uitgevoer met tande wat hy kort-kort gewys het, twee tot drie vinnig opeenvolgende stampe met sy een voorpoot op die vloer gegee, sy oë een oomblik op fyn skrefies getrek en die volgende oomblik groot gerek soos uiloë, en nekhare wat orent staan wat hom veel groter laat lyk het as wat hy was. Skielik was die speelsheid in sy oë wat hy altyd gehad het as ek met hom gespeel het vervang met ‘n uitdrukking van haat, wroeging en veglus wat ek nooit tevore by hom waargeneem het nie. Daardie dag het die vriendskapsband wat tussen ons bestaan het, geen betekenis gehad nie. Ek weet tot vandag toe nie wat het direk vooraf gebeur dat hy so aggressief geraak het nie. Met Klein Frans nog huilend op Adri se arms en ek en George in die middel van die kantoor teenoor mekaar soos twee stoeiers wat mekaar meet voordat tot die geveg oorgegaan word, het Frans by die kantoor ingestap om Adri te kom groet voordat hy vir ‘n week lank veld toe gegaan het om oorlog teen terroriste te maak. Frans wou dadelik weet wat aangaan. Ek het hom kortliks ingelig dat George vir Klein Frans wou aanval en dat dit tyd is om van George ontslae te raak omdat hy gevaarlik geraak het. Frans het dadelik sy pistool getrek en op George gerig. Eienaardig het George dadelik besef hier het hy met iets buitengewoon gevaarlik te doen. Hy het skreeuend by Frans verby by die deur uitgestorm en in die boom geklim wat reg by die kantoor se hoek naaste aan die deur regoor Adri se lessenaar was. Frans het weereens na my gekyk en ongelowig gevra : “Moet ek hom regtig skiet?” Ek het bevestigend geantwoord en bygevoeg ‘n volgende keer mag ons dalk nie so gelukkig wees om suksesvol tussenbeide te tree as George vir Klein Frans of iemand anders wil aanval nie. Frans het uitgestap tot onder die boom. Met die sewende skoot, voorafgegaan deur ‘n bloedstollende geskree van George, het hy voor Frans se voete geval. Ek was verlig maar terselfdertyd baie hartseer. ‘n Einde van ‘n era in die lewe van ‘n bobbejaanvriend moes gemaak word en Frans was die persoon wat daardie daad teensinnig moes uitvoer. Generaal Dreyer het George vroeg in 1980 vir R40 by ‘n Wamboman gekoop om ‘n maat vir Willemien, die jong bobbejaanwyfie, te wees. Ons het Willemien in Januarie 1980 by Waterwese se mense van Oshakati met haar hok gekry. George het agter op ‘n trapfiets se carrier gery en met sy arms om die Wamboman se lyf vasgehou. Dit was op die teerpad tussen Oshakati en Ongwediva. George het soos ‘n waardige BBP (Baie Belangrike Persoon) op die agterste sitplek van generaal Dreyer se kar tot in Onaimwandi-basis gery.
Ek trap ‘n landmyn met Frans se Casspir Gedurende die tweede helfte van Augustus 1982 is Frans vir ‘n week met die Flossie Republiek van Suid-Afrika toe. Generaal Dreyer het opdrag gegee dat ek vir daardie week as spanleier vir Frans se span, Zulu-Foxtrot, moes optree. Ons het in Eenhana-wyk in die Ooste van Ovamboland ontplooi om te soek vir terroriste. Ons het saans tuis gegaan in die Weermag-basis te Eenhana waar Kommandant Bornman die bevelvoerder was. Ons het een middag Suidoos van Eenhana vyf spore van terroriste opgetel wat in ‘n suidoostelike rigting gestap het. Ons het die spore vir ‘n ent gevolg maar hulle het waarskynlik agter gekom dat hulle agtervolg word en het op gesplit in groepe van drie en twee onderskeidelik. Ons het die drie spore gevolg en later kontak met hulle gemaak en al drie doodgeskiet. Ons het hulle op die Casspirs gelaai en teruggekeer Eenhana-basis toe waar ons net na sononder aangekom het. Ons het die nag in Eenhana-basis van die Weermag geslaap. Die volgende oggend is ons terug na die plek waar die groep van vyf op gesplit het. Ons het die spore van die twee gekry waar hulle ook in ‘n suidoostelike rigting beweeg het. Die Wambo’s het aangedui dat ons maar kan aanstoot 79 Nongqai Vol 13 No 3