Generaalsklub' Nuus

Page 1

GENERAALSKLUB NUUS

September 2020 Nr. 11

Nuusbrief van die Generaalsklub van die S.A. Polisie

Lede van die Senior Bestuursontwikkelingskursus (Kolonels) voor die SA Polisie Akademie in Graaff Reinet – 1991.

ONS LEUSE

Ons deel graag in mekaar se lief en leed Wissel gedagtes oor aktuele sake

Beur mekaar op met boodskappe van geloof en hoop

Lag saam oor humor wat in ligte luim is Maar doen niks wat nie met ons Christelike beginsels versoenbaar is nie

Ons is lede van die Generaalsklub in durf en daad

In hierdie uitgawe

Onderwerp Bladsy

Ons Voorblad

Boodskap van die Voorsitter

Redakteursbrief

Kapelaansbrief

Boegoeberg se dam

Pa het Covid-19 – Van der Merwe dagboek

Tuiskoms in Huis Ekwilibrium

Die SAP en die uitdagings tydens die tuislandbeleid

Verslag aan die Nasionale Raad van Provinsies ‘n Mooi verhaal in die Grendeltyd

Kiste: vir dood én vol te pak met drome

Rondtediens in Polleys Arkade

Groot Begeerte

As die losmis (malmokkie) instoot

Under Fire in South Africa

On night shift: Pretoria Central: 1978

Nongqaipark High

School Reunion Stappers na 70 jaar steeds hand aan hand In Memoriam 1 4 3 4 5 9 16 18 23 25 27 28 29 29 34 39 42 45 45 47 47 ooOOoo

Voorblad

Die Suid-Afrikaanse Polisie Akademie in Graaff Reinet – destyds een van ons prestige opleidingsentrums.

Twaalf van die kursusgangers op die foto (destyds almal kolonels), het later generaals geword, naamlik:

At Meiring, Quintin Visser, Don Aspeling, Irvin Kitching, Len van Tonder, Louis van der Westhuizen, Daan Meintjes, Johann Fourie, Dirk Schoeman, Johan Ferreira, Frans Malherbe en Theo Kleinhans.

Die foto is in 1991 of 1992 geneem.

Boodskap deur die Voorsitter

Dit is nou ongeveer vyf maande sedert die SuidAfrikaanse regering op 25 Maart 2020 'n nasionale ramptoestand in Suid-Afrika afgekondig het. As gevolg van die streng inperkingsmaatreëls - veral onder Vlak 5 regulasies - om die verspreiding van Covid-19 te beperk, is fisiese kontak tussen familielede, vriende en sosiale groeperinge soos die generaalsklub ernstig aan bande gelê. So erg dat baie families en vriende mekaar vir baie maande glad nie gesien het nie. Nou is ons darem al in Vlak 2 en kan mekaar weer sien, weliswaar nog steeds onderhewig aan sekere beperkende en afdwingbare voorskrifte.

Genl.maj. (dr.) Johan Burger

Maar die inperkings het nie net ons bewegingsvryheid en sosiale kontak ingekort nie, dit het ook op verskillende maniere ons huishoudings, ons professionele en ekonomiese bedrywighede, ons emosionele welstand en selfs ons gesondheid, beïnvloed. Ek het daarom al voorgestel dat ons dit moet oorweeg om 'n uitgawe van die Generaalsklub-Nuus te wy aan die menslike verhale van ons lede gedurende hierdie tyd. Dit kan goeie en slegte ervarings insluit.

1

Een so 'n verhaal is dié van generaal Johan van der Merwe. Sover ek weet is hy die enigste van ons lede wat Covid-19 opgedoen het maar daar mag ook ander wees. Generaal Van der Merwe was baie ernstig siek en die inspirerende verhaal van sy tuisverpleging deur sy vrou en kinders, soos dit ook in die media vertel is, verskyn elders in hierdie uitgawe van die Generaalsklub-Nuus. Ons is dankbaar dat ons hemelse Vader sy familie toegerus het met die vaardighede, insig en deursettingsvermoë om hom deur hierdie moeilike tyd by te staan en te verpleeg. Danksy Sy genade is generaal Van der Merwe tans goed op pad om volkome te herstel.

Ons het natuurlik ook op ander maniere die prys vir die virus betaal in die sin dat ons ons gereelde byeenkomste moes opskort. Enkele lede het al verlangend verneem of ons darem nog een byeenkoms gedurende hierdie jaar sal kan inpas, veral nou dat die regulasies dit toelaat, uiteraard onderhewig aan sekere voorskrifte. Die bestuurskomitee het onderneem om die voorstel by sy volgende vergadering op 9 September te bespreek.

Die bestuurskomitee is ook gedwing om innoverend te dink en om alternatiewe maniere te vind om steeds te funksioneer. Gevolglik het ons ook ons eie Whatsapp groep gestig om dringende sake maklik en vinnig te bespreek en besluite daaroor te neem. En om die behoefte aan 'n volwaardige vergadering te bevredig onder omstandighede waar komiteelede - weens die risiko vir besmetting - gekant was teen die konvensionele manier van vergader, het ons ons tot Zoom gewend. Vir die van u wat dit nie ken nie, Zoom is 'n aanlyn vorm van vergader waar ons mekaar kan sien en hoor. Dit werk baie goed en ek vermoed dat ons op hierdie wyse gaan vergader vir so lank die virus nog 'n wesenlike bedreiging inhou.

Ons moet ongelukkig ook in gedagte hou dat die gevaar van infeksie bitter min te doen het met die vlakke van inperking. Inderwaarheid kan die verligting ten opsigte van inperking en die toename in menslike verkeer die risiko vir infeksie verhoog. Die verslapping van die inperkingsmaatreëls is grotendeels deur ekonomiese oorwegings gemotiveer en nie deur die verlaging in risiko nie. Dit plaas baie groter verantwoordelikheid op ons skouers as individue en groepe om verstandig op te tree en die nodige voorsorg te tref.

2

Laastens wil ek ons lede graag weer bedank vir die finansiële bydrae wat ons aan die Bejaardesorgfonds vir onder meer voedselhulp aan ons afgetrede lede kon lewer. Dit het werklik groot verligting vir lede in nood gebring. Soos gewoonlik bedank ek ook graag ons komiteelede wat onder moeilike omstandighede steeds hulle verantwoordelikhede nakom en in die proses selfs nuwe tegnologie moes baasraak. Ook baie dankie aan ons twee dominees, dokters Casper Krüger en Jan du Preez, vir hulle gereelde bydrae Maandae-oggende op ons Whatsapp groep. En 'n spesiale dankie aan luitenant-generaal Johan Ferreira wat ons almal deur middel van Whatsapp en die Generaalsklub-Nuus met soveel sorg en toewyding ingelig hou en verseker dat ons deurlopend kan deel in mekaar se lief en leed.

Groete aan almal en baie sterkte in hierdie ongewone tyd.

Genl.maj. (dr.) Johan Burger Augustus 2020 ooOOoo

Van die Redakteur

Dit is my voorreg om hierdie, die elfde uitgawe van ons nuusbrief, aan u te bring.

Ek vertrou dat u die mengelmoes bydraes byval by u sal vind.

Sedert ons vorige digitale uitgawe, het ons ‘n “nuwe normaal” leer ken. Ons het ook met skok verneem van generaal Johan van der Merwe wat ‘n stryd om lewe en dood met die korona virus gevoer het. Teen hierdie tyd glo ons dat hy al goed op die herstelpad is.

Aangesien ek nie die weelde van ‘n span redaksielede het om saam te werk en elke uitgawe te beplan nie, raak die inspirasie om nuwe leesstof te vind, al hoe moeiliker. Daarom doen ek weer eens ‘n beroep op ons lede om bydraes te stuur. Met al die jare se ondervinding, diens en lewenservaring onder ons lede, moet daar ‘n skatkis van stories wees wat nog nie oopgemaak is nie. Veral bydraes van ons dames sal baie welkom wees.

3
Johan Ferreira

Sonder om te herhaal wat ons agbare voorsitter reeds gesê het, en wat reeds so welbekend in die media is, word u uitgenooi om terug te sit en te oordeel of die kool die sous werd is.

Johan Ferreira (lt.genl.)

Augustus 2020 ooOOoo

Kapelaansbrief

Mekaar - Watter wonderwoord.

Genl.maj. (ds )

Basie van Eeden

’n Krisis soos nou.

58 keer duik die woordjie in die Nuwe Testament op en 18 keer in Paulus se briewe.

In die volksmond is dit dikwels ’n trooswoord: “ons het darem nog mekaar”. Dis ook vir sommiges ’n getrouheidswoord - “ons is darem nog bymekaar.”

Soos met baie ander Bybelse woorde en begrippe lees ons egter dikwels bo-oor woorde sonder verstaan waarom dit eintlik gaan.

Ons het soms ’n krisis nodig om te verstaan wat dié wederwoord beteken.

Waar “mekaar” nou beteken “ bly twee meter weg van ander”.

Waar “mekaar” nou ewe skielik ’n vreemde betekenis gekry het. Dreigend. Gevaarlik. Moenie te naby kom nie. Die ander een.

Ek dink dit sal goed wees om nou te luister wat God eintlik bedoel hoe belangrik hierdie woordjie in ’n gespaarde samelewing moet wees .

“Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê” [Joh. 13:34]

“Ons word deur mekaar se geloof bemoedig” [Rom. 1:12]

4

“Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar……wees mekaar daarin tot voorbeeld.” [Rom. 12:10]

“Sorg dat die lede [van die gemeente] gelyke sorg vir mekaar dra … as die een lid ly, ly al die lede saam [1 Kor. 12:25]

“Groet mekaar opreg en hartlik soos christene dit behoort te doen [Die Boodskap 1 Kor. 16:20]

“Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus.” [Gal. 6:2]

“Verdra mekaar in liefde” [Ef. 4:2]

“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.” [Kol. 3:13]

“Mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig wees.” [1Thes. 3:12]

“Praat mekaar moed in en versterk mekaar.” [1Thes. 5:11]

“Bid vir mekaar sodat julle gesond kan word.”[Jak. 5:16]

“As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy liefde in ons sy doel volkome bereik.” [1Joh. 4:12]

Saam met mekaar kan ons weer ’n stukkende samelewing herbou.

Ons het mekaar nodig !!

Boodskap deur genl.maj. (ds.) Basie van Eeden Stellenbosch: 4 Augustus 2020 ooOOoo

Boegoeberg se dam

Bydrae deur mev. Annetjie Britz

In Desember 1938 het die herboude voortrekkerwa, die Johanna van der Merwe, naby die teenswoordige Groblershoop oorgestaan op pad na die groot Geloftefees in Pretoria.

5

Saam met hulle Geloftefeesprogram het die omgewing se mense van 'n klomp klippe 'n monumentjie opgerig, wat vandag verlate langs die pad Upington toe staan. Hierdie klippe is vier jaar vantevore daarheen gedra vir die amptelike opening van Boegoebergdam en sy kanaal waaruit 4 000 hektaar besproei word.

Die monumentjie gedenk die armblankes wat met pik en graaf kom dam bou het vir 'n karige loon en die kans om dalk een van die besproeiings erwe van sowat ses hektaar te kon koop.

Dis nie van luiheid, slegtigheid of gebrek aan prestasie wat die mense arm was nie. 'n Lang rits vernietigende terugslae het hulle ellende veroorsaak: Die runderpes van 1896, die Engelse se vernietigingstog van die Tweede Vryheidsoorlog, die bek-en-klouseeruitbraak, die wêrelddepressie van 1929 en die groot droogte van die vroeë 1930s.

Nalatenskap en monument van ons mense se deursettingsvermoë

Armblankes het die kans aangegryp om by Boegoeberg met uitmergelende werk 'n hongerloon te verdien. Geen vermetele "we demand" nie; geen neiging na misdaad nie; geen grype na die vrug op andere se arbeid nie; geen geweld, bandeloosheid of veragterliking nie.

In die grootste ellende het hulle hul beskaafdheid, hul waardigheid, hul geloof en hul strewe na selfverbetering en hoër waardes behou.

Die magtige Oranjerivier is met die hand getem. Fondasies is met ‘n pik en graaf gegrawe. Dinamiet-laaigate van tot twee meter diep is met die hand in die rots geboor. Koekepanne met sand en beton is met die hand gestoot.

Skaars, troebel, vuil water is ver met die hand aangedra. Wanneer die rivier droog was, is gorras in die bedding gegrawe.

6

Kinders so jonk as nege jaar het, na 'n dag se harde werk sonder hoed of skoene in die skroeiende son, saans by olielampies, gemaak van blikkies met pitte van stukkies lap, geleer. Uit die ellendige omstandighede het een van Boegoebergdam se dogters die nasionale Bybelkennis eksamen gewen.

Niks is verniet gekry nie. Hulle moes self skoolmeubels prakseer van blikke en afvalplanke. Elke dingetjie wat die staat gegee het is noukeurig aangeteken en van die werkers se gasie afgetrek. Kinders het hase, tarentale en duiwe gejag en vis gevang sodat hulle gesinne kon oorleef.

Humor het die verarmde mense met hulle bloeiende hande help staande bly. Verhonger en met soms skaars genoeg water om te drink, het hulle die geestige ironieboodskap die wêreld ingestuur:

Boegoeberg se dam is 'n doodlekker dam.

Dis daar waar die meisies hulle hare was en kam.

Glasies word geklink as ons vaaljapie drink. Boegoeberg se dam is 'n doodlekker dam.

'n Volk met so 'n humorsin kán nie verloor nie. 'n Volk met soveel veerkrag, daadkrag, werkkrag en geloofskrag móét voortbestaan waar ander eerloos sal vergaan. Boegoeberg bewys weer: Die Boerevolk se welvaart, waarop andere vandag so gierig aanspraak maak, het nie uit die lug geval nie. Dit is verwerf met bloed en sweet, opoffering en harde werk.

Laat ons dankbaar wees om lede van 'n trotse, eerbare volk te wees wat homself uit die ellende kan werk en presteer . . . en laat ons die kan-nieverloorgees van ons voorsate voortsit.

Bron: Jay J Botes (Facebook) --ooOOoo--

Kommentaar deur genl.maj. JAP Burger

Aan mev. Annetjie Britz - vreeslik baie dankie vir hierdie artikel wat jy vir ons opgespoor het.

My vader het ook deel gehad aan die bou van die kanaal wat die res van die Boegoebergskema bedien het. Saans na werk het hulle nog krag oorgehad om

7

stoeikompetisies onderling te reël om so die sterkste onder die sterkes te bepaal. Ek het van hierdie legendes self geken onder andere Oom Johnny Pretorius, Oom Daan Swiegers, Oom Lukas Oosthuizen.

Ek het baie keer oopmond gesit en luister as hulle by die Lusernstore op Wegdraai, terwyl hulle wag om vragte lusernbale af te laai, stories oor daardie dae vertel. Daar het ek vir die eerste keer gehoor dat my vader as die “Jerseybul” van die kanaalgrawers beskou is. Wat dit presies beteken het, kon ek nooit vasstel nie maar my Vader was kort, fris en sterk en ek het veronderstel dit het iets daarmee te doen gehad.

Hierdie mense het met ‘n pik en graaf en die sweet van hul aanskyn gewerk vir ‘n beter toekoms: Die foto is in 1933 geneem.

Die “Monumentjie”as nagedagtenis aan die inwyding van die Voortrekkermonument, is naby ‘n waterpan tussen Wegdraai en Groblershoop opgerig. Ek het self daar te perd rondgery as ek by my neef op Wegdraai gekuier het. Goeie herinnerings maar vervaag ongelukkig met die ouderdom.

Groete, JAP Burger 16 Junie 2020 --ooOOoo--

8

Pa het Covid-19 – Van der Merwe dagboek

“Pa het Corona”, net daardie enkele Whatsapp en min kon ons dink dat ons ‘n week later om my vader se lewe sou veg.

Eers is my 65-jarige swaer (Leon) gediagnoseer, toe my 60-jarige suster Zelda, en drie dae later my 84-jarige Pa.

Snaaks genoeg het al drie aanvanklik net ‘n hoesie gehad, geen van die ander simptome was aanvanklik teenwoordig nie. Leon het heel goed gevoel, eers later het ‘n ligte hoofpyn gekom en het hy sy smaak verloor.

Zelda was aanvanklik glad nie siek nie; die siekte sou haar eers behoorlik vat nadat sy ons pa dag en nag versorg het.

Die Saterdag na die tyding kook ek en my verloofde, Michelle, verwoed sop en maak bakke Pasta. Sondag ry ek na my ouers toe met die kos vir die siek familie. Ek handhaaf ‘n gesonde afstand, ons dra ons maskers. My ma maak die hele tyd skoon en jaag Pa rond as hy aan iets vat. Pa voel nie siek nie, net ‘n hoesie wat pla. Dit voel vreemd, onnatuurlik, en die ongesproke vrees, vir dit wat dalk kan voorlê hang swaar in die lug.

Ons dring aan dat Pa ten minste ‘n voorskrif kry vir antibiotika en vir die nebuliseerder. Hy skakel sy huisdokter, “Nee daar is niks wat die huisdokter dink hy behoort te kry nie”, ag tog! Skoonsus Maxi kontak haar dokter en na ‘n telefoniese konsultasie skryf sy antibiotika en ander medikasie voor. Ten minste voel ons nou so bietjie gewapen vir wat kan voorlê.

Maandagaand skakel ek om te hoor hoe dit gaan. Pa het die dag in die tuin gewerk, want ek het mos aanbeveel hy moet Vitamien D inkry. En sonlig gee mos Vitamien D. Ai toggie!. Hy voel so bietjie moeg. Leon kla oor lyfpyn, maar voel verder nie te sleg nie.

Dinsdag Whatsapp Zelda ons, Pa lyk sleg. Sy toestand het skielik verswak in die nag. Sy dink nog nie hospitalisasie is nodig nie, maar dinge lyk nie goed nie. Ons lees in die media van hospitale wat in duie stort, dat bejaardes nie ‘n prioriteit is nie en dat jou kans om te oorleef baie skraal

9

is op ‘n ventilator, veral as jy 84 is. Ons lees en ons lees. Daar is baie data, min feite. Die whatsapps vlieg en ons praat met Pa. Pa is vasbeslote, ‘n hospitaal sien hom nie. Ons besluit dus, kom ons byt eers vas. Dit is duidelik dat suurstofsaturasie vlakke nou die sleutel tot oorlewing geword het. En Google word ons huisdokter. Saturasie vlakke en suurstof sou in die volgende weke ons lewens oorheers.

Ondanks sy toestand, steeds ‘n dapper glimlag

Michelle (my verloofde) spoor ‘n mediese verskaffer op en ek jaag Centurion toe, koop ‘n suurstofmeter (Oximeter). Jaag deur na Pretoria Noord. Werner (broer) het ‘n klein botteltjie suurstof en laat dit volmaak. Ons meet my Pa se saturasie, 83! Ons whatsapp verwoed en hou whatsapp konferensie oproepe tussen ons kinders. Ek voel Pa moet hospitaal toe, maar hy weier nog steeds. Na ‘n paar oproepe oor hoe dit gaan by hospitale in Pretoria, stem ons saam, vir ‘n 84 jarige Covid 19 pasiënt is die ICU waarskynlik ‘n doodsvonnis. As Pa daar ingaan groet ons hom en sien hom dalk nooit weer nie. Wil ons werklik dat ons pa eensaam en alleen in ‘n koue onpersoonlike ICU sterf sonder dat een van

10

ons sy hand kan vashou? Keuses, keuses, keuses. Moeilike keuses. En so maklik om te oordeel en ‘n mening te lug as jy aan die buitekant staan.

Michelle werk by ‘n nuwe hospitaalprojek, en hulle ICU bestuurder, Zahir, praat lank met my oor die foon. Daar is nie eenvoudige antwoorde nie. ‘n Jaar terug sou my pa in ICU gewees het met ‘n pulmonoloog, intensivis en kardioloog wat na hom kyk. Toetse soos longfunksies, bloedgas en EKG’s sou daagliks gedoen word. Maar ons leef in ‘n postapokoliptiese tyd, die reëls het verander, of verdwyn.

Zahir is duidelik, saturasie is die sleutel, en as die longe beskadig is deur Covid, en nie meer genoegsaam kan asemhaal nie, moet die pasiënt geventileer word. Dit is moeilike keuses. En die antwoorde kompleks.

Werner begin om Pa suurstof te gee. Saturasie styg tot so 85% en bly daar. Pa weet nie meer heeltemal wat om hom aangaan nie, maar hospitaal bly nog steeds nie ‘n keuse vir hom nie.

Michelle kry weer ‘n kontak en ek jaag om ‘n Cpap (basiese ventilator) te koop. My seun gebruik een vir slaapapnee. Nooit het ek gedink dit gaan ‘n lewe moet red nie. Die verkoopverteenwoordiger is verstaanbaar baie versigtig om mediese advies te gee, maar na ‘n kort opleidingsessie jaag ek weer deur na Pa toe. Werner kry my by die hek, ons handhaaf ‘n gesonde afstand, maskers op. 30 Minute later is Pa op die Cpap met die suurstof gekoppel. Ons begin met ‘n suurstofvloei van 0.5 liter per minuut want die suurstof botteltjie is klein, en ons weet nog nie eers amper wat ons doen nie. Die Cpap is op ‘n atmosferiese druk van 3 gestel. Min het ons toe geweet dat 0.5 suurstovloei net ‘n troos is en nie eers amper voldoende is nie.

Zelda sit nou voltyds by Pa. Pa is baie, baie siek. Elke 30 minute jaag sy die Cpap se druk op met 0.5. Hier by 8 begin dinge beter lyk, Pa se saturasie vlakke klim na so 88% en hang daar rond. Die suurstof raak min en Werner kry ‘n groter leenbottel by ‘n vriend, weer eens ‘n gejaag om dit vol te maak. Die Cpap is op 9 atmosferiese druk. Zahir vermaan ons om die drukking nie te te hoog te maak nie want dit kan die longe skade doen. Ons besluit om nie hoër as 11 te gaan nie.

11

Zelda kry Pa se kardioloog in die hande. Hy kyk na die medisyne wat Maxi se dokter voorgeskryf het en gee ‘n “thumbs up”. Die hele nag bly Zelda by Pa, teken elke 30 minute sy saturasie aan op whatsapp. Ons konfereer, Google, vra raad en so tussen ons klomp kinders hou ons ons Pa aan die lewe.

Drie dae verder en na ‘n paar nagte se gewaak by Pa stort Zelda se gestel ineen. Covid 19 slaan haar met sy volle mag. Sy het koors en haar saturasie val vinnig. Werner en Len neem Pa se versorging oor by haar. Ons suurstof is min en sy weier om suurstof te gebruik wat vir Pa bedoel is. Ek leen ‘n masjien wat suurstof vervaardig by ‘n vriendin en jaag weer deur. Zelda op die suurstof bottel en Pa op die masjien. Ons lees op World Health se website vir dokters hulle aanbevelings vir dokters oor suurstofvloei. On verhoog die vloei na 3 liter per minuut en die saturasie spring na 93% binne 30 minute. Intussen het Zelda vroeër die week ‘n video konferensie gehad met ‘n Lucia, ‘n fisioterapeut en huisvriende van my en Michelle. Sy noem “proning” as ‘n belangrike wapen teen Covid en ons Google dat dit bars. Ons prone vir Pa en dit werk sowaar, saturasie spring nog ‘n punt. Zahir waarsku ons dat Pa gereeld klein slukkies vloeistof moet neem.

