"Die Generaal" No 20

Page 1

GENERAALSKLUB NUUS

Junie 2024 Nr. 20

Nuusbrief van die Generaalsklub van die S.A. Polisie

In hierdie uitgawe

Onderwerp Bladsy

Boodskap deur die Voorsitter

Redakteursbrief

Kapelaansbrief

Riglyne vir ons WhatsApp groep

Berig in Die Weste

“Just vat your fish sticks en .....”

‘n Wilde voël se kuiken

‘n Meisie wat op die tafel sit

Opsit in die ou dae

Die Kommissaris verdwyn

‘n Besondere afskeid in Standerton

Om te hoor hoe die tyd verby tik

Die boerseun wat die wêreld aan sy voete gehad het

Hoe gaan dit?

The Dash

Die ouderdom vasstel

Wrange paradysvrug

Huldeblyke -

Genl.maj. Johan de Swardt

Lt.genl. Colin Steyn

Genl.maj. Ted Breytenbach

In memoriam 1 2 3 5 7 8 12 13 15 17 21 24 26 29 30 31 32 33 34 36 38

Boodskap deur die voorsitter

Dit is weer verkiesingstyd en onsekerhede oor die uitslag en sy implikasies knaag maar aan 'n mens. Sulke onsekerhede gaan gewoonlik ook gepaard met 'n veelheid van bekommernisse en dikwels ook, soos iemand by geleentheid geskryf het, verkiesings-angs. Dit is verstaanbaar. Ons kan tog nie apaties hierteenoor staan nie.

Die politieke landskap in Suid-Afrika is tans sover dit politieke partye en ideologieë aan betref erg uiteenlopend en verdeeld. Daar word byvoorbeeld lank reeds gespekuleer oor die moontlikheid dat die ANC se steun in hierdie jaar se verkiesing vir die eerste keer sedert 1994 tot onder 50% kan daal. As gevolg daarvan is daar 'n enorme toename in politieke partye en selfs individue wat aan die verkiesing gaan deelneem.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie is 70 politieke partye en 11 onafhanklike kandidate vir die verkiesing geregistreer.

Die media rapporteer natuurlik deurlopend oor die verkiesing en oor werklike en potensiële alliansievorming met of sonder die ANC. Kundiges en onkundiges spekuleer ook heerlik saam oor hoe 'n toekomstige regering gaan lyk. Dit is ook geen wonder dat al hierdie spekulasie oor 'n moontlike nuwe alliansie-geleide regering SuidAfrikaners bekommerd het nie. Baie van ons wonder oor die aard van so 'n alliansie en hoe dit ons demokrasie gaan raak.

Na dertig jaar van demokrasie is party van ons teen dié tyd al baie skepties oor die impak van ons kruisies. Tog begin dit lyk of daar 'n mate van optimisme aan die ontwikkel is oor die moontlikheid dat eenpartydominansie plek kan maak vir veelparty-samewerking. Maar in watter mate dit reeds na hierdie verkiesing gaan gebeur en hoe dit gaan uitspeel sal net die tyd ons leer.

Een ding waarvan ons wel seker kan wees is dat ons aan 'n klub behoort wat sorg dat ons as oud-kollegas nie alleen is nie en nie van mekaar vervreem raak nie. Dit bind ons saam in 'n sosiale netwerk van gereelde

1

byeenkomste, goeie interne kommunikasie en skep 'n gevoel van 'behoort'. Dit stel ons ook instaat om op 'n deurlopende basis in mekaar se lief en leed te deel en mekaar te ondersteun.

Die generaalsklub toon die afgelope tyd ook sterk tekens van veerkragtigheid. Ons beleef tans 'n tydperk van buitengewone groei sover dit ons ledetal betref al is sommige van ons lede, veral nuwe lede, weens hulle geografiese ligging meesal nie in staat om ons byeenkomste by te woon nie.

Die proses om bepaalde wysigings aan ons klub se grondwet aan te bring het ook reeds ver gevorder en behoort gedurende Mei afgehandel te word. Die voorgestelde wysiging het ten doel om in bepaalde gevalle ook afgetrede generaals van die SA Polisiediens wat nie voorheen in die SA Polisie gedien het nie, toe te laat om by die klub aan te sluit. Die voorlopige aanduidings is dat die wysiging wye ondersteuning onder ons lede geniet.

Ek bedank graag weer ons bestuurskomitee en ons medewerkers vir hulle harde werk agter die skerms om te verseker dat ons klub optimaal funksioneer.

En laastens dink ek ook aan al ons lede wat sedert ons vorige nuusbrief hul geliefdes aan die dood moes afstaan; wat siek is of in die afgelope tyd operasies ondergaan het. Baie sterkte aan u almal.

Ek groet u tot 'n volgende keer.

Dr Johan Burger Mei 2024

Redakteursbrief

-ooOoo-

Feitlik almal van ons is lede van ons WhatsApp groep. Dit het weer tyd geword om opnuut te besin oor die moets en moenies van hoe die WhatsApp groep moet funksioneer. As administrateur van die groep, en in oorleg met ons bestuurskomitee, is besluit om ‘n paar riglyne vir ons groep in hierdie uitgawe te plaas. Dit is nie net vir ons gevestigde lede

2

nie, maar ook ter insae van die nuwe lede wat onlangs by die Generaalsklub aangesluit het.

Pas na haar afsterwe, het wyle generaal Colin Steyn ‘n nuusbrokkie uit ‘n vergeelde koerantuitknipsel van 1954 oor ‘n jong dame wat ‘n groot prestasie behaal het, aan my gestuur. Hy is self nie lank daarna nie, oorlede.

Dan is daar stories oor ‘n wilde voël se kuiken; twee hengelaars sonder ‘n lisensie; ‘n paar bygelofies waaraan ons ouers, en moontlik selfs vandag nog deur sommige van ons geglo word.

Daar is ook ‘n artikel oor ons groot sportheld, Gert Potgieter, en nog meer.

Dan doen ek weer ‘n beroep op ons lesers, ook die lede wat onlangs by ons aangesluit het, om bydraes – veral interessante, humoristiese en selfs tragiese gebeure in hul dienstyd - vir plasing in ons nuusbrief aan my te stuur.

Johan Ferreira Pretoria – Mei 2024 -ooOoo-

Kapelaansbrief:

Orde!

Lede van die ou SAP was die voorste linie in die handhawing van wet en orde. In die opsig was ons die instrument in God se hand om chaos en anargie teë te staan. ‘n Ordelike samelewing en waarborg van veiligheid was hoog op die prioriteitslys. Elke afdeling van die polisiemag het meegewerk om hierdie doelstellings te verseker. Ons lees in Genesis 1:1 en 2. “In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.”

Dit beteken dat God materie geskep het; alles wat sintuiglik waargeneem kan word. Die Hebreeuse teks “tohu bawohu,” beteken daar was chaos op die wêreld-vloed. Omdat God ‘n God van orde is, het Hy die chaos aangespreek. So sien ons die ordening van die “chaos” in die verhale van die ses dae en ook die van die tuin van Eden. Ons moet onthou dat die

3

eerste paar hoofstukke van die Bybel voortgekom het uit die verhale wat van geslag tot geslag oorgelewer was en daarom kry ons verskillende weergawes. Die feit is dat al die verhale een ding beklemtoon, naamlik dat God die Skepper is. Die materie van grond, water, sterre en planete, asook alles wat lewe kan voortbring, word georden.

Gen 1: 27-28. “God het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere wat op die aarde kruip.” So kry die mens sy plek as die kroon van God se skepping en sy opdrag om te heers en “beheers”(Ou vertaling); om orde te handhaaf!

Die emansipasie van die mensdom het meegebring dat hy sy plek in God se rangorde vergeet het. God het nie gesterf en die mens is in Sy plek aangestel nie! Tog, iewers langs die pad het die meeste mense wêreldwyd besluit dat hulle nie meer aan God antwoord nie en die skepping kan hanteer soos wat hulle goeddink! Die ekonomie tel meer as God se orde en daarom kan aardverwarming maar plaasvind tot op daardie punt waar omkeer nie meer moontlik nie! Woude word vernietig vir die bevrediging van die mens se selfsug! Kerkgang en erkenning van God se oppermag kwyn wêreldwyd! Die gevolg is dat dit lyk asof die Alomteenwoordige God die mensdom tot orde roep deur die natuurrampe wat wêreldwyd; ja ook in ons land, plaasvind. Die vloede, orkane, vuur en winde is besig om die mens se ankers in wêreldsgoedere te vernietig! Wanneer gaan ons luister? Gaan daar ‘n dag kom waar die gebede van gelowiges en die pleitredes van kundiges, deur wêreldleiers gehoor en daarop ag gegee word? Ons kan net hoop en bid dat ons nasate ‘n wêreld sal hê waar dit moontlik sal wees om te bestaan.

Die mens; die kroon van God se skepping, moet weer sy plek as die een wat namens God orde handhaaf, inneem!

4
Dr. Casper Krüger

Seënwense.

Casper Krüger

Mei 2024

-ooOoo-

Riglyne vir ons WhatsApp groep

Agtergrond:

Omdat daar tot in 2016 nog van die poskantoor gebruik gemaak was om met ons lede te kommunikeer, het briewe óf nooit by hul bestemming uitgekom nie, óf te laat. Die WhatsApp groep is toe gestig, want sonder ‘n effektiewe kommunikasiekanaal, het die moontlikheid bestaan dat die klub sou doodloop.

Die doel van ons groep was om mekaar se lief en leed te deel en om aktuele inligting met mekaar te deel.

Aanvanklik is die groep positief ontvang, maar sommige van ons lede het nie gehou van video’s, soetsappige traktaatjies, grappies en gewaagde stories nie. Om te verhoed dat ons WhatsApp groep, soos baie ander, misbruik word, is daar besluit om ‘n paar riglyne daar te stel. Indien elkeen van ons elke dag boodskappe sou plaas wat nie met ons beginsels ooreenstem nie, sou ons die doel daarvan misloop.

Onder die leiding van wyle generaal Johan van der Merwe, destyds die voorsitter van die Generaalsklub, is die volgende leuse vir die WhatsApp groep aanvaar, wat die volgende riglyne bevat:

ONS LEUSE

Ons deel graag in mekaar se lief en leed Wissel gedagtes oor aktuele sake

Beur mekaar op met boodskappe van geloof en hoop Lag saam oor humor en alles wat in ligte luim is Maar doen niks wat nie met ons Christelike beginsels versoenbaar is nie

Ons is lede van die Generaalsklub in durf en daad

5

Ons kan dalk nie almal tevrede stel oor die onderwerpe wat geplaas word nie en gevolglik is daar is ook besluit dat ons verdraagsaam moet wees en as ons nie van ‘n plasing hou nie, ons dit bloot kon ignoreer of skrap.

Tans gaan dit redelik goed, maar daar word soms tog onvanpaste boodskappe geplaas – soms onwetend of deur die verkeerde knoppie te druk.

Om daardie rede, en ook ter wille van ons nuwe lede, is daar besluit om ons lede te herinner aan die gevestigde riglyne wat nagekom behoort te word:

Aanvaarbare boodskappe:

Gelukwensings met verjaardae; boodskappe van medelye by die afsterwe van lede; kennisgewings van byeenkomste; morele ondersteuning aan lede wat bejaard en ongesteld is; aspekte wat ons lede raak, prestasies van ons kinders (en seker ook klein- en agterkleinkinders!) en ander dinge wat ons raak, soos ons pensioenfonds en Polmed; ens.

Onaanvaarbare boodskappe:

Haatspraak, sensasionele en ongeloofwaardige plasings, rassisme, kritiek op mense se geloof, kultuur of politieke oortuigings, beledigings, boodskappe wat swak smaak openbaar; onwelvoeglike foto’s en video grepe, en persoonlike aanvalle op lede.

Wat tans groot ergernis veroorsaak, is die “Live Chat” opsie. Dit is ongelukkig ‘n funksie wat op WhatsApp groepe opgedring is en kan nie verwyder word nie. Vermy asseblief die blou strepies regs bo op die groep.

Vermy liefs ook Tik-tok musiekvideos en “forwarded many times”stories wat nie bydra tot die doelstellings van ons groep nie. Sulke boodskappe, as iemand dit wil versprei, moet eerder aan sy eie kontakte gestuur word en nie op die groep nie. Indien daar onvanpaste stories op ons WhatsApp groep geplaas word, sal daar nie gehuiwer word om dit uit te wis nie.

6

Slotsom

Ons WhatsApp groep is tans die belangrikste kanaal hoe ons kontak met mekaar behou. Soms lol dinge maar ‘n bietjie, want sommige van ons weet dalk nie altyd watter knoppies om te druk nie, meestal per ongeluk en onopsetlik, maar ons verdra dit met liefde.

Nie almal van ons het rekenaars en epos nie, maar deesdae het byna almal van ons ‘n slimfoon en WhatsApp. Dit is die maklikste en goedkoopste manier om die kameraadskap en vriendskap met ons lede in stand te hou, en dien ook as ‘n gesels platform waar ons ons wel en weë op ‘n fatsoenlike manier met mekaar kan deel en lewendig hou.

Die administrateur het die gesag om onvanpaste of onwettige plasings te verwyder. Die administrateur is inderdaad, saam met die persoon wat so ‘n boodskap plaas, strafregtelik aanspreeklik as die wet oortree word en hy versuim om dit te verwyder.

Kyk gerus na die volgende skakel oor die riglyne wat ‘n kenner oor WhatsApp groepe gepubliseer het:

https://305hive.com/whatsapp-and-group-chat-golden-rules/

Johan Ferreira Mei 2024

-ooOoo-

Berig in Die Weste – ‘n plaaslike nuusblad in die destydse Wes-Transvaal in 1954:

‘n Afrikaanssprekende dametjie van Klerksdorp het die besondere prestasie behaal om in die intermediêre handelseksamen 3000 leerlinge in die Unie uit te stof om die hoogste aantal punte in Engels te behaal.

Maar dit is nie al nie: In ses van die sewe vakke waarin sy eksamen afgelê het, het sy onderskeidings behaal nl. Engels, boekhou, handel, snelskrif, tikskrif en shorthand junior. Die enigste vak waarin sy nie 'n onderskeiding behaal het nie, is Afrikaans.

7

Dit is die 17-jarige Adri van Wyk, wat in 1954 al die aandag op haar gevestig het deur die hoogste aantal punte in handel (junior) in die Unie te behaal. Sy is ‘n student aan die Hoër Tegniese Kollege Kroonstad en sy is van plan om teen die einde van die jaar haar senior en diplomaeksamens gelyktydig af te lê. As sy daarin slaag, sal sy bepaald geskiedenis maak, want dit het nog maar uiters selde gebeur dat ‘n student so 'n prestasie behaal het.

“Sy was van jongs af maar lief vir lees", het haar moeder mev. C. P. van Wyk, van Fritzstraat, Klerksdorp, gister aan Die Weste gesê. Sy vertel dat Adri een aand nie die boek waarmee sy besig was, wou laat staan nie.

Haar pa was naderhand verplig om die platriem in te lê. Adri het die volgende dag ewe lieftallig teenoor haar pa op gemerk: “Die storie het darem ‘n interessante slot gehad."

Adri was van kleins af 'n skrander kind en aan die Klerksdorpse Hoërskool het sy gereeld eerste gestaan. Op Kroonstad is sy prefek op skool en in die koshuis, sy is lief vir tennis en swem en lees nog baie in vakansietye. Sy is ook 'n goeie debatteerder want onlangs het sy gehelp om 'n inter-kollege debat tussen Kroonstad en Bloemfontein vir haar span te wen.

Op haar jongste rapport was die afdelingshoof, mnr. J.C. van Niekerk, se kommentaar: Adri is 'n uitstaande student wat groot plesier verskaf met haar prestasies en werkywer.

Uit Die Weste: 1954.

-ooOoo-

“Just vat your fish sticks en.. “

Ek was altoos ‘n ywerige visserman. Soos my pa, wat voorsitter was van die S.A. Polisie Hengelklub in Durban. Baie nagte omgesit daar in die hawe, saam met hom en sy groot vriend, die plaaslike hoof van die

8
Adri van Wyk in 1954 (later genl. Colin Steyn se gade)

Dr. Willem Steenkamp

Spoorwegpolisie se veiligheidstak daar, kolonel Hennie Prins. Bedags ook, as ons nie na skool met rugby of krieket doenig was nie, saam met my maats op ons fietse gespring en dan af dokke toe met ons visstokke. So het ek die Waterpolisie goed leer ken. Netjiese manne, altyd vriendelik maar ferm, wat deurentyd aan die patrolleer was. Die groter, nuwe vaartuie was in Afrikaans vernoem na voëlsoorte. Ek kan die “Loerie” en die “Vink” nou nog onthou. Van die ouer, kleiner vaartuie is na vis-soorte vernoem, soos die “Shad”. Ek deel graag ‘n staaltjie wat u lagspiere behoort te prikkel. ‘n Ware verhaal oor hierdie gedugte manne wat nie “nonsens gevat het van kabouters nie” (soos die spreekwoord sê). Sonder aansiens des persoons – soos dit hoort. Vertel uit die perd se bek…

Dis met groot smaak en respek vertel deur advokaat Cecil Rees, later prokureur- generaal van Natal. Ten koste van homself en sy goeie vriend, destydse regter-president O’Kennedy.

Mnr Rees het naamlik een aand aan huis by ons kom eet, en daar is lekker saam gekuier. Want groot rakonteur was hy beslis. En hy het ook my en my pa se liefde vir visvang gedeel. Op hierdie foto van hom, kan mens sommer sien hoe ‘n ondeund-glimlaggende tipe mens hy was.

Ewenwel, regter-president O’Kennedy was net so lief vir visvang as Rees self. Die twee van hulle het toe op die plan gekom om bietjie oor middagetes te gaan lyn natmaak in die hawe, daar op die Esplanade – want die pragtige ou koloniale gebou wat die Durban- en Kus-afdeling van die Hooggeregshof huisves, sit mos reg daar.

Soos die vorige dag afgespreek tussen hulle, bring hulle toe hulle visstokke saam. Maar hulle het nie hengel-lisensies nie. En natuurlik, skaars het hulle hul hoeke in die water gehad, toe kom die Vink ewe flink nader gevaar. Met ‘n rysige blonde boerseun stewig wydsbeen geplant voor in die boeg.

9

Die Waterpolisie se praktyk was om hul patrollieboot so op 90 grade met sy boeg te laat aan-beur teen die trekker-buitebande wat die beton-kaaie aan die waterkant beskerm het (of eerder, die groot skepe se rompe teen wrywing met die harde beton beskerm het).

Die kêrel voor in die boeg kon dan met die persone op die kaai praat en hulle dokumentasie onder oë neem. Volgens advokaat Rees se vertelling, bring die Vink se knap stuurman toe ook die groot seun voor in die boeg, tot hier reg by hulle. Oog tot oog.

“Laaisens!” hoor hulle toe, gebiedend, so op Vrystaatse aksent. Met die jong man wat hulle fronsend-ondersoekend aankyk, sy regterhand uitgestrek om die bewys van wetmatigheid te ontvang, en sy linker-vuis in sy sy geplant.

“Just vat your fish sticks NOW en f...off from my kaai!!”

Ons twee deurlugtiges daar op die kaai, besef toe natuurlik hier’s moeilikheid (dit sal mos nou nie deug as die provinsie se twee hoogste

10

regslui ontbloot word as minagters van die wetlike verpligting om liksens te hê alvorens mens daar in die hawe lyn natmaak nie).

Adv. Cecil Rees, voormalige

PG van Natal

Rees het in Pretoria grootgeword, so hy was nie regtig so pukka Ingels soos baie gebore en getoë Natallers nie. Nietemin, as die spraaksame een kies hy toe as strategie om in sy hoogste Brits die polisieman te probeer beïndruk met wie en wat hulle twee darem nou eintlik is. Iets in die lyn van: “My dear sir, please permit me the pleasure of introducing my learned colleague, the honourable…”

Maar dis net daar wat die jong polisieman hom toe summier kort knip – glad nie lus vir ‘n lang betoog in sulke hoge Rooitaal nie.

“Lis-sêêêns!” kom dit driftig – so met PW-vinger, en met die laaste lettergreep uitgerek.

“I doesn’t care who you two is, OK! You just vat your fish sticks – NOW! – en f@k off my kaai!”

Wat die twee waarde here toe ook dadelik ewe bedees gedoen het – vol van die lag vir hulself, en gevul met respek vir die jong man en sy vermoë tot ondubbelsinnig-heldere kommunikasie, ook in die taal van Shakespeare…

‘n Storie wat Rees met regtige smaak en waardering ten koste van homself oorvertel het, en wat ek (as toe ‘n jongeling daar aan die etenstafel) tot vandag toe met groot plesier onthou. Want daardie Waterpolisie het my ook altyd net soveel beïndruk as vir Rees en sy hogere hengelgenoot.

Dr. Willem Steenkamp (Seun van wyle genl.maj. Frans Steenkamp) https://nongqai.org/photo-album-water-police-durban-harbour/

11

‘n Unieke diensbeëindiging – deur ‘n “Wilde voël se kuiken”

Elke gesoute polisiebeampte kan aan die einde van sy of haar loopbaan getuig van interessante voorvalle (ernstig, tragies, komies - of van watter aard ook al), wat in sy of haar loopbaan gebeur het. Baie kan waarskynlik ook getuig van BUITENGEWONE, selfs UNIEKE voorvalle, hetsy op die operasionele terrein of administratiewe bestuursvlak.

Lt.genl. Chris Serfontein

Ekself het in die veertig jaar van my dienstermyn heelwat voorvalle, enig in hul soort, ervaar. Een daarvan, in die UNIEKE kategorie, het ek in Wachthuis ervaar. Ek vertel nou die eerste keer daarvan omdat die betrokkenes reeds nie meer met en boonop maak ek van skuilname

Meer as veertig jaar gelede. Hoofkantoor. Hy, ‘n speurder sy lewe lank – ook van wat vrees by sommige en ontsag en respek by andere afgedwing het. Hoogs bekwaam en hardwerkend, maar skertsend – dog “wilde voël se kuiken ” of ’n

“skewe pot se deksel!”)

Ek, ‘n majoor wat direk aan hom rapporteer.

Dis ‘n normale weekdag en net na die middagete, toe ek die gang afstap, kom hy skielik haastig – baie haastig – van om die hoek vanuit die speurhoof se kantoor. In die verbygaan die opdrag:

“Majoor, kom na my kantoor!.”

Ek volg hom en staan in afwagting voor sy lessenaar. Hy staan agter sy lessenaar met sy aktetas oop voor hom.

Driftig – baie driftig – beweeg sy hande deur die lessenaar se laaie en stop hy enkele items in sy tas, klap dit toe en gryp sy baadjie van die kapstok af.

“Majoor Chris, ek wil hê dat jy my huis toe vat!”

12

Ek vra versigtig ‘n vraag. Verduidelikend kom dit:

“Kyk ou Chris, ons Ferreiras 1 kom van die Noord-Transvaal se wêreld af ... dis leeuwêreld daardie ... maar ons – ons Ferreiras – sal nie eers dat ‘n leeu op ons kop k..k nie – wat nog te sê van ‘n generaal! Ek f...f nou ... Vat my huis toe asseblief!”

Hy stap driftig hysbak toe – ek agterna.

“Brigadier, wat dan van u voertuig?”

“Dis ‘n staatsvoertuig, julle sal hom daar kry waar hy in die basement staan”, kom die antwoord.

By sy woning aangekom:

“Chris, kry môre my SAP 108 by Rekords en kom haal my vuurwapen en ander persoonlike uitrusting sodat jy dit kan gaan inhandig. As daar enige relevante dokumente is wat ek moet teken, bring dit hier na my toe, asseblief”.

Ek het gemaak soos sy opdrag aan my was.

In die daaropvolgende dae het ek enkele kere tussen my kantoor en sy huis beweeg om formaliteite af te handel – en koffie saam met hom te drink – en hom nooit weer by die kantoor gesien nie.

Ek het nooit van hom of enigiemand anders gehoor wat nie eers ‘n leeu sou toegelaat so om “dit” op sy kop te doen nie – of wat die “leeu” dalk gedoen het - of wou doen!

Met dank aan lt.genl. Chris Serfontein uit sy skatkis van herinneringe! -ooOoo-

‘n

Meisie wat op ‘n tafel sit, land op die rak

Pieter Grobbelaar het in 'n bydrae oor die Afrikaner en sy kultuur alledaagse bygelofies in die verlede ondersoek. Amusant; dalk herken u 'n paar van hulle.

1 Skuilnaam!! (Nie verwant aan die redakteur nie!!)

13

Reeds in 1827 het die Zuid-Afrikaansche Tijdschrift in Kaapstad 'n hele aantal bygelofies aangeteken.

So het 'n man vertel dat hy sy hare op 'n Vrydag laat skeer, want dan groei hulle beter. Sy verduideliking daarvoor?

"Omdat dit de dagen zijn, waarop de Slammers hunnen Godsdienst houden." Sien, die Slamse is as groot towenaars beskou, daarom moet hul erediens die een of ander verborge mag uitoefen.

Dan rits die Zuid-Afrikaansche Tijdschrift die bygelofies af: As 'n hond voor die deur huil, sal 'n lyk daar verby gedra word; is daar 'n voortdurende getik in die kamer, sal 'n kind sterf; breek 'n spieël, sal iemand in die huis ernstig siek word; suis iemand se ore, word daar van hom gepraatas die regteroor suis, word iets goeds van hom gesê en as die linkeroor suis, is dit iets kwaads; jeuk jou regter-hand, sal jy geld ontvang, maar jeuk jou linkerhand, sal jy geld uitgee.

Grobbelaar verskaf verdere algemene voorbeelde: Wanneer jy 'n vurk laat val, kom daar ‘n vrou kuier en val 'n mes, kan 'n man as gas verwag word; val 'n lepel, kom die kinders op besoek en val ‘n vadoek, kom sommer 'n hele paar gaste; ongeluk kom as jy sou mors, of 'n sambreel in die huis oopmaak; om aan iemand 'n mes present te gee, sny die band van vriendskap af; dis ongelukkig om onder 'n leer deur te loop, waarskynlik omdat jy dan die mistieke driehoek verbreek wat dit met die muur en die grond vorm; as jy ‘n perdehoefyster optel, bring dit geluk; en sien jy 'n ster verskiet, kan jy wens en jou wens sal waar word.

Daar was ook verskeie oor mense: 'n Meisie moenie op ‘n tafel sit nie, want dan sal sy nooit 'n man kry nie (dan's sy op die rak, newwermaaind op die tafel); nies jy, praat 'n vriend van jou; en as twee mense dieselfde woord of woorde sê, kan hulle wens.

En dan is daar bygelofies met diere: As 'n hen aanhoudend voor die deur kekkel, kom kuiergaste, of 'n haan voor die deur staan en kraai, of die kat hom was; dit is ongelukkig om 'n by dood te maak; en as 'n haas voor jou oor die pad hardloop, is dit 'n teken van ongeluk.

14
Prof Fransjohan Pretorius

Dae en getalle speel ook 'n belangrike rol in bygelofies. Woensdag is 'n geluksdag, maar Vrydag 'n ongeluksdag, moenie 'n rok op 'n Vrydag knip nie, want dan sal dit nie goed pas nie; 13 is 'n ongelukkige getal, maar sewe is gelukkig (dis natuurlik ook vir die gelowige 'n gelukkige getal in die Bybel).

En tog het die tydskrif De Goede Hoop in 1906 gewaarsku dat bygeloof "tegenstrijdig is met geloof in de heilige, ernstige, almachtige God, en dus een zonde is tegen Hem".

Opsit in die ou dae, oftewel die opsit-gebruike van ons Afrikanervoorouers op die plase in die 19de en vroeg 20ste eeu.

C.W. Hudson en Hennie van der Merwe het nie uit eie ervaring geskryf nie, maar navorsing daaroor gedoen. Om op te sit, was om by 'n meisie op wie 'n jong man verlief was te kuier wanneer die res van die huishouding reeds kooi toe is.

Pas ná hul kerklike aanneming het die jongkêrels begin kuier. Meisies het van hul 14de jaar "oor die onderdeur begin loer"

Vir die jong mense was daar genoeg geleenthede om met die teenoorgestelde geslag kontak te hê en hul "toekomstige deel" (soos dit genoem is) te ontmoet. Daar was feesdae, verjaardae, nagmaalvieringe en pieknieks in die distrik.

Vir 'n skaam jong man was dit nie so maklik om 'n meisie se hand te verower nie. Dan moes hy maar sy eie suster of die meisie se broer of suster as bode gebruik om haar te pols of hy welkom is. Was die tekens gunstig, het hy sy vryperd gereed gekry - wat tradisioneel 'n hings moes wees. "Ou ry-perd!" Die perd is geroskam om al die los hare te verwyder en die stert en maanhare is gevleg en met lyntjies vasgebind sodat hulle teen die Saterdag netjiese kartels maak. Die saal en toom, halter en saalsakke moes skitterskoon wees.

Kuiertyd was Saterdag: As die afstand groot was, is daar vir die naweek oorgebly. Naby die meisie se plaas het die jong man sy kisklere uit die saalsak gehaal om te verklee, sy sakspieëltjie byderhand. Met sy netjiese

15

wit broek of mol-velbroek, 'n glad gestrykte hemp en wit sakdoek wat by die baadjie se boonste sak uitsteek en die kuif plat teen die kop ge-kam, het hy dan op die plaaswerf aangekom. Hy sal na die vryslaapkamer gelei word, "want neef wil seker was". Koffie is geskink en later is daar vir aandete aangesit, gevolg deur boekevat.

As 'n kêrel vir die eerste keer kuier, het 'n ingeboude klasbewussyn ingeskop en wou die meisie se pa weet hoe voer die neef die van en van wafer Petoorse of Lawerskaaings die mannetjie kom. Maar ná boekevat is die oom en tante kamer toe.

Vrypepermente met "Kan ons vanaand opsit?" daarop het skaam jongkêrels gehelp om 'n aanduiding te kry hoe sake staan. Indien die meisie 'n onpaar koppie en piering gegee het, het dit beteken: "Gij hebt geen deel” Totsiens.

'n Rusbank of twee regop stoele in die voorkamer was die vryplek.

Die opsitkers is aangesteek. Wanneer hy uitgebrand het, was die opsit verby. Sout is op die pit gegooi om hom langer te laat brand. Teen

22:00 het 'n kuggie van die pa ook aangedui opsit-tyd is verby. Dis nou slaaptyd of vertrektyd.

En wat het opsit behels? Vanweë Calvinisme swyg die bronne. Preutsheid het kennelik geseëvier sodat sake by ginnegaap, handjies vashou en soene gebly het.

Kerkraadsnotules dui aan dat klagtes van sedeloosheid en gevolglike tugsake min voorgekom het.

Maar hoe sal ons nou weet?

Prof Fransjohan Pretorius; In sy rubriek TERUGBLIK, in die Beeld koerant van 16 en 24 April 2024

Pretorius is 'n emeritus professor in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria.

-ooOoo-

16

Die Kommissaris verdwyn

In sy wysheid – en wys was hy beslis – het Langenhoven een slag soos volg verklaar:

“Afwesigheid is die vyand van liefde en die vriend van vriendskap.”

Nou nie dat generaal De Witt, voormalige kommissaris van die SA Polisie en alom bekend as generaal Hennie, daarvolgens opgetree het nie, want hy was altyd oral waar hy nie verwag is nie. Ja, hy was ‘n betrokke mens, met ‘n besondere sin vir humor. Hy wás die Kommissaris van Polisie en het nie ‘n enkele geleentheid laat verbygaan om sy polisiemanne, waar hulle ookal gestasioneer was, persoonlik met raad en daad by te staan nie.

Maar ongelukkig het die kommissaris ook ‘n personeel wat moet bystaan en veral sy privaatsekretaris moet te alle tye weet waar die polisie se hoof hom bevind en wat hy doen. Om die waarheid te sê, om Kommissaris te wees, is soos om ‘n goudvis in ‘n glas tenk te wees. Jy word gedurig dopgehou en almal weet altyd waar jy is.

Behalwe daardie een enkele dag toe generaal Hennie “ontsnap” het. Hy was glo moeg en uitgeput, sien, want soms het die verpligtinge – veral die seremoniële en sosiale verpligtinge – so tussen die daaglikse werk deur, te veel geraak. ‘n Kwessie van te baie te dikwels. En generaal Hennie was hoeka een wat geglo het jy sê so min as moontlik nee vir ‘n uitnodiging, want elke vriend wat jy wen of behou, is ‘n vriend vir die polisiemag.

Hy was meteens net moeg en knorrig en algar moes net uit sy pad bly. Sy privaatsekretaris, (vrééslik bemind by almal het dit gevolglik sy plig geag om die generaal en sy mense uitmekaar te hou, sodat die Kommissaris iewers in die betrokke dag se program so ‘n bietjie stilte en rustigheid kon kry. Dit het weer die ander polisiegeneraals ommissaris se stilte en en daar was selfs ‘n paar ontstelde brigadiers, maar luitenant Anton het soos die Rots van Gibraltar vas bly staan. Wat sy

17

graad van bemindheid by etlikes so ietwat laat daal het. Nietemin, generaal Hennie het dié besondere dag die geleentheid gekry om die papierwerk op sy lessenaar sonder onderbreking af te handel en daarna toenemend en agterdogtig begin wonder hoe die polisiemag se topbestuur dan sonder sy raad en leiding kon klaarkom.

Niemand het hom dan eens meer geraadpleeg of gepla nie. Selfs luitenant Anton het by navraag bevestig dat niemand hom wou spreek nie. Al het dié toe mos hoeka met so ‘n oop, eerlike gesig gestaan en lieg. Seker gemeen hy verdien ‘n medalje.

Toe het die raaisel begin.

Soos sy gewoonte nou maar eenmaal was, het generaal Hennie, oënskynlik kommerloos en ontspanne, weer na sy kantoor terug gestap. Fluit-fluit en met so ‘n kenmerkende robuuste rokershoesie tussendeur.

Luit. Anton het pas daarna die ruskamer se deur hoor oopgaan, so ‘n eiendomlike kraakgeluidjie wat niemand met olie wil herstel nie, want hoe anders sal hulle weet of die kommissaris hom agter sy lessenaar bevind of dalk nie.

En toe stilte.

Dit het die luitenant gerusgestel, want die generaal was mos veilig op kantoor, oënskynlik vreedsaam en als, en hyself kon met sy werk voortgaan. Dit was juis bykans etenstyd, wanneer generaal Hennie persoonlik sy kantoordeur toegemaak het en die deur sou toebly totdat etenstyd verby is en die normale roetine sy gang kon gaan.

Die stilte vanuit daardie indrukwekkende kantoor het egter bly voortduur.

Die kraakgeluid van die ruskamerdeur is nie weer gehoor nie. Nog minder is die kantoordeur toegemaak toe etenstyd aangebreek het. Selfs die rokershoes, wat periodiek-gereeld vanuit die kantoor gehoor is, het ontbreek.

Dog luitenant Anton ly ook maar aan menslike feilbaarheid. Sy belangrikste eienskap is juis sy tonnelvisie-tipe konsentrasievermoë. As ‘n ding eers eenmaal sy aandag het, kry selfs ‘n donderslag uit die hemele hom nie weer met sy voete terug op die liewe aarde nie. En dis toe mos

18

hoe hy van generaal Hennie vergeet het. Totaal uit sy gedagtes geweer deur telefoonoproepe, besoekers en papierwerk.

Twee ure lank!!

Brigadier Kallie (Tertius Calitz), die Parlementêre Stafoffisier van die Kommissaris, het eerste onraad gemerk. Generaal Hennie was nie in sy kantoor nie. Hy het self daar gaan kyk. En hy wat brig. Kallie is, is juis die een wat van sekonde tot sekonde weet waar die Kommissaris hom bevind. Buitendien, hy moes generaal Hennie dringend spreek.

Luit. Anton het nie ‘n antwoord gehad nie - net met so ‘n vertraagde uitdrukking op sy verskoning-vir-‘n-gesig daar gestaan en winde sluk. Die brigadier was dadelik ergerlik. Die verantwoordelikheidsin van die jonger geslag offisiere was duidelik, na sy mening, nie op standaard nie.

Uiters onbevredigend.

Toe begin die soektog in alle erns. Eers is by al die kantore op die betrokke vloer ingeloer. Tevergeefs. Generaal Hennie was nêrens. Daarna het die personeel uitgesprei en stelselmatig deur die hele gebou begin soek. Selfs die Wageenheid se mense in die voorportaal is ondervra. Niemand het die Kommissaris gesien nie.

Hy het spoorloos verdwyn. Pandemonium!

Nog nooit in die geskiedenis van die SA Polisie is die hele hoofkantoor op een enkele dag so in geheel van stryk gebring nie. Sowat van ‘n gewoel was daar nimmer. Oral het dit soos die gegons van ‘n byenes geklink soos daar bespiegel, gegis, geraai en vermoed is. Die onheilsgedagtes van ‘n ontvoering vanuit onder die privaatsekretaris se neus en ‘n gyselaarsdrama en ‘n losprys, is ook geopper. Welke moontlikheid luit. Anton by voorbaat in gloede laat uitslaan het. Hy kon die koerantopskrifte en die beskuldigende vingers voor sy geestesoog sien. Die gevolge was te aaklig om te bedink.

Maar toe kom sersant Koos Nel, die kommissaris se amptelike motorbestuurder en ‘n snip as daar ooit een was, op die briljante gedagte dat generaal Hennie dalk net moontlik en miskien nog steeds in sy ruskamer mag verkeer. ‘n Moontlikheid wat almal aanvanklik al moes

19

oorweeg het, maar niemand aan gedink het nie – soos dit maar soms in die lewe gaan. Hulle sê mos dat die waarheid eienaardiger as fiksie is.

Hulle vergader toe voor daardie deur soos ‘n skare wat op ‘n belangrike aankondiging wag. En hulle het geluister. Fyn geluister. Totdat sersant Koos en luit. Anton so ‘n agterdogwekkende geluid soos ‘n geroggel of ‘n gesnak na asem of iets gehoor het. So ‘n ongesonde klank, wat dadelik ‘n ander doemgedagte laat ontstaan het.

En hulle raak net daar in ‘n fluister-argument betrokke oor wie die ongelukkige een moes wees om in te loer. Net in te loer, sien, want wie wil tog per slot van rekening die draer van die slegte tyding, wat so onlangs nog as in Bybelse tye doodgeslaan is, oordra. Dog brig. Kallie, daar êrens in die agtergrond, beslis toe dat sersant Koos die een sou wees. Rede onbekend. Sommer net, omdat hy wat die brigadier is so sê en basta! Buitendien, die luitenant het homself as nie-te-vertroue bewys.

Toe draai sersant Koos die knop en loer geknyp-benoud om die deur na binne... in generaal Hennie se paar yskoue blou oë vas.

“Ja, jy wou my ruskamer skelm gebruik, jou blikslaer!” het die generaal laat hoor.

Sersant Koos se floute was op daardie oomblik ‘n baie groot moontlikheid. Sy bene het in suiwer jellie verander.

Vir die res van die “soekgeselskap” was die verligting egter baie groot. Die generaal se verduideliking – baie aanvaarbaar en als, gegewe die omstandighede – was dat hy net ‘n paar oomblikke wou rus. En toe het hy per ongeluk aan die slaap geraak. Niemand het hom daarop gewys dat die “paar oomblikke” ‘n paar uur geword het nie en indien hy dit later self ontdek het, het hy geen aanduiding van sy insig en begrip gegee nie.

Selfs die hele hoofkantoor het bedaar. Baie langsaam ...

Synde ‘n hoogs oplettende persoon, móés generaal Hennie daardie dag iets ongewoons bespeur het. Die hele Generale Staf van die SA Polisie het geleidelik ‘n draai in sy kantoor gegooi en ‘n paar brigadiers het, op die koop toe, ook ‘n verligte draai gaan gooi. Veral brig. Kallie het soos ‘n vlieg in ‘n vreemde omgewing om die Kommissaris gedraai en in die

20

nabyheid geboer. Generaal Hennie was die vriendelikheid en die vrolikheid vanself. Soos een wat binnepret ervaar.

Net luit. Anton het stil op sy stoel bly sit en wroeg. Sowat van selfverwyt was daar op hierdie aardbodem nog nooit. Nou nie dat iemand hulle aan hom gesteur het nie. Sy lyding was sy eie. Boonop was die kommissaris buitengewoon vriendelik teenoor die skepsel. Sodat die luitenant teenoor almal agterdogtig geraak het. En sy eie vermoë betwyfel het.

Op sy eie manier het generaal Hennie net weer sy lewensfilosofie, soos deur Langenhoven verwoord, uitgeleef:

“Dis die smorende vuur wat swaarkry en tog nie die kos kan gaarkry. Die vrolike vlam wat klap en kraak is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak, en sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.”

Sela!

Marius Dippenaar (Servamus Mei 1990)

Uit Nongqai Vol. 15 No 2B (Februarie 2024) pp97-102

-ooOoo-

Eregas by generaal Bob Beukes se afskeid in Standerton

Generaal Johan van der Merwe en generaal Basie Smit het op Saterdag 15 Mei 1992 deel gevorm van 'n groep oud-kollegas van generaal-majoor Bob Beukes, wat op 12 Mei 1992 na 'n dienstydperk van 38 jaar uit die Mag getree het.

Generaal Johan van der Merwe Lt.genl. Basie Smit

Genl.maj. Bob Beukes

21

Vir die eerste keer in Standerton se geskiedenis, het drie generaals van die Suid-Afrikaanse Polisie wat as jong polisiemanne diep spore in die SuidAfrikaanse Polisie getrap het, weer hier ontmoet. Dié keer om 'n kollega wat uittree, generaal-majoor Bob Beukes te groet.

Generaal Beukes was die bevelvoerende offisier: Monitering van Multien bilaterale vredesooreenkomste.

Die Misdaadinligtingsdiens van Oos-Transvaal het as gashere vir die geskiedkundige geleentheid opgetree. Twee skape het van vroegdag af oor die kole gerooster terwyl drie reuse driebeenpotte wydsbeen oor die kole gestaan het met onderskeidelik rooibok, beesstert en skaap.

Generaal Beukes het sy polisieloopbaan in Natal begin waar hy ook later in die huwelik getree het met Elsie van der Merwe. Hy is op 1 Januarie 1959 as die stasiebevelvoerder in Standerton aangestel.

Generaal Basie Smit en generaal van der Merwe is albei in 1961 na Standerton verplaas, onderskeidelik vanaf Balfour van die speurtak en vanaf Bethal as DK-klerk.

In ‘n toespraak het generaal van der Merwe gesê dat Standerton ‘n baie besondere plek vir hulle drie is. Die sameloop van omstandighede het hulle hier saamgegooi en tydens hulle verblyf hier het ‘n baie hegte band ontstaan. Hy het ook gesê dat generaal Beukes ‘n swaar las in sy dienstydperk gedra het en dat ook sy gesin baie keer moes ontbeer vir die land.

Saam het hulle in 1963 ‘n nuwe distrikskantoor in Standerton begin en was hulle ook by die inwyding van die polisiestasie betrokke.

Generaal Beukes se loopbaan in die Misdaadinligtingsdiens (die ou Veiligheidsdiens) het in 1966 by die Polisiehoofkantoor in Pretoria begin, waartydens hy ook 'n draai gemaak het in die destydse Salisbury en Windhoek.

Hy is op 1 Januarie 1990 bevorder tot die rang van generaal-majoor (senior-adjunkkommissaris) en het op sy verjaardag op 12 Mei 1992 uit die diens van die polisie getree.

22

Ook generaal Beukes se gesin en oud-Standerton-kollegas het die betekenisvolle dag met hom in die Walter Kinnearsaal gedeel. Al drie die generaals het 'n geskenk van Standerton Stadsraad ontvang, wat deur die burgemeester, raadslid Ian Thorne, oorhandig is.

Dat die drie polisiemanne saam as jong mans hul loopbane in Standerton afgeskop het en na 29 jaar weer hier saam kon kuier, is nuuswaardig. Dat die drie tegelykertyd as generaals in die Mag gedien het, maak dit nog ‘n merkwaardiger gebeurtenis.

Tydens die afskeidgeselligheid van generaal Beukes was dit egter nie net die drie kollegas wat kleur aan die geleentheid verleen het nie, maar is van hulle oud-kollegas wat in 1963 saamgewerk het op Standerton, as gaste genooi.

Die drie generaals Van der Merwe, Beukes en Smit, het dit as ‘n besondere geleentheid beskou om weer na 29 jaar op Standerton gesellig ‘n aandjie saam met sowat sewe van hulle 1963-kollegas te deel.

Staaltjies het die manne baie gehad om te vertel – soos die aand toe hulle vermoed het dat daar is by ‘n huis ingebreek, aangesien die voordeur wawyd oopgestaan het. Hulle het die huis binnegegaan en uiteindelik die slaapkamerdeur oopgestoot, net om die eienaar rustig aan die slaap in sy bed aan te tref. Laasgenoemde het wakker geword en gevra wat maak hulle daar en gesê hulle moet tog net die deur agter hulle toetrek wanneer hulle uitgaan – omgedraai en verder geslaap.

Dit was in die goeie ou dae van Standerton toe Meyerville nog bekend gestaan het as Blikkiesdorp en daar nog beeste en skape bedags gewei het.

Hierdie manne het diep spore in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Polisie getrap, maar ‘n sagte plekkie vir Standerton sal altyd by hulle wees.

Bydrae deur lt.genl. Basie Smit Melkbosstrand -ooOoo-

23

Om te hoor hoe tyd verbytik

My mediese fonds het al twee jaar gelede vir hierdie oortjies betaal. Dit pas tegelykertyd so knus as so ongemaklik binne-in die ore waarmee ek gebore is.

Die oudioloog het destyds iets gemompel van “tipies stupid polisiemanne met doppies in die ore op skietbane ..”.

Ek het gemaak of ek nie dit hoor nie. Maar dit is tog so. Ons het, as studente en as instrukteurs en as operasionele dun-blou-lyn-staners, baie ure op skietbane deurgebring. Dit was in die dae van die ou polisie. Handwapen, haelgeweer, R1 – noem maar, ons moes met die goed skiet of by wees wanneer ander

Ons was baby boomers, en baby boomer polisiemanne was nie sissies nie (“polisiemanne” en “sissies” was algemene Afrikaanse spreektaal, daar was toe nog nie iets soos wokeness of politiese korrektheid nie), oorbeskermers was goed wat die Minister gedra het wanneer hy ons op die skietbaan besoek het, patroondoppies in die ore was die enigste oorbeskermers wat vir ons beskikbaar was.

Stupid polisiemanne met doppies in die ore op skietbane … Die oudioloog se toets het aangedui dat ek gehoorapparate moet kry. ‘n Verdere stel oortjies om te help met “hoe sê?” en rollende oё gesprekke. En my mediese fonds het vir dit alles betaal. Geen bybetalings van my kant af nodig nie. Sonder sprak of sprook. My mediese fonds het nie geoe of ge-aa nie, dit het die volle rekening betaal. Van toe af loop ek met hierdie wonderlike goedjies rond en hoor alles wat ek partymaal weet ek eintlik maar nie moes gehoor het nie... Ek moes eintlik nie kon hoor nie toe die oudioloog se spreekkamer twee jaar later, nadat ek die verpligte opvolg-besoek afgelê het, my bel en sê ek moet ‘n verwysingsbrief van my geneesheer kry, anders gaan my mediese fonds nie my rekenin g betaal nie. ‘n Verwysingsbrief? Nadat hulle alreeds vir my apparaatjies betaal het en begroot het vir die verwagte toekomstige jaarlikse uitgawe op die state wat hulle vir my aanstuur?

24
Genl.maj. Chris Botha

Volgende jaar, as die Here wil, word ek 70, ek raak aan die aandskof van die lewe, ek het nog baie goed wat ek graag wil skryf, en ek weet mos my tydjie hier is maar 7 of dalk 8 dekades lank, ceteris paribus…

Nou moet ek ‘n afspraak met my geneesheer maak, waarvoor my mediese fonds gaan betaal, om by haar ‘n brief te kry, vir ‘n apparaat waarvoor my mediese fonds klaar betaal het, in my aandskoftyd, wat min kan wees, waarin ek iets kon geskryf het wat dalk vir iemand iets werd kon wees?

En net daar, soos vriend Stefaans van die Bosveld sou sê, raas die ou aap se ketting. Ek onthou mos ek moet ook elke 5 jaar my bestuurderslisensie hernu (sien jy die lang rye met geen sitplekke of toiletgeriewe nie vir die aandskofmense in die ry? Het jy gelees dat Suid-Afrika se enigste masjien wat die bestuurderslisensiekaart kan produseer, alweer stukkend is?) My pistool, wat ek aanhou vir selfverdediging (al lag die Minister van Polisie vir daardie rede, dis nou hy wie se departement geen inpak maak op misdaadvoorkoming, misdaadondersoek, misdaad-intelligensie en my algemene beskerming nie) moet ook elke 5 jaar hernu word.

Jy weet seker ook al hoe moeilik dit is om dit reg te kry? Maar elke 5 jaar vul ek die vorms in, staan in die ry en is gelukkig as ek net oor ‘n jaar later my lisensie kry (en probeer om nie te vergeet nie om die proses oor 3 jaar weer aan die gang te sit). Vir hierdie ander goed het ek nie die ekwivalent van ‘n mediese fonds nie – ek betaal self. Baie geld. Elke 5 jaar. En baie tyd. Daar is baie goed wat ek nie verstaan nie. Maar hierdie ding van tyd …. Mens behoort nie met tyd te mors nie.

Mens kry net soveel tyd hier op aarde, dan is dit verby. Dan kan mens nie meer iets goeds of mooi vir of aan iemand anders doen nie. As mens toelaat dat iets of iemand tyd opslurp, uit daardie tydrekening uit wat mens binne in die liggaam ronddra, dan kan mens nie rente op die balans in daardie rekening verdien nie.

Of dit die mediese fonds is, of die regerende party (is daar ‘n verskil, wonder ek? Is die beheerkadergroep van die mediese fonds nie ook maar geïnfiltreer deur die regerende party nie?), iemand beheer my tyd. Hulle

25

mors my tyd. Hulle steel my tyd. Ek hoor dit, duidelik, deur my nuwe oortjies. Quis custodiet ipsos custodes?2

Genl.maj. Chris Botha, Hartenbos, In Nongqai Vol 14 No 6 -ooOoo-

Die boerseun wat die wêreld aan sy voete gehad het

Afrikaner sport-adel. Dit is waarskynlik die mees akkurate wyse om die legendariese Suid-Afrikaanse atleet, rugbyspeler en sportadministrateur, Gert Potgieter, te beskryf.

Potgieter, wat oor sowat 'n maand (April 2024) 87 jaar oud word, se lewensverhaal is só 'n opwindende en boeiende storie, dat 'n goeie draaiboekskrywer op soek na 'n lokettreffer nie verder hoef te soek as die intriges van hierdie plaasseun van Vryheid se wedervaringe oor die afgelope agt dekades nie.

Superster atleet (amptelik Suid-Afrika se mansatleet van die vorige eeu), baanbreker, wêreldreisiger en poliglot wat Afrikaans, Engels, Zoeloe en Duits magtig is, visionêre sportadministrateur... noem maar op. Dis alles deel van Gerhardus Cornelius Potgieter se storie.

Sy wêreldroem as atleet was die resultaat van 'n sameloop van omstandighede. Hy was reeds op skool 'n puik sportman, maar toe hy in 1956 by die polisiekollege in Pretoria aanmeld, het dinge vinnig gebeur.

Nadat hy by die kollege een van sy helde, die bekende atleet en rugby-superster, Tom van Vollenhoven, in die korter hekkies item op die atletiekbaan geklop het, is

2 Wie hou die owerhede, wat ons moet beskerm, dop? (vry uit Latyn vertaal – Red.)

26

hy deur een van die afrigters aangespoor om die 440 tree hekkies item aan te durf.

Dié skuif was onmiddellik 'n dawerende sukses en daardie selfde jaar word hy SA kampioen in dié item. Hy word ook Springbok, maar by die Olimpiese Spele in Melbourne struikel die 19-jarige Potgieter oor die laaste hekkie en eindig uiteindelik sesde.

Daarna volg 'n mallemeule-tydperk tot by die volgende Olimpiese Spele in 1960.

In 1957 breek hy die wêreldrekord in die 440 tree hekkies by 'n byeenkoms in Queenstown in die Oos-Kaap met sy tyd van 50.7s en aanvanklik ontgaan die feit sowel atletiekadministrateurs as die media, totdat 'n joernalis van Die Burger die nuus twee dae later bekendmaak.

Intussen draf Potgieter in 1956 en 1957 - toé eintlik nog 'n 0.20 speler - ses keer vir die Blou Bulle op senter uit, maar 'n ernstige nekbesering knip sy rugbyloopbaan kort. Hy herstel net betyds vir die Statebond Spele van 1958 in Cardiff, Wallis, waar hy goud wen in die 440 tree hekkies en sy eie wêreldrekord na 49.73s verbeter.

Die jaar daarna, wen hy die goue medalje in die 440 tree hekkies by die eerste atletiek wêreldkampioenskap in Finland, wat hom die gunsteling maak om goud te vat by die Olimpiese Spele van 1960 in Rome.

Vroeg in 1960, met die Olimpiese Spele voor die deur, verbeter Potgieter wéer die wêreldrekord in die 440 tree hekkies tot 49,3s by 'n byeenkoms in Bloemfontein. ‘n Ramp tref egter nie net vir Potgieter as persoon nie, maar ook vir Suid-Afrika, toe hy enkele weke voor die Spele in Duitsland in 'n motorongeluk só beseer word, dat hy in lewensgevaar verkeer en byna sy sig verloor en aan die Spele moes onttrek. Kort daarna word Suid-Afrika weens politiek uit die internasionale Olimpiese organisasie geskop en 'n Olimpiese medalje sou Potgieter vir ewig ontwyk, ten spyte

27

van die feit dat hy later so goed herstel het dat hy in 1966 die SA kampioen in tienkamp kon word.

Hier kom die interessante intrige weer te voorskyn, want saam met Potgieter in die motor tydens die ongeluk was die beeldskone Duitse atleet, Renate Junker.

Haar eie lewensverhaal is ook deurspek met intrige, wat insluit haar ervarings as jong dogter wat saam met haar familie uit Oos-Duitsland moes vlug tydens die Tweede Wêreldoorlog, maar ook haar opwindende verhouding met die jong polisieman van Suid-Afrika, hul troudag in Duitsland en hoe sy alles dáár agtergelaat het om hom na Suid-Afrika te volg.

Hier in Pretoria het hulle 'n lewe saam gebou, drie kinders grootgemaak en vandag is hulle grootouers van sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders. Dis ‘n liefdesverhaal van uitdagings, opwinding en romanse oor die grense van twee kontinente wat enige draaiboek sal opkikker.

Potgieter se loopbaan as sportadministrateur is byna interessanter as sy verhaal as aktiewe sportman. 'n Mens kan aan sy lippe hang as hy begin vertel hoe sy wedervarings hom - soms selfs in private stralers - oor verskeie kontinente laat reis het terwyl hy vir plaaslike magnate soos Anton Rupert en Louis Luyt gewerk het.

In die proses het hy, byna soos die beroemde Hollywood karakter, Forrest Gump, skouers geskuur en koppe gestamp met koninklikes, historiese figure uit die sportwêreld (administrateurs, sowel as atlete), die politiek en die sakewêreld.

Later het ou vyande selfs vriende geword.

Behalwe vir Rupert en Luyt was daar name soos adv. Blackie Swart, adv. John Vorster, Dr. Piet Koornhof, Pik Botha, Sam Ramsamy, Nelson Mandela, bekende diplomate, joernaliste oor die wêreld heen en vele ander, wie se name ter sprake kom as hy sy lewensverhaal vertel.

28

Potgieter het uiteindelik ook baanbrekerswerk gedoen as eerste Sport

Direkteur van die Universiteit van Pretoria, waar hy in 2000 na 20 jaar diens afgetree het.

Hy was intussen betrokke by die stigting van die Nasionale Olimpiese Akademie in 1988.

Dié bedrywige administrateur het na sy aftrede nie gaan stilsit nie en hy was mede-stigter van Altus Sport, ‘n organisasie wat al byna 30 jaar help met die ontwikkeling van fasiliteite en die skep van geleenthede via sport.

Artikel in Pretoria Oos-Rekord

Deur Koos Venter 15 Maart 2024

-ooOoo-

Hoe gaan dit?

‘n Paar antwoorde - spesiaal vir pensioenarisse:

1. Baie goed... ek het vanoggend darem bo die grond wakker geword.

2. Wel, opgestaan en self aangetrek.

3. Nie te goed nie... ek het soveel pyn dat ek nie eens plek het vir almal nie.

4. Ag my vriend, ek kla nie oor my pyne nie, want ek kry dit verniet.

5. Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.

6. Ek is darem nog padwaardig, maar moet net nie my enjinkap oopmaak nie.

7. Wel-wel-wel, ek kners op my agtertande en glimlag met my voortande.

8. Ek voel vandag soos 'n kriek wat gif ingekry het, ek beur al na die een kant toe.

9. Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met 'n bak jellie wat onrustig is.

10. Dit gaan tussen sleg en verskriklik.

11. Ek druk deur, al maak dit seer.

-ooOoo-

29

The Dash

I read of a man who stood to speak at a funeral of a friend. He referred to the dates on the tombstone from the beginning to the end.

He noted that first came the date of birth and spoke of the following date with tears . but said what mattered most of all was the dash between those years.

For that dash represents all the time that they spent alive on earth And now only those who loved them know what that little line is worth.

For it matters not, how much we own, the cars…the house…the cash. What matters is how we live and love and how we spent our dash.

So, think about this long and hard. Are there things you’d like to change? For you never know how much time is left that still can be rearranged.

If we could just slow down enough to consider what’s true and real, and always try to understand The way other people feel.

And be less quick to anger and show appreciation more and love the people in our lives like we’ve never loved before.

30

If we treat each other with respect and more often wear a smile, remembering that this special dash might only last a little while.

So, when your eulogy is being read with your life’s actions to rehash, would you be proud of the things they say about how you lived your dash?

Linda Ellis 2014: (www.LindaEllis.life)

Linda Ellis

Linda Ellis started writing poems as a child, a talent inherited from her Irish grandmother. She grew up in Florida and then lived in New York for several years. However, her southern roots kept calling her home, so she settled in Georgia where she now lives with her family and a menagerie of pets. She spent years working in the corporate world, but after her first poem was shared on a syndicated radio program in 1994, an alternative career began to emerge, and she soon came to the realization that her true passion was in creative writing.

-ooOoo-

Die ouderdom vasstel

Die dame wat na die getuiebank geroep is, was nog baie aantreklik, maar sy was nie meer jonk nie. Galant gee die regter die opdrag: “Laat die getuie haar ouderdom verstrek, sodat sy ingesweer kan word.”

Onbekend

-ooOoo-

31

Wrange Paradysvrug

Waar Grootrivier by Alexanderbaai in woeste vloed of stille gang sy waters uitspoel in die see is diamante in die aard' se skoot as paradysvrug vasgevang vir al wat sonder sweet dié rykdom wil kom maai.

Die grypsug van die mens wat tot verwoesting lei moes iemand keer. Wie anders sou dit wees as geregsdienaars wat dit kon weer?

Namakwaland verlate dor woestyn –in jou sand lê opgesluit in sweet en traan hul swaarkry-pyn wat die mens se gierigheid na maklik ryk word hok moes slaan.

Uit die brosjure Lekkerlandstorie: Die verhaal van die Grootwiel (omheinde myngebied by Alexanderbaai): opgestel deur genl.maj. (dr.) Jan du Preez.

Len van Velden (skuilnaam van ‘n mede-generaal)

-ooOoo-

32

Huldeblyk: genl.maj. Johan (Black Jack) de Swardt 30 Januarie 1941 – 29 Desember 2023

Namens die Generaalsklub van die SAP, dra ons al ons lede se opregte meegevoel met Johan se afsterwe oor aan Iona de Swardt, julle kinders, Zelda en Johan, die kleinkinders en agter-kleinkinders.

In dankbaarheid teenoor die HERE is dit my voorreg om vandag ‘n huldeblyk te lewer aan generaal-majoor Johan de Swardt, Blackie (of Black Jack), ons gewaardeerde kollega en vriend.

Johan was vir baie jare nie net ‘n kollega nie maar ook ‘n vriend. Dit was in die veld en in die woestyn tydens 4x4 vakansies wat ek hom van nader leer ken het. Johan was in die eerste plek ‘n gesinsman. Ek kan nie aan ’n geleentheid, selfs om die kampvuur, dink waar hy nie met deernis en in liefde oor sy gesin gepraat het nie.

Ons ken Johan natuurlik ook as die grondlegger van die spesiale Taakmag van die SAP. Johan het in baie opsigte die uiters hoë, amper onmenslike hoë standaarde, van die Taakmag daar gestel. Hy self het altyd gesorg dat hy self aan daardie standaarde voldoen. Hy was ook een van die mees parate mense wat ek ooit geken het. Dit het nie saak gemaak waar hy was nie, hy was altyd slaggereed vir sy taak as Taakmag man. By die kerk of werk, in die stad of in die woestyn, op die grond of in ‘n helikopter was sy wapenrusting altyd by hom en hy was gereed vir enige gebeurlikheid. Dit is waarskynlik waar baie van ons kollegas hom in doodsgevaar goed leer ken en waardeer het. Ons sal nooit weet hoeveel lewens hy in sy loopbaan gered het nie. Hy het dan ook as erkenning vir sy diens en mannemoed verskeie medaljes ontvang.

Ons het Johan ook gewaardeer vir sy getrouheid aan sy gesin, ons land, die Taakmag, en beslis ook aan ons, sy kollegas. Hy het nooit sonder goeie rede weggebly van ons geleenthede nie. Selfs op sy sterfbed was sy veggees nog steeds kenmerkend. Getrou tot die dood.

As ‘n baie praktiese man het Johan het baie patente self ontwerp. Min van ons weet dat van sy patente in die tydskrif “Popular Mechanics”

33
Genl.maj. Johan de Swardt

gepubliseer is. Hy het ook ‘n ander sagter kant gehad. Hy was ook ‘n digter en nadat ons saam die natuurskoon van die Waboomsberge ervaar het, het hy ‘n baie deernisvolle gedig geskryf.

‘n Mens kan nie ’n getroue parate en gedugte vegter en familie man wees, sonder die bewarende hand van die HERE nie.

Ons salueer generaal Johan de Swart en salueer ook vir Iona en die kinders wat getrou aan sy sy gestaan het.

Huldeblyk deur Lt.genl. Wouter Grové

-ooOoo-

Die Waboomsberge

Die gekners van die bande Teen die steil, steil wande –Die ronde klippe wat rol En die wiele wat tol –Die ver, ver tuur en die Aande om die vuur –Dit maak my verlange erg –Na die lekker ou Waboomsberg.

-ooOoo-

Johan de Swardt

Huldeblyk: Lt.genl. Wietze Hermanus Steyn (Colin): 23 Maart 1937 – 29 Januarie 2024

Generaal Colin Steyn is op 23 Maart 1937 gebore. Hy sluit op 20 Januarie 1955 by die Suid-Afrikaanse Polisie aan, voltooi basiese opleiding en begin op 3 Augustus 1955 sy loopbaan in Pietersburg.

In 1956 word hy verplaas na Tzaneen.

In 1957 word hy as speurder aangestel. Hy was vir die grootste deel van sy loopbaan 'n baie bekwame speurder. In 1959 word hy verplaas na Lichtenburg en later na Klerksdorp.

34

In 1960 word hy bevorder tot speurdersersant.

Op 27 Mei 1961 tree hy in die huwelik met Adriana Maria ("Adrie") van Wyk. Uit die huwelik van meer as ses dekades is twee kinders, Ilse en Heinrich, gebore.

In 1963 word hy bevorder tot adjudant-offisier en word verplaas na Potchefstroom.

In 1966 slaag hy die bevorderingseksamen en word bevorder tot luitenant. Daarna volg die bevorderings en verplasings

Te midde van 'n onstuimige politieke tydperk word hy in 1992 as Streekkommissaris in Natal aangestel.

Sy integriteit en sy bereidheid en moed om standpunt in te neem teen oproermakers en politici vir die handhawing van wet en orde in KwaZulu Natal, het by groot agting by vriend en vyand gemaak.

Die medaljes wat hy ontvang het, onder andere, die Suid-Afrikaanse Polisiemedaljes vir 10, 20 en 30 jaar troue diens; die Suid-Afrikaanse

Polisiester vir Uitmuntende diens en die Suid-Afrikaanse Polisiemedalje vir die Bekamping van Terrorisme getuig van sy deursettingsvermoë, lojaliteit en integriteit.

Hy was 'n streng, trotse, dog regverdige offisier en 'n navolgenswaardige voorbeeld vir almal. Hy was egter ook ‘n veelsydige mens wat deernis met sy medemens gehad het. Sy jarelange aktiewe betrokkenheid by die Rotariërs, as Trustee van Polmed en as die Nasionale Voorsitter van die Bond van Oud-Polisie-beamptes, die Off-Beat Vakansieklub en die Generaalsklub van die Suid-Afrikaanse Polisie getuig van sy leierskap.

Ondanks sy eie kwynende kragte en gesondheid, sal hy veral geëer word vir die toegewyde en liefdevolle versorging van Adrie in die laaste vyf jaar van haar lewe tot by haar dood op 7 Oktober 2023.

Hy sterf slegs drie maande en ‘n paar dae na Adrie se heengaan op 29 Januarie 2024.

35
Lt.genl. Colin Steyn

Dit was 'n voorreg om Colin as bevelvoerder, oud-kollega en goeie vriend te kon ken.

Ons salueer hom, eer sy nagedagtenis en bid sy geliefdes die vertroosting van God toe.

Huldeblyk deur genl.maj. (dr.) Mulder van Eyk Februarie 2024

ooOoo-

Huldeblyk: Genl.maj. Tertius (Ted) Breytenbach 3 Mei 1935 – 17 April 2024

Die lede van die Generaalsklub het elkeen sy unieke oomblikke met Ted gedeel. Toe Wouter Grove gedurende die sestigerjare in Pietermaritzburg aanland, was Ted Breytenbach daar. Speurder, maar ook Kaptein van Polisie se eerste Rugbyspan. Sy liggaam, veral sy ore getuig natuurlik dat hy as slot uitgedraf het.

Die slot posisie is baie belangrik. Dit verg nie net fisieke krag nie, maar vervul ook die saambindende rol onder die voorspelers.

Voor sy laaste verplasing na Kimberley, het ek die voorreg gehad om direk aan hom te rapporteer. Ek kan getuig dat daar nooit enige meningsverskil, wrywing of die geringste ontevredenheid tussen ons was nie. Ek onthou sy netjiese houding; altyd onberispelik geklee; sy kalm besliste besluitneming en optrede. ‘n Leier na wie ek kon opsien, trots wees en respekteer.

Per geleentheid tydens die verkiesing van ‘n nuwe bestuur vir die Generaalsklub, het ek Ted as voorsitter, voorgestel. Oom Ronnie Van der Westhuizen het onmiddellik reageer “Nee, Ted is my gholf-maat, dit sal net ons skedule ontwrig!!”

So het elkeen van ons ons goeie herinneringe aan ons vriend en kollega.

Op die tydstip van Ted Breytenbach se aftrede gedurende 1994 was daar slegs 52 generaals wat die polisie bestuur het. ‘n Moderne polisieinstelling gelykstaande aan die bestes. Dit verg leiers met integriteit,

36
Genl.maj. Ted Breytenbach

pligsbesef, verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid teenoor die regering van die dag sowel as die totale gemeenskap. Ted was een van hulle. Hy het sy posisie met waardigheid beklee.

Vandag is hierdie trotse instelling tot so ‘n mate vernietig dat dit nie eers meer oor ‘n Hoofkantoor beskik nie. Misdaad het die hoogste vlak in die geskiedenis van SA bereik en gemeenskapsorde tot ‘n gevaarlike lae peil verswak!

Toe jou gedagtes jou verlaat en my nie meer onthou; Sing ek steeds diep in my hart, my liedjie, Net Vir Jou .

Hierdie woorde het in my gedagtes kom draai toe ek ervaar hoe Janet elke dag na Ted omgesien het, veral die afgelope twee en half jaar. Hoe liefdevol sy na 66 jaar se getroude lewe van Ted praat. Janet, net jy sal weet hoe Ted julle laaste oomblik saam ervaar het. Janet, Karin en Derick, Marius en Riëtte, kleinkinders, agterkleinkinders en familie, namens die Generaalsklub ons innige meegevoel met julle groot verlies. Ons is saam met julle hartseer. Ons bid dat julle die teenwoordigheid van Jesus, Sy Vrede en Sy teenwoordigheid elke oomblik sal ervaar.

Tertius Breytenbach ‘n geliefde vriend en ‘n meelewende lid wat waarde toegevoeg het tot die Generaalsklub.

Ons groet jou en eer jou nagedagtenis.

Huldeblyk deur genl.maj. Nick Snyman Kaapstad: 1 Mei 2024

37
Beloning na ‘n leeftyd se diens

In Memoriam

Sedert ons vorige nuusbrief, is die volgende lede oorlede. Ons eer hul nagedagtenis en die voetspore wat hulle nagelaat het. Ons sal hulle nie vergeet nie.

Ons innige meegevoel gaan na hul naasbestaandes met hul groot verlies.

17 September 1938 - 6 Desember 2023

23 Maart 1937- 29 Januarie 2024

3 Mei 1935 – 17 April 2024

30 Januarie 1941 – 29 Desember 2023

-ooOoo-

5 Februarie 1952 5 April 2024

23 September 1939 – 29 April 2024

38
-ooOoo-
Mev. Corrie du Plessis Lt.genl. Colin Steyn Mev. Marlene van der Westhuizen Genl.maj. Ted Breytenbach Mev. Katie Nienaber

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.