127 minute read

Dr. Willem Steenkamp

Van onbeholpe, mislukte “gewapende stryders” na onbeholpe, mislukte, strydende regeerders: die wie, wat, waarom & wenners van SA se gewapende stryd; die nalatenskap daarvan, en die toekoms wat dit mag vooruitskadu...

Dr. Willem Steenkamp

Advertisement

1. Agtergrond: hoe pas hierdie artikels en die onlangse e-boek in mekaar?

Die Veiligheidstak van die destydse S.A. Polisie (SAP-VT) word in die media en in meeste geskiedskrywing – veral in Engels – enkel-dimensioneel uitgebeeld as rassistiese geweldenaars. Die lede word met Nazi’s vergelyk, en die “gewapende stryd” wat deur die bevrydingsbewegings gevoer is teen die “Apartheid-regering” word daarenteen as moreel-geregverdigd voorgehou. Dit is ook algemeen dat die “enkel storie” te kenne gee dat die ANC die gewapende stryd teen die Blanke bewind gewen het, in die sin dat dit tog hulle is wat in 1994 die beheer oor die magshefbome van regering oorgeneem het. Maar is die waarheid so eenvoudig soos wat hierdie “enkel storie” wil te kenne gee? Wat sê die onderskeie operasionele doktrines en die vergelykende statistiek oor die aard en omvang van die stryd, en oor wie “just cause” gehad het? Waarom is die gewapende stryd werklik gevoer? Wie het dit gewen, en teen wie, met welke gevolg? Watter impak het dit gehad op die oorgangsfase wat gevolg het? Ook op die afgelope “post-apartheid” dekades? En – belangrikste – watter rol speel die dekade-oue klowe in die ANC steeds in die post-Apartheid landsregering? Faksie-klowe wat terugdateer na die vyftigerjare en eng verweef was met manipulasie deur die SA Kommunistiese Party, met lg. wat die oorgaan tot wapenstryd aangehits het; klowinge wat steeds bepaal, dit wat die afsienbare toekoms vir Suid-Afrika skyn in te hou...

NONGQAI se redakteurs het die ongebalanseerde “enkel storie” wat so wyd (en grootliks sonder teenspraak) sirkuleer, nou in detail aangespreek en in ware perspektief gestel. Vir die eerste keer kan u as leser, in u hand hou, die volle spektrum van feite, sodat u self, as “regter”, tot u eie bevinding kan kom. Ons het dit as ‘n gratis e-boek gepubliseer (Desember 2021 – u kan dit aflaai deur hier te KLIEK ). Om die inligting so wyd moontlik te kan versprei, is die e-boek in Engels geskryf.

2. Waarom is die e-boek geskryf, en vir wie?

Die e-boek is enersyds bedoel vir oud-lede van die SAP-VT (en lede van die destydse veiligheidsmagte in die algemeen) en, deur hulle, veel-al vir hulle nageslag en vriendekringe. Want dié wat nie daardie tye self beleef het nie, het (aan die hand van die gruwelike “enkel storie”) dikwels vrae oor wat werklik gedurende die stryd-era gebeur het. Dus, as u kinders of kleinkinders wonder wat Oupa of Ouma gedoen het (en waarom & met welke gevolg) is hierdie e-boek as gebalanseerde feite-opgaaf, ‘n ideale spreekbuis wat u aan hulle kan deurgee – u kan die aflaai-skakel na hartelus deel met wie u wil, heeltemal gratis. Eersdaags sal dit ook in drukvorm beskikbaar wees, as gedenk-boek wat u kan bestel.

Andersyds is die e-boek bedoel vir almal wat in die tema belang stel, en wat ‘n gebalanseerde geheelbeeld en begrip van die stryd-jare wil verkry. Daarom is die bronne wat gebruik is, merendeels dié van die ANC self (húlle statistiek, en die herinneringe, ontledings en menings van hulle eie oudstryders) sodat nie gesê kan word dat die e-boek eensydig gebaseer is op “fake news” van die Veiligheidsmagte se kant nie. Gegewe hoe belangrik die stryd was in die bepaal van die onderhandelinge en oorgangsfase, sowel as in die giet van die nuwe grondwetlike bestel en les-bes in die gang van die dekades wat gevolg het, is ‘n gebalanseerde, volledige begrip van hierdie vormende fase en sy faksies van kardinale belang vir die verstaan van die hede, asook vir die begryp van die interne ANC-magstryd en die strominge en drange wat die toekoms grootliks gaan bepaal...

Die e-boek bestaan uit drie dele: die eerste gedeelte gee ‘n oorskou van die historiese agtergrond van die stryd-jare en van die ontstaan van die SAP-VT, plus die nasionale en internasionale politiesstrategiese kontekste waarbinne die stryd afgespeel het (die Boer/Brit politieke magstryd en die Koue Oorlog), gevolg deur die geskiedenis van die gewapende stryd self, met klem op wat die voer daarvan werklik motiveer het aan beide strydende kante, en wat hulle onderskeie operasionele doktrines en oogmerke was. Die tweede gedeelte gee die volledige statistiek van die gewapende aanslae in tabel-vorm, en deel drie bestaan uit ooggetuie-herinneringe en foto’s.

3. Wat is die doel van hierdie Afrikaanse artikels? (deel 1 in Maart, en deel 2 in April).

Hierdie reeks artikels (Deel 1 waarvan u nou nees), het op sy beurt ten doel om drie dinge te doen.

Die eerste is om, as agtergrond, u kortliks aan die inhoud van die e-boek bekend te stel, in Afrikaans – ‘n tipe “uitvoerende opsomming” van die e-boek dus, wat die basiese historiese feite soos daarin in detail geboekstaaf, hier bondig saamvat as fondasie vir dit wat Deel 2 van hierdie artikel dan in hoofsaak gaan doen. Want ons gaan dan volgende maand heelwat verder gaan as net die e-boek se inhoud in Afrikaans opsom (die 2 dele sal ook saam as ‘n spesiale uitgawe van Nongqai verskyn).

Met die feite rondom die “stryd-era” (soos in die e-boek weergegee) as anker, ondersoek ons in hierdie artikels die konteks en oorsprong, plus die nagevolge van die “armed struggle”. Want die determinante onderliggend aan daardie stryd (soos bv. die interne ANC-faksies) en die uitkoms daarvan, was en bly grootliks bepalend van die politiek van die afgelope post-Apartheid dekades. Diengevolg, ook van die hede wat ons beleef – en meen ons dat dit sekerlik steeds bepalend sal bly wees van die ontplooiing van die landspolitiek, minstens vir die voorsienbare toekoms...

As u dus reeds die e-boek sou gelees het (en vervolgens uself nou af-vra: wat beteken dit alles vir vandag en môre se uitdagings), sal u vind dat hierdie artikels juis aanvul en konsentreer op die vertolking en verduideliking van daardie historiese feite, en die op-koppel daarvan met die hede en die toekoms. Eerstens deur die politieke nasleep van die stryd (die nuwe grondwet en die dekades wat gevolg het) in konteks te plaas; en vervolgens om dit wat die stryd ons leer oor die klowinge en opponerende faksies / doelwitte binne die ANC, uit te lig en in perspektief te stel – ter verduideliking van die hede en dit wat die toekoms mag inhou.

4. Die gewapende stryd (1960 – 1994) en die rol van die SAP-VT vs. ANC-MK

4.1 Wat was die omvang van die gewapende stryd, internasionaal-vergelykend gesien?

4.1.1 Dit was ‘n wêreldwye slagveld – hoe lyk Suid-Afrika se syfers, gemeet teen data van elders?

Die era na die 2e Wêreld-oorlog is gekenmerk deur wêreldwye dekolonisasie en oorloë van nasionale bevryding, wat dikwels impakteer is deur die Koue Oorlog tussen Moskou en die Weste. Grootmoondhede het dit in hierdie konflikte meerendeels hotagter gekry, teen oënskynlik mindere strydkragte. Frankryk het bv. moes boedel oorgee in Algerië en Indo-Sjina (sodat hy toe ook maar die res van sy Afrika-kolonies laat vaar het). Die Britse Empire het binne drie dekades van die wêreld-kaart verdwyn. Selfs die supermoondhede, die VSA en die USSR, moes bes gee – die Yanks in Vietnam, en die USSR in Afghanistan (met die VSA en hulle NAVO-vennote wat pas ook weer Afghanistan onverrigte sake moes ontruim, na twintig jaar daar).

Soos aangetoon sal word in hierdie artikel, het die destydse Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte (SAVMe) onomwonde die gewapende stryd (as sodanig) gewen teen hulle kommunisties-gesteunde opponente. Die ANC se Umkhonto we Sizwe (MK) is bv. teen die laat-tagtigs verdryf tot noord van die ewenaar, met sy naaste basisse uiteindelik in Oeganda. Die ANC is geen ander keuse gelaat nie as om te onderhandel.

Die geografiese area en grense: Suid-Afrika se kuslyn beslaan 2, 850 km. Die landsgrense wat beveilig moes word teen insurgensie gedurende die heftigste fase van die Koue Oorlog (d.w.s., die grens van die RSA + SWA) het saam 6, 601km beslaan – wat meer as dubbel die afstand is van Parys, Frankryk, na Moskou, en ook dubbel die lengte van die VSA se hele grens met Meksiko, sowel as dubbel die totale landsgrens van die destydse Suid-Vietnam en meer as dubbel die lengte van die grens tussen Afghanistan en Pakistan. Die totale land-oppervlak van Suid-Afrika wat beveilig moes word, is 1, 220, 813 vk. km. – die wêreld se 24e grootste land, vyf keer groter as die Verenigde Koninkryk en twee keer groter as Afghanistan en meer as sewe keer groter as Suid-Vietnam.

Getalle veiligheidsmagte ontplooi, vergelyk: In Vietnam het die VSA op sy maksimum 543,000 soldate ontplooi gehad, ter ondersteuning van 600,000 Suid-Viëtnamese veiligheidsmagte – dus meer as 1.1 miljoen vir ‘n totale Suid-Viëtnamese bevolking van 16 miljoen (teenoor ‘n SuidAfrikaanse bevolking van digby 38 miljoen in die laat tagtigs). In Afghanistan het die plaaslike veiligheidsmagte uiteindelik 300,000 getel, met die VSA/NAVO wat ‘n verdere 85,000 troepe ge“surge” het soontoe (die huidige Afghaanse bevolking is so groot soos die RSA s’n in die 80s). Die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte se effektiewe ontplooibare magsvlakke in die laat-tagtigs was slegs maar 93,600 lede vir die SAP, en 82,400 vir die SAW Staande Mag (in nood kon ongeveer 140,000 Burgermaglede addisioneel mobiliseer word, maar slegs vir kort tydperke – soos bv. toe die Kubane in 1988 opgeruk het na die SWA-grens). In Ovamboland byvoorbeeld, het die tuiswag slegs 3, 000 getel. Koevoet se totale ontplooiing daar oor die jare heen het op ongeveer 3,000 te staan gekom. Die SAP-VT het nooit op enige moment meer as 3,000 lede landswyd getel nie.

Desondanks, kon die SA-VM’e die USSR / Kuba en hulle bondgenote na die onderhandelingstafel dwing, en ook binne Suid-Afrika die nodige stabiliteit handhaaf, sodat die ANC geen keuse gehad het nie – hy moes sy “armed struggle” laat vaar, sowel as sy droom van ‘n Marxistiese “people’s republic”, en moes by die onderhandelingstafel ‘n Westers-liberale demokratiese regstaat met ‘n vryemarkstelsel aanvaar.

4.1.2 Die getalle lieg nie - In die na-oorlogse tydsgewrig, wat gekenmerk is deur veroordeling van kolonialisme en rassisme (na wat die Nazi’s gedoen het), is Suid-Afrika se interne konflik propagandisties verhef tot oënskynlik die wêreld se grootste morele krisis – tot die punt dat Apartheid as ‘n misdaad teen die mensheid verklaar is.

Hoe vergelyk die skaal van die Suid-Afrikaanse konflik egter, wanneer dit gemeet word teen ander konflikte van die 20e eeu? Wat sê die koue feite, soos gereflekteer in die vergelykende statistiek? Die volgende tabelle en grafiese voorstellings maak duidelik dat die interne konflik in Suid-Afrika tussen 1960 en 1994 statisties-gesproke ‘n vulletjie was, in vergelyking met wat gedurende die vorige eeu, en veral gedurende die Koue Oorlog, in die res van die wêreld aangegaan het (grafieke geneem uit ons e-boek):

RELATIVE SCALE OF 20TH CENTURY IDEOLOGICAL, ETHNIC & IMPERIAL CONFLICTS: ESTIMATED TOTAL CIVILIAN & COMBATANT DEATHS, PLUS AS % OF THAT POPULATION.

COUNTRY / IDEOLOGY ESTIMATED NUMBER OF DEATHS % of POPULATION Communist dictatorships 60,000,000 – 147,000,000 ? Nazi extermination Jews WW2 6,000,000+ 68% Cambodia (Pol Pot) 2,400,000 33,3% ZAR / OFS 2nd Anglo-Boer War 42,000 (incl. 28,000 women / children) 15% Rwanda (Hutu / Tutsi) 800,000 10% Chechnya (Russian Federation) 90,000 8,2%

Guatemala (Central America) 200,000 Bosnia (ex Yugoslavia) 200,000 Algeria (independence France) 300,000 Rhodesia / Zimbabwe 60,000 South Africa (1960 – 1994) 20,500 5,3% 5% 3% 0,83% 0,05%

STATISTICAL COMPARISON OF ALL-CAUSE DEATHS IN SAP-SB DETENTION 1960 - 1990:

ALL-CAUSE DEATHS IN DETENTION TIME SPAN WHERE AND WHO 80,000 Killed Dirty War: “Plan Condor” Cold War S America (incl 30,000 “disappeared”) 11,000 inmates and police detainees 2005 - 2020 State of Texas (total pop = ½ of S.A.) 900 +- admitted to by ANC in its camps 1960 - 1990 ANC cadres dead under ANC control 672 “Necklace” of opponents of UDF 1984 - 1987 Burned alive extra-judicially S. Africa 474 Aboriginal deaths in detention 1960 - 1990 Australia 214 Deaths in police detention 2019 only South Africa, custody of new SAPS 800 Black policemen assassinated 1990 - 1994 South Africa, mostly by ANC/UDF 67 all causes, in SAP-SB detention 1960 - 1990 South Africa

Die grafiese voorstelling op die volgende bladsy maak die relatiewe skaal van die Suid-Afrikaanse konflik, gemeet teen wat internasionaal aan die gang was, baie sigbaar:

Die syfers in die grafiek hierbo toon nie die geraamde 100 – 147 miljoen siele wat dood is in die internasionale kommunisme se pogings om die wêreld te onderwerp aan hulle ideologie nie (dit insluit, sou die grafiek se skaal totaal verwring het). Ook toon dit nie die geraamde 140 miljoen slagoffers van Britse imperialisme oor die duur van die Empire nie...

Soos in die volgende grafiek aangedui, is dit ook kern-belangrik om te let daarop dat die oorweldigende meerderheid (3/4) van die sterftes oor die 34 jaar van Suid-Afrika se interne konflik, tussen 1990 en 1994 gebeur het – hoofsaaklik as swart-op-swart geweld: dus ná statutêre rassisme laat vaar is, die politieke bewegings ontban is, en veiligheids-aangehoudenes vrygelaat is.

Van die 20,500 geraamde sterftes gedurende die konflik-era van meer as dertig jaar, het net 67 veiligheids-aangehoudenes a.g.v. “alle oorsake” (d.w.s., natuurlike oorsake, selfmoord ens.) gesterf tydens formele aanhouding deur die SAP-VT. Slegs vier van hierdie sterftes is tans wesentlik in dispuut, as sou dit moorde kon gewees het eerder as natuurlike oorsake of selfmoord, te wete Biko, Timol en drs. Haffajee en Aggett. Só vergelyk dit met sg. “all cause” sterftes in aanhouding elders:

Selfs sou sterftes in klandestiene (m.a.w., nie-formele) “aanhouding” deur die SAP-VT bygetel word, bly die syfer besonder laag: volgens getuienis voor die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) was daar 21 sulke sterftes (weer a.g.v. “alle oorsake”, soos o.a. hartaanvalle). Dit sal die totaal dus neem na 88. As die 64 steeds-verdwene persone bygetel word waaromtrent daar maar die geringste vermoede bestaan dat die SAP-VT by hulle verdwyning betrokke mog gewees het (waarvan daar egter geen konkrete bewyse of bekentenisse is nie), dan is 152 die hoogs-moontlike getal alle-oorsaak sterftes wat aan die SAP-VT oor die 34-jaar van die stryd toegedig sou kon word. Steeds sal daardie maksimum-moontlike 152 dus by verre die kleinste kolom op die grafiek wees – dis egter ondenkbaar dat al 64 van daardie steeds-verdwene persone doelbewus deur lede van die SAP-VT vermoor is, gegewe die swart-op-swart geweldsjare, uitwykings na gevaarlike streke en die feit dat SAP-VT lede amnestie sou kon verkry het deur te gebieg het (as hulle wél sodaniges

sou vermoor en laat “verdwyn” het). Die WVK meld bv. dat ‘n verdere 117 persone a.g.v. die interne politieke onrus net spoorloos verdwyn het (61% van hulle tussen 1990-94); voorts is daar 59 persone wat onder ANC-beheer was in die buiteland, wat ook steeds sonder rekenskap vermis word).

Jaarlikse sterftes in formele aanhouding deur die nuwe SA Polisiediens is ook hoogs insiggewend (in vergelyking met die 67 oor 34 jaar heen, in SAP-VT aanhouding) soos getoon in hierdie tabel:

‘n Laaste basis van vergelyking, is met die ANC se eie syfers oor die getal ongevalle veroorsaak deur hulle “gewapende stryd” (soos deur hulle self voorgelê aan die WVK):

4.1.3 - Hoe geografies en demografies wyd verspreid was die konflik werklik? Die beperkte demografiese impak van Suid-Afrika se interne politieke magstryd tussen 1960 - 1994 (d.w.s., die klein persentasie van die verskillende bevolkingsgroepe wat aktief deelgeneem het daaraan, of selfs net kant gekies het) sowel as die beperkte geografiese verspreiding van die burgerlike onrus, is albei belangrike verdere aanwysers daarvan dat die Veiligheidsmagte suksesvol was daarin om die konflik te beperk tot ‘n relatief klein omvang, gemeet teen ander konflikte van die Koue Oorlog.

Die Internasionale Komitee van die Rooikruis (ICRC) het 'n gedetailleerde ondersoek onderneem, na afloop van die konflik. Hierdie belangrike studie, getiteld: Country Report South Africa (1999), verskaf betekenisvolle data wat 'n mens help om die aard van die konflik en die (beperkte) omvang daarvan beter te verstaan. Die ICRC het verteenwoordigende fokusgroepe van lede van die publiek saamgestel, waaruit betroubare ekstrapolasies gemaak kon word, wat die publiek in die algemeen se ervaring van die stryd weerspieël.

Hierdie ICRC-studie toon dat slegs 34% van die Swart bevolking kant gekies het, selfs net in hulle harte, tussen die Wit regering en die sg. bevrydingsbewegings.

Verder het slegs 3% van Swart Suid-Afrikaners hulself beskou as aktief betrokke as werklike "vegters", in dit wat die ANC daarenteen as 'n gewilde massa-skaal "volksoorlog" uitgebeeld het. Geografies-gesproke, het slegs 33% van Swartmense gemeld dat hulle enigsins naby 'n gebied gewoon het waar konflik werklik fisies plaasgevind het (met selfs daardie vlak wat eers bereik is tydens die uiteindelike swart-op-swart fase van die interne stryd om politieke mag, d.w.s. na 1990). Twee-derdes van Swart woongebiede is dus nooit aangeraak deur die onrus nie (en slegs ‘n minuskule groepie Blankes is ooit direk geraak).

Die lae vlak van betrokkenheid by onrus en verset plus die beperkte geografiese omvang: Die ICRC het hulle bevindinge soos volg saamgevat: “…only pockets of the overall black population, and only a sliver of the white population, were directly and actively involved in the struggle. The low level of direct involvement with the conflict was in part a measure of the efficacy of the State’s actions ... Overall, the research suggests that most South Africans, blacks and whites, did not take a side in the struggle and did not have direct contact with the conflict. Comments from the participants in the focus groups and in-depth interviews give a sense of the remoteness of the conflict for many South Africans…”

Die ICRC-ondersoek toon ook dat die burgerlike bevolking, en veral Swartes in konflikgebiede, 'n merkbare toename in geweld ervaar het toe die magstryd na Swart-op-Swart verskuif het: For a large number of the participants in the consultation, the political violence among black South Africans was even more vividly horrifying than the struggle against the white regime. Participants in the consultation, many of whom were active in this later stage of the conflict, recall that this violence often included the shooting of women and children, rape, burning or bulldozing of buildings with civilians inside, and the infamous “necklacings” – placing a tyre around the neck of an opponent, filling it with gasoline (petrol), and setting it on fire. The comments of participants in the focus groups and in-depth interviews suggest that in these and other ways the limits broke down in the township clashes in a way that was both horrifying and bewildering.” In vergelyking met die statistiek omtrent die bloedige omvang wat ander konflikte van die 20e eeu aangeneem het, is dit onteenseglik duidelik dat Suid-Afrika in die periode 1960 – 1994 in werklikheid (genadiglik) deur die Veiligheidsmagte grootskaalse lewensverlies en wydverspreide konflik gespaar is – dit, ongeag die aansprake wat deur voorstanders van die “gewapende stryd” gemaak is. Vergelykend gesien, was dit ’n baie beperkte konflik, ondanks die eensydige weergawe van die “enkel storie”, wat dit verhef tot een van die 20e eeu se berugste “misdade teen die mensheid”.

4.2 Die Koue Oorlog as strategiese konteks van die stryd + die kommuniste se oogmerke

4.2.1 – Die SAKP se rol binne die ANC: As mens die onlangse verlede, plus die konflik van die hede sowel as die waarskynlike toekoms wil verstaan – bv. die hoekom en waarom van Julie 2021 se strooptogte – dan is sekerlik die saakmakendste deel van ons e-boek die baie gedetailleerde boekstawing van die interne konflik binne die ANC sedert die vroeg-vyftigerjare. Hierdie dekadesoue faksie-verdeling vind steeds neerslag in die ANC se huidige interne struwelinge en sal bly deurtrek die toekoms in. In besonder gaan dit oor die werklike beweegredes vir die SA Kommunistiese Party (SAKP) om die ANC “oor te geneem” het en toe in te gemanipuleer het in die loods van die “armed struggle”, met lg. wat beoog is in ‘n baie bepaalde vorm (nl. ‘n guerrilla-oorlog, wat die USSR dienstig moes wees in die konteks van die Koue Oorlog).

In die e-boek word vers-en-kapittel aangetoon dat die ANC onder leiding van Hoofman Albert Luthuli en sy voorgangers, nie begerig was om die ANC se lank-gevestigde beleid van nie-gewelddadige aksies te laat vaar nie. Uit die SAKP/ANC-dampkring se eie geskiedskrywing word dan aangetoon hoe die SAKP doelbewus die ANC gekaap het en hoe dit uitgeloop het op die skeuring van die laat-vyftigs met die wegbreek van die Pan Africanist Congress (PAC) se “Afrikaniste” wat nie die wit kommuniste se dominasie en hulle Kliptown-manifes wou gedoog nie. Dit was hierdie kaping deur die SAKP wat in 1961 direk gelei het tot die oorgaan na “armed struggle”.

4.2.2 – In die vroeg-twintigs was die SAKP gerig op die Wit werkersklas: Dit is gepas om in hierdie maand van Maart 2022 onsself te herinner aan die “Rooi Rewolusie” van presies 100 jaar gelede aan die Witwatersrand. Die destydse Kommunistiese Party het die Wit mynwerker-opstand teen die indiensneming van goedkoper Swart arbeid ge-kaap gehad, onder die slagspreuk van: “Workers of the World Unite to keep South Africa White!”. Toe ook is deur die kommuniste na die wapen gegryp, teen die Polisie en die Unie-Verdediginsgmag, en is “Sowjets” uitgeroep in Oos-Randse munisipaliteite. Genl. Jan Smuts en die destydse veiligheidsmagte het egter korte mette hiervan gemaak (sien ons Spesiale Uitgawe, Vol 13 No 3D, oor die “Red Revolt”: KLIEK HIER). Maar die kommunistiese ambisie om Suid-Afrika te omskep in ‘n Sowjet het nie met hierdie terugslag verdwyn nie. Net die strategiese fokus het aanstons verander gehad – van Wit na Swart – om beter in te pas by die USSR se oorhoofse strategie vir wêreld-oorheersing.

Synde dat die SAKP altoos deur Blankes gelei is, was dit seker natuurlik dat hulle aanvanklik die Blanke werkersklas sou teiken. Hulle het egter gou agtergekom dat hulle geen aanklank vind onder Blankes nie. Ook het die USSR se strategiese doelwitte in die twintigs en dertigs geskuif. Om die kapitalistiese Weste te ondermyn, sou hulle die Westerse koloniale imperiums moes breek – deur die inheemse bevolkings tot verset teen die koloniale oorheersers aan te hits. Duidelik sou ‘n proBlanke benadering in Suid-Afrika geensins hiermee akkordeer nie, en het die Komintern uit Moskou opdrag gegee dat die SAKP voortaan hom moes toespits op die infiltrasie van inheemse politieke bewegings. Die oudste Swart politieke beweging in Suid-Afrika was die ANC, wat sedert sy stigting in 1912 verbind was tot nie-gewelddadige politiek-voering.

4.2.3 – Moskou se strategiese fokus verander en die SAKP kry opdrag om die ANC te infiltreer: In die e-boek word die geskiedenis van die ANC se infiltrasie deur die SAKP in detail behandel, o.a. met kopieë van oorspronklike SAP-VT memoranda van die era, sowel as uit ANClede en hulle goedgesinde navorsers se eie mond, wat die kronologie en aksies onbetwisbaar staaf. Die gevolg van die toenemend leidende rol wat die Blanke SAKP-lede binne die ANC begin speel het, was die vervreemding van die Africanist vleuel, veral na die 2e Wêreld-oorlog en in die besonder na die aanvaarding in Junie 1955 van die “Freedom Charter” deur die Kliptown (Johannesburg) “Congress of the People” – ‘n dokument wat, volgens die Africanist groep, sy oorsprong gehad het in die “vodka-cocktail parties of Parktown and Lower Houghton”).

4.2.4 – Die PAC breek weg a.g.v. die Blanke kommuniste se invloed in die ANC: Die ANC se groeiende interne konflik het gelei tot die wegbreek van die PAC in April 1959. Die PAC het dadelik ‘n baie meer radikale en aksie-gerigte postuur ingeslaan, wat vroeg in 1960 uitgeloop het op die Sharpeville-tragedie. (Insiggewend is dat die ANC, in die verbete stryd om Swart aanhang wat dadelik tussen hom en die PAC ontstaan het, die PAC se beplande Sharpeville-aksie met alles tot sy beskikking probeer ondermyn het, soos die naweek direk voordat die insident plaasgevind het).

Die PAC, met sy slagspreuk van “Africa for the Africans” en sy afkeur in die Blanke kommuniste aan die Witwatersrand se dominasie van die ANC se leierskap, het (met die enorme media-dekking wat Sharpeville ontlok het), baie duidelik ‘n gevaarlike mededinger geword vir die ANC in die kompetisie vir steun onder die klein Swart aktiviste-klas van die era. Uit die veiligheidsverslae van daardie jare,

sowel as Mnr. Nelson Mandela se eie geskrifte, is dit opvallend dat sy motivering om sy steun te gee vir die idee van gewapende aksie, was om die ANC relevant te probeer hou: “if we did not take the lead now, I said, we would become latecomers and followers in a movement we did not control.”

4.2.5 – Moskou druk die SAKP om die ANC tot “armed struggle” oor te haal: Ons e-boek gee, dag en datum en in interessante detail, die geheime vergaderings wat Randse kommuniste gehou het vanaf April 1960 ten einde die ANC te manipuleer om vreedsame metodes te laat vaar en ‘n gewapende stryd te loods. Hulle het heelwat teenstand ondervind, veral vanuit Natal – waar die ANC-president, hoofman Albert Luthuli, sterk ten gunste was die behoud van die verbintenis tot slegs nie-gewelddadige aksie. Hy is ondersteun deur Prins Mangosuthu Buthelezi (toe ‘n leidende lid van die ANC-jeugliga), die Durbanse SAKP-leier Rowley Arenstein, en Indiër-leiers soos Dr. Monty Naicker en JN Singh.

4.2.6 – Die ANC bereik ‘n interne kompromis oor gewapende vs. vreedsame metodes: Uiteindelik, in Junie 1961, is ‘n kompromis bereik tussen die ANC se strydende vleuels tydens ‘n vergadering by ‘n strandhuis naby Stanger aan die Natalse Noordkus: die ANC as sulks sou verbind bly tot vreedsame aksie, maar die Johannesburgse komplotters (die “Sophiatown gang” soos hulle deur Luthuli genoem is) is wel die groen lig gegee om Umkhonto WeSizwe (MK) op die been te bring om gewapende aksies te loods. Aksies wat streng selektief moes wees om geen lewensverlies te veroorsaak nie, en met MK wat duidelik identifiseer moes word as ‘n nuwe entiteit losstaande van die ANC as sulks, sodat die ANC in die openbaar verbind sou kon bly tot ‘n beleid van slegs vreedsame aktiwiteite. (Die kompromis m.b.t. vermyding van lewensverlies was in ooreenstemming met Mandela se visie, nl. dat die gewapende aksies in wese sabotasie-aanslae op infrastruktuur moes behels, as “gewapende propaganda” om publieke aandag te trek). Luthuli en die Natallers – wat gewaarsku het dat geweld teenproduktief sou wees i.t.v. verloor van plaaslike en internasionale steun en in ieder geval geen kans op sukses had teen die mag van die staat nie – is algou na die kantlyn uitgeskuif, al het Luthuli nominaal ANC-president gebly. Tekenend van hierdie ignoreer van die kompromis en van Luthuli se leierskapsposisie is die feit dat, binne slegs ‘n week na Luthuli in Desember 1961 met media-fanfare die Nobel-prys vir vrede in Oslo in Noorweë in ontvangs geneem het, MK sy sabotasie-aanslag met ewe veel fanfare geloods het. MK is openlik deur die kommunistiese faksie as die “gewapende vleuel van die ANC” aan die wêreld bekend gestel, ondanks die akkoord dat dit nie as deel van die ANC presenteer moes word nie.

Kort voor lank is die ander been van die ANC se interne akkoord ook deur die SAKP-aanhitsers oorboord gegooi, naamlik dat gewapende aksies streng van so ’n aard moes wees dat dit nie lewensverlies tot gevolg sou hê nie. In ooreenstemming met die USSR se strategiese behoeftes in die konteks van die Koue Oorlog, is Operasie Mayibuye spoedig deur die Randse kommuniste beplan by MK se hoofkantoor in Rivonia (soos blootgelê toe die SAP-VT in Julie 1963 op Lilliesleaf Farm daar toegeslaan het). Mayibuye moes die speerpunt wees van ‘n guerrilla-oorlog wat in die landelike gebiede geloods sou word d.m.v. die aanvanklike infiltrasie van vier groepe van 30 guerrillas elk, per lug of see. Die opdrag vir die loods van hierdie landelike guerrilla-oorlog het direk gekom van Moskou (soos ons in die e-boek staaf) en het weinig te doen gehad met Suid-Afrikaanse realiteite, maar alles met Moskou se eie strategiese behoeftes. Die plan self is deur heelparty leidende lede van die SAKP (soos adv. Bram Fischer) verwerp; egter nie omdat dit afgewyk het van die akkoord vir nie-dodelike “gewapende propaganda” nie, maar omdat hulle dit as militêr-strategies belaglik beskou het – wat dit in wese was. Die guerrilla-idee is die sterkste gedruk deur diegene wat die naaste in kontak was met Moskou. Waarom? Kan mens vra...

4.2.7 – Wat het Moskou en die SAKP motiveer om spesifiek guerrilla-oorlog te wil aanhits?: Om Moskou se rasionaal agter ‘n landelike guerrilla-kampanje te verstaan, moet mens terugkyk na die stand van die Koue Oorlog gedurende die sestigerjare. Soos reeds gesê, het die USSR ‘n geleentheid gesien om die kolonies teen hulle imperiale meesters te gebruik. Eerstens om hierdie

gebiede los te skeur sodat die koloniale moondhede daardie grondstowwe, strategies-geleë basisse, ensomeer sou verloor. Tweedens omdat sulke nuut-onafhanklike “Derde Wêreld”-lande in internasionale forums soos die VN, dan hopelik teen die Weste sou stem. Veral egter, omdat enige pogings van die kant van die koloniale moondhede om met militêre mag hulle kolonies te behou, negatief deur die Derde Wêreld ervaar sou word en veral ook begroting-gewys baie duur vir so ‘n koloniale metropool sou wees – soos goed geïllustreer is deur bv. die Nederlanders se bloutjie met Indonesië, die Britte in Kenia, en die Franse in Algerië en Indo-Sjina (Vietnam).

Ook moet onthou word dat die USSR-leierskap kort tevore, in Oktober 1962, geruk is deur hoe na aan die rand van ‘n kernoorlog hulle gekom het met die VSA, tydens die Kubaanse missiel-krisis. Dit het hulle oortuig daarvan dat direkte konfrontasie vermy moes word, ten gunste van indirekte stryd teen die Weste, by wyse van ondersteuning gee aan sulke anti-koloniale “oorloë van nasionale bevryding” (soos wat toe bv. baie goed vir hulle uitgewerk het in die geval van die VSA se ingryping in Vietnam).

Wat Suid-Afrika betref, met sy strategiese ligging, sy rykdom aan hulpbronne en die potensiaal vir Swart/Wit polarisasie (wat in die Derde Wêreld op die Weste sou boemerang, indien lg. gesien word om die Blanke bewind te steun), wou die USSR dus die Weste insleep in so ‘n duur, polariserende plaaslike guerrilla-konflik, op die patroon soos gesien is in Algerië, Kuba en Frans-Indo-Sjina . Dit moet onthou word dat, voor Vietnam, die na-oorlogse dekoloniseringskonflikte nie altoos in Moskou se guns verloop gehad het nie. Daarom was Moskou tydens sy beleidshersiening gedurende die vroeg-sestigs, dus bang dat hulle in Suider-Afrika ook weer die bus kon mis. Voorbeelde van werklike saakmakende de-kolonisering (m.a.w., van die grootste van die eensmalige kolonies) waar dinge nie vir die kommuniste uitgewerk het nie, is bv. Indië (waar Mahatma Gandhi se vreedsame druk ‘n bedingde magsoorhandiging en ‘n demokratiese bestel tot gevolg gehad het, sonder ‘n bevrydingsoorlog), sowel as Indonesië (waar plaaslike nasionaliste korte mette gemaak het van gepoogde kommunistiese insypeling) en Algerië (waar die wapen-hulp aan die plaaslike fedajien gekom het van Egipte, nie Moskou nie, en waar ‘n Arabies-nasionalistiese regering met sterk Moslem-onderbou na onafhanklikheid gevestig is).

Dwarsdeur Afrika het Swart Afrika-nasionalisme ook hoogty gevier, soos in die geval van Ghana, en was Moskou bevrees dat hierdie Afrikanistiese / Swart nasionalistiese gety ook in Suider-Afrika sou seëvier (of andersyds dalk die Gandhi-voorbeeld), as daar nie daadwerklike kommunistiese ingryping sou wees om die stryd hier in Moskou se belang te rig nie.

4.2.8 – Voer van ‘n gewapende stryd is afhanklik van wapens (en dus, van diegene wat dit gee): Die sleutel vir die vestig van kommunistiese invloed is gesien as die oortuig van die ANC om ‘n gewapende stryd aan te knoop. Want sonder wapens kan daar natuurlik nie gewapende stryd wees nie. En slegs maar Moskou sou as bron van sulke wapens kon dien, siende dat die Weste nie wapens sou lewer aan die bevrydingsbewegins nie. Deur die ANC te verbind tot “armed struggle” en dus afhanklik te maak van USSR-wapens, sou dit die plaaslike kommuniste die toegang en bedingingsmag gee om hierdie bewegings in effek te beheer en dienstig te maak aan Moskou se strategiese behoeftes.

In die e-boek haal ons vir Rowley Arenstein aan, waar hy vertel hoe Ruth First (SAKP-leier Joe Slovo se gade) hom in Durban die kop kom was het oor hy in 1960 aan die Pondo’s gesê het dat die ANC nie wapengeweld steun nie: “She came tearing down to Durban and was very angry. ‘How dare you tell them they can’t have guns? How can you take it upon yourself to deny them weapons?’ I was amazed and said: but non-violence is the official policy of both the SACP and the ANC. What else was I to tell them? Anyway, where on earth would we get guns from? She just laughed and said: ‘well, that might be the policy now but maybe not for much longer. And don’t worry, getting guns will be no problem’. I was staggered. It was the first sign that the Jo’burg clique was considering a turn towards armed struggle, towards violence. You see, Ruth was very struck by the fact that the

Communist Parties of both Algeria and Cuba had opposed the turn to armed struggle and then got marginalised when the national movement successfully waged such a struggle. It was essential to prevent this happening in South Africa. By the sound of things, they must already have been in touch with the Russians over getting arms’.” 4.2.9 – Die gevolge vir die ANC (en vir die bevrydingsdroom) van in die bed klim met Moskou: Wat was die konsekwensies vir die ANC, van sy in die bed spring met Moskou en verbintenis om ‘n “people’s republic” op die Marxistiese model te probeer afdwing met guerrilla-oorlog? Net soos wat die Natallers hulle gewaarsku het, het dit die ANC aan die verkeerde kant van die draad geplaas, in die konteks van die Koue Oorlog (wat wêreldpolitiek op daardie stadium – en tot 1990 – absoluut oorheers het).

Voor Desember 1963 het die Weste hard gevry na die ANC. Hoofman Luthuli is bv. die Nobel Vredesprys toegeken. Sen. Robert Kennedy het hom kom besoek in Zoeloeland. (Foto regs: Sen. Kennedy land in Durban, met Nongqai se eie Hennie Heymans wat as jong konstabel na hom opkyk).

Die ANC se heul met die kommuniste het bv. vir die toevoortvlugtende Mnr. Mandela persoonlik tot gevolg gehad dat die Amerikaanse CIA die SAP-VT van operasionele inligting voorsien het wat dit moontlik gemaak het om Mandela by Howick, op pad van Durban na Johannesburg, te onderskep en in die tronk te laat sit tot 1990 (hy is eers in 2008 van die VSA se terreur-stoplys afgehaal).

Belangrikste egter, is dat die ANC se gekose strategie van kop-in-een-mus wees met die SAKP

en Moskou, die Weste beweeg het om (al was dit onder die tafel) baie definitief en doelgerig daarvan seker te maak dat die Blanke regering – tot met die val van die USSR – al die nodige militêre samewerking ontvang het om ‘n gewapende aanslag suksesvol te kon afweer, selfs

op die skaal van die USSR / Kubaanse kampanje in Angola. Want ewe min as die Blanke regering, wou die Weste ‘n Marxistiese, Moskou-aanhanklike “people’s republic” met die wapen in Suid-Afrika gevestig sien.

4.2.10 – Hoe het die “armed struggle” verloop: MK het reeds vroeg in die sestigs sy rieme styfgeloop met die sabotasie-veldtog, sodat daar van 1966 tot 1976 prakties geen gewapende aksies in SuidAfrika voorgekom het nie. Daarna het die die SAKP/ANC/MK steeds voort bly ploeter met hulle guerrilla-fantasie – dit, ondanks die Soweto-onluste en toe later die United Democratic Front (UDF) se veldtog vir die onregeerbaar maak van Swart stadsgebiede (wat insigself duidelik ‘n geheel ander rigting ingeslaan het as guerrilla-gefokusde “gewapende stryd”, deurdat dit burgerlike verset met massa-aksie voorop te gestel het). MK se enigste aanpassing was dat die guerrilla-stryd nou nie meer “landelik” hoef te gewees het nie, maar ook stedelik. Lawwe idees soos om Vietnam-styl tonnels onder Soweto te bou en daaruit te veg, is kwistig rondgegooi. In die praktyk, egter, was die “armed struggle” bloot terrorisme, eerder as guerrilla-oorlog: in hoofsaak gekenmerk deur die sporadiese plaas van terreur-bomme en landmyne teen siviele teikens – wat slegs maar Blanke motivering verhard het.

Teen die laat tagtigs het die Blanke regering se diplomasie en veiligheidsmag-optrede tot gevolg gehad dat die ANC deur die Frontlinie-state verbied is om vanuit hulle grondgebied terreur-aksies te loods, en MK se naaste kampe is tot noord van die ewenaar verdryf. Daar is selfs suksesvol deur Pretoria na die USSR uitgereik (deur die Nasionale Intelligensiediens, via die KGB) met die gevolg dat ANC-president Oliver Tambo nie meer persoonlike afsprake met Sowjet-leier Gorbatsjof kon kry

Dit is dus maklik te begryp waarom Mnr. Alfred Nzo, destyds waarnemende leier van die ANC, vroeg in 1990 teenoor die Amerikaanse media erken het dat die ANC geen ander keuse meer gehad het nie as om te begin onderhandel, want daar was in sy eie woorde net geen manier dat hulle die “armed struggle” teen die Veiligheidsmagte verder kon voer nie. Maar voor mens te self-trots word oor die wen van die “armed struggle”, moet goed verstaan word dat die verslaan van die “onderdrukker” in suiwer militêre terme, nie is waaroor die “armed struggle” vir die kommunis gaan nie. Vir hulle is die aller-oorheersende oogmerk, die wen van politieke mag. In tipiese kommunistiese tradisie, het die aanvang van die konstitusionele onderhandelinge in 1990 dus allermins die einde van wapengeweld beteken – trouens, dit het toe drievoudig verskerp (soos die voorgaande grafieke uitwys). As Swart-op-Swart geweld. Die “people’s war” op sy felste... 4.2.11 – “Political Power grows from the barrel of a gun”: Om die werklike rol te verstaan van die ANC se opneem van wapens in hulle uiteindelike wen van politieke mag in Suid-Afrika, moet mens besef dat “armed struggle” vir die kommuniste nie ten eerste gerig is op die verslaan van die aanvanklike maghebber (soos die Blanke regering) op die slagveld nie. Dit moet weer benadruk word dat, vir hulle, die wapen ‘n instrument is ter verkryging van uiteindelike politieke mag, nie van suiwer militêre superioriteit nie.

Dus dien sg. “armed propaganda” ter vestiging van ‘n publieke sterkmansbeeld en gee dit hefboomkrag in die 2e, beslissende fase van wedywering om mag, synde die fase ná die aanvanklike maghebber omvêr gewerp is, of (soos in Suid-Afrika) teruggestaan het. Onthou dat die wapens van Marxistiese “gewapende stryders” die wêreld oor histories in werklikheid gedien het om vir hulle, as radikale minderheid, in staat te stel om met hulle wapens die politieke mag vir hulleself te kan op-eis in die onderlinge politieke kompetisie wat tipies volg na die aanvanklike mag-houer die mag verloor of prysgegee het – in kommunistiese terminologie, die sg. “tweede rewolusie”.

Dit is bv. gesien in Rusland self in 1917, na die Mensjewieke die tsaar met openbare verset tot ‘n val gebring het, maar Lenin se Bolsjewiste toe met hulle wapens kort daarna die politieke mag ondemokraties oorgeneem het by die Duma-parlement (wat die tsaar opgevolg het – die kommuniste het eenvoudig die Duma met masjiengewere beset).

Ook het dit gebeur in Kuba, na die breë nasionalistiese opstand daar vir die diktator Batista op die vlug laat slaan het en hy deur die Christen-demokraat Manuel Urrutia Lleó vervang is as president van Kuba (totdat die Marxiste Ché Guevara en Raul Castro met hulle wapen-mag vir Fidel Castro 159 dae later aan bewind gestel het). Of bv. in Angola, na die Portugese angelier-rewolusie die koloniale bewind tot ‘n val gebring het en Moskou + Havana se gewapende hulp die MPLA toe in “fase twee” teen UNITA en die FNLA laat seëvier het.

Soos Mao dit gestel het: “Elke kommunis moet besef dat politieke mag groei uit die loop van die geweer...”

MK se “soldate” en hulle “people’s war” gemik op die vestiging van ‘n sg. “people’s republic”, met Operasie Vula se insypeling van wapens (waarvan die Veiligheidsmagte maar te deeglik bewus was, synde dat Vula volledig penetreer was) het dus sy hoogste politieke relevansie gehad daarin om die ANC na 1990 in die Swart-op-Swart konflik die “sterkmansbeeld” te gee, om só die politieke magstryd in die demografies-dominante Swart geledere mee te kon wen. Dít was die grondslag van daardie vier jaar se erg-verskerpte bloedvergieting, nié ‘n gewaande “derde mag” nie (soos geboekstaaf deur die SA Instituut vir Rasseverhoudinge se daarop-volgende navorsing, waaromtrent u meer kan lees in hulle publikasie hiernaas, sowel as in ons e-boek).

“The conventional wisdom is that they (the 20,500 dead of the Struggle) died at the hands of a state-backed Third Force, but the more accurate explanation is that they died as a result of the people's war the ANC unleashed… Since 1994, many books have been written on South Africa's political transition, but none deals adequately with the people's war. The Truth and Reconciliation Commission should have covered this, but largely overlooked it. This book shows the extraordinary success of people's war in giving the ANC a virtual monopoly on power. It also shows, in part at least, the great cost at which this was achieved.”

In ‘n latere gedeelte van hierdie artikel sal ons in meer detail die vraag behandel van wie die “armed struggle” as sodanig gewen het (soos onderskei van wie die uiteindelike politieke mag in die nuwe bedeling gewen het). Ten einde egter eers die vraag te antwoord of die enkel-dimensionele krasse uitbeelding van die SAP-VT geregverdig is, sal ons vervolgens vergelykend kyk na die operasionele doktrines en werklike motivering van die opponerende magte tydens die era van gewapende stryd.

4.3 Wat was die opponerende doktrines?

4.3.1 – Dis Koue Oorlog: vir die Weste sowel as Moskou, het die doel die middele geheilig:

Dit is ‘n historiese feit dat geen kommunistiese party nog ooit, nêrens in die wêreld, deur ‘n vrye en eerlike demokratiese verkiesingsproses aan die bewind kon kom nie. Dit was dus skering-en-inslag van hulle wêreld-visie dat hulle deur rewolusie die mag sou oorneem, wapen in die hand. Hulle was dus gerig op die totale afbreek van die ou orde (in al sy fasette: ekonomies, sosiaal/godsdienstig en staatkundig/regstelsel). Hulle oogmerk was die algehele vervanging van dit wat was, met ‘n radikale nuwe bestel – wat aan hulle, as alleen-regeerders binne ‘n eenparty-stelsel, die totale, onbelemmerde diktatoriale mag moes gee oor alles en almal.

Om hierdie radikale doelwit te bereik, het die kommuniste alle middele as veroorloof ge-ag, en was alle verset teen hulle, “teen-rewolusionere” aktiwiteit deur “vyande van die volk” wat sonder skroom of billike regsproses weggemaak kon en moes word.

Dit is dus nie moeilik om te begryp nie dat die Weste die kommuniste bedreiging as ‘n eksistensiële een gesien het, dus letterlik vir hulle voortbestaan, want dit het die totale vernietiging van die Weste se bestaande stelsels ten doel gehad, gepaard met die ontneem van al hulle materiële besittings, hulle burgerregte en -vryhede – tot selfs die reg op geloof-uitoefening. Teen hierdie genadelose bedreiging het die Weste, en veral ook die VSA (aan die voorpunt van die anti-kommunistiese stryd gedurende die Koue Oorlog), self ook geneig tot ‘n onbeskroomde benadering van “die doel heilig die middele”.

Male sonder tal het die Amerikaners bv. staatsgrepe aangevoor oor die wêreld heen. Konserwatiewe militêre diktature is aan bewind gestel en bewapen om teen kommunistiese uitbreiding wal te gooi, van Griekeland deur Afrika en die Amerikas tot in Asië. Die teen-insurgensie

opleiding wat aan hierdie anti-kommunistiese magte gegee is by Amerikaanse militêre instellings soos bv. die “School of the Americas” in die destydse Panama kanaal-sone, het nie die Queensberry-reëls gepredik nie. Instruksie is gegee in martel-metodes en in die kragdadige onderdrukking van linkse politieke bewegings. Die gevolge daarvan was veel, veel erger as enigiets wat Suid-Afrika ooit beleef het. Die Latyns-Amerikaanse militêre diktature se “Plan Condor” en die sg. “vuil oorlog” wat daarkragtens gevoer is, het 50,000 sterftes in aanhouding meegebring en ‘n verdere 30,000 is maak “verdwyn”. Die burger-oorlog in ‘n klein landjie soos Guatemala (SentraalAmerika, met maar ‘n derde van Suid-Afrika se bevolking), het 200,000 sterftes tot gevolg gehad.

Hierdie “everything goes” benadering van die Amerikaners leef voort in hulle hantering van Islamistiese terreur. By Guantanamo-baai word verdagtes bv. nou al meer as twintig jaar sonder verhoor aangehou; in die “war on terror” is ‘n minimum van 22,000 (en moontlik soveel as 48,000) mense sedert 9/11 sonder enige magtigende regsproses deur die VSA-veiligheidsmagte gedood, deur middel van lug-aanvalle, in hoofsaak met afstandbeheerde vlieg-apparate (“drones”). Nie net die VSA het hierdie harde benadering tot teen-insurgensie gevolg nie – in die onlangse verlede het die Nederlandse koning sowel as die Franse president formeel verskoning moes aanbied vir brutaliteite gepleeg deur hulle onderskeie veiligheidsmagte in Indonesië en Algerië. Die Britte is nie bekend vir apologie nie (hulle swyg dinge eerder dood) maar die waarheid van hulle metodes in konflikte soos Kenia is welbekend – kyk maar net na die artikel hiernaas.

Het die SA-VMe, en die SAP-VT in besonder, ook so ‘n “die doel heilig die middele” beleid gevolg? Ten ene male – nee!

4.3.2 - Die SAP-VT se operasionele doktrine: Dit spreek vanself dat die “alle-oorsaak” sterfgevalle in aanhouding van die SAP-VT nie so werklik uitsonderlik laag sou kon gewees het nie (as wat dit in feite was – soos onbetwisbaar geïllustreer is in die voorgaande vergelykende data/grafieke) indien die SAVMe wel dieselfde doktrine van “veg vuur met vuur” sou gevolg het as wat die Amerikaners bv. gedurende die sg. “Dirty War” in LatynsAmerika gebruik het. Of dan die kommunistiese doktrine van die “doel heilig die middele”, wat die ANC in sy “people’s war” en in sy eie interne sekerheidsaksies gevolg het, bv. in sy kampe in die buiteland, soos die berugte Quatro in Angola.

Die besonder lae sterftes wat maar enigsins aan die SAP-VT roedigbaar was, getuig van die teenoorgestelde benadering. Eerstens van ‘n proses vierkant gebaseer in die reg en regstelsel. Tweedens van ‘n baie duidelike begrip aan die kant van SAP-VT bevelvoerders en personeel, dat die ANC se “gewapende stryd” aller-eers ‘n propagandaoorlog was, gemik daarop om die SA-VMe (as die linie van voorste verdedigers), in die swakste moontlike lig te stel – sodat hulle ten

strengste moes waak teen enige dade wat vir die ANC as ammunisie kon dien in hulle propaganda-aanslag.

In ons e-boek, word hierdie baie ferm amptelike beleid met klinkklare eerstehandse bronne ge-boekstaaf (bv. oorspronklike geskrewe instruksies en transkripsies van veiligheidskonferensies). Hiermee dus net enkele voorbeelde, soos eerstens die ernstige vermaning waarmee Genl. “Lang Hendrik” van den Bergh sy openingsrede by die 2e veiligheidskonferensie (gehou in Pretoria op 8 & 9 Junie 1968) afgesluit het: Hy het beklemtoon dat die handhawing van die hoogste morele standaarde in beide die privaat en professionele lewe noodsaaklik is. Dissipline moes voorop staan – bowenal selfdissipline. Geen SAP-VT-lede wat hulle skuldig maak aan morele oortredings in hul private of professionele lewens sou bevorder word nie, en hy het baie sterk gewaarsku dat senior offisiere wat probeer om oortredings deur hul ondergeskiktes weg te steek, gepenaliseer sal word. Wat aantygings van aanrandings op aangehoudenes betref, het Genl.

Van den Bergh 'n beroep gedoen om samewerking “om dit tot nul te bring; ons moet (die beeld van) die Polisie opbou, sodat elke lid van die publiek kan aanvoel dat die polisieman werklik sy vriend is.”

Hierdie beleid is nie slegs op nasionale vlak gepredik nie – dit is ook op afdelingsvlak by personeel op die hart gedruk. ‘n Voorbeeld hiervan is die 12-bladsy instruksie wat die destydse bevelvoerder van Afdeling Port Natal (toe kolonel Frans Steenkamp, later bevelvoerende generaal van die Veiligheidstak landswyd) op 29 April 1977 gesirkuleer het.

Die inleidende verduideliking van die aard van die bedreiging is belangrik (op die eerste bladsy, hier gereproduseer, sodat u dit self kan lees). Dit is aanduidend van hoe deeglik begryp is dat die SAPVT die teiken was van ‘n intense propaganda-oorlog. Sodat, ten alle koste, eie optrede vermy moes word wat as ammunisie teen die SAP-VT kon dien in hierdie media-stryd.

Hier volg nou enkele aanhalings uit latere bladsye, wat illustreer hoe ondubbelsinnig die instruksies was waaronder lede van die Veiligheidstak hul taak verrig het:

“…die tyd het aangebreek waar ons hand in eie boesem moet steek en eerlik en objektief moet nagaan of ons nie in en deur ons optrede, direk in ons vyande se hande gewerk het nie en self grootliks verantwoordelik is vir ons nederlae nie. Die saak moet positief benader word en ons optrede moet deurgaans so wees dat brûe vooraf gebou word oor die slote en struikelblokke wat ons vyande voorberei het. Ons moet eenvoudig nou sorg, in al ons optrede, dat daar geen of so min as moontlik vatkans aan ons gekry kan word. Ons moet ons beeld herstel en uitbou in die volksoog. Indien ons nie daarin slaag nie, sal ons self verantwoordelik wees vir oneindige en moontlik onherroeplike skade aan ons land.

“Tree beskaafd maar ferm teenoor ‘n verdagte op: sodoende sal u sy respek bekom en behou.

“Onthou deurgaans u is 'n polisieman, nie 'n politikus nie; u ondersoek ‘n strafsaak waar die land se wette verbreek is en dit is nie u taak of verantwoordelikheid om die reg of verkeerd van die wette te verdedig nie. Dink, dink en beplan voortdurend. Ons vyande voer hierdie stryd teen ons met die kop en ons moet hulle op dieselfde wyse beveg. Dit is die veiligste, doeltreffende en mees blywende in sy langtermyn effek. 'n Verstandelike, sielkundige oorwinning wek respek; ‘n fisiese,

gewelddadige oorwinning bring mee ‘n blywende en groeiende haat, verset en begeerte tot vergelding op enige manier moontlik. Dit geld veral, en meer so, waar van sodanige verdagte later gebruik gemaak moet word as getuie. Sy respek vir u gaan verlore en u respek vir uself

word ewe-eens beskadig.”

'n Baie goeie insig in hoe lede van die SAP-VT hulleself en hul wêreld gesien het, kan verkry word uit die embleem wat hulle vir hulself ontwerp het en bv. laat in-weef het op 'n eie kenmerkende das wat hulle laat maak het (sien foto). Dit was nie iets wat bedoel was om formeel heraldies as 'n amptelike eenheidswapen geregistreer te word nie, maar eerder 'n tipe eie “klub” -embleem. Nietemin is die simboliek daarvan baie duidelik en betekenisvol.

In stede van tipiese polisie-simbole soos knuppels of boeie, het hulle 'n skaakstuk gekies. Die ruiter. Dit illustreer dat hulle, in eie gemoed, professioneel gewikkel was in 'n intellektuele eerder as ‘n fisieke stryd, wat soos 'n skaakspel gelyk het. Die keuse van die ruiter slaan op idees van ridderlikheid en is ook gewortel in die feit dat die ruiter die mees ratse stuk op die skaakbord is – wat bv. in staat is om agter vyandelike linies in te spring – en nie net afhanklik is van reglynige brute krag nie. Die ander element van die embleem is die ster bo alles: volg die Lig en bly op koers, moenie van die ware pad afdwaal nie...

Die S.A. Polisie se eie Missie-stelling het dit ook baie duidelik gemaak dat die Mag dit as sy taak gesien het om die hele gemeenskap te dien en te beskerm teen kriminele verbreking van die regsorde (dus, bepaald nie om rassisties “Blanke superioriteit” of -belange te bevorder nie).

Dis tog kennelik só dat, enige plek ter wêreld, die rewolusionêre bedryf van die politiek met behulp van wapen-geweld (en dus strydig met die norme van enige demokratiese regsorde) gesien word as krimineel. Daarom dat alle polisiemagte, oral-oor, dit as funksie het om daarteen op te tree, ten einde wetmatigheid en die publieke orde te handhaaf. In die SAP se missie-stelling val ook op die verbintenis tot eerbiediging van die reg en gemeenskapsnorme, plus verantwoordbaarheid (dus, van altyd openbare rekenskap moet gee, sonder enige valse illusie aan polisie-kant omtrent onaantasbaar wees, of van bo die reg verhewe staan). Die realiteit van enige rewolusionêre konflik is dat dit die rewolusionêre is wat só ‘n geweld-siklus inisieer, nié die polisie nie, want lg. se wetstoepassing-funksie is reaktief-verdedigend van aard.

Enige só ‘n siklus van geweld word dus altyd doelbewus deur die rewolusionêre afgeskop (al het hulle altoos ‘n gros van redes gereed, wat hulle ter regverdiging aanvoer vir hoekom geweld dan hulle “enigste oorblywende uitweg” sou gewees het). Die lede van die SAP-VT was maar alte goed bekend met die gevaar wat die kommunisme vir die samelewing inhou, soos onderstreep deur die wandade wat afgespeel het in die USSR se onderdrukking van die Hongare, van die Tsjeggo-Slowake en die miljoene gedood of in die Gulags opgesluit in die USSR self, of die brutaliteit van Mao se “kulturele rewolusie” in Sjina. Net soos die res van die Weste, was die SAP-VT vasbeslote om die kommunistiese bedreiging teen te staan, wat met goeie rede deur SAP-VT lede as ‘n eksistensiële bedreiging ook vir Suid-Afrika beleef is. Dít was die Veiligheidstak se oorheersende dryfveer. Nié om, soos die “enkel storie” probeer wysmaak, “apostels en afdwingers van Apartheid” te wees nie (dit was tog duidelik nie hulle taak om hulself te behep met wetstoepassing t.o.v. maatreëls soos groepsgebiede, passe ens. nie). In hulle amp-uitvoering was hulle polities-neutrale publieke amptenare – geregsdienaars – nie politici nie. Daarom dan dat die SAP-VT en die SA-VMe in die algemeen, ‘n sleutelrol gespeel in die handhawing van die stabiliteit wat absoluut essensieel was om die oorgang na ‘n nie-rassige demokrasie moontlik te gemaak het. Dit het hulle professioneel gedoen, ondanks dat hulle tog logies geweet het dat dit op ‘n Swart meerderheidsregering sou uitloop. Is dit wat geswore rassiste sou gedoen het? Daarom ook dat dit SAP-VT operasionele doktrine was om die politieke rigtingbepaling oor te laat aan die grondwetlik-daargestelde parlement / regering van die dag, en so ook die beregtiging van skuld of onskuld oor te laat aan die howe, waar dit tuis hoort. Bepaald nié om self óf politikus, óf ondersoeker + regter + laksman te speel nie (dus, baie anders as wat bv. in die Amerikaanse “dirty war” gebeur het). Die SAP-VT het maar alte goed geweet dat hulle onderworpe was aan parlementêre toesig (met vrae wat verseker aan die Minister sou volg, die moment as enige ongerymdheid beweer sou word). Ewe seer was hulle onderworpe aan die howe, aan wie verantwoording gedoen sou moes word (as voorbeeld – die geregtelike ondersoek na die selfmoord in aanhouding van Dr. Neil Aggett het vieren-veertig hofdae in beslag geneem van intense kruis-ondervraging van lede van die Veiligheidstak, deur van die land se top advokate). In Suid-Afrika was daar geen spesiale, geslote veiligheids-howe nie. Alle vervolgings moes in die normale ope hof bereg word. Daar is die beskuldigde onskuldig geag, met die las op die polisie-ondersoekbeamptes om klink-klare bewyse van skuld voor te lê (altyd binne die beperkinge, beskerminge en eise van die normale Strafprosesreg en onderwyl die beskuldigde die beste regsverteenwoordiging geniet het wat perkelose buitelandse geld kon koop). Met bewyse wat van so ‘n oortuigende aard moes wees, dat skuld bo redelike twyfel vasgestaan het. Dit alles, onder die oë van die publiek en die media.

Die SAP-VT het maar te goed geweet dat hulle deurentyd onder die valk-oog gestaan het van ‘n Engelstalige media wat grootliks vyandig was teenoor die regering-van-die-dag; ‘n realiteit wat, hand-aan-hand met die prioriteitsklem wat die ANC op sy propaganda-veldtog geplaas het, opsigtelik daartoe sou lei dat enige vermeende mis-stap maksimaal téén die SAP-VT en die Afrikaner-regering uitgebuit sou word.

Wetend al hierdie dinge, sou dit werklik ‘n stom-onnosel polisieman moes gewees het wat homself (en die beeld van sy Mag, plus die belang van die land wat hy onder eed gesweer het om te dien) sou blootgestel het aan soveel probleme deur homself willens en wetens skuldig te maak aan onregmatige vergrype – vergrype wat sy staande orders (soos dié hierbo gekwoteer) in ieder geval by hom ingedril gehad het, dat hy ten alle koste moes vermy vir die opsigtelike skade wat dit doen. Dat daar so merkwaardig min “alle-oorsaak” sterftes oor 34 jaar heen in formele SAP-VT aanhouding voorgekom het – met net vier gevalle (Biko, Timol, Aggett en Haffajee) wat steeds werklik ernstig gedisputeer word – is ‘n getuigskrif vir hoe goed die SAP-VT die werklike aard van die aanslag begryp het en hoe gedissiplineerd en norm-getrou hulle optrede as ‘n reël was, ondanks enorme provokasie en dodelike aanvalle op hulle (in die vier jaar tussen 1990 – 94, is bv. meer as

800 swart polisie-beamptes vermoor). Baie meer detail oor die uiters beproewende konteks waarbinne die lede van die S.A. Polisie gedurende die stryd-jare hulle taak moes verrig, is in ons gratis e-boek beskikbaar.

4.3.3 – Die ANC se operasionele doktrine: Die filosofie wat die ANC-MK se “stryd” onderlê het, was dié wat die internasionale kommunisme gekenmerk het. Ten eerste was daar die verbintenis tot gewelddadige rewolusie (in die najaag waarvan alle middele veroorloof was), soos geïllustreer deur Mao se stelling dat politieke mag met die geweer gevat moet word, ten einde die ou orde totaal te vernietig en in geheel te vervang met hulle diktatoriale utopie.

Tweedens, die feit dat hulle stryd gefokus was op die wen van die politieke mag, eerder as noodwendig ‘n militêre oorwinning, en dus grootliks klem geplaas het op propaganda. Daar was uiteraard faksie-verskille, met enersyds diegene soos oud-president Nelson Mandela wat vanuit die staanspoor ‘n gewapende stryd gesien het as meganisme om onderhandelinge mee te probeer afdwing, en aan die ander kant die radikales wat werklik geglo het daarin om die bestaande orde militêr te verslaan, sodat hulle daarna, sonder beperking of onderhandelde kompromie, hulle eie nuwe orde in volle omvang sou kon afdwing. Hierdie faksie-verskille duur tot vandag voort, en onderlê bv. die Radical Economic Transformation (RET) faksie se droom van ‘n tweede rewolusie, om die kompromis van 1994 te begrawe en hulle eie orde te kan vestig in die plek daarvan.

Die prioriteit wat propaganda geniet het in die SAKP/ANC se operasionele doktrine, spreek uit die volgende aanhalings uit die SAKP se “The South African Communist party in Exile, 1963 – 1990” , waar propaganda opsigtelik telkens voorop geplaas is in die ANC/SAKP se prioriteitsbepaling: “The SACP Politburo, at one of its meetings in 1981, established three subcommittees to focus on: propaganda; trade union work; and "internal" work in the forward areas and inside the country. … Following the 6th Congress (Kabwe, Zambia, June 1985), the Politburo, given the new challenges, established subcommittees based on the following areas: propaganda; education, research and training; industrial work; internal reconstruction; work in mass organisations; military affairs; international work; and security and intelligence.”).

Derdens, in hulle diktatoriale handhawing van “interne orde”, was die ANC-MK se sekuriteitkomponent (die Mbokodo, of “rots wat vergruis”) geskool in en geskoei op die drakoniese doktrine vergestalt in die berugte artikel 58 van die USSR-strafkode, wat enige andersdenkendheid gebrandmerk het as “teen-rewolusionêre” gedrag van “vyande van die volk”, wat die ergste straf geregverdig het. In daardie kultuur was deur geen sprake van toesig deur onafhanklike howe of ‘n demokratiese parlement nie, en nog minder van krities-ondersoekende joernalisme. Geen begrip van “onskuldig, totdat skuld bo redelike twyfel bewys is nie”, geen verbod op martel-metodes en onmenslike “straf” soos teregstelling met die brandende “halssnoer" nie, en bepaald ook geen verbintenis tot openbare verantwoording doen nie.

Hierdie kultuur van “anything goes” sonder verantwoording, lê aan die wortel van talle van SuidAfrika se huidige en toekomstige probleme, wat ons in meer detail in Deel 2 van hierdie artikel-reeks sal behandel (in volgende maand se Nongqai). Dus sal ons hier volstaan met net die basiese, ten einde die onderskeid te kan deurtrek tussen die SAP-VT se doktrine en dié van die ANC-MK (soos voorheen gemeld, kan u baie meer detail hieromtrent lees in ons gratis e-boek).

Deur “gewapende stryd” te kies, volg onvermydelik fisieke konflik: Die SAKP/ANC se kies van “armed struggle” eerder as ‘n verbintenis tot slegs vreedsame metodes het – as onvermydelike konsekwensie – fisieke konflik tot gevolg gehad. Die keuse van gewapende stryd het die manier van politiek voer, weggestuur van vreedsame debat oor beleidsalternatiewe, na ‘n naakte fisieke stryd om mag.

Dat daar wél effektiewe opsies anders as guerrilla-oorlog was, is geïllustreer deur die massa-verset van die Soweto-jeug in 1976, die UDF se program in die 1980’s van sekere metropolitaanse

townships onregeerbaar maak, plus die Anti-Apartheidsbeweging se kampanje vir internasionale isolasie. Indien die ANC werklik voor 1990 “oorweldigende populêre steun” geniet het, sou hulle ook bv. deur stakings die Blanke bewind sonder gewapende stryd tot ‘n val kon gebring het, want dit was duidelik só dat suksesvolle weerhouding van hulle arbeid deur ‘n meerderheid nie-blankes, die landsekonomie sou kon laat inplof het. “Armed struggle” was dus bepaald nie “die enigste opsie wat oorgebly het nie” en – soos later hierin aangetoon sal word – was ieder geval hoegenaamd nie effektief teen die Blanke bewind nie. Inteendeel!

Enersyds het “armed struggle” noodwendig gelei tot fisieke botsings met die Polisie, omdat lg. geswore was (soos hulle kollegas enige plek op aarde) om wet-en-orde te handhaaf teen enigeen wat geweld as hefboom probeer gebruik. Andersyds (en veel meer so as met die polisie) het die keuse van “armed struggle” uitgeloop op ‘n bloedige stryd wat die ANC gevoer het teen sy (Swart) politieke opponente, met wie hulle in kompetisie was vir die uiteindelike politieke mag – ‘n fisieke magstryd teen ander Swart partye soos Inkatha, wat (soos die syfers onweerlegbaar bewys) veel meer noodlottig was as die ANC se stryd teen die Blanke maghebbers. Veral gedurende die laaste oorgangsfase. Dit was in daardie laaste vier jaar dat ¾ van die totale aantal van 20,500 sterftes wat die konflik oor 34 jaar heen gekos het, opgeloop het – as Swart-op-Swart geweld.

Dit val bv. op hoe die SAKP/ANC se benadering tot die halssnoer-moorde verskil het van dié van die UDF – Winnie Mandela as top ANC-lid het dit openlik aangeprys as die middel waardeur die land “bevry” sou word, terwyl Aartsbiskop Desmond Tutu as UDF-leier, gedreig het om die land te abandoneer en te emigreer, as dié gruwel-praktyk nie gestop word nie.

Propaganda as essensiële deel van SAKP/ANC-doktrine: Deurgaans was propaganda die skering-en-inslag van die ANC-doktrine vir magsoorname (soos ons in besonderhede aandui in die e-boek, o.a. gebaseer op die kommuniste se geslaagde “armed propaganda” stryd in Vietnam). Die ANC se propaganda-veldtog het veral gefokus op die eenhede aan regeringskant wat vir die ANC die grootste bedreiging ingehou het – met bo-aan, opsigtelik die SAP-VT.

Individuele aktiviste wat deur die SAP-VT aangekeer is, het ook hulle persoonlike redes gehad om veral die howe as platform te gebruik om propaganda te maak (waar hulle geweet het die media gereed gesit het om enige en alle bewerings prominent te rapporteer). Bewerings van marteling was ‘n logiese manier om jouself te verontskuldig vir inligting wat jy in aanhouding aan die SAP-VT uitgelap het oor kamerade. Dit was duidelik ook deel van die ANC se staande operasionele instruksies dat die howe maksimaal gebruik moes word (bowenal die reg om ‘n verklaring te maak wat nie deur die Staat aan kruisverhoor onderwerp kon word nie) om blatante leuens en verdraaiings via die media die wêreld in te stuur, ten einde die SAP-VT se beeld af te takel.

Die onbetwisbare sukses van die ANC se propaganda-aanslag is die grootste enkele rede hoekom daar so ‘n enorme gaping is tussen die drogbeeld geskets deur die “enkel storie”, en dit wat die vergelykende statistiek ondubbelsinnig konstateer oor hoe uiters min aktiviste in aanhouding van die SAP-VT gesterf het (wat aandui hoe korrek en omsigtig hulle dus in werklikheid behandel is, in vergelyking met ander lande – verwysend na die vorige grafieke). Ongetwyfeld het die ANC die propaganda-oorlog gewen. Dit kon hulle regkry, veral om twee redes: eerstens omdat hulle kon inspeel in die vooraf-bestaande vooroordele van die plaaslike Engelstalige media, wat die Afrikanerregering polities vyandig-gesind was (met die plaaslike Engelstalige beriggewing wat dan op sy beurt weer die wêreld-oorheersende Engelstalige internasionale joernalistiek, rigtinggewend kon beïnvloed).

Die tweede rede waarom die ANC die propaganda-oorlog so volledig gewen het, was dat die P.W. Botha-bewind (na die “staatsgreep” teen Adv. John Vorster, Genl. Van den Bergh en Dr. Eschel Rhoodie – leiers wat die aard en gevaar van die “armed propaganda” -aanslag goed verstaan het, en ‘n teenstrategie en -kapasiteit ontwikkel gehad het), strategies die bedreiging fundamenteel verkeerd gelees het. Botha het essensieel weggedoen met die ontluikende teen-strategie en veral

Botha, net soos diegene binne die ANC (SAKP/MK-faksie) wat die “armed struggle” as insigself beslissend wou sien (eerder as om dit te verstaan as net maar nog ‘n hefboom in ‘n politieke magstryd wat rondom die onderhandelingstafel en uiteindelik die stembus beslis sou word) was ewe verkeerd met hulle militêr-gedomineerde analise. Vir die Staat, het dit gedurende die laat sewentigs en die tagtigs gelei tot ongebalanseerde prioritisering van duur militêre projekte gelei. Dit het uitgeloop op meer as net die ontman van die Staat se teenpropaganda-kapasiteit en van sy uitreikingsinisiatiewe na Afrika en die wêreld. Gegewe die krities-belangrike rol wat binnelandse stabiliteit in die tagtigerjare sou aanneem (soos opgeweeg teenoor ‘n buitelandse militêre bedreiging), het hierdie ongebalanseerde prioritiserings ook gelei tot die afskeep van die Polisiebegroting (dit, onderwyl die “dun blou lyn” die versekeraar moes wees van die aller-noodsaaklike binnelandse stabiliteit).

Dit was analitiese foute wat, saam met ‘n gelyklopende gebrek aan ‘n ontsluitende politieke visie en aan ‘n “game plan” vir hoe om effektief te kan meeding om die politieke mag in die nuwe bedeling waarheen die land duidelik op pad was, het op ‘n kritieke tydstip ‘n verlore dekade tot gevolg gehad. ‘n Dekade waartydens die (periferiese) militêre stryd weliswaar “gewen” is, maar waartydens die Afrikaner polities verdeel is en waartydens die mees wesentlike stryd verloor is, nl. die propagandaoorlog binnelands en internasionaal. Ook is nagelaat deur die regeringspolitici (uit vrees vir die Groot Krokodil?) om doelbewus te begin posisioneer vir effektief meedoen aan die toekomstige kompetisie om politieke mag – so asof dit ook weer die veilgheidsmagte se verantwoordelikheid sou wees...

Daardie verlore dekade onder Botha, waartydens die eens-dominante Afrikaner polities geskeur is (wat Vorster so hard probeer vermy het) en waar die som van Botha se politieke visie uiteindelik, gedurende die druk-jare van die laat-tagtigs, was dat dit lyk of “ons sal moet kies om hardegat onder te gaan”, is waar die grondslag gelê is vir die latere verloor van alle sinvolle deelname deur die Afrikaner (en ook die Blankes / nie-Bantoe) aan die uitoefening van politieke mag in die nuwe bedeling – met die tragiese praktiese gevolge vir landsadministrasie wat die afgelope drie dekades al hoe duideliker geword het.

President F.W. de Klerk kon in 1990 op die nippertjie wel ingryp en weer tydelik die politieke inisiatief herwin, maar die “verlore dekade” het beteken dat die nodige kapasiteit en “game plan” aan die kant van die Afrikaner-politici ontbreek het, om effektief mee te ding vir inspraak in die uiteindelike nuwe politieke magsbedeling (sien Nongqai Vol 12 No 7B p40 pdf vir ‘n insiggewende artikel, vanuit die kommunistiese hoek, oor die “verlore dekade” onder Botha; ons sal na hierdie tema terugkeer later in Deel 2 van hierdie artikel, wanneer die nagevolge enersyds van die faksieverdelings en die “armed struggle”, en aan die ander kant van ‘n eie “game plan”, in meer detail behandel sal word). Stalinistiese doktrine m.b.t. interne sekuriteit: Die “ongeveer 900” alle-oorsaak sterftes in die buiteland onder ANC-beheer – soos deur hulle self gerapporteer aan die WVK – oortref met ‘n veelvoud van dertien die 67 alle-oorsaak sterftes in SAP-VT aanhouding oor 34 jaar heen. Die enorme aantal sterftes wat op die ANC se brood te smeer is, was grootliks te danke daaraan dat die ANC-MK se operasionele doktrine vir die handhawing van interne sekuriteit gebaseer was op die Sowjet-model – brutaal, sonder erkenning van basiese menseregte of regsproses, en sonder aanspreeklikheid of verantwoording. Dit is nie óns woorde nie, maar dié van instansies soos Amnesty International en Searchlight South Africa (beide alom bekend vir hulle kritiek teen die destydse Blanke regering). Om dus beskuldigings te verhoed van eie bevooroordeeldheid, haal ons hierdie bronne hier direk aan, in die oorspronklike Engels.

Amnesty International het bv. bevind daar was “…a long-standing pattern of torture, ill-treatment and execution of prisoners by the ANC's security department. It shows too that this pattern of gross

abuse was allowed to go unchecked for many years, not only by the ANC's leadership in exile but also by the governments of the African front-line states…” Die ANC was, as gevolg van hierdie buitensporighede teen sy eie aangehoudenes, polities verplig om 'n aantal “kommissies van ondersoek” aan te stel. Eerste was daar die Stuart-ondersoek van die middel-tagtigerjare. Dit is gevolg deur die Skweyiya-ondersoek van die vroeë negentigerjare (onderneem deur ANC-lede, wat hulle eie organisasie moes ondersoek). Die derde was die "onafhanklike" Motsuenyane-kommissie, wat in Augustus 1993 verslag gedoen het.

Searchlight South Africa het soos volg berig oor van die bevindinge: “ …The (Skweyiya) Commission concluded that within the ANC in exile for the greater part of the 1980s, 'there existed a situation of extraordinary abuse of power and lack of accountability. It confessed to 'staggering’ brutality by the ANC security department.

“Revelations quoted from the Stuart report make it plain that ANC leaders imprisoned, tortured and executed the mutineers in full knowledge that they were innocent of the smear of being South African government agents. The Skweyiya report states that the Stuart Commission had 'clearly identified' the malaise of brutality in the ANC. It quotes the Stuart report as having stated that force had become 'the rule rather than the exception' and that coercion was 'indiscriminately used not only as a punishment but even when carrying out interviews and debriefings'.” Dit is duidelik uit die Skweyiya-verslag dat die ANC se departement van intelligensie en sekuriteit (vir wie Skweyiya in hoofsaak vir die mishandeling geblameer het) geopereer het onder die doktrine van inligting uit aangehoudenes bekom “teen enige prys”. Dit is inderwaarheid deur die destydse DIS-hoof, Mzwai Piliso (Jacob Zuma se voorganger in daardie posisie), aan Skweyiya erken, in presies daardie woorde. Piliso het ook sonder skroom erken dat hy persoonlik aan marteling deelgeneem het. Teregstellings (na kangaroe-verhore) was ook uiters brutale openbare skouspele – van die veroordeeldes is met RPG-7 anti-tenk missiele aan flarde geskiet. Tot hede en vandag is niemand vir dié vergrype aanspreeklik gehou nie...

Daar was dus sigbaar geen vergelyking (of morele ekwivalensie) tussen die operasionele doktrines van die SAP-VT en die ANC-MK nie, met lg. se kultuur van onaantasbaarheid van leiers en gebrek aan aanspreeklikheid, wat vandag steeds nog neerslag vind in hedendaagse landsprobleme –waaroor later meer.

4.4 Waarvoor is werklik geveg, aan die onderskeie kante?

4.4.1 Begryp die “skaakspel” van die mens se altyd dubbelslagtige besluitneming-oorwegings: Om te verstaan hoe die verskillende fasette van ons komplekse werklikheid ineen geskakel het, is dit nodig om eers te verstaan hoe en hoekom mense by sekere keuses uitkom, ook in die politieke sfeer. Slegs dan kan 'n mens werklik oordeel of 'n bepaalde keuse (en die optrede wat daaruit voortgevloei het), 'n “regverdige saak” (just cause) gedien het, of klaarblyklik onregverdig was.

Die denke hieroor gaan terug na die filosoof Immanuel Kant en sy teorieë oor die mate waarin ons as mense vryheid van optrede/keuse geniet – idees wat toe verder ontwikkel is deur Isaiah Berlin in die laat vyftigerjare. Berlin het ons vryheid van keuse as tweeledig gedefinieer: 'n negatiewe vryheid en 'n positiewe vryheid (of, soos latere filosowe dit ontwikkel het, as die intern-gedrewe keuses wat deur ons begeertes gemotiveer word, en die ekstern-gedrewe keuses wat gedikteer word deur die beperkings van ons operasionele omgewing). Die spel skaak is 'n uitstekende voorbeeld van wat hier bedoel word: 'n speler wil natuurlik wen (sy primêre interne begeerte), en moet daarom 'n strategie bedink om sy teenstander aan te val en te skaakmat. Maar (soos enige skaakspeler weet), kan 'n mens nie al jou besluitneming, jou elke beweging, uitsluitlik op jou aanval fokus, sonder om ook deurentyd jou verdedig te oorweeg nie – om af te weer dit wat jou teenstander van sy kant af aan jou probeer doen, gemotiveer deur sý begeerte om te wen en jou te skaakmat.

'n Mens kan dus nie 'n "eenhand"-benadering van slegs aanval volg nie - jy het 'n tweehandbenadering nodig, wat jou aanval en jou verdediging balanseer. Want op die ou end (soos in die werklike lewe) is dit dikwels belangriker om nie te verloor nie, as wat dit is om altyd te wen. Veral as 'n vermeende eksistensiële bedreiging jou in die gesig gestaar, waar verloor tot jou uitwissing sou lei. Om dan nie te verloor nie, is gewis belangriker as om heeltyd net te bly fokus daarop om jou eie begeertes te probeer laat seëvier.

In die geval van die Suid-Afrikaanse konflik, was die twee uiteindelike hoof-protagoniste (die ANC en die Blanke regering, voortspruitend uit die ras-verdeelde koloniale erfenis) albei enersyds gemotiveer deur staatkundige visies van wat hulle onderskeidelik, ideaal-gesproke, sou wou

4.4.2 – Die ANC se oogmerke (aanvanklik, en na SAKP-infiltrasie en manipulasie): Die ANC is in 1912 gestig om, ten behoewe van die Swart bevolking, 'n rassistiese, diskriminerende koloniale stelsel teen te staan. ‘n Stelsel wat die ANC se volgelinge ernstig benadeel het – polities, ekonomies, sosiaal en in terme van respek vir hul menswaardigheid. Met ander woorde, koloniale rassisme was ongetwyfeld 'n eksistensiële bedreiging vir hulle en hul welstand. Om sulke rassediskriminasie teen te staan, was dus ongetwyfeld 'n "regverdige saak" (anders sou hulle mense dieselfde uitwissing wat die inheemse bevolkings in Noord-Amerika en Australië onder Angel-Saksiese bewind daar te beurt geval het, hier te lande kon beleef het).

Namate die ANC egter na sy effektiewe oorname deur die SAKP sy beleidsdoelwitte (synde die Marxistiese staatsmodel wat hulle gesê het hulle in “Apartheid” se plek wou stel) ontwikkel het, het dit waarvoor hulle geveg het, egter verstrengel geraak met die Koue Oorlog en internasionale kommunisme. Dit het daartoe gelei het dat dit hulle verklaarde oogmerk geword het om die bestaande orde met rewolusionêre geweld totaal uit te wis, ten einde dit heelhuids te vervang met 'n Marxistiese “volksrepubliek”, gevestig binne die Moskou-dampkring.

Namate die SAKP sy infiltrasie van die ANC-leierskap, en daarna sy beheer oor laasgenoemde se strategie gedurende die vyftiger- en sestigerjare verskerp het, het hulle nie net hierdie nuwe doelwit van 'n Marxistiese “volksrepubliek” in plek gestel nie, maar ook 'n fundamentele verandering in metodes. Hulle het nl. die eertydse trotse Afrika-nasionalistiese beweging nie net maar ideologies gekompromitteer en internasionaal in lyn gebring met die USSR se belange nie, maar die ANC ook gemanipuleer om sy lank-gevestigde verbintenis tot nie-gewelddadige metodes te laat vaar, ten gunste van die loods van 'n gewapende stryd. ‘n Konflik wat onder SAKP-aanhitsing algou geëskaleer en transformeer het van die sabotasie-veldtog van die sestigerjare (met geen sterftes bedoel nie, gemik op onderhandelinge afdwing), deur ‘n fantasmagoriese fase van Moskoudienstige “guerrilla-oorlog” heen, tot die traumatiese “volksoorlog” (“people’s war”) wat uiteindelik heelparty betwiste swart townships in vlamme, bloed en trane gelaat het – en dit, grootliks ná die rasse-kwessie effektief deur president F.W. de Klerk se Februarie 1990 verbintenis tot 'n nie-rassige demokrasie, finaal as strydpunt weggevee was.

4.4.3 – Die blanke regering se oogmerke: Van die kant van die blanke regering het die Nasionaliste (danksy die Afrikaner se eie ervaring van hul eie anti-imperiale stryd vir onafhanklikheid en gelykheid) verstaan dat die ou koloniale orde in die wêreld (wat gebaseer was op niks anders nie as wit rasse-oorheersing gerugsteun deur gewapende mag), nie in daardie gedaante sou kon of behoort voort te duur nie. Hulle het verstaan dat dit intellektueel en moreel onaanvaarbaar was om eenvoudig voort te gaan "soos dinge is". Dat nie maar net kon bly voort-doen nie, asof die koloniale rassistiese stelsel die “natuurlike orde” van menswees was; asof die status quo wat die NP in 1948 geërf het, gevolglik nou maar was en moes bly, as synde "hoe dinge altyd behoort te wees".

Anders as koloniale situasies elders (waar wit setlaars met alle mag probeer het om die "ou orde" onveranderd te bewaar – soos bv. die Franse "pied noirs" in Algerië, wat daartoe verbind was om daardie land as 'n integrale deel van Frankryk onder hul beheer te hou, of die wit Anglo-setlaars in Rhodesië – was die Nasionale Party daarenteen gekenmerk deur die feit dat dit self ‘n anti-imperiale “bevrydingsbeweging” was, 'n party dus van radikale verandering, bepaald nie van stasis nie. Net soos in bv. Indië en Ierland, het die Nasionale Party hom in die eerste plek beywer vir ‘n eie republiek, vir onafhanklikheid van Brittanje, en het dit op 31 Mei 1961, ná 'n referendum onder wit kiesers, behaal (dit is hierdie Boer/Brit-stryd wat die voedingsbron was vir die Engelstalige media se politieke antagonisme teen die Afrikaner-regering; ‘n politieke vyandskap wat die ANC goed en deeglik uitgebuit het in sy propaganda-aanslag).

Meer egter as om bloot net “unie” met "republiek" te wil vervang, het die NP ook die radikale herkonfigurasie voorgestaan van die Suid-Afrikaanse geografies-staatkundige entiteit, om se ver as moontlik terug te keer na dit wat staatkundig bestaan het vóór Britse verowering van die Swart stamgebiede en die Boere-republieke. Die doel was om weg te doen met die ongedifferensieerde, unitêre bedeling wat in 1910 uit imperiale verowering gebore is (waarteen hul voorvaders so hard geveg het in die twee Anglo-Boere-oorloë). Eerste Minister Verwoerd het ag geslaan op die voorbeeld van Botswana, Lesotho en Swaziland (wat voor Uniewording reeds deur niks anders as Britse imperiale fiat uitgesluit is uit die Unie, en elk konstitueer is as ‘n stam-tuisland wat effektief binne Suid-Afrika se grense gevestig was, maar konstitusioneel daarbuite gestaan het; ‘n voorreg waarvan Transkei en Zoeloeland bv. destyds doelbewus uitgesluit was, omdat die Britte nie in die aanloop tot uniewording en in die aangesig van die destydse uitbreidings-ambisies van die Duitse Ryk, beheer oor enige kuslyn wou afstaan nie).

Verwoerd se visie was om die unitêre, koloniale Suid-Afrika in effek te ontbind, en om in die plek van ‘n eenheidstaat, terugwerkend 'n konstellasie van onafhanklike, etnies-gebaseerde stam-state daar te stel (lg. dus soortgelyk aan die BLS-lande). Só sou dan aan elke mens wel stemreg gegee word, maar streng binne sy eie stam/staatsverband. Asof jy 'n bord roereier neem en probeer die oorspronklike individuele eiers weer her-saamstel, teruggewerk binne nuwe doppe, maar wat ooreenstem met die oues wat eens daar was, voordat hulle verpletter is deur Britse militêre verowering en toe teen wil-en-dank saamgeklits is a.g.v. die Britse Ryk se daaropvolgende behoeftes i.t.v. sy eie ekonomiese en administratiewe doeltreffendheid. Hierdie visie van retroingenieurswese het dalk regverdig en moreel gelyk op papier (net soos kommunisme amper Bybels op papier lyk), maar dit was dodelik gebrekkig in praktiese gevolg en uitvoering. Omdat dit:

• eerstens nie rekening gehou het met menslike natuur nie (dieselfde gebrek waaraan kommunisme ly) as gevolg van Blanke onwilligheid om die opofferings te gemaak het wat so 'n radikale herverdeling van die Suid-Afrikaanse grondgebied sou vereis het om lewensvatbaar en histories regverdigbaar te kon wees, sodat die ontluikende state-konstellasie uiteindelik bv. met twee aparte Xhosa-tuislande gesit het (aangesien die Oos-Londen korridor wat die twee skei, te veel opoffering sou veroorsaak het om uit te skakel) om nie te praat van hoeveel "Wit" grond onteien en oorhandig sou moes word nie, om te verseker dat die tuislande wel sou kon groei van blote gespikkelde vlekke op die landkaart (die eensmalige Britse “reservate”) tot betekenisvolle, ekonomies lewensvatbare entiteite;

• tweedens, omdat die enorme belegging in geld wat nodig was vir behoorlike ontwikkeling eenvoudig nie daar was om die "konstellasie" uit te bou tot 'n lewensvatbare en billike werklikheid nie; • derdens omdat hierdie ideaal ieder geval teen die sestigerjare reeds agterhaal is deur die behoeftes en eise van die vinnig-groeiende Suid-Afrikaanse ekonomie en die gevolglike geïntegreerde demografiese en ruimtelike realiteite van die nuwe industriële metropole; en • vierdens, omdat die tuisland-beleid en sy “aparte maar gelyke stemreg” 'n intellektuele kopsmokkel was wat niemand geflous het nie – allermins vir die Swartes vir wie dit bedoel was om te dien, wat dit verwerp het (die fatale intellektuele fout, of dan inkonsekwente logika, was dat dit 'n konstellasie van aparte etnies-kulturele eenhede in die vooruitsig gestel het, met eie state vir elke Swart stam, maar dan 'n etnies-ongedifferensieerde "Wit" staat in die res van die land, waarvoor jy suiwer op grond van velkleur gekwalifiseer het; verder het dit geen logiese oplossing gebied om die sogenaamde Kleurlinge apart geografies te akkommodeer nie, en ook nie die Indiërs nie). Dit waarna die Wit regering as sy ideaal gestreef het, was dus moreel en prakties net so 'n twyfelagtige saak as wat die ANC se Marxistiese "volksrepubliek" aan hulle kant was.

4.4.4 - Die een se droom was die ander se nagmerrie: die belangrikste ding om te verstaan was egter dat die een kant se veronderstelde “ideale oplossing” in werklikheid die ander kant se ergste nagmerrie was – die einste eksistensiële bedreiging waarteen hulle elkeen met hand en tand sou veg om te verhoed dat dit verwesenlik word. Die Swartes wou nie "Grand Apartheid" hê nie, punt.

Die Blankes (maak nie saak, Boer of Brit nie) sou nooit die oplegging van 'n Marxistiese volksrepubliek aanvaar het nie en sou dit tot die einde beveg het, met kernwapens indien nodig. Dit was die verdienste van Menere Mandela en De Klerk dat hulle albei uiteindelik hierdie werklikheid besef het, naamlik dat hulle partye se onderskeie gekoesterde modelle waarna hulle gestrewe het, elk insigself presies die eksistensiële bedreiging was waarteen die ander kant vir dood geveg het.

4.4.5 – Die teenstaan van ‘n rewolusionêre kommunistiese oorname was ‘n “regverdige saak”: Dit wat die Wit bevolking (en gematigdes van alle rasse) teëgestaan het, naamlik 'n kommunistiesgeleide ANC-oorname dienstig aan die USSR – ‘n magsoorname wat, na die revolusionêre vernietiging van die bestaande orde, 'n diktatoriale Marxistiese “volksrepubliek” wou afdwing – was onteenseglik 'n moreel-etiese geregverdigde verset. Dit kan maklik begryp word, aan die hand van hoe sulke diktatoriale “people’s republics” oral-oor gefaal het. Want moenie 'n fout maak nie: die Blankes het hulself onder 'n baie werklike eksistensiële bedreiging gevoel aan die suidpunt van die Afrika-kontinent waarheen die "winde van verandering" stormsterk gewaai het. Vir die Blankes was dit dus baie belangriker dat die Marxistiese volksrepubliek nie seëvier nie, as wat dit vir hulle was dat hulle eie fantasie-wêreldse beleidsmodel van ‘n state-konstellasie van tuislande sou wen.

Hierdie laaste punt is ruim geïllustreer deur hoe vinnig en oorweldigend die Wittes in die 1992referendum ten gunste van die onderhandeling van 'n nie-rassige bedeling gestem het, en daarmee dus sonder veel skynbare probleem of bekommernis die algehele skrapping van Verwoerd se droom van ‘n “Groot Apartheid” state-konstellasie goedgekeur het. Beide kante het dus morele regverdiging (just cause) gehad in dit waarteen hulle hulself verset het – die ANC teen rasse-diskriminasie, en die SA-VMe teen ‘n gewelddadige kommunistiese magsoorname. Net soos wat veiligheidsmagte in die res van die wêreld wat kommunisme teengestaan het, duidelik in daardie oogmerk geregverdigd was, kon dit dus nie moreel verkeerd gewees het van SAP-VT lede om hulself daaraan toe te gewy het om te verseker dat 'n Marxistiese stelsel nie deur middel van 'n gewelddadige "volksoorlog" op Suid-Afrikaners afgedwing word nie. Hulle het hulself tog duidelik nie misgis nie, deur kommunisme as 'n eksistensiële bedreiging te beskou het – nie net vir hul eie minderheid nie, maar vir die hele nasie.

Op 17 Desember 1993 het die Verenigde State van Amerika se Kongres eenparig wetgewing goedgekeur, wat president Bill Clinton daarna as Wet 103-199 onderteken het. Dit het die oprigting van die Victims of Communism Foundation gemagtig as amptelike Amerikaanse entiteit wat toegewy is aan die herdenking van die meer as 100-miljoen mense wat wêreldwyd gesterf het onder kommunistiese bewind, en om openbare onderwys-inisiatiewe oor die gruwels van kommunisme te onderneem (kliek hier om toegang tot hul webblad te verkry: https://victimsofcommunism.org/ )

As deel van die wetgewing is 'n gedenkteken gewy aan die slagoffers van kommunisme in Washington DC opgerig. Dit lyk soos die vryheidsbeeld wat Chinese studente in 1989 op die Tiananmen-plein in Beijing opgerig het, voor die slagting daar. Die Gedenkteken se voorste voetstuk lees: "Aan die meer as honderd miljoen slagoffers van kommunisme en aan diegene wat vryheid liefhet." Dit is amptelik deur president George W. Bush ingewy. Dit is nie die enigste gedenkteken van sy soort in die wêreld nie. Hieronder is foto's van twee ander, in Praag en in Roemenië, saam met een van president Bush wat die gedenkteken in Washington D.C. onthul. Hierdie monumente is emosioneel evokatief, en illustreer baie goed die diep trauma en vernietiging van menselewens wat kommunisme meegebring het.

Prague, Czech Republic Washington DC Romania

4.5 Wie het die gewapende stryd as sulks gewen? (en maak dit enigsins nog saak?)

4.5.1 – MK het onteenseglik teen die VMe verloor – wat sê die ANC se eie navorsers self hieroor? Weer om enige bewerings van bevooroordeelde “fals feite” te vermy, gaan ons vervolgens senior ANC-lede sowel as navorsers uit hulle eie geledere, direk oor hierdie onderwerp aanhaal, in die oorspronklike Engels.

‘n Artikel in die Journal of Southern African Studies Vol 35 #2 van Junie 2009 deur Scott Everett Couper van die Universiteit van KwaZulu-Natal: “ ‘An Embarrassement to the Congresses’ The Silencing of Chief Albert Luthuli and the Production of ANC History” se inleidende opsomming lees: “This article … highlights the contrast between the present lionisation of Luthuli as a nationalist founding figure and the effective silencing of his stance on the shift to violence soon after the launch of Umkhonto we Sizwe (MK) in December 1961. I argue that a silence in the archives is not primarily a result of poor health, or the banning orders imposed on Luthuli, but rather of his embarrassingly persistent espousal of non-violent methods that led to his marginalisation as a leader of the ANC in the early 1960s… Luthuli's continued public advocacy of only non-violent methods discomfited many of his contemporaries. Consequently, his ability to lead the liberation movement was compromised and diminished significantly from 1961 until his death six years later. Narratives by former MK operatives affirm Luthuli's prescience regarding the strategic ineffectiveness of violence.” (bedoelende, dat Luthuli reg bewys is in sy waarskuwings dat geweld nie sal werk nie).

Hoofman Luthuli se Natalse bondgenoot, die SAKP-leier Rowley Arenstein, het in 1991 ‘n onderhoud gevoer met R.W. Johnson, wat in die London Review of Books gepubliseer is): Die artikel lees: “The concurrence of views between Arenstein and Buthelezi was based on their loyalty to the ‘old’ ANC. Both felt that the ANC had been hijacked by SACP exiles. ‘The adoption of the armed struggle was a sort of original sin,’ Arenstein says now: ‘It was always pointless – and worse. One should never forget that the Boers took on British imperialism at its height and fought it to a virtual standstill: MK was never going to be more than an irritant to a force like that. But what it could and did do was to encourage a belief in ‘legitimate political violence’, with results we see all around us. But you know the SACP never analysed the thing in proper Marxist terms. If you did, you realised that South Africa was never a fascist system, not even under Verwoerd. If it had been fascist, then I agree: all you could have done was fight it with arms. But it wasn’t. It was a form of racial capitalism, and you could always work within the system. In the end the expansion of the forces of production would force change. Which is what has happened. Now everybody agrees about negotiations. Even the SACP and ANC have given up the armed struggle now. They’ve come round to accepting what Buthelezi and I have been saying all the time’.” Wyle Dr. Martin Legassick, ‘n Rhodes Scholar en voormalige lid van die Marxist Worker’s Tendency van die ANC, het in ‘n artikel getiteld “Armed Struggle and Democracy – The Case of South Africa” 36

wat in 2002 gepubliseer is deur die Nordiska Afrikainstitutet in Uppsala, verklaar dat: “Rural guerrilla warfare; armed propaganda; ‘people’s war’—none of these were strategies in South Africa for the taking of state power by the masses. A strategy of armed insurrection was talked and written about but not seriously implemented. The ANC leaders had to fall back on the only strategy they in fact had: a negotiated settlement. This was not an ‘alternative’ to a mass revolutionary seizure of power, as Tom Lodge and other commentators of the 1980s put it. It was the only strategy open to the ANC leadership” . (Legassick’s own emphasis). Die analise dat MK se besondere weergawe van Moskou-dienende “gewapende stryd” teen die Blanke bewind 'n totale mislukking was, word ook aangetref op die Nelson Mandela-stigting se webwerf (wat gebaseer is op die O'Malley-argief). Klik mens op die rubriek wat handel oor die “gewapende stryd” (in die webwerf se afdeling genaamd “Historiese Agtergrond”), kry mens die volgende evaluasie van die ANC NUK se verklaring van 8 Januarie 1985 oor die “onregeerbaar” maak van die land: “Once again the ANC rode on the crest of a wave (not) of its own making, envisaging a people’s war in circumstances where its military campaign remained stalled at the sabotage stage; its guerrilla war was a phantom of make-belief; one could hardly characterize the sporadic number of activities conducted within South Africa by MK units coming into the country from the forward areas and then retreating with no coordination between their activities or central management as the actions of a "small mobile force." Few bases were established, fewer still sustained. Contact with the political underground was minimal, and the MK units used them for maintenance, not as the bridgehead for an integrated politico-military structure. Nor did the objective conditions for a people's war exist.” Dale McKinley se Umkhonto We Sizwe: A Critical Analysis of the Armed Struggle of the African National Congress (wat op 18 May 2018 aanlyn publiseer is), verklaar: “This paper offers a critical analysis of the ANC’s armed struggle. The core argument advanced is that the turn to armed struggle marked a strategic turn away from the masses, which was born out of a historical failure to organise and mobilise around the actual and potential militancy of the working/poor masses. The subsequent externalisation of the ANC, its alliance partners and MK situated the foundation of the liberation struggle, both in content and context, outside the mass of the movement’s own constituency. The political and practical result was that the armed struggle was prosecuted with minimal involvement of the oppressed sectors of the population, effectively side-lining specific working class struggle and organisation. In turn, armed struggle increasingly became largely an armed propaganda exercise; a pressure tactic for a larger accommodationist strategy that by necessity had to rely on international conditions and actors for sustenance. This trajectory was cemented by the specific lack of coordination of political and military aspects of the struggle which cumulatively meant that the way in which the ANC prosecuted the armed struggle ensured there would be no insurrectionary seizure of power.” Overgesegdsynde: die “armed struggle” was gebaseer op onvanpaste strategie, gedoem om teen die Blanke regering te misluk.

Howard Barrell (self ‘n voormalige ANC intelligensie-agent) het ‘n insiggewende evaluasie geskryf van die boek “Umkhonto we Sizwe: The ANC’s Armed Struggle” deur Thula Simpson van die Universiteit van Pretoria. Barrell se boek-oorsig het verskyn in The Conversation onder die titel: South Africa’s armed struggle: where the ANC’s ineptitude was a virtue” gepubliseer op 10 Julie 2016: “Whatever the virtues of South Africa’s governing African National Congress (ANC) – we are assured it still has a few – it was never any good at armed struggle. And no more comprehensive support for that judgment has been assembled than the valuable new book, “Umkhonto we Sizwe: The ANC’s Armed Struggle”, by the University of Pretoria’s Thula Simpson. “South Africans can be grateful for this ineptitude. It may even count among the ANC’s greater virtues. For, had the ANC been militarily more capable, millions of South Africans might now be living in hell-holes of war such as those we see in Syria.

“Instead, the ANC had the political imagination to reach an accommodation with apartheid’s masters who were, militarily, more powerful than it would ever be. The outcome was thus not a revolution in South Africa – although there have been far-reaching changes. Rather, both concluded they had more to gain from compromise than further confrontation...

“MK’s significance may, paradoxically, lie in its failure – in the ANC’s inability to persuade most South Africans that armed struggle was a plausible way to achieve regime change. I say this as someone who wrote scores of Aesopian newspaper articles and distributed thousands of ANC underground leaflets trying to convince South Africans that it was!” (Paradoksaal, kan dieselfde gesê word van die Botha-bewind se ewe opsigtelike beheptheid met militêre vermoë – die feit dat militêre mag as sodanig, uiteindelik so sigbaar onmagtig was om ‘n oplossing vir Suid-Afrika se werklike interne uitdagings mee te bring, het die Blankes ook uiteindelik teen die wapen as oplossing laat draai).

Barrell het ook op ander platforms die ANC-MK se gewapende stryd as ‘n strategiese mislukking afgemaak (minstens wat betref die omverwerping van die blanke bewind); in “Conscripts of their Age” (sien die O’Malley Archives, op die Nelson Mandela-Stigting se webwerf) sê hy byvoorbeeld: “There is no evidence to suggest that ANC armed activity ever achieved any significant degree of self-reliance inside South Africa. Had it done so, ANC armed activity might have had a substantially different, and greater, effect on outcomes in South Africa.

Op die Nelson Mandela-Stigting se webwerf word die ANC se “armed struggle” in diepte behandel, in ‘n rubriek met daardie titel (klik hier). Dit bevat moontlik die mees verdoemende analise van MK se militêre resultate (of eintlik, gebrek aan enige) in soverre dit MK se aandurf van die SA-VMe betref.

Let asb. veral op hoe die oorsake van hierdie mislukkings kaalkop identifiseer word – swak en onvanpaste strategiese beplanning (baie praat, maar niks doen), uiters gebrekkige bevel en beheer, swak uitvoering, geen verantwoording – eienskappe van die MK-faksie in die ANC se modus operandi wat in later jare weer sou manifesteer toe daardie faksie onder Jacob Zuma die regering oorgeneem het (in DEEL 2 van hierdie artikel-reeks sal ons terugkeer na hierdie onderwerp van die gevolge van die faksie-verdeling en die era van wapenstryd in die bepaling van die hede en toekoms – maar knoop asb. solank die kritiese opmerkings wat u nou gaan lees, vas in u geheue).

Die Mandela-Stigting se webblad verdien dus omvattende aanhaling hier, ook omrede dit (met diepe insig) uitwys dat – alhoewel die “armed struggle” as militêre kampanje teen die blanke bewindhebber ‘n totale mislukking was – dit in die uiteindelike politieke magskonteks van groot belang was in die vestiging van die ANC se sterkmansbeeld en dus die wen van politieke mag: “The ANC resorted to armed struggle in December 1961 when Umkhonto we Siswe (MK) carried out its first acts of sabotage. In time, the ANC became addicted to the armed struggle. The more it failed, the more compulsive the addiction. It would only take one success – the armed struggle leading a mass insurrection of the people that would topple the apartheid – to justify all the failures. Failures were not seen or analysed as such. “However, although the armed struggle failed by almost every definition you want to use, it did succeed in an existential form. Because it continued to make the armed struggle the core of its identity, the fact that the ANC did manage to mount the occasional assault against the state, albeit with casualties that would normally cast doubt on the efficacy of the operations, gave armed struggle a mythical status among the masses, a status enhanced by the even more paltry attempts by the PAC to manage any offensive capacity. The sheer persistence on the part of the ANC against the most formidable odds gave the ANC a position of legitimacy among the people other liberation organizations could never claim. Thus, failure in itself was immaterial...

“Ironically, while one can say that by every yardstick the armed struggle was a failure, it managed nevertheless to paralyze whites into believing that some imminent invasion of hordes of guerrillatrained communists was about to overwhelm them...

“Failure was particularly apparent in the case of armed struggle, the fulcrum of ANC operational strategic thinking. Umkhonto we Sizwe (MK) did not develop its armed activity beyond the sporadic, symbolic endeavour it was when the ANC first resumed attacks inside South Africa in 1976, despite numerous decisions and attempts to do so. The number of attacks which MK mounted did, indeed, increase considerably between 1976 and 1986 – but the number of guerrillas killed and captured by state security forces usually rose apace. On average, slightly more than two ANC guerrillas were killed or captured by security forces for every three of the 634 guerrilla attacks between 1976 and 1986 (almost all of which carried out by the ANC)… “Since many, perhaps most, MK attacks can be classified as modest in their dimensions; this casualty rate indicates a high cost for what were minimal operational rewards. Until 1984, the largest single form of attack was sabotage and the largest single target category consisted of economic installations (of which railway lines, electricity transformers and power stations were among the most common). Sabotage predominated, notwithstanding repeated resolutions by the RC and PMC to move towards popular armed struggle, or 'people's war' in which state forces would become the primary targets. It was only in the 1985-1986 period that there was a marked change in target distribution. There was then a sharp increase in attacks against security forces and against civilians, while economic sabotage declined. But, after a fall in the MK casualty rate in 1985, it returned to a quite high level in 1986 and remained there for the two subsequent years. ANC guerrilla casualties between 1984 and 1986 totalled 294 killed or captured. On the other hand, 58 security force members were killed and 739 were injured in the course of popular unrest.

“Other statistics illustrate more starkly the weaknesses of the ANC armed activity. These are the rates of capture of the most common armament types used by ANC guerrillas. On average between 1976 and 1986, for each one of the 163 hand grenades thrown by guerrillas, more than nine were captured by security forces; for each of 150 limpet mines detonated, more than three were captured; and for each of 82 incidents in which a firearm was used, eight firearms were captured. Interestingly, the exception to this appalling capture rate is provided by land mines. For every two of the 33 land mines laid by guerrillas and subsequently detonated about three were neutralised by security forces. It is reasonable to speculate that this low loss rate is explained by the fact that many land mines were laid only a few kilometres inside South African territory and were thus not long, if at all, at the mercy of the ANC's ordinance department or internal underground.

When combined, the statistics indicate that on average between 1976 and 1986, for every three insurgent attacks, which were usually modest sabotage actions, security forces killed or captured two ANC guerrillas, recovered seven insurgent hand grenades, captured three firearms and neutralised more than two limpet mines.

“Internal military self-reliance is an obvious desideratum of almost any revolutionary movement. It was, however, doubly desirable in the South African instance because the ANC had no prospect of secure rear bases in neighbouring states. Yet MK guerrillas evidently had little success in developing or linking up with the few support structures inside the country. Short-term cross-border incursions were the norm and guerrillas' periods of survival appear, on the whole, to have been extremely short. Guerrillas who survived inside the country often remained dependent upon external command, ordinance and intelligence.

“The failure of its armed struggle to make real military progress defined almost all strategic questions the ANC asked itself between 1976 and 1986. Likewise, almost all the ANC's decision to change

“But the ANC immersed in the nuances of revolutionary theory made little or no attempt to turn its theoretical discourses into practice, to examine the obstacles that were deterring implementation; to ascertain whether the obstacles were structural or might, by switch in tactics be surmountable. No yardsticks were set to measure the extent to which the new policies were being downloaded to the MK commanders and through them communicated to the rank and file.

No voice said that the thrust of "Strategy and Tactics" was simply ignored by the leadership that commissioned the "new" thinking. In the manifesto that launched the MK, Mandela made it clear that the resort to violence was not to overthrow the state – minds were sober enough to realize that the overwhelming advantages the state enjoyed made this task improbable, but to use violence as a way of bringing the state to the negotiating table. Morogoro changed the emphasis. Henceforth the object of armed struggle was to overthrow the state. One could point to the Mao in China, to Castro in Cuba, to the FLN in Algeria.

The fact that the historical circumstances were different in each case seemed to be beside the point. One simply accepted the theory and imposed it on reality. Even this might have achieved something: the realization that the theory of guerrilla warfare was not applicable to South Africa. That recognition alone might have gotten the leadership thinking: what forms of revolutionary warfare do apply to the country? But since no attempt was made to test the theory, the policies of the past remained even more staunchly in place, less challenged despite a record that indicated that these policies were not working.

From the onset, the MK, except for Special Operations, conducted its activities mostly in an amateurish way. Perhaps it operated on the premise that the best way to conduct clandestine activities in SA in the 1960s was to be as above board as possible, that the less you tried to hide things the less they were likely to be discovered. At the Rivonia farm, few attempts were made to secure the facility. Instead, there was a steady flow of visitors to the farm on a daily basis; even some of the High Command, Joe Slovo, for instance, commuted. The farm was waiting to be found and in retrospect the more we learn about how the ANC conducted its business the more likely we are to wonder how it took the security police so long to discover this nest bed of covert activity less than 15 miles from downtown Johannesburg.

But the lessons of Rivonia were never adequately absorbed. The state infiltrated almost at will. In Move Your Shadow, Joseph Lelyveld recounts a meeting he had with General Coetsee, head of the Security Branch in Johannesburg in 1985. The general boasted, "I have [informers] all the way to Moscow." Any attempt by the ANC to recruit large numbers of Blacks inside SA would only heighten the risk of recruiting informers. When Lelyveld got to Lusaka he repeated Coetzee's boast to Oliver Tambo, expecting a rebuttal of sorts. But Tambo exclaimed, "He was right! He was right! They've been giving us a rough time, making us work very hard. At one time there was a group of ten and only one of them was genuine. We've developed a technique and method of screening, we've improved it a great deal, but it still means it's awkward to have large groups come across because you can't be sure when they just come. Yes, it has given us a lot of work to screen them, and sometimes when you've done it, at a later stage you discover that they went through the screen, they were that carefully prepared. Sometimes this has happened to people who were highly respected in our ranks, who had behaved very well, were very disciplined and sounded very committed and certainly performed all their tasks very satisfactorily. Well, we've learned all that.' Twenty-two years into the struggle and still learning not to make the most basic mistakes: that revolutionary movement was not a club where the right credentials would buy you a membership. But did the ANC learn? In 1994, Gavin Evans, a journalist and secret ANC operative described the ANC's security apparatus in the 1980s and found it alarmingly inept…

“Ronnie Kasrils, a member of the NEC, said in 1988: ‘Anything that relates to our fundamental strategy - seizure of power through force of arms - is a fundamental question for us all, and that includes the leadership and activists of our mass democratic movement at home as well as the various sectors of our movement abroad, whether military or political. The fact that we proclaimed our armed struggle on December 16th, 1961, and that it is still at an extremely low stage of development, must force us to examine the problem areas frankly and critically.

‘Yet, despite the tremendous upsurge of mass resistance over the past three years, we were not able to take full advantage of the favourable conditions that materialised. We were unable to deploy sufficient forces at home; our cadres still found big problems in basing themselves amongst our people; our underground failed to grow sufficiently, and our people were left to face the enemy and his vigilantes with sticks and stones. As a result, the incredible mass resistance and the strikes were not sufficiently reinforced by armed struggle. It is therefore clear that, though we have formulated theoretical positions such as ‘the armed struggle must complement the mass struggle’ and ‘the guerrilla must be rooted among the people’, and so on, it is one thing to state the theory and quite another to put it into practice...

‘The revolutionary army is not only the organ for building up the revolutionary forces and for seizing power; it also becomes the organ for defending and guaranteeing the revolution. If power came prematurely, through some negotiated formula imposed by circumstances beyond our control, and we had no revolutionary army at our disposal, we would find our people cheated of real power. So whatever way we look at it, the creation of a revolutionary army is our most crucial task.’ Six months later, in April 1989, the ANC had to close its military camps in Angola, a consequence of the Angola/Namibia peace accords. Trainees were flown across the continent to Tanzania. On 9 February, 1990, two days before the government released Mandela, Acting President of the ANC, Alfred Nzo told the New York Times, ’We do not have the capacity within our country to intensify the armed struggle in any meaningful way’." Soos vroeër gesê, kan die voorafgaande analise op die webwerf van die Nelson Mandela-stigting gelees word onder die rubriek: "Historical Background: The Armed Struggle" (klik hier om na die oorspronklike geneem te word – dit lyk waarskynlik dat, aangesien Mnr. Mandela gekies het om te breek met die idee van gewapende stryd en eerder die pad van onderhandelinge te bewandel, die NMF gevoel het dat dit maar so 'n realistiese beoordeling kon publiseer oor waarop die "armed struggle" werklik neergekom het). Dit val op dat bogenoemde baie goed korreleer met wat die Internasionale Rooikruis gevind het, in hulle studie van Suid-Afrika se interne konflik (waarna vroeër verwys is), t.o.v. hoe beperk die deelname aan, en impak van die “gewapende stryd” werklik was.

Dit is duidelik uit die voorgaande ontledings (wat deur links-leunende navorsers gedoen is) dat dit 'n onbetwisbare feit is dat die gewapende stryd as sodanig glad nie daarin geslaag het om die Blanke regering tot onderhandelinge te beweeg nie. Aangesien harde koue feite toon dat dit in die praktyk eenvoudig nie gewerk het nie, selfs nie met die steun van die USSR nie, dan is dit nou logies om te konstateer dat mense soos Hoofman Luthuli, Prins Buthelezi en Rowley Arenstein korrek was toe hulle gewaarsku het dat dit nie sou werk nie, en dat dit dus nie eers as 'n opsie oorweeg behoort te gewees het nie. Want nie net het dit nie teen die Blanke bewind gewerk nie – in die konteks van die ANC vs. NP-regering magstryd, was die ANC se keuse om met Moskou in die bed te spring en ‘n “armed struggle” aan te knoop, uitermate teenproduktief vir die ANC se doelwit om die Blanke bewind omvêr te werp. In stede daarvan dat dit die rewolusionêre drie jaar sou neem om dit reg te kry (soos hulle in 1960 gespog het) kon hulle dit in dertig jaar nie naastenby regkry met wapens nie. Wat die opneem van wapens egter wel vir die ANC vermag het (ongeag hoe onbekwaam en oneffektief dit ook al was i.t.v. die Blanke bewind omvêr werp), was om hulle te posisioneer om uiteindelik die politieke mag te wen, in die Swart-op-Swart stryd vir dominasie wat in veral die oorgangsjare gewoed het. Met ander woorde, toe ‘n een-mens-een-stem verkiesing noodwendig die etnies-demografiese realiteit van Swart getalle-dominasie van die Suid-Afrika se kieserskorps,

die nuwe magsbepalende politieke swaartepunt gemaak het. Want die aanvaarding in 1990 van die beginsel van ‘n nie-rassige grondwet met inklusiewe, kleur-blinde verkiesings, het onherroeplik die determinasie van politieke maghebbing weggeskuif van die Blanke politiek (waar die swaartepunt sedert Uniewording gesetel was), na die vraag oor wie die Swart politiek sou domineer. Want die wen van meerderheidsteun in die geledere van Swart kieserskorps, sou voortaan bepaal wie die land regeer.

Hierdie realiteit van in watter groepskonteks die politieke mag voortaan bepaal sou word, het die ANC politici maar alte goed verstaan – net soos wat hulle baie goed verstaan het dat, in daardie konteks, ‘n sterkmansbeeld wesentlik belangrik sou wees vir steunwerwing onder Swart kiesers. Dit is waar meesterskap van propaganda-oorlog voer, en die mites rondom “armed struggle” (plus die besit van wapens, en die bereidwilligheid om dit teen politieke opponente te gebruik) deurslaggewend sou wees...

4.5.2 – Die keuse van “armed struggle” voer, het waarskynlik die stryd vir rasse-gelykheid vertraag:

In die praktyk het die SAKP/ANC se keuse om in 1961 tot gewapende stryd oor te gaan (met die verklaarde oogmerk destyds om binne drie jaar daarmee suksesvol te wees), het in werklikheid die teenoorgestelde gevolg gehad as wat hulle daarmee beoog gehad het. Eerder as om die Blanke bewind militêr omvêr te werp (of minstens na die onderhandelingstafel te dwing) het die ANC se keuse van ‘n Moskou-gesteunde guerrilla-oorlog te probeer voer, Westerse steun aan die blanke bewind wesentlik verleng, oor die hele duur van die Koue Oorlog heen. Want die ANC se “armed strugle” was so opsigtelik deur sy internasionalistiese SAKP-aanhitsers ontwerp om 'n proxy guerrilla-mag op die been te bring wat die belange van die USSR in die Koue Oorlog moes dien, dat dit in werklikheid aan die Wit regering ‘n ideale hefboom gegee het waarmee die Weste beweeg kon word om aan te hou om die Blanke bewind as bolwerk teen kommunistiese ekspansie te help paraat hou (alhoewel, in later jare, dit toenemend onder-die-tafel gedoen is).

Die rede hiervoor, was dat die versekering van die voortgesette paraatheid van die Blanke bewind, presies was wat die Weste gedurende die Koue Oorlog in sy eie strategiese belang geag het. Veral omrede die geo-strategiese en minerale-belang van Suider-Afrika. Want die Weste se strategiese denke is toe geheel gedomineer deur die noodsaak wat hulle gevoel het om die eksistensiële bedreiging wat die USSR vir hulle eie voortbestaan ingehou het, op elke terrein teen te staan – al was dit by wyse van die steun van militêre diktature in Latyns-Amerika en Suid-Europa, of dan die Blanke bewind in Suid-Afrika. (’n Dimensie van Suid-Afrika se konflik wat nog nie die aandag gekry het wat dit verdien nie, is presies hoe groot en wesentlik die konkrete Westerse steun vir die SuidAfrikaanse regering deurgaans was en gebly het, tot aan die einde van die Koue Oorlog – ten spyte van alle pretensies tot die teendeel).

‘n Baie geldige vraag om vandag te vra, is: wat sou gebeur het, as en indien die ANC in die 1960’s en daaropvolgende dekades eerder sy voorafgaande nie-gewelddadige strategie in stand gehou het en as swart Afrika-nasionaliste (m.a.w., nie as Moskou-lakeie nie) hulle op die Weste eerder as op die USSR beroep gehad het om druk op die Blanke bewind te plaas vir onderhandeling? As hulle hoof-fokus was, nie die “armed struggle” nie, maar wel die verskerping van internasionale isolasiedruk by wyse van publieke mobilisasie in die Weste (soos Thabo Mbeki en die Anti-Apartheid Movement dit suksesvol sonder wapens gedoen het) en die genereer van binnelandse druk by wyse van massa-verset (soos Soweto 1976, en die latere UDF-kampanje: weer sonder wapens)? Hoeveel verskerpte Westerse druk op Pretoria, ten gunste van só ‘n nasionalistiese ANC se oproep op erkenning van Swart menseregte, sou bes moontlik dan nie heelwat gouer gekom het nie? (Gegewe dat só ’n Afrika-nasionalistiese, Luthuli/Ghandi-tipe ANC se boodskap nie moreel-eties gekontamineer sou gewees het deur die erg negatiewe nasleep van terreur-bomme geplaas in openbare plekke soos restaurante nie, en ook nie geostrategies gekompliseer sou gewees het deur ‘n proxy te gewees het vir Moskou nie – sou dit nie veel vinniger op die uiteindelike veelpartyonderhandelinge uitgeloop het nie?).

As mens bv. kyk na die voorbeeld van hoe die VSA na die 2e Wêreld-oorlog ontsaglike druk op die Nederlandse regering geplaas gehad het ten behoewe van die Indonesiese Nasionaliste (druk wat die Hollanders algou geen ander keuse gelaat het nie as om aan hulle eensmalige kolonie onafhanklikheid te gee) dan is dit bepaald ‘n geldige vraag om te vra: was die SAKP se manipulasies ten gunste van ‘n Moskou-dienstige “armed struggle”, nie in werklikheid ‘n albatros om die ANC se nek nie, deurdat dit die bereiking van ‘n nie-rassige onderhandelde skikking vertraag het en ‘n nasleep gelaat het van faksie-verdelings en onbevoegde regering sonder verantwoording, wat vandag (en vorentoe) die land se toekoms wesentlik bedreig.

4.5.3 - Wat het werklik die Blankes onderhandeling laat kies, bo voortgesette “totale weerstand”?: Dit wat die Blanke regering werklik tot gesprek beweeg het, was nie die ANC-MK se “gewapende aanslag” as sodanig nie. Benewens die sigbare mislukking en bewese praktiese on-uitvoerbaarheid van die tuisland-beleid, en die gevolglike groeiende kommer oor die moreel-etiese van die rassistiese koloniale erfenis wat onder Afrikaner intellektueles, kerk- en kultuurleiers begin groei het, was dit die UDF se eskalerende massa-verset binnelands, en die stygende druk van Thabo Mbeki se isolasie-veldtog buitelands, tesame met die ekonomiese implikasies wat hierdie binnelandse verset en buitelandse druk saam ingehou het, wat die Blankes se soeke na ‘n onderhandelde oplossing enersyds aangevuur het – nie die “armes struggle” nie! Andersyds was dit die besef dat die geo-strategiese konteks internasionaal snel aan’t verander was: met enersyds ‘n geleentheidsvenster, danksy die wegval van die militêre bedreiging wat die USSR in die verlede ingehou het (wat ook beteken het dat die ANC nou ontdaan was van sy belangrikste bron van wapens en steun), maar ook op die horison ‘n veel erger potensiële bedreiging as wat die USSR ooit kon wees. Laasgenoemde was die wete in 1989/90 dat die Weste se enigste werklike rede om die Blanke bewind te bly steun, verval het met die verbrokkeling van die USSR. Die Westerse lande se hoof-oorweging wat dus toekomstig hulle beleid jeens Suid-Afrika sou bepaal, sou voortaan hulle eie interne politieke dinamika wees, gekenmerk (veral in die VSA, as Westerse toon-setter) deur die snel-groeiende politieke relevansie van hulle eie nie-blanke bevolkings en ‘n stygende publieke afkeur in rassisme / kolonialisme.

Met ander woorde, dit is in Pretoria besef dat die feit dat die ANC teen 1989/90 ontdaan was van Sowjet-steun, en dat die ANC-MK as guerrilla-mag effektief geneutraliseer was, enersyds die potensiaal geskep het om die gematigdes in die ANC na die onderhandelingstafel te beweeg, maar dat dit andersyds ‘n einde gemaak het aan die “rooi gevaar” as beweegrede vir die Weste om die Blanke bewind te bly steun. ‘n Geleentheid vir onderhandeling het ontstaan, wat dus benut móés word, want anders sou die Wit regering aanstons deur ‘n baie gedugter vyand gekonfronteer word as die USSR, synde die Westerse alliansie self. (Suid-Afrika was nl. baie meer blootgestel aan die tipe ekonomiese druk wat van die Weste af sou kon kom, as wat die eensmalige Oosblok ooit kon toepas; ook sou die Weste ‘n veel meer gedugte militêre bedreiging kon vergestalt het as wat die USSR ooit ingehou het – siende dat die RSA se afskrik-wapens, soos die kern-arsenaal, nie denkbaar teen die Weste ingespan sou kon word nie).

Hierdie nuwe realiteit van Westerse bereidwilligheid tot militêre aktivisme in die post-Koue Oorlog era, is enkele jare later goed geïllustreer deur wat in die Balkan-lande gebeur het, toe die Weste nie geskroom het nie om vir die Serwiërs tande te wys, en hulle ook militêr baie seer gebyt en tot politieke oorgawe gedwing het. Want, na 1990 (met die eksistensiële bedreiging wat die USSR eens ingehou het, wat verdwyn het), is die Weste vervolgens gelei deur ander beleidsoorwegings, soos (in die geval van die Serwië) die Weste se belang om die Derde Wêreld (en veral die Moslemlande) te probeer oortuig van hulle goeie bedoelinge. Twee keer het NAVO in die 1990’s, met die Demokrate aan bewind in Washington, ‘n lug-oorlog in die Balkans geloods. Enigeen wat meen dat ‘n Clinton of Obama of Biden nie dieselfde sou doen teen Suid-Afrika nie (in die geval dat ‘n Blanke bewind steeds in Pretoria sou vasgeskop het), sou uiters naïef wees. Dit is dus goed om hier in herinnering te roep presies wat NAVO met die Serwiërs gedoen het, en mens self dan af te vra hoe Suid-Afrika so-iets sou kon hanteer het.

Die eerste lug-oorlog, Operasie Deliberate Force, was 'n intensiewe bombarderingsveldtog wat in 1995 deur die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), in samewerking met die Verenigde Nasies se Beskermingsmag (UNPROFOR) gevoer is, om die militêre vermoë van die leër van Republika Srpska (VRS) te ondermyn, omdat lg. die VN-aangewysde "veilige gebiede" in Bosnië en Herzegowina aangeval het tydens die Bosniese Oorlog. Die operasie is tussen 30 Augustus en 20 September 1995 uitgevoer, met 400 vliegtuie en 5,000 personeellede van 15 nasies. In totaal is 3,515 vlugte geloods en 'n totaal van 1,026 bomme is op 338 Bosnies-Serwiese teikens in 48 komplekse gegooi. NAVO-vliegtuie het 97% van hul teikens getref en meer as 80% van hulle ernstig beskadig. 708 van die bomme was presisie-geleide ammunisie. Die vliegtuie wat by die veldtog betrokke was, het vanaf Italiaanse lugbasisse soos Aviano, en vanaf die Amerikaanse vliegdekskepe USS Theodore Roosevelt en USS America, en die Franse vliegdekskepe Foch en Clemenceau (roterend) in die Adriatiese See, opereer.

NAVO het tydens die Kosovo-konflik 'n tweede lug-oorlog in die Balkans, teen die Federale Republiek van Joego-Slawië (m.a.w., Serwië self), gevoer. Die lugaanvalle het van 24 Maart 1999 tot 10 Junie 1999 geduur, dus vir twee en ‘n half maande. Die veldtog het behels dat 1,000 vliegtuie vanaf lugbasisse in Italië en Duitsland opereer het, sowel as vanaf die vliegdekskip USS Theodore Roosevelt, wat in die Adriatiese See gevaar het. Gedurende die tien weke van die konflik het NAVOvliegtuie meer as 38 000 gevegsmissies gevlieg. F/A-18 Hornets van die Spaanse Lugmag was die eerste NAVO-vliegtuie wat Belgrado gebombardeer het. BGM-109 Tomahawk-kruismissiele is vanaf skepe en duikbote in die Adriatiese See afgevuur.

’n Groep ekonome van die G17 Plus het geraam dat die totale ekonomiese verliese as gevolg van die bomaanvalle, sowat $29,6 miljard bedra het. Die bomaanval het skade aan brûe, paaie en spoorweë veroorsaak, sowel as aan 25 000 huise, 69 skole en 176 kulturele monumente. Verder is 19 hospitale en 20 gesondheidsentrums beskadig. Die Joego-Slawiese Lugmag het ook ernstige skade gely, met 121 vliegtuie wat vernietig is (volgens NAVO). Verder is 93 tenks, 153 pantservoertuie, 339 ander voertuie en 389 artillerie-stelsels volgens NAVO met sekerheid ondiensbaar gemaak of vernietig...

Die voorgaande analise van waarom die regering van President F.W. de Klerk besluit het om te onderhandel, kan as bespiegelende ex post facto “wysheid” afgemaak word. Wat egter wel ‘n feit soos ‘n koei is, is dat die veldtogte wat die Blanke regering die meeste onder druk geplaas het (synde die ANC se internasionale isolasie-veldtog, destyds gelei deur Thabo Mbeki, en die binnelandse massa-verset in van die metropolitaanse gebiede, gelei deur die jeug en later deur Aartsbiskop Desmond Tutu en Eerwaarde Alan Boesak, onder die vaandel van die UDF) juis die tipe ongewapende kampanjes was wat die Natalse ANC-leiers destyds voorgestaan het, toe die SAKP die ANC begin in-manipuleer het in “armed struggle” in. Die ANC se gewapende stryd teen die blanke bewind was dus, as sodanig, nie net oneffektief en teenproduktief nie, maar ook onnodig – die UDF se interne massa-verset, en die ANC se eie Londense kantoor se isolasie-kampanje, was wat die saakmakende druk op die Blanke regering geplaas het. En dit het hulle nie met militêre wapentuig vermag nie, maar in werklikheid ondanks die albatros van die ANC-MK se terreur-dade en opsigtelike Moskou-dienstigheid.

4.5.4 – Wat het die Veiligheidsmagte se oorwinning oor die ANC-MK ten besluite vermag, indien enigiets? (siende dat die ANC tog wel uiteindelik die politieke mag bekom het?)

Die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte was die onteenseglike oorwinnaars in die gewapende stryd wat in 1961 deur die ANC-MK teen hulle geïnisieer is (wenners, in die sin van die “armed struggle” as militêre konflik). Die Veiligheidsmagte het die “oorlog” gewen, beide op die grond in kontaksituasies, sowel as geo-strategies: as voorbeeld van lg., hoef mens bloot te meld dat ANC-president Oliver Tambo teen die laat-tagtigs nie meer persoonlike afsprake met die USSR se Michael Gorbatsjof kon kry nie, terwyl die Nasionale Intelligensiediens se Dr. Niël Barnard dit toe wel kon

vermag het. Moskou het dus sy steun vir, en wapen-lewering aan die ANC se “armed struggle” laat vaar gehad, selfs voordat die USSR as sodanig verbrokkel het – wat logies sou beteken het dat (indien die ANC nie in 1990 sou ingestem het om te onderhandel nie, en die gewapende sou stryd probeer voortsit het) MK vorentoe nog erger die spit sou afgebyt het teen die SA-VMe. Want eweseer het die sg. Frontlinie-state die ANC-MK ook verbied gehad om van hulle grondgebied te opereer. Spel is teen die USSR omgekeer: Wat die Weste reggekry het in Suider-Afrika en Afghanistan, was om die spel wat die USSR so suksesvol teen die Amerikaners gespeel het in Vietnam, in hierdie nuwe teaters van die Koue Oorlog teen Moskou self om te draai. In Vietnam het die USSR naamlik die VSA kon vasknoop in ‘n on-wenbare, skynbaar nimmereindigende proxy-oorlog wat boonop vir die Amerikaners uiters duur te staan gekom het i.t.v. geld, lewens, internasionale aansien, binnelandse stabiliteit in die VSA self, en Amerikaanse nasionale selfvertroue. Al wat dit die USSR gekos het, was wapen-lewering aan sy proxy-magte, die Noord-Viëtnamese leër en die Vietcong. In Afghanistan en Suider-Afrika egter, was die rolle omgekeer. Die Weste kon terug sit en net wapens lewer – aan die Mujahidien in Afghanistan, en aan Suid-Afrika (met lg. wat nogal vir daardie wapens wat hy van buite nodige gehad het, betaal het – ‘n luukse wat nie die USSR te beurt geval het, van die kant van sý klante nie). In Afghanistan moes die Rooi Leër self die slagveld betree, net om aan eie lyf te voel hoe duur so ‘n on-wenbare, voortslepende konflik kan wees. In Suider-Afrika moes Moskou die Kubane betaal om namens hulle te veg, en was hulle wapen-hulp aan die MPLA se FAPLA en aan die ANC, ‘n bodemlose put sonder rendement en sonder realistiese hoop op uiteindelike, definitiewe militêre sukses. Die Weste, daarenteen, het in Suider-Afrika die SA-VMe as in werklikheid ‘n gratis proxy gehad (en daarby ‘n uiters effektiewe een). Saam met die koste van die wapen-wedloop ontketen deur Ronald Reagan se “Star Wars” projek, het Afghanistan en Suider-Afrika grootliks bygedra tot Moskou se latere ontgogeling met die Bresjnef-era se militêre avonture in die Derde Wêreld, sowel as tot die uiteindelike inploffing van eers hulle ekonomie, en toe van die Sowjet-Unie self.

Die SA-VM’e se bydrae om die USSR te help bankrot maak, was egter nie die enigste, of die belangrikste, van dit wat die veiligheidsmagte geslaag het om te verwesenlik nie. Deurdat die SAKP/ANC deur die SA-VM’e verhoed is om die bestaande orde met rewolusionêre geweld militêr te verslaan en te vernietig (ten einde dit met hulle eie Marxistiese droom-maaksel te vervang het), was ‘n onderhandelde skikking uiteindelik die enigste moontlike pad vorentoe en is die ANC se radikale faksie gedwing om die gematigdes na die onderhandelingstafel te volg. Die realiteit dat die “armed struggle” oor drie dekades heen, so sigbaar maar geen vordering kon maak teen die SAVMe nie, het die hand gesterk van die ANC-faksie (onder die leiding van Mnr. Mandela) wat wou onderhandel eerder as om voort te veg.

Wat sê die “telbord” – wie se staatkundige model het gewen? Ook wanneer die uitkoms van die onderhandelinge geweeg word in die konteks van watter kant se staatkundige model in die nuwe grondwet verskans is, dan wys daardie “telbord” onteenseglik dat die ANC se eensmalige droommodel van ‘n diktatoriale “people’s republic” in geheel verwerp is. Die staatkundige model wat ten besluite om die onderhandelingstafel aanvaar is, is presies dit waarvoor die veiligheidsmagte hulle bloed en sweet gegee het, nl. dat Suid-Afrika ‘n Westers-liberale demokrasie met ‘n vryemark-stelsel en beskerming van regte sou bly. Danksy die SA-VMe se suksesse, was die magsbalans sodanig dat in die onderhandelinge akkoord gegaan is dat die bestaande “Apartheid” driekamer-parlement moes wees wat die nuwe grondwet goedgekeur en as sy uiteindelike wetlike maaksel uitvaardig het, ten einde wetmatige regsopeenvolging en staatsregtelike kontinuïteit te verseker (sodat die kontraktuele verpligtinge van die vorige bedeling respekteer en staatsdiens-pensioene bv. steeds betaal sou word). Die bestaande republiek is dus as sowerein en volkeregtelik legitiem erken, en sy parlement as die regmatige transformeringsmeganisme – in stede van dat ‘n rewolusionêre, heelhuidse vernietiging van die “ou orde” in Mao se woorde deur die “loop van die geweer” afgedwing kon word.

Van net soveel belang as dít waarop die Veiligheidsmagte se oorwinning in die “armed struggle” pro-aktief uitgeloop het (nl., Suid-Afrika se onderhandelde, Westerse grondwet), is ook dit wat die SA-VMe se oorwinning in die gewapende stryd verhoed het. Dit word nie aldag besef presies hoe katastrofies ‘n n Marxistiese “people’s republic” sou gewees het nie. ‘n Goeie voorbeeld om mee te illustreer, is wat in Kuba gebeur het – ‘n pragtige land wat, voor die rewolusie daar, gespog het met van die beste infrastruktuur (snelweë ens.) in die westelike halfrond. Die bloedlustige Argentynse psigopaat en geswore Marxis, Ché Guevara (as “minister van alles”), het na die Castromagsoorname sy veldtog van “gelykstelling” begin deur te gelas dat die bestaande geldeenheid op ‘n gegewe datum nie meer as betaalmiddel mog dien nie en ook geen meer waarde sou hê nie. Dit sou dus nie ingeruil kon word vir die nuwe geldeenheid nie – nie in kontant, of as bank-saldo’s nie. Die praktiese resultaat was dat mense letterlik die waardelose “ou” geld in hope verbrand het, en dat die land daarna sonder kapitaal en dus sonder inheemse beleggers gesit het. Vervolgens het Guevara alle privaat-eiendom genasionaliseer, sodat die landbou in duie gestort en die Amerikaners vurig ongelukkig geraak het oor die verlies van hulle suiker-raffinaderye, hotelle ensovoorts (wat gemaak het dat die CIA begin het om teen die Castro-bewind komplotte te smee).

Nog meer ingrypend was Guevara se beleid t.o.v. behuising. Hy het matematies die bestaande aantal woonkamers in die land ingedeel in die aantal mense op die eiland, wat hom ‘n kwota gegee het vir hoeveel mense voortaan elke kamer moes bewoon. As jy dus ‘n eie woning besit gehad het (ondertussen genasionaliseer) met bv. vier slaapkamers vir jou, jou vrou en drie kinders, maar die kwota bepaal dat elke kamer op die eiland bv. vier inwoners moet huisves, dan is jou gesin teruggedwing in een kamer in, en wat eensmalig jou ander drie kamers was, is toegedeel aan ‘n dosyn hawelose campesinos van die platteland af (vir wie jy nie van Adam af ken nie). Hierdie voorheen erg uitgebuite plaaswerkers het, ná die rewolusie, in groot getalle vanaf die Spaanse-styl feodale landgoede na die stede gestroom, en is onder dít wat eens jou dak was as jou medehuisbewoners ingedeel – met wie jou gesin gedwonge die res van die geriewe moes deel. (Hierdie maatreël, wat vandag nog geld, was een van die hoof-redes waarom soveel Kubaanse gesinne gevlug het na die VSA toe; sonder werklike eienaar, en só opgedeel tussen mense van verskillende stande en vermoëns, is dit geen wonder nie dat prakties alle geboue / huise in Kuba in ‘n staat van totale verwaarlosing verval het).

Dieselfde “kameraadskap-beginsel” geld vandag nog, wanneer jy jou in Kuba met een van die baie skaars motorvoertuig op die leë tussen-stedelike paaie waag – onder elke oorbrug staan daar ‘n groep hoopvolles en ‘n amptenaar in ‘n kenmerkende geel oorjas, met lg. wat vernaam en volmagtig in die pad spring, jou verplig stop en dan dwing om (onbetaald) jou mede-landgenote wat daar vir ‘n geleentheid wag aan boord te neem, sardien-styl ingepak, en gewoonlik net so geurig... ‘n “Landsdiens” wat jy nie mag weier nie. ‘n Mediese dokter in Kuba verdien die ekwivalent van US$15.00 per maand. Elke Kubaan het weliswaar teoreties werk, ook matematies toegedeel – maar van watse gehalte? (soos ‘n Kubaan by wie ek daar tuisgegaan het, aan my verduidelik het: “my werk-beurt is elke Donderdag-aand as kelner by ‘n gewoonlik leë restaurant, besit en bedryf deur die staat, met die staat wat voorgee om ons te betaal, en ons wat voorgee om te werk”). Lede van die eensmalige Kubaanse veiligheidsmagte (dié wat nie destyds summier persoonlik deur die bloeddorstige Guevara tereggestel is nie, toe hy aan die hoof gestaan het van hulle internering en kangaroe-verhore in Havana se sportstadion), was uiters gelukkig om met hulle lewens daarvan af te kom – wat nog te sê van bv. ‘n vroeë ontslag-pakket te kon kies of hulle staatsdiens-pensioen te bly ontvang. Van ‘n WVK en amptelike amnestie was daar geen sprake nie – net emosie-gedrewe bloedige “vergelding”, sonder regsbeskerming of billike proses. Dat só ‘n riller-situasie in Suid-Afrika verhoed is, was grootliks te danke aan die veiligheidsmagte se ondubbelsinnige oorwinning in die “armed struggle”, en daarna die handhawing van genoegsame stabiliteit vir die onderhandelinge en die oorgangsproses om suksesvol voltooi te kon word.

Dit is maklik om mens te vergis rondom die “armed struggle” se werklike doel en rol. Want dit lyk amper vanselfsprekend (gebaseer op hoe hoog die destydse ANC-propaganda altoos opgegee het) dat die doel waarmee in Suid-Afrika tot “armed struggle” oorgegaan is, was om die Blanke bewind daarmee tot ‘n val te bring. Dis egter ‘n wêreldwye historiese realiteit dat, in weinig plekke waar die kommuniste die politieke mag verower het, dit húlle was wat die eensmalige aanvanklike maghebber verslaan het – soos vroeër verduidelik, was die kommuniste se fokus en forté altoos om, na ander die harde werk van die eerste rewolusie gedoen het, dan met wapengeweld in te spring en hulle tweede rewolusie deur te voer, om só die mag te gryp. Want vir hulle gaan die gebruik van rewolusionêre geweld oor die wen van politieke mag – nie oor die militêre verslaan van die ancien regime nie.

Die ANC het teen die Blanke regering die wapenstryd verloor, maar hy het (o.a. danksy sy wapens) die politieke stryd binne Swart geledere gewen – en dus uiteindelik die politieke mag – dit, ongeag die feit dat hy nie sy destydse ideaal-model van ‘n people’s republic om die onderhandelingstafel kon afdwing nie. Want wat die ANC kennelik beter verstaan het as die Blanke politici, was dat die saakmakende politieke strydperk in 1990 (met die aanvaarding van die beginsel van inklusiewe, nie-rassige verkiesings) onherroepelik en ingrypend her-definieer is.

Oor die voorgaande drie eeue heen, was dit die Blanke politieke strydperk wat bepaal het wie die politieke mag sou hou om owerheidsbesluite te neem. Vanaf 1990 egter (vanweë die demografiesstatistiese realiteite rondom die groep-samestelling van die Suid-Afrikaanse bevolking) sou die wie en wat van politieke magsuitoefening prakties uitsluitlik bepaal word deur wat in die Swart politieke strydperk sou gebeur. En dit is dáár waar die ANC gefokus het, o.a. deur sy beeld en vermoë as gewapende stryders te laat geld.

Van 1990 af het die voorafgaande konflik tussen die ANC-MK en die veiligheidsmagte in werklikheid insidenteel geword, en het die fokus verskuif na die Swart-op-Swart kompetisie vir politieke mag, want dit is dáár waar bepaal sou word wie die land voortaan sou regeer.

Wat Mnr. Mandela uiters effektief gedoen het met sy aanvalle op die De Klerk-regering oor die opgeblaasde “derde mag”, was om die Blankes daarvan af te skrik om hulle in te meng in hierdie Swart-op-Swart magstryd. Dit was ‘n boodskap van: “hou jou hier uit”, ondanks hoe bepalend die stoei in daardie strydperk sou wees vir wie sou regeer.

Die Blanke politici was gefokus daarop om die inhoud van die grondwet te onderhandel – met ander woorde, op die bepaal van “die reëls van die spel”. Asof die grondwet as sodanig, in die praktyk die manier waarop mag in die Nuwe Suid-Afrika uitgeoefen sou word, sou kon bepaal (soos wat die eerste dekades van die nuwe demokrasie goed illustreer het, toe een en dieselfde grondwet, regeringstyle so uiteenlopend soos dié van Mandela en van Zuma opgelewer het...)

Dit lyk bepaald asof dit nie genoegsaam besef is deur die Blanke politici nie, dat húlle voortaan in die skrum sou moes gaan druk (nie meer die veiligheidsmagte, vir hulle nie). Ewe belangrik, dat veral in ‘n land sonder ‘n lank-gevestigde kultuur van respek vir wetmatigheid en demokraties-etiese regerings-norme, dit nie die papier van die grondwet sou wees nie, maar wel die identiteit en ambisies van die mense wat daarkragtens die mag gewen het, wat sou bepaal wat die werklike regeringstyl en inhoud van owerheidsbesluite sou wees... Want as puntjie by paaltjie kom, dan is dit mense wat regeer, nie papier nie. Wat die papier hoogstens doen, is om in teorie die staatsregtelike eleksie-proses te omskryf waarkragtens verteenwoordigers van politieke partye die politieke mag wen (let wel, dit bepaal nié hoe onderskeie politieke partye te werk moet gaan om hulle nominasies te doen nie – dit geskied volgens die partye se eie interne konstitusies, met die “elective

Wat die blanke politici grootliks gedoen het deur die Swart strydperk te vermy en op die debatte rondom die onderhandelingstafel te konsentreer, was soos om jou vir ‘n rugbywedstryd te probeer voorberei deur kliphard op die reëls te fokus, sonder om ‘n spel-plan (“game plan”) te ontwikkel vir hoe om die werklike wedstryd op die speelveld te wen, waar dit tussen die spelers as mense beslis word... Die ANC, daarenteen, het maar te goed besef dat verreweg die belangrikste wedstryd (bepalend vir wie met die trofee sou wegstap) op die speelveld van die Swart politiek beslis sou word en dat hy dus móés in daardie skrum indons – vol-uit, met staal “studs” en “knuckle dusters”... Daarom dat die “people’s war” (soos wat die ongevalle-statistiek baie duidelik aandui) uiteindelik in hoofsaak Swart-op-Swart geveg is. En veral is dit op sy bloedigste geveg gedurende daardie laaste jare voor die groot verkiesing – toe die “armed struggle” nie meer prinsipieel teen die blanke bewind gevoer is nie. As mens nou begryp dat die terrein van die Swart politiek onherroepelik die bepalende speelveld geword het vir die bepaling van wie politieke mag in Suid-Afrika hou, dan verstaan mens waarom die ANC die “armed struggle” so loshande teen die (blanke) veiligheidsmagte kon verloor, maar tog die uiteindelik politieke mag kon wen.

Eerstens was die “armed struggle” vir hulle in hoofsaak ‘n propaganda-oorlog gemik op ‘n politiek resultaat, veel meer as wat dit ‘n militêre kragmeting was – en onteenseglik het hulle die propaganda-stryd gewen, binnelands (veral in Swart geledere) sowel as buitelands. Tweedens, omdat hulle hele doel was om die uiteindelike politieke mag te wen, eerder as om met die militêre louere van die slagveld af te loop, het hulle besef dat die persepsie-stryd in Swart kiesersgeledere van deurslaggewende belang gaan wees. Dit was ‘n stryd wat hulle geweet het gewen sou word op grondslag van welke van die Swart politieke bewegings die suksesvolste ‘n sterkmansbeeld sou kon projekteer. Met ander woorde, wie die kiesvolk sou meen die verkiesing sou moes wen, om te verseker dat daar vrede sou wees (net soos wat SWAPO dit duidelik gemaak het dat, as hy nie sou wen nie, daar steeds nie vrede in Namibië sou wees nie).

In die Swart-op-Swart magstryd het stam-vooroordele en historiese vrese ook ‘n wesentlike rol gespeel – soos wat dit oral in die wêreld maar doen. Dit wat sosioloë “sosiale afstand”-peilings noem (m.a.w., hoe groepe mekaar sien) het lank voor die verkiesing al duidelik getoon hoeveel vrees en agterdog daar by ander stamme bestaan het jeens die Zoeloe. Daarom dat Mnr. Mandela baie doelbewus, met die derde mag-mite, die Inkatha-beweging en die Blanke regering aan mekaar opgekoppel het. Dit was ook waarom (soos Dr. Anthea Jeffery in haar boek oor die “peoples’ war” uitwys) die ANC so doelbewus die Inkatha-ondersteuners uitgetart en uitgelok het om oor te gaan tot wat in baie gevalle weerwraak-aanvalle was. Vermenigvuldig en emosioneel opgeblaas deur die ANC se propaganda-masjien, het die Swart-op-Swart geweld daardie eeue-oue vrese en agterdog help aanvuur by nie-Zoeloe Swart gemeenskappe, vir wie verenig onder die vaandel van die ANC as hulle sterkman beskermer, na hulle beste opsie gelyk het (wat die Zoeloes self betref, was daar ook die eeue-oue verdeling tussen die groepe Suid en Noord van die Tugela, met lg. wat die hart van Inkatha gevorm het, en baie van die ander Zoeloe-sprekendes, veral die verstedeliktes en dié in die Zoeloe-diaspora soos aan die Rand, wat die ANC teen Inkatha as synde hulle tradisionele vyande van Noord van die Tugela, gesteun het).

Alhoewel die ANC totaal gefaal het daarin om sy ideale weergawe van wat die spelreëls (grondwet en staatsmodel) moes wees, enigsins by die onderhandelinge te laat inslag vind, het hulle daarenteen uiters suksesvol ‘n “game plan” vir die wen van die werklike wedstryd (nl. dié om die politieke mag) ontwikkel en implementeer – ‘n plan waarin die “armed struggle” toe ‘n veel meer wesentlike en bloedige rol gespeel het as in die voorgaande jare se konflik teen die Blanke bewind. Het die intelligesie-gemeenskap dan nie die noodsaak vir ‘n “game plan” ingesien nie? Mens kan nou vra of die veiligheidsmagte (en in die besonder die intelligensie-gemeenskap) dan nie hierdie realiteite tydig ingesien gehad het nie? Dit is ‘n baie geldige vraag, en het die antwoord heelwat fasette. Die eerste faset is dat die amptenare dit as die taak en funksie van die verkose

politici gesien het om die “game plan” vir die toekomstige demokratiese, nie-rassige politieke magspel uit te ontwikkel en te implementeer – as amptenare, kon hulle slegs maar adviseer oor veiligheidsake, en nie direk in die aktiewe party-politiek inmeng nie. Die ter sake advies is wel gegee, nl. dat daar ideaal gemik moes word na ‘n sg. konsosiatiewe staatsmodel (m.a.w., van samewerkende regering tussen al die land se belangegroepe). Dit was presies waarheen die Regering van Nasionale Eenheid (TNE) waarop toe wel ooreen gekom is, wel gemik het – maar toe loop dros die Nasionale Party-politici by die eerste beste geleentheid uit die RNE uit... (wat ook nou nie heeltemal onverstaanbaar was nie, want a.g.v. die bepaalde regeer-styl van P.W. Botha was die groot meerderheid politici gedurende die “verlore dekade” nie werklik by die debat oor veiligheidsake betrokke, of werklik grondig omtrent die Swart politiek ingelig nie – en met die ontbinding van die ou intelligensie-strukture na die 1994-verkiesing, was die Blanke politici toe ook skielik ontdaan van die intellektuele onderbou en ondersteuning wat die intelligensie-gemeenskap vir sovele jare oor daardie onderwerpe aan hulle verskaf gehad het).

Waarvoor die intelligensie-gemeenskap wel deeglik ‘n “game plan” gehad het, was vir hoe om die veiligheidsbedreiging wat ‘n voortslepende interne konflik (met die gepaardgaande internasionale isolasie en ekonomiese druk) vir die land ingehou het, te besweer by wyse van die fasiliteer van ‘n proses van onderhandeling. In ons e-boek word verduidelik hoe veral die Nasionale Intelligensiediens, maar ook die SAP-VT, Buitelandse Sake en die Weermag, van die middel-tagtigs af op rekord gegaan het (in intelligensie-waarderings en memoranda), dat na onderhandeling vir ‘n inklusiewe bestel beweeg behoort te word. Dit word bv. in die e-boek onthul dat die nasionale vertolkers van die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad, vir Mnr. P.W. Botha ernstig gewaarsku gehad het dat sy idee van ‘n driekamer-parlement wat die Swart bevolking sou uitsluit, sou uitloop op verskerpte binnelandse onrus. Dat eerder verder besin en gesprek gevoer moes word, ten einde so ‘n nuut-saamgestelde parlement inklusief te maak. Advies wat Botha afgewys het, met die voorspelde gevolge wat toe spoedig opgevlam het.

Dan ook, ten einde sinvol onderhandelinge te kon voer, moes die Wit regering natuurlik ‘n bereidwillige, geloofwaardige onderhandelingsvennoot oorkant die tafel hê. En om daardie praktiese noodsaak te ontmoet, het die intelligensie-gemeenskap wel deeglik ‘n effektiewe “game plan” gehad. Dit het gebou op die veiligheidsmagte se suksesse, wat vir die ANC illustreer het dat hulle ten ene male nie langs die weg van gewelddadige rewolusie die mag sou kon oorneem nie. Daar is ook suksesvol klandestien uitgereik na die USSR (wat in die e-boek uiteen gesit word), om Moskou te laat wegkeer van die ANC en gewapende stryd, ten einde die radikale ANC-faksie in MK só effektief weeskind te laat, sonder ‘n buitelandse bron vir wapen-hulp. Met ‘n mengsel van diplomasie en druk, is die Frontlinie-state voorts ook beweeg om aan MK op hulle grondgebied basisse en deurgang te ontsê. Alles, ten einde die gematigde faksie binne die ANC (rondom Mnre. Mandela en Mbeki) se posisie ten gunste van onderhandeling te sterk, en die Lusaka-valke binne die ANC te isoleer en te verplig om die onderhandelingsproses te aanvaar.

Die laaste faset was om op 2 Februarie 1990 (destyds heeltemal teen die ANC se verwagting in) die politieke inisiatief uit hulle hande te wring met die voorstelle vir geloofwaardige veelpartyonderhandelinge vir ‘n nuwe demokratiese en nie-rassige toekoms – ‘n inisiatief wat die ANC heeltemal onkant betrap het en in die posisie gelaat het dat, sou hulle die oproep tot onderhandeling van die hand gewys het, dit húlle sou gewees het wat voortaan internasionaal geïsoleerd sou gestaan het.

President De Klerk se aankondiging was nie ‘n sprong in die duisternis in nie, want die intelligensie-gemeenskap het eers baie deeglik seker gemaak dat Mnr. Mandela wel na vore sou tree om die ANC se toe-bestaande beleid, nl. om die blanke bewind met rewolusionêre geweld te wil vernietig, te laat vaar en eerder te onderhandel. Ook is by wyse van geheime ontmoetings met die ANC in die buiteland, eers seker gemaak dat die ANC se eksterne leierskap wel vir Mandela hierin sou steun, en dat met ‘n oop agenda onderhandel sou kon word vir ‘n demokratiese oplossing

Wat die “game plan” dus ten doel gehad het (en wat suksesvol vermag is) was om die ANC – en veral sy radikale Lusaka faksie – te isoleer van hulle eensmalige internasionale en regionale bondgenote. Wat die ANC se interne faksie-stryd betref, hoe om die radikales binne die ANC se greep op beleidsbepaling te verswak, sodat die gematigdes na vore sou kon tree en die ANC tot onderhandelinge verbind, terwyl hulle met geloofwaardigheid die res van die beweging met hulle saamvat, weg van die radikale beleidsposies af wat tevore die bo-toon gevoer het en so luid propageer is.

In vele opsigte was die ANC (mits die gematigdes gehelp sou kon word om in die interne verdelings te seëvier) die enigste lewensvatbare gespreksgenoot vir die Blanke regering, siende dat lg. uit die lesse van Rhodesië en Namibië geleer gehad het dat dit ‘n nodelose vermorsing van tyd en politieke kapitaal was, om met nie-geloofwaardige figure van Blanke keuse te probeer onderhandel. Met die UDF sou erg moeilik onderhandel kon word, vanweë die front se amorfe, ongestruktureerde aard, egoïstiese leiersfigure en die realiteit dat die UDF in ieder geval sigself genoop sou gevoel het om die ANC te ken m.b.t. enige onderhandelingsposisies. Met groeperings links van die ANC, soos die PAC, sou sinvolle gesprek prakties onmoontlik gewees het. Politieke bewegings en leiers verbind met die tuisland-stelsel (soos Inkatha) sou nie geloofwaardig namens die hele swart gemeenskap kon onderhandel nie en kon dus nie die rol van hoof-gepreksvennoot vervul nie. Slegs maar die ANC – en die mitiese Mnr. Mandela in besonder – het die internasionale sowel as plaaslike statuur gehad om deur sy deelname so ‘n veelparty-gesprekstafel geloofwaardig te maak.

Wat die ANC onder leiding van Mnr. Mandela die ideale gespreksgenoot gemaak het, was al die voornoemde faktore, maar ook dan die feit dat die ANC teen 1990 uiters verswak was. MK was teruggedryf tot in Noord van die ewenaar, met ‘n rekord van dertig jaar van onverrigte sake in die voer van sy sigbare onbeholpe, sukses-lose “armed struggle” en met sy anker-vennoot in die buiteland (die USSR) wat hom abandoneer het en toe self die kreeftegang gegaan het. Ook het De Klerk die politieke inisiatief binnelands en buitelands in die hand gehad, met die ANC wat moes reageer. Die ANC was dus allermins in ‘n posisie om sy voorkeure vir ‘n radikale staatsmodel by die onderhandelingstafel te probeer afdwing – sy leiers het dit maar alte goed geweet, en die Blanke regering het geweet dat hulle dit weet...

Om te verstaan hoekom die ANC dit kon regkry om die politieke mag te wen, al het hulle die “armed struggle” so sleg verloor, en so ook die stryd gedurende die onderhandelinge m.b.t. wie se staatsmodel die nuwe grondwet sou onderlê, moet dus verder gekyk word as bloot na hulle suksesse in die propaganda-oorlog en hulle vestiging van die sterkmansbeeld in die Swart politieke konteks. Addisioneel tot hulle propaganda-vaardigheid en sterkmansbeeld, was dit ook onteenseglik só dat die verwesenliking van die Blanke regering se ideale uitkoms (nl. ‘n internasionaal en plaaslikaanvaarde skikking wat ‘n einde sou maak aan die binnelandse konflik sowel as aan buitelandse druk, en wat ‘n Nuwe Suid-Afrika op ‘n staatsregtelike kontinuum sou daarstel as ‘n regstaat op die Westerse model, met ‘n vryemark-stelsel, prakties-gesproke) prakties-gesproke vereis het dat Mnr. Mandela die eerste swart president moes word. Sonder daardie spesifieke uitkoms, sou ‘n vreedsame oorgang moeilik voorsien kon word. Grootliks het Mnr. Mandela (meer hý, as die ANC as sulks) dus die politiek mag gewen, nie deur dit weg te geskeur het van die Blankes nie, maar omdat hulle ook ‘n Mandela-regering onderliggend gesien het as (indien nie die mees wenslike uitkoms nie) waarskynlik dan die mins-skadelike opsie in ‘n baie klein spektrum van praktieshaalbare moontlike resultate.

Van die Blankes se rol in die ANC se verkryging van die politieke mag gepraat: dit kan nie vergeet word nie dat die bestel wat bestem was om op die eerste verkiesing te volg (nl. ‘n regering van nasionale eenheid) in sigself beteken het dat geen enkele party of leier veronderstel was om die volle politieke mag te verkry nie. Dit moes op ‘n nasionale eenheidsbasis, in die kabinet

proporsioneel gedeel word. Deur uit te gestap het uit die RNE (wat ‘n vise-presidentskap en ‘n halfdosyn ministersposte ingesluit gehad het) was dit dus die NP-politici self, wat uiteindelik effektief prakties alle politieke mag aan die ANC gegee het.

Die “game plan” om Mnr. Mandela in die posisie te plaas om die ANC en die Swart gemeenskap met hom saam te neem, weg van gewelddadige rewolusie en ‘n “people’s replublic” af, en om in effek in ‘n (ongesproke) vennootskap met hom die Nuwe Suid-Afrika met ‘n model-grondwet te vestig, het dus geslaag. Waarvoor daar kennelik egter nie van die begin af ‘n “game plan” was nie (want dit was die blanke politici se funksie om dit na die 1994-verkiesing uit te werk, en hulle het gedros) was: wat gebeur na Mandela?

Dit behoort vir almal wat die ANC se dekades van faksie-verskille geken het, duidelik te gewees het dat die onderhandelde skikking nie daardie faksie-verskille binne die ANC besweer het nie – verre daarvandaan. Die gematigdes mag die skikking en die nuwe nie-rassige grondwet gesien het as die verwesenliking van ‘n ideaal, as ‘n bestel wat nou in beton gegiet was, vir alle tye. Vir die radikales binne die ANC egter – hulle wat vir drie dekades die septer geswaai gehad het, en deur die nastreef van ‘n suksesvolle rewolusie die hele koek op hulle eie terme vir hulleself wou kon opgeëis het –was 1994 net die klassieke “eerste rewolusie” en dus net maar ‘n eerste trap-klip op die weg na hulle utopie. Allermins het hulle hul ideaal van ‘n tweede rewolusie prysgegee – die National Democratic Revolution – wat radikale ekonomiese transformasie moet bring...

Wat kennelik ook nie na behore ingesien is nie, is dat die spesifieke vorm van Westminster-regering waarvoor die nuwe grondwet voorsiening gemaak het, in feite beteken het dat die grootste faksie binne die meerderheidsparty, die president (en dus die regering) sou nomineer. Dit het beteken dat die landsregering gekaap kon word, deur die ANC se “elective conference” te kaap, wat op sy beurt gedoen kon word deur genoeg ANC-takke onder jou beheer te stig en die regionale en provinsiale strukture te kaap. Presies soos Mac Maharaj suksesvol gedoen het, om Thabo Mbeki te lig en Jacob Zuma as party-leier en vervolgens as president genomineer te kry.

Die Van Zyl Slabbert kommissie oor verkiesingshervorming het in 2003 aanbeveel gehad dat oorgegaan behoort te word na die direkte verkiesing van die president (iets wat 63% van die bevolking, oor alle groepsgrense heen, gesteun gehad het). Die inisiatief het nogal gelyk of dit op koers was om dalk werklikheid te word, totdat die ANC se interne faksie-verskille dit gekelder het. President Thabo Mbeki, toe in sy tweede (en volgens die grondwet, dus laaste) termyn, het begin geluide maak dat, sou so ‘n nuwe bedeling aanvaar word, dan sou hou weer kon staan, want dan sou die direk-verkose presidentskap in effek ’n nuwe presidensie van weer twee termyne daarstel. Dit was vir die anti-Mbeki ANC-faksie een te veel, en het die idee van ‘n direk-verkose president in die politieke dryfsand weggesink. Dit was nie die eerste, of die laaste keer nie, dat Suid-Afrika se politieke lot wesentlik deur die faksie-verskille binne die ANC impakteer is nie...

4.6 Die nagevolge van die “gewapende stryd” se kultuur-vestiging binne die ANC

DEEL 2 van hierdie reeks van artikels sal in detail die impak van die “armed struggle” en die geassosieerde faksie-verdelings toe en nou in die ANC, onder die loep neem. Dit sal deurgetrek word, van die verlede, deur die hede na die toekoms, in volgende maand se Nongqai (en ook as ‘n spesiale uitgawe publiseer word, vir maklik deel met u kinders, familie en vriende).

Dit is paslik om DEEL 1 nou hier af te sluit (en die toon te stel vir DEEL 2) deur aan te haal wat die kunstenaar Luthando Dyasop (van die postSoweto generasie, wat self deur MK aangehou is by Quatro) sê in sy nuwe boek “Out of Quatro” (hiernaas) wat in Julie 2021 verskyn het: “What prompted me to write the memoir is my wish to shed light on the fact that the political and economic crisis we see playing itself out presently in South Africa has its foundation laid in exile. The ANC security department made sure that fear of them instilled in the general membership meant they could do anything with impunity; there was no accountability or transparency; and any dissenting voice was, at best, imprisoned or, at worst, would end up dead. Then elitism thrived; it was just a matter of waiting in the wings for the ultimate prize — being in power in a well-developed South Africa — to accommodate their expensive taste for finer material things. All at the detriment of the ideals enshrined in the Freedom Charter. “The ANC deviated from the right path while we were in exile: the foundation for a democratic society based on ethics, integrity and accountability was replaced by elitism, impunity, self-aggrandisement, greed and corruption. All these were detrimental to the struggle for the interests of the people of South Africa, yet they thrived in a space where criticism and dissent were met with brutal repression that left the membership paralysed with untold fear. The first casualty there was democracy.” (oorgeneem uit die Daily Maverick).

Tot volgende maand dan...

This article is from: