17 minute read

Die Verwyt wat ewig by my sal spook: Lt genl. Johan

Lt-genl. Johan Ferreira

Een dag, in die vroeë sewentigerjare, kom daar 'n vrou van ongeveer 30 jaar oud by die polisiestasie op Silverton aan en vra om die offisier te sien. Die aanklagkantoorsersant bring haar toe na my. Nadat ek haar genooi het om te sit, het sy my vertel dat sy bang is vir haar kêrel en dat hy gedreig het om haar dood te maak. Sy wou weet of ons hom nie kon arresteer nie. Ek het 'n ellelange beëdigde verklaring van haar geneem en op die ou end vir haar gesê dat ons nie eintlik die man kan gaan toesluit nie, omdat daar nog geen misdaad gepleeg is nie. Ek het die patrolliewa na haar woonstel gestuur om die man te gaan waarsku, maar hy was nie daar nie. Ek het die vrou belowe dat ek opdrag aan die personeel aan diens sal gee om, indien sy weer kla, onmiddellik aandag aan haar saak te gee. Sy is toe daar uit, maar het my in die oë gekyk en gesê dat sy baie bang is vir die man en dat hy haar nog gaan doodmaak ...... Die volgende oggend word 'n klagte van aanranding by die aanklagkantoor aan-gemeld ..... en ek hoor dis die vrou wat die vorige dag by my was. Ek jaag soontoe, net betyds om te sien hoe sy op 'n draagbaar in ‘n ambulans gelaai word. Sy is verskeie kere met 'n mes gesteek, maar steeds by haar bewussyn. Ek het haar gevra wat gebeur het, en sy antwoord: "Sien jy luitenant, ek het jou mos gesê hy gaan my doodmaak". Sy het in die ambulans op pad na die HF Verwoerd-hospitaal beswyk. Vandag, byna 50 jaar later, sien ek nog daardie kyk in haar oë. Ek verwyt myself steeds omdat ek daardie dag nie dalk iets ekstra gedoen het om die tragedie te voorkom nie. Snaaks, haar naam kan ek nie onthou nie, maar die verwyt in haar oë sal ek nooit, ooit in my lewe vergeet nie.

Advertisement

Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) Teeninsurgensie (Tin) Opleiding: Junie/ Julie 1977

Deur No. W69530W Konstabel Wolfgang Günther Witschas

Een dag, in die vroeë sewentigerjare, kom daar 'n vrou van ongeveer 30 jaar oud by die polisiestasie op Silverton aan en vra om die offisier te sien. Die aanklagkantoorsersant bring haar toe na my. Nadat ek haar genooi het om te sit, het sy my vertel dat sy bang is vir haar kêrel en dat hy gedreig het om haar dood te maak. Sy wou weet of ons hom nie kon arresteer nie. Ek het 'n ellelange beëdigde verklaring van haar geneem en op die ou end vir haar gesê dat ons nie eintlik die man kan gaan toesluit nie, omdat daar nog geen misdaad gepleeg is nie. Ek het die patrolliewa na haar woonstel gestuur om die man te gaan waarsku, maar hy was nie daar nie. Ek het die vrou belowe dat ek opdrag aan die personeel aan diens sal gee om, indien sy weer kla, onmiddellik aandag aan haar saak te gee. Sy is toe daar uit, maar het my in die oë gekyk en gesê dat sy baie bang is vir die man en dat hy haar nog gaan doodmaak ...... Die volgende oggend word 'n klagte van aanranding by die aanklagkantoor aangemeld ..... en ek hoor dis die vrou wat die vorige dag by my was. Ek jaag soontoe, net betyds om te sien hoe sy op 'n draagbaar in ‘n ambulans gelaai word. Sy is verskeie kere met 'n mes gesteek, maar steeds by haar bewussyn. Ek het haar gevra wat gebeur het, en sy antwoord: "Sien jy luitenant, ek het jou mos gesê hy gaan my

doodmaak". Sy het in die ambulans op pad na die HF Verwoerd-hospitaal beswyk. Vandag, byna 50 jaar later, sien ek nog daardie kyk in haar oë. Ek verwyt myself steeds omdat ek daardie dag nie dalk iets ekstra gedoen het om die tragedie te voorkom nie. Snaaks, haar naam kan ek nie onthou nie, maar die verwyt in haar oë sal ek nooit, ooit in my lewe vergeet nie. Hierdie is nie 'n verslag of oorsig oor die kursus self nie maar 'n samestelling van onvergeetlike en komiese gebeurtenisse wat ek beleef het tydens die tydperk voor en tydens die kursus. Ek onthou hierdie gebeurtenisse na 43 jaar nog baie gedetailleerd omdat ek in wese glo dit was 'n uiters besondere gebeurtenis vir my. Ek kan verder baie ander gebeurtenisse in my loopbaan as polisieman en later in die intelligensie diens werklik baie goed onthou.. Skaars ses maande nadat ek my opleiding as lid van die SAP in Pretoria (Julie tot Desember 1976) voltooi het en nadat ek vyf maande by die polisiestasie in Tsumeb in die Noorde van die destydse SWA geplaas was, het ek die geleentheid gekry om "bosopleiding" by Maleoskop te kan ondergaan. Die "ou manne" het ons "blougatte" probeer bang praat hoe moeilik die " boskursus" is en hoe ons sal huistoe verlang. Dié onverwagte geleentheid het gekom terwyl ek so teen die middel van Mei 1977 nagdiens verrig het. Een van die take van die lede op nagdiens was om die polisiekoerant wat van Kompol (Destydse SAP-hoofkantoor, Wachthuis in Pretoria) aan al die SAP-kantore landwyd gestuur was en vir die weeklikse stasievergaderings voor te berei. Verder ook ander interne SAP kennisgewings en wysigings vir Mag- en Staande Orders aan te bring. Dit is waar ek gesien het dat daar 'n TIN-opleidingskursus te Maleoskop in Junie/Julie 1977 aangebied word. Ek was die eerste lid van die stasie in die distrik van Otjiwarongo om dit te sien en het onmiddellik aansoek gedoen en dit was ook goedgekeur. Ek is toe weg uit Tsumeb met my wit Volkswagen kewer, SW 44183, na Windhoek en daar met "Ben Wiellies" die SAS+H se trein na Pretoria. Hier is dit waar alles begin het. Ek het 'n klomp bekendes ontmoet op die stasie in Windhoek. Onder andere Klein-Vic, seun van die destydse afdelingskommissaris van SWA. Ons was saam student-konstabels in Windhoek en was saam in die kollege, egter in twee verskillende Pelotons. Nou wag drie dae met die trein op ons. So met die reis klim al meer van ons kollegas in SWA op. Die laaste is 'n man van Karasburg: "Ek is Wessie (Konstabel Van Der Westhuizen, SAP Karasburg) van "Kallabaai", 'n skraal blonde kop man wat lyk soos die Amerikaanse akteur Donald Sutherland met snor en ongeskeerd. Ek dink toe ook onmiddellik aan die oorlog prent "Kelly's Heroes" en dink aan wat die akteur in die fliek gesê het: "Woef woef” terwyl hy uit sy Sherman tenk se luik gekyk het toe iemand iets teenoor hom genoem het. In Pretoria gearriveer hoor ons dat die trein na Marble Hall eers laat die namiddag vertrek. Wat nou. Die manne koukus. Bêre die bagasie op die stasie en ons verken die dorp. Viv (Konstabel Viviers SAP Omaruru) wat so uit die bloute sê, waar is die "NBS"? Almal sê vir hom dit is 'n bouvereniging, wat wil hy daar maak. “Nee die "Naaste Bottle Store" was sy antwoord.” Nee wat, Viv is potensiële moeilikheid. Viv is so naby twee meter lank, skraal met blas gelaatstrekke, swart hare en 'n "Clark Gable" snor. Ons het vinnig agtergekom hy hou van sy dop, dalk te veel. Viv het gesê dat hy in die lykshuis op Omaruru werk en die brandewyn "ontsmet hom" en hy weet altyd hoe laat dit is as hy sy "Horlosie

Olie - Klipdrift Brandewyn" het. By die plein onder Oom Paul se wakende oë eet ons ons dik by "Pinocchios" aan "hamburgers en chips". Ons weet almal dat van die volgende dag "army kos en ratpacks" ons voorland sal wees en die ou bekende "varkpan" en oor-lose beker ons eetgerei sal wees. Daarna is ons na die winkels om nog iets te koop wat elk een dink hy sal nodig kry. Nou die lang tog terug stasie toe. Langs die pad raak Viv weer dors en "soek al weer die "NBS". Uiteindelik is ons by die stasie, kry ons bagasie en klim die trein na Marble Hall. Volgende oggend op die stasie in Marble Hall wag 'n nors sersant met 'n bussie op ons. Hy groet nie en skreeu net: "Hoekom dra julle nie uniform nie!" Voordat iemand iets kon sê, sê Viv: "Saaient die trein is vuil en ek en die manne is trots op ons uniforms". Die Sersant sê toe net: "Julle moet die rede op skrif stel en as julle terug by julle stasies is sal daar beslis 'n waarskuwing op julle personeellêers wees". Toe ek terug was op Tsumeb einde Augustus 1977, het luitenant Theuns "Rooi" Smit (afgetrede brigadier Smit is oorlede op 11 Oktober 2020 op sy plaas by Warmbad) die stasiebevelvoerder my wel geroskam oor die insident en ek moes die waarskuwing onder teken. Een van die "byvoordele" om die TIN-kursus by te woon teenoor die ses maande kollege is dat elke lid op kursus twee 340 ml blikkies bier kon koop, elke laat namiddag na die dag se aktiwiteite amptelik afgehandel was. In 1977 dink ek het 'n blikkie R2,50 gekos. Ons het vinnig agtergekom waarmee Viv besig was. Hy was waarskynlik glad nie genoeë om net twee biere te mag kry nie. Hy het toe dié manne genader wat of glad nie gedrink het nie of slegs een bier gekoop het om of die tweede biere namens hom te koop of altwee vir hom met sy geld te koop. So het Viv elke aand ten minste tussen ses tot agt biere genuttig. Daar was een aand waar hy gelukkig was om tien te kon bekom. Viv kon "organize", dit was 'n gegewe. Is daar 'n probleem, een of ander polisieman het altyd 'n plan gemaak ... dis wat die SAP, 'n span met "esprit de corps" gemaak het. Op 'n dag hoor ons dat ons skietbaan toe gaan en dat onder andere elke man met die LMG (FN MAG masjiengeweer) sal skiet. Terwyl ons wag om aan te treë om na die skietbaan te draf staan twee manne van verskillende seksie met hulle LMG’s oor die skouer en voor die bors gehang en skerts. Iemand sê iets vir hulle en konstabels Paxton (SAP Hondeklipbaai) en Koen (SAP Lambertsbaai) sê dat hulle is "Groep Twee" en maak as of die LMGs ghitare is en begin toe in gebreide Afrikaans sing; "Liefde is soos 'n stille rivierstroom en ons staan lekker op Maleoskop onder 'n doring boom en droom". Paxton hak toe af en sing solo: "Lock me up in 'n 'trunk' until I am old and not to be sold" tot die vermaak van almal in die omgewing. Hulle sangloopbaan is toe kortgeknip met die aankoms van sersant Wilken, wat geskreeu het: "Dit is nie die Springbok Treffers Parade nie en hier skiet ons en sing nie". As deel van die opleiding moes elke seksie 'n roetemars na die berg Bolio op Maleoslskop onderneem en die berg klim. Ons seksie leier was 'n Sersant Anderson (iewers van 'n stasie in die ou PWV gebied). Na die roetemars en die klim van die berg het ons vir middagete gebreek. Sersant Anderson het die HK per radio gekontak en verslag gedoen. Daarna het elke lid iewers skaduwee gesoek en iets uit die "ratpack" geneem om te eet. Na ete het ons nog so 'n paar minute gerus voordat ons moes terug keer na die plek waar die "Big Daddy" ons sal oplaai. Terwyl ons reg gemaak het om te vertrek het Sersant Anderson opgestaan en wou sy FN geweer, wat teen 'n rots gestaan het optel. In dié proses stamp hy teen die geweer wat omval en begin gly. Voordat hy dit kon gryp val die geweer in 'n rotsgleuf en verdwyn. Alle pogings om die geweer

te vind en uit te haal was te vergeefs. Die geweer was weg. Na ongeveer 'n half uur se probeer het ons tou op gegee en Sersant Anderson het toe per radio HK van sy dilemma ingelig. Aangesien ons al amper laat was, het ons opdrag gekry om na ons ontmoetings plek te beweeg. Anderson moes die plek duidelik merk waar die geweer "verdwyn" het sodat nuwe pogings om die geweer te herwin die volgende dag gedoen kon word. Na twee vergeefse pogings is die geweer nog steeds nie gevind nie en almal het aanvaar dat "Bolio" op Maleoskop het die geweer "gevat". Ons seksie moes toe almal 'n verklaring aflê in verband met die voorval. Daardie aand het 'n effens "aangeklamde" Viv vir Anderson gesê: " Saaient, dit is nie so erg dat jy jou geweer verloor het op die berg. As die Kwartiermeester dit hoor sal hy jou gat skop en jou drie strepe en "Castle" wegtoor". Ander lede het "baie eiers gehad om te lê" en gesê, die Sersant is 'n nie 'n "Stasie Polisieman" nie maar " admin jokkey/pen pusher" en weet niks van "regte polisie werk af nie en moet wegbly van enige grensdiens". Ek het die arme man nogal jammer gekry. So uit bloute uit ontwikkel ek toe ergere tandpyn met my onderste verstand tande. Ek moes toe die tandarts op Groblersdal sien wat die twee seer tande moes trek. Die wond was met steke geheg wat oor veertien dae moes uit gehaal word. Na 'n week het die bevelvoerder, Majoor Pine Pienaar, 'n kort gesette man met vlam rooi hare en ewe rooi snor, tydens die oggend parade die volgende bekend gemaak. "Die moontlikheid en die waarskynlikheid, het werklikheid geword. Ons gaan Soweto toe". Dit was die eerste herdenking van die Soweto opstande van 16 Junie 1976. Tydens ons twee weke ontplooiing in Soweto het ons 'n tydelike kamp by die Wesrand Administrasie Raad se gronde op geslaan met tente. Aangesien ons ook van drie etes per dag bedien was het die voorade "Big Daddy" 'n mobiele SA Weermag kombuis sleepwa saamgebring. Een lid, Konstabel Ravenscrofft van die Paarl, was in beheer van die kombuis en twee ander lede was elke drie dae op 'n rotasiebasis afgedeel om by die kombuis te help. Soos dit maar altyd gaan is daar altyd persone wat een of ander kwessie rondom die kos of die grootte van die porsies wat bedien is het. Een van die persone was "Viv", wat gekla het by Ravenscrofft oor die grootte van sy porsie vleis. Die petalje het in 'n argument ontaard en 'n Sersant het tussen beide getree. "Viv" het gekla dat hy meer vleis moet kry aangesien hy 'n lang

Konstabel Wolfgang Witschas

persoon is en heeldag patrollie ry saam met twee seksies en die drie "jam vreters" van die kombuis" net kos maak. Buitendien kan Ravenscrofft nie kosmaak nie; "wat weet 'n trailer kok" van kos maak? Tydens ons twee weke ontplooiing het die tyd aangebreek dat die steke in my mond moes uit gehaal word. Daar is toe gereël dat ek na die Baragwanath hospitaal geneem word waar daar tandartse is. By die hospitaal moes ek 'n lank tyd wag en toe die Sersant wat my soontoe geneem het self ongeduldig geraak het toe gebeur iets. 'n "Tantarts" wat van die weermag was en sy diensplig by dié hospitaal gedoen en wat skaars ouer as ek was, het opgedaag en die steke probeer uit haal. Toe hy dit nie kon regkry nie het hy 'n ander weermagdokter gevra om te help. Tussen beide en 'n verder gesukkel, 'n mond vol

bloed, is die steke toe uit. Ek het terwyl 'n suster my gehelp het on die bloeding te stop, het ek verneem die twee "dokters" is nog nie ten volle gekwalifiseer nie en ook nie tandartse nie. Ek kon darem vir my kollegas sê, ek was 'n "buite pasiënt by die Baragwanath hospitaal" en boonop as polisieman in kamoefleerdrag wat na traanrook geruik het. Ek ken nie iemand anders wat lid was van die SAP en wat daar behandel was nie. 'n Week nadat ons vanaf Soweto na Maleoskop teruggekeer het, was die TIN-kursus verby en ons is weer per trein van Marble Hall terug Pretoria toe om die trein na SWA te haal. Weer het drie dae van reis vir ons voorgelê. Hierdie keer het Viv gesorg dat hy "goed versorg" was met drank om die rit te kon aanpak. Dit het Viv nie lank gevat om in die regte "fees" atmosfeer te beweeg en sy "verkenningstog" het toe begin om te bepaal wie en wat ook op die trein is. Twee treinwaens later ontdek hy vier lugmag dames wat op pad was na Ondangwa in Ovamboland, om die lugmagbasis se beheertoring en radar te beman. Kort voor lank kuier hy te lekker. Die volgende nag so teen ongeveer middernag het hy en een van die dames in die gang gedans en gesing. Op 'n stadium het 'n jongerig frisgeboude man hulle te woord gestaan en gesê die ander mense kla oor hulle lawaai en dat hulle in die gang sterk drank drink wat verbode is. Viv en die man het toe geargumenteer en die man sê dat hy 'n spoorwegpolisieman is en wys sy aanstellingsertifikaat. Viv haal sy SAP-aanstellingsertifikaat uit en wys dit vir aan hom. Die spoorwegpolisieman het gesê dat op die trein het hy jurisdiksie en nie die SAP nie. Onverwags gryp Viv die man se aanstellingsertifikaat en draai om na die venster wat hy vinnig oop gemaak het en soos dit gelyk het, gooi die aanstellingsertifikaat by die venster uit. Voordat die spoorwegpolisieman iets kon sê, het Viv gesê "Nou is jy nie meer 'n "stasieblompot" nie". Dié man het Viv verseker in Kimberley sal hulle hom arresteer vir die vernietiging van staatseiendom en dwarsboming van die gereg. Viv het tot by Nakop oor die grens na SWA gery het iewers op die trein weggekruip. My persoonlike vermoede was dat die Lugmag meisies hom op 'n manier "weggesteek" het. Met die aankoms van die trein op die Karasburg stasie laat die Sondagmiddag, het konstabel Wessie van der Westhuizen aka "Donald Sutherland" afgeklim. Saam met hom het ook Viv afgeklim, en Wessie met sy bagasie gehelp. Die twee het 'n kort tydjie gepraat en Viv het iets aan Wessie gegee, wat hy in sy hempsak gebêre gehad het. Daarna het hulle gegroet en Viv het die stadig bewegende trein geklim en die reis na Windhoek weer aangegaan. Die res van die treinreis via Keetmanshoop, Mariental, Kalkrand, Rehoboth na Windhoek was sonder enige opspraakwekkende gebeurtenisse. In Windhoek het ons van die trein geklim, vir oulaas gegroet en uitmekaar gespat. Die "gevreesde Boskursus" was verby. Ek hel later gewonder wat Viv aan Wessie gegee

(Continued on page 43)

het op die perron van die Karasburgstasie en het eventueel tot die slotsom gekom dat hy die aanstellingsertifikaat van die spoorwegpolisieman nooit uit die trein gegooi het nie, maar vir Wessie gegee het om by die spoorwegpolisiekantoor by die Karasburg stasie as "gevind" in te handig.

Notas

Die FN FAL is 'n 7,62 mm semi-outomatiese aanvalsgeweer, wat in België vervaardig was met 'n 20 rondte magasyn en was die standaard NAVO aanvalsgeweer in die laat ‘50 tot ‘80 jare in die meeste Westerse weermagte. In die RSA as R1onder lisensie vervaardig. Die weergawe wat ons in 1976 in die Kollege en in 1977 in Maleoskop gebruik het, was sonder die twee poot affuit. Die outomatiese skiet funksie was ook geblok en kon slegs enkel skote vuur. Die FN MAG/ LMG is 'n 7,62mm 'n Belgies vervaardigde FN MAG was

vir baie jare die beste masjiengeweer wat nog ooit vervaardig is, beskou. Die “Big Daddy” is 'n Brits vervaardigde Bedford vragmotor wat deur die Verenigde Koningryk (VK) en Statebond weermagte in die laat 50 tot sestige jare gebruik is. Die SAW en SAP het hulle tot die koms van meer moderne vragmotors en myn bestande voertuie gebruik. Ratpack: Daaglikse gebalanseerde kos rantsoen pakkie soos gebruik was deur die SAW en SAP. Veldkombuis (volgende blad): Gebruik deur die destydse SA Weermag en SA Polisie in operasionele omstandighede.

Onthou julle daai twee koppies op Maleoskop? Spitskop en Bolio (party mense sê Boleu) Stukkie nuttelose inligting: Boleu is vernoem na Koning Boleu wat op 10 Mei 1864 in die omgewing van Maleoskop gesterf het toe die Swazis en van die ZAR soldate met sy stam afgereken het Wolfgang Witschas SAP: 1976 - 1981 W69530W

Foto’s: Goedgunstig verskaf deur verskeie lede van die SAP TIN-veterane Bond en ander oudSAP kennisse/vriende Foto’s van wapens: https://en.m.wikipedia.org/wiki/FN_FAL https://en.m.wikipedia.org/wiki/FN_MAG

This article is from: