6 minute read

Ek trap ‘n landmyn met Frans se Casspir

uitgevoer met tande wat hy kort-kort gewys het, twee tot drie vinnig opeenvolgende stampe met sy een voorpoot op die vloer gegee, sy oë een oomblik op fyn skrefies getrek en die volgende oomblik groot gerek soos uiloë, en nekhare wat orent staan wat hom veel groter laat lyk het as wat hy was. Skielik was die speelsheid in sy oë wat hy altyd gehad het as ek met hom gespeel het vervang met ‘n uitdrukking van haat, wroeging en veglus wat ek nooit tevore by hom waargeneem het nie. Daardie dag het die vriendskapsband wat tussen ons bestaan het, geen betekenis gehad nie. Ek weet tot vandag toe nie wat het direk vooraf gebeur dat hy so aggressief geraak het nie.

Met Klein Frans nog huilend op Adri se arms en ek en George in die middel van die kantoor teenoor mekaar soos twee stoeiers wat mekaar meet voordat tot die geveg oorgegaan word, het Frans by die kantoor ingestap om Adri te kom groet voordat hy vir ‘n week lank veld toe gegaan het om oorlog teen terroriste te maak. Frans wou dadelik weet wat aangaan. Ek het hom kortliks ingelig dat George vir Klein Frans wou aanval en dat dit tyd is om van George ontslae te raak omdat hy gevaarlik geraak het. Frans het dadelik sy pistool getrek en op George gerig. Eienaardig het George dadelik besef hier het hy met iets buitengewoon gevaarlik te doen. Hy het skreeuend by Frans verby by die deur uitgestorm en in die boom geklim wat reg by die kantoor se hoek naaste aan die deur regoor Adri se lessenaar was. Frans het weereens na my gekyk en ongelowig gevra : “Moet ek hom regtig skiet?” Ek het bevestigend geantwoord en bygevoeg ‘n volgende keer mag ons dalk nie so gelukkig wees om suksesvol tussenbeide te tree as George vir Klein Frans of iemand anders wil aanval nie. Frans het uitgestap tot onder die boom. Met die sewende skoot, voorafgegaan deur ‘n bloedstollende geskree van George, het hy voor Frans se voete geval. Ek was verlig maar terselfdertyd baie hartseer. ‘n Einde van ‘n era in die lewe van ‘n bobbejaanvriend moes gemaak word en Frans was die persoon wat daardie daad teensinnig moes uitvoer.

Advertisement

Generaal Dreyer het George vroeg in 1980 vir R40 by ‘n Wamboman gekoop om ‘n maat vir Willemien, die jong bobbejaanwyfie, te wees. Ons het Willemien in Januarie 1980 by Waterwese se mense van Oshakati met haar hok gekry. George het agter op ‘n trapfiets se carriergery en met sy arms om die Wamboman se lyf vasgehou. Dit was op die teerpad tussen Oshakati en Ongwediva. George het soos ‘n waardige BBP (Baie Belangrike Persoon) op die agterste sitplek van generaal Dreyer se kar tot in Onaimwandi-basis gery.

Ek trap ‘n landmyn met Frans se Casspir

Gedurende die tweede helfte van Augustus 1982 is Frans vir ‘n week met die Flossie Republiek van Suid-Afrika toe. Generaal Dreyer het opdrag gegee dat ek vir daardie week as spanleier vir Frans se span, Zulu-Foxtrot, moes optree.

Ons het in Eenhana-wyk in die Ooste van Ovamboland ontplooi om te soek vir terroriste. Ons het saans tuis gegaan in die Weermag-basis te Eenhana waar Kommandant Bornman die bevelvoerder was.

Ons het een middag Suidoos van Eenhana vyf spore van terroriste opgetel wat in ‘n suidoostelike rigting gestap het. Ons het die spore vir ‘n ent gevolg maar hulle het waarskynlik agter gekom dat hulle agtervolg word en het op gesplit in groepe van drie en twee onderskeidelik. Ons het die drie spore gevolg en later kontak met hulle gemaak en al drie doodgeskiet. Ons het hulle op die Casspirs gelaai en teruggekeer Eenhana-basis toe waar ons net na sononder aangekom het.

Ons het die nag in Eenhana-basis van die Weermag geslaap. Die volgende oggend is ons terug na die plek waar die groep van vyf op gesplit het. Ons het die spore van die twee gekry waar hulle ook in ‘n suidoostelike rigting beweeg het. Die Wambo’s het aangedui dat ons maar kan aanstoot

Ons het nie ver gevorder nie toe die Casspir wat ek bestuur het met ‘n geweldige slag agter in die lug in geruk is. Dit het gevoel of ons met die agter wiele oor ‘n baie groot stomp gery het. ‘n Reuse stofwolk het tydelik die wêreld om ons in skemerte gehul. Ek het dadelik besef ons het ‘n landmyn getrap. Ek het gelukkig die tweerigting-radio se oorfone op gehad om met die ander Casspirs te kon kommunikeer. Die ontploffing het dus nie ‘n effek op my ore gehad nie. Een van die Wambo-spoorsnyers wat agter op die dak van die Casspir gesit het en sy bene in die romp van die Casspir laat hang het, is die lug in geslinger. Met die afkomslag het hy met sy maag oor ‘n dik tak van ‘n boom wat horisontaal oor die twee-spoor paadjie gegroei het, beland wat sy wind uit geslaan het en sy ribbes beseer het. Ek het vir hom ‘n drup opgesit wat die regte uitwerking op hom gehad het.

Met ondersoek van die skade aan die regter agter wiel van die Casspir wat die landmyn gedetoneer het, het ek gesien dat ons die spaarwiel sal kan opsit as ons die boute van die beskadigde rimkan afsaag. Radiokontak is met die Opskamer te Okave-basis van Koevoet in Oshakati gemaak. Die landmyn-insident is aangemeld en ek het gevra vir boute, moere, ‘n ystersaag met ekstra lemmetjies, ‘n hamer en ysterbeitel. Die opskamer het onderneem om te reël dat die items soos versoek per vliegtuig by ons ruitverwysing afgegooi sou word.

In afwagting vir die gevraagde items het ek besluit dat ons intussen die boute van die beskadigde wiel kan afsaag met ‘n klein ystersagie wat ek in my toolboxgehad het. Ons het beurte gemaak om die saagwerk te doen. Frank McCarter wat een van Frans sy spanlede was, het die meeste saagwerk gedoen.

In afwagting vir die boute, moere en gereedskap het ons aangegaan met die afsaag van die boute. Frank was besig om die laaste bout te saag toe die gevraagde items met ‘n Bosbok-vliegtuig in ‘n seilsak by ons afgegooi is. Toe ons die groot ystersaag wou gebruik is gevind dat die saaglem dikker as die klein sagie s’n is. Die groot saag se lem het vasgeknyp in die snit wat die klein sagie reeds in die bout gemaak het. Die gevolg was dat daardie laaste bout ook met die klein sagie afgesaag moes word.

Ons het die spaarwiel met die nuwe boute vasgesit en baie trots op ons prestasie in die Casspir geklim en verder gery….. om die twee terroriste in te haal. Ons het nie ver gevorder nie toe val daardie wiel heeltemal af. Wat ons nie aanvanklik waargeneem het nie was dat die as van die Casspir gebuig was aan die buitekant van die veer. Met die ryery het die wiel gewabbelen die as het toe heeltemal afgebreek as gevolg van metaaluitputting (metal fatigue). Waar dit gebeur het was in ‘n redelike oop area waar die Casspirs van ver af sigbaar was. Ons was in ‘n baie slegte posisie waar ons maklik die teiken van terroriste mortieraanval kon wees. Frans se Wambolede het in geen onduidelike taal aan my verduidelik dat ek hulle nou blootstel aan ‘n situasie waarmee hulle glad nie geneë is nie. Ek het hul bekommernis gedeel en besef dat ons uit daardie omgewing moet wegkom. Ons kon egter nie die Casspir daar agter laat en met die ander Casspirs na ‘n beter posisie beweeg nie.

Nie ver van waar ons gestrand was nie, was Wambo’s besig om bome te kap om ‘n kraalheining te bou. Hulle het ‘n lekker groot byl by hulle gehad. Ek het gesien die byl is net die regte gereedskap wat gebruik kan word om ons uit ons penarie te help. Ek het na hulle toe gestap en die byl by hulle geleen. Uit ‘n dik stuk boomstam het ons ‘n slee gekap om in die plek van die wiel wat afgeval het, te gebruik. ‘n Vee is in die stam gekap waarin die Casspir se as laat sak is. ‘n Nylon tou wat ek

This article is from: