WHERE IT ALL BEGAN: WACHTHUIS IN CAPE TOWN
1925: COMPOL BUILDING | KOMPOL-GEBOU
• Wachthuis: Security Branch: Schoeman Street
• Wachthuis: Pretorius Street (Uniform & CID HQ)
ALEXANDER RD: NATAL POLICE; SOUTH AFRICAN POLICE &
SERVICE
BurkhardSchlosserNatal Museum
PIETERMARITZBURG: BOROUGH POLICE | GEMEENTELIKE POLITIE
Natal Museum
PIETERMARITZBURG CENTRAL LOOP STREET
Burkhard SchlosserJan de Klerk
Tydens 'n onlangse "polisiegesprek" het die verwewing van die polisiefamilie in die polisie omgewing van ouds my weer opgeval.
In die eerste jare van die 1960's was my pa stasiebevelvoerder van Rawsonville, vasgedruk tussen Worcester en die Du Toitskloofberge van die Weskaap.
Die huis was deel van die polisiestasie en die polisiestasie deel van die huis.
Die aanklagtekantoor was 'n vertrek wat uit die huis se gang gelei het.
Gegewe die vloere (wat elke dag geskrop is) moes dit 'n nagmerrie vir die nagskof gewees het om nie die stasiebevelvoerder of sy gesin wakker te loop op die plankvloere nie.
Dan was my pa ook lief om "stasiebesoek" te doen – in die tyd toe die Sersant nog naas die burgermeester, die belangrikste man in die dorp was.
Enige tyd van die nag wat hy ookal wakker geword het of wanneer hy nie kon slaap nie. Wanneer hy reeds in sy nagklere was, het hy sy polisielangbroek, skoene en reënjas aangetrek en maklik 'n "volledige stasie inspeksie" gedoen. Bewaar die aanklagkantoorlid wat enigiets anders behalwe 'n vars koerant, Staande Orders of die wetboeke gelees het!
Ek onthou die werf in die vierkant agter die huis (voor die selle) wat daagliks met 'n harde besem gevee is. Die besem word heen en weer agter die verhoorafwagtene gesleep sodat die besem presiese parallelle lyne in die los gruis van die vierkant laat - destyds het ons nog nie eens van Zen gehoor nie!
Uit die aard van die gedeelde ruimte is ek ook dikwels blootgestel aan die uitgebreide taalgebruik soos voorgedra deur Oom Tas van die Lieberstein akademie vir Bolandse idiome. Weens dreigende tugmaatreëls deur die stasiebevelvoerder het ek myself egter weerhou om die uitdrukkings in my woordeskat op te neem.
Langs die huis was die hofgebou. In my tyd natuurlik baie groter - my perspektief was maar nog grondlangs op daardie ouderdom. Die landdros het weekliks van Worcester af gekom en my pa was hierdie dae die aanklaer. My taak was om die plante binne die hof aan die lewe te hou. 'n Plakkie, een skoonma se tong, twee stekelrige goed en 'n hennekuiken wat in 'n vensterbank vir sonlig gestaan het.
'n Shackleton van die lugmag vlieg in Augustus 1963 naby Rawsonville in die Stettynsberg vas. Dertien lugmaglede verloor hul lewens. Die toneel, soos meeste vliegongelukke is afgryslik. My pa kom laataand en yskoud terug van die toneel af. Ek hoor hy sê vir my ma dat hy nie weet wat om met die lyke en liggaamsdele te maak nie. Hy oorweeg dit om die oorskotte in die hofsaal te stoor.
Ek kom nie naby die hof nie - bang vir spoke en dooies. Na 'n week kom haal my pa my - die hennekuiken is besig om in die son te verlep (klikbek). Hy vat my hofsaal toe om te wys dat dit leeg is - die lyke is dieselfde nag afgevoer Kaap toe.
Een Saterdagaand so by 10-uur is daar 'n klop aan die voordeur. (Soms was die aanklagtekantoor nie oor naweke beman nie). Toe my pa oopmaak staan daar 'n boer met 'n wond aan sy regterarm. Die arm is met 'n panga deur een van sy werkers oopgekloof van skouer tot elmboog en die been wys plek-plek. Die wond bloei erg. My pa vat die man in die huis in, na die onderpunt van die lang gang waar die badkamer is. Die bloedstreep lê die lengte van die gang en die badkamer is rooi met stukke bloed wat in die bad lê. (Die eerste keer dat ek soveel bloed sien en leer dat bloed klonte kan maak.) My pa het die wond verbind en Worcester se hospitaal toe gejaag. My ma het gedweë begin bloed opvee – stoep, gang, badkamervloer, toilet, bad. Jansen is die "losarbeider" by die stasie. Ek hou van hom want hy speel soms saam met my in die groot agterplaas. Eendag speel ek met my Dinky karretjies en Jansen bring 'n groot karton wat hy met die aanklagtekantoor se groot skêr knip en vou. Die lotjie word aanmekaar geplak met aanklagtekantoorgom uit 'n pot met 'n kwassie. In 'n japtrap het ek 'n karton huisie en motorhuis vir my karretjies. Ongelukkig kom my pa op die spelery af en Jansen moet bontstaan omdat sy ontwerp die gebruik van 'n nuwe dossier, staatskêr en polisiegom ingesluit het!
Die huis se agterstoep was ook waar die "prisoniere" se kos voorberei is. Dit was my ma se werkek glo sy het die taak as "matrone" verrig. Hier was ook 'n groot wasbad. Sel komberse en prisonierklere is hierin gewas. Ek sal nou nog die reuk van blou seep bo enige ander uitken. Wanneer die take by die wasplek/kosvoorbereiding afgehandel is, is alles netjies skoongemaak en weggepak sodat die area weer deur die huismense gebruik is.
Sonder om in die verlede vas te haak is ek seker hier is ander lede wat soortgelyke jongdae by polisiestasies gehad het.
(Alle foto's Google)
Die agterkant. Die 4 selle, agterstoep (wat nou toegebou is) en die vierkant wat daagliks gevee is. Die voordeur na die woonhuis gedeelte is regs onder die afdak.
Die hofsaal waarin die plante was. Desjare kon ek skaars oor die muur sien wat tussen die huis en hofsaal is - steeds daar.
Die aanklagtekantoor. Twee vensters en 'n aparte buitedeur
(Moes eintlik by SAP King’s Rest opgerig gewees het.)