GENERAALSKLUB
Junie 2023 NR 18
Nuusbrief van die Generaalsklub van die
‘ n Winterdag in die Karoo
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Junie 2023 NR 18
Nuusbrief van die Generaalsklub van die
‘ n Winterdag in die Karoo
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Boodskap deur die Voorsitter
Boodskap van die redakteur
Kapelaansbrief
De Oude Barok Orgel
Einde van ‘n era -Vic Haynes groet as sekretaris
Ben se memoires
The Final Inspection
A Plastic Policeman
Hoë Vereiste
Jack – die spoorwegbobbejaan van Uitenhage
Wanneer moet ek bekommerd raak oor my geheue
Gebed van ‘n ouer vrou
Die Rooi Baron
Die DB Cooper Raaisel
Daar’s ‘n leemte waar die oom se stoel staan
Huldeblyk aan genl.maj. Deon du Toit
Huldeblyk aan genl.maj. Johan Laubscher
Huldeblyk aan mev. Dimples Wandrag
Huldeblyk aan
Tel: 083 625 2380
Herman Grobler
epos: jhferreira0@gmail.com
Die jaar 2023 strek voor ons uit, gelaai met soveel bekommernisse, vrese en onsekerhede.
Nie net staar ons talle politieke, ekonomiese en veiligheidsuitdagings in die gesig nie maar ons vind dit toenemend moeilik om in te sien hoe op aarde dit spoedig beter sal gaan. Inteendeel, die aanduidings is dat daar nog onstuimige tye vir ons voorlê.
Die vraag is, hoe hanteer of verwerk ons dit? As gelowiges glo ons of bely ons dat ons glo dat God in beheer is maar diep menslik bly ons bekommerd en onseker. Ek worstel ook daagliks met hierdie kwelvrae, nie net omdat dit 'n groot deel van my dagtaak uitmaak nie, maar ook omdat dit my en my familie asook ons vriendekring en ons gemeenskappe ten nouste raak.
Ek is baie lief vir die geskiedenis en blaai dikwels terug na spesifieke geskiedkundige gebeure ook in die hoop dat daar vir ons lesse te leer is.
Daar is gelukkig baie voorbeelde. Ook voorbeelde wat troos en meer positiwiteit in ons denke kan bring.
Een so 'n voorbeeld is die legendariese toesprake deur Winston Churchill tydens die Tweede Wêreldoorlog nadat hy in 1940 eerste minister van Brittanje geword het. Teen daardie tyd het die Duitsers feitlik die hele Europa onderwerp en was Brittanje die volgende teiken. Baie Britte was moedeloos en het geglo dis net 'n kwessie van tyd. Maar Churchill het anders geglo en daarin geslaag om die Britte se vrese om te swaai na 'n positiewe wil tot verset met uitsprake soos “We shall never surrender”. Hy het ook nie die waarheid probeer wegsteek nie en met die versekering dat verset groot persoonlike opofferings sou verg was sy filosofie “If you're going through hell, keep going”. Die res is geskiedenis.
In ons eie geskiedenis is daar etlike voorbeelde van donker tye voordat die lig weer deurgebreek het. Byvoorbeeld, na vredesluiting aan die einde
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902 en die verlies van politieke en staatkundige vryheid het daar 'n baie swaarmoedige gees onder ons voorouers geheers. Dan moes hulle ook nog die geweldige verlies aan lewens, die verlies aan eiendom as gevolg van die Britte se verskroeide aarde-beleid en die daaropvolgende ekonomiese en maatskaplike swaarkry verwerk.
Oor hierdie tydperk in ons geskiedenis het daar in die vroeë 1900's etlike geskrifte en veral beskrywende gedigte verskyn. Een van die mees aangrypende hiervan is Eugene Marais se “Winternag” wat in 1905 gepubliseer is. Die eerste strofe van hierdie gedig, “O koud is die windjie en skraal”, is alreeds 'n aanduiding van die “wintertyd” wat destyds vir ons voorsate aangebreek het. Daarop volg ander sombere strofes soos “O treurig die wysie op die ooswind se maat” en later “In elk grashalm se vou blink 'n druppel van dou, en vinnig verbleik dit tot ryp in die kou ” .
Daar is verskillende maniere om na hierdie gedig te kyk maar volgens prof Danie Goosen, filosoof en voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), word die koue landskap in hierdie gedig gebruik om verskillende aspekte van ons psigiese en geestelike ervaring op 'n unieke wyse aan te spreek, sowel die donker as die hoopgewende kante daarvan. Winternag daag ons ook verstandelik uit om onder meer oor die verskrikking van die dood na te dink. En hier sou mens gemaklik kon byvoeg, ook oor die vrese, frustrasies en onsekerhede van ons tyd.
Ons is tans so gefokus op die “donker” van ons huidige omstandighede dat ons dit nie meer regkry om te soek na 'n “hoopgewende” diskoers nie. Tog het positiewe en ondernemende denke binne vyf jaar na die publikasie van Winternag gelei tot 'n verenigde Unie van Suid-Afrika in 1910 en 'n volwaardige Republiek in 1961. Selfs die koms van die “nuwe” Suid-Afrika in 1994 het gepaard gegaan met 'n einde aan die konflikte van die verlede met beloftes van demokrasie en goeie regering vir almal.
Ongelukkig het die nuwe demokratiese regering Suid-Afrika en sy mense diep in die steek gelaat. In plaas van goeie regering is ons ontnugter met
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
die geleidelike ineenstorting van instellings soos die staatsdiens, staatsondernemings en munisipaliteite en veral met die verval en agteruitgang in die strafregstelsel waar ons eens trotse polisie nie meer in staat is om sy grondwetlike mandaat te vervul nie.
Die ooreenkomste tussen Eugene Marais se Winternag en die uitdagings van vandag is nogal opvallend. Maar die les uit die geskiedenis is dat alles verbygaan. Die seisoene verander en daar sal weer lente en somer wees. Ons weet nie hoe lank of hoe koud hierdie “winter” sal wees nie, maar ons moet onwrikbaar bly glo in 'n “hoopgewende” lotsbestemming.
As bestuurskomitee van die Pretoria tak van die generaalsklub het ons by ons vergadering op 19 Januarie 2023 eenparig besluit om ten spyte van ons ontnugterende omgewing 'n gees van positiewe denke by ons klub en onder ons lede aan te moedig.
Ek stel u graag weer aan hierdie komitee voor: Johan Burger (voorsitter), Mulder van Eyk (vise-voorsitter), Ben Groenewald (sekretaris, na die uittrede van Vic Haynes vroeër vanjaar), Vic Haynes1, Casper Krüger, Sharon Schutte en Magda Stander.
Groete en beste wense vir die res van die jaar.
Dr Johan Burger
Junie 2023
-ooOoo-
In hierdie uitgawe wil ek u graag voorstel aan dr. (brigadier) Gawie Thirion en sy eggenote Bardene wat onlangs ingeskakel het by die WesKaapse groep van die Generaalsklub. Hy was in sy diensbeurt ‘n kapelaan in Pretoria en Middelburg en voor sy aftrede aangestel as die hoofkapelaan van die Suid-Afrikaanse Polisie. Baie dankie dr. Gawie vir die kapelaansbrief in hierdie uitgawe.
1 Sien die kort skets oor Vic Haynes op bladsy 6 in hierdie publikasie.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Ons vergeet deesdae so dikwels gebeure wat ons in ons jonger dae blitsvinnig kon onthou. Hoe ouer ons word, kan ons bekommerd begin raak of ons nie dalk aan demensie of Alzheimer se siekte begin ly nie. Lees gerus die insiggewende artikel hieroor in die nuusbrief.
Ek vertrou dat die ander artikels byval by u sal vind.
-ooOoo-
Johan Ferreira: Redakteur Junie 2023
Kapelaansbrief
Lees al drie hoofstukke van Habakuk en veral hfst. 2:1
In Habakuk 2:1 bevind Habakuk hom in sy uitkyktoring, waar hy in gebed met God worstel. Sien, sy volk is in ‘n groot krisis. Die Chaldeërs dreig om hulle te vernietig.
Habakuk is vasgedruk deur die omstandighede van sy volk en nou wag hy om by God uit te vind wat hy moet doen. Bowendien is die gemeenskap waarin hy woon, se lewe ook nie gesond nie. Dis duidelik dat die volk op ‘n krisis afstuur. Hulle verkeer in ‘n dilemma. Hy voel soos ‘n man wat deur ‘n verwoede bul teen ‘n muur vasgedruk word. Die horings keer nou wel dat hy nie pap gedruk word nie, maar uitkomkans is daar nie. Hy kan nie links of regs, boontoe of ondertoe nie. Weerskante is die skerp horings van die bul.
Die woord “dilemma” kom van die Grieks. Die “di” beteken twee en “lemma” beteken “om te vat. “Al manier hoe die man uit die benouende situasie kan kom, is om een van die slegte opsies te kies en lyk dit die beste om die bul by die horings te pak. Dit laat my dink aan Abraham se dilemma. Hy moes besluit of hy gehoorsaam aan God se opdrag moet wees, of die alternatief volg, dat hy sy seun moes offer. Jesus, aan die ander kant, se dilemma was soveel groter. Of Hy stap die pad van bittere lyding en kruisdood, óf hy red die mensdom van sonde.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Habakuk is saam met die volk in ‘n dilemma, ‘n krisis. Soms hoor ons die woord, “krisis” baie - van die pers tot by die preekstoel. Ons moet dikwels ook die bul by die horings pak.
U sien, krisistye is beslissende stadiums. Jy bereik dit op ‘n siekbed, sterfbed, in finansiële nood, ja selfs as ek na ‘n aftree-oord toe moet trek en van my aardse goed afskeid moet neem. Dan praat ons nie eens van die dinge wat in die land aangaan nie, soos korrupsie, misdaad en … noem maar op. Dit wil amper lyk of ons voortbestaan en ondergang op ‘n mespunt gebalanseer is.
In hoofstuk 3 beskryf Habakuk die volkskrisis deur die landbou as beeld te gebruik. Die boer sien geen botsel aan die vyeboom nie, die wingerdstok stel teleur, en die taaie olyfboom lewer niks op nie. So lewer die lande, waar die brood vandaan moet kom, geen oes op nie en al die vee is weg. Die apokaliptiese perd van hongersnood dreun oor die aarde.
Dis waar, tye is darem nie so sleg by ons soos in Habakuk se tyd nie. Tog is daar lewenskrisisse wat jou nou laat voel die aarde skud jou of hardloop weg met jou.
Habakuk wag in gebed op God se uitkoms en leer ons om op God se redding en genade in Christus te wag. Ons moet so optree dat die wêreld God se liefde en genade kan sien en voel. Ons moet tot groter dryfkrag en denkkrag gedryf word. Die christelike geloof, hoop en liefde moet bo alles uitstyg. Dis dan dat ons hierdie groot onoorwinlike “nogtans” van hoofstuk 3:18 uitbasuin.
Al dobber ek op die oseaan en al kwyn ek van die seer – nogtans kan ek jubel in die Here my God. Hierin het Christus vir ons ‘n voorbeeld gegee deur nie terug te deins nie. En omdat Hy jou vrygemaak het van sonde, mag jy in Hom ook jubel.
Miskien verkeer u lewe ook in ‘n krisis, ‘n dilemma. Dan nooi Habakuk jou om ook te sing, ten spyte van alles, ja, nogtans sal ek jubel in die Here my God en redder. Kan u ook vandag in Hom jubel? Ek vra maar net.
Dr. Gawie Thirion Junie 2023
Tel: 083 625 2380
-ooOoo-
epos: jhferreira0@gmail.com
De oude Barok orgel staat met pijpen versier met engel en duif en Lam en zoo helder als een lier, zang de duif: de einde zijn hier, ja, de einde zijn hier!
De oude Barok orgel vol stof door Jaren heen vergaar bazuinen het nieuwe klank helderder dan de grootste lier, de lied van de Lam: de Heer zijn hier, ja, de Heer zijn hier
Stoffel Colyn (uit Casper se argiewe) 24 Oktober 1995 -ooOoo-
Einde van 'n era: Vic Haynes groet as sekretaris
Bydrae deur ons voorsitter Genl.maj. (dr.) Johan Burger
Ek het baie jare terug al geleer dat die sukses van 'n sosiale klub grootliks van die kwaliteit van sy sekretaris afhanklik is. Sonder 'n voorsitter kan die klub nog relatief maklik funksioneer maar sonder 'n bekwame en pligsgetroue sekretaris sal dit maar broekskeur gaan. En bekwaam en pligsgetrou was genl.maj. Vic Haynes sonder twyfel. As huidige voorsitter van die Pretoria tak van die generaalsklub kan ek hom geen groter lof toeswaai as om te herhaal wat ons hooggeagte voormalige voorsitter, wyle generaal Johan van der Merwe, in sy afskeidsboodskap as voorsitter oor hom gesê het nie. In sy afskeidsboodskap van Januarie
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
2020, wat in die Generaalsklub-Nuus van April 2020 opgeneem is, het generaal Van der Merwe hierdie besondere waardering teenoor Vic uitgespreek:
“Aan genl. Vic Haynes, wat ‘n baie bekwame sekretaris is en enige voorsitter se taak maklik maak, 'n besondere woord van dank ” .
Interessant genoeg het Vic die uitnodiging om as sekretaris te dien aanvanklik ferm van die hand gewys. Toe hy teen die einde van 1999 deur sy voorganger, genl.maj. Theo Kleinhans, genader is om by hom oor te neem het hy dit duidelik gemaak dat hy nie belangstel nie. En toe, vroeg in 2000, is hy persoonlik deur generaal Van der Merwe gevra om die taak oor te neem. Nou ja, soos Vic self sê, vir dié generaal het jy nie maklik nee gesê nie.
So gebeur dit toe dat Vic op 23 Februarie 2000 as sekretaris van die Pretoria tak van die generaalsklub aangestel word. Hierdie taak het hy vir 23 jaar, 1 maand en 4 dae beklee tot hy op 19 Januarie 2023 as sekretaris uitgetree het. Dit is belangrik om te onthou dat die sekretaris van die generaalsklub nie net vir die gewone administrasie van die klub verantwoordelik is nie maar ook vir al sy finansiële administrasie.
By al hierdie verantwoordelikhede het Vic dit nogtans altyd reggekry om sy sake so te reël dat hy elke vergadering van die bestuurskomitee en elke byeenkoms van die klub kon bywoon. Dit opsigself spreek boekdele oor sy getrouheid en pligsbesef. Dit is nogal 'n verstommende prestasie as mens in gedagte hou dat ons hier praat van 'n tydperk van langer as 23 jaar!
Vic gee ook graag krediet aan sy vrou, Adri, en die hulp en ondersteuning wat sy hom oor al hierdie jare heen gegee het.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
So byvoorbeeld was kommunikasie in die beginjare nog per gewone pos en moes hulle tot 90 briewe per keer aan lede pos. Dit was briewe in koeverte plaas, posseëls lek en poskantoor toe.
Tussendeur het Adri hom ook op 'n baie bekwame wyse bygestaan met die proeflees van briewe voor dit gepos en later per epos uitgestuur is.
Gelukkig vir hulle het ontwikkeling op die gebied van elektroniese media en lede se geleidelike vertroudheid daarmee kommunikasie aansienlik vergemaklik sodat dit mettertyd die gewone posstelsel in geheel vervang het. Vic gee ook graag erkenning aan die waardevolle bydrae en ondersteuning van lt.genl. Johan Ferreira met die vestiging van 'n meer moderne kommunikasiestelsel vir ons klub. Dit het gewone kommunikasie met en tussen lede aansienlik makliker en meer koste-effektief gemaak.
Vic en Adri, as 'n span, het oor die jare ook hulle kwota byeenkomste aangebied, gewoonlik die jaarlikse afsluitingsfunksie. Dan het hulle nog boonop altyd hulle hulp en ondersteuning aangebied vir ander lede tydens ander byeenkomste. Hierdie twee mense was sonder twyfel een van die stewigste steunpilare van die Pretoria tak van die generaalsklub en ons is dankbaar dat hulle steeds by ons betrokke sal bly. Dit is inderdaad sprekend van Vic se lojaliteit dat hy ook ingewillig het om aan te bly as 'n lid van die bestuurskomitee.
Vir my persoonlik was Vic 'n yslike anker toe ek in Januarie 2020 die voorsitterskap van die Pretoria tak by die formidabele genl. Van der Merwe oorgeneem het. Hy het my al die ondersteuning en selfs leiding gegee waar dit nodig was. Altyd betyds, altyd gereed en altyd professioneel.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Vic, dit was 'n voorreg om die afgelope 3 jaar met jou as sekretaris te kon saamwerk en ek is dankbaar dat ons nog in die toekoms op jou kennis en ervaring in die bestuurskomitee sal kan staatmaak.
Baie dankie!
Johan Burger
Voorsitter: Generaalsklub: Pretoria tak
-ooOoo-
Ben se memoires
Inleiding deur die redakteur
Ek het ‘n ruk gelede die voorreg gehad om ons kollega generaal Ben du Plessis se boek Ben du Plessis se Memoires 2 Plus Vyf Plus .... te lees.
Ek glo nie ek sal behoorlik reg aan die boek kan laat geskied anders om dit te beskryf as ‘n epiese werk nie.
Die boek is saamgestel uit talle grepe en staaltjies oor die loopbaan van ‘n jong Afrikanerseun wat in 1953 as ‘n 17-jarige jongman by die SuidAfrikaanse Polisie aangesluit het.
Tel: 083 625 2380
In die boek (wat ‘n volle 456 folio-grootte bladsye beslaan – met klein gedrukte letters) beskryf hy die wel en weë van sy lewe, talle staaltjies uit sy grootword jare, sy omswerwinge in die polisie, die humor in sy lewe en ander insidente wat hy en Corrie en gesin in hul lewens ervaar het.
Ofskoon die boek as ‘n nalatenskap vir Ben en Corrie du Plessis se nageslag
epos: jhferreira0@gmail.com
neergepen is, is dit ook ‘n uitstekende bron wat die lewe en tye van ‘n polisieman van sy era beskryf.
Met sy toestemming het ek enkele staaltjies uit die boek geneem om met ons, sy kollegas en vriende, te deel. Weens die groot omvang van die boek, sal dit in latere uitgawes van ons nuusbrief voortgesit word.
Johan Ferreira: Redakteur -ooOoo-
Uittreksels uit genl. Ben du Plessis se Memoires 2 Plus Vyf Plus .....
Definisie van Strafbare Manslag
As jy in die SA Polisiekollege aanland kyk hulle, afgesien van ‘n deeglike mediese ondersoek, ook na jou tande en indien daar slegte tande is, moet dit getrek of gestop word. Myne was gelukkig almal byt-vaardig. Daar was 'n outjie met die naam van Oppel in ons troep (peloton). Hy word een oggend in die Gemenereg klas gevra om die definisie van "Culpable Homicide" (Strafbare-manslag) in Engels op te sê.
Ja, ons moes dit soos resitasies leer, maar sy twee voortande was só sleg dat 'n tandarts dit moes trek. Hy het nog gewag vir 'n plaatjie om die twee getrekte tande te vervang. Die definisie in gewone taal, sonder enige verwringing van die uitspraak deur 'n haasbek, klink só: "Culpable homicide is the killing of a human being without the intention to kill. " Nou trek hy los met die definisie: "Kaal poephol homicide is ze killing of a human being wiz out ze intention zo kill."
Ons almal skater soos ons lag, want daar is nie voortande in sy bek waarteen sy tong kan vasdruk wanneer hy sekere van die Engelse woorde moet uitspreek nie. Hy het later 'n los plaatjie met twee tande vir sy bokaak ontvang en toe was die 'poephol nie meer kaal nie'.
Opleiding in skarebeheer vir berede lede
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Hierdie insident is toe ons in 'n stuk oopveld op die Kollege terrein prakties opgelei word hoe om ‘n “Oproerige skare" vanaf die perde te beheer, het vir 'n lagwekkende sessie gesorg.
Die oop stuk veld was toentertyd op die plek waar die twee rugby velde later gemaak is en die nuwe stalle gebou is. Die peloton met ruiters word in 'n omgekeerde 'V'-formasie opgestel, elke ruiter het sy .303-geweer, 'n berede knuppel en sy kombinasielyfband met rewolwer as wapentuig, saam met hom op die perd.
Langs die saal aan die linkerkant is daar 'n geweersak waarin die geweer geplaas is en aan die regterkant van die saal is daar 'n dun worsagtige leer-silinder (“scabbard”) waarin die berede knuppel hang. Die berede knuppel het dieselfde vorm as die gewone voetman (patrollieman) se houtknuppel, met dié verskil dit is presies 3 voet ( ongeveer 90cm) lank.
Die bevel word gegee: "Vorentoe op stap gang!" Die hele formasie begin vorentoe beweeg. Dit word gevolg met die bevel: "Trek knuppel!" Die knuppel word uit die skede getrek en horisontaal voor jou uitgehou, regoor die perd se kop. Die volgende bevel word uitgeskree: "Val aan!"
Dan slaan jy met die knuppel, vanaf die reguit vorentoe houding, met 'n effe swaai beweging na jou regterkant na agtertoe, so in die rigting van die perd se regterboud, terwyl jou kop in dieselfde rigting as die beweging kyk, want jy slaan mos nou na 'n persoon óf persone in die skare langs jou perd. Onmiddellik kom jy regop in die saal en terselfdertyd swaai jy terug na die horisontale posisie, dan 'n spieël-beweging na jou linkerkant toe, om 'n persoon of persone in die skare aan jou perd se linkerflank te piets, en eindig met die terugswaai weer in die horisontale houding. Hierdie slaanaksies word 'n paar maal herhaal terwyl die perde in die formasie bly en stadig vorentoe stap.
Troepmaat Combrink ry in die omgekeerde 'V'-formasie se punt, ek volg regs van hom en toe hy by geleentheid die knuppel van die linkerkant af terugswaai na die vorentoe houding, slaan hy sy perd se twee ore raak. Die perd spring vorentoe en in die lug op, soos die Ruiter in Swart se perd, maar met die verskil dat Combrink afval, op sy kop land; sy helm se binne toutjie breek en die helm tot oor sy ore ingedruk word. Die perd kies koers die vlakte in op pad na die stalle toe.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Combrink spring op, probeer sy helm van sy oë af kry en hardloop so dronk-dronk in my perd vas. My perd skrik, maar gelukkig kon ek hom beheer. Ons almal lag natuurlik kliphard en dit klink soos donderweer soos wat sersant Bothma op ons skree om stil te bly. (Ons almal ken nou al die nuwe Afrikaanse uitdrukking wat hy gebruik).
Arme Combrink word aangesê om die amper een myl terug te loop stalle toe om sy perd te gaan versorg. Ons ander gaan natuurlik nog voort met die oefening.
Bevorderingseksamens
Ek het redelik stadig met my studies in 1958 begin, maar toe ek vlam vat, het dit voor die wind gegaan. Ons het 'n dik boek met lesings vanaf die kwartiermeester aangevra waarin die ses Polisie-onderwerpe (vakke) saamgevat is, naamlik:
• Gemenereg,
• Strafprosesreg,
• Mag Administrasie A (Dis die SA Polisie se Staande Orders),
• Mag Administrasie B (Dis die S.A. Polisie se Staande Orders Voorrade en Finansieel),
• Wettereg, en
• Ondersoek van Misdaad.
Ons moes self leer vir die Engelse en Afrikaanse vraestelle. Kom ek meld net een van die sinnetjies wat ons van Afrikaans na Engels moes vertaal in die Engelse vraestel wat ons ontvang het
"Die span osse lê in hulle jukke in die maanligaand en herkou terwyl die touleier sy water op 'n vuurtjie kook vir koffie."
Ek het vertaal, gekyk, weer verander, weer vertaal, die sin 'n ander konstruksie gegee, vir “herkou” 'n ander Engelse naam van "again chewing" gegee en 'n touleier sommer 'n "rope leader" genoem.
Ek het ook nie 'n Engelse word vir jukke gekry nie. Ek weet nou nog nie of die touleier geherkou en die osse in die maanlig water gekook het nie.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Wel ek het die vraestel geslaag! Toe julle slim blikskottels, hoe vaar julle met dié vertaling? (Slaan maar na in 'n woordeboek.)
Elke kandidaat moes al die agt vakke gelyktydig met 50% of meer deurkom om bevorder te word. Jy skryf hierdie agt vakke in vier dae na mekaar, een in die oggend en een in die middag.Elke vak het 'n drie-uur vraestel. As jy aan 'n bevorderingseksamen deelneem en jy is 'n uniformlid, dan moet jy in uniform die eksamen aflê, want jy word as "aan diens” geag. Die speurders het in privaatklere gaan skryf. Ons moet elke dag by die aanklagkantoor gaan “uit boek” na die eksamenlokaal toe. Wel ek het dit gemaak toe die uitslae laat in 1958 bekend gemaak is.2
Dankie (sover) aan genl.maj. Ben du Plessis, uit die boek Ben se Memoires, Saamgestel tussen 2010 en 2015
-ooOoo-
"The Final Inspection"
The policeman stood and faced his God, Which must always come to pass. He hoped his shoes were shining. Just as brightly as his brass.
"Step forward now, policeman. How shall I deal with you? Have you always turned the other cheek? To My church have you been true?"
The policeman squared his sho ulders and said, "No, Lord, I guess I ain't, Because those of us who carry badges can't always be a saint.
2 Daar sal in die volgende uitgawes nog van genl. Ben se staaltjies verskyn – Red.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Tel: 083 625 2380
I've had to work most Sundays, and at times my talk was rough, and sometimes I've been violent, Because the streets are awfully tough.
But I never took a penny, That wasn't mine to keep.... Though I worked a lot of overtime When the bills got just too steep.
And I never passed a cry for help, Though at times I shook with fear. And sometimes, God forgive me, I've wept unmanly tears.
I know I don't deserve a place Among the people here. They never wanted me around Except to calm their fear.
If you've a place for me here, Lord, it needn't be so grand. I never expected or had too much, But if you don't, I'll understand.
There was silence all around the throne Where the saints had often trod. As the policeman waited quietly, For the judgment of his God.
"Step forward now, policeman, You've borne your burdens well. Come walk a beat on Heaven's streets, You've done your time in hell."
-ooOoo-
From Sharon Schutte Author Unknownepos: jhferreira0@gmail.com
I have written in previous articles my beloved father was Brigadier Sam Holmes, the Director of Music of the South African Police Band.
This is dedicated to him even though he himself never told me about this incident. I think that is why I feel the need to share it, my father could always laugh at himself, and would no doubt have embellished the detail when relating to this but strangely he never shared it with the family. He was a proud soldier in the British army, never underwent formal police training in South Africa, but was appointed as a Lieutenant Colonel due to his musical qualifications and talent.
I hasten to add that he was extremely proud of his position as a police officer but as I was a noncommissioned officer at the time, I would often refer to him as a plastic policeman as in my eyes at the time, he wasn’t a real one.
It was only recently that retired Lieutenant Colonel Len Schubach, who was the former Commander at the Pretoria Police Flying squad, told me of this incident.
During the early 1980’s my father was issued with a Regulation 80 police vehicle. It was a green Mercedes Benz with a B-registration plate and he somehow managed to acquire a police-issued blue light. It was the type that you plugged into the cigarette lighter in the vehicle and you stuck on the roof when busy with active police duties. (I must also add that he never actually had the blue light switched on!)
Lt-Col Schubach was also a non-commissioned officer at the time and was busy with patrol duties in the centre of Pretoria on a Saturday morning. As he was travelling down Pretorius Street, he said he spotted this Mercedes Benz, with a blue light perched on the roof and a plain-clothes male person driving the said vehicle. He found this very strange and pulled my father over. Schubach said that the driver was well dressed in a jacket and had a tie on. My father was questioned as to who he was, and he apparently responded that he was Colonel Holmes from the Police Band, stationed at the College. This response seemed very odd to the
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
officer who jokingly informed me that he had never heard of the band before and the only bands he knew were the Beatles and Qu een and here was this English gentleman who couldn’t speak Afrikaans, claiming to be a Colonel in the band. My father always wore leather driving gloves to boot, and this made the officer even more suspicious.
Being a good policeman Lt-Col Schubach then asked my father for proof of identification, but he couldn’t produce his appointment certificate! By this time Schubach had enough ammunition to ask my father to accompany him to the Pretoria Central police station or even to arrest him.
At that precise moment Schubach happened to receive an urgent call out via his radio and abruptly informed my father that he would be taking the matter further with the Commanding Officer of the Police College. He let my father go.
First thing on the following Monday morning, Lt-Col Schubach was summoned to the Regional Commissioner’s office, Brigadier Fourie and grilled about him attempting to arrest Colonel Holmes. Schubach stood his ground and was dismissed with mumbles about not respecting an officer from the College.
What are the chances of hearing of this incident over 22 years since my dad’s passing? I have since followed up with my siblings and officers who served with my father in the band, but nobody recalls being informed about this.
I believe that the only reason why this didn’t become a story to tell within the family and at social gatherings was that my father was embarrassed that he couldn’t produce his appointment certificate when asked for it and didn’t want to be ridiculed for being that plastic policeman.
(Whilst conducting follow up enquiries with former band members I learnt that my father “lost” two blue lights over a period of time, one when his vehicle was parked outside the Capetonian hotel in Cape Town when he forgot it on the roof and a replacement light that blew off the vehicle’s roof whilst travelling over van Reenen’s pass.)
by Sharon SchutteTel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Hoë vereiste
Die tannie besoek die valskermbataljon op die leër se ope dag.
"En hoeveel spronge moet jy suksesvol uitvoer voor jy kwalifiseer", wil sy weet.
Jong soldaat: "Almal, mevrou!'
-ooOoo-In die 1880's het 'n spoorweg sinjaalman genaamd James Edwin Wide 'n mark in Uitenhage besoek toe hy gesien het hoe 'n persoon ‘n mak bobbejaan geleer het om 'n ossewa te “bestuur”.
