Generaalsklub' Nuus

Page 1

GENERAALSKLUB

Desember 2023 NR 19

Nuusbrief van die Generaalsklub van die

S.A. Polisiemag

Die Heiland is gebore, in stille Bethlehem

In hierdie uitgawe

Boodskap van die voorsitter 1 Kapelaansbrief: Kersfees 2023 2 Van die redakteur 4 Sosiale media en die ‘goeie ou dae’ van Polisiëring 5 Dramatiese heldedaad 9 Johan Booysen se boek 11 She has their faces taped 21 Fleur 23 Om ‘n perd in te breek 26 Gert Potgieter – Polisie sportheld 29 Mev. Ans van der Merwe 33 Uit mev. Louise Groenewald se dagboek 36 Die wonder van reën 39 Pretoria Polisie Damesklub vier Vrouedag 39 Louis, die Laeveld Leeu 42 Om te kan fietsry 42 In memoriam 44

Boodskap deur die voorsitter

Dr. Johan Burger

Soos ons almal weet het die Bestuurskomitee van die Pretoria tak van die Generaalsklub vroeër vanjaar die lofwaardige besluit geneem om te fokus op die meer positiewe dinge om ons. Maar dit beteken nie dat ons kop in die sand moet wees oor ons werklikhede nie. Om daardie rede wil ek in hierdie boodskap wys op ten minste een van die meer opvallende kontraste vandag in ons samelewing en wat dit vir ons beteken.

Suid-Afrikaners is gedurig op soek na wêreldtitels. Aan die een kant is daar bepaalde sportprestasies soos byvoorbeeld dié in rugby Die rugby wêreldbeker is op 28 Oktober 2023 in Parys, Frankryk afgehandel. Die Springbokke het Suid-Afrika wéér trots gemaak deur die Webb Ellistrofee vir die vierde keer te verower. Ofskoon dit naelskraap was, kan niemand met die telbord stry nie! Geen ander land kon dit nog regkry nie, selfs nie eers die magtige All Blacks nie.

Ongelukkig het hierdie strewe na top prestasies skynbaar ook op 'n negatiewe manier deel van Suid-Afrika se 'genetiese' samestelling geword. As ons byvoorbeeld kyk na ons posisie op die misdaadranglyste van die wêreld, is ons goed op pad na nommer 1 ten opsigte van moord. Tans is ons volgens die United Nations Office on Drugs and Crime (UNODC) se opgedateerde lys van 206 lande vir 2021, 2de met 41,9 moorde per 100 000 inwoners, naas Jamaika in die 1ste plek met 52,1. En dit wil voorkom of ons opwaartse beweging vinniger is as dié van Jamaika. Die wêreld gemiddeld is 6,1.

Soos ons almal weet het die Bestuurskomit ee van die Pretoria tak van die Generaalsklub vroeër vanjaar die lofwaardige besluit geneem om te fokus op die meer positiewe dinge om ons.

Sover dit georganiseerde misdaad aan betref is ons ook fluks oppad na die nommer 1 posisie op wêreldranglyste. In die 2021 verslag van Global Initiative Against Transnational Organised Crime (GI-TOC) was SuidAfrika gelys as 19de uit 193 lidlande van die Verenigde Nasies ten opsigte van georganiseerde misdaad. Volgens dié verslag hou die groei in georganiseerde misdaad 'n baie ernstige betaansbedreiging in vir die demokratiese instellings van Suid-Afrika, sy ekonomie en sy mense. Slegs twee jaar later, luidens die 2023-verslag van GI-TOC, het Suid-Afrika se posisie op hierdie ranglys opgeskuif na 7de uit 193 lande. As dit nie so

Maar dit beteken nie dat ons kop in die sand moet wees oor ons werklikhede nie. Om daardie rede wil ek in

1
hierdie

ernstig was nie sou mens dalk tong in die kies kon spog dat ons teen hierdie tempo binne die volgende twee tot drie jaar ook 'n baie sterk aanspraakmaker op die eerste plek kan wees.

Terwyl ons verseker 'n baie groter belang in ons positiewe as ons negatiewe prestasies het kan ons ook nie bekostig om lg uit die oog te verloor nie. Ironies genoeg, terwyl ons positiewe prestasies vir ons geen bedreiging inhou nie kan dieselfde nie van ons negatiewe prestasies gesê word nie.

Binne hierdie werklikhede is dit belangrik dat ons voortgaan om ons wedersydse onderskraging te waardeer en te verdiep. In hierdie verband speel ons klub 'n besondere rol deur onder meer gereelde geleenthede vir samesyn en ondersteuning te skep. Ons spog ook met goed gevestigde kommunikasieinstrumente wat ons daagliks met mekaar in kontak hou. Daarvoor is ons bitter dankbaar.

Maar nou is dit byna weer Kersfees en ons sien almal uit na 'n tydperk van rus, vrede en samesyn met ons geliefdes. Mag ons ook nie vergeet nie dat Kersfees eintlik gaan om die herdenking van Jesus se geboorte en Sy verlossingsboodskap vir elkeen van ons.

Dalene en ek wens u graag 'n baie geseënde Kersfees toe en bid dat ons almal Sy liefde en vrede in oorvloed gedurende hierdie tyd sal ervaar.

Dr Johan Burger November 2023

-ooOoo-

Kapelaansbrief: Kersfees 2023:

Een van die moeilikste jare in ons mooi land spoed ten einde. Politieke en ekonomiese omstandighede is neerdrukkend en wêreldwyd neem natuurrampe toe. Geweld en geen respek vir lewe is aan die orde van die dag. Mense is moedeloos en die skouers hang. Elke dag word sugtend benader en positiewe gedagtes en praatjies het amper heeltemal verdwyn. Die toekomsverwagting by meeste is onseker en is uitsigloos!

2

Het ons vergeet dat God steeds in beheer is en die lotgevalle van volke en nasies bestuur?

Reeds in die Ou Testament vind ons telkens dat die koms van Jesus na die wêreld voorspel word. Toe Israel uiters moeilike tye beleef omdat hulle God se bepalings en gebooie verontagsaam het; ‘n tyd waarin ballingskap hulle voorland was, ontvang hulle by monde van Jesaja hierdie belofte: “Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei nie, dat julle nou ook my God moet vermoei? Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy (ook hulle) sal hom Immanuel noem.” (Jesaja 7: 13,14) Terwyl algemeen aanvaar word dat hier gepraat word van iemand wat in daardie tyd gebore sou word, verwys Matteus 1:24 na hierdie teks om die geboorte van Jesus aan te kondig. So ook in Jesaja 9: 5-6, word van Hom gesê: “Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” In die Nuwe Testament leer ons Hom ken met name soos Verlosser, Saligmaker, die Lig wat na die wêreld gekom het en nog baie meer. Jesaja gaan ook voort en beskryf hoe Hy sal heers en voorspoed en vrede bring wat vir altyd sal duur!

Selfs in die moeilikste tye en omstandighede kon mense nog altyd by die Seun van God tot rus kom! Niks is vir Hom onbekend of vreemd nie; Hy is met al ons omstandighede goed bekend! Hy ken elkeen van ons se begin en einde en elke haar van jou is getel! Waarom sal ons dan in moedeloosheid en wanhoop verval? Hy heers en vrede en voorspoed is hulle wat aan Hom behoort se deel. Ps. 103: 17 sê: “Maar onverganklik (van ewigheid tot ewigheid) is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, Sy trou vir opeenvolgende geslagte, vir dié wat getrou bly aan Sy Verbond en Sy voorskrifte nakom.”

Waarlik. Hy is die lig wat in die wêreld gekom het om die wêreld te verlig. Ons is kinders van die Lig en in Kersfees beleef ons dit. Op elkeen van ons rus die verantwoordelikheid om hierdie lig met die moedelose mensdom te deel.

3
Dr. Casper Krüger

Mag u hierdie Kersfees beleef dat Hy al u omstandighede in u lewe vul met Sy Lig! Mag u waarlik vrede en voorspoed ken. Ek bid dat u en ek in die donker van wêreldomstandighede, bakens van hoop en vrede sal wees.

Shalom.

Casper

Van die Redakteur

Johan Ferreira (redakteur)

-ooOoo-

Aan die begin van die jaar het ons bestuur besluit om vanjaar, weens al die ellendes in ons land, eerder te fokus om ‘n positiewe boodskap uit te dra. Al gaan die moeilik wees, glo ek ons kán!

Ons voorsitter het ‘n insiggewende bydrae oor die ‘goeie ou dae’ gelewer. Ons moet egter ook onthou dat daar in dieselfde ‘goeie ou dae’ ook hier en daar minder goeie dinge gebeur het. Dankie Johan, om ‘n bietjie balans aan ons uit te wys

Dan is daar ook bydraes van ons kollegas, soos generaals Nico Slabber se heldedaad; Johan Booysen se uittreksel uit sy boek en Sharon Schutte as identikit kunstenaar in ‘n berig wat in 1984 in die Cape Argus verskyn het. Al drie mooi verhale met ‘n positiewe uitslag.

Dan is daar twee stories oor perde, die een oor ons geliefde Fleur en die ander een deur my voormalige kollega, genl.maj. Chris (Boats) Botha oor hoe ‘n perd met liefde, omgee en geduld behandel behoort te word, in plaas daarvan om hom ‘in te breek’. Dit is ewe waar hoe ons ons medemens, ondergeskiktes en veral kinders moet behandel.

Ons almal onthou ons beroemde hekkiesatleet en sportman, Gert Potgieter. Ons gaan haal weer sy storie uit die argiewe om ons jonger lede te herinner van die glorie wat sportmanne- en vroue in die ‘goeie ou dae’ vir die Suid-Afrikaanse Polisie gebring het.

4

Vir ons dames is daar drie bydraes, naamlik oor Ans van der Merwe, Louise Groenewald en Elma Krüger.

Mag u en u geliefdes ‘n geseënde Kers- en Feestyd geniet. Johan Ferreira November 2023

-ooOoo-

Sosiale media en die 'goeie ou dae' van polisiëring

Ons praat gewoonlik met groot heimwee oor die 'goeie ou dae'. Dis natuurlik toe ons nog in die polisie was en alles min of meer goed gewerk het. En ons het meesal rede om trots te wees op wie en wat ons was. Ons is destyds goed opgelei, goed gelei en het ons in die algemeen goed van ons taak gekwyt. Maar as ons eerlik wil wees was daar tog ook soms voorvalle waarop ons minder trots is. Inderwaarheid kan baie van ons waarskynlik ons sterre dank dat daar toe nog nie die wydverspreide gebruik van selfone en sosiale media was soos ons dit vandag ken nie.

Die impak van moderne tegnologie en sosiale media op ons lewens, goed of sleg, word nog nie altyd en oral ewe goed besef en waardeer nie. Die berugte voorval op Sondag, 2 Julie 2023, toe agt lede van die presidensiële beskermingseenheid (PBE) van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) deur middel van 'n selfoon op video betrap is waar hulle drie mense op die N1 snelweg naby Johannesburg op 'n laakbare wyse in die openbaar aangerand het, is 'n goeie voorbeeld. Hierdie video het soos 'n veldbrand versprei en is herhaaldelik op nasionale televisie vertoon en ook deur ander mediahuise gerapporteer. Die openbare reaksie daarop was onmiddellik en verdoemend. Daar is wyd geëis dat die strengste moontlike stappe teen dié lede gedoen moet word.

Die betrokke polisielede beweer dat die drie slagoffers hulle privaatvoertuig doelbewus tussen in die PBE konvooi, waarin adjunk president Paul Mashatile was, ingedruk het en dus as 'n potensiële bedreiging beskou is. In so 'n geval sou die lede geregverdig wees om op die bedreiging te reageer. Maar dit is die wyse waarop hulle dit gedoen het

5

wat tot woedende openbare reaksie gelei het. Die video wys hoe 'n hele aantal swaar gewapende polisielede in privaatdrag twee mense wat op die grond lê aanhoudend skop en slaan. En dit terwyl die slagoffers duidelik geen weerstand bied nie. Dit is onduidelik waar die derde persoon was.

Hierdie voorval en die openbare reaksie daarop het die nasionale kommissaris, generaal Fannie Masemola, genoodsaak om die lede se optrede in die openbare te veroordeel en te bevestig dat kriminele en dissiplinêre stappe gedoen sal word. Agt lede van die PBE is intussen gearresteer en staar nou ernstige kriminele en dissiplinêre aanklagte in die gesig.

Maar sonder hierdie beeldmateriaal en die wye mediadekking daarvan is die kanse waarskynlik goed dat die betrokke lede skotvry daarvan sou afgekom het.

Ek kan daarom nie help om te wonder hoe ons in die 'goeie ou dae' sou gelyk het as daar tóé reeds hierdie tipe tegnologie beskikbaar was nie. En ek dink ons weet almal dat baie van ons in die goeie ou dae ook nie altyd so voortreflik in ons optrede was nie.

Moet asseblief nie dink dat ek fout vind met hierdie vorm van openbare aanspreeklikheid nie. Inteendeel, ek moedig dit aan. In die sestien jaar wat ek as oud-polisieman by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) gewerk het was my hoof navorsingsfokus misdaad en polisiëring. Dit het gereelde objektiewe kommentaar op die polisie en polisieoptrede ingesluit. Die hoofdoel hiervan was om magsmisbruik en ander onprofessionele gedrag uit te wys in die hoop dat dit tot 'n meer doeltreffende en professionele polisiediens sou lei.

Maar in my kommentaar het ek soms ook heimlik skynheilig gevoel. Ek is by tye gedwing om terug te dink aan voorvalle en magsvergrype waar ons ook nie altyd aanspreeklik gehou is nie. Gewoonlik weens 'n gebrek aan bewyse. En ek praat nie nou van ernstige menseregte vergrype soos dié wat voor die Waarheid- en Versoeningskomitee (WVK) ontbloot is nie, maar algemene wangedrag en magsmisbruike soos 'n klap hier, 'n vuishou daar of ander hardhandige optrede wat baiekeer totaal onnodig en onwettig was.

6

Natuurlik was daar in daardie dae gewoonlik gevolge vir wangedrag en ander misbruike wanneer dit onder die aandag van ons bevelvoerders gekom het. Soms is dit deur slagoffers en/of ooggetuies gerapporteer of in die tradisionele media soos dit destyds bestaan het en wat ook goeie werk in hierdie verband gedoen het. Die wete dat ons optrede tog op een of ander manier tot ernstige gevolge vir ons sou lei het destyds verseker 'n demper geplaas op die mate waarin hierdie misbruike en wangedrag voorgekom het.

En dit is dalk hier waar die SAP en SAPD 'n tweede groot verskil het. Terwyl wangedrag en ander vergrype deesdae makliker ontbloot word hoofsaaklik as gevolg van sosiale media is die logiese verwagting dat daar ook groter aanspreeklikheid behoort te wees. Maar die teenoorgestelde gebeur. Amptelike polisieverslae toon byvoorbeeld dat dissiplinêre verhore die afgelope tien jaar met 75% afgeneem het terwyl siviele eise wat die polisie gedurende dieselfde tydperk uitbetaal het, hoofsaaklik vir onregmatige arrestasies en aanranding, met 343% toegeneem het.

Maar terug by my inleidende opmerkings oor ons eie periodieke wangedrag in die 'goeie ou dae' en die feit dat ons ook dikwels daarmee weggekom het. Ek wil slegs een goeie voorbeeld uit my eie verlede kortliks uitlig. Dit verwys na 'n voorval in die vroeë 1970's toe ek 'n sersant in Germiston was.

Ek en my vriend en kollega, Hein Kilian, was een nag besig met patrollie en radiobeheer was betreklik stil. Ons het stadig gery en ons toegespits op plekke waar misdaad meer gereeld voorgekom het. Skielik, uit die bloute, het iemand iets onverstaanbaar oor die polisieradio geskree. Ons het eers gedink dis iemand wat dronk is of gekskeer maar dit het gou duidelik geword dat een of meer persone onwettig beheer van 'n polisievoertuig geneem het, dit eintlik gekaap het. En hulle het 'n rojale tyd met die polisieradio gehad! Radiobeheer het tevergeefs met die betrokke polisielede probeer kontak maak.

Ten spyte van die geskree oor die radio en dalk eerder te danke daaraan kon ons vasstel dat dit 'n speurdervoertuig by ons buurstasie, Katlehong, was en dat twee speurders deur die kapers in die gekaapte voertuig gevange gehou word. Radiobeheer en enigiemand anders wat met die

7

kapers wou praat is lelik gevloek en daar is gedreig om die lede dood te skiet. Toe Radiobeheer ons opdrag gee om te gaan ondersoek instel was ons eintlik alreeds amper daar. Maar ons het so 'n bietjie misleidende inligting oor ons ligging deurgegee om die kapers te laat glo dat ons baie verder weg is.

In daardie stadium het die diensoffisier (wie se naam ek doelbewus weerhou al is hy jare terug reeds oorlede) se stem ook oor die radio weerklink. Hy het natuurlik gesê wie hy is en wou by Radiobeheer weet wat die situasie is. Aangesien hy sy naam oor die lug genoem het kon die kapers hom by name vloek en sommer ook sy Ma bysleep. Dit was uiteraard vir dié offisier hoogs aanstootlik en hy het woedend gereageer. Deel hiervan was 'n direkte opdrag aan ons om die kapers te gaan soek en dat hy self ook oppad is soontoe.

Intussen is nog voertuie by buurstasies gemobiliseer om bystand te verleen maar teen daardie tyd was ons al in Katlehong.

En toe gebeur dinge onverwags en baie vinnig. Ons het pas oor die treinspoor Katlehong binne gery toe ons die gekaapte voertuig reg voor ons oor 'n vierrigting kruising sien jaag. Die spoed en roekelose wyse waarop hulle gery het, het ons onmiddellik laat besef dat dit die gekaapte polisievoertuig is. Na 'n kort jaagtog kon ons die voertuig tot stilstand bring en die drie kapers met behulp van die twee gekaapte speurders onder bedwang kry en boei. Maar ons moes wild keer toe die speurders wou wraak neem - daar het nog 'n strafsaak voorgelê en ernstige beserings sou verduidelik moes word.

Radiobeheer is ingelig dat die kapers gearresteer is en dat ons oppad was Katlehong polisiestasie toe. Terwyl ons in die aanklagkantoor besig was met die papierwerk het die diensoffisier daar opgedaag. Die drie geboeide kapers het langs mekaar op 'n bankie gesit en die offisier wou by my weet watter een van die drie hom en sy Ma so gevloek het. In daardie stadium het ek natuurlik geen idee gehad nie en sommer na die naaste een beduie. Sonder om te aarsel het die offisier die man bygedam en hom so hard geklap dat hy met boeie en al, kop eerste, die vloer getref het. Ons kon hom darem weer ophelp en terug op die bankie kry.

8

Gelukkig het hy, behalwe vir 'n bloeiende mond, geen ander opsigtelike beserings getoon nie.

Sover ek weet het die betrokke kaper nooit 'n aanrandingsklagte gelê nie en het die voorval in die aanklagkantoor geen verdere gevolge gehad nie. Nou wonder ek maar net. Die kapers was in boeie, duidelik in bedwang en nie langer 'n bedreiging vir enigiemand nie. Wat sou die gevolge gewees het as iemand hierdie voorval op video vasgelê en via sosiale media die wêreld ingestuur het? Hoe sou ons gelyk het as dit op nasionale televisie vertoon was? En nie net die aggressie van die betrokke offisier nie maar ook die passiewe optrede van al die lede teenwoordig. Die howe het hulle oor die jare heen verskeie kere uitgespreek oor die regsplig van polisielede teenwoordig in sulke omstandighede.

Dit is teen hierdie agtergrond dat ek mettertyd geleer het om te kritiseer waar dit nodig is maar om dit te doen met meer ewewigtigheid en verantwoordelikheid. Anders as in die jare toe ons nog jonk en voortvarend was, vind byna alles wat die polisie vandag doen plaas onder die skerp soeklig van 'n alomteenwoordige sosiale media. Daarom is die vraag vir my nie óf ons kommentaar moet lewer nie maar veel eerder hoé ons dit doen. Wat is die feite? En as die feite toon dat daar inderdaad magsvergrype was is daar, ongeag die verlede, geen twyfel dat ons ons stemme ook moet voeg by dié wat verseker dat daar aanspreeklikheid is nie.

Johan Burger 3 Augustus 2023

-ooOoo-

Dramatiese heldedaad

Op 26-27 Junie 1973, terwyl hulle grensdiens gedoen het, het 'n seksie gerapporteer dat 'n lid, konstabel Minnie, van 'n krans afgestort en konstabel Heydenrich hom teen die hange van die ravyn vasgeloop het. Konstabel Heydenrich het onder lewensgevaarlike omstandighede aan 'n boom gehang. 'n Reddingspan is per helikopter na die toneel ontbied onder leiding van luitenant Nicolaas Johannes (Nico) Slabber. Nadat konstabel Minnie se lyk verwyder is, is daar na konstabel Heydenrich

9

begin soek, aangesien dit alreeds skemer was. Heydenrich is opgemerk waar hy ongeveer 60 meter laer af teen die hang van die ravyn vir lewe en dood aan 'n dun boompie geklou het.

Die dekorasie word deur Staatspresident JJ Fouché aan lt. Nico Slabber oorhandig

Na verskeie mislukte pogings om die tou tot by Heydenrich te kry, het luitenant Slabber besluit om teen die hang van die ravyn af te klim om sodoende die tou by Heydenrich te kry.

Nadat luitenant Slabber omtrent 23 meter afgeklim het tot op 'n rotslys en hom daarop kon balanseer kon hy toe die reddingstou by Heydenrich kry.

Konstabel Heydenrich wat al 6 ure aan die boompie geklou het was erg getraumatiseerd en kon met aanmoediging van luitenant Slabber tot op die rotslys vorder. Die paniekerige Heydenrich het aan luitenant Slabber vasgeklou wat meegebring het dat die rotslys waarop hulle gestaan het meegegee het onder die addisionele gewig. Beide lede het 'n paar meter na benede geval waartydens luitenant Slabber se uniform geskeur en die glas van sy polshorlosie ook gebreek het.

Nadat luitenant Slabber konstabel Heydenrich gekalmeer het, is hulle met behulp van konstabels Huisamen en Gerber na bo getrek. As gevolg van die spanning het konstabel Heydenrich sy bewussyn verloor en is hy onmiddellik per helikopter na die naaste hospitaal vervoer vir behandeling.

Op 13 November 1974 het die Staatspresident die dekorasie, Die SuidAfrikaanse Polisiekruis vir Dapperheid aan luitenant Nicolaas Johannes Slabber oorhandig vir die uitnemende heldedaad wat hy verrig het deur sy eie lewe in gevaar te stel om dié van konstabel Heydenrich te red.

10

Luitenant Slabber het dan ook die reg verkry om die titel Praefecturae Crux Fortitudinis" agter sy naam te skryf. Konstabel Gerber en Huisamen is albei vereer met die Suid-Afrikaanse Polisiester vir Verdienste medalje.

Luitenant Nico Slabber kom uit 'n gesin van polisielede waar sy vader en twee broers almal lede van die Suid-Afrikaanse Polisie was. Vroeg in sy loopbaan het verskeie kollegas al voorspel dat hy nog diep spore in die Suid-Afrikaanse Polisie sal trap.

Die voorspelling het waar geword. Hy het op 5 Februarie 2000, met die rang van luitenant-generaal eervol as die Provinsiale Kommissaris van die Oos-Kaap met pensioen uit die Mag getree

Bron: 50-jaar Gedenkblad: Bond van Oud-Polisiebeamptes, 2021 -ooOoo-

Genl.maj. Johan Booysen se boek

Met die tweede herdruk (2022) van sy boek, BLOOD ON THEIR HANDS, het generaal Johan Booysen ‘n addisionele epiloog (postscript) bygevoeg. Met Johan se toestemming het ek die gedeelte geskandeer en word dit hier onder aangeheg.

Vir dié van u wat die boek nog nie gelees het nie, beveel ek dit baie sterk aan. Dis een van die gevalle waar geregtigheid geseëvier het - en nog steeds in die proses is om te seëvier.

Dit is nou welbekend dat hy, ondanks die talle aanslae deur sommige van die destydse NVG-lede en selfs die SAPD teen hom gevoer het om van hom ontslae te raak, hy sy rug styf gemaak het. Hy het deurentyd sy man gestaan en teruggeveg.

Dit laat mens onwillekeurig dink aan die gedig TROU van Jan F Cilliers:

11

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan; Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan; ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk; en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan.

Hier onder volg generaal Johan Booysen se laaste woord (of dalk nie?) oor die pad wat hy moes loop om heel anderkant uit te kom:

-ooOoo-

Updated Postscript – October 2022

Working on this book with Jessica was quite an adventure, even for a hardened career cop like me. We spent almost 18 months at it, meeting wherever it was convenient, be it at coffee shops in Joburg or Durban, or somewhere in between. She met my family, my friends and my colleagues in an attempt to inject personality and emotion into my often over-factual ‘cops don’t cry’ account of what I had experienced at the receiving end of crooked police, politicians and prosecutors and their useful implementing idiots.

It wasn’t always easy to work out the agendas of the multitude of role players pitted against me. Some were motivated by fear and mistrust, others by greed and revenge, and putting down in words the dynamics at play at any given time was a challenge for both of us. I couldn’t have wished for a better author to tell my story.

Time and time again, my probes into the miscreants within the National Prosecuting Authority (NPA) and the police were thwarted by those with vested interests in shutting me up, and eventually we had to make a call about where the narrative would end. The publisher was keen to get the book onto the shelves by Christmas 2016 and, after many last-minute changes, it was launched in September of that year at the Open Book Festival in Cape Town. Within a fortnight, the first edition was sold out. Unfortunately, the printers were experiencing a paper shortage and it

12
Johan Ferreira Redakteur

took a while before Blood on their Hands was in circulation again. For several weeks, it occupied the number-one spot for book sales in the local non-fiction genre. Ironically, given the subject matter, it also became one of those books kept ‘behind the counter’ in some stores, because of theft.

Every major newspaper except the Sunday Times carried articles on the book and we gave talks and launches far and wide – from Greytown to Grahamstown, Bloemfontein to Franschhoek, Ballito to Mbombela.

The extent of state capture only became known after publication and it was then that much of what had happened to me began making more sense to others. I will attempt to narrate what has unfolded since.

I retired from the police with full benefits and took up a position as national head of investigations with a major security company. I wasn’t ready to be a pensioner.

Just about every reprobate involved in trying to neutralise my investigations and cut short my career in the police has subsequently had his or her comeuppance.

Once Shaun ‘The Sheep’ Abrahams had been removed as National Director of Public Prosecutions (NDPP) by virtue of a Constitutional Court ruling, Shamila Batohi became head of the NPA. She had experience as Director of Public Prosecutions in KwaZulu-Natal and had worked at the International Criminal Court in The Hague. After she took office, she appointed four senior state advocates under the leadership of the Western Cape Director of Public Prosecutions, Rodney de Kock, to review the case against the Cato Manor unit and me. I imagined that, with the NPA having lost the previous review application with costs, Batohi wanted to avoid wasting more money and manpower.

As it turned out, the case against us was non-existent. It was permeated with anomalies, improbabilities and errors of law. The memorandum that accompanied the application to prosecute us for racketeering contained falsehoods, fabrications and misrepresentations.

13

The aim of those insistent on prosecuting us was to keep me out of my post at the behest of their political masters.

In July 2019, Batohi announced that all charges were to be dropped against Cato Manor and me. She also directed the DPP in KZN, Elaine Khuzwayo, to review the predicate charges (those that ultimately made up the racketeering charges, the shooting of wanted criminals during gun- fights). Khuzwayo’s conclusion was that not a single count was sustainable.

The De Kock report exposed how prosecutors had connived to fabricate a case against us, reinforcing what I had claimed in court papers all along. This time, however, it had come from the NPA itself.

The Prosecutors

Nomgcobo Jiba: As a result of Judge Trevor Gorven’s findings in my review application against Jiba, I filed criminal charges and testified against her in an inquiry into her fitness to hold office. Retired Constitutional Court Judge Yvonne Mokgoro, who presided over the hearing, recommended that Jiba be removed from her post. On 26 April 2019, she was fired by President Cyril Ramaphosa.

The charges Shaun Abrahams had withdrawn against Jiba were challenged in court by Freedom Under Law, and the court effectively reinstated the charges against her. She is yet to stand trial.

Lawrence Mrwebi: Mrwebi had attempted to interfere with our investigation into politically connected businessman Thoshan Panday, and was indirectly responsible for the resignation of the prosecutor handling the Panday case. Bheki Manyathi now practises in the private sector, lost to the NPA. Mrwebi was fired for the role he played in the infamous Richard Mdluli affair.

Shaun Abrahams: After vacating his NDPP post in 2018, Abrahams had an unsuccessful stint prosecuting cases in Botswana, followed by a period in the Lesotho High Court as a defence counsel. In January 2022, Lesotho Chief Justice Sakoane Sakoane barred Abrahams from a case for ‘double

14

booking’ court dates. At home in South Africa, Abrahams faces possible criminal charges for allegedly misleading the court when his decision to withdraw charges against Jiba was taken on review by Freedom Under Law.

Moipone Noko: The former KZN DPP was criticised for withdrawing racketeering charges against KZN ANC officials Mike Mabuyakhulu and Peggy Nkonyeni, and for her role in recommending my prosecution for racketeering. She also withdrew corruption charges against Colonel Navin Madhoe and Thoshan Panday, who tried to bribe me with R2 million. In May 2021, after being notified that she was to face an enquiry into her conduct, Noko resigned.

Sello Maema: I filed criminal charges against Maema for lying in a prosecution memorandum to procure authorisation to prosecute me. When I filed a second review application, he repeated the lies in court papers. In an email, he admitted to the De Kock panel that he had ‘imposed’ the signature of a witness onto an unsigned statement that contained ‘mistakes’. This could only have been to create the impression that the witness had signed the statement.

I have written to the NDPP to express my dismay that Maema is still allowed to practise, and a retired prosecutor has been appointed to investigate errant prosecutors, including Maema. He will have to account for his alleged criminal conduct, along with Jiba, Mrwebi, Noko and the like.

Raymond Mathenjwa: A cunning operator, Mathenjwa clearly did the bidding of Jiba and Abrahams, yet never got his hands dirty in the Cato Manor prosecution. He led the prosecution team’s farcical attempt to oppose bail for the first batch of Cato Manor arrestees. He also served on a panel appointed by then minister Nathi ‘Fire Pool’ Nhleko to investigate complaints against ex-police commissioner Riah Phiyega. I was one of the complainants.

Before Abrahams was kicked out, he promoted Mathenjwa, probably as quid pro quo for services rendered. But President Jacob Zuma was ousted

15

before he could ratify the promotion and President Cyril Ramaphosa refused to sign it, effectively reversing Zuma’s NPA appointees.

Law enforcement

Riah Phiyega: Appointed SAPS National Commissioner by Jacob Zuma, with no experience in the police, she tried to have controversial Crime Intelligence boss Richard Mdluli, who faced serious criminal charges, reinstated after he was suspended, but fought fiercely and, in the end, failed to get me fired.

In September 2013, Phiyega was criticised for her support of Mdluli by High Court Judge John Murphy in the case Freedom Under Law versus the National Commissioner and others.

Phiyega was herself ultimately found unfit to hold office by Justice Neels Claassen.

General Mmamonnye Ngobeni: Emanating from her attempts to stop the investigation and for receiving gratification from Panday, the former KZN provincial commissioner who interfered with the Panday investigation is currently standing trial – along with Panday and others –for racketeering.

In November 2018, I was summoned to testify at an inquiry into her fitness to hold office. Before the inquiry commenced, her advocate, William Mokhari, expressed surprise that I was at the hearing and asked for a two-day postponement to reconsider their options. That evening, I received a call telling me my evidence would not be required. Ngobeni had decided to resign.

General Berning Ntlemeza: He was eventually demoted and forced to retire by Police Minister Fikile Mbalula, who pitched up at Ntlemeza’s office to give him the boot. I decided to pay Ntlemeza a visit at his office at Silverton on the same day and learnt that he had fled in an official police car to avoid the media. Sorry to have missed him, I left a signed copy of my book with his staff officer, with the message: Enjoy the pension, Berning!

16

General Jan Mabula: Mabula: Who investigated Cato Manor and me, is currently in court facing criminal charges for covering up the torture and murder of a suspect in a heist case. He and his ‘rogue investigating unit’ are facing charges of extortion, assault and kidnapping, nearly 16 years after the alleged crimes took place.

Colonel Navin Madhoe: The colonel who placed the money in the boot of my car is facing racketeering charges, along with Ngobeni, Panday and others, including retired Captain Aswin Narainpershad.

Colonel Rajen Aiyer: The prosecution’s key witness against Cato Manor and me, Aiyer was fired from the police in 2017 for misconduct. He is currently facing charges in the Durban Magistrate’s Court for fabricating evidence in an unrelated matter. He was also arrested in a different case after he made a false statement to obtain a warrant of arrest for a woman. That case too is pending in court.

The Sunday Times

In October 2018, I was approached by the then newly appointed editor at the Sunday Times, Bongani Siqoko, who had realised that his attempts to resuscitate the image of the flailing newspaper would come to nothing as long as I was crisscrossing the country reminding everyone of the lies that had been printed about me and others.

Siqoko and I had coffee at Lynwood Bridge in Pretoria, where he told me that the newspaper was turning over a new leaf. The Cato Manor story would be retracted and I was given the opportunity to write a full page, unedited, which I duly did.

The retraction of the Cato Manor and SARS rogue unit stories attracted a new buzzword in local journalism: ‘FAKE NEWS’. As a result, the South African National Editors’ Forum held an enquiry into Media Ethics and Credibility, with retired Judge Kathleen Satchwell presiding. In April 2021 the findings of the commission were published to avoid a similar situation in the future.

17

The journalists

Mzilikazi wa Afrika and Stephan Hofstatter, who peddled the story that I had headed a death squad, were ultimately the architects of their own demise. After the Sunday Times apologised to me, both journalists left the newspaper. The official version was that they had parted ways with the paper. But I know they were pushed.

Hofstatter was publicly humiliated at the launch of his book, Licence to Loot, in September 2018. The event was cut short when protesters –among them, members of the so-called SARS rogue unit, who had lost their jobs – confronted Hofstatter. The only response Hofstatter proffered was a feeble, unconvincing apology. The publishers cancelled all other launches of the book.

In 2019, Hofstatter and Wa Afrika were stripped of the prestigious Taco Kuiper investigative journalism award for their false story about the Cato Manor ‘death squad’. The convenor of the award committee, Professor Anton Harber, later published a book titled For the Record examining the circumstances under which South African journalism had sunk to such lows.

Civil claim

I am currently suing the National Prosecuting Authority and SAPS for wrongful arrest and malicious prosecution.

Conclusion

I do not take delight in the misfortune of others, nor do I actively seek vengeance, but I have a keen sense of fairness and I shed no tears for those facing the music for what they did to our country and to the careers of some of its best-trained and most effective police officers. Three Cato Manor detectives died while on suspension and I’m convinced that stress emanating from their persecution played a role in their demise as well as that of others who turned to alcohol to cope and whose marriages fell apart as they faced financial ruin.

18

In November 2021 I was awarded the medal Stella Officii Egrigii Gold (SOEG), ‘for services of particular meritorious nature’, by the Minister of Police.

Notes

1. Bill Freund. December 2013. ‘Social Order and Organisation in Vanderbijlpark and Sasolburg: The Company Towns of the Vaal Triangle 1940–90’. Paper delivered at the 8th New Frontiers in African Economic History Workshop, Lund.

2. Sarah M Mathis. ‘From War Leaders to Freedom Fighters: Forms of Violence in Umbumbulu in the 1980s and 90’s. Journal of Natal and Zulu History. KZN HAAS. 27 April 2005. Accessed 25 June 2016 http://www.kznhass-history.net/files/seminars/Mathis2005.pdf Unpublished paper. Permission from author

3. TRC Final Report. 15 April 2016. Accessed 25 June 2016. Volume 3, Chapter 3, Sub-Section http://sabctrc.saha.org.za/reports/volume3/chapter3/subsection31.htm

4. Mathis, ‘From War Leaders to Freedom Fighters’.

5. Vusi Pikoli and Mandy Wiener. 2014. My Second Initiation: The Memoir of Vusi Pikoli. Pan Macmillan South Africa, page 353.

To Nicky, whose idea it was; to Brenda, Joy, Philippa, Mary and William for lodgings and writing havens in Nottingham Road, Hilton, Pietermaritzburg and Durban; to Andrea N and all at Pan Macmillan for infinite patience and professionalism; and to my late uncle Theo for the means to make it happen.

I have lived my passion. My 40-year career with the police has been extraordinary. I have worked with some amazingly talented police officers and I salute each one of them. Thank you to those who stood by me while I faced persecution: My church, my colleagues and the public who urged me to seek justice.

19

To my family, whose unwavering support helped me through challenging times, I know the pain and uncertainty you have suffered. In the dark corridors of power, truth is often the first casualty of those who will stop at nothing to achieve their goals, allowing graft and deceit to triumph and riding roughshod over whoever stands in their way.

Understanding the dynamics behind why my colleagues and I were persecuted, why the National Prosecuting Authority targeted me, why some within the Directorate of Priority Crime Investigation and the cabinet wanted me gone, is complex. There isn’t a simple answer, but there is a fairly simple recipe. It takes several protagonists, each with an agenda and a common enemy; a handful of useful idiots and a shoal of circling sharks.

Such a recipe has the ability to create a perfect storm, similar to the one that hit me in 2011. It has left many casualties in its five-year wake.

This is my story. This is my truth.

-ooOoo-

Johan W Booysen Durban, July 2016

20
General Johan Booysen testifying at the Zondo Commission

Sharon has their faces taped.

Detective Sergeant Sharon Holmes, identikit expert from Pretoria, creating a “suspect” with the new Magnaface kit.

From left: Looking like something out of a science-fiction feature, a blank “clone” receives a new hairstyle. Still frightening to look at, but slowly starting to resemble a human. Eyes and a nose added and a mouth about to be placed. Presto! Another suspect is ready for issue.

21

Detective Sergeant Sharon Holmes lands at DF Malan airport and emerges into the bright sunshine carrying several suitcases full of "dissected" eyes, ears, noses, and mouths.

She is greeted by members of the Peninsula murder and robbery unit and whisked to their Bishop Lavis headquarters where she opens her luggage and begins the task she has been flown down for creating a visual likeness of the faces of two men who committed serious offences here recently.

Sergeant Holmes is a 27-year-old identikit expert and yesterday afternoon sat for hours painstakingly creating pictures of the suspects.

Last Wednesday a young woman was raped.

Yesterday afternoon the victim relived the horror of her ordeal as she sat and described the rapist while Sergeant Holmes shows her sets of eyes, noses, ears, and mouths. “That's him!”

Slowly a likeness of the suspect emerges, the victim says, “that's him" and Captain Johan Kleyn, investigating officer in this case, is one step closer to arresting a rapist.

In another incident last week, a building society was robbed of R12 000 by an armed robber who posed as an auditor.

Within hours a life-like image of the suspect is in the hands of the detectives thanks to Sergeant Holmes and the co-operation of the victim.

Identikit photographs have been used successfully in this country since 1980 and in many cases have led to arrest of a suspect.

But until recently, the identikit pictures were not very professional, were in mono-chromatic and often rather misleading, said Sergeant Holmes.

The South African Police now have a unique colour identikit system and is the first force in the world use it.

22

Unfortunately, the components of the new system apply only to races other than white.

Months of research

“It has taken many months of research to build up system we now have and in a few months time we will be able to re-produce pictures of white suspects in colour as well she says, as she demonstrates her art to us.

She takes out a horrible looking, life-size, science fiction "clone" face, without distinct features, from a collection.

"Pretty frightening to look at," she said as she reaches into another file and emerges clutching a hand of staring eyes in beautiful polaroid colour.

Within a few minutes I am staring into the face of man I could someday meet, this how realistic the new system is.

"The colour Magnaface identikit system was developed in South Africa and though not complete yet, can create the likeness of anybody in this country”, she said as she smilingly started placing eyes, a nose and mouth on the board.

I have a suspicion that if a culprit looks at the identikit, he may just as well see himself in the mirror every morning.

The Weekend Argus Newspaper May 30, 1984. Cape Town.

Fleur

-ooOoo-

Dis met groot nostalgie dat ons kan terugdink aan die legendariese Fleur. Vir die jonger lede is Fleur net 'n naam; vir die ouer lede van die polisiemag is Fleur 'n legende - die baasperd, die kroondiamant tussen die skitterende juwele wat die berede afdeling van die Suid-Afrikaanse Polisie vorm.

23

Op vierjarige ouderdom is hy vir die koninklike bedrag van vyftig pond deur die polisie gekoop en dadelik na die Kamfersdam polisie remontekamp gestuur om opgelei en makgemaak te word. Nommer A356 is aan hom toegeken en onder sy bolip op sy tandvleis getatoeëer. Met sy opleiding agter die rug is Fleur verplaas na Aucklandpark, waar hy op patrolliediens geplaas was. Soos wat die geval is met geregsdienaars, is verplasings 'n alledaagsheid en ook Fleur was dit nie gespaar nie. Hy is weer eens verplaas, die keer na Wynberg, Johannesburg. En dit was dáár waar Fleur se talente raakgesien is.

Fleur – met die destydse sersant Tulleken op sy rug

Soos die toeval dit wou hê het daar in 1954 'n tekort aan perde in die Polisiekollege ontstaan wat vir belangrike seremoniële funksies gebruik kon word. Net die bestes en aansienlikstes moes gesoek word, want een van die funksies was begeleiding van Goewerneurs-generaal by die Parlementsopeninge. Fleur is onmiddellik deur die keurders raakgesien en het op 18 September 1954 sy opwagting by die Kollege gemaak. Sy afrigting het begin. Hy het geleer om vinnig en fyn te trippel, te draf en te pronk. Hy het gewoond geraak aan juigende skares en blaasorkeste.

Maar Fleur was nie net intelligent nie; hy was ook statig, trots en van nature spoggerig. Sy deftige houding het hom spoedig die leier van die ander perde gemaak.

Dit was ook nie lank nie of hy was bekend aan en bemind deur almal wat hom sien optree het. Vanaf 1955 tot 1962 was hy die voorperd by die Parlementsopening, maar Fleur het ook geskitter tydens herdenkingsfeeste, tentoonstellings, uitpassseringsparades, militêre- en Staatsbegrafnisse en by talle ander geleenthede. Hy was die bekendste perd van sy tyd in Suid-Afrika. Fleur was sy eie stamboek.

24

In 1963 kon hy deelneem aan die 50-jarige bestaan van die SuidAfrikaanse Polisie en by die groot seremoniële feesgeleenthede in Pretoria, Johannesburg en Bloemfontein het hy trots opgetree. Soos te wagte was Fleur feitlik as 'n reël by tentoonstellings bekroon. Hy was die netste en beste en saam met sy ruiter, die ewe bekende brigadier Louis Snyman, was hy een. Ryperd en ruiter het mekaar verstaan. Hulle gedissiplineerdheid was 'n talent - 'n fyn ontwikkelde kuns.

Fleur het sy roemryke hoogtepunt bereik, maar meteens het die noodlot toegeslaan. Hy het 'n beenaandoening gekry en teen die einde van 1963 was hy erg kruppel. Toe selfs 'n operasie sy toestand nie kon laat verbeter nie, is hy gedurende 1964 op pensioen geplaas. Dit was ondenkbaar om Fleur ‘n genadebrood te gee. Soos aan polisie-pensioenarisse is aan hom ook 'n welkome ruskans gegun en 'n rustige oudag. Die vryheid van die Kollegegronde was hom toegesê en hy kon wei waar en wanneer hy wou - verkieslik was dit skynbaar altyd die grasperke, want daar het almal wat verbykom hom geliefkoos, vertroetel en bederf met lekkers, groenvoer en wortels.

'n Mens wonder wat hy moes gedink het - as perde kón dink - en berede polisiemanne glo dis wél die geval. Was sy herinneringe daar by Kerkplein op 31 Mei 1961 toe hy die glorieryke geleide gedoen het tydens die inhuldiging van die eerste Staatspresident van die nuwe Republiek van Suid-Afrika? Of het hy dalk getob oor die hartseer dag toe hy statig gestap het in die stoet van wyle advokaat Hans Strijdom, in lewe Eerste Minister van die Unie? Was hy nie dalk vol vrese dat hy tog maar verjaag sou word om van honger en koue om te kom of aan 'n wreedaard verkoop sou word om 'n stadige marteldood te sterf nie? Of was dit wat hy in woorde sou wou sê dalk dieselfde as wat 'n onbekende skrywer hom toegesê het:

"My liewe baas, neem u my lewe op die barmhartige manier en u God sal u hierna beloon?"

Fleur was groots en bestem vir roem. Maar iets in hom het hom ook nederig gemaak. Hy het sy ratsheid en spoed getemper met grasie; sy vurige oë kon in liefde versag; sy staal-stywe spiere het sy ruiter soos 'n wieg gedra; hy was 'n vors op sy troon, wat met oordeel kon pronk.

25

Indien A.G. Visser hom geken het sou hy dalk net sy gedig "Voorslag" so kon laat afsluit:

"Aangeland in die Hiernamaalse Velde Sou ons van die Aarde net een ding begeer. Gee ons die beste, die trouste van Vrinde, Fleur, ons ou baasperd, gee hom vir ons weer".

Fleur is in 1970 in sy geliefde Kollege oorlede, versorg en bemind tot op die laaste.

Deur Marius de W Dippenaar, in Polisie- praatjies en pensketse: pp 4,5. Uitgegee in 1983 deur die Suid-Afrikaanse Polisie, ten bate van die Suid-Afrikaanse Bejaardesorgfonds

-ooOoo-

Om ‘n perd in te breek (oftewel, wat dan van caritas?)

“Om ‘n perd in te breek kan net sowel die afbreek van die perd beteken. Die breek van die perd se wil”. So vertel Salie my, my ou Wes-Transvaalse genoot, ‘n vriendskap van meer as ‘n halfeeu tussen ons, perdeman van formaat.

Ek weet nie veel van perde, perdesport en ander perde-dinge nie (tipies magal1 ) maar ek het vir Salie en ‘n klompie ander “baby boomer” berede manne en -vroue uit Suid-Afrikaanse polisiegeledere in my lewe. (Die pre-“baby boomers” is nou al oorlede, maar ons onthou hulle nog steeds). Ongelooflike mense, kundig, toegewyd en tot oorlopens toe vol van liefde vir die dier. Ek het hierdie mense dopgehou van vroeg in ons polisietyd af, toe pensteek nog gimkana was, en almal van ons oom Paul se foto van daardie skousprong geken het. Ek het hulle sien suksesse behaal, sportkleure ontvang, innoverend optree, ek besit ‘n kopie van hulle gedenkalbums – dit staan op ‘n spesiale plek in my studeerkamer.

1 In ou polisietaal is ‘n “magal” ‘n voetpolisiebeampte, teenoor ‘n “bosluis” vir ‘n beredepolisiebeampte.

26

Uiteindelik het ek hulle gesien waar hulle probeer red het wat te redde was.

Ek mag dalk nie veel van perde weet nie, maar ek het perde -mensvriende, bewondering in my gees, en ‘n goeie verbeelding …

In my geestesoog, tydens my gesprek met Salie oor die inbreek van die perd, sien ek ‘n verslane dier. ‘n Kop wat hang, natgeswete lyf, dowwe oё, hortende asem. Al die krag, spoed, ratsheid en instinkte van ‘n fantastiese kragtige spiermassa met ‘n intuïtiewe verstaan van die wêreld, ‘n gevoel waarvoor min mense die perd krediet gee, verneder tot ‘n tweedehandse skepsel onder dwang. Net sodat ‘n mens (wat eintlik tot fantastiese liefde in staat is) sy of haar mag oor die dier kan bewys. ‘n Oorheersingsdrang, ver groter en dieper en hoër as wat deur die Skepper bedoel is. Die gevolg van ‘n oordrewe selfbeskouing (en ‘n gepaardgaande devaluasie van die ander) of ‘n onhanteerde minderwaardigheidskompleks (wat met die hulp van ‘n meerderwaardigheidsbeskouing kragvoer moet kry).

Dit hoef nie so te wees nie. Gewoonlik kan mens met ‘n perd begin werk, saggies en liefdevol, vanaf geboorte al. Mens kan die vul saamvat op die pad van ‘n toekomstige vennootskap waarin die mens-vennoot sorg en liefhê en die perd-vennoot aan die mens sy hele perd-wees skenk, onvoorwaardelik en met vrywillige oorgawe (wat tog ook liefde is. Liefde is dus nie net tot die mens beperk nie). Dis dalk so ‘n perd, een wat deur hierdie lewenspad geloop het, wat eendag liefdevol en rustig en binne ‘n kort tydjie ‘n saal op die rug aanvaar. Sodat die perd vir die persoon op sy rug kan gee wat net die perd kan gee: diens, werk, sport, plesier, fantastiese vermoëns, die beeldskone voorkoms…

Sommige perde word groot sonder die vanaf-geboorte-af voorbereiding. Salie vertel my van die koppelperd-metode: die perd wat nog nooit ‘n mens op sy rug gehad het nie word gekoppel aan ‘n perd wat al hieraan

27
Genl.maj. Chris Botha

gewoond is. Die mens en die koppelperd werk saam, en stelselmatig word die nuwe perd geleer om iemand op die rug toe te laat. Sommige perde is natuurlike leermeesters. Sommige mense is natuurlike perd-fluisteraars.

Ander perde is weer natuurlike terapeute. Daar is baie stories van perde wat aangewend word om die wêreld ‘n beter plek te maak vir siek mense, sê Salie. Dit is asof die perd net eenvoudig verstaan wat aan die gang is en saam met die mens voel. Dis asof die perd weet dat hier meer aandag, sorg, liefde nodig is. Dis asof caritas, as begrip, deur die perd se wese verstaan word, beter as wat so baie mense verstaan.

Salie laat my dink. Ek dink die perd is inherent goed, en weet instinktief wat die mens dink. Ek dink die perd weet wanneer die mens vals is, wanneer die mens onderdanigheid wil afdwing, wanneer die mens se inherente boosheid op die punt staan om uit te dop. Ek dink die perd weet wanneer die mens lieg, wanneer die mens se aggressie begin opkook, dat die mens eerder “baas” as “vennoot” wil wees. Ek dink die perd weet wanneer hy slegs maar moet maak of hy die mens aanvaar, sodat die dier die tyd kan afwag om van die mens af weg te hardloop…

Mens moet liefs nie ‘n perd “inbreek” nie, dink ek. Mens moet liefs nie die perd oordonder nie, mishandel nie, verwaarloos nie. Dit sal beter wees om so met die perd te werk dat die dier die mens vanself sal aanvaar, en alles sal gee wat die dier vir die mens kan gee.

Maar dan moet die mens self ‘n liefdevolle, eerlike, reguit en openlike pad met die dier loop. Die perd sal dit aanvoel.

‘n Caritaspad.

Ek dink Suid-Afrika se ANC-in-regering kan uit hierdie mens-perd storie iets leer. Indien Suid-Afrika se ANC-in-regering wil, natuurlik …

Bydrae deur genl.maj. Chris Botha Hartenbos, September 2023

-ooOoo-

28

Gert Potgieter – Polisie Sportheld

Van ons ouer lede sal onthou dat Gert Potgieter in die jare vyftig een van Suid-Afrika se groot sporthelde was. Hy het ‘n paar keer vir NoordTransvaal as rugbyspeler op die veld gedraf, maar hy sal eintlik onthou word vir die wêreldrekord wat hy in 1958 tydens die Statebondspele in Cardiff in die 440 tree-hekkies opgestel het.

Sy rugbyloopbaan is kortgeknip weens ‘n besering, maar dit het hom nie verhinder om die hoogste sport in sy atletiekloopbaan te bereik nie.

Potgieter was 'n gunsteling om die goue medalje by die Olimpiese Somerspele van 1960 te wen, maar is twee weke tevore ernstig beseer in 'n motorongeluk in Duitsland, wat sy loopbaan effektief op die ouderdom van 23 beëindig het. Ten spyte van 'n gedeeltelike verlies van sig, ná jare se fisioterapie het hy wel daarin geslaag om terug te keer om die SuidAfrikaanse kampioenskap in die tienkamp in 1966 te wen.

Potgieter was destyds ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie sportklub, wat in daardie jare in byna elke sportsoort uitgeblink het. Atlete wie se name ek uit die vuis kan onthou, is onder andere Gert Potgieter, Cobus Malan, Nick Janeke, Cois Swanepoel, Sakkie van Zyl en Johan Fourie.

Die generaalsklub is geëerd om vandag een van daardie atlete, naamlik generaal Cobus Malan as lid te hê.

Generaal Cobus Malan was ook ‘n hekkies-atleet van daardie era en vertel met ‘n effense glimlag dat hy gereeld teen Gert Potgieter in wedlope meegeding het, maar dat hy helaas elke keer tweede viool na Gert moes speel.

Die artikel hieronder het op 17 Julie 2023 in Die Burger verskyn, en dit word graag woordeliks hieronder herhaal.

Johan Ferreira Pretoria -Julie 2023

-ooOoo-

29

‘n Onvergeetlike SA wonderseun

Die Statebondspele van 1958, waaraan 1130 atlete van 35 lande deelgeneem het, is op 18 Julie daardie jaar deur prins Philip geopen.

Dit was op hierdie byeenkoms dat die Suid-Afrikaanse atleet Gert Potgieter sy onuitwisbare plek in die annale van Suid-Afrikaanse sport gevestig het.

‘n Mens kan Paul Dobson se boek Great moments in South African Sport, wat in 1988 verskyn het, moeilik neersit. Ook die stories agter die stories word aangrypend en onderhoudend deur die skrywer vertel.

Die hoofstuk getiteld "Triomf en tragedie" handel oor die loopbaan van Gert Potgieter. Dit was van hom wat daardie doyen van sportskrywers, oubaas A.C. Parker, geskryf het: "Of all the top sportsmen I've known, Gerhardus Cornelius Potgieter ranks as the most unforgettable character".

Potgieter was 'n groot held in Suid-Afrika in die laat 1950's. Ek kan onthou dat ek as klein seuntjie in Heilbron in die Vrystaat op ‘n keer saam met my pa na 'n atletiekbyeenkoms is waar Potgieter gehardloop het. My pa het vanuit die paviljoene die vlieënde hekkiesatleet afgeneem met sy 8mm rolprentkamera. Ek onthou hoe trots hy daarna was as hy gereeld aan kuiergaste die flikkerende beelde van ons atletiekheld kon wys. Potgieter het die hoogtepunt van sy internasionale loopbaan 65 jaar gelede bereik op die Statebondspele in 1958 in Wallis. Potgieter, wat weens beserings so byna-byna uit die Suid-Afrikaanse span weggelaat is, het nie net die 440 treë-hekkies op daardie roemryke middag in 'n volgepakte Cardiffstadion gewen nie, hy het boonop 'n nuwe wêreldrekord van 49.7 sekondes opgestel. 0,2 van ‘n sekonde vinniger as die vorige rekordtyd van Glenn Davis.

In daardie stadium het daar reeds 'n reeks terugslae en beserings agter die 21-jarige atleet gelê wat menige ander sportman se moed sou breek.

30

Potgieter moes voor daardie wêreldrekord in 1958 'n ernstige nekbesering oorkom wat hy in ‘n rugbywedstryd opgedoen het.

Hy het in ses wedstryde as senter vir Noord-Transvaal opgedraf voordat hy sy nek so ernstig beseer het dat hy byna twee maande lank in gips was.

Potgieter seil met grasie oor die hekkies

Hy kon eers enkele maande voor die Statebondspele weer begin oefen. Net toe hy op dreef begin kom, doen hy 'n slegte dyspierbesering op by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Bloemfontein. Toe die proewe vir die Statebondspele in Durban gehou word, kan hy glad nie deelneem nie. Hy moet 'n week voor die Springbokke se vertrek sy fiksheid bewys deur 'n gewone 440 tree te hardloop. Sy tyd is nie goed genoeg nie en twee dae voor die span se vertrek moet hy ook 'n 440 tree hekkies hardloop om te bewys dat hy gereed is. Toe eers word hy in die span ingesluit.

Die res is geskiedenis.

31

In 1959 wen hy die 440 tree-hekkies op die Wêreldspele in Helsinki. In April 1960, op die Olimpiese Spele in Rome voor die deur, verbeter hy sy eie wêreldrekord op ‘n byeenkoms in Bloemfontein toe hy die 440 tree hekkies in 'n ongelooflike 49.3 sekondes afblits.

Maar toe tref 'n ramp hom in Duitsland, waar hy vir die Spele voorberei. Potgieter word ernstig in 'n motorongeluk beseer. Suid-Afrika se groot hoop vir die Olimpiese Spele, die wonderseun van hekkies, word bewusteloos in 'n hospitaal in Heidelberg (Duitsland) opgeneem waar daar in ‘n drie uur lange operasie om sy lewe geveg word. Ook die terugslag sou hy oorkom, maar Potgieter sou nooit weer die prestasies van voor sy ongeluk herhaal nie.

En daardie grootste droom van enige atleet, 'n goue medalje op die Olimpiese Spele, was hom nie beskore nie.

Gert Potgieter, wat in 1962 met die Duitse Olimpiese atleet Renate Junker getroud is, is in die jaar 2000 aangewys as Suid-Afrika se Mansatleet van die 20ste eeu.

Berig in Die Burger deur Albe Grobbelaar 17 Julie 2023, p7 -ooOoo-

32
Gert Potgieter in sy gloriedae Gert Potgieter in sy goue jare

Mev. Ans van der Merwe, eggenote van wyle generaal Johan van der Merwe

Sy was nog altyd ‘n doodgewone, plat-op-die aarde vrou – ‘n eggenote, ma en tuisteskepper.

Om vir haar man en gesin te sorg en haar talente te gebruik om hulle huis ‘n ware tuiste te maak, was genoeg vir haar. As sy vertel van haar huwelik met Johan, is daar sommer ‘n vonkel in haar oë…

Op 25 Augustus 1956 is hulle in Springs in die huwelik bevestig – Anna Johanna Catharina Badenhorst en Johannes Velde van der Merwe. Dit was ook Johan, of Oubaas soos die familie hom genoem het, se 20ste verjaarsdag. Vir 66 jaar sou hulle dié dag as hulle huweliksherdenking en Johan se verjaarsdag vier.

Min het hulle geweet watter ongewone, maar wonderlike draaie die lewe met hulle sou loop gedurende die 66 jaar.

Ans het van die begin af geweet die lewe saam met ‘n polisieman gaan nie maklik wees nie. Nadat hulle getroud is, het hulle in Johannesburg gewoon. Geld was maar skraps en Ans se ouma het gehelp met noodsaaklikhede soos ‘n wasmasjien ens. Uiteindelik kon hulle genoeg geld spaar om ‘n karretjie te koop – ‘n roomkleurige Peugeot. Ongelukkig was die karretjie nie in ‘n goeie toestand nie, geld vir ‘n motorwerktuigkundige was daar nie, dus moes Johan self ure spandeer om dit uiteindelik padvaardig te kry. Vanaf Johannesburg is hulle eers Standerton en daarna Pretoria toe.

Volgende is Johan Ficksburg toe verplaas as grenspos-bevelvoerder. Hier was Ans baie gelukkig en sy onthou hoe sy dikwels saam met haar man gery het om polisiestasies en grensposte te besoek. Sy onthou hoe sy haar breiwerk saamgeneem het om haar besig te hou terwyl Johan besig was.

33
Ans van der Merwe

Geld om klere te koop vir die kinders was daar nie, so sy het self klere gemaak en truitjies gebrei. Die landelike omgewing in Ficksburg was ook die ideale plek om hulle kinders groot te maak. Die gesin het dikwels gaan stap en selfs die koppie voor hulle huis geklim.

Toe word Johan aangestel as Hoof van die Vrystaatse Veiligheidstak en hulle is Bloemfontein toe. Vanaf 1970 tot 1979 was die Van der Merweegpaar so gelukkig om in Bloemfontein te bly waar hulle twee oudste kinders gematrikuleer het.

Johan was dikwels weg van die huis tydens operasies. Ans het geweet dat gevaar deel was van sy werk en was maar altyd onrustig as hy weg was. Hy het egter nooit sy werk met haar bespreek nie en sy was totaal onbewus van presies hoe gevaarlik sy werk was. Eers jare later sou hy staaltjies met haar en sy gesin deel oor wat tydens sommige operasies gebeur het. Gedurende dié tyd was Ans ook maar dikwels op haar eie saam met die kinders terwyl Johan weg was; gevolglik was die dissiplinering van die vier kinders primêr haar taak. Ironies genoeg het Johan glad nie daarvan gehou om die kinders te tugtig nie, so al was hy tuis was dit steeds haar verantwoordelikheid.

Aan die einde van 1979 word Johan verplaas Windhoek toe. Was dit sleg vir Ans om so dikwels te moes oppak om na ‘n nuwe, vreemde plek toe te trek? Ja, maar sy het geweet dis deel van ‘n polisieman se lewe en sy het dit so aanvaar. Die verplasing Windhoek toe was egter anders. Ver van haar vriende en familie met Johan wat nog meer weg was van die huis. Sy het nie juis vriende daar gehad nie en was baie eensaam. Boonop het Johan besluit om homself verder te bekwaam en het hy begin om deur Unisa vir sy B.Juris-graad te studeer.

Bedags het hy gewerk en saans het hy gesit en studeer. Ans was baie bly toe sy hoor hulle is terug verplaas Pretoria toe. Teen dié tyd was al die kinders uit die huis buiten vir die jongste seun.

Op 1 Januarie 1990 word Johan van der Merwe aangestel as Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie en daarmee verander hulle lewens weer

34

soos handomkeer. Skielik was daar ‘n magdom formele gesellighede wat hulle moes bywoon. Hulle het vir ses maande in Pretoria gebly en moes dan oppak om vir ses maande in die Kaap te bly. Hulle moes baie reis. Dit het baie opofferinge van beide Johan en Ans geverg.

Ans, wat nog altyd net ‘n tuisteskepper was en in die agtergrond beweeg het, moes skielik op die voorgrond tree en sy moes dikwels toesprake lewer. Dit het selfs gebeur dat sy ‘n paar minute voor die tyd ingelig is dat daar van haar verwag word om ‘n toespraak te lewer en dan moes sy uit die vuis praat, wat vir haar geweldig spanningvol was.

Polisie-parades was vir haar heerlik, want dit was onder andere deur kollegas van Johan en hulle gades bygewoon. Vir Ans was dit lekker om tussen hulle te wees, want teen daardie tyd was hulle amper soos familie vir haar. Op 31 Maart 1995 tree Johan van der Merwe af en die egpaar bly in hulle Pretoriase huis aan met die verwagting van ‘n rustige, genotvolle tyd wat voorlê.

Toe kom die Waarheid- en Versoeningskommissie … ‘n Dolle tyd het gevolg. Johan was voltyds besig om bewyse bymekaar te maak, sy geheue te verfris en talle vergaderings is met oud-kollegas gehou. Hy het altyd ligtelik oor die gebeure met Ans gepraat, dus het sy nooit werklik besef hoe ernstig die situasie was nie. Vir Johan was dit belangrik dat sy vrou en gesin hulle nie oor hom moet bekommer nie.

As Ans vandag terugkyk op haar huwelik van 66 jaar en die lewe as ‘n polisieman, spesifiek Johan van der Merwe, se vrou sou sy niks wou verander nie. Dit was 66 wonderlike jare ten spyte van al die swaarkry en opofferings.

Alles was die moeite werd omdat sy haar geliefde man, Oubaas, aan haar sy gehad het!

Bydrae deur mev. Zelda Cornelius, dogter van wyle genl. Johan- en mev. Ans van der Merwe Uit Nongqai vol 14 no 8 Augustus 2003, p23

-ooOoo-

35

Uit Louise Groenewald dagboek: Die dag van die flitslig, taxi’s en Fiji tyd.

(Toe ons gewaarsku is dat die Sikloon Pam ons binnekort gaan tref)

Aaaag, neeee!!! Hoekom het ek nie die dêm flits gecheck nie??

Die wind waai sterk, die reën kom met donker vlae oor die see aangerol, die donker wolke se gemaal en gestoei het verseker nie ‘n kalmerende invloed op my nie.

Ek moet net nog ‘n flits kry want Misa, ons tuinman, sal nie met net een lig oor die weg kom nie. Misa woon soos die meeste tradisionele Fijiane in ’n ”village” en sy vrou is bedlêend. Ek het aanvanklik twee flitse gekoop, maar die een het nie gewerk nie.

Al genade is dat ek maar die wind, weer, reën en die bestuursvermoë van hiieerrie taxibestuurders sal moet aandurf. Hierdie mense van Fiji, mag wel die top gradering vir die vriendelikste mense in die wêreld hê, maar regtig!!! Hulle kan nie bestuur nie. (Daarvoor het ek hulle die laagste gradering in die wêreld gegee). Suid Afrika se taxibestuurders is nie ‘n “patch” teen hierdie nie.

Toe ek by die SODELPA-kantoor (die opposisie party en my rigting aanduider) die draai maak, peil die eerste gevaarte op my af teen ‘n woeste spoed. Een van daai rooi taxi’s. Jy weet, daardie wat die bestuurder se arm by die venster uithang, dit lyk of hy die deur so onder sy blad vasknyp en die hele spulletjie bymekaar hou (soos in die ducktail era, die hare lyk ook nogal so half en half geghries).

Ek is haastig op pad na Cost you Less (wat eintlik Cost You More moes geheet het). Misa moet by die huis kom! Gelukkig het die weer darem bietjie gekalmeer … Maar… wragtag, by die volgende sirkel steur meneer, die “taxidriver”, hom glad nie aan my flikkerlig nie, nee, vat sommer “shortcut” oor die sirkeltjie, reg voor my neus verby. Ons verwag gelukkig hier dat ‘n taxi (eintlik al wat ‘n Fijiaanse bestuurder is) tot enigiets in staat is. Ons is maar baie versigtig, haastig “of te not”.

36

Dankbaar dink ek toe by myself, gelukkig kan jy, ”jou ditse, datse, blerrie stupid”, nie Afrikaans verstaan nie. Anders sou die “Commissiona”, sy vrou, moes kom help met die “annoyance” klag teen haar. (Dis ‘n klagte waarvoor hulle baie lief is hier). Wanneer jy ‘n ou net skeef aankyk of ‘n “nie so mooi” byvoeglike naamwoord, toevoeg, word jy ge-“court en ge“fine”.

Eindelik is ek by Cost you Less en sien die weer gee my darem ‘n kansie. NOU, vir die volgende sessie waarvoor ek krag moet hê. Baie vriendelik en rustig (maar nie in my gemoed nie) gaan ek na die “Care Counter” toe om my probleem met die flits te verduidelik. As ek net kon, sou ek by ‘n ander winkel een gaan koop het, maar daar was nêrens meer flitse beskikbaar nie, en Misa moet nog ‘n flits hê! Ek weet hier sal ek nou moet geduld hê omdat ons nou na Fijityd “mode” toe gaan oorskakel. Ek vertel julle, Afrikatyd is vinnig in vergelyking met Fijityd.

37
Louise by ‘n vlugbal wedstryd

Op my mooiste en vriendelikste Engels, verduidelik ek my probleem aan Mere, die dame agter die toonbank. Mere sê nie ‘n woord nie, haal batterye uit ‘n laai en sit dit in die flits se hol pensie, net soos ek gedoen het, maar nog steeds geen lig ... haal weer die batterye uit en draai hulle om, nog steeds geen lig. Ek loop na die deur toe om die weer dop te hou. Gelukkig is dit nog okay. Intussen het Mere vir Josh geroep en sy het die aftog geblaas. Josh voer dieselfde ritueel uit en besluit hy moet ander batterye ook probeer, maar nee, nog geen lig. Ek vra of ek nie maar net ‘n ander een kan kry nie. Josh roep vir Setita, wat, lyk vir my, bietjie hoër op is. Sy doen dieselfde met ook nog ‘n ander stel batterye. “Ag nee mense, julle kan mos sien die ding werk nie, gee net vir my ‘n ander een, ek is haastig” en vertel die hele storie en die rede hoekom ek NOU die flits wil hê. Nie een sê ‘n woord en loop. Daar staan ek. Eindelik kom Isekeli en doen wragtag weer dieselfde, kyk na my en sê: “No, madam he is “fu..up”, (daardie lelike woord) I think you must get another one”. DIT het ek ook vir hulle van die begin af gesê.

Dankbaar vat ek die flits en begin weer my weg tussen die taxi gevaartes deur met my werkende flitslig. Die weer het ons gelukkig kans gegee dat Misa, nog voor donker en kwaai weer by sy vrou kon uitkom, met twee werkende flitse. Die sikloon het toe wel later die nag sy verskyning gemaak

-ooOoo-

38
Groepfoto van dames van verskillende areas in Fiji met Louise derde van links Bydrae deur mev. Louise Groenewald

Die wonder van reën

Een van die mooiste verhale wat ek nog gehoor het is dié van ‘n majoor wat vertel het van die jong manlike polisiestudent wat diep vanuit die “Boesmanland/Kalahari” gekom het.

Op ‘n dag het die weer toegetrek en dit het begin reën. Die jong man het uit die klas gehardloop en buite in die reën gaan staan. Die majoor is baie vies agterna om uit te vind waar die onbehoorlike gedrag vandaan kom. Die jongman het staande opgekyk na die hemel met trane wat oor sy wange loop. Hy het die majoor vertel dat hy nog nooit reën gesien het nie.

Die klas is verdaag en die hele peloton het saam in die reën gaan staan.

Kaptein Monica Albertse Nongqai Vol 14 No 8 Vroue uitgawe p80 -ooOoo-

Pretoria

Polisie Damesklub vier Vrouedag.

Op 5 Augustus 2023 het ons Pretoria Damesklub Vrouedag feestelik gevier.

Oor jare is dit ‘n tradisie by die Damesklub om tydens Augustus, wat bekend staan as Vrouemaand, skenkings uit Knuppeldik Resepteboek se jaarlikse wins aan Bejaardesorgfonds, Weduwee en Wesefonds en Geriewe- Bystand- en Gestremdefondse te maak. Die feit dat Knuppeldik Trust jaarliks nog donasies kon gee, is danksy toegewyde Polisie-vroue ‘n groot voorreg met erkenning en dank aan ons Hemelse Vader vir Sy Voorsiening.

Knuppeldik Resepteboek is in 1983 as ‘n fondsinsamelingsprojek geïnisieer deur Juliette Neethling, Mollie de Witt, Joey Pienaar en ander vroue. In plaas daarvan om pannekoek en koeksisters te bak is ‘n resepteboek uit die hart en kombuis van ons polisie gesinne as ‘n effektiewe manier beskou om geld in te samel vir die Damesklub en ander verdienstelike projekte. In 1985 verskyn die eerste druk van die

39

Afrikaanse weergawe en kort daarna die Engelse boek bekend as Fit for a King. Die eerste uitgawe het saamgeval met die 75 jarige herdenking van die Suid Afrikaanse Polisie.

Van meet af het die boek goed verkoop. In 1990 kon die Damesklub nie meer die bedryf van die boek hanteer nie en het groeiende inkomste, groter aanvraag en inkomstebelasting implikasies die stigting van ‘n trust genoodsaak. Gedurende 1992 het die Knuppeldik Trust tot stand gekom en die eerste lede was dr Elize Calitz (Voorsitter), Alta Grobler, Doreen Loots, Juliette Neethling, Lena Smit, Lilla van der Merwe en dr Elma Krüger. Vir kort periodes het Rina Grove, Jeanette van Eeden en AnnaBeth Fivaz ook op die Trust gedien.

Na 38 jaar gaan die Trust steeds voort met gewillige, toegewyde en bekwame lede, naamlik Elma Krüger, Lilla van der Merwe, Carien Liebenberg, Elize Deale, Martie Oosthuizen, Annelene Oberholzer en Luitha Wasserman.

40
Dr. Elma Krüger en Mev. Carien Liebenberg

Joey Pienaar is een van ons mees lojale medewerkers in die bedryf van die resepteboek en sal altyd ‘n ereplek in ons dameskring beklee.

Mev Annelene Oberholzer, Luitha & Werner Wasserman en dr. Casper Krüger

In dieselfde gees is ons ook dankbaar dat mevrou Snow Cruywagen, destydse Administrateursvrou van Transvaal, wat die voorwoord in die boek geskryf het, hierdie jaar 96 jaar oud is en nog met helderheid oor hierdie wonderlike boek praat.

Knuppeldik Resepteboek beleef hierdie jaar sy 30ste druk en bly ‘n gewilde kookboek. Vanaf sy ontstaan tot nou het Knuppeldik Trust R5,4 miljoen se skenkings aan die onderskeie Polisiefondse toegeken. Om hierdie goeie nuus met die dames op 5 Augustus te kon deel het ons nie net met dankbaarheid gevul nie, maar ook geïnspireer om aan te hou met die goeie werk.

Eie aan ons Damesklub, was ons ook getrakteer met brigadier Indera Chetty se Indiese curry en rice wat op ‘n koue wintersoggend ‘n groot bederf was.

Op so ‘n dag gaan jy huis toe met vreugde en dankbaarheid teenoor ‘n Damesklub waar vroue met hulle talente woeker en ‘n verskil maak in die gemeenskap.

Bydrae deur dr. Elma Krüger, Voorsitter van die Knuppeldik Trust -ooOoo-

41

Louis, die Laeveld Leeu

-ooOoo-

Om te kan fietsry

Ek het onlangs ‘n storie van kolonel Wynand Schoeman, my Unisastudentemaat van jare gelede, in die Nongqai (Nr. 14 – 7, p. 35) gelees waarin hy verwys na ‘n polisieman wat nie fiets kon ry nie.

Dit het my laat terugdink aan ‘n byna soortgelyke storie – maar met ‘n ander kinkel - wat ongeveer 50 jaar gelede by die Silverton polisiestasie gebeur het.

Diegene wat die Silverton polisiestasie ken, sal weet dat daar ‘n baie steil pad oor die Silverton-rif tussen die polisiestasie in Fakkelstraat en Cussoniastraat in Val de Grace is.

Die motors van daardie jare het net drie ratte gehad, en moes na tweede rat oorskakel om die steil hoogte van Val de Grace se kant aan te durf, dan effens gelyk pad te ry op die kruin van die rif en dan weer ‘n steil afdraande in Fakkelstraat te ry tot by die polisiestasie. Die “retoer-rit” was ewe steil.

Ons stasiebelvoerder, kaptein Gabriël van Rooyen, was ‘n streng offisier. As een van die lede drooggemaak het, het hy hom nie maklik “ge-pêk” nie, maar aan ‘n ander gepaste straf gedink om die lid weer op die regte pad te kry.

Op Silverton was daar ‘n lid, konstabel Pikkie de Bruin, wat kort-kort in die moeilikheid beland het. Hy kon nét nie uit die moeilikheid bly nie. Die

42

kaptein was naderhand taamlik raadop wat om met hom te doen om hom weer op die regte pad te kry.

Hy besluit toe om vir konstabel Pikkie op ‘n strawwe fietspatrollie te pos op ‘n roete wat strek van die polisiestasie, in Fakkelstraat, oor die berg tot anderkant die berg in Cussoniastraat en weer terug. Sy straf was om vir ‘n volle agt-uur skof heen en weer oor die berg met die fiets te “patrolleer”. Dit sou hom leer om die staande orders na te kom.

Konstabel Pikkie, (helaas nie meer met ons nie), het die roete oor die berg net een kyk gegee en met groot bravade gesê dat hy ongelukkig nooit geleer het om fiets te ry nie.

Die kaptein het hom nie so maklik laat wegkom nie, en beveel toe een van die lede om hom te leer ....

Die leermeester sit hom op die fiets, hou agter aan die saal vas, en sê Pikkie moet trap ... dan wikkel hy die handvatsels so links en regs, heenen-weer, en waggel-waggel vorentoe totdat die leermeester die saal los.

Dan slaan Pikkie en die fiets op die grond neer

Die kaptein het egter besluit dat Pikkie die fiets sál ry, al neem dit die hele dag. Maar Pikkie het gesorg dat hy nie geleer gaan word nie en na die soveelste afval slag rapporteer hy dat hy ‘n besering aan diens opgedoen het. Die kaptein het toe, rooi in die gesig van woede, besluit dat Pikkie daardie rondte gewen het.

Of daar wel ‘n beseringsraad gehou is, kan ek nie onthou nie... Johan Ferreira September 2023 -ooOoo-

43

In memoriam

Ons eer die lewens van die ondervermelde lede wat ons ontval het sedert die vorige uitgawe. Alle meegevoel word aan hul naasbestaandes betuig.

Mev Mattie Reynecke

25 Jan 1933 – 4 Sept. 2023

Weduwee van genl.maj. Frik Reynecke

Mev. Elsje van Zyl

2 Sept 1938 – 5 Okt 2023

Weduwee van lt.genl. Frik van Zyl

44
ooOoo-
Malan

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.