10 minute read

Briewe

Message received on 17/01/2021 from

Klaradyn van Zyl – Daughter of Gen. JJJ van Vuuren, 4th Commissioner, South African Railways Police. I just want to thank my nephew, Jacques Olivier, as well as all the people involved in the creation of this excellent magazine, for their wonderful inputs and fond, precious memories of the Force! Looking forward to the next edition!

Advertisement

Railway Police Dog: J Wepener (Welkom)

Hi Hennie & all. When we were in Worcester in the late 70's / early 80's we had friends, he was a Railway Policeman and his wife worked with John in the staff office.

What I specifically recall was his German Shepherd police dog, named Bandit.

Kapt Dolf de Villiers (Weskus)

After many years of "Railway Police Service" this Hallo Hennie, dog retired and actually went on pension. He was kon nie wag vir die nuwe Nongqai nie! Pragtige given to his handler and was supplied with food publikasie en ek sê weereens dankie vir die deel and "medical aid" until the day of his passing. Even an exercise circuit was constructed in the backyard to keep him fit, on some occasions he van my oorlede vader wat jy geplaas het. Wens so die Ou Kêrel kon dit self sien! would show his skills on various obstacles. regularly checked by the vet Nogmaals ook dankie vir jou wonderlike bydrae tot ons geskiedenis. What a kind hearted loving dog he was towards us - and huge!! Must have scared the living crap out of the skollies on the Western Cape trains and Groete en mag jy 'n baie Voorspoedige 2021 stations!! geniet. Ek en my vrou het vroeg in Desember positief aan Covid-19 getoets, maar met die Here Cheers. se genade het ons albei na 21 dae in selfisolasie in een stuk daar deur gekom. Ons is nou weer 100% gesond en ek sal seker teen volgende week weer begin werk. Hi Hennie. Groete. No photos unfortunately – the handler was Isak “Sakkie” Horak, if memory serves correctly. Dolf de Villiers. Attached is a general photo of a SARP handler and his dog. Cheers.

Die SSVR: Mnr Johan Mostert

Dagsê Hennie, Wat die SSVR betref, is mnr AP Stemmet die regte persoon om mee te praat. Die eerste drie Sekretarisse is ongelukkig reeds oorlede. Mnr Stemmet is die mees langsdienende senior lid van die SSVR wat oorbly. Die SSVR het nooit "onder" NI geressorteer nie. Dit was 'n outonome organisasie wat vir sy lynfunksie direk aan die Staatspresident gerapporteer het, nie aan die DG van NI nie. Omdat die SSVR egter statutêr êrens 'n staanplek moes kry, is besluit dat dit vir administratiewe doeleindes by NI aangehak moes word. Dus, slegs vir sover dit sy administrasie betref, moes die SSVR aan NI rapporteer. Vandaar dat AP Stemmet vir administratiewe doeleindes by NI ingeskakel is. Hy was dus deel van NI maar ook nie. Ten spyte daarvan dat hy die rang van hoofbestuurder beklee het en NI hom administratief "gedra" het, was hy nie deel van die hoofbestuur van NI nie. Ek was in 'n bykans soortgelyke situasie as hoof van die TNV. Die TNV was struktureel deel van die SSVR maar was vir sy lynfunksie vir alle praktiese doeleindes primêr verantwoordelik aan die KIK. Ek het dus twee "base" gehad, nl. die Sekretaris van die SVR en die DG van NI in sy hoedanigheid as voorsitter van die KIK. Ek was dus nooit 'n integrale deel van die SSVR nie. Ek wil dus aanbeveel dat jy mnr Stemmet vra om oor die geskiedenis van die SSVR by te dra. Hy was omtrent van meet af aan daar betrokke en was deeglik ingegrawe in die aktiwiteite van al die takke. Ek het eers in 1987 bygekom. Toe ek in 1990 as Sekretaris van die Staatsveiligheidsraad aangestel is, het ek die taak gehad om die Sekretariaat te omvorm en is die Sekretariaat vervang deur die Veiligheidsekretariaat wat hoofsaaklik belas was met die notulering van SVR-vergaderings. Ek was dus slegs sowat 'n maand of twee Sekretaris van die Staatsveiligheidsraad soos ons hom geken het. Ek het reeds met mnr Classen gesels en soos ek gesê het, ons sal help waar ons kan. Ons is egter met ons eie projekte besig, so kom ons kyk wat ons kan doen om jou te help. Jy is reeds met mnr Classen in gesprek en ek sal my insette via mnr Classen lewer. Sterkte met al jou sake. Groete. “ …./ Persoonlik het ek groot waardering vir die onbaatsugtige werk wat jy met soveel toewyding en volharding doen om die rol en bydrae van die veiligheidsmagte in die vorige bedeling positief op skrif te stel….

Dr Mommsen (Potchefstroom)

Geagte Brigadier, Ek het ongelukkig nie foto’s van my oupa in uniform nie, maar ek belowe om aan te stuur sodra ek my hande op een kan lê! Fantastiese werk wat u doen vir die nageslag - Ek het nooit kon dink wat die tydskrif wat ons so dikwels deurgeblaai het, eendag soveel jaar later vir my sal beteken nie. Dis eintlik half hartseer elke keer wanneer ek dink aan die sameloop van gebeure, terugflitse en emosies wat gelei het tot vanoggend se verrassing. Ek stel baie belang in die ABO, die rebellie van 1914, die konsentrasiekampe en foto’s rondom hierdie tyd en maak alle inligting wat ek kry bymekaar. Interessante foto’s gekry op "Pinterest" oor die ABO, Kampe, ens. Groete en 'n Geseënde Kersfees

Dr Mommsen (Potchefstroom)

Geagte Brigadier, Dankie vir nog 'n yslike verassing! Ek het absoluut nooit kon dink dat ek so gelukkig sou wees nie. Ek soek al van 2005 na inligting oor my oupa. Ek dink selfs my ouma sou nooit kon dink dat hierdie data so bewaar is nie. Was u altyd aan hierdie pos verbonde, of voorheen aan 'n ander een? U moes seker diep in die geskiedenis gestudeer het... Ek kom met hierdie selfopgelegde taak agter dis werklik soos u sê - mens moet net weet waar om te soek(!) Ek begin dikwels soek maar verdwaal heeltyd (Vat afdraai paaie en kyk eers ander interessante goeters ens.) Baie dankie en baie groete,

uitgawe met genl. Johann Coetzee op die voorblad op my tyd deurgegaan. Dit was 'n besonder aangename ervaring. Op elke bladsy was daar iets wat my aandag getrek het en waaroor ek meer wou weet. Toe ons begin kommunikeer het, het ek skaars kon dink aan die massiewe hoeveelheid inligting wat u op 'n daaglikse basis moet verwerk. Ek sien u is uitgewer van die Nongqai. U moet seker omtrent alles nagaan in elke uitgawe, beeldmateriaal, artistieke ontwerp ens. ens. Ek dink dit kan baie uitputtend wees. Ek glo nog altyd psigologiese aktiwiteit kan meer uitputtend wees as baie soorte fisieke aktiwiteit. My dogter is lief vir draf en ek sê vir haar lees en draf is dieselfde albei kan jou goed uitput. Dit was vir my interessant om te let op van die temas van Nongqai se filosofie: Niekwaadwilligheid "non-malificence" en die bewaring van inligting teenoor die negatiewe herbelewenis daarvan. Ek is voortdurend besig om teorieë te oorweeg oor baie onderwerpe en verskynsels. My proefskrif het gehandel oor etiek in die sielkunde en ek het onlangs gedink oor etiek in die joernalistiek: watter onderliggende beginsels word deur die media aanvaar/gehandhaaf en waartoe verbind die media homself in die algemeen ("benificence/non-malificence ens.) Moet asseblief nie verplig voel om op hierdie epos te reageer nie. Ek stuur eposse oor onderwerpe wat u ook interessant mag vind

Voorspoed en sterkte vir die nuwe jaar, Coert Mommsen N S Ek het in 'n stadium afgekom op 'n artikel oor hoe die boere plaas-grensdrade gebruik het om te kommunikeer en telegraaf boodskappe onderskep het - baie interessant. Beste Brigadier, Baie dankie vir u skrywe. Ek kan net dink hoe mense vandag na verbale skietgoed soek.

Miskien moet mens sê jy skryf gebeure neer eerder as op. My sel is seker nou al 4-5 maande "gezonk" maar ek kry waarskynlik oor sowat twee weke 'n nuwe een. Ek laat weet dadelik as ek "op die lug" is. Ek het gedink oor Nongqai en besef dat mens dit eintlik kan sien as 'n geskiedkundige ensiklopedie. Veral as jy al die volumes in boekdele saamvat en 'n "onderwerp-indeks" skep (amper soos die ou Encyclopedia of the Boer War van Martin Marix Evans of die Canadian Royal Mounted Police (Royal Canadian Mounted Police | Britannica) Nietemin, soos u aandui, alles in gedrukte vorm kan lei tot kontroversie. Ek is 'n afgetrede sielkundige maar baie lief vir taalversorging (Afrikaans en Engels), alhoewel ek nie Afrikaans as Universiteitsvak gehad het nie. Ek het Frans, Duits en Engels gehad as vakke. Ek is dus nie 'n professionele taalpraktisyn nie, maar het my proefskrif in Engels geskryf, asook my Meestersgraad verhandeling. Ek het onlangs die taalversorging van 'n kort roman gedoen. Groete, Coert Mommsen

Hi Hennie, I hope this finds you well. On one of the Police History sites someone has asked a question about the attached. “Any info on this collar number? I am trying to determine (confirm) if it is British or colonial South African.” Is there anyway you can confirm this? Kind regards, Mick Shaw

(Vervolg van bladsy 215) Early 1960’s both Police Stations were closed and Alexandra Rd was opened.

Col Henry Budram Brigadier / Frans Response from Colonel Henry Budhram to Piet van JAARSVELD's posting of photographs of Alexandra Police Station on Facebook. "Greetings Beautiful, bringing back memories. Alexandra Rd was one of the first police stations in Pietermaritzburg. The other was Loop St, which was known as Central. Our fathers were stationed there. Alexandra Rd was known as the Mounted Police, which is engraved above the entrance. The African people used to refer to Alex as “Mounta Police”. After the horses were withdrawn in the fifties, the Alexandra Rd station was closed. Two Police stations we're opened, viz: Topham Rd and Scottsville by the race course. Sgt Fisher and Sgt Gaffney were at Topham Rd and W/O Gerry Holland was at Scottsville. Warrant Officer Langeveldt (Stores) was the Station Commander. Our Capt Sew was a Sergeant there, he arrived from Ixopo. When I enlisted in 1972 the water troughs for the horses were still there as well as the steel railings to tie the horses. For your information.

Need to get together when we can to share memories. Kind regards Henry Budhram"

Nogqai se Facebook-blad Fanie van Vuuren Wonderlik oom Hennie Heymans, onthou asb om op die ander groep ook te plaas asb. FB blok my so ek kan ongelukkig nie self nie.

Dankie oom Hennie. Lekker gelees aan die tydskrif. Jy mag maar skryf vir ons!

Naas Ferreira

Ek het nou die nuutste NONGQAI gelees. Wat 'n lekker uitgawe. Ek dink aan julle opoffering van al die tyd en opoffering en sonder om geld daarvoor te verwag. Dankie vir julle werk en opoffering

Genl-maj Johan Booysen

Ons was in verbinding met die generaal. Hy het twee aanslae oorleef: Beide skote het nie afgegaan nie! Mag die Heer hom behoede

Laaste woord: Prof Stefan Joubert: Goeie

Nuus: Vat eerste voor en loop eerste voor in 2021 “Vat voor!” Dit het ek gereeld gehoor toe ek in my studentedae vir sakgeld by die lughawe se vragkantore gewerk het. Dan moes ek letterlik aan die voorkant dra wanneer ons bokse en kratte rondgeskuif het. Gou-gou het ek besef dit is die swaarste kant. Maar dit is ook die kant waar jy die beste kan sien waarheen om te loop. Wel, nou is 2021 hier. Nou is dit die tyd om voor te vat in die Heer se Naam. Vat voor en wys die regte koers aan. * Praat eerste die taal van hoop. * Wees eerste vol liefde vir God en ander. * Doen eerste wat reg is. * Moenie eerste kla nie. * Bly eerste stil tussen woedendes. * Praat eerste mooi oor die Here en oor ander mense.

Skotland in die winter: F Bedford-Visser

Dan wys jy van die begin van 2021 af die regte pad aan. Dan is jy nie ’n slagoffer van verkeerde voorvatters nie. Dan hoef jy nie agter dwase aan te strompel nie. Wees eerste die Here se voorvatter en voorloper in 2021.

This article is from: