6 minute read
1914: Scotty Smith: Vroeë Spioen van die Unie
Alhoewel ek baie onderhoude met genl Mike Geldenhuys gevoer het, wou hy my nooit die die adres van die “Die Withuis” gegee het sodat ek die plek kon fotografeer het nie.
Genl. Van den Bergh het die grondslag vir ‘n siviele, sentrale inligtingsdiens daargestel.
Advertisement
Ek was ontsteld toe ek SAW-kollegas se uitsprake oor genl Van den Bergh gelees het, vgl. die boek: “Days of the Generals”. Daar was ook ander erge kritiek op die generaal. Ons moet net in gedagte hou almal kan gekritiseer word. Natuurlik is daar ook baie Afrikaner-inhuis-politiek ter sprake rondom die persona van genl Van den Bergh. Hy en mnr PW Botha het beslis nie om die selfde vuur gesit nie. Hou ingedagte hy was self ‘n aangehoudene, ‘n innoverende polisiebeampte, ‘n deurwinterde speurder (Woodstock en Pondoland), veiligheidshoof, intelligensieman, spioenmeester en spioenvanger. Hy het in 1963 besef dat ons nie deur MI6 sou kon werk nie. Hy was slim genoeg om die lyn tussen “Washington” en “Bonn” te trek en munt te slaan uit die “koueoorlog” wat ‘n wel werklikheid was. Natuurlik het hy met die “Wes-Duitsers” en “Amerikaners” gesels wat ons gehelp het. Opsommend kan gesê word: Hy was ‘n voorloper, hy was ‘n baanbreker en ons is baie dank aan hom verskuldig. Daar is baie snert oor hom geskryf in fiksie en in sogenaamde “onthullings” en samesweringsteorieë. Tot en met 1994 het ons ‘n uitmuntende inligtingsdiens gehad! Genl Van den Bergh het die fondament gelê waarop ons net kon verbeter! Ek eer sy nagedagtenis!
1914: Scotty Smith: Vroeë Spioen van die Unie Verdedigingsmag
HB Heymans
Scotty Smith ~ Legende van 'n perdedief
Hannes Engelbrecht
George St Leger Gordon LENNOX het opgegroei in Perthshire, Skotland. In 1877 sluit hy aan by die Frontier Armed and Mounted Police en word na die Kaapkolonie gestuur. Broome, sy kollega in Kokstad, onthou: "All I can remember of him was a wiry red-bearded young fellow, with a disposition to gamble and sing occasionally, most deplorably out of tune." In Kingwilliamstown dros Scotty uit die polisie met twee polisieperde - en die legende van perdedief Scotty Smith begin. In Fort Beaufort verkoop hy die perde en val in as assistent-voorman by 'n padboufirma. Hier leer hy Afrikaans en ontmoet 'n weduwee wat probleme met die bank ondervind oor die uitbetaling van 'n erfporsie van £10,000. Kort daarna word die bank beroof van £10,000. Scotty steel 'n perd en vertrek na Kimberley. In Kimberley hou Scotty hom besig met onwettige diamanthandel, wapensmokkel en perde- en veediefstal totdat dinge te warm raak - hy versit na Zeerust in die Transvaal. Gou word hy deel van die "Zeerust Club", 'n groep struikrowers wat uithang in Henry Martin se "Bucket of Blood" hotel. Hiervandaan versit hy na die twee "vrybuiter" republieke Goshen en Stellaland waar boere van Taung, Vryburg en Mafeking gou 'n drastiese toename ervaar in perde- en veediefstal. In Bloemhof vind Charles Daly dat sy vuurwapenwinkel gestroop is. Teen die deur is 'n poskaart van ene "Scotty Smith" met 'n lys van al die gesteelde items en 'n belofte om eendag daarvoor te betaal. Volgende daag ene "Piet Coetzee" by Jan Burke van die plaas Brandhout in Mafeking op en stel homself voor as 'n lang verlore neef. Op hierdie stadium reik die ZAR 'n beloning van 500 pond uit vir "Scotty Smith" se arrestasie en vrybuiters soos Groot Adriaan de la Rey, Gey van Pittius en Gert van Niekerk jag hom meedoënloos. Scotty sluit by Groot Adriaan se kommando aan om na homself te soek (Paul Kruger: "Daar is net twee dinge waarvoor ek bang is - God en Groot Adriaan de la Rey"). Na die nuwe kommandolid se eerste nagwaak word De la Rey en sy kommando die volgende oggend sonder perde wakker. Deur bemiddeling van Reverend McKenzie maak die Britse koloniale regering van die Kaap en Cecil John Rhodes kontak met Scotty om as spioen op te tree in Stellaland en Goshen. Die Britte se perde raak egter onverklaarbaar weg.
Bo: Scotty se huis te Letland’s Pan
Onder: Scotty en sy familie: (HBH) Scotty is in 1892 met 'n 19-jarige nooi Susanna Magdalena van Niekerk getroud en hulle het twee seuns en vyf dogters gehad: Hester Magdalena Stumke; Mary Gordon Lennox; Margaret Gordon Engelbrecht; Ellen Gordon Myburgh; George St Leger Gordon Lennox en twee ander. (Hannes Engelbrecht)
(Continued from page 162) Scotty koop nou 'n plaas en winkel by Kheis, langs die Oranjerivier. Hy rig ook 'n wegkruipplek by Amalia, naby Schweizer Reneke in (nogal genoem Diewedraai). In 1884 hou ene Goodchild 'n perdeveiling in Kimberley. Te koop is ook 'n pragtige swart hings. Een van die bieërs klim op die perd. Perd en ruiter verdwyn in 'n stofwolk in die Dutoitspanpad. By die perderenne in Kimberley verdwyn die prag -renperd Black Diamond tussen neus en oë. 'n Jaar later verkoop Scotty lieflike swart vullens vanaf Kheis. Sy twee swart teelhingse heet nou Cricket en
Bo: Scotty se Graf op Upington: Dr H Abbott
(Continued from page 163)
Luitenant. Scotty se vriende nou is Lou Abrams, Lang Jim, Stumpke, Swart, George Pearson, Jack Forster, Big Mick O'Connor, Snowy Ward en One-Armed Jetty. Op 19 Maart 1885 is die latere President van die Vrystaat, FW Reitz, die landdros op Boshof met Advokaat Krause as staatsaanklaer: "The four accused, Scotty Smith alias George Smith alias George Lennox, Thomas Hutchinson Welford, Arthur Gerald Leigh, and Gustav Herman alias Rubenstein, are formally charged with robbery, in that they did unlawfully, and on the public road leading from Oliphantsfontein in the district of Boshof, to Zoutpansdrift on the Orange River, being armed with loaded revolvers and a knobkerrie, violently assault Samuel Kemp of Oliphantsfontein and robbed him of two packets of diamonds, etc., etc." Al vier die beskuldigdes word gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf. Scotty en Leigh ('n polisieman!) kry 'n addisionele vonnis van 25 houe lyfstraf. Met dinge warm in die Vrystaat en Transvaal vestig Scotty hom na sy vonnis grootliks in die Kalahari en rondom Upington. In 1914 vra ene George Beet toestemming om 'n artikel oor hom te skryf. Scotty antwoord: “Dear Sir, you have my permission to use my photograph and to use your own discretion as to what name you put under it. As far as reminiscences go, I made a start and gave the Rev John Mackenzie the credit of stopping the Boers from going west (not Rhodes) and had the Boers gone west at that time they would have formed a union with the Germans, and this Colony would only have extended as far as Griqualand West if it existed at all. I also gave the Bros Fenton the credit for De Beers. A storm was raised and I gave it up, as I saw I was bound to touch someone on the raw. Yours faithfully, Geo St Leger Lennox, Scotty Smith." In September 1919 is Scotty tydens die Groot Griep oorlede en begrawe in Upington, met die grafskrif: "George St Leger Gordon Lennox. Gone but not forgotten. Never will his memory fade. Wife and children."
Bo: Graf van nog ‘n Inligtingsman: Kapt CK de Meillon, te Aus, SWA - HBH