13 minute read
Nawoord: Hennie Heymans
Pretensie vs Egte volk-subkultuur: Die beste dinge in die wêreld is verniet! Wanneer tweede klas beter is!!! HBH
Advertisement
As skoolseun het ek soms ‘n vriend saamgenooi dan het ons die munisipale bus gehaal van die Bluff tot by die Suidkuspad. Daar het ons gewag vir ‘n trein. Ons het dan per trein na Amanzimtoti gereis. By die strandmeer het ons ‘n boot gehuur en dan met die rivier ‘n ent op geroei. Dan het ons stokkies en brandgoed bymekaar gemaak en gebraai. My skoolvriend, wyle dr Donald Campbell, het ‘n leë kakao-blik saam geneem en hy het altyd mieliepap daarin gemaak. Ek was destyds net ‘n vleiseter. Na die braai het ons weer met die rivier afgevaar na die strandmeer, die boot teruggegee en weer vir die trein gewag en ons is dan finaal huistoe met die bus. Wonderlike sorgvrye dae!
Eendag ry ek en my Vader van Lighthouseweg na Watsoniaweg en ons neem kortpad deur die bos met ‘n sandpaadjie – dis was nog voor Grosvenor Boys High School gebou was. In die middel van die afstand tussen die twee teerpaaie kry ons twee konstabels van die blitspatrollie besig om ‘n vleisie in die bos te braai. Niks verkeerd nie –hulle is nugter en beskikbaar vir diens! Hul radio was aan. Hulle het vriendelik gegroet en ons het by hulle verby geskuur. Hulle het sommer so tussen twee klippe op ‘n stuk draad gebraai. By ons huis het ons altyd ook maar tussen twee klippe gebraai. My Oom het ons ‘n stuk rooster gegee wat sy oorsprong in ‘n stoomlokomotief gehad het –‘n sif wat die vonke gekeer het. Ek was altyd die braaier, nadat ek klaar gebraai het, het ons in die huis aan tafel geëet. Maar ek was lief vir braai! Ek het nie baie vriende gehad toe ek ‘n jong konstabeltjie was nie. My vriende was op universiteit, het elders gewerk of was in die weermag. Dan het ek alleen met my Volksie langs die Suidkus af gery. My geliefkoosde plek was langs die see, naby ‘n rivier of strandmeer en treinbrug. Dan het ek dryfhout opgetel, vuurtjie gemaak, iets gebraai en na die stoomtreine gekyk wat oor die brug stoom na Port Shepstone of Durban! Later het ek die SA Polisie-rusoord te Port Edward ontdek. Dit was destyds baie basies. Net ‘n rondawel, ‘n braaiplek, yskas en bed. Nogtans dit was so lekker om van bed na braai te gaan en later na die gebruiklike swem in die see weer van braai na bed te gaan. Ek onthou die goedkoop piesangs en krewe. Dit was nou vir my ‘n lekker vakansie!! Dr Campbell se Vader, brig Dolf Campbell (afgetree as kwartiermeester) het later die bestuurder geword. Jare later, nadat ek ‘n paar plekke in die land gestasioneer was, het ek weer die geleentheid gehad om op Port Edward te kom. Alles was toe so mooi en grand! Ek het die polisie se argitek, brig Johan Calitz, ontmoet en ons het gesels. Ek het hom gevra waarom die plek so “mooi” was. Sy antwoord was dat van die ministers en generaals se gades gekla het oor die basiese geriewe.
Wel al wat ek kan sê is ek mis die dae toe Port Edward, soos die Krugerwildtuin, slegs die basiese geriewe gebied het. Ek hou nie van pretensie as ek met verlof is nie – mens kan net kyk hoe het die Nasionale Parke ook tred gehou en alles verbeter het. Mens stap van jou huis af na ‘n “ander huis” sonder dat jy weet jy is met vakansie. Die vakansiehuis het TV en talle kanale om na te kyk! So al wat gebeur is jy hou vakansie in ‘n ander huis op ‘n ander plek! Ek wil onder die sterre braai, ek wil lekker gesels, gesels oor raaisels van die lewe, oor die filosofie, oor die geskiedenis. Daar is niks lekkerder om so te gesels nie! Nou sit ek en dink – sonder om te spog – ek was oor die wêreld heen: In Europa, in die MiddeOoste, die Verre-Ooste, donker Afrika en Amerika en die smulpaap wat ek is, het ek orals geëet en die kos geproe en dit geniet! Dan dink ek weer terug aan my jong dae: Ek is die patrolliewabestuurder en een van die sleurtake is om die prisoniers na Durban se hof te neem en daarna die veroordeelde bandiete by die Durban se tronk op te laai. Ons het gewoonlik drie bandiete gekry om “die kamp” skoon te maak. Die bandietwag was ‘n groot fris Zulu met ‘n assegaai. Hy het soms vir my gevra dat as ons by “Bluff Butchery” verbyry, ons moet stop, hy wil vleis koop. Wanneer ons stilhou het konstabel Njawo dan op my versoek ook vir my 20 sent se “Boys meat” gekoop.
Ek het dan gaan klagtes bywoon en gepatrolleer maar so 10:00 se kant ‘n “punt” by die stasie gemaak en koffie gedrink saam met die klerklike personeel. Intussen het die bandiete hul kamboemmielies en pap gemaak in die agterplaas onder die skaduryke avokadopeerbome. Konst. Njawo het die vleis gebraai op ‘n soort van ‘n rooster tussen twee klippe – gebraai net soos ‘n Zulu dit kan doen! Gebraai in die vlamme –eintlik verskroei – en dan vir my gegee op ‘n stuk bruinpapier met growwe sout. Sy ou Okapi-mes het die vleis in repe gesny! Vandag mis ek ‘n “braai-pel” met wie ek lekker kan gesels en onder onpretensieuse omstandighede “in die bos” kan braai terwyl ons onder die sterre kan gesels tot die oggendster opkom en die fisante begin roep! Die beste dinge in die wêreld is verniet! Dis ook lekker om te vrede te wees met dit wat jy het. Die natuur is wonderlik!
Gewete?
Het ‘n polisieman ‘n “amptelike” gewete? Lees die volgende ware verhaal. Dis iets wat my lank kwel. Miskien het ons sekere mense, terroriste, de-humaniseer - ontmens - ten einde soms sielkundig te kan ontsnap.
Jare gelede doen ek nagraadse navorsing in Nederland. Ek is jonk en idealisties, vol drome. My studieveld het die sogenaamde derdemagkonsep ingesluit. ‘n Derdemag is ‘n mag tussen die polisie en die weermag. Ek is steeds ‘n
Dit was sonder uitsondering die beste vleis wat ek ooit geëet het.
in die woestyn – sou die basis nog vandag daar wees? Een aand braai ons met kaptein Schlechter, ‘n veteraan van die Seekus van die Dood! Hy kyk, met ‘n verlangende kyk na die verlede, na my oor sy glasie en vertel dat hy op menige woestynpatrollie vir die pot moes skiet! Lewer oor die kole. Daardie aand saam met hom onder die Namib se sterre was uit die boeke! Toe gesels ons! Hy vertel en ek luister! Wat ‘n genotvolle kultuurryke ervaring was dit nie? Die ou sersant op Montagu het vir Oom Koos Kotze (majoor—destyds SAP Hospitaal) tydens die tweede oorlog vertel: “Kosie my maat, daar is net twee klasse, “First Class and No Class!” Maar ek het darem ‘n eerste klas braai op ‘n tweede klas plek – King’s Rest gekry! Niks wen ‘n King’s
Rest steak nie!
Ek hou nogal van ‘n boskroeg met ‘n braai - maar weer is dit nie dieselfde nie!
voorstander van die konsep. In Nederland en België was daar destyds puik voorbeelde.
In Nederland het mens (voor 1994) drie polisiemagte gekry: Die Rijkspolitie (m.a.w. die staatspolisie) vir die platteland en klein dorpies, die gemeentepolitie in stede (Amsterdam het bv. sy eie gemeentepolitie gehad) en dan was daar die Koninklijke Marechaussee –‘n polisiemag wat in diens van die departement van verdediging staan, maar wat sy pligte ten behoewe van die departemente justisie en binnelandse sake uitvoer. Die Marechaussee is met ander woorde ‘n militêre konstabelmag (gendarmerie).
Wat doen die Marechaussee? Hulle pas die Nederlandse koning op, bewaak sekere sleutelpunte, verrig grensbewaking, doen grensbeveiliging; hulle help die siviele polisie waar nodig; hulle doen ook die sogenaamde “harde polisiëring” bv. die bekamping van onluste, bekamping van terreur, beskik ook die ekwivalent van die SAP se Spesiale Taakmag en hulle doen ook namens die VN diens in oorloggeteisterde gebiede.
Hulle verrig ook diens as gewone Militêre Polisie en begelei militêre konvooie, ondersoek militêremisdaad en hulle is ook die kuswag. Wanneer oorlog uitbreek is hulle deel van die strydmagte. So doen ek navorsing en krap in boekwinkels rond en besoek vlooimarkte wat boeke verkoop. Ek koop ‘n boek met die titel: De strijd tussen plicht en geweten. In die boek vertel ‘n polisieman dat hy aan diens is op 10 Mei 1940 toe die Duitsers Nederland binneval. Sy innerlike stryd wentel rondom die vraagstuk of moet hy voortgaan met sy wetopgelegde taak of moet hy teen die besetters veg? Dit is in kort sy probleem. As ‘n jong majoor kry ek die taak om saam met ‘n groepie hoogs opgeleide polisiebeamptes waarneming te doen op ‘n groep terroriste. Ons het hulle dopgehou toe hulle die land binnegekom het. Dieselfde nag het hulle weer die grens oorgesteek en baie later met hul voertuig finaal na die RSA teruggekeer. Hulle het laat die aand weer vertrek op pad na hul teiken. Ons het vooraf geweet wie en wat die teiken was. Ons was drie polisiemanne in 'n spesiale polisiemotor. Die bestuurder het nagsigapparaat aangehad en ek moes maar tevrede wees met die stikdonkerte rondom my. Die gids agter in die voertuig het kort-kort berig waar ons ons bevind het. Ek het ons ligging hierna aan die bevelvoerder per radio deurgesein. Ons moes soms bykans 200 km per uur reis om hulle in te haal en dan moes ons weer terugval –afhangende van die topografie.
Dit was ‘n koue en donker aand sonder ‘n maan. Gelukkig het die polisie die pad agter ons versper en ook vorentoe ook, sodat daar geen ander voertuie op die pad was nie. Nadat ek ons ligging weer deurgegee het, het die bevelvoerder van die operasie genoem dat ons nou ongeveer twee kilometer van die spreekwoordelike doodsakker is. Die padblokkade was op 'n besonder vernuftige, taktiese wyse opgestel. Skielik, toe ons by ‘n uitgrawing in die pad kom, was die padblokkade reg voor ons. Die terroriste moes stilhou en ons het agter hulle stilgehou – hulle ligte was aan en ons s'n was af. Met ons stilstand was die hele omgewing eensklaps helder verlig. Die bevelvoerder het met skreeapparaat die verdagtes ingelig dat dit ‘n polisieblokkade is, dat hulle 30 sekondes het om hul voertuig nakend te verlaat en dat hulle dan agter hul voertuig moet gaan lê. Terselfdertyd het omtrent 50 (?) gewapende polisiemanne aan elke kant van die pad opgestaan uit die lang gras. Dit was ‘n vreesaanjaende gesig. Die verdagtes was in ‘n doodsakker en het dus geen keuse gehad as om hulself vreedsaam oor te gee nie. Een man wat in die koue op die teerpad op sy maag gelê het, het homself benat. Sy urine het regoor die pad gespuit. My tande het soos ‘n polisiehond s’n geklapper van die koue en die adrenalien! Terwyl die manne nog so lê, kom ‘n offisier met ‘n R4, sit sy voet op 'n terroris se kop en iemand neem sy foto! Hy was seker maar ‘n kantoorbeampte wat tuis met “sy arrestasie” wou gaan spog, het ek gedink. Ons het die terroriste se gewere, plofstof en geld vir die operasie gevind. Elke gearresteerde persoon is beveel om op te staan en hy is kaal met sy hande agter sy rug geboei en agter op ‘n voertuig gelaai! Soos ek gesê het: Dit was ‘n donker nag en dit was koud. Die manne is hierna vir etlike kilometers na die naaste polisiestasie afgevoer waar hul aangehou was.
Wat pla my?
Die gedrag van die oorhoofse bevelvoerder. Ek het baie boeke in my leeftyd gelees, veral oor die tweede wêreldoorlog. Krygsgevangenes is meestal ordentlik behandel. Hierdie aangehoudenes was prisoniers in ‘n Christelike polisiemag se bewaring.
Kon ons nie vir hulle toegelaat het om net aan te trek en menswaardig na die naaste polisiestasie vervoer te word nie? Ek erken die prisoniers was waarskynlik baie gevaarlik en uitgeslape en kon enigiets aan/in hulle versteek het. Aan die anderkant as elke empatiese polisiebeampte gedurende sy diens in die SAP na sy meegevoel sou luister, sou die aard van die diens en SAP-beeld onder hewige druk en miskien tot disintegrasie gekom het. Vandag is ek ‘n baie dieper Christen as tydens my prille jeug, nou het ek ‘n stryd tussen plig en gewete! Ek wonder wat my Vader, sers. Heymans, sou gedoen het, het ek gedink...? Toe weet ek: Hy sou sê: “Manne lê beslag op al die bewysstukke, laat die mense aantrek en kom ons gaan sluit hulle toe”. Ek neem myself kwalik dat ek destyds as ‘n senior offisier van die veiligheidstak en Christen (of is dit anders om?) gefaal het. Die regering van ons tyd was 'n Christelikbegronde staat. (Vgl. die grondwet.) Dus: elkeen in diens van die regering moes eintlik Christelike waardes handhaaf: Of jy kos vir 'n gevangene wat daarvoor vra het of komberse vir mense wat in aanhouding is, gee. Andersyds die stelsel wat die staat geskep het, moes hulle ten alle koste beskerm word ten einde die regeringsmasjinerie goed te laat loop en sodoende op koers te bly. Insgelyks sou dit daarom ontoelaatbaar wees dat die bestaande orde deur individue verander of beïnvloed kon word. Behoud van die SAPhiërargie was kardinaal vir die suksesvolle voortbestaan van die goewerment en in belang van ent tot voordeel van die bevolking in geheel (Ook kriminele en terroriste binne die RSA (!)). Sou ek destyds empatie aan aangehoudenes bewys, kon ek die argwaan van die sisteem op die hals haal het. Deur in die Mag aan te bly het ek later die geleentheid gehad en gebruik om my Christelikheid op my manier in my diens uit te leef (vglk. bv. die beginsel van nie-kwaadwilligheid wat Nongqai handhaaf)... Ek mymer vandag: Dit sou mos myle beter gewees het as hulle ten minste eers kon aantrek en miskien het ons dan deur ons Christelike en beskaafde wyse een of meer gewerf om vir ons te werk. All is fair in love and war? Is dit werklik so? Ek het my plig gedoen maar my gewete kla my aan omdat algemene beskaafde praktyke in die wind geslaan het. Miskien is dit nie vir party mense ‘n probleem nie want – en hier is ek ook skuldig –ons het hulle ontmens. Steeds dink ek mens kan streng wees, maar menslikheid en deernis ten alle tye betoon. Sulke optrede is lofwaardig. Ons het die sogenaamde politieke oorlog, binnelands sowel as buitelands duidelik verloor. Ek sit en dink: "Not a way to win friends and influence people" en hoe kon ons die "hearts and minds" van die bevolking met sulke optrede wen? Kyk gerus die film oor die hofsaak van kol Rudolph Abel (KGB), Bridge of Spies, waarin Tom Hanks ‘n skitterende rol as prokureur vir die verdediging vervul. Hierdie hofsaak (en film) is ook ‘n uitstekende voorbeeld en het baie gedoen om die lewens van spioene na arrestasie te verseker. hulle is voorheen tot die dood veroordeel. Genl George Fivaz het my geleer om die verskil tussen: “Doen dinge reg” en “Doen die regte dinge” te ken. Ons Liewe Jesus het erkenning gegee aan mense in 'n gesagsposisies (hulp aan die Hoofman oor honderd, ens.) maar ook aan gevangenes. Maar in die finale analise het Heiland vir ons almal gesterwe, ook vir terroriste.