Nongqai Vol 15 No 6C

Page 1


Hennie Heymans

Die veiligheidspolisie is maar net so goed, soos wat sy bronne is!

In this job it is all a matter of trust Intelligence is the second oldest profession in the world, with far less morals than the first. In intelligence rather an overlap than a gap.

Die begin-jare...

! Ek het die werk baie geniet: Wanneer daar iets opspraakwekkend gebeur is die polisie daar teenwoordig, maak nie saak wat gebeur nie! Ek het baie keer diens gedoen as bestuurder vir die diensoffisier en alle opspraakwekkende gebeure in Afdeling Port Natal na-ure besoek, by die Clairwood-renbaan, by die rofstoei, sokker- en rugbywedstryde diens gedoen. Ek hou van polisiewerk!

Waar daar mense is, is die polisie teenwoordig en is die polisie redelik reg vir enige gebeurlikheid. As daar niks gebeur nie, doen ons misdaadvoorkoming patrollies. Ons weet waar misdaad Mense het respek vir die SA Polisie gehad.

- -stad: son, strand en saffier-see enige jongman se droom!

Oorgeplaas na die veiligheidstak Durban (Afdeling Port Natal) toe egter oorgeplaas na die veiligheidstak, maar darem steeds in Durban. Die offisiere is geklee in donker pakke met hoed lyk soos die kerkraad! muwwe kantoor agter slot en grendel gewerk. Ek het niks van die werk gehou -blitspatrollie.

Lt.kol. F.M.A. Steenkamp (foto links) vra toe ek moet die jaar voltooi en dan my afdelingsbevelvoerder het woord gehou ek het

ek my behoorlik uitgeleef in dié interessante nuwe rol. MAAR ek moes darem ook aan my loopbaan bou. Daarom moes ek tussen-deur verlof neem om aan die offisierseksamen deel te neem. Ek slaag die offisierseksamen en gaan vir drie maande op kursus, in Pretoria. Aan die einde van die kursus hoor ek toe, ek is verplaas na veiligheidshoofkantoor Kompol x302

Pretoria-toe, na veiligheidshoofkantoor

Ek was baie lief vir die see! Ek het langs die Indiesemurg en been. En Pretoria? Ek was net vier maal daar: Eenmaal as kind toe ons o.a. die Uniegebou besoek het, daarna tydens basiese opleiding, veiligheids- en later offisierskursus.

Ek hou net mooi landbouhoewe langs die Pienaarsrivier, naby die Baviaanspoort se gevangenis SAP Kameeldrift se wêreld. Hier het ek my uitgelewe ek het perde, beeste, volstruise en allerhande diere aangehou. My buurman was majoor Koos Kotze van die SAP-hospitaal in die kollege.

-offisier op veiligheidshoofkantoor gedoen?

Dit was maar aanvanklik teësinnig dat geword het. Eers werk ek net Nusas (lêerverwysing S12/59), studente en akademici. Die studente is baie bedrywig (dink maar aan Nusas se Wages Commission). Dit was nogal interessant, Justisie-vraelyste op datum.

akademici ingepas in die opset wat destyds bekend was as veiligheidshoofkantoor?

Ek besef maar al te goed dat baie van u wat hierdie lees, nie self deel was van die veiligheidstak nie. B , of van die veiligheidsmagte, of miskien was van u, of grootouer daar. So, u wil nou graag verstaan, en daarom moet ek eers bietjie konteks gee. Historiese agtergrond van die veiligheidstak as sodanig, en van die opset op sy hoofkantoor.

Die kortpad-manier om dit alles verstaanbaar te maak, is om dit grafies uit te beeld. Daarom sal ek heelparty histogramme gebruik, en ook organigramme. Laat ons dan nou begin by die begin, en by die breedste konteks die veiligheidstak was uiteraard een van die vertakkinge van die SuidAfrikaanse Polisie (SAP). Die Suid-Afrikaanse Polisie is in 1913, drie jaar na Uniewording, tot

Februarie 1972: Lessenaaroffisier offisiere my senior te veiligheidshoofkantoor. Niemand het iets gesê oor my kenbaardjie nie.

1913 - 1948

Op daardie stadium het die Britse Gemenebes (van gelyke, soewereine state) nog nie bestaan nie. Dit sou eers teen die einde van die twintigerjare kom, met die Balfour-verklaring. Aan die begin was ons sommer plein net deel van die Empire Met twee wêreldwaartydens Britse belange verstaanbaar die boaktiwiteite:

1948 - 1962

In 1948 se algemene verkiesing het juis daardie anti-imperiale, republikeinsgesinde Afrikaners se klemverskuiwing meegebring het:

1963: Genl HJ van den Bergh

lt-kolonel (later lt-g

toe amptelik bekend geword het as die Veiligheidstak (in die volksmond destyds: veiligheidspolisie) van die SAP (met ander woorde, in pas met die amptelike benamings vir ander spesialis-komponente van die Mag, soos die Handelstak en die Diamanttak).

Generaal van den Bergh het die essensieel politieke aard van die aanslag verstaan. Hy het besef dat Suid-Afrika

krities-belangrike komponent sou moes wees. De-kolonisasie was in volle swang, met nie-blanke politieke versetbewegings teen wit oorheersing wat toenemend hulle tot gewapende aksie gewend het (soos met die ANC se gewapende vleuel, MK, en die PAC -veldtog teen infrastruktuur is geloods en moes gestuit word. In die konteks van die Koue Oorlog (met die destydse regering wat aan die Westers-kapitalistiese kant gesien is) het die kommuniste gevry na die versetbewegings. Die SA Kommunistiese Party het die ANC doelbewus geteiken en van politieke sowel as wapen-steun voorsien.

Ons as Boere/Afrikaners het deur ons eie anti-imperialistiese stryd om onafhanklikheid gegaan en die swart Afrika-nasionaliste het in baie opsigte ons matriks gebruik. Maar omdat hulle, hulle blok heelparty in ons veiligheidsgemeenskap nie altyd die werklike aard van die verstaan nie.

Ondanks die kommuniste se opsigtelike rol en invloed, was dit in wese 'n politieke konflik vir bevryding van rasse-oorheersing en gelykberegtiging en nie ten eerste gemik op kommunistiese uitbreiding nie

Eerste Minister John Vorster, die kommissaris, lt-genl JM Keevy (ironies tydens die tweede en lt-kol HJ van den Bergh het saam vakansie gehou by die SAP se Port Edward-oord. Kompol (Lt-genl Keevy in veiligheid gespeel: Republikeinse Intelligensie word na aanleiding van hierdie saam-kuier gevestig. Van den Bergh kyk na Washington en Bonn vir professionele hulp en opleiding, eerder as na Londen (MI6) Die invloed van dr Koot Vorster broer van Eerste Minister John Vorster wat toe hoof was van die NGK Sinode is beduidend. Ons is vinnig om te vergeet! 1961: gewapende verset, 1962: SAP kapelane in uniform bekendgestel. 1966: Slag van

Ongulumbashe die eerste gewapende botsing tussen die SAP en buitelands-opgeleide insurgente.

Omtrent die invloed van die Afrikaner-Broederbond (AB) moet nie in die slagyster van propagandiste getrap word nie die AB (ek was nooit self lid nie)regering voorsê nie die vloei van opdragte was eerder in die teenoorgestelde rigting, komende van die Eerste Minister. Die AB was bowe-al

uitsluiting en isolasie onkritiese groep-denke in alle sfere af te dwing regdeur van die kerk (dink maar aan hoe Eerste Minister Verwoerd die NG Kerk die rug laat keer het op die Cottesloe-verklaring, wat hulle medeonderteken gehad het) en ja insluitend ook binne die Veiligheidstak.

Vuller: Seksie A1 Braai

Van links na regs: Chris Joubert, Willie Wentzel, Johan Pieters, onbekend, Johan Visagè. Jorrie Jordaan, Dieks Diederichs, ??? Muller ???, ??? Richardson en ??? Els??? ek het die foto geneem. Die braai was by Willie Wentzel se huis.

Dis natuurlik nie ongewoon binne enige manne met invloed by die baas nie. Dit kom gewoonlik bloot daarop neer dat dit mense is wat mekaar ook buite werk-verband gereeld sien, verder leer ken en só dus vertrouensverhoudings onderling opbou. Binne die Britse en MI5 gedurende hulle imperiale era,

was dit byvoorbeeld die geval dat die kring van offisiere wat saam in die Indian Army gedien het, sy internering-makker, Lang Hendrik van den Bergh jare wat hulle in die Koffiefontein-kamp gedeel het gedurende die tweede wêreld-oorlog. Van den

ooreen gestem het nie -

m.i. o.a. deur die rugbyklub oorgeneem nie dat die rugbyklub as sulks invloed kon of sou wou probeer

ook na-ure beter leer ken en vertrou het, en só natuurlikerwys gevorm het...te probeer uitlig nie dit is myns insiens belangrik om dit wel te noem, in konteks, sodat gesien kan word hoe eg menslik ons tog maar was, met dieselfde soort organisasie-dinamiek as wat in die breër gemeenskap bepaald ook voorkom).

Bes moontlik was die negatiefste effek van veral die Broederbond se rol om kritiese denke te eenvormige groep-denke, waar kritiese analise en

Hierdie kudde-denke kon uiteraard net optimaal funksioneer solank die volk onverdeeld as kudde bly dink en doen het. Soos wat politieke verdelings binne Afrikaner-geledere na vore begin kom het, het instansies soos die Broederbond en die Kerk se meningvormende greep natuurlik, veral na 1994, begin taan. Dit is belangrik om hier te noem dat, in my ervaring, die Polisie in die algemeen uiters professioneel was deur partypolitiekery buite die beroepsbedryf te hou. Daar mag -aanvaarde onderliggende denkpatroon gewees het oor goed soos kommunisme en party dienstig wees nie.

Staatsveiligheid as Suid-Afrika se eerste professionele, nasionale, en sentrale intelligensiediens, getaak met die koördineer van inligtingsvloei. Genl van den Bergh het hoof geword daarvan, hieronder wys die SuidAfrikaanse intelligensie-gemeenskap van die sewentigerjare, waarbinne ek lessenaaroffisier op veiligheidshoofkantoor geword het.

ingepas het, toe ek in die vroeg-sewentigs daar aangekom het (later sou dinge weer met die

latere jare sou oorbeweeg van veiligheidshoofkantoor af na die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad isie-verteenwoordiger daar).

Wat nou eers nodig is, is om te wys waar my lessenaar (A1 onder lt-kol Fabricius) ingepas het binne die organigram van veiligheidshoofkantoor toe ek daar aangekom het

daardie dae, vir die historiese

waarde daarvan (dit gee nie net die funksies aan nie, maar ook die name van die seksie-hoofde van die era). My seksie, A1, word met die rooi pyl aangedui.

Omdat ek besef dat dit nie baie maklik lees in de oorspronklike formaat nie, gaan ek op die -indeling betref) ietwat makliker leesbaar maakleesbare weergawe volg (hierdie diagramme is eintlik baie ophelderend oor al die velerlei van dinge waarmee die veiligheidstak destyds belas was, en hoe dit organisatories ingedeel was).

Terug nou na my wel en weë. Later skuif ek toe oor, steeds binne Seksie A1, na blanke verdagtes, politieke spektrum van heel links tot ver-regs, asook met gelyste kommuniste. Sommige gebeure en handelinge land heel eerste op my tafel eers later hoor mens dit oor die nuus of lees mens dit in die koerant. Ons het beriggewers in die media gehad wat ons ook spoedig van opspraakwekkende gebeure ingelig het.

inperkings, visum-aansoeke, paspoort-aansoeke en keurings. Administratiefreg moet objektief, billik en regverdig toegepas word. Ook, you must apply your mind in alle gevalle. Die kommissaris en die minister moet volledig ingelig word sodat hulle besluite kan maak. Alle inligtingsdienste doen maar slêer het, is na ons seksie verwys vir afhandeling.

Ons het ook met die bedrywighede van dienspligweieraars en dienspligontduikers gewerk en die ter saaklike inligting aan die SAW se Afdeling Militêre Inligting oorgedra. Ons het ook die verskillende groepe geïdentifiseer; sommige was polities en ondermynend van aard. Elke polisieman leer in die kollege dat: Om uit die weermag te dros wa on sonder lasbrief in hegtenis geneem word. So kom dienspligweieraars en gewetensbeswaardes tot aandag. Ons doen navorsing hieroor wat was die situasie tydens die tweede wêreldoorlog?

Ook die hippies het tot ons aandag gekom, want sommige was studente. Ek lag as ek aan die volgende episode dink:

Ek was diensoffisier en een van ons take was om na-ure die druktelegraafkantoor te besoek en berigte te lees wat na-

-kewer vol met blomme opgeplak, is pas deur ons dorp in die rigting van Johannesburg. Insittendes het almal baarde en lang hare. Registrasie nommer ....

Witwatersrand waar daar tans betogings is.

Militêre I kommune te infiltreer. Hy vertel hoe die veiligheidsman hom langs die pad opgelaai het. Die

Daarna het hulle gaan braai en hy is gewerf as beriggewer. Ek onthou die verslae van die kommune baie goed. Ek lag lekker toe ek die verslag vir motivering en verduideliking na die

afdelingsbevelvoerder van die gebied stuur. Terug kom die verduideliking: Die man lieg! Hulle het -

Ek dink baie keer was die manne in die veld baie goed by die gemeenskap ingeskakel. Ons het soms verslae van links en regs gekry. Wittes van alle geure het dus tot aandag gekom. Baie keer was die mense in die afdelings daar buite, baie versigtig en het hulle eerder die inligting deurgestuur om hulself te verontskuldig, sou daar later moeilikheid kom van hierdie deses en genes se kant.

(o.l.v. RS 167) se verslae te lees; regte James Bond verhaal gelees. Die toegang wat ons agente gehad het was verbysterend!

Ons en die kommuniste

geweet wie hom as hulle leier opgevolg het nie ons het wel vermoedens gehad.

het ek gou agter gekom; min mense (lede van die veiligheidstak ingesluit) weet regtig wat kommunisme behels.

Ons het natuurlik tonne kommunistiese lektuur, boeke en pamflette bekom. Ek onthou veral die pragtige volkleur Chinese en Noord-Koreaanse kommunistiese lektuur. (Dit het my aan ons Panorama-tydskrif laat dink.)

Waar het ons inligting vandaan gekom?

Inligting kom net van drie bronne:

Koverte-, overte- en tegniese bronne.

Overte inligting uit die papier-oorlog, danksy dié se vele vorms

Overte bronne is byvoorbeeld die verskillende kieserslyste, die inligting van lede van die publiek, verslae van die speur- en uniformtak, verslae van ander departemente, jaarverslae van organisasies en doodsberigte. Ons het tydskrifte en koerante gelees en toepaslike skêr-snitte laat maak. So kan jy byvoorbeeld die doodsberigte in die koerant lees en gou agterkom dat jou verdagte oorlede is.

So byvoorbeeld is gewone BI 55met ons gedeel. So ook is vorm SAP 70 ongeskeduleerde vlugte met naam van vlieënier,

passasiers en vliegtuig se nommer na hoofkantoor gestuur en die name van die passasiers is nagegaan.

Die polisie en die veiligheidstak stel in die bedrywighede (en uitlatings) van mense belang en ook dikwels oorsee begin reis, ontstaan daar onmiddellik vrae: waar gaan hy heen? hoe kan hy dit bekostig? ensovoorts.

Baie dinge begin maar met overte inligting wat tot die SAP se kennis kom.

Inligting bekom met tegniese toerusting

Tegniese inligting is inligting wat met behulp van tegniese toestelle geoes word. Dink aan die toestel wat gebruik word om onwettige radio-uitsendings soos byvoorbeeld Radio Freedom mee op te spoor.

onwelvoeglike telefoonoproepe ontvang. Deur middel van die telefoonsentrale word bepaal waar telefoonhokkie. Toe hy weer skakel was ons reg vir hom. Ons het hom gearresteer terwyl hy met die dame gesels het en die polisieman wat die arrestasie uitgevoer het, het die gehoorstuk by die verdagte geneem en met die klaagster gesels die saak is suksesvol deur die hof geloods.

Meeluisterinluister. Twee polisiemanne is eenmaal vir moord gearresteer. Hulle is lank in afsondering van om uitwysings te doen,

derde speurder gesels wat daar aankom. Die twee verdagtes neem die kans waar en gesels met mekaar terwyl die gesprek opgeneem word.

gebruik dan word hoofkwartier per radio in kennis gestel en die berig word opgeneem.

lyne gelyktydig en rekenaarmatig opgeneem. Tegnologiese inligting is vandag net verbysterend.

Quis custodiet ipsos custodes?

Die voormalige SAW se seinkorps het ook ons opponente se radioberigte onderskep daardie onderskeppings is met ons gedeel. Militêre inligting en die seinkorps potensiaal en vermoë tot hul beskikking gehad.

geplant het.) Ook het die SAW, by geleentheid, ons amptelike pos en -departement het

ook ons senior SAP-manne se gesprekke onderskep. Regte Spy vs Spy!1

publiek het in sy voertuig voor Poyntonsgebou gesit, waar lede van die SAW gesetel was. Die informant het sy radio aangeskakel terwyl hy vir iemand gewag het.

Weermag generaal wat met iemand gesels het. Hy het besonderhede van die gesprek aangeteken en die SAP(V) ingelig. Ons het dadelik die Afdeling Militêre Inligting se direktoraat teen-inligting verwittig. Die generaal se ons informant alles in sy motor opgevang.

1 One of the many tasks of the SA Corps of Signals (SACS) included the monitoring of ALL forms of radio traffic, especially in the operational area. This is specifically part of the Electronic Warfare (EW) task of the SACS, which is specifically allocated to 5 Signal Regiment.

Electronic warfare entails the monitoring and exploitation of all aspects of the electro-magnetic spectrum and includes passive measures (such as intercepts and monitoring, direction finding, and so on) but also active measures (such as jamming of enemy radio traffic, electronic counter measures as such encryption, frequency hopping, voice procedures, and so on).

monitoring of the electro-magnetic spectrum also, as a matter of course, includes the monitoring of the radio networks of own forces as well as friendly or allied forces, not just enemy forces. The reason for this is to ensure that own/ friendly forces are not exposing the security of own/ friendly networks to EW measures of the enemy, i.e. to ensure sensitive messages are encrypted, or that proper voice The procedures are maintained, radio silence if maintained (when necessary, such as prior to operations, etc).

Whilst the SACS is responsible for the operational, technical and manpower aspects of this service, the main client and user of the electronic intelligence (elint) gathered in this way, are the intelligence services mainly military intelligence, but also (on a more tactical level) army, air force, navy and health intelligence.

The latter are responsible for interpretation, decryption, analysis, etc. From an own/ friendly forces perspective, the signals intelligence collected would be of greater interest to counterintelligence, and for them to take appropriate action such there be a breach of security E-pos van Walter Volker 28 Mei 2024.

Ons het mikrofone in aktetasse en in vulpenne ingebou om elders die gesprekke op te neem. tronksel of opneem.

-brief en verslag van Nasionale

onderduimse bedrywighede. Beide die polisie en NI het in die persone se bedrywighede

Laat in die nag betree die polisie toe heimlik die perseel en maak onder meer fotostate van alle dokumente en die manne maak later sekere uitlatings welwetende dat NI die plek onder observasie het die een lid van die veiligheidstak sluit toe die lekker nonsens-praat af met die

Koverte inligting oor opspraakwekkende nuusgebeure

Ek het oor die jare by hoofkantoor letterlik duisende (interessante) verslae wat op koverte inligting naam) ontvang, dan het ek sommer al die Zabo-leggers getrek en hul kaperjolle gelees het, ten

Die leser moet onthou ons het beriggewers en geheime agente (RS-bronne) gehad wat verslae indien en hul identiteit moes ten alle tye beskerm word, veral tydens ondervraging. Soms is jou nie te vervolg nie ter wille van verdere inligtingsverslae te kan ontvang.

So het ek gelees van MI6 se mense wat in Suid-Afrika vasgetrek was. Ook van die USSR Yuri Loginov, die KGB-spioen, wat deur genl. H.J. van den Bergh gearresteer is, se lêer is uitgeboek

teruggestuur nie. Ook majoor Kozlov is vasgetrek Kozlov na die tandarts geneem was....

