3 minute read

DIE SPEURDER: Johan de Jager

DIE SPEURDER

deur Johan de Jager

Advertisement

HOOFSTUK 26

KRIMPENDE BILTONG Die Taakmag was opdrag gegee om spesiale dienste in Suidwes-Afrika te verrig. Ons basisstasie was geïdentifiseer as Otjiwarongo Spoorwegstasie. Die woonkwartiere was spoorwegrytuie en ons het in ‘weelde’ gewoon en geleef.

Met die aankoms van die Taakmag by die stasie, het ’n paar van die lede op die peron in die rigting van die Stasiemeester se gebou geloop. Skielik, uit die bloute, het ek iemand opgewonde hoor skree: “Johan de Jager, is dit jy?” Ons het almal vasgesteek en omgekyk. Die volgende oomblik het die persoon op my afgestorm en ons het mekaar omhels! Die ander lede het met afsku op hulle gesigte toegekyk (ook die Offisier, Lt. Piek) hoe ’n rangeerder vol tatoeëermerke, met langhare in ‘n ‘ponytail’ en ‘n oorbel, een van hulle lede omhels! Ek het die persoon, Tony, aan al die ander lede voorgestel en verduidelik dat hy afkomstig is van Blaney Stasie, wat deel van my wyk naby King William’s Town was. Ek het hulle ook meegedeel dat hy reeds baie jare aan my bekend was. Tony se uiterlike voorkoms was die teenoorgestelde van sy innerlike. In sy jeugjare was hy maar ’n rowwe “Jack”. Hy was ’n weerdergebore kind van God,

en waarlik ’n lewende, sprekende voorbeeld vir alle ware Christene. Ek was net daar en dan genooi om die aand by hulle te eet en Lt. Piek het skepties vir my toestemming verleen om by Tony en sy gesin te gaan eet! Mensig, was ek op die hande gedra! Amper soos die verlore seun in die Bybel. Die kos was van die hoogste standaard en in oorvloed! Die huis was “spotless” en ek was soos een van die familie behandel. Dit was onomwonde aan my gestel dat hulle nie gaan toelaat dat ek “army” kos eet nie, en ek sou elke aand wat ek by die basis was, daar eet. Moeilik man, baie moeilik. Die Suidwesters is ongelooflike gasvrye mense en aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie! Ons het die treine op verskillende trajekte begelei. Een gewapende taakmaglid het voor in die dieseleenheid, saam met die dieseldrywer, gereis terwyl ‘n ander gewapende taakmaglid in die kondukteurswa gery het. Ek was so bevoorreg dat al die dieseldrywers wou hê dat ek voor by hulle in die dieseleenheid moes ry! Ek was verder so bederf want elke drywer het ’n tweede kostrommel, spesiaal vir my vir die rit, gepak! Die groot bederf het egter nie daar nie gestop nie. Tony se dogtertjie het my geroep en gesê dat haar ma al my vuil wasgoed wou hê. Ek moes ook nie tyd mors nie, want dit was wasdag! (Ek was of stryk nooit wasgoed tydens die spesiale dienste tydperk nie!) Ek het Tony tydens ’n gesprek

Otjiwarongo Spoorweg-stasie

met Lt. Piek bespreek, en hom ten volle ingelig na Tony se agtergrond. Hy was aangenaam verras gewees! Terwyl ons in gesprek was, het Tony my genader, en gesê dat sy vrou spesiaal ’n lekker Duitse dis vir ons vir aandete voorberei het. Spontaan het hy ook vir Lt. Piek uitgenooi om saam met ons te

kom eet. Ek het my asem opgehou en gewonder of die uitnodiging aanvaar of van die hand gewys gaan word. Die uitnodiging, tot my verligting, was aanvaar!

Die ete was weereens uit die boonste rakke en was veral deur Lt. Piek geniet! Selfs sy wasgoed was ook daarna gedoen! Tony het gereël dat ek ’n koedoe gratis op ’n naburige plaas kon gaan skiet. Ek is egter nie ’n jagter nie en het die aanbod van die hand gewys. Ek het hom verwittig dat indien hý egter die koedoe sou jag, ons die vleis en biltong sou waardeer. So gesê, so gedaan. Ons het een ‘helse’ groot koedoe ’n paar dae later by Tony gekry. Daar was biltong vir ’n vale gemaak en in een

van die pakketteafdelings van die rytuig opgehang. Ons het besluit dat die biltong eweredig tussen al die lede verdeel sou word. Daar was ’n gesprek aangehoor waarin Hoofkantoor belowe was dat ons biltong met hulle gedeel gaan word! Spoedvergadering! Planne was dringend beraam; ons biltong moes beskerm word! Die biltong het baie vinnig ‘gekrimp’ gedurende die volgende paar dae, en die deel wat so vinnig ‘gekrimp’ het, het op ‘n ander plek te voorskyn gekom. Die stukke was gereeld getel, en daar was ’n opmerking gemaak dat die biltong in Suidwes-Afrika verskriklik krimp!

’n BOER MAAK ’n PLAN, MAAR ’n SPOORIE HET LANKAL EEN GEREED GEHAD!

Die stoomtrein op Otkiwarongostasie. Bron: Otjiwarongo-Express-2015.JPG (1200×766) (wikimedia.org)

This article is from: