2 minute read
Sersant Anel Geyser
1986: DIE VERTOONGROEP BY DIE SAP HONDESKOOL Sersant Anel Geyser
Oom Hennie,
Advertisement
Hier is die storie wat by die Vertoongroep se foto pas.
Middag Sarie, kyk ek haat dit om te tik, maar jy soek stories. (Ek het nooit tik op skool gehad nie want ek was nie hier (in die RSA - HBH) op skool nie. Het eers middel std. 8 of is dit nou gr 10 hier begin skool gaan).
Gedurende die 75 feesjaar het die polisie 'n vlot-bou gehad. Die hondeskool het ook 'n vlot gehad en daar was onder andere twee gips honde gemaak, 'n bloedhond wat so mooi staan en 'n Duitse herder wat sit.
Na die vlot-storie is die honde na die Hondeskool. Wanneer daar dan skoue was en die polisie het 'n stalletjie, het die honde die stalletjie verfraai. Dit het mos ook maar as werwing gedien. Nou ja, Tappe Henning, ja die skeidsregter, het saam met my by die Vertoongroep gewerk. Hy was ook baie netjies op sy uniform, soos almal maar was - maar meer so by die Vertoongroep, want dit was mos maar 'n tipe venster van die polisie.
So by een skou waar die honde toe uitgestal was, het die Vertoongroep ook daar diens gedoen, want daar was mos ook vertonings gegee. Die ouens was netjies in winteruniform geklee. Almal staan so rond by die stalletjie en gesels hier en daar met die mense en die volgende oomblik gil 'n vrou asof sy vermoor word, en Tappe kruip omtrent op die grond rond soos hy lag.
Hy het by die Duitse-herdershond gaan staan sodat dit lyk of die hond “plek sit” met hom, wurg ketting om die nek en leiriem in die hand. Nou staan Tappe daar soos 'n standbeeld, roer nie 'n oog nie. Die vrou vat so aan die hond, want mense moet mos aan alles vat, en toe sy aan Tappe se wang van toe sê hy vir haar, "los". Kyk, maar sy het geskrik. Nodeloos om te sê, ons het almal lekker gelag.
En dit het hulle natuurlik gereeld gedoen.
Ek het nou nie 'n foto van die honde nie, maar die mense het so aan hulle gevat al was daar bordjies op of was hulle toegespan, dat hulle nie meer uit gestal kon word nie. Ek het wel 'n foto van die Vertoongroep. Ek sal dit aanstuur vir oom Hennie.
Groete,
Anel