Suid-Afrikaanse kabinetsministers se kaperjolle was ook aan ons bekend: Later is van hulle vasgetrek.

So het die Wit Wolwe tot ons aandag gekom hul name word weerhou ons het hulle - Wit Wolf . Dan was daar die NS Boere-Nasie Nasionale Sosialistiese Boerenasie. Hulle het ook tot ons aandag gekom en -

almal het range

vloot range.

Die lêers van, en verslae oor

Interessante leesstof inderdaad. Ek onthou hul name en het my verwonder oor die vernuf van die SA Polisie om so goed ingeskakel te wees!

het ook tot ons aandag gekom. (Sy organisasie se verwysing was ironies genoeg S13/316 die klerk wat die AWB se legger oopgemaak het, het nie onder die blanke-verdagte reeks oopgemaak nie.) Ons paaie het ook

Natal toe ek eendag nadat

The South African Police are recruiting in Room 78 on the second floor . Ek stap daarheen en voor ek iets kon sê word ek

eintlik sers. Heymans is, en slegs uit belangstelling die werwingskantooor by die universiteit kom besoek het. Die senior offisier was kol. Kobus Visser. Hy wou my net daar werf vir die werwingsafdeling. Ek stel nie belang nie, bepaalde dag. Ek skakel hom toe in Wachthuis en hy vertel my toe dis in orde, hy gaan vir sersant (foto) -joppie, (So terloops

van Sy Edele die Eerste M

Hoe weet ek dit?

Een lid van die veiligheidstak het mnr. Mike Geldenhuys van die Buro in die amptelike verslag beskinder en mnr. Geldenhuys het brig. Mike Geldenhuys geword en hy moes die verslag gesien het, want hy het die offisier toe verplaas. dop agter die blad, dat hy ons Boere kon opsweep! O, dit kon hy goed doen. Later, as distrikskommissaris te Welkom het ons met sy manne slaags geraak en van hulle toegesluit. Ek

24

en later het ons geen opstande of rusverstorings by NP-vergaderings gehad nie. In Welkom het ons van die ANC tot die AWB in die selle gehad. Die AWB wou nooit in Welkom met minister Adriaan Vlok om die tafel gesels nie. Ek en die distrikskommandant van Kroonstad en ons regsbeampte het eenmaal na Ventersdorp gery om met hom te gesels oor sy lede se gedrag by NP-verkiesingsvergaderings. Sy manne het aanvanklik rof opgetree maar na die geselsie het sy manne hul gedra dis mos goeie misdaadvoorkoming!

Tsafendas het verskeie dun leggers gehad. Party was ou leggers wat hul ontstaan in die kantoor van die destydse gehad het. Meeste het oor

-egtelike kind was; sy moeder was glo swart

(later self kommissaris) het die aangeleentheid volledig in Kaapstad ondersoek. Later was ek genl. D.K. Genis (foto links) se stafoffisier, hy was die dag die lyfwag toe dr Verwoerd vermoor is. Daar is geen sprake van enige samesweringsteorieë vanuit Suid-Afrika nie. Genl. Genis het my alles van dr. Verwoerd en daardie dag vertel soos hy

kommissie van ondersoek deurgelees. oor die moord op dr Verwoerd selfs genl Johann Coetzee het van die stories ondersoek.

Natuurlik het joernaliste die aandag van die polisie geniet. Ons is gevra of sekere persone geskik was om polisie-perskaarte, visums of tydelike werkspermitte sensasionele beriggewing en TV-spanne het op Suid-Afrika toegesak. Ons lede van die veiligheidstak het partykeer ook na die BBC en die VOA geluister soms het ons baie geleer om saans na hulle te luister. (Ek het nie saamgestem met die wetlike beperkings wat die SAP, SAW en gevangenisdiens mbt beriggewing opgelê het nie.)

Ons het natuurlik daagliksvorm SAP 67, verskeie dokumente en pamflette, navrae oor reisgeriewe, visumstoplys en paspoortvoorbehoudslyste, verslae van die SAW Weermag (AMI-DTI), nasionale intelligensie en ook bv van justisie. Natuurlik moes ons ook memoranda opstel vir die kommissaris en minister.

ons het geen woordverwerkers of rekenaars gehad nie. Wanneer daar veranderinge moes geskied moes die dokument dan van vooraf oorgetik

is die skêrsnit weer terug na jou lessenaar gestuur.

Amerikaner tot ons aandag gekom hy het by die destydse CNA in Pretoria alle padkaarte, atlasse en landkaarte gekoop. Die SAP (V) is verwittig. Die uitslag was: Hy was verbonde aan die State Department Google Maps). Ook het ons operasionele verslae met inbegrip van waarnemingsverslae ontvang.

Soms het ek verbaas gestaan oor die hoeveelheid interessante inligting wat die polisie ingesamel het op vorm SAP 67 en die daaropvolgende kaping van Air India -vliegtuig.projek, want die SAW het die wapens voorsien. Die SAP(V) het voor die tyd al die inligting

bekom. Ek is net vreeslik jammer dat die goeie kolonel tronk toe is. Dit is altyd moeilik - en uit te voer, want die polisie wat oor die hele land versprei is, weet gou daarvan omdat hulle so goed by die publiek ingeskakel was.

sy maat (name weerhou) was gou deur die SAP en die Goud-en-diamanttak geïdentifiseer. Die hoof-kaper was een van die SAP se beste diamant-beriggewers. Hy het duisende rand verdien

So what reaksie, maar in die agtergrond is die polisie besig met administratiewe reëlings.

-koning wat in Suid-Afrika kom bly het en ook sy wapens saamgebring het. Hy was deur die SAW hanteer.

Die SA Spele

Besoek van Henry Kissinger brig Mike Geldenhuys was in beheer.

Besoek van Andrew Young brig JJ Viktor was in bevel. (Ek lag steeds oor sy unieke en kleurryke voorligting.)

Portugese vlugtelinge Cullinan

Wat my bybly oor die vele verslae

inligtingsmous wat aan beide organisasies inligting voorsien. Ek het die aangeleentheid gerapporteer.

Die grootste sonde wat ons gepleeg het, was om ons lêers te vernietig behalwe die name van beriggewers het ons niks gehad om weg te steek nie! Dis maar suiwer geskiedenis lêers op die

byvoorbeeld Tom Andrews dit was 60 jaar na die Anglo Boere-oorlog! (Ek het 60 jaar gelede by die Mag aangesluit tyd vlieg.)

Sommige verslae was vergesel van pamflette, boeke en ander lektuur. In sommige gevalle is van die lektuur deur die biblioteek-seksie na die publikasieraad gestuur.

ondersoek en later totaal ongegrond bevind.

Sulke verslae kan mens nie in die argief opneem nie.

Op Saterdae en Sondae moes ons lae en middelverhoog. Ons het ook kursusse te Maleoskop en elders ondergaan en ook grensdiens verrig lekker blaaskans!

Veiligheidsoorsigte en Inligtingsverslae

Veiligheidsoorsigte het elke Vrydag verskyn en hier is die week se hoogtepunte gepubliseer. By

versprei na ons politici (minister en sy adjunk), verskillende lessenare, afdelings, en ook na NI en gehad en met die agtergrond het ek met lt.kol. Neelsie du Plooy gaan gesels. Ek het voorgestel dat ons die oorsig tussen twee blou bladsye publiseer met polisie-kenteken met vermelding Veiligheidshoofkantoor, Pretoria en die datum.

Natuurlik het ons ook NI en die weermag se veiligheids/inligtingsoorsigte gelees. Dit was baie interessant om van die totale prentjie kennis te neem. Dinge was nie net by ons deurmekaar nie maar ook in die hele wêreld was dinge maar deurmekaar!

Ek het ook agtergekom dat die polisie se inligting hoofsaaklik gefokus is op ons opponente en hul -kolonel wat sy ek skakel hom en vra wat RAMO beteken?

Afrika en Midde-organisasie vervul het. NI se inligting was sentraal tot die verstaan van die hele bedreiging en het alle fasette van die bedreiging gedek.

soos deur die ganse staatsdiens geproduseer, met NI gedeel moes word. NI se inligtingsverslae het veiligheids-, staatkundige-, ekonomies-, maatskaplike en sielkundige inligting bevat. Maar daar was ongelukkig belemmerende gewerk. Ons Suid-Afrikaners was maar soos die Amerikaners en Britte.)

Ons het ook by die Sanhedrin die SA Polisie se standpunt uitgeklaar ten opsigte van die heersende strategiese situasie, byvoorbeeld met betrekking tot die ANC of geweld in die RSA of wat ook M bespreek sou word, dan het ons minister reeds kennis gedra van die inhoud.)

Stryd tussen plig en gewete

die stryd tussen plig en gewete. Daar is ook baie onreg in die wêreld. Ander verslae het oor (gedwonge) verskuiwings en die verlies wat sulke mense gely het, gehandel. Een vrou, wat verskuif was, saak vir haar laat ondersoek.

Suid-Afrika se geskiedenis is vreeslik interessant. Persoonlik het ek Suid(met inbegrip van George McCall Theal se boeke) vanaf 1652 ongeveer drie keer deurgewerk. Die byvoorbeeld gedurende 1902 tydens die Vredesluiting van die oorlog tussen Boer en Brit, uniewording en dan weer tydens republiekwording was hulle totaal uitgesluit.

n Interessante voorval in my loopbaan was die sogenaamde inligting-skandaal. Mnr. Charles More was die Buro vir Inligting se kontak met die veiligheidstak en ek het met hom geskakel. Hy was die skakel tussen die Buro vir Inligting, persoon van onkreukbare karater begrafnis. Die inligting-skandaal was Afrikaner-politiek op sy beste en die hoof-kaart in PW Botha se meesterlike de factostaatsgreep.

In die veiligheidstak het ek besef dat iewers tussen ver-links en ver-regs moet die middelpad wees. Ons destydse regeringsbeleid was egter so dat mens dit nie in die buiteland kon verkoop nie (en ook nie binnelands aan nie-blanke Suid-Afrikaners nie). Die wêreld wat my vader voor die tweede wêreldoorlog geken het en die wêreld na die tweede wêreldoorlog het drasties verskil. Indië was eerste land in die Britse Ryk om sy onafhanklikheid te verwerf. In die VVO (later VN) het Pandit Nehru vir genl. JC Smuts oor ons beleid aangeval.

Die PW Botha bewind bring wesentlike strukturele en strategiese veranderinge

I in die laat-sewentigs het die toenmalige minister van verdediging, m eerste minister uitgewerk is, saam met top- van den Bergh).

oorgeneem het, het beteken dat op veiligheidsterrein daar wesentlike veranderinge gekom het in organisasie en filosofie. Premier Vorster, genl Van den Bergh, Inligting se drs Mulder/Rhoodie en buitelandse sake se drs Hilgard Muller en Brand Fourie (as die land se toentertydse veiligheidstrategie leier-span) het ingesien gehad dat tydig gemik en beplan moet word vir die bereik van relatiewe krag moontlik sou wees. Die kring gesien, en die spreekwoordelike plaas (en die grootste deel van die nasionale begroting) verwed

toenemende sentralisasie van mag om sy persoon. Dit het in twee fases geskiet, eers as premier en toe van 1983 as uitvoerende staatspresident toe die kollegiale posisie van eerste minister afgeskaf is. Die volgende twee diagramme dui die organisasie gedurende hierdie fases aan:

Met brig Piet Goosen as groepshoof word ons as lessenaar-offisiere genooi om die Sanhedrin by te woon.

SNASP: Mosambiek

Genl. Johann Coetzee het my as skakeloffisier met SNASP in Mosambiek aangestel. Dit was ook

ervaar. En nuwe vriende gemaak.

Genl. Johann Coetzee het my ook versoek om met die CIA te skakel en dit was ook interessant. Aangesien ek verder studeer het, het ek die vriend van die CIA genooi om ons klas toe te spreek. Ons klas het bestaan uit lede van NI, SAW (AMI) en SAP(V).

Hoe was my base?

Sit ek so en dink, dink ek aan my base meestal goeie omies wat almal kerkraadslede en groot rugby-

sokker gekyk alhoewel sokker dikwels op Sondae gespeel was.

EK HET ONDER DIE VOLGENDE VEILIGHEIDSHOOFDE GEDIEN2:

Brigadier PJ later speurhoof Hy was die eerste hoof van die veiligheidstak onder wie ek

Bergh. Ek dink hy was deur genl. Van den Bergh, toe by die persoon.

soos ek het nie sommer by die hoof van die veiligheidstak uitgekom nie. Na sy aftrede het ek met hom gesels, hy was toe verbonde aan die firma Brigadiers en hy het my vertel dat hulle meer geld gemaak het met rolprente wat her-uitgesaai word op TV as oorspronklik in die flieks. Hy het afgetree as luitenant-generaal.

2

Ek het nie onder genl HJ van den Bergh of genl SJJ Smit gedien nie HBH.

Opdragte van hom af het deur die kanale by jou uitgekom. -lange

lid van die veiligheidstak ook gedurende die tweede wêreldoorlog

Hy was (soos ek) -bewoner en hy het my eenmaal in die klub vertel sy skape gee baie tweelinge want hy voer die ooie. Hy het later kommissaris van polisie geword.

Brigadier JC

die speurtak. Hy bel eendag vir kol. (later generaal) Viktor en sê vir hom hy moet sy manne by die veiligheidstak toelaat om

Hy was die man wat kapt. Dirk Coetzee van Vlakplaas-faam vir die Mag gewerf het. Dirk was die beste student van sy jaargroep.

Na aftrede was hy by Afrikaner-politiek Afrikaner-Volkswag - betrokke saam met genl. Constant Viljoen, oud-hoof van die SAW.

Na 1994 het lt.genl. Kobus Visser weer tot aandag gekom en ek haal aan uit genl. Van der Merwe se manuskrip: Namate die onderhandelinge tussen die Regering, die ANC/SAKP-alliansie en ander partye gevorder het, het die weerstand in regse geledere begin opbou. Die AfrikanerVolksfront (AVF) is gestig met genl. Constand Viljoen, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse

Weermag, as leier en verskeie afgetrede generaals van die Weermag en Polisie as sy adjudante (VdM: 129).

Genl. Visser het geduldig gebly, maar nadat kmdt. Ratte die soveelste keer alles halsstarrig

gee en het die fort saam met die twee generaals verlaat dM: 135) later kommissaris

Ek kan onthou toe mnr. Geldenhuys van die Buro teruggekom het as veiligheidshoof. Brig. Visser moes weer met sy pragtige varings haastig weer na Wachthuis (Pretorius-straat) toe trek. Brig. Geldenhuys het direk met die manne op die lessenaar -offisier

en is van Durban na Keetmanshoop as kaptein en distrikskommandant verplaas en vandaar weer na veiligheid.

interessante storie. Gedurende die Pondolandse Opstand van hoofkantoor om vir hom maj. HJ van den Bergh (van Welkom KOD) te stuur om te help met die kriminele ondersoeke. Die versoek word toegestaan. Later toe genl. Van den Bergh die hoof van die veiligheidspolisie geword het, het kol. Verster toe vir lt.kol. (later genl.) van den Bergh te hoofkwartier vertel van die jong dinamiese Mike Geldenhuys watHy word hoof van RI in die

By die Buro vir Staatsveiligheid was mnr. Geldenhuys die tweede-inbevel na genl. Van den Bergh. Mnr. Geldenhuys is terug na die polisie as brigadier en hoof van veiligheid, later kommissaris -mens.

Ek het as diensoffisier, na ure, met hom geskakel. As daar iets op TV verskyn het, was hy omgekrap as hy vooraf nie daarvan geweet het nie. Hy wou na ure, laggend, altyd die manne se agterwêrelde skop as hulle lank neem om agtergrond en feite verslae te verstrek oor gebeure wat op TV verskyn het. Mens kan dit verstaan want hy wou die kommissaris en minister inlig.

Johan van der Merwe was draers op sy begrafnis uit die AP Kerk te Nigel.

/ Christie

later speurhoof Van skooldae af het ek genl. Zietsman geken ons was in

dieselfde kerk: NG Kerk Durbankaptein en toe na Kimberley verplaas is. Hy het diep spore in Durban se rugby getrap.

Later het ek genl. Zietsman te veiligheidshoofkantoor raakgeloop. Hy het baie intelligent voorgekom en was hoog aangeskrewe.

Ek het nie juis skakelings met hom gehad nie, maar ek het egter drie voorstelle ingedien wat hy afgeskiet het.

- Ek het voorgestel dat kruisboë gelisensieer moet word;moet honde by padblokkades aanwend; ensuksesvol van stapel gestuur.)

Brigadier of later veiligheidshoof met rang van lt.genl. (Later kommissaris.)

Hy was die eerste hoof van veiligheid wat baie toeganklik was vir almal. Ons paaie gedurende 1964/5 het in Durban gekruis toe - en uitboek. In die middae het ons by die Brighton-strand se swembad ontmoet ek onthou hy het twee kindertjies gehad gesels.

Later is hy na Johannesburg verplaas en toe hy brigadier word is hy na veiligheidshoofkantoor verplaas as bevelvoerder. Ek het -generaal was en NI se baas -generaal was. Hy was die eerste veiligheidshoof met die rang van luitenant-generaal.

Myns insiens het hy die taak van die veiligheidstak en sy posisie as hoof, goed verstaan. Ek het by geleentheid met van sy persoonlike bronne geskakel en hy het met baie invloedryke mense en

Ek het hom byvoorbeeld by die lughawe gaan afhaal nadat hy na Europa gevlieg het om RS167

ons die beeld van die Mag moes verbeter, sy antwoord was die spoorweë en die poskantoor het dieselfde beeld-probleem.

daar saam met beriggewers en kontakte geëet. Genl. Johann Coetzee het my aangestel om RS186 te hanteer.

om te bestuur en mens moet slegs die voertuig aan diens bestuur ensovoorts.

-Reinet toe hy as afgetrede offisier betrokke was by die polisie-akademie.

Slotsom: -meester en moes as veiligheidsman eerder in landsbelang as veiligheidshoof aangebly het.

(sien spesiale Nongqai Vol 12 No 2B)

My eerste hoof in die veiligheidstak was lt.kol. FMA Steenkamp, toe afdelingsbevelvoerder, veiligheidstak, Port Natal. Hy het toe al reeds kop-en-skouers bo ons almal uitgetroon as gevolg van sy uitstaande

ervare ondersoeker eerlikheid en prinsiep en sy integriteit was bo verdenking.

Hy het in Durban al vir ons vertel hy slaap nie snags baie goed nie, aangesien hy oor die situasie in die land bekommer. Reeds as luitenantkolonel het hy die bedreiging wat die land in die gesig gestaar het, gekonsepsualiseer.

SSVR het ek weer die Sanhedrin bygewoon maar ek het nie meer direk onder sy bevel gedien nie.

die voortrek van die SAW bo die SAP onder Pres PW Botha het hom egter teen die bors gestuit en hy het gekies om op vroeë pensioen te gaan. Omrede die snel-verslegtende situasie in die land het hy egter later wel as konsultant teruggekom. Later toe ek by die nodale punt, by die uniformtak gesetel was, was sy kantoor regoor myne en het ons soms gesels. Hy het steeds beïndruk met sy passie vir ons land en sy probleme.

Generaal Steenkamp het geweier om by die WVK om amnestie aansoek te doen, want hy het gesê dat hy niks gedoen het wat hy nie wetlik kon regverdig nie. Hy was die enigste veiligheidshoof van daardie era wat nooit voor die WVK gedaag is nie.

Brigadier later speurhoof

later luitenant-generaal (dr.) H.S. Schutte - gewerk. Hy was een van die stigterslede van RI. Hy was ook lyfwag vir adv BJ Vorster.

Hy kon mooi en suiwer Afrikaans besig. Hy het aan my genoem dat wees. Hy was by die Tak: Nasionale Vertolking.

Ek het nooit onder sy direkte bevel gedien nie.

SALM se spuitaangedrewe vliegtuig en het die netelige saak suksesvol vir die SAW opgelos en afgehandel. Destyds het ons min kontak gehad.

Na ons aftrede het ek byna daagliks op een of ander manier met genl. Van der Merwe geskakel oor die geskiedenis. Ek het hom aangespoor om sy outobiografie te skryf en saam met Sarie van - Die Gloriejare van die SAPpersoon. Politieke opdragte, in die stryd van die verlede, het hom grensloos frustreer en ongelukkig is sy hande as gevolg van sekere opdragte besmeer. Ons het baie veiligheidsake bespreek en hy was altyd eerlik in sy antwoorde.

vir die veiligheidspolisie en hy moes eerder net in die uniformtak gebly het.

reëls van die Bybel uitgeleef het, en die feit dat sekere koverte aksies geloods was, was vir hom nie aangenaam nie. Hy moes noodgedwonge aansoek om amnestie doen.

Genl Van der Merwe se medaljes en dekorasies.

Vlnr - generaals: Basie Smit, Frans Steenkamp, Johan van der Merwe, Tiny Venter, Daantjie Bester (ook gedurende WO2) , Mike Geldenhuys en Stanley Schutte

Vir volledigheid: Die strategie en struktuur onder President FW de Klerk Alhoewel ek gedurende die negentigs nie meer lid was van die veiligheidstak nie, is dit gepas om

gesê het: die veiligheidstak was dwarsdeur sy bestaan altyd maar net politieke doelwitte en beskouinge en kultuur van die dag Ons het sekere waardes beskerm.

Toe mnr PW Botha in 1989 uit die kussings gelig is deur sy eie party, is daar weer teruggekeer na die strategie van die Vorsterpolitieke politieke skikking verg. In die vestiging van hierdie insig het die Nasionale Intelligensiediens (as opvolger van generaal Van den Bergh se Buro vir Staatsveiligheid soos wat dit natuurlik hulle taak en funksie was.

staatsnasionale

intelligensiediens, was dus om te bepaal watter dinge die stabiliteit en veiligheid van geheel die nasie impakteer.

Of mens dit nou wou weet of nie, was dit onteenseglik die destydse regering se rassebeleid.

politieke skikking verwesenlik word, wat onderhandel sou moes word.

Teen daardie tyd het praktiese realiteite op die grond, ook reeds die onwerkbaarheid van die -benadering onteenseglik bewys gehad.

-dogma en die outokratiese Nasionale Veiligheidsbestuur-stelsel (NVBS) van die PW Botha-era is dus onder mnr FW de Klerk laat vaar, en daar is teruggekeer na die statutêre raamwerk vir die koördinasie van veiligheidsinligting.

Soos op die volgende diagram gesien kan word, is dit nie waar dat die NVBS maar sommer net wetlike basis gehad nie dit is bloot deur mnr PW Botha dikteer. Wat toe onder mnr De Klerk gedoen is, is om wetlike-korrek terug te keer na die 1969-wet op die koördineer van veiligheidsinligting siviele gesag

Mnr De Klerk het ook weer die gesag van die kabinet voorop gestel, en weggedoen met die

Weermag. as gevolg van

Die Veiligheidstak word Misdaad-intelligensie

Hoe het ek as mens die tyd as lessenaar-beampte beleef?

Daar was baie verslae met baie vraagstukke en besluite wat geneem moes word, ek het gedors na kennis, wysheid en insig; maar in-diepte kennis was nodig vir sekere gespesialiseerde werkterreine. Polisieregulasies het nie voorsiening gemaak vir die aanstelling van akademici as spesialis offisiere nie -graad in kommunisme het die Mag verlaat weens die swak salaris.) Ons was nie onderleg in internasionale politiek, staatkunde, staatsleer, staatsreg, sosiologie, sosialisme, fascisme, ekonomie, teologie (verskillende vorms soos bevrydingsteologie) en kommunisme nie. Om inligting deeglik te analiseer en vertolk het mens gespesialiseerde kennis nodig, veral om ook die minister in te lig. Vergeet van hofgerigte ook nie. Dit is waarom ek gedink het ons het slim, maar wyse mense nodig. Al wen die polisie (en die weermag) die fisieke stryd gaan ons steeds by die stembus verloor!!! Dit was die werklike probleem.

Gedurende hierdie tyd het ek self verder studeer. Saam met die wye kennis wat ek op die lessenaar opgedoen het beide van die onderwerpsveld en van die werking van veiligheidshoofkantoor het my akademiese status daartoe gelei dat ek weg is uit Wachthuis, deurdat ek genomineer is om die polisie te verteenwoordig op die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad.

As ek nou terugkyk op my jare as veiligheidstak lessenaar-beampte, dan is daar by my gemengde gevoelens eerstens trots, want ons het ons werk goed gedoen. Dis óns wat het help gesorg

Trots ook op die kwaliteit mense, polisiemanne, waarmee ek die voorreg gehad het om te kon saamwerk. Maar tog ook spyt dat die politieke stryd verloor is, ondanks al ons harde werk en sukses. Dan wonder ek of ons strategies so goed was, as wat ons takties wel was.

- of inligtingsdiens. Ek reis van Amsterdam na Sofia waar ek oorbly, op pad na Ankara. hom gerig. Toe ek in Ankara aankom is my tas is oopgemaak in Sofia en die koevert was oopgeskeur. Die brief is bestudeer.

Kennis is Mag!

As ek nou verder terug dink, dan onthou ek so baie lêers waarmee ek gewerk het, neem ek die - Elke lêer het sy unieke karakter gehad as ek die lêer voor my neersit onthou ek wat daar in geliasseer is. Dit was inderdaad interessante tye.

Het ons, ons senior offisiere en ons bevelvoerders werklik die ware aard van die stryd besef? Het ons die politici reg voorgelig gehad? Het ons in die PW Botha-jare genoeg rug styf gemaak en sonder skroom die waarheid aan gesag oorgedra? Of was ons miskien besig om gans te veel tyd burokraties af te staan aan wat nou na beuselagtige kantlyn-kwessietjies lyk?

Was ons Afrikaner-volksgedagte, ons politieke DNA, gedurende die tagtigs te subjektief en te eng Afrikaners

Persepsies: Boeke, rolprente, waardes en norme

Pandit, the head of the Indian delegation, led the attack against Smuts on both issues. She was a most formidable adversary ... she (Mrs Pandit) kept up a sustained and relentless attack both in the General Assembly and in the Committees to which the issues were referred. She not only captured the sympathy of the General Assembly but swept it along on a wave 3 of indignation against South Africa

Gestapo, die Franse Vryheidsvegters, die Neurenberg-verhore, die rol van duikbote,

3 Smuts A Reappraisal deur Bernard Friedman (1975) p 74-5. Van die totstandkoming van die VN het Suid-Afrika kritiek oor sy rassebeleid ervaar, Indië was ons eerste groot kritikus HBH.

krygsgevangenes, geheime agente van bv SOE en al die James Bond-films asook honderde geveg, die helde was altyd op die hoë morele grond.

Voorts het ek oor baie jare van kleins af duisende boeke gelees oor bv Afrika, Suid-Afrika, verskillende oorloë, insurgensies, spioenasie, misdaad, geskiedenis, outobiografieë van bekende generaals en politici en dies meer. Ook het ek in Durban as Afrikaner Engelssprekendes ervaar. Hulle het nie van dr HF Verwoerd en adv BJ Vorster gehou nie.

Ek het van kleins af in ons huis al die Engelse koerante gelees (daar was nie Afrikaanse koerante nie die Nataller het eers later gekom en het een maal per week verskyn) en later as behandel het, gelees. Dan was daar ook die invloed van die Bybel aan Moedersknie, ons Kerk, ons opvoeding, indoktrinasie, ons geskiedenis, aangeleerde waardes en norme, die toepassing van die wet en die regsoewereiniteitsleer, politieke beleid en universiteitsopvoeding.

sekerlik in het ons kerke en kerklui vervolg?

Ek het geweet hier gaan iets soos die Neurenberg-verhore kom en dit het gestalte gevind in die waarheids- en versoeningskommissie. (Ek sou nooit kon glo dat ons vandag na 30-jaar weer aangekla gaan word vir vergrype gepleeg van ongeveer 50-jaar gelede nie.)

nee, ons was gewone mense, wat soos gewone mense Saterdag rugby gekyk het en Sondae in die kerk gesit het.

Ek dink ons het ook foute gemaak maar ons nooit uit ons foute geleer het nie!

Ek dink verder: Het ons werklik

Ons het bv. nie diepgaande vasgestel hoe bv Indië, Skandinawië, Engeland, Holland of Duitsland werklik oor ons rassebeleid voel nie. (Ek praat nie eens van die VN nie!) Daardie lande, behalwe Indië, het absoluut geen rassevooroordeel gehad nie. Natuurlik het hulle gedink ons is soos die Gestapo. Ons Boere was partykeer maar dom; ons het nie wêreldbeskouings en -persepsies

Weste se kant was. (Maar ons was soos stieffamilie behandel.)

wêreldoorlog nog opgetree soos die Britte voor die tweede wêreldoorlog in hul kolonies opgetree

Die ironie is: Jy kan 100 keer die skietoorlog wen, maar jy gaan die politiek verloor. Koelkop en wysheid is nodig om te oorleef met behoud van sekere waardes en norme.

(politieke-kulturele) aspirasies verwesenlik gedurende 1961, maar nooit werklike diepgaande aandag aan Swartkommunistiese geur) gegee nie. Ironies genoeg het die gewapende stryd op 16 Desember 19614 begin dieselfde jaar toe ons, ons republiek gekry het. Die TVBC- en nasionale state was van die begin gedoem tot mislukking

van Swartmense gehad het. (Die dae dat lande soos Lesotho, eSwatini en Botswana erken sou word is vergoed verby.) Ons het bv van 1902 af, tot 1991 nie plaaslike swart aspirasies raakgesien nie.

As lessenaar-offisier gesels ek met my Mosambiek-

Amerika en Engeland gesoek om ons onafhanklikheid van Portugal te kry. Hulle wou nie help nie. -Blok

SLOT

SA Polisie, die veiligheidspolisie en die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad? Al wat ek kan sê is ek het die werk tot die beste van my vermoë gedoen - soos al my ander kollegas. Ons het nie padkaart gehad nie. Soos Henning van Aswegen sê, ons het op die skouers van reuse gestaan. Hulle het die eerste weg gebaan.

Baanbrekers in veiligheid was genl-maj IP de Villiers (internasionale studie oor kommunisme), genl-maj HJ du Plooy, en dan lt-genl HJ Van den Bergh wat die nuwe era ingelui het. Genl Coetzee en genl Steenkamp was merkwaardige persoonlikhede mbt hantering van bronne; en

4 - -datums ook bv 2 Februarie en 27 April HBH.

ondersoek van misdaad en ondervraging onderskeidelik. Natuurlik het ons uitstaande spioene gehad!

Iets wat ek opgemerk het is hoe jonger ons klerke (jong polisiemanne) was, hoe skerper was goeie aanvoeling vir veiligheidswerk gehad en later migreer hulle na veiligheidstakke met inbegrip van Koevoet.

op skool of universiteit en baie wys.

Ek het die werk as lessenaar-offisier baie geniet. Daar was egter te veel werk!!! (Ek kla nie dit was vreeslik interessant). Maar mens moes minder werk ontvang het, sodat mens meer aandagtig kon lees, daaroor kon wie en wat die dryfvere is. Alles het net te vinnig gegaan!!! was nie die luukshede soos by ISSUP5 of SORB6 nie. Ek het wel as lessenaar-offisier van hul simposia bygewoon: Dit was geweldig waardevol om mens se denkpatrone te ontwikkel!

By die Louis Trichardt-gedenkteken in Maputo. Ek staan tussen die SAW-kultuurvereniging en die SAP se Akpol plakette. Die NG Kerk daar naby en die gedenkteken was netjies onderhou. postestruktuur soos die weermag se afdeling militêre inligting gehad nie. Die veiligheidstak was eerder rondom persoonlikhede gebou - -genl afhangend wie aangewys word as die bevelvoerende offisier van die veiligheidstak. (So bv was brig Johann Coetzee die veiligheidshoof, terwyl militêre inligting altyd -genl in die pos het, as hoof afdeling militêre inligting. Brig Coetzee was

5 ISSUP Instituut vir Strategiese Studies aan die universiteit van Pretoria (Prof Mike Hough).

6 SORB Sentrum vir die Ondersoek van Rewolusionêre Bedrywighede (RAU)

agtereenvolgens brigadier, genl-majoor en as luit-genl, die hoof van veiligheid. Ander offisiere met ander range het na hom gedien.)

-offisier te wees.

Die skrif was aan die muur. Mnr FW de Klerk het die sekurokrate opsy gestoot tereg ook!. Ek ook

veiligheidspolisie baie geniet. Die veiligheidspolisie

Terug in die uniformtak het ek my weereens uitgeleef en weer lekker hard gewerk!

Dankbetuiging

My dank aan My Skepper vir die wonderlike geleenthede wat die Staat, die Suid-Afrikaanse Polisie, die Suid-Afrikaanse Weermag en Nasionale Intelligensie my gebied het ek het die geleenthede benut en baie geniet. Ja, ek het ook die wêreld gesien en daarvoor sê ek baie dankie!

Dankbetuiging aan RS 167, dr WP Steenkamp vir die diagramme en redaksionele werk, Walter Volker en verskeie ander akademici, vriende en kennisse wat my van raad bedien het.

n Dringende beroep op vriende en oud-kollegas

NONGQAI TRUST

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.