Pretensie vs Egte volk-subkultuur: Die beste dinge in die wêreld is verniet! Wanneer tweede klas beter is!!! HBH
vleisie in die bos te braai. Niks verkeerd nie – hulle is nugter en beskikbaar vir diens! Hul radio was aan. Hulle het vriendelik gegroet en ons het by hulle verby geskuur. Hulle het sommer so tussen twee klippe op ‘n stuk draad gebraai. By ons huis het ons altyd ook maar tussen twee klippe gebraai. My Oom het ons ‘n stuk rooster gegee wat sy oorsprong in ‘n stoomlokomotief gehad het – ‘n sif wat die vonke gekeer het. Ek was altyd die braaier, nadat ek klaar gebraai het, het ons in die huis aan tafel geëet.
As skoolseun het ek soms ‘n vriend saamgenooi dan het ons die munisipale bus gehaal van die Bluff tot by die Suidkuspad. Daar het ons gewag vir ‘n trein. Ons het dan per trein na Amanzimtoti gereis. By die strandmeer het ons ‘n boot gehuur en dan met die rivier ‘n ent op geroei. Dan het ons stokkies en brandgoed bymekaar gemaak en gebraai. My skoolvriend, wyle dr Donald Campbell, het ‘n leë kakao-blik saam geneem en hy het altyd mieliepap daarin gemaak. Ek was destyds net ‘n vleiseter. Na die braai het ons weer met die rivier afgevaar na die strandmeer, die boot teruggegee en weer vir die trein gewag en ons is dan finaal huistoe met die bus.
Wonderlike sorgvrye dae! Eendag ry ek en my Vader van Lighthouseweg na Watsoniaweg en ons neem kortpad deur die bos met ‘n sandpaadjie – dis was nog voor Grosvenor Boys High School gebou was. In die middel van die afstand tussen die twee teerpaaie kry ons twee konstabels van die blitspatrollie besig om ‘n
Maar ek was lief vir braai! Ek het nie baie vriende gehad toe ek ‘n jong konstabeltjie was nie. My vriende was op universiteit, het elders gewerk of was in die weermag. Dan het ek alleen met my Volksie langs die Suidkus af gery. My geliefkoosde plek was langs die see, naby ‘n rivier of strandmeer en treinbrug. Dan het ek dryfhout opgetel, vuurtjie gemaak, iets gebraai en na die stoomtreine gekyk wat oor die brug stoom na Port Shepstone of Durban! Later het ek die SA Polisie-rusoord te Port Edward ontdek. Dit was destyds baie basies. Net ‘n rondawel, ‘n braaiplek, yskas en bed. Nogtans dit was so lekker om van bed na braai te gaan en later na die gebruiklike swem in die see weer van braai na bed te gaan. Ek onthou die goedkoop piesangs en krewe. Dit was nou vir my ‘n lekker vakansie!! Dr Campbell se Vader, brig Dolf Campbell (afgetree as kwartiermeester) het later die bestuurder geword. Jare later, nadat ek ‘n paar plekke in die land gestasioneer was, het ek weer die geleentheid gehad om op Port Edward te kom. Alles was toe so mooi en grand! Ek het die polisie se argitek, brig Johan Calitz, ontmoet en ons het gesels. Ek het hom gevra waarom die plek so “mooi” was. Sy antwoord was dat van die ministers en generaals se gades gekla het oor die basiese geriewe.
NONGQAI VOL 12 NO 2 FEBRUARY 2021
(Continued on page 219)
218