onder wie se bevel ek gedien het, julle het toegesien dat ek elke keer heelhuids huistoe gevlieg het, ek hoop julle kan dieselfde van my sê. Dankie aan brigadier Hennie Heymans wat die geskiedenisdeel vir my uitgelê het, daar is nog so baie om te vertel maar Beeld is baie spaarsaam met ruimte.

Beeld: 20 September 2024. Genl.maj. Izak Smalman -ooOoo-

‘n Polisieman kan ook ‘n plan maak

Ek was in die tagtigerjare die werwingsoffisier in afdeling Oos-Transvaal. Dit was my taak om in die distrikte Middelburg, Nelspruit, Ermelo en Standerton nuwe studente vir die Polisie te werf. Ek moes al die distrikte en polisiestasies gereeld besoek om die applikante te keur, die nodige vorms in te vul en te sorg dat hulle aansoeke so spoedig moontlik na Hoofkantoor gestuur word.

Omdat ek die junior kaptein op die Afdelingskommissaris se personeel was, is die oudste motor op die inventaris aan my toevertrou om die werk te doen. Dit was ‘n ou 1972 Chevrolet wat al meer as 100,000 kilo’s op die klok gehad het. Behalwe vir ‘n paar skrape, was die motor nog heeltemal goed genoeg vir my taak..... behalwe vir een lastige kwessie....

Die motor het ‘n snaakse geluid begin maak en dit was duidelik dat die wiellaers aan die agterwiele vervang moes word. Dit het veroorsaak dat ‘n hinderlike geknars vanuit die agterwiele ontstaan het. As mens stadig gery het, was die geraas skaars hoorbaar, maar teen 60-plus km/h, was die geluid duidelik hoorbaar.

’n 1972 Chevrolet

In die Middelburg distrik was daar ‘n polisie motorhawe.

Die twee “werktuigkundes” moes sorg dat al die voertuie in die distrik op die pad bly. Dit was beman deur twee sersante; ‘n lang skraal een en ‘n kort dikke. Onder die lede het die motorhawe

bekend gestaan as “Laurel en Hardy Motors”, weens die twee sersante se liggaamsbou. Hulle was ook nie juis bekend vir hul fluksheid nie en was maar traag om enige “onnodige” werk aan ‘n voertuig te doen.

Ek het die motor by die polisie-motorhawe ingeboek met die versoek dat die wiellaers vervang word. Sersant Shorty het die Chev vir ‘n baie stadige toetsrit geneem en my verseker dat daar niks fout was nie, en dat ek nog baie kilometers so kan ry.

Weens my vorige ervaring as die stasiebevelvoerder op Phalaborwa, het ek geweet dat polisiestasies wat ver van die polisiemotorhawe op distriksvlak geleë was, magtiging gehad het om klein herstelwerkies aan voertuie by ‘n plaaslike motorhawe te laat doen ..... mits dit nie meer as R200 of R300 (ek kan nie die presiese bedrag onthou nie) sou kos nie. In daardie jare was so ‘n bedrag genoeg om ‘n stel agterwiellaers te vervang.

‘n Polisieman maak toe ‘n plan.....

Met my volgende werwingsbesoek aan Standerton, stop ek by my vriend en kollega kaptein (later genl.maj.) Johann Fourie, die stasiebevelvoerder op Bethal en rapporteer dat die motor se wiellaers kapoet is en nie verder kan ry nie.

Hy ontvang telefonies goedkeuring van die DK vir die diens en stuur die motor na die plaaslike motorhawe en versoek hulle om die laers te vervang.

Terwyl ek wag om die motor terug te kry, sit en gesels ek lekker by kaptein Johann Fourie; hou hom uit die werk uit en drink een of twee koppies koffie terwyl die motor herstel word.

Johan Ferreira April 2024

-ooOoo-

Onthou jy nog?

Buiteaardse gedrogte, radio en massa-paniek.

Die Britse skrywer Herbert George Wells se dood op 13 Augustus 1946 word vandeesweek herdenk. Hy het meer as 50 romans en tientalle kortverhale nagelaat. Sy skryfwerk het sosiale kommentaar, politiek, geskiedenis, satire en biografieë ingesluit. Maar dit is veral as 'n skepper van wetenskapsfiksie dat hy onthou word. Wells word in baie kringe as die vader van hierdie genre beskou, as "The Shakespeare of Science Fiction", soos hy al beskryf is. Een van sy verhale wat ná byna 130 jaar steeds trefkrag het, is “The War of the Worlds”.

Dit was H.G. Wells se amperse naamgenoot, die akteur Orson Welles, wat in 1938 groot

opspraak verwek het met sy verwerking van “The War of the Worlds” as 'n radiodrama.

Op die ouderdom van net 23 jaar was Welles die aand van 30 Oktober daardie jaar die regisseur van 'n regstreekse uitsending van die radioverwerking van hierdie klassieke storie. So oortuigend was hierdie gedramatiseerde produksie in die CBS-ateljees in New Jersey dat 'n magdom van luisteraars geglo het die inval van die buitenste ruim vind wérklik plaas.

Welles het vir hierdie Halloween-episode van die radioreeks The Mercury Theatre on the Air 'n dokumentêre benadering gevolg en die uitsending met "nuus-bulletins" onderbreek.

Dit het tot gevolg gehad dat derduisende liggelowige luisteraars alles geglo het wat hulle gehoor en uit hul huise die nag in gevlug het. Daar is glo weke later nog mense in die berge gevind waar hulle vir die "wesens van die buitenste ruim” weggekruip het.

Vandag kan ‘n mens jou moeilik indink dat 'n radiodrama so 'n uitwerking op die publiek kon hê. Maar dit was 1938, voor die koms van TV. En radio is juis die medium wat aanspraak maak op sy impak op die mens se verbeelding, the theatre of the mind.

Die geniale Welles het daarin geslaag om die luisteraars se verbeelding só op hol te jaag dat die gevolge byna rampspoedig was.

As 'n mens The War of the Worlds lees - 'n verhaal wat al in 1898 verskyn het; lank voordat wetenskapsfiksie algemeen was - kry 'n mens tog so 'n bietjie begrip vir die angsbevange luisteraars. Kyk net hoe die eerste-persoon verteller een van die Marsmannetjies beskryf: "Ek het verwag om iets te sien wat half soos 'n mens sou lyk, iets snaaks miskien, maar darem 'n wese met twee bene of iets. En toe waggel-kruip dit uit die donker opening. 'n Ronde lyf, sowat 'n meter in deursnee. Die vreesaanjaende gedrog was net 'n olierige, leeragtige, slymbedekte, beenlose, armlose, kenlose, neuslose gesig. Om die bewende mond wieg-wapper 16 lang tentakels. Twee reuse-oë.

HG Wells
Orson Welles

donker en blink, staar soos vensters waardeur 'n mens die brein kan sien na ons."

En dan hierdie beskrywing: "Ek het besef dat evolusie hulle verfyn het tot net een groot, super-, geslaglose, emosielose brein. Hulle slaap nie en eet nie. Hulle spuit net mensbloed in hul are vir voeding."

Koerante, altyd maar op soek na sensasie, het ná die radio-uitsending die chaos wat glo uitgebreek het, totaal oordryf.

Binne net drie weke het daar, glo dit gerus, meer as 12 000 koerantberigte oor Welles se uitsending van The War of the Worlds en die paniek wat dit veroorsaak het, verskyn. Min van die berigte het genoem dat daar nie minder nie as vier keer tydens die regstreekse uitsending aangekondig is dat dit net 'n fiktiewe storie is; 'n verwerking van Wells se boek.

Ook buite Amerika is daar wyd oor hierdie voorval berig. 'n Australiese koerant, The Age, het dit as “massa-histerie” beskryf en bygevoeg: "Never in the history of the United States had such a wave of terror and panic swept the continent”.

Welles het op ‘n mediakonferensie om verskoning gevra maar daar kon geen twyfel wees dat hy die oomblik in die kollig terdeë geniet het nie.

En as jy gewonder het; Steven Spielberg se 2005 rolprentweergawe van hierdie verhaal met Tom Cruise in die hoofrol en Morgan Freeman as die verteller het nie minder nie as $603 miljoen verdien. Dit is meer as 11 miljard Rand.

Nie sleg vir 'n verhaal wat die skrywer aanvanklik vir net £200 aan ‘n tydskrif verkoop het nie.

Uit Die Burger-argief: 1 November 1938

Histerie na 'n uitsending: Oorlog paniek in Amerika

NEW YORK, Maandag. ‘n Radio-uitsending van B. G. Wells se “War of the Worlds" het gisteraand ‘n paniek onder senuweeagtige luisteraars dwarsdeur die Verenigde State veroorsaak.

Die spelleier het die oorspronklike stede se name in die boek met Amerikaanse stede vervang, as gevolg waarvan duisende oproepe oor die hele Amerika gedoen is en die radio weer moes inspring om die publiek in kennis te stel dat die uitsending net denkbeeldig was.

Massa-histerie het baie luisteraars bevang en sommige gebiede in die omtrek van New York is haastig ontruim. In sommige gevalle het mense die, polisie en nuusblaaie meegedeel dat hulle die “inval” gesien het. In dele van Atlanta en Georgia het mense gevrees dat die einde van die wêreld gekom het.

Op verskeie plekke het mense bymekaar gekom en gebid. ‘n Vrou het skreeuende in ‘n kerk in Indianapolis gehardloop en gesê:

“New York is verwoes! Dit is die einde van die wêreld! Ons kan net so goed maar huis-toe gaan om te sterf! Ek het dit nou net oor die radio gehoor!”

Die kerkdiens is dadelik gestaak.

(SAPA- Reuter).

(in Die Beeld, 13 Augustus 2024) -ooOoo-

‘n Ma se sêgoed aan haar dogter:

 Lelike skoene bederf die mooiste uitrusting.

 Beige is nie ‘n kleur nie.

 ‘n Goeie naam is al wat ‘n mens regtig het. As jy dit weggooi, het jy niks.

 Te veel van ‘n goeie ding is fantasties.

 Eerder in vrede in ‘n pondok woon as in onvrede in ‘n paleis.

 Daar is min dinge wat ‘n koppie sterk tee nie kan beter maak nie.

 Sit lipstiffie aan voordat jy die voordeur oop-maak. ‘n Mens weet nooit wie daar staan nie.

 Vermy mense wat jou vreugde steel.

 ‘n Mens kan nooit genoeg boeke/skoene/handsakke/vadoeke hê nie.

 Eerste indrukke is blywend.

 Versorg jou voete met dieselfde noukeurigheid as wat jy grimering aanwend.

 Sorg dat jy jou eie bankrekening het.

 Spelfoute skep ‘n swak indruk.

 Oranje lipstiffie laat jou tande witter lyk.

 ‘n Meisie vloek nie. Punt.

 Niks kan vandag gebeur wat jy en die Here nie saam kan hanteer nie.

 Wees bedagsaam, dit vra niks van ‘n mens nie, maar sê baie.

 Aan jou vriende word jy geken.

 Moenie die beste breekgoed bêre nie. Die tweede vrou gaan dit in elk geval uitgooi.

 Roosterbrood maak nie so vet soos gewone brood nie.

 Maak seker hoe jy van agter in ‘n langbroek lyk.

 ‘n Mens is bevoorreg om elke aand ‘n warm bad te kan neem.

 Gooi jou brood op die water. Dit keer altyd terug.

 Staan regop.

 Bly weg van wit skoene. Dit laat ‘n mens soos die Caltex-haas lyk.

 En my gunsteling: Niemand bid vir ‘n mens soos jou ma nie.

Wendy Maartens: ‘n Kinderboek-skrywer. (Effens verkort Red.)

-ooOoo-

Honouring Knuppeldik Trust

In August 2024, the SAPS Dames Club, together with the Elderly Care Fund, organized a delightful event to recognize the Knuppeldik Trust for their generous contribution to the Elderly Care Fund for Retired Police Officers. The gathering welcomed all Knuppeldik supporters, who turned out in numbers to show their support. The venue was adorned with a stunning display of vibrant flowers to celebrate the remarkable contributions of the Knuppeldik Trust. As the event unfolded, heartfelt speeches resonated throughout, emphasizing the unwavering commitment, generosity, and the positive influence the trust has on the lives of many retired members.

A competition took place, and a fortunate winner received the Knuppeldik Trust’s new recipe book. The book, filled with an array of innovative and delectable dishes, promises to be a treasured addition to any kitchen. Each recipe not only reflects Knuppeldik Trust culinary expertise but also their passion for bringing people together through food. The winners were overjoyed with their prizes. We are incredibly grateful to have benefited from Joey Pienaar’s wisdom and guidance as one of the speakers.

The event was not just a celebration of philanthropy, but also a reminder of the strength and unity that comes from working together for a common cause. As guests departed, they carried with them a renewed sense of purpose and a commitment to continue supporting those who have dedicated their lives to serving others.

A sincere thank you to the SAPS Dames Club for their generous partnership in ensuring the event’s success. Additionally, we extend our gratitude to the Knuppeldik Trust for their continued generous contributions, which allow us to provide exceptional service to our retired members thanks to your selfless support.

Feel free to either call us or stop by our shop to obtain your very own copy of “Knuppeldik aan koningskos” or “Fit for a King.”

With thanks received from Mrs. Annelene Oberholzer, CEO of the SAP Elderly Care Fund -ooOoo-

The Knuppeldik Trust members, with Brigadier Winston Cunningham, Mrs Joey Pienaar and Brigadier Peet Nieuwoudt

Famous quotes by Albert Einstein

Einstein’s birthday was March 14, 1879. He would be 137 years old. He did so much for helping people understand how the world works. His exploration changed humanity and its search for meaning. Not everyone can be as smart as Einstein, especially since it was discovered upon dissection that he had an extra fold in his brain. You can, however, think and sound like a genius simply by reading and repeating the brilliant sayings he shared over the years. Here are some of the best:

1. “Try not to become a man of success, but rather try to become a man of value.”

2. “Learn from yesterday, live for today, hope for tomorrow. The important thing is not to stop questioning.”

3. “Once we accept our limits, we go beyond them.”

4. “We cannot solve our problems with the same thinking we used when we created them.”

5. “The only source of knowledge is experience.”

6. “Anyone who has never made a mistake has never tried anything new.”

7. “The difference between stupidity and genius is that genius has its limits.”

8. “Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.”

9. “The important thing is not to stop questioning. Curiosity has its own reason for existing.”

10. “Imagination is more important than knowledge.”

11. “If we knew what it was we were doing, it would not be called research, would it?”

12. “The only real valuable thing is intuition.”

13. “Everything should be made as simple as possible, but not simpler.”

14. “I have no special talent. I am only passionately curious.”

15. “It’s not that I’m so smart, it’s just that I stay with problems longer.”

16. “Information is not knowledge.”

17. “I never think of the future – it comes soon enough.”

18. “No amount of experimentation can ever prove me right; a single experiment can prove me wrong.”

19. “In order to succeed your desire for success should be greater than your fear for failure.”

20. “Education is not the learning of the facts, but the training of the mind to think.”

21. “I have tried 99 times and have failed, but on the 100th time came success.”

22. “You never fail until you stop trying.”

23. “Only one who devotes himself to a cause with his whole strength and soul can be a true master. For this reason mastery demands all of a person.”

-ooOoo-

Begrafnisse – ‘n gedig deur Sonja Arlow

Lang, strak, weemoedige, bekend en onbekend, familie, vriende, nuuskieriges voor en in die kerk

Party het gekom om hul laaste respek te betoon ander om gesien te word

Die dominee prys haar as mens, preek oor die dood, en hier en daar snik iemand die preek het hul geraak, ander hoor nie die preek nie, die gemis is te groot

Langs die oop graf staan hulle, lang gesigte fluister hulle agter hul hande wat gaan nou gebeur?

Sommiges, die naastes

sien niemand of niks, behalwe ‘n geliefde wat vir altyd die stof in sak..

Dan die broodjies en tee of daar niks gebeur het lag en gesels hulle, praat oor die weer en hoe groot die kinders geword het

Hoe wonderlik is die lewe nie die een is dood die ander eet brood

In

Memoriam

Mev. Sonja Arlow 09/12/1993

Sedert ons vorige nuusbrief het die volgende lede ons ontval.

Mev. Baby Engels was ons oudste lid met haar heengaan en was tot die einde ‘n ware dame en ‘n voorbeeld om na te streef. Soos dit op haar huldigings brief tereg gemeld is: “To celebrate a life well-lived.”

Ofskoon generaal Craemer nie ‘n lid van die generaalsklub was nie, was hy ‘n gerespekteerde kollega en vriend.

Ons eer hul nagedagtenis en die bydrae wat hulle op hul onderskeie gebiede tot die Suid-Afrikaanse Polisie gelewer het.

Ons innige meegevoel ook aan hul naasbestaandes. Ons vergeet hulle nie.

Mev Baby Engels 15-07-1927 – 10-09-2024

Lt.genl. K.L. Craemer 19-08-1949 – 16-09-2024

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.