Die masjien wat suurstof maak kan enige tyd teruggaan en ons probeer nog ‘n suurstofmasjien in die hande kry. Probeer voorskrif vir ‘n huurmasjien kry by Pa se dokter kry (die een wat nie wou medisyne voorskryf nie), dis nou ‘n saak van lewe en dood. Na 4 ure se gesukkel sê die dokter se ontvangsdame dat ons nie behoort te kla nie. ‘n Voorskrif neem gewoonlik 48 uur ... Zelda sê vir die ontvangsdame my Pa se saturasie is 88. “Wat kla julle , dis dan amper 100”, kom die antwoord.

Michelle se base hoor van ons dilemma en gee opdrag, haar hospitaal in wording moet ‘n suurstofsillinder huur by Afrox en dit moet na my pa toe gaan. Maar nou moet daar eers ‘n reguleerder en vloeimeter gekoop word. Die tyd vlieg, en ons het nie baie daarvan nie.

Ek skakel ‘n vriend wat ‘n narkotiseur is. Hy voel dat as ons die saturasie hier by 90 kan stabiliseer dit goed sal wees, maar ons moet die asemhaling

12

per minuut tel, dit behoort so 14-15 te wees, moet nie oor 20 gaan nie. Nog iets wat ons moet weet. Pa is op 20 asemhalings per minuut ...’n grensgeval.

Pa voel effens beter, maar het ‘n lelike hoes. Hy kan al stort en tee drink. Sy neus is toe en die Cpap maak hom benoud. Hy kyk elke keer na die saturasiemeting en dit maak hom ook angstig. Ons reël vir ‘n ligte kalmeermiddel voorskrif by die kardioloog. Nie asof ons enige hoop het dat hy dit sal neem nie. Halsstarrig verby..

Zelda is nou ook op suurstof, haar saturasie is 90%. Leon sukkel om haar koors te breek. Goeie nuus, Leon het heeltemal herstel. Leon is ‘n ywerige atleet en rook ook nie, dit moes beslis baie gehelp het.

Twee dae later, Zelda se koors is gebreek. Sy voel beter. Met Pa gaan dit ook beter. Sy neus is net baie toe en hy weier die Cpap. Het amper ‘n intense wrok in die ding.

Nog ‘n dag later en Zelda laat weet benoud, Pa se sats val en val. Werner jaag deur en spandeer die nag by Pa. Suurstof in die neus en suurstof in die masker. Pa lyk beter, slaapapnee en toe neus bly die groot probleem. Len neem die volgende nag oor. Die whatsappe vlieg.

Pa voel vandag beter, hy slaap sleg met die hoes en toe neus, maar sy saturasie bly bo 91. Hy gaan vir seker nog ‘n ruk op suurstof wees. Ons weet nie wat voorlê nie, maar het die eerste rondte teen Covid-19 gewen. Michelle woon direksievergadering by met mediese spesialiste. Hulle is dit eens, dit is wonderbaarlik dat ons pa tot hier gekom het. Sy kanse om te oorleef was ongelooflik skraal. Net sy absolute uithouvermoë en die familie se versorging het hom deurgetrek. Die feit dat hy nooit gerook het nie, baie aktief was in sy lewe en tot voor sy siekword elke dag gestap het, het ‘n reuse rol in sy oorlewing gespeel.

Wat het ons geleer hier uit? Daar is geen maklike antwoorde nie. Ons leef in ‘n abnormale-normale realiteit. Die keuse van behandeling berus nou baie, baie meer by die pasiënt, en die familie. Ons is nie dokters nie en hierdie verhaal van ons reis kan nie as mediese advies gesien word nie.

13

Nooit kan ons so arrogant wees om dit wat vir ons gewerk het, te verkoop as die heilige graal tot Covid-19 versorging nie. Wat wel duidelik is, is dat ons tuisbehandelling slegs gewerk het oor ons ‘n sterk familie ondersteuningsgroep het. Sonder ‘n Len, Werner, Michelle, Maxi, Amanda, Zelda en Leon wat elkeen ‘n kritiese bydrae kon lewer, sou ons nie eers amper kon doen, wat ons gedoen het nie. Die eerste sleutel tot oorlewing is die suurstofmeter (Oximiter). Die pasiënt weet nog nie sy of hy het suurstofnood nie, dan is die saturasie vlakke klaar lewensgevaarlik onder 90%. Uit die data wat tans gepubliseer word is dit duidelik dat die meeste sterftes te doen het met die longe se onvermoë om suurstof te vervaardig. Alhoewel baie nuusberigte sê die pasiënt het vinnig gesterf nadat asemnood ondervind is, is medici dit eens dat die pasiënt al waarskynlik vir ‘n baie lang tyd suurstofnood ervaar het, sonder om dit te weet.

Suurstof, suurstof, suurstof ... As die saturasie onder 95 val het ons suurstof gegee, maar in ons ervaring, droë suurstof alleen skep ander probleme, soos ‘n toe neus, en moet verkieslik in ‘n masker saam met

14
Leon Cornelius (skoonseun) Zelda Cornelius (dogter) en Len van der Merwe (seun) glimlag vir ‘n foto na min slaap en baie drama met Covid-19

gehumifidiseerde lug gegee word. Ons het ons suurstof vloei bepaal deur die saturasie vlakke van ons pa en suster. WHO beveel 5-10 liter per minuut aan, maar ons kon meestal wegkom met ‘n laer vloei. Dis duidelik dat suurstof betyds gegee, belangriker as ‘n ventilator is. Ons het ook gereeld slukkies vloeistof gegee.

Ons het dadelik begin met die nebuluseerder, want ons was bang dat die longe so vol vloeistof sal word dat die nebulusering nie meer sal help nie. Die Cpap was krities aan die begin. Ons het geweet as die saturasie onder 85 val en suurstof alleen nie help nie, die longe dalk skade het en moet gehelp word. Maar kenners waarsku, wees versigtig om nie te hoë druk te gebruik nie. Ons het besluit om by ‘n atmosferiese druk van 11 te stop. Ook het ons die hidreerder van die Cpap gebruik om die suurstof te bevogtig.

Moet nooit vinger wys nie. Partykeer doen iemand iets waarmee jy nie saamstem nie, maar as die familie saam besluit is dit ‘n familiebesluit, en moet ondersteun word. Dit is uitputtend om ‘n pasiënt dag en nag te versorg en ons was uiters versigtig om nie ongeduldig met mekaar te raak nie

As jy ‘n goeie dokter het wat die pad saam met jou kan stap, bly dit nog die beste opsie. Die meeste dokters doen vandag aanlyn konsultasie, selfs die spesialiste. Soos ons nou maar te goed weet, ons leef nou in ‘n nuwe normaal. Daar is nie altyd ‘n regte of verkeerde keuse nie, net dalk ‘n beter of slegter een.

Sodra dinge weer relatief na normaal teruggekeer het sal ons Pa neem vir behoorlike longfunksie toetse en ‘n EKG, maar met groot genade van Bo lyk dit of ons die eerste rondte gewen het. En net om die Covid 19 sage nog ‘n vreemde draai te gee. Ma is 83 en was feitlik elke oomblik aan Pa se sy of in sy teenwoordigheid. Ma is egter perdfris met nie ‘n sweempie van siekwees nie....

Deur mnr. Armand van der Merwe, (Artikel in Maroela Media: 4 Augustus 2020) ooOOoo

15

Tuiskoms in Huis Ekwilibrium

Welkom aan al die inwoners van aftree-oorde oor die lengte en breedte van ons mooi land. Afskaal na ‘n kleiner plekkie in ‘n aftree-oord is ‘n nuwe lewensfase. Dis amper soos puberteit of volwassenheid maar moet dit tog net nie oud word noem nie want dan staan jy ‘n goeie kans om met sopborde gestenig te word. Aftrede in ‘n aftree-oord mag ‘n ouderdomsverwante fase van die lewe wees maar ouderdom is te veel van ‘n relatiewe begrip om te gebruik.

Julle weet mos party is oud voor hulle sestig word en ander is nog jonk al stap hulle aan na hulle eeuwording. Ander is oud in die liggaam maar lekker jonk in die kop. Ander se liggame is eintlik nog heel bruikbaar maar die ou kop wil nie meer die regte boodskappe oordra nie.

Hoe dit ookal sy, as jy die lewensfase bereik waar jy jou intrek neem in ‘n woonstel of ‘n huis in ‘n aftree-oord neem jy jou intrek in huis Ekwilibrium. Verkeerde adres sê jy. Nee vriend en vriendin, dis ons almal se adres. Jou aftree-oord het dalk ‘n mooi naam soos “Huis Herfsblare “ of ”Othello” of ‘”Avondrust” maar die eindpunt bly dieselfde - Huis Ekwilibrium.

Ekwilibrium is miskien nou nie die naam wat iemand al vir ‘n aftree-oord gegee het nie maar ai, dit is tog so beskrywend. My ou woordeboek sê dit is ‘n staat van gebalanseerdheid. Ekwivalent – gelykwaardig dit is wat met ons gebeur, vriende.

In ons vorige lewe was ons deel van die rotresies. As jong mense het ons groot drome gekoester. Aspirasies was soos brandstof in ons daaglikse doen en late, dit het ons daagliks tot hoër hoogtes gedryf en gedring. Van Bromponie tot Volksie, tot Mercedes Benz en BMW. Van buitekamer tot woonstel tot eerste, tweede en finale droomhuis.

In ons beroepe het ons trapsgewys geklim. Party miskien vinniger as ander maar gaandeweg was almal hoofman oor die spreekwoordelike honderd. Of by die werk, op die plaas of selfs by ons huise het ons elkeen ‘n mikro-staat regeer. Daar was ons baas. Jou woord was wet en jy het die wet daar op jou unieke manier toegepas.

16

Ja, en toe land jy in huis Ekwilibrium. Daar is jy nie meer die hoofman oor ‘n honderd nie. Inwoners word as gelykwaardig beskou en behandel. Huise is redelik eenvormig en daar is reëls wat eenvormigheid voorskryf.

Ons aspireer nie meer om besondere hoogtes te bereik nie, ag as ons tog maar net die koffie op die boonste rakkie kan bykom! Ons wil nie noodwendig meer ‘n volgende graad verwerf nie en ons bekommer ons nie meer oor bevordering nie. As ons tog maar net ons koppe gestimuleerd kan hou! Ons wil net graag in rus en vrede en in harmonie met mekaar saamleef.

Ons wil die verlede onthou en vreugde put uit die mooi dinge van gister en dit wat vir altyd verby is. Ons begeer om te kan onthou dit wat diep gebêre lê in die vele lobbe van die ou brein wat oor jare volgestop is met kennis en ervaring. Ja, soms neem dit al hoe langer om op die regte bladsy van die breinlobbe uit te kom, maar die onthou van die verlede bring vreugde.

Gelukkig het ons nie nodig om ons in die koesterende wolke van die verlede toe te wikkel en net daarin te lewe nie. Ons het ook die Rubicon oorgesteek en tuisgekom in huis Ekwilibrium. Vind vreugde daarin dat ons hoe langer hoe meer gelykwaardig gemaak en geag word.

Ons aankoms in huis Ekwilibrium uit ‘n verskeidenheid van plekke, provinsies, beroepe open vir ons nuwe deure. Nuwe vriendskappe word gesmee. Nuwe reëls geld. Vergeet daarvan dat jy jouself nog moet bewys. Jy het dit mos al gedoen. Vergeet dat jy hoofman oor ‘n honderd was, hier is ‘n oordbestuurder wat nou die hoofman oor al 700 van ons is.

Aanvaar jou aankoms in jou nuwe omgewing. Jy het aangekom in huis Ekwilibrium. As daar niks anders is wat ons gelykwaardig maak nie dan sal die onvermydelike, ouderdom, dit wel doen. Aanvaar die

17
Wouter en Rina is deesdae ook inwoners van “Huis Ekwilibrium”

wonderlikste tyd van ons lewe met die grasie wat dit verdien. Elkeen in jou aftree-oord waar jy ookal mag wees kan en sal jou lewe verryk as jy uitreik en aanvaar hy of sy het ook die pad gestap. Hy of sy het elkeen ‘n storie om te vertel. ‘n Storie wat vir hulle net so belangrik is as jou storie. Vind julle gemeenskaplike ekwilibrium en vind rus en vrede.

Ons deel almal in een groot vreugde. Die vreugde wat ons waarlik gelukkig maak. Die vreugde wat die soort vrede bring wat alle verstand te bowe gaan. Ons ken Jesus Christus as verlosser en Saligmaker. Ons ervaar die keur van God se genade elke dag en tot in alle ewigheid.

Wouter Grové April 2020 ooOOoo

Die Suid Afrikaanse Polisie en die uitdagings tydens die tuisland beleid

Bydrae deur genl.maj. Theo Kleinhans

Met die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Polisie op 1 April 1913 is verskeie polisiemagte van die verskillende voormalige Boererepublieke, Britse kolonies en ander polisie eenhede saamgevoeg om een nasionale polisiemag te vorm.

Gedurende die tydperk ongeveer 1976 en 1994 het die unieke situasie in Suid Afrika ontstaan waar die een nasionale polisiemag verdeel is in 11 onafhanklike polisiemagte, waarna daar weer amalgamering moes plaasvind tot een nasionale polisiemag met die ineenstorting van die beleid van staatkundige verdeling.

Dit was die gevolg van die uitvoering van die Nasionale Party se beleid van afsonderlike ontwikkeling, oftewel Apartheid soos die wêreld dit geken het. Die totstandkoming van Onafhanklike of Selfregerende state het ten gevolge gehad dat die afsonderlike swart state elk ‘n eie polisiemag as deel van die pakket ontvang het. Met die demokratisering van die nuwe regeringstelsel in 1994 was dit nodig om Suid-Afrika weer in een soewereine staat te hervorm, met die gevolglike ontbinding van alle staatsdepartemente in die tuislande – ook die polisiemagte – en die herskepping van een nasionale polisiemag.

18

So het daar 11 tuislande tot stand gekom op grondgebied wat soms op onlogiese toedeling plaasgevind het. Vier van hierdie state het besluit om "onafhanklik" te word – naamlik Transkei, Bophuthatswana, Venda en Ciskei. Hierdie onafhanklikheid is nooit internasionaal erken nie. Die ander ses het net tot die vlak van selfregerende status gevorder – naamlik Kwa-Zulu, Lebowa, KwaNdebele, Qwa-Qwa, KaNgwane en Gazankulu.

Stigting van Tuisland Polisiemagte.

Voordat ‘n Tuisland polisiemag tot stand kon kom het die betrokke kabinet so ‘n versoek na die Suid Afrikaanse Regering gerig vir die instelling van ‘n eie polisiemag vir die gebied. Daar is dan na ‘n ondersoek deur kundige personeel van die Suid Afrikaanse Polisiemag besluit op die grootte en verspreiding van die polisiemag, met rang en posverdelings volgens die beginsels van werkstudie. Dit het ook die plasing en beplanning vir die oprigting van bykomende polisiestasies ingesluit, wat dan deur die Departement van Samewerking en Ontwikkeling tot stand gebring is.

Oordrag van funksies.

Polisiëringsfunksies van elke polisiemag het plaasgevind sodra die betrokke staat Selfregerende status ontvang het. Die funksies van die Veiligheidstak is egter teruggehou totdat die betrokke staat volle onafhanklikheid gekry het – soos Transkei, Ciskei, Bophuthatswana en Venda

Personeel.

Ten einde die polisiemagte met voldoende personeel te beman, soos in die werkstudie ondersoek bepaal, is bestaande lede van die Suid Afrikaanse Polisie van dieselfde bevolkingsgroep – Xhoza, Zulu, Venda ens – die geleentheid gebied om oorplasing te kry na die nuwe polisiemag, met behoud van diensjare en rang. Nie baie lede het hierin belanggestel nie, veral in die tydperk van die moorde op lede van die polisiemagte met brandende buitebande in die teregstellingsmetode as verraaiers.

Dit het daartoe aanleiding gegee dat bykomende nuwe lede in die betrokke Tuisland gewerf moes word aangesien daar te min Suid Afrikaanse Polisielede belanggestel het in oorplasings.

19

Feitlik sonder uitsondering was die lede wat wel beskikbaar was vir oorplasing te junior in rang om die bevel en beheer van die nuwe polisiemag oor te neem. Daar is dan gebruik gemaak van ervare blanke offisiere van die Suid Afrikaanse Polisie wat by wyse van sekondering aan die nuwe polisiemag beskikbaar gestel is. Hierdie sekonderings het gepaard gegaan met sekere bykomende toelaes ten einde lede aan te moedig om onder hierdie moeilike omstandighede ‘n nuwe polisiemag van die grond op te bou.

Dit het uiteindelik daartoe gelei dat toe die laaste polisiemag wat in ‘n Tuisland tot stand gekom het - dié van KwaNdebele - was daar ongeveer 35 SAP-lede wat bereid was om oorplasings te neem. Van hulle, wat reeds Ndebele offisiere was, se oorplasings is deur die KwaNdebele regering geweier omdat die betrokke lede nie volgens stamtradisie besny was nie. Gevolglik moes die tekorte aangevul word deur gesekondeerde wit offisiere van die SA Polisie en nuwe rekrute wat inderhaas opgelei moes word.

Die grootte van die onderskeie polisiemagte het mettertyd gegroei tot meer as 6,000 lede elk in Bophuthatswana en Transkei tot ‘n paar honderd in Qwa-Qwa

Opleiding

Aanvanklik is die opleiding van al die nuwe lede vir die tuislande by die bestaande Suid Afrikaanse Opleidingskollege in Hammanskraal gedoen. Mettertyd het die onafhanklike state soos Transkei, Venda, Ciskei en Bophuthatswana sowel as KwaZulu hulle eie opleidingskolleges vir nuwe rekrute geopen – hoofsaaklik met die steun van gesekondeerde lede van die Suid Afrikaanse Polisie. Die meeste van die offisierskursusse was steeds op kontrak deur die Suid Afrikaanse Polisie saam met SAP-lede gedoen.

Grondgebied

Een van die grootste struikelblokke om van die nuwe polisiemagte funksionele departemente te maak was die onpraktiese wyse waarop grondgebied oorgedra is. ‘n Onafhanklike staat, soos Bophuthatswana het uiteindelik uit ongeveer sewe losstaande stukke bestaan. Die regsimplikasies hiervan was ‘n nagmerrie. Byvoorbeeld die vervoer van

20

gevangenes van een brokstuk na ‘n ander vir ‘n hofsaak, – gevangenes vanaf Thaba Nchu in die Vrystaat word vervoer na die Hooggeregshof in Mmabatho, ‘n afstand van ongeveer 500 km - en hulle ontsnap langs die pad in Bloemfontein. Die regsbevoegdheid van die Bophuthatswana polisie op RSA grondgebied vir die agtervolging en her-arrestasie was juridies nooit opgelos nie.

Die polisie van KwaZulu, wat nooit onafhanklikheid wou aanvaar nie, maar hulle eie polisiemag gehad het, moes nagenoeg drie en twintig losstaande brokstukke polisieer wat versprei was oor die hele Natal en tussendeur SA Polisiestasies se grense.

Die hele uitvoering van die politieke eierdanse oor grense en die bevoegdhede van die onderskeie “onafhanklike” polisiemagte was prakties onhaalbaar.

Amalgamering.

Met die veranderende politieke bedeling in die begin 1990s is daar weer ‘n proses aan die gang gesit waarin al die polisiemagte herenig moes word tot een nasionale polisiediens. Dit het sy eie uitdagings gehad. ‘n Polisiemag soos Transkei met ongeveer 6,000 lede het net soveel generaals gehad as die Suid Afrikaanse Polisie met 114,000 in daardie stadium.

Daarteenoor het Bophuthatswana, ook met ongeveer 6,000 lede net een generaal-majoor gehad, en hy was reeds voor die amalgamering van sy pos onthef.

Dit het gou geblyk dat daar in baie van die tuislande versnelde bevorderings plaasgevind het in alle staatsdepartemente in die aanloop tot die amalgamering, ook in die polisiemagte. Dit was doelbewus om senior posisies te beklee in die nuwe nasionale departemente.

Om dit te ondervang is daar ‘n artikel, 236(6), in die tussentydse Grondwet ingevoeg wat die nuwe Regering die bevoegdheid gegee het om onregmatige bevorderings in die voorafgaande 18 maande voor die 1994 verkiesing te ondersoek.

Vir hierdie doel was die Regter White Kommissie aangewys wat in 1997 en 1998 sodanige bevorderings kon ondersoek en waar nodig regstel waar dit in stryd was met goedgekeurde beleid. Op hierdie wyse was etlike

21

honderde versnelde bevorderings nietig verklaar en reggestel.

Dit is weer ‘n nuwe hoofstuk van die geskiedenis met opstande deur die polisie in Transkei wat teen hierdie regstellings beswaar gemaak het.

Koste implikasies.

Daar word deesdae baie gewag gemaak van die vermorsing van belastingbetalers se geld deur die huidige regering.As in ag geneem word dat elkeen van die tuislande voorsien moes word van 'n volledige regeringstelsel, staatsdepartemente met personeel, eerste ministers/ presidente, ministers, parlementsgeboue met die gepaardgaande spoggerige parlementsopenings – waarheen ek en senior offisiere van hoofkantoor genooi was..... en die medaljes wat uitgedeel is!

Ons nageslag sal rede hê om kop te skud oor baie van die besluite wat in belang van politieke oorlewing gemaak is en steeds gemaak word.

ooOOoo

Meer oor genl.maj. Theo Kleinhans1 - (in sy eie woorde):

Genl.maj. Theo Kleinhans

Ek het my B.Admin.-graad in 1976 gekry by Kovsies met die hoofvakke Staatsleer, Staatsadministrasie en Toegepaste Volkekunde. Ek was toe die stasiebevelvoerder by Bainsvlei in Bloemfontein. Ek het my Honneurs in 1977 gedoen en moes my Magister in een jaar- 1978 - doen aangesien ek aan die einde van die jaar na die Polisiekollege verplaas is. Die tema vir my verhandeling was "Diplomatieke skikkingspogings in die Rhodesiese onweersone tot die beraad van Geneva" .

Hierdie was tot aanloop van die onafhanklikwording van Rhodesië tot Zimbabwe. My studieleier was prof. (dr.) Neil Barnard, wat kort daarna die DG geword het by Nasionale Intelligensie. Ek was toe op die personeel van die DK, Bloemfontein. Ongeveer 1979/80 was ek 'n pos aangebied as "Buitelandse Diplomatieke Beampte" by Buitelandse

1 Theo praat nie maklik oor homself nie. Ek moes hom mooi vra vir hierdie inligting. Hy was ten nouste betrokke met die aanvanklike stigting van die Tuisland-polisiemagte en die latere herskepping tot een nasionale polisiemag. (Red.)

22

Sake. Ek het dit van die hand gewys aangesien my een seun in die tyd 'n reeks operasies ondergaan het vir 'n aangebore gebrek.

Hoe anders kon 'n mens se lewe verloop het, maar ek is tevrede met die besluite was ek wel geneem het. Min ander kon op 49 aftree en op 74 nog steeds oorleef.

Groete.

Theo

Verslag aan die Nasionale Raad van Provinsies

Ons het eendag in 1996 nogal ‘n taamlik onsmaaklike ervaring in die Nasionale Raad van Provinsies gehad. Dié instelling het ons gevra om verslag te doen oor PAGAD en nog iets anders.

Ek was 'n brigadier (of direkteur toe genoem) daardie dag toe ons parlement toe is. Daar was ook André du Toit (later generaal-majoor) wat oor die speurders se sake verslag moes doen. Ek was toe die Provinsiale Hoof: Sigbare Polisiëring in die WesKaap Provinsie.

En skielik moes ons alles in Engels begin doen. En as jy nie kon nie, moes jy wegbly. Selfs in ons skriftelike verslae moes ons dit ook in die Rooitaal doen.

Terloops, ek wonder of enigiemand sal agterkom as iemand die deure van hierdie instelling (die NRVP) vir ‘n paar maande moet sluit? Ek sien regtig nie veel nut in sy werksaamhede nie. Niks anders as ‘n duplikasie en napratery van die kaders in die gewone parlement nie.

Ongeveer 7 senior offisiere van die polisie se provinsiale hoofkantoor is toe na die ou Volksraad om die aanbiedings te doen.

Sommer van meet af so teen ongeveer 10:00 takel sekere van die parlementslede daar aanwesig ons oor die feit dat ons groep nie die demografie van die land verteenwoordig nie. Uit die sewe van ons was 5 wit en 2 bruin. Dit was ‘n vreeslike “issue” vir sekeres van hulle.

23
--ooOOoo--
Brig Fanie Bouwer (toe nog ‘n kaptein)

Die skeiding van die demografie van die bevolking wou hulle hê! Rekenkundige skeiding seker – of die nuwe getalle-apartheid, wat nou in SA vir hulle ‘n dogma geword het!

Dit was ‘n lang en ietwat ongemaklike sessie gewees, want ons het eers so teen 4-uur die middag verdaag. En heeltyd wat ons daar was, kon sommige van hulle nie hul vyandigheid teenoor ons wegsteek nie.

Die kos wat die NRVP tydens middagete laat voorsit het, was van die beste. Daar is nie afgeskeep nie. En ek het verneem dat dit maar altyd die geval is. Terwyl ek die kos op die tafels aanskou, dink ek dat dit deesdae sommer lekker gaan met die ouens op die “soustrein”.

Ons stap toe terug na ons kantore wat nie vêr daarvan is nie. Toe ons daar aankom, stel ek voor dat, aangesien ons so ‘n slegte dag daar in die NRVP gehad het, die beste wat ons nou kan doen is om maar ‘n bier te gaan geniet in die offisiersklub.

Wat my egter getref het van my kollegas, was dat van hulle sommer net behoorlik vies en ook so half getraumatiseerd was deur ons ervaring in die NRVP.

Dit het my getref dat elkeen toe ‘n verskoning aanbied oor hoekom hulle nou dadelik moes huistoe gaan.

In die ou Volksraad waar bogenoemde byeenkoms plaasgevind het, het ek tydens middagete op wyle dr. Verwoerd se sitplek gaan sit en so terug gedink aan die dag in 1966 by die koshuis, toe ek in standerd nege was, en van sy dood by mevrou Williamson (onderwyseres) verneem het.

Ek het my probeer voorstel wat daardie dag alles op hierdie presiese plek gebeur het ......

ooOOoo

24
‘n Mooi gebeurtenis in die grendeltyd

Op Vrydag 31 Julie 2020 was dit my taak om ‘n opgedateerde foto-album van die generaalsklub aan al ons lede uit te stuur.

Dieselfde dag nog, ontvang ek ‘n oproep van generaal Chris Serfontein. Na die gebruiklike groetwoorde meld hy so terloops dat die foto album nie volledig is nie. In my binneste wonder ek wat verkeerd geloop het, want ek het werklik moeite gedoen om die album saam te stel. Ek probeer verduidelik dat ek dan seker per abuis iets misgekyk het.

Toe vertel hy my dat hy ‘n week tevore - op 24 Julie 2020 – weer getroud is. Hy vertel dat hy en Marina 58 jaar gelede in dieselfde klas in Kroonstad gematrikuleer het. Hulle was inderdaad van standerd drie af tot in matriek in dieselfde klas en het ook oorkant mekaar in dieselfde straat grootgeword. Die Serfontein- en Bester kinders het oor en weer met mekaar gespeel en saam grootgeword. Daar was byna vir elke Serfontein kind, ‘n Bester kind wat ewe oud was.

Na hul skooljare het hulle nooit weer kontak met mekaar gehad nie. Chris het sy loopbaan in die Polisie uitgekerf, later met Wilna getrou en drie kinders grootgemaak. Marina het ook haar weg deur die lewe gebaan, getrou en ook drie kinders in die lewe gebring.

Marina se eggenoot is ook nie lank voor Chris se oorlede eggenote nie, na ‘n lang siekbed oorlede. Sy het ook lank langs haar man se siekbed tot sy dood gewaak - nes Chris wat by Wilna se siekbed en uiteindelike heengaan gewaak het.

Die toeval, of liewer die voorsienigheid (soos Chris dit glo), het dit so bestem dat een van Marina se kinders of kleinkinders een dag iets op sosiale media oor ‘n persoon met die naam Chris Serfontein raakgesien het en gewonder het of dit die Chris Serfontein was wat in Kroonstad in die straat oorkant hulle gewoon het nie.

Om ‘n lang storie kort te maak het hulle kontak met mekaar gemaak. Marina het in daardie stadium in Stilbaai in die Wes-Kaap gewoon.

25

Chris het toe besluit om vir sy jarelange vriend, genl. Willem Smit in die Kaap te gaan kuier. Marina het vir Chris genooi om, terwyl hy in die Kaap is, by haar in Stilbaai te kom koffie drink.

Maar toe begin die eintlike wonder ..... Marina moes na Pretoria kom om ‘n troue van ‘n familielid by te woon. Chris se suster, wat ook vir Marina van kindsbeen af geken het, het haar genooi om tydens haar besoek aan Pretoria, by haar oor te bly. Chris moes ook vir sake na Pretoria toe kom. Terselfdertyd het Chris se broer, wat in die Bahamas woon na ‘n groot operasie, by hulle suster aangesterk. Chris, sy broer en ook Marina het by die suster aan huis gekuier.

En toe tref die Corona-virus die wêreld. Weens die regulasies was almal by Chris se suster ingeperk. Marina kon nie terugvlieg Wes-Kaap toe nie ..... en Chris kon ook nie terugkeer na sy huis in Amanzimtoti nie.

Chris en Marina Serfontein

Toe die mense (wat om die een of ander rede nie by hulle huise was tydens die aanvang van die verbod) uiteindelik toegelaat is om na hulle huise terug te keer, was die koeël al vir Chris en Marina deur die kerk. En die kansel het vir hulle gewink.

Die verdere hoofstuk van die verhaal is dat Chris en Marina op 24 Julie 2020 in die teenwoordigheid van ‘n klein groepie gemeentelede in Amanzimtoti getroud is. Dit was ‘n stil troue, want nie een van hulle kinders en familielede kon weens die inperking die plegtigheid bywoon nie.

Chris en Marina, ons beste wense vergesel julle op hierdie nuwe pad!

Chris glo vas dat hulle herontmoeting en huwelik uitsluitlik aan die Here se groot raadsplan en genade te danke is.

Die mens wik, maar God beskik.

ooOOoo

26

Kiste: Vir dood én vol te pak met drome

Bykans elke huis het ‘n kis gehad. Nee, nie die soort wat ons oumagrootjies op die plafon of op die solder versteek het nie.

Daardie kis sou die volledige selfgekose doodsuitrusting bevat. In die geval van ‘n vrou was dit gewoonlik ‘n lang, spierwit rok of ‘n naghemp van sagte materiaal wat in fyn kreukelinge na die grond tuimel. Die borsgedeelte geborduur, of afgewerk met kant – met sorg opgevou en geberg tussen dun velletjies wit papier.

Die lewe het hulle geleer om prakties te wees en hulle het geweet hoe dit was om soms iemand se oë vir ‘n laaste keer toe te druk in diepe erbarming en met goddelike respek.

As dogtertjie was ek doodbang vir daardie kamer in die plaashuis met die kis op die plafon. Vanuit die donker, ovaalvormige portretrame langs die gelyste kaste het vergeelde stemme in stilte gehang.

Oor die koperkatel het ‘n roomkleurige gehekelde deken gepryk en op die wastafel met sy blou marmerteël-insetsels, het ‘n waskom met ‘n beker gestaan.

Soms was daar ‘n verdwaalde langbeenspinnekop in een van die hoeke van die hoë plafon. Die vertrek was koeler as enige ander vertrek in die huis – selfs op die warmste somersdag.

Dit was ander tye toe afgestorwenes ter ruste gelê is in familie begraafplase met ‘n swart stoet wat stadig vanaf die plaashuis tot by die kerkhof sou beweeg. Agterna sou die kontrei se boere en naasbestaandes op die uitgestrekte voorstoep kuier met koffie en koek.

Maar die kis waaroor ek vandag skryf, is die trousseaukis. Myne is ‘n erfstuk, van imbuia met bal-en-klou-pote, koper insetsels en plek vir ‘n slotjie.

Vroeër jare was die doel daarvan om die voornemende bruid se skat te bewaar, daarom is daar ook verwys as ‘n hope chest. Jongmeisies sou dit as geskenk van hul ouers ontvang en dan droom oor hul toekomstige

27

troue, terwyl linne daarin opgegaar is. Soms is selfs die trourok daarin geberg.

Tydens die inperkingstyd het ek tyd gehad om my kis weer uit te pak en te herrangskik ..... van elkeen van my kinders se doop uitrustings, hul gewisselde tandjies tot Valentynsdag bekers en matriekafskeid glase met sand geblaasde datums daarop.

Daar was ‘n sakhorlosie, ‘n paar kruisbande, mansjetknope en ‘n pen wat aan ‘n geliefde oupa behoort het. My ma se droomboek. ‘n Juwelekissie met ‘n klein ballerina wat in die rondte draai terwyl die musiek speel. ‘n pakkie handgeskrewe liefdesbriewe.

‘n Stokou kamera en munte uit 1875.

‘n Miniatuur-kameelfiguur uit Dubai, handgeverfde klompe uit Holland, ‘n houtpoppe uit Swede, ‘n piepklein rooi telefoonhokkie-sleutelhouer uit

Londen ..... meer .....

Sou bykans elke huis nog ‘n kis hê? En watter stories lê daarin opgesluit?

Anneki Joseph Beeld: 9 Junie 2020, p.8. ooOOoo

Rondtediens in Polleys Arkade

In 1966 of 1967 is die uwe gepos om tydens ‘n nagskof in Polleys Arkade “beat” te stap ..... met die opdrag om te kyk dat geen verdagte persoon naby Wachthuis rond drentel nie. Wacthuis was immers die gebou waar die Polisiehoofkantoor en al die opper-generaals gesetel was. Ek was nog ‘n konstabel en dit was maar ons - wat nog op die onderste vlak van die voedselketting was - se lot om in daardie fase van ons loopbaan rondtediens te doen.

28
Trousseau Kis (Hope Chest). Familie erfstuk van mev. Elena Huggett

Diegene van ons wat al tydens ‘n nagskof rondtediens moes doen, sal onthou dat ‘n nagskof se rondtediens maar lank en eentonig kan wees. Maar as dit jou beurt is, is dit jou beurt .....

Om ongeveer 04:30 die oggend sien ek ʼn gryskop omie na my aangestap kom. Ek staan nader, trek onmiddellik my uniform en holster reg en vee die vaak uit my oë.

Die omie, in burgerdrag, kom reguit na my en steek sy hand uit en sê: “Ek is majoor Grobler.” Hy steek sy hand na my toe uit. Ek steek ook my hand uit, gee hom ʼn stewige handdruk en antwoord: “Aangename kennis, majoor – ek is konstabel Ferreira.”

Hy klap my hand weg, en bulder: “Ek kom nie kennis maak nie, ek wil jou donnerse sakboek hê om jou te besoek!”

Ek het ook maar aanvanklik gewonder waarom die majoor my half vyf in die oggend wou kom ontmoet!

Johan Ferreira

--ooOOoo--

Groot begeerte

Hans gaan spreek sy predikant: "Dominee, ek het 'n sterk begeerte om ewig te leef. Wat moet ek doen om dit reg te kry?"

"Soek vir jou 'n vrou en trou”, antwoord die dominee.

"Is dit so eenvoudig? Sal dit my in staat stel om vir altyd te leef?" vra hy verbaas.

"Nee” antwoord die dominee, "maar die begeerte sal verdwyn”.

--ooOOoo--

As die losmis (malmokkie) instoot

In ons streek kom 'n paar soorte mis voor. Behalwe vir Krismis en veemis is daar seemis, misreën, misweer en losmis of droë mis. Die Alexanderbaaiers noem dit malmokkie. Hierdie losmis of droë mis kom van tyd tot tyd soggens voor. Dit begin by die kus en stoot binneland in, veral in die leegtes en droë riviere op, soms tot by Springbok. Maar as die son hier

29

klim, neem dit die wyk en verdwyn dit letterlik soos mis voor die môreson.

Theunis Uys 1921 – 2012

Soos sy naam sê, is losmis of droë mis los of droog. Dit maak nie jou klere klam soos regte misweer nie. Ek onthou outa Dirk het altyd vir ons in die kookhuis vertel wat by gedoen het as die vee in 'n leegte wei en die losmis stoot in. Hy het 'n hele paar droë melkbosse gevat, dit sulke ente van mekaar af gepak en dit aan die brand gesteek, dan trek die mis oop. Ek het self een dag 'n interessante en besonderse ervaring met die einste losmis beleef. Ek is spyt daar was nie 'n paar natuurliefhebbers by my wat dit met my kon deel nie.

Dit was herfs, en ek het vroeg van die huis af plaas toe gery. Toe ek by die afdraaipad kom, besluit ek om links af te draai na Weltevrede, die plaas van buurman Kosie Botha. Ek wou die hoë Bakenkop op sy grond loop uitklim. Die plaas word nie benut nie, en omdat by onbewaak lê, kom die ”houthalers” van Matjieskloof gereeld daar besoek aflê om vuurhout bymekaar te maak. Ek gaan hou by 'n ou gebou van die eertydse Tweedam Tungstenmyn stil en merk dat die gebou heeltemal gestroop is van enigiets wat hoegenaamd bruikbaar is. Slegs die kaal mure is oor. Dit is nog vroeg, voor sonuit. Ek sluit my bakkie en pak die kop te voet aan. Ek klim die steil opdraand teen 'n stywe pas vir amper 'n uur voor ek bo kom. Toe ek by die driehoeksbaken staan, is dit daar pas sonuit.

Om my merk ek dat daar, behalwe vir die kop waarop ek staan, net twee hoë spitse is waar die son skyn: Voëlklip aan die suidekant en Carolusberg aan die oostekant. Ek sit lekker hoog en het 'n wonderlike uitsig oor die omliggende plase: Lammerhoek, Krymekaar, Rooivloer, Bloustasie, Droëdap en Tweedam. Ek sien die dorpe Springbok, Carolusberg en O'Kiep, asook die lughawe langs Carolusberg. Die son klim nou vinnig en sy strale spoel oral in die laerliggende leegtes en klowe in. Ek het my verkyker by my en bespied oral om te sien of ek êrens lewe gewaar. My bakkie lyk soos 'n Dinky Toy langs die ou murasie.

Die son is nou al behoorlik uit en dit voel lekker soel daar in sy flou oggendstrale. 'n Proesgeluid agter my laat my omkyk, en ek gewaar so 'n

30

entjie weg 'n pragtige jong ribbokram en sy ooitjie wat my agterdogtig staan en dophou. Die laaste ribbokke wat ek kan onthou, het ek amper vyftig jaar vantevore in die Wildeperdehoekpas langs die Messelpad gesien. Ek sit doodstil en betrag hulle deur my verkyker se lense; hulle lyk so naby, dit voel asof ek aan hulle kan raak. Dit is jammer dat ons voorgeslagte so onverskillig was en die ribbokke in Namakwaland byna uitgeroei het. Ek is dankbaar dat daar tog 'n klompie behoue gebly het. Na 'n hele ruk het die twee bokke besluit dat ek geen kwade bedoelings het nie, en lui-lui tussen die bossies weggehuppel.

Ek verwonder my aan die wyse waarop die bekende tafereel voor my van oomblik na oomblik verander namate die son al hoër klim en die strale hulle weg vind in die klowe, hoeke, koppies en leegtes. Ek draai na die westekant toe om te sien watter sonnespel daar plaasvind, en merk tot my verbasing dat die hele wêreld aan daardie kant toegetrek is onder 'n tamaai, wit wolkombers. Die losmis was besig om in te stoot. Dit lê so ver soos wat die oog strek, van Mesklip af tot ver verby Nababeep. Verder terug na Spektakel se kant toe gewaar ek 'n paar hoë spitse wat nog “kop bo water” - of moet ek sê “kop bo mis” hou. Die naderkruipende kombers is nie meer ver nie, en ek wonder wat hy met Bakenkop sal maak - sal hy hom klim, of sal hy hier loop stop? Aan die noordekant sien ek die mis is al ver op pad Springbok toe met Modderfontein se riviertjie langs; langsaan trek hy oor Tweedamleegte en vat-vat also aan Matjieskloof se rante. Aan die suidekant is die voorpunt al verby Lammerhoek en Bloustasie; dit trek al in Droëdap se leegtes.

Ongeveer 'n halfuur later is dit nog net die drie hoë spitse - Bakenkop, waarop ek sit, Voëlklip en Carolusberg - wat sigbaar is. Verder is alles weggesteek onder hierdie pragtige, wit donskombers wat soos 'n reusebrander oor alles spoel. Skielik voel ek baie eensaam en alleen hier in die tussenin-dimensie waarin ek my bevind, halfpad tussen hemel en aarde. Ek bekyk Voëlklip en Carolusberg met die verkyker, maar sien niks daar roer nie. Dit wil vir my voorkom asof ek die enigste lewende wese is, want buiten die twee ribbokkies is daar niemand by my nie. Vir 'n oomblik verlekker ek my om te dink dat ek vir 'n vlietende oomblik heers oor dit wat bokant die losmis uitsteek.

Soos dit egter gaan met ons losmis, hou dit geen stand teen die felheid

31

van die Namakwalandse middagson nie. Brok vir brok, kloof vir kloof en laagte vir laagte bak die son dit stukkend. Ek, koningheerser oor drie spitskoppe vir slegs een uur, moet maar my kierie vat en terugkom aarde toe, terug na die werklikheid, waar arbeid, probleme, ongeregtigheid en verantwoordelikheid deel van jou bestaan is.

Losmis, droë mis, malmokkie - niemand kan jou reg verstaan of weet wie en wat jy is nie. Dalk is jy net skyn. Maar miskien dra jou besoek tog 'n boodskap: 'n waarskuwing dat niks vir ewig hou nie, en dat alles op die ou end wel geopenbaar sal word.

Theunis Uys, 2006: HOOR WAT SĖ KATLAGTER. Brainwave Projects: Durbanville

Oor die Skrywer

Theunis Uys is op 8 Januarie 1921 op die familieplaas Keerom in die Namakwalandse Binneveld gebore2. Hy het sy laerskool-opleiding aan die plaasskool op Grootmist teen die Buffelsrivier ontvang en in 1939 aan die Hoërskool Namakwaland in Springbok gematrikuleer. Hy het op skool veral as atleet uitgeblink, en het in sy matriekjaar die Victor Ludorum-toekenning ontvang. Hy was kaptein van die skool se eerste rugbyspan, en het ook van sy sewentiende jaar af vir die dorp se eerste span rugby gespeel.

Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hom verhoed om verder te gaan studeer, en hy het 'n jaar lank by die staatsdelwery op Alexanderbaai gaan werk. In 1941 het hy 'n betrekking by die Spoorweë aanvaar en twee jaar in Kaapstad deurgebring. In 1943 het Theunis teruggekeer na sy geboortestreek en het hy by die bekende Jowells-groep op Springbok begin werk. In 1951 is hy bevorder tot bestuurder van die vervoerafdeling, en in 1960 is by aangestel as 'n direkteur van die groep.

2 Hy was mev. Baby Engels se broer en is in 2012 oorlede (Red).

32

In 1946 het Theunis in die huwelik getree met Hester Hanekom, 'n nooi van Porterville wat op Springbok onderwys gegee het. Hulle het vier seuns wat met hul gesinne verspreid deur die land woon.

Theunis is 'n geesdriftige natuurliefhebber en 'n natuurlike storieverteller. Ná sy aftrede in 1993 het hy hom besig gehou op sy plaas buite Springbok, voor hy en Hester in Januarie 2000 na die Fairtrees-aftreeoord in Durbanville, Kaapstad, verhuis het.

Theunis het op sy oudag “tussen die koolslaai maak en aartappels skil deur” stories oor sy geboortestreek begin neerskryf. Dit sluit sy eie ervarings, waarnemings en herinnerings in, asook dié wat aan hom oorvertel is deur die groot getal mense wat by tydens sy ryery ontmoet het. Theunis skryf met behulp van sy “sienmasjien”, 'n ingevoerde optiese hulpmiddel wat hom help om sy swak sig - 'n gevolg van gloukoom - te bowe te kom.

In 2004 het sy seun Jannie hom verras deur 'n keur van hierdie verhale te laat druk en bind. Hoewel hierdie bundel Namakwaland my hartland, aanvanklik bedoel was vir vriende en familie, het dit wyd aanklank by ander Namakwalanders en oud-Namakwalanders gevind. Gertjie

Niemöller van Pofadder het dit die raakste gestel: “Ou Theunis, jong, jy moet skryf tot jy dood, en ek sal lees tot ek dood”. Reaksie het ingestroom uit Namibië, Mpumalanga en ander uithoeke. Die aanvraag het gelei tot 'n tweede bundel, Namakwaland se Gabbagoed, waarvan die bekroonde skrywer George Weideman gesê het; “[Dit] is pure soutribbetjie en groenpampoenbredie – jy wens jy hoef nooit op te hou kluif daaraan nie; jy wil altyd nóg byskep.”

Hoor wat sê Katlagter is Theunis se derde verhalebundel. Dit handel oor 'n wye reeks onderwerpe wat wissel van persoonlike ervarings, streeksgeskiedenis, kosmaakgebruike, huldeblyke en karaktersketse tot natuurverskynsels, humoristiese voorvalle en eie opinies oor die streek se besondere uitdagings en potensiaal.

33

Theunis beskou homself nie as 'n skrywer nie, maar as “’n storieverteller op papier: Die ryk nalatenskap in sy drie verhalebundels en die oorweldigende reaksie daarop mag hom egter nog verkeerd bewys.

Uys, T. (2006) Hoor wat sê Katlagter. (p205) Paarl: Paarl Print.

ooOOoo

Under Fire in South Africa

Schalk Visagie was voorheen ‘n luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Polisie. Hy is die outeur van die boek “Under fire in South Africa.”

President PW Botha was Schalk se skoonvader. Hy is getroud met Rozanne, wyle president PW Botha en mev. Elize Botha se dogter.

Schalk en Rozanne op hul troudag. Rozanne se ouers, mnr PW Botha en mev. Elize Botha staan weerskante van die paartjie.

34

Schalk op die toneel van die ontploffing by hul kantore in Bellville

Sy boek, Under Fire in South Africa3 is in 2019 deur Christian Liberty Books uitgegee en is Schalk se baie interessante biografie. Hy skryf onder meer van sy jeugjare, sy loopbaan in die SuidAfrikaanse Polisie, sy tydperk in die Spesiale Wageenheid en ook die ruk wat hy in die President se persoonlike beskermingseenheid gedien het. Ook dat hy een van die eerste polisiebeamptes op die toneel van die massamoord op die St. James kerk in Kaapstad was. Hy beskryf verder sy betrokkenheid by die ondersoeke teen die bendes van die Kaapse Vlakte en PAGAD, die sluipmoord op sy kollega, kaptein Bennie Lategan en hoe ‘n bom op die sypaadjie reg voor sy eenheid se kantoorgebou afgegaan het. ‘n Paar minute voor die bomontploffing het hy nog met ‘n straatverkoper oor ‘n paar skoene wat hy vir sy dogter wou koop, gepraat. Hy is daarna gou by sy kantoor in waarna die bom enkele minute later reg langs die straatverkoper ontplof het. Hy het uitgehardloop en die verminkte vrou tussen twee voertuie opgemerk. Sy is 3 meter verder tot in ‘n parkeerterrein weggeslinger. Sy het nog geleef maar het net daar in sy teenwoordigheid gesterf. In ‘n ander voorval het hy in ‘n hinderlaag in sy motor beland en is byna noodlottig in ‘n koeëlreën verwond. Hy glo dat sy lewe in beide voorvalle deur die ingryping van die Here gespaar is.

3 As u dalk belangstel om die boek aan te skaf, kan u op hierdie internetskakel aanteken: https://www.warbooks.co.za/products/under-fire-in-south-africa-schalkvisagie?variant=31787155652698

35

Dit is nie ‘n gewone polisie-verhaal nie, want daar is ook ander grepe uit sy persoonlike lewe, die politieke situasie in die land, sy verhouding met sy gesin en sy ouers - en ook met sy skoonpa, president PW Botha.

Schalk bely ook deurgaans in die boek sy Christelike geloof en hoe die Here telkens in sy lewe ingetree het om hom te beskerm.

Ek is veral getref deur een van die hoofstukke in die boek, waar hy sy eie indrukke gee van wat gelei het tot sy skoonpa se verwydering as Staatspresident. Die hoofstuk is getiteld “The beginning of the end”.

‘n Enkele hoofstuk in sy eie woorde (deur my in Afrikaans vertaal) volg net hierna.

Die begin van die einde

Soos in sy boek vertel deur Schalk Visagie

Die President se verjaardag op 12 Januarie 1989 het soos elke jaar, die naderende einde van ‘n kort blaaskans by sy vakansietuiste “Die Anker“ by Wilderness in die Tuinroete aangedui. Daar kon hy en sy gesin ontspan omring deur die pragtige fauna en flora, skone uitsig en wye seestrande.

Op 16 Januarie, vier dae na sy verjaardag, het hy en mevrou Botha teruggekeer na Kaapstad. Met hul aankoms by Ysterplaat, het ons hulle na sy ampswoning, Westbrooke geneem. Daarna is hy na Tuynhuys, waar hy vir ‘n paar ure gewerk het.

Die President was in ‘n joviale bui en die blaaskans het duidelik vir hom die krag en energie gegee vir die parlementsitting wat voorgelê het. Hy is later die middag terug huistoe geneem.

Die volgende oggend het die President by Glen Cairn gaan perdry. Ons het vroeg die oggend soontoe vertrek om die plek te beveilig.

Met sy aankoms was ek en kolonel At Kellerman se perde reeds opgesaal en reg om saam met hom te gaan ry. Rozanne het saam met haar pa daar aangekom en haar ryperd was ook gereed. Die President het self sy perd

36
ooOOoo

opgesaal. Hy het altyd aangedring om die buikgord self na te gaan voordat hy opklim. Die uitstappie het, soos altyd, sonder enige voorvalle afgeloop.

Die President en kolonel Kellerman het daarna in sy private BMW 528i vertrek. Op pad terug het die President self sy motor bestuur. Hy het pas 73 geword en hy wou self bestuur omdat hy selde die geleentheid kry om dit te doen. Hoewel hy ‘n ervare en goeie bestuurder was, was ons veiligheidspersoneel maar bra ongemaklik wanneer hy self bestuur het.

Terug by Westbrooke het die President sy dagpak aangetrek, ‘n ligte maaltyd geniet en om 13:30 na sy kantoor vertrek. Hy het die grootste deel van sy dag met sy persoonlike adjudant, Kommandeur Ters Ehlers deurgebring. Ters was deur die Vloot aan die Presidensie gesekondeer en ‘n voormalige duikboot-kaptein. Hy was die President se vertroueling. In die kantoor het hulle saam sy normale administratiewe pligte afgehandel. Om 17:00 het die president ‘n vergadering met sy kantoorpersoneel gehad waar hulle sy toespraak vir die parlementsopening wat oor twee weke sou plaasvind, bespreek het.

Ná die vergadering het die president se persoonlik arts, dr. (brigadier)

Dries Jones hom in sy kantoor ondersoek. Dit was ‘n roetine mediese ondersoek en die dokter het verklaar dat die President blakend gesond is. Nadat die mediese ondersoek voltooi is, het die President, dr. Jones en ‘n aantal amptenare ‘n rukkie gesellig verkeer waarna hy om ongeveer 19:15 huistoe is.

Mnr. Harry White, ‘n lid van die huishouding en ‘n ywerige hengelaar, het die middag ‘n paar visse gevang en dit vir aandete voorgesit.

Om ongeveer 21:00 die aand het die President olik begin voel. Hy het vermoed dat dit iets was wat hy geëet of gedrink het.

Hy het omtrent om 22:00 bed toe gegaan, maar in die vroeë oggendure het hy wakker geword van ‘n geweldige hoofpyn en naarheid. Hy het na die badkamer gegaan en daar inmekaargesak. Mevrou Botha het gaan kyk wat verkeerd is en hom op die vloer aangetref. Sy het dadelik vir Rozanne

37

geskakel en haar meegedeel van haar pa se ongesteldheid. Rozanne het my ingelig. Ek moes dadelik die voertuie gereed kry en majoor John Reynders het die personeel aangesê om gereed te maak om hom, indien nodig, na die hospitaal te neem.

Dr. Jones is dringend ontbied om die President te kom ondersoek. Hy het vir die President ‘n inspuiting gegee om hom te kalmeer en te laat slaap. Daar is besluit om alles eers stil te hou, totdat ons seker was wat die ware toedrag van sake is. Ons het geweet dat, as die pers toe daarvan te hore sou kom, dit ‘n massa-histerie tot gevolg sou hê.

Die President het rustig geslaap tot om 07:30 die volgende dag. Hy het gekla van ‘n vreemde lamheid in sy linkerarm en been. Hy was helder van verstand en sy spraak en geheue was normaal. Hy het selfs sy afsprake vir die dag onthou.

Dr. Jones het vermoed dat die President ‘n ligte beroerte gehad het en ons het hom na 2-Militêre hospitaal in Wynberg geneem. Met ons aankoms is ‘n aantal toetse op hom gedoen. Hy was teësinnig en dit het hom erg geïrriteer.

Die dokters moes die omvang van die skade bepaal en het ‘n paar eenvoudige vrae aan hom gestel om die erns van sy toestand te bepaal. Die President wou nie saamwerk nie, want die prentjies wat hulle aan hom getoon en die vrae wat aan hom gestel is, het hy as ‘n aanval op sy intelligensie beleef. Hy was helder van verstand en het erg omgekrap geword. Hy het die behandeling en ondersoeke as ‘n skending van sy waardigheid beskou. Hy het vir kolonel Kellerman beveel: “Vat my huistoe!”

Weens die erns van die saak, kon ons hom ongelukkig nie sommer huistoe neem nie. Dit het net verder bygedra tot sy ergernis en frustrasie. Dit was hartseer om hom so te aanskou. Sy arm en been was tot ‘n mate aangetas, maar daar was niks fout met sy verstand nie.

38

Ek het besef dat die gebeure wat voor my oë afspeel, ‘n keerpunt in ons land se geskiedenis was. Ons land se toekoms was op die spel. Sy politieke vyande sou, wanneer dit rugbaar word, gretig regmaak om toe te slaan.

In Afrika jag roofdiere in pakke wanneer hulle op die spoor is van groter wild, soos buffels, kameelperde en selfs seekoeie. Hulle sal die groter prooi omsingel, jaag, aan die hakskene karnuffel en vermoei totdat die groot dier struikel en neerval. Dan slaan hulle toe en dien die nekslag toe.

Ek het buitentoe geloop. Die gebeure wat om my afgespeel het, het my laat dink aan hierdie oeroue Afrika scenario. Dit is presies wat vir hom aan die kom was.

Wat het hom so erg laat struikel? Hy het gaan perdry, is net daarna deur sy persoonlike arts ondersoek en perdfris verklaar. Ondanks die ligte beroerte, het dit nie vir my sin gemaak nie. Hoe kon daardie mense so vinnig en so harteloos toeslaan? Die tydsberekening en toeval was na my mening maar taamlik verdag.

Die hantering van die mediaberigte, die verwydering uit sy amp en die wanvoorstellings wat daarmee saamgegaan het, het in alle felheid begin.

Die lang messe was uit en dit was hartseer om sy eensaamheid en politieke isolasie te aanskou. Sy eertydse bondgenote het feitlik almal soos mis voor die son verdwyn. Sy politieke vyande het uit hul gate gekruip en reggemaak om van hom ontslae te raak.

Hy is terug Wilderness toe waar ons hom op lang staptogte langs die strand vergesel het. Sy been het binne ‘n maand herstel en hy het weer soos tevore gestap. Met sy linkerarm het daar ook niks geskort nie. Dit was vir my vreemd hoe die tekens van so ‘n “beroerte” so vinnig herstel het.

Daarna het daar ‘n aantal parades en gesellighede deur die verskillende weermag- en polisie eenhede gevolg waar daar afskeid van hom geneem is. Ek het dit saam met Rozanne en die familie bygewoon. Die parades was mooi gereël en sal altyd in my geheue bly.

39

Ja, die enkele persoon wat meedoënloos en ferm teen die revolusionêre aanslag gestaan en die minderhede en ons Christelike beginsels moes beskerm, het gestruikel.

Visagie, SW (2019) Under Fire in South Africa: Christian Liberty Books, Cape Town ooOOoo

On night shift : Pretoria Central: 1978

All sorts of everything happens in the Charge Office and indeed we as young upcoming constables ensured that there are stories to tell decades later. The prescription period for any possible criminal charges has long since expired, so it is quite safe to share, but I will withhold the name of the victim in this matter as she may not be particularly happy with me.

It was a hot summer’s night shift at the Pretoria Central charge office in 1978, all of the registers had been checked and were in order, numerous mugs of coffee and tea had been drunk and it was about 03:30 in the morning when we had a surprise visit and inspection by brigadier “Ouma” Coetzee, from the District Commandant’s office.

We jumped to attention and ran around ensuring we could produce all of the registers requested and could answer all of the questions posed. Brigadier Coetzee was accompanied by a young female lieutenant whom the policemen in the charge office immediately decided “het ‘n houding en ruik nog na die store”.

It was apparent to the old male hands in the charge office that the lieutenant didn’t have a clue how a charge office functioned, and this just fired their distaste in her. I was the only woman on duty and just observed the whole situation, quite in awe of a female officer who was quite a scarce species at the time. In retrospect she may have been one of the first female lieutenants that I had ever seen in action and here she was in her turquoise blue summer uniform with the prescribed navy-blue genuine leather gloves. I can recall her taking off her gloves and placing them

40
Constable Sharon Holmes – later to advance to the rank of Major-General

neatly on top of each other on the desk where the Occurrence Book was written up.

After Brigadier Coetzee had assured himself that all was in order in the charge office, he decided it was time to inspect the holding cells. The cells at Pretoria Central housed mainly male prisoners with a separate section on the first floor for women. When the lieutenant got up, she grabbed a piece of paper and followed the brigadier. The men scoffed and wondered how she was going to manage in the male cells, as this was unheard of at the time. Apart from the female officers who visited the booking-in area on the ground floor and the female cells where the female matron was on duty, the rest was at the time, out of bounds.

It was at this point in the charge office that a certain constable Nel decided that she needed to be brought down to earth and taught a lesson. He decided to take “revenge” against her gloves that she left on the table whilst visiting the cells. What on earth gave him the idea I really don’t know, but he took the gloves and turned them inside out with all of the finger parts turned inside out too. He then proceeded to take a pot of thick fingerprint ink and systematically put a lump of the black gooey ink on each of the finger parts of the gloves, very neatly. He then managed to turn them back around to their original position and placed them back on top of each other, exactly as they had been left on the desk.

I was absolutely mortified, especially when she came back from the cell visit and I prayed that she did not put the gloves on before departing. As I said in the introduction, it was extremely hot, and she left with the gloves in hand and didn’t put them back on whilst in the charge office.

It was about 09:00 the same morning when my mother came to wake me and said that there was an urgent call from the police. It was the said lieutenant, commanding me to report to her office immediately. I got such a fright and phoned my then boyfriend, Willie Schutte and asked him if he could take me to the District Commandant’s office. We worked on the same shift, but he was deployed on the patrol van and had only heard of the incident. He was full of bravado and said that they are not allowed to summon you so early as you worked night shift - we would go later. I begged him to give me a lift as I heard the wrath in the lieutenant’s voice, and it was no time to make that call. He conceded and took me in.

41

I reported to the lieutenant’s office and was shown inside. I was left alone probably to add pressure and to mull “over my crime”. Eventually the lieutenant came to the office and I could not fail to note that her pristine manicured nails from earlier were now black stumps and she was busy with a nail file attending to them. It would have been comical if it weren’t so serious. She glared at me and said we women must stand together and I must have seen that somebody put black fingerprint ink in her gloves.

One thing that was apparent in those times was that you don’t confess to anything, what happens on shift stays on shift and to have spoken out would have had serious consequences to me and in all honesty, I didn’t do it! I was at the most an eyewitness I tried to justify to myself.

Whilst I was being grilled about the events, the office phone rang. I could hear the conversation between her and the caller. It was constable Nel, as he had been posted on duty in the charge office too, he had also been summoned but elected to make a telephone call. He immediately confessed and apologized, he offered to buy her a new pair of gloves and a box of chocolates. I just sat there and smiled and thought, well there you go, now I have the upper hand. I was excused but left there feeling tenfoot-tall and secretly hugely relieved that the matter had been resolved.

It was strange but thereafter whenever our paths crossed the lieutenant was always extremely nice to me and I have, till putting this in writing, never formally admitted anything.

Working in the charge office and the things we got up to were some of the best times in my career, I am sure we all have jewels to share.

ooOOoo

Nongqaipark

‘n Hele paar van ons generaals-kollegas het vroeër in hul loopbane in Nongqaipark, die woonstelkompleks vir getroude offisiere in Lynnwood, Pretoria gewoon. Die Ferreira familie, bestaande uit die uwe (toe ‘n majoor), Nettie en ons twee kinders is in Oktober 1984 vanaf Middelburg in die destydse Oos-Transvaal na die Kommissaris se parlementêre personeel verplaas.

42

Toe ons in Oktober 1984 by Nongqaipark ingetrek het, het ons by ‘n groot woonstelkompleks met 40 dubbelverdieping drieslaapkamer woonstelle – elkeen met sy eie klein tuintjie - ingetrek. Daar was ‘n horde kinders van alle ouderdomme en ons het baie gou tuis gevoel. Daar was oorgenoeg speelplek met drie skoppelmaaie en ‘n wipplank in ‘n oop stuk grond waar hulle kon leer fietsry, balle rondskop en veilig na hartelus baljaar. Omdat ons voortaan om die beurt ses maande in die Kaap en ses maande in Pretoria moes woon, was ons gelukkig om ‘n woonstel in Nongqaipark te kry. Dit was ‘n baie gerieflike woonstel en ons het uiteindelik tot 1992 baie gelukkig daar gewoon. Toe ons in Januarie 1985 vir die ses maande Kaap toe is, was ons gerus dat ons bure ‘n ogie oor ons woonstel en tuintjie sou hou

Soos alle gemeenskaplike wooneenhede, veral wanneer al die bewoners polisie offisiere en hul gesinne was, het ons gou tuis gevoel. Ons was gelukkig om direk langs ons en oorkant die straatjie, die beste bure ooit te ontmoet. Langs ons het Johan en Elizabeth Stümke en later Obie en Maryna Oberholzer gebly. Aan die ander kant was dit eers Barnie Lombard en na sy aftrede was Eugene de Kock ons nuwe bure. Oorkant ons was dit weer Piet Swart, Barrie Barnard en Gabriel Smit. Almal met hul gesinne.

Van ons latere generaals wat in ons tyd ook daar gebly het, was Vic Haynes, Leon Mellet, Chris Smith, JAP Burger, Daantjie le Roux, Nick van Rensburg, Daan Huggett, Tertius Calitz, en hul gesinne.

Later het die Marimuthu’s oorkant ons ingetrek en dit was nogal ‘n aardigheid om die eerste Indiërgesin as bure te hê, die kinders het eintlik met mekaar gewedywer om met hulle drie kinders te speel. Ons twee kinders het gereeld by hulle woonstel gekuier en daar heerlik gesmul aan hul Indiese geregte. Op ‘n keer was Nettie baie siek in die bed met longontsteking. Sy word die dag wakker toe een van die Marimuthu seuns –seker so drie of vier jaar oud - baie besorg langs haar op die bed lê. Selfs toe ons later weer ons eie huis gekoop het, moes sy nog vir die Marimuthu-kinders met hul Afrikaanse opstelle help.

43

Die klompie bure het baie gou lekker saamgebly en goed met mekaar klaargekom. Veral ons en die Stümkes het baie goed klaargekom. Johan Stümke en ek het elke Saterdagoggend kopstukke gesels terwyl ons in ons opritte langs mekaar gestaan en ons motors gewas en ons tuintjies natgespuit het. Ons twee vrouens het ook goeie aanklank met mekaar gevind, hul lief en leed gedeel en mekaar se kinders help oppas.

Soos dit maar met elke woonkompleks gaan, was daar nou en dan ‘n ligte struweling onder die grootmense, veral wanneer die kinders stry met mekaar gekry het. Sommige ma’s het die ander kinders se ma’s gaan invlieg en dan het daar vir ‘n rukkie ‘n bietjie nukkerigheid ontstaan. Terwyl die ma’s dan vir weke kwaad vir mekaar was, het die kinders weer heerlik saamgespeel.

Dan het sommige bure se honde ook vir ‘n bietjie wrywing gesorg wanneer hulle hul besigheid op die ander bure se sypaadjie gedoen het. Veral die bure oorkant ons se uitgevrete oorgewig foxterrier-worshond, genaamd Krappies het elke dag die produk van haar kuiertjie op die Stümkes se sypaadjie gelos. Dit het nogal gepla, maar helaas geensins vir Krappies of haar eienaars nie. Inteendeel, wanneer dit sulke tyd was, het hulle ewe onskuldig die hek vir haar oopgemaak. Johan het vir Krappies telkens die skrik op die lyf gejaag, maar as hy weer gekyk het, was die bewys van haar besoek duidelik weer op die sypaadjie te sien. En Johan was baie danig oor sy sypaadjie – elke grassie was netjies op sy plek.

Johan is egter ‘n man wat in vrede met sy bure wil saamleef. Toe het ‘n vriend met ‘n kontak by die dieretuin vir hom ‘n blink plan gegee. Hy het ‘n bietjie leeumis in die hande gekry en vir Johan gesê hy moet daarvan op sy sypaadjie neersit .... en net kyk wat gebeur.

Ons het almal met groot afwagting naby die sypaadjie rondgestaan om te wag wanneer Krappies haar volgende rondte doen ..... ons hoor hoe die tuinhekkie op sy droë skarniere oopkrys en sien hoe Krappies ewe kordaat aangewaggel kom na Johan se sypaadjie ..... skielik steek sy botstil vas ...... die hare op haar rug staan orent soos ystervarkpenne .... sy beur vorentoe ... haar nek word skielik twee keer langer as gewoonlik ... ruik

44

versigtig en gaan staan met haar neus tot so ‘n meter van die leeumis af ..... gaan aan’t bewe en snuif weer .... en besluit om maar eerder stert tussen die bene en onverrigte sake terug te gaan na haar huis toe. Die Stümkes se sypaadjie is toe soos die pes vermy.

So is daar seker in alle polisie woonstelle en insidente staaltjies wat mens nou en dan byval. Dis soos ‘n vriend eendag gesê het dat dit die brandhout vir ons oudag-vuurtjies is.

Johan Ferreira Oud-Nongqaipark bewoner ooOOoo

High school Reunion

Have you ever been guilty of looking at someone your own age and thinking, “Surely I can’t look that old?”

My name is Alice Smith and I was sitting in the waiting room for my first appointment with a new dentist. I noticed his graduation diploma, which showed his full name.Suddenly, I remembered a tall, handsome darkhaired boy with the same name who had been in my matric-class some 40-odd years ago. Could this be the same guy that I had a secret crush on, way back then?

Upon seeing him, however, I quickly discarded any such a thought. This balding, grey-haired man with the deeply lined face was way too old to have been my classmate.

After he examined my teeth, I asked him if he had attended the Menlo Park High School.

“Yes, I did. I was in the First Rugby team”, he beamed with pride. “When did you matriculate?” I asked. He answered, “In 1969, why do you ask?”

“You were in my class!” I exclaimed. He looked at me closely. Then the ugly, old, bald, fat, grey decrepit son-of-a-gun asked, “What did you teach?”

45

Stappers na 70 jaar steeds hand aan hand

Hendrik en Annie Mouton, stigterslede van die Berg-en-Dal-voetslaanpad in George, het nie net na 70 jaar lank ‘n paar sakke sout saam opgeëet nie, maar ook 24 119 km oor die berge en dale van Suid-Afrika gestap.

Die egpaar het onlangs hul 70ste huweliksherdenking gevier, sê Petro Mostert, ‘n familievriendin.

Volgens haar was Mouton (93) en Annie (92) in 1986 die stigterslede van die klub en is hulle vandag nog betrokke.

Luidens inligting in ‘n e-pos het die twee al Suid-Afrika se grootste bergreekse gestap.

Hoewel hulle nie meer stap nie, is Mouton nog in kontak met stappers en is hy die man om te vra as iemand wil weet waar om te gaan stap.

Hy het George-piek 1337 m 24 keer geklim.

46
ooOOoo

Die afgetrede brigadier Mouton, oorspronklik van Brandvlei in die Boesmanland, het as ‘n polisiekonstabel (met die bynaam Karools) in Johannesburg vir Annie Johnson, ‘n verpleegster van Johnson’s Pos naby Vleesbaai, in 1948 ontmoet. Hulle is op 5 Augustus 1950 in die NG kerk, Florida getroud.

“Ek moes Annie doerietyd maar aan die hand lei, want sy was blind van verliefdheid,” vertel Mouton in die e-pos. Die twee stap tot vandag toe nog oral hand aan hand.

Hul raad vir ‘n lang huwelik is om elke dag te leef of dit jou laaste is.

“Moenie op die stoep sit en wag vir die dood nie. Bly besig”, sê hulle.

Die egpaar woon in die Genevafontein-aftreeoord in George.

Hulle het drie kinders Ronelle Valentyn (wat in Ierland woon), Donald en Alex Mouton, nege kleinkinders en ses agter-kleinkinders.

Die Burger – 7 Augustus 2020

ooOOoo

Verkiesingstyd

‘n Politikus kom kort voor die verkiesing op ‘n afgeleë dorpie aan en vra wat hy vir die inwoners kan doen.

“Ons het twee groot probleme” sê die gemeenskapsleier.

Eerstens, ons het ‘n hospitaal, maar geen dokter nie.” Dadelik haal die politikus sy selfoon uit en praat ‘n minuut of twee.

Toe sê hy met ‘n groot glimlag hy het sommer net daar gereël ‘n dokter sal binnekort daar in die omgewing kom werk.

“En wat is die tweede probleem?” vra hy.

“Wel,” sê die gemeenskapsleier “hier is geen selfoonontvangs nie”.

ooOOoo

47

In Memoriam

Ons eer die nagedagtenis van mev. Joey Visser (93) wat op 15 Augustus 2020 oorlede is. Sy was die eggenote van wyle lt.genl. Kobus Visser.

Generaal Visser is op 15 Junie 1999 oorlede

Generaal Johan van der Merwe het in sy huldeblyk gesê dat hulle twee waardige persone was wat hulle Christenskap uitgeleef en altyd met integriteit opgetree het. Hulle het diep spore in die Polisiemag getrap.

Mevrou Visser was ‘n sprankelende persoon en dit was altyd ‘n genot om met haar gesprek te voer.

Ons innige meegevoel aan die familie met haar afsterwe.

Wyle mev. Joey Visser 10/01/1927 – 15/08/2020

ooOOoo

48

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.