4 minute read

Frans moes laksman se rol vervul : ‘n Onheldhaftige einde

Selfs as die sif na bo uitgetrek is, moes die grassade wat as’t ware teen die sif gekompakteer het, uitgekrap word. Frans het na my toe gekom met ‘n moontlike oplossing. Dit was om die rooster los te sny van die bakwerk van die Casspir af sodat daar makliker van die agterkant tot die rooster toegang verkry kon word om dit skoon te maak. Ons het egter besef dat die rooster deel vorm van die struktuur van die Casspir en die twee sykante op die regte afstand van mekaar hou. Om die rooster uit te sny, moes ons iets in sy plek inbou om die Casspir steeds sterk genoeg te hou om die kragte wat op in hom ingewerk het, te weerstaan soos die rooster gedoen het. Na oorweging van die voor- en nadele van so stap, het ons besluit om met die projek voort te gaan. Frans het onderneem om die gedrag van die Casspir deurentyd te moniteer en as dit sou blyk dat die aanpassing nie werk nie, of die Casspir onveilig sou maak, ons die rooster weer op sy oorspronklike plek sou in sweis. Ons het eers twee vertikale snitte aan die bokant van die rooster gemaak. Daarna het ons ‘n stuk staal tussen die rooster en die verkoeler horisontaal in gesweis om die werk van die rooster as spasiëerder van die sykante van die Casspir, oor te neem. Die volgende stap was om twee snitte aan die een kant van die rooster te sny waar die skarniere daarna vasgesweis is. Met die skarniere in plek gesweis, het ons aan die ander kant van die rooster twee vertikale snitte gemaak waar die knippe wat die rooster toegehou het, vasgesweis is. Met die knippe in plek, het ons die res van die rooster losgesny van die bakwerk af. Die gevolg was ‘n rooster wat soos ‘n deur oopgeswaai kon word om van die agterkant skoongemaak te word. Frans het later aan my gerapporteer dat die patent uitstekend werk en dat hy sy ander Casspirs ook so gaan maak. Ek het net die een Casspir van Frans so verander. Hoeveel ander so verander is, weet ek nie. Van die nuwer modelle het later so van die fabriek af by ons aangekom.

Frans moes laksman se rol vervul : ‘n Onheldhaftige einde

Advertisement

Een oggend so teen 10:00 iewers in 1983 was ek in die kantoor besig met administratiewe werk. Adri Conradie, wyle Frans se vrou, was ‘n administratiewe klerk by Onaimwandi-basis. Sy het die kantoor met my gedeel. Ons lessenaars het teenoor mekaar gestaan met Adri se lessenaar regoor die deur na buite op haar regterkant. Frans en Adri se seuntjie, Klein Frans, het op die mat tussen die twee lessenaars gespeel.

Daar was skielik ‘n geskree van iemand buite die kantoor. Die volgende oomblik het George die bobbejaanmannetjie by die kantoor ingestorm. Hy het vlugtig na agter by die deur uitgekyk asof na iemand wat hom jaag. Op daardie stadium was hy reeds so een en ‘n halwe meter in die kantoor regoor Adri se lessenaar se regter voorste hoek. Dis toe George sy aandag toespits op wat voor hom aangaan en reageer op my geskree: “George buite !!!!” dat hy Klein Frans hier voor hom sien. Ek het intussen agter my lessenaar uitgespring en op George afgestorm. George het hom nie aan my gesteur nie. Hy het sy lippe opgetrek en tande gewys, sy hare om sy nek het regop gestaan en hy het ‘n paar harde stampe met sy voorpote op die vloer gegee. Op daardie stadium was Klein Frans direk tussen ons. Adri het haar kop met albei hande vasgegryp en gegil. George het met sy agterlyf in ‘n gehurkte posisie gesak. Ek het besef hy maak gereed om op Klein Frans te spring. Ek het vorentoe oor Klein Frans gespring om tussen George en Klein Frans te kom. George se paraatheid om te spring het ‘n wyle verswak. Hy het effens geretireer en toe so vermakerige sywaartse stap gegee soos iemand wat ‘n kompetisie gewen het. Deur hierdie hele aksie het Klein Frans kalm op die mat gesit en alles grootoog gade geslaan – waarskynlik te verbaas oor die snaakse manewales wat die oom en bobbejaan hier voor hom uitvoer. Maar George was nog nie klaar met sy planne nie. Sy ongeërgde sywaartse stap was ‘n poging om agter my verby te kom om wel by Klein Frans uit te kom. Ek het heeltyd gesorg dat ek tussen George en Klein Frans is maar wou nie buk om Frans op te tel nie uit vrees dat George die kans sou benut om ons albei aan te val wat my dan in ‘n swakker posisie sou plaas om George se aanval af te weer. Ek het baie met George gestoei en het geweet waartoe hy in staat was. Ek het vir Adri gesê om versigtig nader te kom en Frans op te tel. Sy was egter soos blits by Klein Frans, het hom opgetel en het weer agter haar lessenaar ingestap. Klein Frans het toe begin huil. George het steeds tussen ons lessenaars sy “oorlogsritueel”

This article is from: