1921: THE BULHOEK TRAGEDY IN HISTORICAL PERSPECTIVE (Met Afrikaanse voorwoord) Dr WP Steenkamp THE BULHOEK TRAGEDY IN HISTORICAL PERSPECTIVE: IMPERIAL POLICIES & PROGRESS Voorwoord / opsomming: Mei 2021 is dit 100 jaar sedert ongeveer 500 “Israeliete” (‘n swart sekte onder leiding van die “profeet” Enoch Mgijima) by Bulhoek in die Oos-Kaap ‘n swaarbewapende Uniepolisiemag van meer as 800 man stormgeloop het met swaarde en assegaaie. 169 van die fanatiese aanvallers is doodgeskiet en meer as 150 gewond. Hierdie spesiale uitgawe van NONGQAI gedenk dié historiese gebeurtenis. Die spesiale uitgawe word ingelei met hierdie evaluerende artikel wat historiese perspektief gee (hoe Bulhoek verstaan moet word in die konteks van soortgelyke insidente in ander dele van die Britse Ryk kort na die 1e Wêreldoorlog, soos in Ierland en Indië, sowel as aan die Witwatersrand met die mynwerker-rebellie daar in 1922, en vervolgens hoe Bulhoek se hantering vergelyk met latere gebeure in SuidAfrika, soos die Zulu-aanslag op Indiërs in Durban in 1949, die Cato Manor / Sharpeville voorvalle van 1960, die oordeelkundige hantering van die massiewe, militante stakings wat in 1973 in Durban en omgewing uitgebreek het – soos gekontrasteer teenoor die katastrofiese hantering van die skoolkinders-betoging op 16 Junie 1976 in Soweto – en, les bes, die tragedie by Marikana in 2012. Die uitgawe bestaan voorts in hoofsaak uit ‘n hedendaagse swart perspektief oor die gebeure (her-publiseer vanuit die PoliticsWebtydskrif), en die reprodusering van ‘n spesiale boekie oor die insident wat die Daily Dispatch in 1921 uitgegee het en wat die gebeure in detail beskryf (uit die Brits-imperiale hoek); dis met baie fotos toegelig. In slotsom kan mens sê dat die militaristiese krygswet-styl van publieke orde-polisiëring wat die Britse Ryk kort na WO1 gekenmerk het (met die doelbewuste, beplande aanwending van kanonne, swaar masjiengewere, pantserkarre, vliegtuig-bombar-
dement en bajonette, ongeag van velkleur, teen burgerlikes in Ierland, Indië en aan die Witwatersrand), na die 2de Wêreldoorlog plek gemaak het vir meer moderne “sagte” publieke orde-polisiëring. Waar daar wel ernstige mense verlies voorgekom het (soos by die baie vergelykbare Sharpeville en Marikana voorvalle) was die goue draad deurentyd dat die polisie onverhoeds betrap is deur eskalasie van die protesteerders se kant, en lede dan uit vrees vir hulle lewens, sonder bevel, met skerp ammunisie begin skiet het. Dit benadruk die noodsaak van die behoorlike oplei en toerus van die polisie vir die handhawing van openbare orde met niedodelike wapens en tegnieke. Laaste maar nie die minste nie, onderstreep die drastieseverskillende uitkomste wat met die polisiëring van die Durban-stakings van 1973 en die Soweto-oproer van 1976 behaal is, die belang van oordeelkundige, doeltreffende leierskap op die toneel. Die tendens oor tyd wat die geskiedenis van die 20e en 21e eeu demonstreer, is dat lande toenemend deur interne uitdagings konfronteer word, eerder as deur konvensionele oorloë wat teen hulle geloods word deur ander lande. Hierdie binnelandse uitdagings is ook uiters uiteenlopend van aard – strekkende oor die spektrum, vanaf “sagte” polisiëring teen kleiner, alledaagse misdade, na die uiters ernstige bedreigings wat politiesof godsdiens-geïnspireerde gewapende aanvalle deur radikale groepe en terroriste, tot by die bedreiging ingehou deur misdaadsindikate soos die narko-kartelle en transnasionale bendes soos die Mara Salvatrucha. Nasionale begrotings behoort aangepas te word om besteding op polisie eerder as konvensionele militêre magte te prioritiseer, en polisiedienste behoort struktureel gestratifiseer te word sodat daar pasliktoegeruste eenhede is om elk van die uiteenlopende uitdagings paslik te kan hanteer.
NONGQAI Vol 12 No 6C — The Bulhoek Tragedy
(Continued on page 5)
4