1 minute read
Pastoor Koot Swanepoel
Pastoor Koot Swanepoel
Gedagte: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers …..” - Gen. 1:26.
Advertisement
GOD is 3; Vader, Seun en Heilige Gees.
Mens is ook 3; gees mens, het ‘n siel en bly in ‘n liggaam. Die siel is ook 3; dit is jou wil, jou intellek en jou emosie. Vat die W van wil en I van intellek en E van emosie.. Wat spel dit? WIE!!!!!
Wie is u? O’ ek is so en so, ons het kaalvoet oor die Drakensberge gekom jy sal maak soos ek sê. Maar wie is u veronderstel te wees? Beeld en Gelykenis van GOD. Beeld is om vir mense aan HOM te herinner. Te lyk soos hy . Gelykenis is om SY karakter uit te dra en uit te leef. En GOD het gesien die man Adam kan nie alleen wees nie. “Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem” – Gen. 2:23. Mannin beteken sy is ‘n “Prayer Worrior” of te wel ‘n Gebedstryder asook ‘n Skild. Die vrou, ‘n Gebedstryder bid tot GOD vir haar man en gesin. Wanneer haar man of gesin die huis verlaat tree sy in gebed en vra en pleit by GOD vir hulle beskerming en leiding en insig en wysheid vir hulle dag take. Die Skild, beskerm haar man EN GESIN SE RUG. Sou iemand skinder of sleg praat van haar man en gesin, tree sy op en bestraf daardie persoon en sê jy of julle praat nie so van my man nie. Ons ken die spreekwoord wat sê: “HY IS ‘N RUG STEKER.” Iemand wat agter iemand se rug praat. Die Skild, die vrou, tree op vir haar man en gesin en praat nie saam nie. Sien u mevrou, u het ‘n kosbare taak as vrou in die gesin. U AMP is skild en Gebedstryder. Mevrou, Dame, Kollega, Tannie, u is geskape om SY Beeld en Gelykenis uit te dra en uit te leef. Maar ook deur u kosbare unieke taak as Skild (skerm) en Prayer worrior (Gebeds soldaat) te vervul om sodoende u kant te bring vir ‘n gesonde en gelukkige huwelik- en gesinslewe.