Die Verwyt wat ewig by my sal spook Lt-genl. Johan Ferreira Een dag, in die vroeë sewentigerjare, kom daar 'n vrou van ongeveer 30 jaar oud by die polisiestasie op Silverton aan en vra om die offisier te sien. Die aanklagkantoorsersant bring haar toe na my. Nadat ek haar genooi het om te sit, het sy my vertel dat sy bang is vir haar kêrel en dat hy gedreig het om haar dood te maak. Sy wou weet of ons hom nie kon arresteer nie. Ek het 'n ellelange beëdigde verklaring van haar geneem en op die ou end vir haar gesê dat ons nie eintlik die man kan gaan toesluit nie, omdat daar nog geen misdaad gepleeg is nie.
Ek het die patrolliewa na haar woonstel gestuur om die man te gaan waarsku, maar hy was nie daar nie. Ek het die vrou belowe dat ek opdrag aan die personeel aan diens sal gee om, indien sy
weer kla, onmiddellik aandag aan haar saak te gee. Sy is toe daar uit, maar het my in die oë gekyk en gesê dat sy baie bang is vir die man en dat hy haar nog gaan doodmaak ...... Die volgende oggend word 'n klagte van aanranding by die aanklagkantoor aan-gemeld ..... en ek hoor dis die vrou wat die vorige dag by my was. Ek jaag soontoe, net betyds om te sien hoe sy op 'n draagbaar in ‘n ambulans gelaai word. Sy is verskeie kere met 'n mes gesteek, maar steeds by haar bewussyn. Ek het haar gevra wat gebeur het, en sy antwoord: "Sien jy luitenant, ek het jou mos gesê hy gaan my doodmaak".
Sy het in die ambulans op pad na die HF Verwoerd-hospitaal beswyk. Vandag, byna 50 jaar later, sien ek nog daardie kyk in haar oë.
Ek verwyt myself steeds omdat ek daardie dag nie dalk iets ekstra gedoen het om die tragedie te voorkom nie. Snaaks, haar naam kan ek nie onthou nie, maar die verwyt in haar oë sal ek nooit, ooit in my lewe vergeet nie.
Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) Teeninsurgensie (Tin) Opleiding: Junie/ Julie 1977 Deur No. W69530W Konstabel Wolfgang Günther Witschas Een dag, in die vroeë sewentigerjare, kom daar 'n vrou van ongeveer 30 jaar oud by die polisiestasie op Silverton aan en vra om die offisier te sien. Die aanklagkantoorsersant bring haar toe na my. Nadat ek haar genooi het om te sit, het sy my vertel dat sy bang is vir haar kêrel en dat hy gedreig het om haar dood te maak. Sy wou weet of ons hom nie kon arresteer nie. Ek het 'n ellelange beëdigde verklaring van haar geneem en op die ou end vir haar gesê dat ons nie eintlik die man kan gaan toesluit nie, omdat daar nog geen misdaad gepleeg is nie. Ek het die patrolliewa na haar woonstel gestuur om die man te gaan waarsku, maar hy was nie daar nie. Ek het die vrou belowe dat ek opdrag
aan die personeel aan diens sal gee om, indien sy weer kla, onmiddellik aandag aan haar saak te gee. Sy is toe daar uit, maar het my in die oë gekyk en gesê dat sy baie bang is vir die man en dat hy haar nog gaan doodmaak ...... Die volgende oggend word 'n klagte van aanranding by die aanklagkantoor aangemeld ..... en ek hoor dis die vrou wat die vorige dag by my was. Ek jaag soontoe, net betyds om te sien hoe sy op 'n draagbaar in ‘n ambulans gelaai word. Sy is verskeie kere met 'n mes gesteek, maar steeds by haar bewussyn. Ek het haar gevra wat gebeur het, en sy antwoord: "Sien jy luitenant, ek het jou mos gesê hy gaan my
NONGQAI VOL 12 NO 2 FEBRUARY 2021
(Continued on page 39)
38