Mnr Wide was baie beïndruk met die oulike bobbejaan en het hom net daar by die eienaar gekoop. Hy het die bobbejaan Jack genoem.
Wide het ‘n paar jaar tevore albei sy bene in 'n rangeerongeluk verloor.
Dit het sy daaglikse tog na die treinstasie, wat ‘n halfmyl van sy huisie was, uiters moeilik vir hom gemaak.
Omdat Jack so ‘n slim dier was, het hy hom aanvanklik as ‘n troeteldier aangeneem en sommer ook geleer om sekere takies vir hom te doen – hom as’t ware sy persoonlike assistent gemaak.
Die eerste taak wat hy vir die bobbejaan geleer het om te doen, was om hom in 'n klein spoorwegtrollie werk toe en terug te stoot. Kort voor lank het Jack ook gehelp met huishoudelike take, die vloere gevee en die asblik uitgesit.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Met die sinjale het Jack egter sy staal gewys. Terwyl treine die spoorwissels by die Uitenhage-treinstasie genader het, het hulle 'n spesifieke aantal kere op hul fluitjie geblaas om die seinman te waarsku watter spoor om te verwissel. Deur sy eienaar dop te hou, het Jack die fluite geleer ken en self aan die hefbome begin trek.
Baie gou kon Wide terugsit en ontspan terwyl sy harige helper al die werk gedoen het om die spore te skuif.
Die mense het verklaar dat Wide die bobbejaan so goed geleer dat hy in sy kajuit kon sit en hom met ander dinge besig hou terwyl die dier, wat buite vasgeketting was, al die hefbome getrek het.
Op ‘n dag het 'n geskokte passasier wat by die venster uitgekyk het, gesien dat 'n bobbejaan die hefbome beman. Hy het dadelik by die owerhede gaan kla.
Eerder as om Wide af te dank, het die spoorwegbestuurders besluit om die klagte te ondersoek en om die bobbejaan se vermoëns te toets. Hulle
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
was verstom en kon nie glo dat ‘n bobbejaan die taak so foutloos kon verrig nie.
"Jack ken die seinfluite net so goed soos ek, ook elkeen van die hefbome," het superintendent George B. Howe, wat die aangeleentheid in 1890 ondersoek het, gerapporteer.“ Dit was vir hom roerend om die bobbejaan se liefde en trou vir sy baas te sien. “Toe ek nader kom, het hulle albei op die trollie gesit. Die bobbejaan se arms was om sy baas se nek en hy was besig om Wide se gesig te streel.”
Jack is glo 'n amptelike diensnommer gegee en is twee sjielings per dag en 'n halwe bottel bier per week betaal.
Jack is in 1890 dood nadat hy tuberkulose ontwikkel het. Hy het nege jaar lank op die spoor gewerk sonder om ooit 'n fout te maak – ‘n bewys dat hy die taak net so goed soos ‘n mens kon doen.
Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Jack_(baboon)
-ooOoo-
Wanneer moet ek
“AG MAN, wát is daai man se naam nou weer.......?”
“Wat wou ek nou weer hier kom doen het?”
Jy sê dié soort ding dalk al meer namate die jare verbyglip. Met elke verjaardag voel dit asof jy net so 'n bietjie langer neem om die naam te onthou van die restaurant waar jy verlede week geëet het, of wie daardie akteur in 'n fliek nou weer is.
Is hierdie vergeetagtige oomblikke dalk die teken van iets ernstigs, wonder jy bekommerd - of is dit net 'n gewone gevolg van ouer word?
In sy nuwe boek, The Complete Guide to Memory, takel die Amerikaanse neuroloog dr. Richard Restak hierdie vrese en gee hy raad o or hoe om te weet wanneer jy bekommerd moet wees en wanneer nie. Sy antwoorde kan dalk net verrassend gerusstellend wees.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
“Enigiemand bo 50 leef deesdae in vrees vir die Groot A – Alzheimer se siekte. Kuiers saam met vriende ontaard in vasvra programme: "Wag, wag ... moenie my sê nie."
Vinnig, vinniger, vinnigste - netnou verdink die ander jou daarvan dat jy met die aanvanklike simptome van die Groot A sukkel.
Al is Alzheimersiekte nie naastenby so algemeen soos wat baie mense vrees nie, bespreek ál meer ouer mense oomblikke van geheueverlies met hul vriende. Dis ook die algemeenste klagte waarmee mense bo 55 by hul dokters aanklop. Maar sulke bekommernisse is dikwels ongegrond en veroorsaak onnodige angs.
"Nadat ek deur die koerante geblaai en verskeie winskopies gesien en gekies het, het ek winkelsentrum toe gery, parkeer en in die winkel met die winskopies ingegaan. Toe ek uitkom, kon ek nie onthou waar ek parkeer het nie en ek het gesukkel om my kar te kry. Dit het my 'n hele paar minute gevat om dit in die vol parkeerterrein te kry. ”
IS DIT (A) OF (B?
Dié een se antwoord is (a). Dis heeltemal normale vergeetagtigheid. Toe jy sentrum toe ry, was jou kop waarskynlik besig met die winskopies wat jy wou gaan koop. Jou konsentrasie was ver verwyder van sulke alledaagse bekommernisse soos waar om te parkeer.
Jy het eenvoudig die eerste beskikbare parkeerplek naaste aan die winkel gekies en jou binnetoe gehaas.
Omdat jy nie op die ligging van jou parkeerplek gekonsentreer het nie, kon jy dit nie onthou toe jy uitkom nie. Sonder daardie aandag kon jy net 'n onvolmaakte herinnering vorm - of in die geval glad geen herinnering nie.
"Toe ek uit 'n winkel uitkom waar ek 'n paar goed op uitverkoping gaan koop het, kon ek nie onthou of ek self winkelsentrum toe gery het en of iemand my daar afgelaai het nie."
IS DIT (A) OF B?
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Die regte antwoord hier is (b): dalk ‘n potensieel vroeë en ernstige verswakking van normale geheuewerking.
In hierdie voorbeeld was dit nie net een ding uit baie (waar jy parkeer het) wat jy gesukkel het om te onthou nie; jy kon nie eers herroep hoe jy by die sentrum uitgekom het nie, en ook nie enige van die interaksies wat beslis op pad soontoe sou gebeur het as iemand jou kom aflaai het nie, soos om met die bestuurder te gesels, na die radio te luister of by die ven ster uit te kyk.
Die regte antwoord hier is (b): dalk ‘n potensieel vroeë en ernstige verswakking van normale geheuewerking.
"Ek kan nie die name van my kleinkinders onthou nie."
IS DIT (A) OF (B)?
Die antwoord is (a). Om die name van jou kleinkinders te onthou hou nou verband met jou belangstelling in jou kleinkinders en kinders in die algemeen. Ons gee selde aandag aan dinge wat ons nie interesseer nie. Om nie in jou kleinkinders belang te stel nie, tesame met ‘n gesukkel om hul name te onthou, hou dalk gevolge in, soos konflik in die familie, maar dis nie noodwendig ‘n teken van 'n verswakte geheue nie.
"Wanneer ek en my suster daaroor gesels, onthou ons gebeurtenisse waaraan ons albei as kinders deelgeneem het baie verskillend"
IS DIT (A) OF (B)?
Sibbes, selfs identiese tweelinge, deel nie presies dieselfde ervarings nie. Verskille in ouderdom, geslag en interaksies met volwassenes, veral familielede, kan alles lei tot heel verskillende ervarings en dus heel verskillende herinneringe. Die antwoord is (a).
"Ek was altyd nogal goed met brug, maar nou jaag ek aan. Ek kan nie onthou watter kaarte al gespeel is nie. Niemand wil nou my spanmaat wees nie."
IS DIT (A) OF (B)?
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Die antwoord is (b). Dit kan kommerwekkend wees. Hoe langer ons iets doen, hoe kleiner is die kans dat ons dit sal vergeet.
Vra jou dus af hoe groot is hierdie verandering vir jou? As jy op jou beste net 'n gemiddelde speler was, beteken jou huidige swakker spel waarskynlik nie dis iets ernstigs wat jou geheue betref nie. Dalk het jy eenvoudig verveeld geraak met die speletjie of die spelers. Maar as jy 'n hoogs bekwame speler was en nou wil niemand saam met jou speel nie, moet jou geheue verder ondersoek word
"Toe ek van die kantoor af huis toe ry, het ek die verkeerde afrit geneem. Ek het dit nooit voorheen gedoen nie”.
IS DIT (A) OF (B)?
Die regte antwoord is (a). Om te bestuur betrek wat neuro-wetenskaplikes prosedure geheue noem. Nadat jy iets al genoeg kere gedoen het, is dit nie meer nodig om bewustelik aandag te gee wanneer jy dit doen nie. Om van die huis af werk toe en terug te ry het met die verloop van tyd 'n prosedure herinnering geword - en dit sluit die afrit in. Dit is geoutomatiseer in jou brein. Dagdromery of ‘n gebrek aan fokus kan hierdie prosedure herinnering uitwis.
"Ek sukkel ál meer om name te onthou?'
IS DIT (A) OF (B)?
Die regte antwoord is (a). Dis waarskynlik die algemeenste klagte wat mense van alle ouderdomme oor hul geheue het. En al is hulle dalk bang dat hulle besig is om demensie te kry, is dit eintlik nogal ‘n algemene verskynsel wat mooi pas binne die kategorie van normale funksionering.
As jy 'n oomblik daaroor nadink kan een naam maklik met ‘n ander vervang word.
“Ek is Richard Restak maar ek kon net so maklik David Restak genoem gewees het - of Justin Restak, of selfs iets deftig soos Sebastian Restak”.
Die punt is dat daar geen noodwendige verband tussen ‘n naam en 'n gesig is nie. Dis hoekom name so moeilik is om te onthou.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
"Voor ek in die winkel ingaan, moet ek alles neerskryf, anders vergeet ek een of twee dinge. Maar in my werk as 'n akteur sukkel ek glad nie - nie eens nou in my 80’s nie - om 'n teks oor 'n naweek te leer en dan op 'n Maandag te kan repeteer sonder om na die teks te kyk nie. Hoe werk dit?"
IS DIT (A) OF (B)?
Die eerste deel van die vraag oor geheueverlies wat kruideniersware betref, is (a): Dit is binne die verwagte geheuepatroon vir 'n 80 -jarige. Namate ons ouer word, word dit al moeiliker om inkopie-lysies op te stel en later te onthou sonder om dit vooraf neer te skryf.
Die tweede deel is interessanter. Om 'n draaiboek te lees en die inhoud te memoriseer is nou al tweede natuur vir die akteur. Wanneer hy dus sit om die draaiboek te lees, werk 'n ander deel van sy brein aan die memorisering van die dialoog as wanneer hy sit om 'n inkopielys uit te dink. En in die tweede situasie kry hy te doen met al die geheueuitdagings kenmerkend van 'n 80-jarige man.
'n Aktrise in haar 40's het vir my gesê: "Daar is ‘n element van spiergeheue betrokke wanneer 'n mens woorde leer.
"Dit is heeltemal anders as om 'n inkopielys te onthou.
"Wanneer ons woorde op die verhoog sê, gebruik ons ons hele liggaam en verstand om 'n verbintenis met ons karakter te vorm.
"Om 'n teks te leer is 'n intense en doelbewuste proses.
"Die slag en ritme van die woorde verbind met dele van die brein wat veel verder strek as die dele waar taal lewe kry.”
"Ek het my motor ingepak, reg om te ry, maar toe ek in die kar klim, kon ek glad nie onthou waarheen ek beplan het om te ry nie."
IS DIT (A) OF (B)?
So ongelooflik soos wat die ervaring klink, is die antwoord (a). 'n Oorwerkte, gespanne pasiënt het die ervaring aan my beskryf. Hy het ingestem om van sy verlof te gebruik wat opgehoop het.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Hy het met angs en paniekaanvalle gesukkel en vergeet waarheen hy op pad was. Mediese ondersoeke het gewys alles is reg. Dit klink bisar, maar dit val binne wat normaal is. Dit wys ook hoe elke klagte gesien moet word binne die konteks van die een wat dit opper.
Kommentaar deur dr. Restak:
Of jy jou geheue kan vertrou of nie hang af van hoe goed jy dit oefen.
Ligter vorme van amnesie is 'n normale deel van die lewe vir die meeste mense. Elke keer as jy iets probeer onthou maar dit nie regkry nie, ervaar jy 'n ligte vorm van amnesie. Daarom is amnesie nie 'n seldsame geheuesteuring nie.
Sien jy jouself as 'n uitsondering? Kom ons toets dit. Wat was jou middagete vandag? Jy sukkel nie om dit te onthou nie, of hoe? W at van jou middagete vandag 'n maand gelede?
As jy dit nog kan onthou, vermoed ek iets baie besonders moes daardie dag gebeur het.
Kom ons gaan nog 'n maand verder terug: Hoe goed onthou jy wat jy vandag twee maande gelede vir middagete geëet het?
Tensy daardie ete met die een of ander spesiale geleentheid saamgeval het, sal dit baie ongewoon wees as jy dit kan onthou.
Dié klein eksperiment wys iets belangriks. Wanneer ons daaroor uitgevra word, sal die meeste van ons baie minder onthou as wat ons dink ons kan. Maar ons geheue sal grootliks verbeter as ons iets merkwaardig of hartroerend kan verbind met dit wat ons probeer onthou. Herinneringe hou verband met dinge wat vir ons op 'n emosionele vlak betekenisvol is.
Emosie is waarskynlik die grootste dryfkrag vir die skep van helder beelde en die vorming van herinnerings.
Stel jou voor: Jy speel die beste potjie gholf van jou lewe in jul weeklikse wedstryd, en jy kan nie wag om almal daarvan te vertel nie.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Maar toe jou 10-jarige dogter by die 18de putjie uithardloop om jou geluk te wens, word sy deur ‘n by gesteek en moet sy noodhulp kry. Watter herinnering dink jy gaan beter by jou vassteek?
Drie prosesse dra by tot die vorming van 'n herinnering; enkodering, berging en herroepping
Hier is 'n voorbeeld van 'n enkoderingsfout: Sê nou jy was ingedagte of aan die dagdroom toe ek iemand nuuts aan jou voorgestel het. Die gevolg is dat jy waarskynlik nie die naam gaan onthou nie. Omdat jy nie aandag gegee het nie, is die herinnering nooit vasgelê of geënkodeer nie; daarom kon jy die naam later nie onthou nie. Daar was geen herinnering nie.
‘n Herroepingsfout gebeur wanneer jy ‘n stukkie inligting suksesvol vasgelê het, dit weggebêre het en dit nogtans nie kan herroep nie. Jy kan nie toegang tot die inligting kry nie, al het jy dit geënkodeer. Jy sien dalk 'n bekende gesig, maar kan glad nie die konteks plaas waarin jy hulle ontmoet het nie.
Om iets te weet maar nie heeltemal te onthou nie is die basis vir die ervaring van iets "op die punt van jou tong" hê. Ons het dit al almal die een of ander tyd ervaar: Ons kan 'n spesifieke herinnering - gewoonlik die naam van 'n mens of voorwerp - ampertjies herroep, maar nie heeltemal nie. Dit is die gevolg van onvolmaakte berging. Jy ken die antwoord, maar jy kan nie daarby uitkom nie. Maar deur meer inligting in te samel en dié inligting met ander herinneringe te verbind kan ons 'n frustrerende, vae gevoel van "weet" in 'n positiewe uitkenning omskep.
Nog 'n laaste punt. Op die oomblik is daar geen manier om enigeen te waarborg dat hulle nie eendag Alzheimersiekte gaan kry nie maar ek het nog nooit in my baie jare in die neurologiese praktyk 'n pasiënt met goed geoefende geheuevaardighede ontmoet wat Alzheimersiekte of enige ander degeneratiewe breinsiekte gehad het nie.
Om dit op 'n ander manier te stel: 'n Slegte geheue beteken nie noodwendig demensie nie, maar 'n geheue wat goed werk, skakel die diagnose van demensie so te sê uit. Jy het dus baie om te wen deur jou geheuevaardighede op te skerp - en niks om te verloor nie.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Uit THE COMPLETE GUIDE TO MEMORY deur dr. Richard Restak In Huisgenoot 13 April 2023, pp 16-17
-ooOoo-
Gebed van ‘n ouer vrou
Here, U weet beter as ek self dat ek ouer word en dat ek eendag oud sal wees.
Help my dat ek nie praatsiek word nie en behoed my veral vir die noodlottige gewoonte om te meen dat ek iets te s ê moet hê oor elke onderwerp en by elke geleentheid.
Verlos my van die behoefte om ander mense se sake vir hulle te wil reël.
Hou my gees vry van die relaas van nimmereindigende besonderhede -
gee my vleuels om die kern van 'n saak te stel.
Ek vra genoeg genade om ander mense se siektes en kwale aan te hoor.
Help my om met geduld daarna te luister.
Maar sluit my lippe as ek oor my eie kwinte en kwale wil begin praat – dit neem toe, en die behae wat ek daarin skep om daaroor uit te wei, word groter soos die jare verby gaan.
Leer my die grootste les dat dit tog af en toe moontlik is dat ek my dalk kon vergis het.
Hou my redelik goedgeaard; ek wil nie 'n heilige wees nie – sommige van hulle is
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
so moeilik om mee saam te leef –maar ʼn iesegrimmige ou mens is een van die duiwel se pronkstukke. Maak my bedagsaam, maar nie buierig nie. Hulpvaardig, maar nie baasspelerig nie.
As ek dink aan die skat van wysheid waaroor ek beskik, lyk dit vir my jammer dat ek dit nie alles kan gebruik nie –maar U weet, Here, dat ek aan die einde tog 'n paar vriende wil hê.
Deur ‘n persoon wat verkies om anoniem te bly Bydrae deur Nettie Ferreira wat dit by iemand anders ontvang het.
-ooOoo-
Die Rooi Baron
'n Mens kry steeds, meer as 'n eeu ná sy dood, koue rillings as jy die lewensverhaal lees van baron Manfred von Richthofen, die legendariese Duitse vegvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog. In sy rooigeverfde
Fokker DR-1-trippelvlerk het hy die erenaam, Die Rooi Baron, verwerf en vrees by sy opponente ingeboesem.
Manfred Albrecht Freiherr von Richthofen het grootgeword toe vliegtuie nog nie eens bestaan het nie.
Hy was van kleintyd af lief vir perdry en jag, en met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sluit hy by 'n artillerie-regiment aan. Teen die middel van 1915, slegs tien jaar nadat die Wright-broers die eerste praktiese vliegtuig ontwikkel het, besluit die 23-jarige avontuursoeker om 'n vlieënier te word.
'n Jaar later, ná 'n tydperk van intensiewe opleiding, skiet Von Richthofen sy eerste opponent neer. In die daaropvolgende 30 maande sou hy 80
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
opponente neerskiet en in die proses nie net een van die grootste oorlogshelde in die geskiedenis van Duitsland word nie, maar ook een van die beroemdste vegvlieëniers van alle tye, die “ace of aces”.
Manfred von Richthoven
Vir die Duitse propaganda-masjinerie was Von Richthofen, ook ná sy dood, van onskatbare waarde. Selfs in die Tweede Wêreldoorlog sou hy as 'n voorbeeld voorgehou word. Hy is opgebou tot ‘n byna bomenslike figuur, die beliggaming van alles waarna 'n Duitse soldaat moes strewe.
Die kort, bonkige Von Richthofen het die roem wat hy so begeer het in oorvloed ontvang nadat hy sy 16de opponent neergeskiet en die gesogte Pour le Mérite-medalje, die sogenaamde Blue Max, gelykstaande aan die Britsed Victoria-kruis, ontvang het.
Hy word later in bevel geplaas van die Jagdgeschwader I, 'n gevreesde eskader wat onder die Geallieerdes as "Die Vlieënde Sirkus" of "Richthofen se Sirkus" bekend geword het. Die naam was deels die gevolg van die helder kleure van die eskader se vliegtuie, maar ook die wyse waarop Von Richthofen en sy span soos 'n rondtoerende sirkus orals opgeduik het en in tente by geïmproviseerde vliegvelde gebly het.
In April 1917 skiet die Rooi Baron, soos hy wyd bekend was, 21 opponente neer, van wie vier op een dag. Sy rooigeverfde vliegtuig word ‘n vreesaanjaende gesig. Stories oor sy vegmetodes en vaardigheid versprei soos 'n veldbrand.
Vir sy 64ste slagoffer, 'n man wat gelukkig genoeg was om sy luggeveg teen Von Richthofen te oorleef, stuur die Rooi Baron 'n doos sigare in die hospitaal.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Von Richthofen het in 'n verskeidenheid vliegtuie geveg. Aanvanklik het hy hoofsaaklik die tweesitplek Albatros C.Ill gebruik. Hy het later besluit dat hy 'n meer beweeglike vliegtuig nodig het, selfs al sou hy lugspoed moes inboet.
In Januarie 1917 skakel hy oor na die Albatros D.III, en kort daarna na die Halberstadt D.II.
Vanaf laat Julie daardie jaar veg hy ook in sy gevierde Fokker Dr.Itrippelvlerk, die vliegtuig wat sinoniem met sy naam geword het.
Op 21 April 1918 vind die jong Duitser se heel laaste luggeveg plaas, slegs enkele dae voor sy 26ste verjaardag. Daar bestaan twyfel oor wie hom uiteindelik neergeskiet het. 'n Australiese lugafweer-regiment naby die plek waar sy vliegtuig in die veld by Vaux-sur Somme in Frankryk neergestort het, het vas geglo dat dit hulle was. 'n Kanadese vlieënier, kapt. Roy Brown, was daarvan oortuig dat dit hy was. Wat wel bekend is, is dat 'n enkele .303-koeël Von Richthofen in die bors getref het kort voordat sy vliegtuig die grond getref het.
Miskien is dit paslik dat niemand bo alle twyfel die eer kon opeis vir die beëindiging van die roemryke loopbaan van die Rooi Baron nie.
Berig deur Albie Grobbelaar in Die Burger van 2 Mei 2023 bladsy 6 -ooOoo-
Op 24 November 1971, het ‘n man by die toonbank van Northwest Orient Airlines in Portland, Oregon in die VSA ‘n lugkaartjie na Seattle in die
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
staat Washington gekoop. Hy het sy naam as Dan Cooper aangedui en kontant vir die kaartjie betaal.
Hier het een van die FBI se tergende onopgeloste raaisels begin.
'n Polisiekunstenaar se voorstelling van Cooper
Cooper was ‘n stil man, ongeveer in sy middel-veertigs en was geklee in ‘n netjiese pak klere, ‘n wit hemp met ‘n swart das en ‘n paar gewone skoene.
Terwyl die passasiers nog in die Boeing 737 gewag het om op te styg, het hy ‘n whisky met sodawater bestel.
Die vliegtuig was pas in die lug toe Cooper ‘n lugwaardin nader gewink en ‘n nota aan haar oorhandig het. In die nota was daar geskryf dat daar ‘n bom in sy aktetas is. Hy het die geskokte lugwaardin beveel om doodstil te bly en om langs hom te gaan sit.
Cooper het toe die aktetas oopgemaak en vir haar ‘n klomp elektriese koorde en ‘n paar rooi silindervormige voorwerpe gewys en gesê dat dit dinamietkerse was. Hy het haar beveel om neer te skryf wat sy in die tas gesien het en om die nota na die kaptein te neem sonder om ‘n bohaai op te skop, anders blaas hy die vliegtuig op.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Die verskrikte lugwaardin het toe die nota na die kaptein geneem. In die nota het Cooper geëis dat vier valskerms en $200,000 in $20-note aan hom oorhandig word sodra die vlug in Seattle land.
Toe die vlug in Seattle geland het, is die passasiers na langdurige onderhandelinge met die owerhede vrygelaat in ruil vir die vier valskerms en die $200,000. Cooper het die bemanningslede in die vliegtuig aangehou en toe beveel dat die kaptein weer opgestyg en koers kies na Mexiko. Later, net na 20:00 die aand, iewers in die vlug tussen Seattle en Reno, het Cooper met al die geld vanuit die agterste laairuimte met twee valskerms uit die vliegtuig gespring. Die ander twee valskerms het hy in die Boeing gelaat.
Die vliegtuig en die bemanning het later veilig geland, maar Cooper het in die niet verdwyn. Wat van hom geword het, is een van die tergende raaisels in die geskiedenis van die FBI. Die FBI het, terwyl die vlug nog in die lug was, onmiddellik ‘n deurtastende ondersoek van stapel gestuur. Die bemanning, passasiers en die persoon wat die kaartjie aan hom verkoop het, is ondervra en ‘n beskrywing is van hom verkry. Die vliegtuig is ook deursoek waarna hulle op ‘n swart das wat hy in die vliegtuig gelaat het, afgekom. Daar kon destyds geen leidrade aan die das gevind word nie, maar jare daarna, is daar DNS-leidrade aan die das gevind, maar dit het helaas ook nie tot Cooper se opsporing gelei nie.
Daar word wyd bespiegel dat Cooper - wat slegs in 'n pak klere, en ‘n gewone paar skoene geklee was – nie die sprong sou kon oorleef nie. Op daardie hoogte was die windsterkte meer as 322 kilometer per uur; dit was ysig koud en die tipe valskerm wat hy gebruik het, kon nie beheer word om in ‘n bepaalde koers grond toe te sweef nie. Boonop sou hy in 'n ruwe, dig beboste gebied geland het.
Hoewel die ondersoek nog vir etlike jare voortgeduur het, en letterlik honderde mense ondervra en die hele gebied gefynkam is, is Cooper nooit weer gevind nie. Hy het soos ‘n groot speld verdwyn.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Na jare van vrugtelose speurwerk het ondersoekers uiteindelik in 1980 'n bietjie lig op die saak gekry toe 'n seun 'n verrottende pakkie met $5 800 se waardelose dollarnote daarin gevind het. Die pakkie is langs die Colombia-rivier, noord van Portland en sowat 32 km van Ariel ontdek.
Die reeksnommers van die geld - wat almal $20-note was - het ooreenstem met dié van die losprys.
Die verrotte $5800 wat gevind is. Die nommers het ooreengestem met dié wat as losprys aangebied is
‘n Verdere en deurtastende soektog na Cooper in die omgewing het steeds niks nuuts opgelewer nie. Hoewel die FBI deur die jare talle wenke ontvang het, het die hulle in 2016 die ondersoek amptelik as onopgespoor afgesluit en verklaar dat hul hulpbronne nuttiger op ander sake aangewend kan word. Cooper se DNS is jare later namate die tegnologie ontwikkel het, op die swart das wat hy in die vliegtuig agtergelaat het, blootgelê. Dit het steeds nie gehelp om hom te vang nie.
Die onopgeloste raaisel het die hele wêreld gefassineer en DB Cooper het iets van 'n volkslegende geword wat tot talle liedjies, boeke en rolprente aanleiding gegee het.
Bron: https://www.fbi.gov/history/famous-cases/db-cooper-hijacking -ooOooDaar’s ‘n leemte waar die oom se stoel staan
Die werf voel leeg sonder die oom, wat op die bruin kombuisstoel onder die afdak langs die tamaai teëldak huis sit, in sy Crocs, swart mussie op die kop.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Die ou stoel staan steeds hier, maar dit is of niemand daarop gaan sit nie.
“Hier het die oom baie van ons opgebou" se Rudy Hudson, wat lank weens moord in die tronk was. "Ek’t met niks hier aangekom nie. Net my klere.”
Langs hom glimlag Wouter Coleman skamerig. Ook hy en sy vrou, Charlene het nie veel meer as klere en gestorwe drome gehad toe hulle saam met hul seuntjie, Janco, hier begin woon het in dit wat eens Adriaan Vlok, eertydse minister van Wet en Orde, se ministerswoning was in die dae toe die Nasionale Party die land regeer het.
Adriaan Vlok, een van apartheid se sterkmanne, wat vir baie net oom Adriaan geword het. Of sommer net: Die oom.
Dit is die dag na sy dood in die Unitas-hospitaal, nie ver hier van Eldoraigne in Centurion nie, en almal is stillerig en sukkel om die regte woorde te vind om hul gevoel van verlies mee te beskryf.
"Ek en oom Adriaan het soos 'n bos aan die brand geslaan die eerste keer toe ons begin gesels." Rudy skud sy kop. "Jy kon die oom se siel aanvoel."
Saam met Rudi hulle is Andrew en Arina Doyle, ou vriende van oom Adriaan, wat ook al hier gewoon het. Oom Adrian was saam met hulle betrokke by Feed a Child en later Basileia Patria, wat onder meer vir ons kos op sukkelplekke gee.
Die oom het graag hier onder die afdak gesit by die deur van 'n langwerpige vertrek waarin ses of sewe koelkaste is. In sy ministersdae was dit sy lyfwagte se kantoortjie, maar vir jare al is dit waar kos gebêre en van hier af versprei word na dié wat dit nodig het.
Gestroop van alle waan het oom Adriaan ook hier gesit, 'n kruk byderhand, toe ek hom in November verlede jaar vir die laaste keer gesien het.
Daardie dag het hy oor iets gepraat waaroor hy nie dikwels gepraat het nie: “Die Here het my nog nie kom haal nie; die selfdood van sy vrou, Corrie. In 1994. In hierdie huis. Oor haar jare lange stryd met depressie. Hoe hy dalk nie altyd genoeg begrip vir haar innerlike donkerte gehad het nie.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Hoe haar dood hom met wakkerder, sagter oë na ander laat begin kyk het.
'n Kêrel in Stokie-pantoffels kom om die hoek.
Dit is Sarel Breyten, 'n byna dowe karwag, wat in die Covid-tyd vir oom Adriaan herberg kom vra het. Nou woon Sarel in die kamer agter die huis waar Fiena Mzamane, wat vir jare vir oom Adriaan-hulle gewerk en tot voor haar dood gewoon het.
Oom Adrian se dogter, Annemarie en haar man Leon, wat in die grootste gedeelte van die huis woon, is binne besig met die begrafnisreëlings. Tot op die einde was sy by haar pa en goed vir hom.
Ons sit nou onder die afdak, een op ‘n plastiekstoel, een op 'n omgekeerde plastiek krat, een op 'n eens deftige sitkamerstoel. Teen 'n muur leun 'n besem. Die stoere ministerswoning het 'n ingeleefde, genadige plek geword.
Rambo, 'n hinkende skaaphond, blaf by die hek. 'n Conquest kom aamborstig ingery. Charl Bower klim uit. Nog een van die stuk of tien mense wat hier woon. Charl, ook 'n karwag, het snags in die Conquest geslaap voordat oom Adriaan vir hom onderdak gegee het.
"Die oom was een van die min mense wat intelligent genoeg was om te sien dat ek ook intelligent is."
Charl trek 'n pak Sahawi-sigarette uit sy hemp se bosak. Soggens dan sê die oom: 'Ek's nog hier, Charl. Die Here het my nog nie kom haal nie."
Vir hoeveel mense hierdie in die laaste hoeveel jare 'n veilige vesting geword het, soms net kortstondig, is moeilik om te sê. Maklik meer as 30.
"Willie en Tommy was die eerste twee. Albei boemelaars," sê Arina en kyk na Rudy. "En toe kom jy, nê, Rudy?"
Rudy knik. Hy het oom Adrian in 2010 op 'n gesinsdag in die Kgosi Mampuru-tronk ontmoet waar hy toe reeds agt jaar van sy straf van 22 jaar weens moord op sy gewese vrou uitgedien het. Hy was 'n dwelmverslaafde. 'n Wilde esel van ‘n man voordat hy tot inkeer gekom het.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
"Daai eerste keer toe sê oom Adriaan vir my: “Ek't nie jou uniform aan nie, Rudy. Dis die enigste verskil tussen my en jou. Ek moes saam met jou hier gewees het. Ons het sulke oranje uniforms in die tronk gekry."
Vlok het in 2007 'n opgeskorte vonnis gekry weens sy aandeel aan 'n poging om eerw. Frank Chikane, wat in die NP-tyd onder meer sanksies teen die land bepleit het, te vergif.
Hy en Rudy het begin gesels oor skuld, berou en vergifnis.
"Die oom was nie die soort man wat jou dadelik wil bekeer nie. Glad nie," se Rudy. "Hy't jou nie geoordeel nie. Hy’t na jou geluister." En vir jou 'n Gideons-Bybel gegee.
Die dag toe Rudy op parool vrygelaat is, het oom Adriaan vir hom buite die tronk in sy wit Nissan 1400-bakkie gewag. Dieselfde bakkietjie waarmee hy in 2006 na die Uniegebou gery het met ‘n Bybel, 'n Makroplastiek skottel en ‘n handdoekie langs hom op die sitplek om vir eerw. Chikane te gaan vra of hy sy voete kan was.
Voor in die Bybel wat hy vir eerw. Chikane gegee het, het hy geskryf:
“I have sinned against the Lord and against you, I am sorry - please forgive me."
Die begin van die oudminister se reis van boetedoening vir die onnoembare wreedhede wat onder sy heerskappy gepleeg is. Eintlik het dit nie slegs oor boetedoening gegaan nie. Die minste onder ons het vir oom Adriaan die meeste geword.
Ná eerw. Chikane het oom Adriaan die voete gewas van die ma's van die tien aktiviste van Mamelodi wat deur die destydse veiligheidsmagte doodgemaak is. Maria Ntuli, een van die ma’s het juis netnou vir Arina gevra hulle wil na die oom se begrafnis toe kom.
Wouter wil iets sê. Hy, Charlene en Janco het in die bosse langs die Hennopsrivier gewoon toe oom Adriaan van hulle gehoor het en hom oor hulle ontferm het. Hoe hulle dáár beland het, is ‘n lang storie vol skermutselings met die noodlot.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
“Ek se vir hom: Oom, wag hier, ek gaan kry ons goed. "Hy sê: 'Nee, boetie, ek wil sien waar het julle gebly”, onthou Wouter. "Toe help hy my wragtig om van die swartsakke met ons goed in te dra.
“Op pad terug bakkie toe sien die oom twee klippe lê. Vuurklippe. Hy se vir Janco: 'Kom kyk hier, seun .... En hy kap die klippe teen mekaar dat Janco die vonke kan sien spat. En hy gee vir Janco die klippe."
Die hartseer laat stol die woorde in Wouter se mond.
“Ek hoop nie jy neem my kwalik nie, Wouter," se Arina, "maar jy't ook aangejaag.
Wouter laat sak sy kop. "Ek't die oom se drank gesteel wat hy gebêre het. Ek praat van KWV-wyne - die heel duurste, eksklusiefste goed." Alles wat oom Adriaan as geskenke gekry het in die tyd toe hy 'n politikus was.
"Daar was baie. Dit het 'n goeie ses maande geneem om dit klaar te drink." Wouter bly ‘n rukkie stil.
Party van die bottels het ek weer in die kas gebêre - die waarop staan Adriaan Vlok en so aan. Kyk, ek kan mos nie so ‘n bottel in die asblik gooi nie."
Daar is ernstig gepraat hierdie dag toe oom Adriaan die leë bottels kry. “Maar hy’t my vergewe.” Wouter praat al hoe sagter. “Die oom het jou altyd vergewe."
Ek hoor weer oom Adriaan se stem toe ek die laaste keer hier was: “Ek kan nie mense oordeel nie. Ons is almal skepsels van die Here. Ek was self ‘n verskriklike mens wat verskriklike dinge gedoen het."
Nog 'n man kom nader gestap. Yves Nkobo woon saam met sy pa, Tams, in een van die ander buitekamers. Hulle is van die Kongo en oom Adriaan het hulle gehelp om werk by 'n Spar hier naby te kry. Yves het elke dag vir die oom die koerant gekoop.
“Toe oom Adriaan kort voor Kersfees vir die soveelste keer hier geval het, kruk en al, was dit Tams en Yes wat hom regop gehelp het, Twee
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Kongolese wat hom regop hou voordat hy vir die laaste keer hier weg is hospitaal toe.
Oom Adriaan het al hoe swakker begin word nadat hy twee jaar gelede geval en bloeding op die brein gekry het. Demensie is ook by hom gediagnoseer.
Hy is 'n paar jaar ná Corrie se dood getroud met Antoinette, Barend du Plessis, sy minister-kollega se gewese vrou. Antoinette woon in Johannesburg en hulle het dinge mooi bepraat.
Hy sou steeds baie tyd hier in Eldoraigne deurbring waar hy al in die 1970’s as ‘n jong Volksraadslid kom woon het.
“Oom Adriaan het al hoe kleiner treetjies gegee, maar in sy gedagtegang kon jy nie agterkom hoe swak hy is nie," vertel Andrew, ‘n gewese kolonel in die weermag wat nou direkteur is van Basileia Patria. "Hy wou steeds almal help.
Op 6 Desember het die oom nog saam met hulle kos gaan uitdeel wat verder onder die omgewing se honger mense versprei is.
"Hy't my gebel en gesê: 'Boetie, ek wil saamgaan. Elkeen wat kom kos haal, moet 'n Gideons-Bybeltjie kry. Julle los my nie. Dit kan die laaste keer wees: En dit was."
Eergisteroggend het Andrew die oom se baard in sy bed in die hospitaal geskeer.
Drie-uur gisteroggend het hy sy maer liggaam met die spookasem -hare en die What Would Jesus Do-bandjie om die pols agtergelaat.
Die siekte waaraan hy dood is se naam is eintlik ouderdom.
Hy het bepaal almal sal vir nog minstens drie maande hier kan bly, maar daar is allerhande planne om die mense te help.
Intussen het Leon Bouwer, wat vir 'n lewe bottels, blikkies en ander goed optel wat herwin kan word, bygekom.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Hy woon al drie jaar hier. Ons stap na die woonstelletjie agteraan die huis waar oom Adriaan gewoon het: 'n slaapkamer, ‘n leefkamer, 'n stort en 'n toilet. 'n Paar jaar gelede sou Simba, sy laaste hond, nog hier gelê het.
Hier het 'n man gewoon wat iewers in ‘n aftreehuis kon gewoon het, luuks en selfgenoegsaam, soos dit 'n eertydse minister betaam.
Leon was in 'n ernstige ongeluk en sukkel om te praat. "Ek baie mis nou hom." Hy vryf oor sy wang en kyk na die nattigheid op sy hand. "Hy altyd sê hy lief vir my."
Leon, die twee Kongolese, Rudy en Charl, wat pas nog 'n Sahawi aangesteek het, Andrew en Arina, wat ook ‘n persoonlike assistent vir die oom was. Vir Wouter en Charlene en Janco, wat nou ook weet as jy twee harde klippe hard teen mekaar kap, kan daar vir ‘n flitsoomblik die wonderwerk van 'n vonkie wees.
Nie een van hulle en al die ander mense wat oor die jare heen hier gewoon en gekom het, vra vrae oor die opregtheid van oom Adriaan se berou nie. Nie een van hulle sê en skryf haatlike dinge oor hom nie. Nie een noem hom in verraaier, manteldraaier of ‘n lafaard nie.
Nie een van hulle gebruik daardie woord of dit 'n skel- en spotwoord is nie - voetewas.
Hulle het Adriaan Vlok, die verskrikking vir baie mense in die land, geken vir die man wat hy geword het.
In November het Andrew en ‘n paar plaaslike manne oom Adriaan se voete kom was terwyl hy hier op die bruin stoel gesit her. "Ons het vir hom gesê: Oom, ons dink dis tyd dat ons by Oom oorneem," sê Andrew.
“Ons almal in die land behoort oom se werk voort te sit.
Sarel Breyten kom regop in sy Stokie-pantoffes. My moet weer gaan karre oppas.
Vir die eerste keer die hele oggend se hy iets.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
“So, die oom was 'n bekende persoon.” Hy lag geluidloos. "Ek't nie geweet nie, ek't hom net gesien soos hy is, en hy het my gesien soos ek is.”
Dana Snyman. In Rapport Weekliks; 15 Januarie 2023 ooOoo-
Huldeblyk aan genl.maj. Deon du Toit
*2 Februarie 1945 – †17 Desember 2022
Ek en Deon het ‘n lang pad van meer as 57 jaar saam geloop. Gedurende 1965 het Deon my aan my vrou Marlene bekendgestel. Sy en Deon se verloofde Mariette, het saam in dieselfde kantoor gewerk. Sedertdien was ons huisvriende, gekuier, gebraai, gekamp, vis gevang, en kreef uitgehaal - eintlik het ek net die sak vasgehou. Een nag om die vuur, die Polisiemag totaal geherstruktureer, sonder dat ons bewus was van die bestaan van ‘n woord soos herstrukturering. Eintlik loopbaanbeplanning gedoen of seker maar net begeesterde toekomsdrome met mekaar gedeel. Eers ligdag bietjie gaan lê.
Saam speurdersersante geword, ek in Kaapstad, Deon op Claremont. 1970 saam op offisierskursus. Uit die groep van 220 kandidaat offisiere het 23 generaals geword. Onder andere ook Wouter Grove, Tertius Calitz, Hennie Westraat, George Fivaz en Jan Du Preez.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Genl.maj. Deon du Toit in 1970 as een van die jongste generaals en later na sy uittrede
‘n Groot gedeelte van sy loopbaan was Deon ook ‘n dosent verbonde aan die Polisiekollege, Pretoria en later aan die SA Polisie Akademie in GraaffReinet.
Die blote feit dat Deon ‘n generaal geword het sê al reeds watter kaliber persoon hy was. Boonop, soos my oudste seun per geleentheid gesê het: “In ‘n era toe dit nie vir elke Jan Rap en sy maat beskore was nie.”
In ‘n stadium is ons aangemoedig om buitemuurs verder te studeer. (Vanuit ‘n wêreldwye akademiese oogpunt word die professionalisme van ‘n polisie-instelling gemeet aan die persentasie gegradueerdes in ‘n toepaslike graad, veral onder sy bestuurskader) . Deon het positief hierop gereageer en die graad, BA Polisiekunde deur UNISA verwerf. HOEKOM? Om homself beter te bekwaam om ‘n beter diens te lewer. Almal van u wat dieselfde gedoen het, weet van die opoffering om saans na werk, naweke en vakansies voor die boeke in te skuif. Dit verg selfdissipline en deursettingsvermoë.
En toe 10 jaar voor ons tyd word ons beurt onverdiend, ongevraagd beëindig. Ironies op sy ontslagsertifikaat word Deon se gedrag beskryf as “VOORBEELDIG”. Die pluspunt egter, dit gun hom toe 27 gelukkige jare van pensioen saam met Mariëtte en sy kinders.
My vrou Marlene se beskrywing van Deon bly vir my die treffendste: ‘n opregte vriend en ‘n ware “gentleman” en wat veral uitstaan: sy voortdurende, liefdevolle bedagsame optrede teenoor sy vrou Mariette.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Elkeen van ons kry ‘n beurt aan die lewe. Die lewe is ook gevul met baie beurte. Soos genl. Wouter Grove sê, kry elkeen soms ook sy beurt op ‘n grondpad, ‘n sinkplaatpad en boonop soms ook vol slaggate. Op sy beurt in die Polisie het Deon egter baie beter gevaar as die Protea krieketspan.
Nou was dit Deon se beurt om die dood te betree. Nou volg sy Hemelse beurt, vir ons onbekend, maar vir hom sekerlik, heerlik. Sy beurt om saam met die Here feesmaal te hou.
Namens die Generaalsklub, betuig ek graag ons innige meegevoel aan Mariette, Linda, Dries, Francois, hulle gades en kinders, met die heengaan van ons vriend Deon. Ons is saam met julle hartseer. Ons is dankbaar dat sy dogter Linda betyds uit Londen was om die laaste paar dae by haar pa te wees en ook by Mariette om haar te kon bystaan. Jammer sy kon nie langer bly nie.
My gebed aan Mariette en familie is dat julle elke dag die teenwoordigheid en vertroosting van Jesus sal ervaar. “Ek sal daar wees vir jou” is nie net Sy belofte nie. Weet net, dit so is.
Generaal Deon du Toit het die wedloop voltooi, sy merk, sy voetspore en mooi herinneringe gelaat. My Vriend Deon Du Toit, ek groet jou.
Huldeblyk deur genl.maj. Nick Snyman. Jarelange vriend en kollega Januarie 2023
-ooOoo-
Huldeblyk aan genl.maj. Johan Laubscher
*9 Maart 1925 - †4 April 2023
Generaal Johan Laubscher het op 30 Mei 1944 as 19-jarige matrikulant in Kaapstad by die Mag aangesluit.
Toe hy in 1960 die eksamen na offisiersrang geslaag het, is hy as distrikskommandant na Otjiwarongo verplaas.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Genl.maj. J.A.B. Laubscher
Na vyf jaar bevind hy hom in weer Johannesburg en later weer by die Teeninsurgensie-Eenheid in Pretoria waar hy onder andere diens doen in die destydse Rhodesië en Angola.
Soos hy deur die range gevorder het, het hy hom mettertyd in Hoofkantoor bevind waar hy by die Senior Stafoffisier se personeel geplaas is. Hy word uiteindelik self as Senior Stafoffisier aangestel.
Dit is interessant om te let dat die aanstelling as Distrikskommandant, Walvisbaai ook deel van sy taak was. Een van generaal Laubscher se monumente is die oasis, Lauberville in die hart van die Namibwoestyn, wat na hom vernoem is.
Na sy aftrede het hy ‘n spesiale opdrag van die Kommissaris ontvang om die 75ste Bestaansjaar van die SAP te koördineer, ‘n taak wat hy met ywer en groot sukses volvoer het.
Generaal Laubscher het op 31 Maart 1985, na ‘n lang en suksesvolle loopbaan met pensioen uit die Mag getree.
Hy is op 4 April 2023, op 98-jarige ouderdom oorlede. Ons innige meegevoel aan sy naasbestaandes; ons salueer ‘n waardige offisier en eer sy nagedagtes.
Johan Ferreira, Mei 2023
--ooOoo--
Huldeblyk aan mev. Dimples Wandrag
*18 Junie 1932 - †20 Januarie 2023
Mevrou Dimples Wandrag (90), eggenote van wyle generaal Bert Wandrag, is in die aand van 19-20 Januarie 2023 in Vaalwater oorlede.
Tannie Dimples, soos almal haar genoem het, was die geliefde “ma” van duisende jong polisiebeamptes wat destyds opgeroep was om diens aan ons landsgrense te verrig.
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com
Hoewel sy en generaal Bert nie kinders van hul eie gehad het nie, het sy hom gereeld vergesel wanneer hy “haar seuns by die grens” besoek het. Sy het dan soos ‘n moeder-hen om die jong lede gekloek, hulle bemoedig en bedank vir die opoffering wat hulle vir ons land doen.
Op Maleoskop is “Dam Dimples”, die dam langs die bekende lapa en treinwa, waar menige gesellige vleisbraaifunksies deur besoekers en kursusgangers gehou is, na haar vernoem.
Ons eer haar nagedagtenis. Tannie Dimples was ‘n ware ma van vele jong lede wat diens aan ons landsgrense gedoen het.
Johan Ferreira Januarie 2023
-ooOoo-
Huldeblyk aan genl.maj. Herman Grobler
*27 Februarie 1939 - †24 April 2023
Genl. Hermanus Philippus Grobler (84), gesinsman – tuinman –polisieman – tennisman - akademiese man - joviale man - veelsydige man – gerespekteerde man - is op 24 April 2023 na ‘n lang siekbed oorlede.
Tel: 083 625 2380
Hy was ‘n groot deel van sy loopbaan in die Veiligheidstak, onder andere andere by John Vorsterplein in Johannesburg gestasioneer. Later het hy ook by die Veiligheidstak in Bloemfontein gedien.
Aangesien hy homself ook akademies bekwaam het, is hy met sy aanstelling as generaal-majoor oorgeplaas na die Afdeling: Opleiding in Hoofkantoor, waar hy oorhoofs in bevel geplaas is van Gevorderde Opleiding.
epos: jhferreira0@gmail.com
Honderde offisiere is onder sy bekwame leiding as kursusleier en dosent geskool en voorberei om senior offisiere te word. Hy het ‘n groot bydrae gelewer om ‘n professionele polisie-offisierskorps van wêreldgehalte in die voormalige SAP tot stand te bring.
Afgesien van sy skerp intellek, breë glimlag en joviale geaardheid, kon ‘n mens hom altyd deur ‘n ring trek, ongeag of hy in sy uniform of in ‘n deftige pak klere gekleed was. Altyd onberispelik.
Na sy aftrede het hy en Joey hulle in Nylstroom gaan vestig waar hy vir etlike jare die voorsitter was van die Nylstroom tak van die Bond van Oud-Polisiebeamptes was. Hy was ook een van die vroeë lede van die Generaalsklub. Ten spyte van die afstand tussen Nylstroom en Pretoria, het hulle steeds getrou die funksies van die Generaalsklub bygewoon.
Toe sy gesondheid agteruitgegaan het, het hulle besluit om terug te keer na Pretoria waar hy nader aan die dokters en ander mediese sorg kon wees.
Dit was jammer om te sien hoedat hy die afgelope twee jaar moes stry teen ‘n siekte wat hom laat wegkwyn het tot ‘n skaduwee van sy ou-self. Hy het sy siekte met waardigheid gedra en steeds sy vriendelike glimlag behou ..... tot die laaste toe.
Dankie ook aan mev. Christa Victor wat Herman en Joey so onbaatsugtig tydens sy siekte bygestaan het.
Ons innige meegevoel aan Joey en kinders met sy heengaan. Mag julle vertroosting vind dat hy nou verlos is van al die pyn en lyding.
Johan Ferreira April 2023 -ooOoo-
Tel: 083 625 2380
epos: jhferreira0@gmail.com